You are on page 1of 16

2011-A-AHT-NE04-11.

NOVEMBEREKSAMEN 2020

AFRIKAANS HUISTAAL 2/3

GRAAD 11

TAAK 11.2

Neem kennis:
• Die antwoordstel MOET elektronies ingehandig word.
• Die leerder beantwoord die vraestel soos in die vraestelinstruksies vereis
(foliopapier en/of die antwoordblad / bylae / invulvraestel).
• Die goedgekeurde toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad
van my.impaq af, onderteken dit en laai dit saam met slegs die
antwoordstel op my.impaq.
• Die leerder moet die foliopapier duidelik nommer.
• Die goedgekeurde toesighouser maak seker dat die bladye van die
antwoordstel in die korrekte volgorde is en skandeer dit in die korrekte
volgorde.

E-pos assessment@impaq.co.za
Tel. 087 405 2233

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFRIKAANS HUISTAAL
VRAESTEL 2/3: LETTERKUNDE
GRAAD 11
NOVEMBEREKSAMEN

EKSAMINATOR: T. McGeer TYD: 2½ uur


MODERATOR: L. Beukes TOTAAL: 80

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en NEGE vrae:


1.1 Afdeling A: Poësie
1.2 Afdeling B: Roman
1.3 Afdeling C: Drama
2. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit afdeling A, EEN uit afdeling B en EEN uit
afdeling C. Oefen jou keuses as volg uit:
2.1 Afdeling A: Poësie
Gesiene gedigte: Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig: EEN VERPLIGTE vraag
2.2 Afdeling B: Roman
Beantwoord EEN vraag.
2.3 Afdeling C: Drama
Beantwoord EEN vraag.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n lyn ná elke vraag.
5. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in dié vraestel gebruik is.
6. Laat ’n reël oop tussen jou antwoorde.
7. Voorgestelde tydsindeling:
• Afdeling A: 40 minute
• Afdeling B: 55 minute
• Afdeling C: 55 minute
8. Skryf netjies en leesbaar in blou ink.

Bladsy 2 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel
deur te lees.

Onthou: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN stel KONTEKSTUELE VRAE onderskeidelik


uit AFDELING B en AFDELING C. As jy die opstelvraag in afdeling B beantwoord, MOET jy die
kontekstuele vrae in afdeling C beantwoord en andersom. Indien jy TWEE stelle kontekstuele vrae
of TWEE opstelvrae beantwoord, sal jy nul vir die tweede vraag kry.
AFDELING A: POËSIE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord enige TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG BLADSY
1. “Stad in die mis” – D.J. Opperman Opstelvraag 4
2. “Foto-verhaal” – E. Castelyn Kontekstuele vrae 5–6
3. “Talle tonge” – M. Phosa Kontekstuele vrae 6–7
4. “Vroegherfs” – NP van Wyk Louw Kontekstuele vrae 7–8
EN
5. Ongesiene gedig: VERPLIGTEND
Kontekstuele vrae 8–9
“Things that go bump in the night” – R. Keet
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
6. Fiela se kind Opstelvraag 12
7. Fiela se kind Kontekstuele vrae 12 – 14
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
8. Die Keiser Opstelvraag 15
9. Die Keiser Kontekstuele vrae 15 – 17

KONTROLELYS
GETAL VRAE
AFDELING VRAAGNOMMER MERK
BEANTWOORD
A: Poësie 1–4
Ongesiene gedig 5 1 ✓
B: Roman 6–7
C: Drama 8–9

LET WEL
Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN stel KONTEKSTUELE VRAE onderskeidelik uit
AFDELING B en AFDELING C. As jy die opstelvraag in afdeling B beantwoord, MOET jy die
kontekstuele vrae in afdeling C beantwoord en andersom.

Bladsy 3 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: POËSIE

Beantwoord enige TWEE vrae (vraag 1 tot 4) en die VERPLIGTE ongesiene gedig
(vraag 5).

