P. 1
Die Nasionale Landbougids 2011

Die Nasionale Landbougids 2011

|Views: 18,663|Likes:
Published by Mike Stuart

Die Nasionale Landbougids is 'n nuttige bron vir enige persoon wat betrokke is in die landbou. Die boek se prys van ZAR285 sluit in BTW en posgeld. Die CD is ZAR150. Bestel by www.rainbowsa.co.za. Om te adverteer, skryf aan agriculture@rainbowsa.co.za

Die Nasionale Landbougids is 'n nuttige bron vir enige persoon wat betrokke is in die landbou. Die boek se prys van ZAR285 sluit in BTW en posgeld. Die CD is ZAR150. Bestel by www.rainbowsa.co.za. Om te adverteer, skryf aan agriculture@rainbowsa.co.za

More info:

Published by: Mike Stuart on Feb 08, 2011
Copyright:Traditional Copyright: All rights reserved

Availability:

Read on Scribd mobile: iPhone, iPad and Android.
download as PDF or read online from Scribd
See more
See less

05/11/2014

pdf

Sections

1. Oorsig

Inheemse kennis (IK) is die unieke, tradisionele, plaaslike kennis wat bestaan
binne en wat ontwikkel met betrekking tot spesifieke omstandighede van
vroue en mans wat inheems is aan ‘n spesifieke geografiese gebied.

In sommige gevalle word eksterne of wetenskaplike kennis gedurende
die innovasieproses met inheemse kennis gekombineer. Inheemse kennis
(of plaaslike kennis) is dus dinamies en evolueer en verander voortdurend
namate dit ontwikkel. Dit beïnvloed (en word beïnvloed deur) sowel
interne as eksterme omstandighede, asook deur interaksie met ander
kennissisteme. Gegewe hierdie stand van sake is dit beter om inheemse
kennis as plaaslike kennis te bestempel; dit is kennis wat in ’n spesifieke plek
ontwikkel het en kennis wat nie heeltemal tradisioneel is nie, hoewel dit die
basis kan uitmaak, gegewe eksterne invloede.

• Tans is die meeste Afrikane suid van die Sahara afhanklik van hulpbron-
arm landbou sonder enige moderne insette. Hulle maak feitlik sonder
uitsondering gebruik van plaaslik beskikbare hulpbronne om ‘n bestaan
te maak.

• Sowat 80% van die Afrika-bevolking gebruik tradisionele medisynes
om in hul gesondheidsorgbehoeftes te voorsien.
• IK kan help om armoede te verlig indien dit doeltreffend in die landbou
toegepas word en ondersteun word deur toepaslike tegnologie-
ingryping wat mense se omstandighede in ag neem.

In die lig van die hulpbrontekorte wat deur navorsings- en
voorligtingsbeamptes ervaar word, en die afstande wat hierdie mense moet
aflê, maak baie landelike boere en huishoudelike produsente staat op hul
inheemse kennis en plaaslike innovering om ‘n mate van voedselsekuriteit
en lewensonderhoud te verseker. Sommige van die plante wat hulle met
hierdie kennis insamel of produseer, staan bekend as Afrika-groente.

IK sluit baie aspekte in, byvoorbeeld pottebakkery en beeldhouwerk,
speletjies, mandjiewerk, matweefwerk, muurversierings, ensovoorts.
In hierdie hoofstuk sal ons kyk na die voedselsekuriteitswaarde van IK.
Raadpleeg ook die hoofstuk oor die medisinale waarde van Afrika-plante.

“It is not an issue of increased agricultural production, but rather of allowing
people who suffer from hunger to be in a better position to get, in whole or
in part, their own food” (Voormalige Italiaanse Minister van Landbou en
Bosbou, Giani Allemanno)

Gegrond op ervaring, glo ek sterk dat tradisionele Afrikagroente ‘n
belangrike faktor kan wees in strategieë om voedseltekorte in landelike
en peri-landelike gebiede te verlig en dat dit nuttige toepassings het as
‘n ekogesondheidsbenadering (wat die gesondheid van die mens en die
ekosisteem in ag neem ) gevolg word.

Volgens die International Fund for Agricultural Development (IFAD),
behels voedselsekuriteit nie net voldoende voedselvoorsiening nie,
maar moet dit ook voldoen aan voedings- en veiligheidsvereistes en
kultuurvoorkeure.

Na my mening, behoort betroubare strategieë om voedselonsekerheid
in landelike omgewings te verminder Afrika se inheemse voedselkultuur
te erken. Dit is gebaseer op die gebruik van voedselplante wat natuurlik
voorkom en bestaansboerdery van tradisionele groente.

Bron: Dr Retha van der Walt, Morogo Navorsingsprogram by die Noordwes-
Universiteit. Skryf aan haar by Retha.VanDerWalt@nwu.ac.za

553

In Suid-Afrika het die plaaslike mense voorheen geleef van ‘n dieet van vleis,
melk, wilde graan en wilde plante, maar die Pedi-spreekwoord, “vleis is ‘n
besoeker maar morogo is daaglikse kos” (morogo is die siPedi-naam vir
pikante sous wat van ‘n Afrika-blaargroente gemaak word) het nou feitlik ‘n
realiteit geword vir die meeste landelike mense.

Afrika-groentes en voedselsekuriteit

Die inheemse kennis oor Afrika-groentes en hul belang vir die
voedselsekuriteit van baie landelike Suid-Afrikaners regverdig verdere
bespreking. Dit is veral belangrik in die lig van voedselsekuriteit-aktiwiteite
wat klem lê op voedselproduksie en verbeterde toegang tot voedsel in ‘n
land en streek wat te kampe het met twee primêre probleme: waterskaarste
en die MIV/vigs-pandemie.

