WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

’n Kort leerprogram oor die Natuurwetenskappe-tema:

DIE AARDE RUIMTE
AKTIWITEITE
Aktiwiteit 1 Watter vorm is ons Aarde? Aktiwiteit 2 Waar op Aarde is die land, die water en die lug? Aktiwiteit 3 Vind meer uit oor die Aarde se atmosfeer Aktiwiteit 4 Ons Aarde is ’n planeet Aktiwiteit 5 Daar is nege planete om die Son

EN DIE

Graad 7

Aktiwiteit 6 Die binnekant van die Aarde Aktiwiteit 7 Vind meer uit oor ons tuisplaneet (a) Ons het vulkane op ons planeet

(b) Ons benodig minerale uit die aardkors in ons lewens

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP.

© PSP 2002

Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span
Hierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik:

s LU 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.

s LU 2: Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis te interpreteer en toe te pas.

s LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Alle prente met vergunning van NASA.

Kursus aangebied deur Rose Thomas en Sandra Mahote Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson en Nicci Cairns en vertaal deur Ronél Gouws Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens-Vleilandpark Lansdowneweg Philippi Posbus 529 Howard Place 7450 Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 e-pos: info@psp.org.za webtuiste: www.psp.org.za

Inhoud
• • •
Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 7. Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys. Dit bevat aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers, steunmateriaal en voorstelle vir assessering.

1 . . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 Watter vorm is ons Aarde? 2 . . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Waar op Aarde is die land, die water en die lug? 3 . . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 A. Vind meer uit oor die Aarde se atmosfeer 6 . . . . . . . . . . . . . .B. Die lae van die atmosfeer 8 . . . . . . . . . . . . . .C. Ons lug is kosbaar, maar ons besoedel dit 11 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Ons Aarde is ’n planeet 13 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Daar is nege planete om die Son 15 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 Die binnekant van die Aarde 15 . . . . . . . . . . . . .A. Die binnekant van die Aarde bestaan uit lae 16 . . . . . . . . . . . . .B. ’n Speeldeegmodel van die binnekant van die Aarde 17 . . . . . . . . . . . . .C. Hoe groot is ons Aarde? 20 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Vind meer uit oor ons tuisplaneet 20 . . . . . . . . . . . . .A. Ons het vulkane op ons planeet 25 . . . . . . . . . . . . .B. Ons het minerale uit die aardkors in ons lewe nodig 26 . . . . . . . . . . . . .Voorgestelde werkskema vir Die Aarde en die Ruimte Voorstelle vir assessering en optekening 27 . . . . . . . . . . . . .Assesseringsblad vir taakassessering 28 . . . . . . . . . . . . .Rekordblad vir taakassessering 29–30 . . . . . . . . . .Skoon assesseringsblaaie 31 . . . . . . . . . . . . .Kodes vir assessering Steunmateriaal en taakkaarte vir fotostatering 32 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Wêreldkaart 34 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Leesstukke oor die Aarde se atmosfeer 35 . . . . . . . . . . . . .Grafiekpapier

36 . . . . . . . . . . . . .A. Lug en lewende wesens 37 . . . . . . . . . . . . .B. Lae van die atmosfeer 38 . . . . . . . . . . . . .C. Wat besoedel die lug? 39 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Leesstuk oor planeet Aarde en die Son 40–43 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Stel van nege planete 44 . . . . . . . . . . . . .Die sonnestelselkaart 46 . . . . . . . . . . . . .Planete-feiteblad 47 . . . . . . . . . . . . .Taakkaart: “Die Sterrestelsel” 48 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 Tekening van uitgesnyde gedeelte van die binnekant van die Aarde 48 . . . . . . . . . . . . .Leesstuk oor die Aarde se binnestruktuur 49 . . . . . . . . . . . . .Resep vir speeldeeg 50 . . . . . . . . . . . . .Taakkaart: “Binne-in die Aarde” 51 . . . . . . . . . . . . .Taakkaart: “Hoe groot is ons Aarde?” 52 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Leesstuk oor vulkane 57 . . . . . . . . . . . . .Leesstuk oor ander vulkane 58 . . . . . . . . . . . . .A. Taakkaart: “Vergelyk ’n demonstrasie van ’n vulkaan en ’n regte vulkaan” 59 . . . . . . . . . . . . .Diagram van ’n vulkaan 61 . . . . . . . . . . . . .B. Taakkaart: “Soveel dinge kom uit die Aarde se kors” 64 . . . . . . . . . . . . .Minerale-feiteblad Binne-omslag . . . . Kopkaart oor Die Aarde en die Ruimte

Aktiwiteit

1

Watter vorm is ons Aarde?
• Die Aarde is rond soos ’n bal.

Sleutelbegrip
Leerdertaak

Kies uit die dinge in die houer ’n vorm wat die meeste soos die vorm van die Aarde is. Verduidelik waarom julle besluit het om daardie vorm te kies.

Onderwysertaak

1. Vind prente in ou koerante en tydskrifte van bewyse dat die Aarde rond is. 2. Verskaf koerantpapier, afvalvelle wit A4-papier, meel en water aan leerders. Maak ’n papiermodel van die Aarde deur die volgende stappe te volg: 1. Frommel tien velle koerantpapier op in ’n balvorm. 2. Skeur twee of drie velle wit A4-papier op in dun repe. 3. Maak ’n gommengsel van meel en water. 4. Smeer die gom met jul vingers op die repe wit papier. 5. Plak die repe papier op die papierbal sodat dit die hele vorm bedek. 6. Sit jul model in die son om droog te word.
Smeer die gommengsel met jou vingers op die repe wit papier

Leerdertaak

Maak ’n stywe bal opgefrommelde koerantpapier (omtrent tien velle)

Plak die repe papier op die bal

1

Aktiwiteit

2

Sleutelbegrippe

Waar op Aarde is die land, die water en die lug?

• Die Aarde het land, water en lug. • Meer as twee derdes van die Aarde se oppervlak is bedek met water. Amper al die water is in die oseane. • ’n Baie dun laag atmosfeer bedek ons Aarde.

Onderwysertaak

Gee aan elke groep leerders ’n wêreldkaart sodat hulle die vastelande kan uitknip. Gee ook vir hulle ’n stuk broekiekous om te wys hoe dun die Aarde se atmosfeer is. 1. Teken die ewenaar op jul papiermodel van die Aarde en maak ’n merk om te wys waar die Noordpool Ja! Dis Kyk! my en die Suidpool is. omdat die grootste blou kryt is 2. Knip die vastelande op die deel van die aarde wêreldkaart uit. op! met water 3. Plak dit op jul aardbol. Gebruik ’n bedek is. atlas sodat julle die vastelande min of meer in die regte posisie kan sit. 4. Kleur die land bruin in en die water blou. 5. Voeg lug by deur die stuk broekiekous oor jul papiermodel van die Aarde te span. 1. Lei ’n bespreking en maak seker dat leerders die volgende verstaan: Die grootste deel van die Aarde (amper 70% van die Aarde se oppervlak) is bedek met water. Die atmosfeer wat die Aarde bedek, is ’n baie dun laag. 2. Gebruik die volgende vrae in die bespreking: Van watter kleur is daar die meeste op jul model? Wat sê dit vir julle?

Leerdertaak

Broekiekous wat die model van die Aarde bedek.

Onderwysertaak

Assessering Aktiwiteit

2

Waar op Aarde is die land, die water en die lug?
Wat ons van leerders verwag Die model behoort sferies te wees. Die ewenaar is min of meer in die regte posisie geteken, d.w.s. die model bestaan uit twee halwes wat die Suidelike Halfrond en die Noordelike Halfrond voorstel. Die posisie van die Noordpool en die Suidpool moet duidelik aangedui wees. Landmassas is min of meer op die regte plek geplaas met korrekte byskrifte. Die land is bruin ingekleur en die see blou. Die stuk broekiekous is oor die model gespan om die dun atmosfeer voor te stel.

Wat ons wil assesseer Die maak van die papiermodel van die Aarde

2

Aktiwiteit

3

Sleutelbegrippe

Vind meer uit oor die Aarde se atmosfeer

• Om die Aarde is daar ’n baie dun laag gasse wat die atmosfeer genoem word. • Die atmosfeer is ’n mengsel gasse (hoofsaaklik stikstof, suurstof en koolstofdioksied). • Hierdie gasse kom in sekere proporsies voor: stikstof 78% suurstof 20% koolstofdioksied minder as 1% ander gasse 1%. • Lug is noodsaaklik vir lewe.

A. Die Aarde se atmosfeer
1. Verduidelik die volgende aan die leerders: Om die Aarde is daar ’n baie dun laag gasse wat die atmosfeer genoem word. Die atmosfeer is ’n mengsel gasse wat in sekere proporsies voorkom. 2. Verduidelik ook die sirkeldiagram wat wys watter proporsie van elke gas daar in die atmosfeer is. 3. Gee aan leerders die leesstuk “Die Aarde se atmosfeer is ’n mengsel gasse” (sien bladsy 34). Die Aarde se atmosfeer is ’n mengsel gasse Die lug wat ons inasem, is ’n mengsel gasse wat die Aarde in lae omring. Lug hou die Aarde se oppervlak teen net die regte temperatuur om lewe te ondersteun. Hierdie lae lug en ander gasse word die Aarde se atmosfeer genoem.

hierdie gasse is saam gemeng.

20% suurstof

1% argon en ander gasse minder as 1% koolstofdioksied

dit is wat ons inasem.

78% stikstof

3

Die lug wat ons inasem, bevat die volgende: waterdamp dampe wat koolwaterstof genoem word, wat van motoruitlaatstelsels, fabrieke en vure kom stofdeeltjies ander gasse in baie klein hoeveelhede, byvoorbeeld osoon, argon, neon, helium en kripton.

Leerdertaak

Lees die inligting oor die Aarde se atmosfeer en voltooi die take hieronder. 1. Teken ’n staafgrafiek om te wys hoeveel van elke gas daar in die atmosfeer is.
‘n GRAFIEK WAT WYS UIT WATTER GASSE LUG SAAMGESTEL IS

80% 70% 60% 50% Gasse in persentasies 40% 30% 20% 10% 0%
stikstof suurstof koolstofdioksied ander

Die gasse waaruit lug saamgestel is 2. Watter gas vorm die grootste deel van die lug?

Onderwysertaak

Lug en lewende dinge
Gee aan leerders die leesstuk “Lug en lewende dinge” (bladsy 36). • Ons kan lug nie sien of proe nie. • Ons kan veranderinge in lugtemperatuur op ons vel waarneem. • Ons kan die lug om ons voel beweeg. • Ons kan lug as wind hoor beweeg. Sonder lug sal daar geen lewe op Aarde wees nie. Mense kan omtrent ’n maand lank sonder kos oorleef, en ’n paar dae sonder water, maar ons kan nie langer as ’n paar minute sonder lug oorleef nie. Alle lewende dinge het lug nodig. Alle diere en ook plante “haal asem” en gebruik suurstof en gee koolstofdioksied af om aan die lewe te bly.

AAN DIE ONDERWYSER an dat Maak seker leerders versta ruik plante koolstofdioksied geb die om hul eie kos as deel van maak. proses van fotosintese te suurstof in Dit is wanneer plante nte die atmosfeer afskei. Pla suurstof in om neem egter ook energie vir hul eie groei en ontwikkeling vry te stel.

4

Waarom asem ons lug in?

