P. 1
Sirkusboere

Sirkusboere

|Views: 31,851|Likes:
Published by LittleWhiteBakkie
BOEK UITTREKSEL Deur Sonja Loots. Uitgegee deur Tafelberg, 'n druknaam van NB Uitgewers. http://www.nb.co.za http://nb.book.co.za/blog http://lwb.book.co.za/blog
BOEK UITTREKSEL Deur Sonja Loots. Uitgegee deur Tafelberg, 'n druknaam van NB Uitgewers. http://www.nb.co.za http://nb.book.co.za/blog http://lwb.book.co.za/blog

More info:

Published by: LittleWhiteBakkie on Sep 07, 2011
Copyright:Attribution Non-commercial

Availability:

Read on Scribd mobile: iPhone, iPad and Android.
download as PDF or read online from Scribd
See more
See less

07/10/2013

Tafelberg

Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 © 2011 S. Loots Alle regte voorbehou Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting Bandontwerp en tipografiese versorging deur Michiel Botha Geset in 10.75 op 16.5 pt Adobe Caslon Pro Gedruk en gebind deur Paarl Media, Jan van Riebeeck-rylaan 15, Paarl, Suid-Afrika Eerste uitgawe, eerste druk 2011 isbn 978-0-624-05335-4 epub 978-0-624-05336-1

Vir Pieter

Daar was dinge waarvan net Frank geweet het, of waarvan hy gehóóp het net hy weet. Dit was dinge wat hy hardkoppig verswyg het: ’n bewerigheid in die bene ná veeleisende toertjies op sy perd se rug; ’n geweldige vermoeidheid tydens sweterige seksnagte, selfs

nog voordat die belangrikste dinge afgehandel was; ’n óú asem wanneer hy wakker word; en die manier waarop drank hom al skielik diepsee toe sleep wanneer jy lankal reeds moeg geswem is. harder geslaan het, uit onverwagse rigtings, soos ’n stroom wat jou As hy die vorige nag tot laat gelag en rinkink het, kon hy die

volgende oggend die spore van min slaap op sy gesig sien. Frank se vel het sy ontberings begin onthou. Sy voorkop kon nie meer vergeet van al die kere dat dit gefrons het nie, of sy keelvel van al die plekke waar dit voorheen gefrommel het nie. Frank se lyf het sy lê begin kry langs ou lyne, in vertroude voue. Dit was ’n lyf wat voorheen versweë dinge begin verklap, soos ’n stuk kraakvars

koerantpapier waarin ’n stink vis toegemaak is, en wat geleidelik nie.

deurweek word, gevlek word, en nooit weer glad gestryk kan word

7

straat of teen ’n afgrond laat vaskeer nie, maar hy het begin besef

Hy was die soort ratse gladdebek wat hom nie in ’n doodloop-

daar is geen manier om vir die ouderdom weg te kruip nie. Frank arms geneem het, het hy probeer vashou aan iets wat lankal deur

het in die bek geruk gevoel. Elke keer wanneer hy vir Eliza in sy sy vingers geglip het. Hy het hom verstom oor haar lyf waarop die lewe se vingermerke nog nie gesit het nie. In hulle bed het hy haar gesig in ’n kussing gedruk en haar van agter benader, en wanneer sy haar kop sywaarts draai om asem te kry, het hy na die diep voue in haar nek gekyk. Hy het geweet hulle sou net so vinnig weer

verdwyn as wat hulle verskyn het. Hy het haar laat omdraai, haar maagvel kreukel. Agterna het sy lui op die bed uitgestrek terwyl hy

op haar rug laat lê met haar bene om sy kop, en gekyk hoe haar met een hand se wysvinger kringe trek oor daardie gladde, gladde haar borsrondings gevee, oor die pers plooitjies in haar palm, in

vel van haar. Hy het met sy vingers in die sweterige gleufies onder die gerimpelde bogies onder haar tone, en dan gekyk hoe sy agterna argeloos regop kom en haar sykouse uitskud en teen haar bene oprol en haar rok regtrek en ongedeerd en seepglad en soepel

wegstap. Sy was totaal ongeskonde deur die lewe, en deur hom. Sy was twee-en-twintig, die helfte so oud soos hy. Oor ’n paar jaar sou sy nuut kon begin met iemand anders en heeltemal van hom vergeet.

oor haar kaal boude gepiets. Hy het die kordate klein agterstewe Verkieslik deur almal, maar die allerminste deur haar.

Soms het hy haar vooroor laat buig en dan met sy perdeswepie

na sy smaak versier. Hy wou ’n indruk maak. Hy wou onthou word.

8

Dis omdat hy so hard teen die vergeetlikheid geskop het dat daardie eerste seisoen ná die oorlog hom so swaar getref het. Hy kon glad nie tot sy gehore deurdring nie. Niemand was in die bui om grou skaduwee van die oorlog val, het selfs sirkusblinkertjies hul glans verloor. Hy was terug op sy ou staanplek op die Parade. Die toeskouers

hulle met hart en siel aan die sirkus te verwonder nie. Waar die

het ondanks alles begin terugkom. Hulle het kaartjies kom koop

om na al hul ou gunstelinge te kom kyk. Die boksende kangaroe, die dansende beer en die apies wat op basoetoponies ry was almal Nala Damajanti het in haar slanghok die dood getart en Kragman koeëls en blompotte waarin malvas groei. nog daar. Herr Winschermann het met sy Bengaalse tier gestoei, Correa kon met enigiets onder die son goël: pikke, rotte, kanonFrank het boeresport in die arena aangebied om dinge aan die

gang te probeer kry. Daar was gladdepaalklim met ’n skaapboud as Die wenner het ’n pak klere gekry. Hy het gereken dis weer tyd vir terg. Die twee sirkusleeus het nuwe name gekry en Kruger en laat afvuur.

prys en toutrekkompetisies tussen getroude en ongetroude mans.

Milner is geleer om met ’n voorpoot aan ’n tou te trek wat ’n pistool Maar die toeskouers het alles afgetrokke dopgehou. Hul gedag-

tes was elders. En so droog soos wat dit in die ou Boererepublieke

was, so nat was dit in die Kaap. Die olifante het tot by hul enkels in

modder weggesak en die perde het op nat gras en strooi gegly. Die moes met vertonings waterstewels dra en die sirkuswerkers was gedurig aan’t stoei met swaar tentseile en slap ankertoue. 9

sweefstokkunstenaars se kostuums het smerig geraak, die narre

van sy hand gehad nie. Vir Eliza was dit die geld. Altyd die geld. “Die stadsraad soek die huur vir ons staanplek,” sou sy herinner. “Sodra hulle vir my ’n dranklisensie gegee het.”

Vir Frank was die ergste dat hy nie meer sy gehore in die palm

“Ons skuld ook vir elektrisiteit. Honderd-en-sewentien pond.”

oorlog gesloop het? Besef hulle dit het my tienduisend pond gekos?” Maar dan het sy net nóg bekommernisse afgerammel. “Daar is “Ek is met ’n skoon gewete daar weg.”

“Gaan die raad my vergoed vir my gebou wat hulle tydens die

pos, Frank. Van skuldeisers in Brittanje.”

duisend-vyfhonderd pond. Hy sê jy skuld hom.” “Hy lieg.”

“Nie volgens Benjamin Wollan van Berkshire nie. Hy soek een-

belasting op die huis.”

“Die Seepunt-munisipaliteit soek veertig pond vir agterstallige Dit was háár skuld. Sý wou die deftige huis in Seepunt gehad

het, omdat sy gehou het van die torinkie waarvandaan mens oor die kerktorings, huise en see kan uitkyk. “Weet hulle wat ek weekliks bestee aan salarisse, kos vir my

diere, advertensies, arbeid, polisie, brandweer? Weet hulle dat ek sommige weke skaars driehonderd pond wins maak?”

die koning op nie, Frank. Dis net gewone mense en hulle stel nie belang nie. Ons móét ons kostes sny.” “Nee.”

“Jou vertonings kos te veel. Die program is te vol. Jy tree nie voor

verower, hulle asem heeltemal wegslaan. Toe die Kaapse stadsraad 10

Hy sou nie afskaal nie. Hy wou verblúffend wees, sy gehore

sy elektrisiteit afsny, het hy tydens elke aandvertoning ses kiste paraffien gebruik om lig in die tent te maak. Ses kiste teen twaalf pond elk. So kort ná die oorlog was daar ’n tekort aan alles, maar Hy het meer as tien pond betaal vir ’n mud meel sodat hy dit met

Frank het gehunker na die dae van oorvloed en die groot gebaar. water kon meng vir ’n gom om sy plakkate mee op te plak. En aan bome en houtheinings. Sien die gevierde vlieënde Feeleys!!! Die slangdanser Nala Damajanti!!!

hy het meer plakkate opgesit as ooit vantevore. Oral waar jy kyk, Maharadja van Mysore se akrobatiese olifant!!! Die doodsveragtende Hy het daardie winter met heimwee teruggedink aan sy sirkus

se vroeë jare in die delwersdorpe. Die geroesemoes van daardie tyd! spandabelrig. In Kimberley het hulle lag-lag twee pond vir ’n sitplek betaal. Voor vertonings het daar soveel sjampanjeproppe geklap dat dit soos haelstorms geklink het. Op partytjies is ongeslypte diamante tussen die sirkusmeisies se borste ingedruk.

Dit was die regte tyd vir sirkus hou. Die delwers was baldadig en

verlang. Hulle was swernote en kansvatters, maar hulle het die

Frank het na die fortuinsoekers van Johannesburg en Kimberley

sirkus verstaan. Hulle het geglo jy kan die noodlot koudsit en die die sweefstokmeisies hoog in die lug mekaar se gewrigte stewig vasvat en nié na onder val nie; as die leeutemmer nié verskeur word nie.

geluksgodin aan jou kant kry. Daarom het hulle so vurig gejuig as

van die eeu, lank voor die oorlog. Ná die oorlog, in die moeilik-

Maar Frank se goue dae was in die twee dekades voor die draai

ste seisoen van sy lewe, was alles anders. Die gehore het nie eens agtergekom wat hy alles op die spel plaas nie, maar Eliza het 11

gekla omdat sy toertjies al waaghalsiger raak. Sy het bekommerd

gelyk as hy bollemakiesie slaan op die rug van sy galoppende perd, die hings deur ’n hoepel vol messe stuur of hoog in die lug op ’n koord dans terwyl hy met balle goël. Telkens weer het sy gevra hy kwaad was vir die fikse en lenige lyf waarmee hy vroeër soveel gemoet versigtiger wees. Wat sy nie geweet het nie, was dat Frank willige slagoffers verlei, vermaak en verkul het. En kwaad vir die

ondankbare dikvelliges wat so gevrek en met sulke dooie oë daar in die sirkusstoele vir hom sit en kyk het. Hy wou die lyf van vyftien jaar gelede hê. En hy wou weer optree voor die gehore van tóé.

Piet sou ook graag die horlosie wou terugdraai. Sy oumanskete het

hy gelate verduur. Hy was net vaagweg bewus van sy rugpyn, aambeie, swakker wordende oë, stompgeknerste tande en die los vel aan sy borskas. Wat hý graag sou wou hê, was om die horlosie terug Dit was ’n vergeefse begeerte, en miskien ’n gevaarlike een, want as wat hy ooit vooraf sou kon raai. Binnekort sou hy twee keer per

te draai na ’n tyd voordat alles by Paardeberg stukkend gebreek is. die speletjies wat tyd op die ou end met hom gespeel het, was erger dag voor sirkusgehore rondstap, en dan sou dit telkens wees asof voor Roberts gaan staan het.

alles gaan stilstaan op presies daardie dag toe hy met ’n geboë hoof Elke weeksdag, om halfdrie die middag en seweuur in die aand,

sou die ding hom wéér oorkom. Smiddags en saans sou hy die be-

skamende skouspel herleef. Elke keer sou dit weer dieselfde wees: Stadig, voetjie vir voetjie, stap hy vorentoe, totdat sy skaduwee aan sy vyand se skoenpunte raak. Hy het geen keuse nie. Hy móét

oorgee. Hy knel sy sambok styf vas voor sy bors. Die ander vuis 12

bal wit om sy perd se leisels. Hy is verrinneweerd ná maande in

die veld: songebrand en vol steekplekke van die muskiete, skurf op sy vel. Sy reënjas is deurweek van modder, reën en sweet. Dit verslete Veldbybel in sy een sak gestop het.

en vol swere en kneusings en bloedvinte, amegtig en met ekseem hang skeef aan sy maer skouers omdat hy op die laaste oomblik ’n “Jy het jou deeglik verweer,” sê lord Roberts. Hy wat Piet Cronjé

is, sê niks. Hy klem sy kake vernederd op mekaar. Hy knip sy oë teen die blink van die Brit se gepoetste knope. ’n Fotograaf glip sy Roberts steeks sy hand uit na sy verslaande opponent. “Dis ’n eer om so ’n dapper krygsgevangene te hê.”

kop onder die swart kameradoek om die oomblik op film vas te lê.

kruip tussen glasstukke, sodat die glas al fyner breek en hy daarmee saam. Eers wanneer die gehoor juigend opspring en begin hande klap, sou Piet weer weet waar hy is. Dan sou hy steunend op die kapkar klim en toelaat dat hy weggevoer word. Nie na St. Helena natuurlik ook ’n soort ballingskap wees. nie, maar sommer na sy tent onder die hickorybome. Al sou dít

Oor en oor sou dit weer só gebeur. Dit sou wees soos om rond te

Piet se sirkushouery het gekom lank ná Frank se moeilike Kaapse seisoen. Frank moes eers na Johannesburg gaan en daar vir Ben sien. ontmoet. En hy moes in sy menagerie na die siek olifant gaan omBig Bert wou nie meer mondfluitjie speel of sy stapdans op ’n

vat doen nie. Die kliere tussen sy oë het ’n taai gom afgeskei wat aan sy vel vasgesit het. Stukkies strooi en gebreekte takkies het daaraan vasgeklou en die geswelde kliere verstop. Sy swingel was 13

teruggetrek in die skede, maar ’n straaltjie urine het onophoudelik teen sy agterbeen afgeloop. Frank het ingedagte met sy voorkop teen die olifant se flank

gestaan toe hy die plan kry. Dit het iets te doen gehad met die

littekens aan die agterkant van die dier se oor, daar waar die tem-

mer met skerp ysterhoeke gehaak het, en iets met die reuk van die ou water in die dier se drinkbak. Dit het hom weggevoer na ’n drome en ervarings, ook dié van sy pa en sy oupa, opgedam lê. Sy Victoriaanse spotvoël. plek wat orals en nêrens is, ’n diep put waar die opdrifsels van sy pa, die flambojante rondreisende akteur. Sy oupa, die uitgeslape ou Frank se idee het gegroei uit elke makabere skouspel wat hy

en sy voorvaders ooit aanskou het: die agterstraatse honde- en hoendergevegte, die openbare teregstellings, die reisende sigeuners by kermisse op tamboeryne dans, die fratsmense wat op verhogies agter fluweelgordyne ten toon gestel word. wat bere aan leerrieme laat toertjies doen, die verskrikte hase wat

waarvan hy gehou het. Dit sou moeilik wees. Die risiko’s sou groot

Dit was ’n baldadige, ongehoorde plan. Presies die soort plan

wees, die logistiek ’n nagmerrie. Hy sou moes navrae doen, reëlings tref, finansiering en vrywilligers werf. En dan sou hy daardie suurgat generaal aan sy kant moes kry. Frank het oor die olifant se rug gestreel en regopper gestaan. Hy

was nie bang vir die oubaas se angel nie. Piet Cronjé, het hy geweet, is die by wat die heuning soet sou maak.

14

Twee keer per dag, om halfdrie in die middag en seweuur saans, word Ben met wolwefluite en ’n gestamp van voete in die amfiteater verwelkom. Die toeskouers in die volgepakte paviljoene is opgewonde. Hulle kom uit New York, Chicago en Atlanta en hulle rek hul nekke om die held uit Afrika beter te kan sien. Hy is om-

geef deur die romantiek wat sy ongerepte vasteland vir hulle inhou. Hy verteenwoordig die drama en skouspel van die verafgeleë slagvelde waaroor hulle in die koerant gelees het.

die Britse oormag geveg, lees hulle in die programnotas. Hy het volhard totdat die Britte sy perd onder hom uitgeskiet, hom gevange geneem en hom vir die res van die oorlog na St. Helena verban het. ’n Oorlogsbeuel blaas en ’n militêre orkes begin speel. Ben stap

Generaal Viljoen het ’n volle twee jaar en vier maande teen

tot in die middel van die stowwerige arena en buig laag. Weg is die Hy dra blinkgepoetste stewels en ’n deftige militêre tuniek met goue koord op die bors. Die dames loer deur hulle lornjette na sy 15

gehawende man met die mauser van twee en ’n half jaar gelede.

raafswart kuif en snor, sy donker wenkbroue en die glimmende medaljes op sy bors. Die mans reken goedkeurend hy was ’n gedugte opponent vir sy teenstanders. Hulle het simpatie met die Boere

se stryd. Hul voorvaders het immers ook ’n onafhanklikheidsoorlog teen Engeland geveg; daarom bewonder hulle die gideonsbende wat die magtige Britse Ryk soveel probleme gegee het.

der Ben oor sy megafoon. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!” Die applous is oorverdowend. Ben glimlag, stap met lang treë

“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bul-

van die een kant van die arena na die ander. “Ek wil u bekend stel

aan ’n groep merkwaardige mans en vroue uit die mees verafgeleë dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg – en hulle doen dit vandag weer. Dié keer vir u plesier.” Die orkes speel marsmusiek en dan wys Ben die grootste helde

aan die gehoor uit. Dáár is kommandant Maree, wat tien keer gedie eenarmheld van Spioenkop; en dáár die bobaas-bomplanter Maans Lemmer. Selfs treine wat die Britte met dik toue toegewoel in die omtrek was nie.

wond is, maar elke keer oorleef het; dáár veldkornet Van Gass,

of met ysterplate gepantser het, was nie veilig as Maans Lemmer Wanneer al die helde hul buiging gemaak het, wag Ben dat

die applous bedaar. “Dames en Here!” vervolg hy. “Nou volg op-

voerings van die oorlog se twee vreesaanjaendste veldslae. Eerste

aan die beurt is Colenso, waar vyfduisend Boere wonderbaarlik ’n

volle sestien bataljons van die Britse leër, tesame met kavallerie en grofgeskut, platgevee het.” Hy beduie met ’n wye gebaar na ’n watervoor in die arena. “Hier sien julle die brullende Tugelarivier.” 16

Dan wys hy na ’n loopgraaf in die geel kleigrond van St. Louis. ’n Paar van die Boeresirkusakteurs het reeds daar ingekruip. “Agter die Tugela kruip die Boere in loopgrawe weg,” verduidelik Ben. “Hulle is so te sê onsigbaar. Lang gras en klippe kamoefleer hul skuilplekke en hul kanonne. Daar is min van hulle, slegs ’n handvol, maar dit is genoeg. Hulle wag geduldig. Die vyand het geen benul wat kom nie. Hulle dink die Boere skuil hoër op teen Britte te mislei. Dit werk. Die Britte is houtgerus. Hulle weet nie Grobbelaarskop. Die Boere het loopgrawe daar bo gegrou om die van die klein bende vegters reg voor hul voete in die lang gras nie.” boshoed, ’n roer in die hand en ’n bandelier oor sy baadjie die arena binne. Kalm gaan staan hy langs ’n Krupp-houwitser en begin die wêreld deur sy teleskoop bespied. Terwyl Ben praat, stap ’n akteur met ’n Transvaalse roset op sy

sandsakke by die kanonstellings geslaap en hy is slaggereed vir aksie.”

“Dit is generaal Louis Botha,” sê Ben. “Hy het heelnag op die

tig teen sy hempsmou blink terwyl die skare hom aanmoedig, maar Ben maak hulle stil en wys na die teenoorgestelde kant van die arena, waar Britse soldate in digte rye begin aantree. “Daar lê die klein Natalse dorpie Frere langs die spoorlyn van Durban na

Die akteur glip koeëls uit die bandelier en vryf hulle strydlus-

Ladysmith. Die grootste Britse leër in vyftig jaar is daar saamgetrek. Die offisiere hou krygsraad in die stasiemeester se gehawende gehuggie. Hul bevelvoerder is die duiwel van Devonshire, die bonkige oorlogsbul generaal Redvers Buller.” Ben laat die legendariese Devonshire-naam ’n oomblik in die lug

hang. Dan verskyn die akteur, net so vors en rossig soos die werklike 17

man, op ’n spogperd en lig sy rypet vir die toeskouers. Hulle juig hom luid toe. Sou dit Biffin wees? wonder ’n paar ingeligtes. Is dit die einste beroemde ros waarop Buller sy verskyning in die pluis nie. Die generaal gee ’n teken en die troepe begin beweeg. word uitgedoof deur die geraas.

vuurlinie gemaak het? Maar daar is nie genoeg tyd om dit uit te “Die opmars na Colenso het begin,” roep Ben, maar sy stem Die akteurs weet wat van hulle verwag word. Hulle marsjeer

in die Boere se rigting terwyl knapgeleerde perde en muile die hoor verkyk hulle aan die lewensgetroue uniforms, die stofwolke pakosse wat so swaar dra aan egte pontonne en militêre bagasie. pluime!”

kanonwaens sleep en osse wiegend die agterhoede vorm. Die gewat die soldate se stewels en die vee se hoewe opskop en aan die “Daar is Hildyard se manne,” roep iemand meegevoer. “Kyk die Sommige raadpleeg hul programme. Henry Hildyard was die

beste generaal aan Buller se sy, lees hulle. Oor die ander was daar van die begin af bedenkings: daar was twee paphartiges, ’n ander rammetjies wie se valse selfvertroue vreesaanjaend was. wat hom reeds in die Soedan as swak strateeg bewys het en ’n paar Dan skielik is die toeskouers se aandag weer in die arena voor

hulle: ’n Zoeloedrywer klap met die sweep langs die muile se pote en begin in ’n lae, gedrae stem ’n lied sing wat oorloop van naderende onheil en diepe onrus.

die dood op hul wag,” praat Ben wanneer die laaste note van die loos wees.”

“Stadig beweeg die Britte nader aan die Boere, min wetend dat

lied wegsterf. “Hulle kaarte en hulle verkenningsketse sou nutte-

18

aanvalsteken gee. Meteens breek alle hel los. Die Britse kanonne begin hul bombardement. Die geraas is onbeskryflik. Die gehoor sit hul hande oor hul ore. Op die steiers begin kinders huil en daar is soms ’n vrou wat flou val.

Die gehoor kyk hoe die Britte stelling inneem en hoe Buller die

trek. Net hier en daar is die bol van ’n hoed sigbaar. Alles is vooruitmors, dit kan die Boere min skeel.

Die Boere lê in die loopgraaf terwyl die koeëls oor hul koppe

af so beplan. Laat die Britte hul ammunisie op die verlate koppie ’n Oomblik lank raak dit stil in die arena. Die Britte is ver-

dwaas. Waar is die Boere dan? Dan staan Botha uit die loopgraaf op, hardloop na die houwitser en vuur. Dit is ’n teken dat die Boere kan losbrand. Die mausers begin spoeg en die kanonne trek los. Een van die Britte gryp na sy bors en val; ’n tweede trek deur die lug. En nog een! Die Boere maai onder die Engelse linies. “Die perde hol weg,” roep iemand. “Nog ’n perd is plat!” “Dankie hemel.”

“Kyk! Hierdie kant het ’n perd dood neergeval.” “Hy het op die soldaat geval. Of nee wag, hy het nie.” “Wat ’n deurmekaarspul!” “Kyk hoe lê die dooies.” Een van die Britse spelers koes na ’n oop kol in die stof en

harwar, kniel daar en maak sy heliograaf haastig op ’n driepoot staan. “Hy ontbied White se hulp,” sê Ben, wat nou weer hoorbaar is

oor die megafoon. Nog ’n Brit kniel in die stof, maak ’n grasmandjie 19

oop en haal ’n duif te voorskyn. Met bewende hande bind hy sy boodskap aan die voël se poot en laat hom los. Die duif vlieg al amfiteater is. keer nie.” hoër, en almal se oë volg hom tot hy net ’n stippel hoog bo die “Dit was ’n vergeefse vlug,” sê Ben. “Niks kon meer die slagting Die gehoor staar verdwaas na die vernietiging voor hulle. Dooie

perde en soldate lê in die stof gestrooi. Sommige lê halflyf in die water of slap oor die kanontrompe. “Maar Long is nie bang nie,” roep Ben.

ponders tot onder die vyand se neus wou neem omdat dit voorheen so goed by Omdoerman gewerk het. “Hy was dwaas eerder as dapper,” sê Ben.

Charles Long, sê die program, was die kanonnier wat sy vyftien-

lik onder sy kanonniers kou. Een ná die ander val hulle. Long self

Long se batterye begin blaf, maar die Boerekoeëls begin dade-

val ook. Die gehoor jou hulle uit en bedaar eers wanneer Buller sy Met sy lyfarts langs hom ry hy tot in die vuurlinie, en stuit selfs nie

herverskyning maak. Hy wil die vasgekeerde kanonniers gaan red. toe die arts langs hom neergevel word nie. Vreesloos vorder hy tot by die donga waar Long se manne skuil. “Kom,” gebied hy bo die manne klim koes-koes op hul paniekbevange perde. Onder hulle is Freddy Roberts, die veldmaarskalk se enigste seun. “Hy wou sy vader se respek verwerf,” vertel Ben. “Hy wou met ’n Voor die toeskouers se oë trotseer die driemanskap die trommegeraas. Hy soek vrywilligers om die kanonne te gaan haal. Drie

heldedaad in lord Roberts van Kandahar se koue hart kruip.”

lende koeëls. ’n Perd swik, struikel, beur dan weer vorentoe. En dan 20

gebeur wat almal teen nou al weet in die regte lewe ook gebeur

het: Freddy Roberts val. Hy rol kreunend in die stof en beland storm voort, haak ná ’n woeste worsteling twee vyftienponders se

byna onder die hoewe van die ander twee se perde. Sy makkers voorstelle aan hul kanonwaens en begin dit wegsleep. Maar Botha hopeloos, beduie hy. Los die kanonne. Los dit maar. “Hoera!” jil die skare. “Hier kom die Boere!”

se manne verdubbel hul vuur. Buller gooi sy arms in die lug. Dit is

vang die soldate in die donga en keer die perde aan wat losgebreek het. Almal juig.

Die burgers jaag nader en vat Long se kanonne vir hulle. Hulle

baardraer draf nader en tel Freddy Roberts van die grond af op. Die gewonde jongman staar na die ledemate wat hy nie kan beweeg sy lyf raak heeltemal stil. Die draer trek ’n seil oor sy kop. Die Zoeloedrywer hervat sy dodelied. of voel nie. Dan val sy kop terug teen die bloedbevlekte seil en

“Dis nog nie verby nie,” bring Ben hulle tot kalmte. ’n Britse

ammunisiekis neer. Dan staan hy op, gaan sit by ’n kamptafel, haal pen en papier uit.

Buller klim van sy vosperd af en gaan sak soos ’n ou man op ’n

U dapper seun is vandag dood. Deelneming. Buller.” wáár is, dat alles werklik net so gebeur het!

“Dit is sy kabel aan lord Roberts,” sê Ben. “Dit lui: Waarde Heer. ’n Kollektiewe sug styg uit die paviljoene op. Om te dink dat dit Ben wag ’n oomblik of twee voor hy aankondig dat daar ’n kort

pouse sal wees. “Daarna,” beloof hy, “is dit die Boere se beurt om op hul baadjie te kry.”

21

Ná die pouse het Ben gewoonlik eenkant gaan staan en wag ter-

wyl die slag by Paardeberg opgevoer is. Dan was dit Piet se beurt om die middelpunt van aandag te wees. Ben was maar te bly dat hy hom van Paardeberg kon distansieer. Daardie bloedige gemors het dank die hemel niks met hom te doen gehad nie. Eintlik het die ganse verdomde oorlog vir hom na iemand anders se storie konsuis geveg het nie. begin voel. Hy kon nie eens meer met oortuiging sê waarvoor hulle “Ag, my God,” sou Ben uitbars as iemand dit sou waag om te

sê dit het gegaan oor grond wat aan die Boere behoort het. “Gaan stoom as jou pionierspis teen die sand vasskuim. Dis al. Dis absoluut al wat mens in Afrika het.”

staan wydsbeen iewers by ’n grensdraad en kyk na die patetiese

vaderland was, het Ben besluit terwyl hy bitter staan en kyk hoe was, nes hulle mammas hulle geleer het.

Hulle het geveg omdat hulle belaglik gehoorsaam aan volk en

Piet wéér voor Roberts aantree. Geveg omdat hulle ratse helpertjies Hy het nie huis toe verlang nie. Hy wou nóóit weer teruggaan

nie. Die spul handjiesvrywers, voetslepers, draadsitters, manteldraaiers en wik-en-wegers sou hom nie weer sien nie. Hulle kon maar in hul baarde mor, aan hul rowe krap, aan hul pitswere druk. met die versmorende bekgevegte van die klein binnekring, moer ónse kerk en ónse erfgrond. Hy sou godweet nie weer sy dors by hartlik keelvol vir al die ongeluksnekke en knersvlaktes.

Van nou af sou Ben Viljoen aan die beweeg bly. Te hel met huis, toe met al die vrome ooms en tantes, met ónse mense, ónse taal, sy land se Bitterfonteine en Brakriviere probeer les nie. Hy was

22

Net soms het die herinnerings weer op Ben afgekom en sy bui bedonner. Soos toe Frank een aand vir hom vertel van sy Kaapse seisoen. Uit radeloosheid oor leë sitplekke het Frank al die sirkus

se ou plakkate laat afhaal en ’n nuwe een laat opsit. Net één, oral net die een enkele plakkaat. Vanaand! Frank Fillis se verstommende sprong! Sy skrikwekkendste waagstuk ooit!!! Hy het van ’n wipplank gespring, bo-oor dertig kastige soldate

wat in dubbelgelid in inspeksiestand aangetree staan, tot op ’n

matras aan die ander kant. Die soldate was gewapen met gevelde sodra hulle sy stem hoor.

bajonette en hulle het opdrag gehad om ’n sarsie skote af te vuur “Vuur,” het Frank geroep sekondes nadat sy voetsole losgeraak

het van die wipplank, selfs voordat hy nog behoorlik oor hul koppe

geseil het. Die kuns was om ver genoeg te spring sodat jy nie tussen die soldate land nie, of bo-op hul bajonette nie, om nie te vroeg waaghalsigheid inboet nie. die skietbevel te gee nie, maar ook nie só laat dat die toertjie alle Toe hy die eerste keer ongedeerd op ’n matras land, terwyl die

rook en die reuk van die skote nog in die lug hang, het hy vir ’n as jy wegkom met roekeloosheid. Daarna het hy die toertjie elke aand herhaal.

oomblik weer die óú uitgelatenheid geproe, die euforie wat volg

George Feeley, ambisieus en honger vir aandag, aangebied om in sy plek te spring. Maar Feeley het reeds die eerste aand verbrou. Hy

Nadat Frank op ’n keer sy enkel verstuit het, het die tuimelaar

het te kort geland en ’n bajonet het sy been deurboor. Die wond het teruggekeer na Engeland.

ontsteek, die been moes later bo die knie afgesit word en Feeley het

23

gesê. “Hy vertel nog steeds vir almal dat sy been by Elandslaagte deur een van julle Boere se Creusotkoeëls verbrysel is.” Ben het sy glas hard op die kroegtoonbank neergesit. Hy was “Nee. Maar dis ’n beter storie as die waarheid,” het Frank gesê en

“Dit was vernederend, toe dink hy maar ’n storie uit,” het Frank

onmiddellik woedend. “By Elandslaagte! Was hy daar?”

gelag. “En Feeley het ’n goeie verbeelding. Hy vertel glo dat hy later

niks kon sien in die rook en stof nie, maar dapper aangehou het terrein te volg.”

om kolonel Chisholme se spoggerige rooi syserp oor die gevegs“Dapper se gat!” het Ben uitgebars. “Dis hoe jy weet hy praat

stront. Niemand glo agterna meer in verdomde donnerse dapperheid nie.” Hy het vir sy eie emosie geskrik.

vertel. “Hulle sê as hy op dreef is, vertel Feeley hoe hy platgeval het as die koeëls om hom fluit, hoe dit soms die grond so naby aan keer weer opgestaan en vooruit beweeg het.” geval. Sy vuiste was gebal. hom getref het dat dit sand oor hom laat spat het, maar hoe hy elke “Genóég.” Ben het vinnig opgestaan en sy stoel het hard om-

Frank het hom nie juis aan Ben gesteur nie, hy wou sy storie kláár

gewaag, toe Ben se stoel opgetel en beduie hy moet sit. “Kom, Ben.” Hy het sy hande as ’n vredesgebaar in die lug opgehou. “Ek a laugh, ou vriend.” vertel jou maar net watse stront Feeley alles loop en verkoop. Have “Dis nie snaaks nie. Dit was nie ’n grap nie. Enigiemand wat

“Tot hy uiteindelik in die hardloop neergevel is,” het Frank dit

daar was, sal wéét. Hulle het op hul perde gesit en ons manne met

lanse stukkend gesteek. God, die goed wat mens daar gesien het.” 24

Ben het die emosie probeer sluk, maar dit het in sy keel vasgesit. “Mans en seuns het tussen die rotse rondgekruip en om genade self gedwing om weg te kyk.” gesmeek. Daar was dinge wat ek nie kon aanskou nie, ek het myBen het stilgebly. Magteloos. Dis onmoontlik om die hart van

die hel vir iemand aan die verstand te bring as hulle nie daar was nie. “Pigsticking,” het Frank sag, skaars hoorbaar, gesê. Ben het sy binneste voel ruk. “Wát?” beskryf het. Agterna.” “Miskien moet ek jou nie eens vertel nie. Dis glo hoe hulle dit Ben het vir Frank aangegluur. Twee of drie jaar gelede sou hy

opgespring, soos ’n dier gebulk en die Engelsman se gevreet skeef

ingeslaan het. Maar nie meer nie. Wat sê mens as jy so iets hoor? Niks. Jy sê absoluut niks. Jy suip. Mettertyd bedaar jy weer. Dis mos die nuwe manier van doen. Hou jou bek en bedaar. Sit in die hoek en shut up.

25

Nadat Feeley sy been verloor het, is Frank se sirkus deur ’n hele

reeks ongelukke getref, lastig en duur, en een oggend het Salvator Bugeja se leeus hom aan die bors, arms, kop en gesig gebyt. Die temmer het maande lank in die hospitaal om sy lewe geveg, hom verbeel dat hy staande toegejuig word in die Folies Bergère in Parys en oor vergete vertonings in Alexandra Palace in Londen geyl. Hy

is later ontslaan, maar toe hy op die skip na Engeland klim, was hy vermink en platsak, al wat hy gehad het was die tweehonderd pond wat Frank met die groetslag in sy baadjiesak gestop het. “Eliza het vreeslik geraas,” het Frank agterna vir Ben vertel. “Sy’t

gereken ek moes die geld eerder vir die bank gegee het. ’n Deel van ons skuld gedelg het.” “Tweehonderd pond ís ’n trop geld,” het Ben gesê.

