You are on page 1of 10

Graad 8

Natuurwetenskappe

Lewe en lewende dinge

Kwartaal 1
Fotosintese en
Respirasie

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Fotosintese

DIE BELANGRIKHEID VAN


FOTOSINTESE: • Alle lewende dinge het energie nodig:
Fotosintese speel 'n belangrike  om te beweeg
rol in die lewe en oorlewing van  om te groei
alle lewende dinge op aarde:
 dinge in hul liggame te vervoer
1. Voorsien suurstof vir plante
 sodat metaboliese reaksies in hul
en diere
selle kan plaasvind
2. Verskaf voedsel en energie
• Voedsel bevat energie
aan lewende dinge
• Plante kan hul eie voedsel produseer en
3. Verminder die vlak van
kry energie daarvan = outotrofiese
koolstofdioksied in die
voeding
atmosfeer
• Diere kry energie van voedsel wat hul
eet = heterotrofiese voeding
• Plante voorsien dus energie direk /
indirek aan alle lewende dinge op aarde

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
• Sonlig voorsien energie in voedsel
• Energie van son = stralingsenergie
• Word as lig en hitte uitgestraal
• Groen plante absorbeer ligenergie & skakel om in
chemiese energie
• Chemiese energie word geberg as koolhidrate (glukose)
• Fotosintese = ligenergie chemiese energie
• Groen plante het spesiale organelle in hul selle =
chloroplaste:
 Chloroplaste bevat ensieme; hier vind fotosintese plaas
 Chloroplaste bevat groen pigment (chlorofil)
 Chlorofilpigmente geen groen kleur aan plante
 Sonlig val op molekuul van chlorofil molekuul
absorbeer energie produseer glukose wat deur plant
geproduseer word
• Plante se blare is aangepas om te fotosinteer:
1. Blare bevat meeste chloroplaste sodat fotosintese vinnig
en doeltreffend kan plaasvind
Tydens fotosintese 2. Blaarskyf is plat en breed sodat groot area aan sonlig
blootgestel word
verander plante
3. Blaarskyf is dun sodat lig die fotosinterende weefsel maklik
sonligenergie in kan bereik
chemiese potensiële • Fotosintese kan slegs gedurende die dag plaasvind
energie omdat sonlig een van die vereistes is.
• Die tempo waarteen fotosintese plaasvind, verander as
die lig se intensiteit verander

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
• Plante gebruik anorganiese stowwe om voedsel te
vervaardig:
1. Water anorganiese stowwe kom uit fisiese
2. Koolstofdioksied omgewing in vorm van klein molekule

• Plantwortels absorbeer water & beweeg deur stingel na blare


• Huidmondjies in blare absorbeer koolstofdioksied direk van
atmosfeer
• Energie word deur chlorofil vrygestel sodat water met
Plante gebruik koolstofdioksied meng
anorganiese stowwe • Ensieme binne chloroplaste help om hierdie reaksies te
om organiese stowwe kataliseer
te vervaardig: • Energie + water + koolstofdioksied = grondstowwe
(bestanddele) waaruit plante voedsel vervaardig

• Tydens fotosintese vorm 2 nuwe stowwe / produkte:


1. Glukose • Organiese stof (deur lewende dinge vervaardig)
• Koolhidrate word tydens fotosintese vervaardig en
geberg as chemiese potensiële energie
• Taamlike groot molekule
• Bestaan uit: koolstof- + waterstof- + suurstof-
atome en berg energie van son
• Lewende organismes gebruik energie vir
noodsaaklike funksies
2. Suurstof • Anorganiese stof
• Beweeg uit selle van plant deur huidmondjies na
atmosfeer
• Noodsaaklik vir asemhaal

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Wat gebeur met glukose wat tydens fotosintese geproduseer word?
Tydens fotosintese:
Water + Koolstofdioksied + Chlorofil Glukose + Suurstof
sonligenergie

1. Tydens respirasie reageer glukose met die suurstof binne die selle. Die glukose
word afgebreek om energie vir die sel vry te stel.

2. Glukose is: ‘n suiker, oplosbaar, taamlik reaktief en nie ‘n goeie bergmolekule nie.
Glukose word in stysel verander.
Die stysel is: ‘n groot molekule, nie baie reaktief nie en nie baie oplosbaar nie.
Stysel bestaan uit honderde / duisende glukosemolekule wat met mekaar verbind
is. Stysel kan in styselkorreltjies verander word wat in verskillende dele van die
plant geberg word.

3. Plante kan glukose gebruik om ander organiese stowwe te vervaardig bv. sukrose
en sellulose. Sellulose is ‘n baie belangrike strukturele komponent van plantselle.
Plante kan ook olies en proteïene van glukose vervaardig.