Wanneer ons inasem, gaan lug na ons longe. Die suurstof in die lug gaan in die bloedvate wat ons longe omring. Die suurstof word deur bloed na elke sel in ons liggaam geneem. Hier word die suurstof gebruik om kos in die selle af te breek en dit stel die energie wat in kos gestoor word, vry. Ons het energie nodig om te beweeg, dink, asem te haal, te werk en te speel. Nadat die energie vrygestel is, word koolstofdioksied afgeskei en deur die bloed terug na die longe geneem. Die koolstofdioksied word in die longe vrygestel, dit meng met die lug en word uitgeasem. Alle plante en diere gebruik suurstof en
Leerdertaak

skei koolstofdioksied af om die energie om te groei en ontwikkel, te lewer. Plante gebruik egter ook koolstofdioksied uit die lug om kos te maak. Plante neem koolstofdioksied uit die lug, water uit die grond en energie uit sonlig om kos te maak. Hierdie proses word fotosintese genoem. Fotosintese beteken “om met lug te maak”. Die kos wat plante maak, word stysel genoem. Wanneer ons kos wat stysel bevat, soos mieliepap en aartappels eet, is die stysel deur die mielieplant en die aartappelplant gemaak. Gedurende fotosintese skei plante suurstof in die lug af.

Lees oor lug en lewende dinge en bespreek die volgende vrae in jul groepe: 1. Waarom is suurstof noodsaaklik vir alle lewende dinge? 2. Hoe word suurstof na elke sel in ons liggaam gedra? 3. Waarvoor gebruik plante koolstofdioksied? 4. Waarvandaan kry plante koolstofdioksied?

Assessering Aktiwiteit

3

A. Die Aarde se atmosfeer
Wat ons van leerders verwag 1. Die grafiek moet die volgende hê: ’n gepaste opskrif asse met die regte byskrifte ’n gepaste skaal die stawe ingekleur die punte akkuraat aangestip. 2. Op die grafiek moet die korrekte hoeveelhede gas in die lug aangedui wees. 3. Stikstof is die gas wat die grootste deel van die lug vorm. Die korrekte antwoorde: a) Suurstof breek die kos in die selle van ons liggaam af en die energie wat alle lewende dinge nodig het, word vrygestel. b) Die bloed om ons longe dra suurstof na elke sel in ons liggaam. c) Koolstofdioksied word in die lug afgeskei wanneer plante en diere asemhaal. d) Plante gebruik koolstofdioksied om hul eie kos te maak.

Wat ons wil assesseer ’n Staafgrafiek om die lug as ’n mengsel gasse voor te stel

Die vrae oor lug en lewende dinge

5

B. Die lae van die atmosfeer
Sleutelbegrippe • Die atmosfeer strek omtrent 80 km bokant die Aarde se oppervlak.
• Die atmosfeer bestaan uit lae. • Al die lug wat ons vir asemhaling nodig het, is net in die eerste 10 km bokant die aardoppervlak. • Die atmosfeer beskerm die Aarde se oppervlak teen gevaarlike sonbestraling en teen stof en rotse uit die ruimte.

Onderwysertaak

1. Gee aan leerders die tekening van die lae van die Aarde se atmosfeer en die vrae oor elke laag (sien bladsy 37 vir fotostatering). 2. Laat leerders die vrae in hul groepe bespreek. 3. Maak seker dat die volgende punte in die bespreking genoem word: Die atmosfeer strek omtrent 80 km bokant die Aarde se oppervlak. Die atmosfeer bestaan uit lae. Al die lug wat ons vir asemhaling nodig het, is net in die eerste 10 km bokant die aardoppervlak. Die atmosfeer beskerm die Aarde se oppervlak teen gevaarlike sonbestraling en teen stof en rotse uit die ruimte.

DIE LAE VAN DIE ATMOSFEER
IONOSFEER

Hierdie laag absorbeer gevaarlike sonstrale. Radiogolwe van die Aarde bereik hierdie laag en word teruggekaats na verskillende dele van die Aarde waar dit deur mense se TV’s en radio’s opgevang word. Dit is hoe radioprogramme deur die wêreld uitgesaai word. MESOSFEER Hierdie laag is baie koud (-100 ºC) en beskerm die Aarde teen rotse (meteore) en stof wat die atmosfeer uit die ruimte binnedring.

STRATOSFEER Hierdie laag is soos ’n skerm. Dit beskerm die Aarde en lewende dinge teen die Son se gevaarlike strale.

TROPOSFEER Hierdie laag bevat al die lug wat ons vir asemhaling nodig het. Alle plante en diere lewe in hierdie laag. Hierdie laag bevat waterdamp en wolke en dit is waar ons verskillende soorte weer aantref. Die gasse waaruit die Aarde se atmosfeer bestaan, raak al hoe minder hoe verder ’n mens van die Aarde gaan, totdat daar geen atmosfeer in die ruimte is nie. SEEVLAK Die helfte van die atmosfeer is hieronder.

6

Leerdertaak

1. Kyk na die tekening van die Aarde se atmosfeer. 2. Bespreek die vrae oor elke laag in jul groepe. (a) In watter laag van die atmosfeer kan plante en diere oorleef? Gee ’n rede vir jou antwoord. (b) Bergklimmers gebruik suurstof wanneer hulle Mount Everest klim. Waarom moet hulle ekstra suurstof saamneem? (c) Wat doen die stratosfeer? (d) Kan ’n mens in die mesosfeer oorleef? Gee ’n rede vir jou antwoord. (e) Wat sou gebeur as die Aarde geen atmosfeer gehad het nie?

waar woon jy?

in die troposfeer, natuurlik!

Assessering Aktiwiteit

3

B. Die lae van die atmosfeer
Wat ons van leerders verwag Korrekte antwoorde op die vrae oor die lae van die atmosfeer: (a) Plante en diere kan in die troposfeer oorleef. Dit is so omdat die lug wat hulle vir asemhaling nodig het, in die troposfeer is. In die troposfeer is hulle ook beskerm teen die Son se gevaarlike strale en rotse en stof uit die ruimte. (b) Hulle moet ekstra suurstof saamneem, want soos wat jy verder van die Aarde se oppervlak beweeg, raak die hoeveelheid lug al hoe minder. Daar sal dus nie genoeg suurstof wees nie. (c) Dit beskerm die Aarde en lewende dinge teen die Son se gevaarlike strale. (d) ’n Mens kan nie in die mesosfeer oorleef nie, want dit is te koud en mense is ook nie teen ruimtestof en -rotse beskerm nie. Hulle is ook nie teen die Son se gevaarlike strale beskerm nie. (e) Daar sal geen lewe op Aarde wees nie. Dit is omdat daar geen suurstof sal wees waaruit plante en diere energie sal kan kry nie. Daar sal geen koolstofdioksied wees waaruit plante kos kan maak nie. Daar sal geen beskerming teen die Son se gevaarlike strale en geen beskerming teen rotse en stof uit die ruimte wees nie.

Wat ons wil assesseer Vrae oor die atmosfeer

7

C. Ons lug is kosbaar, maar ons besoedel dit
Sleutelbegrippe
• Dieselfde lug word oor en oor in die atmosfeer gebruik. • Baie aktiwiteite wat deur mense uitgevoer word, besoedel die .atmosfeer. • Lugbesoedeling is gevaarlik vir lewende dinge.

Onderwysertaak

1. Lei ’n klasbespreking oor hoe die lug besoedel word. Gebruik die prent oor die dinge wat ons lug besoedel, in die bespreking (sien bladsy 38). 2. Om seker te maak leerders verstaan dat dieselfde lug wat ons besoedel, oor en oor gebruik word, stel vrae soos: “Waarheen gaan die besoedelde lug?” (Die rigting van die pyltjies op die prent hieronder wys dat dieselfde lug oor en oor gebruik word.) 3. Gee aan leerders die leesstuk “Die lug is kosbaar” (sien bladsy 38).

Die lug is kosbaar Die Aarde se lug is die enigste lug wat ons het. Dit is dieselfde lug wat ons voorouers ingeasem het. Dit is dieselfde lug wat dinosourusse eens op ’n tyd ingeasem het. Ons asem dieselfde lug in wat ons honde en katte inasem. Die lug wat ons inasem, is ook dieselfde lug wat deur ons motorenjins en fabriekskoorstene en die plante daarbuite gegaan het. Dieselfde lug word oor en oor gebruik, want dit is die enigste lug wat ons het. Ons kan nêrens anders nog lug kry nie. Wanneer ons die lug met motorenjins en fabrieke vuil maak, noem ons dit lugbesoedeling.
Wat besoedel ons lug? Hierdie prent toon al die verskillende dinge wat die lug besoedel. Die besoedelde lug word oor en oor gebruik.

8

Lugbesoedeling
Ons sê die lug is besoedel wanneer dit vuil word. Stowwe wat die lug vuil maak, word op baie verskillende maniere gemaak: • Ons verbrand fossielbrandstowwe (steenkool en olie) in kragsentrales om energie op te wek. • Wanneer ons in fabrieke dinge maak wat verbrand of verhit moet word. • Wanneer ons met voertuie wat altyd gasse afskei, ry. • Wanneer ons rommel en motorbande verbrand. • Wanneer ons gras, die veld en bome brand.

sies! waarom moet ons al die aaklige gasse inasem?

Sterk sonlig reageer met voertuie se uitlaatgasse en dit kan giftige gasse maak. Soms kan ons hierdie gasse sien en ruik. Dit het ’n bruinkleur en ons noem dit rookmis. Rookmis is gevaarlik vir plante en diere.

Leerdertaak

1. Hou ’n klasbespreking oor dinge wat die lug besoedel. 2. Lees oor “Lug is kosbaar” en “Lugbesoedeling” en beantwoord die vrae wat volg: (a) Wat is sommige van die dinge wat die lug besoedel? Dinge wat die lug besoedel, is: rook van kragsentrales,

motoruitlaatgasse, rook van verbranding en rook uit fabrieke.
(b) Verduidelik waarom party mense bekommerd daaroor is dat die lug besoedel is. Lugbesoedeling Mense is bekommerd oor die besoedeling van die lug.

Die rede waarom mense bekommerd is, is omdat dit die enigste lug is wat ons op Aarde het.
sjoe! dié besoedeling is rêrig sleg vir my!

dat ons dieselfde lug oor en oor gebruik, maar as ons dit vuil maak, sal ons net vuil lug hê om te gebruik. Nog ’n rede is dat vuil lug gevaarlik vir lewende dinge is.
Nog ’n rede is (c) Skryf ’n gedig oor lug, byvoorbeeld:

My kosbare lug Sonder jou het ek geen lewe nie My ouers, my maats, my kat en almal. Een enkele teug en my hele liggaam lewe! Bome groot en klein, Pragtige blomme vol insekte maak op jou staat! Sonder jou het ons almal geen lewe nie. Dankie dat jy om ons is. Skrywer: Anoniem
9

Assessering Aktiwiteit

3

C. Ons kosbare lug wat ons besoedel
Wat ons wil assesseer Die skryf van ’n paragraaf om te verduidelik waarom mense bekommerd oor lugbesoedeling is Wat ons van leerders verwag Die paragraaf moet die volgende bevat: ’n opskrif sinne wat verduidelik waarom mense bekommerd oor lugbesoedeling is sinvolle sinne sleutelwoorde oor besoedeling, soos verbrand, dampe, rookmis, fabrieke.

10

Aktiwiteit

4

Ons Aarde is ’n planeet
• Die Aarde beweeg in die ruimte en is ’n planeet. • Die Aarde draai om sy eie as en wentel om die son in sy eie wentelbaan. • Dit is, sover ons weet, die enigste planeet met lewe daarop. • Die Aarde kry sy hitte en lig van die Son. • Die Son is ’n ster; nie ’n planeet nie. 1. Hieronder is ’n prentjie van die Aarde.

