You are on page 1of 7

Die Skryfproses

Stappe wat tydens die skryf van ‘n opstel gevolg word.

Hersiening
en
redigering
Pre-skryf Konsep

Beplanning Finale
en weergawe!
samestelling
Inleiding
Wat is prosesskryf ?
Om ‘n opstel te skryf neem tyd in beslag. Daarom word
daar dikwels na skryf as ‘n proses verwys. Met ander
woorde, daar is verskeie stappe wat gevolg moet word
voordat jy ‘n finale opstel vir bepunting kan inhandig.
Hulle is:
 Pre-skryf/beplanning
 Skryf van ‘n konsep
 Hersien
 Redigering
 Proeflees
 Aanbied
Pre-skryf
Stap Een
Pre-skryf/beplan beteken letterlik, “voor jy skryf.” Voordat jy
eintlik jou opstel begin skryf, behoort jy die volgende dinge
te doen:

 Kies ‘n onderwerp om oor


te skryf.
 Hou ‘n dinkskrum of genereer
idees vir jou onderwerp.
 Fokus op algemene idees
wat op jou onderwerp
betrekking het.
Organisering
Stap Twee
Deur ‘n spinnekopdiagram te maak, kan jou help om DIT
waaroor jy wil skryf, te organiseer/bymekaar te voeg. Dit is
rofwerk en kan die skryfproses makliker maak.

Opstel spinnekopdiagram
I. Inleiding: Onderwerp: _____________________
II. Liggaam: 1. Kernsin: _____________
-
ondersteunende idees
-
ondersteunende idees 2. Kernsin:
____________
-
ondersteunende idees -
ondersteunende idees 3. Kernsin:
____________
-
ondersteunende idees -
ondersteunende idees
III. Slot
Konsep
Stap Drie
Nadat jy idees bymekaar gemaak het en ‘n spinnekop-diagram
geteken het, is dit tyd om jou opstel te begin skryf. Wanneer
jy jou rofwerk skryf, moet jy probeer om die volgende te
onthou:

 Moenie dink jy gaan die heel eerste keer ‘n


volmaakte skryfstuk skryf nie.

 Jou doel met rofwerk is om die idees wat jy in


jou spinnekopdiagram uitgelig het, te
ondersteun.
 Moenie, wanneer jy jou eerste poging skryf, op
spelling en taal fokus nie. Jy kan later in die
skryfproses daarna kyk.
Hersiening en Redigering
Stap Vier
Nadat jy jou eerste poging geskryf het, kyk weer
daarna en besluit hoe jy die inhoud en die
samestelling van jou opstel kan verbeter.
Hierdie stap word hersiening genoem. Nadat jy die inhoud
en die samestelling hersien het, redigeer jy jou poging
t.o.v. spelling, taal, punktuasie en sinstruktuurfoute.

Hersiening Redigering

Spelling,
Inhoud en Taal,
Samestelling Punktuasie,
ens.
Die Finale Weergawe
Stap Vyf
Die laaste stap is om jou opstel in te handig, sodat dit
bepunt kan word. Kyk na die riglyne hieronder, voordat jy
die finale weergawe inhandig.

 Gebruik voorafbepaalde kriteria vir evaluering en verbetering van eie


en ander se werk.

 Verfyn woordkeuse, sin- en paragraafstrukture (Voeg addisionele


inligting by, gebruik gepaste verbindingswoorde).

 Skakel dubbelsinnigheid, breedsprakigheid, woordoortolligheid,


sleng en beledigende taal uit

 Evalueer inhoud, styl en register.

 Gebruik leestekens, spelling en taalgebruik korrek en gepas.

 Berei finale weergawe voor.

You might also like