You are on page 1of 9

AFRIKAANS HUISTAAL

Hoe om ‘n begripstoets te beantwoord

 1.
Lees die titel van die begripstoets en
maak seker jy verstaan dit. As jy weet
waaroor die begripstoets handel, is dit
makliker om ‘n geheelbeeld te vorm.
 2.
Die inleidingsin is baie belangrik. Dit gee
baie keer die kern of doel van die leesstuk
weer.
 3.Lees die stuk aandagtig deur sodat jy die
inhoud verstaan.
 4.Probeer ‘n prentjie in jou kop vorm oor die
inhoud van dit wat jy lees. Jy visualiseer dus
dit wat jy lees.
 5.As daar woorde verskyn wat vreemd is vir
jou, dui dit met ‘n glimpen aan, maar lees
verder. Soms verduidelik die volgende sin of
sinne die betekenis van daardie woord.
 6.Terwyl jy lees, maak aantekeninge langs die
paragraaf. (Skryf ‘n kernwoord neer.)
 7. Lees nou die vrae deur.
 8.Omkring die instruksiewoorde (vraagwoorde)
soos bespreek, identifiseer, benoem ens.
 9.
Lees dan weer deur die teks en skryf die
nommer van die vraag op die plek in die teks
waar die vraag van toepassing is.
 10.Beantwoord nou die vraag volledig en op
die man af. Moet nie vae antwoorde skryf nie.
 11.Wanneer 'n vraag begin met bv. “Dink jy ..., moet
daar eers gereageer word met 'n ja of nee, alhoewel
die motivering of rede oorweeg word vir punte.
 12.Ja/nee antwoorde moet altyd met 'n motivering
opgevolg word.
 13. Beantwoord die vrae altyd binne konteks van die
leesstuk.
 14.Wanneer daar vir TWEE redes of DRIE voorwaardes
gevra word, moet dit nie in een sin gegee word nie.
Skryf dit apart en onder mekaar neer.
 15. Moet nooit 'n antwoord met 'n voegwoord begin nie.
 16. Hoe onderskei jy tussen 'n feit en 'n mening?
 FEITE is iets wat werklik bestaan. Dit kan deur navorsing,
eksperimente of waarneming bewys word. (datums,
statistiek ens.)
 MENING is 'n persoon se siening. Woorde soos dink, voel, is
oortuig, die meeste mense sê, altyd, almal... word gebruik.
 17.Laat die puntetelling jou lei in die lengte van jou
antwoord. As die antwoord 2 punte tel, kan jy nie net een
woord skryf nie.
 18.Soms het 'n vraag twee dele. Jy moet dan
twee antwoorde gee.
 19. Van die antwoorde staan soms nie in die
stuk nie, jy moet dit self uitdink. Uit die stuk
moet jy afleidings maak om van die antwoorde
te gee. Baseer jou antwoorde op die gegewe
leidrade en die konteks wat geskets word in die
stuk.
 20. Jou nommers moet altyd dieselfde wees as
die nommers op jou vraestel.
 21. As jy nie seker is oor 'n antwoord nie,
skryf jou raaiskoot neer. Merk egter die vraag
sodat jy kan terugkom en die antwoord
verander as daar nog tyd is.
 22.Onthou om gereeld jou asem diep in te
trek, verby jou keel. Dit help met spanning en
jou brein kry meer suurstof.
 23. Skryf altyd netjies en leesbaar.
 Nougaan leerders die geleentheid kry om 'n
begripstoets te beantwoord.
 Daarnasal die leerders met begeleiding van
die onderwyser die vrae se antwoorde
merk.
 Enige
vrae wat voortspruit uit hierdie sessie
moet as remediëring gesien word.

You might also like