You are on page 1of 13

Suurstofsiklus

Inleiding
• Voedingstowwe is noodsaaklik vir die groei en ontwikkeling van lewende
organismes
• Sommige voedingstowwe sirkuleer tussen lewende organismes, die hidrosfeer,
atmosfeer en litosfeer en sluit die volgende in:
• Suurstof
• Stikstof
• Koolstof

2
Die siklusse van water en suurstof
Die volgende is 'n lys van terme wat jy moet ken om siklusse te verstaan. Beide water- en
suurstofsiklusse word oor en oor gebruik.

Term Definisie
Terminologie
Kondensasie Die verandering van water van gas in vloeibare vorm.
Neerslag Water beweeg van die atmosfeer na die aarde in die vorm van reën, mis, hael, dou
en sneeu.
Infiltrasie Water infiltreer diep in die grond en kom tot rus op soliede rotsvorming om die
watertafel te skep
Verdamping Die proses om van vloeistof in damp te verander.
Transpirasie Verlies aan waterdamp deur die huidmondjies.
Atmosfeer Die lug wat die aardoppervlak omring.
Respirasie Die chemiese proses waardeur energieryke molekules, byvoorbeeld glukose,
  chemies afgebreek word om energie vry te stel

Fotosintese Die proses waardeur plante CO2 opneem en O2 weer as 'n neweproduk in die
atmosfeer vrystel.
Verbranding Reaksie van 'n stof met suurstof soos in verbranding.
Die watersiklus

 Water is 'n anorganiese verbinding met twee waterstofatome en een suurstofatoom. Dit kan in
drie fases in die omgewing voorkom, nl. vastestof, vloeistof en gas.

Die watersiklus speel 'n belangrike rol in die beweging van water deur die organismes en in die
omgewing. Die watersiklus kan in twee breë stappe bestudeer word:

Eerstens neerslag, verspreiding en absorpsie.

Tweedens verdamping en kondensasie.

Die watersiklus toon die voortdurende beweging van water binne die aarde en atmosfeer. Dit is
'n komplekse stelsel wat baie verskillende prosesse insluit. Vloeibare water verdamp in
waterdamp, kondenseer om wolke te vorm en val terug na die aarde in die vorm van reën en
sneeu.
Die suurstofsiklus

• Suurstof is noodsaaklik vir sellulêre respirasie. Dit word gebruik


in die afbreek van glukose om energie vry te stel. Energie is
nodig vir groei en metaboliese aktiwiteite in lewende
organismes.

• Die normale konsentrasie van O2 in die atmosfeer is ongeveer


21%. Sommige van hierdie O2 los op in die waters van damme,
mere, riviere en die oseane.
Suurstofkringloop
• Suurstof sirkuleer net soos ander elemente deur die
ekosisteem en biosfeer.
• Die aarde besit ʼn vaste hoeveelheid suurstof wat in die
atmosfeer, oseane, rotse en alle lewende organismes
voorkom.
Suurstofatome kom nooit as enkelatome in die
atmosfeer voor nie. ʼn Suurstofmolekule (O2 )
bestaan altyd uit twee suurstofatome, of dit is in
verbinding met ander elemente bv. Water H2O en
koolstofdioksied (CO2)
• Lewende organismes gebruik suurstof in verskeie vorme.
• Fotosinterende organismes (groen plante, groen alge en
fitoplantkton) is die hoofbron van suurstof op aarde.
8
9
10
• Groen plante gebruik koolstofdioksied (CO2) uit die
atmosfeer om deur die proses van fotosintese, koolhidrate
en suurstof (O2) te vorm.

Fotosinterende organismes sluit die


plantlewe op land sowel as groen alge en
fitoplankton in die see of varswater in

• Diere sowel as plante absorbeer O2 uit die atmosfeer om


koolhidrate af te breek en CO2 en water tydens die proses
van respirasie.
• Ontbinders (bakterieë en swamme), benodig O2 om dooie
organiese materiaal te ontbind, en stel CO2 vry.
• ʼn Groot hoeveelheid O2 is opgelos in die water van oseane,
mere en riviere
11
• Net soos terrestriële organismes, gebruik akwatiese
organismes suurstof vir respirasie en ontbinding en
stel CO2 in die water vry.
• ʼn Groot gedeelte van die aarde se O2 kom in rotse
voor.
• Suurstof uit die atmosfeer bind onder andere met
silikon en yster in rotse om silikate en ysteroksied
(roes) te vorm wat tot oppervlakverwering van rotse
lei.
• Organismes soos ligene breek rotse oor duisende jare
af (verwering) en stel voedingstowwe en O2 vir
lewende organismes vry.

12
13

You might also like