You are on page 1of 14

DISTRIK: METRO-NOORD

GRAAD 12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1

JUNIE 2023

TYD: 2 UUR

PUNTE: 80

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye

Blaai om asseblief

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 1


INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Leesbegrip (30 punte)

AFDELING B: Opsomming (10 punte)

AFDELING C: Taal (40 punte)

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

4. Trek ’n streep na elke afdeling.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie


vraestel gebruik is.

6. Laat ’n reël oop na ELKE antwoord.

7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8. Beplan jou tyd só:

AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute

9. Skryf netjies en leesbaar.

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 2


AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

TEKS A

HOEKOM JOU TIENER BUIERIG IS...

1. Baie ouers kla oor die vinnige verandering van buie in hul kinders wanneer hulle
puberteit bereik. Daar is egter genóég redes waarom jy 'n beneukte tiener het. Dit
is nié net hormone nie.

2. Voor die gebruik van die MRI (magnetiese resonansie beelding), was dit moeilik
om te sien wat in 'n tiener se brein aangaan. Die data waarmee navorsers moes 5
werk, was die brein van kinders en adolessente wat op ‘n vroeë ouderdom oorlede
is. Nou kan navorsers met behulp van MRI-skanderings sien hoe die brein se
struktuur ontwikkel. Wat ons nou weet, is dat die tienerbrein vinnig verander as
kinders puberteit bereik.

3. Die voorste deel van die brein is waar ingewikkelde gedrag gereguleer word en 10
moeilike besluite geneem word. Dit is ook hier waar ‘n mens se persoonlikheid en
sosiale vermoë gevorm word. Hierdie area van die brein ondergaan 'n bietjie van
'n renaissance tydens adolessensie. Aktiwiteit tussen hierdie breinselle kom in
jou tienerjare teen ‘n hoë frekwensie voor nadat dit gedurende die vroeë
kinderjare relatief stabiel was. 15

4. In die tienerjare groei daar ook meer wit materie in sekere dele van die brein.
Hierdie areas van die brein hanteer baie verskillende prosesse, soos byvoorbeeld
redenasievermoë, oordeelsvermoë en impulsbeheer.

5. Wat beteken al hierdie breingroei en -veranderinge? Dit is moeilik om te sê, maar


tienerbuierigheid kan waarskynlik aan hierdie veranderinge gekoppel word. Omdat 20
tieners as gevolg van hul breinveranderinge swak impulsbeheer het, raak hulle gou
emosioneel voordat hulle oor ‘n saak kan dink.

6. As ‘n volwassene in ‘n moeilike situasie beland en sy of haar emosies sluk,


word die emosionele impulse waarskynlik beheer. 'n Tiener se brein laat hom nie
toe om dieselfde ding te doen nie. 25

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 3


7. Hormone speel ook 'n rol in die buierigheid van tieners. Daar word vermoed dat die
geslagshormone (estrogeen en testosteroon) 'n tiener se brein beïnvloed.

8. Nuwe navorsing het getoon dat 'n hormoon wat gewoonlik volwassenes kalmeer,
eintlik maak dat tieners angstig voel. 'n Hormoon genaamd THP word tydens
oomblikke van stres in ons liggame vrygestel. Vir volwassenes het hierdie hormoon 30
'n kalmerende effek. In tieners veroorsaak die vrystelling van THP 'n toename in
angs. Enigeen wat in aanraking met 'n angstige tiener (of selfs 'n angstige
volwassene) is, kan jou vertel dat angs humeurigheid kan verhoog. Hierdie reaksie
op die hormoon THP is geneig om weg te gaan as tieners volwassenheid nader,
wat moontlik tot minder bui-veranderinge en gedragsveranderinge gedurende 35
stresvolle tye bydra.

9. Ouers het dikwels vrae oor wat normale buierige tienergedrag is en wanneer hulle
bekommerd moet wees. 'n Reël is dat as die bui nie lank duur nie, dit
waarskynlik normaal is. As jou tiener 'n slegte nag gehad het en geïrriteerd
is, maar die grootste deel van die week rustig is, is dit dalk net 'n tydelike bui. 40

10. Daarbenewens het depressie en ander psigiatriese versteurings ander tekens as


swakheid of onbuigsaamheid. Tienerdepressie kan gepaardgaan met
gewigsverlies of gewigstoename, slaapstoornisse, onttrekking van vriende en
familie, of selfmoordpraatjies.

