You are on page 1of 15

Rekenaartoepassingstegnologie

Study Opportunities

Graad 11
Junie 2018
Vraestel 1 Prakties

Tyd: 2.5 uur Punte: 150

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye


(titelblad, Input Mask-blad en HTML tag-blad ingesluit)
Instruksies en inligting

1. Jy mag nie die eksamenlokaal verlaat voordat die volle duur van die eksamen verby is
nie.
2. Stoor jou werk gereeld.
3. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord en oplos. Moenie meer doen as wat deur die
vraag vereis word nie.
4. Let daarop dat geen drukwerk verlang word nie.
5. Gedurende die eksamensessie mag jy die hulpfasiliteite van die betrokke programme
gebruik. Jy mag geen ander bronmateriaal gebruik nie.
6. Let daarop dat indien jy ’n vraag nie kon regkry nie, en jy die data vir die daaropvolgende
vrae benodig, jy steeds moet probeer om die volgende vrae te doen.
7. Formules en/of funksies moet gebruik word vir alle bewerkings in vrae wat op sigblaaie
betrekking het, behalwe as dit anders gespesifiseer word – met ander woorde, moenie
enige antwoorde met die hand uitwerk en intik nie!

Let op:
Saam met die vraestel ontvang jy ’n eksamenlêergids DATA Gr11 wat die volgende lêers
bevat:

Daar sal na hierdie lêergids as jou eksamenlêergids verwys word.

2
Tema: Rekenaargemeenskapsklub
Die plaaslike rekenaargemeenskapklub het toestemming verkry om die skool se nuwe
mediasentrum vir hulle maandelikse vergaderings te gebruik. Verskillende reëlings moet
gefinaliseer word – gassprekers, finansies, beginnerkursusse, ens. ’n Webblad waarmee
die klub bemark sal word, moet ook geskep word.

Vraag 1 – Woordverwerking

’n Brief wat aan nuwe lede gestuur sal word, is opgestel.

Maak die dokument 1_Welcome oop.

1.1 Vind die teks ‘Community Computer Club’ en die prentjie daaronder op die eerste
bladsy.

Verander dit om soos volg te lyk (moenie enige kleure verander nie):

(2)

1.2 Vind die kommentaar op bladsy 1.


Voer die instruksies wat in die kommentaar gegee word, uit.

1.3 Vind die paragraaf onder die opskrif ‘Aims’.


Verander die paragraaf sodat dit min of meer soos volg sal vertoon:

1.4 Vind die tabel onder die opskrif ‘Programme: July to August’ en doen die volgende:
 Redigeer die tabel om soos die skermkopie op die volgende bladsy te lyk.
 AutoFit die tabel teenoor sy inhoud (its contents).

3
1.5 Vind die rooi teks onder die opskrif ‘Community courses’.
Gebruik die bestaande tabelstoppunte om die teks te formateer om soos volg te lyk
(moenie enige kleure verander nie):

1.6 Vind die e-posadres onder die opskrif ‘Community courses’.


Verwyder die hiperskakel (maar moenie die teks verwyder nie).

1.7 Vind die woord ‘colorful’ onder die opskrif ‘Year end function’.
Maak seker dat hierdie woord enige tyd wanneer ’n Engelse spelkontrole op die
dokument uitgevoer word, as ’n fout aangedui sal word.

1.8 Vind die tabel onder die opskrif ‘Bring ’n Sell’.


 Verander die spasiëring tussen die selle na 0.3 cm.
 Voeg ’n formule in die laaste sel regs onder in om 20% van die totaal van die
bedrae daarbo te bereken.
Jou voltooide tabel behoort soos volg te lyk:

4
1.9 Vind die tabel onder die opskrif ‘Office Speed Quiz’.
Vervang die vraagtekens met die toepaslike besonderhede (Name, Time (sec) en
Score) van lede wat 75.0 of meer vir ’n Excel-toets gekry (Score) het.
Jy kan die inligting wat jy benodig in die dokument 1_TestResults kry.

1.10 Vind die prentjie onder die opskrif ‘Parking’ en doen die volgende:
Verwyder die ‘glow effect’.
Verander die grootte van die prentjie na presies 4 cm hoog en 14 cm breed.

