Afrikaans staan sterk in sy Indo-Europese wortels

Pieter Uys

’n Sin- en diachroniese analise van ’n greep uit die spreektaal soos in Junie 2013 deur ’n vriend van my by ’n kafee aan die Wes-Rand aangehoor. Die spreker het op sy selfoon gepraat terwyl hulle toustaan om by die toonbank bedien te word. ’n Beskrywing van die spreker se voorkoms en kleredrag verskyn aan die einde op bladsy 15.
1

Hier volg eerstens ’n woord-analise met identifisering van die ProtoIndo-Europese (vereenvoudig tot “Indo-Europese”) stamwoord sowel as enkele opmerkings oor verwante woorde in sustertale, leenwoorde uit Engels, eufemisme en modaliteit deur die aanwending van kragwoorde. Tweedens identifiseer ons elemente van die Indo-Europese poëtika in die alliterasie- en assonansiestruktuur van die teks, en derdens kyk ons na die opbou, klimaks en afname van beskrywende intensiteit. Al die voorvermelde eienskappe is reeds minstens 8 000 jaar aktief in Indo-Europees en haar afstammelinge.

“Wat gebeur het is hy’t sy gat gewip by die party toe fok hy daar weg met ’n moerse gejuig, toe’t hy iewers uitgeswaai vir ’n anner kar en die veld ingedonner, wat ok alright sou wees maar daar was ’n klein muurtjie toe rol hy die bakkie.”

2

ANALISE: WOORDE EN FRASES
gat [hier gebruik as eufemisme vir boude]
Ons neem kennis van Dr Lariza van Niekerk se bevinding: “Wanneer hierdie eufemismes die woord anus, asook die plat woorde gat en hol vervang, het hulle 'n sterker effek van versagting en verbloeming. Word hulle gebruik as eufemismes vir boud of boude, is hul funksie eintlik geestigheid of spot, en slegs tot 'n mindere mate werklik versagting, aangesien die woord boud(e) nie werklik as plat, aanstootlik of onfatsoenlik beskou word nie.”*1 Daar bestaan twyfel oor die Indo-Europese oorsprong omdat dit onwaarskynlik is dat so ’n skaamwoord se semantiese spektrum ook die neutrale opening of gat in grond sou aanneem. Indien die woord by die uitgestorwe Waskoniese taal van Europa geleen is, hou dit verband met Baskies ate = deur, poort. gat zn. ‘opening; achterwerk’
Mnl. ut den nese gaten (mv.) ‘uit de neusgaten’ *1236; CG I, 23+, clene gaten ‘kleine (keel)gaten’ [1276-1300; CG II, Nat.Bl.M], so crupet dor .i. nouwe gat ‘dan kruipt hij door een nauwe opening’ *1287; CG II, Nat.Bl.D], op u gat gheven ‘op je achterwerk geven’ *1481-83; MNW]. Os. gat ‘oog van een naald’ (mnd. gat ‘holte, breuk’ > nhd. Gatt ‘(zee)gat’); ofri. gat, jet (nfri. gat); oe. geat, gæt (ne. gate deur, poort); on. gat ‘hol, opening’ (nzw. (dial) gat ‘gat’, daarnaast gatt in bijv. Kattegatt uit mnd. of mnl.); < pgm.*gata- ‘opening, passage’. Ook wordt gat wel in verband gebracht met Gotisch bi-gitan ‘bevatten’. Verdere etymologie onzeker. Er wordt wel gedacht aan verwantschap met Grieks khézein ‘schijten’, khōdanos, ‘achterste’ en Armeens jet ‘staart’, waarbij ook Sanskrit hadati ‘schijten’, < pie.*ghed-, *ghod- ‘gat, schijten’ (IEW 423), maar dit wordt door sommigen niet waarschijnlijk geacht, omdat uit zulk een speciale betekenis niet zo snel een neutraal woord gat zou ontstaan, eerder is het omgekeerde het geval. Vermoedelijk is gat een substraatwoord, dat ook verwant is met on. gata ‘straat, smalle doorgang’ (nzw. gata), got. gatwo ‘straat’ en ohd. gazza ‘smalle straat, steeg’ (nhd. Gasse). Volgens Vennemann 2003 verwant met Baskisch ate ‘deur, poort’.

3

gat gewip
Die werkwoord wip stam uit Indo-Europees / (s)weip/ = wentel, draai, bewe
Middel Hoog Duits: wīfen st. 'winden, schwingen'; swibelen, swivelen wk. 'schwefeln'; swīfen st. 'sich bewegen, sich begeben, sich schwingen'; sweif st. m. 'schwingende bewegung, gang, umschwung, umfang, umkreis; umschlingendes band; schwanz'; sweifen red. v. tr. 'in rund umschliessende, drehende bewegung setzen, schweifen, schwingen', intr. 'schweifen, bogenförmig gehn, sich schlängeln; schwanken, taumeln'

Let asseblief op die verband tussen die onoorganklike werkwoord sigself beweeg en die naamwoord stert/boude in Middel Hoog Duits. Toeval? Beslis nie wanneer die bevindinge van Calvert Watkins in ag geneem word nie*2

4

party [op Engels uitgespreek]
Die eerste van twee leenwoorde wat 5.6% van die fonemiese teks uitmaak, afhangende van die uitspraak van die twee Engelse leenwoorde.

toe fok hy daar weg
Uit die Indo-Europese /puḱn-, pewḱ-/ = steek, stoot, indruk, invoeg Hier kom Die unieke Afrikaanse "fok" deur Johan Combrink, voormalige Voorsitter van die Taalkommissie van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, nuttig te pas.*3 Volgens Combrink word die woord aangewend om verrassing, bedrog, ontsteltenis, moeilikheid, aggressie, moedeloosheid, walging, plesier, wanbegrip, inkompetensie, gesag en oortuiging oor te dra.

5

“Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte kan vervul.Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as onoorganklike werkwoord (Ag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal gefok), as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde (aanfok,opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok, agternafok), ens of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele ding befok).”

6

met ’n moerse gejuig
Voorsetsel + BNW + NW word as adverbiale frase gebruik om die werkwoord te kwalifiseer. Dié ekspressiewe frase funksioneer effektief as instrument van persepsie, oordeel en opinie. Die klankbaan van die wegfokkery dawer nou welluidend om die dramatiese aksie te beklemtoon. “Taal as sosialiseringsmiddel verrig ook dikwels 'n “fatiese” funksie wanneer dit gebruik word ter wille van “maatskaplike en gesellige kontak” (De Villiers, 1976: 78) tussen mense, soos wanneer persone mekaar groet of wanneer hulle hul ontevredenheid, minagting, bewondering en waardering te kenne gee.”*4

moerse
Byvoeglike naamwoord / bywoord van intensiteit, afgelei van moeder / mater/.

gejuig
Middel Iers ilach (oorwinningskreet), New English yowl en Antieke Grieks iuzo (ἰύζω: uitroep), afgelei van die Indo-Europese / yu / = uitroep van vreugde plus / sīe / = mag dit so wees

Wulfilas se Gotiese bybel.
7

http://language.cs.auckland.ac.nz/files/2012/08/2011Diffusion.png

ingedonner
Skeibare werkwoord. Rigting-voorsetsel + die werkwoord donderslag / dreun uit Oud Hoog Duits donar (Oud-Saksies thunar en Yslands þruma), uit ProtoGermaans þunraz, uit Indo-Europees / (s)tenħ /

ok alright
Afrikaanse kortvorm van ook plus tweede Engelse leenwoord, in plaas van Afrikaanse vorme soos in orde, piekfyn of goed.

8

KLANK-ANALISE
“Wat gebeur het is hy’t sy gat gewip by die party toe fok hy daa(r) weg met ’n moerse gejuig, toe’t hy iewers uitgeswaai vir ’n anner kar en die veld ingedonner, wat ok allright sou wees maa(r) daa(r) was ’n klein muurtjie toe rol hy die bakkie.”

Medeklinkers
Dis duidelik dat die alliterasiepatroon aanvanklik deur /g/ domineer word tot reg in die middel wanneer /r/ oorneem. (Daar word aangeneem dat die uitspraak van die /r/ van party en alright nader aan die Afrikaanse as Engelse klank is. Neem ook in ag dat die /r/ van maar en daar dikwels nie uitgespreek word nie.

Klinkers
Geronde klinkers word in rooi aangedui en lang geronde klinkers en diftonge word onderstreep. Let op dat dié ronding ’n klimaks bereik net voor die middel waar die /g/ sy dominansie aan die /r/ begin afstaan. (Daar word aangeneem dat die uitspraak van /eu/, /ui/ en /uu/ redelik gerond is). Boonop funksioneer toe met sy geronde vokaal as koppelwoord wat klousules verbind. Daarbenewens verskyn die middelste toe in die toe’t-vorm as klanknabootsing van motortoeters wat onder sulke omstandighede gehoor word, en die voorafgaande gejuig doelmatig aanvul. Gejuig = stemme/koor en Toe’t = musiekinstrument. “Wat gebeur het is hy’t sy gat gewip by die party toe fok hy daar weg met ’n moerse gejuig, toe’t hy iewers uitgeswaai vir ’n anner kar en die veld ingedonner, wat ok alright sou wees maar daar was ’n klein muurtjie toe rol hy die bakkie.”
9

http://www.utexas.edu/cola/centers/lrc/iedocctr/images/tree_500.gif

Dis geen toeval dat toe’t die derde element van die ouksetiese klimaks uitmaak nie, as finale element van die drie beklemtoonde klinkers.

“Wat gebeur het is hy’t sy gat gewip by die party toe fok hy daar weg met ’n moerse gejuig, toe’t hy iewers uitgeswaai vir ’n anner kar en die veld ingedonner, wat ok alright sou wees maar daar was ’n klein muurtjie toe rol hy die bakkie.”
10

OUKSESE EN MEIOSE
Ouksese is die spanning wat geskep word deur woorde in ’n stygende orde van intensiteit te rangskik:

“Wat gebeur het is hy’t sy gat gewip by die party toe fok hy daar weg met ’n moerse gejuig,
Meiose is ’n ontlading wat geskep word ná die klimaks van Ouksese, deur woorde in ’n dalende/stygende/dalende orde van intensiteit te rangskik:

“toe’t hy iewers uitgeswaai vir ’n anner kar en die veld ingedonner, wat ok allright sou wees maar daar was ’n klein muurtjie toe rol hy die bakkie.”

11

http://www.protogermanic.com/search/label/Germanic%20languages

12

VOETNOTAS
1 Niekerk, Lariza van. Funksionele aspekte van Afrikaanse Eksosentriese Komposita. Universiteit van Suid-Afrika, 2006
uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/2338/thesis.pdf.txt?sequence=2

2 Watkins, Calvert. How to Kill a Dragon: Aspects of Indo-European Poetics. Oxford University Press, 1995. 3 Combrink. Johan. Die unieke Afrikaanse "fok".
www.psychohistorian.org/display_article.php?id=201102162158_fok.content

4 Niekerk, Lariza van. Funksionele aspekte van Afrikaanse Eksosentriese Komposita. Universiteit van Suid-Afrika, 2006
uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/2338/thesis.pdf.txt?sequence=2

13

BIBLIOGRAFIE
Beekes, Robert S. P. Comparative Indo-European Linguistics. Amsterdam: John Benjamins, 1995 Bouckaert et al. 2012. Mapping the Origins and Expansion of the Indo-European Language Family. Science, vol. 337, no. 6097, pp. 957-960; doi: 10.1126/science.1219669 "Indo-European Roots Index". The American Heritage Dictionary of the English Language (Fourth ed.). Internet Archive: Wayback Machine.
http://web.archive.org/web/20080726143746/www.bartleby.com/61/IEroots.html

Mapping the Origin of Indo-European.
http://language.cs.auckland.ac.nz/

Philippa, M. e.a. (2003-2009) Etymologisch Woordenboek van het Nederlands.
www.etymologie.nl/

Schleicher, August, A Compendium of the Comparative Grammar of the Indo-European Languages (1861/62). Watkins, Calvert. The American Heritage Dictionary of Indo-European Roots. Houghton Mifflin, 2000.

ILLUSTRASIES EN KAARTE
Omslag Linguistics: An invisible hand
W. Tecumseh Fitch. Nature 449, 665-667 (11 October 2007) | doi:10.1038/449665a; Published online 10 October 2007

www.nature.com/nature/journal/v449/n7163/full/449665a.html p 3 map www.sci-news.com/othersciences/linguistics/article00546.html p 6 homes.chass.utoronto.ca/~cpercy/hell/families/indoeuropean/ p 7 http://heartlanguage.org/2013/02/07/ulfilas/ p 10 www.utexas.edu/cola/centers/lrc/iedocctr/images/tree_500.gif p 12 www.protogermanic.com/search/label/Germanic%20languages

14

PERSOONLIKE MEDEDELING
‘Staan in die ry by ’n kafee in die Wesrand, die ou voor my se conversation met whoever anderkant die foon is klink so’: “Wat gebeur het is hy’t sy gat gewip by die party toe fok hy daar weg met ’n moerse gejuig, toe’t hy iewers uitgeswaai vir ’n anner kar en die veld ingedonner, wat ok alright sou wees maar daar was ’n klein muurtjie toe rol hy die bakkie.” Watter tipe diertjie? ‘Vroeg dertigs, botter bul,sal maklik vuis lig, kort geskeerde hare, sy foon amper so groot soos ‘n tablet, miskien ‘n samsung namaaksel, semi snow washed jeans en ‘n swart lumber jacket’

KWYTSKELDING
LET WEL: Diè analise is met die tong in die kies gedoen. Humor, met ander woorde. Ek beskou nie die Indo-Europese taalfamilie as “beter as” of “verhewe bo” enige ander taalfamilie nie. Nog minder beskou ek Afrikaans se uitdrukkingswyses as “beter as” of “meer kleurvol” as enige ander taal s’n. Sulke denkwyses is uiters eng in my opinie en het my nog altyd geïrriteer omdat dit uit onkunde en 'n gevoel van minderwaardigheid voortspruit. Tot 6 Julie 2013 het 100% van die terugvoer wat ek ontvang het, daarop gedui dat die lesers dit so verstaan. Vandag, Sondag 7 Julie 2013 het ek egter terugvoer ontvang wat, hoewel dit die moontlikheid van humor in ag neem, beswaardhede opper oor die waarde van 'n taal se Indo-Europese wortels met verwysing na geskiedenis kultuur, ens. Dus herhaal ek graag: Hierdie analise, hoewel taalkundig korrek uitgevoer, word humoristies bedoel en geen implisering moet daarin gelees word dat Afrikaans op enige wyse meer “spesiaal” of “kleurvol” of “treffend” as enige ander taal is nie. Amen en Sela.

15

l

16

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful