®

Swartskaap

ODETTE SCHOEMAN

Kwels Boeke

Enige ooreenkoms met die werklikheid is slegs toevallig,

Kwela Boeke,

'11 druknaam van N6-Uitgewers, Heeren grach t 40, Ka a pstad 8001 Posb us 6525, R oggeba ai 801 2

Kopiereg © 0 Schoernan 2009

AIle regte voorbehou.

Geen gedeelte van hierdie hoek mag sender die skrifrelike verlof van. die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word rue, hetsy deur fotokcprering, skyf- of bandopnarne, of deur enigeander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.

Ornslagcntwerp: Mallerneule

Geset in Berling deur Nielfa Cassiern-Carelse Gedruk en gebind deur Paarl Print, Oosterlandstraat, Paarl

Eerste ulrgawe, eer .• te druk 2009

ISBN: 978-0-7957-0285-3

Vir Franco en Llewelyne

Ek gee die zol vir my boetie terug en kyk hoe hy dit stewig tussen sy duim en wysvinger vasvat voor hy dit na sy mond toe lig, Sy oe is op skrefies en sy wange trek hal terwyl hy die rook diep in sy lange intrek, 'n rukkie inhou, en dan stadig uitblaas,

Hy herhaal die proses 'n paar keer terwyl hy plat op sy rug op die sitkamermat Ie, sy blik nikssiende op die plafon. Ek sit oak op die mat, my rug gestut teen die enigste bank in sy sitkamer, Die kenmerkende soet geur vul die lug en ek wonder bekommerd of die bure dit nie sal ruik nie.

"Al die vensters is toe," se Christoff asofhy my gedagtes kan lees. Ek hou hom geamuseerd dop soos hy rook.

"Vir alles onder die son is daar 'n tyd. 'n Tycl om te lewe, en 'n tyd am te sterwe. 'n Tyd vir oorIog, en 'n tyd vir vrede," mompel hy, sy blik nag steeds op die plafon,

"'n Tyd am te kom, en 'n tyd am te gaan," las ek by.

"Daai Prediker het die lewe verstaan Hy was beslis 'n roker," se Christoff, trotse herkenning in sy stem.

7

Ek knik, 'n Partner in crime word altyd met ope arms ontvang. Selfs duisende jare later.

"Maar helaas, alles is'n gejaag na wind," sug ek drama ties.

"And it seems to me that you lived your life like a candle in the wind, never knowing who to cling to when the rain set in ... "

Sy vals singstern Iaat my onbeheers giggel. "Dalk het die Prediker eerder Prozac no dig gehad."

"Ek wonder hoe sou hy dit gestel het as hy op Prozac was? Alles is 'n gejaag na wind ... heehaal" antwoord Christoff.

"Die lewe is 'n lied - sing, jou bliksern, sing:" lag ek,

Ons giggel vir 'n rukkie saam en dan raak dit weer stil tussen ons. My blik dwaal deur die silwerskoon, karig gemeubileerde vertrek, 'n Stewige swart leerbank, 'n groat plasmaskermtelevisie en 'n staaniamp is die enigste meubels, My boetie is In armgat met duur srnaak.

In die hoek staan In paar onuitgepakte babe. Bo-op Ie 'n stapel boeke ..

Ek probeer van die titels uitmaak, maar dis al skerner en ek is nie Ius am op te staan en die lig aan te skakel nie.

Voor die venster teen die oorkantste muur hang In helder oranje laken.

Hoe lank bly hy al in hierdie woonstel? wonder ek meteens verbaas. Dit moetal amper 'n jaar wees. & jy na die kaal mure kyk, sal jy nooit se hy's 'n fotograaf wat al goed naam vir hornself gemaak het nie,

Die enigste versiering in die woonsteI is 'n groat plakkaat van die 9/] 1 Twin Towers, met die son wat presies in die rniddel tussen die twee torings cleur skyn, Eo die torings staan daar in groat swart letters:

Imagine no religion.

Ja . .. Hoe ver moet die ordinary mens loop, hoe diep moet die ordinary mens swem, hoe laag moet die ordinary mens daal, hoe haag meet die

8

ordinary mens klim om werklik no religion te kan imagine? John Lennon is omtrent twee jaar na my geboorte doodgeskiet. A brilliant madman, het die koerante hom genoem.