1.11 Vind die teks ‘The art of teaching ... discovery.’ onder die opskrif ‘General’.
Verwyder die raampie om die teks.

1.12 Vind die teks ‘survey for new members’ onder die opskrif ‘Quarterly newsletter’.
Plaas ’n hiperskakel op hierdie woord na die toepaslike opskrif in die dokument.

1.13 Vind die lys onder die opskrif ‘Contributions’.


Formateer die lys om soos volg te lyk:

1.14 Vind die teksboks onder die opskrif ‘Survey for new members’.
Voeg die lêer 1_Interests as ’n ikoon in die teksboks in.
Maak seker dat enige veranderinge wat aan die oorspronklike lêer 1_Interests
aangebring word, outomaties ook in die dokument 1_Welcome sal reflekteer.

1.15 Vind die vormvelde (form fields) langs elkeen van die volgende opskrifte en
verander die eienskappe (properties) van die vormvelde soos aangedui:
Main device: Maak seker dat die opsie ‘Laptop’ eerste sal verskyn wanneer die
gebruiker die dokument oopmaak.
Mailing list: Verander die grootte van die Check Box na 10 pt.
Interest: Die vormveld moet voldoen aan die vereiste van die hulpteks wat
by die veld gevoeg is.
Let op: MOENIE redigering van die dokument beperk nie (restrict editing).

1.16 Verander die Status-eienskap (property) van die dokument na ‘Final’.

5
1.17 Verander die style wat in die dokument gebruik is soos volg:
Voeg ’n paragraafskakering van jou keuse by die Heading 1-styl.
Verander al die voorkomste van die CCC3-styl na die Heading 3-styl.

1.18 Gebruik die Replace-opdrag om die fontkleur van alle voorkomste van die akroniem
‘IT’ na rooi toe te verander.
Let wel: Die letters is hoofletters.

1.19 Die lêernaam van die huidige dokument verskyn in die bladsyboskrif (header).
Maak die nodige veranderinge sodat
die nuwe lêernaam outomaties in die bladsyboskrif sal vertoon as die dokument
onder ’n nuwe lêernaam gestoor word
die lêernaam net op die ewe bladsye van die dokument (op bladsye 2, 4, 6, ens.)
vertoon. Die bladsyboskrifte van die onewe bladsye moet leeg bly.

1.20 Verander die bladsynommering van die dokument om soos volg te vertoon:
Bladsynommers (1, 2, 3, ...) moet onderaan alle bladsye vertoon.
Die bladsynommer op die laaste bladsy moet ‘A’ wees.

Stoor die dokument en maak dit toe.

Vraag 2 – Sigblad

’n Sigblad word gebruik om besprekings vir die kursus te administreer.

Maak die sigblad 2_Bookings oop en werk in die Courses-werkblad.

2.1 Verander die formatering soos volg:


2.1.1 Verander die ryhoogte van die eerste ry om dieselfde te wees as die hoogte
van die tweede ry.
2.1.2 Verander die oriëntasie van die teks in sel A16 na 0 grade.

2.2 Die aantal beskikbare plekke per kursus verskyn in selle B8:E8, en die aantal
besprekings wat reeds per kursus gemaak is, verskyn in selle B11:E13.
2.2.1 Voeg ’n formule in sel E6 in om die maksimum aantal kursuslede wat aan
die XLS-kursus (Excel Advanced) kan deelneem, te bereken.
2.2.2 Voeg voorwaardelike formatering by selle B8:E8, sodat ’n sel outomaties
(met enige kleur) geskakeer word indien die waarde van die sel groter
as 0 is.

2.3 Vind die grafiek op die Courses-werkblad.


Verander die grafiek sodat dit soos die voorbeeld op die volgende bladsy sal
vertoon:

6
 Verwyder die gidslyne (gridlines).
 Voeg die vertikale as-titel ‘Course members’ by.
 Vertoon die legend onder die grafiek.
 Verwyder die prentjie.
 Maak seker dat al die kolomme data-etikette (data labels) bevat.
 Formateer die Chart Area, sodat die raampie ronde hoeke (rounded corners)
sal hê.

