You are on page 1of 10

Province of the

EASTERN CAPE
EDUCATION

SENIOR FASE

GRAAD 9

NOVEMBER 2012

SOSIALE WETENSKAPPE

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye met ʼn topografiese kaart as ʼn addendum.


2 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

• AFDELING A: AARDRYKSKUNDE. Beantwoord alle vrae.

• AFDELING B: GESKIEDENIS. Beantwoord alle vrae.

2. Lees elke vraag deeglik voordat jy dit beantwoord.

3. Jy word voorsien van ʼn 1:50 000 topografiese kaart 3227 CD KING WILLIAM’S
TOWN (Bron 1); verwys daarna wanneer jy VRAE 1 en 2 beantwoord.

4. Die topografiese kaart moet ingehandig word by die toesighouer aan die einde van
die eksamensessie.

5. Trek ʼn lyn aan die einde van elke vraag.

6. Nommer jou vrae korrek.

AFDELING A AARDRYKSKUNDE

VRAAG 1 KAARTLEES EN KAART-INTERPRETASIE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1: 50 000 topografiese kaart 3227 CD KING
WILLIAM’S TOWN (BRON 1). Kies die mees gepaste antwoord uit die lys
moontlike antwoorde by elke vraag. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) langsaan
vraagnommer (1.1–1.10).

1.1 ʼn Kaart-indeks dui die ... aan.

A posisie van die kaart - die breedte-graad en lengte-graadlyne op die


rooster
B posisie van die kaart
C roosterligging op die kaart
D breedte-graad en lengte-graadlyne van ʼn kaart (1)

1.2 Bron 1 (Topografiese kaart van King William’s Town) dui Bisho se Alfa-
Numeriese Rooster as ... aan.

A 32º50’
B 8A
C A8
D 27º28’ (1)

1.3 Die tipe landvorme aangedui deur die kontoer lyne in blok A6 is:

A Konveks en Vallei
B Krans en Uitloper
C Uitloper en Vallei
D Konkaaf en Uitloper (1)
(NOVEMBER 2012) SOSIALE WETENSKAPPE 3

1.4 Die tipes vervoer in King William’s Town:

A Water-, Lug- en Padvervoer


B Lugvervoer en Padvervoer
C Watervervoer en Spoorvervoer
D Padvervoer en Spoorvervoer (1)

1.5 Identifiseer die aantal hoogtemerke sigbaar op die N2 vanaf die ‘Y’-aan-
sluiting in blok C3 weswaarts op die N2 tot waar die pad eindig in blok D1.

A 0
B 7
C 5
D 3 (1)

1.6 Een voorbeeld van ʼn standhoudende rivier op die kaart is …

A KuQindeberivier (G4).
B Zimbabarivier (I2).
C eBhalasirivier (A4).
D Buffalorivier (F6). (1)

1.7 Watter skaal verskyn nie op hierdie kaart nie?

A Woordskaal
B Liniêre skaal
C Verhoudingskaal
D Lynskaal (1)

1.8 Die doel van die brug in BLOK D6 is om die …

A vloei van voetgangers te beheer.


B vloei van diere te beheer.
C vry vloei van pad- en spoorvervoer te verseker.
D motors op die brug te beheer. (1)

1.9 Die hoogste punt in die volgende blokke soos op die kaart aangedui, word
gekry by die trigonometriese stasie in blok …

A D2.
B H2.
C B4.
D A6. (1)

1.10 Die primêre ekonomiese aktiwiteit in die suid-westelike deel op die kaart, is …

A bewerking van lande.


