You are on page 1of 16

AFRIKAANS HUISTAAL 2/3

GRAAD 11

TAAK 10.2

NOVEMBEREKSAMEN 2021

MEMORANDUM

Bladsy 1 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFRIKAANS HUISTAAL
NOVEMBEREKSAMEN 2021
VRAESTEL 2/3: LETTERKUNDE
GRAAD 11
MEMORANDUM
TOTAAL: 80

Nasienriglyne

 Indien die leerder meer as die gevraagde getal vrae beantwoord het, word slegs die eerste
antwoord nagesien (die leerder mag nie die opstelvraag en kontekstuele vrae van dieselfde
genre beantwoord nie.)
 Indien die leerder al vier gedigte in afdeling A beantwoord het, word slegs die eerste twee
vrae nagesien.
 Indien die leerder twee stelle kontekstuele of twee opstelvrae in afdeling B en C beantwoord
het, word slegs die eerste antwoord nagesien en die res word geïgnoreer. Indien die leerder
al vier vrae in afdeling A beantwoord het, sien slegs die eerste vraag en die verpligte vraag
na.
 Indien die leerder twee antwoorde gee en die eerste is verkeerd, word die tweede antwoord
geïgnoreer.
 Indien die antwoorde verkeerd genommer is, word daar volgens die nommering van die
memorandum nagesien. Nasieners mag nie die nommering vir die leerder korrigeer nie.
 Indien die spelling van ’n woord die betekenis beïnvloed, word die antwoord as verkeerd
gemerk. Indien dit nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word die antwoord as
korrek beskou.
 Opstelvraag: Indien die leerder nie die korrekte getal woorde geskryf het nie, moet die
leerder nie daarvoor gepenaliseer word nie. Assesseer volgens die assesseringsrubrieke
(agteraan die memorandum).
 Kontekstuele vrae: Indien die leerder gevra word om aan te haal en dit word nie gedoen nie,
moet die leerder nie gepenaliseer word nie.

Bladsy 2 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: POËSIE

Die leerder moet enige TWEE vrae beantwoord tussen vraag 1 en 4.


Vraag 5 is verpligtend.

VRAAG 1: “Gebed tot die bome” (Vincent Oliphant) – opstelvraag

In hierdie gedig is daar duidelike kenmerke van vrye vers. Motiveer dié stelling in ʼn opstel van
200 tot 250 woorde. Sê ook of jy dink dat natuurbewaring belangrik is of nie.

 Die onderstaande is ’n breë raamwerk van feite.


 Alhoewel die memorandum puntsgewys en in ’n tabel aangebied word, is dit slegs om die
nasien van die opstel te vergemaklik. Die leerder se opstel moet in paragrawe wees.
 Ander toepaslike motiverings uit die gedig moet ook gemerk word.
 Die opstel moet 200 tot 250 woorde lank wees.
 Gebruik die rubriek aan die einde van die memorandum om die opstel na te sien.

INLEIDINGSPARAGRAAF

Leerder moet ’n toepaslike inleidingsparagraaf verskaf, byvoorbeeld:

In die gedig “Gebed tot die bome” maak die digter, Vincent Oliphant, van vrye vers gebruik. Die
kenmerke van vrye vers gaan vervolgens bespreek word.
LIGGAAM
● Die versreëllengtes wissel die hele tyd, want in korter versreëls word die mensdom se
vernietiging van die natuur beklemtoon / in
langer versreëls word die geweld teenoor die
bome beklemtoon.
● Geen vaste strofebou kom voor nie, want die drie strofes verskil in lengte.
● Geen vaste rymskema kom voor nie, want daar is nie woorde wat rym nie.
● Daar is ’n gebrek aan hoofletters en lees- want die onreg teen die bome word hierdeur
tekens, uitgehef.
● Binding word deur middel van herhaling want sekere woorde herhaal regdeur die
bewerkstellig, gedig, nl. “staan” en “neem”.
● In strofe 1 herhaal die woord voorreg, want die dringendheid om bome te bewaar
word beklemtoon.
● Die woord sodat word herhaal, want die spreker se rede vir sy smeking word
daarna gegee.
● Gee my word in strofe 3 herhaal, want die spreker se soeke na wysheid word
beklemtoon.
● Om saam word in strofe 3 herhaal, want dit beklemtoon hoe graag die spreker
weer met die natuur versoen wil raak.
● Die herhaling van my in die twee slotreëls want hulle gee lewe / is nodig vir die
beklemtoon hoe kosbaar bome is, voortbestaan van die mens.
● Leerder se eie mening waarom natuurbewaring belangrik is, bv.:
● Ek dink dis belangrik, want die oorlewing van die mensdom is afhanklik van die bewaring van
die natuur.