2.4 Diegene wat vir die Excel Advanced-kursus ingeskryf het, het ’n praktiese toets
afgelê. Die punt (Score) wat elkeen behaal het, neem die tyd wat dit geneem het
om die toets te voltooi (kolom C), asook die aantal korrekte antwoorde (kolom D) in
ag. Dit word volgens die volgende formule bereken:

Verander die formule in sel E17 sodat dit die punt van Chokwe RB bereken.

2.5 Voeg ’n funksie in sel J18 in om die tweede hoogste punt te bepaal.
Rond die antwoord tot die naaste heelgetal af.

2.6 Maak seker dat, indien die werkblad gedruk word, dit op ’n A4-grootte papier en
sonder gidslyne (gridlines) sal druk.
Let op: MOENIE enigiets druk nie.

Werk nou in die Planning-werkblad. (Die werkblad is tans leeg.)

2.7 Maak die Word-dokument 2_FutureCourses oop.


Kopieer die tabel in die Word-dokument na die Planning-werkblad (in die
2_Bookings-sigblad).
Die tabel moet op só ’n manier in die sigblad geplak word, dat as enige
veranderinge aan die data in die Word-dokument aangebring sou word, die
veranderinge outomaties in die sigblad sal reflekteer.
Maak die Word-dokument 2_FutureCourses toe.

7
Werk nou in die Bookings-werkblad.

2.8 Die bedrag wat elke lid skuld word bereken deur die afslag (Discount – kolom G) en
die bedrag vir tee / koffie (sel H1) van die basiese koste (kolom F) af te trek.
Voeg ’n formule in sel H5 in om die bedrag wat Jacob M skuld, te bereken.
Indien die formule na die ander selle in hierdie kolom gekopieer word, moet dit ook
die bedrag deur ander lede verskuldig korrek bereken.

2.9 Lede kom in aanmerking om aan ’n gelukstrekking (Lucky Draw) deel te neem as
hulle aan die Parent-groep (kolom C) behoort.
Voeg ’n funksie in sel I9 in, wat ’n ‘Y’ sal vertoon as Chokwe RB vir die
gelukstrekking in aanmerking kom.
Indien sy NIE vir die gelukstrekking in aanmerking geneem word nie, moet die sel
niks vertoon nie.

2.10 Voeg ’n funksie in sel M4 in om ’n willekeurige (random) heelgetal tussen 1 en die


totale aantal kursusgangers te genereer.
Die funksie moet korrek werk, selfs as een of meer lede van die werkblad verwyder
word (d.w.s. as hulle rye uitgevee word).

2.11 Voeg ’n funksie in sel L12 in om te bepaal hoeveel lede in die Learner-groep is.

2.12 Die bedrag wat deur elke lid verskuldig is, word in kolom H bereken.
Voeg ’n funksie in sel M11 in om die bedrag wat deur die Parent-groep geskuld
word, te bereken.
Kopieer die funksie na selle M12 en M13, sonder verdere redigering, om die bedrae
wat die Learner- en Community-groepe skuld, te bereken.

Werk nou in die Survey Results-werkblad.


Die werkblad bevat die resultate van ’n meningsopname waarin vorige leerders gevra is of
hulle sou belangstel om by die klub aan te sluit.

2.13 Voeg ’n funksie in sel J3 in om te bepaal hoeveel van die vorige leerders nie RTT
en ook nie IT geneem het nie.

2.14 Gebruik die SUBTOTAL-opdrag om subtotale vir die aantal ‘Yes’- en ‘No’-waardes
(kolom D) te skep.
Wenk: Sorteer eers die data.

Stoor die sigblad en maak dit toe.

8
Vraag 3 – Databasis

Let op: ’n Toevoermasker (Input Mask)-blad is aan die einde van die vraestel as verwysing
aangeheg.

Maak die databasis 3_CompClub oop.

