You are on page 1of 4

DIE RESPIRATORIESESTELSEL (ASEMHALINGSTELSEL)

Definisie Die stelsel in die liggaam wat suurstof uit die atmosfeer aan
die selle van die liggaam voorsien en koolstofdioksied
verwyder.
Hoofkomponente Tabel op bl. 26
Hoofprosesse 1. Asemhaling
Die fisiese proses om lug by die longe in en uit te kry
2. Gaswisseling(difussie)
Die wisseling van koolstofdioksied en suurstof in die
alveoli van die longe en by ander weefseloppervlakke in
die liggaam van ‘n organisme
3. Respirasie
Die proses wat in die mitochondria van selle plaasvind
en waartydens glukose afgebreek word om energie vry
te stel. Water en koolstofdioksied word ook deur die
proses vrygestel.

Glukose + suurstof → koolstofdioksie + water + energie


Gesondheidskwessies 1. Asma
- siekte wat in die lugweë voorkom
- mense met asma raak kortasem
- lugweë raak ontsteek en produseer slym wat dan
kleiner lugweë laat vernou
2. Longkanker
- dit is gewasse in die longe en groot en klein lugweë
- Behandeling is dikwels onsuksesvol
- Byna alle vorms van longkanker word deur rook
veroorsaak
3. Brongitis
- inflammasie van die brongi in die longe
- kan chronies of akuut wees.
- iemand met brongitis sal sleg hoes, kort van asem
wees en hyg.
4. Asbestose
- longsiekte veroorsaak deur die inaseming van
asbesvesels
1. DIE ASEMHALINGSPROSES
Twee stelle spiere veroorsaak die normale asemhalingsbewegings:

1. Tussenribspiere ( inwendige en uitwendige tussenribspiere


2. die Diafragma

INASEMING UITASEMING
(INHALASIE) (EKSHALASIE)
Diafragma Trek saam Ontspan
Uitwendige trek saam ontspan
tussenribspiere
Toraksvolume Neem toe Neem af
Longe Sit uit Verklein
Ribbekas Stoot uit Sak terug

-skets 1.4.1 (bl.54)

2. GASWISSELING

- gaswisseling vind in die alveoli van die longe plaas en ook op die verskillende
weefseloppervlakke

a) Gaswisseling binne-in die longe:

- konsentrasie suurstof in die longe is hoër as konsentrasie van suurstof in die bloed

- suurstof beweeg van die gebied met hoë konsentrasie in die alveoli, deur die wande
van die alveoli en deur die wande van die haarvate (kappilêre) tot in die bloed, waar die
suurstof konsentrasie laer is.

- Die konsentrasie koolstofdioksied is hoër in die bloedhaarvate rondom die alveoli.

- koolstofdioksied diffundeer van ‘n hoë konsentrasie in die haarvate na ‘n lae


konsentrasie in die alveoli
b) By die weefsels:

- suurstofkonsentrasie in die selle is laag.

- suurstof sal vanuit die bloed waar die konsentrasie hoog is, deur die wand van die
haarvat tot binne-in die sel waar dit nodig is vir selrespirasie, diffundeer

- konsentrasie koolstofdioksied is hoog binne-in die sel.

- koolstofdioksied diffundeer vanuit die sel na haarbloedvate waar die konsentrasie


koolstofdioksied laer is.

Die bloedsomloopstelsel

- sket bl. 59

- hart pomp gedeoksigeneerde bloed uit regterventrikel met longslagaar na


longe

- in longe word bloed verryk met suurstof

- die geoksigeneerde gaan terug na linkeratrium deur longaar

- bloed beweeg deur na linkerventrikel

- wanneer hart saamtrek word geoksigineerde bloed deur aorta na liggaam


en kop gepomp

- hier neem selle suurstof uit bloed

- gedeoksigeneerdebloed word uit selle geneem en deur vena cava na


regteratrium geneem

- vanaf regteratrium beweeg bloed na regterventrikel

3. RESPIRASIE
- Selrespirasie - chemiese proses waardeur energie uit glukose en ander
organiese molekule in die selle van organismes vrystel word

- die proses vind in mitochondria plaas

- glukose + suurstof → koolstofdioksied + water + energie


- adenosientrifosfaat (ATP) is die energiedraer in die liggaam en stel energie vry
soos wat jou liggaam dit nodig het.

You might also like