You are on page 1of 1

Enrico de Vries

Studentenommer: 18183255

Homeostase
Homeostase is die vermo van n organisme om sy interne omgewing konstant te
hou, ondanks die verandering van die eksterne omgewing van die organisme. Die
organisme kan toestande in hulle liggame beheer om by die veranderinge aan te
pas.

Die menslike liggaam sal so n verandering in die eksterne omgewing deur die
menslike senustelsel waarneem as n stimulus. Die senustelsel sal dan n boodskap
aan die brein stuur, wat dan die inligting sal verwerk, wat dan weer n boodskap aan
die liggaamsdeel stuur en vir hom s hoe hy moet reageer op die verandering in die
eksterne omgewing. Die hipotalamus beheer al die reaksies van die liggaam se
senustelsel en endokriene stelsel. Die endokriene stelsel beheer weer op sy beurt
die liggaam se reaksie op die stimulus.

n Tipiese voorbeeld van homeostase is, wanneer die liggaam byvoorbeeld te veel
water verloor het. Sodra die konsentrasie water imn die bloed verminder, word die
osmoreseptore in die hipotalamus gestimuleer. n Boodskap word dan aan die
skildklier gestuur, om meer ADH af te skei. Weens die hor konsentrasie van ADH,
sal die distale kronkelbuis en versamelbuis meer deurlaatbaar word.

You might also like