Bladsy 3 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

● OF
Ek dink mense oordryf die belangrikheid van natuurbewaring, want dis te duur / geld kan
eerder aangewend word om mense te help.
SLOTPARAGRAAF

Leerder moet ʼn toepaslike slotparagraaf verskaf, byvoorbeeld:

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die digter die meeste van die kenmerke van vrye vers in dié
gedig toegepas het.
[10]

VRAAG 2: “Bontvisvanger” (Johann L. Marais) – kontekstuele vrae

2.1 Waar (verpligtend, geen punt). Die gedig gebruik min woorde om baie te sê.  (1)

2.2 In die mingerhout(boom).  “terug”  (2)

2.3 “uitgeslape hengelaar”  (1)

2.4 Vlieg met vinnige op-en-af vlerkbewegings  op een plek in die lug hang.  (2)

2.5 D A en B  (1)

2.6 alliterasie  (1)

2.7 Die stelling is geldig, want Marais wil die voël bewaar deur ook sy wetenskaplike naam te
gee soos in ’n boek/museum.  Marais gebruik die mingerhout(boom) in sy gedig omdat
dié boom ook ’n beskermde boom is. 
[“Die stelling is ongeldig” is foutief.] (2)
[10]

VRAAG 3: “Medea” (Sorina Drönges) – kontekstuele vrae

3.1 enige vrou  (1)

3.2 A die man se verraad. (1)

3.3 Om ’n kras skreeugeluid voort te bring.  (1)

3.4 Die vrou se wraak het ook die son besmet. OF Dit waarvoor die son simbolies staan
(energie, lig, lewe, groei ...) word besmet en is dus nie meer in haar lewe nie.  (1)

3.5 Die man keer na sy vrou terug,  maar die vrou het verander as gevolg van haar seerkry /
wraakgedagtes.  (2)

3.6 kleisag teenoor toegeklip


[Beide woorde vir EEN punt.] (1)

Bladsy 4 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

3.7 ’n Vrou wat as gevolg van haar man se verraad deur ’n proses van pyn werk, dan wraak
neem en uiteindelik self ten gronde gaan. 
[Aanvaar soortgelyke antwoorde.] (1)

3.8 Leerder se eie antwoord, waar die optrede een punt tel en die rede nog ʼn punt, bv.:
Ek sou ook wraak geneem het,  maar dalk nie die wet in die proses oortree het nie. OF
Om wraak te neem is nie reg nie.  Die wiel sal wel draai en die skuldiges sal betaal. (2)
[10]

VRAAG 4: “Winternag” (Eugène N. Marais) – kontekstuele vrae

4.1 blink  dof-lig  (2)

4.2 “winkende hande” OF “lê die velde”  (1)

4.3 Onwaar. Dit is ter wille van die ritme  (en nie die rym nie).
[Slegs motivering verdien die punt.] (1)

4.4 C die vriesproses (1)

4.5 koud  (1)


Dit bind/sluit die gedig tot ’n eenheid.  (1)
Dit beklemtoon die intense koue.  (1)

4.6 Dit is geslaag, want die wind word met ’n meisie wat hartseer is / verlate voel vergelyk en
dit ondersteun die stemming van die gedig. 
[“Dit is nie geslaag nie” is foutief.] (1)