11. As jy bekommerd is oor die gedrag van jou tiener, kan 'n oproep aan jou 45
pediater of huisarts dalk help. 'n Mediese professionele persoon kan jou help
om uit te vind wat normaal is en wat 'n probleem is en kan ‘n oplossing
vir die probleem probeer vind.

12. Jy hoef nie bekommerd te wees as jou tiener buierig is nie - dit is nie permanent nie!
Soos jou tiener se brein verander, sal die humeur verbeter soos wat hy of 50
sy volwasse word. Wat kan ‘n ouer nog doen? Moenie dat jou tiener te laat gaan
slaap nie. Stel grense met selfoongebruik; skakel gemorskos uit. Fisiese oefening
help beslis. En die belangrikste: Gee jou tiener ruimte om self deur emosies te werk.
Help jou tiener om kreatief te wees: verf, dans, teken en kook.

13. Hou net uit, al het jy dikwels hare op jou tande nodig! 55

(Aangepas: https://af.drafare.com/hoekom-jou-tiener-moody- of- grumpy-is en Netwerk 24)

LET WEL:

• Beantwoord AL die vrae.


• Skryf net die vraagnommers en die antwoord neer.

1.1 Na wie verwys die “jou” in die opskrif van die artikel? (1)

1.2 In paragraaf 1 word emotiewe taal gebruik om te wys dat tieners buierig is.

Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is deur EEN woord uit paragraaf 1
neer te skryf. (1)

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 4


1.3 Lees paragraaf 2.

1.3.1 Hoe het navorsers voor die gebruik van die MRI geweet wat in die brein van
‘n tiener aangaan? (1)

1.3.2 Verduidelik hoe die gebruik van die MRI navorsing oor die menslike brein
vergemaklik het. (1)

1.4 Skryf EEN woord uit paragraaf 3 neer wat vir ons sê dat die voorste
deel van die brein gedurende puberteit 'n herlewing ondergaan. (1)

1.5 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die korrekte woord langs die
nommer neer:

Navorsers het ontdek dat verbindings tussen die breinselle tydens


adolessensie (meer / minder) word. (1)

1.6 Waarom wys tieners soms 'n emosie voordat hulle eers daaraan kan dink? (2)
1.7 “As ‘n volwassene in ‘n moeilike situasie beland en sy of haar emosies sluk...” (Par.6)

1.7.1 Word die vetgedrukte woorde letterlik of figuurlik bedoel? (1)

1.7.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.7.1 deur te verduidelik wat die vetgedrukte
woorde in hierdie konteks beteken. (1)

1.8 Noem die TWEE geslagshormone wat vermoedelik 'n adolessent se brein beïnvloed. (2)

1.9 Die hormoon THP het 'n ander effek op tieners as op volwassenes.
Dui hierdie verskille aan. (2)

1.10 Watter karaktertrek openbaar beide tieners en volwassenes gewoonlik


wanneer hulle angstig voel? (1)

1.11 Watter maatstaf, volgens paragraaf 9, kan 'n ouer gebruik om te bepaal of sy of haar
tiener se buierigheid normaal is of nie? (1)

1.12 Kies die simptoom van depressie wat NIE pas nie.
Skryf slegs die korrekte antwoord langs die nommer neer.

A onbuigsaamheid
B selfmoordpraatjies
C gewigsverlies
D onttrekking van familie en vriende (1)

1.13 Hoekom kan ons sê dat die volgende uitspraak in paragraaf 11 'n MENING is?

“...As jy bekommerd is oor die gedrag van jou tiener, kan 'n oproep aan jou
pediater of huisarts dalk help ...” (1)

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 5


1.14 Watter wete kan (volgens paragraaf 12) ‘n bekommerde ouer troos? (1)

1.15 Skryf in jou eie woorde waarom dit nodig is dat ‘n ouer vir ‘n humeurige tiener ruimte
moet skep. (1)

1.16 Lees weer paragraaf 13.


“... al het jy dikwels hare op jou tande nodig!”

Verduidelik die betekenis van die idiomatiese uitdrukking in die konteks van die
leesstuk. (2)

1.17 Hoe help die prentjie bo-aan die artikel jou met die verstaan van hierdie teks? (2)

[24]
SPOTPPRENT

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat op die volgende bladsy volg.

TEKS B

Hik! Ek’t nie ‘n


probleem nie.
Ek kan ophou
net wanneer
ek wil…
Hy‘t te
diep in
SA die bottel
gekyk…

[Uit: Rapport-spotprent: 26 Maart 2023]

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 6


1.18 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi.
Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.18) neer.

Die konteks van die spotprent is dat die burgers van die land …

A meer wil drink.


B wil leeglê.
C wil ontspan.
D korrup is. (1)

1.19 Verduidelik die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die muis se woorde. (2)

1.20 Lees weer die woorde van die man. Watter tipiese gedrag van 'n verslaafde
openbaar die man met sy woorde? (1)

1.21 Wat, dink jy, beteken dit dat die man op ‘n koerant sit? (1)

1.22 Wat is jou reaksie op die probleem wat in die spotprent geȉllustreer word? (1)
[6]

TOTAAL AFDELING A: 30

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 7


AFDELING B: OPSOMMING

Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.

VRAAG 2

In die artikel hieronder word wenke gegee om jou woede te beheer.

1 Som die SEWE wenke hoe om JOU WOEDE TE BEHEER in jou EIE VOLSINNE op.
2 Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
3 Nommer die wenke van 1 tot 7.
4 Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5 Dui die KORREKTE aantal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

SÓ BEHEER JY JOU WOEDE.

Voel dit gedurig vir jou of jy slange kan vang? Navorsers help jou uitpluis hoekom jy
kwaad word en gee waardevolle idees hoe jy jou woede kan hanteer.

Kenners reken ‘n mens moet eers erken jy het ‘n woedeprobleem en wanneer jy


aanvaar jy is kwaad, is dit tyd om te verander.

Mense projekteer graag die oorsaak van hul woede op ander. Maar is jy ‘n marionet
met iemand anders wat die toutjies trek? Moet dit nie toelaat nie.

Let op die fisieke tekens van woede sodat jy kan kalmeer voor jy kookpunt bereik.
Dalk hamer jou hart, begin jy sweet of kners jy op jou tande. Verwyder jouself van
die situasie deur ‘n blaaskans te vat wanneer jy voel die woede begin opbou.

Lei jou aandag van ‘n woedesituasie af deur byvoorbeeld na kalmerende musiek te


luister of bel ‘n vriend of vriendin wat ‘n kalmerende invloed op jou het. Dit sal jou
fokus van die woedesneller aflei.

Jy kan leer om jouself te laat geld sonder om aggressief of afbrekend te wees. Hoe
kan jy dit doen? Skryf net neer wat jou kwaad maak. Om dit swart op wit te sien, kan
perspektief gee en jou daarvan weerhou om jou woede en frustrasie op die mense
om jou uit te haal.

Stel jou voor jy is in ‘n situasie wat jou gewoonlik kwaad maak. Verbeel jou hoe jy
kan optree sonder om kwaad te word. Of herspeel die situasie en verbeel jou jy los
dit op ‘n ander manier op. Oefen dus om jou woede te bestuur.

[Verwerk uit Huisgenoot, 4 Augustus 2022]

TOTAAL AFDELING B:10

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 8


AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN – KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder (TEKS D) gebaseer.


• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D

DIE (3.3)GOED MATRIEKAFSKEID-EKSPO OOIT!

3.6

‘n Ekspo vir graad 12- leerders!

1-7 OKTOBER 2023


• Vroueklere beskikbaar
• (3.4) Klere vir mans is ook beskikbaar.
• Motors te huur
• Ons bespreek hare en skoonheid.
• Danslesse kan gereël word.
Die Burger reël wonderlike aktiwiteite by die ekspo:
➢ ‘n Modeskou
➢ ‘n Lewendige vertoning deur VONK
3.8 Kom sit jou
Kan jy pryse wen? JA … beste voetjie
• N. Darvel sal rokke ter waarde van R10 000 maak. voor!
• Grimering word gratis gedoen.
• ‘n Naweek by die see.