3.1 Verander die Meetings-tabel soos volg:


3.1.1 Werk in Datasheet view en voeg horisontale en vertikale gidslyne
(gridlines) in.
3.1.2 Verander ’n eienskap (property) van die DateID-veld, sodat die gebruiker
verplig is om ’n waarde in hierdie veld in te voeg wanneer ’n nuwe rekord
geskep word.
3.1.3 Verander ’n eienskap van die Speaker-veld, sodat die gebruiker nie meer
as 25 karakters kan invoeg nie.
3.1.4 Voeg ’n veld met die naam Photo tussen die Speaker-veld en die Topic-
veld in. ’n Digitale prentjie moet in hierdie veld gestoor kan word.
3.1.5 Verander die eienskappe van die Distance-veld sodat
 die waarde van hierdie veld met 1 desimale plek in Datasheet view sal
vertoon
 die gebruiker nie ’n waarde kleiner as 3 of groter as 30 in hierdie veld
kan invoeg nie.
3.1.6 Verander die eienskappe van die Claim-veld sodat die veld soos volg
vertoon wanneer ’n nuwe rekord ingevoeg word: 
3.1.7 Verwyder die Reimbursed-veld.
3.1.8 ’n Kode vir elke vergadering word soos volg saamgestel:
 Drie verpligte letters, waarvan slegs die eerste ’n hoofletter is,
gevolg deur
 twee verpligte syfers, gevolg deur
 ’n enkele letter (opsioneel).
Voorbeelde van geldige kodes sou wees: Kre01, Van02y
Verander die bestaande toevoermasker van die Code-veld, om te verseker
dat die gebruiker data in hierdie veld in die korrekte formaat soos hierbo
aangedui, sal invoeg.
3.1.9 Voeg ’n primêre sleutel by enige geskikte veld, buiten die Description-veld.

9
3.1.10 Redigeer nou die enkele rekord in die tabel deur die hele inhoud van die
tekslêer 3_Forensics na die Description-veld van hierdie rekord te
kopieer.
Wenk: Verander eers die datatipe van die Description veld na ’n meer
gepaste tipe.

10
Stoor die Meetings-tabel en maak dit toe, maar moenie die databasis toemaak nie.
Let op: Wanneer jy die tabel stoor, mag jy ’n waarskuwingsboodskap oor data-
integriteitreëls kry. Klik ‘Yes’ as dit gebeur.

3.2 Skep ’n navraag (query) met die naam qry3_2 wat op die ClubMembers-tabel
gebaseer is.
 Voeg die volgende velde by die navraag: Member, Phone, Group en
Mailing_List.
 Voeg kriteria by om slegs ouers (Parents – Group-veld) wat nie op die poslys
(Mailing_List-veld) verskyn nie, te laat vertoon.
 Die Mailing_List-veld moet NIE vertoon (Show) wanneer die navraag uitvoer
nie.
Stoor die qry3_2-navraag en maak dit toe.

3.3 Maak die qry3_3-navraag oop en verander dit soos volg:


 Die navraag moet alle rekords van lede vertoon wat jonger as 21 was toe hulle
by die klub aangesluit het (Age_Joined-veld).
 Die navraag moet ook alle rekords vertoon van lede wat meer as 2 toestelle
(Devices-veld) het, ongeag die ouderdom waarop hulle by die klub aangesluit
het.
 Maak seker dat die jongste lid heel bo (eerste) in Datasheet view sal vertoon.
Stoor die qry3_3-navraag en maak dit toe.

3.4 Maak die qry3_4-navraag oop en verander dit soos volg:


 Voeg die Group-veld by die navraag.
 Die navraag moet alle rekords van lede vertoon wie se vanne (Member-veld)
met ’n letter vanaf ‘N’ tot ‘Z’ begin.
 Slegs die rekords van lede wat vóór April 2018 (Joined-veld) by die klub
aangesluit het, moet gelys word.
Stoor die qry3_4-navraag en maak dit toe.

3.5 Maak die frm3_5-vorm oop en verander dit soos volg:


 Verwyder die raampie van die etiket (label) in die Header-afdeling.
 Skuif die kontrole vir die Admin-veld vanaf die Detail-afdeling na die Header-
afdeling toe.
 Vertoon die Birth_Date-veld in dieselfde formaat as die Joined-veld. (Moenie die
formaat van die Joined-veld verander nie.)
 Verander ’n eienskap (property) van die Joined-veld, sodat die ‘date picker’-
kontrole vir die veld (soos by die Birth_Date-veld) sal vertoon wanneer die
gebruiker in Form view op die veld klik.

