You are on page 1of 8

Aardrykskunde

saamgestel deur Jean Joubert

Oppervlakkragte
Verwering - rotse en grond word in kleiner stukke afgebreek deur water en wind
Erosie - afbreeksels word weggevoer deur wind en water.
Afsetting - verweerde materiaal word verplaas.

Fisiese Verwering
Die afbreek van rotse en sand sonder om die chemiese samestelling te verander.

Prosesse
Korreldisintegrasie - rotse breek op in ‘n klomp klein korreltjies bv. gruis.
Afskilfering - word afgeskil in blaaie/lae.
Blokskeiding - groot fragmente word afgebreek in verband met laste/nate.

Chemiese Verwering
Die afbreek van rotse en grond waar die chemiese samestelling verander.

Prosesse
Oplossingsverwering - sout in gesteentes los op in water en laat gate agter.
Hidrolise - reënwater veroorsaak dat krakies in graniet vorm. Dit word bros, breek en
vorm dan klei.
Hidrering - gesteentes absorbeer reënwater en uitsetting veroorsaak dan dat dit
breek.
Oksidasie - yster en suurstof vorm ysteroksied en die vorm “rooi-rots”.
Karbonaatvorming - koolstofdioksied en water = kalksteen verweer

Biologiese Verwering
Wanneer plantwortels in die krake van ‘n rots ingaan en dit oopbreek.

Aardrykskunde 1
Invloede op Oppervlakkragte
Die Invloed van Menslike Bedrywighede op Verwering
Fossielbrandstowwe veroorsaak suurreën.
Paaie bou behels die breek van rotse met dinamiet.
Mynbou behels die uitgrawing en opbreking van groot rotse uit die grond.

Voorbeeld: Lengteprofiel en Stadiums van


Ontwikkeling van ‘n Rivier

Jean Joubert (2023)

Erosie deur Branderwerking


Branderwerking beskik oor baie krag wat erosie en afsetting veroorsaak.

Verskynsels

Aardrykskunde 2
Seekrans - steil rotswand wat deur brandererosie langs die kus gevorm word.

Kaap - smal stuk land wat by ‘n kuslyn die see insteek.


Baai - deel van die land wat deur die oseaan omsluit word, maar met ‘n wye mond
wat toegang tot die see bied. Dit dien as ‘n veilige hawe.

Seegrot - hol opening in die basis van ‘n seekrans wat deur branders gevorm word
op die swak plekke in die rots.
Rotsboog - wanneer die see swakplekke aan weerskante van die rots wegvreet en
sodoende ‘n brug vorm.
Strand Naaldrots - word gevorm deur die val van ‘n rotsboog waar ‘n pilaar oorbly.

Rotsstomp - word deur die erosie van ‘n strand naaldrots gevorm.


Branderplatvorm/erosie-stoep - verweerde stukke rots wat aan die voet van die
krans lê.

Erosie deur Mense


Hoe Landbou Erosie Veroorsaak
Wind kan die los bo-grond van ‘n geploegde land wegwaai.

Om teen hellings af te ploeg, versnel erosie en vorm kanale vir die wegvloei van
water.

Ontbossing om landerye te bou verhoog die vloeitempo van water en veroorsaak of


vernsel erosie.
Oorbeweiding maak die land kaal en vatbaar vir erosie.

Grond word gekompakteer deur plaasdiere en toerusting.

Hoe Mynbou Erosie Veroorsaak (NB)


Oopgroefmyne stel die grond bloot aan water en wind.

Oopgroefmyne behels die wegskraap van grond en rotse om toegang tot minerale
naby die oppervlak te kry.
Hierdie myne behels die wegskiet van berge.

Ondergrondse myne stort ineen en vorm sinkgate.

Water vloei in sinkgate en vorm erosie.

Afvalrotse en -grond word na die oppervlak gebring in die vorm van mynhope.

Aardrykskunde 3
Hoe om myne te rehabiliteer

1. Vul gate op.

2. Plant plante / gras.

3. Bemes & Besproei.

4. Vul op met water om damme te vorm.

Hoe Konstruksie Erosie Veroorsaak


Plantbedekking word vernietig.

Dreineerpatrone verander (water kan nie normaal in grond in dreineer nie).

Grond word gekompakteer.


Die grond word met beton en teer bedek wat die water vinning laat wegloop.

Grond van ‘n bouterrein is gewoonlik besoedel.

Hernubare en Nie-hernubare Hulpbronne


Hernubare hulpbronne
Hulpbronne wat aangevul kan word bv. grond en water.