Vir meer inligting gaan na www.matriekekspo.co.za


J. Adams - organiseerder 011 404 1503 / N. Darvel - ontwerper 011 713 9046

DIE BURGER

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 9


3.1 Wie is die teikenmark van hierdie advertensie? (1)

3.2 Hoe ondersteun die visuele uitbeelding die inhoud van die advertensie? (1)

3.3 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die onderstreepte woord in die opskrif van
die advertensie. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

Die (goed) matriekafskeid – ekspo ooit! (1)

3.4 Gee EEN woord vir die beskrywing tussen hakies. Skryf slegs die antwoord neer.

(Klere vir mans) is ook beskikbaar. (1)

3.5 Wie is die adverteerder van hierdie advertensie? (1)

3.6 Hoe trek die inligting “toegang gratis” dadelik die leser se aandag? (1)

3.7 Verskaf EEN voorbeeld hoe die advertensie probeer om die leser te manipuleer. (1)

3.8 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit die gegewe moontlikhede.


Skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer neer.

Die IDIOOM “sit jou beste voetjie voor”, beteken:

A. jy moet dans
B. jy moet ‘n goeie indruk maak
C. jy moet jou beste klere dra
D. jy moet loop (1)

3.9 Waarom herhaal die adverteerder die woord ekspo in die advertensie? (1)

3.10 Watter belangrike inligting het die adverteerder weggelaat? (1)

[10]
VRAAG 4: STROKIESPRENT

• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) gebaseer.


• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 10


4.1 Die agtergrond van hierdie spotprent is ‘n tipiese klaskamertoneel.
Gee EEN visuele teken wat hierdie stelling ondersteun. (1)

4.2 Hoe dui Meneer se liggaamstaal aan dat hy direk met Neelsie praat? (1)

4.3 Skryf die sin hieronder in die INDIREKTE REDE.

Neelsie, hoekom doen jy nie jou werk nie?


Begin so: Meneer vra … (1)

4.4 Wat kan ‘n mens uit Neelsie se opmerking in RAAMPIE 2 omtrent sy


persoonlikheid aflei? (1)

4.5 Verduidelik die stereotipering wat in RAAMPIE 2 voorkom. (1)

4.6 Wie, dink jy, het vir Neelsie in RAAMPIE 3 ‘n pen aangebied? (1)

4.7 Skryf die sin in RAAMPIE 3 in die VERLEDE TYD.

Ek het ‘n pen vir jou! (1)

4.8 Sulke vrygewigheid behoort swaar gestraf te word. (RAAMPIE 3)

Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.

Neelsie is (dankbaar /ondankbaar) vir die pen wat aangebied word. (1)

4.9 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi.


Skryf slegs die LETTER (A-D) langs die gepaste nommer neer.

Neelsie se gesigsuitdrukking dui aan dat hy … is. (RAAMPIE 3)

A. bly
B. bang
C. hartseer
D. ontsteld (1)

4.10 Hoe weet jy dat hierdie spotprent in die somer afspeel? (1)

[10]

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 11


VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) gebaseer.


• Voer die instruksies by elke vraag uit.

5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.

TEKS F

SEUN STEL GOEIE VOORBEELD


Toe Duane Lukas 17 jaar oud was, het hy gehoor die mense kla oor die paaie in
sy (5.1.1) (omgewing). Hulle het gesȇ (5.1.2) (die regering maak altyd die gate in
die paaie reg.) Toe besluit Duane (5.1.3) (self iets doen.)

(5.1.4) (In die middae) na skool het Duane aan die werk gespring. (5.1.5) Hy het
eers die grootste gate gesoek. Dan het hy grond langs die pad gevat en dit in die
gate gegooi. Hy het ‘n (5.1.6) (roes) graaf en kruiwa gebruik.

