You are on page 1of 3

Aardverwarming (die Engelse term global warming (globale verwarming) word ook dikwels gebruik) is 'n term wat

die styging van die gemiddelde temperatuur van die aarde se atmosfeer en oseane beskryf. Sedert die begin van die twintigste eeu het die gemiddelde temperatuur met ongeveer 0,74 C gestyg.[1] Die algemene wetenskaplike konsensus is dat hierdie styging in temperature deur die versterking van die kweekhuiseffek veroorsaak word.[2][3] Die kweekhuiseffek word weer op sy beurt hoofsaaklik bevorder deur die mensveroorsaakte toename van koolstofdioksied (CO2) en ander kweekhuisgasse soos metaan en dryfgasse. Daar word voorspel dat die temperature met 1,4 C tot 5,8 C tussen 1990 en 2100 kan styg.[4] Dit sal groot sigbare veranderinge vir die mensdom en die omgewing inhou. Aardverwarming is 'n internasionale omgewingskwessie wat mense wreldwyd raak. Aardverwarming is die gevolg van die opbou van gasse soos koolsuurgas en metaan in die atmosfeer wat die uitstraling van die aarde se hitte vasvang en die effek van 'n kweekhuis meebring waar die hitte kan inkom, maar nie so maklik ontsnap nie. Dit is veral verbranding van steenkool, ru-olie en petrol in kragstasies, fabrieke en motors wat bydra tot hierdie opbou van gasse in die atmosfeer. 'n Versameling van ondersoeke aangaande aardverwarming word in die verslag van die Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC) saamgevat. Die paneel is deur die Verenigde Nasies ingestel om die huidige wetenskaplike, tegniese en sosiaal-ekonomiese kennis aangaande aardverwarming te dokumenteer en 'n oorsig daaroor voor te l.

Verklarings [wysig]
Meeste klimatolo is dit eens dat die aarde besig is om warmer te word. Daar word voortdurend debatte gevoer aangaande die hoeveelheid verwarming wat aan verskillende oorsake toeskryfbaar is. Die algemene wetenskaplike konsensus is dat die toenemende hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer grotendeels die gevolg van menslike aktiwiteite is. Daar is ook ander moontlike oorsake wat tot die stygende temperature kan bydra, soos son-aktiwiteit en osoon, maar hierdie oorsake is nie sterk genoeg om die stygende temperature te verklaar nie.

Bevolkingsgroei [wysig]
Daar was 'n drastiese toename in die menslike bevolking sedert 1950. Terselftertyd was daar 'n vinnige styging in beide atmosferiese CO2-vlakke en gemiddelde aardtemperature. Vele navorsers bestudeer die verband tussen bevolkingsgroei en ekonomiese ontwikkeling teenoor die jaarlikse tempo van CO2-vrystelling. Die verband aangevoer is dat meer mense meer energie en ander hulpbronne gebruik. Gedurende die produksieprosesse van hierdie hulpbronne word CO2 en ander kweekhuisgasse as afval vrygestel. Navorsers raam dat daar 'n sewevoudige toename in die totale vrystelling van CO2 sal wees vir die ontwikkelende lande en 'n drievoudige toename vir ontwikkelde lande. Dit sal na verwagting lei tot 'n meer as viervoudige toename van CO2 gedurende die 21ste eeu. Die uitwerking van hierdie toename in CO2-vlakke veroorsaak 'n groter styging in temperature in die wreld. Die impak van aardverwarming op die mensdom sal weer die menslike ontwikkeling benvloed; laagliggende dele sal onbewoonbaar word, landbougrond sal onbewerkbaar word as gevolg van onmatige hoeveelhede renval, en voedselproduksie sal afneem.

Kweekhuiseffek Spring na: navigasie, soek Die kweekhuiseffek is 'n wreldwye verskynsel wat ontstaan as gevolg van die aanwesigheid van kweekhuisgasse in die Aarde se atmosfeer. Hierdie gasse sorg daarvoor dat die temperatuur van die aardoppervlak hor styg as wat aan 'n kombinasie van die son se hitte en die interne hitte van die Aarde toegeskryf kan word. By gebrek aan die kweekhuiseffek, waar die Aarde bloot op die Son en die planeet se interne hitte aangewese was, sou die temperatuur op Aarde volgens bepaalde teoretiese modelle gemiddeld -18 C wees; tans is dit 15 C. Hierdie effek is na 'n kweekhuis vernoem, aangesien dit ooreenstem met 'n ruimte wat met glas of plastiek bedek is om sodoende die uitstraling van warmte te te hou, wat gevolglik die temperatuur in die kweekhuis laat styg. Werking van die kweekhuiseffek [wysig] Die temperatuur van die aardoppervlak word bepaal deur 'n ewewig van 'n aantal faktore. Faktore wat warmte toevoeg is:

straling van die son wat nie dadelik teruggekaats word nie; interne verhitting van die Aarde.

Faktore wat warmte van die planeet onttrek is:


verdamping van water; konveksie en infrarooibestraling van die aardoppervlak na die heelal (uitstraling), volgens die Wet van StefanBoltzmann.

Ander warmtebronne, soos die hitte afkomstig van die verbranding van fossielbrandstowwe, afgesien van die gepaardgaande vrystelling van kweekhuisgasse, het min tot geen effek op die gemiddelde temperatuur van die planeet nie. Die bydrae van sonlig en die afnemende uitstralingshitte is op 'n ingewikkelde manier afhanklik van 'n aantal omstandighede:

Ys en sneeu verminder die hoeveelheid geabsorbeerde sonstraling en verminder ook die uitstraling. Wolke weerkaats sonlig terug, maar verhinder uitstraling. Kweekhuisgasse absorbeer straling uit beide rigtings, wat resulteer in verminderde uitstraling. Fyn stof in die lug weerkaats veral sigbare lig en verminder dus uiteindelik die opwarming deur die son; bowendien vergemaklik dit die vorming van wolke.

Sommige stowwe (soos roet) veroorsaak dat wolke minder weerkaats, terwyl ander stowwe (soos swaweldioksied) dit juis laat toeneem.

Voorbeelde van kweekhuisgasse is waterdamp (veroorsaak 36-70% van die kweekhuiseffek, wolke uitgesluit), koolstofdioksied (9-26%), metaan (CH4, veroorsaak 4-9%) en osoon (O3, veroorsaak 3-7%). Ontsluit van "http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kweekhuiseffek&oldid=904625"

- Koolstofvoetspoor 'n Persoon se koolstofvoetspoor is die hoeveelheid koolstofdioksied waarvoor hy persoonlik elke jaar in die atmosfeer vrystel. Dit word bereken deur verskillende faktore in ag te neem, soos die tipe woning waarin jy bly, hoeveel mense jou woning met jou deel, watter soort vervoer jy gebruik en hoe dikwels, die tipe verwarmingstelsel wat jy in jou huis gebruik, of jy jou huishoudelike afval herwin of nie en hoe doeltreffend jy elektrisiteit gebruik. Suid-Afrika se gemiddelde waarde vir individuele koolstofvrystelling was 12.81 in 2006, wat beteken dat elke persoon gemiddeld individueel daarvoor verantwoordelik was om ongeveer twee Olimpiesegrootte swembaddens gevul met koolstofdioksied in die atmosfeer te plaas. Individueel het sommige individue egter waardes van meer as 30 ton! In vergelyking met Suid-Afrika het die Verenigde Koninkryk 'n gemiddelde waarde van slegs 10 ton per persoon, Australi 'n gemiddelde waarde van meer as 14 ton en die gemiddelde Amerikaner (VSA) het 'n verbysterende waarde van ongeveer 20 ton per jaar! Dit bewys waarom Suid-Afrika die grootste produseerder van koolfstofdioksiedvrystellings in Afrika is: Die res van die Afrika-lande produseer ongeveer die helfte van sy gemiddelde waarde. Deur bewus te wees daarvan en energie konserwatief te gebruik, afvalprodukte te herwin en plaaslike produkte bo ingevoerde produkte te verkies, kan daartoe bydra om die nasionale gemiddelde te verlaag.

You might also like