You are on page 1of 1

Die wetenskaplike verslag bestaan uit die volgende 5 dele:

Datum: ............................

1. Doelwit
Maak seker jy verstaan die doel van jou ondersoek. Skryf dit in die vorm
van ‘n vraag neer.

2. Apparaat
Maak ‘n volledige lys van al die apparate wat jy vir jou ondersoek gaan
benodig.

3. Metode
Die metode verwys na die stappe wat jy gaan volg om jou ondersoek uit te
voer. Dit sluit in wat jy gaan meet en hoe jy dit gaan meet.

4. Resultate
Hier moet jy neerskryf wat jy waargeneem het. Dit sal dan jou data wees.
Dit kan woorde of syfers wees. Die data word weergegee in die vorm van
sketse, grafieke of tabelle, sodat dir makliker verstaan kan word. Jy gaan
nou verduidelik wat jy waargeneem het.

5. Bevindings
Hier moet jy terugwys na die doel van jou eksperiment, sodat jy die vraag
kan beantwoord wat jy heel aan die begin gestel het.

You might also like