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

Pool-yskap

Asië

Vasteland van Afrika

wolke Groot mere Atlantiese oseaan Suid-Amerika Eiland Madagaskar

wolke

2. Soek enige ander prente van die Aarde waarop sy fisiese kenmerke duidelik is. 3. Wys die prente aan die leerders en stel die volgende vrae om hul nuuskierigheid oor die Aarde te prikkel. Die Aarde – ons tuisplaneet • Watter vastelande kan jy sien? • Kan jy enige riviere en eilande sien? • Wat is die wit merke? Dink jy dit is mis, seestrome, wolke of golwe? • Kan jy albei pool-yskappe sien? 4. Gee aan leerders die leesstuk oor planeet Aarde en die Son (sien “Die Aarde is ’n planeet” en “Die son is ’n ster” op bladsy 39).

11

Leerdertaak

1. Voltooi die volgende tabel om die Aarde en die Son te vergelyk. Vrae 1. Is dit ’n planeet of ’n ster? 2. Waarvan is dit gemaak? 3. Stel dit hitte en lig vry? 4. Watter een is die grootste, die Aarde of die Son? 5. Kan ons daarop oorleef? Aarde planeet rots nee klein ja Son ster baie warm gasse ja groot nee

Ja, die Son is baie, baie groter. Die Aarde is ’n planeet. Die Son is ’n ster.

SON STER

Die Son lyk net kleiner omdat dit so ver weg is!

2. Skryf sinne waarin jy die verskil tussen die Aarde en die Son beskryf. (Gebruik die tabel om jou te help.) Byvoorbeeld:

Die Aarde is ’n wonderlike plek om te lewe.

1. Die Aarde verskil van die son, want dit is ’n planeet terwyl die Son ’n ster is. 2. Die Aarde bestaan uit rots, terwyl die Son uit baie warm gasse bestaan. 3. Die Son skei lig en hitte af, terwyl die planeet Aarde sy lig en hitte van die Son kry. 4. Die Son is groter as die Aarde. 5. Die planeet Aarde het lewende dinge soos plante en diere daarop, terwyl niks ooit op die Son kan oorleef nie.
k woon! Dit is waar e

Dis die enigste plek om te lewe!
12

ien : Aan amsod 20 P. S delaan Vyf lone Ath apstad p Ka s-Kaa ka l else We d-Afri i nest Su ika e Son Afr rde, di Aa

Aktiwiteit

5

Daar is nege planete om die Son

• Sleutelbegrippe Daar is nege planete wat om die Son wentel. • Elke planeet wentel in sy eie wentelbaan om die Son. • Die Son en al die planete wat om dit beweeg, vorm die sonnestelsel. • Elke planeet beweeg op sy eie afstand van die Son. • Elke planeet kan aan sy voorkoms herken word.

Onderwysertaak

1. Verduidelik aan die leerders dat daar altesaam nege planete is wat om die Son wentel. 2. Gee aan elke groep ’n stel van die “Nege planete” (sien bladsy 40–43). 1. Lees oor die verskillende planete en beantwoord die volgende vrae: (a) Watter planeet het ringe? (b) Noem die planeet wat ’n rooi kol het. (c) Wat dink wetenskaplikes van hierdie rooi kol? (d) Watter planeet is die winderigste? (e) Watter planeet het kraters soos die maan? 2. Skryf elke planeet se naam en sy afstand van die Son agterop die prentjie neer. 3. Knip die planete uit. 4. Begin met die Son rangskik die planete in die korrekte posisie. Begin met die planeet wat die naaste aan die Son is. 5. Stal dit teen die klaskamermuur uit.

Leerdertaak

13

Inset deur onderwyser
Verduidelik aan leerders dat die Son en sy familie planete wat daarom beweeg, die sonnestelsel genoem word. Gee aan leerders die taakkaart oor die sonnestelsel en die planetefeiteblad (bladsy 44–46).
Pluto Venus SON Mars Jupiter Uranus

Saturnus Neptunus

Mercurius Aarde

Leerdertaak

Leerdertaakkaart – Die sonnestelsel

Gebruik die planete-feiteblad en beantwoord die volgende vrae: 1. Skryf al die planete se name op die tekening van die Son en sy familie planete (sonnestelsel). 2. Voltooi die volgende: Die warmste planeet is Venus. Die koudste planeet is Pluto. Die grootste planeet is Jupiter. Die kleinste planeet is Pluto. Die planeet wat die naaste aan die Son is, is Mercurius. Die planeet wat die verste van die Son is, is Pluto. Die planeet wat 365 ¢ dae neem om rondom die Son te beweeg, is die Aarde. Die planeet wat die langste neem om rondom die Son te beweeg, is Pluto. 3. Gebruik nou die inligting oor afstande van die Son om die volgende te bereken: (a) Hoe ver is ons planeet van Mercurius? 90 000 000 km (b) Hoe ver is ons planeet van Pluto? 5 750 000 000 km (c) Hoe ver is ons planeet van Mars? 80 000 000 km

Assessering Aktiwiteit

5

Daar is nege planete om die Son
Wat ons van leerders verwag Die planete behoort in die korrekte volgorde volgens hul afstand van die Son geplaas te wees: Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus, Pluto. Die planete se name moet daarop geskryf wees. Die planete behoort die regte byskrifte volgens hul afstand van die Son te hê. Korrekte interpretasie van die planete-feiteblad se tabelle, d.w.s. korrekte antwoorde vir vraag 2. Korrekte antwoorde vir vraag 3: (a) 90 000 000 km (b) 5 750 000 000 km (c) 80 000 000 km

Wat ons wil assesseer Die sonnestelsel (ry planete)

Die sonnestelsel (diagram en vrae)

14

Aktiwiteit

6

Die binnekant van die Aarde
A. Die binnekant van die Aarde bestaan uit lae

Sleutelbegrip

• Wetenskaplikes dink die binnekant van die Aarde uit vier konsentriese lae bestaan (lae wat om dieselfde middelpunt gerangskik is).

Onderwysertaak

1. Gebruik die papiermodel van die Aarde wat die leerders gemaak het om hulle aan die uiterlike voorkoms van die Aarde te herinner. 2. Vra leerders nou hoe hulle dink die binnekant van die Aarde lyk. 3. Gee aan elke leerder een Astro-lekkertjie sodat leerders hulle kan begin voorstel hoe die binnekant van die Aarde lyk. 1. Suig ’n Astro-lekkertjie en vind die volgende uit terwyl jy dit suig: Hoe voel elke laag? Hoeveel lae is daar? 2. Maak ’n tekening om die lae van die Astro-lekkertjie voor te stel.
buitenste suikerlaag binneste sjokolade korrelrige binnekant

Leerdertaak

hoeveel lae?

kors

Onderwysertaak 1. Verduidelik die volgende aan die leerders: Wetenskaplikes dink dat die Aarde verskillende lae het, net soos ’n Astro-lekkertjie. Soos die Astro-lekkertjie, is hierdie lae bo-op mekaar en om ’n gemene middelpunt gerangskik (konsentries). 2. Wys aan leerders ’n tekening van die binnekant van die Aarde en sê vir hulle ’n gedeelte is uitgesny sodat ons kan sien hoe die Aarde binne-in lyk.

15

B. ’n Speeldeegmodel om die binnekant van die Aarde te toon
Sleutelbegrippe • Die binnekern in die middel van die Aarde is die warmste en is
solied. • Daar word gedink dat die buitenste kern, wat die binnekern omring, gesmelte rots is. • Daar word gedink dat die mantel, wat die buitekern omring, ’n plastiese (nie heeltemal soliede nie) laag is. • Die kors is die buitenste laag en is baie dun en ook solied. • Die Aarde se lae verskil in dikte en samestelling.

Onderwysertaak

Gee aan leerders die volgende: 1. die leesstuk oor “Binnekant die Aarde” (bladsy 48) 2. die taakkaart om te voltooi (sien bladsy 50) 3. speeldeeg om die model van die Aarde te maak. 1. Lees oor die binnekant van die Aarde. 2. Voltooi die taakkaart oor die binnekant van die Aarde.

Leerdertaak

Leerdertaakkaart – Binnekant die Aarde
1. Lees oor die verskillende lae binne-in die Aarde en vul die tabel hieronder in. Naam van Aarde se laag Dikte in km (ongeveer) Posisie waar dit gevind word Binnekern 1 300 km in die middel van die Aarde Buitekern 2 250 km om die binnekern Mantel 2 900 km bokant die buitekern Kors 8–40 km die buitenste laag

kyk net daar!

2. Gebruik speeldeeg en maak ’n model van die Aarde. Gebruik die volgende kleure: rooi speeldeeg om die warm binnekern voor te stel oranje speeldeeg om die buitekern voor te stel geel speeldeeg om die mantel voor te stel wit speeldeeg om die aardkors voor te stel. 3. Sny die model met garing middeldeur sodat jy binne-in kan sien. 4. Sny dit nou in kwarte. 5. Hou drie kwarte bymekaar. 6. Teken hierdie uitgesnyde gedeelte van jou model en skryf byskrifte by die lae van die Aarde.

16

C. Hoe groot is die Aarde?
Onderwysertaak
1. Verwys na die tekening van die uitgesnyde gedeelte van die binnestruktuur van die Aarde (sien bladsy 48) en verduidelik die volgende: Die radius is die afstand van die middelpunt na die rand. Die omtrek is die afstand om ’n sferiese voorwerp. 2. Verduidelik ook aan leerders hoe om die omtrek van ’n ronde voorwerp te bereken: omtrek = 2 ∏ r (∏ = 22/ 7 en r = radius) 3. Gee aan leerders die taakkaart oor hoe groot ons Aarde is om te bereken en te voltooi (sien bladsy 51). 1. Bereken die radius van die Aarde (sy dikte van die middelpunt na die rand).

AAN DIE ONDERWYSER
Leerders moet inligting hê oor water lande en toestande aan die ewenaar gevind word om ’n denkbeeldige reis om die Aarde te beskryf (vraag 5). Hulle kan hul atlasse gebruik om te kyk watter lande, fisiese kenmerke, oseane, woude, ens. hulle sal teë kom en hulle kan navorsing oor hie rdie plekke doen.

Leerdertaak

Radius van die Aarde = dikte van binnekern + dikte van buitekern + dikte van mantel + dikte van kors Radius van die Aarde = 1 300 km + 2 250 km + 2 900 km + 40km Radius van die Aarde = 6 490 km
2. Bereken die deursnee van die Aarde.

Deursnee van die Aarde = radius x 2 Deursnee van die Aarde = 6 490 x 2 Deursnee van die Aarde = 12 980 km
3. Bereken die omtrek van die Aarde.

Omtrek = ∏ (22/ 7) deursnee Omtrek = 22/ 7 12 890 km Omtrek = 40 794,285 km
4. Bereken hoeveel dae dit jou sal neem om om die Aarde se omtrek te loop. (Jy sal heelpad om die ewenaar loop.) Jou stapspoed is 4 km/h. J y moet dag en nag loop (24 uur per dag). Bereken eers die afstand wat jy in een hele dag sal loop.

Ek loop 4 km in een uur In 24 uur loop ek dus 4 km x 24 uur In een dag (24 uur) loop ek dus 96 uur
Bereken dan hoeveel dae dit sal neem om 40 794,285 km te loop. In een dag loop jy 96 km

Hoeveel dae om om die Aarde te loop? Dae = 40 794,285 km 96 Dae = 424,94 dae Dit sal my dus 424,94 dae neem om om die Aarde te loop (’n bietjie meer as ’n jaar).
17

Leerdertaakkaart (vervolg)
5. Verbeel jou jy moet al langs die ewenaar om die Aarde reis. Beskryf jou tog. Let Wel: Jy kan jou atlas gebruik om te kyk deur en verby watter plekke jy sal reis. Gebruik ook wat jy in Sosiale Wetenskappe oor die toestande in die ekwatoriale streke geleer het.

