Professional Documents
Culture Documents
AANLYN:
https://visio-education.teachable.com/courses
KOPIEREG VOORBEHOU
INTERPRETASIE
SIN 2
Die by, die blom, die saad – reël 1 – 4.
Die afwesigheid van beweging, as tyd tot stilstand gekom het, het
verreikende gevolge. Dit word deur die afwesigheid van iets so
kleins soos ‘n by geïllustreer.
• Die by speel ‘n belangrike rol in die bestuiwing van baie
plante. Die plante se voortbestaan is afhanklik daarvan.
• Die by is ‘n “ligbruin”, onopmerklike kleur, maar dit verrig ‘n
baie belangrike funksie (lees die aanspeldnota hiernaas) in
die lewensiklus van plante. Sonder die by is daar nie
bevrugting nie en dus geen voortplanting / groei nie.
• Die bywoord “nooit” word 3 keer herhaal.
Dit hef die invloed uit van die by se afwesigheid / gebrek
aan beweging op die sikliese groei in die natuur.
As tyd tot stilstand kom (as die uurwerk kantel) sal die
3|POËSIE GR.12 – 2 023
KOPIEREG VOORBEHOU DR. S. BLIGNAUT
woord, “oorbuig” (ondertoe), uitgebeeld. Die brander kan dus
nie voltooi en “val” en “skuim” nie.
Die gebruik van die komma tussen “val” en “skuim”, (“val,
en”) het betekenisverdigting tot gevolg.
→ Reël 13.41 in die AWS lui dat ʼn komma gewoonlik
gebruik word om twee sinne (albei met onafhanklike
sinsvolgorde) van mekaar te skei wat met ʼn
neweskikkende verbindingswoord ( “en”) verbind
word.
→ Die werkwoorde “oorbuig”, “val” en “skuim” word deur
die gebruik van die komma geskei om die handeling
wat nooit plaasvind, uit te hef – omdat tyd tot
stilstand gekom het, het die brander ook in sy
“sirkels” gestol.
Die gebruik van die woord “sirkels” (meervoud) is
interessant.
→ Mens sou kon redeneer omdat dit “by” (r.1) en
“brander” (r.6) (enkelvoud) is, dit dan ook “sirkel”
(enkelvoud) moet wees.
→ Die “sirkels” word gekwalifiseer deur die byvoeglike
naamwoord “ligte” – dit is nie swaar nie, dit beweeg
maklik, dit is nie ‘n te groot massa nie.
Die brander word “vasgehou” (lydende vorm). Dit word
dus deur iets vasgehou
→ “vasgehou” hou die betekenis in van gevange neem.
Die afwesigheid van tyd bring die oorrol van die
brander tot stilstand – dit hou dit dus gevange.
Die gevolg van hierdie vashou / gevangenskap word in
r.8 uiteengesit: “sy see (word) ‘n ewigheid versuim”.
→ Die besitlike voornaamwoord, “sy see”, dui eiendom /
besitting, toon aanspraak aan.
→ Let op die progressie vanaf “uur” (r.4) tot “ewigheid”
(r.8).
TITEL
Die titel van ‘n gedig het ’n identifiserende funksie en is ook
informatief oor die gedig. In “Suiwer wiskunde” word die
moontlikheid van 'n totale stolling van tyd ondersoek. Dit is egter
nie ‘n werkbare moontlikheid nie. Daarom dat die titel, "Suiwer
Wiskunde", daarop dui dat die stolling van tyd, soos in wiskunde,
net 'n hipotese is.
METAFISIESE GEDIG
• “Suiwer wiskunde” is ‘n metafisiese gedig.
‘n Metafisiese gedig is hoogs geïntellektualiseerde
poësie.
Dit word gekenmerk deur gewaagde en vindingryke
denkbeelde.
Dit is ondersoekend en nadenkend en beskou ‘n sekere
aspek van die menslike bestaan en bespiegel daaroor.
• “Suiwer wiskunde” is ‘n intellektuele postulering /
beredenering oor wat sou gebeur as tyd tot stilstand kom.
• Die spreker gebruik denkbeelde uit die natuur wat die
hipotese / die veronderstelling konkreet maak:
6|POËSIE GR.12 – 2023
KOPIEREG VOORBEHOU DR. S. BLIGNAUT
≈ Hoe kan nostalgie se effek teëgewerk word in die
digterlike praktyk?
≈ Deur woorde, versreëls, strofes en ander
digterlike middele, met ander woorde, die skryf
van die gedig self.
VRAE
1) Met verwysing na die titel en die gediginhoud: wat dink jy
dien as prikkel vir die skryf van dié gedig? (1)
2) Herlees versreëls 1 tot 2.
Noem die klankeffek wat dié twee versreëls bind. (1)
3) Waarna verwys die "uurwerk kantel" in versreël 1? (1)
4) Wat bereik die spreker met die vooropplasing van sin 1?
(1)
5) Is die herhaling in versreël 2 en 3 effektief? Motiveer jou
antwoord.
6) Wat is die funksie van die alliterasie in versreël 1 tot 2?
8|POËSIE GR.12 – 2023
KOPIEREG VOORBEHOU DR. S. BLIGNAUT
14) Tipeer die stemming in die gedig. Skryf twee woorde uit die
gedig neer om jou antwoord te motiveer.
15) Benoem die beeldspraak in versreël 5. Op watter wyse sluit
dié beeld by die inhoud van reël 2 aan?
16) Haal die woorde uit versreël 4 en 8 wat op progressie dui,
aan. (1)
17) Skryf die woord in die gedig neer wat dieselfde beteken as
“nalaat om te doen”.
18) Formuleer die tema van hierdie gedig.
19) Die spreker in die gedig het tot ‘n bepaalde gevolgtrekking
gekom.
a) Watter woorde dui dié gevolgtrekking aan. Wat is dié
gevolgtrekking? Stel dit in jou eie woorde. (3)
20) Die spreker gebruik denkbeelde uit die natuur wat ‘n bepaalde
hipotese / veronderstelling konkreet maak.
a) Skryf die 3 denkbeelde neer.
b) Wat is die hipotese wat die spreker aan die bod stel?
21) Die tipografiese bou van die gedig sluit aan by die inhoud van
die gedig. Motiveer hierdie stelling en bespreek die
funksionaliteit daarvan. (3)
22) Stem jy saam dat “Suiwer wiskunde” ‘n metafisiese gedig is?
Motiveer jou antwoord.
10 | P O Ë S I E G R . 1 2 – 2 0 2 3
KOPIEREG VOORBEHOU DR. S. BLIGNAUT