You are on page 1of 1

Power Balance het julle vir ‘n poes gevat.

Wil jy dalk 'n ponzi of pyramid scheme afpull? Check, baie mense het dit al reggekry, maar hulle is nog elke keer
uitgevang omdat daar altyd iemand is wat snuf in die neus gekry het, of beeskak 'n myl ver kan ruik. Wat jy nodig
het is heavy fokken gullible mense. Mense wat Power Balance armbandjies dra…

Die Power Balance hologram armbandjie werk min of meer so: Jy gee
iemand (kom ons noem hom sommer 'n skelm) R500 vir 'n stuk kak wat jy
om jou arm dra en jy glo vas dat jou piel langer gaanraak, jou tiete fermer
gaan span of jou selluliet teen jou bene gaan afloop as jy weer 'n stort vang.
Jy is heel moontlik met 'n dom sales pitch gevang in 'n shopping centre. Een
of ander jafel het jou armpies laat uitstrek en die een arm afgedruk en toe
poes jy neer. Toe sit hy 'n armbandjie om en toe hy dit weer doen, toe bly jy
regop. Fokken awesome. Probeer miskien die volgende: gaan verkoop
bandjies wat poesklappe vermy. Maak iemand voor jou staan, bene teen
mekaar. Klap hom van sy voete af. Sit nou 'n haar rekkie om sy arm. Swaai
weer 'n appel. Wat? Die ou het gekoes? Jirre, hierdie rekkies is die fokken
shit!

Jy raak half spyt dat jy R500 spandeer het op 'n armbandjie, maar jy het klaar face verloor, so jy sal aanhou stry dat
dit werk omdat jy soos 'n poes voel. Especially omdat jy nie bewyse het nie. "Nee, maar ek voel vreeslik goed
vandat ek die Power Blance dra. Regtig. My voorvel lyk ook beter!" Genuine? Jy het nie dalk per ongeluk Special K
getand vir brekvis en 'n gemaklike onderbroek aangetrek toevallig vanoggend nie? Of miskien net minder gedrink of
zol gerook nie?

Power Balance werk amper soos 'n placebo – jy kan dit soos placebo boudpille in jou hol opdruk en fokol sal
gebeur. Die beste van alles is dat daar ook nie fake armbandjies is nie. Alles is fokken fakes. Die sogenaamde rip-
offs ook. Of jy nou R500 of R150 daarvoor betaal. Soos daai fokken koper armbande in die 90's wat glo die toxins
uit jou lyf trek. "Check, ek het gisteraand gedrink. Nou kyk hier om my arm. Sien jy daai groen? Dis die armband
wat die toxins uit my lyf trek!". Ummh, jou arm is groen omdat koper afgee en omdat jy nie gebad het nie, jou fokken
stink hippie!

Die beste kans dat die armband jou lyf gaan balanseer is wanneer jy hom gaan vas staple aan daai stukkie vleis
tussen jou ballas en jou hol sodat hy mooi simmetries in die middel hang – daar by jou "tjommie" of jou "goos".
Hang nou 'n baksteen van die ding af en staan stil. Jy check? Jy fokken balance. -handeklap- Mooi man! Wag nou
so drie dae vir die Power Balance om jou wond te heel. As jou hol afval van infeksie, dan werk die donnerse ding
nie regtig nie.

Relatiewe bekende fools wat die stuk kak om hulle arms dra sluit mense in soos:

F1 driver driver Rubens Barrichello wat die Formule 1 hierdie jaar danksy Power Balance gewen het. O nee wag, ek
praat kak. Dit was Sebastian Vettel wat gewen het. Met skill, jy check?

Akteur Russell Crowe wat danksy sy Power Balance nie sy aksent kon regkry vir Robin Hood nie. Hy moes seker
die Ierse Power Balance gekoop het met direct injection, want hy klink soos 'n Ier met 'n spraakgebrek.

The Biggest Loser in Australie se trainer Shannan Ponton. Biggest loser? Need I say more?

Dit laat my ook wonder oor Lee-Anne Liebenberg en haar tjommies wat R75000 se champagne gesuip het by
Caprice in die Kaap en claim dat hulle nie dronk was nie. Hulle het almal seker fokken awesome Power Balance
bandjies gedra en vergeeet om dit af te haal.

Aanhou stry, sal die Power Balance disipels. Daar sal onteenseglik bewys word (indien nie al klaar nie) dat
duisende mense op planeet aarde vir 'n poes gevat is, en dit vir 'n armbandjie. In fact, ek dink Australia is klaar
besig om mense te refund. Raak ontslae van jou vriende wat hierdie kak hou, maar los een ou met 'n bandjie in die
vriendekring. Dis altyd handy om iemand onnosel te misbruik om jou bier aan te dra of jou kar te was. Of as dit 'n
chick is, om heeltyd haar boobs vir almal te flash…

Ongelukkig sal daar altyd mense wees wat val vir sulke kak, maar ek is nou besig om my tyd hier te mors. Ek moet
gaan uitgedroogde, wit hondekak soek wat ek kan goud spray om as time-travelling amulets te verkoop. R450. Wie
is in?

Ek sal vir jou een uithou, hoor …