Leerdertaak

Om die wêreld in 425 dae
Ek het op 22 Desember 1999 van Suid-Afrika na die Demokratiese Republiek van die Kongo vertrek, waar ek my lang reis al langs die ewenaar om die wêreld sou begin. Reeds aan die begin het ek besef dat die grootste deel van my reis deur water en tropiese reënwoude aan die ewenaar sou wees. Ek het my koelste klere by my gehad, want die temperatuur is dwarsdeur die jaar baie hoog daar. In die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) moes ek deur reënwoude reis. Ek het deur die digste plantegroei wat ek nog ooit gesien het, gestrompel en geval. Ek het probeer om nie te dink aan die honger diere wat ek in die digte boskasie kon teëkom nie. Ek was dankbaar teenoor die klein mens met wie ek vriende gemaak het. Hy het my gehelp om met sy panga ’n pad deur die digte plantegroei te kap. In die DRK is daar klein mense wat pigmeë genoem word. Ek het gewonder waarom hierdie mense so klein is. Ek het weswaarts na Gaboen gereis om die Atlantiese Oseaan na Suid-Amerika oor te steek. Ek was net betyds om ’n geleentheid op ’n seiljag te kry, want daar was ’n seiljagvaart in Gaboen. Ongelukkig kon die seiljagvaart nie begin nie, want daar was geen wind vir die bote om te vaar nie. Toe moes ek ’n motorboot gebruik om die Atlantiese Oseaan te kruis. Ek het in Brasilië aan wal gegaan, waar ek met ’n kano oor die Amasonerivier moes roei om by die voet van die Andesgebergte te kom. Toe die rivier nouer geword het, moes ek die kano los en na die voet van die berg stap. Ek moes sterk skoene dra om na Ecuador te klim. Terwyl ek al hoe hoër teen die berg geklim het, kon ek die koue lug teen my vel voel. Aan die kus van Ecuador het ek aan boord van ’n boot gegaan en verby die Galapagos-eiland oor die Stille Oseaan na Maleisië gevaar. Ek moes die eiland Borneo deur die tropiese reënwoude kruis. Hierdie keer het ek my ervaring gebruik om my pad deur die digte bosse te kry. Ek moes weer in ’n boot vaar om by Soematra uit te kom en in ’n ander boot na die pragtige Maldives-eiland. Die lang, sonnige strand op hierdie eiland het my laat besluit om ’n bietjie vakansie te hou. Dit was wonderlik om in die son te lê en ontspan en aan al die avonture op my reis te dink. Teen hierdie tyd het ek regtig huis toe verlang en was ek gereed om my lang reis om die wêreld klaar te maak. Toe het ek nog ’n bootvaart na my eie vasteland, Afrika, onderneem – na die Republiek van Somalië. Ek het uiteindelik per boot terug huis toe gevaar. O! Dit was ’n wonderlike gevoel om in Suid-Afrika voet aan wal te sit!
18

Assessering Aktiwiteit

6

Die binnekant van die Aarde
Wat ons van leerders verwag Korrekte voltooiing van die tabel: – Daar behoort korrekte inligting oor elke laag te wees. – Die kors is die dunste laag. – Die binnekern is die warmste laag. Die model behoort sferies te wees. Die lae moet konsentries wees, met die binnekern heel binne, gevolg deur die buitekern, die mantel en die dun aardkors heel buite. Die tekening moet: duidelik geteken wees en die dikte van al die lae min of meer korrek toon korrekte byskrifte hê wys dat dit ’n uitgesnyde gedeelte is ’n gepaste opskrif hê. Korrekte bewerkinge (met 40 km as die dikte van die aardkors): radius = 6 490 km deursnee = 12 980 km omtrek = 40 794,28 km 424,94 dae

Wat ons wil assesseer Die tabel en vrae oor die konsentriese lae van die Aarde

Die speeldeegmodel van die Aarde

Tekening van die uitgesnyde deel van die binnestruktuur van die Aarde

Hoe groot is die Aarde? – – – – Skryfstuk oor die reis al langs die ewenaar rondom die Aarde

Die skryfstuk moet die volgende verduidelik: voorbereidings vir die reis, byvoorbeeld wat ’n mens vir die reis sal nodig hê wat jy verwag om tydens die reis te ondervind, byvoorbeeld die soort weer, ander fisiese en politieke kenmerke van die Aarde, soos watter riviere, berge, lande en mense sal jy verwag om tydens die reis teë te kom

19

Aktiwiteit

7

Vind meer uit oor ons tuisplaneet
• Daar is swak plekke in die Aarde se dun kors. • ’n Vulkaniese uitbarsting gebeur deur openinge in hierdie swak plekke. • ’n Vulkaniese uitbarsting gebeur wanneer warm lawa van gesmelte rots (magma) of vulkaniese as net onder die aardkors deur ’n opening in die kors se swak plekke uitskiet. • Hierdie uitbarsting gebeur as gevolg van hitte en druk van binne-in die Aarde.

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

A. Ons het vulkane op ons planeet
1. Hersien die vorige aktiwiteit en maak seker leerders verstaan die volgende: Die Aarde se kors is baie dun en het swak plekke daarin. Dit is baie warm binne-in die Aarde. Die laag onder die aardkors is gesmelte rots en is verskriklik warm. 2. Lei die les oor vulkane in deur die apparaat op te stel om ’n vulkaan soos in die diagram te demonstreer.

AAN DIE ONDERWYSER
tteltjie. Gebruik ’n klein glaspilbo druk dan Maak dit propvol water en ’n snesie die kurk goed in. Gebruik gaatjie om enige water wat by die om die uitkom, af te vee. Begin dan die water water te verhit. Wanneer k, styg in die pilbotteltjie begin koo ter en die druk in die bottel en wa n by die stoom begin soos ’n vulkaa gaatjie uitborrel.

Demonstrasie om te wys hoe ’n vulkaan werk Kurkprop met gaatjie daarin Watervlak Klein glaspilbotteltjie Draadgaas Driepootstaander

Spiritusbrander

3. Stel die vrae hieronder terwyl leerders waarneem wat gebeur: (a) Wat gebeur met die water? (b) Wat kom by die opening uit? (c) Waarom gebeur dit?

20

lyk of die hoof weer ’n uitbarsting het!

4. Bespreek die antwoorde en stel terme soos die volgende bekend: * verhitting, kook, druk, bars nou en dan uit, stoom. 5. Vra aan leerders of hulle van enige werklike situasie weet waarin sommige van hierdie prosesse plaasvind. 6. Wys vir leerders die prent van Berg St. Helen (sien bladsy 52). 7. Lees oor en bespreek die vulkaniese uitbarsting van Berg St Helen terwyl leerders in hul eie kopieë volg (sien bladsy 52–56). 8. Wys vir leerders waar Berg St Helen op die wêreldkaart (of op hul papiermodel van die Aarde) is.

Berg St Helen

Leerdertaak

Lees en bespreek die vulkaniese uitbarsting van Berg St Helen.

21

Onderwysertaak

Onderwyser se afskrif

Binne-in ’n vulkaan
Stoom, as en lawa Hoofopening Krater

Sy-opening Keël

Aardkors

Warm lawa

Baie warm gesmelte rots

Hitte van die middelpunt van die Aarde

1. Gebruik die groot diagram van ’n vulkaan (bladsy 58) en verduidelik hoe ’n vulkaan werk. Gebruik terme soos opening in die aardkors, gesmelte rots (magma), warm lawa, vulkaniese as, ens. 2. Gee aan leerders die taakkaart “Vergelyk ’n demonstrasie van ’n vulkaan en ’n regte vulkaan” (bladsy 59). 3. Leerders kan oor ander vulkane lees (sien bladsy 57).

22

Leerdertaak

Leerdertaakkaart

Vergelyk ’n demonstrasie van ’n vulkaan en ’n regte vulkaan
Stoom, as en lawa Hoofopening

Kurkprop met gaatjie daarin Watervlak Klein glaspilbotteltjie Draadgaas Driepootstaander Spiritusbrander

Krater

Sy-opening Keël

Aardkors

Warm lawa

Baie warm gesmelte rots

Hitte van die middelpunt van die Aarde

1. Skryf byskrifte by die diagramme en vul die tabel hieronder in. Vrae Waar kom die hitte vandaan? Wat bars uit die opening? Wat veroorsaak die uitbarsting? Demonstrasievulkaan Regte vulkaan

vlam warm water en stoom hitte

middel van die Aarde stoom, as en warm lawa hitte en druk

2. Beskryf wat in ’n regte vulkaniese uitbarsting gebeur. Vulkaniese uitbarsting Vandag het ons van vulkaniese uitbarstings geleer.

daar swak plekke bekend as openinge op die Aarde se dun kors is waardeur vulkane uitbars.
Ek het geleer dat

hitte en druk veroorsaak dat warm lawa bekend as magma uit gesmelte rots van net onder die aardkors by hierdie openinge uitskiet.
Ek het ook geleer dat Nog iets wat ek geleer het, is mense

woon naby vulkane, want die grond is ryk aan minerale en hulle kan gesaaides daar plant. Vulkane enige tyd kan uitbars. Party wag om uit te bars, terwyl ander dood is.
Laastens het ek geleer dat

23

Leerdertaak

Leerdertaakkaart – Projek
1. Doen navorsing oor enige vulkaniese uitbarsting wat op een of ander plek op Aarde plaasgevind het. 2. Vind die volgende uit en skryf dit neer: (a) Waar en wanneer het hierdie vulkaniese uitbarsting gebeur? (b) Wat was die sigbare uitwerking daarvan? (c) Is daar enige goeie dinge oor hierdie vulkaan? Skryf die sinne oor elke aspek van die vulkaan op ’n aparte bladsy neer. 3. Maak jou eie boekie oor die vulkaan waaroor jy navorsing gedoen het deur jou bladsye met sinne aanmekaar te heg. Moenie vergeet om jou naam en ’n inhoudsopgawe te skryf nie. Idees vir die boekie: Foto van die vulkaan, wêreldkaart waarop die plek aangedui is, besonderhede oor die vulkaan in volsinne met prente wat daarby pas.

AAN DIE ONDERWYSER Leerders kan die leesstukke oor ander vulkane vir hul projek gebruik (sien bladsy 57) of hulle kan navorsing oor ander vulkane in die biblioteek doen.

Assessering Aktiwiteit

7

A. Ons het vulkane op ons planeet
Wat ons van leerders verwag Vergelyk ’n demonstrasie van ’n vulkaan en ’n regte vulkaan Die diagramme moet die korrekte byskrifte hê. Die tabel moet ordentlik voltooi wees – dit moet duidelike begrip toon van wat in ’n demonstrasie van ’n vulkaan en in ’n regte vulkaan gebeur. Die skryfwerk moet aandui dat die leerder ’n vulkaniese uitbarsting verstaan – dat hitte en druk die warm lawa van gesmelte rots (magma) aanhoudend na bo druk en dat ’n vulkaniese uitbarsting plaasvind wanneer hierdie warm lawa deur die opening in die swak plek in die aardkors ontsnap. Leerders moet wys hulle verstaan die leesstukke deur die volgende te doen: Dui die plek van die vulkaniese uitbarsting korrek op die papiermodel van die Aarde aan en gebruik die regte byskrifte Skryf goeie sinne met inligting oor die groep se vulkaan Maak ’n aantreklike en informatiewe sigsag-boekie oor hul vulkaan Ens.

Wat ons wil assesseer Diagramme en skryfwerk

Skryfwerk oor wat in ’n regte vulkaan gebeur

Projek: Verdere leeswerk en die skryf van sinne oor vulkane Die maak van ’n sigsag-boekie oor vulkane

24

B. Ons het minerale uit die aardkors in ons lewe nodig
Sleutelbegrippe •
• Minerale wat vir nuttige goed soos horlosies en juweliersware gebruik word, kom uit die aardkors. Minerale wat goed vir ons liggaam is, kom uit rotse en grond wat in die aardkors is.

Onderwysertaak

1. Verduidelik die term mineraal. ’n Mineraal is ’n natuurlike stof waarvan rotse gemaak is. 2. Verduidelik dat die Aarde se kors uit rotse en grond bestaan. Dit bevat minerale soos goud, diamante, klei, sout, silwer, ens. 3. Laat leerders die taakkaart oor minerale en die feiteblad voltooi (bladsy 64).

Leerdertaak

Leerdertaakkaart
Soveel dinge kom uit die Aarde se dun kors

1. Kyk na die prent van Arthur Mofekate met al die minerale wat uit die aardkors kom, wat nuttig vir hom is (bladsy 62–63). 2. Lees eers die feiteblad oor minerale en vul dan die oop ruimtes in. 3. Skryf ses sinne oor waarom die Aarde se kors en die minerale daarin belangrik vir ons is. Voorbeeld: (a) Ek het uitgevind dat ons die minerale in die aardkors nodig het. (b) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . (c) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . (d) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . (e) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . (f) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Assessering Aktiwiteit

7

B Ons het minerale uit die aardkors in ons lewe nodig
Wat ons van leerders verwag Daar behoort korrekte inligting van die feiteblad te wees oor waarvandaan die minerale kom. Die sinne moet aandui: wat die mineraal is. waarvandaan die mineraal kom. Daar behoort korrekte inligting van die feiteblad te wees oor waarom ons daardie spesifieke mineraal nodig het. Verskaf ’n goeie opskrif.

Wat ons wil assesseer Voltooiing van tabel oor minerale Die skryf van sinne oor minerale

25

VOORGESTELDE WERKSKEMA

DIE AARDE EN DIE RUIMTE: GRAAD 7
PERIODE 1 Aktiwiteit 1 • Kies ’n vorm wat die meeste soos die vorm van die Aarde lyk en verduidelik eie keuse • Maak papiermodel van die Aarde (± 50 min) PERIODE 2 Aktiwiteit 2 • Plaas vastelande en kleur in • Bespreking oor die Aarde wat hoofsaaklik met water bedek is (± 50 min) PERIODE 3 Aktiwiteit 3 • Lees en beantwoord vrae oor die gasse wat lug vorm (± 50 min) PERIODE 4 • Kyk na die lae van die atmosfeer en beantwoord vrae daaroor (± 50 min) PERIODE 5 • Lees oor hoe kosbaar lug is en hoe ons dit besoedel • Beantwoord vrae en skryf lofgedig oor lug (± 50 min) PERIODE 9 Aktiwiteit 6a • Hersien die Aarde se uiterlike kenmerke en begin dink oor die binnestruktuur (aktiwiteit met Astro-lekkers) (± 50 min) PERIODE 13 Aktiwiteit 7 • Demonstrasie van vulkaan met leerders wat waarneem en vrae beantwoord • Bekendstelling van terminologie oor ’n vulkaniese uitbarsting (± 50 min)

Periode 6 Aktiwiteit 4 • Kyk na die fisiese kenmerke van die Aarde • Lees oor en vergelyk die Aarde en die Son (± 50 min)

PERIODE 7 Aktiwiteit 5 • Lees oor die nege planete en rangskik dit (± 50 min)

PERIODE 8 • Interpreteer ’n tabel oor die planete in die sonnestelsel (± 50 min)

PERIODE 10 Aktiwiteit 6b • Kyk na die diagram van die Aarde se binnestruktuur • Lees daaroor en vul ’n tabel in (± 50 min)

PERIODE 11 Aktiwiteit 6b (vervolg) • Maak die speeldeegmodel van die Aarde • Teken die uitgesnyde deel van die model (± 50 min)

PERIODE 12 Aktiwiteit 6c • Verduideliking van terminologie oor die meting van sirkels • Leerders doen berekeninge en skryf oor hul denkbeeldige reis langs die ewenaar om die Aarde (± 50 min)

PERIODE 14 • Lees oor en bespreek die St Helen-vulkaan (± 50 min)

PERIODE 15 • Verduideliking van hoe ’n regte vulkaan gebeur • Voltooi taakkaart oor vergelyking van demonstrasie van ’n vulkaan en ’n regte vulkaan (± 50 min)

PERIODE 16 • Skryf oor wat in ’n regte vulkaniese situasie gebeur (± 50 min) PERIODE 17 • Projek: Kort navorsing oor ’n vulkaan en wys leerders hoe om ’n sigsag-boek te maak (± 50 min)

PERIODE 18 • Leerders voltooi hul skryfwerk en maak hul sigsag-boeke (± 50 min) PERIODE 19 Aktiwiteit 7b • Stel minerale bekend • Voltooi taakkaart oor minerale (± 50 min)

Totale tyd om die aktiwiteite in hierdie leerprogram af te handel = 19 periodes @ 50 minute per periode = 950 min = byna 16 uur. Dit is omtrent 4 weke se werk. (Aanbevole tyd per week vir Natuurwetenskappe is 4 uur.)

26

GROENLAND

NOORD-AMERIKA
New York Los Angeles

Atlantiese Oseaan

EWENAAR SUID-AMERIKA

Stille Oseaan
Buenos Aires

Suidsee

32

Noordelike Yssee

Moskou

EUROPA

ASIË

Jerusalem Mekka

Hongkong

Stille Oseaan

EWENAAR Indiese Oseaan
Perth Sydney

Johannesburg Durban

Atlantiese Oseaan
Kaapstad

N

ee -S ieu

an

ANTARKTIKA

l

d

33

Aktiwiteit 3 – Leesstuk
Die Aarde se atmosfeer is ’n mengsel gasse Die lug wat ons inasem, is ’n mengsel gasse wat die Aarde in lae omring. Lug hou die Aarde se oppervlak teen net die regte temperatuur om lewe te ondersteun. Hierdie lae lug en ander gasse word die Aarde se atmosfeer genoem.

20% suurstof

hierdie gasse is saam gemeng.

1% argon en ander gasse minder as 1% koolstofdioksied

78% stikstof

dit is wat ons inasem.

Die lug wat ons inasem, bevat die volgende: waterdamp dampe wat koolwaterstof genoem word, wat van motoruitlaatstelsels, fabrieke en vure kom stofdeeltjies ander gasse in baie klein hoeveelhede, byvoorbeeld osoon, argon, neon, helium en kripton.

Lug en lewende dinge
Ons Ons Ons Ons kan kan kan kan lug nie sien of proe nie. veranderinge in lugtemperatuur op ons vel waarneem. die lug om ons voel beweeg. lug as wind hoor beweeg.

Sonder lug sal daar geen lewe op Aarde wees nie. Mense kan omtrent ’n maand lank sonder kos oorleef, en ’n paar dae sonder water, maar ons kan nie langer as ’n paar minute sonder lug oorleef nie. Alle lewende dinge het lug nodig. Alle diere en ook plante “haal asem” en gebruik suurstof en gee koolstofdioksied af om aan die lewe te bly.

34

Grafiekpapier

35

Aktiwiteit 3 – Lug en lewende dinge
Waarom asem ons lug in?
Wanneer ons inasem, gaan lug na ons longe. Die suurstof in die lug gaan in die bloedvate wat ons longe omring. Die suurstof word deur bloed na elke sel in ons liggaam geneem. Hier word die suurstof gebruik om kos in die selle af te breek en dit stel die energie wat in kos gestoor word, vry. Ons het energie nodig om te beweeg, dink, asem te haal, te werk en te speel. Nadat die energie vrygestel is, word koolstofdioksied afgeskei en deur die bloed terug na die longe geneem. Die koolstofdioksied word in die longe vrygestel, dit meng met die lug en word uitgeasem. Alle plante en diere gebruik suurstof en skei koolstofdioksied af om die energie om te groei en ontwikkel, te lewer. Plante gebruik egter ook koolstofdioksied uit die lug om kos te maak. Plante neem koolstofdioksied uit die lug, water uit die grond en energie uit sonlig om kos te maak. Hierdie proses word fotosintese genoem. Fotosintese beteken “om met lug te maak”. Die kos wat plante maak, word stysel genoem. Wanneer ons kos wat stysel bevat, soos mieliepap en aartappels eet, is die stysel deur die mielieplant en die aartappelplant gemaak. Gedurende fotosintese skei plante suurstof in die lug af.

Leerdertaak

Lees oor lug en lewende dinge en bespreek die volgende vrae in jul groepe: 1. Waarom is suurstof noodsaaklik vir alle lewende dinge? 2. Hoe word suurstof na elke sel in ons liggaam gedra? 3. Waarvoor gebruik plante koolstofdioksied? 4. Waarvandaan kry plante koolstofdioksied?

36

Aktiwiteit 3b – Lae van die atmosfeer

IONOSFEER

Hierdie laag absorbeer gevaarlike sonstrale. Radiogolwe van die Aarde bereik hierdie laag en word teruggekaats na verskillende dele van die Aarde waar dit deur mense se TV’s en radio’s opgevang word. Dit is hoe radioprogramme deur die wêreld uitgesaai word. MESOSFEER Hierdie laag is baie koud (–100 ºC) en beskerm die Aarde teen rotse (meteore) en stof wat die atmosfeer uit die ruimte binnedring.

STRATOSFEER Hierdie laag is soos ’n skerm. Dit beskerm die Aarde en lewende dinge teen die Son se gevaarlike strale.

TROPOSFEER Hierdie laag bevat al die lug wat ons vir asemhaling nodig het. Alle plante en diere lewe in hierdie laag. Hierdie laag bevat waterdamp en wolke en dit is waar ons verskillende soorte weer aantref. Die gasse waaruit die Aarde se atmosfeer bestaan, raak al hoe minder hoe verder ’n mens van die Aarde gaan, totdat daar geen atmosfeer in die ruimte is nie. Die helfte van die atmosfeer is hieronder.

37

Aktiwiteit 3c – Lae van die atmosfeer
Die lug is kosbaar
Die Aarde se lug is die enigste lug wat ons het. Dit is dieselfde lug wat ons voorouers ingeasem het. Dit is dieselfde lug wat dinosourusse eens op 'n tyd ingeasem het. Ons asem dieselfde lug in wat ons honde en katte inasem. Die lug wat ons inasem, is ook dieselfde lug wat deur ons motorenjins en fabriekskoorstene en die plante daarbuite gegaan het. Dieselfde lug word oor en oor gebruik, want dit is die enigste lug wat ons het. Ons kan nêrens anders nog lug kry nie. Wanneer ons die lug met motorenjins en fabrieke vuil maak, noem ons dit lugbesoedeling. WAT BESOEDEL ONS LUG?

Hierdie prent toon al die verskillende dinge wat die lug besoedel. Die besoedelde lug word oor en oor gebruik.

Lugbesoedeling
Ons sê die lug is besoedel wanneer dit vuil word. Stowwe wat die lug vuil maak, word op baie verskillende maniere gemaak: • Ons verbrand fossielbrandstowwe (steenkool en olie) in kragsentrales om energie op te wek. • Wanneer ons in fabrieke dinge maak wat verbrand of verhit moet word. • Wanneer ons met voertuie wat altyd gasse afskei, ry. • Wanneer ons rommel en motorbande verbrand. • Wanneer ons gras, die veld en bome brand. Sterk sonlig reageer met voertuie se uitlaatgasse en dit kan giftige gasse maak. Soms kan ons hierdie gasse sien en ruik. Dit het 'n bruinkleur en ons noem dit rookmis. Rookmis is gevaarlik vir plante en diere.