B boorde en wingerde.
C geboue en paaie.
D kontoerlyne. (1)
[10]
4 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2 KAARTLEES EN KAART-INTERPRETASIE

Beantwoord die volgende vrae:

2.1 Jy reis op die hoof pad vanaf die ‘Y’-aansluiting in blok (F7) suid-oos van
Zwelitsha na die uitgrawings, suid van KwaMlakalaka in blok (H7). Sê of jy
in die algemeen opdraand of afdraand ry. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)

2.2 Bereken die peiling vanaf 3 in blok B4 tot by B in blok C4. (2)

2.3 Gee die koördinate van die tenk by Da Gama (blok E6). (2)

2.4 Hoe ver is die lynregte afstand per trein in kilometers vanaf Yellowoods-
treinstasie (blok B8) tot by Blaney? Dui alle bewerkinge aan. (3)

2.5 Gebruik jou antwoord hierbo en bereken die tyd wat dit jou sal neem om
per trein te reis teen ʼn spoed van 100 km/u vanaf Yellowoods-treinstasie tot
by Blaney. (3)

2.6 Vir watter doel kan die volgende in die bestudering van Aardrykskunde
gebruik word?

2.6.1 Lugfoto (1)

2.6.2 Ortofoto (1)

2.6.3 Satellietbeelde (1)


[15]
(NOVEMBER 2012) SOSIALE WETENSKAPPE 5

VRAAG 3 ONTWIKKELING & VOLHOUBARE GEBRUIK VAN HULPBRONNE

3.1 Noem TWEE AANWYSERS van ekonomiese ontwikkeling. (2)

3.2 Dui aan watter TWEE van die antwoorde hieronder ontwikkeling sal vertraag
en watter TWEE ontwikkeling sal bevorder.

HIV/Vigs, Gebruik van rekenaars, Misdaad, Maatskaplike toelaes

LW: Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids om die vraag hierbo te beantwoord

DIT VERTRAAG ONTWIKKELING DIT BEVORDER ONTWIKKELING


1. 1.
2. 2.
(2x2) (4)
3.3 Noem TWEE argumente teen die gebruik van gepaste tegnologiese
strategie as ʼn middel van ontwikkeling. (2)

3.4 Bestudeer die tabel hieronder (BRON 2) in verband met Suid-Afrika se


beskermde marine-gebiede in elke provinsie en beantwoord dan die vrae
wat volg.

BRON 2: TABEL OOR BESKERMDE MARINE-GEBIEDE IN ELKE PROVINSIE

NOORD- WES- OOS- KWAZUL


FUNKSIE TOTAAL
KAAP KAAP KAAP U-NATAL
Bewaring 1 8 3 12
Vissery 1 9 8 2 19
Opvoeding 3 3
Toerisme 4 2 2 8
TOTAAL 1 17 18 7 53
Departement van Omgewingsake en Toerisme Direktoraat: Oktober 1999

3.4.1 Wat is marine-lewe? (1x2) (2)

3.4.2 Waarom verskyn hier slegs 4 van die 9 provinsies van Suid-Afrika in
die tabel hierbo? (1x2) (2)

3.4.3 Bestudeer die tabel en vergelyk die Wes-Kaap se opvoeding oor die
see-lewe met die opvoeding in die ander provinsies. (1x2) (2)

3.4.4 Noem enige DRIE redes waarom ons altyd moet probeer om die
oseane teen alle vorme van besoedeling te beskerm. (3x1) (3)
[17]
6 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4 SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIKTE IN SUID-AFRIKA

4.1  Lees die opskrifte en kyk sorgvuldig na die prente in die uittreksels (BRON 3)
hieronder.
 Bestudeer die redes vir die konflik reg onder aan alle prentjies.
 Pas elke prent vanaf A tot D by die mees-gepaste rede vir konflik wat hieronder
verskyn.
(4x1) (4)
Redes vir konflik

Beperkte hulpbronne, Mag, Ongelykheid, Die verlede (geskiedenis),


Xenofobie, Verskille in standpunte, Diskriminasie

BRON 3: PRENTE

(Vryelik vertaal vanuit Oxford Successful Social Sciences - Grade 9


Learners Book)

4.2 Alhoewel demokrasie in Suid-Afrika in sy 18de jaar is, kom afsonderlike


gevalle van rassisme en xenofobie nog voor.
Beskryf kortliks die probleem hieronder gelys en verskaf ʼn voorstel vir ʼn
moontlike oplossing