"Hoe laat dink jy gaan Bennie en Theuns hier wees?" vra Christoff skielik.

"Seker nou enige oomblik."

"Miskien bring hulle jou ma en Alfie saam."

"Moenie sirnpel wees nie, man: Daar's nie 'n marrier wat Bennie of Theuns my rna sal saarnbring nie. Hulle wil nog minder met haar te doen he as ek, Miskien nog vir Alfie, maar beslis nie my rna rue."

"Wat is 'n reunie nou sonder 'n rna?" lag Christoff.

''Vreedsaam. Ek het dit ter wille van Bennie gereel, nie vir my rna nie.

Die ou lay maar swaar met sy egskeiding."

"Lorraine het seker nie kans gesien vir 'n man in '11 rolstoel rue. "

"Ja. Gelukkig dat hy nou by Theuns kan gaan bly - sy praktyk doen baie goed."

"Wanneer laas hetjy vanjou rna en Alfie gehoor?"

"Ek hetAlfie nou die dag gesien. Hy't met 'n bord am sy nek by die William Nicol-afrit gestaan en bedeL Hy het sleg gelyk, nes 'n hobo. Dit was nie lekker am te sien nie."

"Shame, man. Het jy vir hom geld gegee? Het julie gepraat?"

"Nee, ek het niks geld by my gehad nie. Toe duck ek maar agter die stuurwiel in dat hy my rue moet sien nie."

"Sies, Claudie:" se Christoff geskok.

"Wat anders moes ek doen? Weet jy hoe sou hy gevoel het as hy sien iller ry sy suster in 'n BMW verby en sy gee hom nie eens tien rand nie?"

"Maar jy kon darem met hom gepraat her.'

9

"Dit was spitstyd: ek kon nie stop nie. Wat sou ek in elk geval vir hom se? Nice am jou weer te sien na soveel jare? Where have you been all this time? Ek dink as hy my gesien het, sou dit meer embarrassing vir hom gewees het as vir my."

"En jou rna? Wat hoor jy van haar?"

"Ek het so 'n ruk terug by haar 'n draai gaan maak. Sy het net so sleg gelyk. Verwaarloos. En sy het oud geword."

"Is sy weer getroud?"

"Nee, sy's alleen. En nie een van haar kinders wil haar eens sien nie.

Moet bad wees am op 56 'n manier oud te word."

"Ja," sug Christoff "Wat het jy dan by haar gaan soek?" "Ek weet nie. Closure, dink ek."

"Het jy dit gekry?"

"Soort van."

"Dink jy Pa is gelukkig in die tehuis?"

"Ek weet nie, Poena. Hy het Alzheimers. Hoe gelukkig kan iemand met Alzheimers wees? Vergeet jy nie dat jy veronderstel is am gelukkig te wees rue?"

"Oak weer waar, Ek't altyd gedinkAlzheimers is 'n oumenssiekte." "Pa is mas oud."

"Hy's nag nie eens sestig nie."

"Hulle noem dit dementia in mense jonger as sestig, Different word,

same thing."

"Gaan kuier jy vir hom?"

"Nee. Ek't hom laas op Ouma se begrafnis gesien." "Hoe oud is jell seuntjie nou?"

"Ma tthew is ses. Lyk op , n haar soos Andries."

10

"Het Pa hom al gesien?"

"Nee. Wanneer laas het jy vir Bennie gesien?" stuur ek die gesprek weg van my pa.

"Verlede Kersfees, toe hy nog kon loop. Maar noudat hy nader bly, sal ek hom seker meer sien. Hoe hanteer hy dit?"

"Hy maak of hy baie positief is, maar ek kan sien hy vat dit eintlik sleg. Hy gaan elke dag verder agteruit,"

"En jou ma gee nie om nie?"

"Lyk nie so nie. Sy't eenkeer vir my gese sy kan nie wag dat hy op sy gat moet rondkruip nie."

"Maar dis tog haar kind!"

"So? Ons is almal haar kinders, en kyk wat het sy met die res van ons gemaak."

"Dis snaaks hoe ons lewens uitgedraai het, ne?" se Christoff met die wysheid van 'n ou man in sy jong stem.

"Ja. Maar rniskien het alma I uiteindelik net gekry wat hulle verdien het."

"Het jy enige regrets? As jy jou lewe kon oorhe, sou jy enigiets anders wau doen? Ofanders wou he?"

"Absoluut niks."

11

Some family trees bear all enormous crop of nuts.

KOOS DIAGO

MERCIA

ANSIE

ROEDOLP 1992

r

WAYNE H

MA

(LISA THOMPSON)

PA

(FAAN THOMPSON)

CLAUDIE 1978

1

SOEKJE

CHRISTOFF (POENA) 1980

PAUL

BENNIE ( JACO )
1971 1973

( ALFIE ) THEUNS
1976 1973 SAMMY 1984

HOOFSTUK I

In the beginning the Uniuerse and everything in it was created.

This has made a lot of people very angry and has been widely regarded as a bad move,

DOUGLAS ADAMS

Die moeilikheid het begin nag lank voor die oggend toe ek gebore is. Ek her nie geweet waarin ek my begewe rue. Ek was onskulclig en onwelkom. My rna en pa was natuurlik die twee culprits. Onwillig en moedswillig. Vinkel en koljander,

"Ek was al besig am te kraarn, toe Wall jou pa nag eers sy hare blowwave voor hy my hospitaal toe vat," verwyt my rna my tot vandag toe wanneer sy ook al die geleentheid kry.

Al is my pa vandag 'n au man met Alzheimers, is hy nag steeds' n bietjie vain, so ek glo haar.

"Jou rna het jou probeer aborteer terwyl sy met jou swanger was, Sy het 'n bottel brandewyn uitgedrink terwyl sy in 'n vuurwarm bad gele het, en daarna het sy aanhoudend van die kombuistafel gaan afsprmg," het my pa eenkeer vertel.

My rna was nag altyd 'n bietjie mallerig; sy het 'n danker, kreatiewe streep, Ek moes my hele kinderlewe hoar hoe haar kinders se geboorte haar lewe vemietig het, so ek glo my pa oak oar haar D.LY.-aborsie.

13

Maar die Here het my aan hulle toebetrou, 5005 vir Benjamin aan Fiela Komoetie, en e.k het geklou 5005 'n neet. Dit sou nog j are vat voor ek ook skuldig geword het, terwyl die onwelkom-voel so deel van my geword het dat ek regtig onwelkom sou voel daarsonder.

Om onwelkom te voel, of om jouself te vertel dat jy onwelkom is, is soos 'n pantser tussen jou en die res van die wereld, Ele was nie bedoel om hier te wees nie, so ek het nihs me: julle ka.k ui: te uiaai nie! Ek dink dis hoe rebelsheid en snobisme in die eerste plek ontstaan het: deur onwelkom te voel. Snobisme is 'n meer volwasse vorrn van rebelsheid. Vir my, in elk geval. Die klein rebel het grootgeword. Sy is nou 'n snobis,

My rna en pa was nie jou ordinary rna en pa nie. Maar om te verstaan wie hulle vandag is, rnoet jy eers weet waar hulle vandaan kom en in watse tye hulle grootgeword het. Hulle is al twee in die 1950's gebore, in brandarm huise aan die verkeerde kant van die treinspoor; en al twee se pa' s was alkoholiste. So jy kao maar se teen die tyd da t h uIle mekaar as tieners in die hippie-era ontmoet het, het hulle reeds baie in gemeen gehad.

My rna is een van dertien kinders: agt dogters en vyf seuns, My oudste boetie, Bennie, het 'n teorie oor haar donker, kreatiewe streep, Hy se 'n mens kan nie geboorte gee aan dertien kinders en verwag dat almal normaal sal wees nie, Die wet van gerniddeldes waarborg nie alma} se normaliteit nie. Na vyf raak dit risky. Na agt raak dit hoogs gevaarlik, Na tien is dit fataal. My rna is die dertiende kind.

Die laaste paar van my rna se broers en susters is inderdaad 'n bietjie snaaks. My boetie Theuns verwys na hulle as "those we don't speak of". Verder staan hulle onder die res van die farnilie bekend as "die aartappels" ~ ek probeer nog uitfigure hoekorn.

