You are on page 1of 9

Geografie November 2014

Graad 11 Tydsduur: 3 uur


Eerste Vraestel
Taak 8.1
Hoërskool Barrydale

225
Moderator: ………………………………………… Datum: ……………………………
_____________________________________________________________________________________
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord enige DRIE vrae.
2. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Trek ‘n potloodkantlyn aan weerskante van die bladsy. MOENIE in die regterkantlyne skryf nie.
5. Nommer jou vrae in die linkerkantlyn wat jy getrek het.
6. Skryf netjies en leesbaar.
____________________________________________________________________________
VRAAG 1
Die atmosfeer, weer en klimaat, geomorfologie

1.1 In hierdie vraag word daar telkens drie moontlike antwoorde gegee. Kies telkens die
antword wat die vraag die beste beantwoord of voltooi. Skryf slegs die korrekte letter langs
die korrekte nommer neer. Bv. 1.1.1 A

1.1.1 Die tyd waarop een van die halfronde maksimum insolasie ontvang, staan bekend as die …

A. sonewening
B. sonkeerpunt
C. sonsverduistering

1.1.2 Die grootskaalse beweging van lug in die atmosfeer, staan bekend as ‘n …

A. Globale lugsirkulasie
B. aardomloop
C. wenteling

1.1.3 Die polêre lugkonveksiesel wat westewinde veroorsaak, staan bekend as …

A. Hadley-sel
B. Ferrel-sel
C. Polêre sel

1.1.4 Die gordel of rug van hoogdruk rondom 30º N en S, staan bekend as die …

A. subpolêre laag
B. konvergensiesone
C. subtropiese hoog

1.1.5 Die verandering van druk oor ‘n gegewe afstand, staan bekend as …

A. lugdruk
B. atmosferiese druk
C. drukgradiënt (5 x 1)
1.2 Kies uit Kolom B die omskrywing wat die beste by die term in Kolom A pas. Skryf slegs
die korrekte letter langs die korrekte vraagnommer neer.

Kolom A Kolom B
A ‘n Windstelsel wat met die seisoene van rigting
1.2.1 Coriolus-effek
verander.
B Die defleksie van die winde wat deur die rotasie
1.2.2 Geostrofiese wind
van die aarde veroorsaak word.
1.2.3 Westewind C ‘n Droë, stowwerige Wes-Afrikaanse passaatwind
D ‘n Wind wat gebalanseer word deur die krag van
1.2.4 Moeson
die drukgradiënt en Coriolis-krag.
1.2.5 Harmatten E ‘n Heersende wind in die middelbreedtes
(5 x 2)

[15 punte]

1.3 Hitte-energie word oorgedra om die energiebalans op die aarde te herstel. Daar is twee
belangrike faktore wat help om hierdie energiebalans te behou. Noem die twee faktore
en sê kortliks, in ‘n paragraaf van nie meer as 12 reëls nie, hoe die faktore die energie-
balans herstel. (6 x 2)

1.4 ‘n Föhn-wind is ‘n reënskaduweewind wat deur adiabatiese daling verhit word. Maak ‘n
potloodskets wat aantoon hoe hierdie wind ontstaan. (1 x 6)

1.5 Noem die drie hoofklimaatstreke van Afrika. (3 x 2)

1.6 Bestudeer die onderstaande bron en beantwoord dan die vrae wat daarna volg:

Verwoestyning - Woestyne kruip


ontstellend nader
F.P. JORDAAN

Verwoestyning is ’n kommerwekkende verskynsel wat wêreldwyd plaasvind. Ook


Suider-Afrika ontkom nie daaraan nie. In ’n kort reeks van drie artikels kyk ons
genooide skrywer na verskeie aspekte van woestynindringing. Die eerste artikel
handel oor die oorsake en gevolge daarvan. In die tweede artikel is die klem op die
verband tussen verwoestyning en klimaatsverandering. Die derde en laaste artikel
word gewy aan metodes om veld wat agteruit gegaan het, weer te herstel.