4.2.1 Rassisme (1+1) (2)

4.2.2 Xenofobie (1+1) (2)


[8]
(NOVEMBER 2012) SOSIALE WETENSKAPPE 7

AFDELING B: GESKIEDENIS

VRAAG 5 APARTHEID IN SUID-AFRIKA

5.1 Verduidelik in TWEE sinne hoe die Tweede Wêreldoorlog bygedra het tot
die instel van apartheid in Suid-Afrika. (1+1) (2)

5.2 Die apartheidsregering het segregasie-wette ingestel om witmense aan


bewind te hou.

Watter apartheidswet het:

5.2.1 Suid-Afrikaners geklassifiseer as ‘blanke of Europeër’, ‘kleurling’,


‘naturel’ of ‘Indiër’ en dit dan aangedui op ʼn identiteitskaart. (1)

5.2.2 Aparte gebiede daargestel vir sekere rasse groepe in stedelike


gebiede. (1)

5.2.3 Aparte onderwys vir swartes ingestel en as gevolg van die streng
wetgewing het studente verskeie protesaksies gedurende die
Soweto-onluste in 1976 gereël. (1)

5.3 Skryf ’n paragraaf van nie minder as VYF sinne, waarin jy die rol wat Robert
Sobukwe gespeel het in die stryd om mense-regte in Suid-Afrika te bekom,
verduidelik. (5)
[10]

VRAAG 6 MENSEREGTE KWESSIES GEDURENDE EN NA DIE 2de WĚRELDOORLOG

6.1 Noem TWEE redes waarom die mense in die Weimar Republiek so baie
ongelukkig en verbitterd was. (2)

6.2 Gee TWEE beloftes deur Nazi’s aan die Duitsers gemaak indien hulle vir die
Nazi’s sou stem om aan bewind te kom. (2)

6.3 Wat was die rol van Joseph Goebbels in Hitler se regering? (1x2) (2)

6.4 BRON 4: SIMBOLE

Simbool 1 Simbool 2

Identifiseer die volgende TWEE simbole hierbo (BRON 4) en verduidelik


waarom jy dink hulle in die openbaar uitgestal moet word al dan nie. (2x2) (4)
[10]
8 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2012)

VRAAG 7 EINDE VAN DIE 2de WĚRELDOORLOG EN DIE STRYD OM


MENSE-REGTE

7.1 Kies die gevolg in KOLOM B wat pas by die oorsaak in KOLOM A. Skryf
slegs die gepaste letter in KOLOM B langs die nommer van die vraag in
KOLOM A.

KOLOM A - OORSAKE KOLOM B - GEVOLGE


7.1.1 Die Volkebond wat gestig was A Dit het aanleiding gegee tot
na die Eerste Wêreldoorlog het die opkoms van die idee van
misluk om ʼn volgende Verklaring van Mense-regte
Wêreldoorlog te voorkom
7.1.2 Op 1 Desember was ʼn swart B Swart mense was behandel as
Amerikaanse vrou (Rosa Parks) minderwaardig; hulle het hul
gearresteer omdat sy geweier grond verloor en daar was
het om haar sitplek in ʼn bus af swak dienslewering vir hulle
te staan aan ʼn wit man. ʼn
Volskaalse boikot van die stad
se busse sowel as protesaksies
deur die swart bevolking het
gevolg vir ongeveer ʼn jaar
7.1.3 Gedurende koloniale beheer C Die Verenigde Nasies wat
was mense-regte van swart vandag nog bestaan, is in
mense nie beskerm nie 1945 gestig met die doel om
dwarsdeur die wêreld vrede te
handhaaf
de
7.1.4 Na die 2 Wêreldoorlog was die D Suid-Afrika was gekoloniseer
wêreld geskok oor die Nazi’s se deur Holland (Nederlanders)
misbruik van mense-regte asook en die Britte (Engelse) wat na
hul misdade teen die mensdom die ooste wou uitbrei
7.1.5 Die Berlynse Konferensie van E Aanhoudende bus- en winkel-
1884 by die woning van Otto boikotte, georganiseer deur
von Bismarck het die grondslag Swart Amerikaanse
gelê vir die ‘wedloop om Afrika’ nasionaliste, het druk
uitgeoefen op die regering om
sy segregasie beleid te
verander
(5x1) (5)

