You are on page 1of 8

SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE 1/1

GRAAD 7

TAAK 5.2

JUNIE-EKSAMEN 2021

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

Kies een van die volgende assesseringsmetodes:

1. Selfassessering deur die fasiliteerder.

2. Take, toetse en eksamens kan aan Impaq gestuur word vir assessering. ’n Unieke strepieskode-
voorblad moet vooraan die antwoordstel geheg word indien hierdie metode gekies word.

HIERDIE VRAESTEL MOET IN KLEUR GEDRUK WORD.

Bladsy 1 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE


JUNIE-EKSAMEN 2021
VRAESTEL 1/1
GRAAD 7

EKSAMINATOR: S. Barnard TYD: 2 uur


MODERATOR: M. Jacobs TOTAAL: 80

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings en VIER vrae:


1.1 Afdeling A: Kontekstuele vrae
1.2 Afdeling B: Langer vrae
2. Lees deur die hele vraestel voordat jy dit beantwoord.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Nommer jou antwoorde soos aangedui.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Trek ’n lyn ná elke vraag.
7. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.

Bladsy 2 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Pas die beskrywings in kolom B by die terme in kolom A. Skryf slegs die
korrekte letter (A-L) langs die vraagnommer (1.1.1-1.1.10) neer, bv. 1.1.11 M.

Kolom A Kolom B
1.1.1 Punthoogte A Bekende herkenbare struktuur wat as ’n verwysing dien
1.1.2 Neerslag B Bekend as die Greenwich-meridiaan
1.1.3 Segment C Die lesing op die Richterskaal van ’n spesifieke aardbewing
1.1.4 Landmerk D Presiese punt wat die hoogte van ’n berg aandui
1.1.5 0°-lengtelyn E Plek waar twee van die aarde se tektoniese plate ontmoet
1.1.6 Breedtelyn F Gedeelte van ’n geheel
Lyne wat gebruik word om hoogte en helling op ’n kaart aan
1.1.7 Mag G
te dui
1.1.8 Verskuiwingslyn H Hoogte bo seespieël
1.1.9 Kaart I Die hoeveelheid water in die atmosfeer
1.1.10 Kontoerlyn J Lyne wat loop van oos na wes
K Punt op die oppervlak vertikaal bokant die fokus
L Voorstelling van die aarde se oppervlak
(10 x 1) = (10)

1.2 Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Indien onwaar, korrigeer
die verkeerde stelling.

1.2.1 Tektoniese plate is stukke rots wat die gedeeltes van die aardoppervlak
uitmaak.

1.2.2 Die mantal bestaan uit 70% van die aarde se massa.

1.2.3 Daar is vyf groot tektoniese plate.

1.2.4 ’n Bestemming is die plek waar ’n reis eindig.

1.2.5 Koördinate maak gebruik van kolomme en rye wat gemerk word met
letters en nommers om ’n plek van belang te vind.
(5 x 2) = (10)

Bladsy 3 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

1.3 Bestudeer die onderstaande woordbank en identifiseer die tipe kaart wat
uitgebeeld word. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.3.1-1.3.5) neer.

Fisiese kaart | Klimaatkaart | Straatkaart | Topografiese kaart | Staatkundige kaart

1.3.1

(Bron: https://bit.ly/3vJPAHY)

1.3.2

(Bron: https://bit.ly/39TVRWu)

1.3.3

(Bron: https://bit.ly/3e9qytS)

Bladsy 4 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

1.3.4

(Bron: https://bit.ly/349qytS)

1.3.5

(Bron: https://bit.ly/245qytS)
(5 x 2) = (10)
[30]

TOTAAL AFDELING A: 30

Bladsy 5 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die onderstaande windrigtings en vul die ontbrekende rigting in


by die letters A tot D.

B
D
(Bron: https://bit.ly/2UVyB6c)
(1 x 4) = (4)

2.2 Dui die tipe skaal aan wat deur die volgende voorbeelde van skale
verteenwoordig word.

2.2.1 1 cm stel 50 m voor

2.2.2 1 : 50 000

2.2.3 5 cm / 100 000 x 50 000 = 2,5 km

2.2.4

5 10 20 30
(4 x 2) = (8)

2.3 Noem VYF eienskappe wat ’n gedetailleerde kaart moet bevat. (1 x 5) = (5)

Bladsy 6 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

2.4 Bestudeer die verskillende strukture van die aarde en benoem die letters
A tot E.

E
(1 x 5) = (5)
[22]

VRAAG 3

3.1 Vulkane kom reg oor die wêreld voor. Lys DRIE soorte vulkane. (3)

3.2 Verduidelik in jou eie woorde hoe ’n vulkaan gevorm word. (5)

3.3 Bestudeer die onderstaande prent van ’n vulkaan en benoem die letters A tot C.

A C

(3)
[11]

Bladsy 7 van 8 © Impaq


Junie-eksamen 2021
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie V1/1

VRAAG 4

Ontwerp ’n inligtingsblad om jou klasmaats in te lig oor die werking en impak van
aardbewings. Jou inligtingsblad moet die volgende aspekte aanspreek:

Inhoud

 Verduidelik die term “aardbewing”. (2)


 Dui die oorsake van aardbewings aan. (2)
 Bespreek hoe aardbewings gemeet word. (2)
 Onderskei tussen mikro- en groot aardbewings. (4)
 Lys DRIE gevolge van aardbewings. (3)
 Noem TWEE redes hoekom sommige gemeenskappe ’n hoër risiko is vir
aardbewings as ander. (2)

Ontwerp

 Daar moet ’n opskrif wees. (2)


[17]

TOTAAL AFDELING B: 50

GROOTTOTAAL: 80

Bladsy 8 van 8 © Impaq

You might also like