You are on page 1of 3

Dienaar van die nagereg (Patrick Petersen)

Beeldspraak, Stylfigure, Woordkeuse en ander

Reël Tipe Bewyse uit die gedig Verklaring/Betekenis/Funksie


Titel Dienaar van die nagereg • Die titel verwys na die spreker se pa wat ‘n polisieman
was.
• Daar kom woordspeling voor: die polisie word
“dienaars van die gereg” (= die wette van die land)
genoem, maar vanweë die besondere verhouding
tusen die spreker en sy pa word die pa ‘n dienaar van
die nagereg (= poeding, lekkergoed wat na die
hoofgereg bedien en geniet word) genoem.
• Die woord “nagereg” dui ook op die lekkergoed wat die
pa vir die spreker bring nadat sy skof as polisieman
voltooi is. Die dienaar van die gereg word dán ‘n
dienaar van die nagereg.
1 Eerstepersoonspreker “wanneer ek, pie djy pie” Eerstepersoonspreker; Die spreker is die kind van ‘n
polisieman in die apartheidsjare
1 Herinneringsgedig “wanneer ek, pie djy pie, dink aan u pa-pappa- Die spreker roep herinneringe oor die pa en later ook oor
pappie die pa ser werk op.
1 Formele wanneer ek, pie djy pie, dink aan u pa-pappa-pappie Dit kan ’n teken wees van die afstand/ skeiding tussen die
aanspreekvorm kind en sy pa of dit kan ’n bewys wees dat die kind respek
vir die pa het
2 Alleenplasing sien ek Dit vestig die aandag op die visuele beelde wat in die res
van die strofe volg, bv. kakie; groen; wasem uit mond

3 Denotatiewe en u langarm in ’n jas reënerige kakie op ’n groen Denotatief: die pa se arm is letterlik lank
konnotatiewe betekenis raleigh Konnotatief: Die pas is ‘n lid van die figuurlike “lang arm
van die gereg” (Hy is ‘n geregsdienaar). Die uitdrukking
“langarm van die gereg” verwys na die polisie wat alle
misdadigers vastrek.
3 Sinestesie “reënerige kakie”
4, 5, 7 & 8 Kommapunte “vir presies wees; ’n teen-koue-kakiekombers dik om Die kommapunte skei die verskillende beskrywers van die
u/ pa.
lyf gespan; wasem wat soos spookasem uit u mond
hang;
4 Metafoor “’n teen-koue-kakiekombers” Die kakiekombers word gelykgestel aan iets wat die pa
teen die koue moet beskerm
5 Woordspeling “wasem wat soos spookasem uit u mond hang” Dit beklemtoon die koue toestande waartydens die pa
werk.

Vergelyking Die wasem word met spookasem vergelyk; die wasem


hang net soos spookasem
7 Alliterasie “en buite brand die blou lig blouer” Dit dui op veiligheid en beskerming
8 Kontras/ teenstelling “van links en swartwees” “swartwees” kontrasteer met “wit mag” in versreël 7
12 Personifikasie “’n hart wat vuiste maak” Dit suggereer opstand teen apartheid.
12 - 13 Personifikasie en “haat wat opgroei en ’n/ Die spreker se haat / afsku van die apartheidstelsel neem
Metafoor grootman raak toe
13 – 14 Personifikasie “die maan wat snags u beatstap Die maan neem waar hoe die polisieman patrolleer
tel “
14 Alliterasie “altyd weer die wind” Dit dui die sterkte van die wind aan/ Dit dui aan dat die
wind aanhoudend waai.
15 Woordspeling “wat die dood in sy knope opgaar; blink “knope” verwys eerstens na die sterkte van die wind,
geelkoperknope” maar “geelkoperknope” verwys na die knope van die pa
se uniform.

3, 7, 15 Visuele groen; reënerige kakie; blink; blou; blouer; Die gebruik van hierdie kleure skep duidelike visuele
beelde; dit bevestig hoe helder die spreker se herinnering
aan sy pa en sy pa se werk is.
15 - 16 Sinekdogee “blink geelkoperknope –/ Die geelknoperknope is ‘n gedeelte van die geheel wat
waarin die volksnag lawenis soek” beskryf word. Die geheel is die pa en die polisiemag: nie
net die geelkoperknope nie, maar die pa en die
polisiemag as geheel bied lawenis (vertroosting) in die
volksnag.
17 Metafoor “die apostoliese hawe” Die polisiestasie of ’n persoon wat die mag het om
veiligheid te verskaf, word gelykgestel aan ’n “apostoliese
hawe”. So ’n persoon is ‘n leiersfiguur; ’n persoon met ‘n
mandaat, gesaghebbend. Die metafoor dui ook op
manlike beskerming; plek van veiligheid; dat iets/ iemand
onder kerklike beskerming is.
17 Aandagstreep “– ’n kloekbaai” Dit dui aan dat die metafoor van die “apostoliese hawe”
verder gevoer word.
17 Nuutskepping “kloekbaai” Die woorddeel “kloek” beteken om besorg te wees. ‘n
Baai is ‘n inham of ‘n beskutte gebied of ‘n skuilplek.
Deur die nuutskepping word die beskermingsrol van die
polisie dus beklemtoon.
17 - 18 Metafoor “ ’n kloekbaai/ wat haar skuitjies bymekaar hou” Die polisiestasie of die polisie of ’n persoon wat die mag
het om veiligheid te verskaf, word gelykgestel aan ’n
hoenderhen wat haar kuikens teen gevare wil beskerm.
19 Wending “en eenkant” Strofe 3 begin aanders as die vorige twee strofes; die
woord “en” dui wending aan. Dit verleen ook ‘n
storieagtige element aan die gedig; die spreker “vertel”
as’t ware meer van sy herinneringe.
19 Alliterasie “en eenkant langs die tafel voor die stoof sit slaap” Die s-alliterasie dui op die kind se rustigheid.

20 Woordkeuse “wag vir die kedoes” Die bepaalde lidwoord “die” dui aan dat die spreker vir iets
spesifieks wag; asof hy seker was dat die pa wel iets
gaan bring.
20 - 21 Tipografiese wit “my skaduwee en ek. wag vir die kedoes medi Die tipografiese wit voor (en die herhaling van) die
Herhaling husse met lang-lang ore. wag vir tjoklit en woord “wag” dui aan hoe lank die spreker gewag het.
humbugs.
wag vir die dienaar van die nagereg. wag vir één
dag.”
Stemming Strofe 1: liefdevol, gemoedelik
Strofe 2: opstandigheid, woede en haat
Strofe 3: aanvanklik ’n huislike stemming en kinderlike afwagting; aan die einde is daar die verwagting van
vryheid wat sal kom.
Tema ouer-kind-verhouding
Boodskap ʼn Mens kan die werk wat jou ouers doen, verafsku, terwyl jy hulle nog steeds liefhet.

You might also like