4.7 Leerder se eie antwoord, bv.: Ek dink dis ’n baie goeie gedig, want ’n koue wintersnag
word effektief deur beeldspraak en stylfigure uitgebeeld. OF: Ek dink die gedig is vandag
nog net so relevant en akkuraat as in 1905, want ʼn koue wintersnag bly deur die eeue
relevant. OF: Ek hou nie baie van negatiewe/hartseer/neerdrukkende gedigte nie.  (1)
[10]

VERPLIGTE ONGESIENE GEDIG

VRAAG 5: “Die begrafenis” (Eitemal) – kontekstuele vrae

5.1 Elisie  (1)


Dit is ter wille van die ritme.  (1)

5.2 Hulle skinder dalk graag / is nuuskierig oor ander se lewe / vertel dalk graag stories.  (1)

5.3 Hulle lewer kommentaar / hulle woorde word in aanhalingstekens weergegee,  maar die
man sê niks / lewer nie kommentaar nie.  (2)

5.4 Dit beteken dat alle mense uiteindelik sterf/verganklik is.  (1)

Bladsy 5 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

5.5 Die kinders besef nog nie die volle implikasie van hul ma se dood nie / hulle besef nog nie
werklik wat “dood” beteken nie / hulle het nie respek vir die dood nie / dit wys hoe kinders
dinge anders as volwassenes ervaar (hulle roep terwyl die volwassenes sag praat).  (1)

5.6 “diep lyne”


[Slegs TWEE woorde.] (1)

5.7 Leerder se eie antwoord, bv.: Ek dink dokters wys nie genoeg empatie nie, want dokters
wil net geld maak / gee nie werklik vir mense om nie. OF Ek dink sommige dokters het
nog empatie en gee werklik om vir hulle pasiënte / hulle gaan uit hul pad om hul pasiënte
te help. 
[Aanvaar soortgelyke antwoorde.] (1)

5.8 Leerder se eie antwoord waar ja verpligtend is, maar slegs die motivering ʼn punt verdien.
Nee is foutief. Moontlike antwoorde: Ja. Mense sterf steeds en ander mense se reaksies
is steeds so uiteenlopend soos in die gedig / mense reageer steeds so tydens iemand se
afsterwe.  (1)
[10]

TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: ROMAN

Droomdelwers (Esta Steyn)

LET WEL: Indien die leerder die kontekstuele vrae in afdeling B beantwoord, MOET hy/sy die
literêre opstel in afdeling C beantwoord en andersom.

VRAAG 6: Opstelvraag

 Die onderstaande is ’n breë raamwerk van feite.


 Alhoewel die memorandum puntsgewys en in ’n tabel aangebied word, is dit slegs om die
nasien van die opstel te vergemaklik. Die leerder se opstel moet in paragrawe wees.
 Ander toepaslike motiverings uit die roman moet ook gemerk word.
 Die opstel moet 350 tot 400 woorde lank wees.
 Gebruik die rubriek aan die einde van die memorandum om die opstel na te sien.

INLEIDINGSPARAGRAAF

Leerder moet ’n toepaslike inleidingsparagraaf verskaf, byvoorbeeld:

In die roman, Droomdelwers, geskryf deur Esta Steyn, toon sekere karakters nie net
ooreenkomste nie, maar ook verskille. Dis veral duidelik tussen Leendra en Phil, Gerald en Gilbert
en Gretel en Mara.
LIGGAAM
● Leendra, anders as Phil, is reguit en eerlik, want sy is nie bang om haar saak te stel nie /
sy is agterdogtig teenoor Samuel omdat hy
inligting vir haar wegsteek.