Waterskaarste en periodieke droogtes in dele van die land en die streek
as ‘n geheel is ‘n aanduiding dat die produksie van konvensionele gewasse
deur middel van konvensionele landboupraktyke met groter probleme te
kampe sal hê in gemarginaliseerde gebiede weens die ongunstige omgewing
en klimaat. Gegewe die afgeleënheid en armoede van hierdie streke is dit
juis in hierdie gebiede waar mense hul eie voedsel moet produseer om ‘n
mate van plaaslike voedselsekuriteit te verseker wat nie volledig afhanklik is
van steun van buite nie. Dit behoort baie van die probleme te oorkom wat
verband hou met plaaslike toegang tot voedsel. Die verlies van die arbeid
van een lid van ‘n huishouding weens MIV/vigs-verwante siektes en dood, of
selfs die verlies van arbeid omdat iemand moet sorg vir ‘n siek huisgenoot,
het op verskeie maniere ‘n uitwerking op die betrokke huishouding. Daar
is dikwels ‘n verlies aan toelaes en inkomste weens dood of ongeskiktheid,
of daar kan ‘n verlies wees aan huishoudelike arbeidsvoorraad, met die
gevolg dat die huishouding se aktiwiteite verdeel moet word tussen die
oorblywende lede wat in staat is om dit uit te voer (Hunter & Twine, 2005).
Hierdie mense is self gewoonlik reeds betrokke by bestaansaktiwiteite.
Dit impliseer dat baie huishoudings nie in staat is om al hul bestaande of
toenemende take uit te voer nie, of ten minste nie sonder om aansienlike
offers te bring met betrekking tot hul ander bestaansonderhoudtake nie.
In sulke omstandighede verg gewasse wat gewoonlik droogtebestand is,
baie min moeite en arbeid ten einde ‘n voldoende opbrengs te lewer. Hulle
kan in gemarginaliseerde gebiede groei en ‘n voedselopbrengs lewer, en so
‘n belangrike bydrae lewer tot huishoudelike voedselsekuriteit, asook as
gevolg van die geassosieerde inheemse kennis rakende hierdie gewasse.

Die betekenis van Afrika-groentes vir voedselsekuriteit is belangrik.
Veldwerk in twee landelike dorpies in ‘n droogtegeneigde gebied in die
Limpopo-provinsie dui daarop dat slegs 5% van die 108 huishoudings wat in
die opname ingesluit is, nie enige Afrika-groentes in hul huishoudelike tuine
gehad het nie. Die afwesigheid van hierdie groentes kon meestal toegeskryf
word daaraan dat mense onlangs na die gebied verhuis het, of nie genoeg
geld of materiaal gehad het om ‘n heining vir die beskerming van ‘n tuin
op te rig nie, en dus glad nie ‘n tuin aangelê het nie. Dit was ook opvallend
dat hoewel die meeste jonger mense (onder 35 jaar) met wie onderhoude
gevoer is, gesê het hulle verkies uitheemse groentes soos kool, hulle steeds
Afrika-groentes geëet het omdat dit geredeliker beskikbaar was indien daar
nie geld was om kool te koop nie. Alle huishoudings het saamgestem dat
Afrika-groentes maklik is om te verbou, sonder veel arbeid en ander insette,
en dat – anders as in die geval van uitheemse groentes – hierdie groentes
uitsluitlik van seisoensreënval afhanklik is. 100% van die persone met wie
onderhoude gevoer is in die Limpopo-provinsie-studie het aangedui dat
hulle gedurende die voorafgaande 12 maande Afrika-groentes verbruik het,
gewoonlik minstens een keer per dag.

Tydens besprekings oor die belangrikheid van hierdie gewasse vir
voedselsekuriteit was die algemene gevoel dat die waarde wat aan die
groentes toegeskryf word, baie sterk van huishouding tot huishouding
verskil. Huishoudings met baie lede wat nie ‘n konstante inkomste het
nie, is meer afhanklik van Afrika-groentes. Dit is veral die geval waar daar
‘n hoë werkloosheidsyfer is en in die ouer huishoudings waar kinders nie
meer kwalifiseer vir die kindertoelaag nie. Voedsel is duur in die winter,
en gedroogde Afrika-groentes vorm die basis van ‘n diverse en voedsame
dieet in die meeste huishoudings. Dit maak sowat 80% uit van hul totale
voedselverbruik in die winter (mielies uitgesonder).

Huishoudings probeer om ‘n ander proteïenbron (gewoonlik in die vorm
van hoenderkoppe, -nekke en -pote, of geblikte vis) by hul dieet te voeg.
Hoe gereeld dit gebeur, hang af van die beskikbare voedselhulpbronne
en inkomste. Die meeste landelike huishoudings heg waarde aan Afrika-
groentes vir hul voedselsekuriteit, maar die etiket van ”armoede-kos” het

2. Afrika-groente

Baie landelike gemeenskappe in Suid-Afrika is afhanklik van voedsels wat
geoes word van plante wat wild groei of wat voorkom as opslagoes.
Laasgenoemde saai hulself in huishoudelike tuine en landerye en kom
voor as seisoenale opslagoes. Afhangende van hoe ’n mens daarna kyk,
kan sommige van hierdie plante beskou word as onkruid, aangesien hulle
voorkom in plekke waar hulle ongewens is. Soms word hierdie plante aktief
verbou.

Baie van hierdie plante is inheems in Afrika, terwyl ander uit ander
wêrelddele kom, maar in die lig van hul geskiktheid vir plaaslike sosiale
en omgewingstoestande beskou kan word as “genaturaliseer” en
geïnternaliseer as belangrike elemente van die plaaslike voedselkultuur
en bestaanshulpbronne. Die verskillende dele van plante wat as voedsel
verbruik word, sluit die wortels, bolle, knolle, stamme, risome, blare,
blomme, vrugte, neute, gom, bessies, graan en peule in. Gewoonlik kan
minstens twee dele van die plant geëet word; die blare kan feitlik altyd
geëet word.

Tabel 1 gee die gewone en wetenskaplike name van ‘n aantal Afrika-groentes
wat in Suid-Afrika aangetref word, saam met die dele van die plante wat geëet
kan word.

