You are on page 1of 4

Gr.

7 Deelwoorde, direkte en indirekte rede en ontkenning


informele klastoets

Naam en Van:__________________________________Datum: 6 Mei 2019 Totaal 31/

Skryf die regte vorm van die deelwoord tussen hakies. (14)
Hierdie boek is die 1) aanbeveel boek vir die eksamen. Die motor is ‘n elektries 2) aandryf enjin. Die
ondankbare kinders is 3.) bederf brokkies! Die kerkgangers sit met 4) gebuig hoofde. Dit is verby, dit is 5)
gedoen sake! Die inbrekers kruip agter 6) sluit deure weg. Die Israeliete is God se 7) uitkies volk. Die 8)
verdink inbreker is agter tralies. 9) Vries groente moet gekook word. My boetie is ‘n 10) aanneem kind. My
11) breek hart kan die pyn nie verdra nie! Die 12) giet yster is baie hard. My toets is ‘n 12) skryf dokument.
Die nuwe Fortuner is ‘n 13) soek motor. Dit is 14) verbied om in privaat eiendom in te gaan. Die hawelose
boemelaar dra 15) verslyt klere.

1)
2)
3)
4)
5)
6)
7)
8)
9)
10)
11)
12)
13)
14)

Skryf die sinne in die direkte rede. (6)

1. Die seuns het vir hul onderwyser gevra of hy hulle daardie aand met hulle take kan help.
2. Joanne sê dat sy nie van tamaties hou nie.
3. Die seuns het bly uitgeroep dat hulle span gewen het.

1.

2.

Skryf die sinne in die indirekte rede. (6)

1. “Nou is dit te laat, want ek moet die klere al môre hê,” het Fred gesê.
2. Pieter vra: “Waarheen gaan jy en jou ma môre, Joan?”
3. “Los my nou uit!” het John geskreeu.

1.

2.

3.

Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm: (5)

1. Was julle al ooit by die nuwe restaurant op die dorp?


2. Hy loop iewers rond in die dorp.
3. Die Wiskunde-onderwyser is altyd laat vir klas.
4. Stuur asb. onmiddellik ’n e-pos!
5. Óf Juan, óf Franco sal vandag pale toe skop.

1.

2.

3.

4.

5.

MEMO:
1. Aanbevole
2. Aangedrewe
3. Bedorwe
4. Geboë
5. Gedane
6. Geslote
7. Uitverkore
8. Verdagte
9. Bevrore
10. Aangenome
11. Gebroke
12. Geskrewe
13. Gesogde
14. Verbode
15. verslete

Oefening 1

Skryf die sinne in die direkte rede.

1. Die seuns het vir hul onderwyser gevra of hy hulle daardie aand met hulle take kan help.
2. Joanne sê dat sy nie van tamaties hou nie.
3. Die seuns het bly uitgeroep dat hulle span gewen het.

Oefening 2

Skryf die sinne in die indirekte rede.

1. “Nou is dit te laat, want ek moet die klere al môre hê,” het Fred gesê.
2. Pieter vra: “Waarheen gaan jy en jou ma môre, Joan?”
3. “Los my nou uit!” het John geskreeu.

Antwoorde

Oefening 1

1. Die seuns het vir hul onderwyser gevra: ”Kan Meneer ons vanaand met ons take help?”
2. Joanne sê: ”Ek hou nie van tamaties nie.”
3. Die seuns het uitgeroep: ”Hoera! Ons span het gewen!”

Oefening 2

1. Fred het gesê dit is nou te laat (dat dit nou te laat is), want hy moet die klere al môre hê.
2. Pieter vra vir Joan waarheen sy en haar ma môre gaan.
3. John het geskreeu dat hy wil uitgelos word. OF John het geskreeu dat jy hom moet uitlos.

Oefening 1

Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende vorm:

1. Was julle al ooit by die nuwe restaurant op die dorp?


2. Hy loop iewers rond in die dorp.
3. Die Wiskunde-onderwyser is altyd laat vir klas.
4. Stuur asb. onmiddellik ’n e-pos!
5. Óf Juan, óf Franco sal vandag pale toe skop.
Antwoorde

Oefening 1

1. Was julle nog nooit by die nuwe restaurant op die dorp nie?
2. Hy loop nêrens rond in die dorp nie.
3. Die Wiskunde-onderwyser is nooit laat vir klas nie. OF Die Wiskunde-onderwyser is nie altyd laat vir
klas nie.
4. Moet asb. nie onmiddellik ’n e-pos stuur nie!
5. Nóg Juan, nóg Franco sal vandag pale toe skop.

You might also like