11
 Die huidige datum is veronderstel om in die Footer-afdeling te vertoon, maar
daar is ’n probleem: die teks =DATE() vertoon in plaas van die datum.
- Maak die probleem reg, sodat die huidige datum, wat outomaties opdateer,
in die Footer-afdeling vertoon.
- Maak seker dat geen etikette (labels) in die Footer-afdeling verskyn nie.
Let op: Die funksie wat gebruik word om die huidige datum te vertoon, is
=DATE()

Stoor die frm3_5-vorm en maak dit toe.

Maak die 3_CompClub-databasis toe.

Vraag 4 – Webontwerp (HTML)

Maak die onvolledige tekslêer 4_WebPage in jou HTML-redigeerprogram, asook in jou


webblaaier, oop.
Let op:
 Vraagnommers is as kommentare in die lêer bygevoeg om aan te dui min of meer waar
jou antwoorde ingevoeg moet word.
Moet asseblief nie hierdie kommentare uitvee nie.
 ’n HTML tag-blad is as verwysing aan die einde van die vraestel aangeheg.

Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk:

Doen die volgende:

4.1 ’n Belangrike begin-tag is by die webblad uitgelaat.


Voeg die verlore tag by.

4.2 Voeg HTML-kode by sodat die teks ‘News’ in die tab van jou webblaaier verskyn.

12
4.3 Vind die teks ‘Community Computer Club’.
Formateer die teks met ’n Heading-styl wat een keer groter is as dié van die teks
‘The all new CCC is launching :-)’ daaronder.

4.4 Vind die teks ‘New venue ... high five!’.


Voeg HTML-kode by sodat die teks soos volg sal lyk (sonder die raampie):

Let op die volgende:


 Die teks moet in twee paragrawe wees.
 Die woord ‘LEARNERS’ moet in skuinsdruk en vetdruk geformateer wees.

4.5 Voeg ’n horisontale streep in, op die plek soos in die voorbeeld.

4.6 Vind die teks ‘Check date’ aan die onderkant van die webbladsy.
Voeg HTML-kode by om seker te maak dat die teks NIE sal vertoon wanneer daar
na die lêer in ’n webblaaier gekyk word nie.

Stoor die lêer 4_WebPage en maak dit toe.

TOTAAL : 150

13
Toevoermasker (‘Input mask’)-blad

KARAKTER BESKRYWING
0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus [+]- en minus [–]-teken nie toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie, plus [+]- en minus [–]-teken nie
9
toegelaat nie)
Syfer of spasie (geen inskrywing vereis nie; spasies word as oop plekke
# (blanks) in Redigeringsmodus (Edit mode) vertoon, maar oop plekke word
verwyder wanneer data gestoor word; plus [+]- en minus [–]-teken toegelaat)

L Letter (A tot Z, inskrywing vereis)


? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel)
A Letter of syfer (inskrywing vereis)
a Letter of syfer (inskrywing opsioneel)
& Enige karakter of ’n spasie (inskrywing vereis)
C Enige karakter of ’n spasie (inskrywing opsioneel)

Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter


.,:;-/ wat gebruik word, hang van die instellings (settings) in die Regional Settings
Properties-dialooghokkie in die Windows Control Panel af.)

< Laat alle karakters na onderkas (lower case) omgeskakel word


> Laat alle karakters na bokas (upper case) omgeskakel word

Laat die toevoermasker van regs na links, eerder as van links na regs, vertoon.
! Karakters wat in die toevoermasker ingesleutel word, vul dit altyd van links na
regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg.

Laat die karakter wat volg as die letterlike karakter vertoon word
\
(byvoorbeeld \A word slegs as A vertoon)
Karakters wat in dubbele aanhalingstekens geplaas word, sal letterlik vertoon
""
word.

14
HTML tag-blad

Strukturele / Basiese tags


<html> </html> Begin en eindig ’n webblad
<head> </head> Bevat inligting oor die webblad
<title> </title> Bevat die webblad se titel
<body> </body> Definieer die body van die webblad
<!-- --> Kommentaar
Formaterings-tags
Dui die begin en einde van ’n nuwe paragraaf
<p></p>
aan
<br/> Voeg ’n reëlonderbreking in
Teks-tags
<h1></h1> Skep die grootste opskrif
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif
<b></b> Merk teks as bold
<i></i> Merk teks as italic
<u></u> Merk teks as underlined
Grafika-tags
<hr/> Voeg ’n horisontale lyn in

15

You might also like