Verwoestyning is besig om teen ’n ontstellende tempo in Afrika toe te neem. Die


gevolge is gewoonlik ’n afname in die grond se produktiwiteit, ’n daling in
voedselproduksie en uiteindelik voedselnood. In hierdie artikel word na die oorsake
en gevolge van dié verskynsel gekyk.

1.6.1 In hierdie bron word die gevolge van verwoestyning genoem. Noem en bespreek kortliks drie
oorsake van verwoestyning. (3 x 2)
[30 punte]

1.7
Geomorfologie is die studie van topografie of landskappe. Dit bestudeer die aarde se
oppervlak en die prosesse wat dit vorm. Verskillende soorte landskappe word op die
aarde aangetref, onder andere Canyonlandskappe, heuwellandskappe en Karolandskappe.

1.7.1 Noem en bespreek kortliks drie faktore wat bydra tot die vorming van landskappe. (6 x 2)

1.7.2 Karoolandskappe word gekenmerk deur vier landvorme. Noem die vier landvorme en
verduidelik kortliks wat met elkeen bedoel word. Skryf jou antwoord in paragraafvorm van
nie meer as 12 reëls nie. (4 x 3)

1.7.3 In die Tradouwpas by Barrydale word daar baie voorbeelde van ‘n hoop
balanserende rotsetorings aangetref.

Wat noem ons hierdie verskynsel en hoe ontstaan dit? (3 x 2)

[30 punte]

[Totaal: Vraag 1 – 75 punte

VRAAG 2
Die atmosfeer, weer en klimaat, geomorfologie

2.1 In hierdie vraag word daar telkens drie moontlike antwoorde gegee. Kies telkens die
antwoord wat die vraag die beste beantwoord of voltooi. Skryf slegs die korrekte letter langs
die korrekte antwoord neer. Bv. 2.1.1 A

2.1.1 ‘n Rotslaag, gewoonlik sedimentêre gesteente, staan bekend as die …

A. laagvlak
B. strata
C. sonsverduistering

2.1.2 Die vervoer van sediment deur bewegende middels, staan bekend as …

A. erosie
B. verwering
C. massa-afvoer

2.1.3 ‘n Landskap sonder kenmerke wat tot op seevlak geërodeer is, staan bekend as ‘n …

A. heuwellandskap
B. skiervlakte
C. plaaterosie

2.1.4 ‘n Kleiner heuwel wat bo plat of gelyk is, staan bekend as ‘n …


A. tafelkop
B. koniese heuwel
C. spitskop

2.1.5 Die steil helling wat gevorm word deur die erosie van hellende strata, staan bekend as …

A. duik
B. duikhelling
C. eskarphelling
(5 x 1)

2.2 Kies uit Kolom B die omskrywing wat die beste by die term in Kolom A pas. Skryf slegs
die korrekte letter langs die korrekte vraagnommer neer.

Kolom A Kolom B
Koepelvormige A ‘n Koepel wat geërodeer is om ‘n konsentriese
2.2.1
cuesta reeks heuwels te vorm
Komvormige B ‘n Baie groot, onreëlmatige granietintrusie
2.2.2
cuesta
C ‘n Sakkende intrusieplaat of pieringvormige
2.2.3 Batoliete
intrusive.
D ‘n Kom wat geërodeer het om ‘n konsentriese
2.2.4 Lopoliet
reeks heuwels te vorm.
E ‘n Intrusie met ‘n plat bodem en ‘n koepelvormige
2.2.5 Lakkoliet
bokant.
(5 x 2)

[15 punte]

2.3 See- en landbriese het ‘n matigende uitwerking op temperature. Maak ‘n skets waarop
aangetoon word hoe ‘n landbries ontstaan. (5 x 2)

2.4 Droogtes en verwoestyning het ‘n groot impak op mense. Noem kortliks drie terreine
waarop hierdie verskynsels mense se lewens beïnvloed. (3 x 2)
2.5 Bestudeer die volgende skets en maak die korrekte byskrifte wat die verskille tussen verwering,
erosie en massa-afvoer aandui.. Skryf slegs die korrekte byskrif langs die korrekte nommer neer:

B
A

C (3 x 2)

