You are on page 1of 6

1806-A-SOS-NM02

NOVEMBEREKSAMEN 2018

SOSIALE WETENSKAPPE 2/2

MEMORANDUM

GRAAD 6

Stuur aan Impaq


Posbus 15132
Lyttelton
0140
E-pos assessment@impaq.co.za
Tel. 087 743 0700
Faks 086 677 5243

Hierdie memorandum bestaan uit 6 bladsye © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2018
G06 ~ Sosiale Wetenskappe V2/2: Geografie

© Impaq Bladsy 2 van 6


Novembereksamenmemorandum 2018
G06 ~ Sosiale Wetenskappe V2/2: Geografie

SOSIALE WETENSKAPPE
VRAESTEL 2/2: GEOGRAFIE
GRAAD 6
NOVEMBEREKSAMEN
MEMORANDUM
TOTAAL: 60

AFDELING A

VRAAG 1

1.1.1 G
1.1.2 D
1.1.3 K
1.1.4 A
1.1.5 H
1.1.6 F
1.1.7 E
1.1.8 J
1.1.9 I
1.1.10 B (10 x 1) = (10)

1.2.1 Onwaar,  warm klimaatstreke is naby die ewenaar. 


1.2.2 Waar 
1.2.3 Waar 
1.2.4 Waar 
1.2.5 Onwaar,  hoe meer mense daar per km2 bly, hoe hoër is die digtheid van die
gebied. 
(7 x 1) = (7)

1.3.1 Mojave-woestyn 
1.3.2 Alacama-woestyn 
1.3.3 Thar-woestyn 
1.3.4 Namib-woestyn 
1.3.5 Sahara-woestyn 
1.3.6 Groot Victoria-woestyn 
(6 x 1) = (6)
[23]

TOTAAL AFDELING A: 23

Bladsy 3 van 6 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2018
G06 ~ Sosiale Wetenskappe V2/2: Geografie

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Klimaat is die weer  van ’n spesifieke gebied oor ’n langer tydperk.  (2)

2.2 Matige klimaatstreke is die temperatuur die grootste deel van die jaar nie te hoog
of te laag nie.  Die temperature is gewoonlik tussen 10 °C en 30 °C. 

Koue klimaatstreke is die temperatuur die grootste deel van die jaar baie laag. 
Die temperature wat hier aangetref word, is gewoonlik onder 10 °C en kan op
sommige plekke selfs tot by -20 °C daal.  (2 x 2) = (4)

2.3 Ontbossing vind plaas as gevolg van houtkappery, mynbou, boerdery en om paaie
te bou.  (1 x 2) = (2)

2.4 ● Sommige dele van die wêreld word as natuurreservate verklaar om die
plant- en dierelewe van tropiese reënwoude te beskerm. 
• Nog ’n oplossing is om sade van bome te oes, te plant en te versorg sodat
dit weer tot groot bome kan groei. 
• Mense moet geleer word hoe kosbaar bome vir ons en die natuur
is. Koop net bome wat in plantasies gekweek word vir dié
doeleindes.  (3 x 2) = (6)
[14]

VRAAG 3

3.1 Die gemiddelde temperatuur wat in woestyne aangetref word, is gewoonlik tussen
20 °C en 25 °C.  Die somerdagtemperature is hoog en kan selfs 50 °C haal, maar
dit is meer hanteerbaar as in die tropiese reënwoude,  want daar is nie so baie
vogtigheid in die lug nie. Die aande in woestyne is koud as gevolg van die vinnige
afkoeling. 

Die gemiddelde reënval wat per jaar aangeteken word, is minder as 250 mm en
sommige jare word daar selfs geen reën aangeteken nie.  Omdat die neerslag so
wissel, is daar min vogtigheid in die lug.  Wanneer dit dan bietjie reën, verdamp
die water gou as gevolg van die hoë temperature.  (3 x 2) = (6)

3.2 ● Kamele het ʼn bult op hulle rûe. 


• In die bult of boggel stoor hulle vet wat kan help dat die kameel vir drie of
vier dae sonder water kan klaarkom. 
• Sy harde bek maak dit vir die dier maklik om skerp en doringagtige plante
in die woestyn te kan eet.  (3)

© Impaq Bladsy 4 van 6


Novembereksamenmemorandum 2018
G06 ~ Sosiale Wetenskappe V2/2: Geografie

3.3 ● Die Australiese woestynmense het geleer om in die woestyn te oorleef deur
diere te jag en van die woestynplante te eet. 
• Die mense het die land so goed geken dat hulle presies kon sê wanneer en
waar dit sou reën, en dan het hulle na hierdie gebiede gegaan. 
• Die mense het jaggereedskap saam met hulle gedra en het nie verder veel
meer besittings gehad nie.  (3)
[12]

VRAAG 4

Leerder se paragraaf moet die volgende insluit:


• Opskrif (bv. Faktore wat beïnvloed waar mense woon)  (1)
• Inhoud kan enige NEGE van die volgende insluit (aanvaar ander logiese
faktore):
o Die klimaat van die gebied: Groot dele van die wêreld is te droog, te warm
of te koud vir mense om in te bly. Mense wil byvoorbeeld nie op plekke
woon waar dit te veel reën soos in die reënwoude nie. Dit maak dit moeilik
om daar te woon. 
o Die grond en vorm van die oppervlakte: Mense woon eerder op plekke
waar daar ’n geleidelike helling is en waar dit makliker is om met vervoer
oor die weg te kom, terwyl as jy in die berge woon, sukkel jy om van een
plek na ’n ander te gaan. Grond naby riviere of waar dit gereeld reën, is
baie meer vrugbaar as klipperige grond. 
o Die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne: Die beskikbaarheid van
water, steenkool, goud, diamante en chroom is ’n groot oorwegende faktor
vir mense om hulle op sekere plekke te vestig. Die rede is dat daar goeie
werksgeleenthede is. 
o Die werksgeleenthede van die gebied. 
o Die beskikbaarheid van voedsel. 
o Persoonlike redes: Ek is hier gebore en my oupagrootjie, en sy
oupagrootjie. Almal het hier gewoon. Dit gaan meer oor sentimentele
waardes. 
o Godsdiens: Afhangende van geloof sal mense nie sommer tussen ander
mense met ander gelowe gaan woon nie. 
o Politiek: Mense gaan woon nie sommer op ’n plek waar die regering
onstabiel is nie. Dié plekke het gewoonlik baie geweld en wette word nie
gehoorsaam nie. 
o Ekonomie: Mense sal veel eerder in ’n ryk land as in ’n arm land wil woon.
In ’n arm land sal daar nie veel werksgeleenthede wees nie.  (9)
• Slotsin  (1)
[11]

TOTAAL AFDELING B: 37

GROOTTOTAAL: 60
Bladsy 5 van 6 © Impaq
Novembereksamenmemorandum 2018
G06 ~ Sosiale Wetenskappe V2/2: Geografie

Bloom se taksonomie

Onthou Begrip en verstaan Analise en evaluasie


Vraag
30% 50% 20%
1.1.1 – 1.1.10 10
1 1.2.1 – 1.2.5 7
1.3.1 – 1.3.6 6
2.1 2
2.2 4
2
2.3 2
2.4 6
3.1 6
3 3.2 3
3.3 3
4 4 11
TOTAAL 17 32 11
60 28% 53% 19%

© Impaq Bladsy 6 van 6

You might also like