You are on page 1of 3

1

TYD: 2 WEKE
PUNTE: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Die Personeelopleiding N6 klas word verdeel in spanne van VIER studente.

2. Dokumente geskep in AFDELING A mag gedeel word onder die spanlede.

3. Elke persoon dien sy/haar eie opdrag in.

4. Maak gebruik van alternatiewe bronne waar nodig.

5. Die opdrag moet getik word in Arial 12, enkel-lynspasie.

6. Die PowerPoint moet gedruk word met 2 skyfies per bladsy, albei kante.

Uitleg van die opdrag

1. Dekblad (verskaf deur lektor)


2. Aksieplan
3. Uitnodigingsbrief aan spreker (druk skerm-greep van e-pos)
4. Bevestig reëling met spreker/fasiliteerder. Hierdie
5. Lokaal/fasiliteite kontrolelys dokumente mag
6. Fasiliteerder kontrolelys gedeel word deur
7. Toerusting kontrolelys groepslede.
8. Evalueringsvorm /Reaksie-vraelys
9. Verslag (Individuele werk)
10.Drukstuk van jou PowerPoint Voorlegging (2 skyfies per bladsy, albei kante)
2

SCENARIO

As ’n intern in die Menslike Hulpbron Departement moet jy reël dat ’n genooide spreker
’n opleidingsessie oor Tydbestuur aanbied vir die organisasie se nuwe werknemers. Jy
is verantwoordelike vir alle reëlings. Aan die einde van die sessie moet die aanbieding
deur die werknemers geëvalueer word. Jy sal dan hul terugvoer gebruik om ’n
terugvoer-verslag te skryf aan die MH bestuurder oor die spreker se fasiliterings-
vaardighede. Jy sal jou bevindings aanbied deur middel van ’n PowerPoint aanbieding.

AFDELING A

VRAAG 1

Julle moet as ’n span gaan sit en alles bespreek wat gedoen moet word
(Vraag 2 – 4) ten einde die sessie te reël en ook om voor te berei om terugvoer te
verskaf aan bestuur.

Stel ’n Aksieplan op wat alle take, sperdatums, en verantwoordelike persoon


aandui asook ’n kolom om voltooiing van elke taak aan te dui. Hou hierdie
dokument op datum soos julle vorder. (12)
[12]

VRAAG 2

Die span moet ’n spreker nooi om die opleidingsessie te fasiliteer.

2.1 Stuur e-pos aan die fasiliteerder waarin jy hom/haar nooi om opleiding
aan te bied oor Tydbestuur vir alle nuwe werknemers. Verskaf al die
nodige inligting wat die fasiliteerder mag benodig. Maak ’n skerm-greep
van die e-pos en deel dit met al die spanlede. (8)

2.2 Volg op twee dae voor die tyd deur nog ’n e-pos te stuur. Maak ’n skerm-
greep van die e-pos en deel dit met alle spanlede. (3)

2.3 As deel van jou beplanning moet jy ’n paar kontrolelyste saamstel en


voltooi. Elke kontrolelys moet minstens SEWE items bevat.

Stel die volgende kontrolelyste saam:

2.3.1 Lokaal/fasiliteite en toerusting kontrolelys (11)

2.3.2 Spreker/Fasiliteerder kontrolelys (11)


3

2.4 Berei ’n Evaluering-vraelys voor wat deur werknemers voltooi moet word
aan die einde van die fasiliteringsessie. Die evalueringsvorm moet
terugvoer toelaat oor fasilitering sowel as inhoud. Maak gebruik van
geslote, gradering-skaal en oop-einde vrae.

Jy mag nie die voorbeeld in die handboek gebruik nie. Doen navorsing
en gebruik die inligting om jou eie, unieke vraelys saam te stel. (Moenie
(15)
net so kopieer van die internet of handboek nie.)
[48]

TOTAAL AFDELING A: 60

AFDELING B

VRAAG 3

Die MH bestuurder het versoek dat jy ’n terugvoer-verslag skryf wat fokus op die
fasilitering-vaardighede van die opleier.

Skryf ’n informele Terugvoer-verslag oor die fasilitering-sessie, in die formaat


wat jy geleer het in Bestuurskommunikasie N4. Gebruik die volgende opskrifte:

o Agtergrond
o Doel van die verslag
o Verbale vaardighede van fasiliteerder (positief/negatief – dek al 7)
o Nie-verbale vaardighede van fasiliteerder (positief/negatief – dek al 5)
o Gevolgtrekking
(20)
NB: Moet nie terugvoer gee oor die inhoud van leermateriaal gebruik nie.

VRAAG 4

Skep ’n PowerPoint aanbieding om terugvoer te verskaf aan bestuur oor hoe jy


die fasilitering-sessie ervaar het. Gebruik relevante inligting uit jou terugvoer-
verslag.

 Skep ’n titel-skyfie wat jou naam onderaan insluit


 Elke skyfie moet ’n voetskrif bevat wat jou naam en groep vertoon
 Maak gebruik van geskikte illustrasies en/of video-grepe
 Inhoud wat ingesluit moet word:
o Noem fasilitering-vaardighede wat kundig gebruik is.
o Noem minstens TWEE tekortkomings (Vaardighede glad nie
gebruik nie.)
o Noem minstens TWEE dinge waarop verbeter kan word
(Vaardighede gebruik maar nie afgerond nie.)
(20)
o Algemene indruk van die aanbieding (gevolgtrekking en
aanbevelings)
TOTAAL AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 100

You might also like