’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop

Politokrasie

KOOS MALAN

2011

Politokrasie: ’n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ’n antwoord daarop
Gepubliseer deur: Pretoria Universiteitsregspers (Pretoria University Law Press — PULP) Die Pretoria Universiteitsregspers (PULP) is ’n uitgewer by die Regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika. PULP poog om innoverende, hoë-kwaliteit akademiese werke oor die reg in Afrika te publiseer en te versprei. PULP publiseer ook ’n reeks versamelings publiekreg-verwante regsdokumente in Afrika, sowel as ’n reeks regshandboeke uit verskeie Afrikastate. Hierdie boek is voor publikasie deur eweknieë gekeur. Vir meer inligting oor PULP, raadpleeg www.pulp.up.ac.za Gedruk en gebind deur: ABC Pers Kaapstad

Vir bestellings, kontak: PULP Fakulteit Regsgeleerdheid Universiteit van Pretoria Suid Afrika 0002 Tel: +27 12 420 4948 Faks: +27 12 362 5125 pulp@up.ac.za www.pulp.up.ac.za Omslag: Yolanda Booyzen, Sentrum vir Menseregte Kunswerk: Die Korporaalskap van Frans Banning Cocq en Luitenant Willem van Ruytenburch maak hulleself gereed, bekend as ‘Die Nagwag’ deur Rembrandt (1642)

ISBN: 978-0-9869857-3-7 © 2011

THE WORLD BANK Washington, D.C.

Hierdie titel is deel van die Oppergesag van die Reg in Afrika-reeks, gefinansier deur die Wêreldbank.

INHOUD
VOORWOORD DANKBETUIGING
v vii 1 11 11 21 33

1 2 3

STAATLIKHEID REPUBLICA CHRISTIANA - DIE VOORGANGER VAN STAATLIKHEID
1 2 Godsdienstige identiteit Middeleeuse konstitusionalisme

VERVAL EN WEGBEREIDING: DIE VERVAL VAN DIE REPUBLICA CHRISTIANA EN DIE NADERENDE KOMS VAN STAATLIKHEID
1 2 3 4 5 Sekularisasie, Renaissance en Humanisme Politieke en regsdenke Staatsvorming Reformasie Impasse

33 36 43 51 57 65 65 75 85 94 99 99 116 127 127 142 153 155 156 165

4 5 6

DIE GRONDLEGGING EN DIE GRONDLEGGERS VAN STAATLIKHEID
1 2 3 4 Die Politiques, Michel de l’Hôpital en Jean Bodin Thomas Hobbes en die geboorte van Leviatan, die sterflike god John Locke, die konstitusionele voortsetting van Thomas Hobbes Interstaatlikheid en Hugo de Groot

DIE STAATLIKE PARADIGMA
1 2 Die hoofbakens van die staatlike paradigma Die dinamika van paradigmas

STAATLIKE IDENTITEIT: DIE STERFLIKE GOD KRY ’N GEMEENTE VAN AANBIDDERS – DIE NASIE
1 2 3 4 Staatsbou gedrapeer as nasiebou - Hobbes, Rousseau en daarna Die dwanglogika van nasiebou Sagter vorme van nasiebou Staatsbou-regsdenke
4.1 4.2 John Rawls Nasiebouregspraak, Ronald Dworkin en regsbeginsels

7

STAATLIKE DEMOKRASIE
1 2 3

175

Staatlike demokrasie - demokrasie mak gemaak 175 deur die staatlike paradigma Demokrasie as legitimiteitsfiksie 190 Prekariokrasie en gelykheid 193

iii

4

Massokrasie, die demokrasie van die territoriale 200 staat
207 207 209 217 222 225 228 230 235

8

MENSEREGTE – DIE SORGSAME STAAT
1 2 3 Simbiose Op die spoor van die ontwikkeling van menseregte Die staatlik-paradigmatiese politiek van menseregte
3.1 3.2 3.3 3.4 3.5 Die besondere posisie van sosiale en ekonomiese regte Horisontaliteit en die ideologiese ommekeer van menseregte Die disharmonie en agterdog van menseregte Die staatlike orde en die prominensie van die juristeklas Menseregte, bron van ʼn die ideologie van afhanklikheid

9

GREPE UIT DIE REG KRAGTENS DIE STAATLIKE PARADIGMA
1 2 3

241

Inleiding 241 Die onskendbaarheid van die staat: Hoogverraad 242 Die onskendbaarheid van die staat: 250 (Territoriaal-) staatlike selfbeskikking
3.1 3.2 3.3 Geskiedenis Ontleding Staatlike versus nasionale selfbeskikking: die domestiserende konsep van selfbeskikking 253 257 265

10

POLITOKRASIE
1 2 Inleiding Politokrasie
2.1 2.2 Basiese grondslag Uiteensetting
2.2.1 2.2.2 Die sentrale belang van gemeenskappe Meervoudige openbare identiteite en regeringsfere Subsidiariteit en Korreksie

273 273 276 276 280 280 284 285 290 290 293 302 302 306 310 312 317 342 344 347

3 4

Res publica / Gemenebes
3.1 3.2 4.1 4.2 4.3 4.4

2.2.3

Eienskappe van ʼn res publica Die res van die res publicae Burgers teenoor individue; res publicae teenoor die private domein Burgerskap Burgerskaplike gelykheid Omvang

Burgers - politai

BIBLIOGRAFIE GERAPPORTEERDE REGSPRAAK INTERNASIONALE EN REGIONALE REGSINSTRUMENTE INDEKS

iv

VOORWOORD
Deesdae is daar ʼn stortvloed voorspelbare en herhalende kommentaar oor sg. ‘good governance’ en staatsbestuur. Die meeste gedagtes wat kwytgeraak word, seil sorgeloos oor die Weste se eeuelange en boeiende geskiedenis, insluitende ʼn geskiedenis van regs- en politieke filosofie, en die meeste bydraes vertoon een bepaalde blindheid — die aanname dat die laaste eeue groot ‘vooruitgang’ vir die beskawing gebring het. Wat dan, kan belangriker vir ʼn denkende leser wees as ʼn volume wat met heldere objektiwiteit en treffende begrip, dieperliggende en ironiese terugslae in die geskiedenis van staatsbestuur blootlê, veral oor onlangse dekades? Prof Koos Malan se meesterlike en diepgaande ontleding vul ʼn gapende leemte in die beskikbare insigte oor staatsbestuurtradisies en -praktyke wat ons almal se lewens ten nouste raak. Sy werk word gelei deur ʼn kernvraag — in hoeverre is bevolkings werklik deur hervormings bevry en bemagtig? Is duistere beperkings en kragte van vervreemding, onderworpenheid en knegskap in die ontwikkelde wêreld werklik tot die geskiedenis verban of lê hulle slegs versluier deur die fatsoenlike skyn van vooruitgang? Prof Malan se penetrerende oorsig van bewindsvorme en publieke regsstelsels vanaf die Middeleeue tot die huidige era van menseregte en die burokraties-versorgende staat erken die vordering maar stel diep verontrustende vrae. Die Renaissance, die Reformasie, die inperking van die goddelike reg van konings, die erkenning van vryswewende indiwidualisme en uitkringende beginsels van ʼn sosiale kontrak wat ʼn bewind daarstel om onderling vyandiggesinde indiwidue teen mekaar en teen regeerders te beskerm het weliswaar die menslike kondisie in vele opsigte dramaties verbeter. Maar soos Prof Malan dit verhelder, het ʼn nuwe en veel kragtiger maar versluierde bedreiging in die nuutgevonde vryhede uitgebroei. Wat deur Thomas Hobbes as ‘Leviatan’, die ‘sterflike god’ in die staat beskryf is, het sy dwangheerskappy meedoenloos uitgebrei. Terwyl die magte van konings en priesters uiteindelik as kwesbaar en wisselvallig bewys is, het die ‘sterflike god’ van die staat sy greep binne die vesting van nasionale soewereiniteit verstewig. Malan beskryf hoe die ‘sterflike god’ sy oorspronklike leë eensaamheid gaandeweg gevul het met dankbare afhanklikheid, menseregte en welsyn. Bevolkings is met ‘nasiebou’ oortuig om die jaloerse god te prys deur die homogene identiteit van die burokratiese nasiestaat te aanvaar. Die nasiestaat as hedendaagse vors kan binne sy vesting van internasionaal geoorloofde afdwingbare nasionale grense en soewereine status, ʼn sagte dog onaanvegbare nuwe absolutisme handhaaf, wat Malan as massokrasie beskryf. Is daar vir die mensdom ʼn beter keuse? Malan meen wel so, en duik ver terug na onder andere die klassieke Griekse Stadstaat as ʼn deel van die fondament vir ’n alternatief. Hy gee geen konstitusionele voorskrifte nie maar wel ʼn roerende beeld van ʼn mensdom wat sy volle potensiaal bereik binne ‘tuistelike’ gemeenskappe wat die beginsel van onderlinge verantwoordbaarheid kan herstel. Hierdie skerpsinnige werk — in Afrikaans — vervat in ‘Politokrasie: ʼn peiling
v

van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ʼn antwoord daarop’, maak met reg aanspraak op ons noukeurige aandag. Lawrence Schlemmer

vi

DANKBETUIGING
Ek vertrou dat Politokrasie: ʼn Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ʼn antwoord daarop belangstelling en debat sal uitlok by diegene wat hulle krities en indringend met die dinamika tussen die eietydse staat — ook die Suid-Afrikaanse staat — en gemeenskappe bemoei. Hierby is ingebegrepe vakwetenskaplikes en belangstellendes in die reg, politieke wetenskap, geskiedenis en verskeie sosiale wetenskappe maar ook almal met ʼn belangstelling in die geskiedkundige en politiek-filosofiese agtergrond van die huidige territoriale staat en ʼn belang by die juridiese verrekening van die aansprake van veral kultuur- en taalgemeenskappe in die huidige politieke tydsgewrig. Uiteraard vervul die publikasie van hierdie boek my met genoegdoening. Terselfdertyd moet bygevoeg word dat die doek die produk van ʼn herhaalde gelukkige sameloop van omstandighede is, waarsonder dit nie kon verskyn nie. Ek was gelukkig om oor jare aan die kennis en insig van talle mense blootgestel te word. Daar is baie van hulle — vriende, kennisse, kollegas, dosente ens. Tog moet ek een persoon noodwendig by name vermeld, naamlik Danie Goosen, by wie se uitgebreide kennis en deurlugtige insig ek oor ʼn tydperk van etlike dekades ruim gebaat het. Ek was net so gelukkig om oor jare aan groot woordvoerders van en kommentators oor die Westerse politieke en regstradisie blootgestel te word. Dit is paslik om ʼn mens self daaraan te herinner dat ʼn werk van hierdie aard volkome onmoontlik sou wees sonder grondige en dankbare blootstelling aan hierdie tradisie. Graag bedank en ook my kollegas by die regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria en in besonder by die departement publiekreg, wat kollektief sorg vir ʼn aangename en intellektueel prikkelende werksomgewing. Oorspronklik, voordat eers ietwat daaraan geskaaf en daarna heelwat daaraan toegevoeg is, was hierdie werk ʼn proefskrif wat onder die bekwame leiding van proff Adrienne van Blerk van die departement jurisprudensie aan die Universiteit van Suid-Afrika en Hennie Strydom, destyds nog verbonde van die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi is. Verskeie mense, in die besonder Johan Scott en Johan Kok het die manuskrip taalkundig noukeurig onder oë gehad. Ek bedank hulle graag nie net daarvoor nie, maar boonop vir die vriendskapsbande wat ons gesmee het. Opregte dank aan Lizette Besaans van die Regsuitgewers van die Universiteit van Pretoria vir haar geduldige en noukeurige afronding van die manuskrip en so ook aan Yolanda Booyzen vir die buiteblad-ontwerp. Juanita Larkin, departemente administrateur van die departement publiekreg verdien eweneens besondere dank vir haar altyd bekwame en doeltreffende administratiewe bystand. Koos Malan Februarie 2011
vii

.

Later sou die staat oneindig kragtiger raak as wat ooit voorsien kon word. maar ’n paslike beskrywing vir die staat wat later — en tans — so dominant in die lewens van individue en gemeenskappe geword het. to relate to the state in an identical manner. and to enjoy an identical basket of rights and 1 . hulle verbintenis met en lidmaatskap van ’n verskeidenheid van gemeenskappe en groepe ʼn variasie van ander kulturele. Die individu se openbare identiteit is staatsbepaald en is gevolglik dié van staatsburger. taal. Potensieel mededingende aanspraakmakers op openbare identiteit word konsekwent en energiek uit die openbare sfeer geweer. het hy met groot ontsag daarna as Leviatan en die sterflike god verwys. dit alles is in finale instansie vanuit die oogpunt van staatlikheid nouliks meer as blote private identiteite.1 HOOFSTUK STAATLIKHEID Toe Thomas Hobbes teen die middel van die sewentiende eeu oor die staat geskryf het. wat ek hier staatlikheid noem. cultural and other views when conducting themselves as citizens. to consider that they share in common as citizens far more important than what they share with other members of their religious. Gepas beskryf Bikuh Parekh hoe die staat ’n staatlike identiteit afdwing en ander identiteite marginaliseer wanneer hy sê: All its citizens are expected to privilege their territorial over their other identities. Hierdie staat het ook ’n eie ideologie ontwikkel waarmee dit sy stempel op ons almal afdruk. Die staat alleen is die eksklusiewe opeiser en afdwinger van ʼn staatlike openbare identiteit. etniese. godsdienstige. afhanklikheid van die staat aankweek en geloof en getrouheid in hom inprent en afdwing. Individue het weens hulle geankerdheid in. to define themselves and relate to each other as individuals to abstract away their religious. Wanneer van staatlikheid gepraat word. Op daardie stadium was die staat egter maar nog in sy kinderskoene. Hierdie werk handel juis met die staat en meer in die besonder met hierdie staatsideologie. cultural and other communities. kom veral twee sake ter sprake: Eerstens is daar die treffende verskynsel wat tans bykans ’n universele gegewe is dat die staat die hoofbepaler van individue se openbare identiteit is. regionale en dergelike ander identiteite maar. Mettertyd het dit duidelik geword dat die aliasse Leviatan en sterflike god geen melodrama was nie.

Wetenskaplike arbeid ingevolge die staatlike 1 B Parekh Rethinking multiculturalism: Cultural diversity and political theory (2000) 185. Deur die aktiwiteite van die beoefenaars van verskeie wetenskaplike dissiplines word ’n ortodokse wetenskap beoefen wat op die beveiliging en voortsetting van die bestaande staatlike orde afgestem is. Dit is natuurlik nie die geval nie. dit te aanvaar en dus gelate aan die hand van sy voorskrifte op te tree. Dit is wetenskapsbeoefening aan die hand van wat ek ’n staatlike paradigma noem. die politieke wetenskap en die regswetenskap. Dit is ’n historiese en dus ’n tydelike verskynsel.1 Hier in Suid-Afrika het ons ook met die moeisame inprent van ’n staatlike identiteit te kampe. Dit is om jou daarby neer te lê. byna asof dit ’n natuurlike gegewe is. Uit die bespreking later in hierdie boek blyk dit duidelik dat dit ’n wydlopende verskynsel is wat homself al op baie plekke voltrek het. want met die gevestigde wanindruk is daar per slot van sake net een realistiese reaksie daarop. Die fokus van hierdie aspek van staatlikheid is dat daar ter wille van die beveiliging en voortsetting van die huidige staatlike orde en van staatlike identiteit voorskrifte. dit wil sê tussen staatlike identiteit en die staatlike paradigma. and uses educational. reëls en parameters vir geldige wetenskapsbeoefening en intellektuele aktiwiteit binne sekere dissiplines neergelê en afgedwing word. Die inprent van ’n staatlike identiteit is die een sy van staatlikheid wat in hierdie werk behandel word. Dit het gekom en dit kan weer gaan. Dit is juis die indruk van natuurlikheid en onverganklikheid wat die staatlike paradigma so gedug maak. the state expects of all its citizens to subscribe to an identical way of defining themselves and relating to each other and the state. Daar word nie daaroor gepraat of gereflekteer nie. Tweedens verwys staatlikheid na neergelegde reëls van wetenskapsbeoefening — wetenskapsbeoefening aan die hand van die behoeftes van die staat en ter wille van die handhawing van die bestaande staatlike orde. Ofskoon hierdie paradigma ’n besonder kragtige rol speel. Dit word as ’n normale en vanselfsprekende gegewe van die werklikheid beleef en hanteer. maar omdat dit as natuurlik beleef word — as ’n gereïfiseerde gegewe — word die verganklikheid daarvan nie oorweeg nie. coercive and other means to secure that all its citizens share it. cultural. is dit versweë. by name in die politieke teorie. In short. Veral sekere minderhede is hieraan blootgestel. . Daar is voortdurend ’n noue wisselwerking tussen hierdie twee aspekte van staatlikheid. In this important sense it is a deeply homogenizing institution. It can tolerate differences on all other matters but not this one. This shared political self-understanding is its constitutive principle and necessary presupposition.2 Hoofstuk 1 obligations.

te make. Waarmee ons hier te doen het. het opwaarts. so word gesê.Staatlikheid 3 paradigma word aangewend om staatlike identiteit te verskans en te bevorder.4 Die staat het soveel aan ekonomiese soewereiniteit ingeboet dat daar soms twyfel uitgespreek word of dit die hoofbousteen van regering sal bly. Dit is juis daarom dat ek staatlikheid as staatsideologie beskryf. Die oomblik wanneer ’n begrip soos konserwatief ter sprake kom. Ons het inderdaad met ’n grys veld. om potensieel mededingende identiteite te bestry. een van die gewildste — selfs opwindende — temas van ons tyd is om te fokus op die verskeidenheid van kragte wat die staat onder druk plaas. aangesien dit gemik is op die instandhouding van die staatlike status quo. asook om individuele en groepsafhanklikheid van die staat te verstewig. Die patroon van wetenskapsbeoefening kragtens die staatlike paradigma is dus funksioneel omdat dit aangewend word om die bestaande orde te dien en teen verandering te beskerm. Cable (n 3 hierbo). Die staat in gedrang Dit mag vreemd voorkom dat dit nodig is om op staatlikheid te fokus. duik die vraag op of ons dan werklik met wetenskap te doen het en of ons ons nie eerder hiermee op die terrein van die politiek en ideologie begeef nie. aangesien die staat tans toenemend in die gedrang is en die staat se posisie as sentrale politiek-juridiese instelling toenemend betwis word. selfs ’n volledige konkurrensie van wetenskap en ideologie. word deur sommiges as tans niks meer nie as ’n juridiese fiksie beskou. V Cable ‘The diminished nation state: A study in the loss of economic power’ (1995) 125 Daedalus 23. Trouens. Die antwoord is dat albei gelyktydig voorhande is: wetenskap sowel as ideologie. . Die staat se gesag. dié van nuwe nasionalisme aan die een kant3 en van internasionale ekonomiese integrasie — globalisering — aan die ander kant. wat in artikel 2(7) van die Handves van die Verenigde Nasies vervat word.5 Die tradisionele beginsel van staatlike soewereiniteit en die verbod op inmenging in die huishoudelike aangeleenthede van state. Cable (n 3 hierbo). Strange (n 2 hierbo) 66. sywaarts en afwaarts weggesyfer. is dus ’n wesenlik konserwatief geneigde vorm van wetenskapsbeoefening.2 Die staat verkeer onder druk van die politiek van kulturele identiteit.6 Ook word die mening gehuldig dat die verwering van die staat so ver gevorder het 2 3 4 5 6 S Strange ‘The defective state’ (1995) 125 Daedalus 56.

4

Hoofstuk 1

dat die konsep van staatlike (nasionale) identiteit ’n anachronisme geword het.7 Ekonomiese globalisering het tot gevolg dat kapitaal in so ’n mate mobiel geraak het dat ’n terugkeer na valutabeheer nouliks denkbaar is.8 Sommige multinasionale korporasies benut hierdie vrye vloei van kapitaal so doeltreffend deur wêreldwyd te investeer dat hulle beswaarlik meer gesien kan word as behorende tot ’n bepaalde staat. Hulle het tewens staatloos geraak9 en daarmee gepaardgaande lyk die topbesture van hierdie korporasies ook toenemend na ’n staatlose elite.10 Globalisering bring ook ’n markgedwonge eendersheid van nasionale ekonomiese beleid mee. Alle state beleef die noodsaak vir belegging van multinasionale maatskappye en is almal gevolglik genoop tot fiskale, monetêre en arbeidsbeleid wat dergelike beleggings aantrek.11 Dit verswak die beleidsvryheid van state en bring ook mee dat nasionale wetgewers slegs beperkte beweegruimte het met betrekking tot die formulering van ekonomiese beleid.12 Globalisering het ook tot gevolg dat tegnologiese, rekeningkundige en handelsregtelike standaarde wat eers volledig nasionaal vasgestel is, nou toenemend op globale of regionale skaal geharmonieer word,13 wat opsigself ’n verdere verwerende uitwerking op staatlike soewereiniteit het.14 Benewens globalisering, wat die staat op verdediging het, is daar die kragtige verskyning van die politiek van identiteit wat sigself al hoe sterker laat geld. Nuwe partye en bewegings wat die klem op partikuliere identiteit, hetsy ten aansien van taal, kultuur, godsdiens, gebied of watter ander partikuliere identiteit ook al plaas, is oral besig om veld te wen.15 Die politiek van identiteit het inderdaad die ou ideologiese kategorieë van links na regs op ’n ideologiese spektrum heeltemal ontwrig16 en plaas tegelyk ook baie state onder die druk van middelpuntvliedende kragte. Dienooreenkomstig het die afgelope twee dekades ’n beduidende toename in die ontstaan van nasiestate wat uit toenmalige multinasionale state ontstaan het, waargeneem.
7 8 9 10 11 12 13 14 15 16

B Turner ‘Outline of a theory of citizenship’ in C Mouffe (red) Dimensions of Radical Democracy (1992) 58. Cable (n 3 hierbo) 27. Cable (n 3 hierbo) 30; VA Schmidt ‘The new world order incorporated’ (1995) 125 Daedalus 79. Cable (n 3 hierbo) 36. Cable (n 3 hierbo) 40. Schmidt (n 9 hierbo) 76. Cable (n 3 hierbo) 34. Vgl in die algemeen TL Friedman The world is flat: The globalized world in the twenty first century (2005). Cable (n 3 hierbo) 44. Cable (n 3 hierbo) 46; sien ook in die algemeen SP Huntington The Clash of Civilizations and the Remaking of World Order (1996).

Staatlikheid

5

Ofskoon die staat onder druk verkeer, is die era van die staat klaarblyklik nog nie ’n gedane saak nie. Soos in hoofstukke 6 tot 9 verduidelik word, bied die staat steeds hardnekkig en grootliks suksesvol weerstand teen nie-staatlike uitdagers. Die staatlike paradigma ondergaan deurlopend verfyning wat daarop gemik is om sekere konsepte en strominge wat die staatlike orde mag bedreig, te domestiseer — mak te maak — en dan tot voordeel van die staatlike orde aan te wend. Die staat is steeds die enkele konsep wat die politiek oorheers. Politiek is daar waar die staat is.17 Op ’n praktiese vlak is dit heeltemal ondenkbaar om die lewe sonder die staat voor te stel. Die staat is steeds die voorste afdwinger van openbare identiteit en vir die individuele persoon is daar steeds geen heenkome buite en sonder die staat nie.18 Die staat vervul so ’n sentrale rol in die daaglikse menslike bestaan dat ’n behoorlike begrip daarvan krities belangrik is vir die verstaan van die denke en politieke praktyk van die negentiende en twintigste eeue en van die huidige era. Die staat is die vertrekpunt vir bykans alle politieke en juridiese teoretisering. Konsepte soos die reg, regte, verpligtinge, vryheid, gesag en soewereiniteit is almal staatsverwant. Bykans alle probleme van die politiek en van die mees sentrale probleme van die reg is heg met die staat ineengestrengel en werk nolens volens met die staat as die uitdruklike of versweë grondslag en vertrekpunt.19

Voor die staat
Die staat het natuurlik nie altyd hierdie dominante posisie beklee nie. Dit is voorafgegaan deur die rykskerklike wêreldgeheel van Middeleeuse Wes-Europa: die godsdienstige geheel georganiseer binne die Rooms-Katolieke Kerk en die gelyklopende politieke (wêreldlike) geheel georganiseer binne Heilige Romeinse ryk. Almal was lede van hierdie Republica Christiana.20 Openbare identiteit is bepaal deur lidmaatskap van die Republica Christiana en nie deur burger te wees van ’n staat soos vandag nie. Binne hierdie godsdienstig bepaalde orde was politiek nie staatsgedrewe nie maar trouens ’n blote onderdeel van die teologie.21

17 18 19 20 21

A Vincent Theories of the State (1987) 5; FC Field Political Theor Methuen (1963) 54. Vincent (n 17 hierbo) 2; JR Strayer On the medieval origins of the modern state (1970) 1. Vincent (n 17 hierbo) 3 en 5. Vincent (n 17 hierbo) 15. Vincent (n 17 hierbo) 15.

6

Hoofstuk 1

In hierdie voor-staatlike era was die taak om die politiek-sosiale kohesie en eenheid in stand te hou grootliks ’n godsdienstige funksie. Lojaliteit en verpligtinge is deur ’n goddelik geïnspireerde gemeenskaplike Christelike burgerskap aangekweek.22 Vanaf die vyftiende eeu het ’n nuwe soort politieke assosiasie toenemend sy verskyning in Wes-Europa begin maak.23 Dit was egter ’n gestadigde proses. Die Kerkhervorming — die onherroeplike skeuring in die Republica Christiana — het die proses egter gefinaliseer en onomkeerbaar gemaak. Selfs aan die begin van die sewentiende eeu het lidmaatskap van die Christelike orde egter nog voorrang bo lojaliteit aan die nuwe state geniet.24 Teen die einde van die sewentiende eeu is die tydvak van die Republica Christiana finaal tot die verlede toevertrou en het die era van staatlikheid aangebreek. Ons is vandag steeds in die staatlike tydvak. Die oorgang van ’n universele godsdienstige Republica Christiana na staatlikheid is treffend gedemonstreer met die ooreenstemmende wisseling van benamings vir Europa. Teen 1600 het Wes-Europa steeds as Christendom bekend gestaan.25 Die begrip Europa is daarenteen met die verskynsels van sekularisering, soewereine state en godsdiensvryheid verbind en het daarmee saam ook die teenpool van ’n uniforme Christelike politieke orde versinnebeeld. Teen 1680 was die ideaal van ’n universele monargie en ’n verenigde algemene Christendom egter reeds in so ’n mate van die baan dat dit deur die meer paslike begrip Europa vervang is.26 Die staat wat sy verskyning in hierdie tyd maak en teen die einde van die sewentiende eeu goed gevestig was, was ’n entiteit wat tot op daardie stadium ongekend was. Dit was ’n onpersoonlike, abstrakte en permanente konstitusionele entiteit wat beheer oor ’n gekonsolideerde grondgebied uitgeoefen het.27 Dit was onpersoonlik en abstrak in die sin dat die staat na dese, anders as in die verlede, nie die verganklike vors aan wie persoonlike lojaliteit verskuldig was in die sentrum plaas nie; nee, die staat voer nou ’n outonome en blywende bestaan los van die tydelikheid en sterflikheid van die vors.28 Die staat word onderskei van sy regeerders en sy amptenare

22 23 24 25 26 27

28

JR Morral Political thought in medieval times (1958) 10; C Brooke Europe in the Central Middle Ages 962-1124 (1987) 39. KHF Dyson The State Tradition in Western Europe (1980) 25. H Kohn The idea of nationalism (1944) 187. DH Pennington Seventeenth Century Europe (1970) 21; JM Roberts The Penguin History of Europe (1996) 172. HD Schmidt ‘The establishment of Europe as a Political Expression’ (1966) 9 The Historical Journal 172. Dyson (n 23 hierbo) 28; D Held et al ‘The State’ in T Ball et al (reds) States and Societies (1985) 1; Q Skinner Political innovation and conceptual change (1989) 112. Skinner (n 27 hierbo) 112.

Staatlikheid

7

wat tydelik met gesag beklee is, maar word ook onderskei van die samelewing of gemeenskap waaroor dit beheer uitoefen. Quentin Skinner stel dit soos volg:
Rather the state must be acknowledged to be an entity with a life of its own, an entity which is at one distinct from both rulers and ruled and is able in consequence to call upon the allegiance of both parties.29

Die nuwe politieke entiteit van die staat bring mee dat die ou benaminge wat aangewend is om die Middeleeue en Renaissance se politieke entiteite te beskryf heeltemal verouderd geraak het. Vroeër is begrippe soos realm (ryk), body politic, commonwealth, common weal, civitas en republiek aangewend30 as benaminge vir die talle Middeleeuse en Renaissance koninkrykies en klein republieke — almal klein politieke entiteite van beperkte tydruimtelike omvang. Die nuwe staat met sy outonome, permanente en onpersoonlike en abstrakte karakter verskil so drasties van sy voorgangers dat al hierdie terme mettertyd weens hulle ontoereikendheid om die nuwe entiteite te beskryf in onbruik verval. Daar was behoefte aan ’n nuwe begrip om die nuwe entiteit te beskryf. Die nuwe term is staat, (state/etat). Dit word vir die eerste maal in 1538 deur Thomas Starkey gebruik, maar vind nog nie werklik inslag nie. Later word dit gebruik deur Raleigh, Francis Bacon asook in die Engelse vertaling vroeg in die sewentiende eeu van Jean Bodin se werk.31 Dit is egter veral by Thomas Hobbes dat begrip vir die koms van die nuwe politieke entiteit terminologies uitdruklik verreken word. Ofskoon Hobbes soms nog ander terme aanwend, behandel hy die staat eksplisiet as onpersoonlike, outonome en soewereine entiteit — die staat in sy nuwe gedaante.32

Die territoriale staat
Hobbes gaan uit sy pad om die nuwe entiteit paslik te benoem. Hierdie kunsmatige, orde-stigtende en orde-handhawende entiteit is in Hobbes se oë die sterflike god, die staat, of waarvoor Hobbes by uitnemendheid bekend is, die Leviatan. Hierdie Leviatan, die staat, is sedert die dae van Hobbes die meesternaamwoord, die meesterkonsep van die openbare diskoers,33 die inspirasie vir die staatlike paradigma sowel as die bron en afdwinger van staatlike identiteit.

29 30 31 32 33

Skinner (n Skinner (n Skinner (n Skinner (n Skinner (n

27 27 27 27 27

hierbo) hierbo) hierbo) hierbo) hierbo)

112. 121; Dyson (n 23 hierbo) 36. 120; Dyson (n 23 hierbo) 36. 121. 123.

8

Hoofstuk 1

Daar word vandag algemeen na die staat as die nasionale staat of die nasiestaat verwys. Dit is ’n verwarrende maar goedgevestigde wanbenaming. Dié wanbenaming gaan uit van die aanname dat state hulself onderskei deur die eiesoortige nasies wat in die verskillende state gehuisves word, oftewel dat dit ’n besondere eienskap van elke staat is dat elkeen deur ’n eiesoortig onderskeibare nasie bewoon word. Dit is natuurlik allermins die geval. Vir ’n entiteit om as staat te kwalifiseer, word nie vereis dat dit die politieke ordening van ’n bepaalde nasie moet wees nie. Om die staat dus juis as nasiestaat te beskryf, is misplaas en misleidend. Die wanbenaming is te wyte aan die vereenselwiging van nasie met staat. Die vermaarde historikus Hugh Seton-Watson lig hierdie wanbenaming en voortspruitende verwarring toe wanneer hy sê:
The belief that every state is a nation, or that all sovereign states are national states, has done much to obfuscate human understanding of political realities. A state is a legal and political organization, with the power to require obedience with loyalty from its citizens. A nation is a community of people, whose members are bound together by a sense of solidarity, a common culture, a national consciousness. Yet in the common usage of English and other modern languages the two distinct relationships are frequently confused.34

Met die oog daarop om die huidige staat meer korrek te beskryf, behoort meer gepaste terme dus gebruik te word. Een alternatiewe moontlikheid is dié van soewereine staat,35 maar die soewereiniteitsverlies waarna hierbo verwys is, diskwalifiseer dié benaming. Will Kymlicka se gebruik van die benaming multinasiestaat in plaas van nasiestaat het meriete omdat dit die valsheid dat ’n bepaalde nasie telkens sy eie staat bewoon eweneens aan die lig bring.36 Micheal Walzer se keuse van putatiewe nasionale staat37 stel die onkritiese foutiewe gebruik van nasiestaat eweneens aan die kaak en is om daardie rede ook verdienstelik. In hierdie werk word nie by die wanbenaming nasiestaat gehou nie. Verskeie ander terme is meer gepas. Daar is verskeie teoretici

34 35 36 37

H Seton-Watson Nations and States (1977) 1. Seton-Watson (n 34 hierbo) 2. W Kymlicka Liberalism, community and culture (1991) 239. M Walzer ‘Pluralism: A political perspective’ in W Kymlicka The Rights of Minorities (1995) 140.

Staatlikheid

9

wat oortuigend eerder die begrip territoriale staat verkies.38 Ek vind die begrip aantreklik, aangesien dit die aard van die staat veel getrouer raakvat as die begrip nasiestaat. Dit is ’n soewereine politieke organisasie binne ’n vasgestelde gebied, ongeag bevolkingshomogeniteit of heterogeniteit en ongeag of daar enige kulturele, linguistieke, godsdienstige of etniese gemeenskaplikheid of binding by die staatsbevolking aanwesig is. ’n Alternatiewe begrip wat nou by die term territoriale staat aansluiting vind, is dié van burgerstaat.39 Die begrip gee te kenne dat die enigste gemeenskaplike faktor van die persone wat in ’n staat woon, hulle gemeenskaplike abstrak-juridiese verhouding met die staat is en dui nie op enige bykomende gemeenskaplikheid, byvoorbeeld uit hoofde van kultuur, taal, godsdiens of etnisiteit nie. Anders as nasiestaat wat verkeerdelik suggereer dat die hedendaagse staat gekenmerk word deur die gemeenskaplike kulturele aard van die persone wat die staat bewoon, is hierdie benaming vry van hierdie wanvoorstelling. Vir redes wat veral uit hoofstuk 6 blyk, verkies ek territoriale staat as die mees korrekte beskrywing en gebruik dit hierna deurlopend. Die hoofstukindeling sien vervolgens soos volg daaruit: In hoofstuk 2 word die voorganger van die era van staatlikheid, die Republica Christiana, bespreek. Dié bespreking verhelder ’n begrip van die besonderse aard van die huidige staatlike tydvak. In hoofstuk 3 word die wegbereiding na die tydvak van staatlikheid bespreek. Hierin word die filosofiese en politieke erosie van die universele Christelike orde toegelig en word daar aangedui hoe ’n variasie van kragte en uiteindelik die Kerkhervorming — ’n epogmakende rewolusionêre politieke gebeurtenis — die Republica Christiana finaal onbestaanbaar gemaak het en die era van staatlikheid aangekondig het. In hoofstuk 4 word op die denkarbeid van die pioniers van staatlikheid gefokus. Daar is talle van hulle, maar pertinent onder bespreking is veral Jean Bodin, Thomas Hobbes, John Locke en Hugo de Groot. Hoofstuk 5 handel eerstens oor wat met die begrip paradigma bedoel word. Daarna word die parameters en die dissiplines van die staatlike paradigma in die besonder blootgelê. Hoofstuk 6 tot 9 fokus op verskeie aspekte van die staatlike paradigma en identiteit.
38

39

Sien bv. die Engelse regshistorikus, W Holdsworth A History of English Law (1937) Vol VIII 310 asook R Falk ‘The Rights of Peoples (In particular indigenous peoples)’ in J Crawford The rights of peoples (1988) 26; S Strange (n 2 hierbo) 70; JN Figgis Political thought from Gerson to Grotius, 1414-1625 (1960) 72; AB Bozeman Conflict in Africa (1976) 131; J Habermas ‘Law and Morality’ in M Mc Currin Stanley (red) The Tanner Lectures on Human Values Vol VIII (1988) 260; H Spruyt The sovereign state and its competitors: An analysis of systems change (1994) 3; HJ Berman Law and Revolution: The formation of the Western Legal Tradition (1983). NGS van der Walt Die Republikeinse Strewe (1969) 18-19.

10

Hoofstuk 1

Hoofstuk 6 behandel staatsbou (nasiebou) as grondliggende strategie van staatlike identiteit en toon aan hoe juridiese kategorieë vir die doel aangewend word. Hoofstuk 7 fokus op demokrasie en demokratiese teorie en toon aan hoe demokrasie wat die vermoë het om die bestaande staatlike orde onder druk te plaas deur teoretisering volgens die staatlike paradigma kragteloos gemaak is en uiteindelik in diens van staatlike identiteit geplaas is. In hoofstuk 8 kom menseregte aan die beurt. Daarin word aangetoon dat hoewel menseregte voorgee om die staat — in die vorm van die regering — aan bande te lê, dit uiteindelik meewerk tot die versterking van die staat en die bestendiging van individuele en groepsafhanklikheid van die staat. Hoofstuk 9 fokus op twee algemene regskonsepte wat tekenend is van hoe die regswetenskap die staatlike orde dien. Daar is talle regskonsepte en regsfigure van die aard maar in hoofstuk 9 word stilgestaan by twee van die treffendste daarvan — een op die huishoudelike terrein en die ander op die gebied van die internasionale reg. Gevolglik word eerstens stilgestaan by hoogverraad en dan by die internasionaalregtelike regsposisie rakende territoriale integriteit en die beperkings op selfbeskikking en sesessie. Daar word egter nie volstaan met ’n beskrywing en toeligting van die staatlike paradigma en die dwang van territoriaalstaatlike identiteit nie, want daar is ook ’n aantreklike ruimte anderkant die noutes van die territoriale staat. Waarvan hier gepraat word, is nie net van die globalisering nie, maar van ’n politiek-juridiese orde. Dit is waarna ek as politokrasie of dan ’n politokratiese orde verwys. Die besonderhede van politokrasie word in hoofstuk 10 toegelig.

H Kohn The Idea of Nationalism (1944) 78. en hulle gesamentlike lotgevalle binne die allerbelangrike polis.2 HOOFSTUK REPUBLICA CHRISTIANA DIE VOORGANGER VAN STAATLIKHEID 1 Godsdienstige identiteit Met die kroning van Karel die Grote deur pous Leo III as Imperator Christianissimus op Kersdag van die jaar 800 is die lang oorgang van die sekulêre Romeinse ryk tot ʼn nuwe universele Christelike gemenebes (commonwealth) finaal voltrek. Hierdie denkbeeld was in die daaropvolgende Middeleeue die spilpunt van politieke denke en praktyk1 en was die primêre bron van openbare individuele identiteit van die WesEuropese mens. fokus op die individu as losstaande en dikwels afsydige enkeling in ʼn universele kosmopolis. en nie meer op die individu as deelnemende polis-burger. 11 . GH Sabine A History of Political Theory (1971) 159. en later die Romeinse ryk gevestig is. Die vervanging van die polis met ʼn omvangryke wêreldstaat — ʼn kosmopolis — wat met die koms van die Masedoniese ryk van Alexander die Grote.2 Die fokus van die antieke Griekse politiek en politieke filosofie was die polis-burger in noue samehang met sy mede-burgers. soos tevore nie. Die wortels van die Middeleeuse Christelike orde is herleibaar na die afsluiting van die stadstaatlike (polis) orde van die Klassieke. naamlik die denkbeeld van ʼn verenigde Christendom binne ʼn verenigde ryk. WW Tarn Hellenistic Civilization (1952) 79. Ofskoon Karel se ryk nie standhoudend was nie. het die sentrale posisie wat polis-burgerskap in die politieke filosofie en die politiek gehad het aan die verlede toevertrou.3 1 2 3 T van Wyk en SB Spies Western Europe from the decline of Rome to the Reformation (1985) 88. het dit ʼn blywende nalatenskap gehad. Die nuwe tema wat met die koms van die kosmopolitiese orde op die voorgrond tree.

8 Die vestiging van die swaartepunt van die Romeinse ryk in die oostelike Middellandse seegebied is onder meer gedemonstreer deur die filosofiese skole en regskole wat albei in die ooste tuistes vind: eersgenoemde in Athene en laasgenoemde in Beiroet.12 Hoofstuk 2 Die Christelike universalisme van die Middeleeue is ʼn latere fase van hierdie epog.4 Die filosofiese impetus van hierdie epog is deur die Stoïsynse filosofie verskaf wat omstreeks 300 v. kom al die vooraanstaande skrywers van die Ryk ook uit die ooste. Dié het ook ooswaarts verskuif. Na 200 n.7 Waar Rome in die Weste vir eeue lank die sentrum van die Romeinse ryk was. Die kerk het die verskaffer van skole en 4 5 6 7 8 9 10 Sabibne (n 2 hierbo) 161. Die kerk en sy funksionarisse — sy biskoppe en later sy monnike — was egter steeds in die weste — in Italië en omstreke. Dit het ʼn leemte in die Weste gelaat wat mettertyd deur die kerk en sy funksionarisse gevul is en wat aan Wes-Europa sy spesifiek godsdienstig gefundeerde universalisme en identiteit besorg het. . H Trevor-Roper (n 9 hierbo) 49-50. die Constitatio Antoniana.10 Die politieke sentrum was Konstantinopel en nie meer Rome nie. Van Zyl (6 hierbo) 81. Hiervan getuig die verordening van die keiserlike edik. Rome was ook nie meer die ekonomiese swaartepunt nie.en invloedswins van die kerk beteken.C. die weste daarenteen. Sabibne (n 2 hierbo) 145. H Trevor-Roper The rise of christian Europe (1966) 47-8. DH van Zyl Geskiedenis en beginsels van die Romeinse Reg (1977) 48. deur keiser Caracalla in die jaar 212. P van Warmelo An introduction to the principles of Roman civil law (1976) 44. het algaande meer landelik en ongesofistikeerd geword. het politieke.C. Van Warmelo (n 6 hierbo) 44. Maatskaplike beskutting is toenemend deur die biskoppe verskaf en nie meer deur die magistrate van die Ryk soos tevore nie. ontstaan het.en invloedverlies van die Ryk deurlopend ook die mag.6 Hierdie edik het Romeinse burgerskap geuniversaliseer deur dit na bykans alle inwoners van die Ryk uit te brei.5 Die Stoïsynse universalisme het die politieke en geesteswêreld van die Romeinse ryk grondig beïnvloed en ʼn onmiskenbare stempel op die Romeinse reg en politiek afgedruk. WW Buckland A textbook of Roman law: From Augustus to Justinian (1968) 98. Hier het die geleidelike mags. Nog belangriker was dat tweederdes van die bevolking van die Ryk in die oostelike deel gevestig was. JR Morral Political thought in medieval times (1958) 10. ekonomiese en kulturele kragte mettertyd meegebring dat die swaartepunt van die Ryk gaandeweg na die oostelike Middellandse seegebied verskuif het.9 Die oostelike deel was ekonomies bedrywig en intellektueel gesofistikeerd. Die agteruitgang van die staat was die vooruitgang van die kerk.

16 Die latere totstandkoming van die Heilige Romeinse ryk het sy bestaan onder meer aan die hand van Augustinus se werk gelegitimeer. De Civitatis Dei se invloed het slegs gegroei en lord Bryce het 11 12 13 14 15 16 17 RH Barrow The Romans (1949) 191.Republica Christiana . dat dit nie werklik moontlik is om die Middeleeue daarsonder te verstaan nie. Hierdie gemeenskap was.11 Die kerk het dus die vakuum wat weens die verbrokkeling van die staat gelaat is. Dit was teen die agtergrond van hierdie traumatiese gebeure dat Augustinus probeer het om ʼn visie voor te hou van ʼn tydlose ryk van vrede en geregtigheid in die goddelike gemenebes — die Civitas Dei. Daarmee is die oënskynlik onvernietigbare Pax Romana tot die uiterste skok van Romeinse burgers tot in sy fondamente geskud. was die verskyning van die kerkvader. 42. Een van die belangrikste gebeure wat die oorgang vanaf die Klassieke wêreld na die naderende godsdienstig gesentreerde Middeleeue aangekondig het. Figgis (n 15 hierbo) 6. W Ebenstein Great political thinkers: Plato to present (1969) 175. was die Wes-Romeinse samelewing egter steeds ʼn sekulêre gemeenskap met die Christelike godsdiens as staatsgodsdiens.C. JN Figgis Political aspects of St Augustine’s City of God (1963) 1. het ook toenemend die beskermer teen wanhoop en armoede geword. Barrow (n 11 hierbo) 190. Die kerk. Augustinus se De Civitatis Dei aan die begin van die vyfde eeu. . Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 72-3. Sonder dat dit beplan is. Teen daardie tyd het dit ontwikkel tot ʼn wesenlik Christelike gemeenskap14 waarin die kerk bykans alle lewenssfere oorheers het. die funksies van die staatlike administrateur oorgeneem.17 Trouens.15 Augustinus het beleef hoe die Wesgote onder die aanvoering van Alarik die ondenkbare vermag het deur Rome in 410 te plunder.13 Tot so laat as die vyfde eeu n. Dit is versinnebeeld deur Karel die Grote se besluit om sy hoofstad in Aachen naby Keulen in die huidige Duitsland te vestig. met die goedkeuring van die bevolking. het die biskop. Figgis (n 15 hierbo) 85. anders as sy sekulêre voorgangers wie se blik op die Middellandse See gerig was. gevul. Kohn (n 1 hierbo) 76.12 Men were finding in membership of the Christian Church the sense of citizenship which neither Rome nor municipality could any longer offer them. in plaas van die staat. toenemend op Noordwes-Europa gefokus. Daar word gesê dat hierdie werk so belangrik is.die voorganger van staatlikheid 13 hospitale geword. Teen die agtste eeu het die prentjie egter heeltemal verander.

18 19 20 21 22 23 24 Figgis (n 15 hierbo) 84. Dié mistiese geheel vind uitdrukking in die reële corpus Christianum.14 Hoofstuk 2 — moontlik ietwat oordrewe — verklaar dat De Civitatis Dei die grondslag vir die Heilige Romeinse ryk gelê het.19 Augustinus se werk is egter allermins bloot defensief. Augustinus se uitgangspunt is die eenheid en die sosialiteit van die mensdom. Vir Augustinus stu die geskiedenis voort na die finale verwesenliking van ʼn goddelike oogmerk. is die ryk van Christus. Ebenstein (n 19 hierbo) 171-172. maar as ʼn universele eenheid wat die mensdom as geheel insluit. Die Civitas Dei staan absoluut sentraal in die verloop van die wêreldgeskiedenis. In die ondermaanse wêreld identifiseer die kerk die sterkste met die Civitas Dei. Figgis (n 15 hierbo) 38. JPA Mekkes Ontwikkeling der humanistische rechstaatsreorieën (1940) 78. In hierdie proses is aardse state van verbygaande aard en van bloot vlietende belang. Die Romeinse staat is ook so ʼn tydelike aardse orde wat nie oor die vermoë beskik om werklike blywende veiligheid. Figgis (n 15 hierbo) 32-36. wat as ʼn menslike skepping noodwendig ook moes ondergaan.22 Die geskiedenis beweeg dan ook nie as ʼn wisselende klomp partikulieres voort nie. Figgis (n 15 hierbo) 21. wat in die gedaante van die kerk hier op aarde georganiseer is. Die Christendom is daarvan beskuldig dat dit weens die verwaarlosing van burgerlike waardes en republikeinse deugde die verwering van die inherente weefsel van die ryk veroorsaak en sodoende die weerstandsvermoë van die ryk terminaal verswak het. geregtigheid en vryheid te verseker nie. 36.23 Hierdie eenheid. is die oog op die Civitas Dei as die enigste ware gemeenskap gerig. . Dit verskaf ook ʼn filosofies-teologiese apologie vir die Christelik gesentreerde politieke geheel wat in die eeue hierna die lotgevalle van Wes-Europa bepaal het.21 Die Civitas Dei het lank gelede reeds sy goddelike beslag gekry en is vir ewige bestaan bestem. Figgis (n 15 hierbo) 43.24 Na die verval van die Romeinse ryk. Daarteenoor word daar ʼn permanente goddelike staat bereik wat ook in hierdie wêreld neerslag vind. Dit versamel sy lede uit die totale mensdom.18 Augustinus het eerstens gepoog om die Christendom teen die verwyt dat dit die agteruitgang van die Romeinse ryk veroorsaak het te verdedig. wat ʼn mistiese geheel is. Die kerk is as’t ware die simbool van die Civitas Dei. Figgis (n 15 hierbo) 9.20 Teenoor die verganklike ordes van hierdie wêreld staan die goddelike gemenebes — die Civitas Dei. Hierdie state kom en gaan.

Republica Christiana . ongeag hulle agtergronde. opnuut ekonomiese en burgerlike orde te herstel. Augustinus erken die politieke orde as ʼn natuurlike gegewe. G Miccodi ‘Monks’ in J le Goff J et al (reds) The medieval world (Engelse vertaling deur LG Cochrane) (1990) 51. Dit word uit al die gelowiges. is van kardinale belang. Die politieke orde se primêre funksie is om mense se wandel na die uiteindelike bestemming van die Civitas Dei te vergemaklik. oftewel katoliek wees. moet noodwendig algemeen. Figgis (n 15 hierbo) 58. Figgis (n 15 hierbo) 70-71.die voorganger van staatlikheid 15 Wat Augustinus oor die kerk en oor die verhouding tussen die kerk en die politieke orde (die staat) leer. Sien byvoorbeeld Figgis (n 15 hierbo) 77. . Mekkes (n 24 hierbo) 78.28 Die politieke orde moet vir godsdienstige doelstellings en dus vir die kerk diensbaar wees.25 Die kerk.29 Politieke ordes moet as opvoeders optree. wat as ’t ware assosiasies van families is.26 Hiermee verleen Augustinus die apologie vir die universele kerk van die Middeleeue. Figgis (n 15 hierbo) 15. Ongeveer alle ontwikkelings op die gebied van die landbou. Die hoofdoel van die politieke orde is egter bloot om aanvullend tot die kerk op te tree. byeengebring en kan dus nooit ʼn partikuliere karakter hê nie. Die idee en ook die praktyk van die eenheid en universaliteit van die kerk is in ruime mate aan Augustinus toe te skryf. is Augustinus daarenteen ʼn voorstander van partikuliere politieke ordes van beperkte omvang.31 Die klooster was ook die sentrum van intellektuele aktiwiteit van die Middeleeue en was dikwels die enigste alternatief vir die 25 26 27 28 29 30 31 Die standpunt word gehuldig dat Augustinus die grondslag vir pouslike heerskappy in die kerk en vir kerklike heerskappy oor die staat gelê het. Noorse en Hongaarse invalle in Wes-Europa. Mekkes (n 24 hierbo) 78-79. moet kettery bestry en is verplig om die leiding wat die kerk daaroor gee te aanvaar. Die rol van die politieke orde gedurende die Middeleeue kan ook na Augustinus teruggespeur word.27 Waar universaliteit en eenheid absolute voorwaardes vir die kerk is.30 Die primêr godsdienstige identiteit van hierdie era is in die oorheersende rol van die kerk weerspieël. wat die Civitatis Dei as model het en wat die gemeenskap van gelowiges op aarde moet wees. aangesien dit die rigting na die Middeleeuse universele godsdienstige orde aandui. die nywerheid en die handel was aan die bedrywighede van die kloosters te danke. Figgis (n 15 hierbo) 78. Die aktiwiteite van die kloosters het in die tiende en elfde eeue ʼn beduidende bydrae gelewer om na die wanorde weens die Arabiese. Die kerk is vir Augustinus noodwendig ʼn universele en imperiale organisasie.

35 Die ekonomiese vermoë van die kerk het eweneens uitgebrei.36 Teen die jaar 1000 was die kerk stewig gevestig as regeerder. ekonomiese produsent. bankier. die ruimte geskep vir die groei van die politieke mag van die kerk. Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 6. tesame met die disintegrasie van die burokrasie. 84. regslui en professionele adviseurs en funksionarisse van sekulêre howe hoofsaaklik kerklui en as hulle nie in die kanonieke reg opgelei was nie. Die kerk het ʼn groot grondbesitter geword en het welvarend geraak uit die landbouprodukte wat daarop verbou is. Die kerk het ook dikwels plaaslike markte en die meulens beheer. ambagsman.34 In die daaropvolgende eeue het kerklui as die enigste geletterde segment in die samelewing deurlopend die politieke en administratiewe funksies behartig.33 Met die Lombardiese bedreiging van Italië laat in die sesde eeu het die enigste doeltreffende politieke leiding van die kant van die kerk gekom. Aglulf. Daarbenewens het die kerk ook heelwat verdien uit die verlening van geestelike dienste waarvoor die lekevolk die kerklui en die laer kerklui die hoëres moes vergoed. verhuurder. oplegger van belastings. deelname aan die mis en vir verhore deur die kerklike howe. Die kerklui — vernaamlik 32 33 34 35 36 37 38 Miccodi (n31 hierbo) 64. Pous Gregorius die Grote het die tipies politieke funksie vervul om in 595 ʼn vredesooreenkoms met die Lombardiese koning. Op die politieke terrein het opeenvolgende swak keisers in die weste. Ebenstein (n 19 hierbo) 243. krygers (bellatores) en werkers (laboratores) getref. In die twaalfde en dertiende eeue in besonder was regters.37 Die boonste stratum van die Middeleeuse sosiale piramide is deur kerklui gevul en oorheers. ʼn Belasting vir die instandhouding van kerkgeboue is gehef. Heaton (n 36 hierbo) 84. grondeienaar. terwyl gelde ook betaal moes word vir voltrekking van huwelike.16 Hoofstuk 2 krygsprofessie32 waarvoor nie almal in die wieg gelê is nie. te onderhandel. sedebewaker. . HJ Berman Law and revolution: The formation of the Western legal tradition (1983) 274.38 In die Middeleeuse sosiale orde is ’n drieledige onderskeid tussen die aanbidders (oratores). Teen die einde van die sesde eeu het die verdwyning van die Romeinse staatsadministrasie uit Gallië (Frankryk) en Spanje asook die ondoeltreffende administrasie in Italië daartoe gelei dat die kerklui toenemend die administratiewe funksies in hierdie gebiede begin oorneem het. onderwyser en afdwinger van die gewete. B Tierney ‘Medieval Canon Law and Western Constitutionalism’ (1966) 52(1966) 52 The Catholic Historical Review 8 wys daarop dat daar ’n gedurige interaksie van idees en personeel tussen kerklike en wêreldlike regerings was. handelaar. verbandnemer. Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 65. H Heaton Economic History of Europe (1948) 83. grootskaalse werkgewer. was hulle ten minste met die hooftrekke daarvan vertroud.

Kohn (n 1 hierbo) 83. Hierdie opvatting het ʼn neerdrukkende uitwerking op ekonomiese aktiwiteit uitgeoefen. Brocchieri (n 40 hierbo) 187. MFB Brocchieri ‘The Intellectual’ in J le Goff et al (reds) The medieval world (Engelse vertaling deur LG Cochrane) (1990) 182. 9. 64. . asook die taal van die amptenary en van die diplomasie.41 Die sentrale eienskap van die Middeleeuse filosofie was die dominasie daarvan deur die Christelike teologie. FC Copleston A history of medieval philosophy (1975) 5. B Anderson Imagined communities: Reflections on the origins and spread of nationalism (1983) 20-2 Koran-Arabies het dieselfde rol vervul en vervul dit steeds vandag in die heilige Islam-gemeenskap. Eerstens was die Latynse taal die eenvormige medium van geleerdheid en letterkundige opvoeding.42 By wysgerige kwessies was godsdiens primêr en filosofie sekondêr.45 Latyn was die heilige globale taal van die hele Christelike wêreld wat oor partikuliere grense heen gestrek het. Die monnik is as intellektueel verhewe beskou en die kloosterlewe het ʼn keuse vir kultuur en kennis verteenwoordig. het die boonste en mees gesaghebbende posisie in hierdie orde beklee.Republica Christiana .die voorganger van staatlikheid 17 die monnike — as die aanbidders.43 Middeleeuse denke is primêr gekenmerk deur die uitgangspunt dat elke persoon in die eerste plek moet probeer sorg vir die saligmaking van sy siel en dat die redding van die siel die hoofdoel van elke mens se bestaan is. Ebenstein (n 19 hierbo) 214. want iemand wat sy energie bestee aan die verwerwing van rykdom in plaas van persoonlike saligmaking kon God beswaarlik behaag. Die filosofiese diskoers is benader vanuit teologiese veronderstellings en filosofiese kwessies is altyd in ʼn teologiese konteks aan die orde gestel.40 Die teologie is as die hoogste uitdrukking van kennis beskou. Broccheri (n 40 hierbo)184. het die idee van ʼn globale Christelike wêreld denkbaar gemaak46 en konkrete inhoud aan die Christelike gemeenskapsidee gegee. maar ʼn praktiese taak waaraan elkeen deurentyd aandag moes gee. RN Berki The history of political thought: A short introduction (1975) hfst 4 beskryf die politieke filosofie van die middeleeue as politieke denke met ’n religieuse visie. Dít was nie ʼn abstrakte ideaal nie. Tweedens was daar die kerklui — in besonder die monnikedom — wat danksy ʼn netwerk van kloosters dwarsoor Europa ʼn goed 39 40 41 42 43 44 45 46 Miccoli (n 31 hierbo) 53. S Viljoen Economic systems in world history (1974) 158.39 Geleerdheid was iets wat in die Middeleeue feitlik uitsluitlik vir kerklui gereserveer is. Juis hierdie gemeenskaplikheid wat deur Latyn teweeg gebring is.44 Die oorheersing van godsdienstige universaliteit is deur twee eweneens universaliserende kragte aangehelp.

die Republica Christiana. eenvoudig omdat dit in die afwesigheid van state as die primêre subjekte van die internasionale reg onbestaanbaar was. but into Christians and Infidels and within Christianity into faithful sons of the Church and the heretics.49 Nasionalisme was onbekend en partikuliere identiteit van minder belang. J le Goff ‘Introduction: Medieval Man’ in J le Goff et al (reds) The medieval world (Engelse vertaling deur LG Cochrane) (1990) 3. Internasionale betrekkinge was in die Middeleeue primêr die gespanne interaksie tussen die Westerse Christendom en die Islamitiese Nabye Ooste. maar die grense wat in die eerste plek saak gemaak het.51 Die mensdom is as ʼn eenheid gesien en moes ʼn enkele gemeenskap vorm. Sien die opmerkings van Berman (n 38 hierbo)161 met verwysing na David Knowles. In hierdie konteks was die kulturele.48 Godsdiens was ook die hoofbepaler van die Middeleeuse globale politiek. Kohn (n 1 hierbo) 78. raak die ru-materiaal vir die funksionering van internasionale reg beskikbaar.50 Soos Hans Kohn verduidelik: People looked at everything not from the point of view of their ‘nationality’ or ‘race’ but from the point of view of religion. Kohn (n 1 hierbo) 79.47 Die geleerdes van Wes-Europa het ’n enkele ongedifferensieerde kulturele eenheid gevorm. Eers later. Om Kohn weer aan die woord te stel: 47 48 49 50 51 Kohn (n 1 hierbo) 83. of van geen betekenis nie. Individuele identiteit was bo alles Christelik-godsdienstig van aard.18 Hoofstuk 2 georganiseerde eenvormige entiteit uitgemaak het. Dit was inderdaad nie Europa nie. Mankind was divided not into Germans and French and Slavs and Italians. Broccheri (n 40 hierbo) 184. beantwoord deur te verklaar dat hy die skepsel van God is. Middeleeuse Europa was dus in die eerste plek ʼn Christelike gemenebes (commonwealth). Internasionale reg wat primêr beoog om die verhoudinge tussen state te reël. die organiese geheel van ʼn republiek van gelowiges. taal of staatkundige identiteit van die individu en die gemeenskap slegs van geringe. . Ingevolge die Middeleeuse antropologie is die vraag wie die mens dan eintlik is. met die vestiging van die statestelsel in die sewentiende eeu. maar meer paslik Westerse Christendom. Daar was weliswaar politieke grense tussen gefragmenteerde feodale eenhede en later tussen die opkomende monargieë. het in hierdie konteks nie voorgekom nie. saamgevat in een ryk en een kerk. in plaas van interstaatlike betrekkinge soos tans. was die breuklyne tussen die Christelike gemenebes en die Moslemwêreld.

53 Enige godsdienstige. morele. Die onderskeidende kenmerk van politiek. aangesien dit die politieke (en religieuse) orde fundamenteel sou ontwrig. is benewens die feit dat dit ʼn godsdienstige gemeenskap is. inleiding en notas deur George Schaab) (1996) 26. etniese. Godsdiens was ʼn volskaalse — indien nie die enigste nie — politieke kategorie. taalkundige. at precisely the moment at which it becomes political. Die verskynsel politiek tree op die voorgrond wanneer die godsdienstige. Godsdiens was die hoeksteen van politieke organisasie in die Middeleeue. derhalwe ook ʼn politieke gemeenskap. asook ander oortuigings en praktyke.56 The real friend-enemy grouping is essentially so strong and decisive that the nonpolitical antithesis. Ondergrawing van die godsdienstige eenheid — ʼn vorm van kettery — was derhalwe absoluut ongehoord. one ecclesia universalis with one law and one government. 63. nasionale of ander spanninge so intens raak dat dit omsit in ʼn verhouding van wedersydse vyandskap. a res republica genesis humani. purely cultural criteria and motives to the conditions and conclusions of the political situation at hand. sê Schmitt. Schmitt (n 53 hierbo) 37. ekonomiese. kulturele of ander antitese sit om in ʼn politieke antitese. Schmitt (n 53 hierbo) 37. Die politiek beskik nie oor ʼn eiesoortige substansie losstaande van bovermelde aktiwiteite nie. etiese. kulturele. is dat die politieke verdelingslyne (anders as ander verdelingslyne) so intens is dat die verhouding van groeperings aan weerskante daarvan een van vyandskap is. . Carl Schmitt. morele. morele. Die insigte van die Duitse politieke filosoof en juris. mankind was regarded as one people. C Schmitt The Concept of the Political (vertaling. kulturele.52 Binne hierdie opset was godsdiens allermins ʼn blote persoonlike aangeleentheid.die voorganger van staatlikheid 19 Since Christendom in the Middle Ages was coextensive with humanity. purely economic. Schmitt (n 53 hierbo) 38. at least as a goal.57 52 53 54 55 56 57 Kohn (n 1 hierbo) 79.Republica Christiana .54 ʼn Godsdienstige gemeenskap wat teen ʼn ander godsdienstige gemeenskap oorlog voer. Schmitt (n 53 hierbo) 38. en word sodoende ʼn politieke kategorie sodra dit sterk genoeg is om menslike kollektiwiteite volgens die verhouding van vriend en vyand te verdeel. pushes aside and subordinates its hitherto purely religious. soos uit godsdienstige.55 Politieke verdelings en die ontwikkeling van politieke kategorieë kan weens ʼn verskeidenheid van menslike oortuigings en praktyke ontstaan. oor die aard van die politiek en politieke verdelingslyne kom handig te pas by ʼn poging om die Middeleeue te begryp.

58 Dit lyk oënskynlik onoortuigend om strafregtelike reëls as aanduiding van die bestaan van ʼn politieke kategorie voor te hou. is ook deur die wêreldlike gesagsfeer (met die dood) as hoogverraad strafbaar gestel. want wanneer die ortodoksie sterk genoeg is. 186. Dit word bevestig deur die hegte samewerking van die kerklike en wêreldlike gesagsfere in hierdie verband met die wêreldlike gesagsfeer wat ook sondes as strydig met die strafreg vervolg en bestraf het en sodoende die kerklik-godsdienstige sfeer onderskraag het. Godsdiens verleen aan die Middeleeuse politieke gemeenskap sy wesenskenmerk en identifiseer ook ʼn ander godsdienstige gemeenskap as sy ekstreme teenpool — sy vyand. te vervolg. maak dit van die strafreg gebruik om sy opvattings af te dwing. Kettery. Daarom dan dat die belangrikste politieke verdelingslyn deur godsdienstige identiteit bepaal is en daarom ook dat Middeleeuse Christelike Europa paslik as ʼn rykskerklike (politiek-godsdienstige) wêreldgeheel beskryf is. Dit is egter niks vreemds nie. Die kerk wat nie graag bloed wou stort deur dié straf nie. 476. Godsdienstig gemotiveerde reëls van die strafreg aan die een kant en godsdienstig gedrewe burgeroorlog aan die ander kant is. Wanneer die ortodoksie daarenteen verswak en deur ʼn alternatiewe godsdienstige denominasie uitgedaag word. veral na die pouslike rewolusie van die laat elfde eeu duidelik tussen die kerklike en politieke gesagsfere onderskei is. se werk is dus vir hom deur die wêreldlike gesagsfeer gedoen. het die politieke sfeer steeds ’n wesenlike rol gespeel om die kerklike orde in stand te hou. ofskoon dit ingrypend verskillende verskynsels is. skiet die meganismes van die strafreg tekort om ortodokse opvattings in stand te hou. Ofskoon daar. . Die strafreg verberg bloot retories sy politieke kwaliteite omdat daar ingevolge die strafreg gehandel word met ʼn (godsdienstige) misdadiger sonder vermelding van die feit 58 Sien byvoorbeeld Berman (n 38 hierbo) 73. Net soos godsdiens op globale skaal tussen die Christelike gemenebes en die Islamitiese wêreld die primêre politieke kategorie was. Dit blyk uit die feit dat die strafreg aangewend is om die godsdienstige ortodoksie te handhaaf en om enige vorm van kettery wat die suiwer Christelike karakter van die Christelike ryk kon aantas.20 Hoofstuk 2 In die Middeleeue vertoon godsdiens sigself juis as ʼn politieke krag. was dit ook binne die Christelike wêreld die belangrikste politieke kategorie. wat deur die kerk bestry moes word. soos in die tweede deel van hierdie hoofstuk verduidelik word. Dan volg godsdienstig geïnspireerde burgeroorlog soos in sestiende-eeuse Frankryk. die strategiese en taktiese dienaars vir die instandhouding van godsdiens as ʼn politieke kategorie. Dié soort burgeroorlog bring aan die lig dat godsdiens nog altyd ongesiens en onder die dekmantel van die strafreg as politieke kategorie gefunksioneer het.

baie lank. Vir eers eis die Middeleeuse regsopvattings. Die erosie van ʼn Christelik godsdienstige openbare identiteit het ingetree weens toenemende sekularisasie en het met die breuk in die Christelike eenheid weens die Kerkhervorming onherstelbaar geword. Die konstitusionalisme-begrip word in sy mees basiese vorm vereenselwig met beginsels en reëls waarkragtens openbare mag uitgeoefen moet word en is gemik op magsbeperking en die voorkoming van arbitrêre.59 Dit is die rede waarom daar ook van Middeleeuse konstitusionalisme gepraat kan word.Republica Christiana . Die denkbeeld van konstitusionalisme is egter veel ouer as die term en het onder verskeie ander vaandels reeds oor baie eeue heen ʼn prominente plek in die openbare diskoers en in denke oor die politiek en regering ingeneem. oftewel fundamentele reg. Die integriteit van die beginsels word opsigself beskerm in die sin dat die wysiging of afskaffing daarvan buite die bereik van die politieke maghebbers geplaas word. 2 Middeleeuse konstitusionalisme Die term. Dit neem ʼn aanvang aan die begin van vroeë 59 Berman (n 38 hierbo) 395-6. konstitusionalisme is van betreklik onlangse oorsprong en het eers in die negentiende eeu ’n plek in die leksikon van die openbare diskoers verwerf. lukrake en onvoorspelbare magsuitoefening. In hoofstuk 3 word daarop gefokus. ʼn Goeie begrip daarvan stel ons in staat om by wyse van kontras die latere en hedendaagse staatlike opvattings beter te begryp. Daardie beginsels geniet dus vanweë die onaantasbaarheid daarvan die status van hoër. Middeleeuse konstitusionalisme is om minstens twee redes ʼn moeilike saak: Eerstens is die tydperk wat met Middeleeuse konstitusionalisme verbind word. . en meer bepaald die Middeleeuse konsep van konstitusionalisme ons aandag. Kragtens die uitgangspunte van die konstitusionalisme word bindende beginsels en reëls vir regsgeldige openbare magsaanwending neergelê.die voorganger van staatlikheid 21 dat daar in werklikheid gehandel word met ʼn politiek-godsdienstige vyand. Dié opvattings is ʼn kernbestanddeel van die Middeleeuse politiek-juridiese denkwêreld. Die ontwikkeling van staatlikheid as opvolger van die Republica Christiana gaan juis gepaard met die verwydering van die openbare politieke aard van godsdienstige identiteit en met die afskuif van godsdiens na die private sfeer.

maar wat bloot gevind en daarna geartikuleer of gepromulgeer word. W Ullmann . Edward Coke het byvoorbeeld swaar op die beweerde inhoud van Middeleeuse fundamentele reg gesteun as teenvoeter vir die groeiende vorstelike absolutisme van James I.63 Met inagneming van hierdie waarskuwings blyk dit nogtans korrek te wees dat Middeleeuse konstitusionalisme die volgende opvattings behels het: • volksoewereiniteit. V. Salmon (n 62 hierbo) 160-162. • regsoewereiniteit. aangesien wesenlik Middeleeuse politiek tot diep in die vroeg-moderne era van aansienlike praktiese belang was. • dat reg.. FB Artz The mind of the Middle Ages: An Historical Survey (1980) 270280. 17. Ofskoon die begrip Middeleeue dus ʼn enkele era suggereer. • dat politieke bestuur sy bestaan en legitimiteit aan ʼn bona fide kontraktuele verhouding tussen die politieke leierskap en die volk te danke het. Gough (n 63 hierbo) 13-48.3. is meerdere historiese tydvakke ter sprake en daarmee gepaardgaande ook meerdere en verskillende politiekkonstitusionele reëlings. Tweedens was die inhoud en implikasies van Middeleeuse konstitusionalisme en fundamentele reg gedurende die Engelse konstitusionele stryd van die sewentiende eeu die onderwerp van ʼn intense stryd. Sien ook in die algemeen JGA Pocock The Ancient Constitution and the Feudal Law (1957). Die aspek word meer breedvoerig in 8. Sien byvoorbeeld CH Mc Ilwain Constitutionalism: Ancient and Modern (1947) 67123.60 Dit strek trouens tot nog veel later.4 behandel. IV. hetsy as natuurreg of as gewoonte (en later as gemenereg) ʼn permanente en onveranderlike. of ten minste stadig-bewegende gegewe is wat nie aktief gemaak word nie.62 of minstens dat oormatige gesag daaraan toegedig is.22 Hoofstuk 2 feodalisme. JHM Salmon The French religious wars in English political thought (1979) 160 verwys byvoorbeeld na die legende van die Gotiese konstitusie. na die disintegrering van die ryk van Karel die Grote in die middel van die negende eeu en strek tot aan die einde van laat feodalisme teen die einde van die dertiende eeu. toe nuwe politieke magsentralisasie uit die gefragmenteerde feodale stelsel begin ontwikkel het. Veralgemenings oor Middeleeuse konstitusionalisme kan dus nie sonder meer gemaak word nie. VI. JW Gough Fundamental law in English constitutional history (1955) 14-15. AJ Carlyle A History of Medieval political theory in the West (1928) Vol III.64 60 61 62 63 64 Van Wyk & Spies (n 1 hierbo) 147.61 Heelwat skeptiese stemme het aangevoer dat die geldigheid van die fundamenteelregtelike aansprake onder verdenking is en dat Middeleeuse konstitusionalisme mitologies voorkom.

Republica Christiana . gaan hand aan hand met die opvatting dat die reg wesenlik permanent is. Sien ook verder in die algemeen Pocock (n 63 hierbo).71 64 65 66 67 68 69 70 71 Medieval Political Thought (1965) 145-158. P Vonogradoff The legacy of the Middle Ages (1926) 287-319. JGA Pocock The Machiavellian Moment: Florentine Political Thought and the Atlantic Republican Tradition (1975)16-24. aan die instemming van die volk onderworpe is. ’n eienskap van die volk is. maar bloot verklaar oftewel geartikuleer en gepromulgeer is. Carlyle (n 64 hierbo) Vol III 41. impliseer dus tegelyk dat die volk ook soewerein is. Sabine (n 2 hierbo) 202-223. asook met die oortuiging dat die reg nie geskep nie. As ʼn inherente eienskap van die volk was die reg net so blywend soos die volk self. Die owerheid — in Middeleeuse terme die koning of die keiser in raadplegende verhouding met sy raad70 — is verbind tot die toepassing van daardie reg waarop daar met die volk ooreengekom is. JP Verloren van Themaat Staatsreg (1956) 18-25. net soos verandering en ontwikkeling van die volk self. 45-46. Sabine (n 2 hierbo) 204.67 Die opvatting dat die reg ʼn eienskap van die volk is. Tacitus deel ons mee dat die Germaanse konings se gesag nie arbitrêr of absoluut was nie. Joubert (n 64 hierbo) 33. Die reg was inderwaarheid nie die produk van die volkswil nie.66 Volgens die Germaanse en vroeg-Middeleeuse opvattings kleef die reg aan die gemeenskap. die reg in die gestalte van die geykte volksgewoontes was eerder as’t ware ʼn eienskap van die volk. maar by meer gewigtige aangeleenthede is die hele gemeenskap betrek. Verloren Vasn Themaat (n 64 hierbo) 19 voetnoot 10. Die mededelings van Tacitus oor sekere Germaanse gebruike bevat die eerste rapport oor volksoewereiniteit. 148.die voorganger van staatlikheid 23 Die vier opvattings is onderling verweef en kan sinvol gesamentlik bespreek word. A Vincent Theories of the State Theories of the State (1987) 77-118. O Gierke Political Theories of the Middle Ages (Engelse vertaling deur RW Maitland) (1938). Vol V 83 Ullmann (n 64 hierbo) 152-3. Volksoewereiniteit impliseer uiteraard dat magsuitoefening in welke vorm ook al. Om te verklaar dat die reg soewerein is. 33-41.65 Die verantwoordelikheid vir besluitneming oor minder belangrike aangeleenthede was op die skouers van hoofmanne wat na bespreking besluite geneem het. Dit beteken egter nie dat die volk die aktiewe skepper van die reg was nie. .183-4. inteendeel. Tacitus (n 65 hierbo) 101–2. Carlyle (n 64 hierbo) Vol III 67-9. soos vermeld. 154.68 Die reg word beleef as ʼn kultuurproduk wat heg met die volk self verweef is.69 omdat die reg. Die verandering van die reg kom onbeplan en onopgemerk voor. Tacitus The Agricola and the Germania (1970) 107. CP Joubert ‘Die gebondenheid van die soewereine wetgewer aan die reg’ (1942 5 THRHR 7.

wys daarop dat die absolutistiese elemente van die Romeinse keiserlike reg nooit saam met die Romeinse privaatreg geresipieer is nie en verwys na die RomeinsHollandse skrywer. Sien byvoorbeeld W de Vos Regsgeskiedenis (1992) 52 et seq. In Engeland is die opvatting gehuldig dat die koning aan die common law. Gierke (n 64 hierbo) 40. Hierdie absolutistiese tendense het in Engeland die geringste impak gehad. Sien hieroor byvoorbeeld DH van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse Reg (1983) 8 et seq. onderworpe was. Joubert (n 64 hierbo) 47. oftewel die algemene reg van die land. Wanneer die keiser sy kontrakverpligtinge versaak. Daar is egter ook ʼn ander noemenswaardige tradisie in die regsontwikkeling sedert die Glossatore. en dat soos daar in hoofstuk 3 geargumenteer word. CP Joubert.74 Daarvolgens is sekere tekste in die Corpus Iuris Civilis van Justinianus op so ʼn wyse vertolk dat dit die konsep van volksoewereiniteit ondersteun het. waarna die volk geregtig is om die 72 73 74 75 76 Verloren Vasn Themaat (n 64 hierbo) 22-3. Die Glossatore neem die voortou met die hernude bestudering van die Romeinse reg van die Corpus Iuris Civilis in die tydperk 1100 tot 1260.75 Die populus was steeds verhewe bo die imperator. verval die regsoorsaak van die usus. dit in latere Europa die ontwikkeling van absolutisme help stimuleer het. wat verklaar het dat die absolutistiese beginsel van princeps legibus solutus est nooit vanuit die Romeinse reg in die Nederlande opgeneem is nie. met die gevolg dat volksoewereiniteit daar die duursaamste was. Dit het later onder druk van opvattings oor die goddelike reg van konings en absolutistiese elemente van die Romeinse reg onder druk gekom. Groenewegen.72 Die Afrikaanse juris. Die resepsie het vernaamlik op die privaatreg (ook nie alles nie) betrekking gehad en het klaarblyklik nie die publiekreg ingesluit nie.24 Hoofstuk 2 Volksoewereine opvattings is oor die verloop van die Middeleeue oor die hele Europa en Engeland gehuldig en is onder andere in die sestiende eeu weer energiek herformuleer.73 Dit is weliswaar so dat die Romeinse reg ʼn sterk absolutistiese inslag gehad het. Volgens hierdie tradisie is die legitimiteitsbron van keiserlike heerskappy die volkswil.76 Otto Gierke verduidelik hoe sommige Glossatore ʼn suiwer vorm van volksoewereiniteit uit die Corpus Iuris Civilis gekonstrueer het. Die oorsprong van die common law was die gewoontes van die volk. Gierke (n 64 hierbo) 43-44. die populus behou steeds sy soewereiniteit (imperium) en kon te eniger tyd weer self die uitoefening van gesag hervat. Joubert (n 64 hierbo) 19-22. . Die volk bly soewerein en staan ingevolge ʼn ooreenkoms met die keiser bloot die gebruik (usus) van sy soewereiniteit aan die keiser af. soos dit uitdrukking gevind het in ʼn kontrak waardeur die volk voorwaardelik sy gesag aan die keiser opgedra het en sigself voorwaardelik aan die keiser onderwerp het.

die voorganger van staatlikheid 25 ooreenkoms met die keiser op te sê en die keiser van sy pligte te onthef. Die maatstawwe is ook op die gesagsuitoefening van die pous van toepassing. des te beter dit teen skending verskans is. Vergelyk hieroor AP d’Entrèves Natural Law (1970) 52. Die Vastelandse opvattings is meer ideëel en rasionalisties omdat die soewereine regsbeginsels dikwels met die natuurreg vereenselwig is. neerslag gevind.77 Die oorsprong van soewereiniteit is die volk en daarom word die begrip volksoewereiniteit gebruik. 184.81 Die Engelse spesie van regsoewereiniteit het op sy beurt baie sterk in die geykte gewoontes van die gemenebes (commonwealth). Die opvatting dat politieke mag gedurende die Middeleeue arbitrêr uitgeoefen is. 179 (nota 273). Carlyle verduidelik dat regsoewereiniteit so goed gevestig was dat politieke gesagsuitoefening daarsonder eenvoudig ondenkbaar was. Gierke (n 64 hierbo) 84. van naderby beskou.80 Wat die strekking en inhoud van die soewereine reg betref. .Republica Christiana . Gierke (n 64 hierbo) 45-46. Vincent A 1987 77-80 verduidelik dat die ancient constitution ’n belangrike variant van die leerstuk van konstitusionalisme is. ontleen. Die rasionalisme moet egter ook nie te geredelik aanvaar word nie. Gierke (n 64 hierbo) sê dat die Germaanse staatsopvatting die van die regstaat was. Carlyle (n 64 hierbo)Vol III 38. naamlik regsoewereiniteit. 174 (nota 257). oftewel oppergesag van die reg wat ook aan die Germane toegedig word. Sien ook Pocock (n 63 hierbo) 16 ev wat beskryf hoe daar ingevolge die denkwyse kragtens die ancient constitution geredeneer is dat hoe meer antiek ’n reg is.79 beteken dat owerheidsgesag aan die reg ontleen word en dat alle gesagsuitoefening aan die geldigheidsmaatstawwe van die reg onderworpe is. oftewel die common law of the land. sowel uit die filosofie as uit werk van die Kommentatore van die Corpus Iuris Civilis. en as die soewereine maatstaf vir die geldigheid van owerheidsoptrede gedien. neig die Vastelandse en Engelsregtelike opvattings in ʼn mate in teenoorgestelde rigtings.83 Regters moes statute en owerheids77 78 79 80 81 82 83 Gierrke (n 64 hierbo) 45-46. as formeel nietig beskou het. is geheel en al ongegrond. aangesien ook die sogenaamde rasionalistiese natuurreg baie lank nie vanself uit die rede gespreek het nie maar wel met die volksgewoontes en oortuigings. Dit funksioneer as ’n outonome konserwatisme wat sy gesag by uitstek aan die tradisies wat sedert menslike heugenis bestaan het. of met alledaagse ervaring vereenselwig is. Die opvatting is byvoorbeeld waarneembaar in die denke van Edmund Burke.82 Wat die Vastelandse stroming betref. siteer Gierke ʼn indrukwekkende hoeveelheid gesag. Daaruit blyk dit duidelik dat die hoofstroom van Middeleeuse regs/politieke teorie alle optrede van maghebbers wat strydig met die natuurreg was. Vervolgens word die sentrale begrip van Middeleeuse konstitusionalisme. Vol V 36 Verloren Van Themaat (n 64 hierbo) 24.78 Die beginsel van regsoewereiniteit. Salmon (n 62 hierbo) 160.

Die voorkeurstatus van soewereine regsbeginsels is afgelei uit die oortuiging dat die beginsels ʼn outonome bestaan gevoer het en nie deur die politieke owerhede (die staat) daargestel is nie. 189. Daarom is nie slegs die beroemde Magna Carta in 1215 in Engeland aangeneem nie. Volgens Van Zyl (n 74 hierbo) 69 het die Sachsensopiegel wat die reg van die Saksiese stam weergegee het. In dié eedsverklarings het die koning hom aan die reg. . 40) waarin verklaar word dat die koning na sy verkiesing moet beloof om die reg van die koninkryk in stand te hou. 184.26 Hoofstuk 2 optrede wat teenstrydig met die natuurreg was. Gierke (n 64 hierbo) Gierke (n 64 hierbo) 85. Inteendeel.88 Met die beëindiging van die feodale era en die toenemende sentralisering van mag in die persoon van die monarg het dit nodig geword om nuwe maatreëls te tref om regsoewereiniteit te bestendig en om die opkomende vorste in weerwil van hulle relatief belangrike posisie teenoor die adel (en die volk) steeds aan die reg onderhewig te hou. Carlyle (n 64 hierbo) hoofstuk 20. onderwerp en hom daartoe verbind om die reg in stand te hou. met die vors wat per definisie onderdanig aan die reg.90 In Engeland is daar ʼn lang tradisie van pleitbesorgers vir die regsoewereiniteit van die common law wat figure soos Henry Bracton. dit het die politieke owerheid voorafgegaan.w. 143-144 (notas 129-130). Carlyle (n 64 hierbo) Vol III 115-6. d. soos vervat in die volksgewoontes opgetree het — teenoor die tiran wat dit juis verontagsaam het.87 In die praktyk het die beginsel van regsoewereiniteit in die kroningsede neerslag gevind. Sabine (n 2 hierbo) 207-208.89 asook die Hongaarse Goue Bul in 1222. omstreeks 1215-1235 verskyn. K Stern ‘The genesis en evolution of European-American constitutionalism’ (1985) XVIII CILSA 187. die Joyeusse Entrée in die Nederlande in 1356.s. Joubert (n 64 hierbo) 38.84 Die onderskeid tussen die tiran en die ware vors is trouens een van die mees geykte onderskeidinge van die Middeleeuse politieke en konstitusionele denke. maar ook soortgelyke konstitusionele prototipes soos die Handves van Leon in 1188. 84 85 86 87 88 89 90 Gierke (n 64 hierbo) 84.85 Die soewereine reg het nie bloot die status van etiese norme gehad nie. Sodanige optrede was ook nietig met betrekking tot die individue wat deur die optrede geraak is. Artz (n 64 hierbo) 278. JH Mundy Europe in the High Middle Ages (1973) 405-6. was individue wat daardeur gely het. Indien owerheidsoptrede enigsins tiranniek van aard was. geregtig om hulleself teen die owerheid te verset. insluitende die gemenereg. Die belang van die kroningsede blyk ook uit die feodale Sachsenspiegel in Duitsland (Carlyle (n 64 hierbo) 3. Vgl. in dieselfde tydvak as waarin die reg van ander Germaanse stamme opgeteken is. die Kulmer Handveste in 1233. as nietig behandel.86 Konstitusionele beginsels is as volwaardige reg beskou en kon daadwerklik teen onregmatige optrede gebruik word. Gierke (n 64 hierbo) 74-75.

94 tweedens was daar die onderskeid tussen verordeninge van administratiewe prosedure en die afbakening. Geen absolutisme geld by laasgenoemde nie en op hierdie terrein word die onderneming wat met die kroningseed gedoen word om die reg te eerbiedig. . is dit egter heel anders gesteld.91 Hy maak enersyds sy beroemde stelling oor regsoewereiniteit en teen vorstelike absolutisme deur te verklaar dat die koning aan die reg onderworpe is. Nor is that to the contrary when it is said quod principi placet legis habet vigorem. Binne die veld van regering mag die koning diskresionêr optree. Mc Ilwain (n 64 hierbo) 67-80.95 Regering het te make met die handhawing van orde in die gemeenskap.97 Met hierdie onderskeid wat herinner aan die moderne onderskeid tussen die wetgewende en uitvoerende gesag is die beginsel van regsoewereiniteit in stand gehou. Eerstens was daar die onderskeid tussen regering (gubernaculum) en jurisdiksie (jurisdictio).96 Met jurisdictio wat met die definiëring van die regte van die burgery te make het. Joubert (n 64 hierbo) 36.Republica Christiana . Thomas Smith. Therefore it is not anything rashly presumed by will of the king. Edward Coke insluit. Die Engelse juris. Dit is die raison d’être van koningskap. natuurlik. that what has been rightly defined with the king’s authorization on the advice of his magnates after deliberation and conference concerning it. anders is sy handelinge ultra vires en gevolglik nietig. streng toegepas. Mc Ilwain (n 64 hierbo) 85. For the king has no other power in his hands since he is the minister and vicar of God save that alone which he has of right (de jure). 91 92 93 94 95 96 97 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 72. Mc Ilwain (n 64 hierbo) 72. In hierdie veld moet die koning kragtens die reg optree.die voorganger van staatlikheid 27 John Fortescue. oftewel die definiëring. skryf in tipies Middeleeuse en sterk godsdienstig geïnspireerde styl. Mc Ilwain (n 64 hierbo) 82-83. for there follows at the end of the law cum legis regia quae de imperio eius lata est (together with the lex regia which has been laid down concerning his authority). Mc Ilwain (n 64 hierbo) 84. Richard Hooker en.93 McIlwain los die teenstrydigheid op deur te wys op twee basiese onderskeide wat in Middeleeuse konstitusionele denke getref is. Bracton (sterf 1268). Sy werk veroorsaak dikwels vertolkingsprobleme weens wat vir die moderne leser onverstaanbare teenstrydighede blyk te wees. van regte.92 Daarenteen verklaar hy egter ook dat die koning aan geen menslike wil onderhewig is nie en kragtens sy eie oordeel mag regeer. Mc Ilwain (n 64 hierbo) 70.

Dit was nie gebaseer op ideëele rede. Sir Thomas Smith (1542-1577).101 Dit bly ʼn omstrede vraag in welke mate die Engelse common law inderdaad die status van fundamentele reg gehad het en as geldigheidsmaatstaf vir vorstelike optrede aangewend is. legis habet vigorem).98 JGA Pocock se oordeel. Daar het ʼn intieme verhouding van wedersydse afhanklikheid en hulpverlening tussen leenheer en leenmanne bestaan. Joubert (n 64 hierbo) 38. tref die Engelse juris. nie deduktief-rasionalisties bepaal nie. is dat die Middeleeuse opvattings oor konstitusionalisme sterk republikeins geneig het.103 ʼn Belangrike eienskap van die vroeg Middeleeuse konstitusionalisme is dat dit ʼn kontraktuele inslag gehad het. John Fortescue (1390-1479) inhoudelik dieselfde onderskeid as Bracton en deel ook laasgenoemde se standpunte. Wetgewing (en regspraak) behoort nie binne die koning se bevoegdhede te val nie. Richard Hooker (1553-1600) en sir Edward Coke (1552-1634) is latere eksponente van hierdie lang Engelse tradisie. Hoe langer ʼn gewoonte bestaan. (Sien hoofstuk 3). met uitvoerige verwysing na Fortescue. des te beter is die kwaliteit daarvan. Sien byvoorbeeld Gough (n 63 hierbo) 12-48 asook die bespreking van judisiële hersiening in hoofstuk 8. Ervaring en gewoonte is die grondslag van demokraties-republikeinse regering. Daarvolgens het dít wat die vors behaag die status van reg.100 Fortescue verwys in die besonder na die Romeinsregtelik gebaseerde wilsteorie wat in sy tyd in Europa opgang begin maak het. Met die eerste oogopslag 98 99 100 101 102 103 Mc Ilwain (n 64 hierbo) 89-90.en regsoewereiniteit en die gepaardgaande regterlike hersieningsbevoegdheid (al is dit in ʼn rudimentêre vorm) reeds vroeg met groot deernis in die Engelse regsdenke gekoester is. Die beginsel is egter nie in die Engelse staatsreg opgeneem nie en die Engelse vors is wel aan die reg gebonde.28 Hoofstuk 2 Ofskoon hy ander terme gebruik. Reg en regering is volgens hom gebaseer op die gewoontes en gebruike van die totale gemeenskap oor ʼn lang periode. dit wil sê die latere absolutistiese tydvak van die Romeinse ryk. Pocock (n 64 hierbo) 9-30. Hierdie Romeinsgebaseerde beginsel dateer uit die Dominaat.102 Desnieteenstaande is dit volgens Fortescue (en Bracton) duidelik dat die beginsels van volk. omdat dit nie deur gewoonte en ervaring onderlê word nie.99 Dienooreenkomstig leer Fortescue dat die Engelse vors slegs met parlementêre instemming wette kan maak en belastings kan hef en dat die regters kragtens hulle eed verplig is om die reg toe te pas selfs al sou die koning uitdruklik anders gelas. . Joubert (n 64 hierbo) 38-41. Joubert (n 64 hierbo) 37. (Quod principi placuit. maar gefundeer in almal se gesamentlike ervaring. Dit is by wyse van ʼn kontraktuele verhouding tussen hulle gereël.

Carlyle (n 64 hierbo) 28. Volgens eersgenoemde is die koning ʼn party tot ʼn regsverhouding met sy ondergeskiktes. Hy is onderhewig aan die ooreenkoms en sy vasalle is trou aan hom verskuldig. Ullmann (n 64 hierbo) 149-150. word die vasalle daarop geregtig om daaruit terug te tree. met dien verstande dat die leenheer ook sy verpligtinge teenoor die vasal gestand sal doen. Ullmann (n 64 hierbo) 146-8. is dat dit contra-absolutisties is. Indien die ooreenkoms deur die koning of die leenhere verbreek word.105 Die een ding wat hierdie kontraktuele verhouding en volk. Ek is dit heeltemal met Harold Berman eens dat ons hier inderdaad met ’n konstitusionele reëling te doen het. Hierdie verhouding het geformaliseerde beslag gedurende die 104 105 106 107 108 109 110 111 Carlyle (n 64 hierbo) 21. Ingevolge sy ooreenkoms met sy vasalle.107 Die Magna Carta is tekenend van die kontraktueel gefundeerde feodale koningskap.1.104 Feodale verhoudings was egter wesenlik kontraktueel van aard. maar veral die verdeling van gesag tussen die . Sien die bespreking van hoogverraad in hoofstuk 9. moet ons natuurlik ook na ’n ander — waarskynlik die mees geformaliseerde — konstitusionele reëling van Middeleeuse Christendom in Wes-Europa verwys.106 Hierdie feodale kontrakgedrewe koningskap is mettertyd deur ʼn absolutisties-teokratiese (vervat in denkbeelde soos die goddelike reg van konings en later in sekulêre vorstelike absolutisme) vorm van koningskap uitgedaag.110 Bykomend tot wat tot dusver aangeroer is.108 Dit is in die persoonlike aard van die verhouding tussen die vasal en die leenheer dat die verskil tussen die destydse feodale verhouding en die latere onpersoonlike legalistiese verhouding tussen trouverskuldigde en die staat lê.Republica Christiana . teenstrydig. Daarvolgens het die vasal sekere verpligtings teenoor die leenheer gehad. Volgens laasgenoemde staan die koning bo en buite die gemeenskap en kan hy onbelemmerd en na willekeur reg skep.109 Die feodale verhouding verskil ingrypend van die staatlike verhouding: It was an element that was very difficult to reconcile with the national idea and with the national constitution. slegs vir sover hy die ooreenkoms eerbiedig.en regsoewereiniteit in gemeen het. Carlyle (n 64 hierbo) 21 Ullmann (n 64 hierbo) 147.die voorganger van staatlikheid 29 lyk ʼn persoonlike verhouding enersyds. waarvolgens hy alleen met hulle instemming reg kan skep. teenoor ʼn kontraktuele reëling aan die ander kant. staan dit die koning nie vry om te maak soos hy wil nie. Nie net die gesagstoedeling binne die kerk (kragtens die kanonieke reg) nie. Dit is die konstitusionele reëling111 tussen die kerklike en wêreldlike gesagsfere: in die besonder die verhouding tussen die kerk en die ryk.

30 Hoofstuk 2 pouslike rewolusie gekry. waaroor die keisers teen daardie tyd reeds geruime tyd beslis het. Die rewolusie is derhalwe as ’n herstel van (en regstelling) van ’n eertydse orde regverdig.113 Gedurende die middel van die elfde eeu het opeenvolgende keisers juis weer ’n stewige greep op die kerk uitgeoefen. het daar vanuit die kerk weerstand hierteen opgebou115 en toe Gregorius uiteindelik pous word. pous: 1073-1085) ’n aanvang geneem en is uiteindelik in 1122 met die Konkordaat van Worms voltrek. Voor die pouslike rewolusie het keisers dikwels pouse aangestel en afgedank. Volgens die dekreet sou die pous sonder keiserlike voorskrif deur die senior ampsdraers van die kerk aangewys word. Benewens die aanstel van die senior kerklike ampsbekleërs. Hulle het kerklike sinodes belê en daarin voorgesit en van tyd tot tyd selfs kanons van sowel ’n teologiese as ’n juridiese aard neergelê. Hulle het ook ander hoë kerklike ampsdraers aangestel. Berman (n 38 hierbo) 484. which permeated the entire system of the canon law.116 in teenstelling met die vryheid wat dit later teenoor die ryk prysgegee het. Soos Berman (n 38 hierbo) 213-214 sê: ‘The very separation between ecclesiastical and secular authority was a constitutional principle of the first magnitude. Trouens. ’n Kerkvergadering. het in 1059 vir die eerste maal verklaar dat die pous deur die kardinale van die kerk verkies moet word. Elkeen se gesag is afgebaken en beperk. . Onder die aanvoering van keiser Hendrik IV het die ryk sigself teen hierdie dekreet verset en Gregorius onder meer as ’n vals pous afgemaak. Sien Berman (n 38 hierbo) 91.114 Dit het die kerk toenemend ’n onderdeel van die ryk gemaak en sterk herinner aan die ondergeskikte posisie wat die Oosterse Ortodokse kerk van Konstantinopel jeens die ryk beklee het. het die pous hiermee die integriteit van die kerk as ’n korporatiewe struktuur vry van wêreldlike gesag probeer vestig. is opeenvolgende pouse bowendien deur die keiser ontslaan en met pouse van sy eie keuse vervang. Dit dra al die eienskappe van ’n eg konstitusionele reëling. in die honderd jaar voor 1059 toe die kerk vir die eerste maal teen lekeinvestituur vasgeskop het. Baie tipies nie net van die pouslike rewolusie nie. het hy spoedig ’n pouslike dekreet (Dictatus Papae) uitgereik waarvolgens die kerk sigself van die ryk en die keiser bevry het. Met ’n beroep op wat die posisie van die kerk vroeër sou wees. In die jare voordat Gregorius pous geword het. maar ook van daaropvolgende rewolusies soos die Lutherse rewolusie. Sien Berman (n 38 hierbo) 112-3. Sien Berman (n 38 hierbo) 94. Dié rewolusie112 het aan die begin van die pousdom van Gregorius VII (Hildebrand. was Hendrik uiteindelik 111 112 113 114 115 116 kerk en die ryk is ten gevolge van die pouslike rewolusie gereël. wat deur pous Nicolas II belê is. is die legitimiteit vir hierdie rewolusie in die praktyke van die verre verlede gesoek. het die keiser 21 van die 25 pouse van daardie era self aangestel en verskeie afgedank. terwyl die aanstelling van kerklike ampsbekleërs binne die jurisdiksie van die pous en pertinent buite die gesag van die keiser geplaas is. waarop Gregorius op sy beurt met die ekskommunikering van Hendrik teruggeslaan het.’ Berman (n 38 hierbo) 99 et seq verduidelik breedvoerig waarom dit inderdaad ’n volskaalse rewolusionêr was. Verswak deur bondgenote wat teen hom gedraai en hulle by die pous geskaar het.

Vroeër het dit te doen gehad met die verhouding tussen die aardse en hemelse sfere waarin Christene hulle bevind het.Republica Christiana . finaal verval. sakemoraliteit en dergelike ander sake uitgeoefen. Die vestiging van ’n eie regstelsel vir die kerk is die duidelike merkteken van die kerk se outonomie los van die ryk. Hoewel dit as deel van die rykskerklike geheel uiteraard ’n Christelike ryk was.117 Die kerk het hiermee sy posisie gekonsolideer en onder meer na aanleiding van die werk van Gratianus sy eie regstelsel — die kanonieke reg — gekry. Die kerk as ’n aardse korporatiewe politieke en regsentiteit het die geestelike swaard gedra en dié swaard het nie net met die hiernamaals te doen gehad nie. Dit het uiteindelik met die vestiging van territoriale state en die Lutherse Hervorming. wat in hoofstuk 3 bespreek word. Dié reëling het met die opkoms van die dinastiese state onder druk gekom. Dié kompromie het die vryheid van die kerk bevestig en finaal aan die konstitusionele reëling vir die Republica Christiana beslag gegee: daar sou na dese ’n duidelik omskrewe verdeling van gesag tussen ryk en kerk wees. familieverhoudings. hou vol dat die pous as opvolger van Petrus oor alle kerklike én wêreldlike sake waar die sonde ter sake is. jurisdiksie het. Hy beskou die wêreldlike mag van die keiser as heeltemal ondergeskik aan die mag van die pous want dit 117 118 Berman (n 38 hierbo) 521. Berman (n 38 hierbo) 202-3. In dié verhouding was die kerk bloot die gemeente van (tydelike) pelgrims na uiteindelike ewige redding. Dit het nou egter ’n nuwe formulering gekry. die bedrywighede van kerklike ampsdraers.die voorganger van staatlikheid 31 verplig om bes te gee. Innocentius III (pous: 1198-1216). Gregorius VII het as deel van die kerk se aansprake teen die keiser ook verklaar dat die pous die bevoegdheid het om oor sowel kerklike as wêreldlike sake te oordeel. Dit het daarbenewens ook gesag oor ’n klomp sake van hierdie wêreld. . ofskoon daar terselfdertyd ook hegte samewerking tussen die twee entiteite as komponente van een rykskerklike geheel sou wees. waarskynlik die magtigste van al die pouse. Voortaan het dit ’n politieke en meer bepaald ’n konstitusionele karakter verwerf in die sin dat dit die aardse magsterreine tussen die kerk en die ryk — pous en keiser — gereël het. Die stryd tussen pous en keiser — opvolgers van die twee aanvanklike teenstanders — het in 1122 met die Konkordaat van Worms op ’n kompromie uitgeloop. Die leerstuk van die twee swaarde het weliswaar reeds lank voor die pouslike rewolusie bestaan.118 Aan die ander kant was die ryk. Op hierdie wyse is daar as ‘t ware ’n konstitusionele reëling tussen die kerk en die ryk getref. kon dit in die lig van die kerk se outonomie oor geestelike sake op die wêreldlike sy — die politiek — konsentreer. soos die beheer van kerkeiendom.

32 Hoofstuk 2 is die pous wat die imperiale kroon van Byzantium na die Weste verplaas het en wat meegebring het dat die keisers hulle mag deur die grasie van die pous uitgeoefen het.121 119 120 121 Copleston (n 42 hierbo) 294. . Volgens hierdie denkwyse het God nie die mens vir die wêreld gemaak nie. Hiervolgens moes wêreldlike (politieke) mag onder die toesig van die pous uitgeoefen word. maar vir die hiernamaals.120 Bowendien het die teologies dominante denkwyse van die Middeleeue die kerk se politieke magsaansprake ondersteun. bereik die pouslike politieke aansprake met die promulgering van die Bul Unam Sanctum in 1302 ʼn teoretiese hoogtepunt gedurende die pousdom van Bonifacius VIII (pous: 1294-1303). Copleston (n 42 hierbo) 295.119 Ofskoon die wêreldlike mag wat Innocentius III uitgeoefen het nooit deur enige ander pous oortref is nie. Copleston (n 42 hierbo) 303. en was dit die plig van die kerk om die verwesenliking van dié oogmerk te bewerkstellig.

Religie was gedurende die Middeleeue so omvattend en deurdringend dat ʼn blote konstitusionele aanpassing. soos in hoofstuk 2 verduidelik. soos in hoofstuk 2 bespreek. wat op sy beurt ’n bydraende faktor tot die ontwikkeling van die territoriale staat was. sekularisasie. soos E-W Böckenförde dit raakvat: . Society and Liberty (vertaling uit die Duits deur JA Underwood) (1981) 26 et seq. onvoldoende sou wees om die territoriale staat en staatlikheid tot stand te bring.2 Die ontwikkeling van die staat en die gepaardgaande staatlike logika is die produk van sekularisasie. the detachment of the political order as such from its spiritual and religious origin and evolution.. E-W Böckenförde State.. Dié rewolusie het by implikasie egter ook die saad van die bevryding van die ryk van die kerk gesaai en kan as die grondslag vir die sekularisering van die politiek beskou word.3 wat godsdienstige en kerklike onderhorigheid opsy geskuif en ʼn lewenswyse vry van godsdienstige voorskrif en kerklike beheer ingelui het. die kerk van die ryk — van die wêreldlike politieke gesag — bevry. Wat verder moes gebeur — en inderdaad gebeur het — was. spreek dit vanself dat die totstandkoming van staatlikheid noodwendig deur ʼn diepgaande proses van sekularisasie voorafgegaan moes word.4 Teen die agtergrond van die volslae religieuse lewensuitkyk en bestaanswyse van die Middeleeuse Republica Christiana.3 HOOFSTUK VERVAL EN WEGBEREIDING: DIE VERTREK VAN DIE REPUBLICA CHRISTIANA EN DIE NADERENDE KOMS VAN STAATLIKHEID 1 Sekularisasie. with its becoming temporal in the sense of quitting an ostensibly homogeneous and religious and political context to 1 2 3 4 Sien in die algemeen HJ Berman Law and revolution: The formation of the Western legal tradition (1983). staatsvorming en merkantilisme het sigself egter veral vanaf die laatMiddeleeue met mening begin voltrek.1 ’n Gelyklopende proses van individualisering. 33 . E Bodenheimer Jurisprudence: The philosophy and Method of Law (1962) 32–34. Renaissance en Humanisme Die pouslike rewolusie van die laat elfde eeu het. in die sin van die meganiese wysiging van politiek-juridiese reëls. Böckenförde (n 3 hierbo) 27.

Presterende persoonlikhede tree ook in aansienlike getalle op die voorgrond.34 Hoofstuk 3 find an aim and identity of its own. Aan die einde van hierdie hoofstuk word beskryf waarom hierdie staat nog nie die volle sekulariseringspad bewandel het nie en wat kortgekom het om die roete te voltooi. stressed its snares and evils and smothered the individual with a host of confining rules and prohibitions. Die gesamentlike effek van hierdie faktore is die half gesekulariseerde6 dinastiese staat wat teen die middel van die sestiende eeu die lig sien. die ontwikkeling van die absolutistiese stroming in die Romeinse reg.7 Die mens self word nou die onderwerp van belangstelling soos gedemonstreer deur die opkoms van allerlei nuwe genres in hierdie tyd: die biografie. die politieke filosofie van dié oorgangstydvak. to savor the opportunities of this world and to be himself regardless of restrain. die skugter en na-binne-gerigte Middeleeue was die menslike blik na bo gerig. Die kragte wat die weg voorberei het. geskiedskrywing en daarnaas ook die beeldende kunste. Gedurende die inkennige. .9 5 6 7 8 9 Böckenförde (n 3 hierbo) 27. In die ekstrovertiese — die uitgaande — Renaissance verskuif die uitkyk horisontaal na die aarde en die wêreld.5 Die totstandkoming van die staat en die bereiking van die bestemming van staatlikheid loop dus langs die weg van sekularisasie.8 Van besondere belang is dat die menslike lewe sy waarde en belangrikheid herwin het. the Renaissance beckoned man to enjoy beauty. While the medieval way taught the unimportance of life. without this aspect of the process. In ’n stemming van menslike selfvertroue verskuif die intellektuele fokus nou na wat die mens sê. E Wallback et al Civilization past and present Vol VI (1981) 401. die agteruitgang van die politiek-verdeelde politieke orde van die feodalisme ten gunste van die sentraliserende dinastieë en die breuk in die kerklike eenheid (die Hervorming). F Braudel A history of civilizations (vertaal uit Frans R Mayne) (1993) 348. poësie. in plaas van die goddelike openbaring soos tevore. Die Renaissance beleef ʼn optimistiese lewensvreugde in teenstelling met die Middeleeuse beheptheid met die dood. In fact. was die gees van die Renaissance en humanisme. it is impossible to understand the state as it has evolved and as we see it today. Die menslike gemoed was oop en vatbaar vir goddelike openbaring. or to grasp the fundamental problems of political organization that face the present-day state. and finally with the separation of the political order from Christian religion and from any specific religion as the foundation and haven. K Vorländer Gechiedenis van de wijsbegeerte Vol II (1955) 129. This development too. conceived in secular terms (a ‘political’ aim and identity). forms part of the emergence of the state.

het die algemene raamwerk verskaf waarbinne die spesifieke aspekte van sekulariteit soos die territoriale staat en die staatlike logika verwesenlik kon word. die uitvind van die drukpers in die middel van die vyftiende eeu en die gepaardgaande massaverspreiding van idees. P Smith The reformation in Europe (1962) 16-19. ʼn Nuwe Wêreld het met die Europese ontdekking van die Amerikas op die wêreldkaart verskyn.11 Godsdiens het natuurlik nie eensklaps of geheel en al van die toneel verdwyn nie. maar het wel sy algeheel oorheersende posisie prysgegee. Waarskynlik die belangrikste bydra van die Humanisme is dat dit ’n breuk met die skolastiese tradisies van opvoeding bewerkstellig het en die herontdekte Antieke in die Westerse kultuur geïnkorporeer het. Die humanistiese mensgesentreerde en wêreld-sentriese stemming van die Renaissance het egter die godsdiens-geïnspireerde Middeleeuse eenheid en universaliteit. individualisme gee uitdrukking aan die wyse waarop die nuwe waardes ervaar en nagejaag is. laat begin verbrokkel. Die wegbereiding na staatlikheid is aangehelp deur ʼn aantal belangrike sosiale veranderings gedurende die Renaissance: die ontwikkeling van die stede en die opkoms van die middelklas wat hulle dikwels in bondgenootskap met die staatlike vorste teen die kerk bevind het. opwindende Renaissance-argitektuur. Runkle (n 10 hierbo) 174.Verval en wegbereiding 35 Daar was ook rede vir optimisme en opgewektheid. sekularisasie beskryf die aard van die nuut erkende waardes. . Die gees van die Renaissance word gelei deur drie dominante temas: die herontdekking van die Klassieke erfenis (van sowel Griekeland as Rome). Smith (n 13 hierbo) 21. sekularisasie en individualisme.12 Die Renaissance en Humanisme wat die kulturele klimaat vanaf nagenoeg die tweede helfte van die veertiende eeu tot die middel van die sestiende eeu oorheers het. wat in die vorige hoofstuk aangeraak is.13 Daarmee saam beleef Europa van die middel van die vyftiende eeu die totstandkoming van ’n klomp universiteite wat mettertyd dien as die wieg van nuwe idees en van rewolusie. GR Elton Reformation Europe (1963) 63.14 Die godsdienstige 10 11 12 13 14 G Runkle A history of Western political theory (1968) 167-174. want die menslike prestasies van die tyd was ongekend en ongeëwenaard: ʼn seeweg is na Indië gevind.10 Die belangstelling in die Klassieke was die inspirasie van die nuwe gees. en sodoende ook die weg na die suksesvolle deurvoer van die Hervorming help berei het. die natuurwetenskap het ontstaan. en letterkunde in die nasionale tale. asook die beeldende kunste.

2. Terselfdertyd het die gedagte van populêre soewereiniteit binne die kerk beduidend op die voorgrond getree. wat ook deur Aristoteles beïnvloed is. aangesien dit noodsaaklik vir menslike selfverwesenliking was.) verteenwoordig die draaipunt in pouslike (en kerklike) aansprake op politieke heerskappy. word daar uiteraard na die staat in sy onderontwikkelde en rudimentêre gedaante verwys). vry van kerklike voorskrif. Hy leer ook dat daar tot die heil van die burgery van die wêreldlike staat geregeer moet word. Vir Aristoteles was die mens ʼn politieke wese en die politiek ʼn natuurlike instelling. Dit was in navolging van die stroming ten gunste van volksoewereiniteit wat. soos in hoofstuk 2 verduidelik is. Onder druk hiervan het die kerklike (pouslike) aanspraak op politieke mag begin meegee. Huss en van Martin Luther vind al drie hulle oorsprong in die nuwe universiteite.36 Hoofstuk 3 reformasies van Wyclife. deur die loop van die Middeleeue deurentyd sterk was. Dit is teweeg gebring deur die pous se politieke neerlaag teen die Franse koning. Die herontdekking en populariteit van die politieke filosofie van Aristoteles was ’n sterk impetus vir die totstandkoming van ʼn politieke domein. (1928). Bonifacius VIII (pous: 1294-1303) se Bul (sien hoofstuk 2. lewer veral twee temas op wat hier van belang is. IV. wat nouliks van mekaar onderskeibaar is. VI. Tweedens is die bykans absolutistiese magsposisie van die pous binne die kerk uitgedaag. 2 Politieke en regsdenke Die politieke denke en die regsteorie van die laat-Middeleeue en die Renaissance. soos hy algemeen bekend staan. Wat noemenswaardig is.15 Eerstens is daar in hierdie tyd met die magsverhouding tussen die staat en die kerk geworstel. (Wanneer daar in hierdie tyd van die staat gepraat word.16 Daarna het pouslike mag begin taan. W Ebenstein Great political thinkers: Plato to present (1969) 261. se werk verteenwoordig ’n belangrike moment in die skep van ’n bevryde politieke domein. . Die staat het hierby gebaat. die opkoms van die politieke filosofie van die Renaissance en natuurlik deur die vestiging van die politieke mag van die nuwe territoriale staat. Dante. se ideale staat was van hierdie wêreld. Philip V. want die politieke magsprysgawe van die kerk het die politieke magswins vir die staat beteken. Q Skinner The foundations of modern political thought (1978) Vol I. V. asook die kerklike skisma. is dat Dante geensins werk met 15 16 17 Sien in die algemeen die toonaangewende werke van RW Carlyle A history of medieval political theory in the West Vols.17 Dante Alighieri (1265-1321) of bloot Dante. FCA Copleston A history of medieval philosophy (1975) 298.

21 Dante is steeds ver van staatlikheid af. Clarke (n 19 hierbo) 64. en dus in belang van sekulariteit. sluit ook by Aristoteles aan. . Vir hom is die staat as politieke gemeenskap ook ʼn 18 19 20 21 22 Runkle (n 10 hierbo) 147-150. Die demokratiese ondertoon in die stelling is moontlik ook nie heeltemal korrek nie. Marsilius van Padua (1275-1343) voeg hom by Dante as deel van die oorgang van die Middeleeue na die moderne tyd. Bowendien dink hy nog in terme van ʼn universele ryk. dit nie Dante se oortuiging dat alle politieke mag van God afstam.22 Marsilius. Die konsep van ʼn algemene Christendom was nou onder druk. sonder om duidelik tussen die staat en die kerk te onderskei. ʼn Florentyn.20 Volgens Dante was ʼn wêreldlike politieke struktuur — vir Dante ʼn universele ryk — noodsaaklik vir die welsyn van die mens.19 Oor die radikaliteit van Dante se breuk met die Middeleeue sê PB Clarke: Prior to Dante politics had been at best an evil necessity forced upon ‘man’ by virtue of the expulsion from the paradisiacal condition and the necessities that followed from living in the fallen state. Dante argumenteer — belangwekkend vir sy tyd — dat wêreldlike gesag regstreeks van God afkomstig is. Dante rehabiliteer wêreldlike politieke aktiwiteit en verdiep sodoende die breuk met daardie tradisie in die Middeleeue. bevry van die dissipline van die kerk. acting. PB Clarke Deep citizenship (1996) 64. And at its centre was willing. Dit is aanduidend van ʼn diepgaande spanning tussen die kerk en die ‘staat’. Hierdie beskouing is waarskynlik ietwat oordrewe aangesien. wat vyandig teenoor die wêreldse aard van die politiek gestaan het. Desondanks maak hy ʼn belangrike saak uit ten gunste van die outonomie van die politiek. verreken nie. Dante se pleidooi vir die wêreldlike politiek is reëlreg in stryd met die verregaande kerklike magsaansprake van Bonifacius. Copleston (n 17 hierbo) 302. kon dit teen die veertiende eeu nie meer gedoen word nie. Ebenstein (n 16 hierbo) 265. Waar daar vroeër losweg van ʼn algemene Christendom gepraat is. Desnieteenstaande demonstreer dit die breuk met die godsdienstige hegemonie van die Middeleeue.18 maar daarenteen die Antiekwêreldse politieke deug as uitgangspunt aanvaar. The moment of expulsion which the Christian meta-narrative had made definitive of the human condition became a moment not of regret but of celebration. ʼn Wêreldlike gesag moes die vrede handhaaf. being political and enjoying that activity and condition for its own sake. Gesag word nog aan God ontleen en religieus geregverdig.Verval en wegbereiding 37 teologiese deug nie. Daar is gevolglik geen wêreldlike gesag bo die keiser nie en die keiser ontleen gevolglik nie sy gesag aan die pous wat tussen God en die keiser staan nie. Marsilius is egter ʼn veel moderner figuur as Dante. omdat dit nie met Dante se monargale oortuigings strook nie. Dante turned this entire model on its head.

38 Hoofstuk 3 natuurlike gegewe. Bartolus de Saxoferrato (1313–1357) wat aangevoer het dat die volk se magsoordrag aan die maghebbers nie absoluut was nie. 47. byvoorbeeld dié van Pierre du Bois (sterf: 1322) wat ten gunste van die superioriteit van sekulêre staatsgesag argumenteer. Hierdie beweging kan beskou word as een van die prominentste uitdrukkings van Middeleeuse konstitusionalisme. Copleston (n 17 hierbo) 312-313. Sy belang lê in die outonomie van die staat. kan ’n konstitusionele tradisie in die kerk na die laat-elfde eeu nagespeur word. Dit was nie onvoorwaardelik nie. Heelwat ander geskrifte ter ondersteuning van die gesag van die koning verskyn in hierdie tyd.24 Marsilius is ʼn outentieke eksponent van die wêreldlike politiek aangesien hy die rol van die kerk afskaal tot weinig meer as voorsiener van gemeenskapsdiens en as die skepper van morele en geestelike omstandighede wat die politieke regeerplig kon vergemaklik.26 Soos uit die bespreking van die pouslike rewolusie in hoofstuk 2 blyk. wat beteken dat die volk steeds die resterende bevoegdheid behou het om weer self as gesagvoerder op te tree.27 Hierdie populêre soewereiniteitsbeskouing is deur sowel die voorgangers as die belangrikste woordvoerders van die Konsiliebeweging soos Jean van Parys. 1414-1625 (1960) 41. AJ Antonitus ‘Die filosofie van die konsilibeweging’ in AM Faure et al (reds) Die Westerse politieke tradisie (1981) 139. Copleston (n 17 hierbo) 309. William van Ockham. Die saak van die Konsiliebeweging was dat die kerk ʼn korporatiewe entiteit van die gemeenskap van gelowiges is. Hierdie outonomie kon slegs verwesenlik word indien die kerk as supranasionale politieke instelling verwerp word en tot ʼn departement van die staat beperk word. Kerklike regering moet ook minstens gedeeltelik behartig word deur rade waarin die gewone kerkvolk verteenwoordig word.23 Ofskoon Marsilius ook skriftuurlik gebaseerde argumente gebruik het. terwyl die kerk in belang van vrede onder politieke gesag geplaas word. JN Figgis Political thought from Gerson to Grotius. .25 Binne die kerk het die pouslike plenitudo potestas (absolute gesag) ook teenstand ontlok wat uiteindelik in die veertiende eeu op die Konsiliebeweging uitgeloop het. 23 24 25 26 27 Copleston (n 17 hierbo) 309. Die Konsiliebeweging was derhalwe nie die oorsprong van konstitusionalisme in die kerk nie. maar eerder op die algehele outonomie van die staat — van die politiek. Dit sluit aan by ’n tradisie wat reeds gevestig was. waarin almal — geestelikes en leke — gelyk gedeel het. Die Konsiliebeweging is sterk beïnvloed deur die Romeinsregtelike juris en voorste geleerde onder die Kommentatore. was sy fokus nie op teologiese bespiegeling nie. Sien Artz The mind of the Middle Ages: An historical survey (1980) 126). Dit is juis voorwaardelik.

Die mislukking van die Konsiliebeweging om die pous te weerstaan en ʼn mate van federalisme in die kerklike regering in te bou. Figgis (n 26 hierbo) 41-71 en veral 67-68. Zabarella en Nicolas de Cusa aangegryp. as woordvoerder van die Konsiliebeweging. O Gierke Political Theories of the Middle Ages (Engelse vertaling deur RW Maitland) (1938) 19. Johannes Gerson. Hierdie gedagterigting is die onmiskenbare voorloper van die breuk in die kerk deur die Kerkhervorming van die sestiende eeu. naamlik om uiteindelik die Westerse kerklike eenheid heeltemal te vernietig en sodoende die weg te baan vir die vestiging van (sekulêre) staatsgesag. Dit het die kerk se posisie teenoor die van dié staat verswak. Soos Neville Figgis dit stel. die rewolusionêre opsie van Calvyn se hervorming genoodsaak en moontlik gemaak. Wyclife slaan die geestelike waardigheid van die kerk so hoog aan dat hy daarvan oortuig is dat die kerk sigself geensins met wêreldlike sake moet bemoei nie.31 Wyclife se afkeer van kerklike eiendomsbesit32 het dieselfde effek. . het die mislukking van die konserwatiewe verandering soos bepleit deur Gerson.34 28 29 30 31 32 33 34 Antonitus (n 27 hierbo) 140-144. T van Wyk en SB Spies Western Europe from the decline of Rome to the Reformation (1985) 298. ’n Vollediger lys van die belangrikste woordvoerders word op 55 deur Figgis weergegee. Sien byvoorbeeld Wallback (n 7 hierbo) 382. ʼn Verdere bydrae tot die stroming teen die wêreldlike gesag van die kerk kom vanuit die universiteite. Prominent in hierdie verband is die figure John Wyclife30 (1320-1384) van Oxford en Johannes Huss (1369-1415) van Praag. het die gaping gelaat vir die latere Kerkhervorming met sy veel radikaler implikasies. Wanlass (n 31 hierbo) 137.33 Die kerk moes volgens Wyclife en Huss ʼn inwaartse rol ter wille van die uitverkorenes speel.29 Ten spyte van die politieke mislukking van die Konsiliebeweging binne die kerk het die beweging ʼn belangrike invloed op die verhouding tussen die staat en die kerk uitgeoefen. moet die staat die beheer van sulke optrede oorneem. Die effek van hierdie waardigheidsleerstuk is dat die staat in die gestalte van die koningskap teen die politieke aansprake van die pous versterk is. Wyclife bepleit voorts ʼn nasionale Engelse kerk wat outonoom van pouslike beheer funksioneer.28 Die Konsiliebeweging het wat betref sy daadwerklike neerslag in konkrete strukture nie geslaag nie en pouslike absolutisme is weer grootliks herstel. Figgis (n 26 hierbo) 42-43. Gebeur dit wel. CJ Wanlass Gettel’s History of political thought (1953) 136-137. Soms ook Wycliffe gespel. Pierre d’Ailly. terwyl die uitwaartse politieke terrein vir die staat gereserveer moes word.Verval en wegbereiding 39 Durandus.

soos vervat in die kodifikasie.40 Hoofstuk 3 Wanneer die fokus meer na die kant van die regsdenke verskuif. anders as in Frankryk waar die invloed van die Romeinse reg diepgaande was. Dit was egter wel ’n soort ideale reg waarmee die positiewe reg verkieslik in pas moes wees. JP Verloren van Themaat Staatsreg (1956) 21. vind ons dat daar vanaf die twaalfde eeu ʼn hernieude belangstelling in die Romeinse reg ontwikkel het. 471.4 Ulpianus se stelling dat die wil van die vors die gesag van wetgewing het: ʼn besluit van die koning het 35 36 37 38 39 40 41 42 DH van Zyl Geskiedenis van die Romeins-Hollandse Reg (1983) 62. Daarvoor het die gewoontereg nog te veel van ’n houvas gehad. aanvanklik in Italië. Die onbevatlikheid van die Romeinse reg in Engeland word juis beskou as die rede waarom absolutisme.39 Die Romeinse keiserlike reg. CP Joubert ‘Die gebondenheid van die soewereine wetgewer aan die reg’ (1942) 5 THRHR 18 verwys ook na ’n aantal ander tekste met ’n soortgelyke impak. Op sterkte van tekste in die Corpus Iuris Civilis is argumente sowel vir as teen vorstelike absolutisme aangevoer. wetgewende bevoegdheid van die monarg en magsentralisme sterk ondersteun het. nooit blywend in Engeland posgevat het nie. Berman (n 1 hierbo) 204. Sien byvoorbeeld Skinner (n 15 hierbo) 129-133. Die Romeinse reg was weliswaar nooit in hierdie tydperk (volledig) positiewe reg nie. Inderwaarheid was dit net in Engeland waar die Romeinse reg tot die verligting van sommige Engelse kommentatore nooit ’n vastrapplek kon kry en ʼn beduidende invloed op die politiek en staatsregtelike instellings kon uitoefen nie.41 Eerstens reflekteer Digesta42 1.40 Dit is desondanks wel so dat Romeinsregtelik gebaseerde argumente die saak vir vorstelike absolutisme.35 maar mettertyd in bykans die hele Wes-Europa. Onder meer op die filosofie van die konsiliebeweging. Q Skinner (n 15 hierbo) Vol II 54-55. Sien byvoorbeeld JW Allen A History of Political Thought in the Sixteenth Century (1928) 289 et seq. Sien Antonitus (n 27 hierbo) 139. verskaf nie ʼn ongekwalifiseerde grondslag vir keiserlike (of vorstelike) absolutisme nie. Die Digesta gee die standpunte van vernaamlik die juriste van die bloeitydperk van die Romeinse reg gedurende die tweede en derde eeu weer. Sien byvoorbeeld W Ullmann Medieval Political Thought (1965) 154-155. Saam met ander kragte wat in hierdie hoofstuk bespreek word.36 Romeinsregtelike denkbeelde vanuit die Justiniaanse kodifikasie van die sesde eeu het ʼn belangrike invloed op die politieke denke van die Renaissance37 en van die sestiende eeu38 uitgeoefen. Daar is veral drie tekste in die Corpus Iuris Civilis wat hulself by uitstek geleen het vir ʼn interpretasie ten gunste van monargale gesag en absolutisme. het dit die opkomende territoriale state met hulle toenemende sentrale gesagsuitoefening sterk onderskraag. Sien W Kunkel An Introduction to Roman Legal and Constitutional History (Engelse vertaling deur .

