You are on page 1of 35

VRAESTEL 3

AANBIEDING
LAASTE “PUSH”
deur JUNAID ANTHONY
• Begin elke AFDELING op 'n NUWE bladsy.

• Beantwoord asseblief die vraestel


CHRONOLOGIES.
TEGNIESE
VERSORGING • Skryf die TITEL of VRAAGNOMMER of BEIDE
boaan.

• Onthou ons volg 'n SKRYFPROSES – Dinkskrum,


Eerste Poging en Finale Poging.

• Net as die FINALE POGING gedoen is; dan trek


jy 'n streep deur jou Eerste poging.
• Hou by die vereiste LENGTES vir elke
skryfstuk.

• Netjiese werk, veral in jou FINALE


Tegniese POGING, sal in jou guns tel.

versorging
• Bly ook weg van ENGELSE WOORDE of
(vervolg) VREEMDE TAAL woorde – Afrikaans is die
taal wat hier geassesseer word.

• In jou respons moet jy ook die RUBRIEKE


in gedagte hou.
Hoe lyk die Vraestel?
• Daar is DRIE AFDELINGS :
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING B: LANGER
TRANSAKSIONELE TEKS
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE
TEKS.

• Jy moet EEN vraag uit elke afdeling


beantwoord.

• Bestee jou TYD soos volg:


AFDELING A: 75 MINUTE
AFDELING B: 45 MINUTE
AFDELING C: 30 MINUTE
• Die vereiste lengte is 250 – 300 woorde. Hou asseblief by die
lengte.

• Skryf in PARAGRAWE.

• Daar is 5 TITELS.

• Bestudeer die TITELS sorgvuldig.


AFDELING A
• As daar enige woorde in die TITEL is waarvan jy onseker is, bly
weg van die TITEL.

• Bly ook weg van ENGELSE of VREEMDE TAAL woorde – Afrikaans


word geassesseer.

• Onthou ook: as daar TWEE dele in die TITEL is MOET albei dele
oor geskryf word, bv.
• Dit is makliker om nou matriek te slaag as in die verlede.
• Daar is gewoonlik DRIE prente.

• As die TITELS/ONDERWERPE jou nie interesseer


nie, kies dan EEN van die PRENTE.

Die Visuele
Prikkels • Die INHOUD van jou opstel moet by die prent pas.

• Jy moet jou EIE TITEL/ONDERWERP gee.

• Kyk na die prent in sy totaliteit (geheel).


Kyk na die Prent
• Kyk na die prent in sy geheel.

• Gee jou eie titel.

• Swak interpretasie – skryf net oor die vrou.

• Gemiddelde interpretasie – skryf net oor die vrou


en die kind.

• Goeie interpretasie – skryf oor die vrou, die kind


en
die rivier en die bote.

(Shutterstock.com)
Wat het ek nodig
vir die OPSTEL?

• Die skryf van die ENIGE van die


stukke is soos om in ‘n huis te
trek.

• Richardsilverphoto.com
Voorbeeld
• Die groot vraag is hoe laat ek my huis uitstaan – kyk wat het die mense in die
Bo-Kaap gedoen.

• So, as ek 'n OPSTEL skryf, moet ek ook vra – Hoe maak ek myne anders? Hoe
laat ek dit uitstaan?

• Hier kyk ons na :


1. Tipografie – hoe gaan ek my opstel rangskik. Bv.

“Op ‘n skaal van een tot tien, hoe erg is die pyn?”

“Een.”

Ek het nooit pynskale verstaan nie. Ek het dit altyd


uitgelag totdat ek my eie pynskaal moes gebruik ...

S.
Dit het natuurlik by my eie lyding begin. ‘n Lyding
wat niemand kon verstaan nie, want hulle kon dit
nie sien nie. Ek het nooit geskree nie … nooit
gehuil nie … nooit gekla nie. Sommige mense
het gedink dat ek ‘n koue vis is. My gesig het dan
bloedrooi getrek; ek het die pyn soos ‘n droë pil
Voorbeeld afgesluk en ek het dit ingehou. Ja, ek, die koue
(vervolg) vis, gevul met pyn tot in my kieue. Ek wou B
A
R
S.
• Dit is AFDELING B in die vraestel.

• Daar is gewoonlik VIER vrae – jy moet EEN kies en


dit beantwoord.

• Hier speel die FORMAAT 'n belangrike rol.

• Die FORMAAT het ook 'n effek op STYL en REGISTER.

