’N KEUSE VIR DIE LEWE

MARTIE RETIEF MEIRING

JANIE DU PLESSIS

’n Keuse vir die lewe
Martie retief Meiring

Janie Du Plessis

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2010 Human & Rousseau ’n druknaam van NB-Uitgewers, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 Eerste uitgawe, eerste druk Outeursreg © Martie Retief Meiring Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting. Redakteur: Suzette Kotzé-Myburgh Redaksionele assistent: Lindy Samery Omslagontwerp: Anton Sassenberg Omslagfoto: Gerda Genis Ontwerp en tipografie: Jean van der Meulen Gedruk en gebind deur CTP, Kaapstad ISBN: 978-0-798-15113-9

inHOuD
1 “Daai’s nie ’n dogtertjie nie, daai’s Janie” ����������������� 1 2 ’n B-klas-kind������������������������������������������������������� 8 3 “Mooi skoot, meisiekind!” ������������������������������������� 18 4 Van kelnerin tot die kollig ������������������������������������� 30 5 “Daar los sy my alleen met Sol” ����������������������������� 40 6 “Hierdie ou is Mr Camel Man” ������������������������������ 48 7 “Alles moes geheimsinnig wees” ����������������������������� 53 8 Piccirilla, Soldatino en Le Petit ����������������������������� 62 9 “Soms het ek so na frikkadelle verlang” ������������������ 76 10 “Ons was soms soos stout kinders” ������������������������� 83 11 ’n Kontrak om sy hobby te deel������������������������������� 90 12 “Op daardie oomblik wou ek so graag die lewe hê” ������������������������������������������������������� 98 13 Sewe palmbome vir Janie ����������������������������������� 111 14 Die laaste aand �������������������������������������������������� 123

15 ’n Nuwe liefde ��������������������������������������������������� 131 16 ’n Dokument van Massimo ���������������������������������� 139 17 “Sê hulle moet hul borste ondersoek” ������������������� 149 18 “Mans is maar skrikkerig vir my. Dis my pa se skuld” ������������������������������������������ 155 19 Die kop van ’n kampioen ������������������������������������ 160 20 “Janie Ki Panie is nog altyd hier” ������������������������ 166 Bibliografie ������������������������������������������������������� 170

“Daai’s nie ’n Dogtertjie nie, Daai’s janie”

1

’n Sprankelkind, avontuurluStig en onverskrokke,

’n uitblinker in atletiek, musiek, drama. vir Janie du plessis was daar van meet af baie beskrywings: boomklimmer, skiër, jagter, rubriekskrywer, tienerikoon, voorbladnooi. Janie se lewensreis sou haas sonder remme verloop. tot tragedie toegeslaan het. die kind wat geglo het dat sy alles moes uithaal om eerste te kom, sou as jong vrou weer “alles moes uithaal”. “ek dink om ’n survivor te wees, moet jy altyd ’n klein vuisie in jou sak reg hou vir wanneer daardie hou na jou gemik word.” Só het Janie op haar Harley, helmvisier teruggeskuif, langs ’n verlate strand woorde gevind vir ’n lewe wat tussen die beste en die slegste geskommel was.    pienkes en lizzie du plessis se tweede kind is op 2 Januarie 1962 in durban gebore. Hulle het die dogtertjie Janie laat doop. net Janie, want, het lizzie gedink, haar ma se naam Johanna sou te swaar op die klein baba rus. dit sou later ’n grappie tussen die mense van die huis word dat daar hoegenaamd iets kan wees wat te swaar op dié klein woelwater rus.
1

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

pienkes (gedoop gerrit van eeden du plessis), ’n omroeper by die durbanse kantoor van die Suid-afrikaanse uitsaaikorporasie, was bekend vir sy bos rooi hare. Hy en lizzie was deel van die jong en dinamiese afrikaanse groep in durban, waar lizzie aan die Hoërskool port natal wetenskap en huishoudkunde gegee het. Janie sou later vertel dat haar ma en pa op mekaar verlief geraak het toe hulle elf jaar oud was. “My ma vertel altyd van die seun met die rooi hare wat sulke mooi resitasies kon opsê. My ma het baie graag na alles geluister wat my pa voorlees. ons kinders het geweet hoe lief hulle vir mekaar is. ons kon nie by Ma gaan mooipraat as pa eers nee gesê het nie. andersom ook. Hulle was ’n hegte vennootskap.” lizzie redelinghuys en pienkes het mekaar in die laerskool tadcaster in die vaaldriehoek ontmoet. die twee het later aan die volkskool in potchefstroom gematrikuleer en aan die potchefstroomse universiteit gestudeer. al twee was ywerige atlete, en dit was van vroeg af pienkes se skryflus en lizzie se kunstalent wat hulle as mense gekenmerk het. die redelinghuys-familie was besonder begaafd in musiek (die baie bekende sangeres Janita Claassen was lizzie se suster), en in die du plessis-huishouding sou musiek, boeke en kuns van meet af ’n sterk rol speel. pienkes, wat vertel dat pa Hans en ma kate hom op Die Jongspan gespeen het, is ’n verbete boekversamelaar, sowel as die outeur van gepubliseerde kortverhale en radiodramas. “My pa het ’n alternatiewe manier gehad van na dinge kyk, en van jongs af is ons geleer dat jy oor dinge moet dink,” sê Janie se broer, Werner. Hy was drie toe Janie gebore is, en reeds ’n flinke storieluisteraar en gretig om te lees. Werner was van kleins af Janie se beste maat. die peuter2

1: “DAAI’S NIE ’N DOGTERTJIE NIE, DAAI’S JANIE”

tjie het na haar boetie opgesien, en hy was die een wat haar geheimpies geken het en vir haar raad sou gee. dié verhouding het heg gebly soos hulle ouer geword het. lizzie du plessis het die tweemanskap al van vroeg af waargeneem. Sy sien nog die vierjarige Werner en agtien maande oue Janie styf teen mekaar sit, doodstil, met hul oortjies vas teen die glasdeur van hul pa se studeerkamer. tik-tik-tik, het hulle daar binne gehoor. “My pa het altyd getik,” vertel Janie. “Hy was altyd besig om stories te skryf, tekste te skryf. Jy kon dit altyd hoor, die tikkery. dit was ’n huisklank.” lizzie se vermaning aan die kinders: “Sjuut, pappa dink,” sou later net so ’n huisklank word. Janie het graag as vyfjarige onder sy studeerkamer se vensterraam gehurk en geluister hoe die tik-tik-tik daar binne spoed optel terwyl sy met haar vingertjies die bewegings op die gras namaak. tik-tik-tik-tik ghoeei, tik-tik-tik ghoeei, soos die roller terugstoot, het sy die klank probeer namaak. as sy groot is, het sy toe al besluit, gaan sy ook stories skryf, nes haar pa. Janie, onnutsig, was ’n gebore flinkdinker. toe lizzie eendag van die skool terugkeer, sien sy Janie en Werner op die dak sit. Met die indraai van die motor het Werner gou van die dak afgegly en Janie agtergelaat. nog voor lizzie kon berispe, het Janie met teatrale verontwaardiging gesê: “kyk nou wat het Werner my weer laat doen!” Benewens stories vertel en stories luister en gediggies voorlees, het die twee kinders baie gou konsert-konsert saam met hul ouers gespeel. al twee se voorliefde vir kuns is vroeg deur lizzie aangewakker. tydens hul vele motorritte moes die kinders leer om
3

