You are on page 1of 6

GRAAD 6

Hersiening

Graad 6 Kwartaal 4 Week 5-6: Hersiening


Naam:

A. Skryftekens:
• die kappie (bv. ê)
• die deelteken (bv. ë)
• die aksentteken (bv. é, á, ó)
• die afkappingsteken (bv. ‘s)
• die koppelteken (bv. twee-uur)

a) Die vrou het iets gesê toe sy na die baba gekyk het.
Die kappie op die ‘e’ wys dat ʼn mens dit op ʼn sekere manier uitspreek sodat “sê”
anders klink as “se”.
b) Daar was 12 feë na die partytjie genooi.
Die deeltekens wys dat die woord uit twee dele (lettergrepe) bestaan: fe/ë.
c) Die hoofkarakter is óf ʼn mens óf ʼn dier.
Die aksentteken op die letter “o” wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek
om klem daarop te lê.
d) Die kinders het eers ná vyf by die huis gekom.
Die aksentteken op die letter “a” wys dat ʼn mens die letter ʼn bietjie harder uitspreek
om klem daarop te lê.

Kyk hoe verskil die volgende twee sinne en hoe die aksentteken gebruik word:
Ons het eers ná agtuur by die huis gekom. (“Ná” het altyd met tyd te doen.)
Ek moet eers na my ma toe gaan voor ek na die winkel toe kan stap.
e) Alle ma’s vertel vir hulle kinders sprokies.
Die afkappingsteken wys dat dit ʼn lang a-klank is.
f ) Ons moet môre al sewe-uur by die skool wees.
Die koppelteken wys dat dit eintlik een woord is, maar dit help jou om die woord
makliker te lees en te verstaan. (ʼn Koppelteken word gebruik by die opeenhoping van
klinkers.)

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za


GRAAD 6
Oefening 1:

Graad 6 Kwartaal 4 Week 5-6: Hersiening


Herskryf die volgende sinne en voeg die nodige skryftekens op die regte
plekke in.
a) Ons het almal tot na tweeuur die oggend gesit en gesels, maar toe kom roep ons
pas ons om huis toe te gaan.

b) Mag ek maar hierdie lee blikkie kry

c) Die skoolhoof dink dat of Piet of Jan die ruit


gebreek het, maar ek se vir jou, dit was nog Piet,
nog Jan.

d) My ouma dink ek en my susters is nog babas en


sy maak baie reels wat ons moet gehoorsaam.

e) Daar is ʼn klomp lee damme in ons land, want dit was ʼn baie droe jaar vanjaar.

B. Herkenning van voor- en agtervoegsels en die herkenning van telwoorde


Om alledaagse voor- en agtervoegsels te gebruik om woordeskat uit te brei

1) Lees die volgende sinne en skryf al die vet gedrukte woorde in die tabel:
• Dit was ʼn dramatiese affêre toe die dertiende feë begin praat het.
• Die ongeluk het die arme prinses getref.
• Sy was die mooiste meisie in die hele land.
• Daar was twaalf feë na die partytjie genooi.
• Die koningin beplan ʼn groot Kersfeesete.

Woord Telwoord Agtervoegsel Voorvoegsel


Bv. gepraat ge-
Bv. diertjie -tjie
Bv. een √

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za


GRAAD 6
Graad 6 Kwartaal 4 Week 5-6: Hersiening
• Voor- en agtervoegsels verander die betekenis van die woord.
• Voorvoegsels staan vooraan ʼn woord en agtervoegsels agteraan.

2) Gebruik voor- of agtervoegsels om die volgende woorde in ʼn nuwe woord te


verander. Skryf dan ʼn sin waarin jy die woord gebruik. Onderstreep die nuwe
woord in die sin:
Byvoorbeeld: vriend vriendin vriendelik onvriendelik
Die mense was baie onvriendelik.
a) koning



b) tuin



c) geluk



d) speel




© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za


GRAAD 6
C. Lees die volgende leesstuk.
1) Gee die korrekte afkorting vir al die vet gedrukte woorde.

Graad 6 Kwartaal 4 Week 5-6: Hersiening


Respekteer WATER – SPAAR dit!
Suid-Afrika ( ) is ʼn droë land waar ons versigtig met ons water moet
werk. Ons moet goed sorg vir ons riviere deur hulle skoon te hou. Ons moet
byvoorbeeld ( ) nooit papiere,
bottels, blikkies ensovoorts ( ) in ʼn
rivier stort nie.
Ons behoort krane altyd styf toe te draai. Een
kraan wat drup, kan 60 liter ( ) water
per dag mors. Meneer ( ) Jacobs, ons
onderwyser, sê daar is baie mense in ons land
wat nie eers ʼn kraan in hul huis het nie. Water is
baie kosbaar.

2) Gebruik elkeen van die volgende afkortings in ʼn kort sin om te wys dat jy weet
hoe om dit te gebruik:
a) asb.

b) bl.

c) dr.

d) m.a.w.

e) str.

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za


GRAAD 6
Antwoorde

Graad 6 Kwartaal 4 Week 5-6: Hersiening


A. Skryftekens:

Oefening 1:
Herskryf die volgende sinne en voeg die nodige skryftekens op die regte
plekke in.
a) Ons het almal tot na tweeuur die oggend gesit en gesels, maar toe kom roep ons
pas ons om huis toe te gaan.
ná twee-uur pa’s
b) Mag ek maar hierdie lee blikkie kry
leë ?
c) Die skoolhoof dink dat of Piet of Jan die ruit gebreek het, maar ek se vir jou, dit
was nog Piet, nog Jan.
of of sê nog nog
d) My ouma dink ek en my susters is nog babas en sy maak baie reels wat ons moet
gehoorsaam.
reëls
e) Daar is ʼn klomp lee damme in ons land, want dit was ʼn baie droe jaar vanjaar.
eë droë

B. Herkenning van voor- en agtervoegsels en die herkenning van telwoorde


Woord Telwoord Agtervoegsel Voorvoegsel
Bv. gepraat ge-
Bv. diertjie -tjie
Bv. een √
dramatiese -tiese
ongeluk on-
prinses -es
getref ge-
mooiste -ste
twaalf √
partytjie -tjie
genooi ge-
koningin -in
beplan be-

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za


GRAAD 6
2) Gebruik voor- of agtervoegsels om die volgende woorde in ʼn nuwe woord te
verander. Skryf dan ʼn sin waarin jy die woord gebruik. Onderstreep die nuwe

Graad 6 Kwartaal 4 Week 5-6: Hersiening


woord in die sin:
Byvoorbeeld: vriend vriendin vriendelik onvriendelik
Die mense was baie onvriendelik.
a) koning
Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels
b) tuin
Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels
c) geluk
Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels
d) speel
Eie sinne met gekose voor- en agtervoegsels

C. Lees die volgende leesstuk.


1) Gee die korrekte afkorting vir al die vet gedrukte woorde.

Respekteer WATER – SPAAR dit!


Suid-Afrika (S.A.) is ʼn droë land waar ons versigtig met ons water moet werk. Ons
moet goed sorg vir ons riviere deur hulle skoon te hou. Ons moet byvoorbeeld (bv.)
nooit papiere, bottels, blikkies ensovoorts (ens.) in ʼn rivier stort nie.
Ons behoort krane altyd styf toe te draai. Een kraan wat drup, kan 60 liter (L of ℓ)
water per dag mors. Meneer (Mnr.) Jacobs, ons onderwyser, sê daar is baie mense in
ons land wat nie eers ʼn kraan in hul huis het nie. Water is baie kosbaar.
2) Gebruik elkeen van die volgende afkortings in ʼn kort sin om te wys dat jy weet
hoe om dit te gebruik:
a) asb.
asseblief
b) bl.
bladsy
c) dr.
dokter OF doktor (verduidelik verskil)
d) m.a.w.
met ander woorde
e) str.
straat

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za

You might also like