VRAAG 1: “Stad in die mis” (D.J. Opperman) – langvraag

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Stad in die mis D.J. Opperman

1. Met gespanne spier


2. loop ek deur die mis
3. want om my sluip ’n dier
4. onder wit duisternis;
5. ek hoor hom knor en in oop mote
6. waggel sy pilare-pote
7. en sy kantelende rug metaal;
8. op hoeke van strate blink
9. sy oë bloedbelope,
10. en met sy hap sluit staal op staal.
(Bron: Opperman, 1987)

Bespreek in 150 – 200 woorde hoe die stad en sy elemente hier ’n denotiewe en konnotiewe
betekenis ontvang wat al hoe gevaarliker word.
[10]

OF

VRAAG 2: “Foto-verhaal” (E. Castelyn) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Foto-verhaal Eveleen Castelyn

1. hier was ek sewe jaar oud,


2. kyk die koek het sewe kersies,
3. ons speel koljanner koljanner
4. so deur die bos;
5. hier staan ons almal saam
6. my broers en my susters, Pa en Ma
7. in ons kisklere uitgevat
8. by ons 36-dodge
9. Ma se baret het ’n vrolike veer;
10. hier hou ons piekniek
11. op nuwejaarsdag

Bladsy 4 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

12. met waatlemoene, kalkoene


13. karba’s gemmerbier
14. en ons speel ellierous;
15. hier is Pa by sy skape,
16. sy mielies; hier is hy afgeneem
17. saam met die dorpsraad;
18. hier sit Ma byna onherkenbaar
19. vermaer, treurig, pikswart
20. aangetrek by die graf
21. wat sy laat opmaak het
22. met blompotte vol madeliefies
23. en ’n steen met ’n teks
24. uit Openbaring: regverdig
25. en waaragtig is U weë
(Bron: Digters en Digkuns – 1994)

2.1 Verduidelik waarom dié gedig as vrye vers beskou kan word. (1)

2.2 Alhoewel die gedig uit een strofe bestaan, word dit in ses foto’s verdeel.
Watter stylmiddel help met hierdie verdeling? (1)

2.3 Die eerste foto verwys na die getal sewe. Wat is dié getal se simboliese
betekenis en wat is die getal se funksie binne die konteks van die gedig? (2)

2.4 In reël 19 is ma pikswart aangetrek by die graf. Verduidelik hoe reël 3 by dié
frase aanpas. (1)

2.5 Watter stemming heers in reël 5-9; hoe staan die stemming in kontras met
reël 19-22 en watter enkele woord in reël 6-8 is ’n vooruitverwysing na die
veranderde stemming? (3)

2.6 Hoe word die opgewondenheid in reël 9 beklemtoon? (1)

2.7 Lees reël 24-25. Waarom aanvaar die ma die pa se dood? (1)
[10]

OF

Bladsy 5 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 3: “Talle tonge” (M. Phosa) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Talle tonge Mathews Phosa

1. Talle tonge het ek


2. een tong op ’n gegewe oomblik
3. ’n heuningtong
4. ’n bitter tong
5. ’n tong stomp
6. genoeg om te swyg
7. my skerp tong klap
8. klap soos ’n sweep
9. en keep diep en laat bloei
10. my suur tong brand
11. brand soos asyn
12. en laat krimp inmekaar en skend
13. Talle tonge het ek
14. een tong op ’n gegewe oomblik
15. ’n tong om te sny
16. ’n tong om te salf
17. Ek het talle tonge

(Bron: Deur die oog van ’n naald, 1996)

3.1 Verduidelik die betekenis van die titel op denotiewe en konnotiewe vlak. (2)

3.2 Verduidelik die kontrasterende gebruik van jou tong volgens reël 3-4. (2)

3.3 Hoe word die harde geluid van die tong as sweep beklemtoon?
Noem TWEE tegnieke. (2)

3.4 Identifiseer en verduidelik die beeldspraak in reël 10-11. (2)

3.5 D.m.v. watter stylmiddel word die tonge se funksies in reël 15-16 gekoppel? (1)

3.6 Waarom eindig die digter die gedig met die gebruik van die woord Ek? (1)
[10]

OF

Bladsy 6 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 4: “Vroegherfs” (N.P. van Wyk Louw) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Vroegherfs N.P. van Wyk Louw

1. Die jaar word ryp in goue akkerblare,


2. in wingerd wat verbruin, en witter lug
3. wat daglank van die nuwe wind en klare
4. son deurspoel word; elke blom word vrug,
5. tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6. so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7. dat die takke van die lang populiere al
8. teen elke ligte môre witter staan.
9. Heer, laat hierdie dae heilig word:
10. laat alles val wat pronk en sieraad was
11. of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12. laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13. my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14. en nakend uit my teerder jeug verskyn.
(Bron: Die halwe kring, 1937)

4.1 Wat is die verband tussen die titel en die woord word in reël 1? (2)

4.2 Verduidelik die tipografiese bou van die gedig as sonnet. (2)

4.3 Verduidelik hoe die kleurgebruik in die gedig, pas by die titel.
Verwys na TWEE kleure. (2)

4.4 Watter konnotiewe betekenis kan lang populiere in reël 7? (1)

4.5 Watter stemming heers vanaf reël 9 en verskaf EEN woord wat die stemming
ondersteun. (2)

4.6 Verduidelik die frase laat stort my waan in reël 13. (1)
[10]

EN

Bladsy 7 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VERPLIGTE ONGESIENE GEDIG

VRAAG 5: “Things that go bump in the night” (R. Keet) (kontekstuele vrae)

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Things that go bump in the night Rosa Keet

1 jy los my alleen
2 in ’n huis vol geluide
3 en hoe minder ek probeer luister
4 hoe harder klink die klank
5 van ’n onbekende voetstap
6 op die donker trap
7 bang vaak verdwaal ek laat
8 in die gange op soek
9 na slaap
10 wat om elke naghoek verdwyn
11 ek skrik
12 vir die naaldekokerstraatlig
13 deur skaars bewegende blare
14 jou jas aan die kapstok
15 is ’n man
16 sonder bene
17 ek is bang
18 vir die stofsuierslang
19 op die vloer van die spens
20 en tot jy terugkom
21 soos ’n kis agter my aan
(Bron: Hysteria – 1974)

5.1 Hoekom word die “jy” in reël 1 met ’n kleinletter geskryf? (1)

5.2 Haal een woord uit die gedig aan wat daarop dui dat daar niemand by die
spreker is nie. (1)

5.3 Waarom is die gebruik van assonansie in die gedig funksioneel? (1)

5.4 Waarna, dink jy, verwys die titel van die gedig?
Verduidelik in Standaardafrikaans. (1)

5.5 Hoe kan die spreker in haar eie huis “verdwaal” (reël 7)? (1)

5.6 Haal ’n voorbeeld van ’n metafoor uit die gedig aan én verduidelik wat
daarmee bedoel word. (2)

Bladsy 8 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

5.7 Wat is die funksie van die enjambement in hierdie gedig? (1)

5.8 Watter stylmiddel word gebruik om die spanningslyn te behou? (1)

5.9 Watter raad sou jy, binne die konteks van die gedig, aan die spreker gee om
die angs te verminder? (1)
[10]

TOTAAL AFDELING A: 30

Bladsy 9 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING B: ROMAN – Fiela se kind (Dalene Matthee)

INSTRUKSIES
• Beantwoord EEN vraag.
• Beantwoord vraag 6 (opstelvraag) OF vraag 7 (kontekstuele vrae).
• Indien jy die kontekstuele vrae beantwoord, MOET jy uit afdeling C die opstelvraag
beantwoord, en andersom.
• Hierdie afdeling tel 25 punte.

VRAAG 6: Opstelvraag

Kontras speel ’n belangrike rol binne die roman. Bespreek dié stelling in ’n opstel van 300 –
350 woorde deur na die volgende kontraste te verwys: Wolwekraal teenoor die Bos en die
kontraste tussen Benjamin se twee vaders, twee moeders en twee susters.
[25]

OF

VRAAG 7: Kontekstuele vrae

Lees die uittreksels noukeurig deur en beantwoord die vrae wat op elkeen volg.

TEKS A

1. Hy het haar sommer aan die bos hare rondgetrek. “Vreksel! Julle het gedink julle kan met
2. my mors, né?”
3. “Nee, Pa.”
4. “Waar’s Lukas?”
5. “Ek weet nie, Pa. Ek het hom gaan soek, Pa.”
6. “Wat lieg jy daar?” Dit was die kind wat so gladdebek soos ’n houtkoper kon lieg.
7. “Ek het hom gaan soek, Pa. Eina, Pa!”
8. Daarby kon sy soos ’n slagvark skree as jy haar vas het.
9. “Waar’s Lukas, vra ek!”
10. “Hy’t weggeloop. Pa. Ek het mooigepraat, maar hy wou nie omdraai nie”
11. Hy het hom besimpel geskrik. As Lukas aangeloop het, was daar moeilikheid. As die
12. Magistraat se ore dit moes hoor, was die please explain vir Elias van Rooyen, en as die
13. kind weer loop staan en verdwaal het, was dit ’n groot gemors.
14. Hy het Nina aan die skouers beetgekry en geskud dat haar tande klap.
15. “Watter kant toe is hy?”
16. “Diepwalle se kant toe, Pa.”
17. Barta en Sofie en Malie het soos verskrikte goed by die agterdeur ingebondel en die
18. wêreld kom donker staan.
19. “Waar het jy hom laas gesien?”
20. “In Kom-se-bos, Pa.”
21. “Hoe’t hy geweet om tot daar te kom?”
22. “Hy... hy...” Sy’t woorde gesoek. “Hy’t gesê hy ken die pad. Dis hoe langs julle met hom

Bladsy 10 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

23. gekom het.”


24. “Dit was donker!”
25. “Elias...”
26. “Stil, Barta! Nina, as jy vandag vir my staan en lieg, maak ek jou vrek!”
27. “Hy gaat Lange Kloof toe, Pa. Ek sweer.”
28. Daar was net een ding om te doen en hy moes dit gou doen.
29. Toe hy die osriem van die spyker afruk, het Barta hom aan die arm beetgekry.
30. “Elias, wat maak jy nou?”
31. “Ek moet hom inhaal Barta. Wat anders? Kry die lantern en gee my baadjie. Ek wil die
32. klein vloek vang voor hy sy voete in die hardepad sit, en dit mag eers teen donker.
33. wees!”

7.1 Watter karaktereienskap van Elias blyk uit reël 1? (1)

7.2 Watter karaktereienskap van Nina word met behulp van die vergelyking in
reël 6 te kenne gegee? (1)

7.3 Lees weer reël 9. Identifiseer die emosie wat hier na vore kom. (1)

7.4 Dink jy die gebruik van die Engelse frase please explain (reël 12) is gepas?
Waarom wil Elias te alle koste vermy om te moet explain waar Lukas is? (2)

7.5 Verduidelik die geïmpliseerde betekenis van die frase dat Barta-hulle “... die
wêreld kom donker staan het” (reël 18); hoe pas dit by die ruimte van die Bos
en by Lukas se lewe? (3)

7.6 Wie is die julle waarna Nina in reël 22 verwys en vanwaar het hulle met
Lukas gekom? (2)

7.7 Wat is die funksie van die ellips in reël 25? Noem TWEE funksies. (2)

7.8 Dink jy Elias se hardhandige optrede teenoor Nina in dié teks is geregverdig?
Motiveer jou antwoord. (2)

7.9 Waarom sal Lukas kies om Lange Kloof toe te gaan en as wie staan hy in die
Lange Kloof bekend? (2)
[16]

EN

Bladsy 11 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

TEKS B

34. Wanneer daar vir Benjamin geskryf moes word, het hulle om die witgeskropte kombuistafel
35. gaan sit soos vir die Bybel.
36. “Is die potlood skerp, Kittie?”
37. “Ja, Ma.”
38. “Moenie die blad se punt so onder jou arm laat omkrul nie.
39. Die brief moet netjies by hom aankom, hy moenie hom skaam nie.”
40. Selling het sy hande voor hom op die tafel gevou en gewag dat Kittie die aanhef moes
41. neerskryf. Fiela het hom altyd toegelaat om Kittie eerste voor te sê, maar op hierdie dag
42. sou hy moes terugsit, want die kommer in haar hart was te groot om te wag. Twee keer het
43. die poskaarte gekom en gegeen sonder ’n brief van Benjamin.
44. “Pa kan maar sê wat ek moet skryf.”
45. “Jou pa sal nie vandag eerste sê nie. Ek sal begin.”
46. “Maar, Fiela!”
47. “Stil.
48. Skryf vir hom Ma sê dit lê donker in Ma se gemoed oor hom. Ons het nie van hom gehoor
49. nie. As dit goed gaan en hy’s gesond, is alles reg, maar as dinge vir hom verkeerd loop
50. staan bodder het, moet hy skryf wat meer as bid ons vir hom kan doen. Sê vir hom Ma
51. sê...”
52. “Stadig, Ma.”
53. Die Here weet waarom daar so ’n onrus in haar was oor hom. Die hele nag ook weer.
54. Ná hy weg is, het hy net eendag onderaan die brief geskryf die vrou sê hy is die kind. Hy
55. is Lukas van Rooyen. Nie ’n woord verder nie. ’n Ding wat swaar op jou druk, druk vir jou
56. stil. Sy weet.

7.10 Hoe kontrasteer die Van Rooyen-gesin van die Komoetie-gesin as reël 34-35
in ag geneem word? (2)

7.11 Verduidelik die ironie in Fiela se woorde dat die brief netjies moet wees as
Lukas dit kry (neem sy huidige omgewing in ag). (1)

7.12 Verduidelik die funksie van die eenwoordsin in reël 47 – “Stil.”. (2)

7.13 Verduidelik wat Fiela bedoel met dit lê donker in Ma se gemoed oor hom.
(reël 48)? (1)

7.14 Waarom word die woord is kursief gebruik in reël 55? (1)

7.15 Fiela kry nie meer briewe terug nie. Hoe probeer sy later in die roman dan
kontak maak met Lukas en wat is die gevolge? (2)
[9]

TOTAAL AFDELING B: 25

Bladsy 12 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING C: DRAMA – Die Keiser (Bartho Smit)


INSTRUKSIES
• Beantwoord EEN vraag.
• Beantwoord vraag 8 (opstelvraag) OF vraag 9 (kontekstuele vrae).
• Indien jy die kontekstuele vrae beantwoord, MOET jy die opstelvraag uit afdeling B
beantwoord, en andersom.
• Hierdie afdeling tel 25 punte.

VRAAG 8: Opstelvraag
Bewys in 300 – 350 woorde dat die drama Die Keiser steeds aktueel is (met ander
woorde nog betrekking het op huidige sake van die dag).
[25]

OF

VRAAG 9: Kontekstuele vrae


Lees die uittreksels noukeurig deur en beantwoord die vrae wat op elkeen volg.

TEKS A

1. WAG: (tree binne) Sy Edele die Minister van Buitelandse sake.


2. (Die twee Wewers verstar. Diplomaat kom binne. Die Wag gaan uit en
3. trek die deur agter hom toe.)
4. WEWER: (dringend) Wat soek jý hier?
5. DIPLOMAAT: Toemaar, Chief. Niemand het my sien inkom nie.
6. WEWER: Wat van die Wag?
7. DIPLOMAAT: Hy’s reg. Maar wat gaan hiér aan? Ou Kultuur wou al die besigheid aflas.
8. WEWER: Dis Kim-hulle wat vertraag was. Maar alles is nou gereed. Ons het die
9. Ministers laat kom.
10. DIPLOMAAT: Dan beter ek gaan.
11. WEWER: Die Keiser se klere?
12. DIPLOMAAT: Klaar verdwyn, Chief. Alles waarmee hy in die openbaar sou kon verskyn.
13. WEWER: Mooi. Onthou nou – nie te veel sien aan die begin nie, maar ook nie te
14. min nie.
15. DIPLOMAAT: Reg, Chief. Sterkte, Chief.
16. WEWER: Sterkte Kameraad.
17. (Diplomaat uit.)
18. TIENGELIENG: Chief – ek is bang.
19. WEWER: Waarvoor?
20. TIENGELIENG: Sê nou dit werk nie – wat word dan van jóú?
21. WEWER: Van my? Hoekom van mý?
22. TIENGELIENG: Hulle sal mos uitvind jy’s die Groen Tier. En met al daardie geld op jou
23. kop...
24. WEWER: Toe maar – dit sál werk. Sorg jy maar net dat jý kop hou.
25. TIENGELIENG: Ek sál Chief.

Bladsy 13 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

9.1 Oor watter belangrike eienskap, dink jy, moet ’n Minister van Buitelandse Sake
beskik en beskik dié minister oor hierdie eienskap? Motiveer jou antwoord. (2)

9.2 Waarom verstar die twee Wewers (reël 2)? Verskaf TWEE redes. (2)

9.3 Wat impliseer die aanspreekvorm wat Diplomaat gebruik teenoor die Wewer
oor hul verhouding en verskaf EEN woord uit reël 13-17 wat hierdie verhouding
bevestig. (2)

9.4 Waarom was dit nie vir Diplomaat moeilik om verby die Wag te kom nie? (1)

9.5 Lees reël 7. Verduidelik wat die aanspreekvorm wat Diplomaat gebruik teenoor
die Minister van Kultuur oor Diplomaat se karakter weergee. (1)

9.6 Waarom het Diplomaat al die klere waarmee die Keiser in die openbaar kon
verskyn, laat verdwyn en by watter tema van die drama, pas dié deel? (2)

9.7 Wie is die Groen Tier (reël 22) en wat is sy rol binne Ekwator? (2)

9.8 Verduidelik waarom Tiengelieng nie te veel ... maar ook nie te min moet sien nie. (2)

9.9 Kontrasteer Tiengelieng se rol in dié gedeelte met die Keiserin se rol in die drama. (2)
[16]

EN

TEKS B

26. MAARSKALK: Moet ek hom arresteer...?


27. KEISER: Los hom. Wat maak dit saak of hy bekwaam of onbekwaam is?
28. Hy’s maar net ons Nar.
****************************************************************
29. (Die Keiser trek nadenkend sy kamerjas aan. Die Nar wag in spanning).
30. KEISER: Dink jy húlle sien die klere?
31. HOFNAR: Hulle sien g’n stuk klere nie, my Kroon; hulle lieg ook.
32. KEISER: Ek het hulle probeer uitvang – maar hulle het elke keer gewéét wat ek
33. aanhet of nie aanhet nie. Hoe verklaar jy dit?
34. HOFNAR: En nou meen my Kroon daar is dalk klere, en dis net óns twee wat dit nie
35. kan sien nie?
36. KEISER: (moedeloos) Ek weet nie, Nar. Ek weet nie meer wát om te dink nie. Ek
37. het my al suf gedink vannag. Jy sien – ek sou miskien nog kon glo dat
38. ons nuwe Buitelandse Sake kan lieg oor die klere. Hy’s nog jonk en
39. voortvarend. Maar ou Kultuur, en die Veldmaarskalk – en die Keiserin...
40. Hoekom sal hulle daaroor lieg?

Bladsy 14 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

9.10 Verduidelik die ironie in Maarskalk se woorde in reël 26. (1)

9.11 Lees reël 27-28. Waarom wil die Keiser in werklikheid nie die Nar laat
arresteer nie en verskaf TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE van die Nar
uit die teks wat die verhouding tussen die Nar en die Keiser ondersteun. (2)

9.12 Buiten om die hof te vermaak, watter ander rol vervul die Nar binne die drama? (1)

9.13 Lees weer reël 30 en reël 34. Wie is die hulle en die ons waarna die Keiser
hier verwys? (2)

9.14 Watter emosie ervaar die Keiser in reël 32-33? (1)

9.15 Dink jy die Keiser se houding is geregverdig om meer vertroue in die Nar as
in die ander ministers te hê? Motiveer jou antwoord. (1)

9.16 Bestudeer weer TEKS A en TEKS B. Is daar ’n verskil t.o.v. die Keiser se
kennis in die twee tekste? Motiveer jou antwoord. (1)
[9]

TOTAAL AFDELING C: 25

GROOTTOTAAL: 80

Bladsy 15 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2020
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10]


Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
Diepgaande interpretasie van Toon begrip van die onderwerp Redelike interpretasie van die Onbevredigende interpretasie Geen begrip van die
Interpretasie van onderwerp onderwerp. Reeks treffende en het die onderwerp goed onderwerp. Enkele goeie van die onderwerp. Byna geen onderwerp nie. Geen
Diepte van argument, argumente wat behoorlik uit geïnterpreteer. Respons redelik punte ter ondersteuning van punte wat die onderwerp verwysing na die gedig nie.
verantwoordbaarheid en insig die gedig gerugsteun is. gedetailleerd. Enkele deeglike die onderwerp. Enkele ondersteun nie. Onvoldoende Leerder het nie die genre en
in teks Uitstekende begrip van die argumente gegee, maar nie argument word ondersteun, begrip van genre en gedig. gedig onder die knie nie.
genre en gedig. almal ewe goed gemotiveer nie. maar, bewyse nie altyd
7 PUNTE Begrip van genre en gedig oortuigend nie. Basiese begrip
duidelik. van genre en gedig.
STRUKTUUR EN TAAL 3 2 1 1 0
Samehangende struktuur. Duidelike struktuur en logiese Enkele bewyse van struktuur. Struktuur toon tekens van Struktuur swak. Ernstige
Struktuur, logiese vloei en Argumente goed gestruktureer vloei van argument. Vloei van ’n Goed gestruktureerde swak beplanning. Argumente taalfoute. Foutiewe styl.
aanbieding en daar is ontwikkeling. argument kan gevolg word. nie logies gerangskik nie.
logiese vloei en samehang
Taalgebruik, toon en styl Taalgebruik, toon en styl is Taalgebruik, toon en styl is Taalfoute beduidend. Toon en
ontbreek in die opstel. Geringe
gebruik in opstel volwasse, dit beïndruk en is grootliks korrek. styl nie geskik nie.
taalfoute; toon en styl meestal
korrek. Grammatika, spelling
gepas.
3 PUNTE en punktuasie foutvry.
PUNTEVERSPREIDING 9 – 10 7 5 4 0–2

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: DRAMA en ROMAN [25]


Inhoud Uitstekend Goed Bogemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak Beroerd
14 − 15 12 − 13 11 − 10 8−9 6−7 4−5 0−3
Interpretasie van Uitstekende begrip Diepgaande begrip Toon goeie begrip van Redelike begrip van Basiese begrip van Onbevredigende Geen begrip van
onderwerp. Diepte van inhoud en van inhoud en inhoud en strekking inhoud en strekking inhoud en strekking begrip van inhoud en inhoud en strekking van
van argument, strekking van genre. strekking van genre. van genre. Feite van genre. Enkele van genre. Weinig strekking van genre. genre. ’n Vae aanpak
verantwoord-baarheid Feite en motiverings Feite en motiverings gegee, maar nie almal feite word gemotiveer. feite met motiverings Slegs enkele feite
van genre, geen feite
en insig in teks. uitsonderlik. goed ondersteun. met motiverings nie. word gegee. word gegee sonder
met motiverings wat
motiverings.
spesifieke genre staaf.
Struktuur en taal Uitstekend Bogemiddeld/Goed Gemiddeld Ondergemiddeld Swak
9 − 10 7−8 5−6 3−4 0−2
Logiese vloei en Samehangende Duidelike struktuur. Inleiding, slot en paragrawe Goeie bewyse van Basiese toon van struktuur. Gebrekkige Geen toon van
aanbieding. Toon- en struktuur. Uitstekende samehangend. Taalgebruik, toon en styl is struktuur met inleiding inleiding en slot is gegee. Taalfoute is bewyse van struktuur
stylgebruik in opstel. inleiding en slot grootliks korrek. maar geen slot/geen beduidend en paragrafering is foutief. nie. Geen logiese
gegee. Taalgebruik, inleiding nie, slegs vloei van argumente
toon en styl pas by slot. Enkele taalfoute, nie, nie gepas by
genre. toon en styl gepas. genre nie. Taalfoute,
toon en stylfoute
belemmer vloei van
argumente.

Bladsy 16 van 16 © Impaq

You might also like