Grond word uitgeput deur besoedeling, ontbossing en oorbeweiding.

Water word uitgeput deur besoedeling en oorbevissing.

Nie-hernubare hulpbronne
Kan nie aangevul word nie; as die hulpbron uitgeput is, is dit nie meer beskikbaar vir
die toekomstige nageslag nie bv. minerale-ertse soos steenkool, ystererts en ru-olie.

(Gebruike)

steenkool = elektrisiteit

ystererts = staal, meubels

ru-olie = brandstof

Gevolge van onverstandige hulpbrongebruik


Oorbevissing

Aardrykskunde 4
Marikultuur - visteelstasies in damme of mere

Oorbevissing - vang van ‘n onbeperkte hoeveelheid vis; verminder vis getalle

70% van visvoorraade is bedreig

77,9 miljoen ton word jaarliks gevang

Hoe SASSI volhoubare visvang kontroleer

Beperkings op grootte.

Beheer oor toerusting — visnette moet 45x45 gate en ‘n luik hê.

Beperkings op vangste (die aantal vis wat gevang mag word).

Sonering — sekere gebiede word gesluit of beheer.

Kwotas - elke maatskappy mag net ‘n vasgestelde hoeveelheid vis vang.

Boonop het SASSI ‘n lys van vissoorte en hul bedreigingsvlak (geel / oranje /
rooi).

Oorbeweiding
Oorbeweiding - misbruik van grond deur diere wat op dieselfde gebied wei. Dit
maak grond los en vatbaar vir erosie. Voedingstowwe van die grond word verloor
ene dit word onbruikbaar.

1/5 van SA se grond is kwesbaar vir erosie (wind & water)

a.g.v. onverstandige hulpbrongebruik

Volhoubare grondgebruik van weiding

Kruipvoeding — skape

voedsame kos; verteer maklik

Wisselweiding

wissel kampe af vir weiding — gee plantegroei tyd om te herstel.

Herbebossing

plant plante bv. bome, gras.

Koolstofvoetspoor

Aardrykskunde 5
Koolstofvoetspoor - weekhuisgasse wat in die atmosfeer vasgevang word.

Aardverwarming - toename aan temperature

Klimaatsverandering - die seisoene verander.

Kweekhuisgasse soos koolstofmonoksied, koolstofdioksies, rook en waterdamp


word oner die inversielaag vasgevang. Dit skep ‘n grens wat lang sonstrale
inperk en gevolglik die temperatuur van die aarde verhoog.

Wat kan huishoudings en besighede doen om hul koolstofvoetspoor te


verminder?

skakel die ligte af

geiserkomberse

bioafbreekbare middels

bome plant

daktuine

alternatiewe energiebronne bv. sonpanele

herwinning(houers)

koelmiddels sonder CFC’s

LED-ligte

bewusmaking van ander

Voedselsekerheid
Voedselsekerheid - genoeg voedsame kos beskikbaar om aan daaglikse behoeftes
te voorsien.

Wanvoeding - te kort aan voedsame kos (sekere voedselgroepe); kan lei tot
diabetes en hartsiektes.
Ondervoeding - te min kos wat ingeneem word; kan lei tot kwasjiorkor.

Die rol wat wetenskap in voeding


Kommersiële boerdery

Sleutelwoorde: markgerig, wins, uitvoer, massaproduksie

BEVORDER VOEDSELSEKERHEID

Aardrykskunde 6
Bestaansboerdery

Sleutelwoorde: eie gebruik, selfvoorsienend, geen surplus

VEROORSAAK VOEDSELONSEKERHEID

1. Monokultuur boerdery — slegs een gewas jaarliks geplant, wat gronduitputting


veroorsaak.

2. Wisselbou — verskillende gewasse, wat die voedingswaarde van die grond


herstel (stikstof).

3. Organies — geen bewerking ∴ natuurlik


GM-gewasse
(genetiese modifikasie)

DNA van gewasse word verander om dit meer weerstandbiedend


te maak en die voedingswaarde te verhoog in bv. katoen en
mielies.

Voordele

weerstand teen plae

weerstand teen siektes (stamvrot)

bevorder voedselsekerheid

beter voedingswaarde

medisyne

droogtebestand

beter smaak

lang raklewe

Nadele

misvormde spesies

newe-effekte (bv. allergieë)

nuwe plae

menslike onsekerheid oor bv. gesondheidsrisiko’s

Aardrykskunde 7
Aardrykskunde 8

You might also like