38

Aktiwiteit 4 – Leesstuk
Die Aarde is ’n planeet
Die Aarde is ’n planeet. Dit is balvormig en beweeg in ’n wentelbaan in die ruimte rondom die Son. Dit kry hitte en lig van die Son. Dit is die enigste planeet wat, sover ons weet, lewende dinge soos plante en diere daarop het. Dit bestaan uit rots, terwyl ander planete uit rots en gas bestaan.

Die Aarde

Die son

Die Son is ’n ster
Die Son is ’n ster, nie ’n planeet nie. Dit is ’n enorme bal baie warm gasse. Dit skei lig en hitte af. Dit is die naaste ster aan die planeet Aarde. Ons kry lig en hitte van ons plaaslike ster, die Son. Dit is meer as ’n honderd keer groter as die Aarde. Die Son het nege planete, insluitend die Aarde, wat in die ruimte om dit beweeg.

Leerdertaak – Aktiwiteit 4
1. Voltooi die volgende tabel om die Aarde en die Son te vergelyk. Vrae 1. Is dit ’n planeet of ’n ster? 2. Waarvan is dit gemaak? 3. Stel dit hitte en lig vry? 4. Watter een is die grootste, die Aarde of die Son? 5. Kan ons daarop oorleef? 2. Skryf sinne waarin jy die verskil tussen die Aarde en die Son beskryf. (Gebruik die tabel om jou te help.) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .......................................................... .......................................................... .......................................................... Aarde Son

39

Die nege planete in ons sonnestelsel
Alle prente met vergunning van NASA

Jupiter
142 800 km 318 Aarde se massa 800 miljoen km 16 lengte van dag in Aard-ure 9,8 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 11,9 Jupiter is die grootste van die gasreuse. Die wit wolke wat ons sien, is teen ’n temperatuur van –153 ºC en bestaan uit ammoniak-yskristalle. Laer af word die wolke rooi en bruin gekleur deur organiese samestellings en chemikalieë soos swael. ’n Windspoed van meer as 400 km/h is algemeen. Daar word gedink dat die Groot Rooi Kol ’n lang lewende orkaan is wat groter as die Aarde is. Jupiter het moontlik ’n rots- of yskern omring deur vloeibare waterstof waarin helium opgelos is. Dit is die grootte van met Jupiter Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk die Aarde in vergelyking

Die vier mane van Galilei

Jupiter het 16 bekende mane, maar vier is groter as die res en kan maklik met ’n verkyker gesien word. Hulle staan bekend as die “mane van Galilei”, na aanleiding van die ontdekker Galileo. Lo, omtrent dieselfde grootte as ons maan, gooi ’n skaduwee op Jupiter in die hoofprent. Dit gee ’n idee van Jupiter se grootte.

40

Aarde
Ons Tuisplaneet Deursnee 12 750 km Afstand van die Son 150 miljoen km Rotasietydperk lengte van dag in Aard-ure 23,93 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 365,24

Uranus
Deursnee 51 118 km 14,5 Aarde se massa 3 000 miljoen km 15 lengte van dag in Aard-ure 17,9

Mercurius
Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 4 878 km 0,06 Aarde se massa 60 miljoen km geen lengte van dag in Aarddae 58,7 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 88

Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk

Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 84 Uranus toon ’n byna saai groen “oppervlak” van wolke in ’n koue (–197 ºC) atmosfeer van waterstof, helium en metaan. Onder die wolke is Uranus hoofsaaklik (85%) ys.

By die ewenaar dit is warm genoeg om lood te smelt. By die pole is daar kraters met ys met ’n temperatuur van tot –150 ºC. Mercurius het geen atmosfeer nie.

41

Venus
Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 12 104 km 0,8 Aarde se massa 104 miljoen km geen lengte van dag in Aard-dae 243 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 225 Venus is ’n warm en onvriendelike planeet. ’n Atmosfeer van koolstofdioksied wat 90 keer so dig soos die Aarde s’n is, hou die oppervlak warm genoeg om lood te smelt. Wolke van swaelsuur verskuil die oppervlak.

Saturnus
Soos Jupiter, is Saturnus is ’n gasreus wat hoofsaaklik uit waterstof en helium bestaan. Sy beroemde ring bestaan inderwaarheid uit duisende smal ringe wat uit klonte ys en rots so klein soos stofkorrels en so groot soos ’n minibus bestaan.

Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk Tyd om om die Son te

120 660 km 95 Aarde se massa 1 400 miljoen km 18 lengte van dag in Aard-ure 10,2 beweeg lengte van jaar in Aard-jare 29,5

42

Mars
Deursnee 6 787 km Massa 0,1 Aarde se massa Afstand van die Son 240 miljoen km Aantal mane 2, Phobos en Deimos Rotasietydperk lengte van dag in Aard-ure 24.62 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 687 Die atmosfeer van Mars is 100 keer minder dig as die Aarde s’n en bestaan hoofsaaklik uit koolstofdioksied, met spore van waterdamp. In die winter daal die temperatuur tot –125 ºC, wat Mars sy bekende wit “yskappe” gee. In die somer kan die temperatuur by die ewenaar 20 ºC bereik. Die planeet se rooierige kleur word veroorsaak deur yster in die grond. Bakteriese lewensvorme kon moontlik eens op ’n tyd op Mars bestaan het.

Neptunus
Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 49 528 km 17 Aarde se massa 4 500 miljoen km 8 lengte van dag in Aard-ure 19,1 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 164,8 Neptunus is nog ’n “ysreus” soos Uranus en selfs kouer (–225 ºC). Sy blouerige atmosfeer van waterstof en helium toon soms donker kolle, en dit is moontlik die winderigste plek in die sonnestelsel, met stormwinde met ’n snelheid van tot 1 400 km/h.

Pluto
Deursnee 2 300 km Massa 0,0025 Aarde se massa Afstand van die Son 4 400 tot 7 400 miljoen km Aantal mane 1 Rotasietydperk lengte van dag in Aard-dae 6,4 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 247,7 Pluto is die kleinste van al die planete, en gewoonlik die mees afgeleë en koudste. Teen –233 ºC is die pienkerige oppervlak bedek met ryp van metaan en stikstof. Pluto se gryserige maan Charon is net 19 400 km ver, en meer as die helfte van Pluto se deursnee.

43

DIE SONNESTELSEL

44

45

Feiteblad – Die Planete
Planeet Afstand van die Son (kilometer) Grootte van die planeet (deursnee in kilometer) Aantal mane bekend Ander kenmerke

Mercurius

60 000 000 km

5 000 km

0

Dit lyk soos ons maan.

Venus

104 000 000 km

12 000 km

0

Dit is die helderste planeet.

Aarde

150 000 000 km

13 000 km

1

Dit is die enigste planeet waarop daar, sover ons weet, lewe is.

Mars

240 000 000 km

7 000 km

2

Dit staan bekend as die rooi planeet.

Jupiter

800 000 000 km

143 000 km

16

Dit het ’n rooi kol en ’n streepagtige voorkoms.

Saturnus

1 400 000 000 km 120 000 km

18

Daar is ’n stel ringe om hierdie planeet.

Uranus

3 000 000 000 km

52 000 km

15

Dit lyk groen. Dit bestaan omtrent heeltemal uit ys.

Neptunus

4 500 000 000 km

50 000 km

8

Dit lyk blou.

Pluto

5 900 000 000 km

2 000 km

1

Ons weet baie min van hierdie planeet.

46

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 5
Die sonnestelsel
Gebruik die planete-feiteblad en beantwoord die volgende vrae: Die sonnestelsel

1. Skryf al die planete se name op die tekening van die Son en sy familie planete (sonnestelsel). 2. Voltooi die volgende:

• • • • • • • •

Die warmste planeet is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die koudste planeet is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die grootste planeet is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die kleinste planeet is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die planeet wat die naaste aan die Son is, is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die planeet wat die verste van die Son is, is . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Die planeet wat 365 ¢ dae neem om rondom die Son te beweeg, is ........................................................ Die planeet wat die langste neem om rondom die Son te beweeg, is

......................................................... 3. Gebruik nou die inligting oor afstande van die Son om die volgende te bereken: (a) Hoe ver is ons planeet van Mercurius? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . km. (b)Hoe ver is ons planeet van Pluto? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . km. (c) Hoe ver is ons planeet van Mars? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . km.

47

Aktiwiteit 6 – Die binnekant van die Aarde

kors

Die Aarde se binnekern Die binnekern is heel in die middel van die Aarde. Dit is ’n baie digte laag wat uit metale soos yster en nikkel bestaan. Die temperatuur van die binnekern bereik ongeveer 5 000ºC. Yster en nikkel smelt gewoonlik teen hierdie temperatuur. Die enorme druk op hierdie diepte druk die yster- en nikkeldeeltjies egter so dig saam dat dit solied bly. Die yster in die binnekern verduidelik moontlik waarom daar ’n magnetiese veld om die Aarde is. Wetenskaplikes dink die yster veroorsaak ’n effek soortgelyk aan die magnetiese veld rondom ’n magneet. Die dikte (radius) van die middelpunt van die binnekern na die buitenste deel daarvan is omtrent 1 300 kilometer. Die binnekern begin op ’n diepte van omtrent 5 150 kilometer onder die aardoppervlak. Die Aarde se buitekern Die buitekern omring die binnekern. Die buitekern bestaan ook uit yster en nikkel. Hierdie laag is ook baie warm. Die temperatuur in die boonste deel is ongeveer 2 200º C, maar naby die binnekern is die temperatuur amper 5 000º C. Hierdie ontsaglike hitte veroorsaak dat die yster en nikkel in die buitekern smelt. Ons sê dit is gesmelt. Dit beteken dit is soos ’n baie warm vloeistof.

48

Die buitekern is omtrent 2 250 kilometer dik en is omtrent 2 900 kilometer onder die aardoppervlak. Die Aarde se mantel Die mantel is die laag van die Aarde wat bokant die buitekern is. Die mantel vorm die grootste deel (omtrent 80%) van die Aarde. Die Aarde se mantel bestaan uit soliede en gesmelte rots wat saamgemeng is (magma). Die mantel is effens sag en loperig, want dit is warm. Ons sê dit is “plasties”, want dit kan buig en van vorm verander. Dit beteken nie dat dit plastiek is nie, maar dit kan hom soos plastiek gedra. Die mantel is omtrent 2 900 kilometer dik. Die Aarde se kors Die Aarde se kors is die dun buitenste laag van die Aarde. Alle lewe op Aarde bestaan op, in of binne ’n paar honderd meter bokant die kors. Die kors is solied. Dit is nie “plasties” of gesmelt soos die ander lae nie. Die kors bestaan uit drie verskillende soorte soliede rots: stolrots, sedimentgesteente en metamorfegesteente. Hierdie rots bevat hoofsaaklik suurstof en silikon (sand). Ander algemene minerale in die aardkors is aluminium, yster, kalsium, sodium, potassium en magnesium. Ons kry ook edelmetale soos goud in die kors. Die kors is dun, soos die skil van ’n appel. Dit is baie dunner as die ander lae van die Aarde. Die gemiddelde dikte is net omtrent 8 kilometer. Die deel van die kors onder die oseane, wat oseaankors genoem word, is ook dun (minder as 10 km). Oseaankors bestaan hoofsaaklik uit silikon, suurstof, yster en aluminium. Die kors onder die vastelande, wat kontinentale kors genoem word, is omtrent 32 kilometer dik. Onder die berge is die kontinentale kors dikker as 32 kilometer.