Sommiges het geargumenteer dat die magsoordrag nie onherroeplik was nie.Gierke (n 34 hierbo) 39. 43. 150 (Nota 158). Sou die vors dus sy morele verpligting versaak. Digesta 1. Sien die oorspronklike Latyn en Engelse vertaling van Digesta 1. onherroeplik prysgegee het. 59.1. een van die groot vyf juriste van die klassieke Romeinse reg.2. 169. maar bloot ’n concessio. Papinianus is.4 uit die Corpus Iuris Civilis van Justinianus Vol 1 (Latynse teks geredigeer deur T Mommsen en P Krueger en in Engels vertaal deur A Watson) (1990).49 Baldus was die mees uitgesproke eksponent van die Romeinsregtelik gebaseerde absolutisme. . JA Wahl ‘Baldus de Ubaldis and the foundations of the nation state’ Manuscripta (1977) XXI 86 en veral 91. wat aan sowel Ulpianus as Papinianus toegedig word.3. Bartolus de Saxoferrato (1314-1357) en Baldus de Ubaldis (1327-1400) die Romeinsregtelike regsposisie uitgelê het as sou die volk onherroeplik gesag (soewereiniteit) aan die staatshoof afgestaan het en derhalwe die bevoegdheid om self wette te maak. is daar geen juridiese sanksie om hom tot gepaste optrede te verplig nie.3. en sy menings geniet derhalwe beduidende gesag.6.45 In die laaste en mees omstrede teks.47 Die effek daarvan is dat die volk steeds soewerein bly en enige tyd self weer die uitoefening van gesag kon hervat. Die Institutiones was ’n meer toeganklike studiehandboek wat ook deel van die Corpus Iuris Civilis was en wat aan studente ’n samevatting van die geldende reg van die Justiniaanse era gegee het. Wahl (n 49 hierbo) 87. Sien die oorspronklike Latyn en Engelse vertaling van hierdie teks deur Mommsen & Krueger (n 43). Dit is egter ʼn morele verpligting en nie ʼn juridiese een nie. 147 (Nota 142). 89. Middeleeuse Romeinsregtelike juriste (aanvanklik die Glossatore maar veral die latere meer gesofistikeerde Kommentatore) het teenoorgestelde posisies ingeneem met betrekking tot die aard van die volk se magsoordrag aan die keiser. oftewel ʼn voorwaardelike delegasie van die usus van gesag was. soos Ulpianus.50 Sowel Bartolus as Baldus leer dat die 42 43 44 45 46 47 48 49 50 JM Kelly) (1973) 105. DH van Zyl Geskiedenis en beginsels van die Romeinse Reg (1977) 31. is dat die twee invloedrykste Kommentatore. Gierke (n 34 hierbo) 43. Baldus redeneer dat dit op die weg van die vors lê om geregtigheid te laat geskied.48 Wat egter van groot belang is. Joubert (n 41 hierbo) 20-21. Joubert (n 41 hierbo) 30. JAC Thomas The Institutes of Justinian Text Translation and Commentary (1975) vii. Sien Van Zyl ( n 42 hierbo) 62-63.43 Ulpianus se standpunt is as geldende reg in die tyd van die opstel van die Corpus Iuris Civilis net so weergegee in Institutiones44 1. word verklaar dat die keiser nie aan die reg gebonde is nie46 — dat hy dus oor absolute mag beskik. Die keiser beskik oor hierdie wetgewende gesag op sterkte van die feit dat die volk die bevoegdheid aan hom oorgedra het. Sien die oorspronklike Latyn en Engelse vertaling van hierdie teks deur Thomas (n 44 hierbo) 5-6. Ulpianus is een van die vyf mees toonaangewende juriste van die klassieke tydperk van die Romeinse reg.Verval en wegbereiding 41 die krag van ’n wet. 150 (Nota 159).

42 Hoofstuk 3 vors die reg uit vrye wil volg. 87. maar om die vorstelike amp wat uiteraard ʼn blywende en onveranderlike juridiese gegewe is.55 Die gevolg hiervan is egter dat die vors deur hierdie reëling regstreeks met die staat (die koninkryk) geassosieer word.53 Baldus se uiteensetting van vorstelike absolutisme verskans die vors se magsposisie permanent. hierbo) 80.57 Samevattend het die Romeinse Kommentatoriese reg op twee maniere as stimulus vir die opkomende territoriale staat en staatsgesag gedien: Eerstens het dit die posisie van die wêreldlike politieke gesag ten koste van pouslike (kerklike) politieke magsaansprake versterk. Oënskynlik teenstrydig met wat tot dusver oor Baldus se standpunt oor vorstelike absolutisme gesê is. Absolutisme se juridiese oorsprong is kontraktueel van aard. leer Baldus ook dat die vors regsgebonde is aan die ooreenkomste van sy voorgangers. en juis daarom is dit legitiem. Bowendien is vorstelike gebondenheid aan ooreenkomste nie strydig met die konsep van absolutisme nie. Dit 51 52 53 54 55 56 57 Wahl (n Wahl (n Wahl (n Wahl (n Wahl (n Wahl (n Wahl (n 49 49 49 49 49 49 49 hierbo) 89-90. soos aangedui. hierbo) 93. 82-84. . Hy is aan die pous verantwoording verskuldig slegs met betrekking tot geestelike aangeleenthede. Baldus leer ook dat die vors slegs aan God ondergeskik is. want ofskoon ʼn goeie vors op die stem van die volk ag sal slaan. aangesien absolutisme. met die implikasie dat die staat ook ʼn permanente karakter kry — iets wat sedert die finale val van die Wes-Romeinse ryk in 476 nie aan Wes-Europa bekend was nie. hierbo) 86. onbuigsame regsbeginsel. hierbo 92. juis sy oorsprong in ʼn onherroeplike ooreenkoms het. hierbo) 85.51 Die absolutisme wat deur Baldus geskets word. Die rede hiervoor is dat die vors nie sy mag uitoefen op grond van ʼn persoonlike (en inherent veranderlike) verhouding met sy onderdane nie.54 Dit gaan vir Baldus dus nie oor die (inherent veranderlike) persoonlike verhouding van die vors met die volk en prestasies van die vors teenoor sy onderdane nie. maar vanweë ʼn vaste. Daar rus egter geen juridiese verpligting op die vors om ingevolge die reg op te tree nie.56 Die keiser beklee die hoogste gesagsposisie met betrekking tot wêreldlike aangeleenthede en beskik oor die bevoegdheid om enige amptenaar uit sy amp te onthef. waardeur die volk gesag aan die keiser oorgedra het. hierbo) 80.52 is daar geen regsverpligting tot die effek nie. is dus ʼn vorm van verligte absolutisme.

en bloot daar gevind word. Voorts was regering natuurlik ook lukraak en vir lang tye afwesig. het ook veld verloor teen die Romeinse opvatting dat reg ooreenkomstig die wil van die vors gemaak kan word. politieke en filosofiese strominge van die tyd.Verval en wegbereiding 43 sluit aan by die sosiale. 483. Die opvatting oor die goddelike reg van konings. vind in die Romeinsregtelike stroming ʼn sekulêre bondgenoot wat sy aansprake uit Antieke bronne put. Albei is boustene van die staat en van vorstelike absolutisme en albei is op hul eie manier ewe vyandig teen die politieke gesagsaansprake van die kerk. was regering op losse skroewe en dikwels langdurig afwesig. saam met opvattings oor regsoewereiniteit. . Die Germaanse opvattings oor volksoewereiniteit was baie lank gedurende die Middeleeue. Mettertyd. Sonder ’n vaste burokrasie soos met die hoogbloei van die Romeinse ryk of tans in die goed-funksionerende territoriale staat. met sy implisiet teologies gefundeerde ondersteuning vir vorstelike mag en absolutisme. maar as soewereine reg soos vervat in die volksgewoontes nog altyd daar — in die volksgewoontes — was. Regering het afgehang van die vors — die keiser — se fisiese 58 Berman (1 hierbo) 89. Die Germaanse opvatting dat reg nie uitdruklik verorden word nie. toonaangewend. Sodoende word die staatlike aanspraak in die wedywering om politieke gesag teen die kerk bevorder. wat in die vierde deel van hierdie hoofstuk aandag kry. het dit egter grootliks hulle aanklank en gesag verloor. 3 Staatsvorming Karel die Grote het weliswaar ’n ryk gehad.58 Dieselfde geld vir die ryk nadat dit in die tiende eeu herleef het. Dit het ook aan duidelik grense ontbreek. Die ontluikende territoriale state het beduidende krag hieruit geput. wat meewerk tot die versterking van die wêreldlike politieke gesag van die ontluikende territoriale state. Anders as die kontemporêre territoriale staat was dit nie in die eerste plek ’n territoriale entiteit — ’n entiteit gekenmerk deur vaste grense nie. Die keiser het eerder oor mense regeer as wat sy regering oor ’n duidelik gedefinieerde gebied gestrek het. of vorste van die talle Middeleeuse politieke eenhede) as die locus van politieke soewereiniteit aan en verleen op hierdie wyse juridiese ondersteuning aan die gesagsaansprake van die vors. maar anders as die moderne territoriale staat het dit nie ’n duidelike sentrum en ’n hoofstad gehad nie. onder meer weens kragte soos die Romeinsregtelik gebaseerde absolutisme. Tweedens wys dit die vors (hetsy die keiser van die ryk.

insluitend feodale reg. In die besonder was hulle ook nie territoriaal nie. wat oor húlle ondergeskiktes regeer het. Berman (1 hierbo) 297.61 Met die vyftiende eeu breek ’n era van versnelde staatsvorming aan. was nie ’n geografiese entiteit nie maar eerder ’n militêre en geestelike gesag. Politieke gesagsuitoefening en soewereiniteit (as mens die woord geforseerd hier wil gebruik) was verdeel — diffuus — en onstabiel. Dit word breedvoerig deur Harold Berman uiteengesit. Dit het onder meer uitdrukking gevind in ’n hele stel parallelle regstelsels. Die ryk. Met die opkoms van die stede in Wes-Europa was politieke mag voordat die territoriale staat finaal as die dominante nuwe politieke ordening op die voorgrond getree het. opstand is onderdruk en geskille is besleg. Die vors het weliswaar onregstreeks ook oor die ondergeskiktes van sy vasalle regeer maar in praktiese terme was dit eintlik die vasalle self.60 Dit was ook regering oor mense en nie soseer oor ’n duidelik afgebakende gebied nie. grawe en dergelike adellikes en nie oor almal nie. Die regering van die keiser en die dinastiese vorste was bowendien ook nie soseer oor alle mense nie. Die keiser moes gedurig rondreis. Sodra hulle vertrek het. het regering vervaag. stedelike regstelsels en vorstelike reg. RN Berki The History of Political Thought: A short introduction (1977) 116. Van soewereiniteit — kenmerkend van die latere territoriale staat — was daar nog nie sprake nie. sê Harold Berman. Sy vertrek het dikwels ook die vertrek van die ryk beteken. landgoedreg (manoral law). hertoë. of van die teenwoordigheid van sy rondreisende afgevaardigdes (veldagente).44 Hoofstuk 3 teenwoordigheid. Weliswaar was daar reeds lank tevore ʼn stadige en nouliks merkbare proses van staatsvorming aan die gang toe die Franse monarge in die twaalfde en dertiende eeue mag begin sentraliseer.59 Dinastiese state. Frankryk onder Philip Augustus vanaf 1180 tot 1223 en enkele ander koninkryke reeds 59 60 61 62 Berman (1 hierbo) 89.62 Trouens. Sien in die algemeen S Painter The Rise of the Feudal Monarchies (1951). voorlopig nog meer gefragmenteer. Binne die konteks van ’n feodale orde — die orde waarin die ryk vanaf die tiende eeu beslag gekry het en die state ontstaan het — was die vors se regering op die keper beskou regstreeks slegs oor sy onmiddellike vasalle. Daar waar hy of sy afgevaardigdes was. het die keiser se gesag gegeld. wat rondom vorste ontwikkel het en wat mettertyd die ryk sou vervang (en die universele kerk opsy sou skuif). Sien Berman (1 hierbo) 273-519. . Engeland onder Hendrik II vanaf 1154 tot 1189. het aan dieselfde gebreke gely. daar word aangevoer dat die Normandiese koninkryk in Sicilië en Suid-Italië onder Roger II vanaf 1112 tot 1154. rudimentêre staatsdienste begin vorm en staande leërs begin ontwikkel het.

Francis I. the product of unique political conditions and historical memories.69 Ofskoon die Italiaanse Renaissance-state weens die sekulêre trekke wat hulle vertoon het.70 is die Franse staat as ʼn groot geografiese eenheid met al die tipiese ontwikkelingspatrone van die destyds opkomende state.67 Die monargale (of dinastiese) staat word in hierdie tyd die dominante rolvertolker in die globale politiek en in die inter-Europese staatsbestel en skuif sodoende die eertyds dominante Republica Christiana opsy.68 ʼn Sprekende voorbeeld van die mate waarin die vors se gesag gegroei het. is dat lewensvatbare en standhoudende staatsvorming in vroeg-moderne Europa64 volskaals op dreef was. Hierdie tydperk is uiteraard nie met spesifieke jaartalle afbakenbaar nie maar dit is ongeveer die periode 1460 tot 1559 volgens die afbakening van EF Rice The Foundations of Early Modern Europe 1460-1559 (1971). maar die staat van na 1559 het reeds die eienskappe van ’n soewereine staat vertoon. die tipiese model 63 64 65 66 67 68 69 70 Vgl die breedvoerige bespreking van Berman (n 1 hierbo) 404-481. Dié state kon voor 1453 nog as feodale monargieë getipeer word.65 66 Waar daar gedurende die laat-Middeleeue ʼn magsewewig tussen feodale desentralisasie en monargale sentralisasie geheers het. wat vervolgens bespreek word. oftewel dat die koning bo die reg verhewe is. in sekere opsigte inleiers van die nuwe staatlike tydperk was. Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 230. Rice (n 64 hierbo) 93. Die datums 1453 en 1559 is histories belangwekkend. of the modern national-power state is not Italy but Western Europe. HG Koenigsberger en GL Mosse A general history of Europe in the sixteenth century (1968) 2. daarvan verseker dat almal erken dat die princeps legibus solutus est. het die ewewig tussen 1453 en 1559 skerp in die guns van die monarg geswaai. Rice (n 64 hierbo) 93. Frankryk en Spanje — nog meer feodaal as soewerein en territoriaal. . Rice (n 64 hierbo) 92. Voor 1453 (die val van Konstantinopel voor die Ottomaanse aanslag en ’n datum wat dikwels as die einde van die Middeleeue aangedui word) was Europese state — en in hierdie tydvak was dit Engeland. The cradle of the great modern powers.Verval en wegbereiding 45 territoriale state was. Wat wel duidelik is. onderskeidelik weens die val van die Oos Romeinse ryk en die Vrede van Augsburg.63 Ten minste sommige hiervan was nie standhoudend nie. vind ons waar die president van die hoogste Franse geregshof in 1527 die destydse Franse koning. Die Italiaanse stadstate was slegs vir ’n kortstondige episode op die historiese toneel. Soos G Ritter ‘Origins of the modern state’ in H Lubasz (red) The development of the Modern State (1964) 20 dit stel: The world of Italian Renaissance states is a freak. of 1450 tot 1550 volgens die afbakening van Van Wyk en Spies (n 32 hierbo). Na 1559 (die Vrede van Augsburg) was hulle egter meer soewerein as feodaal. Voorts was hulle die produk van baie besondere historiese omstandighede wat buite die hooftendens van Europese staatsformasie gestaan het.

owerheidsbeleid ter ondersteuning van ekonomiese produksie en groei.72 die ontwikkeling van ’n algemene landsreg (gemenereg) as die dominante of selfs die enigste regstelsel in die plek van die verskeidenheid van regstelsels van weleer (feodale reg. aan die ander kant. permanente weermag (of in die geval van Engeland. 248. was geen staatsdiens in die moderne sin van die woord nie.74 Die monarg het self die aanstellings gemaak en hy kon na goeddunke ontslaan. Ritter (n 70 hierbo) 21-22. Laasgenoemde verduidelik dat daar in daardie tyd ’n sameloop van belange tussen die monarg en die opkomende burgerklas was. en die burgery en die 71 72 73 74 75 Dit word onder meer geïllustreer in die bespreking van F Chabod ‘Was there a Renaissance State?’ in H Lubasz (red) The development of the modern state 26-42 waaruit dit blyk dat die Franse staat (en nie die noord-Italiaanse stadstate van die laat-Middeleeue en die Renaissance nie) die wegbereiders van die territoriale staat was. Die burokrate. ʼn algemene belastingstelsel. Daar was ’n strategiese bondgenootskap tussen die vorste van die opkomende territoriale state aan die een kant. stedelike reg. Die burgerklas het na die Honderdjarige Oorlog waartydens die laaste oorblyfsels van Engelse gesag uit Europa verdryf is. Die koninklike burokrasie weerspieël die sosiale veranderings sowel as die politieke bondgenootskappe van die tyd. benewens natuurlik die kanonieke reg). . Daarmee saam was die middelklas die bron van die koning se opgeleide en toegewyde administrateurs. onder meer ten einde beskerming aan hulle te verleen teen die groeiende en rustelose proletariaat. moes optree soos dit die koning behaag. die absorpsie van kleiner en swakker politieke eenhede in groteres en sterkeres. landgoedreg — manoral law —. Veral Louis XI van Frankryk het gemenesaak met die burgerklas gemaak.73 Die territoriale staat veronderstel ook die vervanging van persoonlike lojaliteit teenoor die vors van weleer na ’n onpersoonlike abstrakte verhouding tussen die regering en die burgery. ʼn permanente vloot).46 Hoofstuk 3 vir die onplooiing van die staat. die noodsaak van sterk sentrale gesag ingesien. maar wel ’n koninklike burokrasie — the king’s officers. maar deur professionele administrateurs vanuit die opkomende middelklas waarvan die meeste universiteitsopleiding in die regte ondergaan het75 en onder die invloed was van die absolutistiese opvattings wat uit die Justiniaanse kodifikasie gekonstrueer is. Belangrike ampte is naamlik nie deur die hoofde van prominente adellike families gevul nie. Vergelyk in hierdie verband die breedvoerige bespreking van HJ Berman 1983 405519. Rice (n 64 hierbo) 95-96. Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 244. Die burokrasie wat begin ontwikkel het. J Anderson en S Hall ‘Absolutism and other ancestors’ in J Anderson (red) The rise of the modern state (1986) 32.71 Staatsvorming word ten grondslag gelê deur die ontwikkeling van ʼn permanente burokrasie. net soos hy na goeddunke kon aanstel.

Die burgers en die handelslui wou belastings aan mindere vasalle vermy. By die burokrasie is ook ʼn vaste diplomatieke korps inbegryp wat. Hulle het ’n gedeelde belang gehad in die verswakking van die politieke mag van mindere vasalle en in die uitweer van ekonomiese fragmentasie wat deur die feodale orde se verskeidenheid van geldeenhede. in plaas van allerlei mindere (feodale) adellikes gelê. asook ’n verskeidenheid weeg. Die burokrasie sluit die groeiende getal burokrate in wat vir die regspleging verantwoordelik was en in hierdie hoedanigheid bygedra het tot die vestiging van staatsgesag. Dit is teen hierdie agtergrond dat die vorste van die opkomende territoriale state (veral Frankryk) se voorkeur vir die indiensneming van mense vanuit die stedelike burgerstand in die koninklike burokrasieë gesien moet word. naamlik as ʼn staatsdiens wat deel van die uitvoerende gesag is nie. het bondgenootskappe opgesoek met diegene wat juis staatsentralisasie wou hê en die fragmentasie van die feodale orde ’n steen des aanstoots gevind het.78 Wanneer van ʼn koninklike burokrasie gepraat word.76 Die burokrasie het so prominent geword dat dit mettertyd in ʼn vierde klas.Verval en wegbereiding 47 handelslui in die stede aan die ander kant. naas die tradisionele Middeleeuse klasse. Die groeiende belangrikheid van die diplomaat kan nouliks beter gedemonstreer word as deur Machiavelli — die aankondiger van die nuwe staatlike era — wat onder andere die verteenwoordiger van Florence in die Franse hof was. die betaling van tolgeld. aan die ander kant. moet dit nie vanuit ʼn eietydse perspektief verstaan word.en meeteenhede en dergelike vorme van ekonomiese fragmentasie teweeg gebring is. Sien die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk.79 76 77 78 79 Hierdie dinamika word breedvoerig deur Hendrik Spruyt The sovereign state and its competitors: An analysis of systems change (1994) geskets. Die vorste. Die ontwikkeling van hierdie klas verteenwoordig alreeds ʼn breuk met die Middeleeue. net soos hulle die koste en beslommernis van tolgelde en die genoemde vorme van ekonomiese fragmentasie wou vermy. al hoe noodsaakliker geraak het. In die handelslui en die burgerklas van die stede het hulle hierdie bondgenote gevind. Sien Skinner (n 15 hierbo) 4 et seq. Die antwoord het vir hulle in die gesentraliseerde territoriale staat en dus in lojaliteit teenoor die vors. Ter wille van doeltreffender handel en groter winste wou hulle die grootste moontlike ekonomiese eenhede gehad het.77 ontwikkel het. Chabod (n 71 hierbo) 36. namate staatsvorming gevorder en interstaatlike verhoudings toegeneem het. . Hulle het aan die belange van die staat voorrang gegee en sodoende meegehelp tot die vestiging van ʼn staatlike logika waarvolgens die belange van die staat konsekwent die eerste prioriteit was. Veel belangriker was egter die professionele mentaliteit van hierdie klas.

Soos Hendrik Spruyt (n 76 hierbo) 16 sê: ‘The state claims a domestic and external monopoly of force. was die destydse leërs merendeels huurleërs. het die tradisionele houding teen die hef van belasting verval. Weens die groter staatsbetrokkenheid by die daaglikse lewe van die onderdaan. Die leërs het ook dikwels onder die aanvoering van buitelanders gefunksioneer. begeef die vors hom op die terrein van proprietas en word die onderskeid tussen die twee terreine misken.) die hef van belastings gelas. Die staat verkry hierdeur ʼn monopolie op geweldsmiddele en geweldsuitoefening. Die situasie het egter verander en teen die middel van die sestiende eeu het die Franse konings. Francis I en Henri II. Rice (n 76 hierbo) 101-102.83 Die onderliggende gedagte was dat die koning oor politieke gesag (dominium) beskik het. As a consequence non-state actors are stripped of coercive means — mercenaries and privateers thus have disappeared.’ Rice (n 64 hierbo) 98. Vroeër kon slegs die State-Generaal (in Frankryk. reeds oor die de facto bevoegdheid beskik om belastings te hef. Die groter. Weens tariefmure.85 Die ontwikkelende territoriale state het nie oor ‘nasionale’ ekonomieë beskik nie. Anderson & Hall (n 72 hierbo) 35.en weegeenhede. aktiewer en administratief doeltreffender staat het veel meer geld vereis. en net so ’n groot verskeidenheid van maat. . H Heaton Economic history of Europe (1948) 70. ’n verskeidenheid van geldeenhede. Spanje ens. Berman (n 1 hierbo) 484. Volgens die Middeleeuse opvatting was die hef van regstreekse belastings onaanvaarbaar. Daarom was ʼn drastiese breuk met die Middeleeuse beskouing oor belasting noodsaaklik en moes ʼn fiskale bedeling gevestig word met die vermoë om baie meer fondse te genereer. sowel as buitelanders beman. anders as in die Middeleeue toe oorlogvoering in ʼn groot mate ʼn private aangeleentheid was.81 Die leërs is deur die monarg in diens geneem en is deur sy onderdane.84 Deur die hef van belasting.82 Desondanks kon die sestiende-eeuse monarge staatmaak op veel groter en doeltreffender leërs as hul Middeleeuse voorgangers. aangevul deur lenings en indirekte belasting. Koenigsberger & Mosse (n 68 hierbo) 228-231.80 Ofskoon daar rudimentêre tekens van diensplig was. was daar ʼn klomp 80 81 82 83 84 85 Die staat is per definisie juis die enkele entiteit wat oor ’n monopolie oor legitieme huishoudelike en eksterne geweld beskik. Populêre instemming vir die hef van belastings het gegroei. Daar is geredeneer dat die koning op sy eie moes leef uit die opbrengs uit sy kroonlandgoed (royal demesne).48 Hoofstuk 3 Staatsvorming gaan hand aan hand met die vestiging van permanente leërs. sien ook Ritter (n 70 hierbo) 21. tolgelde wat oral betaalbaar was. terwyl privaat eiendom (proprietas) die onderdaan toekom. wat deur die verbeterde staatsadministrasie teweeg gebring is. Rice (n 76 hierbo)102-103.

het reeds in 1187 verskyn en Bracton se Treatise on the Laws and Customs of England sowat vyftig jaar later. Die Treatise on the Laws and Customs of the Kingdom of England wat aan Glanville toegeskryf word. Staatsformasie moes en het derhalwe ook gepaard gegaan met die verstaatliking van ekonomieë wat later. en is die betaling van tolgeld en doeane-heffings binne state uitgefaseer. kom gedurende die vyftiende eeu onder sy gesag. sodat alle Franse grondgebied vir die eerste maal in die geheel onder die beheer van die Franse vors geplaas word. Jean Baptiste Colbert (1619-1683) gevolg is.87 Namate die opkomende vorste van die ontluikende territoriale state se gesag ten koste van die feodale eenhede uitgebrei het. Frankryk het ook vinnig in die rigting van magsentralisasie beweeg. Daarvolgens is die ekonomieë van die kolonies so ingerig dat dit die ekonomiese en politieke belange van die koloniale heerser ten beste sou dien. Die kolonies se produksie en handel is derhalwe ingerig volgens die behoeftes van die koloniale moondheid en nie volgens die behoeftes van die kolonie en sy bevolking nie. In die regeringstydperk van Francis I (1515-1546) word die proses afgerond. Merkantilisme. Na die Europese koloniale uitbreiding. Verskeie (Franse) gebiede wat nie vroeër onder die beheer van die Franse monarg was nie. oftewel landsreg wat oor die hele territoriale staat — aan die begin veral Engeland — gegeld het. wêreldwyd inslag. Hand aan hand hiermee het tribunale wat die landsreg moes toepas ook hulle merk begin maak: in Engeland die Court of Common Pleas en die King’s Bench.90 Die Franse model word mettertyd in die hele WesEuropa. volgens die Europese voorbeeld. Berman (n 1 hierbo) 457-9.89 Engeland was teen die sestiende eeu lank reeds ʼn gevestigde geografiese eenheid. Berman (n 1 hierbo) 425-443. Die beleid is ook toegepas met betrekking tot die verhouding tussen die koloniale moondhede en hul koloniale dominiums. het die verskeidenheid van regstelsels wat daar vroeër bestaan het ook toenemend plek gemaak vir ’n enkele gemenereg. Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 249. waarvan die eerste spore tot 1550 terug herlei word. met inbegrip van Skandinawië nagevolg. Viljoen (n 86 hierbo) 170 et seq.Verval en wegbereiding 49 plaaslike ekonomieë.86 Daarvolgens is ’n staats-algemene praktyk ingevoer met betrekking tot die hef van belastings en die geldeenheid. .88 Die algemene landsreg het ook neerslag gevind in algemene werke wat daar oor die landsreg verskyn het. veral in die sewentiende eeu. 86 87 88 89 90 S Viljoen Economic systems in world history (1974) 143. vind die model van die omvangryke soewereine territoriale staat. uitgeloop het op ʼn beleid van merkantilisme wat veral in Frankryk en meer bepaald onder die leiding van die Franse staatsman. was basies die beleid waarvolgens alle ekonomiese hulpbronne ter wille van die versterking van staatsmag gemobiliseer is.

Binne die state is daar min verdraagsaamheid vir godsdienstige pluralisme en dus vir ʼn verskeidenheid van godsdienstige denominasies wat naas mekaar in een staat bestaan openbaar. ʼn Wesenlike verandering het eers ingetree na die verskrikking van die Franse godsdiensoorloë. Teenoor Karel staan sy teenpool. In sy stryd teen Karel werp Francis die religieuse logika omver en sluit in 1525. Rice (n 64 hierbo) 108. Nederland.50 Hoofstuk 3 Internasionale betrekkinge ondergaan in die vroeg-Moderne tydperk eweneens wesenlike veranderings. Koenigsberger & Mosse (n 68 hierbo) 178. Dit word toenemend interstaatlike verhoudings. 91 92 93 Rice (n 64 hierbo) 107. Die staatlike logika het moeilik posgevat en godsdiens was nog vir ʼn ruk ʼn bepalende politieke faktor. gesien vanuit ʼn Middeleeuse perspektief. die belange van die Franse staat voorop gestel het.91 was steeds besiel met die ideale van Christelike universalisme. wat later bespreek word. was godsdiens as politieke determinant binne die opkomende territoriale state egter steeds hardnekkig. Vroeër was die primêre spanningsveld in die globale politiek dié tussen die Wes-Europese Christelike ryk en die (sg. wat aan die hand van ʼn staatlike logika (raison d’êtat) bestuur word. ongeag godsdienstige oorwegings. Sisilië en die Spaanse oorsese gebiede ingesluit het) en keiser van die Heilige Romeinse ryk (1519-1556). Rice (n 64 hierbo) 120. . Binne die Europese konteks was die twee vorste teenstanders. Na dese lê die spanningslyne tussen die opkomende territoriale state. ʼn onheilige bondgenootskap met die (ongelowige Islamitiese) sultan teen sy (Francis se) Christelike (Habsburgse) broer. Hy sien sy hooftaak steeds as die beskermer van die Christendom. koning van Frankryk (regeer 15151546) wat in die sfeer van internasionale verhoudings politieke doelmatigheid van godsdienstige suiwerheid geskei het. koning van die Habsburgse gebiede (wat Spanje. Oostenryk. Karel V. Ofskoon die ideaal van Christelike universalisme in die internasionale sfeer verdwyn het. Francis I. Soos in die Middeleeue was Karel se mentaliteit Christelikuniversalisties gedrewe.93 Aan die einde van Karel se lewe was die ideaal van Christelike universalisme reeds aan die verlede toevertrou. Hy het die ou era versinnebeeld. Hy was ʼn realpolitikus by uitnemendheid wat. die beste belange van die staat voortaan die kritiese maatstaf in globale verhoudings word. Napels. die bestraffer van die ongelowige Ottomaanse Turk92 en die uitroeier van die grootskaalse kettery wat deur die Kerkhervorming veroorsaak is. Die implikasie daarvan is dat waar godsdienstige waarheidsaansprake vroeër die kritiese faktor in globale verhoudings was. ongelowige) wêreld van Islam.

Maar soos onder andere Micheal Oakeshott insiggewend verduidelik. Figgis (n 26 hierbo) 71.94 Hy was ’n baie teësinnige rewolusionêr wat nooit enige tradisie wou laat vaar tensy die Skrif hom daartoe gebied het nie. Met die Lutherse rewolusie word die kerk bloot ’n assosiasie binne die staat. Elton (n 12 hierbo) 54. wat na dese vir die (wêreldlike) politici gereserveer is. Elton (n 12 hierbo) 17.95 Toe die Hervorming en die gepaardgaande skeuring eintlik al ’n voldonge feit was. Figgis (n 26 hierbo) 71.101 Tweedens het dit ʼn 94 95 96 97 98 99 100 101 Elton (n 12 hierbo) 13. moontlik ietwat oordrewe. was dit daarop gerig om hervorming van die kerk te bewerkstellig. moet die Protestantse Reformasie eerder as ʼn rewolusie getipeer word. het hy steeds nie die breuk as finaal beskou nie en nog sy hoop op die interne hervorming van die een universele kerk geplaas. sy funksie. Figgis (n 26 hierbo) 81. word die menslike geskiedenis nie voltrek ooreenkomstig menslike beplanning nie. Die rykskerklike Middeleeuse universalisme — in die tyd van Luther reeds ʼn verweerde konsep — is met die Protestantse rewolusie opgehef.97 Ofskoon Luther se oog na bo gerig was.96 Vir sover Luther wel iets beplan het. Die rewolusie is tweesydig: Eerstens is daar ʼn sekulêre sy wat behels het dat die kerk volledig van wêreldlike gesag gestroop is.98 Figgis verklaar: . die Anglikane. so op: Had there been no Luther there could never have been a Louis XIV. aan die staat oor te dra. was dit soos Neville Figgis dit stel. Dit was nie meer langs die staat nie en dit was veral nie bokant die staat verhewe nie. M Oakeshott Rationalism in politics and other essays (1962) 1-36. .. asook die van Zwingli. maar wel op sterkte van menslike handeling. om al die belangrike elemente van gesag wat gedurende die Middeleeue in die kerk gesetel het. (Louis XIV van Frankryk word allerweë as die verpersoonliking van vorstelike absolutisme beskou.) Berman (n 1 hierbo) 269.’99 Elders. som Figgis die argument dat die Protestantse rewolusie die noodsaaklike voorwaarde vir koninklike absolutisme was. with power ultimately fixed in the Spiritual head bounded by no territorial frontier. Wyclife en Hooker.. the medieval mind conceived of its universal Church-State.100 Gesien vanuit ʼn politieke oogpunt. the Protestant mind places all ecclesiastical authority below the jurisdiction and subject to the control of the ‘Godly prince. maar nie heeltemal van die merk af nie.Verval en wegbereiding 51 4 Reformasie Martin Luther het nie ʼn politieke rewolusie beplan nie en hy wou nie ʼn skeuring in die kerk veroorsaak nie.

. soos hierbo beskryf. wat beteken dat waar politieke gesag ten minste deels en soms grotendeels in die keiser van die universele ryk gesetel het in plaas van in die vorste van kleiner politieke eenhede. Die Lutherse rewolusie was ook in ʼn natuurlike bondgenootskap met ʼn aansienlike getal Duitse prinsdomme en vrystede wat in die Lutherse rewolusie versterking vir hul politieke strewe na groter outonomie gevind het. Ebenstein (n 16 hierbo) 304-5. Gevolglik is die boekemark vinnig gevul met groot hoeveelhede Duitse. Anderson (n 104 hierbo) 42-43. they were competitors with Latin . the evolution of these vernaculars to the status of languages of power. het begin veld verloor teen die nuwe opkomende skryftale van Wes-Europa.106 Benedict Anderson verduidelik dit soos volg: . made its own contribution to the decline of the imagined community of Christendom. Die sukses van Luther se rewolusie was daaraan te danke dat die tyd ryp was vir ʼn figuur wat sy rol moes vertolk.107 Die verheffing van moedertale tot die status van skryftale en tale van geleerdheid het tot die aftakeling van die oorkoepelende Middeleeuse Christelike identiteit en tot die verskerpte bewuswording van nuwe identiteite bygedra. Franse en Engelse geskrifte wat vir baie meer mense toeganklik was.104 en een van die hoekstene van die Middeleeuse identiteit. en wat Lutheranisme as staatsgodsdiens aanvaar het. Anderson (n 104 hierbo) 43-44.. dit nou beslissend na die monarge van ʼn verskeidenheid van ontluikende territoriale state verskuif het.103 Latyn. . SJ Lee Aspects of European history 1494-1789 (1982) 18-25.52 Hoofstuk 3 partikularisme-sy.105 Die nuwe skryftale is veral aangewakker deur die drukkerskuns wat teen die middel van die vyftiende eeu begin ontwikkel het. Die mark vir Latynse geskrifte is vinnig uitgeput omdat slegs ’n fraks-persentasie van die bevolking Latynse literati was. B Anderson Imagined communities: Reflections on the origins and spread of nationalism (1983) 22. was swaar teen die voortgesette mag van die kerk gelaai.. Juis die drukpers het die Lutherse rewolusie in 102 103 104 105 106 107 Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 287. weerspieël. where. Die intellektuele klimaat van die Renaissance. 45.. Die intelligentsia van die tyd het begin bewus raak van hulle nasionale (of staatlike) identiteit en het dit toenemend moeilik gevind om hulle ongekwalifiseerd met die lidmaatskap van ʼn enkele Christelike gemeenskap te vereenselwig.102 Die uitdaging wat Luther aan die kerk gerig het. het die veranderde toestand wat reeds in die toentertydse gemeenskap vaardig was. die heilige taal van die Republica Christiana. Anderson (n 104 hierbo) 25. in one sense.

In hierdie teologie van solfidianisme lê daar vernietigende implikasies vir die kerk. sola Scriptura. Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 291.109 Die Renaissance-pousdom het voorts volskaals by die wispelturige Italiaanse stadstaatspolitiek van die tyd betrokke geraak. Die pouse het ook gekom vanuit die geledere van die destydse vooraanstaande dinastiese families in Italië.Verval en wegbereiding 53 staat gestel om. want almal het ʼn gelyke vermoë tot geloof en alle Christene vorm saam ʼn ware Christelike stand.111 In Martin Luther se teologie lê daar ook sy implisiete politieke teorie met verreikende politieke implikasies. Die kerklike orde hier op aarde (mees prominent deur die Roomse Kerk beliggaam) word hiermee nie net irrelevant vir die doel van saligmaking nie. Rice (n 64 hierbo) 127-128: Slegs deur geloof. Die toestand in die kerk was eweneens ryp vir ʼn rewolusie. Luther se Duitse geskrifte het so vinnig versprei — hy word beskryf as die eerste skrywer van blitsverkopers108 — dat die kerk se reaksionêre pogings om dit in toom te hou net eenvoudig te swak was. Die kerklike skisma (1378-1417) met sy twee en later drie pouse wat om mag meegeding het. wat gebaseer was op die aanname dat kerklui ʼn afsonderlike en verhewe klas met spesiale bevoegdhede en voorregte 108 109 110 111 112 113 Anderson (n 104 hierbo) 43. anders as vroeëre afwykings van die kerklike ortodoksie. want as die weg na saligmaking deur geloof en genade loop. sola gratia — kan die saligheid beërwe word. Skinner (n 15 hierbo) 11.110 Die optrede van die pouse in die tydperk net voordat Luther op die toneel verskyn het. ʼn voorsprong bo die Roomse Kerk te verkry. en nie die sigbare kerklike hiërargie nie. Die kerk het ʼn politieke en militêre rolspeler naas ander sodanige rolspelers geword. Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 294. Luther leer dat saligmaking alleen deur geloof — sola fide — en genade moontlik is. is daar geen plek meer vir die ortodokse opvatting dat die kerk tussenbeide moet wees — moet bemiddel — tussen die individuele gelowige en God nie.112 Die ware kerk is dus die congregatio fidelium — die onsigbare gemeenskap of gemeente van gelowiges wat in God se naam vergader. nepotisme en magslus wat die aansien van die kerk onberekenbaar benadeel het. Smith (n 13 hierbo) 25-26. is boonop gekenmerk deur morele verval.113 Alle kerklike instellings met inbegrip van die priesterdom en die monnikedom. maar dit het die morele en geestelike leierskap van die kerk blywende skade berokken. . wat lank die boonste stratum van die sosiale orde uitgemaak het. is wel herstel. Van Wyk & Spies (n 32 hierbo) 293-4. die Skrif en deur genade — sola fide. maar ook aan gelykmaking onderwerp. Vir ʼn afsonderlike en verhewe priesterlike stand. is daar dus geen plek meer nie. Skinner (n 15 hierbo) Vol II 10-11.

Skinner (n 15 hierbo) 14. Dit stry boonop teen die solfidianisme. eweneens die veld vir die opkoms van ’n nuwe regsteorie. naamlik van regspositivisme.114 Vir Luther was daar ook geen plek meer vir ʼn afsonderlike stelsel van kanonieke reg nie.116 Vir die ideaal van ʼn kloosterbestaan — een van die outentieke manifestasies van die aanname dat kerklui ʼn eie afsonderlike stand was — was daar volgens Luther eweneens geen plek nie. Indien die kerk. Rice (n 64 hierbo) 167.119 Dit is die taak van die kerk om die Woord te verkondig.117 Die kloosterdom lê nie net evangeliese vryheid aan bande nie. Berman (n 1 hierbo) 29. ʼn magsvergryp op die terrein van die wêreldlike gesagvoerders. Dit is die rede waarom daar tereg gesê word dat die Reformasie ʼn aspek van die opkoms van die staat is. Hiervolgens word politieke gesag deur die wêreldlike heersers uitgeoefen met die oog daarop om vrede tussen sondige mense te bewaar. Skinner (n 15 hierbo) 13. want in plaas daarvan dat alleen geloof die weg na saligmaking is. Daarenteen het God die domein van die wêreldlike gesag verordineer. beteken dit dat die sekulêre ampsbekleërs die alleenreg op politieke gesag het. Skinner (n 15 hierbo) 14. Skinner (n 15 hierbo) 13.120 Gevolglik is pouslike en kerklike aansprake om wêreldlike mag uit te oefen. moet volgens Luther se argumentasie deur (wêreldlike) politici gevul word. Die politiek word uitsluitlik vir die staat gereserveer.115 Die reg is staatlike reg — reg verorden deur die staat en deur die staat afgedwing. is dat dit politieke gesag oor die kerk 114 115 116 117 118 119 120 Skinner (n 15 hierbo) 13. slegs ʼn gemeenskap van gelowiges is. het die kerk ook hoegenaamd geen politieke rol meer te speel nie. misplaas dit die klem op goeie werke. Die politieke magsvakuum wat deur Luther se redenering teen kerklike magsaansprake teweeg gebring is. . bemes het — ’n regsteorie wat die reg neutraal beskou en die reg as ’n middel tot ’n doel in plaas van ’n doel opsigself beskou. Ebensten (n 16 hierbo) 303. Wat meer is. net soos dit die deur vir die latere opkoms van staatlike absolutisme oopgemaak het. in die besonder ’n regsteorie waarvolgens die reg as ’n werktuig vir die beleid van die soewerein en ’n middel vir die afdwing daarvan gesien word.54 Hoofstuk 3 was. het hiermee in die volle branding van Luther se aanslag beland. volgens die Lutherse leer. Teen die agtergrond kan daar met ’n beduidende mate van oortuiging aangevoer word dat Luther se rewolusie.118 In die lig van die feit dat die kerk as onsigbare geloofsgemeenskap geen hiërargiese orde of piramidale struktuur behoort te hê nie.

Dit is weliswaar so dat die politieke maghebber nie oor grenslose gesag beskik nie en dat die verpligting om die vors te gehoorsaam nie so ver strek as om goddeloosheid van die vors te gehoorsaam nie. want waar die politieke gesag in die ou Middeleeuse orde by die keiser berus het. Figgis (n 26 hierbo) 72. Skinner (n 15 hierbo) 15. . Die reaksie teen die politieke maghebber mag egter nooit sover as aktiewe verset teen die politieke maghebber gaan nie.124 Die vors wie se gesag deur God verorden is en wat sy gesag regstreeks aan God ontleen. Die politieke implikasies van Luther se arbeid strek egter nog verder.126 Hierdie opvatting wyk af van die Middeleeuse opvatting waarvolgens die volk altyd op verset geregtig was en die vors selfs regmatig kon ontsetel indien die 121 122 123 124 125 126 Skinner (n 15 hierbo) 15. Skinner (n 15 hierbo) 18-19. Neville Figgis vat die twee aspekte van die omwenteling wat deur die Hervorming meegebring is. moet gehoorsaam word.123 Luther keur die gedagte van opstand teen politieke gesag — in daardie stadium die gesag van die opkomende territoriale state (in Duitsland. Diegene wat hierdie orde weerstaan. Die idee van die pous en die keiser as parallelle universele magte word hiermee die nekslag toegedien. Die paslike oriëntasie van die Christen-gelowige jeens wêreldlike gesag behoort een van passiewe gehoorsaamheid te wees. wat universele mag oor die Heilige Romeinse ryk uitgeoefen het. word dit nou afgewentel na ʼn verskeidenheid van nuwe opkomende territoriale state. is dus opstandelinge teen God.125 Hierdie politieke standpunt van Luther vloei regstreeks voort uit sy teologiese oortuiging dat die bestaande sosiale en politieke orde God se wil en voorsienigheid vergestalt. Tog is die implikasie steeds dat die sigbare kerk — die kerklike strukture — onder wêreldlike politieke gesag geplaas word. Luther stel dit duidelik dat daar geen plek vir die kerk op die wêreldlike en dus die politieke terrein is nie. bondig saam wanneer hy verklaar: The change is a change from a world-empire to a territorial State. Figgis (n 26 hierbo) 74.Verval en wegbereiding 55 insluit.121 In die lig van die feit dat die kerk slegs op geestelike terrein werk. and from ecclesiastical to civil predominance. maak hierdie (wêreldlike) politieke gesag van die staat egter geen inbreuk op die kerk nie. die gesag van die prinsdomme) uitdruklik af. Skinner (n 15 hierbo) 16-17.122 Die implikasie van Luther se argumentasie is dat die politieke domein van religieuse voorskrif bevry is en volledig ʼn sekulêre aangeleentheid geword het.

Vol VI 396. 59.56 Hoofstuk 3 vors strydig met sy regeer-ooreenkoms met die volk en die gevestigde gewoontes opgetree het. 130. Luther verskaf die mees ongekwalifiseerde teologiese basis vir hierdie absolute regeerreg van vorste. 113.128 Trouens. Die oorredingskrag van die teorie van die goddelike reg van konings was aansienlik aangesien dit doeltreffend ingespeel het op die intellektuele klimaat van daardie tyd. Ullmann (n 36 hierbo) 147. maar ook die krities belangrike ondersteuning (ofskoon onbedoeld) van ʼn simpatieke teologie. Waar die goddelike reg van konings gedurende die Middeleeue geen noemenswaardige ondersteuning geniet het nie en in hierdie tydperk slegs enkele male na verwys is. 58. Dit was in daardie tyd retories die oortuigendste en doeltreffendste. Na Luther het die opkomende territoriale staat nie net die onderskraging van die Renaissance-humanisme en die absolutistiese stroming in die Romeinse reg nie. want ofskoon die effek van die goddelike reg van konings was om die wêreldlike politieke gesag te bevorder. Die Hervorming is ʼn bevestiging van die aanspraak om onafhanklik en los van die kerk aan alle vertakkinge van menslike aktiwiteite deel te neem. is dit in teologiese terme geformuleer. The only way to escape from the fetters imposed by traditional methods. was to assert from the old standpoint of a scriptural basis and to argue by accustomed fashion of Biblical quotations. Wyclife en Huss waarneembaar was. Figgis (n 26 hierbo) 77-93.127 Die noue verband tussen Luther se teologie en die goddelike reg van konings blyk hieruit ook duidelik. 410. JN Figgis The theory of the divine right of kings (1896) 257.129 tree dit met die Hervorming en in die besonder weens Luther se leringe sterk op die voorgrond. 168.131 Dié teorie plaas politieke mag stewig in die hande van die vors en laat die kerk sonder enige aanspraak hoegenaamd daarop. Die ontkoppeling van die politiek en die godsdiens en die meegaande erkenning van twee losstaande identiteite — ʼn godsdienstige en ʼn staatlike identiteit — waarvan die eerste tekens reeds by Dante. Die pous is as’t ware op sy eie terrein aangedurf en verslaan. that politics must be free 127 128 129 130 131 Vgl met betrekking tot die Middeleeuse opvatting Carlyle (n 15 hierbo) Vol III 21. Vol V 112. . Die Hervorming verskaf ʼn kragtige impetus vir die vordering van die goddelike reg van konings130 wat die politiek se selfstandigheid van die kerk bevestig en inderdaad as die politieke sy van die Reformasie beskou kan word. Marsilius. Carlyle Figgis (n 26 hierbo) Vol VI 185-7. word by Luther tot praktiese politiek ontwikkel. 39-40. Figgis (n 130 hierbo) 260.

Die era na die vestiging van die Protestantisme word inderdaad as die tydperk van godsdiensoorloë beskryf. godsdiens as ʼn politieke aangeleentheid. sou dit onvermydelik tot grootskaalse konflik gelei het. Soos daar in hoofstuk 2 verduidelik is. te hanteer. Volgens die goddelike reg van konings is sekulêre gesag dus deur God verorden. Figgis (n 130 hierbo) 259. Sien byvoorbeeld in die algemeen RS Dunn The age of religious wars 1559-1689 (1970). maar hierdie outonomie word voorgehou as deel van God se raadsplan met die mens. Dit maak daarop aanspraak dat die politiek — die outonome staat — ʼn legitieme funksie het. met gemak in toom gehou. Christenskap het sy teenpool buite die Christelike wêreld in die Islam gehad. Figgis (n 130 hierbo) 257. aangehang is. is kettery in die rykskerklike wêreldgeheel as ʼn opstand teen sowel die kerk (en teen God) as die (Christelike) ryk beleef.134 Staatlike (en vorstelike) outonomie kon slegs doeltreffend opgeëis word. in plaas van ʼn private aangeleentheid. en binne die Christelike wêreld was kettery die teenpool van (ware) Christenskap.136 132 133 134 135 136 Figgis (n 130 hierbo) 258-9.135 5 Impasse Binne die rykskerklike wêreldgeheel van die Middeleeue was godsdiens — Christenskap — die primêre politieke faktor. Kettery is baie lank vanweë die geringe aanhang wat ketter-strominge geniet het. Indien daar dus voortgegaan sou word om.Verval en wegbereiding 57 from theology and that the Church must give up all attempts to control the State. Figgis (n 130 hierbo) 256. maar tegelyk ook ondermynende politiek. Sy oogmerk en bestemming was die moderne sekulêre staat. Daar is na die Hervorming inderdaad voortgegaan om godsdiens as ʼn politieke aangeleentheid te hanteer en dit het inderdaad intense en bloedige konflik meegebring. Die Kerkhervorming het die homogene Middeleeuse universum gebreek. soos in die Middeleeue. Dit was ʼn egte oorgangsteorie wat tussen die Middeleeuse en moderne mentaliteite lê.133 Die goddelike reg van konings was egter nie blywend nie. Dit was nie slegs valse godsdiens nie. maar sy retoriek en logika was Middeleeusteologies.132 ʼn Nie-teologiese politiek is dus op grond van teologiese sanksie bewerkstellig. . Kettery was dwaalleringe en afwykings wat deur klein groepies wat die spoor byster geraak het. indien dit as goddelike reg voorgehou is.

58

Hoofstuk 3

Teenstanders aan albei kante van die godsdienstig-politieke verdelingslyn het godsdiens op die tipiese Middeleeuse manier as ʼn politieke kwessie hanteer. Die onwilligheid van politiek-godsdienstige antagoniste om godsdiens na afloop van die Reformasie op ʼn moderne wyse as ʼn nie-politieke en private saak te hanteer, is duidelik tydens die Ryksdagsitting op 18 en 19 April 1521 in Worms gedemonstreer tydens die dramatiese konfrontasie tussen Luther en die nuwe jong keiser van die Heilige Romeinse ryk (en hoof van die Habsburgse dinastie), Karel V. Luther het volstrek geweier om enige van sy Protestantse oortuigings terug te trek. Karel het op sy beurt onverbiddelik gereageer en onderneem om alles, insluitende homself, ter wille van die bekamping van Luther se kettery en vir die ware Christendom op die spel te plaas.137 Karel V en sy opvolgers, waaronder Fillip II en Ferdinand II, sou in die daaropvolgende tyd, gedryf deur die vaste geloof in die waarheid van die RoomsKatolisisme en afkeur van die goddelose Protestantse kettery, ’n kruistogtelike stryd vir die Katolisisme teen die Protestantisme voer. Die Godsdiensoorloë het die hele Wes- en Sentraal-Europa getref. Die eerste oorloë was in Duitsland en in die Switserse kantons.138 Daarna volg ʼn reeks oorloë met die Nederlanders se deels godsdienstig gemotiveerde opstand teen die Spaanse Katolieke Habsburgers, asook die burgeroorloë in Frankryk, Skotland en Ierland en natuurlik die Dertigjarige Oorlog (1618-1648)139 wat hoofsaaklik op Duitse bodem gevoer is, maar wat weens die Habsburgse, Deense, Sweedse en Franse betrokkenheid daarby in werklikheid ʼn algemene Europese oorlog was. Godsdiens was weliswaar nie die enigste oogmerk waarvoor die godsdiensoorloë gevoer is nie. Die godsdienstige dryfveer het dikwels met ander oorlogsoorsake gepaard gegaan. Godsdiens was egter die gemene deler wat deurlopend teenwoordig was.140 Die Nederlandse opstand teen Spanje was nie alleen godsdienstig nie, maar is ook deur nasionale sentiment geïnspireer.141 In Engeland wat deur die loop van bykans die hele sewentiende eeu ʼn konstitusionele stryd beleef het, was godsdiens benewens ander strydpunte ook deurlopend teenwoordig. Dit was veral opeenvolgende Engelse vorste wat gemoedere gaande gehad het met pogings om Engeland vir die Rooms-Katolisisme terug te wen. James I wat aan die begin van die sewentiende eeu aan bewind was, het

137 138 139 140 141

Rice (n 64 hierbo) 160-161. P de Klerk et al Die opkoms van Europa (1977) 136; W Wallback et al Civilization past and present Vol VI (1981) 263. De Klerk (n 138 hierbo) 136 Dunn (n 136 hierbo) ix. Dunn (n 136 hierbo) 32-33.

Verval en wegbereiding

59

godsdienstige eenvormigheid nagestreef,142 en James II (regeer 16851688) het gepoog om Engeland in die Katolieke kamp terug te kry.143 Hy het hom sodoende van die Engelse volk vervreem en sy uiteindelike afsetting is regstreeks aan sy Katoliek gedrewe optrede te wyte.144 Die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) wat inderwaarheid vyf verskillende oorloë was,145 is ook in ʼn mindere of meerdere mate om godsdienstige redes gevoer. Vir minstens keiser Ferdinand II was die bevordering van die Katolisisme die hoof oorlogsoogmerk. Dit het hy duidelik getoon toe hy by wyse van die Edik van Restitusie in 1629 die Calvinisme in die Heilige Romeinse ryk in die ban gedoen het en alle eiendom van die Rooms-Katolieke Kerk wat sedert 1552 gekonfiskeer is, weer in beslag geneem het en ʼn groot aantal gebiede weer onder Rome se kerklike beheer geplaas het.146 Ofskoon die agt Franse godsdiensoorloë wat periodiek vanaf 1562 tot 1598 gewoed het,147 oor meer as net godsdiens gegaan het, was die een saak wat primêr vir albei partye in dié reeks oorloë op die spel was, die godsdienstige karakter van die Franse staat. Dit blyk duidelik uit die politiek-godsdienstige geskrifte van daardie tyd.148 Bowendien het die pous die godsdienstige aard van die konflik onteenseglik gedemonstreer met sy goedkeuring149 van die massamoord op die Franse Protestante gedurende die Bartholomeusnag op 24 Augustus 1572.

142 143 144

145 146

147 148 149

De Klerk (n 138 hierbo) 193. Dunn (n 136 hierbo) 169. Die Bill of Rights wat in 1689 ten gevolge van die onttroning van James II as deel van die Glorious Revolution aanvaar is, reflekteer in paragraaf 2 van die eerste artikel ook uitdruklik die verset teen James se afkeurenswaardige godsdienstig geïnspireerde optrede. ‘Whereas the late king James II by assistance of diverse evil counselors, judges and ministers imployed by him, did endeavour to subvert and extirpate the Protestant religion and the laws and liberties of this kingdom - ...’. SL Lee Aspects of European history 1494-1789 (1978) 106. Dunn (n 136 hierbo) 73. Aan die ander uiterste was Richelieu wat suiwer weens realpolitieke oorwegings, naamlik die belange van Frankryk, by die oorlog betrokke geraak het en die Lutheraanse Gustavus Adolphus van Swede teen sy Habsburgse politieke teenstanders (ondanks die Katolieke gemeenskaplikheid met die Habsburgers) ondersteun het (Dunn (n 136 hierbo) 74). Die Boheemse opstand wat die oorlog ingelui het, is gemotiveer deur ’n mengsel van Boheemse nasionale en godsdienstige dryfvere. (De Klerk (n 138 hierbo) 208). Die Deense betrokkenheid kan gewyt word aan ’n mengsel van Deense dinastiese en Protestants-godsdienstige motiewe. (Dunn (n 136 hierbo) 72; De Klerk (n 138 hierbo) 210) Dieselfde geld vir die Sweedse betrokkenheid. ( Dunn (n 136 hierbo) 73; De Klerk (n 138 hierbo) 213) Sien voorts oor die prominensie van die godsdienstige dryfveer in die Dertigjarige Oorlog TK Rabb The Thirty Years’ War (1972) 53-57. De Klerk (n 138 hierbo) 176-180; Dunn (n 136 hierbo) 20-29. JW Allen A history of political thought in the sixteenth century (1960) 280-366. De Klerk (n 138 hierbo) 1977-178; Ebenstein (n 16 hierbo) 306.

60

Hoofstuk 3

Die eerste poging om die geweldige wanorde wat deur die godsdienstige breuk veroorsaak is, by te lê, was in die Heilige Romeinse ryk met die Vrede van Augsburg in 1555. Die formule van die Augsburgse vredesreëling was deels Middeleeus en deels modern. Dit aanvaar die godsdienstige skeuring as ʼn gegewe en poog nie om die Middeleeuse universele homogeniteit te herstel nie. Dit behou egter die grondliggend Middeleeuse beginsel om godsdiens steeds as ʼn politieke faktor en skeidslyn te hanteer, want in plaas daarvan dat godsdienstige denominasie as ʼn kwessie van private keuse hanteer word, is die Augsburgse beginsel dié van cuius regio eius religio, oftewel dat hy wat in ʼn bepaalde gebied regeer, die godsdienstige aard van die betrokke gebied bepaal.150 Die vredesreëling ken dus ’n ius reformandi aan die vors toe, ingevolge waarvan hy oor die godsdienstige karakter van sy gebied mag beslis. Godsdiens bly dus, soos aangetoon, ʼn politieke aangeleentheid. Die politieke orde behou steeds sy openbare politieke karakter, net soos in die Middeleeue. Godsdiens word steeds nie na die private sfeer afgewentel nie. Anders as in die Middeleeue — en dit is waar Augsburg ʼn verskil meebring — kan politieke eenhede nou, afhangende van die beslissing van die betrokke vors, variërende godsdienstige karakters hê. Die godsdienstige karakter van die verskillende politieke eenhede word dus ʼn funksie van vorstelike soewereiniteit. Aangesien godsdiens steeds binne die openbare sfeer bly, word die keuse van godsdiens nie tot ’n individuele reg verhef nie. Die enigste individuele reg wat hierdie vredesreëling meebring, is die ius emirgandi, oftewel die reg van individuele burgers om na ’n gebied te emigreer waar die emigrant en die vors tot dieselfde godsdienstige denominasie behoort.151 Met hierdie reëling word daar dus nie soseer individuele godsdienstige verdraagsaamheid meegebring nie, dog wel interstaatlike godsdienstige verdraagsaamheid.152 Binne ’n staat het individue nie die vrye keuse om hulle godsdienstige voorkeure uit te oefen nie. Die bevoegdheid van politieke gesagvoerders om die godsdienstige karakter van hul onderskeie prinsdomme te bepaal, is egter wel erken. Onder meer die Dertigjarige Oorlog het getoon dat die Augsburgse verdrag nie standhoudend was nie en dat hierdie vredesreëling nie die volle implikasies van die breuk in die Westerse Christendom verreken het nie. Duitsland was weens sy politieke fragmentasie egter vatbaar vir die Augsburgse vredesreëling. Uiteenlopende keuses oor die

150

151 152

Rice (n 64 hierbo) 165; Dunn (n 136 hierbo) 49; Smith (n 13 hierbo) 107 verduidelik dat die beginsel van beperkte omvang was, nie op alle Duitse gebiede van toepassing was nie, en bowendien slegs vir Katolieke en Lutheraanse vorste gegeld het. Rice (n 64 hierbo) 165. Figgis (n 26 hierbo) 130.

Verval en wegbereiding

61

godsdienstige karakter van sy prinsdom kon deur elke vors uitgeoefen word en onderdane kon, indien nodig, wel die ius emigrandi uitoefen indien hulle godsdienstige keuse van dié van die vors verskil het en na ’n ander prinsdom padgee. Frankryk, daarenteen, was nie vatbaar vir ʼn kompromie van die aard van Augsburg nie. Dit was Frankryk wat blootgestel is aan die volle branding van die godsdienstige breuk. Dit was ook, soos in die vierde deel van hierdie hoofstuk verder bespreek word, Frankryk wat na 1598 die moderne staatlike formule daargestel het om godsdienstige konflik te hanteer. Die unieke posisie van Frankryk (in teenstelling met veral Duitsland) word só deur George H Sabine beskryf:
In Germany divisions of territory made it a struggle between princes, with the result that the fundamental issue of religious freedom need not be pressed. In the Netherlands it took the form of a revolt against a foreign master. In England, as also in Spain, the supremacy of royal power prevented the outbreak of civil war during the sixteenth century. But in France and Scotland a factional struggle arose which threatened the stability of the nations.153

Die Franse staat was reeds lankal ʼn enkele territoriale eenheid. Die godsdienstige karakter van die Franse staat was egter omstrede en onbeslis. Vanaf 1562 tot 1598 was opeenvolgende godsdienstige burgeroorloë die bloedige metode wat aangewend is om dié omstredenheid uit die weg te ruim. Van besondere belang was die regs- en politieke filosofie van hierdie era in Frankryk — een van die mees betekenisvolle hoofstukke in die geskiedenis van die Franse openbare filosofie.154 Die treffendste eienskap van die politieke denke wat sowel die Rooms-Katolieke as die Calvinistiese partye opgelewer het, was die konserwatisme daarvan. Dit poog nie om ʼn modus vivendi te vind vir die bestaan van uiteenlopende godsdienstige oortuigings nie, maar kleef krampagtig vas aan die Middeleeuse ideaal van universele godsdienstige homogeniteit waarin daar geen ruimte vir godsdienstige verdraagsaamheid is nie.155 Die Hugenote-(Calvinistiese) party in Frankryk het hulle by hulle minderheidstatus aangepas en het nie na die eerste prys van ʼn totalitêre Calvinistiese staat na die voorbeeld van Calvyn se staat in Genève, gestreef nie.156 Die Hugenote-party se politieke teorie was ʼn eklektiese sameflansing van dikwels onoortuigende beroepe op
153 154 155 156

GH Sabine A History of Political Theory (1971) 372. Sabine (n 153 hierbo) 372. Dunn (n 136 hierbo) 4. Allen (n 145 hierbo) 304.

62

Hoofstuk 3

populêre soewereiniteit,157 voortspruitend uit die Middeleeuse antieke konstitusie.158 Dit is deurtrek van Calvyn se aristokratiese oortuiging dat ʼn opstand teen die vors slegs regmatig is indien dit deur openbare ampsbekleërs of dergelike toonaangewende figure in die samelewing (magistrati) gelei word.159 Vir die onderhawige bespreking is hierdie punt egter onbelangrik. Die kern van die gedagterigting van die Hugenote-party is dat die vors nie oor onbeperkte gesag beskik nie en dat die volk dienooreenkomstig ook nie ongekwalifiseerde trou aan die vors verskuldig is nie. Indien die vors tot nadeel van die volk handel, verbreek hy sy verbond met God en verbeur hy die volk se gehoorsaamheid. Die aartsonreg wat deur die vors gepleeg word, is wanneer hy strydig met die ware godsdiens — en volgens die Hugenote is dit die Calvinisme — handel. Dan word die vors ʼn tiran en kan daar regmatig teen hom in opstand gekom word.160 Die Katolieke Bond wat net so oortuig van húlle waarheid was, het op ʼn soortgelyke manier geargumenteer. Die Katolieke was egter die groot meerderheid van die Franse bevolking en daarom voer hulle aan dat die Franse staat ʼn ongekwalifiseerde Rooms-Katolieke karakter moet hê. Daar word aangevoer dat die vors geen kompromieë met die Hugenote, dit wil sê met kettery mag aangaan nie.161 Soos in die Middeleeue, word daar geredeneer dat die kettery die wortel van alle kwaad is en dat die Franse volk juis daaronder ly. Kettery word egter nie net godsdienstig afwykend nie, maar ook as polities ondermynend beleef, want word gesê, kettery teen die kerk gaan altyd gepaard met rebellie teen die vors.162 In hierdie opsig en gegewe die destydse politieke konteks in Frankryk was die Katolieke natuurlik reg, want die Hugenote het juis geleer dat opstand teen, en omverwerping van ʼn vors wat die ware godsdiens vervolg, regmatig is. Die noodsaak vir godsdienstige homogeniteit van ʼn staat (op dieselfde grondslag as die Middeleeuse rykskerklike homogeniteit) het vir die Katolieke Bond die hoogste voorrang geniet. Godsdienstige homogeniteit is die enigste soliede grondslag vir die Franse staat, en geen staat is sonder daardie eenheid bestaanbaar nie, redeneer die

157

158 159 160 161 162

Allen (n 148 hierbo) 305; 309-310. Dit kom onder meer voor in die geskrifte van Hotman. Populêre soewereiniteit het egter by die Hugenote-party slegs ’n passiewe betekenis, naamlik dat die vors tot die voordeel van die volk moet regeer. Hierdie konsep van volksoewereiniteit stel egter nooit die volk in staat om self te rebelleer nie. Magistrate — lede van die regerende stand — moet altyd die opstand lei. Indien nie, moet die volk maar by die onregverdige heerskappy van die regering berus. Sien verder hieroor Allen (n 148 hierbo) 325. Sien hoofstuk 2.2. Allen (n 148 hierbo) 322-325. Allen (n 148 hierbo) 306, 314-318, 327. Allen (n 148 hierbo) 344. Allen (n 148 hierbo) 347.

Verval en wegbereiding

63

Bond. Godsdiens verskaf die kohesie van die staatlike gemeenskap en dienooreenkomstig is dit die primêre plig van die vors om kettery wat daardie kohesie kan verswak, uit te roei.163 Die Katolieke Bond het aangevoer dat die vors regmatig ontsetel kan word indien hy die staat benadeel — en die ergste nadeel wat die staat berokken kan word, is wanneer die vors meer as een godsdiens daarin toelaat.164 Aangesien godsdienstige eenstemmigheid die conditio sine qua non vir ʼn soliede staatsgemeenskap is, moet elke Fransman noodwendig Katoliek wees. Jean Boucher, een van die belangrikste woordvoerders van die Katolieke Bond, verklaar dan ook dat ʼn Hugenoot net so min ʼn Fransman is, as wat ʼn Turk ʼn Fransman is.165 Die stryd tussen die Katolieke en die Hugenote in Frankryk versinnebeeld die impasse waarin die godsdienstige breuk Europa laat beland het. Die voortgesette hantering van godsdiens as ʼn politieke aangeleentheid — die vereenselwiging van godsdiens met politiek — binne ʼn reeds gevestigde territoriale staat, verhoed enige vrede, orde en stabiliteit en verseker soos bloedig in die godsdiensoorloë gedemonstreer is, slegs ʼn uitmergelende stryd. Die funksionering van godsdiens as ʼn politieke kategorie, wat die fondament van die Middeleeuse rykskerklike geheel was, het Europa nou in ʼn politieke impasse laat beland. Die Christelike geheel van weleer het plek gemaak vir onherroeplike fragmentasie. Die drang na die politiek van waarheid, oftewel die vestiging van state op ʼn eenstemmige godsdienstige grondslag, was nie langer met orde en stabiliteit versoenbaar nie. Die enigste uitweg uit die impasse was ʼn keuse ten gunste van orde, bo godsdienstige waarheid en ʼn gepaardgaande verplasing van godsdiens vanaf die openbare domein as ʼn saak van die politiek na die private sfeer waar individue as ʼn persoonlike saak self daaroor besluit.

163 164 165

Allen (n 148 hierbo) 347. Allen (n 148 hierbo) 348. Allen (n 148 hierbo) 352.

Indien ʼn nuwe godsdiens reeds goed gevestig is. ten einde aan die staat ʼn bepaalde godsdienstige karakter te verleen. 65 . moet dit verdra word. ʼn godsdienstig neutrale politieke groepering wat te midde van die bloedige chaos van die Franse godsdiensoorloë ontstaan het. ʼn Persoon hou nie op om ʼn burger te wees wanneer hy geëkskommunikeer word nie. ‘pouslik’ of ‘Calvinis’ is vir hom politiek weersinswekkende begrippe. Vir die Politiques was die enigste tersaaklike politieke maatstaf ʼn persoon se staatsburgerskap en nie sy lidmaatskap van die een of ander godsdienstige denominasie nie. Dit is weliswaar so dat godsdienstige eensgesindheid bevorderlik vir die staat is en dat die vors in belang van die staat moet poog om godsdienstige eenstemmigheid te bevorder.4 HOOFSTUK DIE GRONDLEGGING EN DIE GRONDLEGGERS VAN STAATLIKHEID 1 Die Politiques.2 maar sodanige eenstemmigheid is nie ʼn noodsaaklike voorwaarde vir die bestaan van die staat nie. Michel de l’Hôpital en Jean Bodin Die weg uit die impasse van die godsdiensoorloë is aangewys deur die Politiques.1 ʼn Bepaalde godsdienstige karakter is derhalwe nie ʼn noodsaaklike voorvereiste vir die bestaan en stabiliteit van ʼn staat nie. was Katoliek maar was nie bereid om die belange van die Franse staat aan die Rooms-Katolieke Kerk ondergeskik te stel nie. Waar sowel die Katolieke Bond as die Hugenoteparty aan godsdienstige waarheid prioriteit gegee het. Die Politiques en sy belangrikste woordvoerders. Anders as volgens die Middeleeuse beskouing hoef die staat nie ʼn Christelike republiek te wees nie. 1 2 W Ebensteuin Great political thinkers: Plato to present (1969) 350. en godsdienstige pluraliteit andersyds. Michel de l’Hôpital en Jean Bodin. JW Allen A history of political thought in the sixteenth century (1960) 349. is derhalwe nie wedersyds uitsluitend nie. verwerp l’Hôpital daarenteen godsdiens as ʼn politiek beslissende faktor. Die bestaan van die staat enersyds. en met die oog hierop tot burgeroorlog aangevuur is. ‘Lutheraan’.

Die tersaaklike vraag was nie wat die ware godsdiens is nie. is interne vrede en stabiliteit die hoogste deug.8 Maar met die toedrag van sake soos in die destydse Frankryk was dit duidelik dat die toekenning van godsdiensvryheid die enigste metode was om vrede te handhaaf. Volgens hom is dit nie die plig van die vors om ketters te bestraf nie. omdat dit andersins burgeroorlog kan ontketen. Dit sou volgens hom oneindig beter vir Frankryk gewees het as die land slegs een godsdiens gehad het. Dit mag moontlik nie altyd verkeerd wees om godsdienstige oortuigings te kriminaliseer nie.4 In Jean Bodin se werk is daar dus nie te soek vir teoretiese suiwerheid en konsekwentheid nie.66 Hoofstuk 4 Sowel l’Hôpital as Bodin was intens by die Franse politiek van hulle tyd betrokke. JU Lewis ‘Jean Bodin’s logic of sovereignty’ (1968) 16 Political Studies 210. vervolg word bloot omdat hulle bepaalde godsdienstige oortuigings huldig nie. Allen (n 2 hierbo) 295. Twee godsdienstige denominasies in een staat is volgens hom ʼn gevaarlike euwel.6 Vir hom. Die prys 3 4 5 6 7 8 9 Sien byvoorbeeld Allen (n 2 hierbo) 292 asook O Ulph ‘Jean Bodin and the EstatesGeneral of 1576’ (1947) XIX The Journal of Modern History 289.5 L’Hôpital word beskou as die grondlegger van die Politiquesbeweging. Allen (n 2 hierbo) 295. maar hoe mense in vrede kan saambestaan.7 L’Hôpital staan nie onverskillig teenoor die politieke rol van godsdiens nie. Allen (n 2 hierbo) 292. Sien byvoorbeeld P King The Ideology of Order: A comparative analysis of Jean Bodin and Thomas Hobbes (1974). het misluk. . Dit is dáártoe en tot niks anders nie. Die owerheid moet bo enige godsdienstige tweespalt uitstaan en nooit die bondgenoot van enige godsdienstige groepering wees nie. Lewis (n 4 hierbo) 213 Bodin se politieke teorie word saam met dié van Machiavelli en Hobbes paslik getipeer as die ideologie van orde. Sy politieke teorie kan alleenlik verstaan word teen die agtergrond van die doel wat hy daarmee wou bereik. terwyl dit eweneens nie die funksie van die owerheid is om die ware godsdiens in stand te hou nie. Geregtigheid vereis nie dat persone wat te goeder trou volgens hulle gewete handel en niemand anders benadeel nie. omdat niks mense so hewig verdeel as juis godsdiens nie. anders as sy godsdienstig ekstremistiese opponente vir wie godsdienstige waarheid van primêre belang was. waartoe die owerheid verbind moet wees. maar sodanige kriminalisering en gepaardgaande vervolging is nie die owerheid se primêre plig nie. Allen (n 2 hierbo) 293-295.3 Hulle lewer hulle werk nie as afsydige teoretici nie maar wel met die konkrete oogmerk om die terminaal verdeelde Franse staat van hulle tyd te probeer red.9 Vervolging as ʼn metode om godsdienstige eenvormigheid te handhaaf. Daarom moet godsdienstige faksies in die kiem gesmoor word. naamlik die vestiging van blywende openbare orde en vrede. Die owerheid se primêre taak is wel om die vrede en orde in stand te hou.

Dit is dus ’n geval van godsdiensvryheid ter wille van ʼn eg sekulêre oorweging. Anders as by sommige tydgenote en by die proto-liberale teoretici van die sewentiende eeu. Bodin bevind hom in die aanvangsfase van die lang geskiedenis van die politieke filosofie aan die begin van die moderne era. Soewereiniteit is vir hom die onderskeidende eienskap van die staat en hierdie soewereiniteit moet in belang van die handhawing van die staat uitgeoefen word. Machiavelli was egter voor sy tyd. moet die soewereine mag vir daardie doel aangewend word. wat die erkenning van godsdienstige verdraagsaamheid as ʼn saak van beginsel bepleit het. Voorts is hy.10 Vir l’Hôpital is verdraagsaamheid nie ʼn saak van teoretiese beginsel nie. anders as Bodin. MA Sheppard (1930) 45 ‘Sovereignty at the crossroads’ Political Science Quarterly 591-596. Hy lê die grondslag vir die politieke teorie van die moderne staat. die hoogste mag onder God.12 Wanneer die soort beperkings wat Bodin op soewereiniteit plaas egter oorweeg word.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 67 wat vir die voortsetting van vervolging betaal sou moes word. naamlik die voortbestaan en stabiliteit van die (Franse) staat. . wat in die staatsowerheid — die vors — setel. Soewereiniteit is die sleutel tot die bekamping en beheer van middelpuntvliedende kragte wat die voortbestaan van die staat bedreig. Bodin se verdraagsaamheidsopvatting stem grootliks ooreen met die van l’Hôpital. In die omstandighede het godsdienstige verdraagsaamheid die enigste toevlug gebied. Soewereiniteit is die 10 11 12 Allen (n 2 hierbo) 296. Acontius. nog nie gekonfronteer met die breuk in die Wes-Europese Christendom nie. M Wolfe ‘Jean Bodin on Taxes’ (1968) 83 Political Science Quarterly 268. is dit duidelik dat hy steeds met een voet in die Middeleeuse regstradisie gestaan het. In ’n sekere sin kan Machiavelli ’n sterker aanspraak hierop maak. maar met dié van die stadstaat Florence. maar oor die belang van die staat. Allen (n 2 hierbo) 416-423. Byvoorbeeld die humanistiese skeptici soos Castellio. Indien die instandhouding van die staat vereis dat ʼn sekere graad van godsdiensvryheid toegelaat moet word. was die potensiële vernietiging van die staat. William Walwyn en Francis Osborne wat geredeneer het dat die waarheid al dan nie van sekere dinge in elk geval nie objektief vasstelbaar was nie en dat vervolging daarvoor onvanpas en wreed sou wees. Dié prys was vir l’Hôpital te hoog. Lewis (n 4 hierbo) 215-218. Sien byvoorbeeld B Tierney ‘Religious rights: an historical perspective’ in J Witte & JD van der Vyver (reds) Religious rights in global perspective (1977) 18 et seq. Vir Bodin is soewereiniteit. want hy worstel as Florentyn nie met die problematiek van die omvangryke territoriale staat nie. Die hoofklem van Bodin se denkarbeid val egter op staatsoewereiniteit.11 gaan dit vir hom nie in die eerste plek oor godsdiensvryheid nie.

is duidelik hieruit te bespeur. Bodin se soewerein is nog geensins so oppermagtig soos Hobbes se soewerein nie. bloot moet vind nie.14 Vir Bodin is dit baie belangrik dat staatsgesag gesentraliseer moet wees ten einde te verseker dat algemeen geldende reg vir die staat in die geheel verorden kan word. Lewis (n 4 hierbo) 215-218. ofskoon dit met die eerste oogopslag lyk na ʼn stuk negentiende-eeuse liberale 13 14 15 16 17 18 King (n 5 hierbo) 75. Die owerheid is ʼn aktiewe regskepper. want die aard van die beperkings waarmee hy soewereiniteit kwalifiseer. Wolfe (n 12 hierbo) 268.6 bespreek. Sheppard (n 12 hierbo) 591-596. is dat die soewerein verhoed word om sekere privaatregtelike regte van die burgery aan te tas. want hoe kan Bodin enersyds soewereiniteit wat tog onbeperkte magskapasiteit impliseer. beklemtoon en dit dan tegelyk met die gemelde beperkings afwater? Die antwoord hierop is dat Bodin in hierdie opsig nog tipies Middeleeus argumenteer.15 Bodin staan egter in twee belangrike opsigte van Hobbes verwyderd. want hier is daar nie sprake dat die owerheid. maar daarenteen aktief te werk moet gaan om reg te skep. Lewis (n 4 hierbo) 208 verklaar dat Bodin ’n breuk met die Middeleeue verteenwoordig in die sin dat hy die klem op wetgewing in plaas van gewoonte laat val. Verder in hierdie hoofstuk in 3.16 Die vernaamste effek van die beperkings waaronder die soewerein moet handel. is alleenlik met die grootste moeite verwerf. mag nie arbitrêr op eiendom beslag lê nie en mag die burgery slegs binne redelike perke belas. Sheppard (n 12 hierbo) 586-588. Hobbes en John Austin. Die onmiskenbare voortekens van die latere denke van die groot woordvoeders van die soewereine territoriale staat. Daar blyk in hierdie opsig ʼn teenstrydigheid te wees. In die Middeleeue was vorste se bevoegdhede om belastings te hef. Die modernisme van Bodin tree in hierdie opsig duidelik op die voorgrond.13 Alle ander instellings in die staat dank hulle bestaan aan die grasie van die vors. King (n 5 hierbo) 98. dit wil sê die neerlegger van bevele. passief die reg waaraan hulle onderdane onderworpe is. baie beperk. Allen (n 2 hierbo) 416-423. soos in die Middeleeue. Die beperking teen die inbreuk op eiendomsreg is. is juis die soort beperkings wat kragtens die Middeleeuse reg op maghebbers geplaas is. Hy is nog onderworpe aan ʼn aantal beperkings wat deur die goddelike en die natuurreg opgelê is. Dit moet die vors vrystaan om onafhanklik van botsende aansprake van seksionele (territoriale en godsdienstige) entiteite algemene reg vir die staat daar te stel.68 Hoofstuk 4 fundamentele bestaansvoorwaarde vir die staat. .17 Die owerheid mag nie die burgery dwing om te kontrakteer nie.18 Die bevoegdheid om belastings te hef en die meegaande reg om regmatig op eiendomsreg inbreuk te maak.

Allen (n 2 hierbo) 422. Bodin se denkarbeid word juis aangewend ter verwesenliking van Bodin en die Politiques se morele waarde-oordeel waarvolgens openbare vrede en orde voorkeur bo godsdienstige waarheid geniet.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 69 kapitalisme.20 Bowendien behandel Bodin soewereiniteit nie as ʼn rasioneel deurdagte logiese begrip nie. wat onder meer as die terrein van die goddelike en die natuurreg beskou is. Oormatige belastings tref dus nie slegs individuele gesinne nie.23 Wat sy soewereiniteitsteorie betref. Volgens die Middeleeuse opvatting. staan eweneens in diens van staatsorde en -stabiliteit.25 is daar ook enorme verskille. 19 20 21 22 23 24 25 Sien oor die vroeëre (voor-kapitalistiese) eng omskrywing van eiendomsreg AJ van der Walt ‘Marginal notes on powerful legends: Critical perspectives on proprietary theory’ (1995) 58 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 396 et seq. wat ʼn duidelike onderskeid tussen reg en moraliteit tref nie. tog ook tipies Middeleeus. wat nog deels Bodin se denke bepaal. Gesinne is die boustene van die staat. Eiendomsreg is in die Middeleeue veel enger omlyn as wat in die negentiende eeu die geval was. val slegs die burgerlike reg binne die gesag van die vors. buite die grense van die vors se staatlike soewereiniteit. Lewis (n 4 hierbo) 216. In die lig van Bodin se eie deels Middeleeus-gedrewe denke is daar egter geen teenstrydigheid nie. Waarskynlik die belangrikste is dat Bodin nie ʼn analitiese juris was. bou Bodin voort op Middeleeuse voorlopers.24 Wanneer die beperkings van Bodin se soewerein oorweeg word. Sheppard (n 12 hierbo) 597-598. HF Jolowicz Lectures on Jurisprudence (1963) 64-68. Lewis (n 4 hierbo) 213. Daar is dus slegs ʼn teenstrydigheid indien soewereiniteit vanuit ʼn moderne hoek beoordeel word. Die omvang van soewereiniteit strek dus slegs sover as wat nodig is om vrede en openbare orde in die staat te verseker.21 Die beperkings wat in hierdie beskouing van soewereiniteit ingebou is. . daarenteen val fundamentele reg (konstitusionele reg). Inteendeel. Ofskoon soms aangevoer word dat daar ʼn regstreekse lyn vanaf Bodin deur Hobbes na John Austin en die moderne regspositivisme loop. Wolfe (n 12 hierbo) 274-275. is soortgelyk verklaarbaar: privaat eiendom verskaf die lewensmiddele om gesinne te onderhou. maar as ʼn strategie vir staatsbehoud.19 en daarom kon daar nouliks nog verder daarop inbreuk gemaak word. Soewereiniteit funksioneer dus nie by Bodin as ʼn logies suiwer teorie nie.22 Die perke wat Bodin op die hef van belastings plaas. maar uiteindelik ook die staat self. Sien die skrywers aangehaal deur Lewis (n 4 hierbo) 214. is dit duidelik dat hy ʼn oorgangsfiguur was. maar as ʼn funksionele instrument om staatlike orde en stabiliteit te bewerkstellig.

Bodin het egter suiwer op sterkte van die troonopvolgingsreg aangevoer dat Henri vir troonopvolging kwalifiseer en het anders as die Katolieke Bond nie denominasie-lidmaatskap as ʼn politiek relevante en dus ʼn juridiese voorwaarde vir die Franse troonopvolging gestel nie. Dit is verder volgens Bodin ook heeltemal gerade dat die owerheid nuwe en nog swak ontwikkelde godsdienstige 26 27 28 29 Lewis (n 4 hierbo) 211-212. Die owerheid moet nie by godsdienstige geskille betrokke raak nie. net soos die Katolieke Bond ʼn denominasie-verandering van Henri vereis alvorens hy koning van Frankryk kon word. soos verder uit hierdie hoofstuk sal blyk. inteendeel. is daarenteen volskaals modern en koester geen geloof in die natuurlikheid van menslike gemeenskap nie.27 Bodin se standpuntverandering was egter nie godsdienstig van aard nie. Indien dit moontlik is om in belang van eenheid godsdienstige eenstemmigheid te bevorder.26 Hobbes. Rose (n 27 hierbo) 796-797.28 Hy handhaaf steeds sy basiese beskouings oor godsdiensvryheid en hy beskou steeds godsdienstige konflik as die primêre euwel. . moet die owerheid dit doen.70 Hoofstuk 4 Bodin is in ʼn tweede opsig ver van Hobbes verwyderd. Bodin was in hierdie opsig in pas met ander Politiques wat dieselfde standpunt gehuldig het. maar polities gemotiveerd. PL Rose ‘The Politique and the Prophet: Bodin and the Catholic League 1589-1594’ (1978) 2 Historical Journal 783 et seq. Bodin se beskouings oor die kwaliteite van die soewerein en oor hoe godsdiens in die staat hanteer moet word. Dit is ook daarop gemik om die eenheid van die staat en openbare stabiliteit te verseker. Vir Bodin is daar geen verskil tussen ʼn goeie burger en ʼn goeie mens nie. in plaas van deur godsdienstige waarheidsoorwegings. want hy het nie bepleit dat Henri ter wille van trou aan godsdienstige waarheid Katoliek moes word nie. Rose (n 27 hierbo) 807. Tog het Bodin in 1589 sy standpunt verander en toe ook. individue is in ʼn onafgebroke stryd met mekaar gewikkel. Henri was Protestants en daarom het die Katolieke Bond sy troonbestyging teengestaan. maar dat hy van denominasie moes verander ter wille van Frankryk en ter wille van die beëindiging van die godsdienstige stryd wat die voortbestaan van die Franse staat bedreig het. Sy pragmatiese benadering verklaar ook sy veranderde beskouings oor die Franse troonopvolging van Henri IV. is net so pragmaties soos sy gekwalifiseerde soewereiniteitsbeskouing. Anders as Hobbes glo Bodin in ooreenstemming met die Klassieke oortuiging dat menslike gemeenskap natuurlik is. Sien hieroor verder (n 27 hierbo) 798-799. Hy bepleit bloot as ʼn ware Politique ʼn politiek berekende bekering ter wille van die Franse staat.29 Die optrede van die owerheid moet ook gelei word deur die beste belange van die staat. en ook nie probeer om die een of ander godsdienstige oortuiging te bevorder nie.

maar dat indien dit toegelaat word om te groei. . Figgis (n 31 hierbo) 124. maar suiwer met die oog op die verstewiging van die eensgesindheid van die staatlike bevolking en derhalwe die integriteit van die staat.34 Godsdiens verloor sy openbare aanspraak as ʼn politieke kategorie omdat dit moet bes gee vir die nuwe voorkeur-waarde. net soos die teenoorgestelde — godsdienstige vervolging — in ander omstandighede meer gewens mag wees. 1414-1625 (1960) 133. maar die staat wat konsekwent die hoogste deug is en wat die bepalende faktor by die vasstelling van beleid is. naamlik die eenheid en stabiliteit van die staat wat die primêre belang en hoogste 30 31 32 33 34 Allen (n 2 hierbo) 429.30 Die rede daarvoor is egter nie dat so ʼn godsdiens vals is nie. Die vervolging vind dus nie plaas omdat die godsdienstige dogmatiek en oortuigings van die nuwe godsdienstige stroming as polities relevant beskou word nie. voortspruitend uit teoreties gefundeerde oortuigings nie. Ebenstein (n 1 hierbo) 350. Spesifiek godsdiens word uit die openbare sfeer verwyder en na die private sfeer afgeskuif. Sien JN Figgis Political thought from Gerson to Grotius. betaal moet word. Godsdienstige verdraagsaamheid is dus nie soseer ʼn beginsel.31 Sodra ʼn godsdienstige denominasie egter stewig gevestig is. en in ander omstandighede ook in belang van die staat dat godsdienstige vervolging binne sekere perke beoefen word. Staatsoewereiniteit het tot gevolg dat die wedywerende politieke aansprake van ʼn feodale of ʼn kerklike oorsprong irrelevant raak en opsy geskuif word. Dit is ʼn (politieke) strategie wat in belang van die staat soms gevolg kan word. Gevolglik moet die owerheid dan liewers die ongestoorde beoefening van die nuwe godsdiens toelaat. Figgis (n 31 hierbo) 133. indien dit vervolg word. gemeet aan wanorde en onstabiliteit.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 71 strominge en denominasies vervolg. sal daar ʼn te hoë prys. In so ʼn geval sal vervolging polities onverstandig wees. Dit is in belang van die staat dat godsdienstige eenheid prysgegee en godsdiensvryheid toegelaat word. Bodin se Politiques-kollegas is in dié opsig kennelik Machiavelliaans. Figgis (n 31 hierbo) 130-131. teenoor private godsdienstige gemeenskappe georganiseer in die kerke.32 Dit is nie godsdiensvryheid nie.33 Waarmee Bodin hier besig was. dit die eenheid en stabiliteit van die staat kan aantas. was ʼn strategie van staatsbou ter wille van die eenheid en integriteit van die staat. Die politieke teorie van die Politiques erken dat daar uit die enkele monolitiese gemeenskap van die Middeleeuse rykskerklike geheel twee kwalitatief uiteenlopende gemeenskappe ontstaan het: ʼn sekulêre (openbare) politieke gemeenskap georganiseer as die staat. Met die Politiques word godsdiens gevolglik ʼn private en persoonlik-individuele saak.

Indien nie. dit wil sê met ʼn aantal vryswewende individue wat nie die een of ander groepsverbintenis het wat dalk hegter as die verbintenis met die staat self mag wees nie en meer lojaal teenoor die groep as teenoor die staat is nie. Sedert die staat daarin geslaag het om godsdiens as die enigste politieke kategorie opsy te skuif.36 In staatsdienende godsdiensvryheid vind ons dus die prototipiese moderne mensereg (fundamentele reg) en die prototipiese liberalisme. terwyl godsdiens. om sodoende individuele lojaliteit te genereer met die vermoë om die 35 36 Figgis (n 31 hierbo) 124. kan die stabiliteit en voortbestaan van die staat in die gedrang kom. taal-. HB Mayo An introduction to democratic theory (1960) 145 voetnoot 3. Godsdiensvryheid — die produk van die denkarbeid van die Politiques — is nie aan die staat of aan die natuurreg te danke nie. naamlik dat die staat aan godsdiensvryheid te danke is en dat die voortbestaan van die staat daarvan afhang.. Die staat is dus inherent ongemaklik — dikwels openlik vyandig — teenoor die verskynsel van pluraliteit binne die staat. waak dit jaloers oor sy monopolie oor die openbare domein. raison d’êtat. Maar meer as dit: die noodgedwonge erkenning van godsdiensvryheid as prototipiese liberale mensereg in dieselfde tyd waarin die moderne staat sy beslag gekry het. Die staat is sedert die dae van die Politiques op sy gemaklikste met individuele burgers. geprivatiseer word. godsdienstige en dergelike groepe (anders as individue) in staat is om ʼn politiek beduidende krag te konstitueer. a quiet life.35 Die territoriale staat as godsdienstig en andersins neutrale entiteit seëvier oor godsdiens in die sin dat die integriteit van die staat die primêre openbare politieke deug word. of wat ʼn verdelende effek mag hê. Soos Mayo dit stel: Religious freedom and toleration appear to have been adopted or enforced for political reasons . Individue moet dus voorkeur aan hulle verbintenis met die staat gee en moet bowenal in die eerste plek staatsburgers wees. het ook daarvoor gesorg dat die liberalisme reg vanuit die staanspoor een van die grondliggende eienskappe van die staat geword het. Die omgekeerde is waar. . wat in die strewe na godsdienstige waarheid en suiwerheid die staat se stabiliteit mag ondermyn. etnies of dergelik) mag besorg. Hierdie reg is die voorwaarde vir die bestaan van die staat en is ook die reg wat die oer-wortel van die moderne liberalisme is..72 Hoofstuk 4 deug word. Dienooreenkomstig koester die staat ʼn diep afkeur van enige groepsvorming in die staat wat in die openbare domein ʼn beslag mag kry en dus aan die staat ʼn bepaalde identiteit eie aan ʼn groep (godsdienstig. kultureel.. omdat kultuur-. taal. Aan die ander kant noodsaak die beste belang van die staat dat ʼn sekere graad van denominasie-pluraliteit en vrye godsdiensbeoefening toegelaat word.

private bestaan voer en hulle nougeset uit die openbare domein hou wat eksklusief deur die staat beset word. in plaas van die waghond oor godsdienstige waarheid. was an independent inherently justified good. wat in gemeen het dat hulle ʼn gemeenskaplike regering gehoorsaam. moet hulle ’n stil. dit gee ook nie uitdrukking aan ʼn reeds bestaande gemeenskap en van ʼn beduidende waardekonsensus nie. Die Politiques se staatsdefinisie kom bloot neer op ʼn versameling van mense binne ʼn afgebakende gebied. In die lig hiervan is die bylê van konflik die raison d’ être van die staat. formal peace as opposed to the horrors and sufferings of civil war. society and liberty uit die Duits vertaal deur JA Underwood (1981) 36. die meganisme wat menslike optrede so moet bestuur dat die risiko van wedersydse verdelging verhoed word. . Tewens. Vir sover daar wel groepe is. In die plek daarvan word ʼn nuwe waarde voorop gestel. Die Politiques verwerp die kernbeginsel van die Middeleeuse staatsopvatting waarvolgens godsdienstige waarheid die fondament is waarop die politieke orde berus.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 73 staat se monopolie op openbare identiteit in die vorm van staatsburgerskap uit te daag. Soos EW Böckenförde dit stel: For the Politiques. Die soort staat wat met die Politiques op die voorgrond tree. naamlik dié van formele vrede tussen die staatsburgery.37 Dit was ingevolge hierdie nuwe waardekeuse nie meer soos vroeër die plig van die vors om die kerk se agent te wees ter bevordering van godsdienstige waarheid en ter onderdrukking van dwaling en kettery nie. Die staat is nie ‘n res publica — die gemeenskaplike saak van ʼn gemeenskap van burgers — nie. Sy plig was om te verhoed dat sy onderdane mekaar in die najaag van die realisering van godsdienstige waarheid uitroei38 en sodoende ook die staat vernietig. Böckenförde (n 37 hierbo) 36. 37 38 EW Böckenförde State. die staat is die produk van ʼn gebrek aan gemeenskap en van ʼn waarde-dissensus. dra die stempel van ʼn neutrale staat wat mense binne sy territoriaal gedefinieerde grense onder die beheer van sy regsreëls het en wie se partikuliere groepaffiliasie geen impak op die karakter van die staat mag hê nie. Die owerheid word hiermee die instandhouer van staatlike orde en vrede. Die neutrale Politiques-staat kom tot stand te midde van die radikale afwesigheid van daadwerklike bande wat die voorvereiste is vir menslike gemeenskap en teen die agtergrond van die oorweldigende probleem van aanhoudende en onbesliste konflik. Dienooreenkomstig is die staat ʼn blote konflikreguleerder.

39 By die Klassieke beskouing van Aristoteles word daar met ʼn burger gewerk as ’n entiteit met per definisie ’n hoë openbare profiel. Dit impliseer ’n passiewe juridiese status. By Bodin beteken burgerskap nie daadwerklike deelname nie. Deur hierdie verdraagsaamheid vrywaar die 39 40 J Leca ‘Questions of citizenship’ in C Mouffe (red) Dimensions of radical democracy (1992) 28. Burgerskap word as ’t ware elke dag opnuut uitgeleef. AE Galeotti ‘Citizenship and Equality: The place for toleration’ (1993) 21 Political Theory 588.en etniese identiteit uit te leef. By Aristoteles word die burger met die staat verbind deur sy daaglikse deelname aan die politiek. dit behels passiewe private gehoorsaamheid aan die reg. wat ingrypend verskil van die soort burgerskap wat in die politieke filosofie van Aristoteles aangetref word. is tans nog steeds dominant. . daarenteen. want die openbare sfeer moet neutraal bly.74 Hoofstuk 4 Hierdie soort staatsbeskouing wat met Hobbes sy volle sterkte bereik. wat so erg kan wees soos met die Franse godsdiensoorloë. Indien dit wel na die openbare sfeer uitgebrei word. asook die vrye keuse met betrekking tot seksuele voorkeur en dies meer. ’n Persoon word elke dag weer ’n burger wanneer hy hom aktief met die openbare sake van die staat (die polis in hierdie geval) bemoei. Die godsdienstige verdraagsaamheid wat met die Politiques sy verskyning maak. is ’n verdraagsaamheid van ’n besondere aard. Die individu kan binne die private sfeer die godsdiens van sy keuse beoefen. bly die basiese beginsel egter steeds geld. Burgerskap kry dus deurlopend inhoud deur deelname aan die sake van die polis. Sedertdien het hierdie vryheid uitgebrei: die vryheid om kulturele-. Die aktiewe burgerskap en betrokkenheid by die res publicae is hier van wesenlike belang. naamlik dat vryheid tot die private sfeer beperk word. taal. Dié vryheid is op die keper beskou egter nie werklik vir die openbare sfeer bedoel nie. Burgerskap vereis in dié geval nie aktiewe openbare deelname aan die politiek nie. vrye persoonlike uitdrukking ingevolge die reg op vryheid van uitdrukking. tree die gevaar opnuut na vore dat die aard van die staat ’n geskilpunt word en dat konflik. By Bodin verbind die juridiese status van burgerskap die individu met die staat. By Aristoteles behels burgerskap burgers se deurlopende deelname aan openbare politieke aangeleenthede. Dié verdraagsaamheid tref ’n duidelike onderskeid tussen die openbare en private sfere en is slegs in die laasgenoemde sfeer van krag. Hierdie siening van individuele vryheid wat as liberale verdraagsaamheid40 getipeer kan word. berus burgerskap daarop dat die individu hom neerlê by die reg van die staat. By Bodin. in ruil vir beskerming en die instandhouding van die openbare orde. weer kan ontstaan. lê die grondslag vir die kontemporêre liberale territoriale staat. Ofskoon die vryheid veel groter inhoud gekry het. By Bodin tree ʼn nuwe vorm van burgerskap na vore.

42 By Bodin en later by Hobbes. E Lousse ‘Absolutism’ in H Lubasz (red) The development of the Modern State (1964) 43. kulturele. Hierdie aspek word breedvoerig in hoofstuk 6 bespreek. In Frankryk in die besonder het staatlike soewereiniteit met monargale absolutisme gepaard gegaan. aangesien dit aan geen juridiese geldigheidsmaatstawwe onderhewig was nie.41 Tegelykertyd het hierdie vryheid en verdraagsaamheid egter ook ’n nuwe openbare identiteit. Rousseau en sy ideologiese volgelinge mobiliseer die passiewe identiteit in ʼn aktiewe republikanisme wat dikwels die totalitêre gevolg meebring dat die vryheid van die private domein vernietig word.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 75 staat sy burgers van die potensieel nadelige gevolge van hulle onderlinge verskille. taal of godsdienstige identiteit na gelang van sy persoonlike voorkeure uit te leef. 2 Thomas Hobbes en die geboorte van Leviatan. AE Galeotti vat dié waarheid goed saam wanneer hy sê: Therefore whereas citizens are free to pursue their own ideals and practice their own culture and religion within civil society. naamlik dié van staatsburgerskap.44 Jean Bodin en Thomas Hobbes (1588-1679) was die prominentste apologete vir absolutisme. ʼn passiewe identiteit. in the public sphere they should disregard their special and particular membership and be ‘just citizens’ on an equal basis. Ook in Engeland het die pro-absolutistiese stroming sterk stoom opgebou. Vorstelike absolutisme kom eenvoudig daarop neer dat die koning se gesag nie aan enige reëls gebonde was nie. die sterflike god Teen die laaste kwart van die sestiende eeu is die konsep van staatlike soewereiniteit in veral Frankryk en Engeland gevestig. Hulle was egter ingebed in ’n breë Europese tendens ten gunste van absolutisme en teen wedywerende plaaslike (nie-sentralistiese) en kerklike aansprake op politieke gesag. . Locke en andere is hierdie nuwe openbare identiteit naamlik die neutrale staatlike identiteit van staatsburgerskap wat die Middeleeuse openbare identiteit van Christenskap vervang het. deur die verskille uit die openbare sfeer te hou. Dit was absoluut (absoluta). 41 42 43 44 Galeotti (n 40 hierbo) 590. maar in die openbare sfeer is slegs een identiteit toelaatbaar. Galeotti (n 40 hierbo) 591. naamlik dié van staatsburgerskap geskep.43 Vandag vind soortgelyke mobilisasie van die burgerskapsidentiteit uiting in sogenaamde nasiebouprogramme. In die private sfeer is ’n persoon vry om die etniese.

Die apologieë wat vir absolutisme aangevoer is.3. In Engeland het die regverdiging vir vorstelike absolutisme in die laaste kwartaal van die sestiende eeu met die werk van sir Thomas Smith begin stoom opbou. Dié aspek kom in hoofstuk 8.49 James verwerp ook die gedagte dat die vors aan die gemenereg onderworpe is en kom juis as gevolg hiervan in hewige botsing met sommige Engelse gemenereg-juriste soos Edward Coke. Henri IV (van Navarre) van Frankryk. Net soos Bodin was James ook van oortuiging dat godsdiensvryheid genoodsaak is deur die instandhouding van staatstabiliteit. geniet. . HM Chew King James I in FJC Hearnshaw The social and political ideas of some great thinkers of the sixteenth and seventeenth centuries (1967) 111. Chew (n 48 hierbo) 115-116. Chew (n 48 hierbo) 112. Skinner (n 45 hierbo) 291. GH Sabine A History of Political Theory (1971) 93-394. wat aanvanklik oor Skotland en later ook oor Engeland regeer het. James was sekerlik die bes gekwalifiseerde vorstelike eksponent van absolutisme. een van die voorste internasionaalregtelike juriste van daardie tyd. Sommige teoretici het hulle daarop toegespits om prokerklike magsaansprake teë te gaan en het hulle daarom daarop toegespits om vorstelike absolutisme op grond van die goddelike reg van konings te regverdig. nie korrek is nie. Onder hulle tel William Barclay.47 wat aan die begin van die sewentiende eeu ’n invloed op die absolutistiese oortuigings van die Engelse koning James I uitgeoefen het48 en ook natuurlik James self.45 Hobbesiaanse absolutisme het onder meer gekwalifiseerde ondersteuning van Samuel Pufendorf.46 terwyl Hobbes ook in Engeland dikwels — soms goedkeurend — aangehaal is. Bodin se invloed op James was veral sigbaar in laasgenoemde se beskouing oor godsdiensvryheid. In die tydperk vanaf James I tot met die ontseteling 45 46 47 48 49 50 51 Q Skinner ‘The ideological context of Hobbes’ political thought’ (1966) 17 Historical Journal 286 et seq. met inbegrip van die bevoegdheid om wette te maak. 129.4 ter sprake. Hy was daarvan oortuig dat die vors aan geen wêreldlike gesag onderworpe was nie en dat die vors oor ’n onvervreembare reg op gesagsuitoefening beskik het. Aanvanklik is volskaalse absolutisme egter nie bepleit nie. het egter wyd uiteengeloop. Chew (n 48 hierbo) 123.51 James was in dié opsig ook volledig in pas met sy gedeeltelike tydgenoot.50 Juis op grond van hierdie beskouing het James enige politieke gesagsaansprake van die kerk — sowel Katoliek en Calvinisties — verwerp.76 Hoofstuk 4 Quentin Skinner verduidelik byvoorbeeld dat die indruk wat soms gewek word dat Hobbes ’n ideologies geïsoleerde figuur was.

Na die burgeroorlog was die rojaliste defensief en merkbaar minder absolutisties. Hobbes se politieke teorie is derhalwe nie beperk tot die Engeland van sy tyd nie. Böckenförde (n 37 hierbo) 39-40.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 77 van Charles I. met ander woorde vir bykans die hele eerste helfte van die sewentiende eeu.55 Hobbes het hom radikaal van al die ander rojaliste onderskei. . Die breuk wat Hobbes in die staatsfilosofie meegebring het. Soos Ebnestein (n 1 hierbo) 364 dit stel: The Leviatan is not an apology for the Stuart monarchy. (Eie beklemtoning). Sien H-J Störig (1979) Geskiedenis van de Filosofie Vol I 302 en in die algemeen S Hampshire (1956) The age of reason: the seventeenth century philosophers. Daly (n 52 hierbo) 244-245.57 Hobbes se politieke uiteensettings bly vandag steeds van die allergrootste belang. Sabine (n 47 hierbo) 512-514. Anders as die eksponente van die goddelike reg van konings. Sien onder andere JGA Pocock (1957) The Ancient Constitution and the Feudal Law 151-156. but a first general theory of politics in the English language.56 was Hobbes se benadering modern en sekulêr. Hy was geen gewone absolutis nie. het vorstelike absolutisme egter sterk op die voorgrond getree as ’n teorie van onbeperkte vorstelike gesag. Die res van sy insigte en beskouings het sy oortuigings oor absolutisme eeue lank oorleef en is vandag nog daaglikse lewende praktyk. Absolutisme was maar slegs ’n klein onderafdeling van Hobbes se opvattings. Anders as Bodin wat hom hoofsaaklik met die klaaglike onstabiliteit van die Franse staat van sy tyd bemoei het. gee Hobbes beslag aan ’n rasioneel ontwerpte en universeel geldende58 teorie oor die ontstaansoorsaak en aard van die staat. strook met die breë filosofiese tendens van sy tyd waarvolgens die Middeleeuse Skolastiek finaal gediskrediteer is en die Rede as bron van menslike kennis sterk op die voorgrond getree het. Daly (n 52 hierbo) 244-245. nor a grammar of despotic government. maar grootliks anachronistiese pleidooi vir absolutisme te lewer. Dit is ’n algemeen geldende politieke teorie wat die basiese karaktertrekke van die nuut ontstaande soewereine territoriale staat in perspektief stel. WH Greenleaf ‘Filmer’s patriarchal history’ (1966) 9 The Historical Journal 157 et seq.52 Robert Filmer53 was die laaste om (op grond van hoofsaaklik historiese argumente)54 ’n kragtige. wat weens hulle fokus op kerklike aansprake op politieke mag noodwendig religieus moes argumenteer. Dit was egter ’n laaste stuiptrekking want na die Glorious Revolution van 1689 het absolutisme geen beduidende aanhang meer in Engeland gehad nie. Vir Hobbes kom die staat tot stand vanweë individue se behoefte aan vrede en stabiliteit. Chew (n 48 hierbo) 127-128.59 52 53 54 55 56 57 58 59 J Daly ‘The idea of absolute monarchy in seventeenth century England’ (1978) 21 The Historical Review 235-239. asook oor die funksies van die owerheid in die staat.

poog om ’n onaanvegbare intellektuele strategie te vind wat sekerheid van kennis (in die wetenskap) kon bewerkstellig. Dit is vanuit die individuele verstand wat kennis rasioneel bedink kan word en by implikasie ’n openbare orde ook rasioneel ingerig kan word. soos die ontdekking van die Amerikas en die getuienis oor die leefwyse van die Amerikaanse Indiane. A Vincent Theories of the State (1987) 52. Die sewentiende-eeuse agtergrond waarteen Hobbes sy werk lewer..61 wat sy mees oorheersende onmiddellike bekommernis was. De Cive en Leviathan begin hy met ʼn uiteensetting 60 61 62 63 64 65 66 M Oakeshott Rationalism in politics and other essays (1962) 251. ewe belangwekkend is. Descartes. In hierdie wesenlike opsig sluit Hobbes aan by die rasionalistiese intellektuele klimaat van daardie tyd. Die antropologiese materiaal waarmee Hobbes.63 Ofskoon daar spesifiek histories gebonde invloede op Hobbes ingespeel het. is daar egter tereg oor sy werk opgemerk dat dit nie ʼn blote apologie vir die Stuart-monargie van die destydse Engeland. of vir despotiese regering was nie. maar wel soos Michael Oakeshott dit stel: . soos ander kommentators van sy tyd gehandel het. Ebenstein (n 1 hierbo) 364. CB Macpherson Introduction to Thomas Hobbes’ Leviathan (1955) 9. Sien hieroor in die algemeen S Toulmin Cosmopolis: The hidden agenda of modernity (1990) veral 45–88. maar wat vir die politiek wat juis op daardie stadium in ’n groot krisis verkeer en so aan bloedige konflik uitgelewer is.62 Ofskoon Hobbes se beskouings nie deur die oorlog veroorsaak is nie. is hy beslis daardeur beïnvloed.64 Dit was die eerste politiek-teoretiese werk waarin die fundamentele aard van die moderne territoriale staat op ‘n rasionalistiese wyse blootgelê is.78 Hoofstuk 4 Hobbes is egter grondig deur die besonder dramatiese omstandighede van sy tyd beïnvloed. R Ashcraft ‘Hobbes’ Natural Man: A Study in Ideology Formation’ (1971) 33 Journal of Politics 1097. Dit het historiese ondersteuning aan Hobbes se beskouing oor die natuurstaat verskaf. soos dit veral uit die werk van René Descartes (1596–1650) blyk. naamlik die individu se wete van die bestaan van sy eie verstand. . is een waarin individualisme toenemend op die voorgrond tree. and the individual human soul responsible for his own destiny . enterprising man out to seek his intellectual or material fortune.65 Hobbes breek met die Aristoteliese beskouing dat die mens grondliggend ʼn sosiale wese is. maar die eerste volskaalse politiek-teoretiese werk in die Engelse taal... CD Tarlton ‘The Creation and Maintenance of Government: A Neglected Dimension of Hobbes’ Leviathan’ (1978) 26 Political Studies 311.. klaarblyklik diep geraak deur die ontwrigting van sluipmoord op Henri IV en die verwoesting van die Dertigjarige Oorlog. Sabine (n 47 hierbo) 456. the independent.66 In al drie sy politieke werke Elements of Law. was nie die gemeenskap nie.60 Bowendien kry Hobbes se opvattings beslag teen die agtergrond van die Engelse burgeroorlog. Descartes vind hierdie onaanvegbare strategie nie in die tradisie van gemeenskapskennis en wysheid nie maar in net een ding wat volgens Descartes seker is. Ook ander invloede het op Hobbes ingewerk.

Dit bring mee dat individue in ʼn atmosfeer van voortdurende wedersydse agterdog jeens mekaar lewe. Deur in ’n gunstiger magsposisie as ander individue te verkeer. Gevolglik beskik hulle ook nie oor die vermoë om hulle onderlinge botsende aansprake by te lê nie. naamlik mag in ’n deurlopend antagonistiese verhouding met botsende mag. Thomas Hobbes The Elements of Law: Natural and Political (onder redaksie van F Tönnies (1969) Deel I hfst 8. Kommentare waarin hoofsaaklik op Elements of Law en De Cive gesteun word. Hobbes het algaande meer oortuig geraak dat individue ’n radikaal atomistiese en wedersyds afsydige bestaan voer en al hoe meer skepties oor die moontlikheid van daadwerklike menslike sosiale gemeenskap geraak. Nou is dit ook so dat almal nie dieselfde behoeftes en aansprake het nie en dat baie mense heel gematig is. but the excess of the power of one above that of another. en netto oormag in vergelyking met teenstrydige magsaansprake.67 Elke individu koester op selfstandige wyse die realisering van sy/haar persoonlike behoeftes en die vermyding van dit wat persoonlik onaanvaarbaar is. Alle mense tree so op. Die mens word in al drie die werke as ʼn vryswewende individu beskryf. soos dié van R Tuck Hobbes (1989) gee aanleiding tot dieselfde wederyds antagonistiese toestand waarin die mens in die natuurtstaat verkeer as kommentare wat swaar op Leviathan steun nie. Dit lei tot ’n toestand van algemene konflik. Individue is eksistensieel van mekaar verwyder en is daarom nie in staat om grondig en betroubaar met mekaar te kommunikeer nie. kan die verwesenliking van individuele behoeftes verseker word.4 34. power simply is no more. Die enigste rasionele wyse om die konfliksituasie te hanteer is om na mag te streef. Die mees grondliggende beweegrede vir individuele optrede is juis hierdie botsende individuele appetites and aversions. And because the power of one man resisteth and hinderith the effects of the power of another. dat hulle selfs op die basiese behoeftes van meer gematigde mense ’n kleim afsteek.68 Elke individu verkeer in ’n voortdurende stryd om oormag teen ander individue. Aan die ander kant is daar egter ander mense wie se behoeftes so wydlopend is. Die aangewese handelswyse vir elke individu is om persoonlike mag te maksimaliseer ten einde ander individue te troef: mag moet opgebou word sodat botsende mag die hoof gebied kan word. en poog om fundamenteel botsende aansprake en behoeftes te verwesenlik. Weens die algemene aanwesigheid van magsug by alle mense (ten einde persoonlike behoeftes te bevredig) en die 67 68 B Missner ‘Skepticism and Hobbes’ political philosophy’ (1983) 44 Journal of the History of Ideas 407 et seq. . Dit het natuurlik terselfdertyd die effek dat ander minder magtige individue daarvan weerhou word om hulle (botsende) aansprake en behoeftes te laat realiseer. Kommentare op Hobbes se werk wissel ook na gelang van welke werk die hoofbron/ne van die betrokke kommentaar is. Dienooreenkomstig beskryf Hobbes mag in dinamiese terme.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 79 van die menslike natuur.

al was dit ’n hiërargies gestruktureerde orde. noop hom om met die hulp van sy rasionele vermoëns na ’n beter toestand. no Arts. Hobbes (n 69 hierbo) 183. that ceaseth only in Death. die beskrywing van die natuurstaat is soortgelyk in Hobbes (n 68 hierbo) Deel I hfst 14. no Instruments of moving. without the acquisition of more. fundamenteel gelyk is.80 Hoofstuk 4 uitermatige magsug van sommiges (ten einde hulle buitensporige behoeftes te bevredig). 70. no account of Time. no Society. solitary. sou daar orde gewees het. and which is worst of all continuall feare. 69 70 71 72 Thomas Hobbes Leviathan (1985) 161. and removing such things that require much force.2. naamlik dié van die staat — die commonwealth — te ontsnap. that are in the same danger with himselfe. Die saak staan so: Die voortdurende doodsvrees wat die mens in die natuurstaat teister. brutish and short. no Knowledge of the face of the Earth. no Letters. . a perpetuall and restlesse desire of Power after power. nasty. And the cause of this is not always that a man hopes for a more intensive delight. poore. the weakest has the strength enough to kill the strongest. is dat Hobbes leer dat mense nie net wat betref hulle behoeftes en verwagtings nie. And the life of man. wat Hobbes in die volgende beroemde passasie in Leviathan so beskryf: In such condition. Die commonwealth word by wyse van ’n sosiale kontrak in die lewe geroep. maar die rasioneel geïnspireerde uitvlug uit dié klaaglike toestand is ook latent in die voorstelling opgesluit. For as to the strength of the body. no commodious Building. Sien ook Hobbes (n 68 hierbo) Deel I hfst 14. Die toestand van gelykheid werk egter juis die impasse van ’n onophoudelike en onbesliste stryd in die hand. Hobbes (n 69 hierbo) 184. there is no place for Industry.1. nor use of the commodities that may be imported by Sea. because the fruit thereof is uncertain: and consequently no Culture of the Earth. either by secret machination. I put for a generall inclination of all mankind. and danger of violent death. no Navigation. Hobbes (n 69 hierbo) 186. or by confederacy with them. than he has already attained to. or that he cannot be content with a moderate power: but because he cannot assure the power and means to live well. is die natuurlike situasie waarin die mens in die natuurstaat verkeer ’n algemene oorlogstoestand.12 73.72 Hierdie voorstelling van die natuurstaat is somber.70 maar ook wat betref hulle vermoëns. which he hath present.71 As die natuurlike situasie een van ongelykheid was.69 Wat die situasie in die natuurstaat des te meer onhoudbaar maak.

Die prestasies (optrede) waartoe elke individuele kontraktant ingevolge die kontrak verplig is. our peace and defence. Hobbes (n 69 hierbo) 227 (Die Latynse term civitas word as sinoniem vir commonwealth gebruik. T Nagel ‘Hobbes’ Concept of Obligation’ (1959) 68 The Philosophical Review 69. Met hierdie kontrak kontrakteer alle individue onderling met alle ander individue.76 Die begrippe staat (commonwealth) en regering is vir Hobbes so heg verwant dat daar nie ʼn onderskeid tussen die twee getref kan word 73 74 75 76 Hobbes (n 69 hierbo) 227.. prysgee. . naamlik die reg op lewe. 91. Ingevolge die kontrak dra almal dan hulle natuurstaatlike regte tot persoonlike belangebeskerming (dit wil sê om eiereg te gebruik) aan ’n enkele persoon of ’n enkele vergadering van persone oor. te bestendig en te stabiliseer. met dien verstande dat elke ander kontraktant ook sy natuurstaatlike reg dienooreenkomstig opsê. liggaam en besittings. die Mortall God. synde die: . Die totstandkoming van die staat (commonwealth) is uitsluitlik daarop gemik om die natuurlike individuele regte waaroor elke persoon beskik. Vir die verwesenliking van hierdie regte is dit rasioneel gebiedend dat die commonwealth deur middel van die sosiale kontrak in die lewe geroep word. Dit is die magtige wil van die regering van die staat. gekondenseer tot ’n enkele wil. In die natuurstaat kan daar weens die onsekere toestand waarin mense verkeer — weens die bellum omnia contra omnes (die oorlog van almal teen almal) — nie na hierdie basiese belange omgesien word nie. naamlik om na sy voortbestaan en materiële welsyn om te sien. Elke mens het ook die onvervreembare reg ter verdediging van hierdie regsbelange. Hobbes se skets van die mistroostige toestand wat in die natuurstaat heers. Mortall God to which we owe. 74. is dat elkeen sy natuurstaatlike reg om persoonlik oor sy eie belange te beskik en dit te beskerm. maak dit juis duidelik dat die natuurstaat die realisering van hierdie fundamentele regte verhoed.74 Met die totstandkoming van hierdie commonwealth of. die Leviatan. in Hobbes se woorde. oftewel die sterflike god.. under the Immortal God. Alle individue is partye tot hierdie sosiale kontrak.73 Daarna het hierdie persoon of vergadering die permanente verpligting om doeltreffend na die natuurlike regte van elke kontrakterende individu om te sien.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 81 Hobbes verduidelik die rasionele weg na die totstandkoming van die staat by wyse van die sosiale kontrak deur te verklaar dat elke mens oor sekere natuurlike regte beskik.75 word die veelheid van antagonistiese individuele wille wat die natuurstaat so miserabel gemaak het.) Hobbes (n 69 hierbo) 227.