Gewone naam

Wetenskaplike
naam

Eetbare dele

Angola-ertjie / jugoboon /
Bambara-grondboontjie

Vigna subterranea

Droë neute / sade

Grondbone

Arachis hypogaea

Neute / sade

Swartbekboontjie /
akkerboontjie

Vigna unguiculata

Blare en sade

Mungboontjie

Vigna radiata

Sade

Duif-ertjie /
duiweboontjie

Cajanus cajan

Blare en sade

Taro / amadumbi

Colocasia esculenta

Knolle en blare

Kassawe / broodwortel /
maniok

Manihot esculenta

Blare en wortel

Maramaboontjie
/ elandsboontjie /
braaiboontjie

Tylosema esculentumKnolle en sade

Wildeaartappel / Afrika-
aartappel / Livingstone-
aartappel

Plectranthus
esculentus

Knolle

Zulu ronde aartappel /
Hausa-aartappel

Solenostemon
rotundifolius

Knolle

Soetpatat

Ipomoea batatas

Blare en knolle

Marogo / amarant /
misbredie / imifino

Amaranthus hybridusBlare

Spinnekopblom
/ oorpeultjie /
snotterbelletjie

Cleome gynandra

Blare

Misbredie / wit
hondebossie

Chenopodium albumBlare

Wilde mosterd

Brassica juncea
Brassica carinata

Jong blare

Knapsekerwel

Bidens pilosa

Blare

Nastergal / nagskade /
inkbessie

Solanum nigrum

Blare

Wilde jute

Corchorus tridens

Blare

Pampoen

Cucurbita maxima

Jong blare, jong
vrugte, ou vrugte en
blomme

Lemoenpampoentjie

Cucurbita pepo

Jong blare en ryp
vrugte

554

TABEL 2: Vergelyking van die voedingswaarde-inhoud van vyf Afrika-groentes en een
gedomestikeerde groente (Bron – FAO, UP, NWU)

Tabel 2 illustreer dat sommige van hierdie gewasse in Afrika soms meer
voedsaam is in vergelyking met die uitheemse groentes wat by voorkeur
geëet word, ‘n feit wat ondersteun word deur aansprake wat in baie
Suid-Afrikaanse landelike huishoudings gemaak word. Die potensiaal
van hierdie plante om voedingswaarde en voedselsekuriteit te lewer
teen die agtergrond van die huidige toestande in Suider-Afrika is iets
waarvan beleidmakers, navorsers en voorligtingsdienste in Suid-Afrika
baie deeglik kennis behoort te neem.

‘n negatiewe uitwerking op kinders en jongmense se persepsie van hierdie
voedsels (Vorster et al, 2005). Die meeste jongmense dui aan dat hulle
verkies om uitheemse groentes soos kool te eet, hoewel hulle erken hulle
glo dat Afrika-groentes voedsamer is. Smaak is skynbaar ‘n belangrike faktor
met betrekking tot voorkeure. Indien die statuskwessie kan aandag kry, kan
dit help om Afrika-groentes meer aanvaarbaar te maak.

Indien die naaste dorp of voedselmark ver van die landelike gebiede is
en die taxidiens ontoereikend is, is daar skynbaar ‘n groter afhanklikheid
van Afrika-groentes. Gesinslede gaan gewoonlik een keer per maand
dorp toe om maatskaplike toelaes en pensioengeld te gaan haal, en koop
dan stapelvoorrade wat lank kan hou (olie, mieliemeel, suiker, ens.).
Geblikte voedsels is baie duur, en vars vrugte en groente hou net ‘n kort
rukkie (Vorster et al, 2005). Dit beklemtoon die behoefte aan goedkoop
of gratis lae-inset- tuisgekweekte voedsels wanneer ander voedselsoorte
nie beskikbaar is nie. Afrika-groentes word oor die algemeen beskou as
‘n bykomende voedselbron weens hul vermoë om in hierdie marginale
gebiede te groei met baie min eksterne insette. Baie huishoudings dui aan
dat hulle gedroogde blare berg om tydens die droë wintermaande te eet
wanneer hulle nie in staat is om gewasse te verbou nie.

Kennis van Afrika-groentes

Kennis van die verskillende groepe plante kan van sowel mans as vroue verkry
word, hoewel blaargroentes gewoonlik die domein van die vroue is. Kennis
van kontantgewasse, vrugte en graan is blykbaar die manlike domein, terwyl
kinders slegs elementêre kennis van hierdie plante het. Die opvoeding van
die kinders word geblameer vir hul gebrek aan kennis: klein seuntjies gaan
skool toe en bring nie meer hul dae in die veld deur terwyl hulle vee oppas
en oorleef op hul kennis van wilde plante nie. Die meisies ken skynbaar slegs

die tradisionele groentes wat algemeen en
volop voorkom, soos amarant, cleome,
cucurbits en groentes wat aktief gekweek
word (pampoene, swartbekboontjies/
akkerboontjies, ens.) aangesien hulle hul
dae op skool deurbring en hul huiswerk
voor donker moet voltooi omdat daar
geen elektrisiteit is nie. Weens die etiket
wat oor dekades aan inheemse kennis
geheg is as synde “agterlike kennis”,
stel die jongmense nie belang in hierdie
kennis en die plante nie. Die huidige
skoolleerplanne beklemtoon ook eerder
Westerse norme as om hierdie kennis
in te sluit wat belangrik is vir landelike
huishoudings. Waar daar ‘n bewustheid
van die waarde van hierdie plante
geskep is, het die jeug se belangstelling
wel toegeneem (Vorster et al, 2003).
Bewusmaking van tradisionele groentes
kan help om die status van hierdie
“armoede-kos” en “agterlike kennis” te
verhoog en dit meer aanvaarbaar te maak
vir die jonger geslag. Dit is ‘n belangrike
stap wat nie geïgnoreer moet word waar
hierdie negatiewe etikettering nog geld
nie.