4. Glukose kan in meer komplekse suikersukrose verander word wat na ander dele
van plante vervoer en geberg word.

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Aktiwiteit: Toets ‘n blaar vir stysel

Benodighede: ‘n verskeidenheid blare, kookwater, glasbeker, knyptang, drupper,


Bunsenbrander, proefbuis met alkohol, verdunde jodiumoplossing

Metode:
1. Neem ‘n blaar van ‘n gesonde plant en gooi dit in ‘n glasbeker met kokende water. Los vir
ongeveer 30 sekondes. Die blaar moet pap lyk
2. Draai die Bunsenbrander af en verwyder die blaar, wat nou baie pap sal wees.
3. Plaas ‘n proefbuis, met alkohol gevul, in die waterbad en sit die sagte blaar in die proefbuis.
Maak seker dat die blaar heeltemal deur die alkohol bedek is.
Wees versigtig: Alkohol is uiters vlambaar en dus moet dit nie direk oor ‘n Bunsenbrander
verhit word nie, maar slegs in ‘n waterbad.
4. Wanneer die blaar die meeste van sy kleur verloor het, verwyder dit versigtig uit die alkohol.
5. Dit sal bros wees, dus kan jy dit in die water doop om dit sag te maak.
6. Sprei die blaar op ‘n wit teël uit en bedek dit met ‘n
verdunde joduimoplossing. Wag ‘n rukkie sodat die
joduimoplossing kan insink.

‘n Blou tot swart kleur toon dat die blaar stysel bevat.

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Respirasie: Die chemiese proses waartydens energie van organiese voedsel soos glukose
vrygestel word.

chemiese proses

vrygestel
word Respirasie waartydens

Respirasie vind voort-


durend (dag en nag) in die
selle van alle plante en
energie van organiese diere plaas. Fotosintese
voedsel bv. glukose kan net gedurende die dag
gebeur wanneer genoeg
sonlig beskikbaar is vir die
chlorofil om te absorbeer.
Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Respirasie is ‘n oksidasiereaksie:
Die proses van respirasie:
Glukose + Suurstof Koolstofdioksied + water + energie
mitochondrium

• Selle kry suurstof van lug wat ingeasem word


• Tydens selrespirasie word suurstof gebruik om energie in glukose vry te stel
• Die reaksies van respirasie is nie so vinnig en reaktief nie
• Glukose bind geleidelik met suurstof in klein, beheerde reaksies d.w.s. glukose word geoksideer
• Tydens respirasie in selle word die volgende geproduseer: energie + koolstofdioksied + water
• Respirasie vind in mitochondria van die selle plaas
• Mitochondria:
 klein liggame wat in grondplasma van selle hang
 “kragsentrales” van sel genoem
 bevat ensieme wat stysels (bv. glukose) in reeks reaksies afbreek om gebergde energie vry te stel
 molekule wat ontstaan uit afbreek van vette en proteïene word ook gebruik vir respirasie
 hoe meer energie sel benodig, hoe meer mitochondria sal daardie sel hê
 Selle wat baie mitochondria bevat:
1. Spierselle
2. Selle in wand van dunderm wat verteerde voedsel na bloedvate vervoer
• Respirasie is voortdurend in al die selle aan die gang
• Die sel kan die vrygestelde energie dadelik gebruik
• Meeste van die energie wat vrygestel word, word deur ATP (spesiale energiedraende molekuul)
geabsorbeer
• Wanneer sel meer energie benodig kan ATP energie vrystel in die hoeveelheid benodig
• Sommige energie ontsnap in vorm van hitte bv. diere gebruik respirasie om liggame warm te hou

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Die verskil tussen FOTOSINTESE en RESPIRASIE:

Gedurende fotosintese Gedurende respirasie


word koolstofdioksied gebruike lewende
en water deur die plant dinge suurstof en
ingeneem in die voedsel om water en
teenwoordigheid van koolstofdioksied te
sonlig om voedsel en vorm en energie vry te
suurstof te vorm. stel.

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.
Die toets vir die teenwoordigheid van koolstofdioksied in ingeasemde en uitgeasemde lug :

Asem in en uit deur hierdie buisie

• Wanneer jy uitasem, sal die lug • Wanneer jy inasem, sal jy lug deur hierdie
deur hierdie bottel gaan bottel inneem
• Die kalkwater word gebruik as • Die kalkwater in die bottel dui aan dat daar
toets of die lug wat jy uitasem min koolstofdioksied in ingeasemde lug is
koolstofdioksied bevat

Metode:
1. Stel die apparaat op soos in die diagram / foto gewys word. Die lang buise
moet in die vloeistof wees, maar die punte van die kort buise moet in die
lugspasie bo dit wees.
2. Asem stadig deur die sentrale buis in en uit. Kyk om te sien watter buis
opborrel wanneer jy inasem en watter opborrel wanneer jy uitasem.
3. Wat gebeur met die kalkwater? In die teenwoordigheid van
koolstofdioksied vertoon die kalkwater melkerig.

Studie ondersteuningsmateriaal vir Seniorfase leerders. Saamgestel deur ISLES Weskus Onderwys Distrik.

You might also like