7.2 Tot watter mate het ons land, Suid-Afrika, Kinderregte onderhou? Noem
voorbeelde in jou bespreking om aan te dui dat ons regering wel kinderregte
ondersteun. (5x1) (5)
[10]
(NOVEMBER 2012) SOSIALE WETENSKAPPE 9

VRAAG 8 DIE KERNWAPENTYDPERK EN DIE KOUE-OORLOG

Lees die gemengde teks hieronder (BRON 5) en beantwoord dan die vrae wat volg.

BRON 5: GEMENGDE TEKS

Na die Tweede Wêreldoorlog in 1946, was die wêreld verdeel in twee magtige kampe.
Joseph Stalin, was vasbeslote dat die Sowjets vir Oos-Europa moet oorheers en wou ook
voorkom dat Duitsland weer ʼn ander oorlog sou begin. Gevolglik was die Warskou Pakt in
1955 gestig as teenvoeter vir NAVO. Die Russe het ook vir Sputnik 1, wat die eerste
satelliet in die ruimte was op 4 Oktober 1957 gelanseer. Hulle het vir Yuri Gagarin in 1961
in die ruimte gestuur; dit was die bron van trots vir die Sowjets. In 1956 het Khrushchev
tenks na Hongarye en Pole gestuur om die opstande teen die Sowjets in daardie lande te
gaan onderdruk en in 1961 is die Berlynse-Muur opgerig. Mikhail Gorbachev het ernstige
hervormings aangebring wat gelei het tot die val van die Berlynse-muur op 9 November
1989.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie was in 1949, na die eerste atoombom op die


Japannese stad – Hiroshima – op 6 Augustus 1945 neergewerp was, gevorm. Die
tweede bom, met die bynaam ‘Fat Man’, is 3 dae later op die Japannese stad Nagasaki
gewerp. Hierdie twee bomme het die hele wêreld geskok en het die hele aard van
oorlogvoering verander. Die Amerikaners het hulle eerste man, Neil Armstrong, op 21
Julie 1969 na die maan gestuur; hierdie het die Amerikaners laat voel dat hulle ʼn
voorsprong bo ander lande in die ruimte-wedloop gehad het. In 1962 het President
Kennedy gedreig om Kuba binne te val na die ontdekking van medium-afstand
kernwapens wat op sy land gemik was.

8.1 Haal enige DRIE gevalle aan uit die uittreksel wat dui op mededinging
tussen NAVO en die WARSKOU Pakt tydens die bewapeningswedloop.(3x2) (6)

8.2 Wanneer was die tweede bom laat val? (2)

8.3 Verduidelik waarom die Berlynse-muur gebou was en ook waarom dit misluk
het. (1+1) (2)
[10]
10 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2012)

VRAAG 9 SAKE VAN ONS TYD

9.1 Wat is amnestie? (1)

9.2 Skryf die naam van ʼn ETNIESE MINDERHEIDSGROEP wat in Ruwanda


gewoon het en in die 1990’s uitgemoor is as gevolg van etniese suiwering. (1)

9.3 Noem EEN manier waarop mense tydens die Bosniese krisis
uitgewis/vermoor is. (1)

9.4 Noem TWEE argumente ten gunste van globalisering asook TWEE
argumente teen globalisering. (2x2) (4)

9.5 Wie was die voorsitter van die WVK? (Hy is ʼn Anglikaanse Aartsbiskop.) (1)

9.6 Kies TWEE presidente hieronder wie die vergestalting van die Afrika-
Renaissance was.

Thabo Mbeki Olusegun Obasanjo Barack Obama


(2x1) (2)
[10]
TOTAAL: 100

You might also like