2.6 Noem drie soorte verwering wat aangetref word en sê kortliks waardeur dit veroorsaak
word. (3 x 2)

2.7 Voltooi deur slegs die ontbrekenede woorde neer te skryf.


Topografie is die vorm van die aardoppervlak. Dit sluit die volgende in: hoogte; …………
en ………… (2 x 1)

[30 punte]

[Totaal: Vraag 2 – 75 punte]


AFDELING B

VRAAG 3
Nedersettings- en ontwikkelingsgeografie

3.1 In hierdie vraag word daar telkens drie moontlike antwoorde gegee. Kies telkens die
antwoord wat die vraag die beste beantwoord of voltooi. Skryf slegs die korrekte letter langs
die korrekte antwoord neer. Bv. 3.1.1 A

3.1.1 ‘n Ekonomies welvarende land, staan bekend as ‘n …

A. Ontwikkelende land
B. Ontwikkelde land
C. derdewêreldland
3.1.2 Die totale waarde van alle eindprodukte en –dienste binne die geografiese grense van ‘n land,
staan bekend as die …

A. Bruto Binnelandse Produk


B. Bruto Nasionale Produk
C. Handelsoorskot

3.1.3 Dievermoë om in die toekoms voort te gaan, teen dieselfde tempo, sonder dat iets uitgeput raak,
staan bekend as …

A. maatskaplike ontwikkeling
B. volhoubaarheid
C. welvaart

3.1.4 Die beperking wat op invoergoedere geplaas word, staan bekend as die …

A. boikot
B. surplus
C. invoerkwota

3.1.5 Die hulp wat deur een regering direk aan ‘n ander regering gebied word, staan bekend as …

A. voorwaardelike hulp
B. multilaterale hulp
C. bilaterale hulp (5 x 1)

3.2 Kies uit Kolom B die omskrywing wat die beste by die term in Kolom A pas. Skryf slegs die
korrekte letter langs die korrekte vraagnommer neer.

Kolom A Kolom B (
3.2.1 Vryhandel A Finansiële bystand deur die regering gebied 5
B Die vrye beweging van goedere, kapitaal en x
3.2.2 Staatsubsidie 2
arbeid
3.2.3 Proteksionisties C ‘n Ooreenkoms tussen vennote )
D ‘n Beleid wat plaaslike goeder op die plaaslike
3.2.4 Handelsooreenkoms
mark beskerm
3.2.5 Kommoditeit E Goedere of ‘n produk
[15 punte]
3.2 Enige land strewe daarna om op ‘n volhoubare manier te ontwikkel. Ekonomiese ontwikkeling
en ook maatskaplike ontwikkeling is twee terreine wat hiertoe kan bydrae. Bespreek kortliks, in
‘n paragraaf van nie meer as agt reëls nie, wat jy onder hierdie twee begrippe verstaan. Gee by
elke begrip drie verduidelikings of uitbreidings. (4 x 2)

3.3 Noem vyf faktore wat ontwikkeling van ‘n land beïnvloed. (5 x 2)

3.4 Vryhandel tussen verskillende lande is ‘n baie goeie opsie. Daar is egter faktore wat soms
daarmee inmeng en vryhandel beperk. Noem vyf faktore en gee een rede waarom ‘n regering
soms sulke maatreëls instel. (6 x 2)

[30 punte]

3.5 Handel in die wêreld neig in baie gevalle na globalisering. Baie mense is egter nie tevrede
met die tendens van globalisering nie en hulle voer baie redes aan waarom hulle hierdie
proses kritiseer. Noem kortliks, puntsgewys vyf terreine van kritiek. (5 x 2)

3.6 Watter nadelige uitwerking het ontwikkeling op die omgewing? Noem vyf. (5 x 2)

3.7 Die VSA het die Marshall-plan aanvaar, ‘n hulppakket wat aangebied is aan enige land
waarvan die Vryheid regstreeks deur kommunisme bedreig is. Waarop was hierdie plan
gerig? (3 x 2)

3.8 Noodleniging word in baie gevalle deur een regering aan ‘n ander gebied. Tans is daar ‘n
groot noodlenigingsoperasie in die Fillipyne aan die gang. Noem twee gevalle waar lande
noodleniging in ‘n ander land bied. (2 x 2)