14

My pa het oak 'n teorie oar die aartappels, Hy se my ouma- en oupagrootjie was niggie en nefie, en die bloedskande slaan deur in die tweede geslag. Dit het my 'n bietjie laat worry, want ek het gehoor enige sondes wat jou voorvaders gepleeg het, slaan deur tot in die derde en vierde geslag. Maar na amper dertig jaar kan ek nou met sekerheid se ek is normaal. Onwelkom maar normaal,

Die twaalfde kind in my rna se gesin is tannie Nina. Sy het die grootste gedeelte van haar lewe in die tronk deurgebring vir diefstal. Sy het my niggie Donna as kleuter a1 Jeer steel. Donna het nog skaars verstand gehad, dan sou tannie Nina randomly 'n handsak op die strand kies en vir Donna se: "Daar Ie my handsak, gaan haal hom gou, asseblief"

Vandag het Donna 'n formidabele kriminele rekord en tannie Nina word vermis.

My oorn Dawie, die elfde kind, het sy eie groottoon bietjie-bietjie afgekap met 'n graaf oor hy gedink het hy het gangreen. Niemand het ooit bevestig of dit regtig gangreen was nie.

Dieselfde oom het eenkeer die plaveisel van mense se oprit met 'n hamer opgekap terwyl hulle op vakansie was. Hy was glo maande tevore in die kontrakteersp an wat die plaveisel gele het, en hy het 'n tweerandstuk in sy sak gehad toe hulle begin het. Hy het die tweerandstuk verloor en hy was seker hy het rut daar laat val. En toe die nood druk, wel ...

Die res van die stories wat ek oor die aartappels gehoor het, is almal min of meer in dieselfde trant. Intussen bly hulle those we don't speak of

Ek het nooit enige van my alkoholis-oupas geken of gesien nie. Ek het weI my rna se rna, ouma Grove, een keer gesien. Sy was 'n mislike, bemoerde tannie wat gemaak het of sy my nie raaksien nie. Sy is kart voor my vierde verjaarsdag doad aan baarmoederkanker.

15

Jy kan maar se my Iewe het op driejarige ouderdom begin, En geeindig, En weer begin. Dis in elk geval wa ar hierdie storie begin - in 1982. Die jaar waarin my eerste ouma dood en my enigste pa tronk toe is.

My oupa aan vaderskantis die rede waarom my pa tot vandag toe nie 'n druppel drank oar sy lippe laat gaan rue. My oupa was glo birterlik beneuk en het my pa-hulle- hy het 'n ouer en 'n jonger sussie - geslaan tot die bloed loop. My oupa het hom dood gedrink nog voor ek gebore is.

My ouma aan vaderskant was die enigste ouma wat ek geken en liefgehad het. Sy was '0 goeie mens. My lewe lank was sy maar altyd erens op die agtergrond. Gereed, altyd gereed met wat sy oak al kon bied. Sy is in 2002 oorlede op die rype ouderdom van twee-en-tagtig jaar, Sy het stil en sander enige drama of opskudding gegaan, soos haar hele lewe was.

My ma is vandag 'n bitter tannie wat God help om ander mense se sondes op te skryf Veral die wat sy dink teen haar gepleeg is. Vir in case iets dalk per ongeluk uit God se boekie weggelaat word. Sy het ver-

troue-issues,

'n Dokter het gese my ma is skisofrenies en het vir haar pille voorgeskryf wat sy nooit wou drink nie. My pa het gese geen pil sal anyway help nie, maar volgens my rna laat Valiums en Syndols haar altyd beter voel.

Ek dink ek het my normaliteit van my pa se kant gekry. Nie direk van my pa nie, maar dalk van my ouma. My pa het altyd gese ek het my ma se breins geerf want hy het nag al syne. Dan sou ek se ek weet nie waar ek my looks vandaan kry nie, want elit run definitief nie in die family nie. Dit was maar altyd ons private joke - die min kere wat ons ooit met mekaar gejoke het.

Tot voor sy siekte was my pa 'n siniese ateis, 'n mislike vrouehater en een van die slimste mense wat ek ooit geken het. Waarom is alle boge-

16

middeld slim mense altyd ateiste? Ons is as Christene opgevoed by die skool en as heidene by die huis. Christoff was 'n vurige Christen tot in sy laat tienerj are.

"Waarom bid jy voor jy eet?" het my pa een aand sarkasties vir hom

aan tafel gevra.

"Om dankie te se vir die kos, Pa." "Vir wie se jy dankie?"

"Vir Liewe Jesus," het Christoff in sy amper negejarige onskuld geantwoord.

"Jy moet vir my dankie se. £.k het daarvoor gewerk, nie Liewe Jesus

. !I

me.

"Faan!" het my ouma geskok uitgeroep.

My pa het gelag. Christoff het geh uil, En ek het gedink.

Ek het ses boeties en een sussie, maar net een van my siblings ~ Theuns ~ is my regte boetie, bedoelende dat ons dieselfde rna en pa het.

My rna het drie ander kinders by twee ander mans, waarvan twee by my pa se beste vriend is. En my pa het drie ander kinders by drie verskillende vroue, waarvan een my rna se sussie is. Met ander woorde, as Christoff nie my boetie was nie, sou hy my nefie gewees het. My brother from another mother. Het ek genoem dat my rna en pa mekaar tydens die hippie-era ontmoet het?

Ek was amper drie jaar oud toe ek die eerste keer kennis gemaak het met goed en kwaad. Alhoewel ek toe nog te klein was om mooi te besef waarmee ek kennis maak. Eers jare later het ek die kwaad besef wat aan my gedoen is. En die goed wat daaruit gekom het.

17

My rna en pa se huwelik was van die eerste dag af stormagtig. Hulle is getroud toe sy reeds swanger was met die kind van Koos Diago, my pa se beste vriend. Koos wou nie sy vaderskapplig nakom nie, dus het my pa met my rna getrou en pa gespeel vir my oudste haliboetie, Bennie. My pa moes ongelooflik lief gewees het vir my rna. Ek dink. dis sy liefde vir haar, saam met dit wat sy aan hom gedoen het, wat hom in 'n siniese vrouehater verander het.

Koos was oak 'n alkoholis, Tot sy dood meer as tien jaar gelede het ek hom amper nooit nugter gesien rue. 'n Jaar na Bennie se geboorte het my rna swanger geraak met haar tweede en my pa se eerste kind, Theuns. Teen die tyd dat my rna drie jaar later neg 'n kind by Koos gehad het, Alfie, was sy en my pa reeds meer uitmekaar as bymekaar.

Ek. is twee jaar na Alfie gebore. My pa het toe reeds 'n paar keer in die tronk gaan draai Die kere wat my rna en pa wel probeer het am civilised saam te wees, het hy in die tronk beland vir diefstal om my rna se habits te support. Of domestic violence am hom teen haar habits te verdedig.

Teen die tyd dat ek twee jaar oud was, het my pa nog twee kinders gehad - Christoffby my rna se sussie, en Jaco by 'n vrou genaamd Mercia, ook '0 hippie girl soos my rna. Ek het Mercia in 2002 op my ouma se begrafnis gesien. Sy het 5005 'n visioen uit die 1960's gelyk met 'n lang, lapperige rok, wilde hare en sands le, Sy het twee banke voor my en Jaco in die kerk gesit,

Toe ons begin sing, het sy die hardste van almal gesing. Uitermatig hard. "Ek kan hoormy Heid-land roep my .... "

"A.g jissis, daar kom die dokkemeid nou uit," het Jaco onderlangs gebrorn, Hy werk as 'n forensiese deskundige in Amerika en het net vir die begrafnis Suid-Afrika toe gekom.

18

"Sies," het ek gegiggel.

IfWaar Hy lei, volg ek gewillig ... "

"Sy sing nie 'ek' rue, sy sing 'ek'," het Jaco ontevrede gese. "Hoor jy?

Regte fokken dokkemeid."

Sy het inderdaad "12k" gesing. Ek het nooit geweet sy is oorspronklik van die Kaap nie, Maar dan, ek het haar nooit werkIik geken rue. Het haar maar twee of drie keer tevore gesien en die nodige Halla's en Hoe gaan dit's geprewel, en rut was dit.

Jaco wou nooit oar haar praat nie. Net soos ek oak nooit oor my rna wou praat nie. Se dit iets van my pa se bloed wat in ons al twee se are vloei, of se dit iets van my pa se smaak in vroue?