Die status van die blare in die verskillende
geslags- en ouderdomsgroepe het
gewissel tussen die verskillende
kultuurgroepe. In die Oos-Kaap beskou
die Xhosa blaargroentes as “vrouekos”
wat met mieliepap gemeng word. Mans
kan dit ook eet, maar hulle verkies vleis. Die Zulu-, Shangaan-, Swazi-, Pedi-
en Ndebele-groepe is geneig om die blaargroentes te eet in die vorm van
‘n geurige sous saam met pap, en hoewel dit nie altyd die voorkeurkos vir
mans is nie, word dit deur almal geëet. Geen geslagsverskille is opgemerk
ten opsigte van die cucurbits nie, en die groot verskeidenheid cucurbits
(inheems en uitheems) wat in die meeste gebiede beskikbaar is, dra by
tot ‘n groter smaakverskeidenheid. Die verskillende etniese groeperings is
geneig om hul tradisionele groentes op spesifieke maniere voor te berei, en
blootstelling aan ander voorbereidingswyses het gelei tot ‘n uitbreiding in
hul dieetverskeidenheid wat sowel smaak as voedingswaarde betref.

In verskillende dele van Suid-Afrika is daar verskille tussen die etniese groepe
met betrekking tot kulturele voorkeure vir bepaalde plante en smake.
Mans hou oor die algemeen van die bitter smaak van die knapsekerwel
(Bidens pilosa L.) wat in die meeste gebiede aangetref word, hoewel hierdie
blare met ander blare gemeng word om meer geur aan die dis te verleen.
Amarant word in alle gebiede gebruik, met die Zulu en die Xhosa wat dit
hoofsaaklik alleen eet, of as deel van ‘n mengsel van blare. Cleome gynandra
L. (spinnekopblom/oorpeultjie) word oor die algemeen bo amarant verkies
in die areas waar dit voorkom (die warmer noordelike dele van Suid-Afrika
en onder die Pedi en Tsonga/Shangaan). In hierdie gebiede word amarant
gemeng met ander blare; dit word selde op sy eie geëet. Die meeste
landelike huishoudings beskou pampoen as ‘n belangrike groente wat betref
voorkeur en gebruik. Dit is die gewildste in die noordelike streke van Suid-
Afrika. ‘n Gereg wat bestaan uit die jong blare en jong pampoene is elders
baie gewild. Die Venda voeg pampoenblomme by die dis. Die feit dat die
blare, stingels, pampoenvrug en blomme alles geëet kan word, verleen aan
die pampoen groot waarde en prioriteit bo ander plante. Dit is oor die
algemeen die geval dat waar ‘n plant verskeie voedselbronne voorsien,
dit groter prioriteit geniet by die plaaslike mense. In die droër noordelike
dele van Suid-Afrika word groot waarde geheg aan plante waarvan die
blare bewaar en gedroog kan word sodat dit in die winter as voedselbron
beskikbaar is. Chenopodium album word baie algemeen in die Oos-Kaap
gebruik, maar is nie so belangrik in die noordelike streke nie (Vorster et al,
2005 -- sien opskrif 5). In elke streek word individuele gewasse verbou wat
baie tipies is vir die plaaslike etniese groep en aanleiding gee tot verskillende
disse.

Redes tot kommer

In die eerste plek is inheemse kennis besig om verlore te gaan weens die
beperkte oorlewering tussen die geslagte. Dit kan toegeskryf word aan die

Amarant /
marogo

Spinnekop-
blom /
oorpeultjie-

Cleome
gynandra

Akkerboon
/ Swartbek-
boontjie

Vigna inguicu-
lata

Wilde jute

Corchorus
olitorius

Pampoen-
blare

Cucurbita
maxima

Kopkool
Brassica

oleracea var.
capitata

Yster (mg)

8.9

6.0

3.9

6.3

15.9

0.7

Proteïen (g)

4.6

4.8

4.1

5.2

4.2

1.7

Vog (%)

84.0

86.6

87.6

81.0

87.3

91.4

Kalorieë

42

34

26

Koolhidrate
(g)

8.2

5.2

6.8

10.3

5.0

6.0

Vesel (g)

1.8

1.2

Askorbien-
suur/Vit C
(mg)

64

13

54

Kalsium (mg)410

288

221.1

548.5

382.9

47

Fosfor (mg)

103

111

80.1

136.4

119.2

40

ß-karoteen/
Vit A (mg)

5716

2249.35

3662.99

1694.55

100

Tiamien

0.05

0.05

0.07

0.12

0.04

Riboflavien

0.42

0.1

Foliensuur
(mg/100g)

122

107

90

555

verandering wat in sosiale stelsel ingetree het, ten spyte van die waardiewat
hierdie plante het vir voedselsekuriteit en die maak van ‘n bestaan. In die
tweede plek lei veranderinge in die bevolkingsdruk op natuurlike hulpbronne
en ‘n ineenstorting van plaaslike bewaringstrategieë tot die agteruitgang
van natuurlike hulpbronne, insluitende Afrika-groentes, en daarmee saam
die inheemse kennis wat daarmee verband hou. Dit ten spyte van die
betekenisvolle bydrae wat hierdie plante en die verbandhoudende kennis kan
maak tot voedselsekuriteit, en die feit dat bestaande kultivars van uitheemse
groente nie so ‘n bydrae kan maak in marginale areas nie, aangesien hulle
hoë insette en optimale toestande vereis. Daar moet dus meer aandag
gegee word aan hierdie plante en ander inheemse voedselgewasse om hul
bydrae tot voedselsekuriteit te vergroot. Daar moet ook kennis geneem
word van die verskeidenheid maniere waarop dit bereik kan word – van
huishoudelike verbruik tot kommersialisering en waardetoevoeging. Hierdie
proses moet egter met sorg aangevoor word met inagneming van die sosio-
kulturele aspekte wat daarmee verband hou.

3. Rolspelers

Die assosiasies en instellings wat hieronder genoem word, werk reeds die
afgelope paar jaar op die gebied van Afrika-groentes, en dit sluit onder meer in
die dokumentering van inligting, ontledings van voedingswaarde, voedselsveilig-
heidsaspekte, produksie-aspekte, en kommersialisering.

African Centre for Crop
Improvement (ACCI)

Tel. 033 260 5524 / 6288
acciadmin@ukzn.ac.za
www.acci.org.za

Agribusiness in Sustainable
Natural African Plant Products
(ASNAPP)

Tel. 021 808 2918
info@asnapp.org
www.asnapp.org

Commercial Products from the
Wild (CP Wild)

Tel. 021 808 3303
info@cpwild.co.za
www.cpwild.co.za

Indigenous Plant Use Forum
(IPUF)
– kyk Nasionale
Navorsingstigting

Invest North West

Tel. 014 594 2570
www.inw.org.za

Invest North West (INW) is ‘n Artikel
21-maatskappy wat daargestel
is onder die beskerming van die
Departement van Ekonomiese
Ontwikkeling en Toerisme in die
Noordwesprovinsie (NWP). Hulle
projekte sluit ook een in oor
inheemse kruie.

KwaZulu-Natalse
Departement van Landbou

Opleidingshulpbronontwikkeling
(TRD)

’n Aantal opleidingsplakkaat-
modules is beskikbaar in Engels
en Zulu. Die syfers in hakies dui
aan hoeveel plakkate daar in elke
module is:

• Sweet Potato Production
(18)
• Traditional Foods Promotion
(1)

Kontak Noreen Mhlongo by 033 355
8237 of Noreen.Mhlongo@dae.
gov.za vir nadere inligting. Clive
Viljoen is ‘n tweede kontak. Bel
033 355 8234 of rig ‘n epos na
clive.viljoen@kzndae.gov.za.

Landbounavorsingsraad (LNR)

Mnr. Willem Jansen van Rensburg
of me. Ineke Vorster
Tel. 012 841 9611
wjvrensburg@arc.agric.za of
ivorster@arc.agric.za

Hul doelwit is om verskillende
gewasse in verbouing te vestig
vir die mark in natuurlike
plantprodukte sodat landelike
ontwikkeling daarby kan baat. Die
eenheid werk met kommersiële
groentes soos uie, aartappels,
tamaties en patats, asook inheemse
groente wat Amaranthus cleome,
kassawe, Zulu ronde aartappel,
duiweboontjies, swartbekboontjies
en bambara-grondboontjies.

Marula Natural Products

Tel. 013 774 0209
info@marula.org.za
amambane@webmail.co.za
www.marula.org.za

Dit is ‘n ekovriendelike
laetegnologie-onderneming wat
ontwerp is vir die opheffing van
vroue in landelike gemeenskappe.

Morogo-navorsingsprogram

Skool vir Omgewingswetenskappe
en -ontwikkeling
Noordwes-Universiteit
(Potchefstroom-kampus)
Tel. 018 299 2319
Retha.VanDerWalt@nwu.ac za

Navorsing word gedoen oor
gesondheids- en voedingsaspekte
van sommige Afrika-groentesoorte.
Referate/artikels sluit in foliensuur
en alfalinoleensuur (omega-3)
in amarant spinnekopblom en

swartbekboontjie

uit

drie
geografiese gebiede in Limpopo
en Noordwes; en minerale,
mikrovoedingstowwe

en

antioksidant-fitochemikalieë

in

morogogroente.

Nasionale Navorsingstigting

Tel. 012 481 4000 / 4001
www.nrf.ac.za

Die NNS befonds die Indigenous
Plant Use Forum (IPUF) wat op die
been gebring is om die kulturele,
sosio-ekonomiese en wetenskaplike
voordele wat verkry kan word van
die volhoubare gebruik van Suid-
Afrikaanse flora te bevorder.

Noordwes-Universiteit – kyk
Morogo-navorsingsprogram

Umthathi Training Project

Tel. 046 622 4450
www.umthathi.co.za
(Kyk ook www.africulture.co.za)

Groente- en inheemseplantverbo
uingsopleiding op gemeenskaps-,
skool- en huishoudelike vlak stel
produktiewe tuine daar wat voedsel
en medisinale plante verskaf.

Universiteit van die Vrystaat

Sentrum vir die Bestuur van
Plantgesondheid
Prof. W.J. Swart (Voorsitter)
SwartWJ@ufs.ac.za
Tel. 051 401 2383
www.cephma.org

Departement van
Plantwetenskappe
Tel. 051 401 2514
plantsciences@ufs.ac.za

Departement van Genetika
Prof J.J. Spies
Tel. 051 401 2261

Die Southern African New Crop
Research Association (SANCRA) is
ook by die UVS gesetel.

Universiteit van die
Witwatersrand

Skool vir dier-, plant- en
omgewingswetenskappe
Wayne Twine
twine@gecko.biol.wits.ac.za
rcrd@global.co.za

Universiteit van KwaZulu-
Natal

Boereondersteuningsgroep
Dr. Maxwell Mudhara
Tel. 033 260 6275
mudharam@ukzn.ac.za
www.fsg.org.za
www.cead.org.za
www.prolinnova.net

Universiteit van Suid-Afrika
(UNISA)

Prof. J. Olivier
Tel. 012 352 4284
olivij@unisa.ac.za

Wetenskaplike en Nywerheids-
navorsingsraad – WNNR

Voedsel-, biologiese en chemiese
tegnologieë – tegnologie vir
ontwikkeling
Tel. 012 841 2649
mmoroka@csir.co.za
www.csir.co.za

Besoek die webtuiste vir meer
inligting oor hierdie eenheid. Hulle
het byvoorbeeld die resepteboek
ontwikkel waarna aan die einde van
hierdie hoofstuk verwys word.

U sal besonderhede oor SANBI en
die Universiteit van die Wes-Kaap
in die hoofstuk oor medisinale
plante aantref.

PELUM South Africa

Tel. 033 260 6173/5094
www.pelumrd.org

Die PELUM-vereniging is ’n
streeksnetwerk van meer as 200
burgerlike organisasies in Oos-
, Sentraal- en Suider-Afrika, wat
streef na volhoubare landbou,
voedselsekuriteit, en volhoubare
gemeenskapontwikkeling
in die streek. Sy fokus op
voedselsoewereiniteit

sluit
tradisionele en inheemse gewasse
en soorte in.

Prolinnova

(PROmoting Local INNOVAtion)

p/a Institute of Natural Resources
lettyb@ukzn.ac.za
www.prolinnova.net

‘n Vennootskap bestaan tussen
die Departement van Landbou
van Limpopo, Prolinnova en
die Universiteit van Limpopo
om armoede uit te roei deur
die geïntegreerde landelike-
ontwikkelingsprogramme

wat
op die inheemse kennis van die
gemeenskap gebaseer is.

Raad vir Geesteswetenskaplike
Navorsing (RGN)

Sentrum vir Armoede,
indiensneming en groei
Tel. 012 302 2721 / 082 897 2003
thart@hsrc.ac.za
www.hsrc.ac.za

Stellenbosch Universiteit

Departement Bewaringsekologie
en Entomologie
Prof. Michael Samways
Tel 021 808 3728
samways@sun.ac.za

Departement Agronomie
Tel. 021 808 4803
browne@sun.ac.za

556

4. Nasionale strategie

Regerings- en ander rolspelers besef toenemend hoe belangrik inheemse
voedselgewasse is as alternatiewe bronne om voedselsekuriteit te
verhoog. Inheemse gewasse behoort die mededingendheid in die Suid-
Afrikaanse landbou te versterk as nisprodukte in sowel die plaaslike as
die uitvoermarkte. Dit ly geen twyfel nie dat sommige van die inheemse
gewasse oor beter eienskappe beskik as ander konvensionele gewasse ten
opsigte van droogtebestandheid, voedingswaarde en voedselveiligheid.
Dit is van dringende belang dat die sektor versterk en ontwikkel moet
word.

Die sukses van hierdie beleid sal afhang van die wyse waarop dit in
ooreenstemming gebring word met ander beleid en wetgewing sodat
duplisering en teenstrydighede voorkom kan word. Dit sluit onder meer
die Plantverbeteringswet 53 van 1976; Wet op Planttelersregte 15 van
1976; Nasionale Omgewingsbestuur: Wet op Biodiversiteit 10 van 2004,
Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983; en die Beleid
oor Inheemse Kennisstelsels, 2004 in.

Bron: Konsepbeleid oor Inheemse Voedselgewasse.

Departement van Wetenskap
en Tegnologie (DWT)

Eenheid vir Inheemse Kennisstelsels
(NIKSO)
Tel. 012 843 6300

Die Eenheid vir Inheemse
Kennisstelsels (NIKSO) in die
DWT hanteer uitdagings rakende
ontwikkelende beleid oor die
beskerming

van

inheemse
kennisstelsels in die land. Dit stel
belang in die samewerking tussen
verskillende kennisstelsels, en is een
van die vernaamste rolspelers op
die gebied van Inheemse kennis.

’n Ministeriële advieskomitee
rakende IKS, wat in April 2008
gevestig is, ondersteun die Eenheid
vir Inheemse Kennisstelsels in
sy verantwoordelikheid om
die minister van Wetenskap en
Tegnologie oor strategiese sake
raad te gee.

Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye (DAFF)

Direktoraat: Plantproduksie
Mnr. Thabo Ramashala
Tel. 012 319 6079
DPP@daff.gov.za

Inheemse voedselgewasse is
ingesluit in die kategorie van
sleutelareas van tegnologie-
ontwikkeling van die DAFF
se nasionale navorsing- en
ontwikkelingstrategie.

Direktoraat: Genetiese
Hulpbronne
Dr. Julian Jaftha
Mnr. A Lezar
Tel. 012 319 6214 / 6024
DGR@daff.gov.za

Ander staatsdepartemente is betrokke by areas van IK, byvoorbeeld
die Department van Handel en Nywerheid (intellektuele eiendom,
amendemente aan wetgewing oor patent- en kopiereg); die Departement
van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake
(wetsontwerp op
tradisionele leierskap en bestuur) ensovoorts.

5. Publikasies en webtuistes

Inligtingspakkette (Info Paks) oor die volgende gewasse kan verkry word
van die Hulpbronsentrum van die DAFF, of kan besoek of afgelaai word by
www.daff.gov.za – neem die “Publications”-opsie op die kieslys:

• Bambara groundnut (Angola-ertjie/jugoboon)
• Field crops: Chickpeas (Landgewasse: kekerertjies)
• Field crops: cowpeas (Landgewasse: swartbekboontjie/akkerboontjie)
• Amaranth, also known as morogo (Amarant, ook bekend as morogo)

Die kontaknommer van die hulpbronsentrum is 012 319 7141.

Guide to sweet potato production in South Africa. ‘n Gids vir kalanderbeheer
is beskikbaar by LNR-Roodeplaat (012 841 9611). Dit dek ook alle ander
aspekte van soetpatatproduksie soos siektes, verbouing en kultivarkeuse.

Onder die groot verskeidenheid pamflette wat van die LNR – VOPI
verkrygbaar is, is daar ‘n aantal wat op hierdie hoofstuk betrekking het:
inheemse blaargewasse (bv. marog), inheemse wortelgewasse (bv.
die verbouing van kassawe, wilde aartappel, amadumbi) en inheemse
saadgewasse (bv. bambara-grondboontjie, duif-ertjie, swartbekboontjie).
Skakel die Openbarebetrekkinge-beampte by 012 841 9611 of faks 012 808
0844.

U kan Best Practices on Indigenous Knowledge, ’n gemeenskaplike publikasie
van die Management of Social Transformation Programme (MOST) van
UNESCO, en die Centre for International Research and Advisory Networks
(CIRAN) op www.unesco.org aantref.

IK Notes doen van tyd tot tyd verslag oor inheemsekennis- (IK-) inisiatiewe
in Sub-Sahara-Afrika, en soms ook oor sulke inisiatiewe buite die streek. Dit
word gepubliseer deur die Africa Region’s Knowledge and Learning Center
as deel van ‘n ontwikkelende IK-vennootskap tussen die Wêreldbank,
gemeenskappe, NRO’s, ontwikkelingsinstansies en multilaterale organisasies.
‘n Webtuiste oor IK kan geraadpleeg word by www.worldbank.org/afr/ik/
default.htm.

Building opportunities for small holder farmers to commoditize indigenous fruit
trees and products in southern Africa: processing, rural pilot enterprises and
marketing. Festus K. Akinnifesi, Cori Ham, Danie Jordaan, Myles Mander,
Dagmar Mithofer, Tunu Ramadhani, F. Kwesiga, John Saka, Sola Phosiso.
Boomprodukte, en spesifiek inheemse vrugteprodukte, skep geleenthede
vir miljoene kleinboere om hul lewensonderhoud in ontwikkelende lande
te verbeter.

www.kara.co.za – webtuiste van die KARA Heritage Institute. Die
gesamentlike besturende direkteure is Ditshego Mmakherofo Motshekga
en Mulalo Nemavhandu. Tree met hulle in verbinding by 012 328 5037. Die
besonderhede vir die KARA-Universiteit van Pretoria-vennootskap is 012
420 2173 of e-pos kara@up.ac.za.

Relevante publikasies

• Nasionale Beleid oor Plantproduksie in Suid-Afrika. Departement van

Landbou.

• FARA-SADC Regional Dialogue. Die “Winning papers and Abstracts” sluit
in artikels oor IK deur S Mwakalila (Tanzanië), ME Mrema (Tanzanië),
en MT Masarirambi en M Gundidza (Swaziland).
• Adult Mortality and Household Dietary Use of the Local Environment:
Qualitative Evidence from the Agincourt Field Site in Rural South Africa.

Hunter, L.M. & Twine, W. 2005. Institute of Behavioral Science Working
Paper EB2005-0001. Boulder: Research Program on Environment and
Behavior, University of Colarado at Boulder.
• The effect of (re-) creating awareness of traditional leafy vegetables on
communities. Vorster, H.J.; Jansen van Rensburg, W.S.; Mashele, X.B. &
Ndlela, E. 2003. Konferensieverrigtinge van die Forum vir die Gebruik
van Inheemse Plante (Proceedings of the Indigenous Plant Use Forum
Conference), 5–8 Julie 2003, Clanwilliam, Suid-Afrika.
• Germplasm Management of African Leafy Vegetables for the Nutritional
and Food Security Needs of Vulnerable Groups in South Africa. Vorster,
H.J., Jansen van Rensburg, W.S., Van Zijl, J.J.B., Van den Heever, E.
& Esterhuize, J. 2002. Vorderingsverslag van die LNR se Instituut vir
Groente en Sierplante, Suid-Afrika, vir die International Plant Genetic
Resources Institute, Junie 2002.
• The Importance of Traditional Leafy Vegetables in South Africa. Vorster,
H.J.; Jansen van Rensburg, W.S.; Venter, S.L. & Van Zijl, J.J.B. 2005.
Referaat aangebied by die “Regional Workshop on African Leafy
Vegetables for Improved Nutrition”, 5–9 Desember, Nairobi, Kenia.

557

• The Southern African Trade Directory of Indigenous Natural Products.
Kommersiële produkte van die Wild Group. Gratis eksemplare
beskikbaar – skakel Tel. 021 808 3303
• Indigenous Knowledge Systems in African Agriculture. Hart, TGB & Vorster,
H.J. 2007. Departement van Wetenskap en Tegnologie. Beskikbaar van
die NIKSO van DWT of kan van hul webtuiste afgelaai word.
• Indigenous Knowledge on the South African Landscape: Potentials for
Agricultural Development. Hart, T. & Vorster, H.J. 2006. Wetenskaplike
en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR). Beskikbaar van WNNR-
drukkery en kan afgelaai word by www.hsrc.ac.za

6. Plaaslike sakeomgewing

Die sektor vir inheemse voedselgewasse het te kampe met ‘n aantal faktore
wat produktiwiteit en winsgewendheid belemmer. Die volgende faktore is
as uitdagings geïdentifiseer:

Tekort aan saad en ander kweekmateriaal. Vir baie inheemse
gewasse is daar geen formele saadvoorsieningstelsel nie.
Al groter afname in verbruik en produksie.
Gebrek aan waardetoevoegende tegnologieë. As gevolg hiervan
word inheemse gewasse hoofsaaklik in onverwerkte vorm verbruik.
Die gewildste waardetoevoeging is droging, of verwerking tot meel
deur dit te stamp. ‘n Gebrek aan verwerkingstegnologieë maak dit vir
die sektor moeilik om te voorsien in die veranderende behoeftes van
verbruikers.
Bemarkingsprobleme. Sowel die plaaslike as die uitvoermark word
oorstroom deur uitheemse gewasse, wat dit moeilik maak om inheemse
gewasse in te bring. Om hierdie rede bly inheemse gewasse feitlik
uitsluitlik die gewasse vir klein produsente, en word dit hoofsaaklik
verbruik waar dit geproduseer word.
Bedreigde spesies. Aangesien baie van die groente en vrugte in die
natuur groei, word dit bedreig deur oorontginning. Die eetbare sade
en vrugte van hierdie gewasse word in die natuur geoes, en met die
huidige groei in menslike bevolkings en al groter getalle rondloperdiere
(wat sowel die blare as die sade vreet) word populasies van hierdie
plante bedreig deur oorontginning. Dit kan daartoe lei dat hierdie
spesies uit die areas verdwyn, en dit word vererger deur die feit dat
min of geen moeite gedoen word om hierdie spesies te kweek nie.
Voedselsekuriteitkwessies. Suid-Afrika is afhanklik van ‘n paar
stapelgewasse vir die oorlewing van sy mense. Hierdie stapelgewasse
is mielies, koring, rys, aartappels en boontjies. Die groot afhanklikheid
van die meeste Suid-Afrikaners van ‘n paar stapelgewasse het tot
gevolg dat baie arm mense kwesbaar is vir opportunistiese en
ongeregverdigde stygings in voedselpryse, veral stapelvoedsels soos
mieliemeel. Arm huishoudings bestee tot 50% van hul inkomste aan
kos. Dit veroorsaak baie ontbering vir arm huishoudings. Wanneer dit
kom by basiese voedsels het baie verbruikers geen ander keuse nie as
om die prysverhoging te absorbeer of om honger te ly.

7. Internasionale sakeomgewing

Sien afsonderlike hoofstuk oor Intellektuele eiendomsreg.

Alliance for a Green Revolution in Africa (Agra) – www.agra-alliance.
org het programme ondersteun wat produsente oplei van gewasse
wat inheems aan Afrika is. ’n Groter opbrengs van voedselsoorte soos
kassawe, sorghum en jam kan help om invoer van rys, koring en mielies te
verminder.

Die Global Facilitation Unit for Underutilized Species (GFU) is in
2002 gevestig om die groter ontplooiing van onderbenutte plantspesies
wêreldwyd aan te moedig. Besoek www.underutilized-species.org

Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele
Organisasie (UNESCO)
– www.unesco.org. Vind verwysings na die
bewaring van ontasbare kulturele erfenis (ICH).

Een van die voorgestelde maatreëls om die honger in die wêreld te beveg is
om hernude pogings aan te wend om die produksie en benutting van kultureel
toepaslike, tradisionele en onderbenutte voedselgewasse uit te bou.

Moderne landboukundige navorsing het daarop gekonsentreer om
die produktiwiteit van ‘n paar gewasse en rasse te verbeter. As gevolg
hiervan het nuwe gewasse ander, plaaslik verboude gewasse verplaas en
daar het ‘n geweldige vereenvoudiging van ons landboukundige stelsels
plaasgevind. Dit beteken dat ons voedselsekuriteit vandag van baie min
spesies afhanklik is wat globaal verhandel word en beskikbaar is teen baie
lae pryse

Vir kleinboere in grensgebiede was dit nie ‘n positiewe ontwikkeling nie.
Hulle was tradisioneel afhanklik van baie verskillende plantspesies vir
ruilhandel en voortbestaan, maar baie boere is ingetrek in landboukundige
ekonomieë wat gebaseer is op kontantkommoditeitsgewasse sonder om
ag te slaan op die ingewikkeldhede en multifunksionaliteite van bestaande
landboukundige stelsels wat in die loop van tyd ontwikkel het en wat
in noue kontak was met die plaaslike ekosisteme. In baie gevalle het
landelike gemeenskappe die verbouing van voedselgewasse gestaak en
is hulle nou van kontant afhanklik vir hulle alledaagse behoeftes. Die
geneigdheid van wêreldkommoditeitspryse wat in die loop van tyd
geweldig fluktueer, maak hiervan ‘n baie riskante strategie. In die afgelope
paar jaar het die pryse van baie kommoditeite so laag gedaal dat hulle nie
eers kan kompenseer vir produksieverliese nie. Boere is nie in staat om
hierdie inkomstegaping uit hulle huidige landboukundige stelsels aan te
vul nie, en daar is ‘n groeiende bewuswording dat die diversifikasie van
produksie ‘n dringende noodsaaklikheid is.

Vir ander boere, veral vir dié wat in gebiede woon wat nie geskik is vir
die verbouing van verbeterde variëteite of kommoditeitsgewasse nie, is
agrobiodiversiteit basies vir oorlewing. Hoe meer gediversifiseer hulle
landboukundige stelsels is, hoe groter is hulle kanse op selfonderhouding
en selfversorging. In sulke gebiede is die sogenaamde onderbenutte
spesies spesifiek uiters nuttig. Hierdie spesies is met verloop van tyd
geselekteer om droogte en vloede te weerstaan en hulle kan op ‘n
volhoubare manier geproduseer word deur gebruik te maak van laekoste-
insetpraktyke. In baie gevalle is hierdie spesies ook waardevolle bronne
van mikronutriënte en vitamiene wat nodig is om die sogenaamde “hidden
hunger” te oorkom, wat ‘n gebrek aan die noodsaaklike voedingstowwe
in diëte is wat hoofsaaklik uit koolhidraatstapelvoedsels bestaan en wat
so dikwels die jong kinders en die ou mense affekteer.

Terwyl hulle nuttig en baie dikwels voedsaam is, bestaan daar min kennis
oor hierdie onderbenutte gewasse. Verbouingsvereistes, opbrengsverb
eteringspotensiaal en ander eienskappe word selde ondersoek en baie
min opgeteken. Hierdie gewasse is dikwels nie gekommersialiseer nie
en min is gedoen om markte vir hulle te ontwikkel. Dit is moeilik om
inligting oor hulle te bekom en die tradisionele kennis wat voorheen
geïntegreer is met die landelike kultuur en van geslag na geslag oorgedra
is binne die plaaslike gemeenskappe, verdwyn teen ‘n vinnige pas met die
“modernisasie” van landboukundige praktyke en die uitwaartse migrasie
van jong mense. Die verplasing van plaaslike biodiversiteit is ‘n uiters
belangrike uitdaging, nie net vir plaaslike voedselsekuriteit nie, maar ook
vir die langtermyn volhoubaarheid van ons globale voedselstelsel en die
ekosisteme wat dit ondersteun.

Bron: Vertaling gebaseer op ‘n aangepaste weergawe uit die hoofartikel “Valuing
crop diversity” op www.leisa.info

Ons hartlike dank aan Tim Hart (RGN), Ineke Vorster (LNR) en Willem
Jansen van Rensburg (LNR), vir waardevolle hulp met hierdie hoofstuk.

558

You're Reading a Free Preview

Download
scribd
/*********** DO NOT ALTER ANYTHING BELOW THIS LINE ! ************/ var s_code=s.t();if(s_code)document.write(s_code)//-->