Hy was wêreldklas.”

“Salvator het elke pennie daarvan verdien. Hy was ’n kunstenaar. Salvator se ongeluk het Frank swaarmoedig gestem. Dit het

hom laat glo daar skuil rampspoed in die saagsels. Een aand in die Kaap het ’n wolkbreuk tydens die aandvertoning losgebars. Die 26

tent was so vol soos dit in daardie dae geraak het, en die ponies aan’t galop in die ring toe die wind begin ruk, vlae reën teen die seil begin slaan en die lampe wild aan hul toue begin swaai.

duidelik. “Reënbuie rinneweer dit. Die tent kom altyd tweede, dit eindig altyd in trane.” Die kwartpale het kant toe gespat, die middelpaal het geknak en

“ ’n Sirkustent is nie ’n sambreel nie,” het Frank aan Ben ver-

die gewig van die reën het die tentkoepel met ’n sagte sug op alles knipmesse gebruik om skeure in die seil te sny sodat hulle na buite beskou, was dit ’n verflenterde Aspoesterrok.

en almal laat neersyg. In die donker het benoude sirkusgangers kon klouter; en toe Fillis sy tent die volgende oggend in die daglig Frank het lang tafels van die sitplekplanke gemaak, die agter-

gelate handskoene, kieries, hoede en baadjies daarop uitgepak en eenkant op ’n lendelam stoel gaan sit om te kyk hoe die vorige aand se plesiersoekers kom vroetel vir besittings wat hulle nuwer

en meer waardevol begin voorstel het omdat hulle gevrees het dat dit vir altyd verlore was. Dit was met teleurstelling dat elkeen sy verweerde voering of deurgeskifte gat onthou het. klam en vuil kledingstuk geëien en weer van ’n losgetrekte naat, Fillis kon sien hoe hul fantasieë druipstert wegsluip. Dit het sy “Daar is altyd iets snaaks aan enige tragiese situasie,” het daar“Nie altyd nie,” het Ben verskil.

keel laat toetrek. Hy moes wegkom. Oppak en verkas. die staaltjie van hom geëindig.

ek ’n man daar ronddwaal. Hy begin my volg en mompel aan-

“Terwyl ek die volgende oggend die skade staan en takseer, sien

houdend oor ’n verlore handskoen. ’n Handskoen, terwyl ek meer 27

as ’n duisend pond se skade gely het! Hy was knaend, hy wou nie

weggaan nie. Ek het op hom geskree en drie sjielings op die grond

voor sy voete neergegooi. Vir nuwe handskoene en sodat hy my in vrede kan los. Eers toe hy buk en die geld optel, besef ek hy is simpel. Oorlogsimpel. Skrapnel in die brein.” “Wat is snaaks daaraan?”

eerder vir háár ’n nuwe paar handskoene gekoop het. Dít was vir my snaaks. As jy weet wat ek bedoel.”

“Die nadraai was ’n geveggie met Eliza. Sy het gedink ek moes

lap. Die herstelwerk was skaars klaar toe gee hy opdrag dat alles opgepak en op die trein gelaai word. “Ons gaan op toer, ons is kláár met die Kaap,” het hy vir sy werkers gesê, maar stilgebly oor die feit dat die stadsraad hom in elk geval ’n maand vantevore finaal kennis gegee het.

Dae lank het Frank die werkers aangejaag wat die tent moes

Terwyl Frank opgepak en van die Parade af padgegee het, was

Ben nog in Engeland. Hy het dikwels gewonder wat sy eertydse oorlogsmakkers sou sê as hulle moes weet hoe hy met die vyand flikflooi. En die vrinne wat langs hom in die veld gesneuwel het, wat tussen klippers lê en leegbloei het en agterna haastig toebossiesbegroeide grafte kon sien tot in die bevoorregte Britse kringe waar hy uit silwerskottels eet? Lesingtoer se moer. Hy sou kastig in Engeland en Amerika gespit is, wat sou hulle dink? Wat sou húlle sê as hulle vanuit hul

gaan praat oor sy oorlogsmemoir. Hy sou ook probeer bemiddel en

beïnvloed, maar hy was verkeerd oor die bui in Engeland. Hy hét nou wel vol sale getrek: In Liverpool, Belfast en Londen het hulle 28

geluister na sy praatjies en gelag vir sy grappies. Hulle het gehou Maar as dit kom by skadevergoeding en hulpverlening, was hul aandag nie by hom nie. Hulle was nie in sak en as soos die Boere

van sy diplomasie en was verras deur sy gematigde standpunt.

nie. Die ou opstootjie daar doer in Afrika was van verbygaande belang. Die Britte was reeds weer bedrywig met ’n skermutseling nuwe dinge wat elke dag bring. in Somaliland; en aan’t vergeet en voortstorm en byhou met al die Selfs die vurige ou Boerevriend Lloyd George se aandag was nie

meer by die oorlog waarteen hy so fel gekant was nie. Verby was

die dae toe hy in oorvol stadsale voor die vlagwuiwende, fluitjieblasende, voetstampende Birmingham-buffels en die stoelgooiende was besig om opgang te maak in die politiek, maar hy het nou vir voordeliger sake geveg as vir die vernielde Boere daar in verre skares van Glasgow vir die Boere in die bresse getree het. Hy

Afrika. In die parlement het hy die agterbankers wakker gepraat, met soveel drif dat hulle hul kenne uit hul onderbaadjies gelig en moeisaam hul bene van die banke se rugleunings afgeswaai het. Hy het hulle aandag gehad, maar dit het nie meer oor Ben en sy makkers gegaan nie. Die Britse onderwyswet wat Balfour probeer deurdruk het, ja, dít het hom geïnteresseer. Dáároor kon hy ure lank praat.

hom gaan opsoek. “Jy weet ek was nooit ten gunste van ons oorlog standpunt betaal het.”

“Ek het my bes gedoen om julle saak te stel,” het hy gesê toe Ben

teen jou en jou mense nie. En jy weet hopelik watter prys ek vir my Ben het ’n wenkbrou gelig. Hy het nie geweet nie.

“Ons pro-Boers was gehate mense, Ben. My teenstanders het 29

doringdraad om bakstene gedraai en dit gegooi na die verhoë waarop ek staan en praat het. My seun is so geboelie dat ek hom jingo’s my stokke gebreek.” uit die skool in Dulwich moes haal. En op die gholfbaan het die Hy het vir Ben koerantknipsels gewys oor ’n vergadering in

Glasgow waar dinge so warm geraak het dat Lloyd in vermomming

by ’n agterdeur moes uitglip. Hy het vir sy lewe gevrees. “Lees hier. Daar was ’n skare van dertigduisend. Met stokke en messe, en lús vir baklei. Dit was Chamberlain se mense en hulle wou niks goeds hoor van die mans wat besig was om hul seuns in Afrika dood te daardie aand in die oproer dood.”

skiet nie. Ek was gelukkig om betyds weg te kom. Twee mense is Twéé, het hy gesê, asof twee verdomp saak maak. Wat is twee

simpel sotte teen al die derduisende wat op die slagveld stukwas.

kend geskiet is? Hulle moere. Hulle moere, wie hulle ook al “En skielik was Lloyd George nuus,” het Ben gesê. “Dit het jou Die politikus het sy skouers opgehaal. “Hulle weet nou met

reputasie gevestig. Invloed gebring.”

wie hulle te doen het. Ek is nie net die wilde Wallieser wat in die parlement oor streeksakies spartel nie. Vir my gaan dit oor die groot goed. Nasionale agendas.”

gesit en gewonder wat die oorlog hóm in die sak gebring het. Wat

Wat sê mens vir só ’n man? Ben het met ’n bek vol tande daar

was hy anders as ’n armgat generaal, flenters geveg en so rigtingloos

aan’t ronddraf soos ’n afkophoender? Ja, hy het sy wrokke lekker wárm gebroei daar in Lloyd George se huis in Wandsworth, ’n huis met ’n kok en ’n huishoudster, waar invloedryke vriende die 30

drumpel deurtrap. Hy is gasvry ontvang, maar die pecking order was duidelik. “Julle Boere laat my dink aan die ou Walliese verbondsvolk,” het

Lloyd oor sigare en sjerrie verduidelik. “Die hele Boerebevolking is

so groot soos Carmarthenshire. Jou nasie bestaan ook uit pastorale leef van die land af, en die Bybel is julle enigste boek.”

gemeenskappe, soos ons voor die nywerheidsrevolusie was. Julle Ben het onthou dat daar in sy ouerhuis ’n plank was waarop ’n

Bybel en ’n paar gebedeboeke staangemaak was. Dit was die som-

totaal van die Viljoens se huisbiblioteek. Hy het opgekyk na die

rakke vol boeke wat Lloyd van sy skoolmeesterpa geërf het. Boeke ensiklopedieë, Engelse poësie, Shakespeare se dramas en romans grootworddorp Llanystumdwy.

oor die geskiedenis, opvoeding, godsdiens en die natuurwetenskap, van Dickens en Hugo. Alles in groot teekiste aangery uit Lloyd se Die dag toe Lloyd vir Ben aan sy vrou voorstel, het sy geglimlag

en gesê sy is so bly die miserable squabble is nou gesettle. Duisende

van sy mense dood, kinders wat in die konsentrasiekampe so uitgeteer het dat hul ribbes soos skeermeslemme deur die vel gesteek het voordat hulle van honger en ontbering dood is, kinders wat

soos afgeskeerde baardstoppels op die oop aarde weggegooi is, en sy noem dit ’n squabble. Ben moes dit vat. Hy moes dit uit haar hand uit eet. Hy was ’n gas in hul land en hul huis, ’n bedelaar om raad. Moet die Boere dít ook nou prysgee?

Hy het sy gasheer probeer pols oor Hollands as voertaal in skole. “Jy kan my niks vertel van daardie stryd nie. My oom Lloyd is

nou nog half doof omdat ’n onderwyser hom ’n oorveeg gegee het ná hy Wallies in die klas gepraat het.” 31

het hard probeer dink aan ’n manier om iets met die man uit te

Maar meer as gemoedelike simpatie het Ben nie gekry nie. Hy

rig, sodat die vriendskap nie vergeefs sou wees nie. Stel my voor

aan Engeland se pro-Boers, het Ben gevra. My verslaande volk het En gee die ou bokram wat hom toekom, dít het Lloyd George

ons eertydse bondgenote nou net so nodig as tydens die oorlog. darem gedoen. Die reël van diskrete etes saam met die dikgevrete was.

deurwagte van Britse society was op die ou end al waarvoor hy goed Hy het Ben voorgestel aan sir Edward Clarke, wat so baie geld

gehad het dat hy, behalwe ’n groot huis op die oewer van die rivier in die dorpie Staines, ook uit sy eie sak ’n gotiese klipkerk met gebrandskilderde vensters en ’n kloktoring vir die dorp laat bou die sjokolademagnaat George Cadbury, met wie Lloyd aan’t konkel was om ’n koerant te koop sodat hulle menings kon swaai. Een diknek het ’n ander van Ben vertel, en wanneer hulle gerus het. En aan die formidabele Charles Scott van Manchester. En aan

was dat hy nie hul met-voorvader-se-voorletters-gegraveerde eet-

clubs genooi. Na operas in die Savoy, herehuise, country manors en Gawe grap om gaste mee te vermaak; min of meer op dieselfde

gerei sou steel nie, het hulle hom na hul dinner parties en gentlemen’s

villas in die voorstede. Hy was een van die seisoen se rariteite. ’n vlak as die gesogte, eksotiese pynappels wat die gasvroue so graag

op hul tafels ten toon gestel het voordat hulle dit op lange laas in Vars van die slagveld af. Vir die eerste keer vry ná sy lang verblyf Toe, skink vir ons.

dun skywe gesny het. Ontmoet ons vriend, generaal Ben Viljoen. op St. Helena. Dit is die stof van Afrika daar aan sy stewelpunte.

32

nóg drankies geskink, sigare opgesteek en kaarte geskommel. Sy stemming was lighartig. Die swaar lyf van Victoria was in haar

Daar is drankies geskink, horlosies aan kettings gerinkel,

Engelse gashere het na hom geluister, maar met ’n halwe oor. Die graf, en Edward se Engeland was jolig. Ben se gepieker het ’n biljarttafel nie. Sny die kaarte, kêrel!

trifle tedious geraak. ’n Mens sit nie met so ’n lang gesig langs ’n Wat doen ’n verslaande generaal as ’n gefuif hom aan die gat

byt? Hy hou sy glas sodat iemand dit kan volskink, natuurlik. Hy maak sy blinkgeskuurde bas by die oorwinnaars se etenstafels tuis

en laai sy bord vol pap en room, geposjeerde en geroerde eiers, spek, ham, wors, gekruide niertjies, gerookte vis en koue vleis. Vir ontbyt. Vir middagete wei hy tussen die skinkborde vol galantiens, ham, tong, fisant, patrys, perskes, spanspekke, lemoene en bessies. Teen teetyd staan daar al weer torings toebroodjies en skons met Met sjampanje en wyn en whiskey en brandewyn heeldag lank, net wanneer jy wil. Ben het gesorg dat hy hom goed volstop. Wanneer hy dikgevreet was aan die kos, was daar die vroue

konfyt en room. Aandete bestaan uit tussen agt en twaalf gange.

met hul verregaande hoede en haartooisels, ritselende onderrokgetrippel op die hoëhaksteweltjies, die kloutjies waarmee hulle rokke! Dit het hom laat dink aan pienkgepoeierde weergawes van die geraamtes gevind het wanneer hulle steenkoolmyne uitgrawe.

ke, slepende some en styfgerygde middellyfies. Daardie gedurige krummels uit hul koekbordjies pik, die gedimpelde dye onder die dinosourusse, die uitgestorwe akkedisse waarvan die Britte soms Wat staan ’n man te doen as hy soveel uitnodigings kry na

soveel huise? Hy ruk op na die deure met die blink kloppers en 33

donker posgleuwe en hy bars gewoon die wêreld van rankrosies en hulle wou hê en Boer op besoek is wat hulle gekry het.

poeierdosies en silwersnuisterytjies binne. Boer op besoek was wat Sy trouring het hy al tydens die oorlog afgehaal. Nie dat iemand

hulle daaroor sou moeg maak nie. Dit was ’n ope geheim dat Lloyd naam en ’n regte kwaaikat was sy. En wat van Lloyd se vrou?

by die vrou van een van sy politieke bondgenote lê. Kitty was haar “Wat dink jy verkies sy?” het Lloyd met ’n snorklag geantwoord

toe Ben hom vra. “’n Namby-pamby wat aan haar roksome klou of ’n egte derduiwel?”

Hy moes net onthou dat selfs ’n man wie se vrou jy beetgehad het, steeds nie jou speelmaat is nie. Hy het saam met sy gashere gevreet en saans swaar in die chesterfieldbanke neergesak, maar nie gerus en selfversekerd soos húlle nie. Om ’n Engelsman van ’n sekere

Sover Ben kon sien, het die baljaardery geen prys gehad nie.

klas te sien sit in sy huis met die roostuine, fonteine en tennisbane opstaan nie. So seker sit jy net met die gewig van ’n seëlring aan

daaromheen, is om te sien hoe sit jy as jy nie sommer weer gaan jou pinkie, goue mansjetknope in jou hempsmoue, ’n erfhorlosie boeke in jou biblioteek, deftige porselein op jou tafels, kosbaarhede

aan ’n ketting in jou sak, bronsbeslag op jou kierie se kop, mure vol op jou kaggelrakke, kristalkandelare aan kettings teen jou plafonne, tapisserieë en skilderye in vergulde rame en goue girandole teen jou mure, dik matte op jou vloere, standbeelde van Griekse gode in jou

fonteine. En búite die netjiese marmerrelings om jou huis en tuin: reusagtige stede wat al eeue lank op hul plek staan, geanker deur museums vol oorlogsbuit, paleise vol juwele en wapenrusting, kerke 34 die gewig van vergange beskawings se krummelende stadsmure,

met grafte uit die vergetelheid onder die marmervloere en bowenpas onder meer gemeet word deur ’n horlosie so swaar dat sestien moes sleep.

al die gewig van die glorieryke Britse geskiedenis, waarvan die perde dit deur die strate na die parlementsgebou in Westminster Wat sou die ou verslete vegters wat in die oorlog onder sy be-

vel was tog verstaan van Ben se tyd saam met Lloyd George en

sy invloedryke trawante? Ben het in Januarie 1903 in Engeland ginnegaap in die geselskap van families wat sedert die tyd van die

aangekom en teen die somer van daardie jaar was hy steeds aan’t Tudors om die kantele van Carnarvon Castle hul bestaan maak. Hoe sou hy aan die dooies kon verduidelik van partytjies saam met in 1166 tydens die bewind van koning Hendrik II opgeteken is? manne soos George Cadbury, wie se familienaam die eerste keer Hy sou nie kon nie. En waar sou hy tog begin as hy aan sy gas-

here moes verduidelik van Ben Viljoen van Varkiesdraai, in 1868 in ’n grot gebore en steeds aan’t swerf? Ons Viljoens het al onder baie bossies rondgeskrop, hooggeagte

here. Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep. My voorvader was ’n Franse weet ek niks. Pioniers piekel nie stambome saam nie; hulle skud

Hugenoot wat na die Kaap gevlug het, maar van sý voorvaders dit af soos ou slangvel. Ons Viljoens se geskiedenis begin op die nuwe vasteland, op plase rondom die grensposte naby Umtata en op die oewer van die Tsitsarivier. Die rekords is vaag, die details min. Vader het grond gekry van die kafferkaptein Gnangeliswe en dit Varkiesdraai gedoop. Ek is daar in ’n grot gebore, my vader se vierde kind, in ’n tyd van skraal vooruitsigte. God man, hulle sou hom mos uitgelag het. 35

buitengewoon nie, lord Cadbury. Dis woeste wêreld. Varkiesdraai was geen sprokie nie. Vader is verskeie kere deur die Batet-stam aangeval. Hy het telkens vee in strooptogte verloor. Ons is daarons dorpenaars geword het.

Grot, ja. Dis waar my gesin toe gewoon het, ja. Glad nie so

vandaan Pondoland toe; later goudvelde toe. Dis eers onlangs dat En wat sou hy sê oor sy lewe vóór die oorlog? ’n Boer sonder

’n plaas, bid jou dit aan! Konstabel, kantieneienaar, tikmasjiensmous, versekeringsmakelaar, koerantman en selfs, in ’n tyd toe die skuldeisers hom opgeskroef het, die dikbek wegryer van nagvuil by ’n hotel in Krugersdorp. Sanitary Contractor and General Commission Agent, het sy kontrak die saak probeer verdoesel. Nee, hy het hulle eerder niks van sy verlede vertel nie. Soos dit

was, het hulle hom erg genoeg vir die gek gehou. Hy was ’n skootmaar hy moes tog net nie probeer om man tot man met hulle te het. Soos ’n skoolseun het hy daar sit en stamel. Is dit waar, het hy

hond in hul ontvangskamers, ’n troeteldier vir hul verveelde vroue, praat nie. Dit het hy finaal besef toe hy vir Chamberlain gaan sien probeer, dat sy naam op ’n swartlys is van Boere en ander in die moet word nie?

Transvaal wat nie in die nuwe Britse territories in diens geneem Chamberlain het stram geglimlag. “Die name op daardie lys is

van mans wat na bewering gevaarlik is vir ons ideale, omdat hulle dikwels gepoleerd voorkom, en ons met beloftes van vriendskap om die bos probeer lei. Is jy só ’n man, generaal Viljoen?” Ben het gesê dit klink vir hom daar is die een of ander soort

misverstand. Hy het deurgedruk, vertel dat hy dit oorweeg om

weer koerantman te word. Hy sou graag ’n tweetalige blad met ’n 36

versoenings- en vredesbeleid wou begin. Hy het die woorde “verSou die nuwe regering behulpsaam kon wees met stigtingskapitaal van tienduisend pond?

soening” en “vrede” benadruk, maar hy kon dit nie daar laat nie.

dan in sy peetjie gestuur nie. Hy het Ben verseker hy is favourably voëltjies hoor fluit dat Milner sy gat toegestop het. Ja, Ben Viljoen

Chamberlain het hom nie reguit in die oë gekyk en hom daar en

inclined en dat hy met Milner sou consult. Veel, veel later het Ben ken ook ’n paar mense. Mense wat mense ken. En volgens hulle to be rid of him – ends.

was Milner se kabelgram oor die saak kort en kragtig: I should like

37

Nuuskierig oor die storie ágter die storie? Kyk na www.facebook.com/Sirkusboere

You're Reading a Free Preview

Download
scribd
/*********** DO NOT ALTER ANYTHING BELOW THIS LINE ! ************/ var s_code=s.t();if(s_code)document.write(s_code)//-->