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

fyn te kyk. “kyk die verskillende groene, Janie,” sou lizzie sê, en die dogtertjie laat hande klap wanneer sy ’n “gryserige groen” boom sien. “My ma het ons leer kyk en my pa het ons leer praat,” beskryf Janie dit. Sy was twee jaar oud toe pienkes besluit om ’n loopbaanverandering te maak. “ek was net sat van die lae besoldiging by die Sauk, en omdat ek in wese maar ’n ou smous is, het ek al vroeg in my lewe begin koop en verkoop.” Sy smousery was al gevorder met die koop en verkoop van boerbokke, ’n bedryf wat hy en ’n vriend aangepak het. Hy het ook, in die min vrye tyd wat hy homself gegun het, sy voorliefde vir motors uitgeleef in die koop en verkoop van ouer karre. dit het toe onder sy aandag gekom dat die Spoorweë nie kon byhou met die vervoer van motors nie. Hy en ’n vriend het gaan sit en bereken dat hulle met tien bestuurders ’n wins kon maak met die vervoer van nuwe motors tussen durban en Johannesburg. “’n Tenner en ’n tenk het ons leuse geword, want dit het tien rand gekos plus ’n tenk petrol.” pienkes het juis bekend geword vir sy slag met slagspreuke. uiteindelik het hierdie onderneming gelei tot die hoogs suksesvolle motorafleweringsmaatskappy Motorvia. vyf jaar later, in 1969, het pienkes besef hulle sal na Johannesburg moet trek ter wille van sy besigheid. Janie was toe sewe jaar oud. die du plessis’s het in pallinghurstweg in ’n groot, gerieflike, klassiek ontwerpte huis ingetrek. dié mooi straat met sy spogwonings is bekend gemaak deur die destydse mynmagnate wat die elegante ou huise laat bou het.
4

1: “DAAI’S NIE ’N DOGTERTJIE NIE, DAAI’S JANIE”

karen, die laatlamsuster, is kort na die intrek in Johannesburg gebore. dit was ’n besonder gelukkige en aktiewe gesin. die oudste kinders is na die laerskool Jan Celliers in parkview gestuur. Janie het in graad twee in haar nuwe groen skoolrokkie onmiddellik kennis gemaak met diane kriegler, ’n klasmaatjie. uit dié ontmoeting sou ’n innige vriendskap ontwikkel. Janie het ook maats gemaak met die sowat twintig ander kinders in die klas. Jan Celliers, nou nog ’n gesiene skool in Johannesburg, het as onderwysinrigting roem geniet. Mense soos die latere staatspresident F.W. de klerk en die hooggerekende sosioloog en politieke kommentator Frederik van Zyl Slabbert was ook in die skool. Bert Wessels, seun van die nyweraar albert Wessels en die digter elisabeth eybers, soos ook hul drie dogters, was Jan Celliers-kinders. So ook Suanne Braun, wat ’n bekende aktrise geword het. die buurt en die skool het getuig van ’n afrikaanse, ryker klas. die skoolhoof, Jan Senekal, was ’n rustige man en was in die omgewing as “Mr Chips” bekend. Sy gewildheid was onder meer te danke daaraan dat hy die kinders uit hierdie hoofsaaklik gegoede buurt sosiaal bewus gemaak het. daar was uitreik-aksies tussen Jan Celliers en skole in eldoradopark, destyds ’n oorwegend bruin gebied. later het hy Frans as vak by Jan Celliers begin. ouers aan Jan Celliers het bygedra tot ’n gemeenskapsgerigte kultuur. ’n Sopkombuis is byvoorbeeld ingestel vir die behoeftige kinders van die trap der Jeugd-laerskool in die aanliggende vrededorp. lizzie het gou betrokke geraak by die skool en jare lank daar onderwys gegee, terwyl pienkes velduitstappies met die kinders onderneem het.
5