• Vereiste lengte is 120 – 150 woorde – hou daarby!!!

Langer • Die verskillende TEKSTE vir die afdeling word in 3


Transaksionele kategorieë verdeel.
tekste
• Groep 1 : Briewe – alle
VRIENDSKAPLIKE en FORMELE briewe
insluitend die DEKBRIEF en die CV (in
kombinasie).

• Groep 2 : Resensie / Koerantberigte /


Tydskrifartikel / Agenda & Notule (in
kombinasie) / Formele Verslag /
Informele verslag / Huldeblyk – vir
iemand wat LEWE of iemand wat
OORLEDE is.
Die
kategorieë • Groep 3 : Dialoog / onderhoud /
Toespraak / E-pos
• Onthou die vraag moet op TWEE VLAKKE na
gekyk word, nl. Die HOE en die WAT.

• Die HOE het te make met watter TIPE SKRYFSTUK


moet ek doen.

• Die WAT is die INHOUD van die skryfstuk.

• Bv. Een van jou vriende woon in


Johannesburg en het onlangs sy
bestuurslisensie gekry.
Hoe kyk ek na Skryf 'n brief aan jou vriend en wens hom
die geluk en gee hom advies oor bestuur.
Onderwerp?
• Kyk elke keer of jy nog by die ONDERWERP hou.
• DIE BRIEF

Tipiese • Die nommer van die huis kom na die straat se naam.

foute
• Plekname wat Afrikaanse ekwivalente het, moet in
Afrikaans gegee word.

van die • Let ook op dat die datum voluit geskryf word.
• Die aanhef: LIEWE nie LEWE nie!!!
EAT • Die slot: Skryf net jou NAAM!!! Nie jou van ook nie!
leerder
in
• DIE RESENSIE
• Begin met 'n OPSKRIF wat aandui of jy POSITIEF of
Afdeling NEGATIEF oor die vertoning voel, bv. Die nuwe
FIELA se kind – wat 'n teleurstelling!!!
B • Deur wie is die resensie gedoen?
• Moenie die storie vertel nie – bespreek aspekte
van die opvoering / vertoning / boek.
• KOERANTBERIGTE
• Begin ook met opskrif.
• Skrywer se naam volg daarnaas.
• Inleidende paragraaf het die 5 W’s: WIE, WAT, WAAR,
WANNEER, WAAROM.
• Nou volg die omgekeerde piramide – elke aspek word
bespreek in mindere mate.

• AGENDA & NOTULE


• Begin met NOTULE van (naam van die Organisasie) se
vergadering gehou op (datum) te (waar was dit gehou?).
• Volg net die hofies soos in die Agenda.
• Skryf iets onder elke hofie.
• Onthou dit moet in volsinne wees.
• Die sekretaris en die voorsitter moet dit afteken en dateer.
HULDEBLYK
• Begin met die persoon se naam en van.
• Indien daar nog ander beskrywings is wat jy wil
bylas, kom dit onder die persoon se naam en van.
• As die persoon oorlede is: Gebore: (Datum)
Gesterf: (Datum)
• As die persoon nog lewe – nie nodig nie.
• Inleidende paragraaf: groet die mense en gee die
rede waarom julle daar is.
• Nou praat jy oor die persoon se biografie,
wat hy of sy vir die familie gedoen het, wat
hy of sy vir die gemeenskap gedoen het en
wat hy of sy vir jou beteken het en staaltjies
uit sy of haar verlede.
HULDEBL
YK • Slot : As die persoon oorlede is, praat jy met
die familie en jy troos hulle.
(vervolg)
• As die persoon nog lewe, praat jy direk met
die persoon en wens hom/haar alles van die
beste toe.
Voorbeeld van die HULDEBLYK
PETER JOHN SMITH
Eggenoot, Vader, Oupa en Gemeeskapbouer
Gebore: 1 Januarie 1950 Gesterf: 1 Desember 2022

Goeiemore Dames en Here. Ons vergader hier vandag om die lewe van
'n geliefde eggenoot, vader, oupa en gemeenskapsbouer te vier.

Peter John Smit is op 1 Januarie 1950 in Distrik Ses gebore. Hy was die
jongste van 14 kinders – 9 broers en 5 susters van wie nog net 2 lewe.
• Nou praat jy van staaltjies uit sy lewe

• Wat hy alles in die gemeenskap gedoen het.

Huldeblyk Afsluiting:
Vir die hartseer familie wil ek sterkte toewens.
(vervolg) Onthou in hierdie moeilike tye dra God vir ons. Die
hartseer sal met die tyd verdwyn, maar koester die
mooi herinneringe.

Dankie.
DIE E-POS
AAN: peterjohnsmith@gmail.com
CC: Enige ander mense aan wie jy die e-pos wil stuur. (Opsioneel)
VAN : Junaid.Anthony2@westerncape.gov.za
ONDERWERP : Waaroor die e-pos gaan

BOODSKAP:
• TOESPRAAK
• Onthou om die gehoor te groet – dit is soos die Toespraak
wat jy in die klas vir MONDELING doen.
• Jy kan begin met 'n AANHALING, maar onthou om dit te
erken.
• Bedank die gehoor aan die einde van jou TOESPRAAK.

• DIALOOG
• Dit help om die agtergrond te skets aan die begin, maar dit
is nie nodig nie.
• Moenie aanhalingstekens gebruik nie.
• Skryf in BLOKVORM.
• Jy kan die HANDELING (AKSIE) van die sprekers in hakies
na die spreker se naam plaas.
• Kyk tog na wie die sprekers is – as dit volwassenes is met
wie jy praat, moet die aanspreekvorm reg wees.
Korter transaksionele teks
• Dit is AfDELING C van die vraestel.

• Dit het gewoonlik DRIE onderwerpe – jy moet EEN kies.

• Die vereiste lengte is 80 – 100 woorde – hou daarby.

• Hier maak ons veral gebruik van die ABBA-beginsel.

• Jou STYL en REGISTER sal bepaal word deur jou TEIKENGROEP.

• Die TEKSTE word ook in DRIE kategorieë verdeel.


Die Kategorieë
• Groep 1 : Advertensie / Uitnodigings / Strooibiljet /
Plakkaat

• Groep 2 : Dagboek-inskrywing / SMS waaronder


Whatsappboodskap, Facebook-boodskap of Messenger-
boodskap

• Groep 3 : Instruksies /Rigting

• Wat beteken dit? Dalk gebruik hulle EEN uit elke Groep in
die eksamen.
• ADVERTENSIE / UITNODIGINGS / STROOIBILJETTE / PLAKKAAT

• Hier volg ons die ABBA-beginsels.


• Verder moet ons ook die VYF W’s volg : Wie? Wat? Waar? Wanneer?
en Waarom?
• Saam met die VYF W’s soek ons ook KONTAKBESONDERHEDE.
• Gebruik verskillende LETTERGROOTTES sodat belangrike inligting
uitstaan.
• Of gebruik HOOFLETTERS, ONDERSTREEP of OMRAAM inligting
waarop jy die fokus wil plaas.
• Dit MOET soos 'n ADVERTENSIE / UITNODIGING / STROOIBILJET /
PLAKKAAT lyk.
• Die uitleg moet dadelik die leser se aandag trek – en vul dit aan met
KTB veral by ADVERTENSIES, STROOIBILJETTE en PLAKKATE.
• Manipuleer / oorreed / stereotipering / vooroordeel, ens.
• DAGBOEK / SMS

• Die dagboek se formaat is aan julle bekend.


• Waak teen storie vertelling – dit gaan oor emosies en gevoelens.

• Die SMS :
• Onthou hier moet mos ander inligting bygelas word en nie net die boodskap nie.
• Aan wie gaan die SMS?
• Die datum en die tyd.
• Wat is die ONDERWERP van die SMS?
• Skryf die INHOUD van die SMS – moenie SMS taal gebruik nie.
• Afrikaans word geassesseer so alles moet in Afrikaans wees.
• Van wie af kom die SMS.
DIE SMS
Aan : Benjamin

Datum : 3 Desember 2021 Tyd : 20:00

Onderwerp : Dawid se dood

Inhoud :
Benjamin, Ma het gevra dat ek jou van Dawid se dood moet verwittig. Die begrafnis is op Saterdag, 7 Desember
2021. Ma verwag dat jy dit moet bywoon, want jy is een van die slippedraers. …….

Van : Kittie
• INSTRUKSIES / RIGTING

• Begin jou INSTRUKSIES met die WERKWOORD.


• Hou dit kort en kragtig, maar hier en daar kan jy ietsie byskryf
om gewig te gee.

• RIGTING

• Begin ook met jou WERKWOORD.


• Onthou ek moet darem van punt A tot punt B kan kom as ek jou
instruksies volg.
• Gebruik ook BAKENS.
• Gebruik die korrekte VOORSETSELS, bv. draai links, draai regs,
gaan op in die straat of gaan af in die straat, ens.
• DAGBOEKINSKRYWING

• Jy het planne gehad om by jou beste


vriend/vriendin vir die vakansie te gaan kuier.
Die president kondig toe die inperking aan.

• Maak die volgende TWEE Hoe kyk ek na


DAGBOEKINSKRYWINGS:
die Onderwerp?
• Die dag toe die president die aankondiging
maak. Sê hoe jy op daardie oomblik gevoel het.

• Dis nou ses maande later. Sê hoe jy nou voel.


• Jy moet hou Afrikaanse TAALREËLS gebruik
– en toepas.

• Onthou – DIREKTE VERTALING mors die


sinkonstruksie op. So, kyk altyd na jou sin
(STOMPIE). Wat gebruik ek
nog – behalwe
• Onthou enige skryfstuk word aangebied in my woordeskat?
PARAGRAWE.

• Gebruik idees uit jou LETTERKUNDE wat


julle in jou skool bestudeer het.
• Maak gebruik van BEELDSPRAAK en STYLFIGURE –
as jy nie kan nie, skryf net 'n EENVOUDIGE opstel.

• Gebruik jou LEESTEKENS effektief en


FUNKSIONEEL – veral om ’n woord of idee te
BEKLEMTOON.

• Gebruik ook soms HOOLETTERS om woorde uit te


laat staan.

• Mooiskrywery om die nasiener te beïndruk sal jou


nie juis help nie.

• Bly weg van ENGELSE WOORDE of ander


vreemde tale se woorde.
• Weet wanneer gebruik ek WAT en DAT.

• Die Engelse "to buy” is die Afrikaanse OM TE


KOOP – nie TOE koop nie.

• Onthou tog VERGROTENDE VORM : Ek was meer


siek as hy. Dit moet wees: Ek was SIEKER as hy.
Algemene
foute vir
• As jy in die VERLEDE TYD skryf, verander
WANNEER na TOE!!!

• WOORDORDE is 'n GROOT probleem – maak


EAT-leerders
gebruik van STOMPIE.

• Onthou ook: EK en my vriende!!!


• Weet ook wanneer gebruik ek HELP en
HULP.

• As jy die sin begin met 'n BYWOORD, dan


ruil die ONDERWERP en die WERKWOORD
plekke om, bv. Ek was gister by die dokter. >
Gister WAS EK by die dokter.

• Baie kandidate vergeet die NIE aan die


einde van die sin.

• Ken die verskil tussen HULLE / JULLE / HELE.

• Voor MEESTE plaas ons die woord DIE!!!

• Besitting in Afrikaans : Pieter se boek


• Lees eers deur jou skryfstukke.
• Maak vir jouself 'n AFMERKLYSIE wat jou gaan
help om die tipiese EAT foute te elimineer :
Wat doen
1. Begin elke sin met 'n HOOFLETTER, behalwe
waar ek met 'n begin het? ek nadat
2. Is my sinne in die regte tyd? Verlede Tyd? ek my
3. Het ek die TWEEDE NIE ingeskryf – of nie.
Vraestel
voltooi het
4. Is my WOORDORDE reg as ek SAAMGESTELDE
SINNE het?
5. Het ek die KORREKTE vorm van die en daar is
BYVOEGLIKE NAAMWOORD gebruik, bv. Die
oulike baba is baie soet vs Die baba is oulik. nog tyd
6. Het ek die woord DIE voor MEESTE geplaas? oor?
7. Gebruik ek vir DAT en WAT korrek?

8. Gebruik ek die BETREKLIKE VOORNAAMWOORDE korrek,


bv wat + met = waarmee, wat + in = waarin

9. Kyk na jou VERGROTENDE en OORTREFFENDE trappe!!!


Ek is meer sterk as jy vs Ek is sterker as jy.

10. Het ek die regte FORMATE vir die skryfstukke gebruik?

11. Het ek by die VRAAGSTELLING in die skryfstukke gehou –


of het ek afgedwaal of misgetas?

•ONTHOU : Die Vraestel tel 100 punte (25%) van jou


bevorderingpunt. So, vat jou TYD en moenie haastig wees om
uit die eksamenlokaal te hardloop nie.


DIE EINDE
Sterkte vir jou VRAESTEL 3 en onthou :
NIKS IS ONMOONTLIK NIE!!!

You might also like