Theuns en Jaco is omtrent ewe oud: Theuns is in Maart 1973 gebore en Jaco in Oktober 1973. Wat bewys dat my pa nes my rna 'n two-timer

was.

My jongste boetie en sussie, Roedolf en Sammy, het eers jare later gekom - heelternal te laat om werklik deel van hierdie storie te wees. Ek wonder of hulle ooit sal besef hoe gelukkig hulle tydsberekening was. En ek wonder hoe Iyk Sammy vandag, Waar sy is, wat sy doen. Is sy gelukkig? Leef sy nag? Weet sy haar sussie soek na haar? Baklei sy ook so hard teen die bleed wat deur haar are vloei 5005 die res van ons kinders?

Theuns noem ons gene sy demons. "Fighting my demons, sus. Fighting the fight," se hy gereeld as ek hom vra hoe dit gaan.

Ek kon nog rue agterkom of hy dit as 'n grap bedoel nie. Met Theuns kan jy nooit seker wees nie. Hy het 'n weird sin vir humor, amper net so twisted soos myne.

Soos ek gese het, my eerste kennisrnaking met goed en kwaad was op die ouderdom van drie jaar. Dis een van my vroegste herinneringe. Ek

19

weet nie waar my rna of pa was nie, maar ek en Theuns het vir 'n rukkie by 'n vreernde man en VfOU erens aan die Oos-Rand gebly. Ek kan rue onthou waar Theuns geslaap het rue, maar ek moes op 'n bank in die sitka mer slaap.

Ek het die eerste oggend wakker geword met die man bo-op my. My panty was tot by my voete afgetrek en my nagrok was tot onder my ken opgetrek. Sy harige borskas was teen my gesig en ek kon sy vinnige asernhaling bo my kop hoar. Hy het sy onderlyf aanhoudend teen my kaallyf geskuur - van onder, oar my maag, oor my bors tot teen my nek, en weer af.

"Hou hom vas," het die man gese en my hand am iets gevou. Dit het hard en slymerig gevoel en ek het gegril.

"Nee," het ek gekerm en my hand weggeruk.

"Hou hom vas:" het hy gesis, die keer dreigend, en my hand styf teen hom vasgedruk.

Ek het hom vasgehou tot die man begin ruk het. Toe het hy opgestaan.

Ek het nie verstaan wat hy doen nie, so ek het nie 'n bohaai gemaak nie. Ek het gewoond geraak daaraan dat hy elke oggend gekom het sodra die vrou gery het am Theuns by die skoal te gaan aflaai.

Ek het rue daarvan gehou nie, maar ek het oak rue daarvan gehou am te bad of vroeg te gaan slaap nie. Dis maar net iets wat jy moes doen sander am. dit te bevraagteken.

Ek onthou sommige gebeurtenisse taamlik helder van my derde jaar af. Ek onthou my derde verjaarsdag goed. Ek en Theuns was in Jubilee Home in Boksburg. Dit moet my rna wees wat ons in die weeshuis gesit her, want my pa het ons daaruit kom ontvoer,

20

Die Jubilee Home se speelgrond het 'n lang draadheining wat die seuns en die dogters van mekaar skei, want ons is nie toegelaat am Iisieke kontak te he nie. In die rukkie wat ons daar was, het ek elke oggend langs die heining gestaan en histeries vir Theuns gehuil-skree, As hy rniddae van die skoal af gekom het, het hy, magteloos en oak huilend, aan die ander kant van die draad gestaan en my probeer troos. Ellie keer het 'n kinderoppasser my voor die heining kom wegsleep. Dan het ek krampagtig aan die draad vasgeklou tot hulle my vingers oopgeforseer het.

Op my derde verjaarsdag het ek my pa gesien, maar hy het my nie gesien nie. Ek het deur die venster geloer wat op die Jubilee Home se ingang uitkyk, en ek het my pa aangeloop sien kom met 'n looppop in sy een hand en 'n verjaarsdagkoek in die ander. Ek was vreeslik bly. My pa kan vandag wees wie hy wil, maar ek weet hy was ongelooflik lief vir my toe ek klein was.

'n Vrou het my pa voorgekeer, Hy het met haar gepraat en ek kon sien hoe skud sy haar kop. Die volgende oomblik gooi hy die koek teen die mum vas. Toe draai hy am en loop weg. Die koek het in stukke teen die muur afgeloop. Ek het daarna gestaan en kyk toe die vrou die looppop vir my gebring het.