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

Janie se vriendekring het gaandeweg na hulleself begin verwys as die “parkview-crowd”. dit was ’n groep kinders wat in ’n baie besonderse tyd in Johannesburg saam grootgeword het. dwarsdeur hul skoolloopbaan en ook daarna sou hulle altyd in voeling met mekaar bly. as kinders het hulle in die buurte parkview, Westcliff, Saxonwold en parkhurst gewoon, in ’n pragtige boomryke omgewing met herehuise en bogemiddelde wonings met gevestigde tuine. naby geleë is die groot Johannesburgse nasionale dieretuin en die parklandskap rondom die dieretuinmeer. Janie het op Jan Celliers met haar “skrikwekkende ondernemingsgees”, soos lizzie dit beskryf het, die naam van ’n rabbedoe gekry. Sy het op dakke geklim, oor heinings, altyd aan die hardloop, altyd iets aan die aanvang, onthou lizzie. Haar familienaam het Janie ki panie geword, onnut, poetsbakker, en ewig aan die woel. ’n kind met ’n kort, deurmekaar, steil haarstyl, ’n skerp neusie, ondeunde groenblou oë, en altyd oopmond aan die lag. as gesin het die du plessis’s vakansie gehou by verskeie oorde, “waar daar altyd ’n insident was met Janie as voorbok in die een of ander streek”. aan die einde van haar eerste jaar op Jan Celliers het die gesin gaan vakansie hou op Hermanus. By voëlklip sien ’n Jan Celliers-ouer, aletta van der Merwe, van die strand af hoe haar twee seuntjies, Schalk en Bennie, ’n dogtertjie in die vlak branders takel en ’n verbete watergeveg opskop. Sy roep haar kinders terug en betig hulle: “Waarom baklei julle so met daardie dogtertjie?” “daai’s nie ’n dogtertjie nie, daai’s Janie,” het Schalk verbaas gesê. dit was immers sy nuwe groot maat, die ratse boomklimmer.
6

1: “DAAI’S NIE ’N DOGTERTJIE NIE, DAAI’S JANIE”

Janie se aansien onder haar skoolmaats het aansienlik gegroei oor haar onverskrokkenheid. Sy sou sowel roem as ernstige betigtiging kry toe sy voor juffrou visser se klas met robert knobel geboks het, ’n stukkie Janie-roemrykheid wat diane baie goed onthou. iets wat vandag nog deur van die vriende onthou word, is hoe Janie soos ’n weerligstraal met haar vuiste ingeklim het toe ’n paar seuns haar boetie Werner getreiter het. Sy sou ook as rugbyspeler ontluik toe Werner-hulle ’n man kort was in hul spannetjie vir grasperkrugby. “Janie het die opposisie sommer in die roostuin in ge-tackle. Sy het so vir die ou se voete geduik en hom omgegooi,” onthou Werner. By haar reputasie as ’n ratse boomklimmer was haar musiekmakery ook ’n besonderse kenmerk, maar dit sou haar talent op die atletiekbaan en in die swembad wees wat Janie volgens diane ’n soort heldestatus gegee het. terselfdertyd was sy ook ’n kind wat soms stilletjies op ’n afgesonderde plek sou skuil om ’n bietjie alleen te wees. Stil wees, eenkant staan. van ’n afstand toekyk. Sy sou na die wind kyk, die bome se takke sien beweeg. vir haarself sê: kyk, die groen is ook grys, en nou-nou word dit swart. Janie die platjie was ook ’n onstuitbare dromer. Sy sou dwarsdeur haar lewe aangegryp wees deur die Jakkals se woorde aan die klein prinsie: “listen to the heart rightly. the essential is invisible to the eyes.”

7

’n B-klas-kind

2

Watter rigting sal Janie uiteindelik inslaan? het haar

ouers gewonder oor die kind se verstommende veelsydigheid. “sy was … ís die talentvolste mens wat ek ken,” sê Pienkes oor sy dogter. “sy sou enigiets kon doen en word. Dis asof sy net te veel dinge goed kon doen. en alles ook wóú doen.” Valerie Pretorius, hoof van die Hoër Meisieskool Helpmekaar, beaam dit: “Janie was een van die veelsydigste kinders wat ons in die skool gehad het. sy kon sing, sy kon skitterend toneelspeel, sy het in alle sportsoorte uitgeblink, en daarby was sy veral in tale akademies sterk.” “niemand was ’n meer natuurlike of ’n beter sportvrou op die skoolterrein nie,” onthou Diane Kriegler. “sy kon eenvoudig almal oortref. in musiek ook. noem dit op: atletiek, naellope, swem, netbal. selfs ’n goeie albasterspeler. en later natuurlik ski ook.” Die Du Plessis’s het jaarliks in europa gaan ski. al drie kinders was van kleins af tuis op die skihellings, by ski-oorde soos neustifft, sölden en saalbach. later sou Pienkes ook ander kinders op hierdie vakansies saamneem. tydens een so ’n vakansie het Janie selfs as ski-instrukteur opgetree. Kunswedstryde was nog ’n presteerplek vir Janie. sy het die goue diplomas ingeryg. lizzie onthou Janie se nonchalante houding toe dit haar beurt was om verhoog toe te gaan vir onvoorbereide drama.
8

2: ’N B-KLAS-KIND

sy het haar pakkie aartappelskyfies net so by haar ma gelos en gefluister: “Hou dit vir my.” sy het ’n goue diploma vir die voordrag ontvang. Maar toe sy by haar ma kom, was haar eerste, verontwaardigde reaksie: “Julle het al my chips opgeëet!” Janie kon sing en sy kon stories vertel. Vanweë haar voorliefde om konsert te hou moes ouma Hanna en oupa gert redelinghuys dit soms ontgeld. as gehore was hulle besonder goed geteiken vir Janie se “dramas”. Dat albei grootouers gewens het dat Janie liefs nie so baie konsert hou nie, het min indruk gemaak. “Buitendien was en is Janie baie lief vir oumense,” verduidelik lizzie. Pienkes het vroeg al sy kind se aangebore dramatalent raakgesien. later sou sy as tV-aanbieder en aktrise op sowel die verhoog as voor die kameras haar talent uitleef. Maar eers was dit sport en sport bowe alles vir die jong Janie. Dit was as hekkiesatleet dat sy veral beïndruk het. “Jy kon skoon hoendervleis kry as jy sien hoe sy oor die hekkies seil,” onthou Diane. Hekkiesloop was ’n amper magiese ervaring vir Janie. sy het toegewyd – soms selfs fanaties, het haar ma gedink – geoefen. “ek was goed in die 100 meter, maar ek het altyd die 400 meter ook gehardloop, seker omdat my bene so fris was,” vertel Janie. “Die 400 meter-hekkies is sonder twyfel die moeilikste ding wat ek in sport moes bemeester. Dit het deur my lewe herhaaldelik teruggekom as ’n wedren wat ek weer moes hardloop en ’n les in vasbyt. My latere kankerervaring, my huwelik, my besigheid, die resessie – al dié struikelblokke was weer soos daardie 400 meter-hekkies. ten spyte van die feit dat jy so fiks is en so gefokus is, kom jy by
9

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

die 200 meter-merk en dan lê daai stuk voor die paviljoen voor en jy kan net nie meer nie. Jou kop is nog reg, maar dit voel asof jy op een plek bly en jy kan net nie meer jou been oor daai laaste twee hekkies kry nie. ek het altyd aan die einde van ’n wedloop ’n knop in my keel gehad. gevoel dis verby, ek het dit gemaak.” nie eens vlinderslag, waarin sy ook besonder goed gepresteer het, kon vergelyk word met die emosie ná die voltooiing van ’n hekkieswedloop nie. Vlinderslag was vir haar ’n amper poëtiese ervaring. “as jy deur die water beweeg, dink jy aan hoe dolfyne dit doen. Jy kan jou verbeel jy is ’n dolfyn wat so in en uit die water duik,” beskryf Janie haar geliefde sport. sy sou haar laerskoolloopbaan afsluit as victrix ludorum in swem en atletiek. sy sou provinsiale kleure vir netbal en swem kry, hoewel sy nie in die a-span geswem het nie. “Ons afrigter was tannie rita Oosthuizen. sy was ’n springbok-netbalspeler. ek dink elke liewe uitdaging wat ek kon hanteer, was eintlik as gevolg van haar invloed in my lewe. By swemoefeninge het sy op en af langs die swembad jou gedruk, gedruk, gedruk tot jy verby die punt kom waar jy wil opgee. nou nog as ek dink aan my oefendae, dan verbeel ek my ek hoor haar stem soos sy tel en my aanjaag. Dikwels as ek in ’n penarie is met enigiets of sukkel om rigting te vind, dink ek aan daardie oefendae: Jy moet net aanhou. Jellievisbene as jy uit die swembad klim, of daai diep, diep pyn ná die 400 meter-hekkies – dís dinge wat my wraggies baie geleer het.” tog, ondanks die herinneringe aan bekers en prestasies, onthou Janie dat sy op laerskool al geglo het dat sy “tweedebeste” is. “ek was twee keer in die B-klas,” sou sy later oor haar skooljare vertel. “ek wás die B-klas-kind. ek moes altyd
10

2: ’N B-KLAS-KIND

uithaal om eerste te kom. ek het gou geleer dat ek nie baie slim is nie, en net met baie harde werk kan jy wen. Dit maak ’n mens vreesloos. ek het dit eintlik alles geweet, hoewel ek dit nooit so sou kon sê nie.” Waarom sou so ’n opsigtelik begaafde kind hierdie vreemde selfbeeld ontwikkel? Dit het lizzie soms opgeval en ook verontrus hoe argeloos Janie oor haar prestasies was. sou sy regtig gedink het sy is B-klas, al wen sy bekers, al kry sy prestasiesertifikate? “B-klas” het ’n diepgewortelde begrip in Janie se lewe geword, ondanks die uitnemendheid wat sy so gereeld gewys het. Jare later, toe sy seer, moedeloos en sonder geld sou terugkeer na suid-afrika, het ’n vriend na haar verwys as die Prinses van Verlies. Dit was asof goeie geluk haar net nie langdurig beskore was nie. Was dit ’n outsider-sindroom wat so ’n begaafde kind so negatief oor haarself kon laat dink? Diane Kriegler, wat ’n kliniese sielkundige geword het, glo by terugskoue dat Janie se tweedebeste-obsessie te wyte kan wees aan sibbekompetisie. Werner is vroeg al as besonder slim beskou, en later as intellektueel. Janie se meerdere dus in haar gedagtes, hoewel sy hom bewonder en selfs kinderlik aanbid het. “ek dink as sielkundige die feit dat Janie in standerd een in die B-klas gesit is en dus gevoel het sy is ‘B-klas’ en ‘tweede’, gaan hand aan hand met ’n vrees vir uitgesluit word of uitgesluit voel as gevolg van die sibbe-geboorterang en -ervarings,” sê Diane. Diane glo ook dat Janie hierdie jare se soms intense behoefte aan stilte en begrip vir haar binneste nodig gehad het.
11

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

Dié behoefte sou later manifesteer in haar voortdurende soeke na spirituele begrip – van haarself en ook van ander. Hoewel Pienkes en lizzie al twee ateïste is, het hulle nogtans hul kinders laat doop en sondagskool toe laat gaan, en ook in die kerk laat aanneem. Hul maatjies se ouers was almal kerkgangers. Dit kon vir Janie verwarrend gewees het, en ook in ’n mate ’n gevoel van uitgeslotenheid gekweek het, is Diane se oordeel oor dié woelige jare van platjie wees, met die teenstrydige diep behoefte om stil en eenkant te wees. Werner sê die waarheid is dat Janie nie dommer as hy was nie. “sy is ’n laterale denker.” Maar Janie was beslis te klein om te weet dat sy ’n talent vir innovering het, dat sy meer ’n gevoelsmens is as die gewone. “ander kinders het posters op hul mure gehad. ek kon nooit dink aan iemand wat ek op my muur wou plak nie,” het Janie dié gevoel van “ek is nie so goed nie” probeer beskryf. Wat maklik gekom het, was opstelle skryf. “ek het dikwels die juffrou ’n week voor die tyd gaan vra vir die tema vir die volgende opstel,” onthou Janie. Met opstel skryf het sy nie gedink sy is B-klas nie. ’n Verbete gevoel dat sy a-klas is, het ’n vloermoer veroorsaak wat van haar maats goed onthou. “ek het die mooiste opstel oor herfs geskryf, en toe die punte uitkom, het my maatjies beter gedoen as ek. ek het 7,5 uit 10 gekry. nog erger: Die juffrou het my nie gevra om my opstel vir die klas te lees nie! toe steek ek my hand op en vra of ek my opstel kan lees, want ek het geweet dat almal daarvan sou hou omdat dit so goed was. toe sê die juffrou nee. Dis toe dat ek heeltemal berserk geraak het en hulle my ma moes roep om my te kom kalmeer in die hoof se kantoor. My ma het toe darem na my opstel geluister. Daar
12

2: ’N B-KLAS-KIND

is nie een erger herinnering aan ’n skooldag as daai dag nie. Maar ek het tog vir die res van my skoolloopbaan my opstelle vooruit geskryf.” in die hoërskool het sy in standerd agt die kultuurprys ontvang. “Dit was die Pulitzerprys van my lewe.” Hoewel sport Janie se groot belangstelling was, was musiek ’n passie. Die Du Plessis-huis was ’n musiekhuis. Hoewel haar ouers klassieke musiek verkies het, het jazz ook ’n groot rol gespeel. “Jy kon enige tyd in daardie huis Brubeck hoor, louis armstrong én Beethoven,” onthou Diane. Hoewel Janie ’n leerling van die beroemde pianis sini van den Brom was, was kitaar haar voorkeur-instrument. gou het sy begin improviseer en selfs gekomponeer. “sy het die mooiste komposisies op haar kitaar gespeel,” vertel Diane. tog was Janie se heel grootste passie steeds opstel skryf. “ek het soms ’n sin in my kop gekry en dan het ek en daardie sin ’n vreeslike ding aan die gang gehad. ek hoor tak-tak in die wind, of ek sien die wind oor herfsblare waai. Dan wil ek net dáárdie sin wat in my kop vassteek, gebruik.” ’n Huisroetine in Pallinghurstweg was om Vrydagaande ’n gesinsaand te hou. aandete sou gewoonlik “maklik” wees met iets soos herderspastei. Daar is baie gesels aan tafel, en Pienkes sou dikwels vir hulle n.P. van Wyk louw-gedigte voorlees, of opnames van die digter speel. “Pa het baie oor die kerk gepraat, hoewel hy nooit kerk toe gegaan het nie,” sê Janie. Pienkes, uitgesproke ateïs, het nogtans ’n fassinasie met die Bybel ontwikkel en was ’n sterk ontledende leser. “en hy kon vreeslik baie uit die Bybel vertel. natuurlik het hy ook oor letterkunde en jag gepraat, en ons almal sou dan saam na Squad Cars oor die radio luister. Dit was ’n Britse
13

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

polisieverhaal. Dit was die lekkerste aand van die week vir ons,” onthou Janie. Werner het ontpop as ’n eksentrieke karakter wat die gesin sou vermaak met sy vermoë om mense na te maak en familiesêgoed te onthou. “Maar hy het ’n vreeslike humeur gehad. Jy kon sommer bang word vir hom. Maar jy kon lekker lag vir hom ook. Klein Karen het net heeltyd gelag. Ons was só, bakleierig en lag en spot, dit was ons manier,” mymer Janie terwyl sy deur ou fotoalbums blaai. skielik onthou sy: “ek het nog in die laerskool ’n lyk gesien, en iemand wat dronk op die vloer gelê het asof sy dood was.” Janie het gereeld in Pallinghurstweg gedraf. “tot onder waar my geliefde kunsjuffrou gewoon het. sy was juffrou gaynor Downing, maar toe het sy met Johann rupert getrou en ons het haar só verloor. ek het baie kere gedink ek wil sommer gaan klop en hallo sê, maar ek was te skaam. Bruce Fordyce het twee huise van ons af gebly en ek het hom daagliks sien draf in ons straat. Dis ’n lekker herinnering – om ’n Comrades-kampioen te sien oefen.” een vroegaand met die terughardloop huis toe het Janie iemand sien lê langs die stel trappies wat van die straat af na die onderste straat lei. Die man was duidelik dood. “Pienk bloed het in skuim uit sy bors geborrel.” angsbevange het sy huis toe gehardloop en gewonder hoekom niemand anders hom gesien het nie. Werner het saam met haar na die lyk teruggehardloop. “toe was die skuim al minder. iemand het die polisie gebel.” Daarna het sy op ’n sondagmiddag toe die gesin geslaap het, iets in die kombuis gehoor. toe sy gaan kyk, het sy ’n vreemde vrou agter die toonbank sien lê. iemand het haar in die bors gesteek.
14

2: ’N B-KLAS-KIND

“ek was eers bang om my ouers wakker te maak uit hul middagslapie, maar toe het ek darem. Die vrou in die kombuis was dronk; sy was ’n vriendin van ons huishulp en sy het glo die kombuis in weggehardloop van haar kêrel wat haar so aangeval het. Hulle het haar hospitaal toe gevat. ek het gewonder waarom dit ek is wat haar in die eerste plek gekry het en my ouers moes gaan haal.” sy kon haar ouers egter nie vertel van ’n gebeurtenis in Durban nie. “ek was vyf en is gemolesteer. Ons was in swinburne vir ’n naweek, en ’n jongerige man het vir ons klomp kinders kom baby-sit. Dit was nie eintlik vir my so erg nie, maar wat ek wel onthou, is dat ek geweet het dis te vroeg om ’n groot man se tottie te sien. Dit was vir my vreeslik lelik en harig en ek het my doodgeskrik toe hy wou hê ek moes my ‘piepie’ vir hom wys. Dit het my nie so vreeslik gepla nie, want ek was te klein om dit te verstaan, en ek sou mos nooit my piepie vir hom wys nie. Maar ek het geweet dis iets wat ek nie vir my ma of pa kon sê nie. toe het ek nie.” sy sou die lyk altyd onthou en steeds wonder waarom mense so alleen kon sterf. “Het niemand dan daardie dooie man gesien nie? Hoekom het ek dan? Het dit iets beteken dat ek die man moes sien, en daardie aaklige pienk bloedskuim? en die molestering? gebeur dit nie gereeld met dogtertjies nie, en dan word hulle aangesê om nie vir Mamma of Pappa te vertel nie?” Hoewel Janie van kleins af aan haarself gedink het as ’n eenkantmens sonder baie selfvertroue, was sy bewus daarvan dat haar pa haar as veelsydig beskou het. “Hy het altyd gesê jy kán dit of dat doen. Dit kos net ’n bietjie werk.” Haar goeie waarnemingsvermoë het haar pa ook laat dink
15

JANIE DU PLESSIS – ’N KEUSE VIR DIE LEWE

dat sy ’n joernalis kon word. sy hét later kortstondig ’n draai in die joernalistiek gemaak en was ’n gewilde rubriekskrywer. sy sou nog later ’n klein en suksesvolle koerantjie uitgee. Dit was Pienkes, ’n toegewyde jagter, wat gesorg het vir Janie se groot liefde vir jag. Hy het die kinders van jongs af na skietbane geneem om hulle te leer teikenskiet. “My grootste uitdaging was dat ek moes ophou praat in die land rover, en minder moes strompel oor die klippe en takke as ons spoorsny. skiet was maklik. naweek na naweek het Pa ons na die skietbane geneem, wat op ou mynhope was. ek was die enigste meisie wat ek geken het wat wou jag, en ek moes eers deeglik ingewy word voor ek saam met Pa bos toe kon gaan.” Dié geleentheid het gou gereelde uitstappies geword, en Pienkes kon sien dat sy dogter selfs as jagter groot talent het. Haar vriende en familie sou wonder of Janie se uiteenlopende talente haar juis gelei het op die dramatiese en ontstellende pad wat haar lewe later geloop het. só impulsief, waagsaam en onverskrokke was sy dat sy “soms teen haarself beskerm moes word”, meen Diane. teenstrydighede het Janie soos ’n spoor gevolg. sy sou self met tye van introspeksie glo dat haar lewe doodeenvoudig ene van lig én donker was. en steeds is. ’n lewe van verskriklikheid én wonderlikheid. “Janie is die positiefste mens wat ek ken,” sê lizzie. “selfs in haar donker tye het sy geglo dinge sal regkom.” tog, toe die donker tyd van verlies haar in europa tref, het sy haarself afgevra hoe ’n mens werklik positief kan wees. as alles om jou ineenstort, kan jy nog optimisties oor die lewe bly? het sy gewonder.
16

2: ’N B-KLAS-KIND

sy sou veel later sê: “as ek regtig in daai donker gat is, dan gebeur iets – ek kry sommer lewe.” Maar eers moes sy grootword.

17

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful