You are on page 1of 2

DIE SPYSVERTERINGSTELSEL

Definisie Die liggaamstelsel wat vir die vertering en absorpsie van


voedsel verantwoordelik is.
Hoofprossesse 1. Ingestie - groot onoplosbare stukke voedsel word deur
die mond ingeneem
2. Vertering - a) meganiese vertering en b) chemiese
vertering
a) meganiese vertering:
- vind in die mond plaas waar voedsel fyngemaal word
deur kou proses
b) chemiese vertering:
- voedsel word deur ensieme afgebreek in die mond
(speeksel) en in die maag (maagsure)
3. Absorpsie - Nadat voedsel verteer is, word dit deur die
wand van die spysverteringskanaal (maag en dunderm) tot
in die bloedstroom geabsorbeer en na verskillende dele van
die liggaam vervoer.
Slegs water, minerale en vitamien B word deur die dikderm
geabsorbeer.
4. Assimilasie - Voedsel wat selle deur bloedstroom bereik
word aangewend vir energie, groei en herstel.
5. Egestie - Vesel en ander onverteerde voedsel word deur
die anus uitgewerp as feses.
Hoofkomponente (Tabel op bl. 77)
Gesondheidskwessies 1. Ulkusse
- Klein breukies in die voering van die maag en
duodenum wat dan in kontak kom met maagsure en
ensieme
- Veroorsaak deur bakterie
- Kom algemeen by mense voor wat rook, baie alkohol
gebruik of baie pynstillers drink
2. Diarree
- Veroorsaak deur bakterieë en viruses
- Kan tot dehidrasie lei
3. Lewersirrose
- Ontwikkel by persone wat chroniese lewersiekte en
beskadigde lewerweefsel het.
- kom voor by mense wat baie alkohol gebruik.
- Algemene tekens sluit in: a) geswelde abdomen en
vertoon geelsig( geel vel en oë)
4. Anorexia
- sielkundige toestand, waar iemand hulle self uithonger
- persone kan sterf van honger
5. Vetsug
- mense wat ‘n oormaat eenvoudige koolhidrate soos
suikers inkry.

Chroniese siekte - siekte wat tenminste 3 maande of langer duur, byvoorbeeld


ulkusse

Akute siekte - siekte wat skielik begin en gou verby is, byvoorbeeld diarree
Funksies van voedsel in die liggaam:
1. verskaf brandstof aan liggaam vir selrespirasie
2. verskaf boumateriale aan liggaam vir groei en herstel
3. verskaf regulerende stowwe aan die liggaam wat al die metalboliese reaksies
wat in die selle plaasvinf, reguleer (reguleer metaboliese reaksies)
4. word deur liggaam gebruik om sterk immuunstelsel op te bou

7 voedselsoorte
1. koolhidrate (60%)
a. verskaf energie aan selle
2. proteiene (25%)
a. nuwe selle te bou
b. selle te herstel
c. hormone te maak wat chemiese reaksies in liggaam beheer
3. vette (15%)
4. vitamiene
5. minerale
6. water
7. vesel (deel van koolhidrate)

Komponente van jou dieet

Organiese voedsel Anorganiese voedsel


Lang koolstofketting waaraan waterstof Bevat nie koolstof nie en is afkomstig van
en suurstof bind die fisiese omgewing
1. Proteiene - boustene - aminosure 1. Minerale - hoekom is minerale
- koolstof, waterstof, belangrik?
suurstof en stikstof - Tabel 1.5.2 bronne en
- funksies siektes
- bronne
2. Koolhidrate - boustene - glukose 2. Water - funksies van water
- berging by mense en
plante
- funksie van vesel
- elemente waaruit dit
bestaan
3. Vette - waaruit bestaan vette
- dierevet en plantvet
- funksie van vette
- bronne van vette
4. Vitamiene - wateroplosbare en
vetoplosbare vitamiene
- gebreksiektes van
tekort aan vit A, B, C
en D

You might also like