RESEP vir SPEELDEEG
Bestanddele 1 koppie meel 1 koppie water 1 eetlepel olie 1 teelepel kremetart 1 teelepel voedselkleursel Metode 1. Sit al die bestanddele saam in ’n kastrol. 2. Kook die mengsel teen ’n matige hitte totdat dit soos pap dik raak (omtrent 3 minute). 3. Wag tot die mengsel afkoel en rol dit in ’n bol. (Sit eers meel aan jou hande.) 4. Bêre die deeg in ’n plastieksak in die yskas. L.W.: vir die maak van die speeldeegmodel van die Aarde sal jy vier verskillende kleure nodig hê: 1. Gewone wit deeg (geen voedselkleursel nie) vir die kors. 2. Geel deeg (voeg geel voedselkleursel by) vir die mantel – jy het dus baie nodig. 3. Oranje deeg (voeg oranje voedselkleursel by) vir die buitekern 4. Rooi deeg (voeg rooi voedselkleursel by) vir die binnekern.

™ koppie sout

49

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 6
B. Binnekant die Aarde
1. Lees oor die verskillende lae binne-in die Aarde en vul die tabel hieronder in. Naam van Aarde se laag Dikte in km (ongeveer) Posisie waar dit gevind word 2. Gebruik speeldeeg en maak ’n model van die Aarde. Gebruik die volgende kleure: rooi speeldeeg om die warm binnekern voor te stel oranje speeldeeg om die buitekern voor te stel geel speeldeeg om die mantel voor te stel wit speeldeeg om die aardkors voor te stel. 3. Sny die model met garing middeldeur sodat jy binne-in kan sien. 4. Sny dit nou in kwarte. 5. Hou drie kwarte bymekaar. 6. Teken hierdie uitgesnyde gedeelte van jou model en skryf byskrifte by die lae van die Aarde. Binnekern Buitekern Mantel Kors

Rol die rooi deeg in ’n bal om die warm binnekern voor te stel. Bedek die rooi bal met ’n laag oranje deeg om die warm buitekern voor te stel.

Bedek die oranje laag met ’n laag geel deeg om die mantel voor te stel.

Sit die finale laag wit deeg op om die Aarde se kors voor te stel.

Sny die model met ’n stukkie garing middeldeur. Dit is wat jy kry ...
50

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 6
C. Hoe groot is ons Aarde?
1. Bereken die radius van die Aarde (sy dikte van die middelpunt na die rand). . . . . . . . . . . . . . . . .............................................................................. 2. Bereken die deursnee van die Aarde . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .............................................................................. 3. Bereken die omtrek van die Aarde (omtrek = (∏ = 22 ) deursnee). . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
7

.............................................................................. .............................................................................. .............................................................................. 4. Bereken hoeveel dae dit jou sal neem om om die Aarde se omtrek te loop. (Jy sal heelpad om die ewenaar loop.) Jou stapspoed is 4 km/h. Jy moet dag en nag loop (24 uur per dag). .............................................................................. .............................................................................. .............................................................................. .............................................................................. .............................................................................. ..............................................................................

Skryftaak Aktiwiteit 6 – Hoe groot is ons Aarde?
Verbeel jou jy moet al langs die ewenaar om die Aarde reis. Beskryf jou tog. Let Wel: Jy kan jou atlas gebruik om te kyk deur en verby watter plekke jy sal reis. Gebruik ook wat jy in Sosiale Wetenskappe oor die toestande in die ekwatoriale streke geleer het. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. ................................................................................. .................................................................................

51

Wagtend vir die uitbarsting
Berg St Helen, Seattle, VSA

ST HELEN was soos ’n tydbom, tikkend na “selfvernietiging”. Sewe weke voor die uitbarsting het die wêreld gehoor die berg is ’n gevaar, want as en stoom het uit die spits van die berg begin stroom. Berg St Helen is gewoonlik met lae ys en sneeu bedek. Dit is in die suidwestelike deel van Washington in Amerika. Dit is ’n pragtige gebied met digte woude, vloeiende strome, ryk landbougrond en naby aan stede. Die mense het angstig gewag terwyl hulle klein uitbarstings en aardbewings van Berg St Helen ervaar het. Dae en weke het sonder ’n ramp verbygegaan en mense het begin ontspan. Elke nou en dan het die vulkaan die aarde geskud en die stoom en as het verskyn, maar baie mense het gedink die berg begin kalmeer. Toe let hulle op die noordelike kant begin uitbult en word groter.

B

ERG

stomende gasse wat teen 400 km per uur beweeg het, het by die berg uitgeskiet. Dit het hom en sy navorsingstasie van die kant van die berg na sy dood gesleur. Sy liggaam is nooit gevind nie.

Wat het tydens die uitbarsting gebeur?
Binne die eerste sekondes van die uitbarsting het die kant van Berg St Helen ineengestort. Dit het veroorsaak dat golwe sneeu in die warm as afstort. Vinnig het 18,4 biljoen kilogram ys gesmelt en omtrent 46 biljoen liter water het ’n modder- en watervloed gevorm. Dit het tot ’n ramp gelei en modder, as, gebreekte bome en rotse 30 km ver met die South Toutle-rivier afgesleur. Soos ’n monster het die vloed die rivier, paaie, bome, vragmotors, ’n paar motors en karavane verwoes. Soos wat die vloed verder geswiep het, het ’n miljoen boomstompe op die kruin van die golf gerol.

Die uitbarsting begin
“Hier is dit ...” Met daardie opgewonde woorde het David Johnston, ’n geoloog van die VSA Geologiese Opname, die einde van die kalmte en die begin van die ramp aangekondig. Hy was ses myl ver van Berg St Helen by ’n wetenskaplike stasie teen die hang van ’n ander berg. Hy het Berg St Helen bestudeer en dit vir enige veranderinge of uitbarstings dopgehou. Dit was sy laaste woorde. Die uitbarsting wat hy aangekondig het, was kragtig en het by die kant van die berg uitgekom. Rooiwarm rotse en

Wat mense gesien en ervaar het
Ooggetuie 1 “Daar’s geen manier, daar’s net geen manier hoe iemand daarbo kan lewe nie.” Die kamp is met meer as ’n meter as bedek. Die enigste teken van die kamp is ’n motor se bokant. Dit is vol as. Die vensters is ingewaai. Ek het die as probeer afblaas, maar dit het opgekook. Die as was nog vuurwarm. “Dit is waar die dorpie was!” Daar was geen

52

teken van die huise, geen teken van ’n boom, ’n pad of enigiets bekends nie. Ons het hyskrane van 30 meter hoog omgeval sien lê, stootskrapers omgerol, vragmotors begrawe of vernietig, Hier en daar het ons ’n motor of ’n bakkie met versplinterde ruite gesien. Was daar slagoffers binne-in? Hier lê ’n liggaam langs ’n stasiewa se oop deur; daar is nog een agterin ’n vragmotor. Myle van die South Toutle-riviervallei is onder modder begrawe, en vloede het deurgestorm en akkers enorme boomstompe chaoties rondgegooi en ’n trein verwoes. ’n Lawine (sneeustorting) het duisende bome

en puin in die meer geswiep waarvan die watervlak, met die water van die smeltende ys, omtrent 60 meter gestyg het. Ooggetuie 2 Hulle het om 8:32 vm. op 18 Mei in ’n klein vliegtuigie direk oor die berg gevlieg. “Ons het om 7:50 in die oggend opgedaag en twee keer direk oor die krater (die opening in die bokant van die berg) en verskeie keer om die berg gevlieg,” het Dorothy gesê. “Die ding wat ’n indruk op ons gemaak het, was dat dit nie soos ’n aktiewe vulkaan gelyk het nie – meer soos een wat amper aan die slaap was.”

53

Toe het hulle ’n skrikwekkende toneel gesien: “Ons het ’n finale keer oor die krater gevlieg toe Keith ys teen die berg sien afgly het. Skielik het die hele noordelike helfte van die berg begin weggly, direk onder ons! Ek was totaal geskok. Keith het foto’s geneem terwyl stoom onder die sneeu begin uitkom het.” Toe het sy film opgeraak. “Dit is wat ons lewens gered het, want toe kyk Keith oor sy skouer en sien die sywaartse uitbarsting begin en besef in watter gevaarlike situasie ons was. Hy het vir die loods, Bruce Judson, gesê ons moes daar wegkom. “Bruce het versnel. As het uit die berg begin ontplof en ’n enorme wolk gevorm. Ons was bang die aswolk sou ons inhaal. Ons het ooswaarts gevlieg, so ook die wolk. Toe kon ons weerlig in die wolk sien. Keith was bang die weerlig sou die vliegtuig tref. Die loods het suidwaarts gedraai en geduik om spoed te wen.” Al was die skrikwekkende wolk soos ’n sambreel oor hulle, het hulle uiteindelik ontsnap. “Dit het my meer as ’n maand geneem om te leer ontspan,” het Dorothy gesê. In haar kop speel die gedagte oor en oor dat as hulle ’n paar sekondes langer gebly het, die klein vliegtuigie sou omkeer en soos ’n verbrande sprinkaan sou val, en hulle sou gesterf het. “Ek het ’n groeiende vrees ontwikkel vir ons almal wat op die planeet met sy dun, breekbare kors bo op hierdie ontsaglike hitte en druk lewe. Nooit weer sal ek veilig voel oor hierdie wêreld waarop ons lewe nie.” Ooggetuie 3 “Daar was geen klank nie, geen klank nie – dit was soos ’n stilfilm, en ons was almal daarin. Eers het die aswolk ooswaarts geskiet, toe weswaarts, toe het ligter wolke reguit op geskiet. Terselfdertyd het die as op ons begin val. Ek kon rotse sien – hulle moes enorm gewees het – wat uit die berg gewerp is. “In desperate haas wat soos stadige beweging gevoel het, het ons in ses vragmotors geklim en langs bergpaaie na veiligheid gejaag. Ons was die gelukkiges. Net die vorige dag het ons aan die noordoostelike deel van die berg – nou ’n dooie, grys hel – gewerk.” Omtrent 35 km daarvandaan is ’n groep van vier mans wat bome afgekap het, deur die hitte verswelg. Hulle het probeer wegkom, met hul verskroeide klere wat aan hul gebrande vel gekleef het. Een man het in ’n boom geklim om van die vurige askombers te ontsnap, en sy

liggaam is weke later gevind. Na agt uur het ’n helikopter die ander drie gered. Twee is in die hospitaal dood. Ooggetuie 4 “Hierdie swart, swart wolk, ’n swartheid wat ek nog nooit gesien het nie, het verskyn. En natuurlik het ons gedink daar gaan ’n geweldige storm wees. Toe kon ons klein druppeltjies op die meer sien, en ons het na ons jasse gekyk en gesien ons word nie nat nie. Toe het ons besef dit moes ’n uitbarsting van Berg St Helen wees. Ons het ons na die kamp gehaas, maar teen die tyd wat ons begin pak het, moes ons flitse gebruik. Die enigste manier waarop ons kon sien waar om te ry, was deur die kant van die pad te soek – terwyl ons heeltyd gehoop het niemand het voor ons in die pad gestop nie.” Ooggetuie 5 ’n Dodetal van honderde – selfs duisende – het op daardie Sondag, 18 Mei, waarskynlik gelyk toe die berg sy binnekant laat uitbars het. Die as het donker oor die pragtige Yakima-vallei geswiep, oor die koringlande om Moses-meer en ’n dorp met die naam Ritzville, en op ander stede neergedaal. Motors, vragmotors, busse, treine en vliegtuie het gestop. Mense wat uit die kerk gekom het, het op pad huis toe gebid. Vulstasies, restaurante en winkels het toegemaak. Die as het ’n kragonderbreking veroorsaak. Duisende mense wat op die paaie gereis het, het skuiling in hotelle, skole en huise probeer vind. Jy kon niks voor jou sien nie, selfs met die motor se ligte. In die dorp Yakima het dit 9:30 die oggend gelyk asof dit middernag was en straatligte het heeldag gebrand. Dit het ’n swart Sondag geword. Die as het uit fyn vulkaniese glasdeeltjies bestaan; die wolk self was ’n massa skerp glas. Insekte is dood toe hul liggame in die hitte uitgedroog het. Klein diertjies het gou versmoor. Party voëls het verdwaal, kon nie sien nie, en het grond toe geval. Groter diere het amper versmoor en eienaardig opgetree. Beeste en bokke en elke (’n groot soort bok met horings) het verward rondgedwaal.

