You are on page 1of 10

VOEDSELVERHOUDINGS

BL. 9-11
Neem notas
VOEDSELVERHOUDINGS
• Die interaksie tussen biotiese komponente.
Voedselketting: Dit is die natuurlike proses waar een lewende wese ‘n
ander eet sodat die energie vloei van die een na die ander.
PRODUSENTE
Plante word die produsente genoem in ‘n ekostelsel.
Plante produseer hulle eie voedsel (fotosintese) hulle word outotrowe
genoem.
Produsente is aan die begin van elke voedselketting.
VERBRUIKERS
Dit is die diere wat nie self voedsel kan maak nie, maar direk of
indirek van die plante afhanklik is vir kos – word heterotrowe genoem.
VERSKILLENDE TIPES VERBRUIKERS
Verbruiker Tipe kos wat hulle eet
Herbivoor Eet slegs net plantmateriaal (Olifante, kameelperde, skape)
Karnivoor Eet slegs vleis.
• Roofdier: Karnivore wat jag en ander diere dood maak (Leeu)
• Aasdiere: Hulle eet die reste van ander diere (Aasvoëls)

Omnivoor Eet plant- en dieremateriaal.


Detritivoor Eet die organiese oorblyfsels wat deur ontbindende plante en diere
gevorm word, asook organiese uitwerpsels (erdwurms, miskruiers,
krewe).
Insektivoor ‘n Groep klein soogdiere wat hoofsaaklik insekte eet (molle,
krimpvarkies, erdvarke)
ONTBINDERS
Hulle breek die oorblyfsels van dooie plante en diere af en plaas dit
terug in die grond sodat plante dit weer kan opneem.
Voorbeelde: bakterieë, erdwurms, sampioene.
PREDATORE EN AASDIERE

Predatore: jag ander diere. Aasdiere: Eet dooie diere en


maak omgewing skoon.
TIPES
VERBRUIKERS EN
TROFIESE VLAKKE

P.10
HUISWERK
• Aktiwiteit 1 Ekologie bl. 11 in handboek

You might also like