You are on page 1of 3

Nog stories

netwerk24.com/Sake/Ekonomie/inflasie-knou-selfs-game-of-thrones-20190415

Deur Petrus Malherbe April 15,


2019

Game of Thrones-aanhangers: Die winter is hier. Minstens vir jou begroting.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Maandag prettige syfers uitgereik om te wys hoeveel
duurder sekere “noodsaaklike bykomstighede” geword het sedert die eerste seisoen van dié
trefferreeks in 2011 uitgereik is.

Die agtste en finale seisoen van Game of Thrones het pas begin en aanhangers is gereed om
terug te keer na die mitiese wêreld van Westeros.

Volgens SSA sal jy nou byna 40% meer betaal vir ’n goeie bottel wyn om saam met die
program te geniet as nege jaar gelede.
’n Snoesige kombers om onder te lê terwyl jy die jongste episodes kyk, kos 17% meer
as in 2011.
Inflasie het ook die prys van televisies geruk, met die gemiddelde prys wat meer as
43% toegeneem het sedert nege jaar gelede.

1/3
Hoewel Game of Thrones deesdae ook op stromingsdienste soos Showmax beskikbaar is, bly
DStv maar een van die gewildste platforms waarop daar na nuwe episodes gekyk word.
2/3
Die jongste episodes van dié reeks wys elke Maandagoggend regstreeks op DStv se
premiumkanale.

Intekenaarsgelde vir DStv-premium het sedert April 2011 tot nou met ’n massiewe 45% van
R559 tot R809 per maand toegeneem.

Game of Thrones is een van die gewildste televisiereekse ooit en meer as miljard mense
gaan na verwagting elkeen van die ses episodes van die laaste seisoen kyk.

Die laaste episode van die reeks wys op 19 Mei.

3/3

You might also like