P. 1
Die profeet

Die profeet

|Views: 842|Likes:
Published by LittleWhiteBakkie
BOEKUITTREKSEL

Die profee deur Kahlil Gibran
Uitgegee deur NB Uitgewers
http://nb.book.co.za/blog
BOEKUITTREKSEL

Die profee deur Kahlil Gibran
Uitgegee deur NB Uitgewers
http://nb.book.co.za/blog

More info:

Published by: LittleWhiteBakkie on Oct 15, 2010
Copyright:Traditional Copyright: All rights reserved

Availability:

Read on Scribd mobile: iPhone, iPad and Android.
download as PDF or read online from Scribd
See more
See less

10/15/2010

-

ui c inorcc1
aL:cs1ara, die uitverkorene en die geliefde,
wat soos ’n daeraad vir sy dag was, het twaalf jaar
lank in die stad van Orphalese op die skip gewag
wat sou terugkeer om hom na die eiland van sy ge-
boorte terug te voer.
En in die twaalfde jaar, op die sewende dag van
Ielool, die maand van die oes, het hy die heuwel
buitekant die stadsmure bestyg en seewaarts getuur;
en hy gewaar sy skip wat met die mis aangeseil
kom.
Toe is die deure van sy hart oopgegooi en sy vreug-
de het ver oor die see gevlieg. En hy het sy oë gesluit
en daar was aanbidding in die stiltes van sy siel.
Maar terwyl hy van die heuwel afklim, het hy be-
droef geword en in sy hart gedink:
6
ui c inor c c1
Hoe sal ek in vrede vertrek en sonder verdriet?
Nee, ek sal hierdie stad nie sonder ’n verwonde gees
verlaat nie.
Lank was die dae van pyn wat ek binnekant sy
mure deurgebring het en lank was die nagte van
eensaamheid; en wie kan van sy pyn en sy eensaam-
heid afskeid neem sonder leedwese?
Te veel brokkies van die gees het ek in hierdie
strate rondgestrooi en te menigvuldig is die kinders
van my verlange wat nakend tussen hierdie heuwels
rondloop en ek kan my nie van hulle onttrek sonder
opoffering en smart nie.
Dit is nie ’n kledingstuk wat ek hierdie dag uittrek
nie, maar ’n vel wat ek met my eie hande afskeur.
Ook is dit nie ’n gedagte wat ek agterlaat nie,
maar ’n hart soet gemaak deur honger en deur dors.
Nogtans kan ek nie langer vertoef nie.
Die see wat alle dinge na haar toe roep, roep ook
my en ek moet skeepgaan.
Want om te bly, al brand die ure in die nag, is
¬
ui c inor c c1
om te vries en te kristalliseer en in ’n vorm vasgegiet
te word.
Gewilliglik sou ek alles wat hier is met my wou
saamneem. Maar hoe kan ek?
’n Stem kan nie die tong dra en die lippe wat daar-
aan vleuels gegee het nie. Allenig moet dit die eter
binnegaan.
En allenig en sonder sy nes moet die arend voor
die son vlie.
Toe hy die voet van die heuwel bereik het, draai
hy weer na die see en hy sien dat sy skip die hawe
nader en op haar voorstewe die seevaarders, manne
van sy eie land.
En sy siel het na hulle uitgeroep en hy sê:
Seuns van my oue moeder, julle ruiters van die
getye,
Hoe dikwels het julle my drome binnegevaar. En
nou kom julle in my ontwaking, wat my diepere
droom is.
8
ui c inor c c1
Gereed is ek om te gaan en met siele gespan wag
my gretigheid op die wind.
Nog net een asem wil ek in hierdie stille lug adem,
nog net een liefdevolle blik na agter werp.
En dan sal ek tussen julle staan, ’n seevaarder tus-
sen seevaarders.
En jy, ontsaglike see, slapende moeder,
Wat alleen vrede en vryheid vir rivier en stroom
is,
Nog net een kronkeling sal hierdie stroom maak,
nog net een gemurmel in hierdie bos,
En dan sal ek na jou toe kom, ’n grenslose drup-
pel na ’n grenslose oseaan.
En terwyl hy loop, sien hy van ver af mans en
vrouens wat hulle landerye en wingerde verlaat en
na die hekke van die stad haas.
En hy hoor hulle stemme sy naam noem en van
akker tot akker roep om mekaar te vertel van die
koms van sy skip.
n
ui c inor c c1
En hy sê vir homself:
Sal die dag van skeiding die dag van samekoms
wees?
En sal dit gesê word dat my aand in werklikheid
my môrestond was?
En wat sal ek aan hom gee wat sy ploeg in die
middel van die voor gelos het, of aan hom wat die
wiel van sy wynpers laat staan het?
Sal my hart ’n boom word, swaar belaai met
vrugte, sodat ek kan pluk en aan hulle kan uitdeel?
En sal my begeertes soos ’n fontein vloei sodat
ek hulle bekers kan volmaak?
Is ek ’n harp dat die hand van die Almagtige my
kan aanraak, of ’n fluit dat sy asem deur my kan
gaan?
Net maar ’n soeker na stiltes is ek, en watter
skatte het ek in stilte ontdek wat ek met vertroue
kan uitdeel?
As hierdie die dag van my oes is, in watter lan-
derye het ek die saad gesaai en in welke vergete jaar-
getye?
)o
ui c inor c c1
As hierdie inderdaad die uur is waarin ek my lan-
tern moet ophef, is dit nogtans nie my vlam wat
daarin sal brand nie.
Leeg en donker sal ek my lantern omhoog hou,
En die bewaker van die nag sal dit met olie vul en
hy sal dit ook laat ontvlam.
Hierdie gedagtes het hy in woorde gestel. Maar
’n groot deel van sy hart het onuitgesproke gebly.
Want selfs hy kon sy diepere geheim nie uitspreek
nie.
En toe hy die stad binnegaan, kom al die mense
hom tegemoet en roep na hom soos met een stem.
En die ouderlinge van die stad het na vore getree
en gesê:
Moet ons nie nou al verlaat nie.
’n Middaguur het jy in ons skemering vertoef en
jou jeug het ons drome gegee om te droom.
Geen vreemdeling is jy onder ons nie, nog min-
der ’n gas, maar ons seun en ons teerbeminde.

You're Reading a Free Preview

Download
scribd
/*********** DO NOT ALTER ANYTHING BELOW THIS LINE ! ************/ var s_code=s.t();if(s_code)document.write(s_code)//-->