You are on page 1of 3

NUUSVRYSTELLING 7 JULIE 2015

NUWE VRYSTAAT KUNSTEFEES


GALOP DIE TOEKOMS IN
Die eerste Vrystaat Kunstefees lui Julie in Bloemfontein, Mangaung, op n galop
in met die White Horse-projek deur die internasionale kunstenaar Jess Olivieri.
Di projek, waaraan reeds twee jaar gewerk word, open die fees amptelik op 12
Julie met n gemeenskapsoptog van die Tweetoringkerk in die stadskern af na
die witperd-kunswerk teen die hang van Naval Hill. Die oogmerk met die projek
is om n nuwe gemeenskaplike mitologie vir die streek te skep met die integrasie
van Afrikaanse, Engelse, Sotho- en ander kultuurgeskiedenisverhale deur nuwe
opvoerings, gedigte, mode, musiek en beeldende kuns.
Ander openbare en lewendekunsprojekte sluit in The Man with the Green
Blanket deur Lesiba Mabitsela en Sethembilie Msezane se Love in the time of
Afrophobia. Mabitsela se werk fokus op die gevolge van die Marikana-slagting
met vyf mans in groen kombers-drag wat van verskillende dele van die stad na
die Universiteit van die Vrystaat loop, terwyl hulle n klomp mense om hulle
vergader soos wat hulle loop vir n vertoning oor die gesneuwelde leier van die
opstand, Mgcineni Mambush Noki. Msezane se werk is n uithouvertoning van
drie uur waar sy verbygangers sal uitnooi om fisiek met haar interaksie te h as
teenvoeter vir die onlangse xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika.
Die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (Piko), n vennootskap
tussen die Vrystaat Kunstefees en die Universiteit van die Vrystaat, bied die
Diversiteitsforum vir Kuns, Innovasie en Gehoor aan, met Donna Walker-Kuhne,
vise-president van Kommunikasie van die New Jersey-sentrum vir die
Uitvoerende kunste , as hoofspreker. Die forum sluit in panele bestaande uit
kreatiewe praktisyns op die gebied van kuns/kultuur soos Sarah Gardner
(uitvoerende hoofamptenaar van die Internasionale Federasie van Kunsterade
en Kultuurverenigings), Rosemary Mangope (uitvoerende hoofamptenaar van
die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika), Jerry Mofokeng (artistieke direkteur
van Pacofs) en Saartjie Botha (direkteur van die US se Woordfees).
Benewens hoogaangeskrewe teaterstukke, musiek, beeldende kuns, rolprente
en letterkunde, bied die fees ook n kunsmark met n wye reeks kuns, handwerk
en fynproewerskos uit Vrystaatse bodem.
Die fees word afgesluit met n herdenkingsgeleentheid om 115 jaar sedert die
inwerkingstelling van die verskroeide-aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog
in Junie 1900 te gedenk.
Vir meer inligting kontak:
Roxanne Konco
Bemarkingsbestuurder
Tel. +27 (0)51 404 7947 roxanne.konco@volksblad.com
www.vrystaatkunstefees.co.za

DIE WIT PERD

Foto krediete:
"The White Horse" Part 1a Jess Olivieri with The Parachutes for Ladies

DIE MAN IN DIE GROEN KOMBERS deur Lesiba Mabitsela

LIEFDE IN DIE TYD VAN AFROPHOBIA deur Sethembile Msezane

Krediet foto 2: Chapangu The Day Rhodes Fell