54

55

Hy het geweier om te gaan

Die lewe en Berg St Helen was een en dieselfde ding vir Harry Truman, 84. Vir meer as ’n halwe eeu lank het hy onder die sneeubedekte piek geleef, waar hy ’n gastehuis langs Spirit-meer gebou het. Harry het geweier om verlede Maart, toe die vulkaan net vyf kilometer daarvandaan ontwaak het, te vlug. “As ek hieruit kon kom, sou ek nie ’n dag kon lewe nie. Nie ’n dag nie ... Ek praat met die berg; die berg praat met my. Ek is deel van daardie berg; die berg is deel van my.” Op 18 Mei het St Helen die gastehuis onder honderde voet as, puin en die hoër watervlak van Spirit-meer begrawe, en Harry se woorde het ’n werklikheid geword.

56

Daar was reeds ander ...
VESUVIUS Vulkaniese uitbarsting, Italië, 79 n.C.
In die jaar 79 n.C. is drie Romeinse dorpe, Stabiae, Herculaneum en Pompeii, vernietig toe ’n vulkaan in Berg Vesuvius uitgebars het. Die dorpe, geleë aan die Baai van Napels, is onder tonne vulkaniese as begrawe. Pompeii was ’n suksesvolle mark- en hawedorp waar daar met plaasprodukte handel gedryf is. Die landbougrond was vrugbaar weens die aanwesigheid van mineraalryke as afkomstig van vorige uitbarstings van Berg Vesuvius, wat honderde jare lank nie aktief was nie. Talle inwoners van Herculaneum is lewend deur die warm as en gas verbrand. Dit is gevolg deur digte strome ligte rots (wat puimsteen genoem word) en as wat die mense wat daar gewoon het, begrawe het. stoomwolke en as uit die vulkaan gekom het. Dit het die lug laat donker word en die strate soos ’n sneeukombers bedek. Talle mense het St Pierre verlaat nadat water tydens ’n uitbarsting uit ’n krater geskiet het. ’n Naburige fabriek en die 23 mense wat daar gewerk het, is deur modder weggesleur. ’n Groot, swart uitbarstingswolk het by Berg Pele’e afgerol en teen ’n skrikwekkende spoed op St Pierre afgepyl. Die wolk was warm genoeg om glas te smelt. Dit het so vinnig gebeur dat mense onverhoeds betrap is en nie tyd gehad het om te skuil of te ontsnap nie. Binne sekondes het die wolk almal behalwe twee mense in St Pierre gedood. Ciparis, ’n gevangene in ’n ondergrondse sel, en Leon, die skoenmaker, was die enigste oorlewendes.

HEIMAEY Vulkaniese uitbarsting, Ysland, 1973
Op 23 Januarie 1973 het die aarde op die eiland Heimaey in Ysland oopgegaan. Lawa het 150 meter in die lug opgeskiet. Die mense wat daar woon, het hulle na die hawe gehaas en is na veiligheid geneem. Op die aand van die uitbarsting het ’n muur vlammende lawa met ’n gerammel in die lug opgeskiet. In die buitewyke van die dorp het huise in vlamme uitgebars soos dit deur strome gloeiende lawa verswelg is. Mense was nie in staat om hul huise of die eiland van die verswelgende lawa en as te red nie. Die vulkaniese uitbarsting het vyf maande geduur. Toe dit uiteindelik tot ’n einde gekom het, was ’n groot deel van die eiland nog met ’n lawagolf van twee kilometer lank bedek. Gelukkig het net een mens omgekom, maar 1 200 huise is vernietig.

NECADO DEL RUIZ Vulkaniese uitbarsting, Colombia, 1985
Die uitbarsting van die afgesonderde Nevado del Ruiz-vulkaan op 13 November 1985 het die naasmeeste dodelike vulkaniese tragedie van die twintigste eeu veroorsaak. Die hitte van die as en die gasse wat tydens die uitbarsting vrygestel is, het ’n groot gedeelte van die berg se yskap laat smelt. Die water van die smeltende ys het teen die berg afgestort en tonne taai modder saamgesleur. Hierdie modder het deur ’n riviervallei naby die dorp Armero gevloei en ’n moddergolf van 40 meter hoog op die dorp laat afstorm. Ongeveer 21 000 mense in Armero en 1 000 in die omliggende dorpies het in die modder omgekom. Die as van vorige vulkaniese uitbarstings het die grond in die sentrale deel van Colombia verryk en uitstekende landbougrond geskep. Armero, ’n dorp met 23 000 inwoners, was omtrent 50 kilometer van die vulkaan geleë. Daar was baie pakhuise waarin rys, katoen en koffie wat in die omgewing gekweek is, geberg is.

MONT PELE’E Vulkaniese uitbarsting, Martinique, 1902
In 1902 was St Pierre die grootste dorp op die klein Franse eilandjie Martinique, wat die tuiste van ongeveer 30 000 inwoners was. Die mense wat daar gewoon het, was gewoond aan die rommelende geraas van die 1 379 meter hoë Berg Pele’e minder as agt kilometer daarvandaan. Berg Pele’e het sedert 1889 gas vrygestel, maar in April 1902 het die vulkaniese uitbarsting begin. Teen Mei het mense begin bang word toe

Berg Nyiragongo Vulkaniese uitbarsting, Goma, Demokratiese Republiek van die Kongo, Januarie 2002
Derduisende mense is voor stromende lawe uit hierdie groot dorp gedryf toe Berg Nyiragongo vroeg vanjaar uitgebars het. Meer as 300 000 mense het hul huise verloor en baie het skuiling in die naburige Rwanda gesoek. Die uitbarsting het

57

58
Stoom, as en lawa Krater

Hoofopening

Sy-opening Keël

Onderwyserskaart – Aktiwiteit 7

Aardkors

Warm lawa

Baie warm gesmelte rots

Hitte van die middelpunt van die Aarde

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 7
Vergelyk ’n demonstrasie van ’n vulkaan en ’n regte vulkaan 1. Skryf byskrifte by die diagramme en vul die tabel hieronder in.

Vrae Waar kom die hitte vandaan? Wat bars uit die opening? Wat veroorsaak die uitbarsting?

Demonstrasievulkaan

Regte vulkaan

2. Beskryf wat in ’n regte vulkaniese uitbarsting gebeur.

VULKANIESE UITBARSTING Vandag het ons van vulkaniese uitbarstings geleer. Ek het geleer dat ..................................................................

.................................................................................. Ek het ook geleer dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .................................................................................. .................................................................................. .................................................................................. Nog iets wat ek geleer het, is dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

..................................................................................
Laastens het ek geleer dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .................................................................................. .................................................................................. .................................................................................. ..................................................................................

59

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 7b
B. Soveel dinge kom uit die Aarde se dun kors
1. Kyk na die prent van Arthur Mofekate met al die minerale wat uit die aardkors kom, wat nuttig vir hom is (bladsy 62–63).

2. Lees eers die feiteblad oor minerale en vul dan die oop ruimtes in. 3. Skryf ses sinne oor waarom die Aarde se kors en die minerale daarin belangrik vir ons is. Voorbeeld:

(a) Ek het uitgevind dat ons die minerale in die aardkors nodig het. (b) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................... (c) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................... ................................................................... (d) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................... ................................................................... (e) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................... (f) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ................................................................... ...................................................................
60

Aktiwiteit 7

B. Feiteblad oor minerale
FEITE DAAROOR Dit kom van diep binne-in die aardkors. Ons moet diep myne grawe om dit te vind. Dit kom uit rotse in die aardkors. Ons moet myne grawe om dit te vind en moet dit uit rotse suiwer. Dit kom uit seewater. Seewater is souterig as gevolg van minerale wat van die land gespoel het. Ons moet die seewater droogmaak om sout te kry. Dit kom uit die Aarde se mantel en word gedurende vulkaniese aktiwiteite na die aardkors opgestoot. Dit is sagte rots uit die kors wat uit talle lae dooie seediere en hul skulpe gevorm is. Dit is rots wat uit die liggame van dooie plante en diere gevorm is en onder baie rotslae begrawe is. Ons vind steenkool deur diep myne op sekere plekke in die aardkors te grawe. Dit is ’n mineraal wat ons in grond vind. Ons vind suiwer klei in sekere dele van die kors. Ons kan dit gebruik om kleipotte te maak. Dit is ’n metaal wat uit die kors ontgin word. Ons gebruik dit om die draadjies in gloeilampe te maak. Die meeste sand op die aardoppervlak bestaan uit silikon. As ons dit teen ’n baie hoë temperatuur smelt, word it glas. Dit is ’n metaal wat ons uit die kors ontgin. Ons gebruik dit om elektriese draad te maak. Dit is ’n metaal wat in rooi grond gevind word. Ons moet die grond in ’n warm oond verhit om die yster uit te kry. Ons gebruik dit om staal vir spykers en skroewe te maak. Ons het yster in ons bloed. Dit gee ons bloed die rooi kleur en dit dra suurstof. Ons neem yster in wanneer ons plante soos groen groentesoorte eet wat yster uit die grond opneem. Dit is ’n mineraal wat in water gevind word. Dit beland saam met grond en rotse in die water. Dit word in tandepasta gebruik en maak ons tande gesond en sterk. Dit kom uit die grond. Ons kry kalsium in produkte van diere wat plante eet wat in grond groei, soos in koeimelk. Kalsium maak ons bene (geraamte) sterk.

NAAM VAN MINERAAL Goud

Silwer

Sout

Diamante

Kalk

Steenkool

Klei

Wolfram

Silikon

Koper

Yster

Yster in ons liggame

Fluoriet

Kalsium

61

Wat het die ‘koning van kwaito’ Arthur Mofekate nodig?

Soveel dinge kom uit die aarde se dun kors
1. Kyk na die prente van minerale wat uit die aardkors kom wat nuttig is. 2. Lees eers die feiteblad oor minerale en vul dan die oop ruimtes op die prent in. 3. Skryf omtrent ses sinne oor minerale uit die aardkors. Skryf ’n gepaste opskrif en dan kan jy so begin: Ek het uitgevind dat ons die minerale in die aardkors nodig het. Ek weet minerale is belangrik vir my, want . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ........................................

Waarvandaan kom die fluriet in hierdie tandepasta?

Waarvandaan kom die kryt?

Waarvandaan kom die wolframdraadjies in hierdie gloeilamp?

Sy oorbel is van goud gemaak. Waarvandaan kom die goud? • Waarvandaan kom die silikon om hierdie glas te maak?

Waarvandaan kom die diamante in hierdie ringe?

62

Waarvandaan kom die yster in sy kos?

Hy gebruik sout om sy kos smaaklik te maak. Waarvandaan kom die sout?

Waarvandaan kom die kalsium wat sy tande en bene sterk maak?

Die eetgerei is van silwer gemaak. Waarvandaan kom die silwer?

Waarvandaan kom die klei om hierdie koppie te maak?

Waarvandaan kom die koperdrade in hierdie elektriese toestelle? • Waarvandaan kom die yster in sy motor ?

Waarvandaan kom die steenkool vir die stofie?

63

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful