You are on page 1of 4

1

VOORBEELD : VOO-FASE
=========================================================
KORTVERHALE

TITEL : Verneukkind en ander verhale saamgestel deur Dr. Nichol


Faasen

VRAAG EEN :

1.1. Definieer die kortverhaal as 'n genre. (1)

1.2. Noem enige twee hoofelemente waaruit 'n kortverhaal opgebou is. (2)

1.3. Waarom verskil lesers oor verhale? (1)

1.4 Kies die korrekte antwoord. ( Skryf slegs die nommer en die
korrekte letter neer.)

Die Geskenk is 'n voorbeeld van 'n :

A karakteruitbeelding
B liefdesverhaal
C historiese verhaal
D satire (1)

Lees die volgende uittreksel uit die verhaal “Die Geskenk” aandagtig deur en
beantwoord die vrae wat volg.

Ek sien Pa skaars, net soggens by brekfis. Hy kom laat van sy


werk af, en drink dan 'n drankie en gaan dan uit. Soms sê hy
vir my: “Toe, kom sit hier,” wanneer hy sy drankie drink. Dan
sit ons en kyk deur die groot glasvenster na die baai wat daar
onder lê, en ons kyk na die liggies wat so een vir een en dan
sommer in trosse aangaan. Ons praat nie baie nie. Eers was
die liggies vir my mooi, maar nou wanneer ek so by Pa sit,
smeer hulle en loop saam en my keel trek saam, my keel word
droog en ek kan nie praat nie.

1.5 Watter soort verteller tref ons in die verhaal aan? (1)
2

1.6 Pas die beskrywing in KOLOM B by die karakter in KOLOM A.


Skryf net die nommer en die letter van die alfabet neer.
KOLOM A KOLOM B
1.6.1. Pa A. Skinder graag oor ander.
1.6.2. Weduvrou B. Maak kos vir die spreker.
1.6.3. Skoolmaats C. Kla oor alles.
1.6.4. Nora D. Maak uit en kry 'n ander kêrel.
E. Dra geskenke aan.
(4)
1.7 Wat is die stemming in die verhaal? (1)

1.8 Gee 'n beter afrikaanse woord vir “brekfis”. (1)

1.9 Verduidelik wat 'n weduvrou is. (1)

1.10 Die spreker verwerp die horlosie. Waarvan is haar verwerping 'n simbool? (1)

1.11 Met wie van die karakters het jy die meeste simpatie?
Die spreker of haar pa? Motiveer jou keuse. (1)
[15]

VRAAG TWEE : KONING VAN DIE TOWNSHIPS – Rudi Daniels

Kort Transaksionele Skryfstuk : Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde


daaroor.

2.1 WENKE

Meneer Brydon voel sleg dat hy nie meer gedoen het om te verhoed dat Seppie
die skool verlaat het nie, want Seppie het toe by bendebedrywighede betrokke
geraak.

Gee nou sewe wenke aan Seppie wat hom kon help om onder sy
omstandighede tog 'n sukses van sy lewe te maak.

2.2 RIGTINGAANWYSINGS

Meneer Brydon wil graag na Seppie se begrafnis gaan. Verduidelik vir hom hoe
om van die skool tot by die kerk en dan tot by die begraafplaas te kom.
3

Gebruik die pyltjies en gee SEWE instruksies hoe hy moet ry. Noem straatname
en ten minste twee bakens soos geboue, ensovoorts, wat hom sal help om nie
te verdwaal nie.

[20]

TOTAAL : 35

Memo : Letterkundetaak Gr 11 2021

Vraag 1
4

1.1 Daar is 'n storie (verhaalelement) en dit is kort/ Dit is 'n kort fiksieteks wat
gewoonlik een konflik uitbeeld en een hoofkarakter het./ Die vertelling is bondig en die
ruimte of milieu beperk. (1)

1.2 gebeure en intrige / verteller/ karakter/ tyd / ruimte(milieu)- Enige 2 (2)

1.3 Die verwysingsveld van die leser / elkeen met 'n eie agtergrond, kennis, ervaring
en verwagting. (1)

1.4 A (1)

1.5 Eerstepersoonsverteller . (1)

1.6.1 E (1)
1.6.2 D (1)
1.6.3 A (1)
1.6.4 B (1)

1.7 hartseer (1)

1.8 ontbyt (1)

1.9. 'n Vrou wie se man dood is. (1)

1.10 Niemand sommer so gou haar ma se plek kan inneem nie. (1)

1.11 Eie mening bv. Die spreker, want sy verlang na haar ma. /
Die pa, want hy wil graag 'n maat hê. (1)
[15]

Vraag 2

Sien na volgens die rubriek. [20]


TOTAAL : 35

You might also like