You are on page 1of 2

GRAAD 8

WOORDVORMING

1. Vorm samestellings/samestellende afleidings van die volgende woorde EN skryf ’n sin


wat die woord bevat.
a. kind + Bybel
b. kind + been
c. man + hoed
d. man + koor
e. skip + dokter
f. winter + reën
g. lewe + lank
h. noord + wes + winde
i. boer + raat
j. slaap + kamer + vensters
k. wa + as
l. uie + oes
m. nou + nou
n. blits + snel
o. dame + serp
p. sieke + fonds
q. Wes + Europa
r. predikant + seun
s. held + moed
t. oud + onderwyser
2. Dui deur middel van sinne die verskil in betekenis aan tussen:
a. geelwortels en geel wortels
b. koelkamers en koel kamers
c. solank en so lank
d. wildebeeste en wilde beeste
e. tekort en te kort
f. stalperd en perdestal
3. Vorm persoonsname van die vetgedrukte woorde in die onderstaande sinne:
a. Iemand wat sonde doen is ’n _________________________
b. Iemand wat baie lomp is, is ’n ________________________
c. Iemand wat ’n kanon hanteer, is ’n _________________________
d. Iemand wat ’n ander bedrieg, is ’n ___________________________
e. Iemand wat verban is, is ’n ____________________________
f. Iemand wat wreed is, is ’n ____________________________
g. Iemand wat ’n winkel besit, is ’n _______________________
h. Iemand wat psalms skryf, is ’n _________________________
4. Vorm abstrakte selfstandige naamwoorde van die woord tussen hakies:
a. Vanjaar is daar ’n (skaars) aan mielies.
b. Sy (wen) was R1500.
c. Hy het my om (vergewe) gevra.
d. Sy (kom) was vir ons ’n verrassing.
e. Waarom staan jy hier in die (koud)?
f. Oupa hou niks van ’n (raas) nie.
g. Jou (astrant) staan my glad nie aan nie.
h. Ons bewonder die (skoon) van die landskap.

1
5. Vorm afgeleide werkwoorde van die woorde tussen hakies:
a. Dit help nie om met hom te (rede) nie.
b. Sy belangstelling in sport het ewe skielik (flou).
c. Ons sal eers nie wond moet (rein).
d. Weens Ma se siekte moes ons ons vakansie (kort).
e. Wanneer gaan julle hierdie vertrek (meubel)?
f. Wie te lui is om te werk, sal (arm).
6. Vorm afgeleide byvoeglike naamwoorde van die woorde tussen hakies.
a. Die ou tannie woon in ’n (arm) huisie.
b. Die oppervlak van die maan is taamlik (berg).
c. Omdat sy (verdra) is, het sy heen geduld nie.
d. ’n (Dood) stilte het in die saal geheers.
7. Voltooi die volgende:
a. In Spanje woon _______________ wat _______________ gewoontes het.
b. In Skotland woon ___________________ wat ______________ gewoontes het.
c. In Swede woon __________________ wat ________________ gewoontes het.
d. In Australië woon __________________ wat __________________ gewoontes het.
e. In Kanada woon __________________ wat _________________ gewoontes het.
8. Vorm samestellings van:
a. man + koor
b. toe + eien
c. kind + siekte
d. sterf + uur
e. kind + siekte
f. lewe + skets
g. man + stem
h. Oos + Londen
i. kind + been
j. wa + huis
k. man + pak
l. gras + saad
m. na + aap
n. skip + kaptein
9. Verduidelik d.m.v. kort sinnetjies die verskil tussen
a. mooipraat en mooi praat
b. ’n kleinseun en ’n klein seun
c. nege-uur en nege uur
d. tabakrook en tabak rook
e. ’n suikersak en ’n sak suiker
10. Maak sinne met:
a. beken, verken, herken, ontken, erken;
b. bestel, verstel, herstel, ontstel;
c. begaan, vergaan, ontgaan;
d. beslaan, verslaan, ontslaan.

You might also like