Bladsy 6 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

● Phil is ’n bedrieër en leuenaar, want hy jok vir Leendra oor haar pa se


geldsake / hy steek die waarheid (dat hy
haar ouers vermoor het) vir haar weg.
● Phil word nie deur die ander karakters want hulle beskou hom as skoorsoekerig en
gerespekteer nie, onmenslik.
● Beide Gerald en Gilbert ervaar innerlike want hulle is albei verlief op iemand wat
konflik as gevolg van ’n vrou, hulle nie kan kry nie.
● Gerald is aangetrokke tot Rebekka, maar sy is getroud met Johnny en hy met
Jamaina.
● Gilbert is verlief op Leendra, maar sy verafsku/minag hom omdat hy in die
hof oor haar gejok het.
● Gerald word uiteindelik bevry van sy wellus, want hy ontdek die krag van ware opoffer-
ende liefde en versoen met Jamaina.
● Gilbert bly verbitterd oor Leendra, want hy erken dat hy weet sy voel niks vir
hom nie.
● Gerald is die vader van die gemeenskap omdat hy die pastoor is.
● Gilbert word verafsku omdat hulle die ryk mense is wat Vlaktevlei
wil sloop om 'n vakansiebestemming op te
rig.
● Gerald probeer om te doen wat reg is. en sien sy eie foute raak en bid vir sy sonde
● Gilbert is korrup en hou homself met slinkse planne besig
terwyl hy blind vir sy eie foute is.
● Gretel is onpretensieus/opreg/aards, in want sy is ’n onverstoorbare kunstenaar wat
teenstelling met Mara, haar passie uitleef.
● Mara is pretensieus / tree op asof die lewe ’n want sy probeer mense beïndruk met haar
konsert is, boheemse klere, oorbelle, kos en mense wat
sy ken.
● Gretel ontferm haar oor mense, want haar huis, Der Schutz, word ’n skuil-
plek vir onder andere Leendra en Rudie.
● Mara dink net aan haarself / is net op haarself want sy het ’n wanpersepsie van haar eie
gefokus, belangrikheid.
● Mara gee dikwels aanstoot, want sy gedra haar soos die koningin by
Sweetie se kafee / sy dink sy het ’n sê oor
almal.
SLOTPARAGRAAF

Leerder moet ʼn toepaslike slotparagraaf verskaf, byvoorbeeld:

Uit bogenoemde is dit duidelik dat verskeie karakters ooreenkomste asook verskille toon.
[25]

VRAAG 7: Kontekstuele vrae

TEKS A

7.1 Hy is (ant) Sweetie se man.  (1)

7.2 Daar kan afgelei word dat sy geliefd en dierbaar is OF sy is “sweet”. 


[Aanvaar soortgelyke antwoorde.] (1)

Bladsy 7 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

7.3 (Oom) Bontie is ’n pa-figuur vir Leendra / haar vertroueling / ondersteun haar deurentyd, 
maar (Oom) Phil het Leendra afgeskryf / bedrieg haar.  (2)

7.4 Ja (verpligtend, geen punt). Hulle gee werklik om vir Leendra / hulle is aangedaan / bly /
emosioneel omdat sy vrygelaat is.  (“Nee” is foutief). (1)

7.5 Sterk/gespierde  (1)

7.6 Hulle ken mekaar baie goed / is gemaklik met mekaar / lief vir mekaar (soos broer en
suster).  (1)

7.7 B (Motoriese moment)  (1)

7.8 Sy is Lucia (van Tonder) se ma / (oom) Phil se skoonma / sy is die welgestelde weduwee
van oorlede Abraampie.  (1)

7.9 Enige EEN van die volgende: 

 Mara bespreek Leendra se voorkoms soos sy aangeloop kom.


 Mara laat Leendra uit haar pad voel oor al die kos wat voorberei is en die nuwe
gordyne.
 Mara sê die Bonthuyse wat oorkom, is net nuuskierig, maar Leendra loop hulle
tegemoet en is bly om hulle te sien.
 Mara sê sy kan nie glo dat Leendra vroeër uit die tronk vrygelaat is nie en sê dit
maak die land deurmekaar.
 Mara sê vir Leendra dat sy ’n reguit mens is en Leendra betrap haar onkant en sê
vir haar dat sy dieselfde is.
 Mara sê Leendra moenie vir Sielie slegte gewoontes leer deur voor haar te rook
nie. (1)

7.10 Derdepersoonsverteller/alomteenwoordige verteller  (1)


[11]

TEKS B

7.11 In Jamaina se kantoor / die skoolhoof se kantoor (by Vlaktevlei Primêr).  (1)

7.12 Hy wil hê sy moet haar personeel, spesifiek Vos, onder beheer/in toom hou  sodat
niemand negatief teenoor die Redelinghuyse se beplande projek optree nie. 
[Aanvaar soortgelyke antwoorde.] (2)

7.13 Sy weet/is bewus daarvan dat sy sopas iets verkeerd gedoen het deur die geld te
aanvaar.  (1)

7.14 Geheime  (1)

7.15 Tydens die gemeenskapsvergadering tussen die Redelinghuyse en die Vlaktevleiers in


die skoolsaal  het chaos ontstaan toe die Redelinghuyse met klippe bestook en vensters
gebreek is.  (2)

Bladsy 8 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

7.16 Dit wys Jamaina aarsel ’n oomblik voor sy die leuen vertel. / Sy dink aan ʼn storie om op te
maak.  (1)

7.17 Broosheid/versplintering/ontnugtering  (1)

7.18 Leerder se eie antwoord waar ja/nee verpligtend is, maar geen punt verdien nie. Slegs die
motivering wat met die ja/nee ooreenstem, verdien ʼn punt. Moontlike antwoorde: Ja.
Gilbert het Jamaina met ’n skelm plan / skelmstreek gevang / hy het haar in die
versoeking gelei. OF: Nee. Jamaina moes nie oneerlik gewees het nie / sy moes van
beter geweet het as om Gilbert te vertrou.  (1)

7.19 Leerder se eie antwoord waar ja/nee verpligtend is, maar geen punt verdien nie. Slegs die
motivering wat met die ja/nee ooreenstem, verdien ʼn punt. Moontlike antwoorde: Ja. Ek
het nie gedink hy sal so ver gaan om sy planne te laat slaag nie.
OF: Nee. Hy het Leendra afgepers dus sal hy Jamaina maklik kan omkoop.  (1)

7.20 Hy is ’n uitbuiter/oneerlik/onderduims/skelm/korrup.  (1)

7.21 Leerder se eie antwoord waar die optrede een punt tel en die rede nog ʼn punt, bv.:

Ek sou ook die geld aanvaar het,  want ek ondersteun Gilbert se planne met Vlaktevlei.
OF: Ek sou Gilbert weggejaag het / gevra het om te loop,  want ek is eerlik en kan nie
omgekoop word nie.  (2)
[14]

TOTAAL AFDELING B: 25

AFDELING C: DRAMA

Mirakel (Reza de Wet)

LET WEL: Indien die leerder die kontekstuele vrae in afdeling C beantwoord, MOES hy/sy die
literêre opstel in afdeling B beantwoord het en andersom.

VRAAG 8: Opstelvraag

 Die onderstaande is ’n breë raamwerk van feite.


 Alhoewel die memorandum puntsgewys en in ’n tabel aangebied word, is dit slegs om die
nasien van die opstel te vergemaklik. Die leerder se opstel moet in paragrawe wees.
 Ander toepaslike motiverings uit die drama moet ook gemerk word.
 Die opstel moet 350 tot 400 woorde lank wees.
 Gebruik die rubriek aan die einde van die memorandum om die opstel na te sien.

INLEIDINGSPARAGRAAF

Leerder moet ’n toepaslike inleidingsparagraaf verskaf, byvoorbeeld:

In die drama Mirakel, geskryf deur Reza de Wet, vind daar uiterlike konflik tussen die karakters
asook innerlike konflik plaas.

Bladsy 9 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

LIGGAAM
● Daar is verbale konflik tussen Du Pré en die Want hulle voel hy kan hulle beter behandel /
toneelspelers as hy hulle slegsê / beledig, met respek behandel.
● Daar is konflik tussen Du Pré en Antoine, Want Du Pré sê hy is nalatig en
onbetroubaar.
● Daar is konflik tussen Du Pré en Salomé, Want Du Pré noem haar teef/verspotte ou
vrou / sy noem hom haasbek weens sy
goedkoop kunstande.
● Daar is konflik tussen Du Pré en Anna as sy Want hy is baie gesteld op sy identiteit as
hom as Noekie aanspreek, Danté du Pré.
● Du Pré baklei met die toneelspelers, Want hy voel hulle moet meer soos
kunstenaars optree / voel hulle is nie
toegewyd genoeg nie.
● Daar is konflik tussen Salomé en Anna, Want Salomé voel bedreig deur Anna as
aktrise.
● Uiterlike konflik ontstaan tussen Anna en die Want sy dreig om Lenie se dood bekend te
toneelgroep, maak as Abel nie na haar terugkeer nie.
● Daar is konflik tussen Abel en Anna, Want sy wil hom terughê en hy wil niks met
haar te doen hê nie.
● Daar is konflik tussen Lenie en Anna, Want Lenie is swanger met Abel se kind en
Anna is sy vrou / nie een van die vroue is
heeltemal seker van Abel se gevoelens nie.
● Lenie ervaar innerlike konflik, Want sy voel bedreig deur Anna se
verskyning.
● Abel ervaar innerlike konflik, Want hy voel negatief teenoor Anna / hy
vertrou haar nie.
● Abel ervaar innerlike konflik, Want hy wil ook nie teenoor Anna
toneelspeel en ná die vertoning na haar
terugkeer nie, maar hy moet dit doen as hy
Lenie se dood 'n geheim wil hou. Hy moet
kies tussen ware kunstenaarskap en sy eie
wil.
Leerder se eie opinie rakende konflik met ’n spesifieke karakter, bv.:
● Du Pré, want hy praat te lelik/neerhalend/beledigend met ’n mens.
● Salomé, want sy is te kinderagtig / het ’n oordrewe idee van haar skoonheid/beroemdheid.
● Antoine, want hy sal my irriteer / klink na ’n klakous/alkoholis.
● Abel, want ek voel hy kon lankal opgestaan het teen Anna.
● Lenie, want sy klink na ’n pieperige meisie wat vir als bang is.
● Anna, want ek hou nie van baasspelerige vroue nie.
SLOTPARAGRAAF

Leerder moet ’n toepaslike slotparagraaf verskaf, byvoorbeeld:

Uit bogenoemde is dit duidelik dat konflik (uiterlik en innerlik) ’n belangrike rol speel in die drama.
[25]

Bladsy 10 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 9: Kontekstuele vrae

TEKS A

9.1 As gevolg van die Groot Depressie  het die toneelspelers ’n gebrek aan inkomste /
ervaar hulle ekonomiese swaarkry / sukkel hulle om ’n bestaan te maak.  (2)

9.2 Dantie du Preez  (1)

9.3 Du Pré dink baie van homself / hy dink hy is beter as die ander spelers / sien homself as
’n tipe god met die spelers as sy skepsels wat hy moet lei. 
Hy is passievol oor die teater / raak maklik opgewerk / is baie melodramaties.  (2)

9.4 Sy is afhanklik van Du Pré / sy is nie trots nie / sy is pateties.  (1)

9.5 Hier praat hy minagtend met haar,  maar ander kere praat hy liefdevol met haar / asof
hy vir haar omgee.  (2)

9.6 Hy bedoel dalk nie wat hy sê nie / hy is nie regtig jammer nie.  (1)

9.7 Onwaar (verpligtend, geen punt), “sarkastiese, geamuseerde uitdrukking”  (1)


[10]

TEKS B

9.8 Elkeman  (1)

9.9 Du Pré se medespelers,  want hulle is volgens hom nie ware kunstenaars nie. OF
Anna,  want sy besef nie Du Pré wil van haar ontslae raak nie.  (2)

9.10 Dit dui tydsverloop aan.  (1)

9.11 Aangedaan/ontroer/hartseer.  (1)

9.12 Hy is teatraal/aanstellerig/oordrewe/melodramaties.  (1)

9.13 Konnotatief (verpligtend, geen punt). Hy het swaargekry/seergekry/gely.  (1)

9.14 geliefde = Lenie  slinkse vrou = Anna 


[Indien slegs name gegee word, moet dit in dié volgorde wees.] (2)

9.15 Dis ’n Middeleeuse spel / ’n toneelstuk.  (1)

9.16 C sprokieselemente (1)

9.17 Die stelling is korrek, want nie Anna of die ander toneelspelers vermoed dat Du Pré in
werklikheid van Anna probeer ontslae raak nie. 
“Asof jy van rol verander ...” 
[Slegs ’n FRASE by die aanhaling.] (2)

Bladsy 11 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

9.18 Deur middel van goeie toneelspel bevry Du Pré die toneelgeselskap van die houvas wat
Anna op hulle het. 
Abel word van Anna bevry, want hy bly nie meer by haar agter nie, maar vertrek saam
met die toneelgeselskap.  (2)
[15]

TOTAAL AFDELING C: 25

GROOTTOTAAL: 80

Vraestelanalise volgens Barrett se taksonomie

GRAAD 11 EKSAMENVRAESTEL 2
VAK: AFRIKAANS HUISTAAL
2021
SOORT TAAK: NOVEMBEREKSAMEN
NOMMER: TAAK 10.2
VRAAGNO. VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 VLAK 4 VLAK 5
LETTERLIKE HERORGANISASIE BEREDENEERDE EVALUERING WAARDERING
VLAK Som op, herken GEVOLGTREKKING Eie mening, Bespreek
Staaf/bewys, verskille, verstaan, Toepassing, vergelyk, geldig of respons, eie
beskryf, verduidelik, hoofgedagtes, oorsaak ongeldig, mening, empatie/
identifiseer, verdedig, en gevolg, verduidelik, analiseer, stem nie, hoe sou jy
ken, noem op, veralgemeen, gee afleidings, trek verbande, saam/nie, staaf optree?, bespreek
vergelyk voorbeelde waar of onwaar, voltooi, mening, taalgebruik/
probleemoplossing, vereenvoudig, formaat, genre,
visuele en grafiese vergelyk, morele tipografie
interpretasie, beoordeling, kategoriseer,
meervoudige keuse differensieer, kombineer,
onderskei verduidelik
VRAAG 1 Geen analise benodig nie.
VRAAG 2
2.1 1
2.2 2
2.3 1
2.4 2
2.5 1
2.6 1
2.7 2
TOTAAL 4 0 4 2 0
GEWIGTE 40% 40% 20%
VRAAG 3
3.1 1
3.2 1
3.3 1
3.4 1
3.5 2
3.6 1
3.7 1
3.8 2
TOTAAL 2 2 4 0 2
GEWIGTE 40% 40% 20%

Bladsy 12 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 4
4.1 2
4.2 1
4.3 1
4.4 1
4.5 1 2
4.6 1
4.7 1
TOTAAL 2 2 4 1 1
GEWIGTE 40% 40% 20%
VRAAG 5
5.1 1 1
5.2 1
5.3 2
5.4 1
5.5 1
5.6 1
5.7 1
5.8 1
TOTAAL 2 2 4 1 1
GEWIGTE 40% 40% 20%
VRAAG 6 Geen analise benodig nie.
VRAAG 7
7.1 1
7.2 1
7.3 2
7.4 1
7.5 1
7.6 1
7.7 1
7.8 1
7.9 1
7.10 1
7.11 1
7.12 2
7.13 1
7.14 1
7.15 2
7.16 1
7.17 1
7.18 1
7.19 1
7.20 1
7.21 2
TOTAAL 6 4 10 1 4
GEWIGTE 40% 40% 20%
VRAAG 8 Geen analise benodig nie.

Bladsy 13 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 9
9.1 2
9.2 1
9.3 2
9.4 1
9.5 2
9.6 1
9.7 1
9.8 1
9.9 2
9.10 1
9.11 1
9.12 1
9.13 1
9.14 2
9.15 1
9.16 1
9.17 1 1
9.18 2
TOTAAL 7 3 10 5 0
GEWIGTE 40% 40% 20%

Bladsy 14 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


INHOUD 6-7 5 4 3 0-2
 Diepgaande  Toon begrip van die  Redelike interpretasie  →Onbevredigende  Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie.
onderwerp onderwerp. onderwerp goed  Enkele goeie punte onderwerp.  Geen verwysing na
Diepte van argument,  Reeks treffende geïnterpreteer. ter ondersteuning van  Byna geen punte wat die gedig nie.
verantwoordbaarheid en argumente wat  Respons redelik die onderwerp. die onderwerp  Leerder het nie die
insig in teks behoorlik uit die gedig gedetailleerd.  Enkele argument ondersteun nie. genre en gedig onder
gerugsteun is.  Enkele deeglike word ondersteun,  Onvoldoende begrip die knie nie.
7 PUNTE  Uitstekende begrip argumente gegee, maar, bewyse nie van genre en gedig.
van die genre en maar nie almal ewe altyd oortuigend nie.
gedig. goed gemotiveer nie.  Basiese begrip van
 Begrip van genre en genre en gedig.
gedig duidelik.
STRUKTUUR EN TAAL 3 2 1 1 0
 Samehangende  Duidelike struktuur en  Enkele bewyse van  Struktuur toon tekens  Struktuur swak
Struktuur, logiese vloei struktuur logiese vloei van struktuur. van swak beplanning.  Ernstige taalfoute
en aanbieding  Argumente goed argument.  ’n Goed  Argumente nie logies  Foutiewe styl
Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar  Vloei van argument gestruktureerde gerangskik nie.
gebruik in opstel is ontwikkeling. kan gevolg word. logiese vloei en  Taalfoute beduidend.
 Taalgebruik, toon en  Taalgebruik, toon en samehang ontbreek  Toon en styl nie
3 PUNTE styl is volwasse, dit styl is grootliks in die opstel. geskik nie.
beïndruk en is korrek. korrek.  Geringe taalfoute;
 Grammatika, spelling toon en styl meestal
en punktuasie foutvry. gepas.
VERSPREIDING VAN
9-10 7 5 4 0-2
PUNTE

Bladsy 15 van 16 © Impaq


Novembereksamenmemorandum 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING B en C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: DRAMA en ROMAN [25]

Inhoud Uitstekend Goed Bogemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak Beroerd


14-15 12-13 11-10 8-9 6-7 4-5 0-3
Interpretasie van Uitstekende Diepgaande Toon goeie Redelike begrip Basiese begrip van Onbevre-digende Geen begrip van
onderwerp. begrip van begrip van begrip van van inhoud en inhoud en strekking begrip van inhoud inhoud en strekking
Diepte van inhoud en inhoud en inhoud en strekking van van genre. en strekking van van genre nie.
argument, strekking van strekking van strekking van genre. Weinig feite met genre. ’n Vae aanpak van
verantwoord- genre. genre. genre. Enkele feite motiverings word Slegs enkele feite genre, geen feite
baarheid en insig in Feite en Feite en Feite gegee, word gegee. word gegee met motiverings wat
teks. motiverings motiverings maar nie almal gemotiveer. sonder spesifieke genre
uitsonderlik. goed met motiverings motiverings. staaf nie.
ondersteun. nie.
Struktuur en taal Uitstekend Bogemiddeld/Goed Gemiddeld Ondergemiddeld Swak
9-10 7-8 5-6 3-4 0-2
Logiese vloei en Same- Duidelike struktuur. Goeie bewyse Basiese toon van struktuur. Geen toon van
aanbieding. hangende Inleiding, slot en paragrawe van struktuur Gebrekkige inleiding en slot is gegee. bewyse van
Toon- en struktuur. samehangend. met inleiding Taalfoute is beduidend en paragrafering is struktuur nie.
stylgebruik in Uitstekende Taalgebruik, toon en styl is maar geen foutief. Geen logiese vloei
opstel. inleiding en grootliks korrek. slot/geen van argumente nie,
slot gegee. inleiding nie, nie gepas by genre
Taalgebruik, slegs slot. nie.
toon en styl Enkele Taalfoute, toon en
pas by genre. taalfoute, toon stylfoute belemmer
en styl gepas. vloei van
argumente.

Bladsy 16 van 16 © Impaq

You might also like