You are on page 1of 2

Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut

1710, Rivonia, 2128


011 803 2681 0866 199 133 office@translators.org.za
www.translators.org.za

BEURSE VIR VERTAAL- OF TOLKSTUDIE


Inligting vir voornemende beursaansoekers
Agtergrond
Die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) is 'n liggaam wat in 1956 tot stand gekom het om die belange
van die vertaalprofessie in die bre te bevorder. In die konteks van die eietydse Suid-Afrika beywer SAVI
hom nou ook vir die vestiging van 'n kultuur van veeltaligheid en vir 'n tradisie van vertaling en tolking in die
Suid-Afrikaanse tale.
Die praktykmaking van veeltaligheid vereis egter die gebruik van bekwame en behoorlik opgeleide
taalwerkers soos vertalers en tolke. Omdat SAVI bekommerd is oor die gebrek aan toereikende opleiding vir
taalwerkers in Suid-Afrika, is daar in 1993 besluit om 'n Ontwikkelingskomitee in die lewe te roep. Dit is
hierdie komitee se taak om fondse bymekaar te maak en tot die beskikking van verdienstelike vertaal- en/of
tolkstudente te stel.
Taal- en professionele liggame soos Prolingua (voorheen TERMSA) en die ATKV het in die verlede ruim
bydraes tot die Ontwikkelingsfonds gemaak. Een hondered en ses beurse is sedert 1994 toegeken.
Die ATKV (Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging www.atkv.co.za) het in 2014 n
ruimhartige borgskap aan SAVI toegeken om beurse beskikbaar te stel aan twee studente
met Afrikaans as n werkstaal. Ons hoop hulle sal dit weer vir 2015 doen. Die SAVI/ATKVbeurse vul die ander SAVI-beurse aan en getuig van die ATKV se verbintenis tot die
bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Wie kom in aanmerking vir 'n SAVI-Beurs?


Vir formele akademiese kursusse in taalpraktyk moet aansoekers
aan 'n tersire inrigting vir opleiding in vertaling, tolking en/of ander aspekte van taalprakyk ingeskryf
wees of van voorneme wees om hulle vir sodanige kursusse in te skryf;
Suid-Afrikaanse burgers wees; en
in kombinasies van die amptelike tale werk [in die geval van die SAVI/ATKV-beurse moet Afrikaans een
van die tale wees].
Let assblief daarop dat indien n beurs toegeken word, betaling eers sal geskied nadat bewys van registrasie
vir die betrokke kursus vir daardie jaar ingedien is.
Vir kortkursusse of ander opleiding moet aansoekers
vir 'n informele opleidingskursus in vertaling, tolking en/of ander aspekte van taalprakyk wat deur SAVI
goedgekeur is, ingeskryf wees of van voorneme wees om hulle vir sodanige kursusse in te skryf;
Suid-Afrikaanse burgers wees; en
in kombinasies van die amptelike tale werk.
Die fondse wat vir beurse beskikbaar is, is uiters beperk en SAVI is nie in n posisie om beurse aan te bied
wat die volle koste van n studiekursus dek nie. Tipiese toekennings is tussen R3 000 en R5 500. Studente
wat nie bykomende finansieringsbronne vir hul studies het nie, moet daarvan bewus wees dat n toekenning
van SAVI dit waarskynlik nie vir hulle moontlik gaan maak om daardie studies te onderneem nie.
Die beurse is nie merietebeurse nie, maar is bedoel om finansielbehoeftige studente te help.

Aansoekprosedure
1. In die geval van registrasie vir 'n formele akademiese kursus in taalpraktyk aan 'n tersire inrigting word
aansoeke in Februarie oorweeg. Aansoeke moet by die Ontwikkelingskomitee van SAVI teen 10
Februarie 2015 vir die 2015-akademiese jaar ingedien word.
2. In die geval van 'n kortkursus of ander opleiding in vertaling/tolking moet aansoeke die Ontwikkelingskomitee van SAVI minstens een maand voor die aanvang van die kursus bereik.
3. Aansoekvorms is vanaf 15 November beskikbaar op die SAVI-webwerf (www.translators.org.za > Die
Instituut > Beurse) of van mev. Marion Boers by 011 803 2681 of office@translators.org.za.

You might also like