[30 punte]
[Totaal: Vraag 3 - 75 punte]

Vraag 4
Nedersettings- en ontwikkelingsgeografie

4.1 In hierdie vraag word daar telkens drie moontlike antwoorde gegee. Kies telkens die
antwoord wat die vraag die beste beantwoord of voltooi. Skryf slegs die korrekte letter langs
die korrekte antwoord neer. Bv. 4.1.1 A

4.1.1 Faktore wat deur die bedrywighede van plante, diere en mense veroorsaak word, staan bekend
as ‘n …

A. abiotiese faktor
B. biotiese faktore
C. grondfaktore

4.1.2 ‘n Natuurlike bron van energie wat uit die aarde ontgin word, staan bekend as die …

A. fossielbrandtof
B. mensgemaakte brandstof
C. chemiese brandstof

4.1.3 Energie wat opgeberg is en wat vrygestel word as gevolg van beweging, staan bekend as …

A. chemiese energie
B. kinetiese energie
C. wrywingsenergie

4.1.4 Die verlies van geskoolde professionele persone uit hulle land van oorsprong vir
Werksgeleenthede in ‘n ander land, staan bekend as …

A. migrasie
B. verstedeliking
C. breindrein

4.1.5 Die handel tussen ekonomies minder-ontwikkelde lande, staan bekend as …


A. Noord-Noord-handel
B. Noord-Suid-handel
C. Suid-Suid-handel (5 x 1)

4.2 Kies uit Kolom B die omskrywing wat die beste by die term in Kolom A pas. Skryf slegs
die korrekte letter langs die korrekte vraagnommer neer.

Kolom A Kolom B (
4.2.1 Privatisering A Die verskillende grondlae 5
B Die proses waardeur staatsbedrywe gedeeltelik of x
4.2.2 Grondprofiel 2
volledig na privaatbesit oorgedra word.
Nie-hernubare C Hulpbronne wat deur tradisionele middele )
4.2.3
hulpbronne voorsien word
Konvensionele D Natuurlike hulpbronne wat miljoene jare neem om
4.2.4
hulpbronne te vorm en nie vining vervang kan word nie
E Om die aarde se oppervlak aft e breek en te
4.2.5 Omgewingsvernietiging
verwyder
(5 x 2)
4.3 Uitvoergeleide ontwikkeling het sekere voor- en nadele. Bespreek kortliks, in ‘n paragraaf
van nie meer as agt reëls nie, drie voordele en drie nadele van uitvoergeleide ontwikkeling. (6 x 2)

4.4 Die staat en die sakesektor speel ‘n groot rol in die ontwikkeling van ‘n land en gebiede.
Bespreek kortliks, in ‘n paragraaf van nie meer as agt reëls nie, watter rol hierdie twee
entiteite speel. (6 x 2)

4.5 Die Afrika-vennootskapsforum het in November 2011 in Ethiopië vergader. Watter drie
groot vraagstukke ten opsigte van die bevordering van ekonomiese groei is tydens hierdie
vergadering bespreek? (3 x 2)

[30 punte]
4.6 In Suid-Afrika word steenkool baie gebruik vir die verskaffing van energie. Bespreek kortliks,
in ‘n paragraaf van nie meer as agt reëls nie, drie voordele en drie nadele van die gebruik van
steenkool . (6 x 2)

4.7 In sommige gevalle word kernkrag gebruik om energie te verskaf. Kernkrag hou baie
nadelige gevolge vir die mens in en daarom moet kernafval met die grootste sorg hanteer
word. Hoe word van kernafval ontslae geraak? (4 x 2)

4.8 Bestudeer die skets van die dwarsdeursnit van ‘n tipiese grondprofiel. Skryf dan die
korrekte byskrifte langs die korrekte nommers neer.

Plantegroei bo die grond

O-horison - …….A………..

…….….. - ryk aan humus


Ondergrond - …….C……….

……D……. - Verweerde rotsfragmente


C-horison

Rotsbodem - …………E…………..

(5x2)

[Totaal: Vraag 4 - 75 punte]

You might also like