Sien byvoorbeeld Tuck (n 67 hierbo) 70-72. Dit is immers die rede waarom dit tot stand gekom het. kan dit tot nadeel van die bevolking strek. Dit word daarenteen eerder hanteer in terme van verpligtinge wat op die owerheid rus. Leviatan — die sterflike god — moet sy plig tot belangebeveiliging nougeset nakom. Hierdie indruk is egter verkeerd. Die bestaansoorsaak van die staat is dat dit die ewige vreesteistering en belangeskendings van die natuurstaat moet verwyder en veiligheid en regsbeskerming in die plek daarvan moet plaas. Die soewereine mag van die staat is daargestel om die onderdane te beskerm. Hobbes kom om hierdie rede moontlik ietwat onmodern voor. is dit geensins so absolutisties soos daar dikwels geglo word nie. Die staat (en die regering) dank sy bestaan en sy legitimiteit aan die feit dat hy ’n doeltreffende beskermer van individuele regte is. want hy vrees dat dit die integriteit van die soewereine regering tot nadeel van die onderdane kan ondermyn. Indien met laasgenoemde weggedoen word. egter geen tiran nie en hy kan ook nie maak soos hy wil nie. plaas ook nie die klem op die vestiging van regte in individue nie. Die staat is per definisie ’n entiteit met ’n enkele gesentraliseerde owerheid. verval die verpligting om Leviatan te gehoorsaam. maar eerder op verpligtinge wat op die staat rus.82 Hoofstuk 4 nie. Volgens Hobbes moet die owerheid dit op hom neem om nie net vrede en veiligheid te waarborg nie maar om ook sekere stappe ter bevordering van sosio-ekonomiese belange te doen. Leviatan is. Indien dit deur kontrolemeganismes aan bande gelê word. Hobbes wil trouens ook nie sulke meganismes hê nie.80 77 78 79 80 MacPherson verduidelik dat die Hobbesiaanse politieke teorie in diens staan van die bourgeoisie-gemeenskap. is eersgenoemde ook onbestaanbaar. Om dié rede is die pligte van die regering ingevolge die sosiale kontrak ook nie uitgedruk in terme van ooreenstemmende regte wat in die onderdane setel nie. soos dit byvoorbeeld in die Internasionale Verbond vir Ekonomiese. Sien Macpherson (n 62 hierbo) 51-63. Daar is in Hobbes se denke egter geen meganismes waarmee die soewerein tot die uitvoer van sy pligte gedwing kan word nie. want moderne (tweede-generasie) ekonomiese regte. Indien Leviatan buite die perke van sy pligte optree. . ofskoon hy doeltreffend moet wees. Sosiale en Kulturele Regte78 en die Europese Sosiale Handves79 vervat is. Konvensie van die Europese Raad wat op 18 Oktober 1961 aangeneem is en op 26 Februarie 1965 in werking getree het. Die soewerein kan ook nie die onderdaan verplig om tot sy eie nadeel op te tree nie. wat by uitstek orde en stabiliteit behoef ten einde private belange so ongestoord as doeltreffend moontlik na te jaag.77 In die lig van die feit dat Hobbes se Leviatan hierdie verpligting het. Verenigde Nasies-konvensie wat kragtens resolusie 2200 van die Algemene Vergadering op 16 Desember 1966 aangeneem is en op 3 Januarie 1976 in werking getree het.

Ebenstein (n 1 hierbo) 370.83 Dit kom geensins by Hobbes voor nie. G Sartori Democratic Theory (1962) 146.81 Hobbes se verligte despotisme en sy (vermeende) absolutisme is ver verwyderd van enige vorm van staatstotalitarisme.85 Die wortel van die kwaad van burgeroorlog is die uiteenlopende opvattings en oortuigings van verskillende groepe in ’n plurale staat wat. Totalitêre politiek behels dat die onderskeid tussen die burgerlike en private sfeer aan die een kant teenoor en die openbare domein aan die ander kant ontken word en dat die staat tot in die fynste besonderhede ook die gang van individue se private lewens en burgerlike bedrywigheid stuur. Die voordele wat die owerheid vir die onderdane moet bewerstellig. Soos Ebenstein dit stel: The Hobbesian monarch cannot hide his ineffectiveness behind divine or traditional authority. Ofskoon Hobbes se sterflike god weens die soewereine mag wat dit uitoefen kragtig is. Wanneer groeperinge ontstaan.82 Sy Leviatan betrek nie die bevolking by ideologiese en sosio-ekonomiese programme nie.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 83 Die rasionele oogmerk waarvoor die staat tot stand kom. In die lig hiervan is dit gepas om Hobbes as die wegbereider van verligte despotisme te tipeer.84 Die Hobbesiaanse staat reguleer en versag bloot individuele antagonisme en konflik en fasiliteer individuele verhoudings in die bourgeoisiestaat. Aldus Macpherson (n 62 hierbo) 9. indien dit 81 82 83 84 85 Ebenstein (n 1 hierbo) 369. . Die Engeland en Europa van Hobbes se tyd bied juis weens die intense konflik wat daar toe geheers het. is om tot voordeel van individuele staatsonderdane mag uit te oefen. He must ‘deliver the goods’ if he is to retain his regal office. orde en stabiliteit en hou hom binne die eng omskrewe parameters van die openbare terrein. wat die staat in burgeroorlog kan dompel en trouens die gevaar meebring dat die voortbestaan van die staat in die gedrang kan kom. Vir ‘n onderskeid tussen die konsepte absolutisme en totalitarisme sien byvooerbeeld Lousse (n 44 hierbo) 44-45. plaas Hobbes ook in die utilitêre kader. is dit terselfdertyd ’n voordelige entiteit. Hobbes se staat handhaaf vrede. Gevolglik is hy baie lugtig vir enige vorm van pluralisme. Ofskoon Hobbes nie totalitêr is nie. Hobbes se oorheersende vrees was daarom juis dat burgeroorlog weer kon uitbreek. eerder as ’n pleitbesorger vir ongebreidelde absolutisme. oorvloedige getuienis van die gevaar verbonde aan verskillende groeperinge in een staat. gee hy sterk voorkeur aan die gedagte van die monistiese staat. tree die moontlikheid van onderlinge twis na vore. Hy lewer sy werk voor die era van die totalitêre staat. Hierdie sentiment is ʼn logiese uitvloeisel van sy hele staatsteorie: die staat kom tot stand met die oog daarop om vrede te bring en in stand te hou.

It belongeth therefore to him who hath the Sovereign Power. Dit beteken dat groepe geen openbare politieke profiel mag hê en geen ingreep in die openbare domein mag maak nie. kan oorgaan tot daadwerklike konflik. Om vredesonthalwe moet die owerheid dus beheer uitoefen oor die wortel van die kwaad. state and religion’ (1982) in History of political thought (1982) 217 en veral ook 236-237. or constitute all Judges of Opinions and Doctrines. Albei sien in pluraliteit ’n potensiële bedreiging vir die integriteit van die staat en die handhawing van die openbare orde. en nougeset volgens dié etiket optree. Vir groepe is daar ruimte. to be the Judge. en verwerp hy ook die gedagte dat die staat ’n karakter eie aan enige van die groeperinge in die staat moet hê.84 Hoofstuk 4 nie behoorlik beheer word nie. die staat en die individu is. met dien verstande dat hulle die etiket streng privaat vertoon. Sien hieroor in die algemeen EJ Eisenach ‘Hobbes on church. Tarlton (n 66 hierbo) 321-322. en ook hy leer dat die beheer oor groepe en groepvorming volledig aan die oordeel van die soewerein oorgelaat moet word. is hulle dit roerend eens oor die breë strategiese oogmerk. Hobbes sit die Politiques-geïnspireerde afkeur van groepvorming in die staat voort.87 Ofskoon Hobbes en Bodin verskil oor die besonderhede van die presiese wyse waarop godsdiens en die kerke hanteer moes word. Hulle benader die kwessie van godsdiens vanuit ’n strategiese oogpunt deur slegs te fokus op dit wat die beste vir die instandhouding en integriteit van die staat sal wees. as a thing necessary to Peace. Vir sowel Bodin as Hobbes is godsdienstige dogma irrelevant.86 Die vrees vir die konflikpotensiaal van antagonistiese oortuigings verklaar waarom Hobbes van mening was dat die staat doktrinêre beheer oor die kerk moes uitoefen. thereby to prevent Discord and Civill Warre. Sodoende moes die staat verhoed dat die kerk deur ondermynende leerstellings mense tot aktivisme beweeg wat die staat kon ondermyn en die openbare orde kon versteur. naamlik dat godsdienstige denominasies op so wyse hanteer moes word dat dit nooit die stabiliteit van die staat sal bedreig nie. Hobbes se afkeur van (potensieel ondermynende) pluraliteit bring mee dat die enigste entiteite waarvoor daar uiteindelik in sy staatsteorie plek is. Sodoende kan burgeroorlog verhoed word. Tuck (n 67 hierbo) 73-74. naamlik oor die uiteenlopende oortuigings binne die staat. Net soos die Politiques. Leviatan moet daarvoor sorg. maak Hobbes ’n waardekeuse ten gunste van formele vrede (gehandhaaf deur Leviatan). . 86 87 Hobbes (n 69 hierbo) 233.

Die radikale afwesigheid van menslike gemeenskap en die hantering van die menslike samelewing as een van antagonistiese individuele atome wat vyandig teen mekaar meeding. In die tweede Treatise antwoord Locke ook. Die staat is dus slegs ’n juridiese instelling. waarin ’n apologie vir vorstelike absolutisme gelewer word. die konstitusionele voortsetting van Thomas Hobbes John Locke (1632-1704). se denke oor die reg en die politiek is vervat in sy werke Two Treatises of Government en A Letter Concerning Toleration. In die eeue sedert Hobbes het hierdie aanname dieselfde gebly. Vir hom is daar geen gemeenskap nie. en grotendeels onnadenkend. met presies dieselfde aanname gewerk. die voorste en bekendste woordvoerder — ten minste in die Engelse wêreld — van die liberale tradisie in die staats. agterdog. Die tweede volume bevat Locke se uiteensetting van die beginsels van burgerlike regering.en regsteorie. maar is bloot die mag en die skeidsregter wat die antagonistiese optrede van kompeterende individue binne perke moet hou. sekere kontemporêre instellings soos menseregte wat. oftewel die burgery se res publica nie. Hy verteenwoordig die prototipiese antitese van ʼn kommunitêre sienswyse en politieke bestel. Daar is. In die eerste behandel Locke uitvoerig Robert Filmer se Patriarcha. op die regspolitieke opvattings van . is die grondliggende aanname van die Hobbesiaanse staat en die Hobbesiaanse staatsteorie. Eersgenoemde werk bestaan uit twee volumes. ofskoon dit met die eerste aansien lyk asof dit ’n baie positiewer beskouing van die menslike samelewing het.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 85 Die belangrikste aspek van Hobbes se staatsteorie is dat hy uitgaan van die aanname van ’n radikale afwesigheid van enige daadwerklike menslike gemeenskap. Die staat probeer ook nie gemeenskap skep nie en bepaal hom by sy hooftaak — eintlik sy enigste taak — naamlik om te sorg dat wedywerende individue mekaar nie uitroei nie. maar slegs ’n klomp mense — a multitude of men — wat in wedersydse wantroue. 3 John Locke. dit is geen gemeenskap nie. hervat die onbeheerste stryd van die natuurstaat in al sy felheid. soos aanstons aangedui sal word. Die staat is nie die vergestalting van menslike gemeenskap. sonder om êrens by name na hom te verwys. spanning en onverklaarde oorlog teen mekaar wedywer met die oog op die verwesenliking van antagonistiese individuele oogmerke. Wanneer dié mag/skeidsregter onttrek. In die hedendaagse regsteorie en -praktyk word steeds. tog steeds van dieselfde veronderstelling uitgaan.

95 Bowendien het Locke. Locke was nou betrokke by die opposisiepolitiek90 teen die absolutistiese neigings van die Engelse koning.96 Dit blyk onder andere uit sy herhaalde aanhaal van Richard Hooker (1554-1600). ʼn Engeland met ʼn gevestigde konstitusionele monargie. Sy werk was egter daarop gemik om ’n konkrete uitwerking op die konstitusionele stryd wat in die destydse Engeland gewoed het.94 Locke was ook allermins heeltemal oorspronklik. Ebenstein (n 1 hierbo) 400.92 Ook in Engeland het Locke sy merk gemaak. 24 Political Studies 189. baie geput uit die opvattings oor die Middeleeuse konstitusionalisme. ofskoon dit blykbaar verkeerd is om te aanvaar dat sy werk reeds onmiddellik na die Glorious Revolution van besondere belang was. . 6.93 In daardie tyd het ander liberale teoretici soos James Tyrell (1642-1718) en Samuel Pufendorf (1632-1694) veral groter aandag geniet. Sabine (n 47 hierbo) 539. Sabine (n 47 hierbo) 524. MP Thompson ‘Reception and Influence: A Reply to Nelson on Locke’s Two Treatises of Government’ (1980) 28 Political Studies 100 contra JM Nelson ‘Unlocking Locke’s legacy: A comment’ (1978) 26 Political Studies 202 et seq. te hê. 7 (paras 77 -80). Thompson (n 88 hierbo) 184 et seq. Baie van die gedagtes wat in die Treatises voorkom. 786. 88 89 90 91 92 93 94 95 96 MP Thompson ‘The Reception of Locke’s Two Treatises of Government 1690-1705’ (1976). Hy het trouens gedurende die 1680's ʼn lang tyd in ballingskap in Nederland deurgebring. Thompson (n 88 hierbo) 184-85. Dit blyk uit die spoedige verskyning van verdere uitgawes van sy Treatises asook uit die feit dat sy idees vinnig in meer populêre geskrifte neerslag gevind het. ofskoon hy dikwels as rewolusionêr getipeer word. Sien byvoorbeeld R Ashcraft en MM Goldsmith ‘Locke. vinnig aandag getrek. Byvoorbeeld in J Locke Of Civil Government (Second Treatise) (1992) hoofstukke 1.86 Hoofstuk 4 sy groot teenstander. Hoe belangrik patriargie88 in hierdie tyd was.91 Sy invloed is daarbenewens in die 18 de-eeuse Franse rewolusionêre denke gevoel. het vroeër reeds wye aanhang geniet. J Dunn Locke (1984) 9-10. Na die ontseteling van James en die deurvoer van die Glorious Revolution van 1688-1689 keer Locke terug na ʼn Engeland wat hy begeer het. Tog het Locke se werk vandat dit gepubliseer is. Thomas Hobbes. terwyl daar teen die absolutistiese strategie van James gestry is. and the Formation of Whig Ideology’ (1983) 26 Historical Journal 772. blyk ook uit die tweede Treatise waarin Locke steeds met dié gedagterigting worstel. (n 88 hierbo) 184. WT Bluhm Theories of the Political System (1984) 294. Revolution and Principles. Sabine (n 47 hierbo) 539. James II.89 Locke se werk het ’n blywende invloed op die Westerse politieke denke uitgeoefen. 187. 800. 774. Locke het veral ’n diepgaande invloed op die Amerikaanse politieke en grondwetlike denkrigtings uitgeoefen.

103 Wat Locke dus doen. is om. Daarom argumenteer hy dat die staat tog jurisdiksie moet uitoefen oor godsdienstige aangeleenthede vir sover dit die stabiliteit en die belange van die staat kan beïnvloed. mag nie met staatlike sanksies gepaard gaan nie. Sien n 47 hierbo. Dunn (n 90 hierbo) 24.104 Die slotsom van Hobbes se beskouing oor die verhouding tussen die staat en die kerk is dat die staat geen jurisdiksie het oor die (interne) geloofsoortuigings wat in die kerk gepredik en gehuldig word nie. 18.101 Met hierdie wyse van argumentasie is Locke modern-liberaal. Locke voer egter ook ’n ander argument vir godsdiensvryheid aan wat die ooreenkomste tussen hom en Bodin duidelik op die voorgrond plaas. Locke (n 97 hierbo) 46. oftewel liberale karakter aan die saak vir godsdiensvryheid. is dus onvanpas. Locke (n 97 hierbo) 18. Stappe wat die kerk teen ’n lidmaat doen.102 In Locke se staat word daar geen vryheid gebied vir ’n godsdienstige leerstelling dat die vors weens godsdienstige dwaling ontsetel moet word nie. Locke bly natuurlik ’n Christelike filosoof. Locke (n 97 hierbo) 51. Godsdienstige oortuigings. . omdat dit onmoontlik is om die sukses al dan nie van sodanige maatreëls met sekerheid te bepaal. volgens Locke. maar anders as die grootliks pre-liberale Bodin voorsien Locke ’n veel meer individueelregtelike.98 Daar moet ’n duidelike skeidslyn tussen die staat en die kerk wees. is ’n interne persoonlike aangeleentheid. Locke (n 97 hierbo) 25. Locke (n 97 hierbo) 23. Net soos Bodin ondersteun Locke ook godsdiensvryheid ter wille van die stabiliteit van die staat.99 Daarmee gepaardgaande is enige vorm van kerklike jurisdiksie oor staatlike aangeleenthede ook buite orde100 en niemand mag weens godsdienstige oortuigings uit die staat gesluit word nie.97 terwyl die commonwealth (die staat) sigself daarenteen met uitwendige sake bemoei. staatlike orde bo (gewaande) godsdienstig-doktrinêre waarheid te stel. Die wyse waarop godsdiensvryheid hanteer word. Uitwendige dwangmaatreëls wat daarop gemik is om persoonlike oortuigings te verander. Dit is bowendien ook ondoeltreffend. Die staat mag dus nie as ’n agent van die kerk optree nie. Locke (n 97 hierbo) 37. net soos Bodin. Die staat het egter wel jurisdiksie oor die (eksterne) uitleef van godsdiensoortuigings vir 97 98 99 100 101 102 103 104 Locke J A letter concerning toleration (onder redaksie van J Norton en S Mendes) (1991) 14. moet volgens Locke die noodsaak vir die stabiliteit van die staat nougeset in ag neem.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 87 In sy denke verleen Locke ook verdere stukrag aan die ontwikkeling van die reg op godsdiensvryheid. Godsdiensvryheid strek vir hom so ver as die wyses waarop ’n persoon sy Christelike oortuigings kan uitleef. byvoorbeeld ekskommunikering. Dié reg is nie vir ateïste beskore nie.

maar Locke leer dat die mens deur aktiewe rede kennis van die natuurreg kan bekom. Locke was van mening dat daar historiese getuienis bestaan het dat die natuurstaat inderdaad die commonwealth voorafgegaan het. soos hierbo verduidelik. Die rede waardeur kennis van die natuurreg verkry word. . is in werklikheid deel van die (empiriese) gereedskap waardeur kennis gevind word. het nie ’n volslae ongereguleerde losbandigheid behels nie. 123. JW Yolton ‘Locke on the law of nature’ (1958) 67 The Philosophical Review 477 et seq. Locke (n 106 hierbo) paras 100–106. Locke leer ook dat die natuurstaat by wyse van ’n sosiale kontrak tussen al die mense in die natuurstaat opgehef en met die commonwealth vervang is. Terugskouend was Locke die eerste om ’n omvattende apologie vir konstitusionele regering en ’n meegaande kritiek teen absolutisme te lewer. Die rede waarom die historiese rekord van die oorgang vanaf die natuurstaat na die commonwealth ontbreek. J Locke Of Civil Government (Second Treatise) (1992) paras 4. Locke se algemene staats.109 In die natuurstaat het die natuurreg gegeld. Dié is weliswaar nie iets wat in die mens ingebore is nie. 95. wys uit dat Locke se kennisleer en sy beskouing oor die natuurreg grootliks met mekaar ooreenstem.88 Hoofstuk 4 sover dit ’n uitwerking op die belange van die staat kan hê.108 Die vryheid wat in die natuurstaat geheers het. 87. aangesien godsdiensvryheid sowel die individuele as die staatsbelang moet dien. Sien in die besonder 482. Die slotsom is dat individue en die staat dus ’n ewe groot belang by godsdiensvryheid het. is eenvoudig omdat mense baie lank gelede reeds die wysheid van die vervanging van die natuurstaat met die commonwealth ingesien en dus reeds baie lank gelede die sosiale kontrak gesluit het. Die individuele reg op godsdiensvryheid word ingekort in die mate waarin die belang van die staat dit vereis.110 105 106 107 108 109 110 Dunn (n 90 hierbo).105 Ofskoon individue die reghebbendes van die reg op godsdiensvryheid is. 87. Die Lockeaanse natuurstaat is een waarin daar volledige individuele vryheid106 en gelykheid107 heers.en regsteorie is selfs meer insiggewend as sy beskouings oor godsdiensvryheid. Hobbes het. nie ’n volledig vrye hand aan die owerheid gegee om te maak soos hy wil nie en het owerheidsoptrede tot die voordeel van die onderdane vereis. Locke (n 106 hierbo) paras 4. Locke (n 106 hierbo) para 6. bly die staat ’n belanghebbende party. Net soos Hobbes konstrueer Locke die commonwealth (die staat) uit die voor-burgerlike natuurstaat. Locke se regverdiging vir konstitusionele regering het hom egter die primêre opponent van Hobbes en dié se absolutistiese neigings gemaak.

in die commonwealth moet die regte juis bestendig word: . wat reeds in ‘n primitiewe opset geld.114 Almal is in hierdie opset waarin regstoepassing ’n kwessie van eierigting is. Locke (n 106 hierbo) para 19.117 111 112 113 114 115 116 117 Hoofstuk 2 van die tweede Treatise (n 106 hierbo) handel oor die natuurastaat en hoofstuk 3 oor die staat van oorlog. is nie materieelregtelik nie. . Volgens Locke loop die natuurregtelike regte van die mens nie met die stig van die commonwealth ten einde nie.. wat hy uitdruklik van die natuurstaat onderskei111 en verwerp klaarblyklik met Hobbes in gedagte. Hy staan trouens ’n afsonderlike hoofstuk aan die staat van oorlog af. Die probleem in die natuurstaat. ‘some men’ se gelykstelling van die staat van oorlog aan die natuurstaat. Locke (n 106 hierbo) para 7.115 Ofskoon daar in hierdie toestand regsekerheid oor die materiële reg heers. Locke (n 106 hierbo) para 12. Inteendeel. sekondêre reëls — rules of identification.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 89 Locke verwerp Hobbes se voorstelling van die klaaglike toestand van onophoudelike stryd waarin mense na bewering in die natuurstaat sou geleef het. is die reg op eiendom (property). In die natuurstaat is die toepas en die afdwing van die reg almal se verantwoordelikheid. 125. maar skep bloot ’n doeltreffende prosesregtelike reëling om die behoorlike afdwing van reeds bestaande (natuurlike) regte te verseker. change.. uitgedruk in moderne terminologie. vryheid en eiendom omvat. maar wat die reg op lewe. Locke (n 106 hierbo) paras 13. Die stigting van die commonwealth bring gevolglik nie nuwe regte tot stand nie. Sien hieroor HLA Hart The Concept of Law (1961) 77-96. for truly so are a great part of the municipal laws of countries. Hierdie betoog is sentraal in die Lockeaanse konstitusionalisme.116 Juis hierdie prosesregtelike wanfunksie is die rede vir die stig van die commonwealth. is prosesregtelik van aard. wat nie die moderne sakeregtelike betekenis het nie. aldus Locke. by which they are to be regulated and interpreted.113 Die fundamentele probleem in die natuurstaat. Elkeen het die reg om oortreders te straf.112 Die reg — die natuurlike regte — waaroor elkeen in die natuurstaat beskik. inderwaarheid lede van die uitvoerende en regsprekende gesag. adjudication — te voeg om sodoende ‘n behoorlik funksionerende regstelsel daar te stel. is die regstoepassing gebrekkig. Die analitiese regsteorie van HLA Hart toon opvallende ooreenkomste met Locke se skets van die aard en die gebreke van die natuurstaat. which are only so far right as they are founded on the law of nature. Dit verteenwoordig tegelyk Locke se kernverskil met Hobbes. Die problmeem word dan volgens Hart opgelos deur by die primêre reëls. maar van ‘n prosesregtelike aard. oftewel in ‘n primitiewe opset voordat die burgerlike reg tot stand gekom het. Locke (n 106 hierbo) para 127. Locke (n 106 hierbo) para 87.

nie sonder meer as absolutisties beskou kan word nie..123 Binne die historiese situasie waarin Hobbes en Locke hulle werk gelewer het. And this is done wherever any number of men. 124. The rule that he makes for other men’s actions must. any number of men. persoonlike vryheid en eiendom kan omsien. Locke (n 106 hierbo) para 131. or civil society. Gesien vanuit ’n breër historiese perspektief is daar egter wesenlike politiek-filosofiese ooreenkomste tussen die twee groot meesters. het hulle teenpole op die politieke spektrum verteenwoordig. Dit is so ondanks die feit dat Hobbes. is a political. 90. 44. under one sovereign government . and then only. Burgerlike regering is slegs ’n gepaste remedie vir die (prosesregtelike) ongerief van die natuurstaat. soos hierbo geargumenteer. Locke (n 106 hierbo) para 89.122 Trouens. and other men’s actions be conformable to the law of nature . is die meer doeltreffende wyse waarop laasgenoemde na die individuele belange van menslike lewe.. legislators as well as others. Trouens.121 (eie beklemtoning) Die oogmerk en die resultaat van die daarstel van die commonwealth is die skep van doeltreffende prosesregtelike stelsel.. Die oogmerk van die verbeterde regsorganisasie is die instandhouding en die beskerming van individuele regsbelange.. Locke (n 106 hierbo) paras 13. in the state of nature. so unite into one society. Daar bestaan sleutel-ooreenkomste 118 119 120 121 122 123 Sien onder andere Locke (n 106 hierbo) paras 131.118 wat duidelik soos volg in Locke se eie woorde saamgevat word: Thus the law of nature stands as an eternal rule to all men. 202. .90 Hoofstuk 4 By Locke vind ons dus wat getipeer kan word as die konstitusionalisme van die natuurreg. 127. as to quit everyone his executive power of the law of nature. 43. Locke (n 106 hierbo) paras 87-88. Met die koms van burgerlike regering kom ’n skeidsregter — ’n geskilbeslegter — tot stand wat die geskille tussen individue oor botsende individuele belange moet bereg. 134. one body-politic. die enigste rede waarom mense die natuurstaat ten gunste van die commonwealth ophef.120 Teen die hierdie agtergrond beskryf Locke die commonwealth soos volg: Wherever therefore. enter into society.119 Burgerlike regering — die commonwealth — verander niks aan die natuurstaatlike regsposisie nie. as well as their own. there. and to resign to the public. to make one people. Locke (n 106 hierbo) para 135. Locke (n 97) 17. hulle is mede-skeppers en mede-eksponente van dieselfde staatlike paradigma.

and constantly exposed to the invasions of others. the necessity of preserving man in the possessions of what honest industry has already required. getuig egter van dieselfde radikale gebrek aan menslike gemeenskap.124 Hierdie stelling van Locke oor die menslike natuur en die gebrek aan menslike gemeenskap bring hom baie na aan Hobbes se pessimistiese skets van die toestand in die natuurstaat. 124 125 126 Locke (n 97 hierbo) 43. beskryf weliswaar nie die natuurstaat in dieselfde mistroostige terme nie. the attainment whereof can neither be facilitated by another man’s industry.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 91 tussen Hobbes en Locke wat van hulle mede-grondleggers van dieselfde staatlike paradigma maak. For all being kings as much as he. Locke se antropologie. the enjoyment of the property he has in this state is very unsafe. Locke (n 106 hierbo) para 123. . This makes him willing to quit this condition. very insecure. Eerstens: Hobbes se uiteensetting en taksering van die natuurstaat getuig van ’n radikaal atomistiese bestaan sonder enige menslike gemeenskap. obliges men to enter into society with one another. nor can the loss of it turn to another man’s prejudice.. yet the enjoyment of it is very uncertain. and the greater part no strict observers of equality and justice. and also of preserving their liberty and strength. Locke (n 106 hierbo) para 128. that they had rather injuriously prey upon the fruits of other men’s labours than take pains to provide for themselves.. that by mutual assistance and joint force. however free. whereby they might acquire what they further want.. is full of fears and continual dangers. in the things that contribute to the comforts and happiness of this life. nor the hope of it be forced from him by any external violence . In sy tweede Treatise gaan Locke op dieselfde trant voort. though in the state of nature he hath such a right. soos blyk uit sy beskrywing van die natuurstaat. leaving in the meanwhile to every man the care of his own eternal happiness. which. Op sy vraag waarom mense ondanks die vryheid wat hulle in die natuurstaat geniet.125 Ietwat verder126 verwys Locke na die korrupsie en wreedaardigheid van verworde mense — corruption and viciousness of degenerated men — wat meebring dat mense die commonwealth bo die natuurstaat verkies. In A Letter Concerning Toleration laat Locke hom soos volg hieroor uit: But the pravity of mankind being such. every man his equal. antwoord Locke soos volg: . soos gesê. Locke. Weereens klink Locke net soos Hobbes en herinner die toestande in Locke se natuurstaat aan Hobbes se bellum omnia contra omnes.. they may secure unto each other their properties. die commonwealth verkies.

127 Daar is nie ’n gemeenskap van mense wat ’n gemeenskaplike res publica stig nie.92 Hoofstuk 4 Die slotsom waartoe ons gebring word. Vernon Van Dyke wys soos volg daarop: Hobbes speaks of a ‘multitude of men. Tweedens is diegene wat die commonwealth tot stand bring. Neither attempted to characterize the men — nor saying for example whether the men shared a common language or religion. V Van Dyke ‘The individual the state and ethnic communities in political theory’ (1976–77) 29 World Politics 343. want sedert Hobbes en Locke het liberale teoretici dit hulle taak gemaak om primêr op die verhouding tussen die individu en die staat te fokus. Die ooreenkoms met Hobbes is weereens op die voorgrond.129 Elders laat Van Dyke hom soos volg oor dieselfde kwessie uit: Leading British and French political philosophers took the same general view. altyd potensieel en dikwels daadwerklik. is dat Hobbes en Locke grootliks dieselfde uitgangspunte deel. Albei glo dat mense vryswewende atome. vermy. as gevolg van fundamenteel botsende individuele belange.’ Hierdie frase kom herhaaldelik in Locke se tweede Treatise voor. met mekaar in stryd verkeer. maar bloot enige klomp mense — ‘any number of men. Weens die bykans uitsluitlike beheptheid met die verhouding tussen slegs die staat en die individu kon daar ingevolge die liberale uitgangspunt nie werklik daarin geslaag word om ’n behoorlike konstitusionele teorie te ontwikkel nie. . of die staatsbevolking weens hulle heterogeniteit werklik sinvol burgers kan wees en werklik in een staat tuishoort en of die staatsgrense in die lig daarvan nie hertrek moet word nie. Hierdie vertrekpunt het paradigmatiese implikasies gehad. Locke seems to have simply assumed that those who have joined in 127 128 129 Locke (n 106 hierbo) paras 89. eweneens nie ’n gemeenskap van mense nie. Van Dyke (n 128 hierbo) 347. ontdoen van enige daadwerklike menslike gemeenskap. is en dat hierdie menslike atome. Sien ook W Connor ‘The Politics of Ethnonationalism’ (1973) 27 Journal of International Affairs 5.128 Weens hulle individualistiese (atomistiese) vertrekpunte het die liberales feitlik deurlopend enige problematisering oor wie die burgery is.’ and Locke of ‘any number of men’ making a covenant. word gewoon uit die oog verloor. 96. dog alleen maar ’n toevallige klomp mense wat slegs die verwesenliking van private individuele belange beoog. 95. oor hoe die grondwetlike bestel van ʼn staat ingerig moet word ten einde ‘n diepverdeelde heterogene bevolking behoorlik gelykwaardig te akkommodeer en dies meer. Vrae oor die relatiewe homogeniteit of heterogeniteit van die bevolking van die staat.

128. Hy werk met die bestaande territoriale staat as ’n vaste vanselfsprekende gegewe. 43.132 Locke verklaar in A Letter Concerning Toleration: The commonwealth seems to me to be a society of men constituted only for the procuring. die groot liberale teoretikus van die tweede helfte van die twintigste eeu. die verskansing van eiendom. Inteendeel. 44. Van Dyke (n 128 hierbo) 348.130 Liberale teoretici gaan met die staat ook net so onkrities om as wat hulle met mense (individue. gevare en konflik van die natuurstaat waarin die realisering van private individuele belange onmoontlik is. groepe) omgaan. soos van Dyke dit stel ‘as a kind of happening’131 en gaan dan sonder ʼn oomblik se kritiese nadenke voort byna asof die staat die een of ander onveranderlike gegewe van die fisika is. Locke (n 106 hierbo) para 88-90. Die staat sorg deur sy doeltreffende uitvoerende gesag en deur sy skeidsregtersfunksies dat individuele belange bevredig word. Derdens is Locke dit ook eens met Hobbes dat die stigting van die commonwealth uitsluitlik plaasvind met die oog op die verwesenliking van persoonlik egoïstiese oogmerke en in die besonder. Oor die grondslag van die staat is hulle dit egter eens: Die staat — commonwealth — spruit uit die radikale afwesigheid van menslike gemeenskap en die onsekerhede. 124. Locke (n 97 hierbo) 17.133 Hobbes en Locke verskil oor die meganika van die staat: Locke is die streng konstitusionalis. Die staat kom nie tot stand weens die realiteit van menslike gemeenskap of deur die belewenis van gemeenskap nie en die staat is ook nie die skepper van so ’n gemeenskap nie. die staat kom juis tot stand weens die afwesigheid van gemeenskap. 131. John Rawls. Locke (n 97 hierbo) 17. 130 131 132 133 V Van Dyke ‘Human Rights and the Rights of Groups’ (1974) 18 American Journal of Political Science 726. Oor al hierdie dinge is Hobbes en Locke eenstemmig. Die staat is slegs die fasiliteerder van die private individuele belange van ’n klomp losstaande en wedersyds antagonistiese individue wat niks met mekaar in gemeen het nie. Hulle is dus vertolkers van dieselfde atomisties individuele (proto-liberale) staat: Hobbes se mortal god en Locke se commonwealth. . Van Dyke wy verder in dieselfde trant oor Rousseau en Mill uit. terwyl Hobbes weer arbitrêr-absolutisties voorkom. Die staat kom tot stand as ’n egoïstiese strategie van persoonlike belange-bevordering. is steeds in pas met Hobbes en Locke. linguistic and cultural sense.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 93 the social contract would be homogenous in a racial. preserving and advancing their own civil interests.

eers van die Westerse mens.94 Hoofstuk 4 4 Interstaatlikheid en Hugo de Groot Jean Bodin. Na dese neem dít die plek van die universele Christelike republiek van weleer in as die sentrale tema van die politieke filosofie en van regsdenke.135 In ’n universele politiek-godsdienstige organisasie soos dié van die Middeleeue was dergelike onderskeidinge eenvoudig irrelevant en daarom het dit nie te berde gekom nie. Vroeër. Daar is ook nie ’n duidelike onderskeid tussen huishoudelike en internasionale kwessies getref nie. Hobbes en Locke het duidelikheid gebring oor die nuwe verskynsel van staatlikheid. Thomas Hobbes en John Locke het die historiese omwenteling wat deur die Lutherse rewolusie — die Kerkhervorming — ingelui is. of. . gereël. politiek-teoreties afgerond. Die wyse waarop die verhoudings tussen die state in ’n nou verdeelde Christelike wêreld gereël moes word. is die verhoudinge tussen die toe nog swak ontwikkelde rudimentêre state in die laaste instansie deur die kerk. Die universele godsdienstig gedrewe Republica Christiana het sy historiese posisie ontruim ten einde plek te maak vir die pluraliteit van territoriale state — commonwealths. geskryf. Die territoriale state het in die sewentiende eeu hulle beslag in Wes-Europa gekry. was egter nog onseker. Dit word ook die primêre verskaffer van openbare identiteit. In die godsdienstig verdeelde wêreld na die Hervorming het die kerk sy gesag prysgegee. JL Brierly The Law of Nations: An Introduction to the International Law of Peace (onder redaksie van H Wadlock) (1963) 25.134 Daar is wel vroeër oor sekere temas rakende die betrekkinge tussen politieke entiteite. gedurende die Middeleeue toe die Republica Christiana nog toonaangewend was. In die Rooms-Katolieke gedeelte van Europa kon moontlik nog op die kanonieke reg teruggeval word as ’n grondslag vir die reëling van 134 135 GN Barrie ‘Die betekenis van De Groot vir die Internasionale Reg’ (1983) 46 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 173. Ons kan dit so stel: Die historiese gebeure sedert Luther en die teoretiese werk van veral Bodin. in die dramatiese taal van Thomas Hobbes. Leviatan(s) of die sterflike gode (mortal gods). Daar moes egter nog duidelikheid kom oor die wyse waarop die onderlinge verhoudings tussen die state gereël moes word. en by name deur die pous. en mettertyd van al die streke waar die Westerse wêreld sy invloed laat geld het. Tipies van die godsdienstig gedrewe mentaliteit van die Middeleeue is die reg egter nie van die teologie en van etiese kwessies geskei nie. soos byvoorbeeld oor oorlog en oor die behandeling van ambassadeurs. Die Hervorming verander uiteindelik alles.

oftewel die nuwe soewereine territoriale staat. Die Protestante het egter die gesag van die kanonieke reg verwerp. Jolowicz (n 24 hierbo) 50. Dit het die aanvaarding van ’n nuwe politieke orde in Europa aangekondig. In hoofstuk 3.140 Veral die besondere brutaliteit van die godsdienstig gemotiveerde oorloë141 wat op die Hervorming gevolg het. het die natuurreg aangehang.136 Selfs in die Katolieke wêreld het die kerk grotendeels sy politieke gesag verloor.138 Met die Vrede van Wesfale in 1648. interstaatlike reg het op die voorgrond getree. FJC Hearnshaw ‘Hugo Grotius’ in FJC Hearnshaw (red) The Social and Political Ideas of Some Great Thinkers of he Sixteenth and Seventeenth Centuries (1967) 139.142 Die eksponente van die nuwe natuurreg sluit onder andere in: Francisco de Vitoria (1492-1546). Sommige. Richard Zouche (15901660). ’n Nuwe internasionale of. . Cornelius van Bynkershoek (1673-1743) en Emerich de Vattel (1714-1769). finaal geseëvier het en waarin die gedagte van ʼn familie van territoriale state in plaas van ’n kerklik gereguleerde verenigde Christendom die nuwe grondslag vir globale verhoudings geword het. Hugo de Groot (Grotius) (1583-1645).143 Hulle het weliswaar onderlinge verskille gehad. na die Dertigjarige Oorlog.137 Benewens die godsdienstige breuk was die territoriale state ook lank reeds aan die ontwikkel. wat staatspraktyk as die 136 137 138 139 140 141 142 143 Sabine (n 47 hierbo) 416. kry die permanente territoriale staat verdere formele erkenning. Brierly (n 135 hierbo) 5.5 is die kwessie breedvoerig behandel.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 95 interstaatlike betrekkings. Wat nou nodig was. Dit was op ’n sekulêre interpretasie van die natuurreg gebaseer en het sodoende aan die vereistes van die nuwe situasie voldoen.4 en 3. De Groot was onder andere hewig ontsteld oor die ongekende brutaliteut van die oorloë. Hearnshaw (n 140 hierbo) 143. het dit noodsaaklik gemaak om in die plek van die ou onwerkbare teologiese regulering van globale verhoudings ’n nuwe werkbare stel reëls te vind. Alberico Gentili (Gentilis) (15521608).139 waarin territorialiteit. terwyl Van Bynkershoek meer positivisties geneig het en Zouche. Walker (n 139 hierbo) 148. was ’n nuwe stel beginsels wat die godsdienstige breuk en tweespalt oorspan het. JA Walker A History of the Law of Nations Vol I (1899) 147. asook die vestiging van die nuwe territoriale state verreken het. Samuel Pufendorf (1632-1694). Sien Barrie (n 134 hierbo) 173. wat met ander woorde wyd en soepel genoeg was om in die hele nuwe godsdienstig plurale en territoriaal gefragmenteerde wêreld gesaghebbend te wees. Brierly (n 135 hierbo) 25-40. by name De Groot en Pufendorf. Hulle was in hul regsbeskouings daarop uit om ’n sekulêre grondslag te vind waarop politieke organisasie gekonstrueer kon word. meer korrek.

144 Oor een kardinale saak was hulle dit egter eens: hulle het die reg en die teologie duidelik van mekaar geskei en het aan die teologie geen plek in die internasionale reg gegee nie. R Pound Theories of the Law (1912-13) 22 Yale Law Journal 124. wat onafhanklik van godsdienstige waarheid bestaan. in weerwil van hulle godsdienstige verskille. wat geredelik in die godsdienstig heterogene wêreld van na die Hervorming toegepas kon word.96 Hoofstuk 4 belangrikste ontstaansbron van die reg beskou het.147 In hierdie opsig sluit De Groot en sy mede-juriste hulle aan by Bodin.149 Die natuurreg het ’n ryk Klassieke tradisie met ’n sekulêre inhoud. het hy net soos die juriste ’n godsdienstig onpartydige mag as die sleutel tot politieke orde en sosiale vrede beskou. Hobbes en Locke deel natuurlik ook hierdie gemeenskaplikheid. kon kennis van die natuurreg verwerf word. wat die Romeinse regsopvattings beïnvloed het en wie se denke onder andere deur Cicero weerspieël is. . Met die rasionele kwaliteite waaroor elke mens beskik. die natuurreg selfs sonder God kon voortbestaan. Die Stoïsyne. Hierdie sekulêre universele reg het aan De Groot. Barrie (n 134 hierbo) 174. De Groot het geput uit die breuk tussen die teologie en die politieke filosofie wat teen die begin van die sewentiende eeu feitlik reeds heeltemal voltrek was en wat gepaard gegaan het met die natuurreg se ontvoogding uit die teologie. Hy het geglo in die bestaan van die sekulêre beginsels van die natuurreg. kon vereenselwig. Sabine (n 47 hierbo) 415 et seq. Sodoende was dit vir hulle moontlik om ’n interstaatlike reg te ontwikkel waarmee alle state hulself. De Groot was uiteindelik die invloedrykste eksponent van die ontluikende internasionale reg. Louw (n 147 hierbo) 205.150 het geleer dat daar ’n universele reg is wat op alle mense van toepassing is en waartoe elke mens met die gebruik van sy rasionele vermoëns toegang het. Ofskoon Bodin nie die natuurreg as grondslag vir sy politieke filosofie en as basis vir politieke orde aanvaar het nie.145 De Groot se denke het sterk rasionalisties geneig. AduP Louw ‘Hugo de Groot of Grotius (1583-1645)’ in AM Faure et al (reds) Die Westerse politieke tradisie (1981) 204. Pufendorf en 144 145 146 147 148 149 150 Brierly (n 135 hierbo). Sien in die algemeen Sabine (n 47 hierbo) 159–173.146 De Groot weerspieël die progressiewe intellektuele klimaat van na die Reformasie wanneer hy leer dat ofskoon Goddelike verordeninge met die natuurreg ooreenstem.148 Die gemeenskaplikheid bestaan daarin dat albei godsdiens as ’n geloofwaardige en werkbare politieke ordeningsinstrument laat vaar het. Die effek van sy werk was om die internasionale reg van die teologie te emansipeer.

151 152 Figgis (n 31 hierbo) 246. net soos die Republica Christiana dit van tevore gedoen het. Sedertdien bepaal die staat ook individuele identiteit. Wat wel belangwekkend is. Met behulp van hierdie nuwe regulerende stelsel van internasionale reg kon De Groot uiteindelik.151 Die besonderhede van die internasionale reg is nie in die onderhawige bespreking van belang nie. In hierdie opsig funksioneer die territoriale staat as paradigmabepaler. 7. is dat die territoriale staat sedert die sewentiende eeu die sentrale entiteit van die internasionale reg geword het. Die territoriale staat het dus ’n epistemologiese uitwerking. In hierdie verband merk JL Brierly op: But as a definite branch of jurisprudence the system which we now know as international law is modern. Individuele identiteit word afgedwing en aangepas na gelang van die vereistes van die staat. Hobbes. net soos dit ook die sentrale tema van die politieke filosofie en die politieke praktyk geword het. is dit meer gepas om te sê dat De Groot nie soseer vir Machiavelli nie. Brierly (n 135 hierbo) 1. 8 en 9 val die klem op wetenskapsbeoefening ingevolge die dissiplines van die staatlike paradigma en volgens die eise van konformering aan die staatlike identiteit. en wat nie. dating only from the sixteenth and the seventeenth centuries. . maar eerder die pous en Jean Calvin getem het.152 Na Bodin. for its special character has been determined by that of the modern European state system. Nadat die grondleggers van staatlikheid hulle werk gedoen het. In hoofstukke 6. Die bloedige gevolge van die optrede van dié geestelikes was veel veel erger as waarvan die wêreldlike Machiavelli ooit kon droom. In hoofstuk 5 word die bestanddele van die staatlike paradigma uitgepluis. In die lig van die ongekende onverdraagsaamheid en bloeddorstigheid van die godsdiensoorloë.Die Grondlegging en die grondleggers van staatlikheid 97 ander eksponente van die natuurregskool die nodige intellektuele werktuig gebied vir die ontwerp van ’n interstaatlike reg in ’n supranasionale en godsdienstig heterogene wêreld. which was itself shaped in the ferment of the renaissance and the reformation. aangesien dit ʼn mede-determinant geword het van wat relevante en geldige wetenskapsbeoefening in sekere dissiplines is. daarin slaag om Machiavelli (en ongebreidelde magspolitiek) te tem. soos Neville Figgis gesê het. het ons almal dienaars van die sterflike god — die staat — geword. Locke en De Groot baken die staat die grense van groot dele van ons intellektuele arbeid af — reik die noodsaak vir die ongestoorde instandhouding van die staat ’n streng voorskrif uit van hoe verskeie wetenskaplike dissiplines beoefen moet word.

.

het die geldende paradigma van wetenskapsbeoefening oor die tema van die staat teweeg gebring. word daardie uitgeslote dinge. veral in die regswetenskap en die staatkunde aanvaar. In hierdie hoofstuk gaan die inhoud en werking van hierdie konvensie. waarvolgens sekere temas en beskouings wat nie by die bestaande konvensie inpas nie. Deur sekere dinge juis nie te vereis nie en geen rol in die definisie van die staat te laat speel nie. wanneer dit by nadenke oor die staat kom irrelevant verklaar. Die staatsdefinisie word algemeen in alle wetenskaplike dissiplines waar die staat op die een of ander wyse ter sprake mag wees. eenstemmige aanwysing van die essensiële eienskappe en gepaardgaande uitsluiting van bepaalde temas as irrelevant. met ander woorde. of. wat die staatlike paradigma genoem word. uitgepluis word. Daar hoef dus nie daaroor gepraat te word nie. buite orde gereël word. Hierdie eienskappe en vereistes vind neerslag in die definisie van die staat. Dit is net so belangrik weens die dinge wat dit nie as wesenlike eienskappe vir die bestaan van die staat vereis nie. Dit beteken dat daar ’n dwingende konvensie van tersaaklike wetenskaplike arbeid geskep is. ʼn Definisie soos die definisie van die staat. Die staatsdefinisie geniet ewe algemene populêre aanvaarding in die daaglikse politieke diskoers. as daar wel iets daaroor te sê is.5 HOOFSTUK DIE STAATLIKE PARADIGMA 1 Die hoofbakens van die staatlike paradigma In hoofstuk 3 is die koms van die territoriale staat as dominante politieke entiteit beskryf en in hoofstuk 4 is die grondliggende denke oor die nuwe territoriale staat nagegaan. 99 . is dit ten minste só onbelangrik dat dit nie in die definisie van die staat vermelding verdien nie. wat sekere dinge as wesenlik vir die bestaan van die staat vereis. In hierdie nadenke is die wesenlike eienskappe van die territoriale staat onder andere vasgestel. met ander woorde weens die dinge wat dit verswyg. is egter nie net van belang weens die dinge wat dit as vereistes stel nie. Hierdie definiëring. wat die essensiële vereistes vir die bestaan van die (territoriale) staat is.

.1 Artikel 1 van die Montevideo-Konvensie van 1933 oor die Regte en Verpligtinge van State bied egter ’n internasionaal gesaghebbende omskrywing van die staat.as die politieke konteks as die geykte vereistes vir staatskap aangewend word. Met ander woorde. Volgens alle aanduidings is dit bloot ’n beskrywende weergawe van ’n reeds lank en goed gevestigde neutrale realiteit.2 Die primêre kwessie rakende die internasionaalregtelike omskrywing van die staat is dus die staat se regsubjektiwiteit. (b) a defined territory. Dit is weliswaar so dat die Montevideo-Konvensie se staatsdefinisie nie in die eerste plek met die (interne) staatsreg te doen het nie. Dit lui: The State as a person of international law should possess the following qualifications: (a) a permanent population. maar eerder poog om die behoeftes van die internasionale reg te verreken. Werke oor die internasionale reg het dit dus almal in gemeen dat hulle benewens die feit dat hulle dit eens is oor die vereistes van die Montevideo-Konvensie. P Malanczuk (1997) Akehurst’s Modern Introduction to International Law Routledge: Londen 75-81. Die definisie gee dus voor om niks meer te doen nie as om op ’n neutrale en onpartydige wyse ’n bestaande situasie te beskryf. Dit is egter nie neutraal en onpartydig nie. Booysen H (1989) Volkereg en sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse reg Juta: Kaapstad120 et seq. die definisie gee voor om sonder enige waarde-oordele of ideologiese en politieke voorkeure en vooroordele te wees. is die vraag aan welke vereistes ’n entiteit moet voldoen ten einde as regsubjek vir doeleindes van deelname aan internasionale betrekkinge erken te word. Tewens. Die rede vir die eenstemmigheid oor hierdie definisie is eenvoudig dat die vier vermelde eienskappe internasionaal in sowel die regs.100 Hoofstuk 5 Daar val weliswaar verskillende klemtone op die staatsbegrip na gelang van die besondere dissipline waarin gewerk word. Dit vind allerweë byval en word algemeen aangewend. (c) a government.3 Dienooreenkomstig lui die omskrywing wat DW Greig aan die hand doen soos volg: 1 2 3 Oor die variërende betekenisse van die staatsbegrip. wat die bestaande eenstemmigheid daaroor weerspieël. Sien byvoorbeeld MA Dixon (1990) Textbook on International Law Blackstone Press Ltd 53-59. I Brownlie (1979) Principles of International Law Clarendon Press: Oxford 60 et seq. maar daar heers eenstemmigheid oor die definisie en die kerneienskappe van die staat. sien LG Baxter ‘The State and other basic terms in public law’ (1982) 99 SALJ 212 et seq. JG Starke (1989) Introduction to International Law Butterworth Londen 96. dit weerspieël en verskans sekere voorkeure en kies gevolglik polities en ideologies kant. DW Greig (1976) International Law Butterworths: Londen 93. and (d) a capacity to enter into relations with other States. deurlopend die klem op die regspersoonlikheid van die staat plaas. Wat in die internasionale reg ten aansien van die kwessie van die staat van belang is.

5 Ofskoon Oppenheim oor die internasionale reg. skryf.Die staatlike paradigma 101 . New York 4. plaas hy die klem op soewereiniteit as die onderskeidende kenmerk van staatskap wanneer hy die staat soos volg omskryf: A State proper — in contradiction to colonies — is in existence when the people is settled in a country under its own sovereign Government. Sien byvoorbeeld G Carpenter (1987) Introduction to South African Constitutional Law Butterworths: Durban 5.. Byvoorbeeld M Wiechers (1981) Verloren van Themaat Staatsreg Butterworth Durban 6.. naamlik om uit te wys wat die definisies in werklikheid sê. politieke wetenskap en die daaglikse praktyk oor wat die staat wesenlik is en ook nie is nie. Sien byvoorbeeld J Frankel (1969) International Relations Oxford University Press: Londen 8. a state for the purposes of international law is a territorial unit. 7. DA Basson en HP Viljoen (1988) Suid-Afrikaanse Staatsreg Juta: Kaapstad 19-22. D Held et al (reds) (1985) States and Societies Basil Blackwell: Oxford 1.8 Die enkele verwysings na definisies is simptomaties van ʼn algemene eenstemmigheid in die regsteorie. is dat die staat ʼn entiteit met ʼn bepaalde regsaard is. Q Wright (1955) The study of international relations Appleton-CenturyCrofts Inc. waaraan die geheel van die bevolking onderworpe is. under the authority of its own government. and recognized as being capable of entering into relations with other entities with international personality. containing a stable population. Dit is standaard en talle ander werke kan ook hieroor aangehaal word. L Oppenheim (1974) International Law: A Treatise (onder redaksie van A Lauterpacht) Vol I Tiende druk Longman Londen para 64 118. permanente bevolking. Die herhaling van wesenlik dieselfde definisie van die staat deur vooraanstaande beoefenaars van ’n verskeidenheid van vakwetenskappe is om twee redes veelseggend. ʼn regering. Wat die definisies herhaaldelik beklemtoon. wat ʼn regsorde administreer. O Hood-Phillips en P Jenkins (1987) Constitutional and Administrative Law Sweet & Maxwell Ltd: Londen 4-5.9 Dit word by uitnemendheid bevestig deur die internasionaalregtelike beklemtoning van die staat 4 5 6 7 8 9 Greig (n 2 hierbo) 93.7 Dit is algemeen bekend dat die politieke wetenskap die staat ook hanteer aan die hand van dieselfde juridies geïnspireerde omskrywing. RN Gilchrist (1952) Principles of Political Science Orient Longmans Ltd: Mumbai 7.6 In die staatsreg kom die omskrywing van die staat ook neer op ʼn beskrywing van die staat aan die hand van die geykte staatskenmerke van grondgebied. en nie soseer oor die staatsreg nie. . sowel as vir wat dit nalaat om te sê.4 Ook in die staatsreg tref ons staatsomskrywings aan wat die regspersoonlikheid van die staat vir doeleindes van internasionale betrekkinge beklemtoon. HJ Laski (1951) An Introduction to Politics George Allen & Unwin Ltd: Londen 13. en ʼn sekere minimum-graad van politieke selfstandigheid (indien nie volledige soewereiniteit nie).

in die sin dat alle norme hul geldigheid ontleen aan ’n hoër en meer algemene norm. reg. byvoorbeeld morele oordele. to a certain way of life. Dit tree ook op die voorgrond in wat getipeer kan word as die juridiesfunksionele definisie van die staat. Aldus CJ Friedrich (1963) Man and his Government: An empirical Theory of Politics Mc Graw-Hill Inc: New York 550 na aanleiding van die insigte van Gustav Ratzenhofer Vir ʼn bondige samevatting van Kelsen se suiwere regsteorie.13 In ooreenstemming hiermee lê hy hom in sy suiwere regsteorie daarop toe om die algemeen geldende formele essensies van die verskynsel. Enige buitejuridiese. Norme is egter integrale elemente van ’n dinamiese geheel. word as irrelevante materiaal vir die doeleindes van regsondersoek beskou en gevolglik buite orde gereël..11 Die juridiese ordeningsfunksie van die staat is na aanleiding van hierdie definisie daarop gemik om die onderlinge stryd tussen belangegroepe deur die positiewe reg te reguleer: The state seeks to direct the struggle of the interests groups into the channels of the positive law. oorweging van veranderlike magsverhoudings. a society of individuals submitted if necessary. Hy verklaar dat die staat ’n wyse is waarop menslike optrede gereguleer word10 en beskryf die staat daarom as: . asook deur die staatsregtelike beklemtoning van die staat as bekleër van die juridies gelade begrip van soewereiniteit. by compulsion. en dies meer (wat byvoorbeeld vir die sosiologiese regsleer of in die regsrealisme van groot belang is). Daarvolgens moet regskonsepte uitsluitlik ingevolge die reg verklaar word. Laski (n 9 hierbo) 13. politieke insigte. Harold Laski werk met so ’n definisie. in terme van wat die staat behoort te bewerkstellig. Hy verklaar byvoorbeeld op 44 met betrekking tot sy eie suiwer regsteorie: ‘It is called “pure” because it seeks to preclude from the cognition of positive law all elements foreign thereto. sien H Kelsen ‘The pure theory of law and analytical jurisprudence’ (1942) 55 Harvard Law Review 44 et seq.12 Hans Kelsen benader die kwessie van die staat vanuit die oogpunt van sy welbekende (positivistiese) suiwere regsteorie. Dienooreenkomstig redeneer Kelsen dat slegs die positiewe reg as die ru-stof vir die ontwikkeling van regsteorie kwalifiseer. te identifiseer en te ontleed. tot die mees algemene en grondliggende norm — die grondnorm (grundnorm) 10 11 12 13 Laski (n 9 hierbo) 11..’ . Die resultaat hiervan is dat hy die verskynsel norm as die grondliggende kenmerk van die reg identifiseer. Norme is die onderskeidende en essensiële eienskap van die reg.102 Hoofstuk 5 as regspersoon.

Sien AE van Blerk (1996) Jurisprudence: An Introduction Butterworth Durban 48 49. word sonder meer as ’n aanslag teen die staat self beskou. coercion. 52.19 Dit is daarom heeltemal korrek om te sê dat gebied só ’n sentrale komponent van die staat is.Die staatlike paradigma 103 — uiteindelik bereik word.17 Net so belangrik as wat dit is dat die staat in die eerste instansie ’n juridiese ordening is. glad nie noodwendig as ’n aanval op die staat self beskou nie. Enige optrede van welke geringe omvang ook al. Daarenteen word optrede wat individuele burgers van ’n staat benadeel. is at the same time the essential element of the law.)15 Die staat met sy grondwet as mees algemene norm is vir Kelsen niks anders as ’n regsorde nie: One of the distinctive features of the pure theory of law is its recognition that the coercive order which constitutes the political community we call the state. byvoorbeeld ’n eksterne militêre aanslag of grensskending of ’n intern gemotiveerde sesessie-poging. . is the state itself.18 Al die vereistes vir staatskap is op die een of ander wyse geografies van aard.20 Die gebied van die staat is baie meer intiem met die staatsbegrip vereenselwig as wat die burgerskap van bepaalde individue met die staat verweef is. or the legal order set up by the state. Soos TW Bennet opmerk: Gebied is so ’n belangrike bestanddeel van staatskap dat dit in die algemene gebruik dikwels as metonimie vir staat gebruik word. Hierdie norm is verantwoordelik vir die legitimering van die totale regsorde van ’n bepaalde staat.14 (Die staatlike grondwet is gewoonlik die grundnorm wat in ’n bepaalde staat geld. dat dit dikwels volledig met die staat gelykgestel — vereenselwig — word. is a legal order. dit wil sê gebied is staat. What is usually called the legal order of the state. is die feit dat die staat ook allereers ’n plek is. wat die gebied van ’n staat mag raak. MI Glassner et al (1980) Systematic Political Geography John Wiley & Sons: New York 43.16 Vir Kelsen is daar geen onderskeid tussen staat en reg nie: But if it be recognized that the state is by its very nature an ordening of human behavior. Kelsen (n 13 hierbo) 64. Glassner (n 18 hierbo) 43. 14 15 16 17 18 19 20 Kelsen (n 13 hierbo) 63. this traditional dualism (tussen die reg en die staat) can no longer be maintained. TW Bennet ‘Elemente van die Staat’ in M Wiechers en F Bredenkamp (1996) Die Staat: Teorie en Praktyk JL van Schaik 73. Dit hoef egter nie noodwendig die grondwet te wees nie. that the essential characteristic of this order. Kelsen (n 13 hierbo) 65.

te wees nie. dat dit ooglopend onvanpas is om.21 Teenoor die sentrale rol van territorium in die staatskonsep is bevolking. Die ondergeskikte rol van die bevolking van die staat in teenstelling met die staatsgebied. Die implikasie hiervan is dat sosiale en antropologiese kwessies soos die aard van die staatsbevolking nooit te berde gebring word nie. kom in hierdie opsig weer na vore. ook nie met die voorstelling van die staat as ’n regsorde binne bepaalde territoriale grense nie. Die bevolking hoef egter juis nie vooraf reeds ’n nasie. grootliks irrelevant. na die staat as nasiestaat (of nasionale staat) te verwys. sê Bennet weereens tereg. en nie andersom nie. godsdiens. of iets dergeliks hoef te hê nie. toon dat die staat bo alles as ’n regsverskynsel van territoriale aard beskou word. is die konsep van ’n staat allereers ’n voorstelling van ’n territorium. Dit is onder meer om hierdie rede dat die begrip territoriale staat duidelik as meer paslike beskrywende benaming kwalifiseer.104 Hoofstuk 5 Die slotsom van die bespreking hierbo is dat territoriale integriteit en nasionale soewereiniteit — dit wil sê. in die besonder die aard en samestelling van die bevolking. Dis is egter klaarblyklik waar dat dit nie al is wat die staat is nie — nie vanuit die oogpunt van die politieke teorie nie en ook nie vanuit die hoek van die regswetenskap nie. Die definisies reël sulke kwessies buite orde. Dit is wat die definisies telkens sê.en die juridiese elemente — die twee grondliggende eienskappe van staatskap is. asook Kelsen se voorstelling van die staat primêr as ’n regsordening. 21 Bennet (n 20 hierbo) 73. taal.) Die eenstemmige omskrywings van die staat vanuit die geledere van skrywers oor die internasionale reg. Bevolking kom wel ter sprake by die vereiste dat die inwoners van die staat hulle moet aanpas om die territoriale integriteit van die staat ongeskonde te hou. . staatsreg en die staatkunde. Op sy beste neem dit ʼn swak sekondêre posisie in. Volgens die klassieke reëls van die internasionale reg. Daar is geen fout te vind met die siening dat die staat ’n regsubjek is nie. want dit is die bevolking wat aan die eise van die gebied moet beantwoord. Daar word nie as voorvereistes gestel dat die bevolking van ’n staat onderlinge bande van kultuur. Die enigste vereiste met betrekking tot bevolking is dat dit betreklik permanent moet wees. wat onderlinge noue bande en hegte gemeenskaplikhede impliseer. (Dié aspek word in hoofstuk 6 breedvoerig bespreek. soos dikwels gedoen word. die gebieds. Dit is juis omdat gebied van sodanige sentrale belang is in vergelyking met bevolking wat ’n mindere rol speel.

Die belange en voorkeure van die Afrika-bevolkings het hierin geen rol gespeel nie. As daar een ding is wat bo alle ander dinge ’n nalatenskap van arbitrêre en flagrant ondemokratiese dwingelandy is. . JM Roberts. Staatsgrense is nie vasgestel uit hoofde van vrye politieke en staatsregtelike assosiasie nie. Makua wa Mutua (n 22 hierbo) Sien verder hieroor die breedvoerige bespreking van I Brownlie (1979) African Boundaries: a legal and diplomatic encyclopaedia University of California Press for the Royal Institute of International Affairs. en of die staatsbevolking gegewe die kulturele en linguistieke heterogeniteit daarvan werklik in dieselfde staat (territoriale regsordening) tuis hoort. wel moet lyk soos dit lyk. is dit die bepaling van staatsgrense — in die besonder die staatsgrense in die eertydse koloniale wêreld. selfs gebiedend. en behoort so ’n staat nie liefs omvorm te word ten einde hierdie wantoestand te beëindig nie? In die era van die kolonialisme is staatsgrense arbitrêr vasgestel volgens die grille en voorkeure van die koloniale moondhede en na gelang van die magsverhoudings tussen die koloniale moondhede. Die noodsaak om hierdie soort vrae te stel. veral van Afrika.23 Daarom is dit vreemd dat hierdie ondemokratiese nalatenskap met soveel deernis gekoester word. Behoort hierdie koloniaal geïnspireerde grense behou te word. Geen ag is op die etniese samestelling van die bevolkings geslaan in die proses van grensafbakening nie. Is die nie klaarblyklik meer gepas.22 Die koloniaal afgebakende grense is ’n blywende koloniale letsel wat ons lank na die formele afloop van die kolonialisme elke dag steeds in die gesig staar. soos gemeld.Die staatlike paradigma 105 Bykomende vrae wat gestel kan word. dat state behoort te fragmenteer ten einde die regsordenings in pas te bring met die taal. Sodoende is kunsmatige state aan die hand van die wense en voorkeure en dikwels op grond van politieke mededinging van die koloniale moondhede tot stand gebring.en kulturele werklikheid nie? Funksioneer baie state nie dalk vanweë die wyse waarop die grense histories vasgestel is. is of die staatsgrense soos dit op ’n bepaalde stadium weens historiese gebeure vasgestel is. of moet die plaaslike werklikheid in ag geneem word met die oog op ’n heroorweging van hierdie koloniale nalatenskap? Verskeie dissiplines kan hulle met hierdie vrae besig hou. verduidelik byvoorbeeld met verwysing na sestiende en sewentiendeeeuse Wes-Europa: 22 23 Makua wa Mutua ‘Why redraw the map of Africa: A moral and legal inquiry’ (1995) 16 Michigan Journal of International Law 1113–1176. op die grondslag van ’n permanente ondemokratiese dominasie deur ’n meerderheid oor ’n minderheid nie. word beklemtoon deur die feit dat grense. Die Britse historikus. nie op sterkte van die een of ander ewewigtige proses van demokratiese raadpleging vasgestel is nie.

. Die afwysing van hierdie vrae is gebaseer op die argument dat sodanige vrae kwansuis nie-juridiese (en dus irrelevante) kwessies by die regsdiskoers betrek. Dog. Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika. of in ooreenstemming met die voorkeure en behoeftes van koloniale moondhede van bo afgedwing is. en nie by die reg en die regswetenskap nie. 24 25 26 27 JM Roberts (1997) African boundaries: a legal and diplomatic encyclopaedia University of California Press for the Royal Institute of International Affairs 287.25 Die demografiese realiteit en uiteenlopende wil van die bevolkings het hierin nouliks enige rol gehad. sosiologie. Die Suid-Afrikaanse staat is inderdaad ’n konstruksie van lord Alfred Milner. soos Kelsen sou sê) kan nie met sodanige kwessies opgehou word nie.26 oënskynlik vreedsaam en sonder haakplekke tot stand gekom. en tussen dinastieë. The inhabitants had no more say in the matter than the peasants of a farm which changed hands. Die Europese politieke kaart is hoofsaaklik deur die oorloë tussen absolutistiese heersers getrek. FCJ Muller et al (1985) 500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis Academica Pretoria 380-385. neutrale en onbevooroordeelde reg weerspieël en dat die definisies dus vry van kontaminasie deur buite-juridiese politieke/ideologiese voorkeure en vooroordele of partydigheid is. J Anderson en S Hall ‘Absolutism and Other Ancestors’ in J Anderson (red) (1986) The rise of the modern state Wheatleaf Books Ltd 31. Vir sover kwessies van hierdie aard moontlik wel ter sprake kom. die unifikasie van Suid-Afrika het gevolg op Britse imperiale strategie teen die voortbestaan van die Boererepublieke. Hiermee saam kom die wetenskaplike aanspraak dat die juridies geïnspireerde definisies van die staat wat hierbo behandel is. te stel. Die reg (die suiwer reg. suiwer.27 Wanneer na die geskiedenis gekyk word. Muller (n 26 hierbo) 312-333. want dit is nie relevante stof vir die doel van die regsdiskoers nie. staatkunde. na gelang van die wil. het politieke entiteite tot stand gebring wat steeds onveranderd voortbestaan. wense en magsverhoudings van. filosofie of bloot by die polemiese daaglikse politiek. wat eers na die bloedige onderwerping van die Boererepublieke moontlik was.106 Hoofstuk 5 Boundaries (which were often imprecisely drawn) continually changed as this or that portion of an inheritance passed from one ruler to another. gevolg deur die imperiaal gemotiveerde Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 met rampspoedige gevolge vir die Afrikaners.24 Baie van daardie grense wat. hoort dit tuis by die geskiedenis. H Giliomee en L Schlemmer (1993) From Apartheid to Nation Building Oxford University Press 13. is daar inderdaad konkrete noodsaak om die vrae wat hierbo gevra is. Die Suid-Afrikaanse staat het te oordeel na die feit dat die onderhandelings voor Uniewording in 1910 vlot verloop het.

godsdiens. sê hy: There must. or be of different colour. Frankel (n 8 hierbo) 8 (eie beklemtoning). is ’n tipiese geval van regspositivisme wat sy ideologiese voorkeure en partydigheid probeer verberg onder die vyeblaar dat dit na bewering net met die neutrale feite werk. first. etnisiteit. number of people living in a definite territory .Die staatlike paradigma 107 So ’n aanspraak op politiek onpartydige en ideologies neutrale wetenskaplikheid is egter vals. Al hierdie staatsdefinisies reflekteer die staatsteorie van Hobbes en nog meer van Locke. maar — en dit is die kern van die saak — dit is nie ’n neutrale en politiek-onbevooroordeelde wetenskaplike feit nie. Wanneer Oppenheim hom oor permanente bevolking as een van die bestanddele van ’n staat uitlaat. is verteenwoordigend van die geykte wyse waarop hierdie aspek van die staatsdefinisie hanteer word. Soms is die ideologiese voorkeure wat in die staatsdefinisies vervat is bedek. . Waarmee ons hier te doen het. A people is an aggregate of individuals of both sexes who live together as a community in spite of the fact that they may belong to different races or creeds. be a people. kultuur. Al wat vereis word. Daarvolgens is die staat bloot ’n juridiese konflikreguleringsinstelling wat die private behoeftes en 28 29 30 Oppenheim (n 6 hierbo) par 64 118 (eie beklemtoning).. Gilchrist (n 4 hierbo)17. Dit is waar dat daar in hierdie konteks net ’n klomp mense vereis word.30 Die aangehaalde voorbeelde van die wyse waarop die bevolkingselement van die staatsdefinisie behandel word. Daar word deurlopend beklemtoon dat geen onderlinge bande van taal.28 Frankel se bevolking lyk net soos Oppenheim s’n wanneer hy verklaar: The people are an aggregate of persons of both sexes living in a community which needs not to be homogeneous. Die staatsdefinisies is deurlopend geskoei op ’n atomisties-liberale grondslag en neig sterk anti-kommunitêr. of wat ook al vereis word nie.. maar ander kere skemer dit deur. Dis al. hierdie definisie is die staatsregtelike produk van die Hobbesiaanse en Lockeaanse staatsbeskouing.29 Gilchrist se bevolking is ’n . Inteendeel.. (eie beklemtoning) sien ook Wiechers & Bredenkamp (n 20 hierbo) 98.. is ’n klomp mense (an aggregate of people/a number of people) en dat die klomp mense permanent op ’n gedefinieerde grondgebied teenwoordig moet wees.

reguleer. • die staat is nie ’n res publica — ’n gemeenskaplike saak van alle burgers met hegte onderlinge bande nie — maar ’n blote middel van konflikregulering wat die realisering van private en dikwels antagonistiese doelwitte moet fasiliteer en bevorder. In hierdie definisies het ons met ’n ideologiese neerslag te doen. soewereiniteit. Hierdie staatsbeskouing is dus nie so wetenskaplik neutraal as wat dit voorgee om te wees nie. Soos Siedentop sê: . verklaar. sonder enige aanduiding dat dit ideologies gelaai mag wees. is dus ongegrond. Hierdie staatsbeskouing is natuurlik nie die enigste beskouing wat oor die staat nagehou kan word nie. Dit is ’n kenmerk van die moderne politieke teorie (en soos uit die aangehaalde definisies van die staat blyk. word belangrike ideologiese kwessies eenvoudig buite die debat geplaas. • die staatsbevolking is losstaande. te besleg. Die staat word as ’n neutrale begrip van die politieke en regswetenskap behandel. wat in die misleidende retoriek van neutrale wetenskap met ons kommunikeer. ook van die regswetenskap). . soos die begrip.. dit is politiek-ideologies partydig. sê Larry Siedentop31 tereg. Die heersende staatsdefinisie waarin die staat primêr voorgehou word as ’n regsordening wat binne ’n gedefinieerde gebied tussen ’n klomp afsydige individue van krag is. terwyl potensieel ideologiese kwessies as irrelevant buite orde gereël word. afsydige individue wat in die afwesigheid van onderlinge bande geen daadwerklike gemeenskap konstitueer nie. om ’n omstrede konsep soos die staat te hanteer asof dit geheel en al nie-problematies en onomstrede is..108 Hoofstuk 5 belange van atomistiese individue waaronder daar geen onderlinge bande van gemeenskaplikheid bestaan nie. eggo die gedagtes van Hobbes en Locke in onder meer die volgende wesenlike opsigte: • die staat is ’n juridiese ordening. Die staat het ook die skeidsregtersfunksie om deur middel van die positiewe reg die belangebotsings wat tussen hierdie wedersyds afsydige individue voorkom. Die staat word feitlik konsekwent in beskrywende juridiese terme. Die aanspraak van ’n bloot neutrale (positivistiese) beskrywing wat met die behandelde staatsdefinisies gepaard gegaan het. for the most part philosophical analyses of the concept of the state stopped there. inteendeel. Weens die feit dat ideologies gelade begrippe onder oënskynlik bloot ’n beskrywende realiteit toegesmeer word. Any remaining questions about the state are assigned to 31 L Siedentop ‘Political theory and ideology: The case of the state’ in D Miller en L Siedentop (reds) (1983) The Nature of Political Theory Clarendon Press Oxford 53.

Voorts — en dit is baie belangrik — is die stof waarmee die juris en dergelike beoefenaars van die geesteswetenskappe werk. drukgroepe. oftewel dat daar ’n noue verband tussen oënskynlik waardevrye feite en waardes bestaan. Net so is wetenskaplike metodiek en tegniek eweneens nie neutraal nie. waaronder die vermeende waarde-onpartydige definisie van die staat. . private gedingvoerders.33 Met betrekking tot wetenskapsbeoefening in die besonder in die geesteswetenskappe word daarop gewys dat dit waarde-gebonde of waarde-gedrewe is. Siedentop (n 31 hierbo) 54-56. Nogtans word die staatskonsep hanteer asof dit bloot beskrywend en neutraal is. Dit behels ’n hegte samehang tussen die is en die behoort. in plaas van ’n groter geheel.38 Juriste staan in diens van hierdie agendas en is beswaarlik ooit in die posisie om eie 32 33 34 35 36 37 38 Siedentop (n 31 hierbo) 54. Mc Cormick (n 36 hierbo) 537. ensovoorts. regterlike beslissings. Sodoende word wetenskaplike ondersoek die werktuig en spreekbuis van ideologie. In werklikheid is die empiriese wetenskappe ook met waardevoorkeure deurspek. regulasies. Mc Cormick (n 36 hierbo) 537. en word dit weerspieël in wat as feite voorgehou word. Dit sluit ook die oënskynlik mees empiries beskrywende aspekte in.Die staatlike paradigma 109 historical or sociological enquiry in general and to Marxism in particular. regerings. behoort tot ’n variasie van agendas van ander persone: politieke partye. Die onderwerpe waarmee juriste hulle bemoei. Metodiek en tegniek dra partydige waarde. SS Wolin ‘Political theory as a vocation’ (1969) 63 American Political Science Review 1063. N Mc Cormick ‘Reconstruction after deconstruction: A response to CLS’ (1990) 10 Oxford Journal of Legal Studies 557. Faure vat die verbintenis tussen feite en waardes saam deur te verklaar: ‘Om te ken is om te keur’. Gevolglik word die juris se aandag altyd deur fyn besonderhede in beslag geneem.34 Gevolglik is die waardevryheid en objektiwiteit van die empiriese wetenskappe blote skyn. altyd episodies en fragmentaries van aard:37 wetgewing.en ideologiese voorkeure en vooroordele en in die onderrig hiervan word die ideologiese partydigheid ook aan die student oorgedra. Universiteit van Suid-Afrika 66.32 Die staatskonsep dra noodwendig sekere ideologiese voorkeure en partydigheid in sigself om.36 oftewel met die feite van ’n bepaalde maatskaplike orde. Derhalwe is waardevoorkeure en –partydigheid opgeneem.35 Die regswetenskap is by uitnemendheid vatbaar vir die geruislose en onopmerklike oordrag van waardevooroordele en van ideologie. Die regswetenskap hou sigself altyd besig met institusionele feite. AM Faure (1981) ʼn Ondersoek na die Kenteoretiese Grondslae van die Vergelykende Politiek (1991) Ongepubliseerde doktorale proefskrif. en dies meer.

of die agenda wat deur ’n bepaalde orde wat byvoorbeeld kragtens ’n grondwet of wetgewing daargestel is. liggame. ’n Regsorde veronderstel altyd die manifestasie van die een of ander politieke konsensus. Hulle moet partydige privaat en politieke belange bevorder en regverdig en is nouliks in ʼn posisie om objektief daarteenoor te staan of om gevolgtrekkings te maak wat teen hulle professionele opdrag indruis. Die dienste van juriste moet altyd verkry word om te help met die deurvoer van hierdie agendas en die juris tree dan op ter realisering van die oogmerke van die agendas en die outeurs daarvan. In die breedste sin is die totale regsorde natuurlik ook ’n agenda. wetgewing. waarin dit aanvanklik aan hom gestel is. . wat eweneens belange en ideologies partydige voorkeure dien en ander belange teenwerk. in regstaal vertaal ten einde die probleem juridies hanteerbaar te maak. staan in die diens daarvan en poog om dit teen verandering te vrywaar. maar dit is nou in juridies hanteerbare terme herformuleer). Deur hierdie vertaling tree daar ’n retoriese verwydering in tussen die aanvanklike agenda waarvoor sy dienste bekom is en die nuut geformuleerde agenda. of die agenda van ’n verweerder wat hom teen die eis verweer. maatreëls en magte wat deur wetgewing en die grondwet geskep word — uitdrukking aan daardie belangedominasie. In die proses moet die juris dikwels die probleem wat hy moet hanteer en waarvoor sy dienste bekom word vanuit nie-juridiese taal. Sodoende kry die juris ook 39 HJ Berman (1983) Law and Revolution: The formation of the Western Legal Tradition Harvard University Press: Cambridge. Die regsorde gee deur regsinstrumente — konstitusies. As die dienaars daarvan speel juriste ’n sleutelrol in die administrasie daarvan. of van die beskuldigde wat hom teen die aanklag moet verweer. instellings. administratiewe optrede. bestaan daar altyd aan die een kant die agenda van ’n persoon of ’n instelling. 157. Op ’n meer algemene vlak is daar die agenda van ’n regering om ooreenkomstig ’n ideologiese of belange-voorkeur wetgewing deur te voer waardeur daardie voorkeur in dwingende en oënskynlik onpartydige reg beslag kry. hofuitsprake. Massachusetts Berman 156.110 Hoofstuk 5 agendas te stel en te bevorder. Op die mees elementêre vlak is daar die agenda van ’n eiser wat ’n bedrag van ’n verweerder eis.39 Wanneer regswerk ter sprake is. of. meer gereeld. Ook is daar die politiek geïnspireerde agenda om ’n grondwet op te stel. (Dit is nog dieselfde probleem wat hanteer word. en daardie belange in regsinstrumente verskans — en verdoesel. of die agenda van die vervolgingsgesag wat poog om die skuldigbevinding van ’n beweerde misdadiger te bewerkstellig. Aan die anderkant is daar weer regslui wie se dienste bekom word ten einde die agendas deur te voer. van die een of ander ideologiese dominasie of belangedominasie.

is sy indruk dat hy die dienaar van ’n juridiese agenda is. Die politieke agtergrond en die magsverhoudings wat deur die grondwet in stand gehou word en die hegemonie wat dit skep en verskans. is hy in werklikheid intiem met die deurvoer van ’n politieke agenda gemoeid. waarvan die wet juis ’n praktiese implikasie is nie. Die juris. Daarna werk die juris met regstof en nie meer met die politieke keuses en belangevoorkeure wat die agterliggende motief vir die wetgewing of die grondwet is nie. Wanneer die juris betrokke is by ’n aangeleentheid waar voldoening aan die grondwet vereis word. Daarna funksioneer hy in die nuwe juridies herformuleerde wêreld. Die politieke agenda is egter onder die regsdiskoers . Sekere agendas is eenvoudig en duidelik. vry van kontaminasie met die politiek of iets dergeliks wat buite die reg is. Die juris werk in dié geval ter realisering van ’n politieke agenda. maar met die verweerder wat kontrakbreuk by wyse van positiewe wanprestasie teen die eiser gepleeg het. hy hou hom daarenteen oënskynlik suiwer besig met argumentasie oor die korrekte toepassing en interpretasie van die besonderhede van die (grondwetlike) reg. reeds in regstaal vertaal. Die juris wat hom met die grondwetlike reg besig hou. Hy werk byvoorbeeld nie meer met Jan Botha wat nie Piet Potgieter se motor behoorlik herstel het nie. wat betrokke is by insolvensieverrigtinge kragtens die Insolvensiewet werk ook nie met die instandhouding van ’n breë kapitalistiese orde. Wanneer daar binne ’n wetgewende raamwerk of binne ’n grondwetlike raamwerk gewerk word. Die wetgewing of die grondwet het die belangebotsing wat met die aanvaarding van die grondwet of die wetgewing beslis is. Dit is grootliks vergete. Hy werk ook nie meer met die hewige politieke geskil oor beweerde rasgebaseerde afknouery met die indiensneming van ’n bepaalde persoon nie. Soms is die vertaling van die agenda in regstaal nie nodig nie. is die ideologiese. reeds in regstaal omgesit en onder die neutrale regsterme verberg. maar met die neutrale formulerings van die Wet op Billike Werksgeleenthede uitgedruk in die ewe polities vergete terme van die Employment Equity Act. politieke en belangevoorkeure en -partydigheid in diens waarvan die wetgewing of die grondwet staan. Ander kere staan die breë agenda waarbinne die juris werk egter so ver op die agtergrond dat hy nouliks daarvan bewus is dat hy sy dienste vir ’n bepaalde agenda beskikbaar stel. Daardie feit ontsnap gewoonlik sy aandag. maar omdat dit in regstaal oorgesit is en in regstof omgesit is. soos wanneer die agenda daarin bestaan om namens ’n eiser te dagvaar. of wanneer hy aan die opstel van ’n grondwet meewerk. maar bloot met die juridiesgedefinieerde toepassing van die betrokke wet. bemoei hom ook nie met die feit dat die grondwet dikwels die vergestalting van hegemoniese en hiërargiese politiek is nie. kom dus nouliks by hom op.Die staatlike paradigma 111 afstand van die aanvanklike agenda waarvoor sy dienste bekom is.

Inteendeel: dit word juis toegesmeer. Weens die verbergende neutraliteit van regstaal40 word die voorkeur egter nooit verraai nie. kom weens die feit dat die juris as ’t ware deur die gedetailleerde besonderhede van die uitvoer van die agenda in beslag geneem word. Dit kan breë algemene doelstellings hê wat ver verwyderd staan van die besonderhede oor die daadwerklike konkrete inwerkingstelling daarvan. met die gevolg dat die juris onbewus is van die feit dat hy in werklikheid in diens staan van die deurvoer van ’n ander se projek. waaraan die reg diensbaar moet wees nie. Regsaktiwiteit — dit waarmee die juris hom bemoei — behels nooit self regstreeks die neerlê van die politieke agenda. Voorts is dit ook so dat wetgewing gewoonlik die een of ander politieke. Die noodsaak van betrokkenheid by die detail vereng die horison eenvoudig in so ʼn mate dat die betrokkenheid by en diensbaarheid aan die groter projek nie raakgesien word nie en gevolglik ook nie ingesien word nie. des te sterker is die neiging om net op die besonderhede te konsentreer en die agenda as sodanig heeltemal uit die oog te verloor. ideologiese of ekonomiese voorkeur beliggaam. . maar is daarenteen altyd gemoeid met die fyner besonderhede ten einde aan die agenda uitvoering te gee. Aan die ander kant kan die agenda kompleks wees. Die grondliggende waarde-oordele en belange. Wanneer die agenda eenvoudig is in die sin dat dit duidelik is en min besonderhede bevat. Die regsakademiese kurrikulum is ook nie so saamgestel dat dit die (voornemende) juris hoegenaamd bewus maak van die ideologiese waarde-universum waarbinne regsaktiwiteit plaasvind of hom bedag maak op die ideologiese voorkeure waarbinne regswerk gedoen word nie.en ideologiese voorkeure wat in die agenda vervat is.112 Hoofstuk 5 verberg. neem dit uiteraard die aandag van die juris in beslag. Wanneer in besonderhede met hierdie fyner detail gewerk moet word. nooit by hom op nie. Hoe breër en algemener die agendas en projekte van die persone of instellings waarbinne die juris werk en hoe fyner die besonderhede waarmee gewerk word om uitvoering aan die agenda te gee. is hy natuurlik van die bestaan daarvan bewus. regsopleiding gee voor en word op die basis onderneem dat mens met outentieke akademiese temas — ware 40 Dit is juis onder andere om hierdie rede dat die reg as ‘n doeltreffende hulpbron vir die uitoefening van mag beskou word. met die gevolg dat die juris nie besef dat hy hom eintlik diensbaar stel vir die uitvoer van ander se politieke projek nie. Sien byvoorbeeld AT Turk ‘Law as a weapon in social conflict’ (1976) 23 Social Problems 276 et seq. Inteendeel.

41 42 43 44 45 Harold Berman (n 39 hierbo) 154 verduidelik dat die eietydse regswetenskaplike. is dat die ware regswetenskap polities en ideologies neutraal is. is hierdie stelling juis vierkantig op die regswetensklap van toepassing. Die filosofiese grondlegging van die staat en van die staatsreg neem menslike atomisme en die anti-kommunitêre afwesigheid van menslike gemeenskap. dié van uiters traumatiese menslike konflik en die radikale afwesigheid van daadwerklike menslike gemeenskap. . is daarin onderskeibaar dat hulle ’n meer regstreekse verhouding met die samelewing — die sosiale werklikheid — het.45 In die lig van die bespreking van Bodin. Regswetenskap.43 Wanneer ons sê dat juriste deur die aanwending van die reg vir die uitvoer en vervulling van ander se agendas en projekte verantwoordelik is. hul onderlinge verhouding en hul aanwending in besondere situasies. as basiese vertrekpunt. Kennedy (n 42 hierbo) 8-9 wys byvoorbeeld uit dat daar geredeneer word dat die privaatreg (byvoorbeeld die kontraktereg) die sentrum van ware politiek ongekontamineerde regswetenskap is. Hierdie afwesigheid van gemeenskap is in die uitgerekte konflikte van die sestiende en sewentiende eeue daadwerklik beleef. In hierdie geval was die praktiese situasie waarmee hierdie teoretici juis moes handel. sê ons in der waarheid daarmee saam dat die regswetenskap as ’n toegepaste wetenskap funksioneer. het ook sy ontstaan in praktiese situasies gehad. Die toegepaste wetenskappe. D Kennedy ‘The political significance of the structure of the law school curriculum’ (1983) 14 Seton Hall Review 1. RF Beerling maak die insiggewende stelling dat wetenskap. uit praktiese en ideologiese stelsels afgelei is. net soos sy voorganger in die twaalfde eeu in Europa. in teenstelling met die ‘suiwer’ wetenskappe. en by name die staatsreg waarvan die grondslae deur die genoemde teoretici gelê is. Dit is ʼn vergestalting van die kapitalisme en liberale individualisme. Kennedy sê dat dié sentrum ook politiek gemotiveer is.44 Dit geld veral vir die regswetenskap.42 Die suggestie wat hiermee gepaard gaan. Daarvan word die periferie-temas onderskei wat ideologies geïnspireer is en sodoende nie werklik die stempel van ware regswetensklap waardig is nie. Hobbes en Locke wat die bestaansoogmerke en funksies van die moderne staat teoreties verklaar het en die staat primêr as ’n geografies gebaseerde regsordening en ’n meganisme vir die regulering van menslike konflik beskryf het. Beerling (n 44 hierbo). RF Beerling et al (1970) Inleiding tot de Wetenschapsleer Bijleveld: Utrect 150. hom met die regsdogmatiek bemoei. dit wil sê die sistematiese uitpluis van al die implikasies van regsreëls. Die skrywers voeg dan by dat die wetenskaplike aansprake van so ʼn ideologies geïnspireerde wetenskap nie noodwendig minderwaardig is nie. wat juis op die regulering van menslike gedrag en die reëlmatige hantering en beslegting van menslike konflik gerig is.Die staatlike paradigma 113 regswetenskap (wat eintlik niks meer as regsdogma41 of doktrine is nie) werk. en in die besonder toegepaste wetenskap.

ander regsdissiplines. verseker kon word. Weens die voorrang wat dit in vergelyking met die ander staatselemente geniet. Daardie basisfeite van die paradigma lê nie net die raamwerk neer vir wetenskapsbeoefening nie. Daardie paradigmatiese vertrekpunte is ideologies geïnspireerde feite wat die konsensusraamwerk verskaf vir eietydse wetensklapsbeoefening in die staatsreg. Dit is juis die staat as neutrale regsordening en konflikreguleerder wat die kernelement van die probleemoplossing is waarmee hierdie staatsfilosowe vorendag gekom het. Die staatlike paradigma bevat die volgende vier ideologies gedrewe basisfeite of basiese uitgangspunte: • Die territoriale staat is die basiese ordening van politieke organisasie. Dit sensureer ook gepoogde wetenskapsbeoefening wat buite die aannames van die paradigma probeer funksioneer. Territorium is nie slegs ’n feit nie. Beerling (n 44 hierbo) 151 sê juis dat toegepaste wetenskap gekenmerk word deur die feit dat dit nog meer as die suiwer wetenskappe op die verwesenliking van praktiese doelstellings gerig is. nie andersom nie. Vanaf territorium word na bevolking gewerk. Hobbes en Locke neergelê is. kan saamgevat word in die begrip staatlikheid. Anders gestel. Die vertrekpunte van die staatlike paradigma wat deur Bodin. staatlikheid verteenwoordig die paradigma47 — die basisteorie — aan die hand waarvan hierdie dissiplines. (Die 46 47 In hierdie opsig was Bodin. Hobbes.114 Hoofstuk 5 Die filosofiese grondlegging van die staatsreg is as ’t ware veroorsaak deur hierdie konflikte en was by uitstek daarop gerig om ’n formule te vind waardeur blywende en doeltreffende vrede. Hierdie staatlikheid — die ideologies geïnspireerde konflikbeslegtingsformule van die sestiende en sewentiende eeue — is in die gedaante van die algemeen aanvaarde definisie van die staat in die moderne staatsreg. ook die grondleggers van die staatsreg as toegepaste wetenskap. Territorium geniet voorkeur bo bevolking. nie andersom nie. Territorium is die vertrekpunt.46 Die kern van die oplossing wat deur die denkarbeid van hierdie grondleggers gebied is. internasionale reg en die politologie ingebou. word vandag steeds vervat in die positivistiese definisie van die staat. . ten spyte van die afwesigheid van menslike gemeenskap. is dit ook ’n ideologies gedrewe oordeel. Die bevolkingselement word so hanteer dat dit by die territorium-element moet aanpas en inval. en met name groot gedeeltes van die regswetenskap. internasionale reg. en wys dit af as sou dit onwetenskaplik wees. beoefen word. sowel as die politologie. grondleggende politieke filosowe van die moderne era. Die begrip word hieronder uitvoerig behandel. Locke en De Groot benewens. Vanuit daardie hoek word die ander elemente van die staat benader.

Vir sover individue moontlik wel in ’n taal-. Die bevolking is enige aantal mense (any number of persons). Dit streef ook daarna om die enigste regskepper en beregter te wees. is dit heeltemal toevallig en is dit bowendien juridies en polities ’n volkome irrelevante feit. • Die bevolking word hanteer as losstaande individue wat ’n atomistiese bestaan van die najaag van private persoonlike belange voer.) • Die staat huisves ’n bevolking. godsdienstige. Vernon Van Dyke ‘Human Rights and the rights of groups’ (1974) 18 American Journal of Political Science 726 stel dit soos volg: The assumption was that rights exist at two levels.Die staatlike paradigma 115 aangeleentheid word in besonderhede in hoofstuk 6 behandel wanneer nasiebou of. naamlik op die vlak van die individu en die staat. Dit verskaf fasiliteite vir die realisering van private belange en verseker met behulp van die regstelsel doeltreffende private geskilbeslegting. 48 Regte bestaan dus op net twee vlakke.of afwesigheid van enige onderlinge bande.of dergelike groep ingebind is. • Die staat funksioneer as regsordening. staatsbou bespreek word. In die openbare orde — die reg en die politiek — is slegs twee entiteite relevant: die individu en die staat. Dit kom weereens ter sprake in hoofstuk 9. etnisiteit. Waar dit betreklik algemeen geraak het om losweg van nasie(s) te praat. etniese. . of gee die staat minstens voor om groepsneutraliteit te handhaaf. Dit is die wesenlike elemente van die staatsgemeenskap. Die staat is die enigste kollektiwiteit waarin regte setel. Groups other than the nation or the population of the state could be ignored. Om hierdie funksie te vervul. is die staat soewerein. kultuur. ongeag daar enige bande van taal. nie ’n gemeenskap nie. verwys dit eweneens nie na ’n gemeenskap wat deur hegte onderlinge bande aan mekaar gebind word nie. kultuur. is die staat neutraal. ongeag die aan. afkoms. meer gepas. wat inhou dat dit binne sy grense die hoogste gesag is en tegelyk ’n monopolie op wettige geweld het. godsdiens.48 Weens die inhok van bovermelde groeperinge binne die private domein. Sodoende bevorder dit private behoeftebevrediging en verseker tegelyk die stabiliteit van die staat. Sodanige groeperinge is slegs van private betekenis en mag nooit as openbare realiteit hanteer en geakkommodeer word om sodoende die aard van die staat te bepaal nie. maar bloot die totaal van die staatsbevolking.3 waarin territoriale integriteit en selfbeskikking in die internasionale reg bespreek word. Die enigste twee gemeenskaplike faktore tussen die individue wat die staatsbevolking uitmaak. Geen ander kollektiwiteit kwalifiseer daarvoor nie. of enigiets dergeliks tussen hulle hoef te bestaan. the level of the individual and the level of the nation state. is dat hulle in dieselfde territorium teenwoordig is en aan dieselfde regsorde onderworpe is.

Illinois 25-32. Hobbes en Locke gelê en hierdie grondslag dissiplineer steeds die wyse waarop ons vandag nog groot dele van ons wetenskaplike projek in die regsveld en die politiek onderneem asook die wyse waarop ons wetenskap en politiek beoefen. Sien ook verder in hierdie verband: Faure (n 34 hierbo) 69-73. Die grondslag is deur Bodin. Mouton (n 48 hierbo) 88. Hierdie punte verteenwoordig die vier grondbeginsels van staatlikheid. In sy wetenskapsteorie maak hy ook deurlopend van stawende voorbeelde uit die natuurwetenskappe gebruik. weerlê. onder meer aangesien sy insigte die neutraliteitsaansprake wat met wetenskapsbeoefening gepaard gaan.49 Sy werk het van hom ’n invloedryke. 2 Die dinamika van paradigmas Thomas Kuhn is die persoon wat die begrip paradigma bekend en populêr gemaak het. (1989) Truth and method (vertaling deur J Weinsheimer en DG Marshall) Sheet & Ward London 267-377. As sodanig is waarheid in die geesteswetenskappe kultureel van aard. wetenskapsfilosoof vir ’n lang tyd gemaak.50 Kuhn se wetenskapsfilosofiese arbeid was in die eerste plek op die natuurwetenskappe afgestem. (b) H-G Gadamer ‘Truth in the human sciences’ (vertaal deur BR Wachetrhauser) in BR Wachetrhauser (red) (1994) Hermeneutics and truth North Western University Press: Evanston. (c) H-G Gadamer ‘What is truth?’ (vertaal deur BR Wachetrhauser) in BR Wachetrhauser(red) Hermeneutics and truth North Western University Press: Evanston. J Mouton ‘Thomas S Kuhn’ in S Snyman (red) (1995) Wetenskapsbeelde in die Geesteswetenskappe RGN Pretoria 65-92. 49 50 Kuhn sit sy wetenskapsbeskouing in 1962 in sy hoofwerk. (a) Hans-Georg Gadamer se werk soos onder meer vervat in: H-G Gadamer.en ideologiese neutraliteit aan die kaak stel. SS Wolin ‘Paradigms and political theories’ in P King en BC Parekh (reds) (1968) Politics and experience: Essays presented to professor Michael Oakeshott on the occasion of his retirement Cambridge University Press Cambridge 125-152. TS Kuhn (1970) The Structure of Scientific Revolutions University of Chicago Press: Londen uiteen. Kuhn bring by implikasie korreksies aan in die werk van die positivisme (wat onder meer die werk van Kelsen onderlê) deurdat hy die ongegrondheid van die aansprake van waarde. Kuhn is vir die onderhawige bespreking van belang.116 Hoofstuk 5 Regskepping en beregting buite-om die formele instellings van die staat kan slegs voorkom vir sover die staat dit toelaat. aangesien dit die begrip waarheid in die geesteswetenskappe verbind met interpretasie deur interpretasiegemeenskappe aan die hand van basiese oortuigings wat deur dominante interpretasiegemeenskappe gedeel word. Sy werk is egter ook van groot betekenis vir die sosiale wetenskappe en veral vir die regswetenskap. die vier kernaannames van die staatlike paradigma. PhJ Thomas ‘Wetenskapsfilosofie in die regswetenskap’ (1995) 58 THRHR 38. indien nie die mees invloedryke. . Illinois 33-46 sluit hierby aan.

Kuhn (n 49 hierbo) 41. a paradigm provides a consensual basis which consolidates the loyalties and commitments of the members. but it extends as well to the particular theory which is accepted as true by the members in their research and investigation. In die nuwe tydperk word wetenskaplike werk onderneem volgens ’n nuwe paradigma wat gedurende die wetenskaplike rewolusie geseëvier het.54 Aansluitend hierby verduidelik Sheldon Wolin die sosiologiese implikasies van paradigmas. is a community based on an agreement which extends not only to the rules governing inquiry and to the stipulations concerning what shall qualify as a scientific question and count as a scientific answer. Die paradigmabegrip staan dus sentraal in die verstaan van Kuhn se wetenskapsfilosofiese insigte.. en ook wetmatighede voorhou waarvolgens die blootlegging van die werklikheid moet plaasvind.From a sociological viewpoint.55 Kuhn sê self in hierdie verband: ‘A paradigm governs in the first instance not a subject matter but a group of practitioners’56 en voeg 51 52 53 54 55 56 Kuhn (n 49 hierbo) viii.. Hierdie punt is uitvoerig deur Stanley Fish (1980) Is There a text in this class? The authority of Interpretive communities Harvard University Press: Cambridge. .Die staatlike paradigma 117 Kuhn verduidelik dat wetenskap nie gelykmatig groei nie.. Wolin (n 49 hierbo) 132.. Kuhn (n 49 hierbo) 180. Tydperke van normale wetenskap word afgewissel met fases van wetenskaplike rewolusies. Massachusetts 307-355 met betrekking tot interpretasie gemeenskappe in die besonder in die geesteswetenskappe uitgepluis. Die paradigma-begrip het ’n belangrike sosiologiese sy. ’n Paradigma . aangesien dit die spelreëls neerlê waaraan die beoefenaars van ’n bepaalde wetenskaplike aktiwiteit moet voldoen ten einde wetenskaplik relevant te wees.51 ’n Paradigma skep ’n samehangende tradisie van wetenskaplike navorsing52 en lê as sodanig die grondslag vir ’n tydvak van wetenskapsbeoefening. gevolg deur ’n nuwe tydperk van normale wetenskap.53 Kuhn sê met verwysing na die natuurwetenskappe dat die reëls wat die paradigma konstitueer ook kwasie-metafisiese reëls insluit. Kuhn (n 49 hierbo) 10. Dit is metafisies omdat dit aan wetenskaplikes voorskryf wat (welke entiteite) vir wetenskaplike ondersoek vatbaar is. ’n Paradigma is: universally recognized scientific achievements that for a time provide model problems and solutions to a community of practitioners.

Die handboeke weerspieël die paradigma wat gedurende ’n vorige wetenskaplike rewolusie geseëvier het: . Sien verder hier ook Fish (n 53 hierbo) 307-355. of as rewolusionêre ideologie tot die omvorming van die bestaande orde: Ideology is a practice-directed system of ideas on the basis of which political action may be understood or judged. a concept of science drawn from them (van die handboeke) is no more likely to fit the enterprise that produced them than an image of a national culture drawn from a tourist brochure or a language text. Kuhn (n 49 hierbo) 1. .’ Sien byvoorbeeld Fish (n 53 hierbo) 307-355. Binne die konteks van die regswetenskap (en ander geesteswetenskappe) het ons egter nie net te doen met oorreding tot die aanvaarding van waardes nie. Waarheid in die geesteswetenskappe word eweneens deur tradisie bepaal. hetsy as konserwatiewe ideologie met die oog op die handhawing van ’n bestaande orde. oorreed ook daagliks sy studentelesers tot die aanvaarding van die denkbeelde en waardes wat in die definisie vervat is. JJ Degenaar ‘Nationalism’ in DJ van Vuuren en DJ Kriek (reds) (1983) Political Alternatives for Southern Africa: Principles and Perspectives Butterworths: Durban 69. maar voorskriftelik en pedagogies.. Ideologie probeer altyd om mense te beweeg tot politieke optrede.. aan die hand van die interpretasievoorskrifte van die betrokke gemeenskap van wetenskaplikes bepaal.59 Kuhn verklaar dat wetenskaplike handboeke om daardie rede nie net beskrywend is nie. Gadamer (n 50b hierbo) 25-32.57 Hierdie insigte van Kuhn strook met wat teoretici soos Hans Georg Gadamer en Stanley Fish wat later met uitdruklike verwysing na die geesteswetenskappe soortgelyke insigte ontwikkel het. maar ook met ideologiese oorreding. Faure (n 34 hierbo) 72. insluitende die regswetenskap.61 57 58 59 60 61 Kuhn (n 49 hierbo) 182: ‘Disciplinary because it refers to the common possession of the practitioner of a particular field.58 Normale wetenskap wat deur ’n paradigma fundeer en gelei word. matrix because it is composed of ordered elements of various sorts each requiring further specialization. kan dus geredelik vertolk word as ’n vorm van wetenskaplike dogmatisme en tirannie. dit word deur ’n dominante interpretasiegemeenskap bepaal wat konvensies van behoorlike interpretasie neerlê en gevolglik die waarheid van die geesteswetenswetenskappe.60 Die talle handboeke waarin wesenlik dieselfde staatsdefinisie voorkom en wat die staatlike paradigma reflekteer en in diens daarvan staan.118 Hoofstuk 5 by dat wetenskaplikes ʼn dissiplinematriks deel.

.Die staatlike paradigma 119 Die handboeke waarna verwys is. (Die common law-stelsels volg ’n presedentestelsel waarvolgens latere howe deur vroeëre hofuitsprake gebind word.) Dit is soortgelyk aan ’n paradigma in die sin dat die bedrywigheid wat na die vestiging van die paradigma volg. ’n Vraag wat hieruit volg is: indien ’n paradigma reeds afgehandelde werk en reeds behaalde prestasies behels. No part of the aim of normal science is to call forth new sorts of 62 63 64 65 66 Binne die konteks van die natuurwetenskappe verwys Kuhn nie na die werklikheid nie maar na die natuur. maar slegs op die verdere artikulasie. nie op die verandering nie. Kuhn (n 49 hierbo) 10. Locke en De Groot wat onder meer in die staatsdefinisie ingebou is. Kuhn (n 49 hierbo) 5. oftewel die gedetailleerde uitwerk en toepas van die potensiële implikasies van die paradigma. Kuhn (n 49 hierbo) 24. te verstaan en desnoods af te dwing. Normale wetenskap wat op ’n paradigma gebaseer is. Kuhn (n 49 hierbo) 10.65 Normale wetenskap is dus gerig op die voltrekking van die beloftes wat die paradigma inhou. Hobbes. inforseer in die dwangbuis wat deur die aannames van die paradigma geskep is.66 Die meeste wetenskaplikes bestee hul professionele energie aan hierdie opruimingswerk (mop up) soos Kuhn dit tipeer. that enterprise seems to force nature into the preformed and relatively inflexible box that the paradigm supplies.64 In die onderhawige geval is die prestasies dié van die politiekteoretiese en juridiese insigte van Bodin. net soos die bedrywighede wat na ’n bindende uitspraak volg. Soos Kuhn sê: Clearly examined. herinner aan die aanvaarding van — en optrede kragtens — ’n hofbeslissing wat in ’n common lawregstelsel gegee is.. aangesien dit poog om lesers tot die verdediging en handhawing van die heersende staatlike orde te oorreed.. is gevolglik ideologies konserwatief. . watter sinvolle werk is daar dan nog te doen vir die wetenskaplikes wat binne die paradigma opereer? Kuhn verskaf ’n antwoord hierop wat by uitstek tot juriste spreek wanneer hy sê dat voortgesette werk wat binne die paradigma gedoen word.63 Normale wetenskap behels die onderneming van navorsing gegrond op een of meer wetenskaplike prestasies wat vroeër behaal is en wat deur ’n bepaalde akademiese gemeenskap as prestasies beskou word. Hierdie normale wetenskap bestaan in aansienlike mate daaruit dat die beoefenaars van die betrokke wetenskaplike gebied die stof waarmee hulle werk. is ’n streng en toegewyde poging om die werklikheid62 aan die hand van die konseptuele raamwerk wat deur die paradigma verskaf is. verfyning en spesifisering van die paradigma gerig is.

120 Hoofstuk 5 phenomena. Die resultaat mag bekend wees. vind ons hier dat die getroue dien van die bestaande paradigma dikwels juis die teenoorgestelde uitwerking het: akademiese onverdraagsaamheid. even insulate the community from those socially important problems that are not reducible to the puzzle form. Instead. including many that had previously been standard. weens die beperkte en gekonsentreerde fokus daarvan daarin slaag om ’n gedetailleerde navorsingsresultaat te lewer wat andersins nie moontlik sou wees nie.67 Die voordeel van wetenskaplike navorsing ooreenkomstig normale wetenskap is dat dié navorsing. kan elegant gemaak en verfyn word. Kuhn (n 49 hierbo) 35-36. en tegelyk die grootste nadeel. Beoefenaars van die wetenskap word ook aangemoedig om hulle met hierdie probleme besig te hou. van normale wetenskaplike navorsing is die uiters geringe mate waarin dit op die verkenning van nuwe terreine gemik is. as the concern of another discipline.71 Kuhn sê: Other problems. Nor do scientists normally aim to invent new theories and they are often intolerant of those invented by others. . or sometimes as just too problematic to be worth the time. indeed those that will not fit the box are often not seen at all. Puzzle solving — legkaartbou — is die bereik van ʼn reeds bekende antwoord deur middel van ʼn verskeidenheid van ander metodes.en insigverstopping. ’n Paradigma funksioneer dus soos ’n ideologie aangesien dit die denkrigting en die strekking van die wetenskaplike werk van die beoefenaars van die betrokke wetenskap bepaal. die verdere detailverfyning en aanwending van die heersende paradigma is. Kuhn (n 49 hierbo) 37. Kuhn (n 49 hierbo) 24.69 Die treffendste kenmerk.70 Dit is in ’n hoë mate inderdaad so dat die enigste probleme wat deur normale wetenskap as vatbaar vir wetenskaplike navorsing beskou word. are rejected as metaphysical. Kuhn (n 49 hierbo) 37.72 Waar wetenskap behoort te mik op die verwerwing van nuwe kennis en insig.73 67 68 69 70 71 72 73 Kuhn (n 49 hierbo) 24. normal scientific research is directed to the articulation of those phenomena that the paradigm already supplies. tirannie en uiteindelik ’n kennis. Kuhn (n 49 hierbo) 35.68 By normale wetenskap verskuif die fokus ook na die wyse van wetenskapsbeoefening. Volgens Kuhn (n 49 hierbo) 3536 is dit die mees tipiese aktiwiteit van normale wetenskap. Kuhn verwys ook na hierdie insigblokkasie wanneer hy sê: A paradigm can for that matter. maar die manier waarop dit bereik word.

76 Ofskoon die wetenskaplike in sy eie oë objektief en onpartydig te werk gaan. ’n ongekende beperking van die wetenskaplike se visie. Basson en Viljoen (n 7 hierbo) 1-4 maak aanspraak op ʼn individuele hipotese ingevolge waarvan hulle wetenskap sou beoefen. In die eerste plek is die twee benaderings natuurlik nie teenoor mekaar te stel nie. lei dikwels tot verklaarde 74 75 76 77 78 79 Kuhn (n 49 hierbo) 37. Sien Kuhn (n 49 hierbo) 53-55. Kuhn (n 49 hierbo) 47. kan nuwe ontdekkings en teorie deur middel van geleidelike aanpassings in die bestaande paradigma geakkommodeer word. asook tot weerstand teen paradigmaverandering.75 Vanweë die feit dat die beoefenaars van wetenskap hulle met die fyn besonderhede van die paradigma besig hou. Die onvermoë van normale wetenskap om nuwe stof binne die bekende paradigma te hanteer. Geen aanduiding is te vinde van enige besef — wat staan nog ongemak of kritiek — dat hulle getroue diensknegte van die staatlike paradigma is nie. its legitimate problems and methods. . Kuhn (n 49 hierbo) 66. Die res van die skrywers se arbeid is ʼn oefening in tipiese konserwatiewe normale wetenskap. Wetenskaplikes besef dikwels nie eens dat hulle die dienaars van ’n bepaalde paradigma (met ’n hele vrag waardes en ideologie) is nie: Though many scientists talk easily and well about the particular individual hypotheses that underlie a concrete piece of current research. dat die heersende normale wetenskap nie opgewasse is om nuwighede te hanteer en te verklaar nie.74 Die verfyning van ’n paradigma lei tot professionalisme.77 Nuwe stof waarmee die wetenskaplike werk — nuwe ontdekkings78 en nuwe teorie79 — bring aan die lig dat die heersende paradigma deur anomalieë geteister word. of anders gestel. Hy toon aan dat dit nie eensklaps gemaak word nie en wys ook uit dat daar ʼn weerstand teen nuwe ontdekkings is omdat dit nie deur die bekende paradigma hanteer kan word nie. Kuhn bespreek die verskynsel van nuwe wetenskaplike ontdekkings uitvoerig. word die onderliggende aannames van die paradigma dikwels uit die oog verloor. Indien gering. deur te verklaar dat hulle waarde georiënteerde. die ontwikkeling van esoteriese vaktaal. in teenstelling met positivistiese staatsreg sou beoefen.Die staatlike paradigma 121 because they cannot be stated in terms of the conceptual and instrumental tools the paradigm supplies. Kuhn (n 49 hierbo) 64. they are little better than laymen at characterizing the established bases of their field. Tweedens bring die waardes waarna die skrywers verwys hulle nie verder as kritiese opmerkings teen die destydse apartheidstelsel wat in Suid-Afrika toegepas is nie. omdat positivisme swaar aan sy eie waardes dra. is hy in die laaste instansie die niksvermoedende herhaler van dogma en die verfyner en afronder van ideologie.

Wetenskaplikes probeer in hierdie omstandighede om deur krisisbestuur die probleme van die bestaande paradigma te verlig. Daar moet dus in die afwesigheid van ’n nuwe paradigma noodwendig by die oue. sê Kuhn. gaan altyd gepaard met die aanvaarding van ʼn nuwe: ‘The decision to reject one paradigm is always simultaneously the decision to accept another. verbeur dit sy status eers wanneer ’n plaasvervanger beskikbaar is. vind ons die merkwaardige verskynsel dat die beoefenaars van normale wetenskap geensins op die krisis reageer nie. Kuhn (n 49 hierbo) 78. hanteer kan word nie. They will devise numerous articulations and ad hoc modifications of their theory in order to eliminate any apparent conflict. gehou word. hoe gebrekkig ook al. Die besluit om een paradigma te verwerp. Vir solank ’n plaasvervanger vir die bestaande paradigma nog nie na vore getree het nie.122 Hoofstuk 5 professionele onveiligheid80 en dompel die heersende paradigma en sy aanhangers in ’n wetenskaplike krisis. ten spyte van sy bewese onvermoë om nuwe teorie en ontdekkings te hanteer. Kuhn (n 49 hierbo) 77. Vir solank daar nie ’n nuwe alternatiewe teoretiese raamwerk ontwikkel word aan die hand waarvan die nuwe stof wat die krisis veroorsaak het. in weerwil van die feit dat die ou paradigma nie meer geloofwaardig die pas kan aangee nie. word daar eenvoudig aan die bestaande paradigma geklou ongeag die erns van die krisis waaraan dit uitgelewer is. Die anomalie se bestaan word dan wyd erken en toenemende aandag word ook deur die gewigtigste beoefenaars van die betrokke wetenskap aan die probleem gewy. Sodra ’n anomalie egter eers beleef word as nie bloot een van die vrae van normale wetenskap nie. teenstrydighede en die onvermoë van ’n paradigma om situasies te hanteer tot paradigmakrisisse nie. Die 80 81 82 Kuhn (n 49 hierbo) 67-68. neem ’n krisis ’n aanvang en begin daar ’n proses van buitengewone wetenskap. gaan ook soos tevore op die ou trant voort. maar ’n vraag — ’n raaisel — wat nie kragtens die aannames van die heersende paradigma hanteer kan word nie. . Die beoefenaars van die normale wetenskap wat in gelid met die ou paradigma beweeg het.’82 Uiteraard lei nie alle anomalieë. Die heersende paradigma bestaan eenvoudig voort op grond van sy historiese momentum. Wanneer ’n basisteorie die status van ’n paradigma verwerf het.81 Die rede waarom dit gebeur is dat wetenskaplike navorsing sonder die aannames van ’n paradigma onmoontlik is.

die metodes en die oogmerke van die wetenskap geheel en al verander het. .87 83 84 85 86 87 Kuhn (n 49 hierbo) 82-83. the handling of the same bundle of data as before. Wat myns insiens egter die mees tersaaklike rede is vir die tipering van ’n wetenskaplike omwenteling as ’n rewolusie. Die sukses van die rewolusie hang dus af van die aftakeling van ’n aantal wanfunksionerende instellings en die vervanging daarvan met nuwes. Kuhn (n 49 hierbo) 93. Kuhn (n 49 hierbo) 92. Die rewolusie behels ’n nie-kumulatiewe ontwikkelingsepisode waartydens ’n ou paradigma geheel of deels deur ’n nuwe vervang word.. sê NR Hanson dat: . het dit tot gevolg dat die substraat — die ru-stof — van die betrokke wetenskap herkonstrueer is en heeltemal nuut beskou word en ook dat sommige van die betrokke wetenskaplike dissipline se mees elementêre teoretiese veralgemenings.86 Die politieke metafoor is ook gepas vanweë die feit dat die wetenskaplike gemeenskap in twee partye verdeel is wat betref lojaliteit teenoor onderskeidelik die ou paradigma en die nuwe aanspraakmaker. but placing them in a new system of relations with one another by giving then a different framework.84 Met die oorwinning van die nuwe paradigma is ’n wetenskaplike rewolusie voltrek. sal die professie sy beskouing oor die veld.85 Kuhn verdedig sy gebruik van die politieke metafoor van rewolusie in die onderhawige konteks deur die ooreenkoms tussen ’n wetenskaplike en ’n politieke rewolusie toe te lig. konsepte en toepassings ingrypend verander.Die staatlike paradigma 123 oplossing van die anomalie kan selfs die hooftema van die betrokke wetenskap word. Kuhn (n 49 hierbo) 92. Die vestiging van ’n nuwe paradigma bring mee. NR Hanson (1983) Patterns of Discovery aangehaal deur Kuhn (n 49 hierbo) 82. By albei is daar bestaande instellings wat verandering en die aankoms van ’n nuwe situasie probeer verhinder.83 Wanneer ’n nuwe paradigma sy posisie gevestig het. Wanneer die paradigma-omwenteling voltooi is. Soos Kuhn ons gepas herinner: Political revolutions aim to change political institutions in ways that those institutions themselves prohibit. is dat die verandering wat plaasvind geskied buite-om die reëls van die ‘konstitusie’ van die bestaande paradigma..

89 ’n Wetenskaplike rewolusie bring mee dat die wetenskaplike die wêreld nou anders sien. en dat daar vir die eerste maal vir hom lig opgaan. maar bloot omdat die ortodokses mettertyd hulle posisies prysgee en met ’n nuwe geslag wetenskaplikes. Dit is ’n waardekwessie wat slegs aan die hand van buite-wetenskaplike voorkeure en oordele beantwoord kan word. wat hom in die krisis laat beland het. Daarom is dit ook so dat ’n nuwe paradigma dikwels nie die oorhand kry omdat ortodokse wetenskaplikes tot die nuwe paradigma oorgehaal word nie.124 Hoofstuk 5 ’n Nuwe paradigma bring nuwe relevante wetenskaplike probleme na vore en beslis dat ander wat vroeër relevant was. Kuhn (n 49 hierbo) 144. tog nog daarin sal slaag om sy onbehendigheid. dat die skille van sy oë afval. Beerling (n 44 hierbo) 152 verduidelik dat hierdie buitewetenskaplike waarde-oordele veral die rigting van die toegepaste wetenskappe (en dus ook die regswetenskap) bepaal. . Kuhn (n 49 hierbo) 110.91 Ondanks die feit dat ’n nuwe paradigma mag seëvier. ’n Ander manier waarop daar op so ’n paradigmakrisis reageer word (anders as om die beloftes van die nuwe paradigma aan te gryp). Kuhn (n 49 hierbo) 122-123. Kuhn (n 49 hierbo) 158. te bowe te kom.88 Paradigmadebatte handel ook oor welke probleme ter sake is en oplossings vereis.92 Die ou generasie glo ook dikwels steeds vas dat die ou paradigma waarin hulle getoë is. nou verval.90 Die sukses van ’n wetenskaplike rewolusie word grootliks bepaal deur ’n klein aantal rewolusionêre wetenskaplikes wat hulle aandag intens toespits op die faktore wat tot die krisis in die bestaande paradigma gelei het.93 Dit beteken dat die probleem eenvoudig vermy word. Kuhn (n 49 hierbo) 150-151. Hierdie wetenskaplikes is dikwels ook so jonk of so nuut in die betrokke dissipline dat hulle nog nie so stewig deur die reëls van die bestaande paradigma gebind word nie. Kuhn (n 49 hierbo) 84. is dat die gevolgtrekking gemaak word dat die probleem waarmee die bestaande paradigma te kampe het so kompleks is. Aan die ander kant is die aangryp van ’n nuwe paradigma dikwels ’n geloofsdaad. dat dit nie opgelos kan word nie en om dan die probleem op die rak te plaas sodat ’n toekomstige geslag daarmee kan handel. en bloot in die geloof dat dit daarin sal slaag om die probleme waardeur dit in die gesig gestaar word. die hoof sal bied. Die nuwe paradigma word aangegryp nog voordat daar genoegsame bewyse vir die sukses daarvan bestaan. word talle ortodokse wetenskaplikes nooit tot die nuwe paradigma oorreed nie. vervang word.94 88 89 90 91 92 93 94 Kuhn (n 49 hierbo) 103. wat die nuwe paradigma aanhang.

