Hoe om die draak te oorwin…

How To Kill A Dragon: Aspects of Indo-European Poetics
Calvert Watkins

Dié massiewe werk is ‘n meesterstuk van vergelykende Indo-Europese poëtiese taal wat die aard, vorm en funksie van poëtiese ekspressie in die literatuur van Indo-Europese taalgemeenskappe navors, sowel as die rol en funksie van die digter as bewaarder van die woord.

1

Die outeur pas die tradisionele vergelykende metode toe om die genetiese intertekstualiteit van spesifieke temas en formules te identifiseer wat gemeen is aan al die dogtertale van Indo-Europees. Die boek beslaan sewe afdelings en 59 hoofstukke. Die inleidende hoofstukke van Deel I omskryf die vergelykende metode, konsepte soos sinkronie en diakronie en plaas ‘n verskeidenkeid Indo-Europese kulture in ‘n raamwerk volgens genre, tyd en ruimte. Afrikaans stam as volg uit die Indo-Europese moedertaal: IE > Proto-Germaans > Wes-Germaans > Ou Nederlands > Afrikaans. Die Wes-Germaanse bronne wat Watkins gebruik is Anglo-Saxon Poetic Records (Beowulf, gewyde verse, wysheidsliteratuur, magiese inkantasies en raaisels), Oud-Saksies (die gewyde gedig Heliand (Verlosser) en fragmente uit Genesis), Oud-Hoogduits (hoofsaaklik Liber Evangeliorum deur Otfrid (9de eeu), die Muspilli-fragment en die Hildebrandslied). Die res van die afdeling bespreek die ideologiese rol van die gesproke woord in die Indo-Europese gemeenskap – onder meer die persepsie dat die woord ‘n uitwerking op die realiteit het - en die oorlewing van dié konsep tot vandag toe. Hoofstuk 3 ondersoek die tegniek, en hoofstuk 5 die sosiale funksie en kuns van die Indo-Europese digter. Leksikaal word die funksie van die digter deur die woordafleiding mnaa – afgelei uit men (die aanwending van denkkrag) – uitgedruk. In hoofstuk 6: The poet’s truth: The power, particularity and perseveration of the word, word die agting waarin die werk van die digter gehou is, illustreer aan die hand van Grieks, Sanskrit en Avestaans. p. 85: “The power of the spoken word as formula and the power of the poet as the custodian of the word and formula both derive from their truth.” Vediese Sanskrit: Satyó mántraha kaviśastá ŗghāvān. Die kragtige formule uitgespreek deur die digter is die waarheid.

2

Poëtiese taal is ‘n vorm van grammatika wat vlakke van klank en vlakke van betekenis onderskei. • • • • Die klankvlak omvat metrum, ritme en fonetiese figure soos rym en alliterasie Op ‘n hoër vlak beskik hierdie poëtiese grammatika oor ‘n morfologiese komponent waar klank en grammatiese betekenis dus grammatiese figure vorm Op ‘n nog hoër vlak word leksikale betekenis pertinent en noodsaaklik beide in woordkeuse en in die sintaktiese en semantiese komponente van die grammatika Woordeskat en sintaksis is die domein van formules, wat die voertuie van semantiese temas is en dis hierdie temas wat gesamentlik die verbale ekspressie van die kultuur van die Indo-Europeërs uitmaak.

Die formules verwys na kultuureienskappe wat die rede vir hul oorlewing en gedurige herlewing deur die eeue is. ‘n Voorbeeld hiervan is die merismes “huis en haard” (home and hearth) of “hawe en goedere” (goods and chattels) wat ‘n antieke Indo-Europese formule is om na vaste en roerende eiendom te verwys. Merism
Century Dictionary and Cyclopedia: n. The repetition of parts in an organism in such a way as to form a regular pattern, as in radial and bilateral symmetry, serial homology, etc. Wiktionary: n. Referring to something by a list of its parts. http://www.wordnik.com/words/merism Online Etymology Dictionary, © 2010 Douglas Harper "synecdoche in which totality is expressed by contrasting parts" (e.g. high and low, young and old), 1894, from Mod.L. merismus, from Gk. merismos "dividing, partition," from merizein "to divide," from meros "part." http://dictionary.reference.com/browse/merism?r=66

Leksikale hernuwing van een of meer van die komponente ondermyn geensins die semantiese integriteit of die historiese kontinuïteit daarvan nie. 3

In hoofstuk 3: Poetics as Grammar, analiseer Watkins die rympie "Oats, peas, beans, and barley grow" deur te kyk na die sinskonstruksie, alliterasie en assonansie. Hierdie formulistiese rympie oorleef vandag nog net in kindertaal maar in sy kernsemantiek, -formule en poëtika moes dit herhaardelik – oor ‘n tydperk van ses tot agt duisend jaar – volgens dieselfde bloudruk herskep geword het. Dit is die sentrale merisme van ‘n oeroue Indo-Europese oeslied of landbougebed soos die outeur bewys met aanhalings uit Nessili (Hetities), Homeriese Grieks, die Atharvaveda en die Zend-Avesta. Die antieke Indo-Europese formules omvat selfs mites en ander narratiewe in die geheel, soos byvoorbeeld die een van die held wat die draak verslaan. Die basiese formule in die Rig Veda is áhann áhim = jy het die draak oorwin, uit die Indo-Europese werkwoord ghven. Natuurlik Afrikaans “wen.” Teksanalise en gevallestudies uit Anatolies, Kelties, Grieks, Indies en Italies word in hoofstukke 7 - 11 van deel 2 voorsien, gevolg deur die analise van sinsformules, stylfigure en verskuilde betekenis in hoofstukke 12 tot 16. Die res van die boek voorsien oorweldigende bewys van ‘n Indo-Europse formule in die uitdrukking van die mite van die draak of slang wat deur ‘n held verslaan word. Oor duisende jare verskyn dié formule in presies dieselfde taalkundige vorm as in die moedertaal. Die formule is die voertuig vir die sentrale tema van ‘n prototeks wat as presiese en praktiese voorbeeld dien vir tipologiese en genetiese navorsing in die studie van literatuur en literatuurteorie. Die draak / slang kan ook ‘n wurm as simbool van siekte wees. Hier is byvoorbeeld ‘n Oud-Germaanse inkantasie om siekte te besweer: Gang uz, nesso, mit nium nessinchilion Uz fonna marge in deo adra, vonna den adrun In daz fleisk, fonna demu fleiske in daz fel Fonna demo velle in diz tulli. Gaan uit, wurm, met nege klein wurmpies Van die murg tot die are, van die are Tot die vlees, van die vlees tot die vel Van die vel tot in hierdie pyl. 4

Hoofstukke 50 - 59 is besonder boeiend deurdat hierdie gedeelte die aanwending van die formule bespreek in genesing en ‘n afdeling oor die digter as geneser insluit. Die boek sluit af met 27 bladsye verwysings, indekse van name, onderwerpe, tekste en van woorde wat uit ‘n verskeidenheid Indo-Europese tale aangehaal word. Woordindeks tale: Albanies Anatolies (hoofsaaklik Nessilies (Hetities)) Armeens Balto-Slawies Germaans Grieks Indo-Iraans (hoofsaaklik Sanskrit en Avestaans) Italies (hoofsaaklik Latyn) Kelties Tocharies Verwante navorsing: The Mother Tongue: Note to honor Professor Joseph H Greenberg 1915 – 2001. http://www.scribd.com/doc/27938076/The-Mother-Tongue

5

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful