You are on page 1of 11

Rekenaartoepassingstegnologie

Study Opportunities

Graad 10
November 2020
Vraestel 1 Prakties

Tyd: 2.5 uur Punte: 100

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye (voorblad ingesluit)


Instruksies en inligting
1. Jy mag nie die eksamenlokaal verlaat voordat die volle duur van die eksamen verby is
nie.
2. Stoor jou werk gereeld.
3. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord en oplos. Moenie meer doen as wat deur die
vraag vereis word nie.
4. Let daarop dat geen drukwerk verlang word nie.
5. Gedurende die eksamensessie mag jy die hulpfasiliteite van die betrokke programme
gebruik. Jy mag geen ander bronmateriaal gebruik nie.
6. Let daarop dat indien jy ’n vraag nie kon regkry nie, en jy die data vir die daaropvolgende
vrae benodig, jy steeds moet probeer om die volgende vrae te doen.
7. Formules en/of funksies moet gebruik word vir alle bewerkings, behalwe as dit anders
gespesifiseer word – met ander woorde, moenie enige antwoorde met die hand uitwerk
en intik nie!

Let op:
Saam met die vraestel ontvang jy ’n eksamenlêergids DATA Gr10 wat die volgende lêers
bevat:

Daar sal na hierdie lêergids as jou eksamenlêergids verwys word.

2
Tema: E-Leer 2020

Sommige RTT-onderwysers het nagedink oor hul ervarings met e-leer in 2020. Hulle het
ook navorsing gedoen oor die benaderings wat skole in hul distrik gevolg het.

Vraag 1 – Woordverwerking

Maak die dokument 1Background oop.

1.1 Vind die teks ‘E-LEARNING LESSONS’ aan die bokant van bladsy 1.
 Maak die teks vetdruk (bold).
 Verwyder die onderstreping van die teks.
 Verdubbel die huidige fontgrootte.

1.2 Vind die WordArt ‘Contents’ op bladsy 1.


Verwyder die skadu-effek (shadow effect) van die WordArt.

1.3 Vind die vier gelyste items onder die opskrif ‘Issues to check’ en gebruik
outomatiese numering om dit soos volg (sonder die raampie) te formateer:

1.4 Vind die rooi paragraaf onder die opskrif ‘Introduction’.


 Stel die paragraaf links inlyn.
 Voeg paragraafraampies slegs aan die linker- en regterkant van die paragraaf by.

1.5 Vind die paragraaf met die prentjie onder die opskrif ‘A Year of Change’.
 Maak die nodige verandering, sodat die teks in die paragraaf om die prentjie
‘vloei’ soos hieronder gewys.

 ‘Reset’ die kleur van die prentjie na wat dit oorspronklik was.

3
1.6 Vind die paragraaf onder die opskrif ‘Some Silver Linings’.
 Verander die reëlspasiëring (line spacing) van die paragraaf na 1.15.
 Maak seker dat die twee verhelderde woorde ‘teaching' en ‘part' nooit oor twee
reëls geskei sal word, soos wat dit tans is nie.
 Verwyder die ‘soft Enter’ in hierdie paragraaf.

1.7 Vind die prentjie onder die opskrif ‘Differentiated Teaching’.


Formateer die prentjie om te lyk soos op die volgende bladsy aangetoon, deur die
instruksies onder die skermkopie te volg. (Moenie enige kleure verander nie.)

Doen die volgende:


 Verwyder die lamp met die bruin lampskerm (aanvanklik aan die linkerkant) uit
die prentjie.
 Pas enige ovaal prentjiestyl op die prentjie toe.
 Roteer (‘Flip’) die prentjie soos nodig.

1.8 Vind die em-streep onder die opskrif ‘Differentiated Teaching’.


Vervang die em-streep met ’n en-streep.

1.9 Vind die twee paragrawe onder die opskrif ‘Dual Systems’.
Formateer die paragrawe soos hieronder gewys. (Moenie die Enter-sleutel gebruik
om enige teks te skuif nie.)

4
Stoor die huidige dokument (maar moet dit nie toemaak nie).

1.10 Vind die leë ‘geel’ tekshokkie onder die opskrif ‘Dual Systems’.
Maak die dokument 1Experiences oop en doen die volgende:
 Kopieer slegs die een enkele sin wat die teks ‘4IR’ bevat vanaf die
1Experiences-dokument.
 Plak die sin wat jy gekopieer het in die tekshokkie in die 1Background-
dokument.
Maak die 1Experiences-dokument toe.

1.11 Vind die veld wat die lêernaam van die huidige dokument (1Background.docx)
onder die opskrif ‘Dual Systems’ vertoon.
Redigeer hierdie veld, deur op die veld te regsklik en die Edit Field...-opsie te kies,
sodat
 die lêerpaadjie (path) van die lêer ook vertoon word
 die naam en lêerpaadjie van die lêer altyd in hoofletters sal verskyn.

1.12 Onderstreep alle voorkomste van die hele woord ‘teach’.

1.13 Pas outomatiese afkapping (hyphenation) op die dokument toe.

1.14 Verander die onderste kantlyn van die dokument om dieselfde as die boonste
kantlyn te wees.

1.15 Verwyder die skoon bladsy aan die einde van die dokument.

Stoor die dokument 1Background, en maak dit toe.

Vraag 2 – Woordverwerking

Maak die dokument 2Findings oop.

2.1 Voeg outomatiese bladsynumering soos volg by die dokument:


 Plaas die bladsynommers aan die regterkant van die bladsyboskrif (header).

5
 Die formaat van die bladsynommers moet soos volg wees: Page X of Y

2.2 Vind die vorm (Shape) boaan die dokument.


 Voeg die teks ‘Findings’ by die vorm.
 Vul die vorm met ’n blou kleur.

2.3 Vind die opskrif ‘Life-long Skills’.


 Heg ’n kommentaar met jou naam aan hierdie opskrif.
 Formateer die opskrif met die Heading 1-styl.

6
2.4 Vind die rooi teks onder die opskrif ‘Platforms Used’.
Formateer hierdie teks soos hieronder gewys, sonder die raampie. (Moenie enige
kleure verander nie.)

2.5 Vind die SmartArt-diagram onder die opskrif ‘Driving the Process’.
 Verander die tipe diagram van ’n ‘Inverted Pyramid’ na ’n ‘Basic Pyramid’.
 Voeg die item ‘Planning’ by sodat dit tussen die items ‘Processes’ en ‘People’
verskyn, soos hieronder gewys. (Moenie enige kleure verander nie.)

2.6 Vind die tabel onder die opskrif ‘Survey of E-Learning Platforms Used’.
 Formateer die boonste linkerkantste sel (‘Internet Connectivity’) om soos
hieronder te lyk. (Moenie enige kleure verander nie.)

 Verander die formule in die onderste regterkantste sel sodat dit die grootste
hoeveelheid data wat in ’n maand gebruik is, in Megabytes sal bereken.
Let op:
– Die regterkantste kolom vertoon die hoeveelheid data wat gebruik is in
Gigabytes (GB).
– Daar is 1024 Megabytes (MB) in elke Gigabyte (GB).
 Formateer die onderste ry van die tabel om soos hieronder te lyk. (Die laaste
paar rye van die tabel word hier vertoon.)

7
2.7 Vind die tabel onder die opskrif ‘Data Usage’.
Sorteer die inligting in die tabel sodat
 skole wat ADSL gebruik, eerste verskyn (aan die bokant van die tabel)
 skole wat die meeste data in elke konneksietipe (ADSL en Vesel) gebruik,
eerste (aan die bokant) van elke konneksietipe verskyn.
Let op: Die boonste ry wat die opskrifte bevat, moet die boonste ry bly.

2.8 Vind die prentjie wat uit drie gegroepeerde vorms bestaan onder die opskrif ‘Data
Usage’.
 Verander die prentjie om te lyk soos hieronder aangetoon, deur die instruksies
onder die prentjie te volg. (Moenie enige kleure verander nie.)

Doen die volgende:


– Formateer die ‘Agility’-vorm om ‘voor’ die ander twee vorms te verskyn.
– Verander die raampie van die ‘Adaption’-vorm na ’n soliede lyn.

 Maak die dokument 2KeyWords oop, en doen dan die volgende:


– Kopieer die hele prentjie (al 3 vorms) vanaf die 2Findings-dokument na die
2KeyWords-dokument.
– Stoor die 2Keywords-dokument as 2Image in jou eksamenlêergids.
– Maak die dokument 2Image toe.

Stoor die dokument 2Findings, en maak dit toe.

8
Vraag 3 – Sigblad

Die uitslae van ’n opname oor e-leer in skole, is in ’n sigblad ingevoer.

Maak die sigblad 3Navorsing oop.


Belangrik: As jy gevra word om ’n funksie of formule in ’n enkele sel in te voeg, moet jy
seker maak dat die funksie/formule ook sal werk as dit na ander toepaslike selle
in die kolom gekopieer word.

3.1 Voer die volgende aksies op die werkblad se tabs uit:


 Steek die Konneksietipes-werkblad weg (‘hide’ dit).
 Skuif die Grafiek-tab na die regterkant van die Opname-tab, soos volg:

 Verander die kleur van die Grafiek-tab na rooi.


Let op: Die Grafiek-werkblad is op die oomblik leeg.

Werk in die Opname-werkblad.

3.2 Formateer selle A1:H1 soos volg:


 Merge & Center die selle.
 Vul die saamgevoegde sel (merged sel) met enige kleur van jou keuse.

3.3 Formateer die saamgevoegde selle A2, B2 en C2 soos hieronder gewys, deur die
instruksies onder die skermkopie te volg. (Moenie enige kleure verander nie.)

 Laat die teks in sel A2 omvou (Wrap Text).


 Verander die dik raampie van sel B2 na ’n dun raampie (dieselfde as die ander
raampies in die werkblad).
 Verander die oriëntasie van die teks in sel C2 soos gewys.

3.4 Maak die nodige verandering, sodat die datum in sel K1 soos volg vertoon:
Tue 20 Oct

3.5 ’n Maatskappy het besluit om ’n bedrag aan elke skool te skenk.


Die bedrag wat die maatskappy sal skenk, word bereken deur 10% van die data wat
deur die skool gebruik is (kolom G) te vermenigvuldig met die bedrag in sel K2.
Byvoorbeeld, as die skool 100 GB data gebruik het, dan sal die skenkingsbedrag
die volgende wees: 10% van 100 x R 50 = R 500.
Voeg ’n formule in sel H4 in om die skenkingsbedrag vir hierdie skool te bereken.

9
Let op: Die gebruiker moet die formule na ander selle in kolom H kan kopieer
om die bedrae vir die ander skole te bereken.
Wenk: Gebruik die selnaam vir sel K2.

3.6 Formateer sel H6 met dieselfde formatering as wat vir die ander bedrae in kolom H
gebruik is. (Moenie enige kleure verander nie.)

3.7 Voeg ’n funksie in sel K4 in om te bepaal wat die hoogste hoeveelheid data is wat
’n skool in ’n maand gebruik het (kolom G).

3.8 Die (enigste) opsies vir konneksietipes in kolom B is die volgende:


‘Vesel’, ‘ADSL’, ‘4G’ en ‘ANDER’.
 Die getal skole wat ‘Vesel’, ‘ADSL’ en ‘4G’ gebruik, verskyn in selle K11:M11.
 Die totale getal skole wat aan die opname deelneem, is in sel K7.
Gebruik die inligting van hierdie spesifieke selle om ’n formule in sel N11 te voeg
wat die getal skole wat die opsie ‘ANDER’ aangedui het, te bepaal.

3.9 ’n Gelukstrekking sal gehou word om skole wat aan die opname deelgeneem het te
bedank.
Voeg ’n funksie in sel K13 in om ’n willekeurige (random) heelgetal vanaf 1 tot die
getal skole in die opname, te genereer.

3.10 ’n ‘J’ in enige van die selle in kolomme D – F beteken dat die skool daardie
spesifieke platform gebruik.
Voeg ’n funksie in sel K19 in om te bepaal hoeveel skole Google Classroom
(kolom F) gebruik.

3.11 Voeg ’n funksie in sel K21 in om die datum (kolom A) waarop die meeste
opnames gedoen is, te bepaal.

3.12 Vind die grafiek op die Opname-werkblad, wat die drie internet-konneksietipes wat
deur skole gebruik word, vergelyk.
 Verander die grafiek sodat dit soos hieronder lyk, deur die instruksies onder die
skermkopie te volg.

Doen die volgende:


– Verwyder die gidslyne (gridlines).

10
– Voeg die teks ‘Skole’ as titel vir die vertikale as by.
– Voeg data-etikette (data labels) by in die posisies soos in die voorbeeld gewys.
 Skuif (move) die grafiek na die Grafiek-werkblad.

3.13 Bestudeer die onvoltooide funksie in sel K24. Wanneer dit voltooi is, moet hierdie
funksie die getal skole wat al 3 platforms (columns D–F) gebruik, bereken.
Voltooi die funksie in sel K24 en maak die nodige veranderinge aan die inhoud van
kolom Q, sodat die funksie in sel K24 die regte antwoord sal bereken.

3.14 Verander die werkblad se uitleg (Page Layout) soos volg:


 Verander die bladsyoriëntering na portret.
 Maak die drukarea (Print Area) skoon (clear).
Let wel: MOENIE enige data verwyder nie.
 Maak seker dat, indien die werkblad gedruk word, dit met gidslyne (gridlines)
gedruk sal word.
Let op: MOENIE enigiets druk nie.

Stoor die sigblad 3Navorsing, en maak dit toe.

TOTAAL: 100

11

You might also like