Mense wat daar verby gery het, was baie bly oor hierdie werk wat Duane gedoen
het. (5.1.7) (Hulle betaal hom daarvoor.)

Duane se ma het in ‘n (5.1.8) (winkel) gewerk. (5.1.9.) ( Duane het ‘n deel vir sy
ma gegee. Sy het min geld verdien.) Die ander geld het hy gespaar. Hy wil
eendag gaan (5.1.10) (leer) om ‘n onderwyser te word.

Meneer Poggenpoel, die skoolhoof, het Duane ondersteun. “Ek moes een keer vir
skade aan my (5.1.11) (nuwe) motor betaal. Dit was (5.1.12) (as gevolg van) die
swak paaie. Duane se herstelwerk aan die pad het my gehelp om koste te
bespaar. (5.1.13) (Ek haal regtig my hoed vir hom af).

Met hierdie werk wat Duane gedoen het, het hy ‘n noodsaaklike diens aan die
gemeenskap gelewer. Hy is sowaar ‘n (5.1.14) (inspireer) vir my!

[Verwerk]

5.1.1 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.


Die mense kla oor die paaie is sy (omgewing). (1)

5.1.2 Skryf die onderstaande sin in die ONTKENNENDE VORM.


Die regering maak altyd die gate in die paaie reg. (1)

5.1.3 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.


Toe besluit Duane (self iets doen). (1)

5.1.4 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.


(In die middae) na skool het Duane aan die werk gespring. (1)

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 12


5.1.5 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Hy het eers die grootste gate gesoek. (1)

5.1.6 Gee die VERLEDE DEELWOORD vir die woord tussen hakies.
Hy het ‘n (roes) graaf en kruiwa gebruik. (1)

5.1.7 Skryf die onderstaande sin as ‘n VRAAGSIN neer.


Hulle betaal hom daarvoor. (1)

5.1.8 Gee die VERKLEINWOORD vir die woord tussen hakies.


Duane se ma het in ‘n (winkel) gewerk. (1)

5.1.9 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Duane het ‘n deel vir sy ma gegee. Sy het min geld verdien. (omdat) (1)

5.1.10 Gee ‘n SINONIEM vir die woord tussen hakies.


Hy wil eendag gaan (leer) om ‘n onderwyser te word. (1)

5.1.11 Gee die INTENSIEWE VORM vir die woord tussen hakies.
Ek moes een keer vir skade aan my (nuwe) motor betaal. (1)

5.1.12 Gee die AFKORTING vir die woorde tussen hakies.


Dit was (as gevolg van) die swak paaie. (1)

5.1.13 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin te voltooi.

“Ek haal regtig my hoed vir hom af” beteken Mnr. Poggenpoel het …vir hom.

A. simpatie
B. empatie
C. respek
D. geduld (1)

5.1.14 Vorm ‘n SELFSTANDIGE NAAMWOORD van die werkwoord tussen hakies.


Hy is sowaar ‘n (inspireer) vir my. (1)
[14]

EN

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 13


5.2 Kyk na die onderstaande prent en beantwoord die vrae.

TEKS G

DIS EKSAMENTYD - WAT NOU?

5.2.1 Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.


Die seun se tas staan (onder / langs) sy bank. (1)

5.2.2 Gee die RANGTELWOORD vir die woord tussen hakies.


Dit lyk of sy (een) vraestel baie moeilik is. (1)

5.2.3 Kies die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD tussen hakies.
Die seun sit ongemaklik met sy (lang/lank) bene. (1)

5.2.4 Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in om die sin te voltooi.


Hy kou … naels. (1)

5.2.5 Kies die KORREKTE HOMOFOON tussen hakies.


Daar is (vier/vuur) groot sweetdruppels bokant sy kop as gevolg van stres. (1)

5.2.6 Kies die KORREKTE SPELLING tussen hakies.


Dit is duidelik dat die (matriekulant/matrikulant) totaal onvoorbereid vir Vraestel 1 is. (1)
[6]

(20)

TOTAAL AFDELING C: [40]

GROOTTOTAAL: 80

AFRIKAANS EAT Vraestel 1 Metro-Noord Junie 2023 Bladsy 14

You might also like