"Jy is drie jaar oud vandag, Claudie," het sy gese.

Ek wou haar slaan en skop en spoeg, maar ek het nie. Ek het my daardie aand aan die slaap gehuil, die looppop styf teen my vasgedruk. Nes die ander kleintjies het ek in 'n bababed met hoe tralies geslaap wat gekeer het dat ons self uit die bed kon klim.

'n Paar dae later het Theuns op die asblikke gestaan en my oor die weeshuis se muur getel. My pa het my aan die ander kant gevang.

21

Daarna het ons in Secunda gaan woon: ek, my rna en my pa. My rna het vir Theuns na 'n koshuis op Lagerspoort gestuur waar Bennie en Alfie reeds was, en hulle het net vakansies huis toe gekorn.

Ek was gelullig, maar die huis in Secunda was die begin van een van die baie eindes wat nog sou volg, My rna en pa het baie baklei. Sommige nagte het ek my bed natgemaak. Dan het my pa die oggend vroeg vir my droe beddegoed kom oortrek voor my rna dit kon sien en my slaan. Hy het my na hulle. bed gedra en my verder tussen hom en my rna laat slaap.

"Fokkof as jy wi! fokkof Maar jy fokkof alleenl Hierdie keer los jy my kind, verstaan jy, Lisa?" het my pa geskree elke keer as my rna gedreig het sy gaan hom verlaat vir 'n ander man. 'n Beter een. 'n Moorer een. 'n Sterker een. 'n Ryker een.

"Sy's nie net jou kind nie, sy's myne ook!" het my rna teruggeskree.

"Jou gemors"

"Ek het vir jou alles gegee waarvoor jy gevra het, so jy los haar net hier 1 Gaan soek vir j ou ' n ander rna 11. Ons sal sien of jy beter kan kry 1" "Met hierdie hare kan ek enige man kry!" het my rna tartend geskree en haar lang blonde hare vermakerig rondgeswaai,

Tot my pa eendag die broodmes gegryp en haar hare stomp afgesny het. My ma het die polisie gebel, en my pa het die naweek in die tronk deurgebring. 'n Voorsmaak van die sewe en 'n halwe jaar wat sou kom.

Ek glo nie my rna het my pa ooit vergewe vir haar hare nie; sy het vyf-en-twintig jaar later nag steeds daaroor gepraat. Ek glo oak nie my pa het my rna ooit vergewe vir die sewe en '11 halwe jaar in die tronk nie; hy het nog nooit daaroor gepraat rue.

Kart na die hare-episode het my rna getrek terwyl my pa die dag by

22

die werk was. Sy het nie vir hom gese sy gaan weg nie, sy het net haar tasse gepak en my alleen by die huis gelos.

Ek het op die sypaadjie voor die huis gaan sit en vir my pa gewag om van die werk af te korn. En hy het gekom. Natuurlik het hy gekorn.

Ek onthou nie veel meer van daardie dag nie. Net dat ek en my pa langs die sneIweg geIoop en hike het. Ons moet ver geloop het, en hy moet moeg gewees het, want hy het my kart-kart neergesit am klein entjies self te loop. Ek weet nie waarheen oris op pad was nie.

'n Motor het ons opgelaai, en die seuntjie in die motor het vir my van sy kaaskrulle aangebied, Ek was te skaam am daarvan te vat. Ek het my kop weggeclraai en aan my pa vasgeklou. Op sy boarm was 'n green tatoe van 'n kaal vrou met lang hare en ek het gewonder of rut 'n prentjie van my rna was.

My pa is kart daarna tronk toe gestuur en my hele wereldjie het inmekaargetuimel. Ek is alleen, sander Theuns, terug Jubilee Home toe .. Voor ek vier jaar oud geword het, het my rna my korn haal, met 'n corwinnende glimlag op haar gesig en 'n stuk papier in haar hand.

"'n Bevel van die hof" het sy vir die Jubilee Home-tannie gese.

My rna het my pa in dieselfde jaar geskei. Die volgende keer wat ek my pa as 'n vry man gesien het, het ek hom "oorn" genoem.

23

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful