You are on page 1of 6

DIE SIRKULASIESTELSEL

Definisie Die liggaamstelsel wat bestaan uit die hart en bloedvate


wat gasse, voedingstowwe en afvalprodukte in die liggaam
vervoer
Hoofkomponente 1. Die hart
2. Bloedvate
3. Die bloed
Gesondheidskwessies 1. Hoë bloeddruk of hipertensie
- Bloedvate kry blokkasie of raak hard
- Hart moet harder pomp om bloed deur slagare te dryf
- mense met hoë bloeddruk loop gevaar vir hartaanval
of beroerte
2. Hartaanval
- Word veroorsaak deur blokkasie in een van die
slagare
- Hartspier ontvang nie suurstof en word beskadig
3. Beroerte
- word veroorsaak deur ‘n geblokkeerde bloedvat in die
brein
1. DIE HART

- Hart word in vier kamers verdeel - boonste twee = atria (enkelvoud: atrium)

- onderste twee = ventrikels

- die linker en regterkant word geskei deur die septum

- Linkeratrium ontvang geoksigineerde bloed vanaf die longe (longaar)

- Regteratrium ontvang gedeoksigineerde bloed vanaf die liggaam (vena cava)

- Linkerventrikel pomp geoksigineerde bloed na die liggaam en kop (aorta)

- Regterventrikel pomp gedeoksigineerde bloed na die longe (longslagaar)


2. BLOEDVATE

- figuur 1.2.4

a) Slagare

- neem bloed WEG van die hart af

- dik spierlaag in wand van bloedvat

b) Bloedhaarvate (Kappilêre)
- neem suurstof, voedsel en ander stowwe na liggaamweefsel en verwyder
afvalstowwe

- wande is baie dun

c) Are

- neem bloed TERUG na die hart

- are het kleppe wat help dat bloed net in een rigting vloei

3. DIE BLOED

- bloed bestaan uit verskillende selle wat in ‘n waterige plasma dryf

- Komponente van bloed:

*Rooibloedliggaampies - bevat hemoglobien wat suurstof deur die


liggaam dra

*Witbloedselle - help om infeksies te beveg

*Plaatjies - help om bloed te stol

- Funksie van bloed:

1) bloed vervoer stowwe in die menslike liggaam

2) bloed versprei hitte deur die liggaam en help met temperatuur regulering
HOE BLOED IN DIE LIGGAAM SIRKULEER IN ‘N GESLOTE STELSEL:
VERSKILLE TUSSEN DIE STRUKTUUR EN FUNKSIE VAN BLOEDVATE:

Slagare Are Kappillêre


Dik gespierde Dun spierlaag Geen spierlaag nie en
Struktuur elastiese wand wand is baie dun
Vervoer bloed vanaf Vervoer bloed na hart Laat voedingstowwe
Funksie hart beweeg tussen bloed
en liggaamselle

You might also like