You are on page 1of 3

Vandag wil ek julle die storie vertel van Wagter die knap hond.

n Man, sy vrou, hul jong seun, hul baba en Wagter hul hond het eendag na die bos gegaan om hout te kap en kos te soek vir die lang winter. Die baba het aan die slaap geraak en sy mamma het hom neergel op n bedjie van gras. Wagter, bly jy hier en hou wag by die baba! het die vrou ges,ons gaan dieper die bos in om hout te kap en bessies en neute te pluk. Skielik, naby die verste rand van die bos hoor die drie n geknetter van hout en gedreun van vuur. Ek ruik mos brand!! Skree die man. Die vrou versteen van vrees en toe hul omkyk sien hulle net vlamme.!

Hulle het hul bes probeer om deur die vlamme te breek om Wagter en die baba te gaan red, maar tevergeefs. Intussen het Wagter aan die ander kant van die bos onder die bome langs die sloot by sy basie bly l. Toe Wagter skielik begin rook ruik en die vlamme sien, het hy sonder om te wag die baba aan sy kraag gegryp en in die stroom gespring Hy het met al sy krag stroom af geswem terwyl hy die baba se koppie bo die water gehou het. En so het hulle veilig deur die brandende bos gegaan. Toe die water vlakker word, het hy uitgeklim sodat hulle kon rus. Wagter het rondgekyk in die skemer hul eie huisie in die verte gesien. Hy het gou weer sy basie opgetel en daarna toe gedraf.

Hy het die baba op die stoep neergesit en met n nat poot aan die deur begin krap. Toe die vrou die deurtjie oop maak sien sy haar sopnat baba en Wagter wat uit geput daar neergesak het. My baba!! Wagter!! Ons het gedink julle is dood! Oorstelp van vreugde roep sy na haar man. Hulle leef!!! Wagter en die baba is hier. Wagter,jy het ons baba gered! Wagter het n heerlike stuk vleis gekry met n been daarby. Hy het n spesiale medalje gekry vir sy heldedaad en tot die dag van sy dood was hy bekend as die kampioen waghond in die kontrei!