95 Politieke teorie fokus dus nie op normale wetenskap. ofskoon dit ’n sterker aanspraak op outentieke demokrasie het. Die paradigma reël ook ander metodes om die doelstelling te bereik buite orde.i. Hoofstuk 6 behandel staatsbou wat onder die bedrieglike vaandel van nasiebou vaar. uitwerk en toepas van ’n bestaande teorie nie. aanvegbaar. te bereik. gee ook alreeds inhoud aan die antwoorde op die vrae wat binne die raamwerk van die paradigma gestel is. oftewel op die verfyning. tog ’n enkele paradigmatiese fokuspunt. Hoofstuk 7 fokus op demokrasie en demokratiese teorie en verduidelik hoe demokrasie. In die hoofstukke wat volg. Wolin se siening is m. Daarenteen is ander inhoude wat aan demokrasie toegedig kan word. in teenstelling met politiekwetenskaplike paradigmas waar die klem op neologismes en diskontinuïteit geplaas word. het. ofskoon dit ʼn verskeidenheid van teorieë mag omvat. is egter vanweë die feit dat dit toegepaste wetenskappe is. wat die potensiaal het om die bestaande staatlike orde onder druk te plaas. Teoretisering oor demokrasie ingevolge die staatlike paradigma het ’n eksklusiewe definisie aan demokrasie gegee om sodoende die vereistes van staatlikheid te dien. soos daar in die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk verduidelik is. Die paradigma lê ook die reëls neer wat gevolg moet word om die doelstellings wat die paradigma daargestel het. Die staatlike paradigma wat weens die bespreekte politiek-teoretiese werk in die sestiende en sewentiende eeue beslag gekry het (sien hoofstuk 4). Daar word aangetoon hoe juridiese kategorieë vir hierdie doel aangewend word. Politieke filosofie vaar dikwels onder die vaandel van staatsfilosofie wat. Staatsbou is ’n grondliggende strategie van die staatlike paradigma. het. . Die doelwit daarvan is om individuele identiteit te verstaatlik. gesensureer omdat dit 95 96 Wolin (n 49 hierbo) 141-142. die grense van groot dele van die regswetenskap afgebaken. kry kernaspekte van die staatlike paradigma aandag.Die staatlike paradigma 125 Sheldon Wolin meen dat daar ’n verskil tussen natuurwetenskaplike en politiekwetenskaplike paradigmas bestaan vir sover eersgenoemde geneig is om paradigmawisselings te verbloem en sodoende die indruk van kontinuïteit skep.96 Die regswetenskap. ingebed in ’n enkele politiek-teoretiese paradigma en is ingestel op die verfyning en benutting van die moontlikhede van daardie paradigma. met behulp van teoretisering volgens die staatlike paradigma in belang van staatlikheid mak gemaak (gedomestiseer) is en uiteindelik in diens van staatlike identiteit geplaas is. Die paradigma bepaal die doelstellings wat verwesenlik moet word en tegelyk plaas dit ’n verbod op ander doelstellings as wetenskaplik onverantwoordbaar en irrelevant. naamlik die staat. Die beginsels wat in die paradigma vervat is. en by name die staatsreg en verwante dissiplines.

onder die opskrif Politokrasie. In hoofstuk 10. dit uiteindelik meewerk tot die versterking van die staat en die verergering (en normalisering) van individuele en groepsafhanklikheid van die staat. . Daarin word aangetoon dat ofskoon menseregte voorgee om die staat — in die vorm van die regering — aan bande te lê. word gepoog om ʼn orde anderkant staatlikheid te bedink.126 Hoofstuk 5 staatlikheid kan ontwrig. Hoofstuk 8 handel oor menseregte. Eerstens word stilgestaan by hoogverraad en dan by die internasionaalregtelike regsposisie rakende territoriale integriteit en ooreenstemmende beperkings op selfbeskikking en sesessie. In hoofstuk 9 word twee algemene regskonsepte behandel wat tekenend is van hoe daar binne die regswetenskap juridiese strategieë in werking gestel word ten einde die staatlike orde te dien.

nasionaliteit en nasionalisme was in die agtiende eeu nog nie ’n noemenswaardige faktor nie.6 HOOFSTUK STAATLIKE IDENTITEIT: DIE STERFLIKE GOD KRY ’N GEMEENTE VAN AANBIDDERS . Kohn (n 2 hierbo) 188. Wat die onderdaan se identiteit is. H Kohn The Idea of Nationalism (1944) 188. Hy is ’n koue monster wat vrede met sy onderdane het. Die universalisme het wel plek gemaak vir dinastiese state en hul vorste. Hy tree na vore in die geval van individuele konflik. 127 . Al wat hy van sy onderdane vereis. Rousseau en daarna Die universalisme van die Middeleeue1 het nie vir nasionaliteit of nasionalisme plek gemaak nie. hoe die onderdaan hom in afsondering gedra en wat sy oortuigings is. Trouens. Hans Kohn verduidelik in sy groot werk oor die nasionalisme: The new loyalty lacked the emotional fervor of religion.’ Thus the century from 1650 to 1750 was deeply rationalistic in its politics.3 Die Hobbesiaanse staat van hierdie era — die Leviatan of sterflike god — is koud. the State without the inner glow of religion or nationalism was a ‘cold monster. 1 2 3 Hierdie aspek is in hoofstuk 2 behandel. solank sy onderdane in vrede met hom en met sy ander onderdane leef. ingeneem. Leviatan vereis nie van sy onderdane om na sy beeld herskep te word nie en hy lê ook nie in enige noemenswaardige mate reëls vir private individuele gedrag neer nie. vervul sy skeidsregtersrol en tree daarna weer terug. Politieke lojaliteit is voortaan primêr aan die vors betoon. Hierdie lojaliteit was egter merkbaar swakker as die emosioneel gelaaide godsdienstige lojaliteit van weleer. is om hulle te weerhou van pogings om hom te ontsetel en om relatiewe vrede met ander individue te handhaaf. terughoudend en afsydig.2 Die dinastie het die politieke posisie wat vroeër deur godsdiens vervul is. gaan Leviatan eintlik nie aan nie.DIE NASIE 1 Staatsbou gedrapeer as nasiebou – Hobbes.

dat die staat en die nasie gelyktydig groei.6 Dit was nie net in Europa waar state eerste tot stand gekom het en nasies daarna binne die staatsraamwerke gevorm is nie. Makua wa Mutua ‘Why redraw the map of Africa: A moral and legal inquiry’ (1995) 16 Michigan Journal of International Law 1113–1176. Friedrich (n 4 hierbo) 548. sonder inagneming van die wense van die inwoners van Afrika wat die intiemste deur die grensvasstellings getref is. Daar is natuurlik uitsonderings soos die Duitse nasie wat die totstandkoming van die Duitse staat voorafgegaan het. AJ Venter ‘Questions of National Identity in Post Apartheid South Africa’ Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers (1998) 13.4 Die tipiese verloop van gebeure was dat die staat eerste ontstaan het en dat die nasie daarna binne die politieke raamwerk van die staat beslag gekry of wasdom bereik het. Dieselfde proses het ook in ander dele van die wêreld — ook in Afrika — voorgekom. .9 4 5 6 7 8 9 CJ Friedrich Man and his Government: An empirical Theory of Politics (1963) 547. Raadpleeg verder Makua wa Mutua (n 7 hierbo). Die duidelikste en mees permanente nalatenskap van die Europese politieke heerskappy in Afrika is die voorkoms van die politieke kaart. Afrika se staatsgrense is tussen Europese moondhede uitbaklei.8 Teen hierdie agtergrond is dit inderdaad korrek om te sê dat nasies in Afrika slegs in ’n geografiese sin bestaan en glad nie in ’n kulturele of taalkundige sin nie.5 Alternatiewelik. maar dat die staat handelend deur sy organe die aktiewe agent in die groeiproses is. of in Westerse hoofstede by wyse van ooreenkomste tussen koloniale moondhede beklink. Dit is binne hierdie arbitrêre grense waarin steeds gewroeg word om nasies te probeer bou: The stabilization of the nation state (often built on old colonial bureaucratic infrastructures) occurred for the most part without grassroots participation or any form of democratic debate. Sien in die algemeen ook I Brownlie African Boundaries: a legal and diplomatic encyclopaedia (1979). J Franco ‘The Nation as Imagined Community’ in HA Veeser (red) The New Historicism Routledge (1989) 205. Die konstruksie van die staat het die bou van die nasie (nasie hier natuurlik juis in die staatlike sin) voorafgegaan. Friedrich (n 4 hierbo) 547. Die staatsgrense in Afrika is feitlik deurgaans die produk van die koloniale moondhede se bedrywighede in Afrika in die 19de en vroeg 20ste eeue. Afrika het niks daarmee te doen gehad nie.7 Hierdie grense is arbitrêr ooreenkomstig die behoeftes en in ooreenstemming met die magsverhoudings tussen die eertydse koloniale meesters getrek.128 Hoofstuk 6 Teenoor sy onderdane is hy oorwegend passief en nie die drywer van enige ideologiese programme nie.

2 gaan ook uit van die veronderstelling van die nie-bestaan van ’n Suid-Afrikaanse nasie. as ’n heilige entiteit in eie reg te skep.12 Die opwinding van die tydperk na die grondwetlike skikking in 1994 en die uitgelate we are one-diskoers van ’n enkele reënboognasie het geheel en al geswig voor die dwingende realiteite van Suid-Afrika as ʼn wesenlik diep verdeelde samelewing sonder hegte nasieskap. . ’n Voormalige Suid-Afrikaanse staatshoof. Daar is trouens nog steeds nie ’n Suid-Afrikaanse nasie nie. verklaar op 29 Mei 1998 in ’n parlementêre toespraak dat Suid-Afrika nie een nie maar twee nasies het: ’n blanke en ’n swarte.Die Nasie 129 Dieselfde geld vir Suid-Afrika wat met sy totstandkoming in 1910 ’n staat sonder ’n nasie was. die staat vereis ook ’n substruktuur — ’n sosiokulturele grondslag — ’n gemeenskaplike band of sentiment wat in die nasie gevind word. en wat die grondslag moes bied vir ’n gemeenskaplike nasieskap gebou op ’n grondwetlike patriotisme het eweneens nie die nasieskap opgelewer wat dit veronderstel was om te doen nie. maar is ’n blote geografiese aanduiding. Dit poog naamlik om vir die staat ’n nuwe korporatiewe grondslag. Venter (n 9 hierbo) 2. J Gagiano J ‘The Contenders’ in WP Esterhuyse en P du Toit P (reds) The Myth Makers: The elusive bargain for South Africa’s future (1990) 32 verduidelik dat Suid-Afrika nie ʼn gemeenskap. wat die noodsaaklike vereistes vir nasieskap behoort te wees. afkoms.11 Die benaming Suid-Afrika verwys ook nie na ’n nasie nie. Venter (n 9 hierbo) 1. ’n nuwe korporatiewe mistiek.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders .14 10 11 12 13 14 JJ Degenaar ‘Nations and nationalism: The myth of a South African nation’ (1993) 40 Idasa Occasional Paper 4. Friedrich (n 4 hierbo) 555. In die afwesigheid van ’n nasie en ’n staatsbevolking wat lojaal teenoor die staat is en ook onderlinge bande van gemeenskaplikheid ervaar. Die nuwe korporatiewe grondslag is die nasie. sosiale en ekonomiese ruimte binne ʼn gemeenskaplike geografiese gebied beset. kultuur. Staatlike denke vanaf die sestiende eeu maar veral sedert die agtiende eeu is egter nie met hierdie skugter en afsydige meganistiese staat tevrede nie. Die veel-geroemde SuidAfrikaanse grondwet wat byna kleuterlik as die beste in die wêreld besing is. ook nie slegs die beskikker oor die hoogste legitieme mag binne ’n bepaalde gebied nie. gemeenskaplike historiese bewussyn en dies meer. libertarian and pluralist approaches’ Ongepubliseerde lesing (1990) 6. Nee. Friedrich (n 4 hierbo) 554. hetsy pluraal of andersins is nie.10 Die onderlinge hegte bande van gemeenskaplikheid wat betref taal. was daarvoor net te swak of glad nie bestaande nie. oftewel ’n regeringswerktuig in ’n gedefinieerde gebied. HB Giliomee ‘Nation-building: liberal. dog eerder ʼn universum van gefragmenteerde groepe wat dieselfde politieke.13 Hiervolgens moet die staat nie net ’n institusionele struktuur. is die staat slegs ’n meganistiese werktuig vir die doel van regering en vir die handhawing van vrede tussen individue. wees nie. Thabo Mbeki.

sy verskyning gemaak. Om dit anders te stel. naamlik die nasie. oftewel ideologie. danksy die werk van onder andere Francois d’Aguesseau en Jean Jacques Rousseau. Kohn (n 2 hierbo) 226.18 Nasiebouprojekte verander dit alles. Godsdiens het as primêre politieke identiteit binne die Republica Christiana egter nog nie binne die nuwe staatlike struktuur ’n alternatiewe identiteit opgelewer wat by die nuwe staatlike struktuur gepas het en die staatlike struktuur onderskraag het nie. Prototipiese nasiebouprojekte is ook gestimuleer deur veranderings in die sosiale werklikheid. Vroeër — in die Middeleeue — was die politiek ’n saak wat ver van die gewone mense verwyder was. ’n Staatsondersteunende burgerlike godsdiens. Walzer (n 18 hierbo) 10-11.16 Vroeër was klein geografies gebonde groepe en feodale stande waarbinne ’n individu gebore is en sy hele lewe lank gebly het (saam met godsdiens) die primêre bron van individuele identiteit.19 wat daarop gerig was om 15 16 17 18 19 Giliomee (n 11 hierbo) 1.130 Hoofstuk 6 Die Middeleeuse Republica Christiana het as politieke konfigurasie uiteindelik die knie voor die staat as die nuwe primêre politieke struktuur gebuig. Die nuwe ideologiese politiek is reeds met die Calvinistiese radikalisme ingelui. Die sterflike god was nog eensaam en het nog nie ’n lojale en prysende volk gehad wat om hom heen versamel het nie. Die staat was nou die enigste beskikbare bron en sanksie van openbare moraliteit. Dit leef vandag nog voort in grootliks gediskrediteerde15 nasiebouprojekte. Die situasie het egter verander en mettertyd was daar net een raamwerk vir menslike aktiwiteit beskikbaar. Dit het konkrete beslag gekry in die Franse rewolusie rondom figure soos Sieyès en natuurlik die Jakobynse totalitarisme van Robespierre en Saint-Just. Die ou konsep en realiteit van die samelewing gebaseer op individuele immobiliteit en onveranderde status weens die permanente lidmaatskap van stande het begin plek maak vir die abstrakte individuele mens. Die agteruitgang van godsdiens en die bevryding van die menslike gewete het die noodsaak vir ’n nuwe sekulêre sosiale moraliteit opgeroep. Dit behels die ideologiese mobilisasie en dissiplinering van alle individue. . het egter weldra. JL Talmon The origins of totalitarian democracy (1970) 3-4. Hobbes se sterflike god het nog nie ʼn gemeente van aanhangers en aanbidders gehad nie. Feodalisme was besig om onder die druk van sosiale en ekonomiese kragte te disintegreer. M Walzer The Revolution of the Saints: A Study in the Origin of Radical Politics (1966) 4-6. ongeag of hulle daarby betrek wil wees al dan nie.17 Nasiebouprojekte het ’n rewolusionêre breuk met die tradisionele politiek verteenwoordig.

Rousseau se koestering was altyd die plaaslike. with their different customs and contrasting climates. . cannot tolerate the same kind of government.20 Dis egter in die werk van Rousseau waarin die grondslae van nasiebou in besonderhede uitgewerk word. which. Die vaderlandsliefde moet tegelyk ’n soort selfliefde wees wat so intens is dat dit mettertyd individue se selfliefde oortref. Genève. wat weer ’n gevoel van onderlinge broederskap tussen alle onderdane sal aankweek. en destyds prima-territoriale staat. virtues are ignored and vices remain unpunished when such multitude of men. In sy Sosiale Kontrak verduidelik hy dat ekonomiese en administratiewe oorwegings dit noodsaaklik maak dat die staat van beperkte omvang moet wees. byna asof almal tot dieselfde familie behoort. Talents are hidden. waarin hy betoog dat die gesag van die vors en die gehoorsaamheid van die volk op ’n gemeenskaplike band. die homogene en die partikuliere. Terwyl Calvinistiese nasiebou gerig was op die voorbereiding van die mens vir die wêreld van die hiernamaals. Veel belangriker... Frankryk nie. is hy geensins ’n politieke filosoof van die omvangryke moderne territoriale staat nie. Having different laws only creates misunderstanding and confusion among peoples who live under the same governors and are in continuous communication with one another .Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Hierdie stelling moet egter onmiddellik gekwalifiseer word. berus. Wanneer Rousseau verduidelik wat gedoen moet word om die onderlinge bande tussen burgers te versterk en om onbreekbare bande tussen die staat en die burgery te bou ten einde aan die algemene volkswil uitdrukking te gee. slegs ’n sekulêre heer: die staat. Elke onderdaan moet ’n aktiewe betrokkenheid by die vaderland beleef. doen hy dit teen die agtergrond van ’n klein politieke eenheid soos ’n stadstaat. naamlik almal se liefde vir die vaderland.Die Nasie 131 omvattende en radikale verandering in die samelewing te bewerkstellig en in die proses ook almal by die projek te betrek. Sy verwysingsraamwerk is deurlopend sy geboorte-polis. en nie die uitgestrekte en bevolkingsryke. Rousseau sê: The same laws will not suit so many various provinces. D‘Aguesseau in 1715 ter geleentheid van die afsterwe van Louis XIV. Die oorsprong van rasioneel deurdagte projekte van nasiebou gaan terug na ’n toespraak van die Franse juris. who do not know one another. het nasiebou wat verder in hierdie hoofstuk onder die soeklig is. is brought 20 H Kohn (n 2 hierbo) 205. egter. is die politieke regverdiging vir die beperkte omvang van die staat. want ofskoon nasiebou en staatsolidariteit Rousseau se hoogste prioriteit is.

. All in the same circumstances. Rousseau (n 21 hierbo) 95. They have no ambition but for luxury.24 Ook hier betoog Rousseau dat ’n groot staat ongewens is. dat klein state vanweë hulle beperkte omvang voorspoed geniet en dat alle burgers mekaar behoort te ken. they have no passion but for gold. there are only Europeans. brei Rousseau soos volg verder uit: Which people.22 Rousseau se voorkeur vir die homogene en die partikuliere is selfs nog duideliker in sy geskrif oor Pole. the same passions.132 Hoofstuk 6 together in the same place by one single seat of supreme administration. for no one has been shaped along national lines by peculiar institutions. all will praise moderation. is fit to receive laws? I answer: a people which finding itself already bound together by some union of origin. What do they care what master they obey. All have the same tastes. laat hy hom skerp daaroor uit: Today.21 Oor die noodsaak dat die staat homogeen en van beperkte omvang moet wees. there are no longer any Frenchmen. and wish to be as rich as Croesus..23 Dienooreenkomstig moedig hy die Pole aan om alles wat Pools is te koester en te vereer. Germans or Spaniards. then. under the laws of what state they live? Provided that they can find money to steal and women to corrupt. JJ Rousseau Considerations on the government of Poland and on its proposed reformation (Engelse vertaling en redigering deur F Watkins) (1953) 168-169. the same manners. a people which can do without other peoples and which other peoples can do without. a people in which every member may be known to all. Rousseau (n 23 hierbo) 181-182. In ’n gedeelte wat klink asof dit kommentaar op die eietydse verbruikersamelewing lewer. and think only of themselves. Rousseau (n 23 hierbo) 171. where there is no need to burden any man with more than he can bear. no matter what people might say. all will call themselves unselfish and be rascals. they all are ready to sell themselves to the first bidder. all will talk about the public welfare. Hierin betreur hy die agteruitgang van partikuliere identiteit wat hy meen in sy tyd te bespeur was.25 Hy verduidelik ook aan sy Poolse lesers dat hulle staat heeltemal te groot is en dat dit vir administratiewe doeleindes in ’n aantal beheerbare republieke 21 22 23 24 25 JJ Rousseau The Social Contract (Engelse vertaling en inleiding deur M Cranston) (1968) 91-92. or even Englishmen. they feel at home in any country. interest or conviction . sure that money will buy them all their hearts desire. will do the same things. .

was egter ywerig om Rousseau se werk vanuit die konteks van die klein homogene polis as’t ware op die territoriale staat oor te plant en dit te gebruik met die oog op die ontwikkeling van ’n burgerlike en individuele identiteit volgens die eise van die territoriale staat. Vóór enigiets anders is individue allereers burgers van die staat. en in ooreenstemming daarmee gedink het. Demokrasie. wat vir Rousseau weereens die polis is. Sien JJ Rousseau A Discourse: What is the origin of inequality among men and is it authorized by natural law (Engelse vertaling en inleiding deur GDH Cole) (1963) 144-153. Rousseau is by uitnemendheid die eksponent van ’n hegte.26 In sy konstitusionele projek vir Korsika deel Rousseau sy lesers mee dat demokrasie — een van die sleutel-elemente van sy politieke werk — nie in ʼn omvangryke territoriale staat haalbaar is nie. Dienooreenkomstig is die primêre (en standhoudende) individuele identiteit en status dié van staats(polis)burgerskap. Rousseau (n 23 hierbo) 170. . bykans intieme republikanisme geskoei op die lees van die antieke Griekse stadstaat. Patriotiese deugde moet gekoester word en burgers moet konstant met die sake van die staat besig gehou word. Trouens.29 Ander politieke denkers en politici wat binne die staatlike paradigma gestaan het. stel hy homself juis teenoor die territoriale staat waarin burgerskap ’n gebrekkige bestaan voer en waarin mense slegs as individue en juis nie as burgers nie. Vir Rousseau is die staat — die res publica — die hoogste deug. veral 144. moet burgers se primêre belang wees en hulle moet die welsyn van die vaderland deurlopend voor oë hou.30 26 27 28 29 30 Rousseau (n 23 hierbo) 182-183. wat hul energie in die belang van openbare sake wat almal raak.27 Dit is duidelik dat Rousseau allermins die filosoof van die territoriale staat is. Hy dra byvoorbeeld sy essay oor die oorsprong van ongelykheid aan Genève op. beskikbaar moet stel.28 of dan ten minste van Rousseau se geromantiseerde beeld van sy geboortestad. Die vaderland. wat vir Rousseau per definisie direkte demokrasie beteken. leef. is slegs in ’n klein politieke eenheid haalbaar waar al die burgers gelyktydig kan byeenkom. soos uit die aangehaalde gedeeltes blyk. 233.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Sien byvoorbeeld R Wolker Rousseau (1995) 55. Alle optrede moet daarop gerig wees om die staat (hier is dit die polis) te versterk. JJ Rousseau Constitutional project for Corsica (Engelse vertaling en redigering deur F Watkins) (1953) 286-287. Al Rousseau se werke getuig van sy hoë agting vir die republikeinse kultuur van Genève. Private sake moet minimale aandag kry en individue moet hul energie inwerp ter bevordering van die gemeenskaplike belang soos vergestalt in die staat. Genève.Die Nasie 133 (onder die oorkoepelende maar indirekte gesag van die Poolse vors) verdeel moes word.

Maar dit is darem nie so erg as wat dit klink nie. Rousseau sê dat ofskoon individue dikwels die goeie raaksien. the public must be taught to recognize what it desires. naamlik dié van staatsburgerskap. Dáárvoor het Rousseau egter ’n antwoord. 31 32 33 Rousseau (n 21 hierbo) 83. 139. naamlik Christenskap. Wanneer burgers verteenwoordig word. into a part of a much more greater whole. Dit gebeur ook gereeld dat die publiek die goeie begeer. verwerp hulle dit desondanks. Al die dinge moet gebeur om die integriteit en stabiliteit van die staat in stand te hou. Die individu moet verander word. Sy projek is dwingend van aard. onderskraag is. want. ondermyning of uitdaging daarvan die hoof te bied. wat reeds gedurende die Middeleeuse politiek goed gevestig was. to change human nature. in a sense. so noodsaak die nuwe politieke struktuur van die staat ook sy eie ondersteunende identiteit. . shall we say.33 aangesien dit die burgers van die sake van die staat verwyder en hulle kan afstomp. Die staat se soeke na ’n nasie moet bevredig word. bring dit mee dat hulle te veel geleentheid kry om aan private sake aandag te gee. Hy móét ’n nuwe identiteit aanneem. beloof Rousseau. maar nie daarin slaag om dit te identifiseer nie. who by himself is entirely incomplete and salutary. from which that same individual will then receive. Rousseau spreek hom uit teen die konsep van verteenwoordiging. Vir Rousseau is daar nie plek vir laizes faire-politiek nie.134 Hoofstuk 6 Net soos die Middeleeuse Republica Christiana deur ’n bypassende politieke identiteit. RW Carlyle A History of Medieval political theory in the West (1928) Vol V: 129. In albei gevalle is leiding nodig: Individuals must be obliged to subordinate their will to their reason. Vol VI: 89–110. Daar moet ’n volgehoue program in werking wees om die staatlike burgerskapsidentiteit te ontwikkel en in stand te hou en om enige verwering. Dit is moontlik dat andersoortige identiteite verkies sal word. his life and his being.32 Die staat moet voorts so ingerig word dat individuele burgers maksimaal van die staat afhanklik gemaak word ten einde te verseker dat die sterkste moontlike bande tussen die staat en sy burgers gesmee word. Rousseau (n 21 hierbo) 84. uiteindelik baat die individu by sy identiteitsverandering: Whoever ventures on the enterprise of setting up a people must be ready.31 Uiteraard sal nie almal daarmee gediend wees om staatsburgerskap as die primêre element van hulle identiteit te aanvaar nie. to transform each individual.

Rousseau (n 27 hierbo) 293. Die breuk het tot gevolg gehad dat die godsdiens die politiek — die sake van die staat — ontheilig het. Dit staan eerder in ’n spanningsverhouding met die partikuliere politieke gemeenskap.Die Nasie 135 met die gevolg dat die belange van die staat verwaarloos word. Rousseau (n 23 hierbo) 176-177. oftewel sy eie mite wat die staat kon dien: 34 35 36 37 Carlyle (n 33 hierbo) Vol V: 140-141.35 Nasionale karakter is vir Rousseau die hoeksteen vir ’n gesonde staat en hy sê reguit dat wanneer dit ontbreek. In die goed regeerde staat haas alle burgers hulle na die openbare forums. dit eenvoudig geskep moet word: .36 Rousseau se koestering vir die staat bepaal ook sy godsdienstige en ekonomiese opvattings. Die openbare welsyn moet die aandag van die burgery trouens dermate in beslag neem dat die najaag van private geluk byna ongesiens agterweë bly. In die laaste hoofstuk van sy Sosiale Kontrak onder die opskrif. Die Christelike godsdiens het daarenteen ’n universele appèl en kan daarom juis nie hierdie partikuliere onderskraging verleen nie.. or ought to have a national character. Dit staan vyandig teenoor die staat omdat dit ’n niepolitieke en ander-wêreldse orde dien. in plaas daarvan om die staatsake aan verteenwoordigers oor te laat. we should have to start by giving it one. Met die oog hierop het die staat ’n behoefte aan ’n burgerlike godsdiens. each people has. Rousseau (n 21 hierbo) 176-183.. Die program moet daarop afgestem wees om die vaderland — vir Rousseau natuurlik steeds die polis — as die primêre waarde te bevorder en om die individuele burger van jongs af te deurweek met lojaliteit vir die staat.34 ’n Opvoedkundige program moet geloods word met die oog op die aankweek en instandhouding van burgerskap. if it did not. des te meer geniet openbare sake by individuele burgers voorkeur bo hul eie private sake. Burgerlike godsdiens. betreur Rousseau die breuk tussen godsdiens en politiek wat deur die Christendom teweeg gebring is. Voor die koms van die Christendom was godsdiens ’n partikuliere verskynsel wat gevarieerd by elke gemeenskap ingeweef was en wat elkeen van daardie gemeenskappe met sy eie godsdiens op ’n eiesoortige wyse onderskraag het. Hoe beter die staat georganiseer is.37 In belang van die staat was dit vir Rousseau noodsaaklik dat die politiek — die sake van die staat — weer ’n heilige karakter moet kry.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . In ’n gesonde republiek het alle burgers ’n regstreekse belang by die sake van die staat en daarom moet hulle persoonlik betrokke wees. .

Rousseau (n 23 hierbo) 174. maar om ’n vry en selfstandige nasie te skep.41 ’n Waardestelsel gebou op die weelde. Liefde vir die vaderland moet die dominante hartstog wees. Wanneer so ’n waardeverandering gevestig is. Soos Rousseau het ander van sy tydgenote ook geleer dat ʼn mens nie gelyktydig ʼn goeie burger en ʼn Christen kon wees nie. Sien JL Talmon (n 17 hierbo) 21-24. Die najaag van private rykdom moet daarom ontmoedig word. weelde en gemak is nadelig vir die versterking en verinniging van vaderlandsliefde omdat dit privatisme aanwakker. en die staat versterk word. Rousseau (n 23 hierbo) 14-175.en praalkultuur moet bekamp word. soos volg saam: . . Daar moet veral ’n diepliggende hartsverandering intree. Rousseau se ekonomiese politiek pas in by sy politieke denke. but to confine it within the narrowest possible limits. Wat vroeër deur mense as skaars ervaar is.40 Dienooreenkomstig moet die staatshuishouding so ingerig word dat die interne kohesie van die burgery hegter gemaak. sal voortaan nie meer as skaars beleef word nie. but as expression of social conscience. it is sufficient here to explain my idea.43 Die drang na materiële dinge sal dus laat vaar word. Uiteraard maak dit Hobbes se Leviatan veel sterker as wat Hobbes self ooit kon voorsien het. Anti-praalwette moet dié waarde-ommekeer bewerkstellig. not strictly as religious dogmas. wat ’n lae premie op privaat rykdom plaas.. a rule. since that is impossible. to give it a measure.136 Hoofstuk 6 There is thus a profession of faith which is purely civil and of which it is the sovereign’s function to determine the articles. Rousseau het nie alleen gestaan in sy pleidooi vir ʼn burgerlike godsdiens nie. beoefen. sal die skaarsheidsbelewenis van ekonomiese kommoditeite ook verdwyn. a rein that will 38 39 40 41 42 43 Rousseau (n 21 hierbo) 186.. Rousseau (n 23 hierbo) 224. Die najaag van private rykdom. In plaas daarvan moet burgers die hoogste republikeinse waarde. Pleks daarvan moet nuwe republikeinse waardes gevestig word.38 Met die denkarbeid van Rousseau kry Hobbes se Leviatan aanbidders. Dit was nie daarop gemik om die akkumulasie van privaat rykdom te bevorder nie. wat dit in die sewentiende eeu nog nie gehad het nie.39 En saam met die sterflike god se aanbidders kom ook ’n burgerlike godsdiens. which is not to destroy property absolutely. maar dit is nie genoeg nie. without which it is impossible to be either a good citizen or a loyal subject. Rousseau (n 23 hierbo) 230.42 sodat burgers uit vrye wil geen hunkering meer na weelde sal hê nie. Rousseau vat die verwerping van die ywer na rykdom en die aangryp van republikeinse waardes. naamlik diens aan die staat. Dit fokus individue se aandag op privaat voordeel en isoleer hulle van die vaderland. Dit was tipies van die Verligtingsfilosofie.

selfs al is daar volledige eenstemmigheid oor ’n bepaalde saak. want die algemene wil is soewerein. leer Rousseau dat die algemene (volks)wil soewerein moet wees. Mense word dikwels mislei.Die Nasie 137 contain. Die konsep waarvoor Rousseau waarskynlik die bekendste is.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . sal die genoegdoening wat burgers uit die diens aan die staat verkry. hierbo) 69. direct and subjugate it. Trouens. and keep it ever subjugate to the public good. want. . Hierdie wil is altyd reg en regverdig en dien altyd die openbare belang. individue jaag altyd die verwesenliking van persoonlike voordeel na en besef dikwels nie dat hulle oorhoops met die algemene wil is nie. 44 45 46 47 Rousseau Rousseau Rousseau Rousseau (n (n (n (n 27 21 21 21 hierbo) 317. in plaas van die goeie. wat moontlik selfs slegs deur ’n enkele persoon ingesien kan word.44 Wanneer hierdie waardeverandering eers voltrek is. hierbo) 72. dwaal oor wat die algemene wil (en belang) inhou. sê Rousseau. Dit kan gevolglik gebeur dat die eenstemmige wil bloot ’n versameling van individuele wille is wat individuele belang najaag en die algemene wil verwaarloos. is die volente generale. Die algemene wil is egter nie noodwendig uit die meerderheid se wil af te lei nie.47 Hieruit volg dat die algemene wil inderwaarheid ’n objektiewe en onafhanklike bestaan voer.45 Rousseau se opvatting oor die algemene wil is die sleutel tot sy beskouing oor gelykheid en verduidelik tegelyk sy hewige afkeur van enige sweem van pluralisme. terwyl die res van die burgery. Besluite mag slegs op sterkte van die algemene wil geneem word. te wil:46 There is often a great difference between the will of all (what all individuals want) and the general will. redeneer Rousseau. en die gevolg daarvan is om die algemene wil te ontken en dan die slegte. weens die najaag van private belange. Waar soewereiniteit vanaf die dae van Bodin in die vors setel. Dit is ook Rousseau se algemene wil wat tot ’n volskaalse totalitarisme ontwikkel het. hierbo) 72. the general will studies only the common interest while the will of all studies private interest and is indeed no more than the sum of individual desires. Die algemene wil is die uitdrukking van die gemeenskaplike openbare belang. burgers se rykste beloning wees. beteken dit nog steeds nie dat dié eenstemmigheid noodwendig ’n uitdrukking van die algemene wil is nie. Die nuwe waardes sal meebring dat daar by die najaag van privaat rykdom geen baat meer gevind kan word nie.

Rousseau (n 21 hierbo). Rousseau (n 21 hierbo) 74. Rousseau (n 21 hierbo) 153. the name of sovereignty. each by giving his vote gives his opinion on the question and the counting of the vote yields the declaration of the general will. wat uit pas met die algemene wil is.138 Hoofstuk 6 Die algemene wil het nie soseer sy algemeenheid aan getalle te danke nie.52 (Eie beklemtoning) Rousseau se volk is heeltemal monolities. Talmon (n 17 hierbo) 41. When therefore.50 Die knoop lê natuurlik by die vraag hoe die algemene wil gevind kan word. maar eerder daaraan dat dit ’n getroue weergawe van die gemeenskaplike belang vergestalt. bears as I have said. Dit is ’n verkeerde mening en diegene wat dit huldig is verplig om dit te laat vaar. this proves only that I have made a mistake. what is asked of them is not precisely whether they approve of the proposition or reject it. . the opinion contrary to my own prevails. wie moet dan die algemene wil verwoord? Rousseau se gemaklike. and that what I believed to be the general will was not so. nie omdat dit ondersteun word nie. Die minderheidsmening wat nie met die algemene wil (soos vervat in die meerderheidsmening) strook nie. but whether it is in conformity with the general will which is theirs. As die meerderheid kan fouteer. And it is this same power which directed by the general will.49 Just as nature gives man an absolute power over all his limbs. maar omdat dit reg is. want. Rousseau kon nooit werklik ’n bevredigende antwoord hierop verstrek nie. is nie bloot ’n ander mening nie. dog onoortuigende oplossing vir die probleem is dat die meerderheid na alles tóg gewoonlik die algemene wil sal artikuleer. Die algemene wil beoordeel die individuele wille en is die eksklusiewe regter oor reg en verkeerd. Die volk spreek deur die algemene wil met die gevolg dat die volk slegs een stem het. met die gevolg dat die meerderheid dan altyd die res. gives the body politic an absolute power over all its members. By Rousseau is daar inderdaad geen agting en beskerming vir die minderheidsmening nie. sal bind:51 When a law is proposed in the people’s assembly.48 Die algemene wil is die algemene wil. Die volk is ’n eenheid en dit beweeg as ’n geheel. the social pact (waardeur die staat in die lewe geroep word). soos Rousseau sê: 48 49 50 51 52 Rousseau (n 21 hierbo) 76. Die partikuliere wille van individue verkeer altyd onder verdenking omdat dit strydig met die algemene wil kan wees.

. which means nothing other than that he shall be forced to be free. Die staat — in Hobbes se terme die sterflike god — word by Rousseau inderdaad ’n jaloerse god. Staatsburgerskap maak dus eksklusiewe aanspraak op individue se openbare identiteit.54 Aangesien Rousseau se algemene wil juis algemeen moet wees.Die Nasie 139 . godsdienstige of enige ander nie-staatlike identiteit betoon nie. verdra dit geen pluraliteit. whoever refuses to obey the general will shall be constrained to do so by the whole body. verskille. plaas? Rousseau se uitweg hieruit is dat die minderheid hulle vryheid verspeel en misbruik het en dat die meerderheid die minderheid bloot bystaan deur aan die minderheid die ware vryheid soos vervat in die meerderheidswil voor te hou. it is imperative that there should be no sectional associations in the state. Daardeur kan die minderheid ook die ware vryheid smaak. Individue mag slegs binne die kollektiewe staatsverband georganiseer word en nie seksioneel in groeperings nie. Binne die openbare sfeer mag individue slegs burgers wees en niks anders nie.55 Rousseau se politiek werk dus met slegs twee entiteite in die konstruksie van die openbare orde. Hy versamel vir homself ’n nasie na sy beeld en vestig onbreekbare bande met die individuele burgers van die nasie.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Talmon (n 17 hierbo) 40. of onderlinge groeperings nie. Alle ander groepsidentiteite moet energiek bestry word. etniese. aangesien dit die staatlike identiteit van individue en hul lojaliteit jeens die staat in die gedrang kan bring. gedrapeer in die gewaad van die algemene wil. Partikuliere belange en 53 54 55 Rousseau (n 21 hierbo) 64. Hy duld geen verdeelde lojaliteit weens betrokkenheid by gemeenskappe en groepe anders as die staat self nie. Vrye assosiasie en die gepaardgaande vestiging van ’n pluralistiese orde is heeltemal buite die kwessie. and that every citizen should make up his own mind for himself.53 Rousseau het klaarblyklik met ’n yslike dilemma te kampe: hoe kan hy enersyds vryheid hartstogtelik bepleit en dan in dieselfde asem daardie vryheid soos uitgedruk in individuele en minderheidsmenings goedsmoeds onder die dwang van die meerderheidswil. waarby die minderheid dan moet inval. Thus if the general will is to be clearly expressed.. In moderne terme binne die konteks van die territoriale staat beteken dit dat die staatsnasie geen verdraagsaamheid teenoor enige taal-. uiteenlopende menings. kulturele. Rousseau (n 21 hierbo) 73. . naamlik die staat en die individu (die individuele burger).

Rousseau redeneer dus dat aangesien dit noodsaaklik is dat burgerskap die enigste openbare identiteit moet wees. byvoorbeeld die ongelykhede weens die bestaan van feodale strukture.140 Hoofstuk 6 groepsvorming moet derhalwe energiek teëgegaan word.. Everything must be related to it. Om die integriteit van die algemene wil te beskerm. including even authority. want dit bring ’n stande-identiteit naas die identiteit van staatsburgerskap mee. Wanneer daar stande is. uit die weg geruim moet word. moet groeps. In Rousseau se oë is dit eenvoudig snert. Solank daar stande en groepe bestaan.. Ongelykhede bring ekonomiese klasseverdeling en gevolglik pluraliteit van uiteenlopende klasse-identiteite mee. a purely political creature. All the rules of natural law are better given in the hearts of people than in all the rubbish of Justinian. which is established only to defend it. in fact to create a new type of man.en klasseverskeidenheid tot niet gemaak word. Die bestaan van stande is ongewens. The aim is to train men to ‘bear with docility the yoke of public happiness’. Sien verder Rousseau (n 23 hierbo) 199-203 waarin Rousseau in besonderhede ingaan op die stappe wat gedoen moet word om groepsvorming te verhoed.59 Met die oog op die verwesenliking van gelykheid leer Rousseau ook dat die regstelsel só verander moet word dat dit vir die gewone burger toeganklik en verstaanbaar is. kan die burgers van die staat uiteraard nie uit een mond praat nie. Rousseau (n 27 hierbo) 289 Rousseau (n 23 hierbo) 221. without any particular private or social loyalties . Daarom adviseer Rousseau die Korsikane soos volg: The fundamental law of your new constitution must be equality. the state should grant no distinctions save for merit. Daar moet dus ’n eenvoudige volksreg wees en die regters moet uit die geledere van die gewone burgery kom. alle ongelykhede. Talmon (n 17 hierbo) 42..56 Rousseau se oogmerk is om ’n nuwe identiteit en dus ’n nuwe mens te skep.60 56 57 58 59 60 Rousseau (n 21 hierbo) 150. Daar is geen noodsaak vir ingewikkelde regsreëls soos byvoorbeeld dié in die Corpus Iuris Civilis nie. All should be equal by right and birth.57 Staatsburgerskap se monopolie op individuele identiteit is ook die sleutel tot die verstaan van Rousseau se welbekende beskouing oor gelykheid.. . Rousseau (n 27 hierbo) 287. virtue and patriotic service .58 Almal moet op ’n gelyke voet staatsburgers wees. is die algemene wil onbestaanbaar.

is dit ooglopend dat daar weens die feit dat hulle op verskillende vraagstukke reageer het.Die Nasie 141 Immanuel Joseph Sieyès (1748-1836) werk die implikasies van sekere dele van Rousseau se politieke filosofie in meer besonderhede uit. kan daar geen algemene wil wees nie. Hy het ook sy invloed in die Franse Rewolusie. is dat hulle ’n populêre projek loods.62 Die twee groot drywers van die Jakobynse projek. Talmon (n 17 hierbo) 93. Dit is nasionale eenheid wat die moontlikheid skep om die algemene wil te kan artikuleer. laat geld. Almal is ewe antipluralisties. Die oplossing is dus eenvoudig dat die seksionele wille ter wille van die algemene wil uitgeskakel moet word. Talmon (n 17 hierbo) 74. Waarin Rousseau en sy volgelinge van Bodin verskil.63 Hulle koester dieselfde weersin in partikuliere groepsidentiteite. Sieyès. beduidende verskille tussen hulle bestaan. glo net soos Rousseau en Sieyès dat die nasie slegs individue as konstituerende boustene erken. Robespierre en Saint-Just waak net soos Bodin getrou oor die staat se monopolie op die openbare domein. Wanneer Rousseau se werk met dié van Jean Bodin. Bodin het naamlik ook ter wille van die staat groepe (in sy geval godsdienstige groepe) as die grootste euwel beskou.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Robespierre en Saint-Just. waarin hy ’n belangrike rol gespeel het. Net soos die latere staatsbouers was staatlike burgerskap ook vir hom die enigste openbare identiteit en net soos die latere staatsbouers moes alle ander identiteite uit die openbare sfeer geweer en binne die private domein vasgeketting word. Sieyès is ’n groot voorstander van die gedagte van nasionale eenheid. .61 Waar daar sodanige uiteenlopende seksionele wille bestaan waardeur private belange geartikuleer word. Desnieteenstaande is daar terselfdertyd ’n ewe opvallende konsekwentheid en kontinuïteit vanaf Bodin in die sestiende eeu tot Rousseau en sy navolgende staatsbouers van twee honderd jaar later — een onmiskenbare goue draad wat deur almal se denke loop. Daardeur sal ’n monistiese orde van eenheid en gelykheid gevestig word. Rousseau. oftewel partikuliere identiteite en lojaliteit teenoor groepe. In navolging van Rousseau leer hy dat die groot euwel en die grootste struikelblok in die weg na die verwesenliking van nasionale eenheid esprit de corps is. Diegene wat hulle met partikuliere groepe vereenselwig. wat in hoofstuk 4 bespreek is. By Bodin en ook by Hobbes is die staat 61 62 63 Talmon (n 17 hierbo) 73. vergelyk word. is bloot wederstrewige individue en groepe wat hulle eie private doelwitte nastreef en sodoende verseg om hulle by die algemene (openbare) wil neer te lê. pleks van om hulle volledig en ongekwalifiseerd by ’n gemeenskaplike burgerskap in te werp.

Totalitêre demokrasie staan vyandig teenoor pluralisme — ’n veelheid van gemeenskappe en ’n verskeidenheid van politieke . gelê. aangepas moet word nie. Waar die staat by Bodin en by Hobbes bloot die vrede moes bewaar en behorende aan niemand. Waar Rousseau. Inteendeel. feitlik ’n res nullius was. Hierdie projek behels dat daar. Hiervolgens is die denkpatroon deurlopend soos volg: daar word van die veronderstelling uitgegaan dat die staat (byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse staat) ’n permanente en onveranderlike gegewe is. wat dikwels met ’n nasiebouprojek gepaard gaan. maar by Rousseau en sy volgelinge word die publiek intiem by die staat betrek. Met staatsdienende nasiebou word die staat die mense se identiteitsbepaler en -wysiger. ten einde die staat te ondersteun. 2 Die dwanglogika van nasiebou Met die oorplant en aanwending van Rousseau se denke vanaf die oorspronklike raamwerk van die beperkte en homogene stadstaat na die omvangryke en heterogene territoriale staat is die grondslag vir totalitêre demokrasie. te wete staatsbou. soos vroeër verduidelik is. egter nie binne die staatlike paradigma gedink het nie. wat vaar onder die misleidende vaandel van nasiebou. Die antwoord word dan gevind in ’n staatsgeïnspireerde projek van social engineering. Inteendeel. noodgedwonge ’n nasie vir die staat geskep moet word. daar moet ter wille van die staat ’n nasie in aanskyn geroep word. Hier sien ons die staatlike paradigma in volle vaart. Robespierre en Saint-Just as ’t ware vir Rousseau in die staatlike paradigma ingetransformeer en in diens van die staatlike identiteit geplaas. die staat formeer vir hom ’n volk na sy wense en na sy beeld. Dit is nie die struktuur wat na gelang van die kultuur. het Sieyès. Dit is nie die staat wat ter wille van die nasie moet bestaan nie. Die bestaan van die staat as ’n onveranderlike gegewe lei tot die vraag wat gedoen moet word ten einde die staat te stabiliseer en sy bestaande vorm te verskans. Dit is ’n absoluut vaste vertrekpunt en is die onveranderlike raamwerk waarbinne alle teoretisering oor openbare aangeleenthede moet plaasvind. Dit is ongeag die historiese toevalligheid en kunsmatigheid daarvan nie vir debat vatbaar nie.142 Hoofstuk 6 afsydig en op ’n afstand. Die staat as die struktuur is dus die aktiewe agent wat die kultuur moet bepaal en wat die mense ter wille van die staatstruktuur moet verander. word dit nou ’n volledige en ’n verpligte res publica. dit wil sê die identiteite (en behoeftes) van die mense. Rousseau verleen die teoretiese vonk vir die sogenaamde nasiebou-projekte wat tans steeds aan die orde van die dag is.

’n Politieke projek word gedryf om hieraan uitvoering te gee. geduld word. geskied vreemd genoeg in die naam van vryheid. beteken dat mense die dwalinge van hul eiebelang insien en laat vaar en hulle sodoende by die algemene wil inwerp en daarmee konformeer. aldus Rousseau.66 Daar word met mense omgegaan nie in terme van wat hulle is nie. Talmon (n 17 hierbo) 3. behoeftes en belange. moet word. maar van wat hulle moet en sal wees. .65 ’n Enkele omvattende politieke filosofie moet menslike optrede bepaal en uiteindelik moet die politieke werklikheid aan die voorskrifte van dié filosofie — op die keper beskou ’n ideologie — voldoen. een voorgeskrewe stel politieke opvattings en slegs instellings wat aan die voorskrifte van dié opvattings voldoen. historiese agtergronde en geskiedsbeelde. sentimente.67 Die wense en oortuigings van diegene wat hulle nie met die gestelde ideaal vereenselwig nie kan maar geïgnoreer word. gedryf deur ’n nuwe waarheid. I Berlin Four Essays on Liberty (Two Concepts of Liberty) (1969) 131 et seq verwys daarna as ‘positiewe vryheid’ en lewer dan skerp kritiek daarteen.Die Nasie 143 denkrigtings — en wil daarenteen ’n enkele eksklusiewe (politieke) waarheid tot stand bring. Aan die een kant is daar mense as lede van partikuliere gemeenskappe met die daadwerklike belewenis van hulle eie identiteite. Daarteenoor staan die ware en 64 65 66 67 68 69 Talmon (n 17 hierbo) 1. Logieserwys beteken dit terselfdertyd dat alle nie-konformerende opvattings. Hulle kan gedwing en geïntimideer word om uiteindelik by die gestelde ideaal in te val. sodra die ideale toestand van die nuwe nasie volgens die voorskrifte van die ideologie realiseer. Hierdie totalitêre demokrasie het volgens JL Talmon ’n messiaanse visie waarvolgens burgers van die staat. moet verander sodat hulle in gelid met die dominante kragte moet kom en sodat almal saam ’n harmonieuse en perfekte bestaan as nuwe nasie kan voer. Dit is die openbare identiteit. Talmon (n 17 hierbo) 2. wat nog nie die nuwe identiteit aanvaar het nie. opvattings en instellings soos gesien en afgedwing deur die dominante politieke krag — gewoonlik die meerderheidskomponent — in die territoriale staat. Ware vryheid.64 Dit beteken dat slegs een openbare identiteit en leefwyse. instellings en identiteite aktief uitgeweer word. Talmon (n 17 hierbo) 2.68 Die aandrang dat mense moet verander. leefwyse. een soort mens wat na die behoeftes van die staat uitgeknip is. Hierdie verwronge beskouing van vryheid69 skryf voor dat mense teen hulself in opstand kom en nuwe mense. Talmon (n 17 hierbo) 2. sodat hulle hulself met die eindbestemming vereenselwig en die voorgeskrewe identiteit van die nuwe nasie aanvaar.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . volgens die vooraf ontwerpte opvatting van die dominant kragte oor hoe alle inwoners behoort te wees.

die mens wat verwesenlik word sodra hy homself aan die voorgeskrewe dominante opvatting onderwerp en met die vermeende hoër entiteit van die nasie vereenselwig het en sy eertydse identiteit laat vaar het. Walzer toon aan dat filosofie (in die gedaante van rasioneel deurdagte politieke opvattings) 70 71 72 Berlin (n 69 hierbo) 134. gee nie voor dat sy soewerein nie outoritêr is nie. but they are none the less slaves.144 Hoofstuk 6 bevryde mens. Berlin (n 69 hierbo) 164. Die onderdaniges word wysgemaak dat die aanvaarding van die dwangmaatreëls en die gepaardgaande verwerping van hul eie identiteite juis die omhelsing van vryheid impliseer. In plaas daarvan moet hulle volledig aan die eise van die ware algemene wil. soos versinnebeeld in die nuwe nasie. Hy probeer dit net regverdig.72 Michael Walzer se insigte werp verdere lig op die brutale dwangpolitiek waarmee ons hier te kampe het. It may need no force. Rousseau. hom van sy dwaalweë bekeer en as ’n nuwe mens. Hobbes. Mense moet van hul eie egoïsties geïnspireerde dwalings afsien sodat hulle harmonie binne die groter verhewe entiteit kan vind.70 Die ‘ou’ mens moet sy verdwaalde skynself — sy verkeerde weë — afsweer. Despotiese mag word uitgeoefen. in gelid met die vermeende hoër entiteit as ’t ware wedergebore word.71 Rousseau se beskouing oor vryheid funksioneer op die keper beskou as verraderlike magstrategie: die strategie van magsverdoeseling. Berlin (n 69 hierbo) 165. het die vermetelheid om die verslawing aan die soewerein (die algemene wil) as vryheid voor te hou. met sy verwronge vryheidsbeskouing. luidens Berlin. . Dit is teen hierdie agtergrond dat Isaiah Berlin sê dat Hobbes meer eerlikheid as Rousseau aan die dag gelê het. voldoen. daarenteen. sê Berlin. In die geval van Rousseau en sy staatsbou-volgelinge moet individue en partikuliere gemeenskappe hulle wegkeer van die valse verleidinge wat met ’n voortgesette verbintenis met partikuliere entiteite en gemeenskappe gepaard gaan. Berlin verduidelik dit soos volg: The triumph of despotism is to force the slaves to call themselves free. Hulle moet enige verbintenis met gemeenskappe laat vaar en hulle ongekwalifiseerd aan die monolitiese entiteit — die staat — onderwerp en hulle ewe ongekwalifiseerd met die gepaardgaande monolitiese identiteit van staatsburgerskap vereenselwig. maar die magsgreep oor diegene op wie dit afgedwing word kom nooit aan die lig nie. the slaves may proclaim their freedom quite sincerely.

handel hy nie meer in sy hoedanigheid van afsydige wysgeer nie maar as die legitieme vertolker van die algemene deug.75 Sodra dit gebeur het. bevestig. die bevoegdheid om die volk se dwalings te korrigeer. in beheer van sake. Dit hou eweneens ’n ideale visie van ’n staatsnasie voor en vereis dan van alle inwoners — in die besonder die minderhede wat (nog) nie met die staatsnasie in pas is nie — om hulself te verander om die ideale visie van hierdie nasie te verwesenlik. het diegene wat insig in die ware volkswil — die algemene wil — het. artikuleer bloot egoïstiese partikuliere voorkeure.Die Nasie 145 enersyds. Dit is dán wanneer die filosoof — die ideoloog — wat die insig in die outentieke algemene wil het. 73 74 75 76 77 M Walzer ‘Philosophy and Democracy’ (1981) 9 Political Theory 379 et seq.77 Nasiebou is ’n integrale deel van die gesketsde sindroom. want. Walzer (n 73 hierbo) 383. en demokrasie andersyds. Walzer (n 73 hierbo) 387-393. Ander sienings wat van hierdie outentieke uitdrukking van die (gewaande) ware algemene wil afwyk. sal onthou word. Walzer (n 73 hierbo) 384. is die ware algemene wil weer herstel en is die filosoof wat met sy rede insig in die waarheid het. Volgens Rousseau. teenoorgesteldes is. volgens hom moet eenvoudige verstaanbare reg deur die burgers self gemaak word in plaas daarvan om uit die komplekse beredeneringe van enkele juriste te spruit. ten spyte daarvan dat die besluite moontlik verkeerd mag wees.73 ’n Politieke filosofie wil sy rasionalistiese program deurvoer. Die ware algemene wil kan op sy beurt egter slegs ingevolge ’n enkele stel objektiewe wette getrou uitgedruk word. Dit sal dikwels gebeur dat die volk fouteer deur nie die algemene wil in te sien nie. daarenteen.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Die volk mag eintlik net dit wat reeds objektief reg is. . Wanneer die filosoof dit doen. want Rousseau vereis dat die volk die algemene deug moet volg en dit sal slegs gebeur as hulle as die ware volk optree wat die gemeenskaplike algemene belang nastreef en nie meer net as ‘egoïstiese’ individue of sub-gemeenskappe optree nie. naamlik dié van die staatsnasie. Nasiebou behels ’n program om die plurale en die partikuliere uit die openbare domein te weer ten gunste van ’n enkele staatlike geïnspireerde openbare identiteit.76 Demokrasie.74 Rousseau gee voor dat hierdie breuk nie bestaan nie. op gesaghebbende wyse korrigerend tussenbeide moet tree en moet sê wat die algemene wil werklik behels. Nasiebou is insgelyks ten minste ongemaklik. ongeag die wil van die volk. oftewel sonder inagneming van die demokratiese keuse (wat natuurlik uiteenlopende keuses is) van diegene op wie dit van toepassing gaan wees. Walzer (n 73 hierbo) 385. is die volk se besluitnemingsbevoegdheid beperk tot die neem van die regte besluite. Indien die volk fouteer. Die breuk is egter nie geheel nie. sê Walzer. hou in dat die volk mag besluit. maar gewoonlik openlik vyandig teenoor pluraliteit.

is nie nasies in die sin van partikuliere etniese. is bloot ’n strategie. godsdienste en dies meer. Die belange van daardie dominante gemeenskap word volledig met die staat self geïdentifiseer. wat onder die aanvoering van die dominante kragte in die staat van staatsweë geïnspireer word. Die kerndoelwit van wat nasiebouprogramme genoem word.en dergelike gemeenskappe nie. identiteite en sentimente. Dit is daarom pasliker om eerder van staatsbou as nasiebou te praat.146 Hoofstuk 6 Die nasie word gesien as iets groter en verhewe bo etnisiteit78 en bo partikuliere kulture. Die nasie — in die besonder die nie-dominante gemeenskappe daarbinne — is bloot die plooibare en manipuleerbare instrumente wat die staat tot diens moet wees. tale. taal-. wat minderheidsgemeenskappe juis kenmerk. Gagiano (n 10 hierbo) 32. want wat hierdie programme onderskraag en verskans. ’n middel om die doel te verwesenlik om die staat en die dominante kragte in beheer daarvan se posisie te verskans. Op die keper beskou. is dit veral die belang van hierdie dominante gemeenskap daarbinne wat gedien word. maar die dominante kragte — gewoonlik die heersende meerderheids-gemeenskap binne ’n staat... 7. wat deur nasiebouprojekte in beskerming geneem word. . Dit is daardie soort staat wat so oor nasiebou besorg is. maar wat volgens die homogeniserende nasiebouprojek moet verdwyn. elk met hulle eie historiese belewenisse. Hierdie projekte vrees die middelpuntvliedende kragte wat deur nie-konformerende minderheidsgemeenskappe ontketen kan word en waardeur die verbrokkeling of destabilisering van die staat meegebring mag word. is die belang wat beskerm word natuurlik nie die staat self nie. maar wel twee ander heg verweefde dinge: die staat en die dominante kragte — die heersende gemeenskap — in beheer daarvan. Nasiebou. is om die staat te beskerm teen die aansprake van gemeenskappe.79 In die lig hiervan is dit duidelik dat die begrip nasiebou klaarblyklik ’n bedrieglike (wan)benaming is vir die verskynsel waarmee ons hier te make het. Al hierdie partikuliere identiteite moet ter wille van hierdie vermeende verhewe nasie ontbind en daarin verdwyn. kultuur. wat in die heterogene territoriale staat gehuisves word. Dit is daarenteen juis vyandig teenoor die nie-dominante partikuliere gemeenskappe. Dienooreenkomstig is dit nasiebou se strategie 78 79 Degenaar (n 10 hierbo) 2. Nasiebou is dus in die woorde van Jan Gagiano: . the integration of communally diverse and/or territorially discrete units into the institutional framework of a single state and the concomitant transfer of a sense of common political identity and loyalty to the symbolic community defined by the founding ideology of such a state. tale. Wanneer daar dus van staatsbou gepraat word. historiese belewenisse.

want die beskermde belang in diens waarvan nasiebou staan. dit eis dat Tamils eerstens Sri-Lankane moet wees. or religious beliefs. regardless of kin. dat Vlaminge in die eerste plek Belge moet wees. Hierdie logika van staatlike identiteit spruit regstreeks voort uit die staatlike paradigma. propaganda.81 Jan Gagiano se verduideliking is daarom korrek wanneer hy sê: State nationalism imposes nationhood on any given subject population eventually included in the national boundaries.Die Nasie 147 om in belang van die staat en die heersende kragte daarvan deur aanmoediging. onderwys en soms deur brute dwang partikuliere gemeenskappe te verswak en te verseker dat hierdie gemeenskappe hulle volledig met die staat vereenselwig en ’n staatlike identiteit aanneem: in Rousseau se terme dat hierdie gemeenskappe hul wederstrewigheid sal laat vaar en by die algemene wil sal inval. Juis daarom kan Walker Connor verklaar: 80 81 82 Gagiano (n 10 hierbo) 23-24. is die staat self. en hoe arbitrêr en outoritêr die grensvasstelling van daardie staat ook al was. dit vereis van Skotte om primêr Britte te wees. Individuals are in a sense amorphous and undifferentiated entities who are given an identity simply by their location in a particular area.80 Nasiebou. Thus one must make Acquitanians. H Spruyt (1994) The sovereign state and its competitors: An analysis of systems change Princeton University Press New Jersey 34-5.82 Al die gemeenskappe van wie vereis word om in die groter entiteit op te gaan.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . te teiken vir die afdwinging van ’n staatlike identiteit aan die hand van die voorskrifte van die dominante politieke kragte in die betrokke staat. Nasiebou beliggaam dus ’n wesenselement van die staatlike paradigma. and Bretons into French people. It defines individuals by spatial markers. want dit is inherent aan die territoriale staat om juis identiteit te verstaatlik en plurale identiteite te ontken. Dit dwing ’n Spaanse identiteit op Katalane en Baske af. tribal affiliation. Gagiano (n 10 hierbo) 24. Hendrik Spruyt verduidelik dit soos volg: Thus the modern state defines the human collectively in a completely novel way. dat Koerde hulself in ’n enkele Turkse identiteit moet oplos en dat Afrikaners in die eerste plek die staatlike identiteit van Suid-Afrikanerskap moet omhels. . Normans. dit forseer Kroate en Sloweniërs om teen wil en dank primêr Joegoslawiërs te wees. beoog om almal wat toevallig binne die grense van ’n bepaalde staat verkeer. oftewel staatsbou. word in der waarheid aangesê om hulself te versaak en hul eie identiteit te ontbind ter wille van die ‘groter’ staatlike identiteit wat teen wil en dank in belang van die staat en sy heersende kragte verskans moet word.

doen dienooreenkomstig aan die hand dat Suid-Afrika nie tyd moet verspil om ’n nasie te probeer bou nie.85 Die nasiebouers is derhalwe vernietigers en die intellektuele aktiwiteit wat in diens daarvan ontwikkel is dien ’n vernietigende ideaal. in stand gehou in plaas daarvan om ’n staatsnasie op almal te probeer afforseer. Walker Connor som die somber realiteit dus korrek op wanneer hy sê: Since most of the less developed states contain a number of nations and since the transfer of primary allegiance from these nations to the state is generally considered the sine qua non of successful integration. Die teenpool van nasiebou is ’n demokratiese kultuur. Hiervolgens word ’n burgerlike gemeenskap wat deur pluraliteit gekenmerk word. . is dit die strewe van nasiebou dat die staat en die nasie moet saamval en dat die staat die karakter van die dominante groepering binne die staat moet aanneem. Die owerheid dwing die aanvaarding van hierdie dominante karakter op niedominante groeperings — gewoonlik minderhede — af. Sien veral Makua wa Mutua (n 7 hierbo) 1113-1176.84 waar nasiebou die vernietiging van taal.86 Daarvan getuig Jakobynisme. met inbegrip van Suid-Afrika. waar die eertydse koloniale maghebbers staatsgrense arbitrêr sonder enige inagneming van die demografiese realiteite vasgestel het. Nasiebouprojekte is ooglopend anti-demokraties want dit geskied sonder die instemming van sekere segmente van die staatsbevolking wat geforseerd daaraan onderwerp word. Dit is die onderneming van ’n heersende politieke elite wat sentralisties gedryf en op almal afgedwing word.en etniese gemeenskappe — nasievernietiging — beteken. Bolsjewisme.83 Dit is veral in voormalige koloniale gebiede in Afrika. Gagiano (n 10 hierbo) 22. Op die keper beskou. Makua wa Mutua (n 7 hierbo) 1113-1176.148 Hoofstuk 6 The one man’s nation building is another man’s subjugation — or one man’s nation building another’s nation disintegration. the true goal is not ’nation building’ but ’nation destroying’.87 Die vermaarde Afrikaanse politieke filosoof. Nasionaal-Sosialisme. bloot omdat dit op daardie oomblik die aspirasies van die koloniale heersers gedien het. Johan Degenaar. Falangisme en talle ander eietydse nasiebouprojekte. maar eerder gesamentlike verantwoordelikheid moet aanvaar om ’n demokratiese 83 84 85 86 87 W Connor ‘Nation-building or Nations-destroying’ (1971-72) 24 World Politics 336. In hierdie gebiede is groepe sonder raadpleging kunsmatig in dieselfde politieke entiteite ingedwing. Degenaar (n 10 hierbo) 9-15.

JS Mill On Liberty (1986) 10-11. Die heersende openbare mening — dominante mening — het ’n tirannieke uitwerking omdat dit om dié die op 88 89 90 91 92 Degenaar (n 10 hierbo) 15. word nasiebouprojekte met besonder toepaslike kritiek belig. wat ’n soortgelyke mening huldig. since.Die Nasie 149 kultuur aan te kweek. soos John Stuart Mill. maar soos Chandran Kukathas90 aandui. Alexis de Tocqueville en Lord Acton. Weliswaar het die begrip nasiebou nog nie in hulle tyd bestaan nie. en verklaar: Society can and does execute its own mandates: and if it issues wrong mandates instead of right. Sien ook in die algemeen W Kymlicka Liberalism. beskerming nie genoeg is nie.92 Gevolglik argumenteer Mill dat. Community and Culture (1989) wat pluralisme en die gepaardgaande beskerming van minderhede as ’n basiese bestanddeel van liberale teorie beskou. wat soos uit die bespreking hierbo blyk aan die wortel van nasiebouprojekte en demokratiese totalitarisme lê. is liberalisme in die breedste sin wesenlik ’n teorie ten gunste van pluralisme en multikulturalisme. and enslaving the soul itself.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . penetrating much more deeply into the details of life. godsdienstige en kulturele verskeidenheid. autonomy and cultural rights’ (1997) 25 Political Theory 215–248. it leaves fewer means of escape. though not usually upheld by such extreme penalties. C Kukathas ‘Liberalism and multiculturalism: The politics of difference’ (1998) 26 Political Theory 686 et seq. asook GB Levy ‘Equality. meerderheidsdominasie en weersin in pluralisme — alles deelgenote in dieselfde genetiese poel van nasiebou — welbekend. Tog was demokratiese totalitarisme.88 Dit sal onder andere meehelp om ’n totalitêre orde en ’n dominante monolitiese staatskultuur te verhoed. Dit sal dien as teenvoeter teen homogene dwingelandy wat deur ’n dominante groepering op die totale staatsbevolking afgeforseer word. I Young ‘Polity and group difference: a critique of the ideal of universal citizenship’ (1989-1990) 99 Ethics 258 argumenteer in dieselfde trant en bepleit die erkenning van ’n plurale en gedifferensieerde publiek en van heterogene burgerskap. ofskoon dit noodsaaklik is maatreëls teen politieke funksionarisse se magsmisbruik te tref. as ’n wesenlike bedreiging vir individuele vryheid. Liberalisme bied volgens hom die aantreklikste antwoord vir die realiteit van morele. it practices a social tyranny more formidable than many kinds of political oppression.91 Mill beskou die tirannie van die meerderheid.89 Vanuit die denkwêreld van die liberale teorie en by name die woordvoerders van die klassieke liberalisme. or any mandates at all in things with which it ought not to meddle. . Liberalisme word gewoonlik uitsluitlik met die gedagte van individuele vryheid verbind. Dit was trouens ook die onderwerp van baie van die filosofiese arbeid van die vermelde drie here.

Figgis en Laurence (n 95 hierbo) 11. Dit het in die besonder versuim om sinvolle erkenning 93 94 95 96 97 98 Mill (n 92 hierbo) 11. L Siedentop Tocqueville (1993) 20-40. wat in hoofstuk 7 meer breedvoerig bespreek word. But from the absolute will of the entire people there is no appeal. in die hand werk. For there is a reserve of latent power in the masses which.95 Daarom is die beste maatstaf waarmee bepaal moet word of ’n land werklik vry is. (Die werk bevat ’n samevatting van lord Acton se opstelle. Hy gee ook meer as Mill blyke van ’n waardering vir pluralisme en vir die erkenning van die oortuigings van minderheidsgroepe.150 Hoofstuk 6 andersdenkendes afgedwing word.93 By lord Acton94 is die besorgdheid oor die tirannie van die meerderheid nog meer prominent as by Mill.97 Die skerpsinnigste kritiek teen die meerderheidswil en teen meerderheidstirannie (en teen staatsbou) en die omvattendste vroegliberale apologie vir pluralisme kom egter van die Franse liberales soos Prosper de Barante.98 Die hooftema van bespreking deur die Franse liberales van die 1820's was dat die Franse rewolusie uiteindelik slegs die staat aan die een kant teenoor geatomiseerde individue aan die ander kant as die interafhanklike konstituerende bestanddele van die openbare orde opgelewer het. Lord Acton vind meerderheidsdominasie selfs erger as minderheidsdominasie en beklemtoon die noodsaak vir minderheidsbeskerming wanneer hy verklaar: It is bad to be oppressed by a minority. Sien in die algemeen EK Bramsted en KJ Melhuish Western Liberalism: A History of documents from Locke to Croce (1978). and to find that limit and to maintain it against encroachment. the minority can seldom resist. JN Figgis en RV Laurence (reds) ‘Sir Erskine May’s Democracy in Europe’ in lord JActon The History of Freedom and Other Essays (1907) 97. Die enkele groot euwel wat deur (onverfynde modelle van) demokrasie teweeg gebring kan word. Royer-Collard. volgens hom die graad van beskerming wat minderhede geniet. is dat dit die tirannie van die meerderheid. Guizot. but it is worse to be oppressed by a majority.96 wat natuurlik tegelyk ’n afkeer van staatsbouprojekte impliseer. Sien byvoorbeeld GP Gooch ‘Lord Acton: Apostle of liberty’ (1946-1947) 25 Foreign Affairs 629. if it is called into play. no refuge but treason. is as indispensable to a good condition of human affairs as protection against political despotism. Dit is daarom noodsaaklik om ook dáárteen beskerming te verleen: There is a limit to the legitimate interference of collective opinion with individual opinion and individual independence. . no redemption. Madame De Stael en natuurlik van De Tocqueville.) Figgis en Laurence (n 95 hierbo) 4.

Tocqueville redeneer dat staatsoewereiniteit soos dit deur Bodin en Hobbes voorgehou is. 63.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders .104 Die omvangryke territoriale staat met sy sterk gesentraliseerde gesag kan nooit daarin slaag om werklik ’n res 99 100 101 102 103 104 Siedentop Siedentop Siedentop Siedentop Siedentop Siedentop (n (n (n (n (n (n 98 98 98 98 98 98 hierbo) hierbo) hierbo) hierbo) hierbo) hierbo) 26.103 Tocqueville gaan egter verder as die ander liberale wat slegs die private domein teen owerheidsvergrype wil vrywaar.Die Nasie 151 aan tussenliggende instellings en assosiasies te gee. met sy klem op die natuurlike individu het uiteindelik tot ’n nuwe Leviatan gelei. disfunksioneel geraak. In die afwesigheid van intermediêre gemeenskappe en strukture is individue toenemend op twee maniere aan hierdie nuwe Leviatan blootgestel. sê hy. Eksperimentering met plaaslike outonomie en federalisme as geneesmiddel teen die oormatig sentralistiese staat het wyd by hierdie liberales voorgekom. Dit het middelpuntvliedende kragte in bedwang gebring en sodoende vrede en stabiliteit verseker. Eerstens is hulle regstreeks sonder die buffers van tussenliggende gemeenskappe aan die dwang van die staat uitgelewer. soos duidelik deur die uitspattige outoritêre sentralisme van die Franse Rewolusie gedemonstreer. Hy is ook self ’n republikein wat probeer om die deugdelike elemente van Rousseau se republikanisme te red. en andersyds terdeë bewus van die tirannie van die Franse rewolusie waardeur gelykheid en eenvormigheid op almal afgedwing is101 en waardeur almal bloot magtelose individue teenoor die magtige staat geword het. Gevolglik moet daarteen gewaak word dat die beroep op republikeinse deug. sy doel gedien het. en tweedens is hulle ook weens die onderskraging wat lidmaatskap van tussenliggende gemeenskappe verskaf.99 Die kontrakteorie wat uit die sewentiende eeu geërf is. soos deur Rousseau.100 Tocqueville is die baanbreker-teoretikus op die gebied van plurale demokrasie en teen nasiebouprojekte. Republikeinse burgerlike deugde kan egter slegs in ’n plurale opset beoefen word en is nie in ’n omvangryke territoriale staat — byvoorbeeld die Frankryk van sy tyd — beoefenbaar nie. toenemend afhanklik van die staat. nie ontaard in ’n burgerskapsdissipline wat te diep in die private sfeer invreet nie. Hy is enersyds deur Amerikaanse federalisme geïnspireer.102 In ooreenstemming met die basiese uitgangspunte van die liberalisme. In sy tyd. het dit egter. 41. is dit ook vir Tocqueville belangrik dat die basiese onderskeid tussen die private en die openbare sfere gehandhaaf moet word. 20-40. 58-59. . 67-68.

politieke betrokkenheid en deelname aangekweek kan word. Siedentop (n 98 hierbo) 140. is dat dit op die beginsel van burgerlike gelykheid en homogenisering gevestig is. Tocqueville is in hierdie opsig veel nader aan Rousseau — wat juis konsekwent die beperkte politieke eenheid as vereiste vir sy republikanisme gestel het — as die staatlike vertolkers van Rousseau soos Sieyès en Robespierre.106 Die intrinsieke gebrek wat Tocqueville in demokrasie in die territoriale staat van sy tyd bemerk.105 Tocqueville se kuur hiervoor is om sentralisme en privatisme gelyktydig te bekamp. laat mense sonder gronde geïntimideerd die gevolgtrekking maak dat dié standpunt reg behoort te wees. want dit is eenvoudig so ver van die burgery verwyderd dat die burgers geen daadwerklike meelewing daarmee kan hê nie. Die afwesigheid van intermediêre gemeenskappe gee aanleiding tot ’n verwante euwel wat Tocqueville by die demokrasie van sy tyd waargeneem het. soos Larry Siedentop dit stel: 105 106 107 108 Siedentop (n 98 hierbo) 139. wat geen teenvoeter teen die ontwikkeling van oormatige sentralisasie en ’n oormagtige staat en teen magsmisbruik bied nie. Republikanisme vereis kleiner en hegter politieke eenhede waarmee die burgers hulle daadwerklik kan vereenselwig en waarin hulle hulle kan laat geld.152 Hoofstuk 6 publica te wees nie. was dat die uitkalwe van aktiewe burgerskap kon lei tot ’n volledige privatistiese bestaanswyse en uiteindelik tot volslae individuele atomisme. Tocqueville se groot kommer. Hierdie toedrag van sake bring noodwendig veral die wantoestand van oormatig sentralistiese burokrasie mee. Siedentop (n 98 hierbo) 139-140.108 Dit is naamlik die onderdrukkende uitwerking van meerderheidsdemokrasie. meegebring deur sy ervaring van die Franse Rewolusie. met die gevolg dat. Die feit dat ’n bepaalde standpunt wye ondersteuning geniet. Dit gebeur deur intermediêre assosiasies tussen die individu en die staat te stimuleer waarin die republikeinse deugde van burgerlike. Hierdie gemeenskappe en strukture bemagtig individue omdat dit mense in groepe saamtrek wat terselfdertyd ook die uitwerking het om die oormatige mag en sentralisasie van die staat aan bande te lê. Dit ondermyn die integriteit van rasionele argument.107 So ’n teenvoeter kan net deur intermediêre gemeenskappe en strukture tussen die regering en die individu verskaf word. In dié opsig het Acton duidelik by die werk van Tocqueville gebaat. .

Benewens 109 110 111 112 113 Siedentop (n 98 hierbo) 81. resulting not in independence of judgment but conformity. moral and intellectual enfeeblement may result from individual judgment abdicating in the face of public opinion.109 Formele gelykheid en die afwesigheid van intermediêre assosiasies waarin mense ’n buffer teen die mag van die meerderheid kon vind. a pandering of opinions because they are widely shared.. An open and plural society is precisely one in which the existence of bargaining power of a variety of associations are accepted and protected. Siedentop (n 98 hierbo) 82.111 In plaaslike republikanisme en in die beoefening van burgerlike deugde op plaaslike vlak vind Tocqueville nie net ’n tegniek nie.. JJ Degenaar ‘Pluralism’ in DJ van Vuuren en DJ Kriek (reds) Political Alternatives for Southern Africa: Principles and Perspectives (1983) 86. . is uiteindelik ook die vyand van individuele vryheid. Sien verder in hierdie verband die deeglike bespreking van B Zylstra From Pluralism to Collectivism The development of Harold Laski’s political thought (1970). Siedentop (n 98 hierbo) 82. individuals acquire greater confidence in their own judgments.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Daarom sê Degenaar tereg: The plurality of associations should be maintained as effective structuring of freedom acted as counter-measure to any form of totalitarianism. verplig andersdenkende minderhede tot onderwerping aan die openbare mening. terwyl individuele vryheid sonder die beskerming van die integriteit van groepe eweneens onbestaanbaar is.112 Verskeidenheid is gevolglik noodsaaklik om vryheid te verseker.110 Die kuur hiervoor is weereens aldus Siedentop te vinde in pluralisme en intermediêre assosiasies: For by associating and discovering others who share an opinion..Die Nasie 153 . ’n Demokratiese samelewing wat ernstig is oor die handhawing van vryheid behoort voorkeur aan die instandhouding van groepe te gee. Nasiebou wat daarenteen vyandig teenoor die instandhouding van groepe staan. 113 3 Sagter vorme van nasiebou Nasiebou het minder kru en meer gevarieerde vertakkings.. ’n moraliteit wat meewerk teen die tirannieke uitwerking van meerderheidsdwang en -intimidasie en teen gesentraliseerde burokratiese voorskrifte. maar ook ’n nuwe moraliteit. . Siedentop (n 98 hierbo) 64.

maar in plaas daarvan om dit met dwang te bewerkstellig. Maar daar is ook wesenlike ooreenkomste. sien dit af van die dwingende maatreëls van nasiebou volgens die Jakobynse patroon. Giliomee (n 11 hierbo) 20. Giliomee (n 11 hierbo) 23.118 Die toenemende erkenning van minderheidsregte oor die laaste dekades getuig grootliks van die groeiende aantreklikheid van hierdie strategie. Tot sover strek die verskille tussen Jakobynse en gesofistikeerde nasiebou. Giliomee (n 11 hierbo) 20-27. Dit gryp nie so diep en so eksplisiet in die burgerlike samelewing en in mense se privaat lewens in nie. Dit is as ’t ware ’n minsame nasieboustrategie wat die pynigende roede van die Jakobynisme vir ’n smaaklike wortel verruil. Dit vind onder meer uitdrukking in wat gewoonlik as konstitusionele patriotisme bekend staan. Dit funksioneer onder meer op sterkte van die aanname dat etniese minderhede mettertyd wesenlik met assimilasie in die meerderheid vir lief sal neem op voorwaarde dat die howe beskerming aan enkele minderheidsregte sal verleen. Die strategie maak onder andere vir magsdelingsmeganismes en vir minderheidsbeskerming voorsiening. Sien hieroor byvoorbeeld HA Strydom ‘South African constitutionalism between unity and diversity: lessons from the new Europe’ (1997) 12 SA Public Law 373 et seq. Dit is eerstens nie so totalitêr soos Jakobynisme nie. Giliomee (n 11 hierbo) 7.116 Pluralistiese nasiebou se oogmerke is nog meer beskeie. word dit met maatreëls wat daarop gemik is om groepe te akkommodeer. Anders as Jakobynse nasiebou forseer hierdie gesofistikeerde vorme van nasiebou ook nie staatsidentiteit eksplisiet af nie. in die besonder van ’n grondwet wat ook vir die beskerming van individuele regte voorsiening maak. Volgens sowel Jakobynse as gesofistikeerde nasiebou word openbare (politieke) identiteit steeds vir die staat gereserveer. met die gevolg dat dit ook nie ’n intiem individuele neerslag het en aktief probeer om individuele identiteit fundamenteel te verander nie.119 Hierdie twee gesofistikeerde nasieboustrategieë vertoon duidelike verskille met hul brutale Jakobynse grootvader. (akkommoderingsmaatreëls) aangehelp.117 Die strategie behou steeds die doelwit om lojaliteit teenoor die staat te bevorder. Ofskoon gesofistikeerde 114 115 116 117 118 119 Giliomee (n 11 hierbo) 7-10.154 Hoofstuk 6 Jakobynse nasiebou is daar ook die strategieë van konstitusionele114 asook dié van pluralistiese nasiebou. Ofskoon dit nie die ideaal laat vaar dat daar ’n nasie vir die staat in die lewe geroep moet word nie. .115 Konstitusionele nasiebou is gekonstrueer op ’n gemeenskaplike lojaliteit teenoor die grondwet.

Dit neem die staat as die vaste vertrekpunt en buig en manipuleer individue en groepe ten einde die staat dienstig te wees.121 Nasiebou.Die Nasie 155 nasiebou private variasie toelaat en moontlik ook sal voorsiening maak vir die grondwetlike beskerming daarvan. Dit stel die staat eerste en maak individue en in die besonder gemeenskappe sekondêr aan die belange van die staat. val binne die staatlike paradigma. Nasiebou bevestig dat die mense daar is vir die staat. in the public sphere they should disregard their special and particular memberships and be ‘just citizens’ on an equal basis. sonder om eers van die paradigma 120 121 AE Galeotti ‘Citizenship and Equality: The place for toleration’ (1993) 21 Political Theory 591. Soos in hoofstuk 5 verduidelik. Albei is outentieke staatsboustrategieë. nie die staat vir die mense nie. . Nasiebou het die sterflike god se soektog na aanbidders bevredig.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders .. en gesofistikeerde nasiebou doen dit met die versoete smaak van private akkommodering. Kukathas (n 90 hierbo) 692-693. die sterflike god. Dit sluit die aanspraak van alle ander identiteite op openbare erkenning uit en sorg dat sulke identiteite in die skadu’s van die private sfeer bly. van welke aard ook al. 4 Staatsbou-regsdenke Die noodsaak om die staat aan die hand van die uitgangspunte van nasiebou te verskans.120 Die rede hiervoor is die vrees — sedert die dae van Bodin — dat sodra ’n partikuliere groepsidentiteit neerslag in die basiese karakter van die staat vind. vind wyd en diep in die regsteorie en in die regspraktyk neerslag. Alle nasiebouprojekte voed staatsidentiteit: die Jakobyne doen dit met bitter dwangmaatreëls. verlaat. Met nasiebou het Hobbes se Leviatan.. whereas citizens are free to pursue their own ideals and to practice their culture within civil society. Dit is inderdaad heeltemal korrek om soos AE Galeotti te sê: . dit opnuut ’n stryd om die aard van die staat sal ontketen. Dienooreenkomstig waak nasiebou steeds oor die monopolie van staatsburgerskap as die enigste openbare identiteit. Dit is die mees tipiese politiek-intellektuele denkstrategie in belang van die verskansing van die bestaande territoriale staat. waak dit net so jaloers oor die territoriale staat se monopolie op die openbare politieke domein. is dit een van die tipiese eienskappe van die regswetenskap dat dit ’n toegepaste wetenskap is. Een van die eienskappe daarvan is om aan die hand van ’n bepaalde paradigma te opereer. sy eensame en afsydige posisie wat hy altyd gehandhaaf het.

veral deur kommunitêre denkers soos Michael Sandel. (b) J Rawls ‘The idea of overlapping consensus’ (1987) 7 Oxford Journal of Legal Studies 1-25. Charles Taylor. Veral hierin tree die nasieboutendens in sy denke duidelik op die voorgrond.122 word allerweë beskou as die voorste eietydse verwoording van die liberale staats. onderskeidelik die liberaal-demokratiese en die konstitusionele patrone van nasiebou. Rawls is na die publikasie van sy hoofwerk aan volgehoue kritiek onderwerp. 4. Oftewel. . A Theory of Justice. Insgelyks. Dieselfde verskynsel geld natuurlik te meer nog vir die regspraktyk as vir regsdenke en die regswetenskap. In praktiese terme beteken dit dat dié regsteorie en regspraktyk nie net streng binne dissiplines van ’n paradigma opereer nie. Rawls konstrueer sy staatsnasie ooreenkomstig die gesofistikeerde123 nasieboupatroon wat hierbo behandel is. Vir ’n nuttige samevatting van die kritiek sien S Mulhall en A Swift Liberals and Communitarians (1992) 37-164. soos wat dit in nasiebouprojekte uitdrukking vind. soos Giliomee daarna verwys. Sodoende tree Rawls ook op as ’n staatsbouer. Michael Walzer124 en Vernon van Dyke.en regsteorie. Om dit toe te lig word vervolgens aandag gegee aan die denke van John Rawls en Ronald Dworkin. (a) Sien J Rawls ‘Justice as fairness: political not metaphysical’ (1985) 14 Philosophy and Public Affairs 223-251. (c) J Rawls ‘The priority of the right and ideas of the good’ (1988) 17 Philosophy and Public Affairs 251276. tot diens te wees. Alisdair MacIntyre. so word hier geargumenteer. maar terselfdertyd ’n ideologie verdedig deur dit met die gesag van die reg te beklee. Getrou aan die uitgangspunte van die paradigma. is Rawls ook ’n outentieke eksponent van die staatlike paradigma. Dit het Rawls daartoe genoop om in ’n aantal artikels125 sy uitgangspunte te verduidelik. Sien Giliomee (n 11 hierbo) 7-8. Nader aan die regspraktyk word gefokus op nasiebou soos weerspieël in die Suid-Afrikaanse regspraak wat net so ongereflekteerd in die uitgangspunte van die staatlike paradigma geanker is. maar ook aan te pas en verder te verfyn.156 Hoofstuk 6 bewus te wees. Die gevolg hiervan is dat die regsteorie en –praktyk onnadenkend neig om aan die hand van die staatlike paradigma die bestaande staatlike orde en staatlike identiteit.1 John Rawls John Rawls se magnum opus. terwyl alle ander entiteite en groeperings streng binne die grense van die private sfeer gehou word. 122 123 124 125 J Rawls A Theory of Justice (1971). Die verskynsel kom wyd voor en ook die mees gewaardeerde eietydse denkers is die — heel onkritiese — eksponente hiervan. reserveer Rawls die openbare politieke terrein vir die staat en die individuele burger. (d) J Rawls ‘The domain of the political and overlapping Consensus’ (1989) 64 New York University Law Review 233-255. sedert die vroegste oorsprong daarvan by Jean Bodin.

met ’n sluier van onkunde (veil of ignorance) met betrekking tot hulle eie identiteit. . Die onkunde wat gedurende die oorspronklike toestand vaardig is. ideologiese kode. Elke rasionele mens — en Rawls se klaarblyklik rasionalistiese model veronderstel noodwendig dat almal rasioneel sal te werk gaan met betrekking tot die behartiging van individuele belange — sal dus so kontrakteer dat daar ook vir die heel swakstes en die mins bevoorregtes voorsiening gemaak word. Elkeen loop die gevaar om na die verwydering van die sluier van onkunde te vind dat hy/sy moontlik in die allerlaagste en mins vermoënde posisie mag verkeer. bedek met die sluier van onkunde. Die rede hiervoor is dat die kontrakspartye. oor wat hulle sosiale en ekonomiese posisie in die samelewing sal wees. Tydens die sluit van die ooreenkoms geld wat Rawls die oorspronklike toestand (original position) noem. te bedek. posisie en oortuigings tydens die sluit van die ooreenkoms. of tot ’n niedominante etniese of kultuurgroep behoort. word weens die werking van die sluier van onkunde op die grondslag van volledige eenstemmigheid gesluit. verseker gevolglik dat die staatsorde en die regsbeginsels wat daaruit voortgebring word. Die oorspronklike toestand verseker ’n staat wat voorsiening maak vir basiese gelyke beregtiging van alle individue (en groepe) en wat aan geen ideologiese. In die oorspronklike toestand word daar weens die werking van die sluier van onkunde ’n situasie van volledige gelykheid (en vryheid) bewerkstellig. Die kontrak wat die grondslag van die regsorde is. Op hierdie manier word ’n rasioneel gefundeerde regsorde verseker. Die kontrak maak vir slegs die mees basiese minimumregsbeginsels voorsiening.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders .126 Die toestand word verkry deur almal wat by die sluit van die ooreenkoms betrokke is. enige amptelike erkenning verleen nie. 126 Rawls (n 125a hierbo) 234-239. danksy die feit dat almal in presies dieselfde posisie verkeer het.Die Nasie 157 By Rawls vind ons ’n moderne weergawe van die sosiale kontrakteorie wat gebruik word as ’n middel om ’n model van politieke geregtigheid te ontwerp. morele of welke ander partikuliere kode of opvatting ook al. In hierdie toestand moet die omstandighede so daar uitsien dat dit ideaal is vir die konstruering van ’n blywende toestand van politieke geregtigheid. Elkeen is geheel en al onkundig wat betref die identiteit wat hulle na die sluit van die kontrak sal hê. Die kontrak bevat uitdruklik geen bedinge waarin voorkeur gegee word aan ’n bepaalde godsdiens. telkens oorweeg het dat hulle na die sluiting van die kontrak mag ontdek dat hulle ’n nie-dominante godsdiens of ideologie aanhang. asook oor die standpunte wat hulle sal huldig en die oortuigings wat hulle sal koester. eenvoudig omdat elke kontraksparty juis self die gevaar loop om na die sluiting van die ooreenkoms in die swakste posisie te verkeer. godsdienstige. heeltemal neutraal is. etniese groep of enigiets dergeliks nie.

dit is ook nie die besondere Suid-Afrikaner. die WASP of Hispaniër nie. Moslem of Afrikaner nie. Sien byvoorbeeld Rawls (n 125d hierbo) 234-235. anders kry die staat ’n partikuliere en partydige identiteit wat vyandig mag wees teenoor ander partikuliere identiteite en gevolglik die interne kohesie van die staat kan ontwrig. oor waardes en oor partikuliere identiteite af te dwing nie. Partikuliere identiteite en voorkeure kan nie in die openbare sfeer weerspieël word en juridiese neerslag vind nie. oftewel ’n algemene ’neutrale’ staatsburgerlike rasionaliteit. Die staatlike regsorde is gevolglik ook die produk van daardie algemene staatsburgerlike rasionaliteit. Rawls sien die pluraliteit van die moderne staat as ’n blywende gegewe.128 Buite die openbare politieke sfeer kan assosiasies gevorm word op grond van gemeenskaplike beskouings oor die goeie. is dus ’n algemene individuele rasionaliteit. identiteit of enige ander konsep van wat goed of deugsaam is.127 Dit is heeltemal in orde as individue en gemeenskappe keuses maak oor wat goed. Die model plaas daarenteen ’n verbod op juridiese erkenning van enige partikuliere ideologiese oortuiging. Dit is nie ’n besondere Amerikaner.158 Hoofstuk 6 Die persoon wat by die oorspronklike toestand betrokke is. want daaroor kan daar nooit eenstemmigheid wees nie. byvoorbeeld die Swartman. Die rasionaliteit wat by die kontraksluiting in die oorspronklike toestand betrokke is. Die dwang van staatsgesag kan nooit aangewend word om daardie keuses op andersoortiges en andersdenkendes af te dwing nie. byvoorbeeld die Afro-Amerikaner. waarde. Zoeloe. Rawls ontwikkel dus nie ’n omvattende morele leerstuk nie. . met die gevolg dat daar geen heil is in pogings om partikuliere beskouings oor die goeie. Hierdie verbod is egter net op die openbare sfeer van toepassing. maar daardie keuses mag slegs in die private sfeer van krag wees. reg en van waarde is. maar slegs ’n politieke konsep van geregtigheid wat in die openbare sfeer geld. is die universele individu en die algemene staatsburger: die algemene Amerikaner of die algemene Suid-Afrikaner. Die gesag van die staat kan nooit ingespan word om oortuigings oor die goeie. Rawls tref voortdurend ’n streng onderskeid tussen die private en die openbare politieke sfeer. Sy geregtigheidsmodel verreken slegs dit wat gemeenskaplik aan alle individuele staatsburgers is. Dit kan gedoen word omdat daardie assosiasies op vrye keuses berus. van staatsweë te probeer afdwing nie. ’n Persoon het 127 128 Sien Rawls (n 125a hierbo) 224-225 en Rawls (n 124d hierbo) 248. Derhalwe is dit slegs die belange van die individuele algemene burger wat in die openbare orde vergestalt en juridies verreken word. Wat die staat kan afdwing is slegs die regsbeginsels waaroor daar eenstemmigheid bestaan (welke eenstemmigheid met die sluit van die kontrak gedurende die oorspronklike toestand bereik is) en wat elkeen se reg op vrye keuse-uitoefening beskerm.

maar in dieselfde asem ook ’n politieke — of. Rawls (n 125a hierbo) 224-225. Rawls (n 125d hierbo) 240. it is also distinct from the personal and the familial. Sien byvoorbeeld Rawls (n 125c hierbo). Binne die wêreld van assosiasies wat funksioneer op die grondslag van vrye vereenselwiging is dié model nie van toepassing nie. is die modus vivendi131 wat gevolg moet word ten einde die plurale staat se bestaan te verseker. Daarom volg dit dat ons hier juis met ’n politieke geregtigheidsmodel te doen het en nie met ’n algemene morele filosofie nie. Political liberalism. die staatsamelewing berus nie op vrye vereenselwiging nie en daarom kan dit nie op (partikuliere) afdwingbare beskouings van die goeie berus nie. maar insgelyks ook by die bewerking van die kohesie en die voortbestaan van die staat in sy bestaande vorm. Rawls is nie net ’n geregtigheidsfilosoof nie.. Rawls is klaarblyklik goed ingegrawe in die historiese wortels van die (politieke) liberalisme en is terdeë bewus van die plurale staat se strategiese afhanklikheid van die handhawing van verdraagsaamheid. Hy sluit hom juis uitdruklik aan by hierdie tradisie wat terugdateer na 129 130 131 Rawls (n 125d hierbo) 242. In a constitutional regime political power is also the power of equal citizens as a collective body. 274. Rawls se fokus is deurlopend op die konsep van politieke geregtigheid gerig.129 Die geregtigheidsmodel van Rawls is gevolglik net op die politieke terrein. holds. Rawls (n 125b hierbo) 9. Indien wel. which is voluntary in ways the political is not. then.. Maar die politieke.Die Nasie 159 die vryheid om hom met die dissipline van daardie assosiasies te assosieer en hom weer daarvan te disassosieer as hy dit verkies. die terrein wat hy die basic structure noem. Rawls (n 125a hierbo) 247. the political is distinct from the associational. some of whom may not accept the reasons widely thought to justify the general structure of political authority (the constitution). that there is a special domain of the political identified by at least these features. It is regularly imposed on citizens as individuals. which are affectional domains.130 van krag. but do not regard as well grounded many of the statutes and other laws to which they are subject. lei dit tot onregverdigbare dwangmaatreëls gemik teen diegene wat dit nie met die dominante konsep van die goeie eens is nie: . ’n Bykomende tema wat nou met hierdie hooftema verwant is. Rawls (n 125b hierbo) 3 et seq. So understood. again in ways the political is not. Sy belang lê by die versekering van openbare geregtigheid. the political power exercised within the political relationship is always coercive power backed by the state’s machinery for enforcing its laws. meer korrek — ’n staatstrateeg. . Modus vivendi is die frase wat Rawls gebruik vir die strategiese effek van sy teorie om die bestaande staat te bestendig en in stand te hou.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Om dit reguit te stel. some of whom accept that structure. of meer korrek.

Hierdie pluralisme word egter nooit ’n politieke twispunt nie. ’n private pluralisme. dit word nooit buite in die openbare sfeer toegelaat nie. maar bloot as individuele burgers. we must find another basis of agreement than that of a general and comprehensive doctrine.132 So redeneer hy: Now one reason for focusing directly on a political conception for the basic structure is that. Rawls (n 125b hierbo) 4. no general and comprehensive view can provide a publicly acceptable basis for a political conception of justice. and for the plurality of conflicting. Rawls (n 125a hierbo) 245.133 Rawls verklaar dat die voortbestaan van die staat wat van populêre ondersteuning afhanklik is.134 op ’n politieke konsep van geregtigheid moet berus: Since we are concerned with securing the stability of a constitutional regime.160 Hoofstuk 6 die era van die oorspronklike vestiging van die staatlike paradigma deur Bodin en Hobbes. and wish to achieve free and willing agreement on a political conception of justice that establishes at least the constitutional essentials. we look for a political conception of justice that might be supported by an overlapping consensus. The social and historical conditions of modern democratic regimes have their origin in the Wars of Religion following the Reformation and the subsequent development of the principle of toleration. Vir doeleindes van die openbare sfeer het mense slegs een identiteit. And so. and indeed incommensurable conceptions of the meaning. Rawls (n 125b hierbo) 4-5. and in the growth of constitutional government and of large industrial market economies. oortuigings en verbintenisse. omdat die verskille buite die openbare politieke sfeer gehou word. 249. Rawls se pluralisme is net soos dié van sy liberale voorgangers binne die staatlike paradigma. bly streng binne die private domein: 132 133 134 135 Sien hieroor die breedvoerige bespreking in hoofstuk 4.135 Rawls se konstitusionele regime is gebaseer op ’n algemene konsensus oor regsbeginsels wat bereikbaar is ten spyte van diepliggende verdelings in ’n plurale samelewing. Partikuliere identiteite bly as ’t ware tuis. ‘conceptions of the good’) affirmed by the citizens of democratic societies. as this alternative basis. such a conception must allow for a diversity of general and comprehensive doctrines. van welke wesenlike belang dit ook al vir die betrokke individue mag wees. value and purpose of human life (or what I shall call for short. Ander identiteite. as a practical political matter. In die openbare sfeer ontmoet mense mekaar nie uit hoofde van hulle partikuliere identiteite nie. These conditions profoundly affect the requirements of a workable conception of justice: among other things. Rawls (n 125a hierbo) 235. . naamlik dié van staatsburgers.

en ander bande misken. ten spyte van die feit dat die bestaande staatlike orde met sy besondere grensafbakening kulturele. Dit plaas ’n verbod op die openbare politieke manifestasie van enige partikuliere identiteit wat moontlik tot gevolg kan hê dat die bestaande orde onder druk geplaas word en wat sigself beywer vir die transformasie van die bestaande staatlike orde. byvoorbeeld Amerikaanse of Suid-Afrikaanse burgers. Wanneer hy ons meedeel wat die taak van die politieke filosofie is. V Van Dyke ‘The individual the state and ethnic communities in political theory’ (1976-77) 29 World Politics 348. Die funksie van die politieke filosofie is naamlik om partikuliere menings en identiteite so te manipuleer dat die gemeenskaplike beklemtoon en die verskille genegativeer word ten einde ’n openbare konsensus te bou en dienooreenkomstig die spektrum van openbare verskille te vernou. godsdienstige. Hy werk geheel en al onkrities daarbinne asof dit ’n onveranderlike vanselfsprekende gegewe is. wat uiteenlopende groeperings in een staat ingekamp het.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . taal.Die Nasie 161 They may regard it as simply unthinkable to view themselves apart from certain religious.. These convictions and attachments form part of what we may call their non-public identity .136 Vir doeleindes van die openbare politieke sfeer kwalifiseer dus slegs die gemeenskaplike burgerskapsidentiteit. Binne hierdie sfeer word slegs die gemene deler.137 Op die keper beskou. philosophical and moral convictions or from certain enduring attachments and loyalties. die legitimeerder. funksioneer ook as ’n politieke strategie. openbaar Rawls homself as ’n staatsbouer — met ander woorde. . Rawls se politieke konsep van geregtigheid met al die aansprake van neutraliteit wat daarmee gepaard gaan. 136 137 138 Rawls (n 125a hierbo) 241. is Rawls se politieke konsep van geregtigheid gebaseer op ’n samelewing wat funksioneer op die grondslag van die eenstemmige besef dat daar ’n gebrek aan onderlinge gemeenskap in die kontemporêre territoriale staat bestaan.. toegelaat en nooit die partikuliere Afro-Amerikaner. bestendiger en versterker van die bestaande orde van die territoriale staat. byna asof dit op ’n dag bloot uit die lug geval het — in die woorde van Vernon van Dyke as a kind of happening138 — en daarmee uit en gedaan. ’n onveranderlike en permanente gegewe is. asook op die aanname dat die arbitrêre afbakening van die grense van territoriale state. etniese. Rawls (n 125a hierbo) 230. dat daar niks omtrent dié arbitrêre toedrag van sake gedoen kan en moet word nie. Moslem of Afrikaner nie. Rawls het derhalwe geen kritiese sin vir die territoriale staat in sy huidige orde nie. Katoliek.

in perpetuity practically speaking. So gradually over time. sal hulle algaande getrouer teenoor die staat raak:139 This independent allegiance in turn leads people. sonder ’n gemeenskap. Iris Young bepleit teenoor die algemene 139 140 141 Rawls (n 125b hierbo) 21-22. the statesman to the next generation. Yes and no: the politician. naamlik oor die noodsaak van regsbeginsels wat die private belange van alle individuele burgers sal bevorder. as the success of political cooperation continues. looks at the next election. to act with evident intention in accordance with liberal arrangements since they have reasonable assurance (founded on past experience) that other will also comply with them. we say. with practical political possibilities. Philosophy sees the political world as an on-going system of co-operation over time. Aangesien individuele burgers met verloop van tyd toenemend sal besef dat die liberale staat hulle ter wille is. Rawls (n 125b hierbo) 23. Moreover. Rawls (n 125b hierbo) 24.141 Vanuit ’n kommunitêre denkraamwerk is daar toenemende aandrang op die erkenning van groepsgedifferensieerde regte en word daar oortuigend teen die verskraalde staatsburgerskaplike identiteit beswaar aangeteken. . is die ru-materiaal van Rawls se politieke geregtigheidsmodel.140 Rawls se projek is om binne die gegewe realiteit van die territoriale staat ’n gemeenskaplike staatsburgerlike identiteit aan te kweek en te voed ten einde sodoende die onderlinge kohesie van die staatsburgers te versterk en blywende stabiliteit van die staatlike orde te bewerkstellig.162 Hoofstuk 6 Hierdie soort staat sonder ’n nasie. and philosophy to the indefinite future. This has led us to outline for example. Political philosophy is related to politics because it must be concerned. citizens come to have increasing trust and confidence in one another. Benewens ander dinge is Rawls ook die voortreflike staatsman met ’n staatsbouprojek wat daarop afgestem is om die bestaande orde tot in die verre toekoms in stand te hou: Some may think that to secure stable social unity in a constitutional regime by looking for an overlapping consensus detaches political philosophy from philosophy and makes it into politics. Oor slegs een saak is daar in hierdie staatlike orde eenstemmigheid. how it is possible for the deep divisions present in a pluralistic society to be reconciled through a political conception of justice that gradually over generations becomes the locus of an overlapping consensus. as moral philosophy need not be. this concern with the practical possibilities compels political philosophy to consider fundamental institutional questions and the assumptions of a reasonable moral psychology. sonder gemeenskaplike identiteit of gemeenskaplike konsep van die goeie.

binne die openbare terrein geakkommodeer.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . In die proses word die konkrete identiteite en situasies van ’n klomp besondere mense vanuit agtergronde. word daar aangedring op die erkenning van gedifferensieerde burgerskap. gee voor dat dit groepe nie in ag neem nie en ook nie voorkeur aan enige partikuliere waardes of identiteite gee nie. Daar vind dus ’n kommunikasiekortsluiting plaas in die poging om ’n algemene teoretiese geregtigheidsmodel te probeer opstel. die erkenning van ’n groepsgedifferensieerde burgerskap en van ’n heterogene publiek.Die Nasie 163 burgerskaplike identiteit. Young (n 89 hierbo) 250 et seq.145 Dit vind plaas omdat die oorspronklike toestand wat sentraal in Rawls se stelsel is. Young (n 89 hierbo) 258. Daar word bowendien aanvaar dat die verskille ook nie uitgeskakel kan word nie. Teoretici soos Rawls kan eenvoudig. omdat dit die besondere identiteite en belange van minderhede ignoreer. Die teoretikus kan daardie besondere belewenisse en situasies eenvoudig 142 143 144 145 Young (n 89 hierbo) 257-258. te kan opstel nie. en poog om vanuit daardie hoek ’n standhoudende geregtigheidsmodel te ontwerp. Die gebrek kom voor omdat Rawls en andere soos hy nie self tot minderhede behoort nie en derhalwe nie namens minderhede kan praat nie. Juis met die oog daarop om hierdie ongelykhede jeens minderhede aan te spreek. Young verwerp hierdie aanspraak van neutraliteit en onpartydigheid. wat impliseer dat alle reëls op almal van toepassing is.142 Hiervolgens word verskille in die openbare domein erken in plaas daarvan om dit na die private terrein uit te skuif. nie daarin slaag om vanuit die leefwêreld van minderhede.143 Die algemene staatsburgerskap. Sien MS Williams ‘Justice towards groups’ (1995) 23 Political Theory 75 et seq se bespreking van die inagneming van sosiale verskille as vereiste vir geregtigheid binne ʼn politieke bestel.144 Die politieke geregtigheidsmodel van Rawls is ondanks al die neutrale aansprake in werklikheid partydig. kulture en sosiale kontekste anders as dié van die teoretikus self nooit na vore gebring nie. Die teoretikus praat namens wat hy as die universele burger sien. . die besondere behoeftes en belange van minderhede te artikuleer nie. en ook nie daarin kan slaag om ’n geregtigheidsmodel waarin minderheidsbelewenisse en -belange vervat is. in die besonder ook dié van nie-dominante minderhede. epistemologies gebrekkig is. Sy verduidelik dat universele reëls nalaat om minderheidsbelewenisse en -belange te verreken en sodoende sodanige minderhede tot tweedeklasburgers reduseer. en daar word gepoog om verskille binne die openbare domein te akkommodeer. Minderheidsbelewenisse word dus nie in die oorspronklike toestand vervat nie en kan nie die medebepaler van sy geregtigheidsmodel wees nie. weens die feit dat hulle nie tot minderhede behoort nie. Daardeur word alle ervarings en opvattings.

Die enigste haalbare alternatief vir die instandhouding van geregtigheid is die deurlopende daadwerklike politieke deelname van almal. Sy poging om geregtigheid te bewerkstellig misluk uiteindelik om twee redes: eerstens. sy onuitgesproke verknogtheid aan die bestaande orde van die territoriale staat en sy onvermoë of onwilligheid om die wenslikheid van die staatlike orde as vertrekpunt te bevraagteken.. Hy bevraagteken dit nooit. we should not suppose that we as individuals toiling away in the cloistered halls of academe.. insluitende gemarginaliseerde minderhede. Rawls is die geregtigheidsfilosoof binne die staatlike paradigma. . Regskepping moet dus nie buite en vóór die politiek geskied nie. Dit is sy onuitgesproke en onoorwoë vertrekpunt. Die bestaande orde van die territoriale staat is sy vaste vertrekpunt — die vanselfsprekende happening waarvan hy uitgaan. Daarom is so ’n oefening altyd tot mislukking gedoem. en tweedens. maar op ’n deurlopende grondslag binne die politieke diskoers. In die diskoers moet alle belange regstreeks deur die belanghebbendes geartikuleer word148 en nie deur ’n virtuele filosofiese verteenwoordiger wat nooit daarin kan slaag om werklik namens almal te praat nie. Hy oorweeg nooit die moontlikheid dat die bestaande staatlike orde moontlik in die pad van die totstandkoming van geregtigheid staan nie en gaan konsekwent van die standpunt uit dat geregtigheid binne die bestaande orde bereik moet word. 146 147 148 Wiliams (n 145 hierbo) 78. Wiliams (n 145 hierbo) 78. can construct principles of justice that anticipate standpoints of all relevant others. omdat hy in die laaste instansie op ’n ondemokratiese wyse te werk gaan in ’n poging om geregtigheid te bewerkstellig. Hy versuim om die belewenisse van gemarginaliseerde minderhede te laat meewerk in die vestiging van geregtigheid deurdat hy slegs die algemene rasionele mens (hyself) se belewenisse.164 Hoofstuk 6 nie verreken en artikuleer nie en hy het dus geen konkrete verteenwoordigings-mandaat nie. belange en behoeftes en identiteit in die sy sosiale kontrak laat kontrakteer. Wiliams (n 145 hierbo) 79.147 Dit is onmoontlik om ’n prosedure vir ’n algemene geregtigheidsmodel te ontwerp sonder dat dit uiteindelik die ontwerper van die stelsel se eie identiteit en sosiale posisie weerspieël. Gevolglik misluk sy poging om daardie groepe in die geregtigheidsmodel te verteenwoordig:146 .

toegedig word. ook in ander jurisdiksies) vervul die boni mores-konsep ’n nuttige en belangrike funksie. maar bepaaldelik ’n juridiese betekenis het. Sien in dié opsig Ismail v Ismail (n 149 hierbo) 1025-1026 waar onderskei word tussen moraal in die sedelike sin teenoor moraal in die juridiese sin. Die bewys van die boni mores geskied by wyse van geregtelike kennisname — dikwels stilswyend en onbewus.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . 149 150 151 152 Sien byvoorbeeld Clarke v Hurst NO and Others 1992 4 SA 630 (D) 650-653. die strafreg asook die huweliksreg. As sodanig vervul die boni mores-konsep ’n belangrike funksie in die konteks van die verbintenisreg (die deliktereg en die kontraktereg). Hawker v Life Offices Association of South Africa and Another 1987 3 SA 772 (K) 781.Die Nasie 165 4. Elida Gibbs (Pty) Ltd v Colgate Palmolive (Pty) Ltd (1) 1988 2 SA 230 (W) 537.SA 273 (T) 278 80. Die voorsittende regterlike amptenaar vertolk hierdie opvattings151 en beslis op sterkte daarvan onder meer of ’n handeling onregmatig of wederregtelik is. Sien Ismail v Ismail (n 149 hierbo) en die regspraak daar aangehaal. Sien byvoorbeeld AJ van Wyk ‘Die bewyslas van die boni mores’ (1975) 38 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 386. Ronald Dworkin en regsbeginsels (a) Nasiebouregspraak In die Suid-Afrikaanse reg vervul die konsep van boni mores oftewel die sogenaamde objektiewe redelikheidskriterium ’n beslissende rol by die beoordeling van die onregmatigheid (of wederregtelikheid) al dan nie. Marais v Richard 1981 1 SA 1157 (A) 1168. dit wil sê ’n staatlike gemeenskap.150 Dit word vereenselwig met die regsopvattings van die gemeenskap. van ’n handeling.149 Daar word gesê dat die boni mores in die regskonteks nie ’n morele nie. Coronation Brick (Pty) Ltd v Strachan Construction Co (Pty) Ltd 1982 4 SA 571 (N) 579 et seq. Schultz v Butt 1986 3 SA 667 (A) 679. al dan nie. Ismail v Ismail 1983 1 SA 1006 (A) 1026. Macadamia Finance Ltd en ’n Ander v De Wet en ’n Ander 1991 4. Atlas Organic Fertilizers (Pty) Ltd v Pikkewyn Ghwano (Pty) Ltd and Others 1981 2 SA 173 (T) 188-189. Administrateur. Die probleem is dat die boni mores klakkeloos aan ’n vermeende Suid-Afrikaanse gemeenskap.2 Nasiebouregspraak. Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A) 597. . Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat die Suid-Afrikaanse samelewing ’n gemeenskap konstitueer en dat hierdie staatlike gemeenskap eensgesinde morele en juridiese opvattings huldig. Desondanks is selfs so ’n konkrete saak soos die werking van die boni mores in die regspraktyk steeds ook ’n praktiese manifestasie van die staatlike paradigma en funksioneer dit onbewustelik as staatsboustrategie.152 In die Suid-Afrikaanse regsdogmatiek asook in die regspraktyk (en verwoord in ander terme. Dit is ’n soepel maatstaf wat in staat is om veranderende opvattings en oortuigings te verreken en sodoende tot billike regspraak by te dra. Transvaal v Van der Merwe 1994 4 SA 347 (A) 364. en of ’n potensieel poligame huwelik gesluit kragtens Islamitiese rites geoorloof (en dus regmatig) is.

Die hof verklaar dat regsopvattings nie orals dieselfde is nie. onaanvaarbaar is en dat dié onaanneemlikheid alle lede van ‘ons’ gemeenskap bind. Daar word konsekwent met die vaste veronderstelling van ’n nasionale. eensgesindheid met betrekking tot die boni mores gewerk.155 Die onderskeid loop langs staatsgrense en die gedagte kom nie by die hof op dat daar ook binne die staat langs die grense van kultuur.en afkeure doen hulself as universele opvattings voor..’. Die boni mores gee. (1) SA 1006 (A) op 1026B. Die hof verklaar dat: . Seksionele voor.en ander gemeenskappe verskille mag bestaan nie..J.. 4 SA 630 (A) op 653B. such a union can be regarded as contra bonos mores .154 In Marais word die veronderstelling van ’n algemene Suid-Afrikaanse gemeenskap op ’n ander manier versterk. Weereens word sonder meer met die veronderstelling van ’n enkele Suid-Afrikaanse gemeenskap gewerk. Dit is ’n meganisme wat die uitwerking het 153 154 155 156 1975 1992 1981 1983 3 SA 590 (A) op 597B. Vanweë die feit dat dit as algemene opvatting funksioneer. die waardes en oortuigings van slegs die dominante komponent van die staatlike samelewing te verteenwoordig. maar funksioneer daarenteen in werklikheid as ’n hegemoniese ideologie en strategie. funksioneer as strategie waardeur ander legitieme wyses van menslike uitdrukking misken en onderdruk word. of liewers ’n staatlike... voor om ’n omvattende nasionale eenstemmigheid te weerspieël. soos hierbo gedemonstreer is. In Ismail word op grond van dieselfde veronderstelling verklaar dat die opvattings met betrekking tot die sluit van ’n potensieel poligame huwelik wat volgens Islamitiese gebruike gesluit is. the legal convictions of our society. In Clarke word eweneens verwys na ‘.. said in Seedat’s case at 309.156 Die maatstaf van die algemene boni mores vertoon sigself as die uitdrukking van ’n breë nasionale konsensus. skakel dit die moontlikheid van alternatiewe opvattings by voorbaat uit. its boni mores . 1 SA 1157 (A) op 1168 D-E. opgetooi in neutrale retoriek. verwys na die regsopvatting van ‘die gemeenskap’.166 Hoofstuk 6 In Ewels153 word daar op sterkte van die aanname dat daar wel ’n Suid-Afrikaanse gemeenskap is. naamlik om. Die suggestie is dat daar inderdaad ’n enkele SuidAfrikaanse gemeenskap is. or as Innes C. Die hof opereer dan perfek binne die staatlike paradigma deur te verklaar dat Suid-Afrikaanse regsopvattings verskil van dié wat in Engeland en die VSA geld. Die algemene boni mores wat alle persone bind. as being contrary to the accepted customs and usages which are regarded as morally binding upon all members of our society. In werklikheid kan dit juis die teenoorgestelde uitwerking hê.. as being fundamentally opposed to our principles and institutions. ..

Mokgoro in Jaftha (n 159) para 28 90E.157 Die grondwetlike oorgang in Suid-Afrika wat in 1994 ’n aanvang geneem het.158 Ofskoon nie daartoe beperk nie. Boonop is daar herhaaldelik verklaar dat die nasie gesamentlike aspirasies159 en ideale het. para 95 391H-392A. Ngcobo r ook in Kaunda (n 159 hierbo) para 156 1048G-H en para 159 1049D-E.Die Nasie 167 dat die waardes van een segment van die staatsbevolking op die ander afgedwing word. Mahomed r in Makwanyane para 262 758B-D. Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly and Others 2006 12 BCLR 1399 (KH) 1472C-D.162 Volgens verskeie dicta van regters van die Konstitusionele Hof het die nasie ook gesamentlike waardes. Die hof het nie net die bestaan van ’n Suid-Afrikaanse nasie sonder meer aanvaar nie.160 dat die nasie homself tot sekere dinge verbind het161 en dat die nasie strewes het. veral by monde van regter Sachs. Die hof het die mening gehuldig dat die reg om verskillend te wees. heterogeniteit en verdraagsaamheid vir verskille as grondwetlike waardes sterk onderskryf. vereenselwigbaar is nie. Ngcobo r in Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environment and Tourism 2004 7 BCLR 687 (KH) para 106 730E-F. Mokgoro r in Jaftha para 28 90D. ’n aspek van die reg op gelykheid uitmaak en het die mening uitgespreek dat eenvormigheid en die standaardisering van gedrag nie met die waardes van gelykheid waarop ’n demokratiese samelewing gebaseer is. Chaskalson hr in Kaunda (n 159 hierbo) para 60 1026F. para 134 1576A-C. Ngcobo r in Kaunda (n 159 hierbo) para 1551048F.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Die Konstitusionele Hof het by verskeie geleenthede. Daar is egter ook ’n ander lyn van regspraak waarin die Konstitusionele Hof sigself as ywerige staatsbouer onderskei en die gedagte van ’n monolitiese staatsnasie op verskeie maniere onderskryf het. Langa r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 227 752F-G. pluraliteit. . was dit veral in die konteks van verdraagsaamheid jeens homoseksuele en homoseksuele verhoudings dat hierdie sentimente gelug is. Mokgoro r in Jaftha v Schoeman and Others and Van Rooyen v Stoltz and Others 2005 1 BCLR 78 (KH) para 28 90 B-C. regter Sachs in Matatiele Municipality and Others v President of the RSA and Others 2006 5 BCLR 622 (KH) para 97 622I. het grondwetlik gebaseerde regspraak en in die besonder regspraak gegrond op die handves van regte ingelui. Ngcobo r in Kaunda and Others v President of the Republic of South Africa and Others 2004 10 BCLR 1009 (KH) para 155 1048F.163 Die nasie het ook sy eie 157 158 159 160 161 162 163 K Malan ‘Oor die hofnotuleringstaal in die lig van die grondwet en na aanleiding van onlangse regspraak’ (1998) 61 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 304. Minister of Home Affairs and Another v Fourie and Another 2006 3 BCLR 305 (KH) para 60 379E-G para 94 391C-D. Didcott r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 190 740I-J. National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice and Others 1998 12 BCLR 1517 (KH) para 132 1574H-1575A. Sachs r in Matatiele Municipality (n 159 hierbo) para 97 852I-853. Didcott r in S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH) para 7403J. Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 10 BCLR 1051 (KH) para 24 1063A-C.

Mahomed r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 262 758A-B. Van die indruk dat die nasie ’n religieuse eienskap van heiligheid vertoon. waarna dit later etlike kere deur Suid-Afrikaanse regters ge-eggo is. Blykens die vermelde stellings het die staatsnasie die karakter van ’n lewende organisme en van een individuele morele agent. morele en etiese oortuigings en opvattings huldig en ’n geregtigheidsgevoel koester. maar bowendien ook ’n siel het. regter Sachs in Minister of Health and Another NO v New Clicks South Africa (Pty) Ltd and Others (Treatment Action Campaign and Another as Amici Curiae) 2006 1 BCLR 1 (KH) para 625 183D.165 Die nasie het ’n gesamentlike geregtigheidsgevoel166 en in die finale instansie het die nasie ook ’n siel. die nasie beweeg in ’n morele en etiese rigting. It is a 'mirror reflecting the national soul”’. Mahomed r het onder meer op 813A-B van sy uitspraak in S v Acheson gesê: ‘The constitution of a nation is not simply a statute which mechanically defines the structures of “government and the relations between the government and the governed. waardes. Juis daarom kan ’n etos aan die nasie toegeskryf word en kan hy bepaalde karaktertrekke hê. Die stelling dat die nasie ʼn siel het. Regter Sachs in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 362 785A-B.168 Hoofstuk 6 etos — ’n nasionale etos164 — sowel as morele en etiese opvattings en oortuigings of. onder meer oor regtelike interpretasie. word soms as ’n eiesoortige weerspieëling 164 165 166 167 Mahomed r in S v Makwanyane (n 159 hierbo) para 262 758A-B. Daarom kan dit aspirasies. weliswaar waarskynlik onnadenkend. the articulation of the values bonding its people and disciplining its government. later hoofregter in die Namibiese uitspraak in S v Acheson 1991 2 SA 805 (Nm) gemaak. Sachs r in Matatiele Municipality (n 159 hierbo) para 97 853A. dog volledig in die staatlike paradigma ingebed is. is aanvanklik deur Mahomed r. Ngcobo r in Kaunda (n 159 hierbo) para 155 1048F-G. Mokgoro r in Jaftha (n 159 hierbo) para 28 90D. Die verhewe aard van die nasie bring mee dat dit nie net morele karaktertrekke het en kan wil nie. soos die hof dit stel. kan beswaarlik ontsnap word.167 Ongeag of ’n Suid-Afrikaanse nasie hoegenaamd bestaan al dan nie. regter Sachs in Doctors for Life (n 158 hierbo) para 1470A-B. strewes en ideale hê en daarom kan dit sigself tot bepaalde doelwitte verbind en in ’n bepaalde rigting beweeg. het die regters van die Konstitusionele Hof met hierdie dicta die gedagte van ’n monolitiese Suid-Afrikaanse staatsnasie in bykans hartstogtelike terme onderskryf. As enkele morele agent is die staatsnasie uiteraard ook in staat tot die vorm van ’n enkele algemene wil. the identification of the ideals and aspirations of a nation. para 263 758I-J. apologeet van staatlikheid In die werk van Ronald Dworkin vind ons ’n tipiese voorbeeld van regsdenke wat. Dworkin se opvattings. Ncgobo r in Kaunda (n 159 hierbo) para 155 1048F-G.’ . Met hierdie klinkende retoriek kon die Konstitusionele Hof die saak vir die staatsnasie nouliks helderder uitbasuin het. (b) Ronald Dworkin.

Die twee strominge het myns insiens suksesvol aangetoon dat die reg nie beskou kan word as ’n objektiewe neutrale normkompleks nie. Politics and the Claims of Communities’ (1990) 90 Michigan Law Review 741-742 verduidelik dat Dworkin werk met ʼn meta-etiese verskyningsvorm van kommunitêre denke.170 Dworkin is daarenteen daarvan oortuig dat alle regsgeskille bevredigend beslis kan word op grond van reëls en beginsels inherent aan die normkompleks van die regstelsel. pragmatiese of utilitêre oorwegings terug te val of om ’n diskresie uit te oefen nie. Gardbaum (n 168 hierbo) 743. .Die Nasie 169 van die kommunitêre denkpatroon beskryf. H-G Gadamer ‘Truth in the Human Sciences’ (vertaling uit Duits deur BR Wachetrhauser) in BR Wachetrhauser (red) Hermeneutics and Truth (1994) 25-32.169 Dworkin verset hom teen die siening dat regsgeskille op grond van subjektiewe faktore soos die regter se persoonlike vooroordele en voorkeure. aangesien hy die gemeenskap as bron van die reg beskou. In die vierde hoofstuk van sy Taking Rights Seriously verduidelik Dworkin hoe geskille ingevolge sy koherente rights thesis deur sy fiktiewe super-regter. insluitende die regshermeneutiek. Hy verwerp die siening dat regsgeskille op grond van iets anders as die regsnorme van ’n bepaalde regskultuur beslis word. H-G Gadamer Truth and method (1989) (vertaling uit Duits deur J Weinsheimer en G Donald veral 267-377. asook deur ekonomiese en politieke faktore.168 Hy lewer sy werk teen die agtergrond van die heftige kritiek wat vanuit die geledere van die Amerikaanse Realisteskool in die Regsleer en die Critical Legal Studies-beweging op die objektiwiteitsaansprake van die reg gelug is.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . dat alle geskille aan die hand van dié beginsels bereg kan word en dat dit daarom nooit nodig is om op buite-regtelike. aan die hand van (regs)beginsels 168 169 170 SA Gardbaum ‘Law. het langs ’n ander weg tot soortgelyke gevolgtrekkings gekom. maar is bloot dit wat die hof (en administrateurs wat die reg toepas) uiteindelik van beslissing tot beslissing sê dit is. Die reg is nie ’n vaste stel reëls nie. met inbegrip van die besondere agtergrond en persoonlikheidsamestelling van die voorsittende regter. Voorts is aangetoon dat reg grondliggend deur nie-juridiese faktore beïnvloed word. pragmaties op grond van beleidsoorwegings of na gelang van die wisselende dominante strominge in die politiek beslis word. Sien byvoorbeeld S Fish Is there a text in this class? The authority of interpretive communities (1980) veral 303-353. en dat regsreëls juis weens die onbepaaldheid daarvan nooit in staat is om regsekerheid te bewerkstellig nie. dat regsreëls grondliggend onbepaald is en nie ’n vaste inhoud het nie. Hy glo dat die regstelsel ryk genoeg is aan objektief vasstelbare beginsels wat deur die hele regstelsel suurdeeg. Die reg is inderdaad dikwels bloot ’n manifestasie van die politiek. Hercules. Die insigte vanuit die hermeneutiek.

170 Hoofstuk 6 bereg word. wetgewende en konstitusionele reëls in. Dit sluit gemeenregtelike. HLA Hart The Concept of Law (1961) 129. In baie gevalle sal egter gevind word dat daar nie duidelik omlynde reëls bestaan wat ’n klinkklare oplossing vir ’n regsgeskil kan verskaf nie.. diepliggender regsbeginsels waarop die regter kan terugval tog altyd beskikbaar is. Die institusionele geskiedenis word vervat in die gemenereg. pas die regter uiteraard eers die duidelik gekristalliseerde reëls van die regstelsel toe. must accommodate. about the right of an individual. daar verskeie — ook botsende — beginsels gevind mag word. 141. Dworkin is egter heelwat meer optimisties oor die omvangryke sekerheid van die reël.. because institutional history is part of the background that any plausible judgment. sal Hercules die breë politieke filosofie van die institusionele geskiedenis moet ondersoek. institutional history acts not as a constraint on the political judgment of judges but as an ingredient of that judgment. Dworkin (n 171 hierbo) 87.173 Dit is nou egter ook so dat wanneer Hercules tersaaklike beginsels uit die institusionele geskiedenis van die regstelsel moet aflei. HLA Hart was hiervan bewus en het begryp dat regsgeskille soms nie op grond van regsreëls beslis kon word nie. Die regsbeginsels sal in die afwesigheid van die reëls die regte van die gedingvoerende partye afbaken en die norme voorsien aan die hand waarvan die geskil beslis kan word. Die regter put daaruit wanneer dit kom by die uitvoer van sy plig om sake te beslis in ’n situasie waar spesifieke regsreëls nie beskikbaar is nie. Om dit reg te kry. Hy verduidelik dat ofskoon dit waar is dat gedetailleerde regsreëls met die vermoë om ’n summiere oplossing vir ’n regsgeskil te bied.en beginselkompleks van die reg. . soms mag ontbreek. in plaas daarvan om soos die fiktiewe Herbert toevlug in pragmatiese oorwegings te gaan soek. Hierdie beginsels word gevind in die institusionele geskiedenis van die regstelsel. Daarom het hy toegegee dat die regter in dergelike gevalle sy regterlike diskresie sal moet uitoefen172 ten einde vir die tekortkominge in die reg te vergoed.171 Wanneer die hof ’n geskil moet bereg. Hierdie institusionele geskiedenis is die bron van die normkompleks. wetgewing en in die grondwet van die betrokke staat en dit sluit insgelyks die gemeenskapsmoraliteit in. Die korrekte beginsel wat uit die wedywerende beginsels geselekteer moet word. Uit die wedywerende beginsels sal Hercules daarom die regte beginsel moet selekteer. Volgens Dworkin se rights thesis: . is dan daardie een wat die getrouste is aan die breë politieke filosofie 171 172 173 RM Dworkin Taking Rights Seriously (1977) 81-130. Beginsels mag dus met mekaar wedywer vir aanwending in ’n bepaalde geskil.

Dworkin beskou die staat.Die Nasie 171 van die institusionele geskiedenis. Sien AE van Blerk Jurisprudence: An Introduction (1996) 97-102. Dan verval reg in subjektivisme en pragmatisme.174 Wanneer Hercules aan die werk is. lê hy die grondbeginsels bloot waarop ’n regstelsel gebaseer is. oftewel die staatsgemeenskap. Dworkin se institusionele geskiedenis is niks anders nie as die institusionele geskiedenis van die regstelsel van die territoriale staat. RM Dworkin Law’s Empire (1985) 188. wat regering aan die hand van beginsels moontlik maak. Dworkin (n 171 hierbo) 190-215. Gardbaum (n 168 hierbo) 743. iets wat Dworkin juis tot elke prys wil verhoed. Vir doeleindes van hierdie bespreking is die kern van Dworkin se koherente regsteorie dat hy binne die matriks van die institusionele geskiedenis van sy eie regsgemeenskap regsbeginsels ontdek aan die hand waarvan enige geskil bereg kan word. wat deur ’n breë morele en juridiese eenstemmigheid gelei word. Die bron van die reg in Dworkin se teorie is ’n enkele kollektiewe morele agent. Die klem lê op die ontdekking en ontsluiting van bestaande beginsels. as die bron van koherente reg 174 175 176 177 178 179 Dworkin (n 171 hierbo)107. is om die reëls wat in die regsbeginsels opgesluit is.175 Wat Hercules dus doen.176 Dworkin se gemeenskap. is ’n gemeenskap wat deur beginsels saamgebind word: ‘a community of principle. te ontdek en dit daarna toe te pas.Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Dit moet noodwendig enkel wees. HLA Hart ‘American Jurisprudence through English Eyes: The nightmare and the Noble Dream’.’177 So ’n beginsels-gemeenskap. is die gemeenskap as geheel. Hy ontdek bloot dit wat reeds lankal bestaan het. beskryf HLA Hart Dworkin heel gepas as die the most noble dreamer of them all. anders is sy teorie inherent teenstrydig en misluk sy aanspraak op die koherensie van sy regsteorie.179 Waarvoor Dworkin egter veral in die skyf gekry moet word. vervat in Essays in Jurisprudence and Philosophy (1983) 137. Dworkin se geloof in die potensiaal van regsbeginsels het onder fel kritiek deurgeloop. . Dworkin (n 171 hierbo) 116-118. maar wat tot met die ontdekking daarvan nog nie aan die lig gekom het nie. is sy klakkelose vereenselwiging van die konsepte van gemeenskap en staat. en maak dit daarna op die onderhawige geskil van toepassing. Gardbaum (n 168 hierbo) 743. is die naaste wat ’n mens aan ’n ware gemeenskap kan kom. Hierdie morele agent wat ’n koherente stel waardes oplewer. Sonder om vir ’n oomblik ’n sweem van twyfel te openbaar.178 Weens Dworkin se onwrikbare geloof om altyd in beginsels regsekerheid te vind. die kollektiewe outeur van die reg. want Hercules maak nie nuwe uitvindings nie en skep nie self nuwe reg nie. aanvaar hy sonder meer dat die regstelsel van die staat koherent is. Hy aanvaar dat die staat per definisie ’n koherente regsgemeenskap huisves.

in plaas daarvan om kommunitêre sentimente en oortuigings aan hom toe te dig. want vir hom is die stelsel koherent en legitiem. Daarom is dit meer gepas om hom eerder as ’n verdediger van die staatlike orde te tipeer. Die teendeel van Dworkin se aanname is nader aan die waarheid. is ’n koherente stel regsbeginsels wat uitgroei uit die staatlike orde.180 Wat hy aan sy lesers voorhou. funksioneer dit as ʼn instrument vir die juridiese magsverskansing van die hegemoniese komponent in die staat se dominasie oor die res — en die res. aangesien hy sonder meer aanvaar dat die staat wel ’n gemeenskap is. Dit is eiesoortig. democracy and the individual’ (1988) 8 Legal Studies 304 et seq. Hy beskou Dworkin se opvatting oor 180 181 182 Dworkin (n 171 hierbo) 167. Dit verswyg Dworkin egter. Vir Dworkin staan die staat.172 Hoofstuk 6 en spesifiek van koherente regsbeginsels. Hy aanvaar sonder meer dat die staatlike orde koherent en legitiem is. Die bestaande staatlike orde wat voortspruit uit ongelyke magsverhoudings van die verlede is dikwels die vergestalting van dominasie van ’n hegemoniese formasie oor onmagtige en swakker groeperings. Hy stel gemeenskap en staat sonder meer gelyk. In die proses verswyg hy die gebrek aan koherensie. I Duncanson ‘Law. Alles is in orde. wat dikwels binne ’n staat vaardig is. En hoe meer sake in orde is. Duncanson (n 181 hierbo) 310. heterogeniteit en dominasie — in die oë van Duncanson aan iets soos die erg heterogeen saamgeflansde OostenryksHongaarse ryk. Inteendeel. Vir sover die nasiegemeenskap wel as ʼn teoretiese konsep aanwending vind. Ian Duncanson181 kry Dworkin in die visier deur daarop te wys dat die soort (staats)nasiegemeenskap wat die kollektiewe bron van Dworkin se regsbeginsels is. dit herinner eerder aan inkoherensie. oortuigings en belange en gepaardgaande onderdrukking van ander stelle niedominante waardes. Die regsinstellings van hierdie gewaande nasiegemeenskappe staan vreemd — dikwels vyandig — teenoor groot gedeeltes van die nie-dominante komponente van die staatsbevolking. eenvoudig nie bestaan nie. is gewoonlik die politiek onmagtige minderhede. en nie die gemeenskap nie.182 Dennis Davis het sy besorgdheid oor die implikasies van Dworkin se denke juis vir Suid-Afrika gelug. Dit is in hierdie opsig dat Dworkin se sienswyse as ’n eiesoortige vorm van kommunitêre denke gesien mag word. kan ons byvoeg. Dit plaas Dworkin noodwendig in die kamp van die staatsbouers. . des te sterker is die argument dat die bestaande orde gehandhaaf moet word. die waardeverskeidenheid en die interne konflik van botsende gemeenskappe en die dominasie van een stel waardes. Duncanson verklaar dat Dworkin se regsryk (Law’s Empire) inderdaad nie koherent is nie. egter voorop. oortuigings en belange.

Staatlike identiteit die Sterflike God kry ’n gemeente van aanbidders . Dit is staatsboustrategieë wat in die regsteorie en die daaglike regspraktyk funksioneer. aldus Davis. Die staatlike orde word sonder meer as ’n vaste en permanente gegewe aanvaar. Die staatlike orde word dus as ’n blywende gereïfiseerde (verdinglike) gegewe. In die uitspraak van Ryland v Edros 1997(1) BCLR 77 (C) was die hof juis suksesvol in die identifisering en aan die kaak stel van dominante opvattings binne ʼn gemeenskap met demokratiese aspirasies. Die outeur van die regsbeginsels is die algemene staatlike gemeenskap. Hy kritiseer Dworkin daarom vir sy opvatting van die reg as ’n koherente stelsel wat in die sogenaamde gemeenskap setel en deur die regbank geartikuleer moet word. pleks van ’n tydelike historiese en dus veranderlike verskynsel beskou.183 Net soos die staatlike boni mores. die nasionale aspirasies en die nasionale etos is Dworkin se regsbeginsels ook ’n onmiskenbare produk van die staatlike denkwyse. Regskoherensie is. . 183 DM Davis ‘Integrity and Ideology: towards a critical theory of the judicial function’ (1995) 112 SALJ 129-130. Al drie die onderhawige denkkonstruksies funksioneer as strategieë ter versterking en bestendiging van die heersende territoriale staat en staatlike identiteit. onversoenbaar met vrye demokratiese politieke aktiwiteit wat juis op wedywering en op die handhawing van verskeidenheid gebaseer is.Die Nasie 173 regskoherensie as inherent ondemokraties. Die vraag of die heersende staatlike orde gewens is. word nie oorweeg nie en die moontlike verandering daarvan word geensins te berde gebring nie. asook die algemene staatlike boni mores en die nasionale etos verskyn saam op die staatlike agenda en werk mee tot die verskansing van die heersende staatlike orde teen die uitdagings van verandering. Sien K Malan ‘Oor gelykheid en minderheidsbeskerming van aanleiding van Ryland v Edros en Fraser v Children’s Court Pretoria North’ (1998) 61 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 300 et seq vir ’n bespreking van hierdie beslissing. Die denke van Rawls en van Dworkin.

.

Demokrasie was na dese universeel ’n onbestrede ideaal. om die waarheid te sê. Demokrasie se magnetisme is sterker as enige ander begrip in die openbare leksikon en die soektog na teenstanders en uitdagers van demokrasie is ’n vergeefse en futiele oefening. AM Faure en DJ Kriek (reds) Die moderne politieke teorie (1984) 33.6 Juis vanweë die 1 2 3 4 5 6 Aangehaal deur A De Benoist ‘Democracy Revisited’ (1993) Telos 65. was hierdie stelling. aanvegbaar. Die retoriese krag van die begrip. WP Esterhuyse ‘Wat is demokrasie?’ in Filosoof op die Markplein: Opstelle vir en deur Willie Esterhuyse (1996) 47. toe dit gemaak is. is demokrasie egter so stewig ingegrawe dat UNESCO bevind het dat daar geen amptelike afkeer meer van die demokrasie bestaan nie. Na die Tweede Wêreldoorlog en die gepaardgaande vernietiging van die uitdaging van die Fascisme en die Nasionaal-Sosialisme. G Sartori Democratic Theory (1962) 8. is blykbaar ook al langer met ons as wat ’n mens sou dink.4 Demokrasie het.5 Dit word universeel gehuldig en vereer. B Holden The Nature of Democracy (1974) 3.7 HOOFSTUK STAATLIKE DEMOKRASIE 1 Staatlike demokrasie .1 In die lig van die latere uitdagings wat demokrasie in die twintigste eeu die hoof moes bied. CD Lummis Radical Democracy (1984) 14. 175 .2 Demokrasie geniet tans oral goedkeuring en ondersteuning3 en bykans almal maak daarop aanspraak dat hulle demokrate is. bykans ’n magiese betekenis.demokrasie makgemaak deur die staatlike paradigma Demokrasie het in ons dag geen retoriese gelyke nie. demokrasie. Faure & Kriek (n 3 hierbo) 34. HB Mayo An Introduction to Democratic Theory (1960) 21. Die oorredende krag van die begrip is bykans sonder weerga. De Benoist (n 1 hierbo) 65. Francois Guizot merk reeds in 1849 op dat die demokrasiebegrip retories so oorweldigend is dat geen regering of party sonder om trou daaraan te betuig kan voortbestaan nie.

Wet 79 van 1982. Daar is reeds ver gevorder op die pad na die internasionale erkenning van ’n individuele reg op basiese demokratiese prosesse (algemene stemreg. TM Franck ‘The emerging right to democratic governance’ (1992) 86 American Journal of International Law 49-50. wat as die maatstaf en arbiter by geskille rakende wedywerende regsaansprake geld. vermetel of dom wees om ’n demokratiese staat die stryd aan te sê? Demokrasie is immers inherent en vanselfsprekend legitiem. Daarin funksioneer dit as ’n vereiste vir die geldige beperking van regte waarin gewoonlik vereis word dat regsbeperkings. 9(2) en 10(2) van die Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede en in artikel 2(3) en 2(4) van die Vierde Opsionele Protokol tot die Konvensie. wat bepaal dat regte slegs beperk kan word vir sover dit redelik en klaarblyklik regverdigbaar in ʼn vry en demokratiese samelewing is. O Jacot-Guillarmod ‘The relationship between democracy and human rights’ in Democracy and Human Rights: Proceedings of the Colloquy organized by the Government of Greece and the Council of Europe (1987) 55. Ter ondersteuning van die groeiende erkenning van die reg op demokratiese prosedures en regering. Artikel 4 van die Internasionale Verbond vir Ekonomiese. Op regionale vlak kom die begrip voor in onder andere artikel 6. ten einde geldig te wees. Wie durf na alles so dapper. Faure & Kriek (n 3 hierbo) 34.8 Die demokrasiebegrip het in so ’n mate getriomfeer dat dit ook in die regsteorie en die regspraktyk inslag gevind het. Wet 200 van 1993. . asook in internasionale en regionale menseregte-instrumente voor. geen noemenswaardige kwessies bly oor nie en 7 8 9 10 11 Esterhuyse (n 5 hierbo) 47. Van soortgelyke aard is die — in Suid-Afrika dikwels aangehaalde — beperkingsklousule. 90 nota 9. Al die groot ideologiese strydvrae het verval.10 Hierdeur word die demokrasiebegrip as ’n regsleerstuk aangewend. Sien in dié verband artikel 36(1) van die Grondwet van die Republiek van SuidAfrika. 8(2). asook sy voorganger artikel 33(1) van die Tussentydse Grondwet.7 Sodra ’n politieke bestel die stempel van demokrasie dra. Dit is ’n begrip wat sy legitimiteit as ’t ware in homself dra. funksioneer demokrasie as ’n politieke legitimeerder. 1996. vrye en regverdige verkiesings en dies meer) as minimumvoorwaarde vir legitieme regering. artikel 14 en 21 van die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte. erkenning van politieke partye. Daar kan nie op die beginsels van liberale demokrasie verbeter word nie. Sosiale en Kulturele Regte.11 Op ’n veel omvattender skaal het Francis Fukuyama aangevoer dat die eindpunt van die mensdom se ideologiese geskiedenis met die universalisering van die Westerse liberale demokrasie as die finale vorm van menslike regering bereik is. Esterhuyse (n 5 hierbo) 47. Op die internasionale front figureer die begrip demokratiese gemeenskap as beperkingsvereiste in artikel 29(2) van die Universele Deklarasie van Menseregte van die VN. moet voldoen aan die waardes van ’n demokratiese samelewing.176 Hoofstuk 7 heiligheid en lofwaardigheid daarvan. is dit sonder meer legitiem en sodoende stewig teen enige aanslae verskans en knus teen uitdagings gevrywaar. artikel 1 van die Kanadese Charter of Rights and Freedoms wat deel vorm van die Kanadese Grondwet.9 Voorts kom die begrip demokrasie in talle nasionale grondwette. sien artikel 3 van die Eerste Protokol tot die Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede waarin die verdragspartye hulle tot gereelde vrye verkiesings by wyse van geheime stemming verbind.

12 Demokrasie kan egter juis vanweë die universele aanhang wat dit geniet. aangesien ons nie weet waarvan ons praat as ons die woord. gebruik nie. die staat is die aktiewe agent wat bepaal hoe die nasie (aan die hand van die belange van die staat) daar moet uitsien. demokrasie. Dit bepaal die aard van 12 13 14 15 F Fukuyama ‘The End of History’ 1989 19 The National Interest. word dit irrelevant en disfunksioneel bevind en uit die diskoers geweer. .13 Tog het demokrasie inderdaad in die huidige regs. Liberale demokrasie is die enigste norm en dit wat daarvan afwyk. democracy could be defined as a high flown name for something which does not exist. Daar word ’n prosedureel-strukturele omskrywing van demokrasie gegee. so ’n wye variasie van betekenisse aanneem dat dit uiteindelik niksseggend word. G Sartori 1962 1. Die territoriale staat wys as ’t ware self die instellings aan wat sy bestendigheid sal verseker en sy belange die beste sal dien. besprekings daaroor intellektueel waardeloos is. Dunn J (red) Democracy: The Unfinished Journey . Sartori haal ook Bertrand de Jouvenel aan (9) wat sê dat. Fukuyama sit sy Hegeliaans gebaseerde argument in besonderhede uiteen in F Fukuyama The end of History and the Last Man (1992). Die noodsaak vir die instandhou van die bestaande staatlike orde — ’n politieke oorweging — bepaal dus wat wetenskaplik ter sake is. Indien dit nie die geval is nie en indien ’n denkmodel dus die uitwerking kan hê om die staat in sy bestaande vorm te destabiliseer. word vir doeleindes van uitfasering geïdentifiseer. en wat nie.508 BC-AD 1993 (1993) 248.1. of in ’n mite verander waarmee die politieke praktyk beswaarlik strook.en politieke diskoers (in die akademiese sfeer en as ’n tema van die daaglikse praktyk) ’n betekenis verwerf waaroor daar grootliks eenstemmigheid bestaan. Hiervolgens is daar aan demokrasie ’n betekenis verleen waarvolgens dit met groot sorg só omskryf is dat dit die moderne territoriale staat in stand hou en teen verandering beskerm en in pas met die behoeftes van die staat funksioneer. Soos Giovanni Sartori aan die begin van sy groot werk oor demokratiese teorie sê: In a somewhat paradoxical vein. Die territoriale staat bepaal egter nie net hoe sy nasie — die dissipels van die sterflike god — daar moet uitsien nie. politieke en juridiese denkmodelle moet die bestaande staatlike orde ter wille wees en bydra tot die instandhouding daarvan. John Dunn verduidelik dat die praktiese karakter van die staat sedert die middel van die sewentiende eeu toenemend die voorwaardes vir die institusionele aanspraakmakers op legitieme politieke gesag neerlê. Soos Carl Friedrich15 gesê het.Staatlike demokrasie 177 alles wentel voortaan rondom ekonomiese bedrywighede en administrasie. Sien hieroor hoofstuk 6.14 Met ander woorde.

demokrasie wat so ingerig is dat dit die belange van die territoriale staat kan dien. democracy converted from the unruly and incoherent master to docile and defendable servant.178 Hoofstuk 7 sy eie legitieme regeringsinstellings en -prosesse wat elkeen op ’n eiesoortige wyse ook hulle eie staatsdienende en staatstabiliserende funksies moet vervul. De Benoist (n 1 hierbo) 66. lank in die Middeleeuse Europa 16 17 18 Dunn (n 14 hierbo) 248 en 250. is demokrasie wat vir die territoriale staat veilig gemaak is.16 Kontemporêre demokrasie is makgemaakte — gedomestiseerde — demokrasie wat sy wandeling aan die leiband van die staatlike paradigma onderneem. Die punt is dat eietydse demokrasie en demokratiese teorie (soos beoefen in die politieke praktyk.18 Verder — en baie belangrik — is die feit dat die gewoontereg wat natuurlik nie deur die vors verorden is nie. ’n lewenskragtige bestaan in Athene.17 Dit kom ook voor in die praktyk wat tot in die twaalfde eeu in Europa gevolg is om konings te verkies. tot met die vestiging van die Masedoniese ryk. twee honderd jaar lank. MI Finley Democracy Ancient and Modern (1985) 66. Net soos die staat vir homself ’n volk — ’n staatsnasie — na die beeld van die staat vergader. in plaas daarvan om die vorstelike ampsvulling deur oorerwing te reël. politieke teorie en die staatsreg) die volbloed spruit van die staatlike paradigma is en dat talle kommentators oor dié soort demokrasie troue (en meesal onbewuste) dienaars van die staatlike paradigma is. Dit maak terselfdertyd van hulle verdedigers van die heersende orde van die territoriale staat. moet ons eers sê dat demokrasie natuurlik nie ’n geheel en al moderne verskynsel is nie. . Staatlike demokrasie met sy kenmerkende strukturele en prosedurele eienskappe wat hieronder behandel word. In sy klassieke vorm voer dit vanaf 508 v. maar vanuit die volk gekom het. Wat is dan die eienskappe van moderne staatlike demokrasie? Om dié vraag te beantwoord. maar ook ter uitsluiting van vorme van demokrasie anders as staatlike demokrasie. So het die territoriale staat ook bepaal dat die tans geheiligde demokrasie die enigste legitieme regeringsvorm sal wees. dit wil sê. nie slegs ter uitsluiting van nie-demokratiese uitdagers nie.C. net so bepaal hy ook die regeringsinstellings na sy beeld en na gelang van sy behoeftes en belange. Soos John Dunn sê: Representative democracy is democracy made safe for the modern state.

AD 1993 (1993) 117. beoefen.C. B Fontana (n 26 hierbo) 117. Hulle is die eerste demokrate wat afgewyk het van die patroon van deelnemende. De Benoist (n 1 hierbo) 69. die thingvellier. Finley (n 17 hierbo) 9-10. Paine is opgewonde oor die ‘verteenwoordigende stelsel.23 Hierdie keer word dit deur die rewolusionêre figure van die Franse rewolusie24 en deur die demokratiese praktyke in die Verenigde State gedryf.2. Dit kom daarna weer aan die einde van die agtiende eeu met mening terug. Waarskynlik die belangrikste figure betrokke by die vestiging van verteenwoordigende demokrasie is Immanuel Joseph Sieyès27 en Thomas Paine. sy verskyning gemaak het.21 Proto-moderne demokrasie verskyn egter die eerste maal teen die middel van die sewentiende eeu met die Levellers in Engeland op die toneel. ’n 19 20 21 22 23 24 25 26 27 De Benoist (n 1 hierbo) 67. Direkte demokrasie kon egter nie die vergroting van die politieke orde hanteer nie en verval dan tot ’n monargie of ’n aristokrasie. 1083 et seq. het die reg derhalwe regstreeks en onmiddellik in pas met die volksgewoontes verander. Dan was daar ook die Yslandse demokrasie — die Nordiese Hellas — wat teen ongeveer 930 n. Hanson (n 22 hierbo) 72. Met die opkoms van absolutisme word demokrasie egter vir ander half eeu uitgedoof. Dit is daarom die suiwerste en mees ongebreidelde vorm van volksoewereiniteit denkbaar. In dieselfde tyd verskyn Democraticall government ook in die grondwet van Rhode Island. Hanson (n 22 hierbo) 72.26 en steeds bly.’ Die antieke Atheense demokrasie kon weens die direkte aard daarvan slegs in ’n beperkte geografiese en demografiese opset funksioneer.19 Die gewoontereg het verander na gelang die volksgebruike verander het. D Wootton ‘The Levellers’ in J Dunn (n 14 hierbo) 71.25 Die terugkeer was volledig in die gewaad van verteenwoordigende demokrasie.20 Spore van demokrasie is ook te vind in die laat-Middeleeuse stede. Die konsep van verteenwoordiging word nou so volledig aan demokrasie toegedig dat die nuwe demokrasie per definisie verteenwoordigende demokrasie word.22 Moderne demokrasie sien dus in dieselfde tyd die lewenslig as waarin die territoriale staat die dominante politieke ordening word. Finley (n 17 hierbo) 9-10. De Benoist (n 1 hierbo) 67. GE Frug The city as a legal concept (1980) 93 Harvard Law Review 1069. Sonder die tussenkoms van enige instelling soos ’n wetgewer wat die reg amptelik verorden het.Staatlike demokrasie 179 en daarna gesien is as tekenend van populêre deelname aan die regering. B Fontana ‘Democracy and the French Revolution’ in J Dunn J (red) Democracy: The Unfinished Journey . Sien hieroor RL Hanson ‘Democracy’ in T Ball et al (reds) Political Innovation and Conceptual Change (1989) 72. . regstreekse demokrasie in ’n stadstaat en was die eerste eksponente van demokrasie as verteenwoordigende regering in ’n territoriale staat. Sien verder hieroor hoofstuk 2. Hier is direkte demokrasie binne die volksvergadering.508 BC .

29 Teenoor die monargale stelsel — Paine noem dit die oorerflike stelsel — met al sy ondeugde. oftewel die verteenwoordiging van almal. Paine (n 28 hierbo) 126-132. is dit onteenseglik dat demokrasie tot aan die einde van die agtiende eeu grootliks met direkte demokrasie vereenselwig is. . Mill se vertrekpunt en sy oogmerk is die lewering van ’n apologie vir die haalbaarheid en die voortreflikheid van demokrasie — spesifiek verteenwoordigende demokrasie — in die territoriale staat. Paine (n 28 hierbo) 128. pleks van verteenwoordigende demokrasie. and rejecting the corrupt systems of Monarchy and aristocracy. democracy as the ground. Holden (n 3 hierbo) 5.30 Uit wat Paine sê. verteenwoordigende stelsel. op wysheid en rasionaliteit gebaseer is. vir die eerste maal teoreties omvattend uitgewerk. In 1861. the representative system naturally presents itself. Ons kan Mill as die proto-teoretikus van demokrasie volgens die eise van die territoriale staat beskou. remedying at once the defects of simple democracy as to form.180 Hoofstuk 7 Verteenwoordigende stelsel is egter die volkome kuur vir hierdie degenerasie. Dit is opvallend dat Mill ook betreklik suinig is met die gebruik van die woord demokrasie en feitlik deurlopend volhou met die frase verteenwoordigende regering.33 Verteenwoordigende regering — vir Mill die ideale regeringsvorm34 — is nie ’n regeringsvorm waar die 28 29 30 31 32 33 34 T Paine The Rights of Man (Introduction by Derek Matravers) (1996) 136. wanneer hy sê: Retaining. then. JS Mill Considerations on Representative Government (geredigeer deur HB Acton) (1972) 202. meen Paine. staan die deugsame verteenwoordigende stelsel wat danksy die inspraak. word demokrasie per definisie as ’n verteenwoordigende stelsel. Dis ’n tirannieke. met die verskyning van Considerations on Representative Government van John Stuart Mill.28 Paine loods ’n hewige aanval op aristokratiese regering en veral op monargie. oftewel die eerste stap in die proses van die domestisering van demokrasie op die werf van die territoriale staat. and the incapacity of the other two with respect to knowledge. irrasionele en bespotlike stelsel wat ter wille van die verwesenliking van die behoeftes van die vors dikwels bloedige interstaatlike konflik aanwakker waarin die gewone burgers van oorlogvoerende state die spit moet afbyt.32 Die verteenwoordigende eienskap van demokrasie is die eerste grondliggende verstelling wat daar aan klassieke demokrasie aangebring is ten einde dit met die behoeftes van die territoriale staat in pas te bring.31 Paine is baie teësinnig om verteenwoordigende demokrasie met demokrasie te vereenselwig en hou vol met die gebruik van die begrip. Paine (n 28 hierbo) 132 et seq. G Duncan en S Lukes ‘The New Democracy’ (1963) 11 Political Studies 158.

Die funksie van die verteenwoordigende liggaam is derhalwe nie om self te regeer nie. Mill (n 34 hierbo) 239.en ’n meningsforum wat so saamgestel moet wees dat dit ’n betroubare monster van elke denkbare stroming en siening in die land verteenwoordig en van ’n 35 36 37 38 39 Mill (n 34 hierbo) 228. to be at once the nation’s Committee of Grievances.Staatlike demokrasie 181 mense (people) self regeer nie.37 Benewens die allerbelangrike beheerfunksie van die verteenwoordigende vergadering. om die regering te verplig tot verduideliking en regverdiging van sy optrede.. and its Congress of opinions. is vir Mill baie belangrik. . Oor etimologiese demokrasie sien Sartori (n 6 hierbo)17-30.39 Die verteenwoordigende liggaam is derhalwe nie soseer die regeerder en die wetgewer nie. Die praatfunksie. Soos Mill sê: . om die soeklig op die optrede van die regering te hou. Mill (n 34 hierbo) 239.. Mill (n 34 hierbo) 240. Die verteenwoordigende liggaam is heeltemal ongeskik om self te regeer. oftewel die meningsuitingsfunksie van die verteenwoordigende liggaam. dien dit ook as die burgery se meningsforum.36 maar wel beheer deur die volk se verteenwoordigers oor die eintlike maghebbers in die uitvoerende gesag. maar om die regering dop te hou en te beheer.. met ander woorde regering deur die volk nie. maar deur middel van hul periodiek verkose verteenwoordigers oor die finale kontrole-bevoegdheid beskik. om waar nodig die regering te sensureer en om die regering in die geval van troubreuk teenoor die volk te verwyder en met ’n ander te vervang.35 Vir Mill beteken demokrasie dus iets anders as dit waarop die begrip demokrasie se etimologiese oorsprong dui. want binne die verteenwoordigende liggaam word menings gemonster en toenemende en afnemende standpunte in die geledere van die bevolking geregistreer. maar ook die menings van elke segment van die bevolking en van elke vooraanstaande individu gehoor word. Die meningsforum sorg terselfdertyd vir ’n volgehoue meningspeiling. maar ’n kontrole. Parliament has an office . Daar is niks meer sinvol as dat daar juis oor die groot openbare kwessies gepraat word nie en om alle belange en alle sienings te debatteer nie.38 In die Parlement moet algemene menings. By Mill is demokrasie nie werklik demos-kratos..

Dit lei tot wat paslik as demokratiese ortodoksie beskryf kan word. bankiers. en nougeset daarop moet reageer. Daarsonder is verteenwoordigende demokrasie trouens ondenkbaar. word op hierdie manier voorkom. meer stemme nogtans aan professionele lui. gelykheid en selfregering. . Die potensieel ontwrigtende implikasies van demokrasie. maar wel om kontrole oor die regeerders uit te oefen en sodoende te sorg die volk nie wanregeer word nie.40 In Mill se verteenwoordigende regering speel stemreg en verkiesings natuurlik ’n sleutelrol. gegradueerdes.41 Anders as tans en in ooreenstemming met sy tyd het Mill nog nie heeltemal met gelykheid as een van die grondliggende eienskappe van demokrasie vrede gemaak nie. moet wees. but in order that they may not be misgoverned. Mill (n 34 hierbo) 291: ‘Men. Geletterdheid is vir Mill ’n voorvereiste vir stemreg en daarom redeneer hy dat universele onderwys universele stemreg moet voorafgaan. Volgens Sartori (n 6 hierbo) 51 wentel alle besprekings oor demokrasie rondom die samehangende en wedersyds afhanklike konsepte van populêre soewereiniteit. Die kenmerk van verteenwoordigende regering moet dus wees dat die regering die burgery voortdurend in ag neem en ooreenkomstig die belange en behoeftes van die burgery regeer. Voorts is Mill van mening dat ofskoon eiendom ’n onvanpaste maatstaf vir die toekenning van stemreg is. do not need political rights in order that they may govern. Mill (n 34 hierbo) 281-285. bou aan die een kant regstreeks voort op die grondslag wat Mill gelê het.44 Die teenkant van die kontrole-funksie wat deur die verkose verteenwoordigers uitgeoefen word. Sodoende is demokrasie getem en wandel dit getrou aan die leiband van die 40 41 42 43 44 45 Mill (n 34 hierbo) 240-241. ten behoewe van die ongestoorde instandhouding van die hedendaagse territoriale staat gedomestiseer. sakelui en dies meer toegeken moet word. Dit word aan die ander kant afgerond en verfyn deur sekere algemene hedendaagse strukture en prosesse wat as noodsaaklik vir demokrasie beskou word.42 Gevolglik argumenteer hy dat slegs belastingbetalers oor maatreëls rakende belasting mag besluit. Juis daarom het die uitoefening van stemreg die kern en die handelsmerk van moderne demokratiese praktyk geword. indien ʼn ander betekenis daaraan verleen sou word. Die punt is dus dat stemreg nie soseer vereis word ten einde mense in staat te stel om self te regeer nie.’ RA Dahl Polyarchy: Participation and Opposition (1971) 1-2. as well as women.45 Die hedendaagse gesaghebbende uiteensetting van wat demokrasie is en behoort te wees. Mill (n 34 hierbo) 280. is dat die regering bevatlik en gevoelig vir die behoeftes wat in die verteenwoordigende liggaam uitgespreek word.182 Hoofstuk 7 stem voorsien. om weer na John Dunn se woorde te verwys. Sodoende word demokrasie.43 Die stemreg dien die breë oogmerk van verteenwoordigende regering.

Sien ook Holden (n 3 hierbo) 9. Dit kom voor in alle nasionale handveste van regte en figureer in artikel 21(1) en (3) van die Universele Deklarasie van Menseregte van die VN. Vir verdere argumente ter ondersteuning van universele stemreg. Mayo (n 2 hierbo) 62. Die SuidAfrikaanse Konstitusionele Hof gaan sover as om te verklaar dat die stem elke persoon se kenteken van waardigheid en persoonskap is: ‘The vote of each and every citizen is a badge of dignity and of personhood. aldus Mayo — in pas met Mill — is openbare kontrole oor regeerders en besluitnemers.50 Die beginsel van algemene stemreg het in die kontemporêre demokratiese praktyk aksiomaties geword en word as ’n universele fundamentele mensereg beskou.Staatlike demokrasie 183 territoriale staat. Hierdie beginsel is gekonstitusionaliseer in die beginsel van gelyke stemreg vir alle volwasse burgers. Mayo (n 2 hierbo) 62-64. Mayo (n 2 hierbo) 64. Aldus regter Sachs in August and Another v Electoral Commission and Others 1999 4 BCLR 363 (KH) para 17 (372E). Sien ook die soortgelyke stelling in Democratic Alliance v Masondo 2003 2 BCLR 128 (CC) 140I (para 43).49 Dit impliseer dat elke persoon slegs oor ’n enkele stem sal beskik. asook in artikel 25(b) van die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte. maar word die graad van demokrasie gemeet aan die hand van die mate waarin die mense as kiesers oor die vermoë beskik om hulle regeerders te kontroleer en te verwyder. dat niemand die reg het om meer as een maal te stem nie en dat elke stem dieselfde gewig dra. sien Mayo (n 2 hierbo) 118-121. Mayo (n 2 hierbo) 72-73. maar ook ’n krenking van die individuele persoonlikheid. Mayo (n 2 hierbo) 116.47 Derhalwe is demokrasie nie ’n politieke stelsel waarin mense oor hulself regeer nie. Mayo (n 2 hierbo) 116.46 Die essensie van demokrasie.48 Die tweede essentiale van demokrasie is politieke gelykheid. 18. . Duncan & Lukes (n 33 hierbo) 159. 107-136. Hiervolgens is ’n stelsel demokraties indien dit aan doeltreffende openbare kontrole onderhewig is. Sartori (n 6 hierbo) 66.51 Waarskynlik van nog groter belang is dat stemreg beskou word as ’n essensiële eienskap van individuele menswaardigheid. ’n Nuttige uiteensetting van die inhoud en betekenis van demokrasie binne die riglyne en dissiplines van die staatlike paradigma en in ooreenstemming met huidige algemene praktyk word deur Henry Mayo verskaf.52 In die mate waarin dit nie erken word nie. konstitueer dit derhalwe nie net die miskenning van ’n politieke reg nie.’53 Sonder algemene stemreg is populêre kontrole natuurlik nie moontlik nie en vandag word demokrasie en algemene stemreg as 46 47 48 49 50 51 52 53 Mayo (n 2 hierbo).

Esterhuyse (n 5 hierbo) 54.59 oftewel dat die meerderheid die reg het om die uitoefening van die regeringsfunksies op te eis. Mayo (n 2 hierbo) 64-66. Sartori (n 6 hierbo) 73. Mayo (n 2 hierbo) 182 en dergelike verdere argumente op179-181. Holden (n 3 hierbo) 104-106. Mayo (n 2 hierbo) 174-181. Holden (n 3 hierbo) 32.54 Stemreg is gevolglik ’n toets vir die egtheid van ’n stelsel wat daarop aanspraak maak dat dit demokraties is: hoe algemener die stemreg. naamlik die gelykheidsbeginsel.AD 1993 (1993) 136. des te minder is dit demokraties.63 Sartori verduidelik dat die meerderheidsbeginsel nie op waarde-oordele berus nie maar 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 Mayo (n 2 hierbo) 120. meer gewig dra as die stemme van diegene aan meerderheidskant.55 Die derde essentiale van hedendaagse demokrasie is dat die demokrasie per definisie ’n veelparty-opset impliseer.508 BC .60 Hierdie beginsel word ondersteun deur die argument dat die meerderheid waarskynlik reg is. Dit is juis die bestaan van ’n variasie van politieke partye wat dit moontlik maak dat ’n vrye politieke keuse uitgeoefen kan word. Uitspraak van die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof per Yacoob r in New National Party of South Africa v Government of the RSA and Others 1999 5 BCLR 489 (KH) para 11 (494 G-I).61 Die meerderheidsbeginsel sluit ook logies aan by een van die ander essentiale van kontemporêre demokrasie.184 Hoofstuk 7 twee kante van dieselfde munt beskou. Wanneer ’n verskeidenheid van politieke partye aan verkiesings deelneem. SP Huntington The Third Wave: Democratization in the late twentieth century (1993) 7.62 Dit is ook juis hierdie argument wat tans as die mees oortuigende saak ten gunste van meerderheidsregering beskou word. des te meer is die stelsel demokraties en hoe meer gekwalifiseerd die stemreg.57 Die uitgangspunt is dat daar slegs vrye politieke keuses gemaak kan word indien ’n verskeidenheid politieke partye aan verkiesings kan deelneem. Esterhuyse (n 5 hierbo) 50. Daarvolgens geskied politieke deelname deur partyvorming en deur partye se deelname aan vrye. Huntington (n 54 hierbo) 7.58 Die vierde (en laaste) essentiale van staatlike demokrasie is meerderheidsregering. Partyvorming en deelname aan die politiek deur partye het so belangrik geword dat demokrasie sedert die einde van die negentiende eeu juis partyregering veronderstel. G Tenekides ‘The relationship between democracy and human rights’ in Democracy and Human Rights: Proceedings of the Colloquy organized by the Government of Greece and the Council of Europe (1987) 19. sal dit beteken dat die stemme van die individue wat die minderheid uitmaak. CS Maier ‘Democracy since the French Revolution’ in J Dunn (red) Democracy: The Unfinished Journey . kry (passiewe) stemreg aktiewe betekenis. Huntington (n 54 hierbo) 9. . Mayo (n 2 hierbo) 178. Indien die minderheid sou regeer. regverdige en gereelde verkiesings56 waaraan sonder dwang en vrees vir intimidasie deelgeneem kan word. Mayo (n 2 hierbo) 174.

no political formula can justify a totalitarian expansion of political power as easily as democracy. die eerste president van die Konstitusionele Hof. Die erkenning van basiese menseregte. Dit poog om die staat op ’n afstand te hou. want. meaning that it can become an all-pervading total State.67 Juis daarom is moderne demokrasie liberale demokrasie. C Mouffe ‘Democratic Politics Today’ in Mouffe C (red) Dimensions of Radical Democracy (1992) 11. WLJ van Vuuren ‘Sartori’ in AM Faure en DJ Kriek Die Moderne Politieke Teorie (1984) 66. . waarsku Sartori. trias politica en ’n onafhanklike regbank word alles as basiese kenmerke van hedendaagse demokrasie gereken. sonder die gelyktydige erkenning van die private domein. is perfectly plausible. die rule of law. Arthur Chaskalson. in principle.70 wat so diep in die burgerlike en private lewe ingryp en daaraan voorskryf dat dit basiese vryhede uiteindelik heeltemal uitwis. totalitêre implikasies inhou: .69 Die erkenning van individuele regte is binne hierdie denkpatroon van kardinale belang. For.68 Liberale demokrasie beoog nie in die eerste plek om kollektiewe deelname aan magsuitoefening te bewerkstellig nie. Sien hieroor byvoorbeeld: GA Rauche ‘Die konsep demokrasie’ in AM Faure et al Suid-Afrika en die Demokrasie (1988) 5. Dit is nie primêr gerig op deelname aan die sake van die staat nie. the hypothesis that a democratic state can become totalitarian.64 Openbare geskille moet op die een of ander stadium gefinaliseer word en die meerderheidsbeginsel bied ’n nuttige metode vir die finale afhandeling van geskille. A Chaskalson (1992) ‘Democracy and Law’ (1992) 2 Idasa Occasional Papers 6. moet teëgewerk word deur die beskerming van fundamentele individuele regte. 64 65 66 67 68 69 70 Sartori (n 6 hierbo) 103.66 Die voormelde demokratiese strukture beoog almal om magskontroles op die regering te wees en om sodoende tot individuele belangebeskerming by te dra. nie-liberale demokrasie is totalitêre demokrasie.Staatlike demokrasie 185 daarenteen ’n blote prosedurereëling is. Dit kan as ’t ware beskou word as die toepassing van die res iudicata-beginsel in die makro-staatsreg.65 ’n Vooraanstaande woordvoerder in die Suid-Afrikaanse konteks. M Wiechers ‘Herdemokratisering’ in AM Faure et al Suid-Afrika en die Demokrasie (1988) 205-206. maar op die vryheid van — insulering teen — die staat. plaas die howe in die sentrum van wat hy as egte demokrasie beskou. Artikel 7 lui dat menseregte die hoeksteen van demokrasie in Suid-Afrika is. In die Suid-Afrikaanse Grondwet.. konstitusionalisme.. RA Dahl A preface to democratic theory 1984 4 et seq beskryf hierdie formele magskontroles as (klassieke) Madisonian Democracy. 1996 word menseregte as die essensie van demokrasie getipeer. Die mag van populêre soewereiniteit en die gevaar dat dit tot die skending van basiese individuele regte kan lei. Sartori (n 6 hierbo) 377. By hierdie vier essentialia van staatlike demokrasie word ’n aantal konstitusionele meganismes gevoeg wat ook as belangrike kenmerke van staatlike demokrasie beskou word. Sartori wys daarop (141) dat demokrasie.

trias politica.74 Sodoende word die demokrasie-diskoers geredelik in ’n positivistiese dwangbuis inforseer. word daar nie gevra waar die mag binne die politieke orde (staat) berus nie. maar bloot ’n aantal prosedurele regte wat sporadies gedurende verkiesings uitgeoefen word. or as we may say in my country. Sartori (n 6 hierbo) 238-241. Faure & Kriek (n 3 hierbo) 68. uitgesluit kan word nie. egte demokrasie inderdaad in plek is. ’n onafhanklike regbank. meerderheidsregering. politieke partye.73 Hierdie prosedures is die beslissende maatstawwe vir demokrasie en wanneer daaraan voldoen word. Die rede hiervoor is dat politiek almal se belange raak en dat niemand derhalwe van die prosedurele regte wat deur ’n kieser uitgeoefen word. Dit is nie ’n persoon se besonderse bekwaamheid wat hom laat kwalifiseer of diskwalifiseer om aan die politiek deel te neem en die prosedurele regte van ’n kieser uit te 71 72 73 74 Huntington (n 54 hierbo) 8. Vir die individuele burger beteken demokrasie dienooreenkomstig nie daadwerklike magsuitoefening saam met mede-burgers nie. gereelde verkiesings. with fundamentals. is dat aangesien hierdie strukture en prosedures as die essensie van demokrasie voorgehou word. enige verdere normatiewe vrae oor die essensie van demokrasie oorbodig en irrelevant word. Huntington (n 54 hierbo 7-9. Mouffe (n 68 hierbo) 12. die beskerming van basiese regte) teenwoordig is.75 Hierdie hoedanigheid is trouens ’n integrale element van hedendaagse demokratiese teorie. Wat baie belangrik is. Daar word daarenteen sonder meer aanvaar dat sodra die strukture en prosedures wat so pas behandel is (algemene stemreg. with the conceptual issue. (Talle ander voorbeelde van hierdie struktureel-prosessuele definisie kan vermeld word. G O’Donnel en PC Schmitter Transitions from authoritarian rule (1989) 8. Faure & Kriek (n 3 hierbo) 68. J Kotze en JJ van Wyk Basiese konsepte in die politiek (1990) 34.72 Die logika van hierdie struktureelprosedurele definisie werk so: om vas te stel of daar ’n demokratiese orde in plek is. Binne die konseptuele en praktyksruimte van kontemporêre demokrasie het die individuele burger grootliks slegs die hoedanigheid van ’n kieser. Moontlike normatiewe vrae oor demokrasie word derhalwe buite orde gereël omdat die heersende demokratiese praktyk ooreenkomstig die genoemde prosedures en strukture sonder meer as demokraties voorgehou word. Finley (n 17 hierbo) 36. Sartori (n 6 hierbo) 241 lê dit veral die Engelse en die Amerikaners ten laste en sê The Anglo-American doctrine does not have to deal with questions of principle. verkry ’n stelsel die waarmerk van egte demokrasie.186 Hoofstuk 7 Die uiteensetting van die essensiële eienskappe van staatlike demokrasie (wat ook ooreenstem met mense se alledaagse ervaring van demokrasie)71 bring mee dat demokrasie vandag ’n struktureelprosedurele definisie het. Mayo (n 2 hierbo) 33. 75 . Holden (n 3 hierbo) 2728.) Esterhuyse (n 5 hierbo) 49-50. Sartori (n 6 hierbo) 76-80. Esterhuyse (n 5 hierbo) 49-50. It suffices for it to define democracy with respect to its technical articulations and procedure.

Staatlike demokrasie 187 oefen nie. whereas the citizen is forced to concern himself with politics and in the midst of general incompetence that he no longer realizes that he is an ass. Sartori verduidelik insiggewend: An astronomer who discusses philosophy. Die fokus van demokrasie verskuif heeltemal weg van aktiewe deelname na beheeruitoefening as die onderskeidende eienskap van demokratiese praktyk. om daardie las na die verantwoordelike administrateurs te verplaas. By die demokratiese praktyk is onkunde egter geen probleem nie. As die regering daarin slaag om die burgery se behoeftes te bevredig. kry ’n ekonomiese gedaante en word deel van die ekonomiese verbruikerskultuur. So the only difference is that in other zones of ignorance we are warned to mind our own business. maar. Die politieke orde wat hiermee op die 76 77 78 Sartori (n 6 hierbo) 76. Almal het dieselfde individuele menswaardigheid en daarom kwalifiseer almal as kiesers vir doeleindes van die uitoefening van die prosedurele regte wat aan die kieserhoedanigheid gekoppel is. daarenteen. while in the political realm we are encouraged to take the opposite attitude and thus we end up not knowing that we know nothing. sou baie persone weens gebrekkige bekwaamheid nie as kiesers kon kwalifiseer nie. inteendeel.76 Ons kan die pad van demokratiese onkunde nog verder bewandel deur.77 ’n Werklik deugsame burger sal juis die verantwoordelikheid om oor dergelike kwessies te besluit. word die stelsel sonder meer as demokraties gewaarmerk. pleks daarvan om dit te betreur. The difference is that the astronomer. Indien dit so was. en nie op grond van mense se ongelyke kennis van en on/ bekwaamheid nie. . Die demokratiese proses verskil in hierdie opsig van die professies waarin vaardigheid en bekwaamheid juis die maatstawe is waaraan voldoen moet word om vir deelname aan professionele aktiwiteit te kwalifiseer. a chemist who speaks about music or a poet who talks about mathematics will not utter less nonsense than the average citizen interviewed by a pollster. Hanson (n 22 hierbo) 84.78 Demokrasie word hiermee gedepolitiseer. Walter Lippmann het juis gesê dat die doel van moderne regering nie is om die burger met die vraagstukke wat moontlik bo sy vuurmaakplek is. te belas nie. dit as ’n outentiek demokratiese eienskap te besing. Hanson (n 22 hierbo) 82. afwys en sy mening voorbehou totdat die uitwerking van die administrasie se besluite bekend raak. the chemist and the poet will generally avoid making fools of themselves by pleading ignorance. Die gevolg is dat die reeds erg politiek verskraalde (politieke) kieser ’n metamorfose ondergaan tot ’n (ekonomiese) verbruiker. Toegang tot deelname aan die politieke proses word daarenteen verleen op grond van die aanname dat alle individue gelyke menswaardigheid geniet.

bekwaamheid ensovoorts. Die tradisie van politiek as ʼn openbare saak is omvergewerp en dit is uitdruklik as reg en normaal aanvaar dat die politiek as die strydterrein vir botsende private behoeftebevrediging kan dien.81 Dit impliseer onder meer ’n fenomenale toename in sosio-ekonomiese behoeftes van alle individue. Sosiale behoeftes monopoliseer gevolglik die openbare domein en die openbare domein word ’n funksie van private individuele behoeftebevrediging. Die kernrede waarom demokrasie so gemaklik die onkunde. . ongeag die graad van belangstelling. H Arendt The Human Condition (1958) 38 et seq. herinner aan verligte despotisme van die agtiende eeu79 en kan paslik as verligte burokrasie beskryf word. onnoselheid. Gordon Wood verduidelik hoe die oorgang van politiek as ʼn openbare na ʼn privaat saak in 1786 in die Pennsylvania Assembly verreken en erken is. maar om ook terselfdertyd die basiese behoeftes van die burgery te akkommodeer. soos in hoofstuk 5 uitgewys. Die politiek wat eens die domein vir die openbare en die gemeenskaplike was. bevoegdheid.188 Hoofstuk 7 voorgrond tree. Indien politiek nie bloot as ’n saak van privaat belange nie. kundigheid. ongeërgdheid en onbevoegdheid van die kieser/burger kan akkommodeer. As die politiek egter aan die ander kant in wese met individuele menswaardigheid vereenselwig word en met private sake en belange gemoeid is.80 Hierdie monopolisering van die politiek as die strydterrein vir die uitbaklei van private belange is aangehelp deur wat Hannah Arendt as die opkoms van die sosiale beskryf. ongeërgdheid. Hierdie aspek is breedvoerig in hoofstuk 5. ander se agendas dienstig te wees83 dat die struktureel-prosedurele benadering tot demokrasie dikwels sonder enige sweem van kritiese impuls ge-eggo word. sou dit onmoontlik vir die individu wees wat apaties teenoor die openbare belang staan. is dat politiek — en by name demokratiese politiek — volgens die patroon wat dit in die territoriale staat aangeneem het ten dele nie meer as wesenlik ’n openbare aangeleentheid beskou word nie. kwalifiseer almal natuurlik vir deelname as kiesers. Die oogmerk daarvan was om aan die hand van rasionele regering die staatsbelang ten beste te dien. So ’n persoon sou eenvoudig nie gekwalifiseer het vir deelname aan die politiek nie. Sien GS Wood ‘Democracy and the American Revolution’ in J Dunn (red) Democracy: The Unfinished Journey .2 uitgepluis. word as gevolg hiervan dienstig gestel aan die bevrediging van individuele behoeftes en dus van die verryking van die private individuele lewenswyse. maar van openbare belange (skeibaar en onderskeibaar van privaat belange) beskou word.82 Dit is veral in die regswêreld met sy inherente neiging om. 79 80 81 82 83 Verligte despotisme was eweneens nie op deelname nie maar op behoeftebevrediging ingestel. Arendt (n 81 hierbo) 69.508 BC-AD (1993) 102-103. N McCormick ‘Reconstruction after deconstruction: A Response to CLS’(1990) 10 Oxford Journal of Legal Studies 537. om inspraak te hê. Sien in die algemeen R Wines (red) Enlightened Despotism: Reform or Reaction? (1967).

Inteendeel. naamlik artikels 59(1)(a). handel oor die grondwetlike verpligting tot raadpleging gedurende die wetgewende proses. (n 87 hierbo) para 43. Die regspraak waarin die inhoud van die konsep aangeroer is. Tenekideis (n 54 hierbo) 30-34. Sien AEAM Thomashausen ‘Savings clauses and the meaning of the phrase acceptable in a democratic society — a comparative study’ (1989) 30 Codicillus 61-62 met betrekking tot Kanadese regspraak. grootliks sy belang verloor. Die Europese Hof vir Menseregte het problematisering oor die konsep ook vermy — 62-63.87 Hy het bygevoeg dat deelnemende demokrasie ook beoog om wesenlik beter besluite te bewerkstellig88 en dat die gedagte van regterlike kontrole in sigself natuurlik inhou dat demokrasie nie slegs meerderheidsregering kan beteken nie. inderdaad die essensie van demokrasie weerspieël. Onderskeidelik in Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly 2006 12 BCLR 1399 (KH) en Matatiele Municipality v President of the RSA 2007 1 BCLR 47 (KH). 72(1)(a) en 118(1)(a). Sien ook die opmerkings van Chaskalson P in S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH) op 703 F-I (para 88). die howe het algaande al hoe minder aandag gegee aan die belangrikheid van die teoretiese konsep of algemene standaard van demokratiese gemeenskap en het sonder meer aanvaar dat die prosedureelstrukturele stelsel wat hierbo behandel is. 2003 2 BCLR 128 (CC) 140 G-H (para 42). naamlik om die inkorting van fundamentele regte aan bande te lê deur dit aan die standaarde van ’n demokratiese gemeenskap ondergeskik te stel. PW Hogg ‘Section 1 of the Canadian Charter of Rights and Freedoms’ in A de Menstral et al (reds) The limitation of rights in comparative constitutional law (1986) 17. toon geen kritiese ingesteldheid oor wat demokrasie of demokratiese gemeenskap inhou nie. In Democratic Alliance v Masondo het regter Sachs byvoorbeeld gesê dat die Suid-Afrikaanse grondwet ’n pluralistiese demokrasie beoog en nie ’n blote stemtellery moet wees waar die wenner met alles wegloop nie.84 Daarin funksioneer dit as ’n vereiste waaraan voldoen moet word vir die geldige beperking van grondwetlike regte. In effek het die oorspronklike bedoeling van hierdie soort bepalings.85 Die demokrasiebegrip word nie deur die howe ontleed nie en die teenwoordigheid van die geykte prosedures en strukture wat hierbo bespreek is.86 Die Suid-Afrikaanse howe het by enkele geleenthede wel aan demokrasie aandag gegee. Hierdie uitsprake kan gesien word as ’n verfyning en afronding van staatlike demokrasie — in belang van die staatlike orde en 84 85 86 87 88 89 90 n 10 hierbo. . word as voldoende gronde beskou om te aanvaar dat ’n demokratiese gemeenskap wel bestaan.Staatlike demokrasie 189 Daar is reeds gemeld dat die begrip demokrasie in talle nasionale grondwette asook in internasionale en regionale menseregteinstrumente aangetref word. is Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly en Matatiele Municipality v President of the RSA90 Die grondwetlike bepalings wat met die onderhawige kwessie verband hou.89 Twee ander belangrike beslissings van die Suid-Afrikaanse howe waarin demokrasie ter sprake was.

Die soeklig val vervolgens daarop. word demokrasie sorgsaam aan die hand van die vereistes van die staatlike paradigma geakkommodeer. Demokrasie volgens die staatlike paradigma is in minstens drie opsigte getrou gedienstig aan die bestaande staatlike praktyk. the government which is produced — almost as a byproduct — invested with legitimacy is the chief social purpose of the whole electoral process. word gewoonlik per definisie as legitiem beskou en verwerf die reg om te regeer. wat die staatlike orde in die war kan stuur nie.190 Hoofstuk 7 uiteraard nie as iets met die uitwerking om staatlike demokrasie te ontwrig of te bevraagteken nie. Soos HB Mayo dit stel: The election results invest representatives and decisions with legitimacy. Howe is egter nie in die posisie om ’n betekenis aan demokrasie of aan enige ander juridiese of politieke konsep te verleen. In short. asook die stappe teen die militêre regering in Pakistan wat in 1999 na ’n staatsgreep die bewind oorgeneem het. Hierdie realiteit is nie net in die Westerse wêreld van toepassing nie. met verwysing na die regspraak wat hierbo vermeld is. 2 Demokrasie as legitimiteitsfiksie Met die millenniumwending het demokrasie sy status volledig as maatstaf vir legitieme regering gevestig.92 Die rede vir die byna 91 92 Mayo (n 2 hierbo) 73. aan demokrasie aandag gee. is dit dus in die eerste plek daarop gemik om die staatlike orde te bestendig en juis nié om dit aan ontwrigting en fundamentele verandering bloot te stel nie. Wanneer die howe. insluitend die Suid-Afrikaanse howe. In minstens drie opsigte verskaf dit die borswering vir die instandhou van die bestaande staatlike orde. Aangesien daar in beginsel nougeset by die prosedureelstrukturele inhoud van demokrasie gehou word.91 Die keersy hiervan is dat die omverwerping van ’n regering wat so verkies is. . byvoorbeeld die Statebondsanksies teen die militêre Abacha-bewind in Nigerië. maar word ook toenemend op die nie-Westerse wêreld ingeskerp. per definisie illegitiem is. ’n Regering wat kragtens die beginsels van prosedurele veelparty-demokrasie verkies is. Dit is kennelik geïllustreer deur die stappe wat sowel die Statebond as die Organisasie vir Afrika-Eenheid (nou die Afrika-Unie) gedoen het teen regerings wat by wyse van staatsgrepe die bewind oorgeneem het. Die howe is per slot van rekening ’n integrale deel van die staatlike orde en juis primêr met die ewewigtige instandhouding daarvan gemoeid.

96 Dit is ’n fiksie wat kwistig en doeltreffend bydra tot die handhawing van die heersende orde. Dit is egter nie net ’n leke-omskrywing nie. Holden (n 3 hierbo) 8. Hierdie tema kom deurlopend in Sartori se magnum opus voor. Verskeie teoretici wat deur Sartori aangehaal word (56) soos James Burnham. Met elkeen onder die indruk van sy deelname aan selfregering. Barry Holden verklaar byvoorbeeld: A democracy is . The obvious reason for this is that a maximum of popular power is possible only in simple societies whose leadership-tasks are relatively elementary. Dit is òf ’n deskriptiewe mite. maar as ʼn navolgenswaardige maatstaf en ideaal. Die legitimiteit van demokrasie is ten beste openbaar in Abraham Lincoln se Gettysburg-definisie van demokrasie as regering van die mense.Staatlike demokrasie 191 vanselfsprekende legitimiteit van demokrasie is dat die verkose regering die ondersteuning en instemming van die mense — die staatsbevolking — geniet. In 1983 beskryf ’n instelling met die gesag en aansien van die Parlementêre Vergadering van die Europese Raad demokrasie in baie soortgelyke terme as regering van die mense deur die mense. Mosca en Pareto het die aanspraak van demokrasie as selfregering as ʼn onmoontlike en onhaalbare mite afgewys..94 Demokrasie is derhalwe legitiem omdat die volk — die mense — self regeer. maar ook as ʼn ideaal.. . and are entitled to make the basic determining decisions on important matters of public policy. we are moving toward less power of the people. want soos Giovanni Sartori tereg sê: Actually. Die gevolg daarvan is dat 93 94 95 96 Aangehaal deur Jacot-Guillarmod (n 11 hierbo) 44. Dit is na alle waarskynlikheid die bekendste definisie van demokrasie. Sartori self handel egter met demokrasie nie net as gebroke realiteit nie. despite all the talk to the contrary. is almal uiteraard heel tevrede en gelukkig met die heersende orde van staatlike demokrasie. Sartori (n 6 hierbo) 405. positively or negatively. is die kanse goed dat dit die soort omskrywing sal wees waarmee vorendag gekom sal word. Sartori (n 6 hierbo) 128. Hy beskou demokrasie as selfregering nie as ʼn vals mite nie.95 Die realiteit van hedendaagse demokrasie in die omvattende territoriale staat met sy massabevolking toon dat die beeld van ’n selfregerende demos inderwaarheid net een van twee dinge is. deur die mense en vir die mense. is ’n minsame en sussende wanvoorstelling. Die bespreking van die teorie en praktyk van verteenwoordigende demokrasie in die eerste deel van hierdie hoofstuk toon egter duidelik die teendeel aan. Wanneer ’n leek oor demokrasie uitgevra word. a political system of which it can be said that the whole people. òf ’n demagogiese slenter.93 Ook in akademiese kringe word ’n gelyksoortige betekenis aan demokrasie toegedig. Die demokratiese aanspraak dat die mense regeer. make. Sorel.

Hierdie pretensie is vals. Sartori (n 6 hierbo) 22-23. met inbegrip van die Suid-Afrikaanse reg. ’n Vermoede in hierdie sin is ’n middel waarmee ’n feit bewys kan word.100 Die kern van die saak is dat staatlike demokrasie met die aanwending van hierdie fiksie van selfregering voorgee om te funksioneer as ‘n stelsel wat werklik selfregering deur die volk bewerkstellig. aanvaar en word daarby berus. maar vanweë die funksionering van hierdie prosedures en strukture lyk dit tog asof demokrasie se aanspraak dat dit selfregering meebring. . Sartori (n 6 hierbo) 22-23.192 Hoofstuk 7 staatlike demokrasie sodoende stabiel gehou en teen die aandrang op verandering gevrywaar word. Die fiksie werk goed en almal baat daarby. Sien Schmidt (n 99 hierbo) 146 wat die onweerlegbare regsvermoede as ʼn fiksie beskryf waardeur die noue verwantskap tussen fiksies en vermoedens weereens onderstreep word. trouens. Juridies gesproke het ons hier met ’n vermoede te doen. wat dit weer uit die Europese reg gekry het.97 Die verskynsel van die fiksie in die juridiese sin kom voor in alle regstelsels.101 Daarom word die boodskap wat die fiksie oordra. naamlik ʼn praesumptio iuris et de jure. hanteer die fiksie ook as ʼn weerlegbare vermoede. Sien in die algemeen oor regsfiksies PJJ Olivier Legal fictions in practice and legal science (1975).99 In die onderhawige geval is dit nie nodig om absolute regsdogmatiese suiwerheid te handhaaf met betrekking tot die presiese afbakening van die regsfigure vermoede en fiksie nie. maar eerder met ’n fiksie in die algemene leksikologiese sin van die woord. Bowendien word die twee begrippe in die onderhawige konteks as wisselterme aangewend. met ander woorde ʼn regsvermoede wat die bewys van die teendeel uitsluit. moeilik weerlegbaar kan wees. Met behulp van ’n vermoede word ’n bepaalde feit of toestand dus veronderstel. soos Mayo sê: To talk as though the people actually govern in any modern democracy is to perpetuate a fiction even though we may call it a ‘noble lie’. Die fiksie word egter van oënskynlike substansie voorsien deur die geykte prosedures en strukture van die verteenwoordigende stelsels in die hedendaagse territoriale staat. 97 98 99 100 101 Mayo (n 2 hierbo) 73-74. CWH Schmidt Bewysreg (1982) 145. Ofskoon daar dus ’n fiksie in plek mag wees. Die fiksie is dus vals. sonder dat dit nodig is om getuienis te lewer om die betrokke feit werklik te bewys. naamlik dat die mense self regeer. geloofwaardig en. Sodoende word die bestaande staatlike orde sonder noemenswaardige kritiek of beswaar as legitiem aanvaar soos dit is.98 Ons het in die onderhawige geval egter nie streng gesproke met ’n fiksie in die juridies-tegniese sin te doen nie. is dit ’n goeie een — ’n edele leuen. sonder dat getuienis aangebied is om die bestaan van die feit of toestand te substansieer.

Net soos ’n monargie of ’n aristokrasie tot die diens van seksionele pleks van die algemene 102 103 RM Dworkin Freedom’s Law: The Moral Reading of the American Constitution (1996) 22.Staatlike demokrasie 193 Dit word weens die werking van die fiksie wat voorgee dat die mense self regeer as legitiem aanvaar en spring sodoende druk vir verandering vry. Ronald Dworkin102 stel dit soos volg: We think we are free when we accept the majority’s will in place of our own. vertoon demokrasie nie slegs gebreke nie. Dit laat die burgers glo dat hulle werklik vry is en gevolglik word die bestaande orde ongeskonde gehandhaaf. In so ’n situasie funksioneer die stemreg en verkiesings as ’n verskoning vir meerderheidstirannie oor magtelose minderhede. word dit konsekwent gekortwiek deur die inherente strukturele swakhede van meerderheidstirannie (meerderheidsdespotisme) en die miskenning van minderheidsbelange. Dit lewer die minderheid uit aan ’n soortgelyke situasie as wanneer ’n totale bevolking aan die despotisme van ’n outokraat uitgelewer is. . Hierdie fiksie is natuurlik allermins meer edel wanneer dit in ’n diepverdeelde heterogene staat funksioneer waar mense. Indien daar by hierdie swakhede van meerderheidsdominasie en miskenning van minderheidsbelange berus word. 3 Prekariokrasie en gelykheid Die beslissende mag van die meerderheid en gepaardgaande meerderheidsdominasie is een van die deurlopende probleme waarmee demokratiese teorie te kampe het. maar word dit totaal verydel. In dergelike omstandighede bevestig verkiesings bloot die magteloosheid van die minderhede en die oormag van die meerderheid. soos dit ook in ’n groot mate in Suid-Afrika die geval is.103 Dit behoort ook so te wees. waardeur die wantoestand van meerderheidsdespotisme en minderheidsmagteloosheid in die waan dat dit legitiem is. maar boonop gaan dit nog verder: Weens die werking van die legitimiteitsfiksie word die bedrieglike indruk van selfregering en vryheid gewek. Mill was terdeë bewus van die risiko dat meerderhede hul posisie tot die nadeel van minderhede kon misbruik. in stand gehou word. but not when we bow before the doom of a monarch or the ukase of an aristocracy of blood or faith or skill. volgens hulle groepsidentiteit stem. Sartori (n 6 hierbo) 99-100. want hoe goed ook al die bedoelings met demokrasie. Alexis de Tocqueville het reeds in die negentiende eeu met die potensieel tirannieke uitwerking van (meerderheids)demokrasie geworstel.

107 wat meebring dat die meerderheid effektief oor die minderheid regeer en hulle gevolglik domineer. Vanselfsprekend kan daar weens die meerderheid wat oor die minderheid regeer en die minderheid wat dus nie self regeer nie. Mill verwoord sy vrese hieroor deur te vra: Suppose the majority to be whites. Boek VI. or the contrary: is there not a great probability of similar evil?104 Een van die primêre gevare verbonde aan demokrasie is daarom wat Mill klasseregering deur ’n numeriese meerderheid noem. hoofstuk 8 16. Vir alle praktiese doeleindes het slegs die meerderheid in hierdie opset seggenskap in die sake van die staat.109 Mill gaan dan voort en argumenteer dat die gelykheidsbeginsel die beste deur ’n stelsel van proporsionele verteenwoordiging gedien kan 104 105 106 107 108 109 Mill (n 34 hierbo) 249-250. Boek 5. the minority negroes. the minority Protestants. Hierdeur word diegene wat tot die minderheid behoort degraderend ongelyk in vergelyking met diegene wat tot die meerderheid behoort. Mill (n 34 hierbo) 256-257. or vice versa. . Sartori (n 6 hierbo) 51. Die gelykheidsbeginsel wat in die woorde van Mill die ‘root and foundation’108 van demokrasie is. Sien ook Sartori (n 6 hierbo) 51 wat beklemtoon dat demokrasie altyd op gelykheid (en populêre soewereiniteit en selfregering) geskoei is. Mill (n 34 hierbo) 256. hoofstuk 3 262-263. Die tweede en afwykende vorm is regering deur die meerderheid met die doel om die meerderheid te bevoorreg. Boek IV. Aristoteles worstel in sy Politeia herhaaldelik met die probleem. hoofstuk 2 236-240. hoofstuk 10 122. Dit is belangwekkend dat die onding van meerderheidsdominasie ook reeds in die Klassieke politieke denke ingesien is. will there not be the same danger? Or let the majority to be English.106 Die uitwerking van hierdie meerderheidsregering is terselfdertyd die ontkiesering van die minderheid. the minority Irish. Boek III. hoofstuk 11 173. kan demokrasie ook tot die werktuig van seksionele belange verval. Mill (n 34 hierbo) 256-257. hoofstuk 8 210. Sien Aristoteles The politics (Vertaling uit die Grieks deur TA Sinclair) (1962) Boek III. behandel. Mill (n 34 hierbo) 256-257. Boek IV. or vice versa: is it likely that the majority will allow equal justice to the minority? Suppose the majority Catholics. Boek VII. ook niks tereg kom van die beginsel van selfregering nie. word sodoende verontagsaam en daarmee saam word demokrasie per se misken.194 Hoofstuk 7 openbare belang geplaas kan word.105 Teen hierdie agtergrond is daar in Mill se oë ook twee soorte demokrasie: eerstens is daar suiwer demokrasie wat regering van die geheel van die volk (people) deur die geheel van die volk (people) behels. hoofstuk 4 160.

gee die meerderheidsbeginsel uitdrukking aan die beginselvan res iudicata. Hy was daarvan oortuig dat proporsionele verteenwoordiging sal meebring dat die debat in die verteenwoordigende liggaam die algemene belang aan die lig sal bring en dat die liggaam se keuse op die dien van die algemene belang sal val.Staatlike demokrasie 195 word. Die ideale situasie. Daardeur word meerderheidsbevoorregting en minderheidsbenadeling na sy mening verhoed. en oor ander is hy weer deel van die minderheid. kompromie-gesind is teenoor diegene wat nie aan bewind is nie. Mill se oortuiging oor sy oplossing vir die misstand van meerderheidsdominasie was egter ongegrond. Inderwaarheid is daar dan nie iets soos die meerderheid en die minderheid nie. .110 Dit strek tot Mill se krediet dat hy die euwel van meerderheidsdominasie ingesien het. Mill se kuur vir die probleem was proporsionele verteenwoordiging. Soos in 7. By Mill was die gedagte van minderheidsregte. of ten minste die beskerming van minderheidsbelange teen die tirannie van die meerderheid. maar voortdurend wisselende meerderhede en minderhede met ewe wisselende samestellings. Dit is natuurlik beswaarlik denkbaar dat demokrasie sonder die meerderheidsbeginsel kan funksioneer. Holden (n 3 hierbo) 104-106. waarna hulle ’n soortgelyke kompromie-oriëntasie van die nuwe regering — die nuwe meerderheid — verwag. Rakende sekere geskilpunte kan ’n bepaalde individu hom as deel van die meerderheid bevind. hoe daar aan die meerderheidsbeginsel gevolg gegee kan word sonder om die gelykheidsbeginsel te verontagsaam. soos ingevolge moderne demokratiese teorie betoog word. Die politieke orde funksioneer dan op so ’n manier dat alle individue soms wen en soms verloor.112 Binne so ’n scenario is alle individue basies 110 111 112 Mill (n 34 hierbo) 257-260. met ander woorde.1 hierbo aangedui. Die uitwerking hiervan is dat partye (meerderhede) wat aan bewind is. Daarmee saam moet regerings mekaar ook gereeld afwissel en word daar dienooreenkomstig in moderne demokratiese teorie vereis dat daar by ten minste elke derde algemene verkiesing ’n regeringswisseling moet plaasvind alvorens ’n politiek-grondwetlike orde werklik as demokraties bestempel kan word. is dat meerderhede mekaar voortdurend afwissel. omdat hulle weet dat hulle by ’n volgende verkiesing die bewind kan verloor.111 Die kritieke vraag is dus hoe die meerderheidsbeginsel met die gelykheidsbeginsel versoen moet word. steeds latent en die gedagte van die afwenteling van gesag na minderhede om meerderheidsdominasie te verhoed en minderhede se deelname aan demokrasie daadwerklik te verwesenlik nog geheel en al afwesig.

Weens die miskenning van die gelykheidsbeginsel en die beginsel van selfregering is die outentiek demokratiese kwaliteit van die stelsel onder ernstige verdenking.115 Gesien vanuit die magtelose posisie soos dit deur die permanente minderheid beleef word.113 Wanneer daar in ’n politieke orde egter ’n permanente meerderheid en minderheid is. . 397411. het die meerderheidsbeginsel ’n vernietigende uitwerking op die gelykheidsbeginsel en op die beginsel van selfregering. of godsdienstig diep verdeelde plurale samelewings waar die openbare diskoers wentel om die belange van die samestellende groepe. rasse. Dit gebeur veral in etnies. dit is ’n stelsel wat die minderheid uitlewer aan ’n onsekere bestaan op die genade en goedgunstigheid van die meerderheid.en minderheidsposisies.of etniese sensusse. Sien A Przeworski & F Limongi ‘Modernization: Theories and Facts’ (1996-1997) World Politics 178.114 in plaas van bona fide verkiesings. vergeleke met die meerderheid. linguisties. is so ’n bestel van meerderheidsdominasie klaarblyklik allermins demokraties. (natural) justice and democracy’ (2006) SAPRL 142 et seq. Volwasse mense — wat tot die minderheid behoort — wat in ʼn grondwetlike orde leef waarin hulle asof hulle nie behoorlik handelingsbevoeg is nie in ’n posisie geplaas word waarin hulle nie self oor aangeleenthede wat hulle intiem raak.196 Hoofstuk 7 in ’n gelyke situasie. is dié soort etniese sensusse aan die orde van die dag. Dié toedrag van sake wat bepaalde partye (en die groepe daarin verteenwoordig) permanente verloorders teenoor ’n permanent oorheersende meerderheid maak. ten einde as ʼn geloofwaardige en outentieke demokrasie te kwalifiseer. word aan sistemiese krenking van hul menswaardigheid blootgestel. Mill verwoord dit soos volg: 113 114 115 Vir ’n breedvoerige behandeling van hierdie kwessie sien verder K Malan ‘Faction rule. Die verkiesings in sodanige diepliggende plurale samelewings is dikwels nouliks meer as rasse. Giliomee H & Simkins C (reds) The awkward embrace: One party domination and democracy (1999) xvii. Sien verder R Emmerson From empire to nation: the rise to self assertion of Asian and African peoples (1962) 330-331. Inteendeel. Dienooreenkomstig word daar soms heeltemal tereg vereis dat ʼn stelsel. danksy die aanhoudende afwisseling van meerderheids. Sartori (n 6 hierbo) 239. gereelde regeringswisselings moet ondergaan. In Suid-Afrika wat sedert 1994 ’n eenparty-dominante stelsel het wat deur die ANC oorheers word. Vir ’n breedvoeriger bespreking hieroor sien verder K Malan ‘Political blitz on a constitutional trench’ (2005) SA Public Law/Publiekreg. Dit het onder andere ook die uitwerking dat veelparty-demokrasie beduidend geskaad word en nie werklik tot sy reg kan kom nie. ’n stelsel wat weens die effektiewe uitsluiting en magteloosheid van die minderheid inderdaad die menswaardigheid van die lede van die minderheid krenk en die minderheid as ’n groep degradeer. kan beslis nie en daarenteen aan die besluitneming deur ’n meerderheid uitgelewer is. verydel eweneens die demokratiese beginsels van gelykheid en selfregering.

Mill (n 34 hierbo) 279. Die prekaris is geheel en al op daardie genade aangewese. to be left out of the constitution. Die prekaris is die houer (detentor) van roerende of onroerende goedere wat hy vir sy eie gebruik op sy versoek in sy besit hou. Daarom is so ’n minderheid niks meer nie as in die woorde van Mill a plead from outside the door. Die lede van die minderheid kan stemreg hê en dit uitoefen. maar as hulle telkens uitgestem word en telkens verplig word om die dominasie van die meerderheid te aanvaar. Daarom dan dat ’n bestel van meerderheidsdominasie vanuit die ervaring van die minderheid paslik as ʼn prekariokrasie bestempel kan word. not taken into consideration within. is grondliggend ondemokraties en weens die degradering waaraan dit die minderheid onderwerp.Staatlike demokrasie 197 It is a great discouragement to an individual and a still greater one to a class. hoef nie in ag geneem te word nie.116 Hy verklaar later: Every one is degraded. Juis daarom kan saamgestem word met WA Lewis. without consulting him. whether aware of it or not. take upon themselves unlimited power to regulate his destiny.118 Sy voortgesette houerskap hang af van die genade van die eienaar. to be reduced to a plead from outside the door to the arbiters of their destiny. is vir alle praktiese doeleindes buite die grondwet. M Kaser Roman Private Law (Engelse vertaling deur R Dannenbring) (1984) 106. So ’n minderheid mag geraadpleeg word en hulle mag stemreg hê en inderdaad stem. goedkeurend aangehaal deur Arend Lijphart. is dit klaarblyklik immoreel. In so ’n meerderheidsoorheersde bestel is die minderheid se posisie baie soortgelyk aan die regsfiguur van die houer ter bede (holder at will) oftewel die prekaris. wanneer hy sê: 116 117 118 Mill (n 34 hierbo) 216.117 ’n Permanente minderheid oor wie die meerderheid gesaghebbende besluite neem. Prekariokrasie wat die demokratiese beginsels van gelykheid en selfregering misken. . is die uitoefen van hulle prosessuele (demokratiese) regte niks meer nie as ’n ritueel waardeur geloofwaardigheid aan die legitimiteitsfiksie verleen word en waardeur die dominasie van die meerderheid dus gelegitimeer en verskans word. maar sy houerskap kan te eniger tyd opgesê word na gelang van wat die eienaar besluit. maar die menings en behoeftes wat gedurende die raadpleging of verkiesings aan die lig kom. when other people.

should be legitimized. in plaas daarvan om dit aan die dominasie van die meerderheid te onderwerp.121 Demokrasie moet verdiep en uitgebrei word sodat dit nie net in ooreenstemming met staatsbouprojekte (sien die vorige hoofstuk) voorsiening maak vir die eendimensionele staatsburger wie se identiteit na gelang van die staat se behoeftes bepaal is nie.119 Meerderheidsdominasie en prekariokrasie is klaarblyklik ondemokraties omdat dit die demos. inconsistent with the primary meaning of democracy. Vandag word daar toenemend aanvaar dat die reg om te stem nie meer voldoende is om demokrasie te verseker nie. CS Maier ‘Democracy since the French Revolution’ in J Dunn (red) Democracy: The Unfinished Journey . Minderhede eis geregverdig die reg op om binne die openbare ruimte erkenning te geniet. het minderhede ʼn aanspraak om met die mag beklee te word waardeur hulle in staat gestel word om oor sake wat hulle belange intiem raak te beslis. verreken en dit die geleentheid bied om te ontwikkel. and destructive of any prospect of building a nation in which different peoples might live together in harmony. sonder enige kratos laat...122 Daar moet aanvaar word dat nasionale homogeniteit nie langer die grondslag vir burgerskap in ’n plurale staat kan wees nie en dat ruimte geskep moet word vir die erkenning van ’n veelheid van etniese en kulturele identiteite. so word betoog. but in plural societies it is totally immoral. of minstens ’n gedeelte daarvan. as well a their tensions. Demokrasie. . Die prekariokratiese euwel het die afgelope dekades skerp onder die soeklik gekom. Mouffe (n 68 hierbo) 3. Dít is egter waartoe demokrasie verval wanneer dit uitsluitlik op die meerderheidsbeginsel geskoei is en daarenteen terselfdertyd die gelykheidsbeginsel en die beginsel van selfregering heeltemal versaak. majority rule may be acceptable in consensual societies. Demokrasie moet ook die pluraliteit van die samelewing en die veelheid van identiteite wat daarin voorkom. Soos Chantalle Mouffe (n 68 hierbo) 5 sê: ‘The individual is not to be sacrificed to the citizen.508 BC .AD 1993 (1993) 146.198 Hoofstuk 7 . moet binne die raamwerk van liberale demokrasie uitgebrei word.123 Dan raak dit moontlik dat die integriteit van 119 120 121 122 123 WA Lewis aangehaal deur A Lijphart Democracy in Plural Societies: A Comparative Exploration (1977) 145.120 In plaas daarvan om in ’n posisie van magteloosheid te bly. and the plurality of forms of identities through which we are constituted and which correspond to our insertion in a variety of social relations. Demokrasie moet derhalwe nie bloot mag vir die meerderheid en onderhorigheid van die minderheid beteken nie. en die minderheid strydig met die demokratiese doelwitte van selfregering en gelykheid sonder selfregering aan die dominasie van die meerderheid oorlaat.’ Mouffe (n 68 hierbo) 8.

konstitusionele strategieë vir die afwenteling van staatsgesag na groepe en streke. moet daar proporsionele verteenwoordiging van elke groep in die openbare sektor wees. Dit veronderstel ’n grand koalisie van alle groeperings binne ’n plurale staat. Vir lank het die prosessuele reg om te stem die onmag. en moet daar ook segmentele outonomie wees met betrekking tot aangeleenthede eie aan elke groep. asook die suksesvolle stigting van nuwe state deur middel van sesessie. Hierdie pleidooi vir die hersiening van demokrasie is nie net gemik teen die wantoestand van meerderheidsdominasie nie.124 Nog ’n uitweg is die beskerming van minderheidsregte wat sedert die laaste dekade van die twintigste eeu sterk op die voorgrond getree het. Die euwel is lank deur die bedrieglike legitimiteitsfiksie van prosessuele demokrasie verbloem. verteenwoordig deur die politieke elite van elke groep. maar ook teen die staatsbou (nasiebou)-projekte wat. sowel as van staatsbouprojekte. Sien byvoorbeeld HA Strydom ‘Minority rights protection: Implementing international standards’ (1998) SAJHR 375 et seq. Op ’n praktiese konstitusionele vlak word daar tans toenemend op verskeie maniere en met ’n wisselende mate van sukses gepoog om meerderheidsdominasie aan bande te lê en om gelyke demokratiese akkommodasie van almal te bewerkstellig. verberg en staatlike demokrasie aan kritiek laat ontkom. poog om ’n enkele staatlike geïnstigeerde identiteit af te dwing. Die miskenning van gelykheid en die handhawing van prekariokrasie is egter nou duidelik as die dubbele euwel van demokrasie kragtens die staatlike paradigma blootgelê.Staatlike demokrasie 199 minderheidsgemeenskappe daadwerklik erken kan word en dat minderhede gelykwaardig met die meerderheid behandel kan word en ook daadwerklik aan die uitoefening van selfregering deel kan hê. Gevolglik staan die demokratiese beginsel van gelykheid in die pad van meerderheidsdominasie. Volgens hierdie stelsel het elke groep ’n vetoreg met betrekking tot aangeleenthede wat vir die besondere groep van sentrale belang is. maar die soeke na genesing het maar pas begin. Die patologie is geïdentifiseer. . Een van die mees bespreekte strategieë is dié van konsosiatiewe demokrasie soos bepleit deur Arendt Lijphart. soos in hoofstuk 6 beskryf.125 Laastens is daar die toenemende aantreklikheid van territoriale en funksionele federalisme. 124 125 Lijphart (n 119 hierbo) 25-52. Die verontagsaming van die demokratiese beginsels van gelykheid en selfregering is steeds een van die onopgeloste euwels van staatlik geïnspireerde demokrasie. die nadelige ongelykheid en die afwesigheid van selfregering waaronder minderhede gely het.

Dit is egter nie waar die moeilikheid met staatlike demokrasie eindig nie. vind ons dat ons tans nie slegs met sekere dwaalweë van die demokrasie te kampe het nie. Die effek hiervan was dat ’n aansienlike aantal Atheense burgers ervaring van politieke besluitneming en die uitvoering van besluite gehad het. beoefen is. staatlike demokrasie is nie meer demokrasie nie. Hulle kon almal aan die besprekings deelneem en is dikwels ook met die uitvoering van besluite belas.129 Primêr het Atheense demokrasie die byeenkoms van Atheense burgers binne die volksvergadering beteken. Finley (n 17 hierbo) 50. maar dat demokrasie per se skipbreuk gely het. Die kritiese maatstaf wat hier aangewend word. Dit het binne die volksvergadering (ekklesia) wat baie gereeld byeengekom het en waarin al die belangrike besluite rakende die Atheense polis geneem is gefunksioneer. is die begrip demos (volk/people). die demokrasie van die territoriale staat Tot dusver is uitgewys wat staatlike demokrasie behels en hoe demokrasie volgens die behoeftes en voorskrifte van die staatlike paradigma gedomestiseer is. Dit is uiteraard die sleutel tot demokrasie.128 Vanweë die feit dat die Atheense demokrasie by uitnemendheid in die volksvergadering waarin alle burgers toegelaat is. Finley (n 17 hierbo) 18-21. was dit letterlik ’n aangesig tot aangesig-demokrasie.127 Die Atheense demokrasie was binne ’n ruimtelik beperkte opset georganiseer en die burgery het in ’n hegte gemeenskap met mekaar saamgeleef.126 Die ekklesia was vir alle Atheense burgers (politai) toeganklik. . De Benoist (n 1 hierbo) 70 De Benoist (n 1 hierbo) 71. Demokrasie binne die polis was ’n sigbare en tasbare gegewe. aristokrasie. aangesien die bestaansrede en oogmerk van demokrasie juis daarin bestaan dat die demos (in plaas van die diktator. Kortom. Ook is daar verduidelik hoe moreel bedenklik hierdie demokrasie gemeet aan die eg demokratiese maatstawwe van gelykheid en selfregering is. die Atheense demokrasie was binne ’n beperkte geografiese opset georganiseer. Wanneer ons sekere van die basiese uitgangspunte van die demokrasie neem en op die huidige staatlike demokrasie toepas. Die polis-opset is gekenmerk deur wat beskryf word as narrowness of space. Die Griekse of meer korrek.200 Hoofstuk 7 4 Massokrasie.130 126 127 128 129 130 Sartori (n 6 hierbo) 20. militêre junta of wat anders ook al) die kratos moet beklee.

132 Die beoefening van die politiek kragtens die Atheense demokrasie was ook heeltemal verskillend van die politiek in verteenwoordigende stelsels. Sien hieroor die bespreking in hoofstuk 6. Dienooreenkomstig was die Atheense opvatting van burgerskap nie die liberale opvatting waarin die klem op individuele outonomie geplaas word nie. De Benoist (n 1 hierbo) 72.134 Die behoud van leierskap was as gevolg hiervan onseker en wispelturig. Volgens die Atheense opvatting was vryheid buite die polis ondenkbaar. Finley (n 17 hierbo) 61. Dit is gekonstitueer en telkens weer herkonstitueer.135 In die Atheense demokrasie was debatvoering en beraadslaging in die ekklesia van kardinale belang. Roman and Byzantine Studies 130 aangehaal deur CA Van Rooy Antieke Griekse Geskiedenis: Van die Steentydperk tot die eeu van Perikles (1979) 295 raam dat rondom 6000 uit ’n moontlike totale burgertal van 35 000 in 480 vC en 33 000 in 431 vC die Ekklesia bygewoon het.133 Politieke leierskap is binne die polis op meriete verdien en behou. was die bywoning van die volksvergadering gewoonlik baie goed. Die bekleding van ’n leiersposisie het volgehoue persoonlike inspanning en prestasie vereis.131 Atheense burgerskap was trouens nie primêr ’n juridiese status soos vandag nie. As jy nie presteer nie. Geen leier is teen sy pos beskerm nie. maar wel die daadwerklike deelname aan die sake van die polis. ‘Lidmaatskap’ daarvan het ook van volgehoue prestasie afgehang. Alle Atheense burgers. maar eerder van vryheid om aan die sake van die polis deel te neem. Vryheid verskaf die toegang om binne die raamwerk van die polis medeseggenskap in die sake van die polis te hê. .Staatlike demokrasie 201 Binne die Atheense demokrasie het die demos nie net die teoretiese bevoegdheid gehad om besluite te neem nie. die demos het inderdaad daadwerklik die besluite geneem. is jy dadelik uit. Finley (n 17 hierbo) 62. Juis daarom was retoriese 131 132 133 134 135 Holden (n 3 hierbo) 10. In die lig van die uiters hoë premie wat politai op die algemene sake van die polis geplaas het. ’n Persoon was ’n leier uitsluitlik op grond van persoonlike kwaliteite. MH Hansen ‘How many Athenians attended the Ecclesia?’ (1976) 17 Greek. Daar was weliswaar ’n politieke elite — ’n politieke aristokrasie — maar die samestelling daarvan het voortdurend gewissel. of minstens alle burgers wat belang gestel het. Die teenoorgestelde hiervan vind ons in die negatiewe vryheid soos byvoorbeeld deur Isaiah Berlin uiteengesit. Daar hoef nie vir die volgende verkiesing gewag te word nie. Die betreklike sekerheid van ampsbekleding van die hedendaagse konstitusionele demokrasie was in Athene heeltemal onbekend. kon die volksvergadering bywoon. Daar was geen regering (in die sin van vaste regeringsinstellings) in die moderne sin van die woord wat duidelik van die res van die burgery onderskeibaar was nie.

die volk. politieke magsmiddels in diens van die verwesenliking van private belange kan plaas. Sien byvoorbeeld JH Hallowell The moral foundation of democracy (1954) 60. De Benoist (n 1 hierbo) 73. De Benoist (n 1 hierbo) 71. ook nie alle volwasse individue.137 Daarenteen het die Atheense demokrasie primêr gewentel om die sake van die polis as georganiseerde gemeenskap. was ook ’n tipiese eienskap van die Atheense demokrasie en onderskei ook die Atheense demokrasie van huidige staatlike demokrasie. die wêreld en oor sosiale bande.202 Hoofstuk 7 vermoëns ’n noodsaaklike bate en het oratore ’n sleutelrol in die politieke proses vervul.140 Die verskille tussen die Atheense en eietydse demokrasie is gevolglik veel meer diepliggend as die blote feit dat eersgenoemde regstreeks en laasgenoemde verteenwoordigend is. teenoor moderne demokrasie wat om die realisering van individuele belange sentreer. Die Atheense demokrasie het burgerskap gedefinieer ingevolge die oorsprong van die burgers van die polis en voorsiening gemaak vir daadwerklike burgerlike politieke deelname aan die sake van die polis.138 Die sin en noodsaak vir individuele inbinding in die gemeenskap van die polis-gemeenskap was ’n wesenlike eienskap van die Atheense demokrasie. afsonderlik of saam met ander. Juis om hierdie rede word demokrasie steeds primêr vereenselwig met ʼn regeringsvorm deur middel van beraadslaging en oorreding. De Benoist (n 1 hierbo) 74-75. maar wel op al die Atheense burgers se gelyke vereenselwiging met die polis. Dit was naamlik nie gebou op die een of ander ontologiese gelykheid of gelykheid ingevolge die natuurreg nie. politai van die Atheense polis nie. van die Atheense demokrasie en tot welke mate verskil dit van die demos van die huidige demokratiese praktyk? Eerstens was nie alle individue. Sien byvoorbeeld Wood (n 80 hierbo) en Arendt (n 81 hierbo). Holden (n 3 hierbo) 116. Atheense demokrasie was kommunitêr en holisties in teenstelling met die individualisme van hedendaagse demokrasie.141 Maar wie was dan die demos. 136 137 138 139 140 141 Finley (n 17 hierbo) 38-75. De Benoist (n 1 hierbo) 73. Daarenteen gaan moderne demokrasie met staatsburgers om as geatomiseerde individue wat beskou word deur die prisma van abstrakte egalitarisme. Demokrasie was trouens slegs met betrekking tot die sake van die polis beoefenbaar. Die Atheense demokrasie was gebou op die gedagte van ’n organiese gemeenskap. Elkeen het ’n verskillende opvatting oor die mens.139 Die Atheense konsep van gelykheid (isonomie) wat ’n voorwaarde vir demokrasie was. .136 Hedendaagse demokrasie fokus op die individu en het in ’n hoë mate te make met die wyse waarop individue.

slegs ’n fraksie van die polis se bevolking was politai. Finley (n 17 hierbo)) 36. De Benoist (n 1 hierbo) 71. vir Atheense burgerskap vereis dat ’n persoon se ouers albei Atheens moes wees. De Benoist (n 1 hierbo) 71. genaamd die idiotes. was eweneens nie vir die status van polites beskore nie.147 Om te sê dat die Atheense demokrasie ’n direkte demokrasie was. funksies en aktiwiteite wat daarmee gepaard gegaan het. Die funksies en aktiwiteite van burgerskap het regstreeks voortgespruit uit die status van Atheense burgerskap. 75. De Benoist (n 1 hierbo) 71.145 Ateense burgerskap het sy betekenis gehad in die bevoegdhede. De Benoist (n 1 hierbo) 71. behalwe vir enkele beperkte uitsonderings. Die behoorlike funksionering van die Atheense demokrasie is bewerkstellig deur hegte gemeenskaplike kulturele bande en deur ’n duidelike belewenis van ’n gemeenskaplike afkoms. is daar na 451 v.143 Tot ’n sekere hoogte was demos en etnos dieselfde ding.Staatlike demokrasie 203 Inteendeel. which ultimately linked its performance to the origins of those who exercised it.142 Meer as dit: die Atheense demos was homogeen. Vreemdelinge en vroue is uitgesluit. maar direktheid was nie die essensie daarvan nie. Burgerskap in die volste sin van die woord het ingehou dat die burger ’n gemeenskaplike vaderland en geskiedenis (historiese belewenis) gehad het. Vanweë reëls wat op die inisiatief van Perikles deurgevoer is. De Benoist (n 1 hierbo) 71.C.148 142 143 144 145 146 147 148 Holden (n 3 hierbo) 14. Burgerskap is uitsluitlik verwerf deur geboorte en deur afkoms. Athenians of the fifth century celebrated themselves as the ‘autochthonous people of the great Athens. sien ook Van Rooy (n 133 hierbo) 285. Democracy was rooted in the autochthonous concept of citizenship.146 De Benoist vat dit soos volg saam: Only birth conferred individual citizenship. van wie daar baie was. Bowendien het die Atheense tradisie huwelike tussen ’n Athener en ’n nie-Athener ontmoedig. De Benoist (n 1 hierbo) 71. De Benoist (n 1 hierbo) 75. was dit nie moontlik om ’n Atheense burger te word nie.’ Into that founding myth they grounded their democracy. is waar. Atheense demokrasie is primêr vereenselwig met die idee van ’n grootliks homogene gemeenskap met ’n bewussyn van dit wat hulle as volk (oftewel as grootliks etniese demos) kenmerk. Slawe.144 Die mees essensiële eienskap van Atheense burgerskap was ’n persoon se oorsprong en afkoms. ’n Persoon is as Atheense burger gebore en. . Teenoor die status van die polites was daar ook die status van die nie-burger.

is die benaming. Die labiele. Demos-kratia beskryf nie meer die huidige toedrag van sake. . demokrasie. Daarom is massokrasie eerder as demokrasie tans ’n meer gepaste en beskrywende begrip vir ons tans sogenoemde demokratiese stelsels. staan die huidige demos.153 Hy wys daarop dat moderne politieke regimes hulself eers sedert betreklik onlangs as demokraties begin beskou het. Die stelling word bevestig deur die algehele afwesigheid van die begrip demokrasie by teoretici soos Tom Paine en die feitlik algehele vermyding daarvan deur John Stuart Mill (n 34 hierbo). Dit is die gevolg van die groot omvang van die eietydse territoriale staat en word in die onlangse dekades natuurlik verder versterk deur die vrye vloei van kapitaal en mense oor grense heen. Holden (n 3 hierbo) 27.)150 Daarom is dit nodig dat die begrip opgedateer word ten einde die heersende realiteit meer getrou te beskryf. Sartori (n 6 hierbo) 21. Tog doen die ironiese situasie homself voor dat die volgende onlogiese logika gevolg word: In plaas daarvan om aan die hand van die Klassieke demokrasiemaatstaf tot die slotsom te kom dat die huidige situasie nie demokraties is nie. geatomiseerde en heterogene massa wat individuele belangeverwesenliking in die megalopolis (die omvangryke territoriale staat) najaag. word die kontemporêre massokrasie as demokratiese maatstaf aangewend en tot die gevolgtrekking gekom dat die klassieke Atheense demokrasie ondemokraties was. die afkomsgedrewenheid en die organiese holisme van die Atheense demos. dus ʼn klaarblyklik onvanpaste beskrywing vir wat vandag as demokrasie verstaan word. het in die plek van die homogene (etnies verwante) organiesholistiese demos gekom. geatomiseerde en normlose aantal mense binne die territoriale staat.149 Indien die Klassieke demokrasie as maatstaf aangelê word. Dit is eenvoudig heeltemal anders as die Atheense demos en die Atheense demokrasie. Sartori (n 6 hierbo) 21. in dit wat Sartori die omvangryke megastaat noem.204 Hoofstuk 7 Teenoor die homogeniteit. Sien die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk. Tans beteken demos eenvoudig almal: ’n toenemend fluktuerende. amorfe skare van mense wat al hoe meer maatskappy (Gesselschaft) en algaande minder gemeenskap (Gemeinschaft) is.152 Allain De Benoist stel hierdie onlogiese argument behoorlik aan die kaak. nie.154 Dit is 149 150 151 152 153 154 Sartori (n 6 hierbo) 20-21.151 Geoordeel aan die klassieke Atheense maatstaf van demokrasie het ons tans geen demokrasie nie maar wel ’n massokrasie. De Benoist (n 1 hierbo) 74. wat deur ekonomiese globalisering meegebring is. Sien ook Holden (n 3 hierbo) 27. De Benoist (n 1 hierbo) 74. (Die spesifieke term wat Sartori hier gebruik. Vandag behels die demos ’n hoogs onstabiele. is megalopolis.

. Mill is veel meer getrou aan die outentieke demokratiese tradisie as baie van die huidige teoretici. Free institutions are next to impossible in a country made up of different nationalities. ingedwing in die raamwerk van en volgens die behoeftes van die staatlike paradigma.155 Die skuld vir die omkeer van die logika lê egter nie by Mill. Mill filosofeer onteenseglik op die grondslag van die aanname van ’n homogene demos. Trouens. affect them in different ways.156 Vrye instellings kan beswaarlik voortbestaan in ’n heterogene samelewing waarin uiteenlopende groepe een gebeurtenis verskillend ervaar en waarin een en dieselfde gebeurtenis ’n uiteenlopende uitwerking op verskillende groepe het. pleks van demokrate is. die grondlegger van kontemporêre demokratiese teorie nie. Mill (n 34 hierbo) 362. die gevolgtrekking te maak dat hulle nie demokraties was nie. anders as ons was. Among a people without fellowfeeling. Hy verklaar: But when a people are ripe for free institutions.Staatlike demokrasie 205 daarom heeltemal verkeerd om. sou eers in die twintigste eeu volg. Die verval van demokrasie tot die huidige massokrasie van die territoriale staat. wat eerder eksponente van dwaalweë van die demokrasie soos massokrasie. wanneer ons vind dat die Atheners. Mill (n 34 hierbo) 361. the same acts. than from the common arbiter. In die woorde van Mill: The same incidents. Presies die teenoorgestelde is waar: vir sover die huidige praktyk nie met die Atheense gebruik strook nie. especially if they read and speak different languages. Mill (n 34 hierbo) 361. Ons denke is skynbaar so verwring deur die dissiplines van die staatlike paradigma 155 156 157 158 De Benoist (n 1 hierbo) 74. is óns inderdaad ondemokraties en nie die Atheners nie.158 In Mill vind ons dus nog baie terug van die outentieke demokraat. . the state. necessary to the working of representative government cannot exist.. it is in general a necessary condition of free institutions that the boundaries of governments should coincide in the main with those of nationalities. the united public opinion. there is a still more vital considerations. the same system of government.157 Dienooreenkomstig verklaar Mill dat ’n staat vir elke volk ’n voorwaarde is vir die instandhouding van vrye instellings: . Mill het nog ’n aansienlike mate van homogeniteit van die demos as vereiste vir suksesvolle demokrasie gestel. and each fear more injury to itself from the other nationalities.

. dat dit ons bykans ’n eeu geneem het om die massokratiese wantoestand te sien vir wat dit is.206 Hoofstuk 7 wat ’n drogbeeld van massokrasie as demokrasie aan ons voorgehou het.

Menseregte voorveronderstel ’n aantal eise teen die staat. Juis hierdie waarheid word vervolgens in meer besonderhede toegelig. Menseregte is die idee van ons tyd.8 Simbiose HOOFSTUK MENSEREGTE DIE SORGSAME STAAT 1 Net soos ons tydvak by uitstek een van demokrasie is. Daarom is die staat ’n 1 2 3 L Henkin The Age of Rights (1990) ix. put net soveel — indien nie meer nie — voordeel uit menseregte. is dit ook die era van menseregte. Editorial note (1984) 113 Daedalus ‘Human Rights Issue’ iv. want die staat.1 Net soos met demokrasie is daar ook ’n bykans universele vereenselwiging met menseregte. maar aan die ander kant is dit ook so dat menseregte altyd die staat veronderstel. val met die eerste lees vreemd op. die enigste politiek-morele ideaal — naas demokrasie — wat universele aanvaarding geniet. Die menseregtelike verhouding is nie sonder die staat bestaanbaar nie. Dit is waar. R Dagger Rights in T Ball et al (reds) Political Innovation and Conceptual Change (1989) 292. Die stelling dat die staat net soveel baat by menseregte vind en versterking daaruit put. 207 .3 Sedertdien is daar ’n onafskeidbare lotsgebondenheid tussen die staat en menseregte. Dagger (n 1 hierbo) 298. Die staat is altyd noodwendig ’n party daarby. ’n Regime en ’n kultuur van menseregte — so word algemeen geleer — bestaan juis om die staat tot die voordeel van individue in bedwang te hou en in diens van individue te plaas. wat volgens die menseregtelike verhouding met die verpligting belas is om aan menseregte uitvoering te gee. Dit is weliswaar korrek.2 Menseregte het die lewenslig op dieselfde oomblik aanskou as wat die territoriale staat sy aankoms op die historiese toneel aangekondig het. maar nie die volle waarheid nie. Daar word algemeen aanvaar dat die individuele mens die reghebbende en bevoordeelde van menseregte is.

.4 Dienooreenkomstig verklaar Karel Vasak dat ’n georganiseerde gemeenskap in die vorm van die staat ’n basiese voorvereiste vir die realisering van menseregte is5 en voeg daaraan toe dat die mens sonder die staat nie vry kan wees nie. naamlik dat die staat en die regsprofessie minstens net soveel aan menseregte te danke het en minstens net soveel rede het om nuwe regte bloot te lê en meganismes vir die beskerming daarvan te voorsien. Individue is die eerste en opvallende bevoordeeldes van menseregte. die regter en ’n reeks ander regslui wat by die administrasie van menseregte betrokke is. Vasak (n 5 hierbo) 4.6 Hieruit is dit duidelik dat menseregte volledig binne die staatlike paradigma ingebind is. inteendeel. Die leke-individu vind dit gewoonlik moeilik om regte self af te dwing. 4 5 6 F Venter ‘Menseregte.208 Hoofstuk 8 absolute noodsaaklikheid in enige regsorde waarin menseregte in stand gehou word. Hy kan nie die voordele wat menseregte bied sonder die hulp van die prokureur. In menseregte het die staat ’n troue bondgenoot gevind vir die versterking en die verskansing van die staat. benut nie. Menseregte word veral deur die regsprofessie verfyn en geadministreer. des te groter die moontlikheid om regte af te dwing en des te meer die afhanklikheid van die regsprofessie. Daaragter skuil egter ’n meer wesenlike waarheid. Teen hierdie agtergrond val die soeklig op die staat se strategiese bondgenoot en die mede-bevoordeelde uit ’n menseregte-regime. Hoe meer regte daar beskikbaar is. Menseregte bring nie die staat in gedrang nie. hetsy in die privaat praktyk. Hy is daarvoor bykans altyd op die bystand van regspraktisyns. K Vasak et al ‘Human Rights: As a Legal Reality’ in K Vasak et al The International Dimension of Human Rights (1982) 4. groepsregte en ’n proses na groter geregtigheid’ (1986) 1 SAPR/L 206. dit beklemtoon en bevestig die noodsaak van die staat as ’n conditio sine qua non vir ons daaglikse bestaan. of verbonde aan die staatsinstellings aangewese. die advokaat. naamlik die regsprofessie wat met die vermeerdering van regte al hoe meer funksies verwerf en wie se kliëntebasis met die toevoeging van elke nuwe reg verder groei.

Hier het ons egter nog nie met ’n omvattende katalogus van basiese regte te make nie. Godsdiensvryheid as ’n basiese mensereg en die sekuriteit van die staat was wedersyds van mekaar afhanklik. JD van der Vyver Die Beskerming van Menseregte in Suid-Afrika (1975) 20-21. waaroor hieronder meer gesê word. die Habeas Corpuswet van 1641 weerhou die owerheid van die onregmatige aanhouding van ’n persoon en die Bill of Rights van 1689 poog om ’n verskeidenheid rights and liberties van die burgery teen owerheidskending te verskans.8 Die eerste menseregte was dus grootliks immuniteite teen arbitrêre owerheidsinmenging. naamlik godsdienstige neutraliteit. waar die eerste rudimentêre menseregte-dokumente die lig gesien het. I Szabo ‘Historical Foundations of Human Rights’ in K Vasak et al The International Dimension of Human Rights (1982) 13. Szabo (n 8 hierbo) 13. Op hierdie wyse is ’n simbiose geskep wat as presedent dien vir die huidige veel meer uitgebreide simbiotiese verhouding tussen die staat en menseregte.10 Die Petition of Right van 1628 lê arbitrêre owerheidsoptrede aan bande. wat juis in die sewentiende eeu ’n uitgerekte stryd teen absolutisme beleef het. .9 Dit was in Engeland. DE de Villiers ‘Die geskiedenis van menseregte’ in DA du Toit (red) Menseregte (1984) 22. Die tradisionele beskouing is egter dat menseregte hul oorsprong in die sewentiende.7 Dit het neerslag gevind in ooreenkomste tussen die vorste en die bevolking — in werklikheid die aristokrasie — met die oog daarop om aan die bevolking sekere regte in die gestalte van vryhede te verleen en om die owerheid daartoe te verbind om homself te weerhou van inbreuke op daardie vryhede.Menseregte . Dit het saam met die territoriale staat beslag gekry en het aan die staat een van sy fundamentele kenmerke. besorg. Nog ’n eeu sou verloop waartydens die middelklas eers sterker gevestig kon word en 7 8 9 10 M Cranston ‘Are there any human rights?’ (1984) 113 Daedalus 2.en agtiende-eeuse stryd teen absolutisme vind.die sorgsame staat 209 2 Op die spoor van die ontwikkeling van menseregte In hoofstuk 4 is daar verduidelik dat die individuele reg op godsdiensvryheid die prototipiese mensereg is. Godsdiensvryheid en die meegaande godsdienstige neutraliteit van die staat was die voorwaarde vir die bestaan en stabiliteit van die staat. Oorspronklik het menseregte die verhouding tussen owerheid en onderdaan op ’n manier gedefinieer wat ’n bepaalde vryheidsterrein vir die onderdaan afgebaken het waarin die owerheid nie mag inmeng nie.

AP Blausten et al Human Rights Source Book (1987) 727. Blaustein (n 12 hierbo) 743. die Franse handves omdat dit die voorbeeld was vir die grondwette van België. Albei dokumente poog om deur die beklemtoning van die reg op individuele vryheid. die VSA en Frankryk. Getrou aan die common law-tradisie beskerm die Amerikaanse handves die prosessuele regte van die beskuldigde. Hy was ook bevriend met Thomas Jefferson. een van die opstellers van die Franse Deklarasie van die Regte van die Mens en die Burger was byvoorbeeld in die VSA toe die Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring voorberei is.12 Gedurende die rewolusionêre tydperk in Frankryk en die VSA in die laaste kwart van die agtiende eeu was daar ʼn aansienlike wisseling van rewolusionêre idees tussen Engeland. Roemenië. die hoofouteur daarvan. Individuele vryheid is ook die sentrale waarde van die Franse deklarasie. . Griekeland. Die Franse deklarasie. Verskeie aspekte van individuele vryheid word ook daarin verskans. alvorens omvattende menseregte-verklarings die lig gesien het. Oostenryk. Op sy beurt was Jefferson in 1789 die Amerikaanse ambassadeur in Frankryk en dit is bekend dat Lafayette die opstel van die Franse Deklarasie met hom bespreek het. De Villiers (n 7 hierbo) 19.11 Die Amerikaanse handves soos aangevul deur die Burgeroorlog-amendemente van 1868 en die Franse Deklarasie het uiteindelik ’n groot en blywende impak gehad: die Amerikaanse handves omdat dit as ’n model vir baie ander grondwetlike menseregte-handveste gedien het en deur regterlike hersiening verder uitgebou is.210 Hoofstuk 8 liberale politieke en ekonomiese opvattings eers posgevat het. Duitsland. Sien K Stern ‘The Genesis en Evolution of EuropeanAmerican constitutionalism’ (1985) XVIII CILSA 192. anders as die Amerikaanse handves. Italië en die voormalige Franse kolonies. Vooraanstaande figure het ook by mekaar se ervaring gebaat. Lafayette. plaas ook die klem op die reg op 11 12 13 Daar is op ʼn stadium gedebatteer oor die vraag welke van die Virginia-handves of die Franse Deklarasie aanspraak kan maak op die status van die oorspronklike menseregte-dokument. opgevolg met die eerste tien amendemente van die grondwet van die Verenigde State van Amerika en die Franse Deklarasie van die Regte van die Mens en die Burger van 1789. De Villiers (n 7 hierbo) 20. Switserland.13 Ofskoon daar uiteraard verskille tussen die twee dokumente bestaan — die Franse handves is in veel meer ideologiese terme as sy empiries geneigde Amerikaanse eweknie geformuleer — vind ons ook ʼn hoë mate van ooreenstemming. Die triomftog van menseregte is ingelui met die Bill of Rights van Virginia van 12 Junie 1776. die integriteit van ʼn private individuele sfeer te vestig wat immuun teen staatsindringing moes wees.

Die tweede gedeelte verteenwoordig die teenoorgestelde staatsbeskouing. is nie soseer om daadwerklik te handel nie. Die probleem is aanvanklik in sosio-ekonomiese wetgewing aangespreek. het elkeen se arbeid mense se enigste middel tot ekonomiese oorlewing en voortbestaan geword.Menseregte . andersyds. toe almal danksy regstreekse toegang tot grond daartoe in staat was om kleinskalige 14 15 16 Blaustein (n 12 hierbo) 740-745. maar is mettertyd verreken in die erkenning van ’n aantal sosio-ekonomiese belange as basiese menseregte.14 Sowel die Franse as die Amerikaanse handves weerspieël die waardes van die vroeë kapitalisme en die gepaardgaande belange van die opkomende middelklas. Sien byvoorbeeld Blaustein (n 12 hierbo) 743 en De Villiers (n 7 hierbo) 22. Die eerste komponent weerspieël die gedagte van die minimum-staat oftewel die nagwag-staat. . toe die ekonomies ontwikkelde wêreld met die maatskaplik misstandige gevolge van die nywerheidsomwenteling te kampe kry.15 Met die verordening van die Franse en die Amerikaanse handveste word die middelklas-rewolusie juridies vergestalt in wat algemeen as eerste-generasie (burgerlike en politieke) menseregte bekend staan en waarin die waardes en die belange van middelklas-individualisme verskans word.die sorgsame staat 211 gelykheid en op die beskerming van eiendomsreg. die bevordering van basiese lewensomstandighede en die veelfasettige ontwikkeling van die menslike persoonlikheid. In die verstedelikte industriële staat waarin mense geïndividualiseerd leef. (Die reg op gelykheid is eers met die invoer van die Burgeroorlog-amendemente in die Amerikaanse handves opgeneem). Dit was anders as in ʼn vroeëre era toe bevolkings baie kleiner was. naamlik dié van die ingrypende staat wat in besonderhede bemoeienis met die belange van die inwoners maak. Die soort verpligting wat kragtens hierdie regte op die owerheid geplaas word.16 Die soort regte wat in die Amerikaanse en die Franse handveste ter sprake is. maar eerder dat die owerheid sigself van bepaalde optrede — inbreuke op die individuele vryheidsdomein — moet weerhou. val onder die eerste komponent van hierdie definisie. Daar word tereg verklaar dat menseregte twee oogmerke het: enersyds om deur institusionele middele mense se belange teen magsmisbruik deur die owerheid te verdedig. Szabo (n 8 hierbo) 11. Die noodsaak vir laasgenoemde soort staat tree eers in die negentiende eeu op die voorgrond.

Aan die begin van die nywerheidsera was daar juis min langtermyndienskontrakte.212 Hoofstuk 8 bestaansekonomieë. nywerheidsongevalle. was daar niks om op terug te val nie. Social and Cultural Rights: A Textbook (1995) en die outeurs aldaar aangehaal. Rimlinger (n 17 hierbo) 57-58. was die betreklik swak posisie van die liberalisme in dié land. asook van die grondwet van die Weimarrepubliek in Duitsland in 1919. waar daar in die 1880's wetgewing aangeneem is wat voorsiening gemaak het vir versekering teen inkomsteverlies weens siekte. wat hierbo weergegee is. is die eerste maal in Bismarck se Duitsland aangespreek.21 Met die erkenning van hierdie tweede-generasieregte. Arbeid is as tydelike stukwerk verkoop en het gevolglik nie blywende sekuriteit gebied nie. word die feitelike grondslag vir die tweede gedeelte van die definisie van menseregte. verskaf. kon jy vir jou eie voortbestaan net jou arbeid verkoop. asook die verdeling van grond. wat vanweë die sosialistiese aard daarvan ook rooi regte heet. Die maatskaplik onveilige en uitgelewerde toestand waarin mense as werkers verkeer het. Szabo (n 8 hierbo) 19. Indien jy dit nie kon regkry nie of as die dienskontrak onveilig was en sonder meer beëindig kon word. Rimlinger (n 17 hierbo) 55.20 In die Meksikaanse grondwet is daar byvoorbeeld maatreëls getref vir die beperking op. Die rede waarom die maatreëls eerste in Duitsland getref kon word sonder dat dit oormatig sterk kapitalistiese weerstand ontlok het. 17 18 19 20 21 22 GV Rimlinger ‘Capitalism and Human Rights’ (1984) 113 Daedalus 55. sien A Eide et al (reds) Economic. In die industriële era.19 Die eerste deurbraak vir sosiale en ekonomiese regte in die sin van die erkenning daarvan as grondwetlik verskanste menseregte naas burgerlike en politieke regte.22 Ter wille van individuele vryheid moes die owerheid daarvolgens sigself nie net van sekere optrede weerhou het nie. meer as enige tyd voor dit. Oor hierdie benaming. maar daarenteen daadwerklik ingryp ten einde beter lewensomstandighede en maatskaplike sekuriteit te verseker. Dan het net krepering van ellende gewag. ouderdom en ongeskiktheid.17 Die uitwerking van die maatreëls was dat beperkings op eiendomsreg. Die reg om te werk asook die reg op billike weksomstandighede is ook as basiese reg erken. asook op werkgewers se kontrakteervryheid geplaas is. hetsy deur landbou of deur jag en versameling in stand te hou en sodoende voort te bestaan.18 Soortgelyke maatreëls is egter kort hierna ook in Frankryk en Brittanje ingestel. . kom in 1917 met die aanneem van die Meksikaanse grondwet. Blaustein (n 12 hierbo) 749-750.

Tans beklee menseregte waarvoor daar in internasionale regsinstrumente voorsiening gemaak word. Die afdwinging daarvan is deur die Volkebond gewaarborg. Dit is nie regte wat mense regstreeks in die howe kan afdwing nie.26 Weens die werksaamhede van die Verenigde Nasies is menseregte na die Tweede Wêreldoorlog tot ʼn omvattende internasionale stelsel uitgebou. . ʼn prominente plek in die studie en die literatuur van die internasionale reg.27 23 24 25 26 27 Sien hieroor onder andere B de Villiers ‘Directive Principles of State Policy and Fundamental Rights: The Indian Experience’ (1992) 8 SAJHR 29 et seq. Dit funksioneer egter as ʼn uitlegmetode ten gunste van die realisering van sosiale en ekonomiese regte en desnoods ook as ʼn beperking op en kwalifikasie van eerstegenerasieregte.Menseregte . Buergenthal (n 24 hierbo) 21 verklaar tereg dat moderne menseregte ʼn postTweede Wêreldoorlogse verskynsel is. Buergenthal (n 24 hierbo) 10-13. Dit word onder andere geïllustreer deur die inhoud van handboeke oor die internasionale reg. het egter geen algemene menseregtelike bepalings bevat nie. Menseregte is tot in die fynste besonderhede gestandaardiseer en ge-universaliseer. Eide (n 22 hierbo) 27-28 meld die interessante feit dat tweede-generasieregte in die vorm van minimum-standaarde op die arbeidsterrein nog voor eerste-generasie burgerlike en politieke regte in die internasionale reg erken is. Hierdie aanwysende beginsels (directive principles) word nie regstreeks soos (meesal) eerste-generasieregte wat in ʼn handves van regte vervat is. hetsy as volwaardige fundamentele regte op dieselfde grondslag as eerste-generasieregte. Indiese en Namibiese grondwette.24 Die enigste ander voor-Tweede Wêreldoorlogse internasionale erkenning van menseregte was die voorsiening wat vir die beskerming van etniese en godsdienstige minderhede in SentraalEuropa gemaak is. As ʼn afdeling van die reg wat primêr met interstaatlike regsverhoudings handel. T Buergenthal International Human Rights: In a Nutshell (1995) 9-10. het die handboeke oor die internasionale reg tot in die 1970's geen of min aandag aan menseregte gewy.23 Menseregte het ook in so ʼn mate in die internasionale reg beslag gekry dat dit vandag een van die belangrikste komponente van dié dissipline geword het. Buergenthal (n 24 hierbo) 7. of as sogenaamde directive principles of state policy soos in die Ierse.die sorgsame staat 213 Tweede-generasie menseregte is sedertdien in talle nasionale grondwette opgeneem.25 Die verdrag waardeur die Volkebond tot stand gekom het. toegepas nie. Die Internasionale Arbeidsorganisasie het minimum-standaarde vir die werksplek begin ontwikkel. Hierdie beskerming het gegeld kragtens internasionale verdrae wat na afloop van die Eerste Wêreldoorlog gesluit is. Voor die Tweede Wêreldoorlog was daar slegs beperkte internasionale erkenning van menseregte.

geslag of godsdiens. oortuiging. ras. Ofskoon resolusies van die Algemene Vergadering in beginsel slegs aanbevelende status geniet. wat aan die vereistes van internasionale gewoontereg voldoen. die reg op ’n billike verhoor. maar nie aan die usus-vereiste nie. bevat opsigself reeds ʼn plegtige verbintenis tot die bevordering van respek vir menseregte. . Dit bevat al die eerste-generasievryhede. billike werksomstandighede en regverdige besoldiging. eiendomsreg. kleding. Eerstens was die invloed daarvan enorm. is dit met hierdie resolusie heel anders gesteld. Artikel 53 en 56 (n 28 hierbo). Dit is nie ʼn multilaterale verdrag nie en state is derhalwe nie kragtens die reëls van die internasionale verdragsreg daaraan gebonde nie. die reg op gelykheid.30 Ofskoon nie algemeen geldig nie. asook die reg op basiese onderwys. Dugard (n 30 hierbo) 315. die reg op ʼn basiese lewenspeil. Nogtans is dit om minstens twee redes van groot belang vir die internasionale menseregte-stelsel. sonder aansien van taal.29 Die VN se verbintenis tot menseregte het kort hierna in 1948 neerslag gevind in die aanname van die Universele Deklarasie van Menseregte deur die Algemene Vergadering.214 Hoofstuk 8 Die Handves van die Verenigde Nasies wat dié organisasie in 1945 tot stand gebring het. die reg teen aanhouding sonder verhoor. behuising en op mediese. Sien oor hierdie vereistes onder andere Dugard (n 30 hierbo) 29-33.28 Die Handves bepaal voorts as een van die basiese verpligtinge van sowel die organisasie self. die reg op vryheid van beweging. J Dugard International Law: A South African Perspective (2005) 315. Die mening word gehuldig dat die inhoud daarvan as internasionale gewoontereg reeds die status van bindende reg verwerf het. as sy lidstate dat menseregte gerespekteer moet word en dat alle lidstate gesamentlik en afsonderlik stappe moet doen om menseregte te bevorder. maatskaplike en bejaardesorg. H Booysen Volkereg en sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse reg (1989) 48-50. Artikel 24 tot 26 van die Universele Verklaring van Menseregte bevat die gemelde ekonomiese en sosiale regte. Dit geniet bykans universele goedkeuring en dit is beswaarlik denkbaar dat ʼn staat die inhoud daarvan openlik sal verwerp. is hierdie siening minstens waar ten opsigte van sekere sleutelbeginsels van die Verklaring. uitdrukking en van vergadering. Die verklaring voldoen na alle waarskynlikheid grootliks aan die opinio iuris-vereiste vir internasionale gewoontereg. Hierdie resolusie skep as ʼn besluit van die Algemene Vergadering van die VN geen bindende verdragsreg nie.31 Die tweede rede is die omvattende aard van die Verklaring. denke. Daarbenewens bevat dit ook ʼn aantal tweede-generasie sosiale en ekonomiese regte: die reg op werk. 1945. op voeding. godsdiens.32 28 29 30 31 32 Artikel 1(3) van die Handves van die Verenigde Nasies.

oortuiging. in werking getree. nadat die vereiste aantal lidstate dit bekragtig het.37 Die sentrale belang van die twee verbonde is dat dit vir al die verdragspartye daartoe gebiedende verpligtinge kragtens die internasionale verdragsreg skep. die reg teen slawerny. maak voorsiening vir die reg om te werk. die reg op ʼn voldoende lewenstandaard. Gesamentlik staan die Universele Deklarasie en die twee 1966-verbonde as die International Bill of Rights (Internasionale Handves van Regte) bekend. 33 34 35 36 37 Die beginsel is in 1950 deur die Algemene Vergadering van die VN bevestig.Menseregte .36 die reg op vryheid van beweging. Aanvanklik is ʼn enkele verdrag beoog. Die beginsel van nullum crimen sine lege. Die reg is aangevul deur die Tweede Opsionele Protokol van 1989 tot die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte. degraderende en onmenslike straf en behandeling. wat die reg op ʼn billike loon en ʼn gesonde werksomgewing insluit. wat daarop gemik is om die doodstraf af te skaf. Dugard (n 30 hierbo) 316. die Internasionale Verbond vir Ekonomiese. die reg op ʼn billike verhoor. oftewel dat niemand vervolgbaar is vir ‘n handeling wat nie strafbaar was toe dit gepleeg is nie.33 Met die aanname van die Universele Deklarasie was daar egter nog nie bindende internasionale menseregte nie. Die tweede verdrag. . denke. met inbegrip van gratis primêre onderwys en die reg op deelname aan die kulturele lewe. uitdrukking. die reg op onderwys. kleding. die reg op die hoogste haalbare lewenspeil en op fisiese en geestesgesondheid. Sosiale en Kulturele Regte. die reg op lidmaatskap van ʼn vakbond. Daar was gevolglik die noodsaak om die belydenisse van die Deklarasie in bindende verdragsreg te bestendig. die reg op persoonlike vryheid en sekuriteit. In artikel 2 van albei die verbonde verbind staatspartye hulle tot die voldoening aan die regte en die verpligtinge daarin vervat. Op dié wyse word die beginsel van die interafhanklikheid van regte wat intussen geyk geraak het. Die twee instrumente het in 1976. stemreg. bo en behalwe burgerlike en politieke regte.35 die reg teen marteling.die sorgsame staat 215 Die Algemene Vergadering verleen dus volle erkenning aan sosiale en ekonomiese regte. Die destydse ideologiese spanning tussen Wes en Oos het dit egter verhoed en uiteindelik is twee konsepverdrae in 1966 deur die Algemene Vergadering goedgekeur. bevestig. voeding. die reg op privaatheid en die reg op gelyke regsbeskerming. gewete. behuising en algaande beter lewensomstandighede. die reg op billike werksomstandighede. vergadering en assosiasie. wrede.34 Die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte bevat al die tradisionele basiese burgerlike en politieke regte en vryhede: die reg op lewe. Sien Eide (n 22 hierbo) 15. die reg op die legaliteitsbeginsel in die strafreg.

216 Hoofstuk 8 Daar kan na die twee bovermelde verdrae as die algemene VNmenseregteverdrae verwys word omdat ʼn wyd uiteenlopende aantal regte daarin opgeneem is. Dit het meegebring dat daar vandag nouliks ʼn staat oor is sonder die een of ander goedkeurende menseregtelike verwysing. het veral in die 1990's sterk opgang gemaak. Minderheidsregte wat een van die eerste gebiede was. die Konvensie teen Marteling en ander Vorme van Wrede. • Die Amerikaanse stelsel ingevolge die Amerikaanse Deklarasie van Regte en Verpligtinge van die Mens (1948) en die Amerikaanse Konvensie vir Menseregte (1969). is daar ook ʼn aantal streekstelsels van krag: • Die Europese stelsel waarin die Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede (1950) en die Europese Sosiale Handves (1961) die toonaangewende instrumente is en daaropvolgende uitbreidings (ʼn omvattend hersiene Sosiale Handves het in 1999 in werking getree). Onmenslike of Degraderende Behandeling of Straf (1984). HA Strydom ‘South African constitutionalism between unity and diversity: lessons from the new Europe’ (1997) 12 SAPR/L 373 et seq. die Konvensie oor die Regte van die Kind (1989) en die Konvensie vir die Regte van Gestremdes (2004). 38 Sien byvoorbeeld F Benoit-Rohmer The majority question in Europe: towards a coherent system of protection for national minorities (1996). • Die Afrika-stelsel kragtens die Afrika-Handves vir Mense. het daar na die Tweede Wêreldoorlog ook ʼn fenomenale toename in die erkenning van menseregte in nasionale grondwette voorgekom. die Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue (1979).38 Ook die regte van inheemse bevolkings en derde-generasieregte geniet toenemende aandag binne die menseregteveld. Naas die internasionale menseregtelike stelsel wat sy beslag weens VN-werksaamhede gekry het. Benewens die omvattende internasionale en streekstelsels oor menseregte. word aanhoudend geïdentifiseer en die proses van menseregtelike standaardstelling kom net nie tot stilstand nie.en Volksregte (1981). Nuwe belange wat nog nie in menseregtelike terme gedefinieer is nie. maar daarna lank agterweë gelaat is. wat deur internasionale menseregte verreken is. . Daaronder tel die Internasionale Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van Rassediskriminasie (1965). Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat ons era inderdaad bowenal een van menseregte is. Menseregte-standaarde is daarbenewens ook in ʼn aantal spesifieke VN-konvensies gestel. Die funksionele terrein van menseregte kom ook onversadigbaar voor.

Dit sluit ook die verpligting in dat die owerheid daadwerklik moet optree om die sosiale en ekonomiese welsyn van die staatsbevolking te verbeter.39 Menseregte is omvattend. Dit is ʼn steeds verruimende begrip wat alle menslike behoeftes na gelang van veranderde sosiale omstandighede juridies verreken. Dit is juis die staat wat primêr moet sorg dat menseregte verwesenlik word. net soos die natuurreg van ouds. Die toenemende rol van die staat in die bewerking van 39 40 41 Szabo (n 8 hierbo) 19. Die staat moes sigself bloot van ’n bepaalde terrein — die vryheidsdomein van individue — weerhou.. Dit vereis dat die owerheid moet beplan.. van ’n negatiewe — weerhoudende — aard.of afkeure. is soos ʼn spons en blyk bykans alles wat voorkom te absorbeer. Met die tweede-generasie sosiale en ekonomiese regte het die staat egter toenemend as aktiewe rolspeler en pligdraer vir die doel van die realisering van regte op die voorgrond getree. Henkin (n 1 hierbo) 6. international human rights implied rather a conception of government as designed for all purposes and for all seasons. De Villiers (n 7 hierbo) 35-36. aktivisties tussenbeide moet tree en op ʼn programmatiese wyse die realisering van sosiale en ekonomiese regte moet verwesenlik. Menseregte gaan gevolglik gepaard met verpligtinge wat op die staat rus en funksies wat die staat moet vervul. . Aanvanklik was die verpligtinge wat ingevolge eerstegenerasieregte op die staat geplaas is. J Donnelly ‘Human rights and human dignity: An analytical critique of the Non-Western conception of human rights’ (1982) 76 American Political Science Journal 315. ongeag die ideologiese teenstrydighede van die belange wat as menseregte erken word. Donnelly (n 39 hierbo) 306.Menseregte . Soos Louis Henkin sê: .40 3 Die staatlik-paradigmatiese politiek van menseregte Menseregte veronderstel menslike behoeftes waaraan die staat moet voldoen. des te meer die staatlike verpligtinge en funksies. Dit omvat nie net meer die plig van die owerheid om sigself van inbreuke op politieke en burgerlike regte te weerhou nie. Dikwels belas menseregteverdrae owerhede ook met die verpligting om gesindhede te verander en sodoende as ’t ware onderwysend en predikend op te tree.41 Hoe meer die menslike behoeftes wat in die regte vervat is.die sorgsame staat 217 Menseregte is trouens feitlik heeltemal ontslae van enige spesifieke ideologiese konnotasie en staan los van eksklusiewe ideologiese voor. Menseregte.

Hy was eers ʼn aanhanger van die Duitse historiese skool. Dias (n 42 hierbo) 591.42 Volgens die utiliteitsbeginsel soos deur Bentham bepleit. is dit die funksie van die reg (en die staat) om die hoogste haalbare graad van menslike geluk vir elke individu te bewerkstellig ten einde sodoende optimale geluk vir almal te verseker.45 Roscoe Pound (1870-1964) se sosiologiese regsleer bou hierop voort. leer Jhering dat die reg sosiale doelwitte moet bereik en dat die reg juis op praktiese sosiale en ekonomiese probleme moet reageer. Die veranderde funksies van die staat met die klem op die toenemende pligte in die sosio-ekonomiese sfeer vind neerslag in die sosiologiese regsleer van Rudolph von Jhering. Dit was daarop gemik om te verseker dat die formulering.218 Hoofstuk 8 maatskaplike veiligheid deur die verwesenliking van tweedegenerasieregte het veral sedert die dae van Bismarck toenemend belangrik geword. Dias (n 42 hierbo) 593. ’n omvattende sosiale studie rakende wetgewing moet 42 43 44 45 RWM Dias Jurisprudence (1976) 580. Met die oog hierop moet voortdurende empiriese navorsing onderneem word om die sosiologiese gevolge van wetgewing te bepaal. Waarskynlik beïnvloed deur die veranderde sosio-ekonomiese omstandighede van sy tyd waarin die staat toenemend op die voorgrond tree as die instelling wat aan maatskaplike behoeftes van talle afhanklike verstedelikte mense moes voldoen. Dias (n 42 hierbo) 585-588. uitleg en toepassing van wetgewing die sosiale omgewing nougeset in ag neem en daarop reageer. . Voor die negentiende eeu was sake soos onderwys. het die staat sedertdien algaande meer pligte aangaande die soort kwessies op sy skouers begin neem. Kortom. Dit het weer progressief meer regsregulering genoodsaak. Eugene Ehrlich en uiteindelik van Roscoe Pound. gesondheid en welsyn vir die staat en die reg van weinig belang. Veral gestimuleer deur die werk van Jeremy Bentham (1748-1832) en natuurlik weens die groot maatskaplike veranderings wat met die nywerheidsomwenteling gepaard gegaan het. Hulle het voortgebou op die aannames van die utilistiese politiek van Jeremy Bentham. Sosiale navorsing moet die aanneem van wetgewing voorafgaan en sosiale navorsing moet volgehou word om te bepaal hoe wetgewing sosiaal meer doeltreffend gemaak kan word.43 Die utilitêre regverdiging vir die noodsaak van wetgewing is juis dat dit ’n belangrike middel is waardeur geluk vir die grootste moontlike aantal mense verseker kan word.44 Rudolph von Jhering (1818-1892) se werk sluit hierby aan. maar kom later toenemend onder die indruk van die maatskaplike funksie van die reg.

Dit verreken die vermenigvuldiging van onbeantwoorde maatskaplike behoeftes van daardie tydvak en bied die reg as ’n dinamiese en plooibare instrument aan waardeur die behoeftes bevredig kon word.die sorgsame staat 219 deurlopend onderneem word. Met die koms van tweede-generasieregte kom noodwendig ook die spierkragtige en alomteenwoordige staat wie se voedende. Wat Bismarck en ander maatskaplik geïnspireerde politici vir die politiek gedoen het. Sy regsleer verteenwoordig as ’t ware die regsteorie se antwoord op die sosio-ekonomiese omstandighede van daardie era. Die sosiologiese regsleer is by uitnemendheid die apologeet van tweede-generasieregte. want die reg is juis die instrument wat deur die staat vir behoeftebevrediging aangewend word.Menseregte . Dit wek bykans outomaties aangename sensasies op. moet ’n volledig geklassifiseerde inventaris van menslike behoeftes bygehou word. onderwysende. ʼn Regsverhouding impliseer altyd ʼn reghebbende en ʼn pligdraer met die reghebbende wat kragtens die regsverhouding 46 Dias (n 42 hierbo) 596. . genesende en werkverskaffende hand daagliks op alle individue ’n uitwerking het. Vanselfsprekend tree die staat vir hierdie doel net so prominent op die voorgrond as die reg self. is vandag so alledaags en dit kom so gemeenplasig voor dat ’n mens die vraag wil vra of dit hoegenaamd enige waarde as regsteorie het. ʼn Mens met ʼn reg is immers ʼn bemagtigde en waardige mens. Bismarck se maatskaplike sekerheidswetgewing en die aanwending van soortgelyke maatreëls elders in die wêreld kan beskou word as die politiek van die sosiologiese regsleer. doen Jhering. By die bepaling van die behoeftes waaraan die regstelsel moet beantwoord. Daarvolgens is daar geen plek vir die afsydige libertynse nagwag-staat met sy laissez faire karakter nie. Hierdie behoeftes moet van regsweë bevredig word en daar moet vasgestel word wat die mees optimale wyses is om juridies aan die behoeftes te voldoen. Net soos demokrasie is dit ook self-legitimerend. Pound se nuwe sosiologiese regsleer waardeur die reg as sosiale en ekonomiese behoeftebevrediger aangewend word. Ons leef immers in ’n era waarin die dinamiese maatskaplike rol en funksie van die staat en van die reg as vanselfsprekend en normaal aanvaar word. Menseregte het bykans ʼn inherent gunstige betekenis.46 Pound se sosiologiese regsleer moet verstaan word teen die agtergrond van die toenemende menslike (veral sosiale en ekonomiese) behoeftes van die laat negentiende en die twintigste eeu. Ehrlich en veral Pound vir die regsteorie.

het die reg. Aangesien hierdie regte anders as eerste-generasieregte dikwels nie vir onmiddellike voldoening vatbaar is nie. waaronder tel ekonomiese groei (sonder gepaardgaande werkskepping).47 En wanneer ons met menseregte te doen het. verouderende sorgbehoewende bevolkings. die gesin. feodale strukture of die stam het die onderlinge ondersteuning wat hegter gemeenskapslewe vroeër voorsien het. soos deur die staat geadministreer. S Diamond ‘The rule of law versus the order of custom’ in RP Wolff (red) The Rule of Law (1971) 124. Sosiale en Kulturele Regte asook artikel 26(2) en 27(2) van die SuidAfrikaanse Grondwet.220 Hoofstuk 8 in ʼn relatiewe magsposisie teenoor die pligdraer verkeer. Hierdie eenvoudige waarheid is veral duidelik wanneer dit kom by sosiale en ekonomiese regte. word dit anders geformuleer as hulle eerste-generasie eweknieë. Vasak (n 5 hierbo) 27 deel ons byvoorbeeld mee dat ingevolge internasionale menseregte die staat altyd vir die verwesenliking van menseregte aanspreeklik is. modernisering. Aan die ander kant van die glinsterende skyn word ons egter deur ʼn heel somber realiteit begroet. Die dominante sosiale en ekonomiese kragte van ons tyd. kon staat maak. 47 48 49 50 Donnelly (n 39 hierbo) 305. Ekonomiese. uit die weg geruim. Dit het toenemende individuele isolasie meegebring50 en waar individue vroeër op die beskerming van die groepe waarvan hulle deel was. van die (uitgebreide) familie. is die staat feitlik deurlopend die pligdraer. toenemende druk op skaars noodsaaklike hulpbronne. Diamond (n 49 hierbo) 124.49 Die ontwikkeling van die (atomisties geïnspireerde) reg het gepaard gegaan met die aanhoudende proses van vernietiging van die individu se vroeëre natuurlike bande met sy gemeenskappe en groepslidmaatskap. bevolkingstoename. het die individu die familie en ander gemeenskappe vervang as die entiteit waarmee die reg primêr gemoeid is. Tweede-generasieregte word gewoonlik gekwalifiseer deur te bepaal dat die staat die plig het om inaggenome die beskikbare hulpbronne die progressiewe realisering van die regte te bewerkstellig.48 Voeg hierby die feit dat menseregte soos hierbo verduidelik geweldig in omvang uitgebrei het en die staat derhalwe ʼn magdom van verpligtinge opgedoen het. ongekontroleerde misdaad. globalisering met die gepaardgaande beweging van kapitaal en arbeid oor staatsgrense. werkloosheid. dan skyn die beeld wat voor ons opdoem besonder aantreklik en behaaglik te wees — ʼn beeld van ʼn bemagtigde en selfversekerde individu teenoor wie die staat ingevolge ʼn verskeidenheid menseregtelike bepalings ʼn groot aantal verpligtinge verskuldig is. sosiale en kulturele versteuring en ontwrigting van die tradisionele gemeenskappe. Sien byvoorbeeld artikel 2(1) van die Internasionale Konvensie vir Ekonomiese. het individue vervreem van die geborgenheid van die klein beskermende gemeenskappe waarbinne hulle vroeër geleef het. die gaping tussen ryk en arm en andere. die soms pynigende uitwerking van (noodsaaklike) streng monetêre beleid op groot gedeeltes van die bevolking. verstedeliking. . Namate die staat en die liberaal-kapitalistiese ekonomie ontwikkel het.

explicit or not. the historical tendency of all state structures visa-vis the individual nay be designated as totalitarian. has minimal autonomy. . economic and political forces that far too often appear to be aggressive and oppressive. aan die genade van ʼn hopelik alomteenwoordige en doeltreffende staat uitgelewer is. It is a reflex of society at large. wat misleidend kordaat as regte uitgedruk word. staan nou in vir dié verlies aan beskerming wat weens die verswakking van intermediêre sosiale strukture en gemeenskappe veroorsaak is. having a clearly defined independent authority. as an alien power that assaults his dignity and that of his family. It is in this sense that.53 In die lig hiervan is dit duidelik dat menseregte in werklikheid nie van ’n bemagtigde individu getuig nie. of political society. in the form of the modern state.die sorgsame staat 221 toenemend die primêre plaasvervangende beskermingsrol vervul. If ‘totalitarian’ is the state process. Diamond vat dit mooi saam wanneer hy verduidelik: Clearly. Inteendeel. subsistence and self-defense are outside the family’s competence. the means of education. Die staat se pligte en funksies neem as gevolg van die vermeerdering van individuele regte drasties toe. Donnelly (n 39 hierbo) 312. giving the absence of mediating institutions. Die staat raak 51 52 53 Diamond (n 49 hierbo) 124. Donnelly (n 39 hierbo) 312. onmag en afhanklikheid van die staat. raak individue net toenemend op die staat aangewese. weerloosheid. the ideology. menseregte verskaf eerder die gekatalogiseerde beskrywing van die individue in die huidige staat se uiterste behoeftigheid. sal voldoen. Teenoor die uitgelewerde individu staan die staat. now appears. Menseregte getuig van ʼn eensame. which once protected his dignity and provided him with an important place in the world. so to speak. Obviously. although bound by legal obligations. Dit getuig van ʼn individu wat maar net kan vertrou dat die staat as sy enigste toevlug. Vanweë die toevoeging van regte en die ooreenstemmende toename in pligte wat op die staat rus. ontwortelde individu wat. and the modern city. totalitarianism cannot be confined to a particular political ideology but is. the modern economy.Menseregte . Society. aan sy behoeftes. the nuclear family in contemporary urban civilization.51 Menseregte wat deur die staat gewaarborg word. ontdoen van die ondersteuning wat lidmaatskap van ʼn gunstige sosiale struktuur en ʼn lewendige gemeenskapslewe andersins sou verskaf het.52 Jack Donnelly verduidelik insiggewend: These institutions have created a largely isolated individual who is forced to go it alone against social.

Hy is indringend en ingrypend in sy omsien na die welsyn van ons almal. 3. maar weens sy afsydigheid was hy hoegenaamd nie totalitêr nie. Die ware verhaal van menseregte is derhalwe nie dié van ʼn selfversekerde en bemagtigde individu teenoor ʼn verswakte dog dienende staat nie.1 Die besondere posisie van sosiale en ekonomiese regte Die erkenning en verskansing van tweede-generasieregte illustreer treffend hoe menseregte aangewend is om die onaantasbaarheid van die staat te verseker en sodoende die heersende staatlike orde teen omverwerping te vrywaar. Menseregte. die posisie van die staat teen enige aanvegtinge te verskans. is in navolging van G Sartori Democratic Theory (1962) 47. die miskenning van die onderskeid tussen die staat en die gemeenskap en die meegaande algehele verpolitisering van die gemeenskap.222 Hoofstuk 8 gevolglik weens die toename in menseregte algaande meer onmisbaar in die daaglike bestaan van individue. behalwe in die geval van ernstige vredesbreuke. Die volgroeide Leviatan het egter. maar dit was ʼn tingerige Leviatan met ’n afsydige karakter. Hy vereenselwig totalitarisme met die staat se volledige indringing in die private sfeer. . Sodoende is hy heeltemal onmisbaar. ofskoon hy nie meer absolutisties is nie. minsame sorg nie. staan gegewe hierdie agtergrond dus vierkantig binne die staatlike paradigma. maar van ʼn behoeftige en afhanklike individu in ʼn hegte menseregtelike verhouding met ʼn kragtige en alomteenwoordige staat. Dit veronderstel die staat as kernentiteit en dit het die effek om weens volslae individuele afhanklikheid van die staat. moet ons noodwendig in hom glo. Geen terrein is immuun teen sy moeisame. Hy was absolutisties weens sy ongebondenheid aan konstitusionele reëls. sy jeugdige afsydigheid afgeskud. die vermeende bemagtiger van individue. maar eersgenoemde het steeds meer maatskaplike veiligheid as die labouring poor van die negentiende-eeuse industriële 54 Die betekenis wat hier aan totalitêr toegedig word. Die staat — die sterflike god — (om weer Hobbes se terme te gebruik) van die hedendaagse menseregte-regime is daarenteen vanweë sy gebondenheid aan konstitusionele reëls nie meer (amptelik) absolutisties nie. Hobbes se staat was absolutisties. Hierdie sterflike god — die hedendaagse staat — is weldadig totalitêr en omdat hy die enigste is op wie ons in hierdie wêreld kan staatmaak. Hy het sy onderdane met rus gelaat. In die Middeleeue was die lewenstandaard van die gewone landelike bevolking laag in vergelyking met die destydse landelike aristokrasie. Leviatan is nou totalitêr:54 hy meng elke dag op velerlei wyses in ons almal se lewens in.

maar die sosiale orde en die gepaardgaande ongeskrewe morele etos het middele verskaf vir die bekamping van minstens die ergste gevolge van armoede. terwyl laasgenoemde weer beskerming en diens aan die meester verskuldig was. het gelei tot groeiende ondersteuning van sosialistiese bewegings wat die onverwerping van die staatkundige orde beoog het. Die industriële aristokrasie. Marshall (n 55 hierbo) 30. hetsy deur die paternalistiese pligte wat deur die feodale here nagekom is. Die landelike aristokrasie het baie alledaagse lewenservarings met hul lyfeienes gedeel. . Die werkersbeweging het sigself sterk laat geld in die 1848-rewolusie in Europa.die sorgsame staat 223 lande geniet. daarenteen.Menseregte . of deur die broederskaplike reëlings van die gildes. Rimlinger (n 17 hierbo) 53-54. Daar was ʼn aansienlike mate van gemeenskaplike lotsgebondenheid tussen hulle. Daar het geen gevestigde gewoontes. W Ebenstein Great political thinkers: Plato to present (1969) 539. Produksie het van die selfgenoegsame huishouding na die fabrieksvloer en gepaardgaande loonarbeid weggeskuif. gebruike en pligte bestaan wat die industrialis met sy werkers verbind het nie. Daarteenoor het die meester van die ou landelike aristokrasie sy lyfeienes bygestaan en hulp aan hulle verleen. verstedelikte struktuur wat van loonarbeid afhanklik is en wat geensins tot dieselfde maatskaplike selfsorg as sy uitgebreide voorganger in staat is nie. Die uitdeel van aalmoese was ʼn gevestigde praktyk. was ’n belangrike oorsaak vir die maatskaplike onveiligheid van die werkers.57 Alexis de Tocqueville het reeds gewys op die verskille tussen die maatskaplike verhoudings waarby die landelike aristokrasie van die Middeleeue aan die een kant. Hulle was op meer terreine as net op die gebied van arbeid met die lyfeienes gemoeid.55 In die Middeleeue was armoede ’n natuurlike toestand. asook reëlings vir maatskaplike sorg.59 Die maatskaplik uitgelewerde en onveilige toestand waarin mense hulle toenemend in die negentiende eeu bevind het. Teen die einde van die negentiende en die begin van die twintigste eeu het rewolusionêre sindikalisme met sy program van 55 56 57 58 59 TH Marshall The right to welfare and other essays (1981) 29.56 Feodalisme het sy eie nie-juridiese vorme van voldoening aan sosiale regte gebied. Rimlinger (n 17 hierbo) 53. Die moderne gesin (nuclear family) is daarenteen ʼn hoogs mobiele. het slegs ’n loon aan die werker betaal en het verder geen ander raakvlakke met die werkers of enigiets anders met die werkers se welstand te doen gehad nie. Die familie (uitgebreide gesin) was vroeër ʼn produksie-eenheid met sy eie interne distribusie-reëlings.58 Die strukturele veranderings wat met industrialisasie ingetree het. teenoor die industriële aristokrasie van die negentiende eeu betrokke was.

Die hoof-dryfvere agter die maatskaplike programme was die heersende politici.61 Die grondliggende motivering vir die beskerming van die werkers deur maatskaplike sekuriteitsprogramme.60 Die heersende orde was in die gedrang en die behoud daarvan het dringende verdedigingsmaatreëls geverg. wat die bestaande orde onder druk geplaas het. Engeland en Frankryk.64 Die juridiese instrument van tweede- 60 61 62 63 Sien in die algemeen M van der Linden en W Thorpe W (reds) Revolutionary Syndicalism: an International Perspective 1990. blyk daar ook ʼn heel ander dimensie by die saak betrokke te wees. wat die maatskaplike programme geloods het met die oog daarop om die bedreiging van die sosialistiese rewolusionêre beweging. Die staat het deur die aanvaarding van nuwe maatskaplike pligte nie net ʼn totalitêre weldoener geword nie. in Europa en Suid-Amerika ʼn gevaarlike uitdager vir die bestaande staatlike orde geword. dit as rewolusionêre politieke beweging misluk het. Hannah Arendt lewer hierop kommentaar deur daarop te wys dat alhoewel die vakbondbeweging as die pleitbesorger vir verbeterde maatskaplike sorg en sekuriteit geslaagd was. die hoof te bied. was die noodsaak vir sosiale integrasie ten einde die staat en die heersende ekonomiese orde teen rewolusionêre omverwerping te vrywaar. in sowel Duitsland.224 Hoofstuk 8 direkte optrede. met die gevolg dat die staat se posisie teenoor die kerk sou verswak het. Die Duitse. Tweede-generasieregte was die troef. Dit is dat die instel en die bevordering van maatskaplike sekuriteitsprogramme van staatsweë die strategie was wat aangewend is om die heersende staatlike orde te verdedig en die mat onder die voete van sy linkse rewolusionêre uitdagers uit te pluk. gemik op ʼn uiteindelike algemene staking wat op werkersregerings moes uitloop. Indien die staat nie die maatskaplike dienste verskaf het nie. Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 58.63 Waar sosiale en ekonomiese regte die indruk van die individu as die begunstigde skep. maar terselfdertyd sy rewolusionêre uitdagers gefnuik. ondersteun deur senior staatsamptenare.62 In Frankryk was die poging om die kerk uit te oorlê ’n bykomende rede waarom die staat die verpligting van maatskaplike sorg aanvaar het. Die heersende staatlike orde was dus net soseer ʼn bevoordeelde van maatskaplike sekuriteit en van sosiale en ekonomiese regte as die individue wat voordeel daaruit getrek het. het dit die risiko geloop dat die kerk hierdie taak sou behartig. Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 63. die Britse regering het op die probleem gereageer deur wetgewing deur te voer wat voorsiening gemaak het vir maatskaplike sekuriteit. . Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 58. en kort daarna.

2 Horisontaliteit en die ideologiese ommekeer van menseregte Die oorspronklike oogmerk van grondwetlike instrumente wat basiese regte probeer beskerm het. Sodoende is die staatlike orde weer deur menseregte gedien. in plaas daarvan om die omverwerping van die staatlike orde as strategiese politieke oogmerk te probeer deurvoer. was die rewolusionêre sosialistiese ideaal van die politieke sakelys verwyder.Menseregte . waar totalitarisme vroeër ʼn verskynsel was wat met bepaalde ideologieë vereenselwig is. Basiese regte het dus gepoog om regeringsoptrede in bedwang te hou deur dit te onderwerp aan fundamentele reëls wat as geldigheidsmaatstaf vir regeringsoptrede aangewend is. Hierdie geldigheidsmaatstawwe gee uitdrukking aan die basiese uitgangspunte van konstitusionalisme.die sorgsame staat 225 generasieregte het die vakbondbeweging uiteindelik oorreed om te skik op die grondslag van maatskaplike sorg wat deur die staat voorsien is. Menseregte-instrumente was aanvanklik daarop gemik om die individuele vryheid te beskerm. Intussen het die situasie heeltemal verander. Met die maatskaplike behoeftes van die werkers bevredig en die weg na die verwerwing van ʼn bourgeoisie-lewensstyl gebaan. en regulering van die individuele vryheidsdomein. 3. Dit is gedoen deur maatreëls wat moes waak teen die misstand van owerheidsindringing in. Sien in hierdie verband ook die kommentaar van DM Davis ‘Human rights . Staatstotalitarisme het nou ʼn algemene kenmerk van bykans 64 Arendt H The Human Condition (1958) 216. te begrens om sodoende die individuele vryheidsdomein juridies te probeer beskerm. is dit vandag nie meer so nie. Trouens. Staatlike absolutisme en totalitarisme was dus die klassieke antagoniste van menseregte. Menseregte het ʼn instrument geword vir die noodwendige vestiging van staatlike totalitarisme.A re-examination’ (1980) 97 SALJ 94102 oor die wyse waarop menseregte rewolusionêre politiek uitoorlê. Die beskerming van basiese individuele regte probeer dus om ongebonde staatsabsolutisme te vervang met reëlmatige optrede wat voldoen aan basiese juridiese vereistes van sowel ʼn prosessuele as ʼn materiële aard. was om die terrein wat die owerheid mag betree. Dáárvoor het die staat en sosiale en ekonomiese regte gesorg. Gevolglik is die staat kragtens sy menseregtelike verpligtinge in fyn besonderhede by die totale daaglikse welsyn van individue betrokke. aangesien dit poog om regeringsoptrede deur middel van basiese standaarde te rig ten einde sodoende te verseker dat dit altyd voldoen aan minimumstandaarde. Tweedegenerasieregte het die staat met ʼn magdom van verpligtinge met betrekking tot die versorging van individue belas. .

individuele wetgewende maatreëls wat op die hantering van besondere probleemgevalle afgestem is. Presies dit het meegebring dat die sindikalisme sy rewolusionêre appèl verloor en as ʼn politieke krag na 1920 geleidelik van die toneel verdwyn het. blyk ʼn meer gepaste en doeltreffende middel vir die hantering van hierdie soort probleem te wees. Dit is natuurlik so dat die staat nie die enigste instelling is wat met mag beklee is en in ʼn magsverhouding teenoor individue staan nie. Bowendien moet die enorme risiko’s verbonde aan algemene horisontale aanwending van grondwetlike regte deeglik in ag geneem word. maar ook pligdraers kragtens menseregtelike bepalings geword het. naamlik die reël van die verhouding tussen owerheid en onderdaan. reguleer. kan dit meebring dat individue se keusevryheid by die uitoefening van selfs die mees private en intieme 65 66 67 68 Diamond (n 49 hierbo) 124. . is vanweë die enorme akkumulasie van kapitaal dikwels ewe magtig of selfs magtiger as die staat en gevolglik net soos die staat in ʼn posisie om hulle aan magsmisbruik tot nadeel van individue skuldig te maak. Sien Van der Linden & Thorpe (n 60 hierbo) 18-19. het egter bygekom in die vorm van horisontale toepassing van menseregte. Dit impliseer dat individue (asook privaat regspersone) deur menseregtelike bepalings gebind word.226 Hoofstuk 8 die totale politieke werklikheid geword. veral in die sakewêreld. Private instellings. Sien byvoorbeeld AJ Jeffery ‘The dangers of direct horizontal application: a cautionary comment on the 1996 Bill of Rights’ (1996) 1 The Human Rights Constitutional Law Journal of South Africa 10-16. Trouens. Juis om hierdie rede word geargumenteer dat dit noodsaaklik is dat menseregtelike instrumente ook private verhoudings behoort te reël. Davis (n 66 hierbo) 31.65 ʼn Nuwe dimensie wat verdere ingryping van die staat in die individuele vryheidsdomein meegebring het. ook die onderlinge verhouding tussen privaat persone. binnedring en sodoende individuele vryheid en burgerlike interaksie vernietig. waarbinne die integriteit van individuele keuses en burgerlike aktiwiteit beskerm behoort te word. insluitende individue. Sien in die algemeen oor horisontale toepassing van menseregte IM Rautenbach Algemene bepalings van die Suid-Afrikaanse handves van regte (1994) 75-87.67 Daar bestaan egter geen noodsaak om die potensiële misstande voortspruitend uit ongelyke verhoudings in die private sfeer noodwendig by wyse van algemene grondwetlike bepalings te reguleer nie.68 Horisontale aanwending bring mee dat die staat die private en burgerlike sfeer. Dit beteken dat individue nie slegs reghebbendes is nie. P van Dyk P en GJH van Hoof Theory and practice of the European Convention on Human Rights (1990) 15. DM Davis Fundamental Rights in the Constitution (1997) 31.66 Horisontale toepassing bring onder andere mee dat menseregte naas die vervulling van die klassieke funksie daarvan. Wanneer die reg op gelykheid en teen onbillike diskriminasie horisontaal toegepas word.

74 Die Konstitusionele Hof het geen probleem hiermee ondervind nie en die bepalings is sonder verdere kommentaar in orde bevind.die sorgsame staat 227 keuses met betrekking tot assosiasie met ander individue vernietig word. Dit gee dus daartoe aanleiding dat vryheid van assosiasie vanweë die horisontale werking van die reg op gelykheid aan streng staatskontrole onderwerp word. Diskriminasie word ingevolge artikel 9(5) onbillik geag. Du Plessis v De Klerk (n 69 hierbo) para 120. Deur spesifiek voorsiening te maak vir ongekwalifiseerde horisontale aanwending van die reg op gelykheid. Artikel 9(4) plaas ʼn verpligting op privaat individue om nie onbillik teen ander individue te diskrimineer nie. Daar mag geargumenteer word dat individue tog oor die reg op vrye assosiasie beskik en dat voormelde ongewensde scenario dus nooit sal opduik nie. In die Suid-Afrikaanse regspraak is ʼn gevoeligheid vir hierdie totalitêre risiko getoon69 toe regter Ackermann daarop gewys het dat die horisontale aanwending van die reg op gelykheid juis bovermelde soort ongewenste implikasies kan inhou.70 wat sal meebring dat van die handves van regte ook ʼn kode van verpligtinge gemaak sal word. word dit op dié wyse verskraal tot ʼn uitsondering vir sover dit die staat behaag. 122. ten aansien waarvan horisontale toepassing ongekwalifiseerd geld. Du Plessis v De Klerk (n 69 hierbo) para 108. Artikel 8(2) en (3) van die Grondwet van 1996. inderdaad bewaarheid kan word. tensy die verweerder die teendeel op ʼn oorwig van waarskynlikheid kan bewys. met inbegrip van die reg op gelykheid en die reg teen onbillike diskriminasie. Du Plessis v De Klerk (n 69 hierbo) para 112. In plaas daarvan dat individuele vryheid ʼn basiese reg is.Menseregte . waartydens hulle sal moet verduidelik dat die betrokke keuse tog deur die reg op vrye assosiasie beskerm word.72 Die huidige Suid-Afrikaanse grondwet maak voorsiening vir gekwalifiseerde horisontale toepassing.71 Regter Kriegler het in dieselfde uitspraak gefaal deur nie dieselfde insig te openbaar nie en deur die totalitêre risiko’s verbonde aan horisontale aanwending argeloos as ʼn bangmaakstorie af te maak. het menseregte sy aanvanklike vertrekpunt en doelwit heeltemal versaak en vir presies die teenoorgestelde verruil. Waar die oorspronklike oogmerk die 69 70 71 72 73 74 75 Du Plessis and Others v D de Klerk and Another 1996 5 BCLR 658 (KH) para 100112. Die argument is egter nie noodwendig geldig nie. Die kern van die saak is dat individue by die uitoefening van die keuses by ʼn juridiese geskil betrek kan word. .73 Daar is egter sekere bepalings. In re Certification of the Constitution of the Republic of South Africa 1996 1996 10 BCLR 1253 (KH) para 53-56.75 So is die grondslag gelê dat die vrese wat regter Ackermann uitgespreek het.

into his private interest and his private arbitrary will. 3. Hiervolgens is die staat nie die politieke manifestasie van ʼn outentieke gemeenskap van mense nie. genoegdoening en vreugde. They see rather the life of the species itself. society. as man separated from life in the community and withdrawn into himself. Menseregte as die vermeende geneesmiddel vir bykans alle sosiale en politieke kwale soos voorgeskryf deur die grondwet en toegepas deur die howe was vir baie ʼn bron van gemoedsrus. Indien daar werklik ʼn hegte gemeenskap binne die staat bestaan het. Nou voorsien menseregte deur middel van horisontale aanwending die indringende staat van die konstitusionele wapenrusting téén die waardes van vryheid en is hulle gemik op die verminking van die individuele vryheidsdomein en van sosiale en burgerlike aktiwiteit. These rights are far from conceiving man as a species-being. Marx laat hom soos volg oor die uitgangspunte van regte uit: None of these so-called rights of man goes beyond the egoist man. beyond man as a member of civil society. Met die invoer van ʼn handves van menseregte in Suid-Afrika in 1994 is die menseregteregime deur talle met bykans kinderlike uitgelatenheid begroet. Die bestaansrede vir menseregte. Menseregte is dus een van die uitvloeisels van die Hobbesiaanse tradisie. as a . respek en samewerking berus het.3 Die disharmonie en agterdog van menseregte Die menseregte-diskoers word dikwels in ʼn jubelende trant en in ʼn atmosfeer van opgewonde vreugde gevoer. ʼn Stelsel van menseregte erken en bevestig die realiteit van die gemeenskaplose atomistiese tradisie wat deur Hobbes ingelui is. geld presies die teenoorgestelde nou. wat op onderlinge individuele vertroue. regverdig egter allermins dié blydskap. ongeag hoe geldig dit is. Sowel Karl Marx as Friedrich Engels het dit ingesien en lewer paslike kommentaar hierop. was daar geen rede om ʼn stelsel van menseregte te ontwikkel aan die hand waarvan menslike verhoudings van bo af gereguleer moes word nie.228 Hoofstuk 8 juridiese verskansing van individuele vryheid was en waar menseregte aanvanklik die bewaker oor die individuele vryheidsdomein was. maar bloot ʼn instansie wat deur ʼn stelsel van afgebakende individuele regte poog om antagonistiese individue se potensiële en daadwerklike konflik te bedwing en te bestuur.

juis ekonomiese konflik te beklemtoon nie. is the state. maar dan alleen as ʼn werktuig om konflik en antagonisme te probeer reguleer. Die samelewing waarvoor 76 77 78 Karl Marx On the Jewish Question aangehaal deur R Dagger (n 1 hierbo) 302-303. tumultuous and chaotic peace. In order that these contradictions. F Engels The origin of the family. Wat meer is. bo en behalwe die bestaande individuele regte. Die staat. these classes with conflicting interests.78 Menseregte mag dus lof verdien. with pain.76 Vir Friedrich Engels is die staat met sy antagonistiese individue en hul botsende doelwitte tekenend van ernstige sosiale patologie. lewer die erkenning van steeds nuwe regte terselfdertyd sombere sosiale kommentaar op die samelewings waarbinne menseregte-regimes funksioneer. private property and the state (vertaal deur Ernst Untermann) (1902) 206. Ofskoon die regte gedeeltelik in die bekamping en bestuur van konflik slaag. is dat die erkenning van nog meer regte juis die bestaan van verdere antagonisme in die staat aan die lig bring — nuwe antagonismes wat deur nuwe regte gereguleer word.Menseregte . a power becomes necessary. has entangled itself in irreconcilable contradictions which it is powerless to banish.77 Dit is natuurlik nie nodig om. soos Engels. . but one we can nevertheless readily consent to. It is a design for a stormy. It is not a design for calm and harmony in national life. A nation whose political scheme is based on the primacy of individual rights is one of confusion. suffering and deprivation and misery often resulting. we must realize that they stem from a political teaching based on strife and harsh competition. the outgrowth of society. Onderlinge ekonomiese konflik en antagonisme bly sekerlik vandag steeds ʼn belangrike faktor. that stands apparently above society and has the function of keeping down the conflicts and maintaining order. turmoil and ferment — and unavoidably more than a little injustice.S. may not annihilate themselves and society in a useless struggle. Dit tree na vore in die aandrang op nuwe regte. as a limitation of their original independence. constitution help? (1994) 162-163. Robert Goldwin verklaar hieroor met verwysing na die regte-kultuur sedert John Locke: In extolling the importance of individual rights.die sorgsame staat 229 frame external to individuals. RA Goldwin ‘What is a Bill of Rights and what is it good for?’ in A Licht & B de Villiers (red) South Africa’s crisis of constitutional democracy: can the U. sê hy: is the confession that this society has become hopelessly divided against itself. And this power. but assuming power over it and becoming more and more divorced from it. maar hedendaags het konflik voortspruitend uit botsende groepsidentiteite van veral ʼn taalkundige en kulturele aard sterk op die voorgrond getree.

if not outright pessimism.81 Die huidige staatlike samelewing is natuurlik meer pluralisties as sy godsdienstige voorganger. Daarom moet daar byvoorbaat ʼn vaste onveranderbare reëling getref word sodat wie ook al aan bewind kom. Hierdie reëling bied verdere getuienis van die onderlinge wantroue waarop grondwetlik verskanste menseregte geskoei is. Dit geniet derhalwe gewoonlik die status van hoër of fundamentele reg. is egter een waarin dit jammerlik aan werklike harmonieuse menslike gemeenskap en onderlinge vertroue ontbreek. minimum politieke beweegruimte sal hê.1. Individue en groepe in die staat koester diepliggende agterdog jeens mekaar. Sanford Levinson verwoord dit soos volg: The very existence of written constitutions with substantive limitations of future conduct is evidence of skepticism. maar die regte-gedrewe moderne staat — die regsregime — het die sosio-politieke infrastruktuur opgelewer wat by uitnemendheid die werksterrein van die juris is. Die Republica Christiana van ouds was godsdienstig gedrewe en die klas mees eie aan dié orde was die kerklikes wat die samelewing gedomineer het.4 Die staatlike orde en die prominensie van die juristeklas Saam met die groei van regte sedert die sewentiende eeu tot die sleutelwerktuig in die administrasie van die hedendaagse staatlike samelewing. Sien hoofstuk 2. Elkeen glo dat die ander nie met die regeringsmag vertrou kan word nie. about the moral caliber of future citizens. Die regsprofessie het ʼn baie lang geskiedenis.230 Hoofstuk 8 dit ontwerp is.79 Menseregte-handveste word verder gewoonlik vervat in onbuigsame grondwette wat teen gemaklike wysiging deur wetgewers verskans is. 79 80 81 Sien verder Diamond (n 49 hierbo) 140. . else why not simply enjoin them to ‘be good’ or ‘do what you think best’?80 Hieruit is dit duidelik dat grondwetlik verskanste menseregte nie die vergestalting van onderlinge vertroue is nie. maar die bepalings van ʼn sosiale kontrak gebou op wedersyds gekoesterde agterdog en vrees. indien nie dominante nie. 3. S Levinson ‘Law as Literature’ (1981-2) 60 Texas Law Review 376. maar net soos die Republica Christiana lewer dit ook sy eie. het ook die regskenners — die regsprofessie in al sy vertakkings — op die voorgrond getree as die klas wat ten beste in staat is om die bestuur in die staatlike orde te behartig en populêre geloof in menseregte te versterk.

population. word ook gedefinieer en herdefinieer en geklassifiseer. van enige beduidende gesag en invloed ontneem is. maar dié keer nie tot teologiese probleme nie. want die uitwerking van herdefiniëring was dat die gesag van die kerklikes versterk is en dat almal wat buite die kerklike klas gestaan het. In die Middeleeue was alle vraagstukke wat die moeite werd was om aan aandag te gee. sê: The great international issues of our times can all be framed. .die sorgsame staat 231 tog mees invloedryke klas op. poverty. beheer en oplossing van vraagstukke deur die teologiese klas gemonopoliseer. colonialism. met inbegrip van die belangrikste openbare vraagstukke. Net soos wat die Republica Christiana ʼn teologiese en geteologiseerde orde was. is die huidige staatlike samelewing ʼn juridiese en gejuridifiseerde orde.82 Die strategie wat sigself hier voltrek. is dit tog in godsdienstige terme geformuleer en sodoende binne die teologiese diskoers tuisgebring. selfdetermination. P Goodrich ‘Rhetoric as jurisprudence: An introduction to the politics of legal language’ (1984) 4 Oxford Journal of Legal Studies 92-93. Die manipulasie van die diskoers op sodanige wyse dat die probleme in teologiese terme geherdefinieer en dus geteologiseer is. food. is een van disassosiatiewe definiëring. So het dit minstens gelyk. godsdienstig van aard.83 Daarvolgens kan ʼn bepaalde probleem wesenlik van ʼn politieke aard wees. racism. Talle probleme. apartheid. was in effek ʼn politieke strategie. ʼn voormalige senior VN menseregte-funksionaris. a new social order and a new human order. is trouens reeds ver gevorderd. Dit het tot gevolg gehad dat die kerklikes die enigstes was wat hulle met gesag oor sodanige geteologiseerde probleme kon uitlaat. Al die ander — die nie-teoloë — wat nie die teologiese diskoers bemeester het nie. Sodoende is die hantering. development.Menseregte . want ofskoon ʼn probleem moontlik vanuit ʼn nie-Middeleeuse perspektief nie godsdienstig voorgekom het nie. maar tot probleme van ʼn juridiese aard en sodoende binne die operasionele sfeer en beheer van juriste gebring. maar deur disassosiatiewe definiëring word dit van die politiek gedisassosieer en ontkoppel en tot ʼn juridiese 82 83 T van Boven People Matter: Views on international human rights policy (Saamgestel deur Hans Toolen) (1982) 16. Dieselfde soort verskynsel kom in die staatlike orde met sy regtegedrewe samelewing voor. Dit is die juristeklas wat net so behendig met die retoriese instrumente van die reg woeker as die vroeëre kerklikes met die retoriese gereedskap van die teologie. argued and contested on the terrain of human rights — issues of war and peace. Theo van Boven. was daarvan uitgesluit. Die proses van juridifisering wat hierdeur in die hand gewerk word. the establishment of a new international economic order. the preservation and conservation of the environment.

ongeldig te verklaar. or repugnant. Dit was in 1610 toe sir Edward Coke in Bonham’s Case tot die onsteltenis van James I hersienings.232 Hoofstuk 8 probleem herdefinieer. and sometimes will adjudge them to be utterly void: for when an act of Parliament is against common right and reason. Aangehaal deur GH Sabine A History of Political Theory (1971) 452 uit Coke’s Reports Pt. 467. maar het mettertyd as parlementslid ʼn leidende rol teen die absolutistiese neigings van James I gespeel.en nietigverklaringsbevoegdheid van Parlementêre en vorstelike handelinge toegeëien. that in many cases. Plucknett (n 84 hierbo) 40. Kundige juriste. or impossible to be performed. CF Mullet ‘Coke and the American revolution’ (1932) 12 Economica 457-471 Mullet (n 84 hierbo) 459. the common law will control acts of Parliament. vaardig in die kunsmatige rede van 84 85 86 87 88 Sien hieroor asook oor die invloed van Coke onder andere FT Plucknett ‘Bonham’s case and judicial review’ (1926-1927) 40 Harvard Law Review 30-70.84 Coke het in sy hoedanigheid as Chief Justice of the Common Pleas in Bonham’s Case uitspraak gegee. RA MacKay ‘Coke.88 Voorts was dit onmoontlik om die common law te ontsluit as jy nie grondig in die boeke van die common law en in die eiesoortige kunsmatige rede (artificial reason) van die common law geskool was nie. (b) ES Corwin ‘The ‘higher law’ background of American Constitutional Law’ 19281929 42 Harvard Law Review 365-409. Die regbank is die eksklusiewe bewaker oor en die vertroueling van die common law en het dienooreenkomstig oor die bevoegdheid beskik om wetgewing wat daarmee strydig was.en gesagsterrein van die juris geplaas. 118a.85 Hy is egter later as regter ontslaan. Dit is treffend dat die prototipiese regsretoriese strategie juis aan die begin van die staatlike era uitgevoer is. Alle nie-juriste word van die diskoers uitgesluit en word ook van die juris wat die professionele terrein beheer. maar hy is later. tot hoofregter van die Kings Bench bevorder waar sy politieke invloed geringer was. toe hy in sy uitspraak in die saak verklaar het: It appears in our books. Die probleem word gevolglik retories gedepolitiseer en as herdefinieerde juridiese vraagstuk na die professionele terrein van die juris verplaas. . VIII. and adjudge such an act to be void. Sodoende word die politieke diskoers binne die beheer. Coke het op sterkte van betreklik onoortuigende gesag86 vir die hof ʼn hersienings. the common law will control it. afhanklik gemaak. Parliamentary sovereignty and the supremacy of the law’ (1924) 22 Michigan Law Review 215247. in 1613.en nietigverklaringsbevoegdhede met betrekking tot Parlementêre en vorstelike handelinge vir die hof toegeëien het. Plucknett (n 84 hierbo) 50.87 Coke het soos volg geredeneer: die common law is fundamentele reg. (a) ES Corwin ‘The establishment of judicial review’ (1910) 9 Michigan Law Review 102-125. Mullet (n 84 hierbo) 460-461.

met betrekking tot die hersienings.die sorgsame staat 233 die common law — mense soos Coke self — kon die insigte van die common law blootlê. teengegaan kon word. Quod rex non debet esse sub homine. Corwin (n 84a hierbo) 107. Coke rapporteer soos volg hieroor: Then the king said that he thought the law was founded upon reason. with which the King was greatly offended. hy was ’n juris-politikus wat op behendige wyse die gesaghebbende regsdiskoers. and that he and others had reason. and causes which concern the life. Die boodskap aan diesulkes is om liewers oor die reg te swyg en hulle by die uitsprake van hulle juridies kundige meerderes te berus. Mullet (n 84 hierbo) 466. that Bracton saith. that God had endowed his Majesty with excellent science. sed sub Deo et lege. Ander.en nietigverklaringsbevoegdheid van die howe in die VSA geword. before that a man can attain to the cognizance of it . meer in besonder. 65.89 Coke se dictum in Bonham’s Case het uiteindelik die heel belangrikste stelling met betrekking tot die vestiging van grondwetlike reg en.2.95 Trouens. Corwin (n 84a hierbo) 105-106. 45.. ingespan ten gunste van die saak vir regterlike kontrole. Mullet (n 84 hierbo) 458. but his Majesty was not learned in the laws of his realm of England. and great endowments of nature. CF Mullet 1932 461. as he said: to which I said. Corwin (n 84b hierbo) 366.91 Coke is ook by name deur een van die founding fathers..90 Juis op sterkte van hierdie dictum is die praktyk van regterlike kontrole reeds lank voor Marbury v Madison in pre-rewolusionêre Amerika gevestig. which was treason to affirm. Corwin (n 84b hierbo) 397. XII. Plucknett (n 84 hierbo) 62. Plucknett (n 84 hierbo) 30. Alexander Hamilton. and said. which law is an act which requires long study and experience.93 Coke was egter veel meer as net ’n common law-juris. as well as the judges: to which it was answered by me. wat moeilik deur sy opponent. James I. that true it was. or fortunes of his subjects are not to be decided by natural reason but by the artificial reason and judgment of law. Daar is ook sterk aanduidings dat hy steeds die Middeleeuse oortuiging van ’n onveranderlike fundamentele reg gehuldig het. soos selfs koning James I. egter nie oor die eiesoortige toerusting van die kunsmatige rede nie.Menseregte . aangewend het met 89 90 91 92 93 94 95 Aangehaal deur Sabine (n 87 hierbo) 452 uit Coke’s Reports Pt. beskik hoe intellektueel voortreflik hulle ook al mag wees. or inheritance. Sien oor die onveranderlike Middeleeuse fundamentele reg hoofstuk 2. In werklikheid was hy ook ’n politieke filosoof94 en ’n politikus. Corwin (n 84b hierbo) 367. . Hy het fragmentaries te werk gegaan en het nie probeer om ’n omvattende filosofiese stelsel te ontwikkel nie. met inbegrip van die politici.92 Wat betref die wyse van argumentering was Coke grotendeels nog ’n Middeleeuer. that then he should be under the law. or goods.

en dus die regters. wat uiteraard die gejuridifiseerde diskoers goed onder die knie het. naamlik om die koning (en by implikasie ook die Parlement) se legitieme gesagsterrein te verklein en die gesagsterrein van die hof en. Hier tree ʼn verdere gevolg van juridifisering op die voorgrond. Dit was klaarblyklik politiek par excellence.234 Hoofstuk 8 die oog daarop om ’n politieke doelwit te bereik.98 Juridifisering gaan egter verder as hofuitsprake. vermy die probleem van juridiese onkunde en word ʼn kliënt van die juris. Stone (n 96 hierbo) 88. Benewens die politieke implikasies van herdefiniëring. By die deelname aan die politieke diskoers wat in regsterme heromskryf is. Die verskynsel van regterlike kontrole deur ʼn bevoegde hof — veral konstitusionele howe — het sedertdien vernaamlik in die Westerse Wêreld ʼn algemene verskynsel geword. Die mees voor die hand liggende juridifiserende gevolg van regterlike hersiening is dat die howe. Bowendien bestaan daar ook die risiko van regterlike sensuur vir sover 96 97 98 Sien byvoorbeeld A Stone ‘The birth and development of abstract review: constitutional courts and policy making in Western Europe’ (1991) 81 Policy Studies Journal 81-95. word toenemend in regsterme herdefinieer. Dit verander ook die handelswyse van politici en beleidmakers. . daarmee saam. naamlik dat hoe meer kwessies tot regskwessies herdefinieer kan word. Hy kom nooit behoorlik tot verhaal nie. gekorrigeer te word. Die nie-juris se uitweg uit hierdie ongemak is gewoonlik om die professionele bystand van ʼn juris in te roep wat dan namens hom die woord kan voer. word die politieke posisie en invloed van die juris versterk en die van dié nie-juris verswak. Met ander woorde. ook sy eie gesagsterrein uit te brei. dit vergroot ook sy mark. Die niejuris het deurlopend die probleem dat hy as gevolg hiervan verplig is om oor die weg te kom met taal (parlance) wat hy nooit werklik goed onder die knie het nie. G Dietze ‘America and Europe — decline and emergence of judicial review’ (1959) 76 SALJ 398-434. is dit gevolglik ook ekonomies voordelig. Die uitsprake van ʼn konstitusionele hof (of ander howe met die vereiste jurisdiksie) het ʼn rigtinggewende uitwerking. Z Bankowski en G Mungham Images of Law (1976) 43. Sake wat vroeër as politiek beskou is en wat inderdaad wesenlik politiek is. tot (mede)nasionale beleidmakers verhef word. Hy loop deurlopend die risiko om deur die juris. des te groter word die juris se potensiële kliëntebasis. aangesien dit perke aan toekomstige beleidsopsies stel. Sodoende word die funksionele terrein van die juris voortdurend uitgebrei en word die vermoë van nie-juriste tot sinvolle politieke deelname algaande ingekort.96 Daarmee saam het die toenemende juridifisering van die politiek op die voorgrond getree.97 Herdefiniëring brei gevolglik nie net die gesag en invloed van die juris uit nie.

100 Dit kring ook wyer uit na die algemene openbare diskoers. Maar hoe veel daar ook al deur leke oor dié sake geargumenteer word.102 Diegene wat in die 99 100 101 102 Stone (n 96 hierbo) 87-88. bron van ʼn ideologie van afhanklikheid Dit is ʼn inherente eienskap van die denkbeeld reg dat dit met gesag beklee en allerweë met ontsag en eerbied bejeën word. Ofskoon juridifisering dus ʼn sterk faktor in die moderne politiek geword het. 3. deur oënskynlik neutrale wetgewing. Verder is die howe natuurlik inherent polities swakker as die ander takke van staatsgesag en dit moet natuurlik ook voortdurend in ag neem dat dit juis van die wetgewer en. veral nie wanneer hierdie programme sterk openbare ondersteuning geniet nie. te verbloem. Die uitwerking van die bestaande reg en van regterlike ingryping moet natuurlik terselfdertyd ook nie oorskat word nie.Menseregte . word dit bestendig en veel moeiliker uitdaagbaar. Reg bring (gewoonlik) gehoorsame gedrag mee en wanneer politieke mag sigself met die toga van die reg omklee. Konstitusionele debatvoering is dus nie net beperk tot die hof by wyse van regspraak en daadwerklike judisiële intervensie nie. moet howe steeds noodwendig teësinnig wees om te geredelik met die beleid van die wetgewer en die uitvoerende gesag in te meng. Daarmee word die maguitoefening legitiem en ten minste in ʼn mate onaantasbaar. insluitende die media. berus die finale antwoord in ʼn gejuridifiseerde diskoers by die juriste. Gejuridifiseerde politiek het deel van ons alledaagse werklikheid geword. is onversoenbaar met gelykheid. maar kom trouens op ʼn deurlopende grondslag in die wetgewende proses voor. waar argumente om die grondwetlikheid al dan nie van gebeure en besluite wentel. . Die verskynsel het in Suid-Afrika algemeen geraak. in die besonder. net soos dié van die geteologiseerde diskoers van die Republica Christiana. Sien in die algemeen AT Turk ‘Law as a weapon in social conflict’ (1976) 23 Social Problems. Juis daarom streef politieke maghebbers altyd daarna om politieke mag in die gestalte van die reg. Trouens. Sien hieroor onder andere R Dahl se insiggewende artikel ‘Decision-making in a democracy: “The Supreme Court as a national policy-maker”’ (1957) Journal of Public Law 293 et seq asook K Malan ‘The Unity of Powers and the Dependence of the Judiciary’ 2005 De Jure 2005 99-115.101 Hierdie ongelykheid in die gejuridifiseerde openbare diskoers. Stone (n 96 hierbo) 89. Howe kan korreksies aan beleid aanbring maar is natuurlik nie in staat om ʼn breë politieke program van die politieke takke van staatsgesag — die wetgewer en die uitvoerende gesag — in die war te stuur nie. wat juis ʼn voorwaarde vir ʼn egte demokratiese diskoers is.die sorgsame staat 235 beleidsbesluite van wetgewers en die uitvoerende gesag nie juridies na wense is nie. daar lê gewoonlik ʼn element van heiligheid in die reg opgesluit. van die uitvoerende gesag afhanklik is om die hof se bevele uit te voer.99 Dit gee daartoe aanleiding dat beleidsoorwegings noodwendig swaar met regsargumente en regsoorwegings belaai word.5 Menseregte. te verwoord ten einde sodoende die brutaliteit wat dikwels met die verkryging en behoud van politieke mag gepaard gaan.

Regsdienste neem die karakter van maatskaplike werk aan110 en die regsgeleerde verkry dienooreenkomstig ʼn hoedanigheid wat herinner aan dié van die maatskaplike werker.105 Die funksionele terrein van die regsprofessie en van regsdienste het trouens tot so ʼn mate verbreed dat dit in werklikheid heeltemal ongedefinieerd geraak het.236 Hoofstuk 8 besonder hierby baat. . Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 75. Met al die menseregte (wat ook standhoudend meer word) wat individue geniet en met die talryke regsdienste wat verleen word 103 104 105 106 107 108 109 110 J Caplan ‘Lawyers and litigants’ in I Ilich I et al Disabling Professions (1977) 94.106 Bowendien word die definiëringsfunksie grootliks aan die juriste self oorgelaat. is waarna al heel paslik as die ideologie van die hulpverlener verwys is. waarmee die regspleging gewoonlik gepaard gaan.108 Uiteindelik is die regsgeleerde ʼn bykans alomteenwoordige persoon — iemand wie se hulp in talle alledaagse besluite. Caplan (n 103 hierbo) 96. Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 75. RL Abel ‘The Rise of Professionalism’ (1979) 9 British Journal of Law and Society 82. Dit geld veral in die geval van staatsondersteunde regsbystand en natuurlik met die talle nuwe voordele wat hulpbehoewende mense kragtens sosiale en ekonomiese regte te beurt val. Aan die ander kant word regsgeleerdes ook dikwels gesien as die enigste beskutting teen vryheidsberowing en anargie. sluit spesifiek hulle in wat met die regspleging (administrasie van die reg) gemoeid is — die regsgeleerdes. Die terrein word al hoe breër omskryf ten einde die gebied van juridiese dienslewering te vergroot en nuwe markte vir regsdienste te verwerf. Hulle dank dit onder meer aan die feit dat hulle met die mag. Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 43.104 Die invloed van die regsprofessie groei ook standhoudend vanweë die toenemend breër definiëring van regskennis en regsdienste en die meegaande verbredende terrein waarop die regsprofessie werksaam is. Wat hieruit voortvloei. Die hulpbehoewende se vermoë tot outonome beskikking verweer progressief en ʼn patroon van opsien na. beklee is. Caplan (n 103 hierbo) 96. Regsgeleerdes word eweneens met ʼn mindere of meerdere mate van ontsag en agting bejeën. en dit is nie vreemd nie dat juriste dikwels gesien word as die priesters wat die vryheid beskerm.107 Die uitoefening van die definiëringsaksie wat hieruit voortspruit is grootliks kommersieel gedrewe. en afhanklikheid van die regsgeleerde word aangekweek.103 Kyk net na al die vryhede wat as basiese regte beskerm word. Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 94.109 Die gevolg hiervan is dat die posisie van die hulpbehoewende nie-juris tot voordeel van die hulpverlener (juris) verswak word. Bankowski & Mungham (n 97 hierbo) 39. transaksies en handelinge behoef word.

aangesien diegene wat die notuleringstaal goed verstaan. bevoordeel word bo diegene wat dit nie behoorlik onder die knie het nie en 111 112 113 114 Die frase benign totalitarianism word deur I Ilich I Disabling Professions (1977) 14 gebruik. soos gesê. Die ingewikkelde voorverhoor-prosedures maak die leke-litigant nog verder op die kundige dienste van die regsgeleerde aangewese. S v Damoyi 2004 2 SA 564 (K). wat die reg vir die nie-juris ontoeganklik maak. Dit kortwiek sy selfvertoue want hy weet gewoonlik nie wat hom daar te doen staan nie. Sien byvoorbeeld S Netshitomboni ‘The use of languages in courts: the point of view of the Department of Justice and Constitutional Development’ (21 Maart 2000) FAK-Konferensie:Taal in die howe (Ongepubliseerd).die sorgsame staat 237 en waarby almal so mildelik baat. Mthethwa v De Bruin NO and Another 1998 3 BCLR 336 (N). wat. aangesien hulle deur dieselfde regsjargon bedien word en ewe gemaklik daarmee omgaan. Die hofprosedure en atmosfeer is allermins bevorderlik vir die moontlikheid dat ʼn persoon sy saak self kan behartig. die hof nog meer ontoeganklik vir die leek maak en die noodsaak vir regsbystand verder beklemtoon.Menseregte . Die posisie van die regsprofessie word ondersteun deur ʼn (onbedoelde) retoriese strategie wat tussen die regsprofessie en die potensiële kliënt afspeel.112 Die hof-arena dra ook by tot die verleentheid en afhanklikheid van die leke-litigant. Caplan (n 103 hierbo) 93. Caplan (n 103 hierbo) 101-102. Hierbenewens werk dit klaarblyklike regsongelykheid in die hand.113 Wanneer tale anders as dié van die partye vir hofverrigtinge gebruik word. Voeg hierby die feit dat regters in elk geval moeilik met leke-litigante kommunikeer en baie makliker oor die weg kom met regsverteenwoordigers. Vgl ook K Malan ‘Observations on the official use of language for the recording of court proceedings’ (2008) 23 SAPR/L 59-76. In Suid-Afrika is daar ʼn sterk neiging om byvoorbeeld slegs Engels vir die amptelike notulering van hofverrigtinge te gebruik. dra die reg en die regsprofessie by tot ʼn minsame alomversorgende totalitarisme111 — die versorgende Leviatan. Die stelsel is dus so ontwerp dat dit nouliks sonder regsverteenwoordiging kan funksioneer. Komplekse en moeilik verstaanbare regsjargon word gebruik. verdiep die afhanklikheid van die leke-partye verder teenoor hulle regsraadgewers. Dit gaan gepaard met komplekse prosedures — rituele — wat die reg verder ontoeganklik maak en die nie-juris se afhanklikheid en hulpbehoewendheid van die reg en die juris verder vererger. S v Matomela 1998 1 BCLR 339 (Ck).114 Alle amptelike hofstukke sal hiervolgens slegs in Engels beskikbaar wees. .

genadige weldoener-Leviatan. En die houvas van die minsame. Bepaalde regsreëls rond die mistiek van die hof af met die misdryf. Die staat wend die reg aan om al die gevarieerde menslike behoeftes te bevredig. terwyl ontsag en eerbied dienooreenkomstig verplig word.en kulturele minderhede — almal ontvangers van nuwe voordele van menseregte. taal. minagting van die hof. slegs op ʼn afstand as ʼn toeskouer gadeslaan. Benewens die ontoeganklikheid en onaantasbaarheid van die regspleging weens die reeds gemelde ingewikkelde regstaal en moeilik volgbare prosedure en die vreemde hofatmosfeer. Leviatan sien met al groter sorg na sy weerlose staatsburgerlike kudde om. is daar ook nog die eerbied wat aan die regter verskuldig is — iets wat opsigself ruim bydra tot die ontsag vir die reg waarna hierbo verwys is.116 Menseregte het steeds meer regte vir individue bygevoeg en doen dit steeds. Dit dien terselfdertyd as die sleutel-strategie om die staatlike orde te verskans. Hoe meer regte mense het. en meer afhanklik word. nieteenstaande die feit dat sy belange intens daarby betrokke is. die regsproses en die regsprekers aanskou. Daardeur word minagting vir die regsprekende beamptes (en die regsproses) bestraf. godsdienstige. Die toevoeging van elke nuwe reg registreer ʼn verdere dimensie in menslike behoeftigheid en afhanklikheid en verdere verwering van individuele selfstandigheid. Dit alles moet die nie-juris met ʼn gevoel van eerbied en ontsag vir die reg. Uitdaging van die sterflike god is 115 116 K Malan ‘Oor die hofnotuleringstaal in die lig van die grondwet en na aanleiding van onlangse regspraak’ (1998) 61 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 700-702. Ongeloof in en ontrouheid aan Leviatan is bykans onmoontlik.115 nog meer op regsverteenwoordiging Uiteindelik kan die leek die funksionering van die reg.238 Hoofstuk 8 laasgenoemde derhalwe aangewese maak. verweer hulle vermoë om deur politieke en dergelike handeling na hulself om te sien. kinders. Die staat raak ook algaande meer sensitief vir besondere behoeftes: van byvoorbeeld vroue. Die regter word in die Engelse wêreld so hoog geag dat buitestaanders — van buite die Engelse wêreld — soms spottenderwys na dié regters as regskonings verwys (wat terloops retories goed inpas by Dworkin se gebruik van die begrip Law’s Empire. des te meer word hulle van die dienste van die regsgeleerde afhanklik.) Sien JMT Labuschagne ‘Minagting van die hof: ʼn strafregtelike en menseregtelike evaluasie’ (1988) TSAR 330. . Dit dra by tot die veredeling van die regsproses en die verheffing van die voorsittende regter tot ʼn regskoning. op sy kudde — die burgers van die territoriale staat — raak steeds stewiger. die sterflike god. Maar namate al die groepe ontvangers van Leviatan se regsvoordele word. Wie sal dit na alles oorweeg om die rug op so ʼn weldoenende staat te keer? Individue is die behoeftige ontvangers van die voordele wat die staat via die reg verskaf. inheemse bevolkings.

die sorgsame staat 239 hoegenaamd nie ter sprake nie. .Menseregte . Menseregte het die staat daarteen geharnas.

.

9 Inleiding HOOFSTUK TWEE GREPE UIT DIE REG KRAGTENS DIE STAATLIKE PARADIGMA 1 Sowel die huishoudelike as die internasionale reg staan bykans konsekwent in diens van die instandhouding en verdediging van die bestaande territoriaal-staatlike orde en die afdwinging van individuele identiteit volgens die voorskrifte en na die beeld van die staat. 241 . Die publiekreg. Groups other than the nation or the population of the state could be ignored. the level of the individual and the level of the nation state.en dergelike gemeenskappe) ter wille van die staat van enige regsbeskerming uitgesluit word. Daarom word daar in hierdie hoofstuk op slegs twee 1 V Van Dyke ‘Human Rights and the Rights of Groups’ (1974) 18 American Journal of Political Science 726. Sien verder J Pestieau Minority Rights: ‘Caught between individual rights and peoples’ rights’ (1991) VI Canadian Journal of Law and Jurisprudence 369-370. Vernon Van Dyke het dit by geleentheid soos volg gestel: The assumption was that rights exist at two levels. Die staat geniet ʼn monopolie as die enigste kollektiwiteit wat publiekregtelike erkenning en beskerming geniet. Dit is onmoontlik om alles te behandel. Deur jou burgerskap dra jy die amptelike merk van die staatlike identiteit terwyl deelgenootskap aan enige ander gemeenskap — hoe beslissend dit ook al vir ʼn individu mag wees — van hierdie beskerming uitgesluit word. Hiernaas is daar nog ʼn magdom van ander regsreëls en regsfigure wat die staatlike orde in stand hou. soos ons dit ken.1 Dienooreenkomstig is burgerskap ʼn staatlike denkbeeld. Gevolglik is dit net die staat en individue wat regserkenning geniet terwyl alle intermediêre entiteite (kultuur. sorg dat individue slegs een staatlik voorgeskrewe identiteit bely en waak getrou daarteen dat individue enige openbare identiteit anders as ʼn staatlike identiteit aanvaar. Dit monopoliseer individuele identiteit vir die jaloerse sterflike god. is ʼn volbloed spruit van die staatlike paradigma en getroue dienskneg vir die inprent van ʼn staatlike identiteit by individue.

aangesien dit regsmeganismes is wat nie slegs ʼn besondere staat beskerm nie. Die twee onderwerpe nomineer hulself as ’t ware as die mees gepaste en veelbeduidende. met die opset om enige van die volgende doelwitte te bereik: om die voortbestaan. waaronder ook onderdrukkende regsreëls die produk van ʼn heersende politieke filosofie3 en van ʼn bestaande politieke magsoorwig. dit kan pleeg. BL Ingraham Political Crime in Europe (1979) 317.2 Die unieke eienskappe van hoogverraad is dat dit teen die staat gepleeg word en dat slegs ʼn persoon wat trou aan die staat verskuldig is. As internasionale regsreëls is die regsposisie met betrekking tot sesessie uiteraard ook oral geldend. sesessie en die instandhouding van staatsgrense. Hoogverraad het ʼn lang Europese en Engelse geskiedenis en die regsreëls daaromtrent is vandag steeds in baie state van krag. Terselfdertyd is regsreëls. Die reg oor hoogverraad en sesessie funksioneer as items van die staatlike paradigma en as strategieë van staatsbou. onafhanklikheid of veiligheid van die staat te skend of in gevaar te stel. omdat dit treffende voorbeelde van die beoefening van die regswetenskap kragtens die staatlike paradigma is en ook omdat dit by uitstek gemik is op die bevordering van staatlike identiteit en die ooreenstemmende onderdrukking van alle niestaatlike identiteite. Dis reg rakende hoogverraad en sesessie maak voorts op ons aandag aanspraak. . Een van die grondliggende funksies van reg is dat dit onderdrukkingsmeganismes verskaf om ʼn bepaalde politieke orde en ekonomiese bestel in stand te hou.242 Hoofstuk 9 sprekende voorbeeld gefokus: een vanuit die huishoudelike reg — die reg rakende die misdaad hoogverraad — en een voorbeeld uit die internasionale reg — die regsposisie rakende selfbeskikking. maar die staatlike orde per se onder beskerming neem. 2 Die onskendbaarheid van die staat: Hoogverraad Hoogverraad is die wederregtelike verrigting van enige handeling binne of buite die staatsgebied deur ʼn persoon wat trou aan die staat verskuldig is. Dit het ontwikkel 2 3 Dit is wesenlik die definisie van CR Snyman Strafreg (2006) 315 en J Burchell et al Principle of Criminal Law (2005) 923. of om die regering omver te werp of onder dwang te plaas. om die grondwetlike struktuur van die staat te verander. Die reg ten aansien van hoogverraad is tekenend hiervan. Dit is eweneens nie tot ʼn enkele staat beperk nie en geld vir die staatlike orde in die geheel.

Sien hieroor hoofstuk 3. Op sy beurt het die leier ʼn beskermingsverpligting jeens sy gemeenskap gehad. JG Bellamy The law of treason in England in the Middle Ages (1970) 1-4. Hierby aansluitend word verduidelik dat die Germaanse oorsprong van hoogverraad herleibaar is tot die gedagte van persoonlike lojaliteit teenoor die leier wat deur die troubreuk geskend is. Die misdaad is gepleeg wanneer hierdie trou verbreek is.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 243 en is aangepas ten einde te voldoen aan die veranderende aard en behoeftes van die staat.5. .6 Die misdaad het dus te doen gehad met daadwerklike lojaliteite en die verbreking van hegte verhoudings van ʼn bykans persoonlike aard.10 Dit is juis aan Romeinsregtelike 4 5 6 7 8 9 10 CL von Bar A History of Continental Criminal Law (Engelse vertaling deur T Bell) (1968) 281. wat onder andere in vorstelike kroningseedsverklarings uitdrukking gevind het. Hoogverraad het egter ook Romeinse wortels. Die opkoms van dinastiese state8 (rudimentêre state wat rondom koninklike families gestruktureer was) het vrugbare teelaarde vir die verdere groei van die Romeinse opvattings gebied. Die Germaanse idee het nogtans gedeeltelik behoue gebly en leef vandag steeds voort in die troubreuk-element by hoogverraad. was hoogverraad by uitstek ʼn misdaad wat teen die persoon van die vors (en sy familie) gemik was en nie ʼn misdaad teen die staat as sodanig nie.5 ʼn Persoon was trou verskuldig aan die gemeenskap en die leër waartoe hy behoort het. Trouens. die ontwikkeling van die reg aangaande hoogverraad werp meer as enigiets anders lig op die ontwikkeling van die idee van die staat. Holdsworth (n 9 hierbo) (1936) Vol II gee die wet op 449 voetnoot 7 weer.7 Die Romeinse opvatting van hoogverraad het mettertyd in Europa en Engeland ten koste van die Germaanse opvatting veld gewen. JMT Labuschagne ‘Menslike outonomie en staatlike majestas: opmerkinge oor die dekriminalisasie van hoogverraad’ (1992) 5 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Strafregspleging 125.9 Dít blyk veral duidelik uit Edward III van Engeland se wet van 1352 waarin spesifiek met die misdaad van hoogverraad gehandel is en waaruit dit blyk dat die beskermde regsbelang by hoogverraad nie die staat nie.4 Die trou-element van hoogverraad het ʼn Germaanse oorsprong. Die Romeinse element vloei voort uit die idee van skending van majestas (breedweg soewereiniteit) en die verontregting van die persoon — die vors — wat met majestas beklee was. W Holdsworth A History of English Law (1937) Vol VIII 322. maar die persoon van die koning was. aangesien dit die posisie van die vorste in die opkomende dinastiese state onderskraag het. Von Bar (n 4 hierbo) 101. In die laat-Middeleeue toe die dinastiese state in Engeland en Europa hulle verskyning begin maak het.

Von Bar (n 4 hierbo) 281. Dit is dus gesien as die verbreking van die persoonlike lojaliteit teenoor die koning as staatshoof. in feodale terme omskryf is. ofskoon die koning die staat verteenwoordig.244 Hoofstuk 9 invloede toegeskryf dat hoogverraad die karakter aangeneem het van ʼn misdaad teen die persoon van die vors. anders as in Engeland waar regsontwikkeling konkreet en prakties was. Ingraham (n 3 hierbo) 48. in plaas van met die vors te vereenselwig.13 het die beskouing oor hoogverraad ook verander. Daar is toenemend ingesien dat. abstrakte staat self.12 In Wes-Europa.16 Die ontwikkeling van hoogverraad tot ʼn misdaad teen die staat as abstrakte entiteit is ook deur die Romeins-Hollandse regskrywers verreken.49. A Matthaeus On Crimes: A commentary on Books XLVII and XLVIII of the Digest (Geredigeer en in Engels vertaal deur ML Hewitt en BC Stoop) (1993) Vol II: 48. Ingraham (n 3 hierbo) 39. in plaas van troubreuk teen die onpersoonlike. . gepleeg word. Voor 1770 het dit nog algemeen in Europa voorgekom dat misdade wat die staats.17 Dieselfde geld vir Van der Linden wat in 1806 hoogverraad in die moderne staatlike sin omskryf het op ʼn wyse wat 11 12 13 14 15 16 17 Holdsworth (n 9 hierbo) (1942) Vol III. in plaas van teen die vors is. en nie teen die vors nie. abstrakte sin omgegaan. waar die ontwikkeling van die reg aan die hand van die Corpus Iuris Civilis sorgvuldig aan die universiteite ontwikkel is.15 Teen die tweede helfte van die agtiende eeu is die aanpassing in Oostenryk en Pruise gemaak.2. Matthaeus wie se De Criminibus in 1644 verskyn het. het die beskouing ook algaande sterker geword dat hoogverraad wesenlik ’n misdaad teen die staat self. 338-339.(politieke) gesag en soewereiniteit uitgedaag het. het reeds met hoogverraad in die moderne. waardeur hoogverraad ʼn misdaad teen die staat in plaas van die vors geword het. Sien byvoorbeeld R David en JEC Brierly Major Legal systems in the World Today (1985) 40. Sodoende het die konsep van ʼn misdaad teen die staat as eiesoortige entiteit op die voorgrond getree. Hy het met verwysing na Bodin die begrip majestas benader deur dit met die staat self.11 Namate die konsep van die staat as ʼn abstrakte entiteit losstaande van die vors erken is en namate die koning toenemend as die blote hoof en verteenwoordiger van die staat gesien is. Dit het beteken dat hoogverraad nog die stempel van die persoonlike feodale verhouding tussen die vors en die onderdaan gedra het.3-4 (212-213). Holdsworth (n 9 hierbo) 322. die staat en die vors allermins ʼn enkele entiteit is14 en dat hoogverraad teen die staat.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma

245

baie soortgelyk was aan die definisie wat aan die begin van hierdie hoofstuk verstrek is.18 In Engeland is daar teen die sestiende eeu ingesien dat Edward se wetgewing van twee eeue tevore heeltemal ontoereikend was om die staat in sy veranderende vorm te beskerm. Die nuwe territoriale staat was teen daardie tyd stewig gevestig en daar is aanvaar dat trou teenoor die staat voorrang bo alle ander verhoudings moes geniet.19 Twee strategieë is gevolg om die reg oor hoogverraad as ’t ware op datum te bring ten einde dit te laat voldoen aan die beskermingsbehoeftes van die territoriale staat. Eerstens is heelwat nuwe wetgewing aanvaar wat al hoe meer handelinge binne die trefwydte van die definisie van hoogverraad geplaas het.20 Van heelwat meer belang — en tipies van die Engelse regstradisie — is egter die feit dat die bestaande verouderde wetgewing van Edward by wyse van konstruktiewe interpretasie deur die howe tot die moderne misdaad teen die staat uitgebrei is.21 Dit was juis in die tweede helfte van die sestiende eeu, in die stadium toe die territoriale staat met sy permanente abstrakte karakter besig was om sy dinastiese voorganger te vervang, dat die strategie van konstruktiewe interpretasie ʼn beduidend andersoortige inhoud aan die misdaad besorg het.22 Die opset (bedoeling) om die koning te dood, of in die woorde van Edward III se statuut compassing or imagining the king’s death, is deur konstruktiewe interpretasie so uitgebrei dat dit uiteindelik nie net die koning nie, maar ook die voortbestaan en stabiliteit van die staat onder beskerming geneem het.23 In die begin van die sewentiende eeu, in die tyd van Edward Coke, was die proses van konstruktiewe interpretasie reeds goed gevestig.24 In die tweede helfte van die sewentiende eeu het dit nog meer momentum gekry. Al meer handelinge wat in werklikheid teen die staat gemik was, is as opset om die koning te dood vertolk en sodoende onder die omskrywing van die antieke Edwardiaanse hoogverraadsomskrywing tuisgebring.25 Die patroon van troubetuiging het in die proses ingrypend verander. Waar trou vroeër aan ʼn persoonlike vors verskuldig was,
18

19 20 21 22 23 24 25

J van der Linden Regtsgeleerd, Practicaal en Koopmanshandboek (1806) 228 contra DG van der Keesel Lectures on Books 47 and 48 of the Digest Vol II (Latynse teks geredigeer en in Engels vertaal deur B Beinart en P van Warmelo) (1972) Vol II 641-647. Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310. Holdsworth (n 9 hierbo) (1945) (Volume IV) 496-498. Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310-314; Ingraham (n 3 hierbo) 51. Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310. Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 310. Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 311. Holdsworth (n 9 hierbo) (1937) 314.

246

Hoofstuk 9

moes dit voortaan aan die onpersoonlike staat betuig word.26 Ofskoon die verandering ingrypend was, het dit weens die subtiliteit van konstruktiewe interpretasie geruisloos geskied — heel anders as wat opmerklike verandering van die teks van die misdaadsdefinisie sou meebring. In weerwil van die feit dat hoogverraad reeds lank ʼn misdaad teen die staat was, is dit steeds in anachronistiese terme geformuleer asof dit ʼn misdaad teen die vors is.27 Die Engelse juris, Blackstone, het hoogverraad byvoorbeeld in die tweede helfte van die agtiende eeu op ʼn wyse voorgestel wat die voorafgaande ontwikkelings verdoesel het en die misdaad steeds na die verouderde feodale vorm daarvan laat lyk het.28 Quentin Skinner wys daarop dat die verandering in die aard van hoogverraad nogtans nie Hobbes se aandag ontsnap het nie. Hobbes het reeds in De Cive daarop gewys dat trou nie (meer) aan diegene wat die soewereiniteit uitgeoefen het — die vors — verskuldig was nie, maar wel aan die soewereiniteit inherent aan die staat self.29 Minstens sedert die Glorious Revolution in 1689 is dit in Engeland ʼn uitgemaakte saak dat hoogverraad ʼn misdaad teen die konstitusionele orde van die staat self is, en nie meer teen die vors nie.30 Wat opvallend uit die uiteensetting hierbo na vore tree, is dat die reg aangaande hoogverraad in sy moderne vorm saam met die territoriale staat die lig gesien het. Toe die dinastiese staat plek vir die territoriale staat gemaak het, het dinastiese hoogverraad wat die vors beskerm het, eweneens die wyk geneem ten einde plek te maak vir staatlike hoogverraad wat die voortbestaan van die abstrakte onpersoonlike staat op die hart dra. Die logika van die reg aangaande hoogverraad is dat die onderdaan trou aan die staat verskuldig is, in ruil vir die staat se beskermingsverpligting jeens die burger.31 Ofskoon die misdaad suggereer dat die reëls daarvan in ʼn kontraktuele verhouding tussen die owerheid en onderdaan geanker is en dus ʼn kontraktuele karakter vertoon, is dit slegs die burger se troupligtigheid wat juridies afdwingbaar is (en strafregtelik gesanksioneer word), terwyl die burger se reg ingevolge die staat se verpligting daarenteen onafdwingbaar is.32 Daar kan tans moontlik geargumenteer word dat die staat die verpligting dra om grondwetlike regte van individue
26 27

28 29 30 31 32

Q Skinner ‘The State’ in T Ball et al (reds) Political Innovation and Conceptual Change (1989) 124. O Hood Phillips en P Jenkins Constitutional and Administrative Law (1978) 457; CR Snyman ‘Die trouvereiste by hoogverraad’ (1988) 1 SA Tydskrif vir Strafregspleging 6. Ingraham (n 3 hierbo) 51-52. Skinner (n 26 hierbo) 124. Ingraham (n 3 hierbo) 52. GL Williams ‘The correlation of allegiance and protection’ (1948-50) 10 Cambridge Law Journal 56. Williams (n 31 hierbo) 58.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma

247

gestand te doen. Die argument is nie heeltemal ongeldig nie, maar soos daar in hoofstuk 8 verduidelik is, het die regte egter die kontraproduktiewe uitwerking om individuele afhanklikheid van die staat te vererger, waardeur die individu se posisie jeens die staat verder verswak word. Bowendien, selfs indien ʼn hof die uitvoerende gesag by wyse van hofbevele sou gelas om sy verpligtinge voortspruitend uit die regte van die burgers na te kom, is die burgery in die laaste instansie op die goedgesindheid van die uitvoerende gesag aangewese om die bevele uit te voer.33 Sou die uitvoerende gesag dergelike bevele nie wil uitvoer nie, is daar ten slotte geen juridies gesanksioneerde dwangmaatreël kragtens die positiewe reg beskikbaar wat die uitvoerende gesag tot die nakom van sy verpligtinge kan forseer nie. Die inhoud van die staat se verpligting jeens sy troupligtiges (meesal, ofskoon nie altyd nie, die burgers van die betrokke staat)34 is van sowel ʼn positiewe as ʼn negatiewe aard. Die positiewe sy van die verpligting behels in die eerste plek dat die staat sy troupligtiges deur mag, wettige geweld en oorreding teen wederregtelike optrede van ander moet beskerm.35 Die negatiewe aspek van die verpligting hou in dat die staat in die loop van sy optrede respek aan sy troupligtiges moet betoon, deurdat die staat sy funksionarisse moet weerhou van enige onregmatige optrede.36 Dit sluit in dat die funksionarisse van die staat kragtens die reg van die staat moet optree en dat individue op die beskerming van die huishoudelike reg van die staat kan reken. Die staat sal gevolglik nie daarop geregtig wees om ingevolge die act of state-leerstuk op die uitsluiting van die reg met betrekking tot bepaalde individue aanspraak te kan maak nie.37 Desnieteenstaande is die kwesbaarheid van die individu se posisie kragtens die hoogverraadsreg duidelik gedurende die 1980's in Suid-Afrika gedemonstreer, toe verskeie swart aktiviste op grond van hulle bedrywighede teen die destydse blanke minderheidsregering weens hoogverraad vervolg is.38 Die troupligtigheid van die beskuldigdes het in slegs een van die gedinge ter sprake gekom, toe daar beslis is dat

33

34 35

36 37 38

Dit is in die onlangse verlede grafies in Suid-Afrika gedemonstreer met die staat se knaende versuim om hofbevele na te kom. Sien Nyathi v MEC for the Department of Health 2008 9 BCLR 865 (KH). Oor wie almal troupligtig is, sien JRL Milton South African Criminal Law and Procedure Vol II: Common Law Crimes (1996) 28-31. Williams (n 31 hierbo) 58. Hierdie verpligting is onder meer in artikel 12(1)(c) van die huidige Suid-Afrikaanse grondwet opgeneem. Selfs al was daar nie in uitdruklike terme so ’n grondwetlike bepaling nie, sou daar nogtans so ’n verpligting bestaan het aangesien dié soort verpligting die grondslag is waarop die staat gebaseer is. Sien hieroor K Malan ‘The inalienable right to take the law into our own hand versus the faltering state’ (2007) TSAR 642 et seq. Williams (n 31 hierbo) 58. Williams (n 31 hierbo) 63. Sien byvoorbeeld S v Lubisi and Others 1982 3 SA 113 (A), S v Tsotsobe and Others 1983 1 SA 856 (A), S v Zwane and Others (3) 1989 3 SA 254 (A).

248

Hoofstuk 9

die betrokke beskuldigdes wel troupligtig was.39 In die ander sake is die trouverpligting nie geopper nie. Ofskoon die staat op die trou van die beskuldigdes geregtig was, was al die beskuldigdes, synde swart persone, op daardie stadium van belangrike burgerlike en politieke regte in Suid-Afrika uitgesluit en kon hulle nie ingevolge die geykte reëls van staatlike demokrasie aan die politieke proses deelneem nie. Ofskoon die staat dus trou van die beskuldigdes geëis het, het die destydse posisie wat in Suid-Afrika gegeld het die uitwerking gehad dat die staat inderdaad ontrou was teenoor die beskuldigdes asook teenoor almal wat in ʼn soortgelyke posisie as die beskuldigdes was. Daar mag gesê word dat voormelde hoogverraadsake in die laaste fase van die blanke minderheidsbewind in Suid-Afrika maar net dui op die wyse waarop die reg rakende hoogverraad in die destydse orde tot voordeel van die staat aangewend is, met ander woorde, dat dit nie daarop dui dat die hoogverraadsreg die staatlike orde per se tot voordeel strek en individue mag benadeel nie. Tog was die hoogverraadsreg inderdaad nie net die tydelike en toevallige werktuig van die blanke minderheidsregering nie. Inteendeel, dit was inderdaad ʼn juridiese strategie waardeur die staat en staatlike identiteit tot nadeel van nie-staatlike formasies en nie-staatlike identiteit bevoordeel is. Gedurende die Tweede Anglo Boereoorlog van 1899 tot 1902 is talle Kaapse en Natalse Afrikaners weens beweerde hoogverraad vervolg.40 Die sarsie hoogverraad-verhore wat hieruit voorgespruit het, bied ʼn treffende demonstrasie van die wyse waarop die hoogverraadsreg aangewend is om staatlike identiteit in te hamer en wedywerende nie-staatlike identiteite te bestraf. Baie Afrikaners van die Kaap en Natal wat onder Britse koloniale bestuur was, was eensgesindheid met hulle taal- en etniese genote (en dikwels bloedverwante) van die republikeinse Vrystaat en Transvaal. Hulle was egter Britse onderdane en as sodanig trou aan Brittanje verskuldig. Gevolglik is hulle gekonfronteer met die dilemma van dubbele identiteit en dubbele lojaliteit: enersyds was daar die reële en eksistensiële identiteit as Afrikaners waardeur hulle dit eens was met hulle volksgenote in die republikeinse noorde. Al wat hulle van mekaar geskei het, was arbitrêr afgebakende staatsgrense wat opsigself die produk van imperiale Engeland se koloniale bedrywighede was. Daarenteen was daar die abstrakte juridies afgedwonge identiteit as Britse onderdane wat trou aan Brittanje

39 40

S v Tsotsobe (n 38 hierbo). Sommige van die sake is gerapporteer, soos R v Prozesky 1900 (NLR) 216, R v Badenhorst 1900 (NLR) 227, R v Adendorff 1900 (NLR) 230, R v Bester 1900 (NLR) 237, R v Marais 1900 (NLR) 242, R v De Jager 1901 (NLR) 65, R v Dohne 1901 (NLR) 175 en R v Venter 1901 (NLR) 185. Sien ook die uitsprake in die Kaapse hoogverraadsverhore (die Colesbergse en Dordrechtse verhore).

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma

249

vereis het. Vir baie Afrikaners in die Kaap en Natal was dit die natuurlikste ding om hulle eerder by hulle volks- en taalgenote te skaar, as om op grond van ʼn eksistensieel niksseggende, maar juridies afdwingbare, identiteit as Britse onderdane trou te wees aan ʼn vreemde oorsese moondheid met dominiums in Afrika. Hierdie sentiment is versterk deur die klaarblyklik aggressiewe aard van die Britse koloniale beleid jeens die Boererepublieke.41 Die dilemma van die koloniale Afrikaners in die Kaap en Natal was dat daadwerklike bystand aan hul republikeinse volksgenote op ʼn verbreking van die juridies opgelegde trouverpligting jeens Brittanje neergekom het, waardeur hulle, hulle aan hoogverraad sou skuldig maak. In die Colesbergse hoogverraad-uitspraak is Kaapse Afrikaners se bystand wat uit hoofde van etniese sentiment aan die Boeremagte verleen is, juis as een van die ergste vorme van hoogverraad beskryf.42 Daarenteen was die nougesette nakoming van die trouverpligting aan Brittanje en die gelyktydige versuim om Afrikanervolksgenote te ondersteun egter moreel verraderlik. ʼn Keuse moes derhalwe tussen verraad en verraad gemaak word: verraad teen die vreemde Britse staat, of verraad teen die eie kultuurgemeenskap. Die strafregtelike reëls rakende hoogverraad is egter so ontwerp dat dit die juridies-geïnspireerde staatlike identiteit verskans. In die onderhawige geval was die uitwerking daarvan om hegte etniese en taalbande en bande wat deur ʼn gemeenskaplike historiese belewenis gesmee is, juridies te veroordeel en Afrikaners, tot voordeel van die juridiese status van Britse onderdaanskap, tot verraad (of minstens verloëning) van hulle eie volksgenote te dwing. Die immorele uitwerking van vervolging weens hoogverraad spreek vanself hieruit. Die doel waarvoor die misdaad bestaan, naamlik om trou jeens die staat af te forseer, vereis egter dié immorele middele. Leviatan — die sterflike god — is ʼn jaloerse god en duld nie die aansprake van mededingers nie. Hy bestraf ook die afdwaling van troupligtiges wat meer lojaal teenoor iets anders as Leviatan self blyk te wees. In hoofstuk 6 is uiteengesit hoe die politieke ideologie van nasiebou, oftewel staatsbou, staatlike burgerskap tot die enigste openbare identiteit verhef het en alle ander identiteite óf aktief beveg óf minstens ontmoedig.
41

42

Sien hieroor onder meer J Marlowe Milner: Apostle of Empire (1976) 58-75 waar beskryf word hoe die Britse Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika, Alfred Milner, ondersteun deur die Minister van Kolonies, Joseph Chamberlain, berekend ʼn Britse oorlog teen die Boererepublieke afgedwing en alle kompromiemoontlikhede wat ʼn gewapende konflik kon verhoed, berekend laat skipbreuk ly het. Sien die Kaapse hoogverraadverhore (n 40 hierbo).

250

Hoofstuk 9

Die inhoud en werking van die trouverhouding teenoor die staat ingevolge die omskrywing van die hoogverraadsmisdaad het dieselfde uitwerking. Dit verhef die staat met behulp van die reëls van die strafreg tot die hoogste en enigste regsbeskermingswaardige entiteit. In die proses offer dit desnoods alle ander, dikwels veel hegter gemeenskapsvorme op, wat op daadwerklike eksistensiële gemeenskaplikhede van taal, kultuur, bloedverwantskap en gedeelde historiese belewenis berus. Die regsreëls aangaande gemeenregtelike misdrywe kom altyd polities neutraal voor weens die feit dat dit binne die wasige newels van die verre verlede beslag gekry het. Hoogverraad is ook so ʼn misdryf. Die hoogverraadsreg vertoon oënskynlik dieselfde politiek onpartydige karakter. Die werklikheid is egter dat die reg ten aansien van hoogverraad as ʼn staatsboutstrategie funksioneer. Dit is die manier waarop die strafreg tot diens van die staatlike paradigma en staatlike identiteit gestel word en dit werk tot nadeel van daadwerklike (nie-staatlike) gemeenskappe wat op reële gemeenskaplikhede gegrond is.

3

Die onskendbaarheid van die staat: (Territoriaal-)staatlike selfbeskikking

Die huidige internasionale reg en die territoriale staat is albei aspekte van staatlikheid. Hulle het albei in dieselfde tydvak — in die sestiende en sewentiende eeue — beslag gekry. Die internasionale reg was sedertdien en is steeds in ʼn hoë mate interstaatlike reg. Dit verreken en weerspieël die belange van die territoriale staat en funksioneer in die eerste plek ter instandhouding van die territoriaalstaatlike status quo. Die (territoriaal)staatlike model van die internasionale reg en internasionale betrekkinge waarna soms as die Wesfale-model verwys word,43 werk met ʼn min of meer geslote aantal state as ʼn basiese vertrekpunt en gaan uit van drie fundamentele vertrekpunte: staatlike soewereiniteit, territoriale integriteit en ʼn verbod op die inmenging in die huishoudelike aangeleenthede van state.44 Die drie vertrekpunte vorm ʼn logiese geheel en al drie funksioneer konsekwent ter instandhouding van die bestaande territoriale state. Dienooreenkomstig is die internasionale reg ʼn onmiskenbare produk van die staatlike paradigma.

43 44

A Cassese Self-determination of peoples: A legal reappraisal (1995) 325. Cassese (n 43 hierbo) 353. Soewereine gelykheid van lidstate van die VN is volgens artikel 2(1) van die Handves van die organisasie een van die basiese beginsels van die VN. Die verbod op inmenging in die binnelandse aangeleenthede van ʼn staat word vervat in artikel 2(7) van die Handves.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma

251

Die internasionale of, meer korrek, die interstaatlike stelsel wat na die Tweede Wêreldoorlog ontplooi het, is ʼn voortsetting van die eeue-oue Wesfaalse model. (Wesfale-model na aanleiding van die Vrede van Wesfale van 1648 na afloop van die Dertigjarige Oorlog). Dit dien steeds primêr die belange van die bestaande state wat hierdie orde konstitueer45 en beskut die state teen drastiese verandering. Dienooreenkomstig gaan juriste op die gebied van die internasionale reg algemeen van die veronderstelling uit dat die aardoppervlakte sedert die einde van dekolonisasie met ʼn vaste aantal state bedek is en dat die geskiedenis van staatsvorming, op enkele uitsonderings na, basies ʼn eindpunt bereik het.46 Die vorming van nuwe state voortspruitend uit die wense van eiesoortige gemeenskappe wat hulle weens arbitrêre grensafbakening toevallig in ʼn bepaalde territoriale staat bevind, word alleen met die hewigste teenstand en die grootste wroeging erken. Die belangrikste internasionale organisasies, met die VN en die Afrika-Unie (en sy voorganger, die Organisasie vir AfrikaEenheid) op die voorpunt, waak eweneens getrou om die bestaande staatlike orde teen enige noemenswaardige verandering te beveilig en nuwe staatsvorming uit die bestaande state te verhoed. Die twee organisasies is grotendeels konsekwent in hul verset teen ʼn konsep van selfbeskikking wat kan lei tot die herafbakening van staatsgrense en die ontstaan van nuwe state. Die VN se ondersteuning van dekolonisasie was nie ʼn uitsondering hierop nie. Inteendeel, dit was juis deel van die algemene patroon om staatsgrense in stand te hou. Daarvolgens het die VN dekolonisasie ondersteun op die grondslag van die proto-territoriale state (die kolonies) wat deur die eertydse koloniale moondhede geskep is, dit wil sê op die grondslag van kunsmatige grense soos deur dié moondhede bepaal en sonder inagneming van enige demografiese faktore of die wil van die eertyds gekoloniseerde bevolkings.47 Die state wat gevolglik met die vertrek van die koloniale heersers in Afrika agtergelaat is, is state op grond van die koloniale grense soos die koloniale heersers dit arbitrêr op die Afrika-kontinent uitgekerf en op die bevolkings van Afrika afgedwing het.48 Deur dit te doen, is die territoriaalstaatlike orde ook in die voormalig gekoloniseerde gebiede gevestig. Die drie fundamentele postulate van die bestaande internasionaalregtelike orde, wat hierbo genoem is — staatlike soewereiniteit, territoriale integriteit en ʼn verbod op die inmenging in die interne sake van state — lewer ook ʼn eiesoortige beskouing van selfbeskikking op. Dit is ʼn staatlike (meer spesifiek territoriaal45 46 47 48

A Heraclides ‘Secession, self-determination and nonintervention: in quest of a normative symbiosis’ (1991) 45 Journal of International Affairs 4. C Tomuschat (red) ‘Self-determination in a post-colonial world’ in C Tomuschat (red) Modern Law of Self-Determination (1993) 5. SJ Anaya ‘The capacity of international law to advance ethnic and nationality rights claims’ in W Kymlicka (red) The Rights of Minorities (1995) 324. Sien hoofstuk 6.1.

Die regverdige konstitusionele akkommodasie van die aspirasies van nie-dominante gemeenskappe — in die besonder van nasionale minderhede — sal noodwendig meebring dat bestaande state se soewereiniteit in die gedrang kom en dat aanpassings aan bestaande staatsgrense gedoen sal moet word. behoeftes en politieke aspirasies van die heterogene bevolkings wat daarin gehuisves word. Anaya (n 47 hierbo) 327. maar nasionale gemeenskappe — volkere of kultuurgemeenskappe — die reghebbendes is in wie die reg op selfbeskikking setel. ongeag die feit dat die politieke aspirasies van nie-dominante gemeenskappe deur ʼn dominante gemeenskap in sulke multinasionale territoriale state onderdruk en die kulturele identiteit van sodanige gemeenskappe grof misken mag word. Anaya (n 47 hierbo) 327. Daarvolgens setel die reg op selfbeskikking in die territoriale staat as kollektiewe entiteit. Dit alles is manifestasies van die staatlike paradigma en dienaars van staatlike identiteit. in plaas van enige partikuliere gemeenskappe setel. ongeag die uiteenlopende belange.50 Dit is juis vanweë die druk wat nasionale selfbeskikking op die bestaande staatlike orde plaas dat die tradisionele internasionale reg afwysend daarteenoor staan. Dit vestig ook. 325. 7 en 8 behandel is. territoriale integriteit en staatlike selfbeskikking waak juis teen die radikale verandering en die ontwrigting wat op sterkte van die beginsel van nasionale selfbeskikking teweeg gebring sal word.252 Hoofstuk 9 staatlike) opvatting van selfbeskikking. staatlike demokrasie en staatlike menseregte wat in hoofstuk 6. is dit onmoontlik om die bestaande staatlike status quo ongeskonde in stand te hou. Hierdie konsep van staatlike selfbeskikking pas in en vorm ʼn logiese geheel met staatsbou. waarvolgens selfbeskikking in die staat self. Cassese (n 43 hierbo) 317-317.49 want indien uitvoering daaraan gegee word. wat meebring dat die territorium van die staat nie meer onskendbaar sal wees nie.51 49 50 51 Cassese (n 43 hierbo) 340. indien daar regverdig uitdrukking gegee word aan die politieke aspirasies van die nasionale gemeenskappe wat in sulke (multinasionale) territoriale state voorkom nie. Teenoor die staatlike selfbeskikking van die bestaande internasionaalregtelike orde staan ʼn alternatiewe beskouing van die beginsel van selfbeskikking. Beskou vanuit die oogpunt van die territoriaalstaatlike status quo is hierdie beginsel radikaal en ondermynend. Aan die hand van die staatlike paradigma en in diens van staatlike identiteit moet ʼn konsep van staatlike selfbeskikking derhalwe noodwendig aangehang word. . Dit is nasionale selfbeskikking waarvolgens nie die staat nie. Die bestaande staatlike orde kan dus nie gehandhaaf word. Die tradisionele beginsels van staatlike soewereiniteit.

Universiteit van Suid-Afrika (1989) 158. sou dit inderdaad. Vladimir Lenin. verklaar Wilson: .57 52 53 54 55 56 57 Cassese (n 43 hierbo) 316-335. wat uitdrukking vind in die beginsel van territoriaalstaatlike selfbeskikking. sien ook WM Reisman ‘Sovereignty and human rights in contemporary international law (1990) American Journal of International Law 866 et seq.55 Wilson se ideaal was dus om die staat in die vorm van die volk te giet56 en dus volkstate uit die verslane konglomeraat-ryke te bou. wat die ongeskonde behoud van die bestaande territoriale staat vooropstel teenoor nasionale selfbeskikking. Indien hierdie beginsel universele aanwending sou vind. Cassese (n 43 hierbo) 20. Strydom (n 56 hierbo) 158. Cassese (n 43 hierbo) 14-23. . en die Bolsjewistiese leier. volkere maak en state breek.1 Geskiedenis Die moderne idee van nasionale selfbeskikking het sy verskyning na die Eerste Wêreldoorlog gemaak toe die destydse president van die VSA.. R Emerson From empire to nation: the rise to self assertion of Asian and African peoples (1971) 463. 3. and not as a part of any mere adjustment or compromise of claims among rival States. HA Strydom ‘Die volkeregtelike integreringsfunksie van die VVO’ ongepubliseerde LLD-proefskrif.. sou dit klaarblyklik die bestaande staatlike orde met sy groot hoeveelheid kultureel en etnies heterogene multinasionale territoriale state ernstig ontwrig het en tot staatsverbrokkeling gelei het. Die wil en aspirasies van volkere was vir Wilson die beslissende maatstaf vir die herskikking van staatsgrense. Woodrow Wilson.54 Teen die einde van die oorlog op 11 Februarie 1918. die selfbeskikkingsidee probeer gebruik het as die sleutel tot die herskikking van die toentertydse wêreldorde. Indien nasionale selfbeskikking aan die hand van Wilson se denkwyse deurgevoer sou word. every territorial settlement in this war must be made in the interest and for the benefit of the populations concerned. GN Barrie ‘Self-determination in modern international law’ (1995) Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers 3. veral in die destyds verslane multinasionale Turkse en Oostenryk-Hongaarse ryke.53 Wilson se oortuiging van nasionale selfbeskikking het ingrypende implikasies vir die destydse wêreldorde ingehou. Aangehaal Cassese (n 43 hierbo) 20.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 253 Binne die internasionale reg vind ons dus ʼn botsing tussen behoudende tradisionele staatsoewereiniteit.52 wat ʼn menseregtelike karakter het en die gelyke demokratiese grondwetlike akkommodasie van nasionale gemeenskappe eerste stel en met die oog daarop dikwels juis op die verandering van die bestaande staatlike orde aandring. om Vernon Van Dyke te parafraseer.

nie moontlik is nie.254 Hoofstuk 9 Wilson se selfbeskikkingsidee wyk grotendeels van die staatlike paradigma af. Dit staan ook in vir situasies waar gemeenskappe so geïntegreerd woon dat ʼn sinvolle territoriale reëling waardeur aan nasionale selfbeskikking uitdrukking gegee kan word. te verhoed. In hoofstuk 6 is verduidelik dat die staatlike paradigma die staat tot die aktiewe agent in die bepaling van politieke en regsreëlings verhef. Cassese (n 43 hierbo) 26-30. By Wilson word die logika omgekeer: die volk in plaas van die staat word die aktiewe agent en die primêre begunstigde. uiteindelik grotendeels in die verdrae wat na afloop van die Eerste Wêreldoorlog gesluit is. Cassese (n 43 hierbo) 25. Selfbeskikking veronderstel dus dat daar aan elke volk politieke mag binne ʼn soewereine staat toegeken word. Die toeken van minderheidsregte hou egter nie dié radikale gevolge in nie. . Die tradisionele internasionale reg waarin staatlike soewereiniteit en territoriale onveranderlikheid van sleutelbelang is.61 Die ander groot krag agter selfbeskikking was Lenin. ondanks Wilson se pogings. wat die hervasstelling van staatsgrense sou meebring.59 In die afwesigheid van selfbeskikking is daar in sommige gevalle vir die beskerming van nasionale minderhede voorsiening gemaak. Dit hou steeds die bestaande state in stand en ken ook geen politieke mag aan die minderhede binne ʼn heterogene staat toe nie. Cassese (n 43 hierbo) 33. Die beginsel van nasionale selfbeskikking het egter. Minderheidsregte staan as ’t ware in vir die gebrek aan selfbeskikking. Anders as Wilson was sy fokus uitsluitlik op die vrywording van die koloniale gebiede gerig en nie op ʼn algemene reg op nasionale selfbeskikking 58 59 60 61 Sien oor die verdrae T van Wyk & M Boucher (reds) Europe 1848-1980 (1986) 249252. vestig die staat ook in die internasionale sfeer as die aktiewe agent en primêre bevoordeelde. Staatsoewereiniteit en territoriale onskendbaarheid het steeds voorkeur bly geniet. Minderheidsregte kan dus gesien word as ʼn strategie om die meer verreikende implikasies van selfbeskikking. Barrie (n 53 hierbo) 4.58 skipbreuk gely. Ondanks die invloed van Wilson het die beginsel van nasionale selfbeskikking tot die politiek beperk gebly en kon dit nie daarin slaag om as regsbeginsel erkenning te kry nie.60 Selfbeskikking sou gepaard gegaan het met die opbreek van bestaande en die totstandkoming van nuwe state. Dit beskerm in ʼn bepaalde mate wel die minderhede se kulturele en linguistieke bates teen die meerderheidswil.

Dit sou dus relevant bly en trouens van groter belang word. Koloniale ontvoogding is op daardie stadium nog nouliks in die vooruitsig gestel.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 255 nie.62 Lenin se denkwyse oor selfbeskikking was daarop gemik om die verarmde koloniale bevolkings as deel van die proletariese kragte vir die deurvoer van die internasionale Bolsjewistiese rewolusie in te span. maar is nogtans betekenisvol 62 Cassese (n 43 hierbo) 14-19. Gevolglik was die idee met die voltrekking van die dekolonisasieproses uitgespeel. Vanuit die staanspoor was daar dus twee opvattings oor selfbeskikkings: ʼn beperkte koloniale opvatting en ʼn algemene universele opvatting. Dit was van toepassing op alle volkere. Die opvatting van nasionale selfbeskikking streef daarenteen na die verdere hervorming van die wêreldorde aan die hand van die noodsaak van staatsvorming volgens volksverskeidenheid. onveranderd wou behou. koloniaal sowel as nie-koloniaal. Daarenteen was Wilson se selfbeskikkingsbeskouing van algemene belang. Die spanning tussen die twee sou na die Tweede Wêreldoorlog en veral na die afloop van dekolonisasie hewiger word. Toe Lenin sy selfbeskikkingsidee die eerste maal geopper het. het dit ook radikale implikasies ingehou. Die selfbeskikkingsidee het na die Tweede Wêreldoorlog sy herverskyning gemaak in ʼn kwalitatief nuwe gedaante. and to take other appropriate measures to strengthen peace. Barrie (n 53 hierbo) 3-4. selfs na afloop van dekolonisasie. Lenin se opvattings — gerig deur die sosialistiese wêreldpolitiek van die Bolsjewisme — was tot die koloniale gebiede beperk. naamlik nie slegs as ʼn politieke leerstuk soos tevore nie. Die koloniale opvatting het. Die verwysing na selfbeskikking in hierdie bepaling hou weliswaar nie veel praktiese implikasies in nie. die konserwatiewe opvatting geword wat die internasionale orde soos dit onmiddellik na dekolonisasie daar uitgesien het. Anders as by Wilson was dit nie ʼn algemene politieke beginsel (en aspirerende regsbeginsel) waarvolgens ʼn nuwe wêreldorde ingerig moes word nie. . Dit was deel van ʼn strategie binne ʼn Bolsjewistiese raamwerk. Artikel 1(2) van die Handves van die Verenigde Nasies bepaal naamlik dat dit een van die oogmerke van die VN is: to develop friendly relations among nations based on respect for the principle of equal rights and self-determination of peoples. Die koloniale idee van selfbeskikking was egter van veel geringer omvang as Wilson se (nasionale) selfbeskikkingskonsep. soos aanstons aangetoon sal word. maar in die vorm van ʼn regsbeginsel.

Subartikel 1 van die twee bepalings lui: All peoples have the right to self-determination.66 Die reg op selfbeskikking word ook erken in die Algemene Vergadering se Deklarasie oor die Beginsels van die Internasionale Reg 63 64 65 66 Cassese (n 43 hierbo) 43. Algemene Vergadering Resolusie 1514 (XV) van 14 Desember 1960. Sien ook artikel 76 van die Handves waarin selfbeskikking. as een van die uiteindelike doelwitte van die Trusteeskap-stelsel gestel word. weliswaar in ander terme. Benewens in die multilaterale verdragsreg het die selfbeskikkingsbeginsel ook in van die mees toonaangewende VN-resolusies weerklank gevind.256 Hoofstuk 9 aangesien die selfbeskikkingsbegrip nou juridiese status verwerf het en boonop in die belangrikste multilaterale konvensie tot dusver vervat is. Sosiale en Kulturele Regte. social and cultural development.64 Nasionale selfbeskikking het sowat twee dekades hierna verdere juridiese erkenning gekry toe dit as eendersluidende bepalings in artikel 1 van die twee belangrikste VN-menseregte-verdrae. Ofskoon ʼn Algemene Vergadering-resolusie nie regskeppend is nie. Sien byvoorbeeld Emerson (n 56 hierbo) 460-461. Artikel 2 van die Algemene Vergadering se Deklarasie oor die Verlening van Onafhanklikheid aan Koloniale Gebiede en Volkere65 gee aan nasionale selfbeskikking in presies dieselfde terme erkenning as die pas vermelde bepaling van die 1966-verbonde. . Die aanvaarding van hierdie resolusies het voorts gepaard gegaan met die onafhanklikwording van talle state in die Derde Wêreld. is die onderhawige resolusie nogtans veelbeduidend. opgeneem is. In die voormalige gekoloniseerde gebiede en veral in Afrika is dit as een van die belangrikste — indien nie die belangrikste resolusie nie — beskou wat ooit deur die Algemene Vergadering aangeneem is. naamlik die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte en die Internasionale Verbond vir Ekonomiese. Artikel 55 van die VN-Handves. By virtue of that right they freely determine their political status and freely pursue their economic.63 Die potensiële konkrete belang van nasionale selfbeskikking (self-determination of peoples) word verder versterk deurdat die verwesenliking daarvan ook gestel word as een van die oogmerke van internasionale ekonomiese en maatskaplike samewerking. kan gevolglik as die opinio iuriselement van bindende internasionale gewoontereg met betrekking tot selfbeskikking beskou word. Die standpunt wat in die Deklarasie vervat is.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 257 rakende Vriendskaplike Betrekkinge en Samewerking tussen State ooreenkomstig die Handves van die VN. Cassese (n 43 hierbo) 284.2 Ontleding Die indruk wat deur die talle gevalle van erkenning van nasionale selfbeskikking gewek word. Dit wil dus lyk asof die bestaande internasionale reg tekens toon dat dit mag meegee onder die druk van nasionale selfbeskikking. Nogtans is regsmaatreëls noukeurig getref om te sorg dat die geykte beginsels van staatlikheid teen die aanvegting van nasionale selfbeskikking stand hou om sodoende die bestaande internasionale orde se stabiliteit te beskerm teen staatsverdeling en sesessie wat dikwels deur nasionale selfbeskikking meegebring sal word. and to pursue as they wish their political. Dit is bykans vanselfsprekend dat aanvaar moet word dat die bestaande staatsgrense noodwendig hersien sal moet word ten einde na behore uitdrukking te gee aan die beginsel van nasionale selfbeskikking. In Europa het die (op daardie stadium) 35 state van die Konferensie vir Veiligheid en Samewerking in Europa op 2 Augustus 1975 die Helsinki Finale Verklaring aanvaar69 waarin daar vir ʼn baie wyd omskrewe nasionale selfbeskikkingsreg voorsiening gemaak word. maar is nogtans ʼn belangrike aanduiding van groeiende opinio iuris ten gunste van nasionale selfbeskikking as afdwingbare reg.70 Op hierdie manier word die 67 68 69 70 Algemene Vergadering Resolusie 2625 (XXV) van 15 Desember 1970. Barrie (n 53 hierbo) 8. die vrye assosiasie van ʼn volksgroep wat binne ʼn gebied in staat A woon met staat B. Oor die onderskeid tussen eksterne en interne selfbeskikking. 3. is dat die tradisionele beginsels van staatlike soewereiniteit en territoriale integriteit bes gegee het. Sien R McCorquondale ‘South Africa and the right of self-determination’ (1994) 10 SAJHR 7. of die integrasie van ʼn gebied in ʼn bestaande staat met ʼn ander een is alles moontlikhede wat deur sesessie meegebring kan word. without external interference. Die ontstaan van nuwe state. Dit is weliswaar korrek dat die hoekstene van die tradisionele internasionale reg onder druk verkeer.67 Hierdie resolusie is eweneens een van die Algemene Vergadering se belangrikste standpuntinnames. . Dit lui: By virtue of the principle of equal rights and self-determination of peoples all peoples always have the right in full freedom to determine when as they wish. economic and cultural development. I Brownlie Basic documents of international law (1972) 32. Die verklaring stel nie opsigself bindende reg daar nie.68 Die selfbeskikkingsbeginsel het ook in regionale konvensies neerslag gevind. their internal and external political status.

Artikel 32 van die Weense Konvensie oor Verdragsreg van 1969. soos blyk uit die bespreking verder in hierdie hoofstuk moontlik ‘n uitsondering hierop. to enjoy their own culture. Op sterkte hiervan word oortuigend geargumenteer dat die prima facie algemene werking van artikel 1 wesenlik deur artikel 27 gekwalifiseer word. (a) Artikel 1 van die 1966-verbonde Toe die voorbereidende werk vir die aanname van artikel 1 van die 1966-verbonde voltooi is. Cassese (n 43 hierbo) 51. wat alle volkere toekom en dus nie tot koloniale bevolkings beperk is nie. to profess and practice their own religion.72 In elk van die pasvermelde instrumente.74 Die bewoording van die bepalings waarin na alle volkere verwys word. is algemeen aanvaar dat selfbeskikking ʼn algemene regsaanspraak is. laat dan ook geen twyfel oor die universele trefwydte van die selfbeskikkingsaanspraak nie. Barrie (n 53 hierbo) 27. Dit bepaal: In those States in which ethnic.75 dui daarop dat ʼn afskeidingsreg nie met die bepaling beoog is nie en dat daar juis gevrees is dat die bepaling vir dié doel aangewend kan word. . or to use their own language. waarin daar vir selfbeskikking voorsiening gemaak word. religious or linguistic minorities exist. persons belonging to such minorities shall not be denied the right.76 Artikel 1 moet voorts in samehang met artikel 27 van die Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte gelees word wat vir minderheidsregte voorsiening maak. Cassese (n 43 hierbo) 51.71 konsekwent ten gunste van die tradisionele beginsel besleg. Die effek hiervan is dat etniese groepe nie 70 71 72 73 74 75 76 sien P Thornberry ‘The democratic and internal aspect of self-determination with some remarks on federalism’ in C Tomuschat (red) Modern Law of SelfDetermination (1993) 101-102. word ook bepalings aangetref wat die konkrete implikasies van selfbeskikking beperk. Die Helsinki-Verklaring is.258 Hoofstuk 9 wedywering tussen die tradisionele beginsel van territoriale integriteit en nasionale selfbeskikking wat tot sesessie kan lei.73 Sodoende behou staatlike identiteit ook sy voorkeurposisie bo nasionale identiteit. GN Barrie Uti possidetis versus self-determination and modern international law: In Africa the chickens are coming home to roost (1988) TSAR 451. Die voorbereidingswerk aan die bepaling wat as uitleg-hulpmiddel gebruik mag word. Waar die instrumente dus met die eerste lees progressief mag voorkom. of enige ander identiteit wat moontlik vir staatlike identiteit ʼn bedreiging kan inhou. in community with the other members of their group. So eenvoudig was dit egter nie. blyk hulle by verdere oorweging grootliks slegs verfynde skakerings van die staatlike paradigma te wees.

taal. Die arbitrêr vasgestelde grense van die voormalige kolonies word derhalwe as ’n vaste vertrekpunt geneem en selfbeskikking kan slegs binne die vaste fisiese bakens van daardie grense uitgeoefen word. Die effek hiervan is dat selfbeskikkingsaansprake van nasionale en etniese groepe ter wille van die handhawing van die ou koloniale grense misken word. bring mee dat etniese groepe wat arbitrêr in ’n koloniale ‘people’ ingeforseer is. blyk dit dat selfbeskikking inderdaad nie deur ’n volk wat ’n segment van die staatsbevolking is. Die wyse waarop selfbeskikking volgens hierdie resolusie uitgeoefen kan word.79 77 78 79 Cassese (n 43 hierbo) 59-62. Paragraaf 6 lui: Any attempt aimed at the partial or total disruption of the national unity and territorial integrity of a country is incompatible with the purposes and principles of the Charter of the United Nations. allermins ’n eksterne selfbeskikkingsreg wat op staatsvorming kan uitloop.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 259 selfbeskikkingsaansprake op artikel 1 kan baseer nie. (b) Algemene Vergadering Resolusie 1514 (XV) van 14 Desember 1960 Alhoewel Resolusie 1514(XV) vir nasionale selfbeskikking voorsiening maak. VN-optrede wat grotendeels veroordelend teenoor afskeidingsbewegings was. Die voorrang wat die handhawing van koloniale grense geniet. Artikel 1 blyk nie heeltemal te bedoel wat dit sê nie.77 In die lig van artikel 27 blyk artikel 1 dus nie vir gemelde minderheidsgroepe enigsins relevant te wees nie. Wanneer paragrawe 2 en 6 van die Resolusie saam oorweeg word. bevestig ook dat die bepaling nie letterlik opgeneem moet word nie. maar slegs deur die staatsbevolking as geheel. Dit beoog nie om ʼn betekenisvolle selfbeskikkingsreg vir alle volkere in die lewe te roep nie. aangewese. is dus so gereël dat verseker word dat die koloniaal vasgestelde geopolitieke kaart nougeset gehandhaaf word. Emerson (n 56 hierbo) 462-463. die reg misgun word om vrye staatsregtelike keuses uit te oefen. Lede van etniese. uitgeoefen kan word nie.en godsdienstige minderhede is binne die konteks van die onderhawige verbond op die individuele regte waarvoor daar in artikel 27 voorsiening gemaak word.78 Die bepaling skep nie ʼn selfbeskikkingsreg vir alle volkere nie. Cassese (n 43 hierbo) 73-74. . word hierdie reg wesenlik in paragraaf 6 gekwalifiseer.

Dit hanteer die verskeidenheid van nasionale. Volgens staatsboustrategieë word dan gepoog om hierdie middelpuntvliedende krag te neutraliseer.260 Hoofstuk 9 Die verheffing van die geheel van die koloniale bevolking tot die reghebbende in wie die bevoegdheid setel om ’n selfbeskikkingskeuse uit te oefen.en taalgroepe as struikelblok sien vir die vestiging van die staatsnasie. kultuur. (c) Algemene Vergadering Resolusie 2625 (XXV) van 15 Desember 1970 Ofskoon die reg op selfbeskikking ook in hierdie resolusie voorkom. Staatsbou sien volkere dus as ’n antagonistiese middelpuntvliedende krag wat die oogmerk van die realisering van die staatsnasie kan verydel. volks. . val logies en strategies saam met die verskynsel van staatsbou (nasiebou) wat in hoofstuk 6 bespreek is. creed or colour. totally or in part. Staatsbou stuur af op die vestiging van ’n homogene staatsnasie wat die uiteenlopende aansprake en sentimente van variërende etniese. Dienooreenkomstig word volkere-. Albei is substrategieë binne dieselfde staatlike paradigma en albei dra by tot die instandhouding van staatlike identiteit en probeer om enige nie-staatlike aansprake op selfbeskikking te vernietig.en taalgroepe eweneens as antagoniste. Albei werk mee tot die eenheid van die getroue en onverdeelde volk vir Leviatan — die sterflike god. Staatsbou en staatlike selfbeskikking is dus twee aspekte van dieselfde wedersyds komplementêre strategie. the territorial integrity or political unity of sovereign and independent States conducting themselves in compliance with the principle of equal rights and self-determination of peoples as described above and thus possessed of a government representing the whole people belonging to the territory without distinction as to race. Staatsbou werk met die geheel van die staatsbevolking as ’n blywende en onskendbare entiteit ongeag die feit dat hierdie staatsbevolking deur arbitrêr afgebakende staatsgrense kunsmatig tot stand gebring is. Selfbeskikking word uiteindelik wesenlik ten gunste van die territoriale integriteit en politieke eenheid van die bestaande state ingekort aangesien die resolusie onder meer soos volg bepaal: Nothing in the foregoing paragraphs shall be construed as authorizing or encouraging any action which would dismember or impair. Selfbeskikking van die aard van die onderhawige resolusie streef dieselfde oogmerk as staatsbou na. word dit net soos in die 1960-resolusie dermate gekwalifiseer dat dit uiteindelik min konkrete implikasies inhou. Die een funksioneer intern en die ander internasionaal. Selfbeskikking binne die konteks van die onderhawige resolusie gaan van dieselfde vertrekpunt uit.en etniese groepe die status van reghebbendes vir die doel van die uitoefening van die reg op selfbeskikking ontsê. taal.

Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 261 Die bepaling is enigsins vreemd geformuleer. was om die kru en onverfynde denkbeeld van staatlike demokrasie met sy dikwels onderdrukkende implikasies vir nie-dominante gemeenskappe te onderskryf en te poog om dit as ’n beginsel van die internasionale reg te verskans.81 Ten spyte van die ernstige gebreke van hierdie vorm van demokrasie is die Algemene Vergadering tevrede dat voldoening hieraan genoegsaam is om ’n volk se aanspraak op selfbeskikking te bevredig. is die Algemene Vergadering in hierdie resolusie tevrede dat dit ʼn genoegsame waarborg vir ’n demokratiese orde is. Indien almal in die staat dus gelyke toegang tot die politieke besluitnemingsprosesse het en aan alle groepe gelyke toegang tot politieke instellings verleen word. Ofskoon prosessuele regte dus dikwels nie demokrasie bewerkstellig nie. McCorquondale (n 70 hierbo) 20.82 Die oorwig van akademiese kommentaar op hierdie resolusie is dat dit sesessie as ’n laaste opsie erken. Trouens. waaragter meerderheidsdominasie in ’n heterogene staat gerieflik kan skuil. maar verydel. word aanvaar dat die regering van so ’n staat aan die beginsel van selfbeskikking voldoen.80 Die Algemene Vergadering werk inderdaad baie suinig met die verlening van regte aan nasionale en dergelike gemeenskappe. . Dit is hierdie soort demokrasie waarin die meerderheid binne die staatlike bevolking altyd voorkeur kry en daar argeloos met die belange van minderhede gewerk word. Die reg op selfbeskikking in die vorm van sesessie ontstaan slegs wanneer ’n groep se prosessuele reg op deelname aan die politieke besluitnemingsproses ontsê word. en daar geen diskriminasie met betrekking tot die uitoefening van politieke regte is nie. Die resolusie laat uiters beperkte ruimte vir eksterne selfbeskikking en vir sesessie. ’n Groep binne ’n staat sal dus slegs daarop geregtig wees om op die reg op selfbeskikking as groep aanspraak te maak indien toegang tot regeringsinstellings op ’n rasse-. die beginsel van selfbeskikking geag word eerbiedig te wees. Dit beteken in werklikheid dat indien die regering in ’n soewereine staat verteenwoordigend van die hele bevolking is. kulturele of godsdienstige grondslag geweier word. In hoofstuk 7 is uitvoerig verduidelik dat sodanige prosessuele regte (veral die reg om te stem) dikwels slegs die skyn van demokrasie wek. slegs in daardie gevalle waar 80 81 82 Cassese (n 43 hierbo) 112. Tomuschat (n 46 hierbo) 5. In effek word die aanspraak op selfbeskikking nie hierdeur bevredig nie. Wat die Algemene Vergadering met hierdie resolusie gedoen het. Dit is dan die rede waarom na hierdie soort demokrasie as staatlike demokrasie verwys word. die aangehaalde passasie is al as ’n formele waarskuwing teen die bedreiging van sesessie beskryf.

89 Dit laat toe dat die koloniaal afgebakende gebiede oor die lot van mense beslis. Barrie (n 72 hierbo) 453. Net soos by staatsbou is die staat — in die sin van die afgebakende territorium — die aktiewe agent waarby die mense moet inval en in belang waarvan nasies geskep en kultuur-.86 Die beginsel bevestig dus die permanensie van die staatsgrense wat uit die koloniale era geërf is. die horlosie te laat stilstaan op die oomblik van onafhanklikwording. wat betref die vasstelling van die staatsgrense van die voormalige koloniale gebiede. se territoriale bedeling deur interne middelpuntvliedende kragte versteur word.85 Die oogmerk van die reël is om. bo die menslike feite soos die besetting en vestigingspatrone van gebiede deur bepaalde mense en gemeenskappe.88 Uti possidetis gee voorkeur aan die regstitel wat met kolonialisme oor arbitrêr afgebakende gebiede verkry is. the United Nations position is unquestionable. Die beskikbaarheid van die reg op sesessie is egter selfs binne hierdie beperkte ruimte ’n omstrede saak. Só het hy dit gestel: As far as the question of secession of a particular section of a Member State is concerned. Barrie (n 72 hierbo) 452.en etniese groepe desnoods omvorm moet word.84 (d) Uti possidetis en selfbeskikking volgens die AU en OAE Die leerstuk van uti possidetis iuris het in die eerste kwart van die negentiende eeu met die onafhanklikwording van die voormalige Spaanse kolonies in Suid-Amerika ontstaan. Barrie (n 72 hierbo) 453. taal. . Aangehaal deur Murswiek (n 83 hierbo) 24.83 Die Sekretaris-Generaal van die VN op die stadium toe die resolusie aangeneem is. D Manganye ‘The application of uti possidetis and South Africa’s internal border’ (1994) 35 Codicillus 51. in plaas van die omgekeerde naamlik om die mense oor die territorium te laat beslis. U Thant. As an international organization the United Nations has never accepted and does not accept and I do not believe it will ever accept a principle of secession of a part of a member State. Barrie (n 72 hierbo) 452. Casesse (n 43 hierbo) 190. Cassese (n 43 hierbo) 192. 83 84 85 86 87 88 89 D Murswiek ‘The Issue of a Right to Secession reconsidered’ in C Tomuschat (red) Modern Law of Self-Determination (1993) 27.262 Hoofstuk 9 geen ander remediërende maatreël teen diskriminasie meer beskikbaar is nie.87 Die klaarblyklike oogmerk van die reël is om te verhoed dat state wat pas onafhanklik geraak het. het dit ook duidelik gestel dat die resolusie geensins as ’n regverdiging vir sesessie vertolk moet word nie.

wherever it occurs. In artikel III(3) van die handves van die OAE verbind ledestate hulle tot die neerlê van die beginsel om die nasionale soewereiniteit en territoriale integriteit van elke lidstaat te eerbiedig en alle state se onvervreembare reg op 90 91 92 93 Casesse (n 43 hierbo) 190. Die nuwe Afrikastate het geen moeite ondervind met die maak van ’n keuse tussen nasionale selfbeskikking. . die arbitrêre grense dermate kon herdefinieer dat dit die politieke geografie in Afrika heeltemal sou ontwrig en onhoudbare politieke onstabiliteit sou afgee.90 Die beginsel het mettertyd uitgebrei en geniet tans erkenning as ’n universele beginsel van die internasionale reg. Frontier Dispute Case Burkina Faso v Mali ICJ Reports 1986 554 para 29. teenoor die behoud van die voormalige koloniale heersers se arbitrêre streeptrekkery oor die Afrika-kontinent nie. Casesse (n 43 hierbo) 191. By die stigting-spitsberaad van die Organisasie vir Afrika Eenheid in 1963 is die beginsel van die behoud van die bestaande grense tot een van die beginsels van die organisasie verhef. Hierdie keuse is treffend ironies: die geëmansipeerdes wat gesmag het na die afwerp van die koloniale juk het sonder meer een van die mees blatante dade van die koloniale metropole omhels en koester vandag steeds hierdie koloniale erfenis.92 Dit was egter in Afrika waar die beginsel die reikhalsendste ontvangs gehad het en waar dit tans die sterkste ondersteuning geniet. Barrie (n 72 hierbo) 456.91 Die uti possidetis-beginsel strook bowendien met die benadering wat in die resolusies van die Algemene Vergadering van die VN gevolg word. Its obvious purpose is to prevent the independence and stability of new States being endangered by fractional struggles provoked by the challenging of frontiers following the withdrawal of the administering power. kulturele en godsdienstige bande wat met die aanvanklike afbakening van koloniale grense misken is. Daar is ook gevrees dat etniese.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 263 Die uti possidetis-beginsel is aanvanklik in ’n aantal nasionale konstitusies en bilaterale verdrae in Suid-Amerika opgeneem. It is a general principle which is logically connected with the phenomenon of the obtaining of independence. Die Internasionale Geregshof het beslis dat uti possidetis nie slegs tot ʼn bepaalde streek beperk is nie en het die volgende gevolgtrekking oor die beginsel bereik: Nevertheless the principle is not a special rule which pertains solely to one specific system of international law.93 Met die dekolonisasie van die voormalige kolonies in Afrika het ’n situasie soortgelyk aan dié in Suid-Amerika ’n anderhalfeeu tevore geheers. Die keuse was sonder meer ten gunste van laasgenoemde. McCorquondale (n 70 hierbo) 9.

95 Die stigtingsverdrag van die Afrika-Unie van 11 Julie 2000 wat in 2001 in werking getree het.97 Dit beteken dat die wyse waarop selfbeskikking uitgeoefen word. In artikel VI verbind ledestate hulle plegtig tot die nakom van hierdie beginsel. Die produk van hul beraadslagings is die Resolusie Oor Die Onaantasbaarheid van Grense. het die beginsel opnuut bevestig. Desondanks is daar ook in hierdie instrument nog steeds sekere tradisionele elemente waarin daar gepoog word om die onskendbaarheid van staatlike grense te beskerm. So gesien. . Volgens die omskrywing van die Helsinki Final Act kom die reg op selfbeskikking alle volkere toe en nie slegs die bevolkings van koloniale gebiede nie. te eerbiedig. Hierin verklaar die Afrikastaatshoofde onder meer dat die staatsgrense in Afrika op die oomblik van onafhanklikwording ʼn onveranderlike realiteit geword het en verbind hulle daartoe om grense soos dit met onafhanklikwording daar uitgesien het.96 Hiermee is die beginsel van uti possidetis in Afrika verskans en daarmee saam is ’n juridiese taboe op die uitoefening van nasionale selfbeskikking geplaas. wat sodoende ’n dinamika aan selfbeskikking verleen in teenstelling met koloniale selfbeskikking wat slegs eenmalig uitgeoefen kan word en derhalwe van ’n inherent statiese aard is. Casesse (n 43 hierbo) 285.264 Hoofstuk 9 onafhanklike bestaan te respekteer. kan verskil na gelang van die variërende meningsuitings van elke besondere volk. Boonop word dit as ’n ius continuum — ’n voortdurende reg — gedefinieer. Resolusie AGH/RES 16(1): ‘Resolution on the Intangibility of Frontiers’ vervat in Naldi (n 94 hierbo) 49. (e) Die Helsinki Final Act Die mees liberale en vergunnende omskrywing van nasionale selfbeskikking kom in hierdie instrument voor. Artikel 4(c) van die Stigtingsverdrag (Constitutive Act) van die Afrika-Unie (AU). In beginsel III word daar soos volg met die integriteit van staatlike grense gehandel: 94 95 96 97 Handves van die Organisasie vir Afrika Eenheid van 1963 vervat in GJ Naldi (red) Documents of the Organization of African Unity (1992) 4.94 Op die eerste spitsberaad van die OAE in Kaïro in 1964 vind Afrikaleiers dit nodig om spesifiek met die grenskwessie te handel. is selfbeskikking bloot ʼn element van egte demokratiese politiek.

seizure and usurpation of part or all of the territory of any participating State. . tesame met die gedetailleerde voorsiening vir minderheidsregte. Staatlike identiteit is vanweë die erkenning van hierdie regte ongetwyfeld aan die retireer. 3. Hierby moet gevoeg word dat daar binne die konteks van die Konferensie vir Veiligheid en Samewerking in Europa uitvoerig vir minderheidsregte voorsiening gemaak word. word daar terselfdertyd gewaak teen sesessie. Belangrik soos die Helsinki-reëling en die daaropvolgende bevestigings daarvan is. or act of. word selfbeskikking inderwaarheid binne die bestaande state uitgeoefen deur die voorsiening van minderheidsregte. Die invloed wat dit uiteindelik mag uitoefen. they will also refrain from any demand for. het die houvas van die staat beduidend laat verslap. Vanweë die voorsiening vir minderheidsregte het die aandrang op die erkenning van selfbeskikking in die vorm van eie soewereine state merkbaar verswak. In plaas daarvan dat daar dus tot die meer drastiese stap oorgegaan hoef te word om by wyse van sesessie ’n keuse vir eksterne selfbeskikking te maak. Waar sesessie tot betreklik onlangs hanteer is as ’n verskynsel 98 99 Casesse (n 43 hierbo) 334-335.98 Die handhawing van die uti possidetis-beginsel het erg in die gedrang gekom as gevolg van die skouspelagtige verbrokkeling van die totalitêre ryk van die Sowjet-Unie en van state soos Joego-Slawië en Tsjeggo-Slowakye in die laaste gedeelte van die twintigste eeu99 asook met die onafhanklikwording van Eritrea in 1991 en Kosovo in 2008.3 Staatlike versus nasionale selfbeskikking: die domestiserende konsep van selfbeskikking Die beginsel van en aanspraak op nasionale selfbeskikking het sonder twyfel sedert die Tweede Wêreldoorlog ten koste van staatlike soewereiniteit en territoriale integriteit van state vordering gemaak. Dit doen egter nie afbreuk aan die vordering wat daar wel met selfbeskikking gemaak is nie. Vir sover daar dus wel vir selfbeskikking voorsiening gemaak word. Barrie (n 72 hierbo) 456. kan egter baie wyer uitkring. het dit egter slegs werking binne die 35 state wat daarby betrokke is. Inviolability of frontiers The participating States regard as inviolable all one another’s frontiers as well as the frontiers of all States in Europe and therefore they will refrain now and in the future from assaulting these frontiers.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 265 III. Accordingly. Die uitgebreide en voortdurende reg op selfbeskikking.

Dit werk mee tot die omvorming van die bestaande orde en die likwidasie van die koloniale ryke.103 teenoor nasionale selfbeskikking wat sy oorsprong in die Wilsoniaanse opvatting het. Dit gaan hiervolgens primêr oor die bestaande territoriale staat 100 101 102 103 104 Heraclides (n 45 hierbo) 1.100 Die verswakking van sentrale beheer binne eertyds sterk unitêre state en die gepaardgaande neiging tot die federalisme in plaas van unitarisme. soos hierbo verduidelik. Juis om hierdie rede is selfbeskikking. die internasionale reg en die staatsreg. By territoriaalstaatlike selfbeskikking gaan dit oor selfbeskikking van ’n territoriaal gedefinieerde politieke entiteit in die vorm van ’n koloniale gebied waarin die taal-. is selfbeskikking nie ’n logies samehangende konsep nie en duur die stryd tussen territoriaalstaatlike en nasionale selfbeskikking steeds voort. asook die afwenteling van politieke gesag na kleiner en meer homogene politieke eenhede kragtens aangepaste grondwetlike reëlings. volkere en nasionaliteite wat primêr ooreenkomstig taal en kultuur gedefinieer word. M Moore ‘On national self-determination’ (1997) 45 Political Studies 900. .104 Hiervolgens word daar nie ag geslaan op die variërende aspirasies van gemeenskappe wat teen hulle wil weens die eertydse magsverhoudings binne bepaalde staatsgrense ingehok is nie. etniese en kulturele element irrelevant is.101 Soos daar egter reeds aangedui is. het dit nou kragtig tot die kontemporêre politiek teruggekeer.102 Territoriaalstaatlike selfbeskikking word vereenselwig met die naoorlogse dekolonisering van voormalige koloniale gebiede. getuig ook van die vordering van nasionale selfbeskikking. in ’n antagonistiese verhouding met die tradisionele behoudende leerstelling van staatlike soewereiniteit en die territoriale integriteit van bestaande state. Casesse (n 43 hierbo) 165. Dit is derhalwe ’n sterk demokratiserende krag. Strydom (n 56 hierbo) 172. kulturele en taalgemeenskappe wat in sodanige state gehuisves word. Nasionale selfbeskikking was ook reeds deels suksesvol om die tradisionele staatlike oriëntasie van die internasionale reg te ondergrawe. By laasgenoemde gaan dit oor die selfbeskikking van etniese gemeenskappe. Emerson (n 56 hierbo) 463. bedreig. Emerson (n 56 hierbo) 463. Selfbeskikking (staatlike selfbeskikking vroeër en nasionale selfbeskikking op die oomblik) funksioneer konsekwent as ’n sterk progressiewe krag in die politiek. Dit het meegewerk aan dekolonisering en is tans ’n krag wat die gesentraliseerde mag van multi-etniese state ter wille van die bemagtiging van die groot variasie van etniese.266 Hoofstuk 9 wat tot die verlede behoort.

of minstens deur die afskaling van sentralistiese staatsbeheer. Dit dien ook as ’n verweer teen nasiebouprojekte ingevolge waarvan partikuliere tale en kulture ter wille van die staatlike Leviatan opgeoffer moet word.107 Teenoor hierdie konserwatiewe staatlike opvatting van selfbeskikking staan die progressiewe opvatting met ’n gevoeligheid vir en afkeer van die onderdrukking van nasionale gemeenskappe binne die staatlike orde. verteenwoordig die konserwatiewe stroming in die selfbeskikkingsdiskoers. Alternatiewelik kan nasionale selfbeskikking ooreenkomstig ’n menseregtelike benadering hanteer word. Hiervolgens word ook daarop aangedring dat die staatlike orde — vaste grense. Daar word ook koppig verseg om kennis te neem van die onaanvaarbare dominasie waarin baie nasionale gemeenskappe steeds verkeer.105 Die gelyke regte van individue en gemeenskappe is hiervolgens van minder belang. vergunnend hanteer. Ofskoon die laaste vergelyking sin maak.108 So ’n reg sal weliswaar nie ’n effek op die internasionale reg hê nie. Volgens staatlike selfbeskikking word die reg van nasionale gemeenskappe om oor hul eie sake te beskik óf misken óf beperkend vertolk. hetsy deur die meer radikale weg van sesessie in te slaan. Ingevolge nasionale selfbeskikking word die reg van nasionale gemeenskappe om oor hulle eie sake te beskik. . gepaard met die afwenteling van politieke gesag na nasionale gemeenskappe. asook die instandhouding van die bestaande staatlike orde. sentrale staatsbeheer ensovoorts — desnoods moet besgee ten einde nasionale selfbeskikking te akkommodeer. maar baan die weg vir aangepaste grondwetlike reëlings binne ʼn staat. Die variërende wil van die nasionale gemeenskappe — 105 106 107 108 Soms word na territoriale selfbeskikking as die nasionale aspek van selfbeskikking verwys en na nasionale selfbeskikking as die demokratiese aspek van selfbeskikking. Barrie (n 53 hierbo) 28. P Malanczuk Akehurst’s Modern Introduction to International Law (1997) 326. is die eerste een onvanpas omdat dit die begrippe nasie en staat gelykstel. waardeur interne selfbeskikking uitgeoefen word. en selfs getalryke volkere soos die Koerde se onderdrukte posisie word sonder meer aanvaar. Hiervolgens is die reg op selfbeskikking reeds finaal in die verlede met die tenietgaan van die oorsese koloniale ryke uitgeoefen en die selfbeskikkingsdiskoers dus terselfdertyd aan die verlede toevertrou.106 Staatlike selfbeskikking wat in die positiewe reg nog die botoon voer. Vir staatlike selfbeskikking gaan dit oor die integriteit en die belange van die territoriale staat. Anaya (n 47 hierbo) 325.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 267 se sug na onaangetaste soewereiniteit. Hiervolgens word die reg op kulturele voortbestaan en integriteit van nasionale gemeenskappe as ’n basiese mensereg beskou en teen die staat afgedwing. Hiervolgens moet die gebrek aan politieke vryheid en gelyke behandeling van gedomineerde volkere aangespreek word. Sien Thornberry (n 70 hierbo) 120.

die grense van die kolonies wat reeds deur die koloniale moondhede afgebaken is. Casesse (n 43 hierbo) 340. communitarianism and the rights of ethnic minorities’ (1992) 67 Notre Dame Law Review 624 en NB Buchanan ‘Towards a theory of secession’ (1991) 101 Ethics 233 dit beskryf tereg as ’n vorm van regstellende geregtigheid (rectificatory justice) beskryf word. Nasionale selfbeskikking gee daarenteen voorkeur aan die demokratiese element. threatened to wreak havoc with the world system and was therefore domesticated. waardeur vereis word dat die staatlike grense gehandhaaf moet word.111 109 110 111 Sesessie is dan die wyse waarop gelyke beregtiging vir oorheerste gemeenskappe bewerkstellig kan word. Dit stel die verontregting wat deur oorheersing van niedominante gemeenskappe in multinasionale territoriale state bestaan. In die gedaante van staatlike selfbeskikking is dit nou eerder ’n konserwatiewe krag wat die bestaande staatlike orde moet help verskans. maar in plaas daarvan self oor hulle belange te beskik en die staatlike orde dienooreenkomstig.109 Wanneer ’n mens met die twee konsepte van selfbeskikking gekonfronteer word. Die saak staan so: Selfbeskikking het as ’n progressiewe. tree die domestiserende werking van die staatlike paradigma treffend op die voorgrond. in die besonder. or so it seemed until recently. Waar selfbeskikking dus as ’n progressiewe krag weggespring het.268 Hoofstuk 9 die demokratiese element inherent aan nasionale selfbeskikking — is ooreenkomstig staatlike selfbeskikking irrelevant. Alexis Heraclides merk tereg op: The original revolutionary principle of self-determination. word die moontlike verdere aanwending van die konsep in belang van die selfbeskikking van nasionale gemeenskappe deur die skep van nuwe state tans egter gekortwiek. Heraclides (n 45 hierbo) 7. te help bewerkstellig. dit wil sê aan die reg van gemeenskappe om nie deur sterker en getalryker groepe oorheers te word nie. tot die politiek en die reg toegetree110 toe dit aangewend is om die vrywording — staatswording — van gebiede wat vroeër onder koloniale beheer was. Net soos demokrasie is dit deur die staatlike paradigma geabsorbeer en in belang van die staatlike orde gedomestiseer. onder andere by wyse van sesessie te verander. Die breë raamwerk van die staatlike paradigma en. Weens al die voorbehoude wat in die vermelde internasionale regsinstrumente en in die uti possidetis-beginsel vervat is. . maar ondermynende konsep wat bedreigend vir die bestande staatlike orde is. is ingespan om ’n aantal nuwe territoriale state tot stand te help bring. het dit hierdie karakter grootliks prysgegee. spawned by another epoch. reg en kan soos A Addis ‘Individualism. Sodoende is selfbeskikking mak gemaak om uiteindelik as ’n instrument van die staatlike paradigma te waak oor die veiligheid van die staatlike orde.

Dienooreenkomstig is staatlike selfbeskikking gegrond op die aanname dat staats. te wete die afdwing van staatlike identiteit. Die politieke betekenis van kulturele en veral nasionale identiteit word heeltemal geïgnoreer aangesien hy hom besig hou met die kwessie van sogenaamde fundamenteel menslike belange waarop hy liberale regte en reëls konstrueer. Dit is ook binne hierdie vaste staatlike opset dat staatlike geregtigheidsmodelle (wat eweneens in hoofstuk 6 behandel is) gekonstrueer is.en volkgrense saamval. Leviatan.1 Moore (n 102 hierbo) 903.114 wat natuurlik nie so is nie. gedomestiseerde demokrasie en (gedomestiseerde) nasiebou. Staatlike selfbeskikking is nie slegs konserwatief nie. . maar dit verdring die belange van verontregte en oorheerste nasionale groepe wat die legitimiteit van so ’n onderdrukkende staat bevraagteken.116 Staatlike selfbeskikking. Volgens hierdie aannames is kulturele en nasionale identiteit heeltemal irrelevant vir die doeleindes van selfbeskikking. Met hierdie staatlike selfbeskikking skep die internasionale reg ’n statiese juridiese raamwerk waarbinne staatsbouprojekte in die naam van nasiebou (wat in hoofstuk 6 behandel is) deurgevoer kan word. Margaret Moore wys dan ook op die logiese en ideologiese koherensie tussen staatlike selfbeskikking en die geregtigheidsmodel van iemand soos John Rawls. Staatlike selfbeskikking gaan inderwaarheid van die veronderstelling uit dat staat en volk (kultuurgemeenskap) bykans uitruilbare begrippe is113 — dat staatsbevolkings inderdaad die beeld van die staat dra. R Falk ‘The rights of peoples (in particular indigenous peoples) in J Crawford The rights of peoples (1988) 26. Moore (n 102 hierbo) 902. Die vervulling van die behoeftes van Leviatan is die dryfkrag agter die funksionering van al drie hierdie strategieë. oftewel staatsbou.4.112 Soos verduidelik is sowel demokrasie as nasionale selfbeskikking egter wantrouig en antagonisties teenoor die staatlike heer.117 112 113 114 115 116 117 Sien hoofstuk 7. dit is ook moreel onhoudbaar.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 269 Selfbeskikking is gedomestiseer net soos demokrasie gedomestiseer is. hang dus saam as wedersyds aanvullende aspekte van dieselfde breë staatlike paradigma en vul mekaar aan ter bereiking van dieselfde gemeenskaplike oogmerk. Falf (n 113 hierbo) 26. Sien verder oor Rawls se geregtigheidsmodel hoofstuk 6. Dit dien die belange van die soewereine staat wat besorg is oor die onveranderde behoud van staatsgrense.115 Rawls wys juis aan die begin van sy A Theory of Justice uit dat dit vir hom gaan oor geregtigheid binne ʼn enkele gemeenskap of staat en laat die geregverdigdheid van bestaande staatsgrense heeltemal buite die diskoers.

but it is not factually correct: the term ‘imperialism’ can be coherently and persuasively applied to any attempt by one people to dominate politically another people. waar ’n oorsese moondheid ’n plaaslike gebied en bevolking oorheers het nie. kulturele.of godsdienstige meerderheidsgroep — maak van staatlike selfbeskikking gebruik om die basiese menseregte van die res te misken118 en om ’n dominante staatlike kultuur op almal af te dwing. Staatlike selfbeskikking keer die rug op die outentiek demokratiese — dog staatsondermynende — impulse van die oorspronklike selfbeskikkingsidee. Dié ou vorm van kolonialisme is klaarblyklik nie die enigste manier waarop die immoraliteit van kolonialisme voltrek kan word nie. Wat hom hier voordoen.120 Staatlike selfbeskikking vervul dus die bedenklike rol om meerderheidsdominasie te stut.119 ʼn Bykomstige immorele element van staatlike selfbeskikking is dat dit slegs die sterk meerderheid se selfbeskikkingsreg erken: meerderhede kan ingevolge die reëls van staatlike demokrasie die staat se amptelike magsapparatuur monopoliseer en na goeddunke (staatlike) selfbeskikking uitoefen. Wanneer die oorheersende maghebbers binne ’n staat hulle dominante staatskultuur blatant of subtiel op almal wil afdwing. is ’n vorm van interne imperialisme. Dit het imperialisme wat die oorspronklike euwel waarteen selfbeskikking gerig was. is hulle eweneens skuldig aan die imperialistiese euwel. especially if the latter perceive the rule to be hostile to their national identity. geword. Margaret Moore sê daarom tereg: It might be politically correct to describe only Western powers controlling overseas territories as imperialists. Moore (n 102 hierbo) 903. rasse.270 Hoofstuk 9 Hierdie soort selfbeskikking skep juis die moontlikheid vir onderdrukking. in plaas van die teenstander daarvan. . Moore (n 102 hierbo) 902-903. In die lig van die kritiek en die morele aanklag teen staatlike selfbeskikking het die tyd ryp geword vir die grondige heroorweging van die konsep. Een deel van die bevolking — gewoonlik ’n etniese-. soos dit vroeër was. Sonder enige morele gronde daarvoor maak staatlike selfbeskikking dit egter onmoontlik dat minderhede ook hierdie selfbeskikkingsreg kan uitoefen. ʼn Mens kan met Moore saamstem wanneer sy verklaar: 118 119 120 Falk (n 113 hierbo) 26. net soos staatlike demokrasie dit doen. Imperialisme moet nie net gesien word as beperk tot die soutwaterkolonialisme van weleer. omhels en die bondgenoot.

philosophical and political. soos regter Dillard dit in ’n individuele mening in die Wes-Sahara-saak gestel het. Wes-Sahara-saak: Western Sahara 1975 ICJ-Reports 12. then. .122 121 122 Moore (n 102 hierbo) 905.Twee grepe uit die reg kragtens die staatlike paradigma 271 The increasing recognition. dat: It is for the people to determine the destiny of the territory and not for the territory the destiny of the people. of the difficulties. points to the need to reconsider whether the principle of national selfdetermination might not be an appropriate starting point for the resolution of national conflicts. facing the territorial understanding of peoples on which the prevailing idea of self-determination in international law is based.121 Die effek daarvan sal uiteindelik wees.

.

Vir sover individue moontlik wel in ʼn taal-. Dit het terselfdertyd ’n grondige impak op die burgerlike sfeer en die private domein. godsdiens. Sodanige groeperinge is slegs van private betekenis en mag nie as openbare realiteit hanteer word om sodoende die aard van die staat te bepaal nie. Die enigste twee gemeenskaplike faktore tussen individue wat die staatsbevolking uitmaak. godsdienstige. kultuur. Daarvolgens is wetenskaplike arbeid gerig op die beskerming en instandhouding van die staatlike orde. is eerstens hulle teenwoordigheid in dieselfde territorium waarvan hulle gebruik maak om private belange te bevorder en. kulturele of dergelike groep ingebind is. is die staat neutraal. etnisiteit. denkbaar.10 Inleiding HOOFSTUK POLITOKRASIE 1 Die territoriale staat is reeds meer as drie eeue die meesterbegrip van ons dink en doen in die politiek en die reg. het die behoefte aan die instandhou van die staatlike orde gelei tot die vestiging van ʼn staatlike paradigma. dat hulle aan dieselfde regsorde onderworpe is. 273 . ongeag of daar enige bande van taal. of gee die staat minstens voor om groepsneutraliteit te handhaaf. haalbaar en toelaatbaar is in die openbare sfeer. maar dat dit bloot ʼn bevolking van enige aantal mense (any number of persons) huisves. Hulle is losstaande individue wat ʼn atomistiese bestaan ter bevrediging van private behoeftes en ter bevordering van private belange en voorkeure voer. of enigiets dergeliks tussen hulle hoef te bestaan. etniese. Weens die inhok van die vermelde soort groeperinge binne die private domein. Een van die basiese uitgangspunte van die staatlike paradigma is dat die staat nie ʼn daadwerklike gemeenskap van mense veronderstel nie. Dit is die wesenlike elemente van die staatsgemeenskap. is dit blote toeval en vir die inrig van die openbare orde juridies en polities irrelevant. afkoms. tweedens. Soos daar in die voorafgaande hoofstukke verduidelik is. Dit baken die grense af van dit wat doenbaar. In die openbare orde — die reg en die politiek — is slegs twee entiteite relevant: die individu en die staat.

274 Hoofstuk 10 Wetenskapsbeoefening aan die hand van die staatlike paradigma poog op talle maniere om in dissiplines van die reg. Sodoende is demokrasie aan die hand van die staatlike paradigma tot ʼn dienaar van die staatlike orde gedissiplineer. Meer nog. (sien hoofstuk 6). ook ʼn hand van beskerming oor die territoriaalstaatlike orde hou en minderhede in heterogene state benadeel. Verder het staatlike demokrasie veral in multi-etniese en multikulturele state meegehelp tot die verval van demokrasie tot prekariokrasie (sien hoofstuk 7. vervul die bedrieglike rol om die illegitieme en immorele prekariokrasie misleidend as legitieme demokrasie voor te hou en sodoende die staat van eg demokratiese kragte te vrywaar. kulture en tale.3) en tot die dominasie van hegemoniese groeperinge oor nie-hegemoniese groeperings in die territoriale staat. Die nasie is van dwaalweë bekeer. die staatkunde en verwante terreine die ongeskonde voortsetting van die bestaande staatlike orde te waarborg. Die legitimiteitsfiksie wat deur staatlike demokrasie in stand gehou word. maar politieke mag en bevoegdhede vir die geheel van minderheidsgemeenskappe staan Leviatan nie aan nie. Staatsbou bekeer individue van die dwalinge van nie-staatlike identiteite en herskep hulle tot staatlike mense vir wie hulle staatlike identiteit voorrang moet geniet. Kulturele en taalgemeenskappe mag binne perke dalk nog hul eie tale en kulture beoefen. Dit is ʼn volk — ʼn staatsvolk — wat met staatsbouprogramme tot een nasie versmelt moet word. Onder druk mag Leviatan dalk toegee dat hierdie gemeenskappe as minderhede bepaalde kultuur. moet almal steeds kinders van die sterflike god — en van niemand anders nie — wees. As Leviatan het die territoriale staat ook die karakter en die aanskyn van ’n goddelike wese — die sterflike god. Leviatan is egter ook ʼn versorgende god. net soos staatlike demokrasie. Lede van minderhede mag dalk regte hê. dit wil sê van die partikuliere identiteite. Dit is ʼn jaloerse sterflike god wat ʼn gelowige volk vir homself versamel — ʼn volk wat sy beeld weerspieël en sy stem eggo. maar in die laaste instansie is almal steeds die hoogste trou aan Leviatan verskuldig. hy gee selfs voor om ʼn bemagtigende wese te wees. Die eerste en hoogste lojaliteit moet by Leviatan lê. Dieselfde geld vir selfbeskikking wat in die gedaante van staatlike selfbeskikking. wat die staatlike status quo teen verandering moet beveilig.en taalregte kan uitoefen. Soos in voorafgaande hoofstukke beskryf is. In die proses is die demokratiese ideaal van maksimale regstreekse selfregering en individuele en gemeenskapsbemagtiging in die war gestuur. Hy beklee sy burgers — sy onderdane — met ’n toenemende aantal regte — menseregte — waardeur hulle al hoe meer eise teen die staat verwerf en die staat . baken dit sleutelkonsepte van die politiek op sodanige wyse af dat dit die staatlike orde teen uitdaging en ontwrigting moet help vrywaar.

Danksy menseregte het die sterflike god homself onmisbaar gemaak.en etnies) uitgedaag. het hy so uit pas met laat-moderniteit se veelheid van identiteite geraak dat hy besig is om mee te gee? Kan ons ons ʼn bedeling anderkant die afhanklikheid van Leviatan voorstel en maak ʼn sin vir persoonlike selfstandigheid en gemeenskapsoutonomie. plaaslike of dergelike middelpuntvliedende kragte kom. aktiewe burgerskap en ʼn politieke lewe vanuit partikuliere gemeenskappe ʼn sinvolle bestaan anderkant Leviatan moontlik? Kan ons onself in plaas van die verarmde staatlike demokrasie waaraan Leviatan ons ter wille van sy voortbestaan uitgelewer het. Is die eeue-oue sterflike god op sy sterfbed? Word hy so deur die kragte van globalisering en deur die aansprake van partikuliere gemeenskappe (kultureel. bestraf hy verontagsaming van die eis van getrouheid aan hom en waak hy jaloers oor die onskendbare integriteit van sy staatsgrense. Met hierdie regte tree die staat al hoe sterker op die voorgrond as hoeder. die genoegdoening van egte demokratiese selfregering voorstel? Verwerp ons die onverskoonbare immoraliteit van prekariokrasie waarin staatlikheid minderheidsgemeenskappe dikwels dompel? Open die koestering van persoonlike eiewaarde en ʼn . taal. hoe onagsaam die grensvasstellings ook al mag wees teenoor die bevolkings wat in die territoriale state opgehok is. Die afsydige Leviatan van die sewentiende eeu. Leviatan het weliswaar baie pligte opgedoen en dié word trouens al hoe meer namate al hoe meer menseregte toegeken word. Deur reëls van die strafreg. tree die staat se juridiese beskermingsbuffer in werking. want só uitgebreid het sy pligte geword en so omvattend die ooreenstemmende individuele afhanklikheid van die staat dat die lewe sonder Leviatan beswaarlik denkbaar is. versorger en onderwyser. in die dae van Thomas Hobbes. Indien staatsbou nie werk nie en as dele van die staatsnasie aan die sterflike god begin twyfel omdat hy sukkel om sy menseregtelike verpligtinge na te kom. selfsorg. Die regsmaatreëls wat aan die hand van die staatlike paradigma ontwerp is.Politokrasie 275 derhalwe toenemend verpligtinge jeens sy burgers opdoen (sien hoofstuk 8). hoogverraad. Daarvoor betaal die staatsnasie egter ʼn hoë prys: dié van groeiende afhanklikheid van die staat. indien die staatlike orde bevraagteken word en die staat onder die druk van nasionale selfbeskikking. en deur die internasionale regsreëls ten aansien van selfbeskikking en sesessie (sien hoofstuk 9) word lojaliteit aan die staat afgedwing. soos vervat in die reg rakende die misdaad. het sy eertydse skugterheid afgeskud. voorsien die staat van ’n finale buffer van beskerming. Hy word al hoe meer die aktiewe voorsiener aan behoeftes wat vroeër buite sy verantwoordelikhede geval het. Daardeur word die staat egter begunstig. Onder die indruk van die behoeftes van sy burgers het hy al meer menseregte aan hulle toegestaan. eis die staat trou en lojaliteit op.

Die bespreking skets wel die buitelyne. geskryf nie. wat die basis van die politiek was. Nogtans neem dit kennis van die denke van die Klassieke Griekse politiek en heg dit besondere waarde aan aspekte van veral Aristoteles se politieke denke. beginsels en bepaalde ideale van politokrasie. Dit bied ʼn antwoord op die territoriaalstaatlike bedeling. Onderliggend aan die bespreking in hierdie hoofstukke was daar deurgaans ʼn suggestie van ʼn bedeling anderkant staatlikheid. die basiese vertrekpunte. Die begrip politokrasie is ontleen aan die Klasieke Griekse begrip polis — die stadstaat. Dit is ʼn politokratiese bedeling. is dit by uitsondering en net om die algemene vertrekpunte te verduidelik en af te rond. Dit stel die kernkonsepte van politokrasie aan die orde en pluis dit uit. Dit sal wel elders en aan die hand van die arbeid van ander mense volg.1 Basiese grondslag Politokrasie omskryf ʼn omvattende politiek-konstitusionele orde — veelsferige regering deur die burgers (politai) van elke politieke gemeenskap oor die besondere res publica — die gemenebes — van die betrokke gemeenskap. So ook die aktiewe burgers — die politai — en die hegte gemeenskappe. met al die tegniese besonderhede daaraan verbonde. Die beperkte en hegte politieke eenhede van die Griekse stadstate is ook vir politokrasie van grondliggende belang. noodsaak ʼn bevestigende antwoord op hierdie vrae. Met die bespreking word egter nie iets soos ʼn konstitusie. Die keuse . Waar fyner en meer praktiese besonderhede wel ter sprake kom. 2 Politokrasie 2. waarvan die hoofeienskappe vervolgens geskets word. Dit is politokrasie. soos by die optimale omvang van die tuistelike politieke gemeenskap teen die einde van hierdie hoofstuk. Politokrasie wil nie die polis-stelsel van destyds laat herleef nie en wil ook nie die politieke denke van daardie tyd (wat in elk geval uiteenlopend is) op die huidige situasie probeer inent nie.276 Hoofstuk 10 sin vir selfrespekterende en selfregerende gemeenskappe die weg na ʼn ryker en meer egte demokratiese bestel? Kan ons ons van Leviatan emansipeer? Kan ons die sterflike god blymoedig ter ruste lê en ʼn sinvolle politieke lewe daarná tegemoet gaan? Die wyse waarop die staatlike paradigma sleutelkonsepte van die politiek. Die bespreking wat nou volg beskryf die hoofbakens en kerneienskappe van politokrasie. verarm met die gevolglike neerdrukkende uitwerking daarvan. wat in die voorafgaande hoofstukke uitgepluis is. Die politai — die burgers — was burgers van die polis en was as sodanig daadwerklik vir die regering van die polis verantwoordelik.

behoort ons ook tot meer omvattende gemeenskappe en in bepaalde opsigte ook tot ʼn — weliswaar ietwat newelagtige — globale gemeenskap.Politokrasie 277 vir die term politokrasie is ook uit ʼn ander bron gemotiveer. aangesien dit aan die lede daarvan die geleentheid bied om as burgers gesaghebbend oor die res publicae van daardie gemeenskappe te regeer. nie in die eerste plek op individuele regte nie. Die klem op veelvoudigheid weerklink in die poli in poli-tokrasie. Politokrasie wil dat ons gedeelde identiteit as deelgenote van hierdie groter gemeenskappe ook erken word en wil terselfdertyd ook ons burgerskap van hierdie groter gemeenskappe konstitusioneel verreken. Met tuistelike gemeenskappe word bedoel die kulturele en/of plaaslike gemeenskap waarbinne mense woon en hulle daaglikse lewens lei. In plaas daarvan dat slegs die territoriale staat op grond van staatlikheid as politieke gemeenskap as die substraat van burgerskap en locus van politieke gesagsuitoefening erken word. is een van die sentrale eienskappe van politokrasie dat dit erkenning wil verleen en konstitusionele uitdrukking wil gee aan meervoudige identiteite. ons medebesluitnemers en mede-beskikkers sal wees. meervoudige gemeenskappe en meervoudige setels van regering. Dit verleen aan tuistelike gemeenskappe ʼn politieke karakter. Hierdie regeringsbevoegdheid het in die eerste plek betrekking op wat tuistelike gemeenskappe genoem word. Behalwe dat ons deel uitmaak van tuistelike gemeenskappe. maar in werklikheid politêr. Die uiteensetting hieronder brei breedvoerig hierop uit. Tuistelike gemeenskappe is een van die wesenskonsepte van politokrasie. maar ook op meer omvattende gemeenskappe. Dit is so belangrik dat dit by die behandeling van politokrasie deurentyd voorop staan. Dit word gedoen met die klem. Dit beteken dat met betrekking tot die openbare sake wat gemeenskaplik aan daardie groter gemeenskappe is. Politokrasie verpolitiseer tuistelike gemeenskappe. Politokrasie gee konstitusionele uitdrukking aan die menswaardigheid van handelingsbevoegde volwassenes. maak politokrasie van tuistelike gemeenskappe juis politieke gemeenskappe. maar op die bevoegdheid en mag om individueel en as deelgenote van verskeie gemeenskappe outonoom oor die res publicae — die gemenebes (die openbare sake wat gemeenskaplik aan die lede van elke gemeenskap is) — te beskik. Politokrasie is in vele opsigte juis nie unitêr nie. Dit beteken dat lede van tuistelike gemeenskappe burgers daarvan kan word en dat tuistelike gemeenskappe dienooreenkomstig ook die loci van politieke gesagsuitoefening word. Soos weldra sal blyk. Politokrasie erken en verreken die individuele vryhede en immuniteite wat modern-liberale opvattings die afgelope eeue . net soos wat tuistelike gemeenskappe betref.

Die lewensbron hiervoor. Oor die enkele globale kwessies wat daar mag wees. dit wil sê regeringsmag vir en deur die mees tuistelike en plaaslike demos tot by globale regering vir ʼn globale demos. Demokrasie verval ook nie in die onreg van prekariokrasie teenoor minderhede soos dit dikwels in die (multinasionale) territoriale staat gebeur nie. Regering — besluitneming. staatlike demokrasie en staatsgewaarborgde menseregte in belangrike opsigte juis ʼn bedreiging vir en inbreukmaker op hierdie winste. In ʼn politokratiese bestel is openbare politieke identiteit meervoudig. Daarom is die tuistelike gemeenskap in samehang met individuele waardigheid die hoekstene vir ʼn politokratiese bestel. Dit is sonder meer deugsaam. Oor meer omvattende kwessies word daar op ʼn meer omvattende vlak geregeer. soos in hoofstuk 6 verduidelik is. Regeringbevoegdheid is versprei en daar is ʼn verskeidenheid van openbare identiteite wat almal juridiese erkenning geniet. in die besonder. Dit word nie van elders gedikteer nie. Dit voldoen gevolglik aan mense se behoefte om as volwasse persone daadwerklik hulle eie wêreld vry van voorskrif in te rig. Daar is voorsiening vir regeringsmag (kratos) vanaf die beperkte gemeenskap tot die mees omvattende gemeenskap. Dit is die lewensbron van daadwerklike demokratiese politiek. Dit gee uitdrukking aan ʼn sin vir persoonlike selfstandigheid wat heg verweef is met. Meer nog. Vir politokrasie is tuistelike gemeenskappe. is regering globaal. volwasse handelingsbevoegde persone se sin vir menswaardigheid. In ʼn politokratiese bestel is die territoriale staat nie die sentrale struktuur van regeringsbevoegdheid nie. In ʼn politokratiese orde is daar nie slegs ʼn enkele gesentraliseerde locus van regering volgens die eise en ter wille van die ongeskonde instandhouding en verering van die territoriale staat nie. in die besonder kulturele gemeenskappe. inherent goed. Demokrasie is nie verarm tot die massokrasie (sien hoofstuk 7. naamlik tuistelike gemeenskappe. is egter die voorwaarde vir dit alles. Daar heers maksimale mederegering. Demokrasie is geradikaliseer. Daar is ook nie slegs ʼn enkele staatlik voorgeskrewe openbare identiteit na die beeld van die sterflike god nie en ook nie ʼn eksklusiewe trou aan die territoriale staat nie.4) nie. Die territoriale staat is weens die afdwinging van staatlike identiteit deur staatsbouprogramme. Dit gaan in die eerste plek aan die mees tuistelike en daarna tot aan die mees omvattende politieke gemeenskap. Dit is daarop ingestel om dit juis te verhoed. is opgedeel en gerelativeer. is Leviatan deurlopend die vernietiger van gemeenskappe. .278 Hoofstuk 10 toenemend opgelewer het as ʼn kosbare wins. Openbare politieke trou wat tans uitsluitlik aan die staat verskuldig is. insluitende fiskale bevoegdheid en uitvoering van besluite — oor tuistelike kwessies geskied op tuistelike regeringsvlak.

word hulle hier voorlopig reeds kortliks saamgevat. wat belangrike elemente van politokrasie is. Politokrasie veronderstel ʼn ryk republikanisme. Eerstens gee politokrasie voorkeur aan eenstemmige — konsensus — regering. en verantwoordelikheid neem vir.Politokrasie 279 In ʼn politokratiese bestel kan burgerskap en die beskikking oor en uitleef van alle res publicae werklik tot hul reg kom. Juis omdat dit so belangrik is. die res publicae. oftewel openbare sake wat gemeenskaplik aan die geheel van die betrokke politieke gemeenskap is. In plaas van ʼn blote passiewe juridiese status het burgerskap in die politokratiese sin ʼn veel ryker inhoud. veral as hulle homogeen (sien die bespreking van tuistelike gemeenskappe hieronder) en van beperkte omvang is. . Ons moet twee verdere sake oor burgerskap hier uitklaar. Res publica (Gemenebes) Die res publica is die gemenebes (commonwealth). Dit verwys eerder na die bekleding van ʼn amp. wat beswaarlik meer as ʼn juridiese status is nie. Dit word weldra in hierdie hoofstuk breedvoerig uitgepluis. Saaklike debattering en kompromie. In die tuistelike gemeenskap lei dit ten minste nie tot prekariokrasie waaraan magtelose minderhede in die territoriale staat dikwels uitgelewer word nie. Burgers (politai) In ʼn politokrasie word daar demokraties deur die burgery — die politai — oor die res publica regeer. Burgerskap dui mede-regering van die res publicae aan. Burgerskap beteken die daadwerklike selfstandige en deurlopende deelname aan. Ofskoon politokrasie ʼn hoë premie op kompromie en eenstemmigheid plaas. Die burgerskap van die politokrasie is nie die verarmde burgerskap van die territoriale staat. Burgerskap en res publica is die twee sentrale konsepte van politokrasie. is kompromie en eenstemmigheid sekerlik meer haalbaar as in die omvattende heterogene territoriale staat. Daar kan ook verloormenings wees wat nie in bindende regeringsbesluite vervat word nie. Dit is juis daarom dat die Klassiek Griekse begrip vir die burger. In tuistelike gemeenskappe. waarvolgens burgers deur aktiewe handeling daadwerklik vir die res publicae verantwoordelikheid aanvaar en daaroor beskik. Dit is die sake waaroor burgers gesamentlik beskik en regeer. hier ingespan word. moet hiertoe bydra. staan of val mede-regering nie hierby nie. dit wil sê ʼn omvattende gemenebes waaroor die politiek — gesamentlike regering deur die burgery — handel. Dit is bo stemmery te verkies. naamlik die politai.

1 Die sentrale belang van gemeenskappe In hoofstuk 4 is daar verduidelik dat die radikale gebrek aan daadwerklike menslike gemeenskap sedert die dae van Bodin en veral sedert Hobbes een van die basiese aannames van die staatlike paradigma is. Politokrasie is dus op ʼn kommunitêre uitgangspunt gebou. selfs al is hulle handelingsbevoegde volwassenes. identiteit. Daar is geen burgerlike deelgenootskap nie. Dié aspek word hieronder in 10. Inteendeel. dit maak dit juis meer demokraties. burgerskap weer rehabiliteer en hegte bande tussen die staat en die burgery smee. omdat dit meebring dat regering by ʼn politiek relevante maar oop (toeganklike) kategorie van persone — die burgers — berus.4 in besonderhede uitgepluis. nie-staatlike kultuurgemeenskappe onderwerp om hulle identiteite. met vernietigende gevolge vir partikuliere gemeenskappe. want nie alle lede. maar bloot ʼn afsydige en potensieel gevaarlike Leviatan wat as ʼn noodsaaklike euwel geduld moet word om in te gryp wanneer konflik Leviatan se onderdane binne die atomistiese samelewing bedreig. 2. taal. Rousseau wou. lojaliteite en politieke handelswyse te verander. Die onderskeid is doelbewus en belangrik. is burgers nie. Individuele bestaan. waardes.taal-. plaaslike. in die besonder. Die staat is nie ʼn res publicae. Die poging wanfunksioneer sedert die Franse Rewolusie met allerlei staatsbouprogramme.2. Individuele bestaan sonder gemeenskappe is onmoontlik. Hiervolgens is die staat nouliks meer as ʼn instrument om individuele konflik van wedersyds vyandige of minstens afsydige individue in toom te hou. Politokrasie verwerp terselfdertyd staatsbouprogramme vanweë die dwang waaraan dit individue en. Nogtans maak dit politokrasie nie minder demokraties nie. waarvan die doel is om burgers na die beeld van die staat te herskep.2 Uiteensetting 2.280 Hoofstuk 10 Tweedens word hier ʼn onderskeid tussen lede en die burgers van ʼn gemeenskap getref.en dergelike nie-staatlike gemeenskappe. soos in hoofstuk 6 verduidelik is. godsdienstige. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is die dwanglogika van staatsbou ʼn onverskoonbare vergryp teen individuele vryheid en menswaardigheid en die integriteit van kulturele. beroeps-. Politokrasie verwerp die uitgangspunt dat daar ʼn radikale gebrek aan gemeenskap is as ʼn fundamenteel foutiewe vertolking van die menslike toestand en lewenswyse. waardes en prestasies is alles in gemeenskappe geanker. Weens wat ons algemeen as . oftewel die gemenebes waarin alle burgers deel nie. ekonomiese en dergelike gemeenskappe. Mense is weens ʼn magdom gemene delers deel van verskeie gemeenskappe — kultuur.

hoe individueel dit met die eerste oogopslag mag voorkom. Die reg op vryheid van uitdrukking verloor alle betekenis indien die uitdrukking nie gerig is aan ʼn gehoor — ʼn gemeenskap — waarvan die bekleër van die reg op uitdrukking ook deel is nie. Hierdie soort gemeenskappe word ingrypend aan homogeniserende sosiale kragte blootgestel. Dit maak mense eenderse. Die versnelde globalisering van die onlangse dekades — die vinnige verskuiwing van goedere. Trouens. ʼn Individu kan net . Mense het hul tradisionele verbande van stam.Politokrasie 281 modernisering kan beskryf. Nogtans is daar steeds nie iets soos ʼn soewereine individu. Ons identiteit is gemeenskapsbepaald en ons opvattings en oortuigings word deur ons betrokkenheid by gemeenskappe gevorm. uitgeoefen word nie. is ʼn sinvolle bestaan sonder betrokkenheid by gemeenskappe en sonder wisselwerking met ander mense binne gemeenskapsverband volkome onmoontlik. dorp en dergelike parogiale gemeenskappe verlaat en in ander gemeenskapsverbande opgegaan. los van enige gemeenskap nie. Van ʼn soewereine individu — ʼn vrydrywende enkeling wat maak soos hy wil — is daar klaarblyklik geen sprake nie. is dit steeds beweging — geheel of gedeeltelik — vanuit een gemeenskap na ʼn ander. hoe mobiel ons ook al mag wees. dié kragte in medewerking met staatsbouprogramme het reeds tot die verdwyning en ontwrigting van talle sodanige gemeenskappe gelei. Geen kultuur. is. Die stimulering van die drang na die bevrediging van al hoe meer verbruikersbehoeftes. gepaard met verengelsing is sterk homogeniserende kragte. Individue het weliswaar fisies. Die ontwikkeling en verfyning van die Wêreldwye Web en die Internet verhaas steeds die eenwording van aspekte van die ekonomie. ekonomiese regte en dies meer is net so onbestaanbaar of wesenlik verarm indien dit nie gelyktydig saam met ander mense van dieselfde gemeenskap. Wanneer individue beweeg. Wanneer daar beweeg word.of dergelike gemeenskap is hierdeur onaangeraak nie. los van enige gemeenskap. sosiaal en ekonomies baie meer mobiel geraak en hul lewenswyses skep dikwels die indruk van ʼn suiwer individuele bestaan. onderwys. beperk gedefinieerde verbruikers — individue vir wie verbruik voorop staan en wat met die oog op die bevrediging van verbruiksbehoeftes werk. Die reg op godsdiens. Wat meer is. bly ons altyd aan gemeenskappe verbonde.1 Gemeenskappe is dus absoluut sentraal vir ʼn sinvolle individuele lewe. kapitaal en mense — is ʼn enorme stimulus vir ʼn enkele globale mark. wat dieselfde regte wil benut. is dit nogtans nie beweging heeltemal buite enige gemeenskapsverband nie. Dit wat ons individuele regte noem. Daar is baie meer ruimte vir die uitoefening van persoonlike keuses en daar is ʼn magdom van dinge waaruit persoonlike genoegdoening en bevrediging geput kan word. nie moontlik om uit te oefen anders as binne ʼn gemeenskapskonteks nie. dienste. het mense weliswaar meer geïndividualiseerd geraak. Ofskoon ons beweeg en ons ons (deels) van bestaande gemeenskappe losmaak. taal.

Individue kan nie werklik in so ʼn opset enige noemenswaardige mag uitoefen en impak hê nie. Hulle is ten aansien daarvan bloot individuele toeskouers en kan nie die bevoegdhede wat met burgerskap gepaard gaan. K Malan ‘The deficiency of individual rights and the need for community protection’ (2008) 71 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 415 et seq. . Sien ook die volgende beslissings hieroor: Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly 2006 (12) BCLR 1399 (KH) en Matatiele Municipality v President of the RSA 2007 (1) BCLR 47 (KH).2 Die probleem kan egter beswaarlik omvattend deur hierdie soort meganismes opgelos word. is dit eers met deelname en die maak van daadwerklike impak dat mense werklik die amp van burgerskap opneem en as burgers handel. Hierdie leemte word toenemend erken en daar is pogings om dit deur gemeenskapsdeelname aan die wetgewende proses te probeer aanspreek. glo en doen in terme van die gemeenskap/pe waarbinne hy hom bevind. Soos hieronder in 10. Die periodieke uitoefening van stemreg beteken nie politieke impak nie en is nouliks meer as ʼn funksie van die legitimiteitsfiksie (sien hoofstuk 7. Dieselfde geld. waarin demokrasie tot massokrasie gedegenereer het.4 verduidelik word. 72(1)(a) en 118(1)(a) van die Suid-Afrikaanse grondwet. Ook politieke deelname is van ʼn verbintenis met gemeenskappe afhanklik. maar kan nooit daadwerklik mag uitoefen nie.2) waardeur die magsuitoefening van klein elites wat werklik aan stuur van sake is as demokraties gelegitimeer word. in die omvangryke territoriale staat. kan hulle individuele soewereiniteit en prestasies kordaat verklaar. Minderheidsgemeenskappe in etnies en kultureel diep verdeelde heterogene samelewings word veral nadelig in ʼn massokratiese opset getref. nie ʼn impak maak op kwessies van globale omvang nie. soos daar in hoofstuk 7 verduidelik is. opneem nie. Enkelinge en klein gemeenskappe kan. So ʼn soewereine individu het met die beperkings waarbinne hy homself boonop ook bevind alleen impak op sy private mikrowêreldjie. maar dit is ʼn ironiese soewereiniteit van ʼn magtelose individuele toeskouerskap wat geen openbare impak het nie. Byvoorbeeld artikels 59(1)(a). Hulle mag. Individue wat (voorgee om) alle gemeenskappe (te) verlaat en bloot deel van ʼn universele mark wil wees. behalwe by hoogste uitsondering. By politieke deelname bedoel ek die vermoë van ʼn persoon om saam met ander mense (burgers om presies te wees) oor openbare sake wat gemeenskaplik aan hulle is by wyse van inspraak daadwerklik ʼn impak te maak — daadwerklik die inhoud van besluite oor dié sake mede te bepaal. soos in hoofstuk 7 verduidelik is.282 Hoofstuk 10 wil en verstaan. Stemreg vervul by minderhede bloot die funksie van ʼn legitimiteitsfiksie wat die 1 2 Vgl. Ten aansien van globale aangeleenthede verdwyn hulle in die niet en is hulle gewoonlik magteloos en gemarginaliseerd. periodiek stem.

regverdig. Dit is die geval met alle regbanke. Dit begryp glad nie die beperkings van die regbank met betrekking tot politiek-verwante aangeleenthede nie. is hulle periodieke deelname aan verkiesings beswaarlik meer as ʼn ritueel waardeur hulle. Dit is gevolglik onrealistiese onsin om voor te gee dat ʼn regbank deur sy beslissings die belange van minderhede wat nie deel van die regerende elite is nie sal vooropstel en die politieke projekte van die regerende elite ter wille van minderhede in die war sal stuur. Dit ken ook bloot regte toe in plaas daarvan om. veral omdat dit soms teen staatsbouprogramme stuit. Die pogings is lofwaardig. Dit kan die wetgewende en uitvoerende gesag nie antagoniseer nie en moet as gevolg daarvan deurlopend regterlike terughoudendheid aan die dag lê. Ofskoon in grondwetlike terme onafhanklik en onpartydig. die grondwet en individuele regte aan die hand van die uitgangspunte van die regerende elite waarvan hulle deel vorm. verwyderd en onafhanklik van heersende politieke elite nie. Vir die kiesers wat tot minderhede behoort.Politokrasie 283 politieke gesagsposisie van elites wat uit die meerderheid kom. . Die howe vertolk die reg. Dit degenereer tot prekariokrasie. Daar word ook geargumenteer dat minderhede se belange deur ʼn onafhanklike regbank beskerm kan word. gemeenskappe met magte te beklee. wat in hierdie artikel behandel is. verteenwoordig die regbank nie ʼn politieke stroming. ofskoon dit natuurlik nie altyd suksesvol is nie. Origens is die argument ondeurdag en onoortuigend. Dit is slegs in ʼn baie geringe mate waar. Die moderne staatsreg en internasionale reg is natuurlik toenemend van hierdie probleem bewus en probeer dit soos in hoofstuk 9 verduidelik is. heel ironies. waardeur minderhede in die naam van demokrasie aan die genade van politiek magtige meerderhede (meer korrek. Die regbank is trouens deel van een en dieselfde regerende elite en deel die uitgangspunte en doelwitte daarvan. soos politokrasie in die vooruitsig stel. maar kan en wil nie die algemene denkwyse en doelwitte van die regerende elite ontwrig nie. hul eie prekariokratiese magteloosheid as demokrasie vier. by wyse van minderheidsregte ondervang. 3 Sien hieroor K Malan ‘The unity of powers and the dependence of the judiciary’ (2006) 39 De Jure 149 et seq en in besonder die insigte van R Dahl. Dít is ʼn algemene kenmerk van regbanke. die regerende elite uit die meerderheid) oorgelaat word. wat individuele regte bereg en toepas. omdat dit van die uitvoerende gesag afhanklik is vir die uitvoering van sy hofbevele. Howe kan klein verstellings aan die werkswyse van die wetgewende en uitvoerende gesag aanbring. Bowendien geskied dit binne die raamwerk van die staatlike paradigma en dus met die oog op die instandhouding van die bestaande staatlike orde.3 Boonop kan die regbank dit nie doen nie.

Dit is moontlik in gemeenskappe van beperkte geografiese en demografiese omvang waarin daar gemeenskaplike bande van ʼn kulturele of dergelike aard tussen mense bestaan. By die bespreking hieronder van die res publicae en burgerskap word al drie hierdie tuistelike gemeenskappe in gedagte gehou. Derdens kan ʼn tuistelike gemeenskap ʼn kultureel homogene gemeenskap wees. maar dit is veral die eerste gemeenskap waarop die klem val. Sinvolle politieke deelname — deelname wat ʼn impak het — en die opneem van die amp van burgerskap is wel moontlik. Dit is daarom juis dáár. Dit is daar en gewoonlik slegs daar dat mense in staat is om in praktiese terme die hoedanigheid van burgerskap te kan uitoefen. maar hegte kulturele bande het in weerwil van die feit dat hulle nie op dieselfde plek saamgetrek is nie. Dit is ʼn transplaaslike kultuurgemeenskap. Besluite moet daar geneem en uitgevoer word en die fiskale vermoë om dit te doen moet daar setel. . Dit is ʼn plaaslike kultuurgemeenskap. Ongeag die aard van die tuistelike gemeenskap beoog politokrasie om maksimale selfregering aan al hierdie gemeenskappe toe te ken. Dit is die gemeenskap met die mees omvattende gemenebes waaroor beskik en regeer kan word en met die omvattendste bande tussen burgers (die rykste res publicae). ʼn impak het en sodoende die tuistelike gemeenskappe waarin hulle leef daadwerklik mede-regeer.284 Hoofstuk 10 2.2 Meervoudige openbare identiteite en regeringsfere Hierdie dinge beteken egter nie ʼn finale afskeid van burgerskap nie. nie plaaslike gekonsentreer is nie.2. dit wil sê ʼn homogene kultuurgemeenskap wat terselfdertyd op dieselfde plek gekonsentreer is. Elkeen van hierdie tuistelike gemeenskappe beskik oor sy eie soort res publicae — openbare sake gemeenskaplik aan die burgery van die betrokke gemeenskap — waaroor die burgers van daardie gemeenskap gesamentlik beskik. dat regering behoort te setel. dit wil sê in tuistelike gemeenskappe. op tuistelike vlak. Daar kan algemeen gesproke drie soorte tuistelike gemeenskappe wees. Dit is moontlik omdat individue dáár werklik gehoor kan word. Eerstens kan ʼn gemeenskap tegelyk plaaslik en kultureel wees. Tweedens kan ʼn tuistelike gemeenskap ʼn plaaslike gemeenskap wees waar ʼn kultureel heterogene gemeenskap wat dieselfde grondgebied deel in weerwil van hulle kulturele heterogeniteit deur ander — plaaslike — bande heg verbind word. wat anders as die eerste een.

demografies en kultureel. Trouens. watervoorsiening. en tweedens. mag handel oor die bekamping van aansteeklike siektes. in al hierdie vlakke te setel. subkontinentale of globale kwessies uitgewys kan word. Bowendien is daar ook ʼn diep menslike behoefte om as deel van die omvattende mensdom erken en gerespekteer te word. of watter ander omvattende kwessie ook al. Eerstens is daar die beginsel van subsidiariteit en selfregering. Die letterkunde en die wetenskap het dit reeds lank gelede teweeg gebring en onlangse globalisering het hierdie realiteit prominent onderstreep. ons is al lank nie meer net deelgenote van ons onmiddellike kultuurgemeenskap nie. anders as dit wat tuistelike gemeenskappe bind. afhangende van die soort kwessie wat ter sake is. Hieronder word eers na subsidiariteit (wat selfregering impliseer) verwys. besoedeling.3 Subsidiariteit en Korreksie Daar is twee beginsels wat volgens ʼn politokratiese sienswyse die toedeling van regeringsgesag reël.2. kubermisdaad. Subsidiariteit en selfregering is heg verweef en impliseer mekaar. Ons openbare identiteit behoort bepaal te word deur die feit dat ons gelyktydig tot al hierdie gemeenskappe behoort en regeringsgesag — bindende besluitneming en die uitvoering van besluite — behoort. Die dinge (die res publicae) wat sodanige omvattende (subkontinentale en dergelike) gemeenskappe bind. die beginsel van korreksie. regionale. regionale. Gesamentlike regering op meerdere vlakke sal dikwels noodsaaklik wees. Daar is sake wat as tipies tuistelike. met ander woorde daar is verskeie tipies tuistelike. Die kern van die saak is dat daar geen enkele soewereine regering is nie. subkontinentale of globale res publicae. want daar is sake wat inderdaad globaal is en wat nie net tuistelik hanteer kan word nie. In die laaste instansie is daar ook ʼn globale gemeenskap. asook omvattender gemeenskappe — geografies. Die meer omvattende gemeenskappe beskik na gelang van hul aard elk oor sy eie res publicae. maar ook van ʼn wêreldkultuur. 2. Later volg opmerkings meer bepaald oor selfregering. . Dit is gemeenskappe wat gebind word deur gemeenskaplike openbare belange en kwessies. Maar daar is baie aangeleenthede wat gelyktydig in verskeie van hierdie sfere van belang is. Daar bestaan nie net ʼn enkele soewereine staatlike regering waarop die staatlike paradigma (in sy mees ontoegeeflike vorm) aandring nie. maar ook van veel meer. ekonomiese belange. Daar moet telkens uitgeklaar word op watter regeringvlak daar met die betrokke saak gehandel moet word.Politokrasie 285 Ons is egter natuurlik nie net deel van tuistelike gemeenskappe nie.

maar sluit nie die sake van transplaaslike tuistelike kultuurgemeenskappe in nie. • Indien ʼn tuistelike gemeenskap ʼn plaaslike kultuurgemeenskap is (die eerste soort wat hierbo beskryf is) en dus ʼn homogene kultuurgemeenskap gekonsentreer op ʼn bepaalde plek is. Meer verwyderde regering. Regeringsfunksies moet gevolglik op die mees tuistelike vlak. Die locus van regering word in hierdie geval deur domisilie bepaal. moet maksimale regering dáár geskied. Net soos die regeringsfunksies van plaaslike tuistelike gemeenskappe. maar in beginsel vir alle ander funksies. uitgeoefen word. Soos blyk uit die bespreking van die derde soort plaaslike gemeenskap onmiddellik hierna. mag nie inmeng in die sake van meer tuistelike regerings nie. Volgens ʼn politokratiese sienswyse sal elkeen van hierdie plaaslike gemeenskappe maksimale selfregering hê.286 Hoofstuk 10 Subsidiariteit Volgens die beginsel van subsidiariteit moet regering so ver moontlik tuistelike selfregering wees. wat verder weg geleë is van diegene wat daardeur geraak word. homogene gemeenskap wat nie plaaslik gekonsentreer is nie. Dit is beperk tot die res publicae van daardie gemeenskap. Dit is ʼn tuistelike. Dié regering sluit egter nie regering oor die sake . Dit handel dus oor die sake wat daadwerklik gemeenskaplik aan daardie gemeenskap is. Die locus van regering word derhalwe gelyktydig deur domisilie en personaliteit (wie die betrokke mense kultureel gesproke is) bepaal. Dit geld nie net vir regeringsfunksies wat gewoonlik met plaaslike of provinsiale regering vereenselwig word nie. • Derdens is daar dan die transplaaslike tuistelike kultuurgemeenskap. is die sake waaroor die regering van hierdie tweede soort gemeenskap (plaaslike tuistelike gemeenskap) mag regeer egter beperk. so na as moontlik aan diegene wat regstreeks deur die uitvoer van daardie funksies geraak word. moet dit inderdaad dáár gedoen word. dit wil sê tot sake wat op die kulturele welweë van die betrokke gemeenskap betrekking het. Die regeringsfunksies in en vir so ʼn gemeenskap moet deur die betrokke gemeenskap uitgeoefen word. Lede van so ʼn gemeenskap sal dus in verskeie heterogene plaaslike gemeenskappe woon. • Indien ʼn tuistelike gemeenskap ʼn plaaslike gemeenskap is (die tweede soort wat hierbo beskryf is) en dus ʼn kultureel heterogene plaaslike gemeenskap is met ʼn gemeenskaplike wil om in dieselfde territorium regeringsfunksies te behartig. Dit is beperk tot die res publicae van die betrokke plaaslike gemeenskap. is die regeringsfunksies van transplaaslike tuistelike gemeenskappe ook beperk. kultureel hegte. Laasgenoemde word nie ingesluit by die res publicae van die plaaslike gemeenskap nie.

Dit is iets wat beswaarlik in ʼn omvangryke territoriale staat moontlik is. sowel as personaliteit bepaal.Politokrasie 287 van die betrokke hegte maar geografies verspreide kultuurgemeenskappe (transplaaslike kultuurgemeen-skap) in wat in verskeie plaaslike gemeenskappe woonagtig is nie. meer verwyderde . Daarom is dit nie vereenselwigbaar met die territoriale staat nie. Sodra dit te groot raak. Dit geld ook vir die eerste soort tuistelike gemeenskap en regering (die plaaslike kultuurgemeenskap). Tweedens is tuistelike gemeenskappe (en regerings) geografies en demografies te klein en beperk om werklik territoriale (of nasionale) state te wees. Inteendeel. neem meer verwyderde regerings nie sonder meer hierdie funksies oor nie. Politokrasie stel in die vooruitsig dat daar ʼn ryk gemenebes sal wees waaroor regeer moet word. of in die vorm van ʼn klomp mikro soewereine staatjies nie. Die beperkte omvang van tuistelike gemeenskappe (en regerings) is wesenlik noodsaaklik vir ʼn politokratiese bedeling. ly dit juis skipbreuk. behartig word. Dit herinner eerder aan ʼn losse federasie waarin regeringsfunksies tussen verskeie gemeenskappe verdeel na gelang van die soort res publicae wat eie is aan elke gemeenskap — vanaf tuistelike tot meer omvattende gemeenskappe. hetsy in sy huidige gedaante. maar ook wat betref geografiese omvang. Hulle is nie mikro-soewereine territoriale staatjies nie. Die eerste is omdat nie een van hierdie politieke gemeenskappe soewerein is nie. Gevolglik voorsien politokrasie nie die voortsetting van ʼn soewereine territoriale staat. Omvang. Daarenteen bepaal die personaliteitsbeginsel die locus van regering oor die sake wat besonders aan die betrokke persone (die lede) is wat aan die betrokke transplaaslike kultuurgemeenskap behoort. want daar is verskeie sake (res publicae) wat buite hulle regeringsjurisdiksie val en deur meer omvattende politieke eenhede. Dié aspekte kom aan die einde van hierdie hoofstuk ter sprake Wanneer tuistelike regerings dit moeilik vind om ʼn regeringsfunksie uit te oefen. Verder beteken burgerskap vanuit ʼn politokratiese oogpunt ook die daadwerklike behartig van regeringsfunksies. waarvan die tuistelike politieke eenhede deel uitmaak. veral wat betref die getal inwoners (lede) en burgers. Die domisiliebeginsel bepaal die locus van regering oor die dinge wat gemeenskaplik in so ʼn plaaslike gemeenskap is. Dit is om twee redes die geval. Dit is ook nie ʼn kontinuering van die territoriale staat in kultureel homogene vorm nie. In sulke plaaslike gemeenskappe word die locus van regering gelyktydig deur domisilie. is dus ʼn kritiese kwessie vir politokrasie. Nie een van hierdie tuistelike vorme van regering sit die huidige territoriale staat voort nie.

Sodra dit weer tuistelik uitgevoer kan word. Aan die hand van die beginsel van subsidiariteit sien sake heel anders daaruit. Dit is alleen wanneer dit klaarblyklik onmoontlik blyk te wees vir ʼn meer tuistelike regering om ʼn funksie te behartig dat dit na ʼn regering wat wel by magte is om die betrokke funksie uit te voer ‘opgewentel’ mag word. nie aan dieselfde beperkings onderhewig nie. want daarvolgens kan ʼn tuistelike regering maksimale regeringsfunksies uitoefen. provinsies en deelstate toegedeel word. moet afwenteling weer plaasvind. munisipaliteite. Opwenteling is in beginsel tydelik: regeringsgesag bly opgewentel alleen vir sover dit noodsaaklik is en solank dit nie afgewentel kan word nie. terwyl die magte van alle munisipale regerings ook gelyk is. Waar plaaslike regeringsfunksies inherent beperk is. beperk. Selfregering is op sy beurt weer heg verbind met die beginsel van menswaardigheid. ʼn Menswaardige handelswyse vereis dat volwasse handelingsbevoegde mense in beginsel nie aan voorskrifte onderworpe moet wees nie. is ʼn kwetsende objektivering van mense en krenk hul menswaardigheid. met inbegrip van die soort funksies wat gewoonlik met nasionale regering vereenselwig word.288 Hoofstuk 10 regering se eerste verantwoordelikheid kragtens die subsidiariteitsbeginsel is juis om te help toesien dat die betrokke funksie wel deur die mees tuistelike regering uitgeoefen kan word. Die vertolking van die subsidiariteitsbeginsel wat hier voorgehou word. tensy en totdat dit blyk dat dit noodsaaklik is om die betrokke mag op te wentel. Dit is in hierdie opsig dat tuistelike gemeenskappe en tuistelike regering juis van plaaslike (munisipale) regering kragtens geykte grondwetlike reëlings verskil. Al vereiste daarvoor is dat die betrokke owerheid daadwerklik daartoe in staat moet wees. As uitgangspunt setel regeringsfunksies egter altyd op die mees tuistelike vlak. al is dit plaaslik gebaseer. . is dié van tuistelike regering. Die eenhede van ʼn bepaalde vlak sal gewoonlik presies dieselfde magte hê. Subsidiariteit en selfregering is heg verweef. Alle provinsies het aan die een kant presies dieselfde regeringsmagte. selfregering en subsidiariteit is gevolglik drie heg verbonde en wedersyds aanvullende beginsels. Dit kan verhoed word indien mense oor die bevoegdheid beskik om self oor hulle sake te besluit. Basiese menswaardigheid. Dit impliseer dat mense outonoom moet kan beslis oor die openbare sake wat hulle raak. Dwang en voorskrifte wat mense se outonome vermoë om self oor hul sake te besluit. Dit setel daar. verskil beduidend van die wyse waarop regeringsfunksies gewoonlik deur konstitusionele reëlings in die huidige territoriale staat aan federerende eenhede. Volgens die politokratiese sienswyse is die tuistelike vlak die natuurlike locus — die vertrekpunt en verstekposisie — van regeringsmag.

Die probleem lê nie by parogialiteit as sodanig nie. Dit is juis dié soort dinge wat gemeenskappe konstitueer. Hierdie standaardisering poog juis om so ʼn korrigerende uitwerking te hê en is ook deels suksesvol. of dergelike totalitarisme kan verstik. eiegeregtigheid of onderdrukking van eie gemeenskappe verval. eienaardigheid en oorvereenvoudigde sienswyses van ander onderskei. Dit is natuurlik iets wat weens die opkoms van internasionale en regionale menseregtestandaarde sedert die Tweede Wêreldoorlog inderdaad reeds bestaan. Aangesien soewereiniteit ingevolge ʼn politokratiese sienswyse nêrens uitsluitlik op een plek setel nie — ook nie in ʼn tuistelike regering nie — kan ʼn tuistelike regering van buite gekorrigeer word. wat die tuistelike gemeenskap in moralistiese bekrompenheid. of kan ʼn tuistelike regering sy mag tot nadeel van ʼn sektor in die betrokke tuistelike gemeenskap misbruik. So kan daar in die private belang van slegs sekere mense in plaas van in die algemene tuistelike belang regeer word. Tuistelike regering kan in ʼn geslotenheid. Trouens. daar is hoogs gemoderniseerde en omvattende gemeenskappe wat hulself juis weens hul eiesoortigheid. . Subsidiariteit en selfregering aan die een kant en korreksie aan die ander kant is natuurlik potensieel teenstrydig. maar by parogialiteit wat tot klaarblyklike nadeel en onderdrukking van mense binne daardie gemeenskap lei. Binne perke is dit trouens ook nie noodwendig sleg nie. Dit is iets wat telkens deur goeie politieke oordeel beslis moet word. of waar dit in daadwerklike gevaar vir ander gemeenskappe ontaard. nogtans ontoelaatbaar is omdat dit individuele immuniteit en vryheid inkort en dus tot ʼn totalitêre ingryping in die privaat aangeleenthede van individue mag lei. ʼn oormaat parogialiteit of sektarisme verval. Aan die ander kant mag die private aansprake van individue nie so ver strek dat dit die tuistelike regering se gesag inkort om die integriteit van die tuistelike gemeenskap te beskerm nie. Daar is nie ʼn klinkklare formule aan die hand waarvan hierdie spanning besleg kan word nie. afbaken en kenmerk. Verder kan tuistelike gemeenskappe en regerings as deel van en in wisselwerking met regionale en subkontinentale gemeenskappe en die globale gemeenskap ook gerig en gekorrigeer word om te verhoed dat tuistelike regering in chauvinisme. Drie hulpmiddels kan egter vir die bewaring van hierdie ewewig aan die hand gedoen word. Dit is in hierdie konteks dat korreksie ter sprake kom. soos trouens enige regering. kan skeefloop.Politokrasie 289 Korreksie Tuistelike regering. Korreksie hou in dat sekere besluite wat gemaklik op tuistelike regeringsvlak geneem en uitgevoer kan word. godsdienstige fundamentalisme. Parogialiteit en geslotenheid is niks vreemds nie.

290

Hoofstuk 10

Die eerste is dat politieke besluitneming, ook deur tuistelike regerings, deurlopend op grond van ʼn oop politieke besluitnemingsproses moet geskied. Wanneer bepaalde individue in die besonder deur so ʼn besluit geraak kan word, moet hul menings oor die betrokke aangeleentheid in ag geneem word en in die besluit neerslag vind. Dit kom neer op ʼn toepassing van die geykte beginsel van natuurlike geregtigheid, naamlik dié van audi alteram partem. Die tweede brei die ander beginsel van natuurlike geregtigheid, die nemo iudex in sua causa-beginsel wat gewoonlik net vir regterlike en administratiewe beslissings geld, na die terrein van politieke besluitneming uit. Daarvolgens is politieke besluite deur dominante politieke besluitnemers in hul eie partydige belang ontoelaatbaar. Derdens moet daar ʼn jurisdiksionele vermoede ten gunste van die gesag van die tuistelike regerings geld, om sodoende die integriteit van tuistelike gemeenskappe te beskerm. Dit is noodsaaklik om tuistelike gemeenskappe teen homogeniserende druk van kapitaalkragte markkragte en die homogeniserende impak van veral die internasionale elektroniese media te beskerm. Soos reeds gesê, is tuistelike gemeenskappe en regering die hoeksteen van politokrasie. Teen hierdie agtergrond word die sleutelkonsep van res publica en daarna dié van polites (burger) vanuit ʼn politokratiese perspektief toegelig. Die res publicae en die polites is so heg met mekaar verweef dat hulle mekaar in werklikheid impliseer. Hulle vorm deel van een logiese geheel. Ofskoon die twee konsepte afsonderlik behandel word, bly hulle onderling afhanklik. Hierdie konsepte hang nou saam met die probleem van die paslike omvang van die tuistelike gemeenskap, want sowel ʼn te groot as ʼn te klein tuistelike gemeenskap is onherbergsaam vir ʼn lewendige res publica en versmoor die uitoefening van burgerskap. Die omvang of die grootte van die tuistelike gemeenskap is dus van kardinale belang. Dit word ter afsluiting bespreek.

3

Res publica / Gemenebes

3.1 Eienskappe van ʼn res publica4
Volgens ʼn politokratiese siening soos tot dusver hierin uiteengesit, is daar verskeie gemeenskappe: vanaf die mees tuistelike tot die mees
4

Daar word hier ruim van die begrip res publica, soos dit uit die Romeinse sakereg stam, gebruik gemaak. Ofskoon daar ooreenkomste is, het dit hier nie dieselfde betekenis as wat dit in die sakereg het nie. Res publica binne die konteks van republikeins het egter nog altyd ’n ietwat ander betekenis as wat dit in die sakereg het.

Politokrasie

291

omvattende wêreldgemeenskap. Elkeen het sy eie res publicae. Daar is min sake wat werklik gemeenskaplik aan alle mense is. Daarom is ʼn wêreldgemeenskap die dunste — die vaagste en as ’t ware die mees verbeelde — gemeenskap. Nogtans is daar gemeenskaplike sake wat eie aan almal is, selfs al is dit net van tyd tot tyd of al is dit van ʼn meer abstrakte aard. Vir sover daar tog sodanige sake is, is daar wel ʼn wêreldgemeenskap. In die bespreking hieronder van res publicae, val die klem egter hoofsaaklik op die res publicae van tuistelike gemeenskappe omdat dit die grondslag van ʼn politokratiese orde is en omdat dit juis in tuistelike gemeenskappe en tuistelike regering is dat menswaardige demokratiese politiek en die uitleef van burgerskap tot sy reg kan kom. Die res publicae is die gemenebes — openbare sake van algemene belang vir alle burgers. Dit is die gemenebes van sake waaroor die politiek handel — waaroor burgers politieke besluite neem en die sake met betrekking waartoe regeer word. Daar bestaan dus ʼn logiese verband tussen die res publicae aan die een kant en burgerskap aan die ander kant, want burgerskap word met betrekking tot die res publicae uitgeoefen. Sonder die res publicae is daar niks waaroor daar gesamentlik beskik en regeer kan word nie. Daarsonder is alles privaat en is burgerskap, wat juis van die bestaan van ʼn gemenebes afhanklik is, onbestaanbaar. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt word burgers (politai) se aktiewe deelname en hul beskikking oor die res publicae as ʼn inherente deug beskou. Dit stel mense in staat om daadwerklik menswaardig oor die openbare sake wat hulle in gemeen het, te beskik in plaas daarvan om inherent mensonwaardig deur voorskrifte geobjektiveer te word, of blote toeskouers te wees van die lotgevalle van die sake wat hulle gemeenskaplik raak. Burgers se gemeenskaplike deelname aan regering oor die gemenebes is ook inherent deugsaam omdat dit mense in staat stel om uit die private domein te beweeg. Deur deelname aan regering word burgers in die posisie geplaas om hulle oor die gemeenskaplike res publicae rasioneel aan mekaar te verantwoord, om medeburgers aan te hoor en deur hulle beïnvloed te word en tegelyk om aangehoor te word en te beïnvloed — om ʼn impak te hê. So ʼn republikeinse handelswyse is volgens ʼn politokratiese sienswyse per se deugsaam. ʼn Res publica is egter nouliks in ʼn geografies uitgestrekte en bevolkingsryke territoriale staat bestaanbaar. Daarom is daadwerklike burgerskap, wat nie sonder behoorlike res publicae moontlik is nie, beswaarlik in die territoriale staat bereikbaar. Dit is veral so wanneer die bevolking van die territoriale staat ʼn hoë mate van heterogeniteit vertoon. Die staat is in so ʼn groot opset eenvoudig te ver van die meeste inwoners verwyderd en die inwoners te veel en dikwels te heterogeen, wat meebring dat werklik gemeenskaplike openbare sake, wat as gemeenskaplik beleef word, ontbreek. Anders gestel, daar is in werklikheid gewoon geen sinvolle res publicae nie.

292

Hoofstuk 10

In die afwesigheid van so ʼn gemenebes verdwyn die moontlikheid van daadwerklike burgerskap en raak mense bloot individue wat hulle met hul private sake besig hou. Vir sover daar ʼn gemenebes bestaan, is dit bloot ʼn abstraksie. ʼn Daadwerklike stel res publicae kan eers teenwoordig wees wanneer die politieke gemeenskap geografies en demografies beduidend meer beperk — en heg — is. Eers dan raak dit moontlik vir individue om die amp van burgerskap op te meen en saam met medeburgers oor hulle res publicae te beskik. Voordat daar werklike res publicae kan wees, moet daar dus daadwerklike menslike gemeenskap wees. Vir die doel van die tuistelike gemeenskap en tuistelike regering vereis dit minstens ʼn minimum-graad van homogeniteit en menslike betrokkenheid met mekaar. Die res publicae reflekteer daadwerklike gemeenskap. Hierin kan die politiek — die vrye deelname aan openbare sake van die gemenebes, dit wil sê die daadwerklike praktisering van burgerskap — gedy. Die hegste gemeenskappe beskik oor die mees omvattende res publicae. Daarom beskik tuistelike gemeenskappe oor ʼn meer omvattende gemenebes as meer omvangryke gemeenskappe; en daarom beskik tuistelike gemeenskappe van die eerste soort wat hierbo beskryf is, naamlik ʼn tuistelike homogene kultuurgemeenskap wat op dieselfde plek gekonsentreer is, oor die omvattendste res publicae en oor die mees omvattende geleentheid vir burgerskap. Die res eienskappe: publicae vertoon die volgende onderskeidende

• Dit kan nie soos privaat eiendom in individue, ter uitsluiting van ander individue setel nie. Dit is dus nie vir die eksklusiewe beheer van ʼn individu vatbaar nie. Dit veronderstel altyd gesamentlike en gemeenskaplike belange daarin en beheer daaróór, saam met andere wat ʼn gelyke of soortgelyke belang daarin het. Daar kan nie op dieselfde wyse as bates in commercio (in die handelesverkeer) daaroor beskik word nie en die privaatregtelike verskynsels van (individuele) eiendomsreg, beswaring of vervreemding na gelang van die wilsbesluit van die individuele reghebbende kan nie ten opsigte van res publicae voorkom nie. Die res publicae oorskry gewoonlik die individu se lewensduurte. ʼn Individu word as ’t ware daarin gebore en by afsterwe laat hy/ sy dit gewoonlik — weliswaar moontlik ietwat verander — agter; • Die res publicae veronderstel altyd ʼn gemeenskaplike belang met andere. Dit is nooit te bedink sonder andere wat nie ook ʼn belang in dieselfde res publica het nie. Besluite oor die res publicae kring altyd uit na almal wat ʼn belang in die res publicae deel. Net soos die res publicae dus nie in ʼn enkele individu kan setel nie, is die lotgevalle daarvan ook nooit tot slegs enkeles beperk nie. As een daardeur bevoordeel word, beteken dit gelyktydig ook voordeel vir ander en as een deur ʼn inbreuk op die gemenebes benadeel

Politokrasie

293

word, volg daar terselfdertyd nadeel vir ander burgers. Aangesien die res publicae altyd gemeenskaplike belange is en nooit eksklusief in ʼn enkele individu kan setel nie, bring die beskikking daaroor noodwendig altyd alle ander persone (burgers) met ʼn gedeelde belang in die res publicae op die voorgrond. Beskikking oor die sake van die gemenebes veronderstel derhalwe altyd interaksie met ander burgers oor die gemenebes. Die res publicae impliseer dus dat mense as burgers op mekaar aangewese is. Daarom is dit wat as res publicae gehou (gedeel) word, ook die sement vir die (burgerlike) gemeenskap. Ofskoon burgers oor die res publicae kan verskil en kan twis, word die res publicae in die finale instansie as hul gemenebes gesamentlik deur alle burgers gehou en is dit dus juis die grondslag vir ʼn daadwerklike gemeenskap.5 Wat is dan die gemenebes — die res publicae — van die tuistelike gemeenskap? Met ander woorde, watter sake en watter bates is die gemenebes van die burgers van die tuistelike gemeenskap — die openbare sake wat burgers met mekaar in gemeen het en waaroor hulle saam beskik?6

3.2 Die res van die res publicae
In die omvattende territoriale staat wat op ʼn liberale grondslag bedryf word, kan die res publicae skraal raak, omdat soveel dinge binne die private sfeer en dus buite die terrein van politieke besluitneming geplaas word. Daarteenoor kan sake wat werklik individueel en intiem is en dus in die private domein tuishoort, verkeerdelik as res publicae getipeer word. Dit baan die weg vir ʼn totalitêre staat, waardeur regeringsingryping individuele vryheid en sosiale verkeer met onbehoorlike voorskrifte beperk. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is die winste van individuele vryheid wat deur die moderne era teweeg gebring is, kosbaar. Totalitêre ingryping is daarom verwerplik. Om dit te verhoed, mag wesenlik private aangeleenthede nie as res publicae behandel word nie.

5 6

Sien hieroor Malan (n 1 hierbo) asook M Berent ‘Collective rights and the Ancient Community’ (1991) IV Canadian Journal of Law and Jurisprudence 394. Helderheid oor die res van die res publicae lê in ʼn onderskeid wat getref word tussen sake binne die handelsverkeer (res in commerrcium) in teenstelling met sake buite die handelsverkeer, oftewel die res extra commercium, waaronder die res publicae tel. Individue as deelnemers aan die ekonomiese verkeer staan in verhouding teenoor die res in commercio, terwyl burgers (politai) weer in verhouding tot die res publicae staan. ʼn Innoverende hervertolking en uitbreiding van die res publicae is sentraal belangrik vir die politokratiese bedeling. Die konsep van res publicae as belange wat volgens die Romeinsregtelike indeling in beginsel buite die handelsverkeer val, is waardevol omdat dit die gereedskap verskaf vir die ontwikkeling van bates (res in die breedste sin van die woord) vry van die dissiplines van die ekonomiese kategorieë.

294

Hoofstuk 10

ʼn Groot aantal werklike algemene openbare sake is denkbaar.7 Wat hier volg is dus nie ʼn katalogus van alle res publicae nie, maar wel ’n bespreking van die wesenlikste res publicae, naamlik taal, patria, gemeenskap en openbare instellings. Dit is die res publicae waarsonder burgerskap en ʼn politieke lewe nie moontlik is nie. Taal Taal is ʼn belangrike merker van individuele identiteit. Dit is en word ook as sodanig deur baie mense beleef. Dit is voorts die gemeenskaplike middel wat burgers in staat stel om gesamentlik oor die res publicae is te beskik. Sonder ʼn gemeenskaplike taal is dit onmoontlik vir burgers om met mekaar interaksie te hê en om oor die res publicae te beskik. ʼn Gemeenskaplike taal is dus die grondslag vir al die ander res publicae. Sonder ʼn gemeenskaplike taal, is alle ander res publicae prakties ondenkbaar omdat dit dan onmoontlik is om daaroor te beskik — gesamentlik daaroor te regeer. Taal(gemeenskaplikheid) is dus nie net die primêre res publica nie, maar terselfdertyd die noodsaaklike voorvereiste vir die sinvolle bestaan van alle ander res publicae. As ʼn persoon nie deel van die taalgemeenskap is nie, beteken dit dat hy/sy nie in staat is om deel te neem aan die beskikking oor enige van die (ander) res publicae nie en derhalwe ook nie by magte is om ʼn burger te wees nie. Daar mag veeltalige tuistelike (en dergelike) gemeenskappe en veeltalige regering wees. Om regering in ʼn veeltalige opset moontlik te maak, vereis egter fasiliteite om almal, ongeag die taalverskeidenheid, deurlopend volwaardig en gelykwaardig deel van die politieke diskoers oor die gesamentlike beskikking oor die gemenebes te maak. Vir sover die diskoers oor die beskikking van die res publicae in ʼn taal of tale gevoer word wat nie almal verstaan nie, word diegene wat nie verstaan nie van burgerskap uitgesluit, want dit bring mee dat hulle nie saam daaroor kan beskik nie. Net so moet almal in ʼn veeltalige opset in staat gestel word om (as burgers) sonder inhibisies weens gebrekkige taalvaardigheid in die taal wat nie sy/haar moedertaal is nie, op gelyke grondslag met alle ander burgers aan die politieke diskoers en mede-regering deel te neem. Sommiges is van nature meer skugter en terughoudend, of hulle wil hulle eenvoudig nie met die wel en weë van die res publicae bemoei nie. Hulle sal om dié redes dus ook geïnhibeer voel om aan die politieke besluitnemingsproses deel te neem, of hulle uit vrye wil daarvan weerhou. As dit die geval is, is hulle persoonlike temperament, persoonlikheidseienskappe of vrye wilsbesluit vir uitsluiting van die politieke besluitnemingsproses verantwoordelik.
7

Die leemte van sekere eietydse moderne denke wat sigself republikeins noem, is dat dit juis sonder ’n daadwerklike res publicae te werk gaan.

Politokrasie

295

Dit is nie die skuld van ʼn bedenklike konstitusionele reëling nie. As onderdrukking en inhibering van deelname aan mede-regering, oftewel die onvermoë om die amp van burgerskap op te neem, egter die gevolg is van ʼn taal-konstitusionele reëling wat deelname vir sommiges moontlik maak, maar dit vir ander bemoeilik of ontsê, moet dit natuurlik aan die betrokke onbillike konstitusionele reëling gewyt word. So ʼn reëling verskaf taal as basiese res publica aan sekere dele van die bevolking, maar sluit ander daarvan uit; dit maak van diegene wie se moedertaal vir politieke besluitneming gebruik word burgers, maar sluit alle ander in ʼn meerdere of mindere mate van die amp van burgerskap uit; dit bring seksionele regering mee vir diegene wat die betrokke taal ken en verkies oor diegene wat dit nie verkies of behoorlik magtig is nie. So ʼn konstitusionele reëling is klaarblyklik onbillik en ondemokraties. Nog meer laakbaar is die feit dat dit bowendien die basiese menswaardigheid skend van diegene wat weens die konstitusionele taalreëling gemarginaliseer word. Dit verkleineer hulle tot iets gelykstaande aan handelingsonbevoegde persone, want, asof hulle kinders is, word dit aan ander oorgelaat om oor hulle belange te beskik. Die mees ekstreme staatlike antwoord op ʼn veeltalige opset is in hoofstuk 6 uitgepluis. Daarvolgens kry een taal as staatlike taal voorkeur om aan die hand van ʼn staatsbouprojek ʼn staatlike identiteit na die beeld — en klank — van die sterflike god af te dwing. Mense moet daarvolgens hul eie taal en dergelike partikuliere eienskappe en waardes prysgee om in ooreenstemming met die politieke diskoers in die staatlike orde deel te neem en aan die identiteit van die staatlike orde te konformeer. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is dit ʼn onverskoonbare miskenning van mense se identiteit ter wille van die staat. Gesien vanuit ʼn politokratiese perspektief word die res publicae gekonstrueer aan die hand van die verskeidenheid van eienskappe van die bevolking en nie vanuit die belange van die territoriale staat nie. Gevolglik is die taal van elke taalgemeenskap ewe belangrik en kwalifiseer elke taal as fundamentele res publica van die betrokke gemeenskap en dus as taal wat as die medium dien vir beskikking oor die gemenebes van die betrokke gemeenskap. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt is ʼn taal van beperkte omvang nie ʼn struikelblok in die beoefening van burgerskap en mede-regering oor die res publicae nie. Inteendeel, dit is juis ʼn middel wat die beoefening van burgerskap en daadwerklike mede-regering moontlik maak. Dit is veral moontlik binne die beperkte omvang van die tuistelike gemeenskap. Soos verduidelik, is dit juis in die konteks van tuistelike gemeenskappe en regerings dat mense as burgers in medewerking en interaksie met ander burgers impak kan hê — mede kan regeer. Omdat dit binne die beperkte tuistelike konteks is, is burgerskap en mede-regering derhalwe juis moontlik in die (moeder)taal van die betrokke gemeenskap. Juis daarom is ʼn meer

296

Hoofstuk 10

omvattende of ʼn wêreldtaal hoegenaamd nie nodig nie. Dit is in die beperkte eie taal dat mense in staat gestel word om vry van inhibisie en ongemarginaliseerd impak in die politieke diskoers te hê — burgers te wees en sodoende mede te regeer. Die hantering van taal as ʼn basis-res publica sal verskil na gelang van die soort tuistelike gemeenskap waarmee ʼn mens te doen het. By die eerste en derde soort tuistelike gemeenskappe soos hierbo verduidelik (plaaslike kultuurgemeenskappe en transplaaslike kultuurgemeenskappe) sal daar juis weens hul kulturele homogeniteit net ʼn enkele taal as res publica wees. Met betrekking tot alle ander gemeenskaplike openbare belange van die betrokke gemeenskappe kan daardie enkele taal aangewend word as die voor die hand liggende medium waarin die sake van die betrokke gemeenskap bestuur word. By die tweede soort tuistelike gemeenskap, naamlik plaaslike kultureel heterogene dog heg verbonde gemeenskappe, sal daar juis weer taal-heterogeniteit (ʼn veeltalige opset) wees. Taal bly natuurlik steeds in hierdie geval ʼn res publica, met dien verstande dat dit verskeie tale in plaas van ʼn enkele taal is. In dié soort gemeenskappe behoort fasiliteite beskikbaar te wees om burgers van daardie gemeenskappe in staat te stel dat elkeen sy/haar taal van keuse met betrekking tot die bestuur van die gemeenskaplike sake van die betrokke plaaslike gemeenskap kan gebruik. Patria (en ander gemeenskaplike waardes van grond) Grond is vanuit ʼn ekonomiese oogpunt ʼn produksiefaktor. So gesien is grond afgebakende eenhede wat die basis is van produksie, industrie, handel en bewoning, en dit is natuurlik vatbaar vir private eiendomsreg, beswaring en vervreemding en dergelike beskikking kragtens die beginsels van die privaatreg. Dit is egter nie die enigste beskouing en funksie van grond nie. Grond is tegelyk ook die gemeenskaplike fisiese, psigiese (en simboliese) bate van ʼn gemeenskap. Dit is die land, die patria8 van ʼn gemeenskap in die geheel. Dit is die landstreek/stad/gebied waar ʼn bepaalde tuistelike (of meer omvattende gemeenskap) woon. Die patria sal afhangende van die betrokke tuistelike gemeenskap bepaalde kulturele eienskappe vertoon. In die geval van die eerste soort tuistelike gemeenskap, waar ʼn kultureel homogene gemeenskap op ʼn bepaalde plek saamgetrek is, is daardie plek juis die patria wat terselfdertyd die homogene kulturele eienskappe van die mense wat daar woon, vertoon. In die geval van die tweede — die hegte kultureel heterogene

8

Alternatiewe wat gebruik kan word is ‘vaderland’ en ‘heimat’. Patria word hierbo verkies, aangesien dit die gemaklikste resoneer met die beperkte omvang van die tuistelike gemeenskap van politokrasie.

Gevolglik is burgers bevoeg om oor die fisiese integriteit daarvan te waak. daarenteen. . Dit impliseer beperkings wat op die individuele beskikking van grond (in die privaatregtelike sin) geplaas mag word.10 Grond is ook in ten minste twee verdere opsigte — die een ekologies en die ander ekonomies — deel van die gemeenskaplike res publicae van die gemeenskap. Tewens. Politokraties gesien word daar dus ʼn ewewig gehandhaaf tussen grond as ʼn privaatregtelike ekonomiese bate wat as deel van die ekonomiese verkeer vir individuele beskikking (deur eienaars) vatbaar is. Grond mag derhalwe nie so ongebreideld vervreem word en die bewoningspatroon dus nie so ingrypend verander word dat dit die kulturele karakter van die tuistelike gemeenskap. Eerstens maak dit deel uit van die fisiese omgewing wat noodwendig skoon en gesond moet wees ten einde ʼn gesonde en sinvolle menslike bestaan moontlik te maak. wat onder die res publicae van so ʼn gemeenskap tuishoort. vanuit ʼn politokratiese hoek. Tweedens is die geheel van die grond waarop ʼn gemeenskap woon die gemeenskaplike bate (res publica) waaruit die gemeenskap sy ekonomiese welstand moet verseker.9 Die patria is die gemeenskaplike gemenebes van alle burgers. dit sluit juis by ’n geykte onderskeid met betrekking tot grond aan. maar in die gemeenskap as geheel.Politokrasie 297 plaaslike gemeenskap wat op een plek versamel is — sal die bewoners van die patria natuurlik weer heterogene kulturele eienskappe vertoon. Dit beteken natuurlik nie dat die eiendomsreg van individuele grondeienaars ontken word nie. teenoor grond as deel van die gemeenskaplike patria. is grond verdeelbaar van ander grond en van ander titelhouers. wat beteken dat dit buite die handelsverkeer val — dit is res extra commercium en derhalwe nie bemarkbaar nie. is dit binne die politieke bevoegdheid van die betrokke regering om die kulturele karakter van die betrokke plaaslike gemeenskap in stand te hou deur immigrasie daarheen te beheer. is dit res in commercio en dus bemarkbaar. Dit is die gemeenskaplike openbare bate van alle burgers van die betrokke gemeenskap en burgers beskik gesamentlik daaroor. is dit res publica. is dit onverdeelbaar deel van die gemeenskaplike patria en setel dit nie in private titelhouers nie. Vanuit ʼn privaatregtelike hoek. Hierdie onderskeid is natuurlik nie aan die reg onbekend nie. ontwrig nie. Vanuit die privaatregtelike hoek beskou. 9 10 Die derde soort gemeenskap. waarvolgens die owerheid oor die nasionale grondgebied regeer maar natuurlik nie die eienaar daarvan is nie. Vanuit ʼn politokratiese oogpunt beskou. beskik natuurlik nie oor die res publica van patria nie. Waar plaaslike gemeenskappe ʼn bepaalde kulturele karakter het en dus deur mense van ʼn bepaalde kultuur bewoon word (die eerste en tweede soort tuistelike gemeenskappe). wat nie plekgebonde is nie.

Gemeenskappe is ʼn omvattende konsep met kulturele. omdat dit die gemeenskap van die ekonomiese voordeel (wat betref voedsel. spreek dit vanself dat die gemeenskappe waartoe ons behoort ʼn primêre res publica is. fisiese en psigiese sekuriteit. waarby ons baat. Gemeenskap In 2.2. Dit impliseer weereens beperkings op die individuele regte van die betrokke eienaar om daaroor te beskik. In albei hierdie opsigte van grond as res publica — ekologies en ekonomies — beskik die gemeenskap as geheel oor grond. In daardie opsigte val die beskikking oor grond as gemenebes binne die regeringsbevoegdheid van die betrokke regering. omdat die instandhouding en welstand van die gemeenskap as geheel daarvan afhang. ensovoorts) wat benutting van grond meebring. ekonomiese en kulturele lewe. Hierdie klem op die gemeenskap as wesenlike res publica volgens ʼn politokratiese sienswyse doen weg met die staatlike orde se uitgangspunt dat die staat in die eerste plek bloot ʼn territoriale ordening onder ʼn gemeenskaplike regsorde oor enige aantal mense (any number of men) is (sien hoofstuk 4 en 5). Met gemeenskappe so wesenlik belangrik in ons bestaan. Regerings het dus die bevoegdheid om in die belang van die gemeenskap as geheel oor die ekologiese en ekonomiese welsyn van grond te beskik. Hy/sy kan byvoorbeeld nie die grond onbenut laat nie. waardes. ʼn sinvolle sosiale. is elkeen wedersyds vir die ander van belang. Hierdie staatlike siening verreken nie die belang van gemeenskap as hoeksteen en .1 hierbo is die sentrale belang van gemeenskappe vir ʼn politokratiese bestel reeds verduidelik. Gemeenskappe is die bron van individuele identiteit.298 Hoofstuk 10 Allermins. Wat geld vir die individuele eienaars geld natuurlik eweneens vir korporatiewe eienaars van grond. historiese. sosiale en ekonomiese eienskappe. Net so mag hy ook nie die grond ekologies tot die gesondsheids. Lede van ʼn gemeenskap wat gesamentlik daardie gemeenskap uitmaak. Dit beteken egter wel dat grond benewens die feit dat dit as deelbare eenhede deur individuele eienaars gehou word. ontneem. Dit word gesamentlik bewaak en daar word gesamentlik daaroor beskik en regeer.en dergelike nadeel van die gemeenskap in die geheel misbruik nie. die uitoefening van individuele regte en politieke deelname waardeur individue as burgers saam met ander burgers die gang van hul gemeenskaplike sake kan bepaal. Ingesluit by die gemeenskap is ook die tradisie — die versamelde wysheid en ervaring van nie net die huidige nie. maar ook van vorige geslagte. as geheel ook as ʼn res publica van ʼn ekonomiese aard vir die hele gemeenskap bestaan.

. Eerstens verskaf gemeenskappe deur instellings en deur ander mense wat tot daardie gemeenskappe behoort opleiding. a community of like persons whose end or aim is the best life possible’. waarin elkeen wedersyds deur die spesialisasie van al die ander bevoordeel word. talent en energie van die betrokke individu moontlik nie. Nogtans is sulke prestasies nooit suiwer individueel nie. Bowendien vind ander individue — die gemeenskap/pe waartoe presterende individue behoort — ook groot baat by sodanige prestasies. hoofstuk 9 119-120. voorbeelde en standaarde van prestasie. Dit maak werksverdeling moontlik. Inteendeel. inwoners verbied om onregmatig jeens mekaar op te tree en onderlinge konflik reguleer. Dit strek tot voordeel van die betrokke hardwerkende spesialiserende individue.11 Die polis is dus kwalitatief iets heel anders as ʼn pakt van wedersydse beskerming of ʼn handelsooreenkoms tussen mense wat (per toeval) op dieselfde plek woon en waar die regering bloot die handelsverkeer fasiliteer.12 Een van die mees tipiese eienskappe van eietydse gemeenskappe is dat hulle by uitstek spesialisasie moontlik maak.. Vir Aristoteles is die polis ‘. dit is juis ook deels te danke aan die gemeenskap/pe waartoe die suksesvolle individue behoort dat hulle in staat gestel word om te presteer. vaardighede en prestasies te maksimaliseer. maar terselfdertyd ook tot voordeel van die gemeenskappe waartoe elkeen behoort. Spesialisasie van die individu wat uitblink. Die voordele sluit ekonomiese welvaart in. Sodoende baan dit die weg vir potensieel presterende individue. wat elkeen in staat stel om sy besondere vermoëns maksimaal te ontwikkel. skep die indruk van ʼn individu wat oënskynlik soewerein op sy eie presteer. 11 12 Aristoteles (1962) The politics (Vertaling uit die Grieks deur TA Sinclair) Penguin Books Boek VII. . Natuurlik is prestasie nie sonder persoonlike ywer. vind politokrasie aansluiting by Aristoteles. Aristoteles (n 11 hierbo) Boek III. So ʼn gemeenskapsopset stel elkeen in staat om sy besondere individuele talente. fasiliteite. Weens die belang van ʼn gemeenskap van mense tussen wie daar daadwerklike gemeenskaplike bande bestaan.Politokrasie 299 voorwaarde vir die openbare (staatlike) orde nie. Prestasies van uitblinkers kan derhalwe tereg besing word. wat noodwendig spruit uit die optimale prestasie van ywerige spesialiserende individue. Individuele lede van gemeenskappe bevind hulle weens spesialisasie dus in ʼn netwerk van interafhanklikheid. Dit plaas individue in die posisie om potensiaal wat anders waarskynlik latent sou gebly het daadwerklik te verwesenlik. hoofstuk 8 271. wat in teenstelling met die staatlike orde juis ʼn daadwerklike gemeenskap as ʼn wesenlike voorwaarde vir die polis beskou.

ʼn Gemeenskap is dus ook die poel van die groot verskeidenheid van konstruktiewe vaardighede. erkenning daarvoor te kry en sodoende ook geluk te vind. talente. wat in die somtotaal van alle individuele lede van gemeenskappe versamel is. ook dááraan te danke. Dit is hierdie rykdom van vaardighede en bedrywighede wat individue in staat stel om hul individuele behoeftes te bevredig en terselfdertyd te spesialiseer en te presteer. Hierdie waarheid bring aan die lig dat die gemeenskappe waaraan ons behoort en die mense wat deel daarvan uitmaak. Die gemeenskap waarin (interafhanklike) individue danksy spesialisasie die vryheid het om volgens hul gekose nerings. Dit bevry individue om hulle potensiaal te ontdek. professionele en sakebedrywighede en dies meer. ambagte. ywer. Hierdie siening van gemeenskap onderstreep die kortsigtigheid van oortuigings oor individuele ongelykheid en klassestratifikasie waarvolgens daar op ander neergesien word weens die vermeende mindere ekonomiese bedrywighede (byvoorbeeld die vermeende ondergeskikte handewerk en fisiese arbeid) waarmee hulle hulle besighou. behalwe aan persoonlike ywer. ʼn Realistiese . ook die aanknopingspunt vir die vraag wat die aangewese omvang van tuistelike gemeenskappe behoort te wees. Spesialisasie is dus bevrydend. waarsonder geen sinvolle lewensbestaan en individuele prestasie moontlik is nie. want dit is juis weens die netwerk van interafhanklikheid van alle konstruktiewe ekonomiese bedrywighede dat elke besondere aktiwiteit — en prestasie — moontlik gemaak word. Elke individuele lid van ʼn gemeenskap het sy behoeftebevrediging en prestasie dus in wesenlike mate aan die ander — die gemeenskap as geheel — te danke. soos dit aan die einde van die bespreking van politokrasie sal blyk. ambagte. wat as gemeenskaplike res publica individuele prestasie moontlik maak. afhanklik. Hulle is op mekaar se ekonomiese bedrywighede aangewese en van wedersydse bystand wat uiteenlopende ekonomiese bedrywighede meebring. Dit is by uitstek die produk van ʼn gemeenskap waar take. Hulle besondere vermoëns bly sodoende altyd blote potensiaal en kan moeilik manifesteer. beroepe. bedrywighede en ekonomiese aktiwiteit in fyn besonderhede verdeel kan word. Sy prestasie is. Die presterende individu het dus sy prestasie in wesenlike sin ook te danke aan sy verbondenheid aan sy gemeenskap/pe. Sonder spesialisasie moet individue hul aandag bestee aan basiese oorlewing en in die besonder aan sake waarvoor hulle nie aangelê is nie. te slyp en vrye teuels daaraan te gee — om maksimaal te presteer. Buite hierdie gemeenskapsverband is spesialisasie onmoontlik. of professies te presteer. die onmisbare gemeenskaplike bate van ons almal is — een van ons kosbaarste res publicae. met ander woorde van ʼn gedifferensieerde welvarende ekonomie. is.300 Hoofstuk 10 Tweedens stel spesialisasie mense in staat om hul energie te konsentreer op die aspekte met betrekking waartoe hulle maksimaal kan presteer.

universiteite en kolleges. Sodoende word nie net aan elke individu erkenning verleen nie. dit kan nie deur een individu ter uitsluiting van ander benut word nie. teaters. biblioteke. Daardie individu is nooit die uitsluitlike individuele outeur van sy prestasies nie en ook nooit die uitsluitlike bevoordeelde daarvan nie. instellings van (demokratiese) openbare (politieke en ekonomiese) besluitneming en uitvoering. (Gelyke wedersydse respek is ook ʼn wesenlike eienskap van burgerskap en word by die bespreking van politai hieronder verder uitgepluis. aangesien dit tot almal se voordeel strek. paaie en dergelike verbindingsweë. Dit is die instrumente wat gemeenskappe bestendig en waardeur ʼn sinvolle en gelukkige bestaan moontlik gemaak word. howe en dergelike instellings en prosesse vir geskilbeslegting. openbare pleine van sosiale byeenkoms. Individue het ʼn gemeenskaplike belang dat elke ander individu se vaardighede en deugde maksimaal verwesenlik word. Dit bestaan nooit slegs vir een persoon ter uitsluiting van ander nie.Politokrasie 301 siening van die werking van ʼn gemeenskap met die spesialisasie wat dit meebring. Die (gespesialiseerde) gemeenskap is deels die kollektiewe outeur van die prestasies en ook die bevoordeelde daarvan. maar word die algemene geluk van die gemeenskap terselfdertyd bevorder. Die deugde en prestasies van ʼn bepaalde individu is derhalwe nooit net tot daardie individu herleibaar en aan hom te danke nie. Wanneer dit skade ly en nie behoorlik funksioneer nie. Daar bestaan ʼn enorme hoeveelheid instellings en fasiliteite van hierdie aard: skole. fasiliteite en prosesse is openbare bates. fasiliteite en prosesse Gemeenskappe kan net werklik deur middel van openbare instellings. Sodanige instellings. fasiliteite en prosesse is die gemeenskaplike bates van almal — van alle lede van die gemeenskap/pe wat daaraan deelneem en daardeur bevoordeel word.) Openbare instellings. onderstreep juis dat daar gelyke respek vir alle konstruktiewe bedrywighede behoort te wees. ly almal daaronder en wanneer dit gesond is en glad funksioneer strek dit tegelyk tot almal se voordeel. Dit is openbare bates van algemene belang. mediese en maatskaplike instellings en talle meer. instellings wat openbare dienste lewer. aangesien elkeen noodsaaklik is vir die instandhouding van die ander en van die gemeenskap as geheel. . In plaas van ʼn rangorde moet die klem eerder wees dat elke konstruktiewe bedrywigheid so goed en deugdelik moontlik gedoen moet word. Elke individu het derhalwe ʼn wesenlike belang by die instandhouding van die grootste moontlike en uiteenlopende rykdom van vaardighede en bedrywighede waarby ander mense betrokke is. fasiliteite en ooreengekome prosesse optimaal funksioneer. openbare media. Hierdie instellings. polisiedienste.

uitvoerende en regsprekende instellings. natuurlik nie die enigste gemeenskap is nie. word daar verwys na mense in hulle private hoedanigheid — mense wat hulle besig hou met die najaag van private en persoonlike belange. byvoorbeeld die wetgewende. Dit is gesamentlike openbare ondernemings en private inisiatief speel geen rol nie.302 Hoofstuk 10 Sommige hiervan. Die integriteit van die private inisiatief wat agter sulke ondernemings lê. waarop hierbo gewys is. Die fokus verskuif nou na die politai. Wie is dan diegene wat oor die res publicae beslis? Dit is natuurlik die burgers — die politai. maar volgens die politokratiese siening is die verskil wesenlik. maar openbare diens lewer en die gemeenskap in die breë dien. Wie is egter die politai. Die gemeenskap het as ʼn geheel ʼn belang by sodanige instellings. maar tog tegelyk gedeeltelik res publicae is. verdien beskerming. is volbloed res publicae. res publicae teenoor die private domein Wanneer van individue gepraat word. het dit ten minste inspraak daaroor. weer op burgerskap van die mees wesenlike boustene van ʼn politokratiese orde. naamlik van die tuistelike gemeenskap. Daar is egter ook ander wat weliswaar private ondernemings is. Ofskoon die gemeenskap uiteraard nie volskaalse besluitnemingsbevoegdheid daaroor het nie. ʼn Persoon is potensieel die burger van verskeie gemeenskappe — vanaf tuistelike tot meer omvattende gemeenskappe en uiteindelik van ʼn wêreldgemeenskap.1 Burgers teenoor individue. Ofskoon dit die geval is. Dit is instellings wat die produk van private inisiatief is. val die klem in die bespreking van politai wat nou hieronder volg. 4. Hierdie instellings is per slot van sake die produk van ʼn goedfunksionerende. Ook nie alle volwasse individue is volgens ʼn politokratiese sienswyse politai nie. is natuurlik nie ʼn volledige uiteensetting van die geheel van die gemenebes nie.politai Die konsep polites verskil wesenlik van die konsep individu. Die res publicae wat hier ter sprake gebring is. 4 Burgers . belang- . behoeftes. Verder was die fokus ook in die eerste plek op die gemenebes van die tuistelike gemeenskap wat soos verduidelik is. gesien vanuit ʼn politokratiese perspektief? Is dit bloot alle lede van ʼn gemeenskap. gespesialiseerde gemeenskap. Die territoriaalstaatlike beskouing van burgerskap erken weliswaar die onderskeid tussen die twee. of is daar bykomende kwalifikasies vir burgerskap — vir deelname aan mede-regering? By die bespreking hiervan moet ons weer in gedagte hou dat burgerskap ʼn veelsferige begrip is.

hoofstuk 1 103 verklaar Aristoteles dat dit duidelik is dat ’n burger iemand is . liefdes. Ofskoon daar van regsweë maatreëls bestaan om hierdie verhoudings deels te reël en vergrype en uitbuiting te verhoed. vriendskaps-. erotiese. ly hy eintlik alleen. Hierdie verhoudings hoort almal tot die private domein.Politokrasie 303 stellings. plesier en geluk. Tog is die soort belang waarmee hulle hul besig hou. As ʼn individu deur hierdie individuele dinge bevoordeel word en vreugde ervaar. Ons kan nouliks meer doen as om te aanvaar dat smaak verskil. is almal egter nie burgers nie. smake.13 13 Hierdie siening van burgerskap put onder andere uit Aristoteles se siening van burgerskap en van burgerlike deug.. ’n Burger verklaar Aristoteles (n 11 hierbo) Boek III. familie. sake. doelwitte. has a share both in ruling and in being ruled. Terwyl alle mense individue is. Wanneer mense in ʼn ekonomiese hoedanigheid optree en saketransaksies aangaan. Burgerskap dui mede-regering aan en mense is burgers wanneer hulle mede-regeerders van die res publicae is en in wisselwerking met ander burgers oor die gemenebes — die openbare sake van algemene belang vir almal — beskik en regeer. des te minder behoort dit aan openbare regulering onderworpe te wees. te bestraf ensovoorts. asook werks-. mense betrokke by verhoudings van ʼn private en dikwels van ʼn intieme aard. dit wil sê by gesins-. tree hulle weliswaar nie binne die intieme private ruimte op nie. Hoe meer privaat die verhoudings is. voorkeure. geskiedenis en agtergrond van elke individu. En as hy skade ly. Ons is almal individue en ons almal stig verhoudings van private aard en is daarby betrokke. hoofstuk 13 131 ‘.’ In Boek III. Dis gewoonlik so uniek en persoonlik dat mense die betrokke persoonlike strewes.. Hierdie verhoudings val binne die uitsluitlike belewenisterrein van die betrokke individue. vreugde. Wanneer hier na burgers en burgerskap verwys word. liefdes-. al betuig hulle opregte medelye en meegevoel. ʼn diens-. koop-. is hierdie verhoudings inherent privaat. eienaardighede en behoeftes nie werklik aan ander kan kommunikeer en rasioneel kan verduidelik nie.en dergelike verhoudings. dra dit die politokratiese betekenis van die amp van mede-regering oor die gemenebes. Ander individue kan hierdie dinge weens die persoonlike en dikwels intieme aard daarvan gewoonlik nie daadwerklik meeleef nie. Dit doen ons by uitstek op grond van private voorkeure. of huurkontrak sluit wat uiteindelik ʼn effek op private boedels het. is dit eintlik net syne wat hy hoogstens deels met ʼn klein klompie mense met wie hy in ʼn hegte privaat verhouding verkeer. Hierdie verhoudings spruit voort uit die persoonlike samestelling. Ander kan nie werklik meevoel en saam ly nie. kan deel. Individue is op baie plekke met hierdie soort dinge besig: in die privaatheid van hulle wonings maar ook daarbuite. voorkeure. steeds individueel. smake.

Dit bied juis ʼn skans teen vergrype teen individue in die private domein. die onderskeid is nie klinkklaar nie. Regsvoorskrifte word as dwangmiddel misbruik om individuele konformering in die private sfeer te bewerkstellig oor sake wat niks met die gemenebes en met ander individue te doen het nie. Die misbruik van die politiek om individuele keusevryheid te skend en sodoende die private sfeer te skend. (Boek III. Dit is ook belangrik vir die instandhouding van politieke gemeenskappe en is daarom ook ooreenkomstig ʼn politokratiese sienswyse van groot waarde. Die politiek wat oor res publicae moet gaan. . Individuele outonomie en keuses oor private sake word sodoende ontneem en die private sfeer sonder regverdiging ingekort. vryheid en privaatheid van mense wat aan hierdie voorskrifte onderwerp word. Dit beteken egter nie dat dit nie steeds van belang is nie. hoofstuk 5 112. wat meebring dat die openbare diskoers oor die res publicae verkeerdelik in beslag geneem word deur mense se privaat sake. is egter nie net nadelig vir 13 wat daarop geregtig is om aan die uitoefening van gesag. Die duidelike onderskeid tussen die burger en die individu bring mee dat die maatstawwe vir ’n goeie burger en ʼn goeie individu ook verskil. Dit kom neer op ʼn onverskoonbare skending van die individuele menswaardigheid. Wanneer dinge van die private sfeer verkeerdelik vir ʼn res publica aangesien word en dus die onderwerp van politieke besluitneming word. Die onderskeid moet daarom deurlopend aangewend word om te help verseker dat die integriteit van sowel die res publicae as die private sfeer in stand gehou word. hoofstuk 4 107). Toegegee.304 Hoofstuk 10 Die onderskeid tussen die burger en die individu val saam met die onderskeid tussen private sake en die res publicae. Bemoeisieke individue kry dan die bevoegdheid om in die private sake en lewensstyle van ander in te meng en aan hulle voor te skryf hoe hulle hul private lewens moet inrig. sowel raadplegend as regsprekend deel te neem. word gevolglik in ʼn slegte lig gestel en benadeel omdat dit vir vergrype in die private domein misbruik word. In ooreenstemming met Aristoteles se siening van burgerskap is sy siening van burgerlike deug soos hy dit in Boek III. Die beskerming van individue teen politieke ingryping en voorskrif en die ooreenstemmende beskerming van individuele regte is deel van die winste van die moderne era. and I think we might say that the goodness of the citizen is just this — to know well how to rule and be ruled. raak die politieke orde voorskriftelik en totalitêr. Sien ook Boek 3. In ʼn politokratiese bestel is die res publicae die terrein van politieke besluitneming teenoor private sake wat buite die politiek — buite die res publicae — val en aan individue oorgelaat word om in hulle private hoedanigheid daaroor te besluit. hoofstuk 4 109 beskryf: ‘But is it surely a good thing how to obey as well as how to command. Onderskeide in sosiale en politieke sake is per slot van sake nooit klinkklaar nie. Die private sfeer word in die res publicae geabsorbeer.’ Sien ook 110 in dieselfde hoofstuk waar Aristoteles in dieselfde trant uitbrei.

maar dit is veral in klein nie-getalryke tuistelike gemeenskappe waar dit op sy ergste kan raak en sodoende ʼn 14 Aristoteles (n 11 hierbo) Boek III. Sodoende word die integriteit van die gemenebes wat slegs openbaar is. is derhalwe tegelyk ook vir die uitoefening van burgerskap en vir die politieke deelname nadelig. hoofstuk 4 107 maak ’n punt daarvan om dit te verduidelik en kom tot die gevolgtrekking: Clearly then it is possible to be a good and serious citizen without having that goodness which makes a good man good. Vir die res publicae en die politiek bring dit ʼn dubbele nadeel mee. uit die sfeer van openbare deelname gehou word. Aan die een kant word daar teen (individuele) burgers in hul hoedanigheid as burgers gediskrimineer oor sake wat nie op burgerskap en die gemenebes betrekking het nie. Meer nog. geskend met optrede wat nie daarby hoort nie en word die res publicae se reputasie tot nadeel van politieke deelname aangetas. insigte en oordele oor openbare sake en nie ingevolge hulle psigiese opset. Die miskenning van individuele vryheid. geskend.Politokrasie 305 individuele menswaardigheid. Terselfdertyd strek dit tot nadeel van die politieke gemeenskap — een van die belangrike res van die res publicae — as geheel. omdat die politieke bydrae wat hierdie burgers tot die politieke gemeenskap as geheel kan lewer. Die punt is dat die maatstawwe vir goeie burgerskap teenoor ʼn goeie individu uiteenlopend is. Binne hierdie sfeer moet mense mekaar beoordeel op grond van hul menings. wat op die individu in die private sfeer inbreuk maak.14 Indien hierdie onderskeid tussen die goeie individu en die goeie burger nie ingesien word nie en die maatstawwe van die private op die openbare toegepas word en omgekeerd. Op die terrein van politieke deelname oor die sake van die gemenebes behoort mense met mekaar as burgers te doen te kry. Hierdie probleem kan in enige politieke gemeenskap — groot of klein — voorkom. Die maatstawwe verskil. vryheid en privaatheid nie. wat meebring dat die uitoefening van hul burgerskap bemoeilik word. want in die openbare sfeer word individue se private keuses teen hulle gehou. Sien ook verder Boek III. Dit misbruik die res publicae vir optrede teen individue in hulle private domein. . waarbinne die politiek moet afspeel. hoofstuk 13 129. word sowel die burger as die individu te na gekom en word die integriteit van die private sfeer én die openbare sfeer. Dit bring mee dat burgers op grond van private aangeleenthede en voorkeure wat met die res publicae en die amp van burgerskap niks te make het nie. Daarenteen kan ʼn deugsame individu bes moontlik nie aan die maatstawwe van burgerskap voldoen nie. persoonlikhede en private lewenstyl en keuses nie. ʼn Persoon kan ʼn voortreflike burger wees sonder om noodwendig ʼn besonder voorbeeldige individu te wees. dit is boonop nadelig vir die politieke gemeenskap en vir burgerskap. verbeur word.

Dit is onder andere om hierdie rede dat tuistelike politieke gemeenskappe. Soos verduidelik. Burgerskap in die politokratiese sin het. individue se privaat lewens te reguleer.2 hierbo). so belangrik is. Hierdie punt is een van die grondslae van politokrasie. In die territoriale staat is burgerskap wesenlik ʼn bepaalde status wat vir alle praktiese doeleindes permanent en staties is. verlaat en aan die vereistes vir burgerskap van ʼn nuwe staat voldoen.306 Hoofstuk 10 gemeenskap kan vernietig. (sien 2. Jy hou op om burger te wees sodra jy jou bemoeienis met en deelname aan die mede-regering van die gemenebes staak en word weer burger sodra jy dit hervat. wisselvallig en dinamies. totalitêre orde wat individuele menswaardigheid en vryheid sowel as die politieke gemeenskap met een slag nekomdraai. natuurlik ook ʼn juridiese betekenis. Dit baken die onderskeid af tussen staatlike burgerskap en burgerskap in die politokratiese sin. Dit word vervolgens toegelig. soos burgerskap in die staatlike sin. 4. is burgerskap (politeia) primêr ʼn politieke amp en hoedanigheid — die hoedanigheid waarvolgens ʼn persoon saam met sy mede-burgers die sake van die politieke gemeenskap behartig en daaroor regeer. bly jy ʼn burger totdat jy die territoriale staat waarvan jy ʼn burger is. aan die korreksie van groter politieke gemeenskappe moet blootstaan. Dit is ook om hierdie rede dat die optimale grootte van tuistelike gemeenskappe.4) — en politokratiese demokrasie. Toegang tot burgerskap bly egter altyd oop vir alle (handelingsbevoegde) lede . ofskoon hulle die grondslag van ʼn politokratiese orde moet wees. wat hieronder in 4. Dit is ook die grondslag vir die onderskeid tussen massokrasie — die demokrasie van die territoriale staat (sien hoofstuk 7. Daar is per slot van sake aan die begin van die bespreking van politokrasie in hierdie hoofstuk aangedui dat politokrasie ʼn politiek-konstitusionele orde beskryf. blyk dit reeds duidelik dat alle mense in ʼn politieke gemeenskap nie noodwendig burgers is nie. Hierdie burgerskap is egter tydelik. Jy word en bly burger vir solank jy jou met die res publicae bemoei en aan die mede-regering van die gemenebes deelneem. By die bespreking van burgerskap is die vertrekpunt egter polities eerder as juridies. Sodoende verval die politieke gemeenskap tot ʼn benoude.4 behandel word.2 Burgerskap Uit die onderskeid wat hierbo tussen die individu en die burger getref is. In ʼn beperkte politieke gemeenskap is dit makliker vir ʼn klein groepie puriteine om beheer te verkry en in naam van die gemenebes hul puriteinse oortuigings van hoe mense hul privaat lewens moet inrig. puriteinse. wat noodwendig beteken dat sentrale konsepte van die politiek ook juridies verreken moet word.2. As jy een maal ʼn burger is.

bloot deur weer by die bedrywighede van die gemenebes betrokke te raak en daadwerklik aan mede-regering te begin deelneem. insig en oordeel wat met die regering daaroor gepaard gaan nie. word die mede-regeerders van die politieke gemeenskap. dit hom in staat stel om met ʼn voldoende oordeel aan openbare sake deel te neem. geletterdheids. Hulle beklee dus nooit die amp van polites nie. Hy kan die amp van burgerskap egter opneem (of herwin). Indien ʼn persoon verkies om sy energie uitsluitlik aan sy private sake te bestee. Politieke deelname gaan hiervolgens wesenlik daaroor om te stem. Baie mense toon nooit enige belangstelling in openbare aangeleenthede nie en vind volledige bevrediging en genoegdoening in die private domein. Politokrasie plaas ʼn hoë waarde op burgerskap. insig en oordeel oor die res publicae irrelevant. klasse-. in plaas van diegene wat juis in die res publicae belangstel.of geslagsmaatstawwe gewerk om die toegang tot politieke deelname en uitoefening van stemreg te reguleer (en ook om mense daarvan te weerhou). Daar mag aangevoer word dat ten minste sommige van hierdie maatstawwe aanduidend is 15 Idiotokrasie is afgelei van idiotos. Die versweë veronderstelling is dat wanneer ʼn individu ʼn vasgestelde ouderdom bereik het.Politokrasie 307 van die betrokke politieke gemeenskap. is egter om aan hierdie ongeërgdes en onkundiges seggenskap of medeseggenskap oor die gemenebes toe te ken. die Griekse woord vir ’n persoon wat nie in die sake van die polis geïnteresseerd is nie. kennis. Nog meer jammerlik as dit. . Dit hang van die vrye besluit van elke lid van die politieke gemeenskap af. ʼn Persoon word stemgeregtig op grond van die formele maatstawwe dat hy ʼn burger van ʼn bepaalde staat is en ʼn voorgeskrewe ouderdom bereik het. Daarmee verkies hy om nie ʼn burger te wees nie en dat diegene wat dit wel wil wees sonder hom oor die gemenebes kan regeer. hulle daarmee bemoei en in interaksie met ander burgers hulle kennis en oordeel daaroor slyp en ontwikkel. Vroeër — voordat algemene volwasse stemreg die wesenselement van (staatlike) demokrasie geword het — is daar met allerlei ander maatstawwe soos eiendoms-. Net soos burgerskap dui kieserskap ook ʼn permanente status (en die meegaande kompetensie om te stem) aan. Die sentrale konsep van demokrasie in die territoriale staat is die van stemgeregtigde kieser. Daardeur word die klaaglike teenoorgestelde van politokrasie — ʼn idiotokrasie15 — in die hand gewerk: Diegene wat nie in die gemenebes geïnteresseerd is nie. Hulle het geen erg aan die gemenebes nie en ontwikkel ook nie die kennis. Binne hierdie opset is mense se politieke belangstelling. is dit sy saak. Sy burgerskap is dus potensieel en nie daadwerklik nie. Politokrasie verwerp die idiotokrasie van die onkundiges en ongeërgdes (die niepolitai) en wil in plaas daarvan regering deur daadwerkliklike burgers — politai — bewerkstellig. Daarom is dit jammer dat so-iets gebeur.

Hierdie faktore werp insigself egter geen lig op geskiktheid om aan die politiek deel te neem en mede te regeer nie. Die toegang tot deelname aan die politiek (die daadwerklike uitoefening van burgerskap) moet bepaal word deur polities relevante maatstawwe. behoort die deurslaggewende faktor te wees of ʼn persoon as burger daadwerklik sy burgerskapsamp opneem en . geletterdheid. Dit beteken egter nie dat die blote bereiking van dié ouderdom (gelyke) politieke seggenskap moet meebring nie. Inteendeel. Die geskiktheid om oordeelkundig aan die sake van die gemenebes mee te doen. Hierteenoor is die kritiesrelevante faktor die vraag of ʼn persoon na vore tree om die amp van burger op te neem om sodoende aan die beskikking oor die res publicae deel te neem. hang per slot van sake nie af van ʼn faktor wat in die eerste plek van ʼn private aard is. Hierdie maatstawwe deel egter dieselfde wesenlike gebrek. is basies maatstawwe van ʼn private aard en geeneen is relevant vir die politiek en dus vir mede-regering oor die gemenebes nie. soos ouderdom nie. akademiese kwalifikasies. Wat het private kwessies soos ʼn persoon se geslag. Al hierdie maatstawwe versuim om die onderskeid tussen die individu en die burger te verreken. Die toeken van algemene volwasse stemreg bloot op grond van die bereiking van bepaalde minimum-ouderdom is teen hierdie agtergrond onvanpas. of die blote juridiese status van burgerskap wat aangewend moet word as maatstaf om te bepaal of ʼn persoon aan die politiek mag deelneem nie. soos reeds uit die bespreking hierbo blyk. inkomste of ouderdom per slot van rekening met sy vermoë tot oordeelkundige deelname aan sake van die gemenebes te doen? Ongeag hierdie kwessies mag ʼn persoon op ʼn glyskaal óf uiters geskik óf uiters ongeskik wees vir deelname aan en beskikking oor die res publicae — of iewers daartussen lê. Dit maak private maatstawwe wat vir die hantering van die gemenebes irrelevant is. Dit gebeur wanneer ʼn persoon as burger van ʼn politieke gemeenskap belangstelling toon en hom daadwerklik toewy aan sake van die res publicae en mede daaroor regeer.308 Hoofstuk 10 van mense se bevoegdheid om aan prosesse van openbare besluitneming deel te neem. naamlik dat dit die onderskeid tussen enersyds die gemenebes en burgerskap en andersyds die private domein en die individu ignoreer. Uiteraard moet ons ʼn minimum-ouderdom vir politieke deelname vasstel. Al hierdie maatstawwe wat aangewend word. Dit is nie eiendom. So kon aangevoer word dat eiendomsreg oor grond of die generering van inkomste op ʼn groter belang by die funksionering van die politieke gemeenskap dui en meer verantwoordelike politieke deelname en besluitneming in die hand werk. inkomste. op die terrein van die politiek van toepassing. bloot omdat menslike ervaring leer dat goeie oordeel gewoonlik iets is wat eers met volwassenheid ontwikkel.

politokraties beskou. Regering is derhalwe in die beheer van ʼn elite. nie ʼn plutokratiese elite van die rykstes of ʼn party-elite van die besgeorganiseerdes of iets dergeliks nie. Daarenteen is die kern van die politiek van staatlike demokrasie die periodiek vlietende uitoefening van stemreg deur dikwels apatiese en onkundige individue wat periodiek gemobiliseer word om ʼn dikwels net so oningeligte en onoorwoë stem uit te bring uit hoofde van persoonlike voordeel. in die eerste plek die deurlopende voer van die politieke diskoers tussen ʼn oop politokratiese elite bestaande uit ʼn politiek-belangstellende en toegewyde korps burgers en die deurlopende waak en regeer oor die gemenebes. een maal in ʼn paar jaar nie. altyd tot uitdrukking kom in die een of ander vorm van elite-regering. veral twee wesenlike verskille met staatlike massokrasie. Eerstens is die konstituerende elemente van die politokrasie nie alle stemgeregtigde kiesers nie. nie in die eerste plek geleë in die vlietende uitoefening van stemreg. maar wil verseker dat dit ʼn politiek tersaaklike en gekwalifiseerde oop elite is. maar wel in deelname aan die bespreking van. soos verduidelik is. politokraties beskou. besluitneming en administrasie van die gemenebes deur die burgery veel meer haalbaar as in die massokrasie van die territoriale staat. Inaggenome hoe burgerskap in ʼn politokratiese sin beskou word. besluitneming en waak oor die res publicae. Die bespreking van die demokratiese legitimiteitsfiksie in hoofstuk 7 het dit duidelik aan die lig gebring. Die uitoefening van die amp van burgerskap is vanuit ʼn politokratiese raamwerk. is die amp van burgerskap dinamies van aard en kan enige lid van die betrokke politieke gemeenskap burgerskap verwerf en verbeur. die amp nooit opneem nie. maar ʼn getal-beperkte korps van politai. Dit is egter ʼn polities relevante elite van burgers wat hulle eliteskap dank aan hulle polities tersaaklike belang by en toewyding aan die res publicae. hoe demokraties dit ook al mag voorgee om te wees. of as hulle verkies om hul lewens uitsluitlik in die private sfeer te lei. Dit is egter ʼn oop — ʼn toeganklike — elite en nie ʼn geslote aristokrasie nie.Politokrasie 309 mede-regeer. vertoon demokrasie. Aan die een kant mag dit op ouderdom twintig gebeur. maar aan die ander kant mag ʼn sestigjarige geen belangstelling hierin toon nie en gevolglik nie ʼn burger wees nie. anders as volgens staatlike demokrasie. Die punt is dat regering in die territoriale staat. want. In ʼn politokratiese bestel voer ʼn polities-relevante korps van burgers die politieke diskoers en regeer hulle oor die gemenebes. Hulle kwalifiseer vir regering op grond van polities-relevante maatstawwe. doeltreffende . Politokrasie erken die realiteit van elite-regering. is die faktor van daadwerklike openbare bespreking. Veral in die lig van die feit dat die tuistelike gemeenskap van veel beperkter omvang as die territoriale staat is. partylojaliteite. Tweedens is die fokus van demokrasie.

they are rather disabled than qualified for whatever depends on the knowledge of mankind. ʼn Swak presteerder in die private domein mag heel moontlik ʼn uitstekende burger wees. as it were.16 Dit is heeltemal irrelevant. inveterate in the recurrent employment of that narrow circle. wat andersins moontlik ongelykhede mag meebring. Hierdie vermoë word primêr bevorder wanneer daar voortdurend met die gemenebes gehandel word. Daar is per slot van sake nouliks tyd om aan iets anders aandag te gee. Net so neig die spesialis om ook uit sy diepte te wees op die (politieke) terrein van die res publicae. Hy verklaar oor professionele mense: ‘Their very excellence in their particular functions may be far from a qualification for others. Die punt is dat die sake van die gemenebes ʼn eiesoortige kundigheid. aangesien dit ook buite sy terrein val. ambagsman of dergelike spesialis vanweë die feit dat sy aandag deur sy werk in beslag geneem word. ʼn swak burger met ʼn treurige oordeel oor die sake van die gemenebes wees. rykdom en dies meer. It cannot escape observation. hoofstuk 4 119-110. that when men are too much confined to professional and faculty habits. 4. ambag. hoedanighede en bedrywighede soos geslag. goeie oordeel oor die sake van die gemenebes aan die dag lê en dus op die gebied van mede-regering oor die gemenebes uitblink. predikant.’ Op 138-9 van sy werk brei Burke verder hierop uit. on experience in mixed affairs. neig dit terselfdertyd om ʼn sin vir en vaardigheid en oordeel oor die res publicae af te leer en af te stomp. stereotipes. in 1790.310 Hoofstuk 10 party-organisasie. oordeel en vaardigheid. on a comprehensive connected view of the various complicated external and internal interests which go to the formation of that multifarious thing called a state. Hierin tel private statusse. Veel later. finansieel ondersteunde mediamanipulasie en dergelike irrelevante oorwegings en faktore.3 Burgerskaplike gelykheid In die res publica ontmoet burgers mekaar as gelykes omdat hulle die gemeenskaplike en gelyke status van burgerskap (politeia) deel. verg. Natuurlik kan ʼn spesialis ʼn groot 16 Dit is ook reeds deur Aristoteles ingesien en toegelig. die handel en die tegnologie ensovoorts slyp die vermoë om doeltreffendheid binne die betrokke gespesialiseerde terrein op te tree. . akademikus. Hierdie ingeoefende fokus op ʼn bepaalde terrein beteken egter gewoonlik dat die ingeoefende uit sy diepte is in ander gespesialiseerde terreine behalwe sy eie. ʼn Persoon se prestasies of wanprestasies in die privaat domein is geen aanduiding van sy geskiktheid as burger nie. Hulle deel in die gelyke bemoeienis met en regering oor die gemenebes. and. Ofskoon spesialisasie ekonomies noodsaaklik is. sluit Edmund Burke in sy Reflections on the Revolution in France (1968) 133 hierby aan. Dit is die vermoë om in wisselwerking met medeburgers oordeelkundig oor die gemenebes te regeer. regsgeleerde. professie. Sien byvoorbeeld Aristoteles (n 11 hierbo) Boek III. los van private hoedanighede en bedrywighede. Spesialisasie in die professies. Daarenteen mag ʼn briljante wetenskaplike. nie meer nie.

maar alle ander uitsluit. waarop reeds onder andere met verwysing na Aristoteles gewys is. teoloog. . politikoloog. Die sake van die res publicae is per slot van rekening almal se gemeenskaplike openbare saak en daarom behoort geen burger deur ʼn ontoeganklike vaktaal van die politieke diskoers uitgesluit of afgeskrik te word nie. Juridifisering van die res publicae hou dieselfde nadeel in dat openbare sake wat almal raak deur ʼn juridiese elite aan die hand van juridiese terme vir ʼn regselite ingepalm word en dat die burgery aan ʼn oënskynlik beterwetende juridiese elite uitgelewer word. fisikus. is dit boonop nadelig vir die gemenebes.4). is dit vir die beslissing oor die res publicae irrelevant. Dit moet nie afstanddoening van die regeerplig deur die burgers self meebring nie. Wanneer morele kwessies ter sprake is. En omdat dit ongelykheid tussen burgers meebring en die diskoers oor die gemenebes aan bande lê. ekonoom.Politokrasie 311 bydrae tot die politiek lewer. Indien hy daarin slaag. 17 Dit hang saam met die onderskeid tussen die deugsame burger en die goeie individu. Dit verongeluk burgerskaplike gelykheid en plaas teoloë in die voorgestoeltes van die politieke diskoers oor die gemenebes. Daar is natuurlik niks fout daarmee om deur deskundiges voorgelig te word nie. en dies meer nie. want hoe godsdienstig ter sake die teologiese diskoers ook al mag wees. Die bespreking word nie gevoer in vakwetenskaplike jargon van byvoorbeeld die morele filosoof. moet die diskoers daaroor eweneens gevoer word in politieke taal waartoe almal gelyke toegang het. weens die belang van menseregte is hierdie probleem tans juis besonder ter sake (sien hoofstuk 8. Met die opkoms van die territoriale staat en. Die vrae na die res publicae wentel om die saaklike hantering van die openbare sake van algemene belang. Dié advies soos enige ander professionele advies moet egter in verstaanbare taal aan alle burgers oorgedra word. is die sukses egter nie te danke aan sy buite-politieke spesialisasie nie. sodat die besluite uiteindelik behoorlik voorgeligte besluite van die burgers self kan wees. Dit is onaanvaarbaar. behoort die politieke diskoers ook op ʼn grondslag van gelykheid af te speel. maar juis aan die feit dat hy naas sy gespesialiseerde vermoëns ʼn vaardigheid en oordeel met betrekking tot die res publicae ontwikkel het. in die besonder. is daar vanuit die staanspoor ongelykheid in die bespreking wat slegs vir sekere ingewydes toeganklik is. Wanneer ʼn teoloog byvoorbeeld die sake van die gemenebes in teologiese terme sou voer. ingenieur. Trouens.17 In ooreenstemming met hulle gelyke status as burgers oor die sake van die gemenebes. veral voorligting oor ekonomiese kwessies is hier van belang omdat dit per slot van sake heg met die algemene welstand van die gemenebes verweef is. chemikus.3. juris. wat vir die gemenebes van belang mag wees.

351. E Seehold Etymologisch Wörterbuch der Deutschen Sprache Walter de Greuyter Berlyn (1989) 114-115. Duits: W Pfeifer et al Etymologisches Wörterbuch des Deutschen: A-G Akademie-Verlag Berlyn (1989) 232-233. Hierdie vraagstuk is sedert die Klassieke Griekse politieke filosofie ter sake en word onder andere deur Aristoteles (n 11 hierbo) Boek VII. Die burg (en sy sinonieme begrippe) verwys na ʼn militêre vesting. te wete ʼn verskanste. veral op 266 behandel. N van Wijk Franck’s Etymologisch Woordendoek der Nederlandsche Taal Matinus Nijhof (1912) 100. maar gaan verder as dit. Engelse citizen en burgher. ommuurde of versterkte plek. diegene wat die burg mede-regeer en saam met ander burgers die verdediging. Duitse Bürger en Franse citoyen het dit in gemeen dat hulle almal verbind word met die geografies en demografies beperkte. city en cité. Dit blyk reeds uit die Griekse verbintenis tussen die burger en die stadstaat (polites en polis).312 Hoofstuk 10 4. hersien en geredigeer deur CT Onions. hoofstuk 4. Frans: A Dauzat et al Nouveau Dictionnaire Étymologique et Historique Librairie Larousse Paris (1987) 169. ʼn fort. borough. homogene en outonome burcht (burg).4 Omvang Politokrasie doen weg met burgerskap se uitsluitlike vereenselwiging met die territoriale staat en verbind dit daarenteen primêr met beperkter en hegter tuistelike gemeenskappe waar ʼn res publica in reële terme bestaan en meer regstreeks en intiem deur die burgery beleef word. Burgers. Hierdie siening van burgerskap steun onder andere op ʼn ryk tradisie wat burgerskap van ʼn klein en hegte politieke eenheid afhanklik stel en dit daarmee vereenselwig. vergelyk byvoorbeeld: Nederlands: JW Muller en A Kluyver Woordenboek der Nederlandsche Taal (1902) (Derde Deel) Martinus Nijhof. AW Sijthoff Gent kolom 1895-1908. derde uitgawe herorganiseer deur GWS Friedrichsen Vol 1 Clarendon Press Oxford (1978) 253. beveiliging en algemene welsyn van die burg behartig. . meer in besonder.18 Hierdie siening van burgerskap strook met die politokratiese beskouing daarvan en weerklink ook in Aristoteles se burgerskap-siening in ʼn demokrasie. is die bewoners van die burg en. Engels: W Little et al Shorter Oxford Dictionary: On historical principles (voorberei. plaas die vraag op die voorgrond: wat behoort dan die optimale omvang van die tuistelike gemeenskap te wees? Hoe groot moet dit wees om ʼn politieke gemeenskap met beduidende res publicae en burgerskap te huisves? Waar lê die kritiese ewewig tussen ʼn te klein en ʼn te groot gemeenskap om ʼn tuistelike politieke gemeenskap moontlik uit te maak?19 18 19 Vir die etimologies verbintenis tussen burg en burger. Die Nederlandse burger. wat hiervan afgelei is. Burgerskap is per slot van sake afhanklik van die bestaan van ʼn ryk gemenebes wat alleen in tuistelike gemeenskappe teenwoordig is. Juis hierdie vereenselwiging van burgerskap met in die eerste plek die kleiner en hegter politieke gemeenskap.

ʼn gemenebes en demokrasie. is gewoon te omvattend om ʼn politieke gemeenskap. Dit impliseer dat hulle fisies nie te ver van mekaar verwyderd kan wees nie. in gedagte. Die gemenebes waaroor besluit moet word. Verder is ’n politieke gemeenskap natuurlik nie bloot die samekoms van individue (any number of men) in hul private hoedanigheid nie. Daarom is die verkieslike tuistelike gemeenskap een wat fisies ook beperk in omvang is — ʼn stad met ʼn klein hinterland. maar daar is wel aanduidings wat ʼn antwoord hierop help verstrek — aanduidings wat almal reeds geïmpliseer word in die politokratiese sienswyse. Vinnige elektroniese kommunikasie kan weliswaar help om interaksie te vergemaklik maar vervang nie die noodsaak om in mekaar se teenwoordigheid te wees nie. is moeilik haalbaar en demokrasie degenereer tot massokrasie. Dit kan dus nooit te klein wees nie. Hulle moet met mekaar in kontak wees en in interaksie met mekaar verkeer. gemeenskap en openbare instellings buitendien gewoon net iets wat te veel verbeel word. Aan die ander kant kan ʼn gemeenskap egter ook te klein wees om ʼn politieke gemeenskap moontlik te maak omdat burgerskap.Politokrasie 313 Daar bestaan nie ʼn enkele antwoord hierop nie. By die bespreking van optimale grootte of omvang het ons al drie die tuistelike gemeenskappe wat hierbo onderskei is. want dan verdwyn die openbare karakter van die politiek te maklik ten gunste van die private hoedanighede. waarin die beoefening van burgerskap as openbare saak voorop staan. Vir ʼn politieke gemeenskap moet daar ʼn . In die besonder moet burgers regstreeks en deurlopend behoorlik met mekaar kan kommunikeer om beskikking oor die res publicae moontlik te maak. Die territoriale staat. Politokrasie mik per slot van sake op lewendige politieke gemeenskappe. so is geargumenteer. Indien fisies te omvangryk. aangesien dit besluitneming en regering onmoontlik sal maak of beduidend sal bemoeilik. net soos in ʼn te omvattende opset verydel kan word. maar die klem val veral op die eerste — die plaaslike kultuurgemeenskap waar ʼn homogene kultuurgemeenskap dieselfde plek deel. Burgerskap. soos tot dusver uiteengesit. Dit beteken dat mense met mekaar te doen moet hê. burgerskap en demokrasie in stand te hou. Juis daarom is dit noodwendig veel meer omvattend as enige private gemeenskap. verhoudings en kwessies. eerder as ʼn uitgestrekte stuk aarde. eerder as dat dit daadwerklik bestaan en beleef word. raak die res publica van patria. wat impak en mede-regering veronderstel. moet verkieslik konkreet ervaar word in plaas van bloot abstrak bedink word. Dié dinge is reeds breedvoerig bespreek. By die behandeling van die vraag rakende die omvang van die tuistelike gemeenskap is die eerste punt van belang dat ʼn politieke gemeenskap natuurlik steeds ʼn gemeenskap moet wees.

voer ʼn politieke ingesteldheid ʼn opdraande stryd om die politieke diskoers op die gemenebes te fokus en om burgerskap van private hoedanighede en interaksie te onderskei. hoe groter is die risiko dat die onpersoonlike karakter van burgerskap in die slag bly en die politiek in die dryfsand van oormatige parogialiteit verval en dat ʼn klein groepie die gemeenskap totalitêr bestuur op grond van private voorkeure. Wat hiermee bedoel word is dit: burgerskap het ’n onpersoonlike karakter. Dit vereis twee dinge. in plaas van met die oog op die bewaking oor die (openbare) res publicae. in plaas van tussen burgers wat oor ʼn gemenebes regeer. . waarmee die politiek vernietig word. kan baie doen om die besondere politieke karakter van ʼn tuistelike gemeenskap in stand te hou. wat skeidslyne tussen individue en burgers volg en wat die hantering van die gemenebes nie deur privaat sake en voorkeure laat bepaal nie. wat die onderskeid tussen die private en die politieke terreine eerbiedig. Dan word die politiek in die privaat wêreld van gesins-. nie persoonlike.en dergelike private en persoonlike verhoudings van affiniteit of persoonlike afkeer. Maar as die hoeveelheid mense en burgers in ʼn gemeenskap min is. des te groter die risiko dat die gemeenskap privaat raak in plaas daarvan om die karakter van ʼn politieke gemeenskap te behou. familie-. Dit bly egter ʼn privaat aangeleentheid. Die eerste is ʼn politokratiese ingesteldheid. Dit raak ook moeiliker om te verhoed dat burgerskap in privaat verhoudings geabsorbeer word. Indien wel. Natuurlik is daar ruimte vir laasgenoemde. Dit beteken dat die (burgerskaplike) verhoudings tussen burgers juis buite-om gesins-. Dit is nie insidenteel tot burgerskap nie. is wesenlik onpersoonlik en juis verwyderd van die individuele interaksie van die private domein. Hoe minder die mense en burgers en hoe kleiner die gemeenskap. maar nie in die konteks van die politiek nie. wat rondom die behartiging van die res publicae wentel. ʼn Politieke ingesteldheid. familie-. Hoe minder mense die gemeenskap uitmaak. private en intieme betrokkenheid nie. Hierdie private dinge kan nie temas van die politiek word nie. vriendskaps. word die eg openbare karakter — die gemenebes-karakter van die politiek — prysgegee en geprivatiseer. Die saaklike verhoudings tussen burgers wat om die hantering van die res publicae wentel. Dit beteken ʼn diskoers tussen burgers oor die gemenebes. Daarsonder is die gemeenskap nie polities nie.en die persoonlike vyandskapsverhouding geabsorbeer. voltrek word. met ander woorde saaklike. openbare interaksie oor die gemenebes. Natuurlik leer burgers mekaar ook as individue ken en is die verskynsels van persoonlike afkeur of affiniteit sekerlik teenwoordig. en nie as onderwerp van die politieke diskoers en besluitneming nie.314 Hoofstuk 10 gemenebes — ʼn res publica — van openbare sake van algemene belang vir die betrokke gemeenskap wees. maar bloot ʼn privaat versameling waar interaksie bloot tussen individue bestaan. vriendskaps.

ywer. danksy hulle versamelde ryk agtergrond van uiteenlopende ervaring. want dit is juis sodanige instellings wat ʼn oop en vry ingesteldheid jeens die wêreld kan stimuleer. vaardighede en kunste aan . insigte en sienswysses en sodoende die politokratiese ingesteldeheid help waarborg. wat dergelike vergrype kan help regstel.2 hierbo). Dit stel mense in staat om te spesialiseer en sodoende hul energie te wy aan die dinge waarin hulle belangstel en die beste kan presteer in plaas daarvan om dit te moet versprei na sake waarvoor hulle nie aangelê is nie. Dit maak gevolglik individuele genoegdoening oor die wydste moontlike spektrum van behoeftes. Opvoedkundige instellings speel hierin ʼn sentrale rol. Dit is egter nie net individue wat in hulle privaat hoedanigheid by hierdie differensiasie en spesialisasie baat nie. Dit lewer aan die politieke gemeenskap ʼn burgery wat. ambagte. mense daarin oplei en help afrond. moralistiese. ʼn tegniese universiteit (technikon) en ʼn instellings vir opleiding in alle ambagte.2.Politokrasie 315 Politokrasie maak wel voorsiening vir korreksie (sien 2. aanleg en smake moontlik en stel mense in staat om eweneens die wydste moontlike spektrum van beroepe te beoefen. ekonomiese bedrywighede en dies meer die politieke gemeenskap voorsien van ʼn groot verskeidenheid van gesigspunte. Gevolglik het opvoedkundige instellings ook die besondere praktiese nut dat hulle die optimale getalsterkte van die tuistelike gemeenskap help bepaal. Dit is waar die optimale omvang in terme van die getalsterkte van die tuistelike gemeenskap in die prentjie kom. opleiding. belangstelling.2 hierbo) bied die aanknopingpunt vir die gepaste grootte van die tuistelike gemeenskap. Met so ʼn verskeidenheid verminder die kanse dat die politieke gemeenskap sy politieke aard kan verloor en in privatisme en ideologiese. Die verskeidenheid beskerm die politieke gemeenskap teen oormatige parogialiteit. professionele en sakebedrywighede ensovoorts wat die produk van hierdie interafhanklike netwerk is. godsdienstige of dergelike benepenheid of fundamentalisme kan versink. talente. Dit is presies hierdie dinge wat ʼn aanduiding verskaf van die gepaste omvang van die tuistelike gemeenskap. Die bespreking van gemeenskap as ʼn res van die res publicae (3. Daardie bespreking het aangetoon hoe bevrydend gemeenskappe vir individue is. Vergrype moet egter liefs voorkom word deur vanuit die staanspoor te sorg dat die gemeenskap groot genoeg is om parogialiteit vanuit die gemeenskap self teë te werk. Individue baat ruimskoots by die wye verskeidenheid van vaardighede. ʼn Politieke gemeenskap moet getalryk genoeg wees om ’n universiteit met ʼn breë kurrikulum. Voorts is dit opvoedkundige instellings wat differensiasie bevorder en ʼn breë spektrum van gespesialiseerde menslike aktiwiteit verreken en stimuleer. Hierdie verskeidenheid en spesialisasie is ook die voedingsbron vir die politieke gemeenskap. Die saak staan so: Gemeenskappe bring differensiasie mee en stel individue in staat om te spesialiseer. Gemeenskappe bring dus ʼn interafhanklike netwerk van spesialiserende individue mee.

nie geïsoleerd of soewerein is nie. waaraan ons as individue sowel as burgers meedoen. Dit is nêrens op net een plek nie. Politokrasie stel in die vooruitsig dat ons anderkant die territoriale staat gelyktydig deel is van meer omvattende politieke gemeenskappe en groter wêrelde. ideologieë. die waarskuwingsligte hiervoor weer begin flikker. Tuistelike gemeenskappe is weliswaar die onvervangbare elemente vir politokrasie maar politokrasie eindig nie daar nie.20 Sodanige instellings behoort natuurlik self by uitstek ʼn politokratiese ingesteldheid te bevorder om instellings vir die hele politieke gemeenskap te wees. oortuigings. of denominasies. Daar moet deurlopend in gedagte gehou word dat tuistelike gemeenskappe. Dit is waar ons in die eerste plek leef en waar ons as burgers in staat gestel word om ons gemeenskaplike gemenebes daadwerklik saam met mede-burgers self te regeer. Ofskoon ons openbare identiteit voorts nie volledig deur die tuistelike gemeenskap in beslag geneem word nie en ook mede-bepaal word deur die feit dat ons deel is van meer omvattende politieke gemeenskappe. . Politieke mag en besluitneming is verspreid en verdeel. Dit begin daar. Dit sentreer nêrens nie. word ons openbare identiteit veral ook nie bepaal en gedissiplineer aan die hand van die behoeftes van die Leviatan van die territoriale staat nie. Die getal mag beduidend groter wees.316 Hoofstuk 10 studente en vakleerlinge vanuit daardie gemeenskap te verskaf. Op grond hiervan bereik ʼn tuistelike politieke gemeenskap (spesifiek ʼn plaaslike kultuurgemeenskap) myns insiens in die orde van ʼn kwart miljoen mense sy optimale omvang. Die fondamente van politokrasie is egter geleë in die gesonde tuistelike gemeenskappe juis as politieke gemeenskappe. 20 ʼn Bevolking van ʼn kwart miljoen behoort reeds groot genoeg te wees om hierdie instellings te kan dra en sodoende ʼn omvattende kompleks van spesialisasie moontlik te maak om gevolglik ook te verseker dat die tuistelike gemeenskap grootliks selfvoorsienend is. in plaas van disfunksionele dienaars van seksionele belange van net sekere sektore. maar behoort nooit so getalryk te raak dat dit weer verval in die verarmde burgerskap. Daar kan geargumenteer word dat wanneer dit een miljoen oorskry. van watter aard ook al. in staatlike demokrasie se massokrasie en dergelike defekte van die territoriale staat nie.

A ‘Individualism. SJ ‘The capacity of international law to advance ethnic and nationality rights claims’ in Kymlicka. R ‘Hobbes’ Natural Man: A study in ideology formation’ (1971) 33 Journal of Politics 1076-1117 Ashcraft. H (1958) The human Condition University of Chicago Press: Chicago Aristoteles (1962) The politics (Vertaling uit Grieks deur TA Sinclair) Penguin Books Middlesex Artz. R & Goldsmith. J & Hall. Z & Mungham. FB (1980) The mind of the Middle Ages: An historical survey University of Chicago Press: Chicago Ashcraft.BIBLIOGRAFIE Abel. MM ‘Locke. AJ ‘Die filosofie van die konsiliebeweging’ in Faure. AM et al (reds) (1981) Die Westerse politieke tradisie Academica Pretoria 136-147 Arendt. and the formation of Whig ideology’ (1983) 26 Historical Journal 773800 Bankowski. B (1983) Imagined communities: Reflections on the origins and spread of nationalism Verso Londen Anderson. S ’Absolutism and other ancestors’ in Anderson. G (1976) Images of law Routledge & Kegan Paul: Londen Barrie. J (red) (1986) The rise of the modern state Wheatleaf Books Ltd 2140 Antonites. communitarianism and the rights of ethnic minorities’ (1992) 67 Notre Dame Law Review 615-676 Allen. W (red) (1995) The rights of minorities Oxford University Press Oxford 321-330 Anderson. GN ‘Die betekenis van De Groot vir die internasionale reg’ (1983) 46 THRHR 172-184 317 . revolution and principles. JW A history of political thought in the sixteenth century (1928) Methuen Londen Anaya. RL ‘The rise of professionalism’ (1979) 9 British Journal of Law and Society 82-98 Addis.

F (1996) The majority question in Europe:Towards a coherent system of protection for national minorities Council of Europe Publishing: Strasbourg Berent.318 Bibliografie Barrie. JG (1970) The law of treason in England in the Middle Ages Cambridge University Press Cambridge Bennet. GN ‘Uti possidetis versus self-determination and modern international law: In Africa the chickens are coming home to roost’ (1988) TSAR 451-456 Barrie. LG ‘The state and other basic terms in public law’ (1982) 99 SALJ 212-236 Beerling. F (1996) Die staat: Teorie en praktyk JL van Schaik 71-96 Benoit-Rohmer. M ‘Collective rights and the Ancient Community’ (1991) IV Canadian Journal of Law and Jurisprudence 387-399 Berki. HP (1988) Suid-Afrikaanse staatsreg Juta Kaapstad Baxter. AP et al (1987) Human rights source book Paragon House: New York Blum. RF et al (1970) Inleiding tot de wetenschapsleer Bijleveld Utrect Bellamy. TW ‘Elemente van die Staat’ in Wiechers. M & Bredenkamp. RN (1977) The history of political thought: A short introduction Rowman and Littlefield Totowa New Jersey Berlin. WT (1984) Theories of the political system Prentice Hall: Englewood Cliffs. E-W (1981) State. Massachusetts Blaustein. GN ‘Self-determination in modern international law’ (1995) Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers Barrow. DA & Viljoen. society and liberty (Vertaling vanuit Duits deur JA Underwood) Berg New York . RH (1949) The Romans Penguin Books Harmondsworth Middlesex Basson. New Jersey Böckenförde. HJ (1983) Law and revolution: The formation of the Western legal tradition Harvard University Press Cambridge. I (1969) Four Essays on Liberty (Two Concepts of Liberty) Oxford University Press Londen Berman.

V ‘The diminished nation state: A study in the loss of economic power’ (1995) 125 Daedalus 23-54 . C (1987) Europe in the Central Middle Ages 962-1124 Longman: Londen Brownlie. F (1993) A History of civilizations (Vertaal uit Frans deur R Mayne) Penguin Books: Londen Brierly. T (1992) International human rights: In a nutshell West Publishing Co St. JL (1963) The law of nations: An Introduction to the international law of peace (onder redaksie van H Wadlock) Clarendon: Oxford Brocchieri. A ‘Towards a theory of secession’ (1991) 101 Ethics 322 342 Buckland. EK & Melhuish. WW (1968) A Textbook of Roman Law: From Augustus to Justinian Cambridge University Press: Cambridge Burchell. KJ (1978) Western liberalism: A history of documents from Locke to Croce Longman Londen Braudel. MFB ’The Intellectual’ in Le Goff. H (1989) Volkereg en sy verhouding tot die Suid-Afrikaanse reg Juta Kaapstad Bozeman. I (1972) Basic documents of international law Oxford Brownlie. I (1979) African boundaries: A legal and diplomatic encyclopaedia University of California Press for the Royal Institute of International Affairs Buchanan. E (1962) Jurisprudence: The philosophy and method of law Harvard University Press Massachusetts Booysen. Paul Cable. J et al (2005) Principle of criminal Law Juta Burgenthal. AB (1976) Conflict in Africa Princeton University Press Princeton Bramsted.Bibliografie 319 Bodenheimer. I (1979) Principles of international law Clarendon Press Oxford Brownlie. J et al (reds) (1990) The Medieval World (Engelse vertaling deur LG Cochrane) Parkgate Books: Londen 181-210 Brooke.

ES ‘The ‘higher law’ background of American constitutional law’ (1928-9) 42 Harvard Law Review 365-409 Corwin. VI William Blankwood & Sons Ltd: Londen Carpenter. M ‘Are there any human rights?’ (1984) 113 Daedalus 1-17 Dagger.320 Bibliografie Caplan. G (1987) Introduction to South African constitutional law Butterworths Durban Cassese. FJC (1967) The social and political ideas of some great thinkers of the sixteenth and seventeenth centuries Dawsons: Londen 105-129 Clarke. ES ‘The establishment of judicial review’ (1910) 9 Michigan Law Review 102-25 Cranston. J ‘Lawyers and litigants’ in Ilich I et al (1977) Disabling professions Marion Boyers Publishers Ltd Londen 93-109 Carlyle. PB (1996) Deep citizenship Pluto Press: Londen Connor. AJ (1928) A history of Medieval political theory in the West Vol III. A ‘Democracy and law’ (1992) 2 Idasa Occasional Papers Chabod. V. IV. HM ‘King James I’ in Hearnshaw. F ‘Was there a Renaissance State’ in Lubasz. R ‘Rights’ in Ball. A (1995) Self-determination of peoples: A legal reappraisal Cambridge University Press Cambridge Chaskalson. H (red) (1964) The development of the Modern state Macmillan Co New York 2642 Chew. FC (1975) History of Medieval philosophy Methuen & Co Ltd Londen Corwin. T et al (reds) (1989) Political innovation and conceptual change Cambridge University Press Cambridge 292308 Dahl. RA ‘Decision-making in a democracy: The Supreme Court as a national policy-maker’ (1957) 6 Journal of Public Law 293 et seq . W ‘The politics of ethnonationalism’ (1973) 27 Journal of International Affairs 1-21 Copleston. W ‘Nation-building or nations-destroying’ (1971-2) 24 World Politics 319-355 Connor.

DA (red) (1984) Menseregte Tafelberg: Kaapstad 3-38 De Vos. RA (1984) A preface to democratic theory The University of Chicago Press: Chicago Dahl. DM ‘Human rights – a re-examination’ (1980) 97 SALJ 94-102 Davis. DJ (reds) (1983) Political alternatives for Southern Africa: Principles and perspectives Butterworths: Durban 84-96 Degenaar. P et al (1977) Die opkoms van Europa Butterworths: Durban D’Entrèves. JJ ‘Nations and nationalism: The myth of a South African Nation’ (1993) 40 Idasa Occasional Paper De Klerk. DM (1997) Fundamental rights in the constitution Juta Kaapstad De Benoist. DJ (reds) (1983) Political alternatives for Southern Africa: Principles and perspectives Butterworths: Durban 69-83 Degenaar. J ‘The Idea of absolute monarchy in seventeenth century England’ (1978) 21 The Historical Review 227-250 Dauzat. JJ ‘Pluralism’ in Van Vuuren. AP (1970) Natural Law Hutchinson Ltd Londen De Villiers.Bibliografie 321 Dahl. DM ‘Integrity and ideology: towards a critical theory of the judicial function’ (1995) 112 SALJ 104-130 Davis. R & Brierly. A et al (1987) Nouveau Dictionnaire Étymologique et Historique Librairie Larousse Paris David. A ‘Democracy revisited’ (1993) 95 Telos 65-75 Degenaar. DE ‘Die geskiedenis van menseregte’ in Du Toit. DJ & Kriek. B ‘Directive principles of state policy and fundamental rights: The Indian experience’ (1992) 8 SAJHR 29-49 De Villiers. JJ ‘Nationalism’ in Van Vuuren. W (1992) Regsgeskiedenis Juta: Kaapstad . DJ & Kriek. RA (1971) Polyarchy: Participation and opposition Yale University Press: New Haven Daly. JEC (1985) Major legal systems in the world today Stevens Londen Davis.

S ‘The new democracy’ (1963) 11 Political Studies 156-177 Duncanson. G ‘America and Europe . Pennsylvania Dixon. J (1984) Locke (Past Masters-reeks onder redaksie van Keith Thomas) Oxford University Press: Oxford Dunn. J (red) (1993) Democracy: The unfinished journey . RP (red) (1971) The rule of law Simon and Schuster: New York 115-144 Dias. RWM (1976) Jurisprudence Butterworths: Londen Dietze.508 BC-AD 1993 Oxford University Press Oxford 239-266 Dunn. RM (1996) Freedom’s law: The moral reading of the American constitution Oxford University Press . J (2005) International law: A South African perspective Juta Kaapstad Duncan. T & Krueger. MA (1990) Textbook on international law Blackstone Press Ltd Donnelly. J ‘Human rights and human dignity: An analytical critique of the Non-Western conception of human rights’ (1982) 76 American Political Science Journal 303-316 Dugard.322 Bibliografie Diamond. democracy and the individual’ (1988) 8 Legal Studies 303-316 Dunn. ZB (1999) Die Nuwe toekoms: ‘n Prespektief op die Afrikaner by die eeuwisseling JP Van der Walt Pretoria Dworkin. RM (1985) Law’s Empire Harvard University Press: Massachusetts Dworkin. I ‘Law. G & Lukes. S ‘The rule of law versus the order of custom’ in Wolff. P en in Engels vertaal deur A Watson) (1990) University Press of Pennsylvania Philadelphia. J ‘Conclusion’ in Dunn.decline and emergence of judicial review’ (1959) 76 SALJ 398-434 Digesta uit die Corpus Iuris Civilis van Justinianus Vol 1 (Latynse teks geredigeer deur Mommsen. RM (1977) Taking rights seriously Duckworth: Londen Dworkin. RS (1970) The Age of Religious Wars 1559-1689 WW Norton & Co: New York Du Toit.

JN (1896) The theory of the divine right of kings Cambridge University Press Cambridge Figgis. Chicago Esterhuyse. A (samesteller en inleier) (1996) Filosoof op die markplein: Opstelle vir en deur Willie Esterhuyse Tafelberg Kaapstad Falk. J (1988) The rights of peoples Clarendon Press Oxford 17-38 Faure. F (1902) The origin of the family. EJ ‘Hobbes on church. W (1969) Great political thinkers: Plato to present Dryden Press: Hinsdale Illinois Eide. R ‘Self-determination’ (1991) 65 American Journal of International Law 459-475 Engels. R (1962) From empire to nation: the rise to self assertion of Asian and African peoples Harvard University Press Massachusetts Emerson. AM & Kriek. GR (1963 Reformation Europe 1517 . KHF (1980) The state tradition in Western Europe Martin Robertson Oxford Ebenstein. R ‘The rights of peoples (In particular indigenous peoples)’ in Crawford. private property and the state (vertaal deur E Untermann) Charles H Kerr. JN (1960) Political thought from Gerson to Grotius. WP ‘Wat is demokrasie?’ in Van Niekerk. 1414-1625 New York Harper New York . FC (1963) Political theory Methuen Londen Figgis. A et al (reds) (1995) Economic.1559 Fontana/Collins Glasgow Emerson. AM (1981)‘n Ondersoek na die kenteoretiese grondslae van die vergelykende politiek (1991) Ongepubliseerde doktorale proefskrif. Universiteit van Suid-Afrika Field.Bibliografie 323 Dyson. social and cultural rights: A textbook Martinus Nijhoff Dordrect Eisenach. DJ (reds) (1984) Die moderne politieke teorie Butterworth Durban Faure. state and religion’ (1982) 3 History of political thought 215-241 Elton.

J (1969) International relations Oxford University Press Londen Friedrich. JN & Laurence. CJ (1963) Man and his government: An empirical theory of politics Mc Graw-Hill Inc New York Friedman. J ‘The nation as imagined community’ in Veeser. B ‘Democracy and the French Revolution’ in Dunn J (red) Democracy: The unfinished journey . RV (reds) Sir Erskine May’s democracy in Europe in Acton. MI (1985) Democracy Ancient and Modern Hogarth Press: Londen Fish. TL (2005) The world is flat: The globalized world in the twenty first century Penguin Books Londen Frug.508 BC-AD 1993 Oxford University Press: Oxford 107-124 Franco. JN (1963) The political aspects of St Augustine’s ‘City of God’ Peter Smith: Gloucester Massachusetts Figgis. GE ‘The city as a legal concept’ (1980) 93 Harvard Law Review 1957-1154 Fukuyama. H-G ‘Truth in the human sciences’ (Vertaal deur BR Wachetrhauser) in Wachetrhauser BR (red) (1994) Hermeneutics and truth North Western University Press: Evanston. Lord JEED (1907) The history of freedom and other essays Macmillan Londen 61-100 Finley. TM ‘The emerging right to democratic governance’ (1992) 86 American Journal of International Law Frankel. H-G (1989) Truth and method (vertaling deur J Weinsheimer en DG Marshall) Sheet & Ward London Gadamer.324 Bibliografie Figgis. F ‘The end of history’ (1989) 16 The National Interest 3-18 Fukuyama. S (1980) Is there a text in this class? The authority of interpretive communities Harvard University Press Cambridge. Massachusetts Fontana. Illinois 25-32 . HA (red) (1989) The new historicism Routledge: New York Franck. F (1992) The end of history and the Last Man Penguin Books New York Gadamer.

RA ‘What is a bill of rights and what is it good for?’ in Licht. H & Schlemmer. BR (red) Hermeneutics and truth North Western University Press: Evanston. P ‘Rhetoric as jurisprudence: An introduction to the politics of legal language’ (1984) 4 Oxford Journal of Legal Studies 88-122 Gough. SA ‘Law. libertarian and pluralist approaches Ongepubliseerde lesing Giliomee. MI (1980) Systematic political geography John Wiley & Sons New York Goldwin. H ‘Nation-building in South Africa: White perspectives’ in Swilling. A & De Villiers. L (1993) From apartheid to nation building Oxford University Press Giliomee. O (1938) Political theories of the Middle Ages (Engelse vertaling deur RW Maitland) Cambridge University Press Cambridge Gilchrist. M (red) (1990) Views on the South African State HSRC Pretoria Giliomee. H-G ‘What is truth?’ (Vertaal deur BR Wachetrhauser) in Wachetrhauser. C (reds) (1999) The awkward embrace: One party domination and democracy Tafelberg: Kaapstad Glassner. RN (1952) Principles of political science Orient Longmans Ltd Mumbai Giliomee. P (reds) (1990) The myth makers: The elusive bargain for South Africa’s future Southern Books Half Way House 10-35 Gardbaum.S. JW (1955) Fundamental law in English constitutional history Clarendon: Oxford .Bibliografie 325 Gadamer. B (1994) South Africa’s crisis of constitutional democracy: can the U. J ‘The contenders’ in Esterhuyse. WP & Du Toit. constitution help? Juta Kaapstad en AEI Press Washington 143-165 Gooch. politics and the claims of communities’ (1990) 90 Michigan Law Review 686-760 Galeotti. H (1990) Nation-building: liberal. Illinois 33-46 Gagiano. AE ‘Citizenship and equality: The place for toleration’ (1993) 21 Political Theory 585-605 Gierke. H & Simkins. G P ‘Lord Acton: apostle of liberty’ (1946-7) 25 Foreign Affairs 629-642 Goodrich.

326 Bibliografie Greenleaf. JH (1954) The moral foundation of democracy University of Chicago Press Chicago Hampshire. A ‘Secession. DW (1976) International law Butterworths Londen Habermas. RL ‘Democracy’ in Ball T et al (red) (1989) Political innovation and conceptual Change Cambridge University Press Cambridge 68-89 Hart. Roman and Byzantine Studies 115-134 Hanson. FJC ‘Hugo Grotius’ in Hearnshaw. self-determination and nonintervention: in quest of a normative symbiosis’ (1991) 45 Journal of International Affairs 399-420 Hobbes. T (1985) Leviathan Penguin Books Londen Hobbes. HLA (1961) The concept of law Clarendon Press: Oxford Hart. SM (red) The Tanner Lectures on Human Values Vol VIII Cambridge University Press Cambridge 260 Hallowell. MH ‘How many Athenians attended the Ecclesia?’ (1976) 17 Greek. J ‘Law and morality’ in McCurrin. HLA (1983) Essays in jurisprudence and philosophy Clarendon Press: Oxford Hearnshaw. D et al (red) (1985) States and societies Basil Blackwell: Oxford Henkin. WH ‘Filmer’s patriarchal history’ (1966) 9 The Historical Journal 157-171 Greig. HLA ‘American jurisprudence through English eyes: The nightmare and the noble dream’ in Hart. H (1948) Economic history of Europe Harper & Row: New York Hersiene uitgawe Held. S (1956) The age of Reason: The seventeenth century philosophers Mentor Londen Hansen. T (1969) The elements of law: natural and political (onder redaksie van Ferdinand Tönnies) Frank Cass & Co: Londen . FJC (red) (1967) The social and political ideas of some great thinkers of the sixteenth and seventeenth centuries 130-152 Heaton. L (1990) The age of rights Columbia University Press New York Heraclides.

D ‘The political significance of the structure of the law school curriculum’ (1983) 14 Seton Hall Review 1-16 . NP (1987) Democracy and human rights: Proceedings of the colloquy organized by the government of Greece and the Council of Europe 9-42 Jeffery. O ‘The relationship between democracy and human rights’ in Engel. I ‘Disabling professions’ Ilich. 1937 (Volume VIII). M (1984) Roman private law (Engelse vertaling deur R Dannenbring) Universiteit van Suid-Afrika Pretoria Kelsen. A et al (reds) (1986) The limitation of rights in comparative constitutional law Yvon Blais Inc Coeansville. P (1978) Constitutional administrative law Sweet & Maxwell Ltd Londen and Huntington. O & Jenkins. BL (1979) Political crime in Europe University of California Press Berkeley Jacot-Guillarmod. CP ‘Die gebondenheid van die soewereine wetgewer aan die reg’ (1942) 5 THRHR 7-59 Kaser. B (1974) The nature of democracy Nelson Londen Holdsworth. AJ ‘The dangers of direct horizontal application: a cautionary comment on the 1996 Bill of Rights’ (1996) 1 The Human Rights Constitutional Law Journal of South Africa 10-16 Jolowicz. 1945 (Volume IV) Sweet & Maxwell Londen Hood-Phillips. H ‘The pure theory of law and analytical jurisprudence (1942) 55 Harvard Law Review 44-70 Kennedy. 1942 (Volume III). W A History of English law 1936 (Volume II). I et al (1977) Disabling professions Marion Boyers Publishers Ltd Londen 11-39 Ingraham. SP (1996) The clash of civilizations and the remaking of world order Touchstone Books Londen Ilich. Quebeque 1-22 Holden. SP (1993) The third wave: Democratization in the late twentieth century University of Oklahoma Press Norman Huntington.Bibliografie 327 Hogg. PW ‘Section 1 of the Canadian Charter of Rights and Freedoms’ in De Menstral. HF (1963) Lectures on jurisprudence Athlone Press Londen Joubert.

Canada Koenigsberger. HJ & Van Wyk. H (1944) The idea of nationalism Macmillan:Toronto. S Law as literature (1981-2) 60 Texas Law Review 373-403 Levy. J ‘Questions of citizenship’ in Mouffe.328 Bibliografie King. GB ‘Equality. community and culture Clarendon Press Oxford Labuschagne. J ‘Introduction: Medieval Man’ in Le Goff. HJ (1981) An introduction to politics George Allen & Unwin Ltd Londen Leca. JJ (1990) Basiese konsepte in die politiek Mc Graw-Hill: Johannesburg Kuhn. SJ (1982) Aspects of European History 1494-1789 Methuen Londen Le Goff. C (red) (1992) Dimensions of radical democracy Verso: Londen 17-32 Lee. autonomy and cultural rights’ (1997) 25 Political Theory 215-248 . JMT ‘Menslike outonomie en staatlike majestas: Opmerkinge oor die dekriminalisasie van hoogverraad’ (1992) 5 Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Strafregspleging 117-131 Laski. W (1973) An introduction to Roman legal and constitutional history (Engelse vertaling deur JM Kelly) Clarendon Press Oxford Kymlicka. W (1989) Liberalism. TS (1970) The structure of scientific revolutions University of Chicago Press: Londen Kukathas. J et al (reds) (1990) The Medieval world (Engelse vertaling deur LG Cochrane) Parkgate Books: Londen 1-35 Levinson. GL (1968) A general history of Europe in the sixteenth century Longman Londen Kotze. JMT ‘Minagting van die hof: ‘n Strafregtelike en menseregtelike evaluasie (1988) TSAR 329-324 Labuschagne. P (1974) The ideology of order: A comparative analysis of Jean Bodin and Thomas Hobbes George Allen & Unwin Londen Kohn. C ‘Liberalism and multiculturalism: The politics of difference (1998) 26 Political Theory 686-699 Kunkel. HC & Mosse.

FW (1993) The constitutional history of England WH Gaunt and Sons Inc Londen Makua wa Mutua ‘Why redraw the map of Africa: A moral and legal inquiry’ (1995) 16 Michigan Jnl of International Law 1113-1176 Malan. CB (1955) Introduction to Thomas Hobbes’ Leviathan Penguin Mac Kay RA ‘Coke. H (red) (1964) The development of the modern state Macmillan Co New York 43-48 Louw. CD (1984) Radical democracy Cornell University Press Inhaca Londen Macpherson. A (1977) Democracy in plural societies: A comparative exploration Yale University Press New Haven Lijphart. hersien en geredigeer deur CT Onions. E ‘Absolutism’ in Lubasz. A ‘Majority rule versus democracy in deeply divided societies’ (1977) 4 Politikon 113-126 Little. K ‘Oor gelykheid en minderheidsbeskerming van aanleiding van Ryland v Edros en Fraser v Children’s Court Pretoria North’ (1998) 61 THRHR 300-312 . W et al (1978) Shorter Oxford Dictionary: On historical principles (voorberei. derde uitgawe geherorganiseer deur GWS Friedrichsen Vol 1 Clarendon Press Oxford Locke. J (1992) Of civil government (second treatise) Regnery/ Gateway Inc. J (1991) A letter concerning toleration (onder redaksie van J Norton & S Mendes) Routledge Londen Lousse. AduP ‘Hugo de Groot of Grotius (1583 . JU ‘Jean Bodin’s logic of sovereignty’ (1968) 16 Political Studies 206-202 Lijphart. parliamentary sovereignty and the supremacy of the law’ (1924) 22 Michigan Law Review 215-247 Maier. CS ‘Democracy since the French Revolution’ in Dunn J (red) (1993) Democracy: The unfinished journey .1645)’ in Faure.508 BC-AD 1993 Oxford University Press: Oxford 125-154 Maitland. AM et al (reds) (1981) Die Westerse politieke tradisie Academica Pretoria 204-212 Lummis.Bibliografie 329 Lewis. South Bend Indiana Locke.

D ‘The application of uti possidetis and South Africa’s internal border’ (1994) 35 Codicillus 49-60 Marlowe.330 Bibliografie Malan. K ‘Geregtigheid. TH (1981) The right to welfare and other essays Heinemann Educational Books Londen Matthaeus. billikheid en demokrasie – ‘n oorweging van onderskeidinge en onderliggende beginsels’ (2005) 20 SAPR/L 6885 Malan. P (1997) Akehurst’s Modern Introduction to International Law Routledge Londen Manganye. Antonius (1993) On crimes: A commentary on Books XLVII and XLVIII of the Digest (Geredigeer en in Engels vertaal deur ML Hewitt & BC Stoop) Universiteit van Suid-Afrika Pretoria Mayo. K ‘The deficiency of individual rights and the need for community protection’ (2008) 71 THRHR 415-437 Malan. J (1976) Milner: Apostle of empire Hamish Hamilton: Londen Marshall. K ‘Faction rule. K ‘Political blitz on a constitutional trench’ (2005) 20 SAPR/L 397-411 Malan. (natural) justice and democracy’ (2006) 21 SAPR/L 142-160 Malan. K ‘Observations on the official use of language for the recording of court proceedings’ (2008) 23 SAPR/L 2008 59-76 Malanczuk. Thabo ‘Statement of deputy president Thabo Mbeki at the opening of the debate in the National Assembly. on reconciliation and nation building (29 Mei 1998) Government Communications (GCIS) . K ‘Oor die hofnotuleringstaal in die lig van die grondwet en na aanteling van onlangse regspraak’ (1998) 61 THRHR 696-705 Malan. K ‘The inalienable right to take the law into our own hand versus the faltering state’ (2007) TSAR 642–654 Malan. HB (1960) An introduction to democratic theory Oxford University Press: New York Mbeki. K ‘The unity of powers and the dependence of the judiciary’ (2006) 39 De Jure149-162 Malan.

CH (1947) Constitutionalism: ancient and modern Hersiene uitgawe . JR (1958) Political thought in Medieval times Hutchinson Londen Mouffe. R ‘South Africa and the right of self-determination’ (1994) 10 SAJHR 4-30 McIlwain. S (red) (1995) Wetenskapsbeelde in die geesteswetenskappe RGN Pretoria 65-92 Mullall. AW Sijthoff Gent .Cornell University Press: New York Mekkes. JPA (1940) rechstaatsreorieën Ontwikkeling der humanistische Miccoli. JS (1986) On liberty Prometheus Books: New York Mill. C (red) (1992) Dimensions of Radical Democracy Verso Londen 1-16 Mouton. JW & Kluyver. M ‘Skepticism and Hobbes’ political philosophy’ (1983) 44 Journal of the History of Ideas 407-427 Moore.Bibliografie 331 McCormick. A (1992) Liberals and communitarians Blackwell Oxford Muller. C ‘Democratic politics today’ in Mouffe. M ‘On national self-determination’ (1977) 45 Political Studies 900-913 Morral. JS (1972) Considerations on representative government (Geredigeer deur HB Acton) TM Dent & Sons Londen Milton. J ‘Thomas S Kuhn’ in Snyman. N ‘Reconstruction after deconstruction: A response to CLS’ (1990) 10 Oxford Journal of Legal Studies 539-558 McCorquondale. JRL (1996) South African criminal law and procedure Vol II: Common Law Crimes Juta Kaapstad Missner. J et al (reds) (Engelse vertaling deur LG Cochrane) (1999) The Medieval World Parkgate Books: Londen 3774 Mill. FCJ (red) (1985) 500 Jaar Suid-Afrikaanse geskiedenis Academica Pretoria Muller. A (1902) Woordenboek der Nederlandsche Taal (Derde Deel) Martinus Nijhof. S & Swift. G ‘Monks’in Le Goff.

CF ‘Coke and the American revolution’ (1932) 12 Economica 457-471 Mundy. GJ (red) (1992) Documents of the Organization of African Unity Maxwell Londen Neethling. J et al (2006) Deliktereg Butterworth Durban Nelson. T (1993) The Boer War Jonathan Ball Publishers Johannesburg.332 Bibliografie Mullet. D ‘The issue of a right to secession reconsidered’ in Tomuschat. M (1962) Rationalism in politics and other essays Methuen Londen O’Donnel. PJJ (1975) Legal fictions in practice and legal science Rotterdam University Press Rotterdam Oppenheim. C (red) (1993) Modern law of self-determination Marthinus Nijhof Dordrect 21-39 Nagel. S (1951) The rise of the feudal monarchies Cornell University Press . T ‘Hobbes’ concept of obligation (1959) 68 The Philosophical Review 68-83 Naldi. G & Schmitter. Weidenfeld and Nicolson Londen Paine. AM et al (reds) (1981) Die Westerse politieke tradisie Academica Pretoria 453-469 Murswiek. JM ‘Unlocking Locke’s legacy: A comment’ (1978) 26 Political Studies 101-108 Netshitomboni. L (1974) International Law: A Treatise (onder redaksie van A Lauterpacht) Vol I Tenth impression Longman Londen Pakenham. T (1996) The rights of man (Introduction by D Matravers) Wordsworth Hertfordshire Painter. PC (1989) Transitions from authoritarian rule Johns Hopkins University Press Baltimore Olivier. JH (1973) Europe in the High Middle Ages Longman Londen Murray. S ‘The use of languages in courts: the point of view of the department of justice and constitutional development’ (21 Maart 2000) FAK-Konferensie: Taal in die howe Centurion (Ongepubliseerde lesing) Oakeshott. AH ‘Natuurreg en die plurale staat’ in Faure.

New Jersey Pound. JGA (1975) The Machiavellian moment: Florentine political thought and the Atlantic republican tradition Princeton University Press Princeton. GA ‘Die konsep “demokrasie”’ in Faure.Bibliografie 333 Parekh. J ‘The priority of the right and ideas of the good’ (1988) 17 Philosophy and Public Affairs 251-276 Rawls. IM (1994) Algemene bepalings van die Suid-Afrikaanse handves van regte Butterworth Durban Rawls. B (2000) Rethinking multiculturalism: cultural diversity and political theory (2000) Harvard University Press Pennington. AM et al (1988) SuidAfrika en die demokrasie Owen Burgess Uitgewers Pinetown Rautenbach. FT ‘Bonham’s case and judicial review’ (1927-27) 40 Harvard Law Review 30-70 Pocock. JGA (1957) The ancient constitution and the feudal law Cambridge University Press Cambridge Pocock. J ‘The idea of overlapping consensus’ (1987) 7 Oxford Journal of Legal Studies 1-25 Rawls. T (red) (1972) The Thirty Years’ War DC Heath & Co Lexington Massachusetts Rauche. R ‘Theories of the law (1912-13) 22 Yale Law Journal 114-150 Przeworski. J ‘The domain of the political and overlapping consensus’ (1989) 64 New York University Law Review 233-255 . A & Limongi. W et al (1989) Etymologisches Wörterbuch des Deutschen: A . J ‘Justice as fairness: Political not metaphysical’ (1985) 14 Philosophy and Public Affairs 223-251 Rawls. DH (1970) Seventeenth Century Europe Longman Londen Pestieau.G Akademie-Verlag Berlyn Plucknett. F ‘Modernization: Theories and facts’ (199697) 49 World Politics 155-183 Rabb. J (1971) A theory of justice Oxford University Press Oxford Rawls. J ‘Minority rights: Caught between individual rights and peoples’ rights (Julie 1991) VI Canadian Journal of Law and Jurisprudence 369-370 Pfeifer.

G ‘Origins of the modern state’ in Lubasz. PL ‘The Politique and the Prophet: Bodin and the Catholic League 1589-1594’ (1978) 2 Historical Journal 783-808 Rousseau. G (1962) Democratic theory Wayne State University Press Detroit Schmidt. Jean Jacques (1953) Constitutional project for Corsica (Engelse vertaling en redigering deur F Watkins) Thomas Nelson and Son Ltd Edinburgh Rousseau. H (red) (1964) The development of the modern state Macmillan Co New York 13-25 Roberts. Jean Jacques (1968) The Social Contract (Engelse vertaling en inleiding deur M Cranston) Penguin Books Londen Rousseau. CWH (1982) Bewysreg Butterworth Durban . G (1968) A history of Western political theory Ronald Press Co. EF (1971) The foundations of Early Modern Europe 1460-1559 Weidenfeld and Nicolson Londen Rimlinger.334 Bibliografie Reisman. JM (1996) The Penguin history of Europe Penguin Books Londen Rose. New York Sabine. Jean Jacques (1953) Considerations on the government of Poland and on its proposed reformation (Engelse vertaling en redigering deur F Watkins) Thomas Nelson and Son Ltd Edinburgh Rousseau. WM ‘Sovereignty and human rights in contemporary international law (1990) 89 American Journal of International Law 866-876 Rice. GH (1971) A history of political theory George G Harrap & Co Ltd Londen Salmon. JHM (1979) The French religious wars in English political thought Clarendon Press Oxford Sartori. GV ‘Capitalism and human rights’ (1984) 113 Daedalus 5180 Ritter. Jean Jacques (1963) A Discourse: What is the origin of inequality among men and is it authorized by natural law (Engelse vertaling en inleiding deur GDH Cole) JM Dent & Sons Ltd Londen Runkle.

VA ‘The new world order incorporated’ (1995) 125 Daedalus 75-106 Schmitt. CR (2006) Strafreg Butterworth Durban Spruyt. D & Siedentop. E (1989) Etymologisch Wörterbuch der Deutschen Sprache Walter de Greuyter Berlyn Seton-Watson. Q (1978) The foundations of modern political thought Volume I. L (reds) (1983) The Nature of Political Theory Clarendon Press Oxford Skinner. T et al (reds) (1989) Political Innovation and Conceptual Change Cambridge University Press Cambridge 90131 Smith. L ‘Political theory and ideology: The case of the state’ in Miller. HD ‘The establishment of Europe as a political expression (1966) 9 The Historical Journal 171-178 Schmidt. CR ‘Die trouvereiste by hoogverraad’ (1988) 1 SA Tydskrif vir Strafregspleging 1-17 Snyman. MA ‘Sovereignty at the crossroads’ (1930) 45 Political Science Quarterly 580-603 Siedentop. Q ‘The state’ in Ball. JG (1989) Introduction to international law Butterworth Londen . H (1977) Nations and states Methuen Londen Sheppard. inleiding en notas deur G Schaab) University of Chicago Press Chicago Seehold. L (1993) Tocqueville (Past Masters-reeks) Oxford University Press Oxford Siedentop. Q (1981) Machiavelli Oxford University Press Oxford Skinner. H (1994) The sovereign state and its competitors: An analysis of systems change Princeton University Press New Jersey Stark. II Cambridge University Press Cambridge Skinner. P (1962) The Reformation in Europe Collier-Macmillan New York Snyman. C (1996) The concept of the political (Vertaling.Bibliografie 335 Schmidt. Q ‘The ideological context of Hobbes’ political thought’ (1966) 17 Historical Journal 286-318 Skinner.

Universiteit van Suid-Afrika Strydom. JR (1970) On the medieval origins of the modern state Princeton New Jersey Strydom. H-J (1979) Geshiedenis van de filosofie Vol I Spectrum Utrecht Strange. HA ‘Minority rights protection: Implementing international standards’ (1998) 14 SAJHR 373-387 Szabo. K ‘The genesis and evolution of European-American constitutionalism’ (1985) XVIII CILSA 186-200 Stone. S ‘The defective state’ (1995) 125 Daedalus 55-74 Strayer. K et al (1982) The international dimension of human rights Greenwood Press Westport Connecticut 11-40 Tacitus. I ‘Historical foundations of human rights’ in Vasak. CD ‘The creation and maintenance of government: A neglected dimension of Hobbes’ Leviathan (1978) 26 Political Studies 307-327 Tarn. HA Die volkeregtelike integreringsfunksie van die VVO (1989) Ongepubliseerde doktorale proefskrif. A ‘The birth and development of abstract review: Constitutional courts and policy-making in Western Europe’ (1981) 19 Policy Studies Journal 81-95 Störig. JL (1970) The origins of totalitarian democracy Sphere Books Tarlton. WW (1952) Hellenistic civilization Arnold Londen Tenekides. NP (1987) Democracy and human rights: Proceedings of the colloquy organized by the government of Greece and the Council of Europe 43-66 Thomas. JAC (1975) The Institutes of Justinian text: Translation and commentary Juta Kaapstad . G ‘The relationship between democracy and human rights’ in Engel. HA ‘South African constitutionalism between unity and diversity: lessons from the new Europe’ (1997) 12 SA Public Law 373-403 Strydom. (1970) The Agricola and the Germania (Vertaling deur E Hattingly) Penguin Books Londen Talmon.336 Bibliografie Stern.

C ‘Self-determination in a post-colonial world’ in Tomuschat C (red) (1993) Modern Law of Self-Determination Marthinus Nijhof Dordrecht 1-20 Toulmin. MP ‘Reception and influence: A reply to Nelson on Locke’s Two Treatises of Government’ (1980) 28 Political Studies 100-108 Thornberry. PhJ ‘Wetenskapsfilosofie in die regswetenskap’ (1995) 58 THRHR 31-44 Thomashausen.a comparative study’ (1989) 30 Codicilis 50-58 Thompson. B ‘Outline of a theory of citizenship’ in Mouffe C (red) (1992) Dimensions of Radical Democracy Verso Londen 33-62 Turk. R (1989) Hobbes (Past Masters-reeks) Oxford University Press Oxford Turner. P ‘The democratic and internal aspect of selfdetermination with some remarks on federalism’ in Tomuschat. W (1965) Medieval political thought Penguin Books Londen Ulph. AEAM ‘Savings clauses and the meaning of the phrase “acceptable in a democratic society”.Bibliografie 337 Thomas. AT ‘Law as a weapon in social conflict’ (1976) 23 Social Problems 276-291 Ullmann. C (red) (1993) Modern law of self-determination Marthinus Nijhof Dordrect 101-138 Tierney. S (1990) Cosmopolis: The hidden agenda of modernity Free Press. O ‘Jean Bodin and the Estates-General of 1576’ (1947) XIX The Journal of Modern History 289-296 . Macmillan Inc New York Trevor-Roper. MP ‘The reception of Locke’s Two Treatises of Government 1690-1705’ (1976) 24 Political Studies 184-191 Thompson. B ‘Medieval canon law and Western constitutionalism’ (1966) 52 The Catholic historical review 1-17 Tierney. J & Van der Vyver. H (1966) The rise of Christian Europe Tames and Hudson Londen Tuck. JD (reds) (1977) Religious rights in global perspective Marthinus Nijhof Dordrecht 1-22 Tomuschat. B ‘Religious rights: an historical perspective’ in Witte.

AJ ‘Marginal notes on powerful legends: Critical perspectives on proprietary theory’ (1995) THRHR 396-420 Van der Walt. W (reds) (1990) Revolutionary syndicalism: An international perspective Scolar Spel Press Aldershot Van der Merwe. GJH (1990) Theory and practice of the European Convention on Human Rights Kluver Deventer Van Dyke. V ‘Human rights and the rights of groups’ (1974) 18 American Journal of Political Science 725-741 Van Rensburg. WLJ ‘Sartori’ in Faure. P & Van Hoof. APJ (1976) Afrika-verskeidenheid HAUM Pretoria Van Rooy. CA (1979) Antieke Griekse geskiedenis: Van die steentydperk tot die eeu van Perikles Butterworth Durban Van Vuuren. koopmanshandboek Johannes Allant Amsterdam practicaal en Van der Linden. JD (1975) Die beskerming van menseregte in SuidAfrika Juta Kaapstad Van der Walt. V ‘The individual the state and ethnic communities in political theory’ 1976-77 29 World Politics 343-369 Van Dyke. NJ & Olivier. NGS (1969) Die republikeinse strewe Pro rege pers Potchefstroom Van Dyk. AE (1996) Jurisprudence: An introduction Butterworth Durban Van Boven. M & Thorpe. P (1976) An introduction to the principles of Roman civil law Juta Kaapstad .338 Bibliografie Van Blerk. DG (1972) Lectures on Books 47 and 48 of the Digerst Vol II (Latynse teks geredigeer en in Engels vertaal deur P Beinart & B van Warmelo) Juta Wynberg Van der Linden. J (1806) Regtsgeleerd. PJJ (1989) Die onregmatige daad in die Suid-Afrikaanse reg Van der Walt Pretoria Van der Vyver. DJ (1984) Die Moderne Politieke Teorie Butterworth Durban 57-73 Van Warmelo. T (1982) People matter: Views on international human rights policy (Saamgestel deur H Toolen) Neulenhof Amsterdam Van der Keesel. AM & Kriek.

CG & Jacob. T & Boucher. DH (1977) Geskiedenis en beginsels van die Romeinse reg Butterworth Durban Van Zyl. T & Spies. AJ ‘Questions of national identity in post-apartheid South Africa’ (1998) Konrad Adenhauer Stiftung Occasional Papers Johannesburg Venter. K Human rights: As a legal reality in Vasak. DH (1983) Geskiedenis van die Romeins-Hollandse reg Butterworth Durban Vasak. EF (1926) The legacy of the Middle Ages Clarendon Press Oxford Vincent.Bibliografie 339 Van Wijk. AJ ‘Die bewyslas van die boni mores’ (1975) 38 THRHR 383387 Van Wyk. M (reds) (1986) Europe 1848-1980 Academica Pretoria Van Wyk. S (1974) Economic systems in world history Longman New York Vinogradoff. SB (reds) (1985) Western Europe from the decline of Rome to the Reformation Academica Pretoria Van Zyl. JP (1956) Staatsreg Butterworth Durban Viljoen. K (1955) Gechiedenis van de wijsbegeerte Volume II Aula Utrecht . groepsregte en ’n proses na groter geregtigheid’ (1986) 1 SA Publiekreg 202-229 Venter. TD ‘Die begrip “staat”: ’n Staatkundige en staatsregtelike beskouing’ (1974) De Jure 128-140 Verloren van Themaat. K et al (1982) The international dimension of human rights Greenwood Press Westport Connecticut 1-10 Venter. P ‘Law’ in Crump. CL (1968) A history of continental criminal law (Engelse vertaling deur T Bell) Rothman Reprints Inc. F ‘Menseregte. N (1912) Franck’s Etymologisch Woordendoek der Nederlandsche Taal Matinus Nijhof Van Wyk. A (1987) Theories of the state Blackwell Oxford Von Bar. South Hachensack New Jersey Vorländer.

SS ‘Paradigms and political theories’ in King. M ‘Philosophy and democracy’ 1981 9 Political Theory 379400 Walzer. W (1985) The rights of minorities Oxford University Press 139-154 Wanlass. M ‘Herdemokratisering’ in Faure. R (red) (1967) Enlightened despotism: Reform or reaction? DC Heath and Co. SS ‘Political theory as a vocation’ (1969) 63 American Political Science Review 1062-1082 . BC (reds) (1968) Politics and experience: essays presented to professor Michael Oakeshott on the occasion of his retirement Cambridge University Press Cambridge 125-152 Wolin. M (1966) The revolution of the saints: A study in the origin of radical politics Weidenfeld and Nicolson Londen Walzer. M ‘Pluralism: A political perspective’ in Kymlicka. MS ‘Justice towards groups’ (1995) 23 Political Theory 67-91 Wines. F (reds) (1996) Die staat: teorie en praktyk JL van Schaik Pretoria Wiechers. Roreman & Co Glenview Illinois Walker. P & Parekh. Boston Wolfe. GL ‘The correlation of allegiance and protection’ (1948-50) 10 Cambridge Law Journal 54-76 Williams. W et al (1981) Civilization Past and Present Vol VI Scott. JA ‘Baldus de Ubaldis and the foundations of the nation state’ (1977) XXI Manuscripta 80-96 Wallback. JA (1999) A History of the Law of Nations Vol I Cambridge University Press Cambridge Walzer. AM et al (1988) SuidAfrika en die Demokrasie Owen BurgessUitgewers Pinetown Williams. M ‘Jean Bodin on taxes’ (1968) 83 Political Science Quarterly 268-284 Wolin. LC (1953) Gettel’s history of political thought George Allen & Unwin Ltd Wiechers. M & Bredenkamp. M (1981) Verloren van Themaat Staatsreg Butterworth Durban Wiechers.340 Bibliografie Wahl.

New York Yolton.Bibliografie 341 Wolker.AD 1993 Oxford University Press Oxford 71-90 Wright. R (1995) Rousseau (Past Masters-reeks) Oxford University Press Oxford Wood. GS ‘Democracy and the American Revolution’ in Dunn J (red) (1993) Democracy: The Unfinished Journey .1990) 99 Ethics 250-274 Zylstra.508 BC .508 BC-AD 1993 Oxford University Press Oxford 91-106 Wootton. J (red) (1993) Democracy: The unfinished journey . B (1970) From pluralism to collectivism . JW ‘Locke on the law of nature’ (1958) 67 The Philosophical Review 477-498 Young. I ‘Polity and group difference: a critique of the ideal of universal citizenship’ (1989 . Q (1955) The study of international relations AppletonCentury-Crofts Inc.The development of Harold Laski’s political thought Van Gorcum Assen . D ‘The Levellers’ in Dunn.

Transvaal v Van der Merwe 1994 (4) SA 347 (A) Atlas Organic Fertilizers (Pty) Ltd v Pikkewyn Gwano (Pty) Ltd and Others 1981 (2) SA 173 (T) August and Another v Electoral Commission and Others 1999 (4) BCLR 363 (CC) Bato Star Fishing (Pty) Ltd v Minister of Environment and Tourism 2004 (7) BCLR 687 (CC) Christian Education South Africa v Minister of Education 2000 (10) BCLR 1051 (CC) Clarke v Hirst NO and Others 1992 (4) SA 630 (D) Coronation Brick (Pty) Ltd v Strachan Construction Co (Pty) Ltd 1982 (4) SA 571 (N) Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly and Others 2006 (12) BCLR 1399 (CC) Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996 (4) BCLR 658 (CC) Elida Gibs (Pty) Ltd v Colgate Palmolive (Pty) Ltd (1) 1988 (2) SA 230 (W) Hawker v Life Offices Association of South African and Another 1987 (3) SA 772 (C) In re Certification of the Constitution of the Republic of South Africa 1996 (10) BCLR 1253 (CC) Ismail v Ismail 1983 (1) SA 1006 (A) 1026 Jaftha v Schoeman and Others and Van Rooyen v Stoltz and Others 2005 (1) BCLR 78 (CC) Kaapse hoogverraadsverhore (die Colesbergse en Dordrechtse verhore) vervat in SALJ 1901 164-176 Kaunda and Others v President of the Republic of South Africa and Others 2004 (10) BCLR 1009 (CC) Macadamia Finance Ltd en ‘n Ander v De Wet en ‘n Ander 1991 (4) SA 273 (T) Marais v Richard 1981 (1) SA 1157 (A) Matatiele Municipality and Others v President of the RSA and Others 2006 (5) BCLR 622 (CC) Minister of Health and Another NO v New Clicks South Africa (Pty) Ltd and Others (Treatment Action Campaign and Another as Amici Curiae) 2006 (1) BCLR 1 (CC) 342 .GERAPPORTEERDE REGSPRAAK Suid-Afrika Administrateur.

Gauteng 2008 (9) BCLR 865 (CC) R v Adendorff 1900 (NLR) 230 R v Badernhorst 1900 (NLR) 227 R v Bester 1900 (NLR) 237 R v De Jager 1901 (NLR) 65 R v Dohne 1901 (NLR) 175 R v Marais 1900 (NLR) 242 R v Prozesky 1900 (NLR) 216 R v Venter 1901 (NLR) 185 Ryland v Edros 1992 1997(1) BCLR 77 (C) S v Acheson 1991 (2) SA 805 (Nm) S v Damoyi 2004 (2) SA 564 (C) S v Lubisi and Others 1982 (3) SA 113 (A) S v Makwanyane 1995 (6) BCLR 665 (CC) S v Matomela 1998 (1) BCLR 339 (CK) S v Tsotsobe and Others 1983 (1) SA 856 (A) S v Zwane and Others (3) 1989 (3) SA 254 (A) Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A) Internasionale Geregshof Frontier Dispute Case Burkina Faso v Mali ICJ Reports 1986 Western Sahara Case ICJ Reports 1975 .Gerapporteerde regspraak 343 Minister of Home Affairs and Another v Fourie and Another 2006 (3) BCLR 305 (CC) Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) Mthethwa v De Bruin NO and Another 1998 (3) BCLR 336 (N) National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice and Others 1998 (12) BCLR 1517 (CC) New National Party of South Africa v Government of the RSA and Others 1999 (5) BCLR 489 (CC) Nyathi v MEC for the Department of Health.

Onmenslike of Degraderende Behandeling of Straf (1984) Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van Diskriminasie teen Vroue (1979) Konvensie oor die Regte van die Kind (1989) Montevideo Konvensie oor die Regte en Verpligtinge van State (1933) 344 . Konvensies en Resolusies Afrika-Handves vir Mense.INTERNASIONALE EN REGIONALE REGSINSTRUMENTE Verdrae.en Volksregte (1981) Algemene Vergadering Resolusie 1514 (XV) van 14 Desember 1960 (Deklarasie Oor Die Verlening Van Onafhanklikheid Aan Koloniale Gebiede En Volkere) Algemene Vergadering Resolusie 2625 (XXV) van 15 Desember 1970 (Deklarasie Oor die Beginsels van die Internasionale Reg Rakende Vriendskaplike Betrekkinge en Samewerking Tussen State Ooreenkomstig die Handves van die VN) Amerikaanse Deklarasie van Regte en Verpligtinge van die Mens (1948) Amerikaanse Konvensie vir Menseregte (1969) Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede (1950) Eerste Protokol tot die Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede (1952) Vierde Opsionele Protokol tot die Europese Konvensie vir die Beskerming van Menseregte en Individuele Vryhede (1963) Europese Sosiale Handves (1965) Handves van die Verenigde Nasies Organisasie (1945) Handves van die Organisasie vir Afrika Eenheid (1963) Helsinki Finale Verklaring 2 Augustus1975 (Verdrag van die Konferensie Vir Veiligheid En Samewerking In Europa) Internasionale Konvensie vir die Verwydering van alle Vorme van Rassediskriminasie (1965) Internasionale Verbond vir Burgerlike en Politieke Regte (1966) Tweede Opsionele Protokol tot die Verbond gemik is op die afskaffing van die doodstraf (1989) Internasionale Verbond vir Ekonomiese. Sosiale en Kulturele Regte (1966) Konvensie teen Marteling en ander Vorme van Wrede.

Wet 79 van 1982 . 1996 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Wet 200 van 1993 (Tussentydse Grondwet) Kanada Kanadese Charter of Rights and Freedoms vervat in die Kanadese Grondwet.Internasionale en regionale regsinstrumente 345 Organisasie vir Afrika-Eenheid-Resolusie: Resolusie AGH/RES 6(1): Resolusie oor die Onskendbaarheid van Grense Stigtingsverdrag van die Afrika-Unie (2000) Universele Deklarasie van Menseregte van die Verenigde Nasies (1948) GRONDWETTE Suid-Afrika Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.

.

32............ 68-69 Bellum omnia contra omnes...... 94........................................................................ 74-77......................... 152 Afrika Unie ............................................. 194........ .. 27..... 59 Belasting (Middeleeuse beskouing oor en ontwikkeling van) ......... 81............ 264 Afwenteling van staatsgesag/politieke gesag.. 179.................................. 130-131 Aglulf (Lombardiese koning)................. 244.... 113-114....................................................................................... 100....... 13-15 Austin.... William ..... 7..... 155-156............................................. 41-42 Bartolus de Saxoferrato . 218-219 Blackstone............................................................... 309 Aristoteles .......................... 22........... 179...................................... regter (van die Konstitusionele Hof).............. 38................. 7 Barante. 137..................................................... 256-257..... 78 Amerikaanse Realiste............................ 225 Ackermann...... Francis .......................................................... 214-215................................................. 165-166..... 209 Bill of Rights van (die staat) Virginia... 36 Boni mores ........ Francois d’ ..... 173 Bracton. 87.............. Pierre d’ ........ 9.......................48-49................ 84.............. 41 Bacon...... 254 Bodin.... 263 Amerikaanse Indiane.............. 259-261.. Henry .. 11 Algemene Vergadering ....... 280 Boererepublieke ............. 63....................... 26-28...... 304-305.......... 91 Bentham........................................................ 85............................ 148................................. Jean................199 Aguesseau.......210 Bismarck ........................... 29.................. 36-37...................... 68-69 B Baldus de Ubaldis ................................................ 212.......................... 310-313 Augsburg (Vrede van) ...................................................................................... Lord. 65-71.............................................................................. 119..247 Acton....... 39-43...............227 Act of state-leerstuk .... 60-61 Augustinus ............................ 299......INDEKS A Absolutisme ...............................................82............ 59......................... 96-97............................... 74........................... Jeremy . 13 Alexander die Grote ........ 209............................................................... 222-223................................... 141-142................... 251................... 75-77.......... Prosper de.. 209................. 193.............. 160........ 246 Boucher..................................... 276....................................................150 Barclay.................................. 45............................... 255 Bonifacius VIII (Pous) . 116.................................. John................... 83....169 Anglo-Boere-oorlog ... 16 Ailly............ 88...................... 39 Alarik ....... 233 347 .................106 Aristokrasie. 54.......................................................................... 190.................... 76 Bartholomeusnag .................. 149-150.....................218 Bill of Rights (1689) ... Jean ......................249 Bolsjewisme ......................................... 24............... 200-201......... 51....... 49...... 151...

..... 14 Corpus Iuris Civilis sien ook Justiniaanse kodifikasie Digesta ................................................................... 175........ 256................................................. 41 Court of Common Pleas . 203 Domestisering van demokrasie ................. 65......... Alighieri.......................................................... 20 Cicero ...........................................176..............199 Konstitusionele demokrasie............... 160. Hugo (Grotius) ............................169 Cuius regio eius religio................. 252...................................... 94-97............. 40-41 Institutiones.... 49 Critical Legal Studies ..................................................................... 200-204 Direkte demokrasie .. 76.............................. Edward ......... 9....................... 22.... Jean Baptiste ........................ 134................................ 202 (Sien ook polites) Burgerlike en politieke regte......... 27-28.............................................................. 130..................180 Klassieke demokrasie ............... . 198 Meerderheidsdemokrasie................... 59................. 61-62 Caracalla (Keiser) ......................................... 270........................ 9 C Calvinisme ..............201 Liberale demokrasie ............................... 215.............................................................. 258 Burgerstaat.......... 60 D Dante...179 Staatlike demokrasie ...................................... 139-140.............................. 96 Coke.. 199-202...... 114. 248.......................... 188 Proto-moderne demokrasie ................... 135-136 Bul Unam Sanctum ................ ........................ 274-275.............................. 56 De Groot..... 184-186........................................................... 162-163................. 75............ 133............................... 248............... 179-180............ 180............................ 49 Constitatio Antoniana .................................................... Jean ......................................... 119 Demokrasie Atheense demokrasie ....... 18.. 144.. 72-73........ 200-205 Polis-burger (burgerskap in die polis)........ 232-233....... 245 Colbert........ 185....................................... 212-213...130 Calvyn.......... 316 ...................................348 Indeks Bryce (Lord) ............... 176-177..................................................................................11......... 261.................. 62 Calvinistiese radikalisme.. 32 Burger/s Burgerskap Atheense (opvatting van) burgerskap ................................... 11 Staatsburgers/Staatsburgerskap ........................................................ 13 Burgerlike godsdiens ...................................151 Prosedureel-strukturele/Struktureel-prosedurele (omskrywing van) Demokrasie/Prosessuele demokratiese................... 177-178............................... 189-192... 177....... 12 Corpus christianum ..... 39............. 183.....152 Plurale demokrasie.......................................................... 77 Christelike gemenebes (Sien ook Republica Christiana) ................. 278................... 309-310....................................... 204 Konsosiatiewe demokrasie ... 36-37.......................................... 179......................... 12 Charles I (Koning van Engeland) ................ 158.......... 155.............

.1648).......... 168-173... 130..................... 81.......................................................................................................................... 142-143........................................... 28........ 223 Federalisme Amerikaanse federalisme ..................... 182................................. 203-204 Homogene demos. 298........................................ 211-212................................ 141...204 Selfregerende demos ...... 22..........187 Denominasie-pluraliteit .... 218-219 Eiendomsreg .............271 Dinastiese staat.............. 200-201 Engels......................................................................................... 22 Europese Raad ..........151 Ferdinand II (Keiser) .............................. 117-118. 238 E Edward III (Koning van Engeland) ................................. 243....... 85 Fish.............................. 193........................................ 280 Fundamentele reg.. Friedrich ..................................... 69........ 169 Fortescue.......... 78 De Stael.............................. 292.................................................................................................................................... 77..................................................................................................................................... Verteenwoordigende stelsel) Demokratiese onkunde .......... 214....................... regter (van die Internasionale Geregshof).................................. 179............. 39 Dworkin...... 150-152......... 189......... 246 Directive principles of state policy ................................................................. 72.. John ............. 45............................ 48-50 Franse Deklarasie van die Regte van die Mens en die Burger ..213 Duitse Historiese Skool .....205 Huidige demos .. Robert .................. 245 Ehrlich............................ 27-28 Francis I (Koning van Frankryk) ................. ............................. Eugene ........ 165............................................................. 179-180..................... 45......................................................................... 58-59 Fillip II (Keiser) .................58-60..... Ronald ............. 251 Descartes. 130.................. 72 Demos Atheense demos . 232-233 ...............................................................................................................191 Dertigjarige Oorlog (1618 ... 58 Filmer. 68-69..21-22................................................ 82........................................... 78 Engelse konstitusionele stryd ...................Indeks 349 Verteenwoordigende demokrasie ...............218 Durandus............................. 230.................... 191 F Falangisme ................ 191 Totalitêre demokrasie ....... 308 Ekklesia ......... 95.......................................... Legitimiteitsfiksie............................ Stanley .......... René ....................210 Franse Rewolusie ..........................................148 Fascisme .................. 213.. 296.........150 Dillard.......... Mme.................... 185 Yslandse demokrasie.. 34........................ Massokrasie en Verteenwoordigende liggaam.... 228-229 Engelse burgeroorlog ............175 Feodalisme ... 156........ 78...............179 (Sien ook Gelykheidsbeginsel............................................................... 34.............

...................... 175 Gustavus....209 Hamilton.36....................... 108.......... 73... 78 Hercules (Sien Dworkin Ronald)...................... 113-114... 74-97....... 160............................................ 6................. 5............... 286 Gemenebes (Sien ook Res publica) ...............233 Handves van Leon ............... Johannes ..... 65 Humanisme ..................27-28.24............... 55...................................... 70-72............. Alberico (Gentilis). 26 Hoogverraad . 275........................... Adolphus (Koning van Swede).................... 13-14................... 7................................................. 302-316 Gentili........................................ 155. 246... 29........ 51........................ 119 127................. 38-39......................... 74............................... 194-196................... 24..... 39.............................50...................... 9......70................. 105. 71 Glanville .. 16 Gregorius VII (Hildebrand) (Pous)........ 67................... 65........ Francois .......... 169-171 Hobbes......... 74 Godsdienstige vervolging..................... 56 ....... 97 Godsdienstige identiteit...................... 161........................................................................ 66-67......... 284.......................... Johannes .... 77................................... 75 Godsdienstige verdraagsaamheid ..........................133 Groepsidentiteit/e ............ 151.......129 Grundnorm (Sen Suiwere regsteorie) .............. 198 Gemeenskap (as res publica).. 102-103 Guizot............... 242-250............................... 297-298.... 60-61.. 209 Gratianus ........................... ... 116...... 184......................................... 229 Grondwetlike patriotisme......................... 222............ 10.......... 275 Hooker. 95 Gerson.......... 246 Glossatore .............. Richard ..... 30-31 Grensafbakening (van staatsgrense) ...... 48 Henri IV (van Navarre) (Koning van Frankryk) ... 41 Goddelike reg van konings ..... 107-108............ 76-77 Godsdiensoorloë ............................................................................ 56 Huss. 66.. 290-295.....................................350 Indeks G Gelykheidsbeginsel.. 1.................................... 277......................... 63................. 30 Henri II (Koning van Frankryk)...... 20.... 228.. 71............. 220.............. 20-21.............. 155. 276-280............ 150...... 92.......... 61-63......................... Alexander.................3-4... 126.............................. 15............ 68-70....................... 10................ 87-88. Thomas . 33-35..................... 50......................... 193.......... 139141-142.... 251 Griekse stadstaat (Sien ook Polis) .... 58-60 Hendrik II (Koning van Engeland) ......... 275............ 141............................ 9........................... 76........... 43...................................................... 136...... 26 Heilige Romeinse ryk ..................... 284............................................................... 130.................. 86 Hugenote (Calvinistiese) party (in Frankryk) .................. 86...... 285 Glorious Revolution ........................ 57-59...... 144...................... 71 Godsdiensvryheid... 59........... 139........ 11................... 44 Hendrik IV (Keiser) ........... 204...... 281........................ 29.......... 280 Hongaarse Goue Bul............... 76.............. 59 H Habeas Corpus-Wet ......... 31 Gregorius die Grote (Pous) ...................... 49 Globalisering ...... 56-57........

. 275....... 19-20..... 74............................. 225-228........ 11.. 100-101.... 49 Klassieke liberalisme ............................................................................ 60 Ius reformandi ...................241-242......................................270 Individuele isolasie.... 31-32 Instellings (as res publica) ....... 46-47 Konkordaat van Worms ....... 15....130 Jakobynisme .......... 94............. 43 Karel V (Keiser sowel as koning van die Habsburgse gebiede) .................................................. 213.......................263 Internasionale reg ........................................... 88.............. 26 Juridifisering .......... 39............................ 265 Koninklike burokrasie............ 62-63..................................... 22......................... 230-231 Justinianus (Keiser) ........................................ 266-269.............. 259......... 314-316 Intermediêre assosiasies / gemeenskappe ... 40-41 Kommunitêre (politiek) ....... 30-31 .... 50............... 299... 53 Kettery ............................................ 24......................... 280 Konferensie vir Veiligheid en Samewerking in Europa.................57-58............................................................... 106.............................................. 13..213 Ius continuum................................................. 305 Individualisering . 208.......................................................................... Rudolph von ............ 76......................... 301-302.... 261.............. 21.......... 104....... 149........... 151-153.............................................................................. 154 James I (Koning van Engeland) ..................................... 9........................... 263............... 263 Kommentatore (van die Corpus Iuris)........... 60 J Jakobynse totalitarisme.....................6...................................... 169............................... 22.......................... 156......................................... 162.... 41 K Karel die Grote .................. 148..294....... 58 Kelsen Hans (Sien ook Suiwere regsteorie). 36......................... 59........................... 96-97................................................................................................................ Thomas ...... Entrée .. 114-115.... 57....................... 10....................... 85... 58....................149 Koloniale gebiede .............. 33 Innocentius III (Pous) ..... 232-233 James II (Koning van Engeland) ............................................................................. 116 Kerkhervorming/Reformasie/Hervorming/Lutherse Hervorming/ Protestantse rewolusie ....... 38...................... 94 Kerklike skisma ....... 38 Jefferson............ 293.....220 Individuele vryheid.............. ................................ 50.. 102-104............................... Internasionale Geregshof .. 257......... Koloniale grense .............................................. 50......264 Ius emirgandi ................210 Jhering................................. 172.....................203 Imperialisme ..... 231...... 73 King’s Bench ........... 311 Juristeklas ................................... 283 Internasionale Arbeidsorganisasie ... 256-257... 218-219 Joyeusse............................................... 250-254.................................. 234-235.............................. 18....... 251......................... 153210-212.........25.......... 86 Jean van Parys ...... 113........Indeks 351 I Idiotes..........................

. 25............................... 71.........................................212 Mensereg/te Derde generasieregte ............ 237-238................... Karl ................................................. 316 Meerderheidsregering ............................... 199................................................................ 88 Konstitusionalisme Ancient constitution ..149-150.......... 26.... 1....... 282.............187 Locke........ 178 Massokrasie............ 149.............................. 285................... 309................................................................ 107-108........... 213-214.... 278................. 184.......... 224 Magna Carta... 212... 197................ Martin ............................................. 274-276...... 234 Konstitusionele patriotisme ....... 186..... 253-255 Leo III (Pous) .......................... 189.................216 Eerste generasie (mense)regte/vryhede....................................... 151... 274...... 97 Maatskaplike sekuriteit............ 159..... 81-84. Michel de ... 212 Lippmann...................................... 220 Horisontale toepassing/aanwending/werking van menseregte . 270 (Sien ook Tirannie van die meerderheid en Meerderheidsdespotisme) Meerderheidsbevoorregting....... 289 Kratos ............................... 9...... ..... 3..................................... 252 L Lafayette .................. 167-168 Marx.... 183-185................ 151.......................... 193..................................... 75...... 26 Kulturele identiteit ...... 38... 316 Levellers ............................... 38-40 Konstitusionele Hof ......................... 94........ 28..........22..210 Legitimiteitsfiksie ..... 29 Mahomed....227 Kulmer Handveste . 119....... 51-56 Lutheranisme ............................. 269........................................... 21-22................... 86 Korreksie ......................... 226-228 . 116...... 155.............................154 Konstitusionele regering ............. 306..............204 Meksikaanse grondwet..................352 Indeks Konsiliebeweging ................... regter (van die Konstitusionele Hof).195 Megalopolis ..................... 260....... 77...............167-167.......... John ................................................. 52 M Machiavelli .......................................................200...... Walter ........................... 220 Internasionale menseregte............................... 200.......................... 229 Louis XIV (Koning van Frankryk)................................ 11 Leviatan (Sien ook Sterflike god) . 249................................................. 267................................ 309 Lenin........ 222................ 75........ 190. 181... 51..... 198........ 66-67......... 227....................... 278 Kriegler........ 11..................... 193-199........ 261. 7............ 313......... 96-97........... 194 Meerderheidsdominasie ......... 136.......................... 65-67 Liberalisme .... 280....................... 214-216............. 150..................................... 131 Luther.................................72........ 228-229 Marsilius van Padua ................... 85-94............................................................................................... 37 Masedoniese ryk ......................................... 36....179 L’Hôpital. 282.......... Vladimir ........ regter (van die Konstitusionele Hof)........ 77 Middeleeuse (konsep van) konstitusionalisme ...... 278......... 47................... 211.................... 113-114........ 204-206..... 127...... 25..............................

............. 295....................... 282 Minderheidsregte .................. 211................................. 17 Middeleeuse globale politiek .................. 282-283 Minderheid Ontkiesering van...209 Politiek van menseregte.... 193-197............................................................... 104......... 172..................................... 86............................................ 252-253..... 179-180.. 153-154...... 93 Natuurstaatlike regte... 18..... 198-199..... 261. 8 N Nagwag-staat .78.................................... 216...............................................217 Tweede generasie (mense)regte ... 86 (Sien Konstitusionalisme) Middeleeuse sosiale piramide/orde .............. 263 Nasionalisme .. 280...... 146...154 Konstitusionele nasiebou .......... 16 Mill....................................141 Nasionale gemeenskappe ................ 80-82.......................................................................... 265. 78........................... 213.................................. 219 Nasiebou (Sien ook Staatsbou) Jakobynse nasiebou ..........157 Ortodokse Kerk .............................................. 204-205 Milner. 238.......... (lord) Alfred ......... 195........... 149-150.............. 28........ 8-9......................... 196-197 Minderheidsbenadeling .............Indeks 353 Ontwikkeling van menseregte ..................................... 33 Middeleeuse filosofie/denke ................................ 175 Nasionale eenheid......................................................... 25................... 259......6......... 258.......................... 283 Monargie ... 2.................................... 278-279........... 85........................................................... 81 Nicolas de Cusa ....................................................... 18 Middeleeuse (konsep van) konstitusionalisme ..... 154................. 270....... 224 Menswaardigheid .... 199...3...... 274............................ 148-150............... 148....... 252-254............ 196............ 145..... 163-164..............154 Original position (Sien Rawls John) . 39 O Oostenryk-Hongaarse ryk ...... 21-22................................. 187-188...............................194 Permanente minderheid.................. 249 Minderhede........212-214........... 106............. 88-91....... 180-183.. Thomas ................................. 195................................ 199............................... 267-268 Nasionale soewereiniteit.......................154 Nasiestaat ............................... 219-220...... 222. 193........ 127 Natuurstaat ............. 204 ....................154 Pluralistiese nasiebou....................... 217..................... 254.................................. 274-275....................................... 30 P Paine............ 38.... ...... 277-278............. 183..195 Minderheidsgemeenskappe ...... 179-180......................................... 193 Multi-nasiestaat . 304-306 Merkanitilisme ...............253 Openbare (politieke) identiteit ............. 288........................... John Stuart...................................................................................................... 104 Nasionaal-sosialisme ...............

...... 300..... 43 Regswetenskap Ideologie / ideologiese voorkeure ........... 301-302...................... 279.......... 182........... legis habet vigorem . 33-36................. 115......... 273... 296......... Samuel ...76.............. 312-313.... 197-199................................ 36...................... 199........ ..... 74..................... 66... 252....... 173........................................................................ 236-237 Regsrealisme .......... 69-74........ 3.......................................... 56...........354 Indeks Papinianus ... 109........................... 283-284..........112 Regsdogma ........ 276................................................................ 160...... 299...... 185.................................... 20...... 203 Personaliteitsbeginsel ...................... 194 (Sien ook Volksoewereiniteit) Pound... 283 Princeps legibus solutus est ......... 4..... 307......153 Polis ........................................... 45-46....... 62....... 287...133 Pax Romana ......... 273....... 4 Politieke elite...................... 124-125.................. 93.......... 309.................... 84 Populêre soewereiniteit ...... 238 Toegepaste wetenskap(pe) .......... 201. 307-308........ 133............... 25-29..... 95-96 Putatiewe nasionale staat .. 41 Partikuliere gemeenskappe...... 148..................... 208.......... 97 Regsprofessie ........ 200-204... 33.....306................................ 290.................. 100..287 Philip Augustus (Koning van Frankryk) . 309 (Sien ook burger/s en burgerskap) Politiek van identiteit ............................... 200-203.......... 299.. 131... 141................... 159........................ 193.......... 40.... 276...... 78................ 274 Patria (as res publicae) ........75... 135....... 315-316 Politokratiese orde......... Roscoe .................................................. Politique/s ................................. 18............. 10............ 24...... 185...................113-114..... 106-107.. 280 Partikuliere identiteit/e ........................143-144........ 313 Patriotiese deugde .......96. 44 Philip V (Koning van Frankryk) ......... 296....102 Regsoewereiniteit ............... 112 Regsakademiese kurrikulum ..... 30-31.............. 302-305.. 8 Q Quod principi placuit........... 132.....7................................................... 218-219 Pouslike rewolusie ............................. 307........ 158.................... 192 Regstaal.......................... 65-66...................... 275......................................... 45 Private domein ... 230............................... 155 ........... 278-279.. 162-163 Politokrasie...... 291.................... 293..................... 146....................22........................... 294............... 86...... John .............11.................................. 36 Plaaslike outonomie .......... 283 Politieke geregtigheidsmodel (Sien Rawls John) .......... 38 Prekariokrasie ................................. 201........................................ 146-147............................. 126............................. 151.............. 156-164. ... 314 Pufendorf........ 312 (Sien ook Stadstaat) Politai .. 269 Renaissance .......... 141.... 110-112......................... 310... 293........ 160-161........................ 52-53........ 291.................. 274-275..................... 113.......151 Plaaslike republikanisme............... 28 R Rawls... 13 Perikles ................. 276-280.......................................

............................... ....... 8...250..... 5...... 248.............................. 274..... 280 Royer-Collard ..................3-5... Jean Jacques... Richelieu. 295.. 5... 56..... Roger II (Koning van Sicilië en Suid-Italië) ....... 88..14......... 94.......182... 160..101-102........................... 252.. 205........ 164...................150 Rykskerklike wêreldgeheel ... 298 Staatlike paradigma ...... 185. 265............ 265-267......................... 267-268................. 31.. 2....... ................ 199... 59.... 102......... 45..... 33-35 Selfbeskikking Domestiserende konsep van ....... 248-252....... 195 Res publicae (Sien ook Gemenebes) Eienskappe van die res publica ........... 116... 254........ 2-3................... 10............. 278...... 99........................................ 65 Rousseau......... 87.5... 288-289 Sesessie ........... 265.... 175....... Immanuel Joseph ... 242..... ....... 224-225.... 93.......... 183..... 189 Sachsenspiegel.. sir Thomas ........................12.... 80-82.............. 261-262......... 73................. 18... 24-29.......... 289 Solfidianisme. 226 Smith...... 190.. 167-168...... 131.... 243-244..................... 119.. 191-194. 141-142. 97............ 141-142 Sekularisasie .. 75........ 164-166........ 90-91............... 260................... 69........... 263-269.... 104.... 241-242.... 75...................... 36...... 260. 220..... Res van die res publicae ... 223...... 133... 164. 274 Selfregering .. 130......... 97.. 222................ ....... 275 Sieyès......... 147..................... 152...........252-259........ 157... 76 Soewereiniteit .. 62.....223 Staatlike identiteit.... 266-270... 267-268....... 147.. 40-41... 135................... 7.... 282........ 127.. 236 Sosiologiese regsleer...................... 235 (Sien ook Christelike gemenebes................................ 24..... 230-231............. 241-242................. 43-44.. 60...... 65... 21..... 192....................................................... 151-153.... 139....... 183...................... 108........... 125............199-200..... 41................................ 185............... 130-145. 151-152... 212-215.. 257-258.... 260.................. 251-253........... 169-170 Robespierre ........................ 155-156. 142.. 179 Sindikalisme ........................... 118.......... 252-253..... 258....... 137....... 147.. 218-219 Sosialistiese bewegings. 230 Sosiale en ekonomiese regte ..... 189..... 250................... .. 241-242...................................... ........... 295 Staatlike orde. 269. 5.......... 151-152 Res iudicata ...............265 Nasionale selfbeskikking . 103............... 56........... 217... 173.............1-3.... 161-162... 194.... 10........ 57 S Sachs......... 67-69...... 208...............238. 10................. 34... 75..... 257..... 284-286.... 121........... 59 Rights thesis (Sien Dworkin Ronald).... 130...... 283..... 268-269............. .... 224-225.. 33............ 190......... 130..... 230-231............. 273-275....... 275 Staatlike selfbeskikking ............ 274-275. 126... 52...... 21............ 142.................... 133...... 11................ 9-10....... 168. 178...... 97................ 156........ 7................. 9................... 196-200....... 177.. 250-254....... Middeleeuse universum) Republikanisme ..... 127. 26 Saint-Just . (Rooms) Katolieke Bond /Party (in Frankryk).... 258............ 27-28......5-6...........Indeks 355 Republica Christiana ....... 96 Romeinse ryk............................... 172-173. 134............... 263. 75...... 156. 53-54 Sosiale kontrak ............. 125............ 70 (Rooms) Katolieke Kerk .... 114.... 279 Republikeinse deug ....... 125-126..... 222. regter (van die Konstitusionele Hof).62-63.. 222................ 44 Romeinse reg ....................... 246.... .......................

.............. 265-266 (Sien ook (staats)gebied) Territoriale staat Multinasionale territoriale staat/state....... 263........ 114 Staatsgrense ........ 242 Staatsdefinisie / Staatsomskrywing Bevolkingselement (van die definisie) ......... 268....... 115. 2......... 269.... 217............................ 185. 257. 74.... 148... 78 Subsidiariteit......... 107.... 106.............. 191.. 307-309 Stoïsyne ........... 109........... 131...... 260..83............. 273-276.......................................... 242.............. 195 (Sien ook Meerderheidsdominasie en Meerderheidsdespotisme) Tocqueville.253 Tyrell.............. 104.............. 108..... 237.... 9........ 273 (Sien ook Staatsdefinisie / Staatsomskrywing) (Staats)gebied .............. 275 Staatsbeskouing ..... 167-168 Suid-Afrikaanse staat ... 105. 185... 284....... 284-297.. 269............ 149-150. 2.. 260.. 94........... 114................... 7 Stemreg .... 129.......... 277-279....... 253 Suid-Afrikaanse gemeenskap ...356 Indeks .. 266........ 260.............. 285-286..... 197. 75..... 23............ 254... 23 Territoriale integriteit ......10.......... 182-184.. 148...................... 228......... 176...... 178...... 264. 252-253............... 21........ 104......... 100-104.............................. Thomas............................................ 3-4...... 285 Staatlike soewereiniteit / Staatsoewereiniteit...................................... 179.... 247-249............. 121...... 126......... 235. 275 Staatsreg............................ 96 Stoïsynse universalisme ........................................ 102-103 T Taal (as res publica) ............................ 28.. 186......................... 86 .... 167.... 312 (Sien ook Polis) Starkey................. 69............................ 92....... 193...... 193......... 116................... 276....................................... 133... 278 Tirannie van die meerderheid .................... 302306............................ 1-3.... ....... 166.... 278................... 11...155 (Staats)bevolking .......... 125............. 262................ 300......................225 Tuistelike gemeenskap/pe.. 125-126...... 115. 275-277 Staatkunde / Politieke wetenskap / Politilogie .................... 283 Stadstaat/stadstate ............. 266... ............... 113-114......... 107-108........ 106.... 250.... 286-294 Turkse ryk . 193.... 104-105........92......... 283.......... 257........................................................... 12 Stuart-monargie .................................... 294-296 Tacitus . 165-166 Suid-Afrikaanse nasie ....139... 129............................ 168. 106.................. 220....... 248... 282............. 172....... 274 Staatsbou Staatsbou-regsdenke...... Alexis de .......... ............................. 9.. 257-258.................. 196. 149-153. 251-254................................................... 176............................ 142 Suiwere regsteorie (Sien ook Kelsen Hans) Grundnorm .... 312-316 Tuistelike (vorm van) regering ... 121............. 223 (Staats)totalitarisme/Totalitêre (politiek) ........... 37....................................................... 265-266 Staatlikheid ................................. 167... 288-289 Suid-Afrika.. 167-168............. 211 Staatsnasie ................. 145........................ 215... 97. 156....................... 257.... 129.................... James .............. 99..... ........................... 148........... 280. 178............. .. 5-6.... 104................... 33-35............ 309..... 101.. 148-149..... 128. 172.... ............... 250-252............. 259-260........... 250-252...... 142....

.. 255 Verenigde State van Amerika Amendemente van die grondwet van die............................. 56 ..................................................... 83...... 31 U Ulpianus.............................................. 95 Volente generale/Algemene wil (by Rousseau) ................... Normale wetenskap ..........122 Wetenskaplike rewolusies..... 266 Wyclife .. 36................................................................................................ 117-122..... Cornelius .... 26.................................................118 Wetenskaplike krisis / Paradigma-krisis .............. 179-180........................................210 Burgeroorlog-amendemente ............................................... 201... 250-251 Wesgote............................................. 213-214..................................... regverdige en gereelde verkiesings .. 262-265........................... 210-211 Verkiesing/s .............................................................137 Volkebond ................................................117 Wetenskapsfilosofie....................... 179 (Sien ook Populêre soewereiniteit) Vrye................95............184 W Wêreldgemeenskap ................ 40-41 Uti possidetis ....................... 62.. 125 Politiekwetenskaplike paradigmas...................................................... Francisco de........... 3... 188 Verteenwoordiging Proporsionele verteenwoordiging............. 82... 95 Veil of ignorance (Sien Rawls John)............ 176...................................... 268 V Van Bynkershoek....125 Wetenskaplike handboeke ............................................................................................. 22-25.................. 283 Verligte despotisme............. Emerich de .................................... 95 Vasal en die leenheer (verhouding tussen)....... 199 Verteenwoordigende liggaam .................. 36.213 Volksoewereiniteit ..... 29 Vattel....................................................157 Verenigde Nasies .......................... 201 Vitoria.......................... 253-255.................................... 186......................................................................................................................................................Indeks 357 Twee swaarde (leerstuk van die) .. 192....... 184........... 181-182..................... 13 Wetenskapsbeoefening (Sien ook Staatlike paradigma) Interpretasiegemeenskap/pe ........ 193................ 182......................................... 43........................ 258..... 116-117 William van Ockham .......................................... 302 Wesfale (Vrede van) .................. 195-197............................................. 51........... 291... 39.......... 38 Wilson Woodrow ............................................ 195 Verteenwoordigende stelsel ............................ 194-195....

............... 95 .......... 39 Zwingli Ulrich ....................................................................358 Indeks Z Zabarella ............................................................................................................. 51 Zouche Richard .....................

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful