You are on page 1of 2

Page 1 of 1 Referaatopsomming

Die gebruik van 'n weefselkultuurlyn vir die bepaling


van estrogeen-aktiewe stowwe in munisipale water van
Potchefstroom in die Noordwes provinsie
Authors: The use of a tissue culture line to determine the estrogen-active substances in municipal
A. van Gessellen'
R. Pieters'
water of Potchefstroom in the North West Province. Substances called hormone disruptors
are released in fresh water systems by industrial and agricultural rim-off as well as unprocessed
Affiliations: sewage. These substances influence the reproductive, immune and nervous systems of humans,
'School of Environmental as well as the thyroid funcfion. The present study focuses on the incidence of estrogen-active
Sciences and Management,
substances in the aquatic environment and the ability of sewage works to purify water from I
North-West University,
South Africa these substances.

Correspondence to:
A. van Gessellen Water is een van die belangrikste natuurlike hulpbronne wat nodig is vir lewe. Daar is
verbindings wat in die omgewing, ook in water, voorkom wat as hormoonontwrigters
Email:
(HO) bekend staan. Hierdie verbindings word in varswaterstelsels deur die afioop van
anri.vangessellen@nwu.ac.za
landerye, industriële afloop sowel as onverwerkte rioolwater, vrygestel. HO béínvloed die
Postal address: voortplantingstelsels, immuunstelsels, skildklierfunksie sowel as die neurale ontwikkeling van
Private Bag X6001, mense. 'n Wye verskeidenheid chemiese stowwe het die vermoë om as HO, spesifiek estrogeen-
Potchefstroom 2S20,
aktiewe stowwe (FAS), op te tree. Een groep verbindings is die natuurlike en sintetiese hormone
South Africa
(bv. 17ß-estradiol (E,) en 17a-etinielestradiol in geboortebeperkingsmedikasie). Chemiese
How to cite this abstract: verbindings soos bisfenol-A, wat koeldrank blikkies uitvoer, en nonielfenol wat in huishoudelike
Van Gessellen, A. & Pieters, skoonmaakmiddels voorkom, is ook EAS. Verskeie Suid-Afrikaanse studies het HO-aktiwteit
R., 2013,'Die gebruik in die omgewing gemeet. Daar is tans geen minimum standaarde vir EAS in Suid-Afrika se
van 'n weefselkultuurlyn
vir die bepaling van
varswaterbronne nie, wel 'n voorgestelde maksimum verwysingswaarde van 0.7 ng/L. Die fokus
estrogeen-aktiewe stowwe van hierdie studie was om vas te stel of estrogeen-aktiewe stowwe in die akwatiese omgewing
in munisipale water van voorkom en of drinkwater- en watersuiweringsaanlegte hierdie stowwe kan verwyder. Twee
Potchefstroom in die drinkwateraanlegte met verskilende suiweringstegnologieë is met mekaar vergelyk: een met
Noordwes provinsie',
Suid-Afrikaanse Tydskrif
'n geaktiveerde koolstoffilter en een daarsonder. Een rioolsuiweringsaanleg is ook getoets vir
vir Natuurwetenskap en effektiewe rehabilitasie van riool voordat dit in die omgewing vrygestel is. Die teenwoordigheid
Tegnologie 32(1), Art. van die EAS is op twee maniere bepaal: die E^-konsentrasie in die water is deur middel van
#826, 1 page, http://dx.doi. geoutomatiseerde er^siem-gekoppelde immuunresponstoets [ELISA] gemeet en die konsentrasie
org/10.4102/satnt.v32il.826
van alle EAS is deur middel van 'n in p;iro-siffingstoets gedoen. Die siftingstoets maak gebruik
Note: van geneties gemanipuleerde borskankerselle wat die estrogeenreseptor in die sitoplasma het.
This paper was initially Lig word deur die toets vrygestel in reaksie op EAS. Die hoeveelheid lig is direk eweredig
delivered at the Annual aan die mengsel van EAS in die watermonster. Die reaksie wat die watermonsters by die selle
Congress of the Biological
uitgelok het, is uitgedruk in terme van die reaksie wat 'n bekende konsentrasie E., sou uitiok. Dit
Sciences Division of the
South African Academy for staan as E^-ekwivalente (E^-ek) bekend. Die twee tegnieke se resultate is met mekaar vergelyk.
Science and Art, ARC-Plant Al die watermonsters het E,-konsentrasies gehad wat die verwysingswaarde van 0.7 ng/L
Protection Research Institute, oorskry het. Die E, konsentrasies het tussen 25 en 15 ng/L EAS gevarieer. Die E^-ek (dus, die
Roodepiaat, Pretoria, South
siftingstoets se data) kon slegs vir 4 moristers bereken word. Die E2-ek50 waardes wat gemeet
Africa on 01 October 2010.
is, is tussen 0.4 x 10'^ en 7.01 x 10=^ ngE-ek/L. Die siftingstoets het laer waardes as die ELISA
Copyright: gehad omdat die siftingstoets die sinergisties werking van ale moontlike EAS in a neem, terwyl
© 2013. The Authors. die ELISA aUeen E, meet. Daar is geen statisties betekenisvoUe verskille tussen die data van die
Licensee: AOSIS
twee watersuiweringsaanlegte nie. Daar was wel 'n ooreenkoms tussen die twee meettegnieke:
OpenJournals. This work
is licensed under the
beide die tegnieke het dieselfde tendense vertoon en kon aandui dat die koolstoffilter by die een
Creative Commons watersuiweringsaanleg nie effektief was op die stadium toe die monsters geneem is nie. Met of
Attribution License. sonder die geaktiveerde koolstoffilter, was die vermoë van die watersuiweringsaanlegte om EAS
te verwyder, soortgelyk aan mekaar. Die siftingstoets het 'n vergelykbare tendens as die ELISA
resultate getoon.

Scan this QR
code with your
smart phone or
mobile device
to read online.

http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v32il.826
Copyright of Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie is the property of
African Online Scientific Information System PTY LTD and its content may not be copied or
emailed to multiple sites or posted to a listserv without the copyright holder's express written
permission. However, users may print, download, or email articles for individual use.

You might also like