You are on page 1of 16

AFRIKAANS HUISTAAL 2/3

GRAAD 11

TAAK 10.2

NOVEMBEREKSAMEN 2021

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

 Die goedgekeurde toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad van my.Impaq af,
onderteken dit en heg dit vooraan die antwoordstel vir nasiendoeleindes.

 Die eksamenantwoordblad en unieke strepieskodevoorblad moet vir nasiendoeleindes op


my.Impaq gelaai word, met die uitsondering van IGO (EGD), Dramatiese/Visuele Kunste en RTT
(CAT) Prakties*, waar ’n hardekopie per hand deur die toesighouer/koerier by Impaq se kantore
ingehandig moet word. *Praktiese vraestelle moet per CD/geheuestokkie (flash drive) inhandig word.

 Vir enige hardekopie-inhandiging moet ’n afskrif van die antwoordblad gehou word.

Bladsy 1 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFRIKAANS HUISTAAL
NOVEMBEREKSAMEN 2021
VRAESTEL 2/3: LETTERKUNDE
GRAAD 11

EKSAMINATOR: C. van Staden TYD: 2½ uur


MODERATOR: M. Brink TOTAAL: 80

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en NEGE vrae:


1.1 Afdeling A: Poësie
1.2 Afdeling B: Roman
1.3 Afdeling C: Drama
2. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit afdeling A, EEN uit afdeling B en EEN uit
afdeling C. Oefen jou keuses as volg uit:
2.1 Afdeling A: Poësie
Gesiene gedigte: Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig: EEN VERPLIGTE vraag.
2.2 Afdeling B: Roman
Beantwoord EEN vraag.
2.3 Afdeling C: Drama
Beantwoord EEN vraag.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n lyn ná elke vraag.
5. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
is.
6. Laat ’n reël oop tussen jou antwoorde.
7. Voorgestelde tydsindeling:
 Afdeling A: 40 minute
 Afdeling B: 55 minute
 Afdeling C: 55 minute
8. Skryf netjies en leesbaar in blou ink.

Bladsy 2 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur
te lees.

Onthou: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN stel KONTEKSTUELE VRAE onderskeidelik uit
AFDELING B en AFDELING C. As jy die opstelvraag in afdeling B beantwoord, MOET jy die kon-
tekstuele vrae in afdeling C beantwoord en andersom. Indien jy TWEE stelle kontekstuele vrae of
TWEE opstelvrae beantwoord, sal jy nul vir die tweede vraag kry.
AFDELING A: POËSIE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord enige TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG BLADSY
1. “Gebed tot die bome” Opstelvraag 4
2. “Bontvisvanger” Kontekstuele vrae 5
3. “Medea” Kontekstuele vrae 6
4. “Winternag” Kontekstuele vrae 7-8
EN
Ongesiene gedig: VERPLIGTEND
5. Kontekstuele vrae 8-9
“Die begrafenis”
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
6. Droomdelwers Opstelvraag 9
7. Droomdelwers Kontekstuele vrae 9-11
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
8. Mirakel Opstelvraag 12
9. Mirakel Kontekstuele vrae 12-14

KONTROLELYS
VRAAG- GETAL VRAE
AFDELING MERK
NOMMER BEANTWOORD
A: Poësie 1-4
Ongesiene gedig 5 1 
B: Roman 6-7
C: Drama 8-9

LET WEL
Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN stel KONTEKSTUELE VRAE onderskeidelik uit
AFDELING B en AFDELING C. As jy die opstelvraag in afdeling B beantwoord, MOET jy die
kontekstuele vrae in afdeling C beantwoord en andersom.

Bladsy 3 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: POËSIE

Beantwoord enige TWEE vrae (vraag 1 tot 4) en die VERPLIGTE ongesiene gedig
(vraag 5).

VRAAG 1: “Gebed tot die bome” (Vincent Oliphant) – opstelvraag

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die volgende langvraag.

Gebed tot die bome – Vincent Oliphant

1 mag ek altyd die voorreg hê


2 die voorreg om julle só te sien staan
3 sagmoedige stil monnike

4 julle wat nog nooit ’n hand teen iemand gelig het nie
5 gee my iets van julle heiligheid
6 sodat ek uiteindelik die byl neer kan lê
7 hierdie wapen wat ek so ongenaakbaar teen julle opneem
8 julle wat só hulpeloos met julle voete in die aarde geanker staan

9 waardige vriende
10 julle wat ten spyte van alles steeds my asem aan my gee
11 gee my méér
12 gee my die wysheid om te weet
13 hoe ek julle liefde kan beantwoord
14 sodat ek weer die tuin mag betree
15 om sáám met julle my plek in te neem
16 om sáám ’n nuwe gees uit die grond te laat groei
17 my vriende
18 my behoud
[Uit: Groen: Gedigte oor die omgewing, 1990]

In hierdie gedig is daar duidelike kenmerke van vrye vers. Motiveer dié stelling in ʼn opstel
van 200 tot 250 woorde. Sê ook of jy dink dat natuurbewaring belangrik is of nie. [10]

OF

Bladsy 4 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 2: “Bontvisvanger” (Johann L. Marais) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Bontvisvanger – Johann Lodewyk Marais


Ceryle rudis

1 Hy sit wit-en-swart en bespied die stroom.

2 ’n Uitgeslape hengelaar geheg


3 aan blinkende water en reënboë.

4 Fladderhang.

5 Duik

6 af

7 en vlieg hom los, terug na die mingerhout


8 met die silwer vangs blinknat in sy bek.
[Uit: Aves, 2002]

2.1 Sê of de volgende stelling WAAR of ONWAAR is en motiveer jou antwoord.


Hierdie gedig is ʼn voorbeeld van woordekonomie. (1)

2.2 Waar sit die visvanger in r. 1? Motiveer jou antwoord deur EEN woord uit die gedig
aan te haal. (2)

2.3 Haal ’n voorbeeld van ’n metafoor uit die gedig aan. (1)

2.4 Verduidelik die woord fladderhang (r. 4) in jou eie woorde. (2)

2.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter
neer, bv.: 2.5, E.

Die reguit afduik in die water na die prooi word deur die _____ gesuggereer.

A tipografiese wit
B enjambement
C woordspeling
D A en B (1)

2.6 Benoem die halfrym wat in r. 8 voorkom. (1)

2.7 Marais is veral ’n bewaringsdigter. Beoordeel die geldigheid van dié stelling deur
na die subtitel en die mingerhout (r. 7) te verwys. (2)
[10]

OF

Bladsy 5 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 3: “Medea” (Sarina Dönges) – kontekstuele vrae


Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Medea – Sarina Dönges

1 ’n vrou het een maal lief


2 en as die man van haar liefde
3 wegdraai
4 skarrel die skepping opeens verskrik
5 krys wraakvoëls van ’n ysspits af
6 word die son ’n sweer wat etter
7 spin sy ’n gifkleed vir sy minnares
8 brok sy die seuns van haar bors
9 soos korse brood, slyp sy uit haar wond,
10 ’n swaard blinker en skerper as glas

11 en keer hy terug, vind hy haar in ’n huis


12 wat sy nie meer bewoon nie
13 in ’n kamer sonder lig
14 kyk sy na hom met oë
15 wat nie aan haar behoort nie

16 nie kleisag nie. toegeklip.


[Uit: In die tyd van uile, 2004]

3.1 ’n Vrou (r. 1) dui op (Medea / enige vrou). (1)

3.2 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter
neer, bv.: 3.2, E.

Die enjambement in r. 2-3 suggereer _____.

A die man se verraad


B die paradoksale gedagte
C die vrou se wraak
D die intertekstuele verwysing (1)

3.3 Wat beteken die woord krys (r. 5)? (1)

3.4 Wat word deur die metafoor in r. 6 gesuggereer? (1)

3.5 Som strofe 2 op in jou eie woorde. (2)

3.6 Gee ’n voorbeeld van ’n teenstelling in die gedig. (1)

3.7 Omskryf die tema van die gedig. (1)

3.8 Hoe sou jy die situasie hanteer het as jy in Medea (of ’n man) se skoene was? (2)
[10]

OF

Bladsy 6 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 4: “Winternag” (Eugène N. Marais) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Winternag – Eugène N. Marais

1 O koud is die windjie


2 en skraal.
3 En blink in die dof-lig
4 en kaal,
5 so wyd as die Heer se genade,
6 lê die velde in sterlig en skade.
7 En hoog in die rande,
8 versprei in die brande,
9 is die grassaad aan roere
10 soos winkende hande.

11 O treurig die wysie


12 op die ooswind se maat,
13 soos die lied van ’n meisie
14 in haar liefde verlaat.
15 In elk’ grashalm se vou
16 blink ’n druppel van dou,
17 en vinnig verbleek dit
18 tot ryp in die kou!
[Uit: Groot Verseboek, 1952]

4.1 Gee nog TWEE woorde uit strofe 1 wat saam met sterlig (r. 6) wys dat die sterre
die enigste lig verskaf. (2)

4.2 Haal ’n voorbeeld van personifikasie uit r. 1-10 aan. (1)

4.3 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.


Ter wille van die rym word “elk’” in plaas van “elke” in r. 15 gebruik. (1)

4.4 Kies die regte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter neer,
bv.: 4.4, E.

Die alliterasie in r. 16-17 suggereer _____.

A die vertraagde tempo


B die kil atmosfeer
C die vriesproses
D die doodsheid van die landskap (1)

Bladsy 7 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

4.5 By watter woord in die gedig sluit kou (r. 18) aan? Wat is die funksie van daarvan?
Noem TWEE dinge. (3)

4.6 Evalueer die geslaagdheid van die vergelyking in r. 11-14. (1)

4.7 Die gedig is reeds in 1905 gepubliseer en word deur Gustav Preller as die eerste
“ware” Afrikaanse gedig beskryf. Wat is jóú opinie rakende die gedig? (1)
[10]

EN

VERPLIGTE ONGESIENE GEDIG

VRAAG 5: “Die begrafenis” (Eitemal) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Die Begrafenis – Eitemal

1 “Is iemand dood? En wie was sy?” –


2 ’n Vreemd’ling vra en stap verby.

3 Die bure sug: “So ’n goeie vrou!


4 Haar skoonfamilie gaan ook rou.”

5 Die dokter frons: “Dit was nogal


6 ’n Allermoeilikste geval.”

7 Die predikant, manel en das,


8 Gebaar: “Ja, alle vlees is gras.”

9 Twee kleintjies, met dik snye brood,


10 Roep: “Omie, onse ma is dood.”

11 ’n Man staar eenkant op die grond


12 Met twee diep lyne om sy mond.
[Bron: Phaeton en ander gedigte, 1931]

5.1 Benoem die stylfiguur in vreemd’ling (r. 2) en sê wat die funksie daarvan is. (2)

5.2 Watter karaktereienskap openbaar die bure in r. 3-4 met hul opmerking? (1)

5.3 Op watter wyse word die karakters in die eerste vyf strofes se onbetrokkenheid
met ʼn man (strofe 6) se betrokkenheid gekontrasteer? (2)

5.4 Verduidelik die metafoor in r. 8. (1)

Bladsy 8 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

5.5 Wat impliseer r. 10? (1)

5.6 Haal TWEE woorde in die slotstrofe aan wat daarop dui dat die man bedroef is. (1)

5.7 Vir die dokter is die vrou net nog ’n geval wat gesterf het (sy is nie as mens vir
hom belangrik nie). Wat is jou opinie oor die hoeveelheid empatie wat dokters
deesdae teenoor hulle pasiënte het? (1)

5.8 Die gedig is in 1931 geskryf. Dink jy die inhoud is vandag steeds relevant?
Motiveer jou antwoord. (1)
[10]

TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: ROMAN

Droomdelwers (Esta Steyn)

INSTRUKSIES

 Beantwoord EEN vraag.


 Beantwoord vraag 6 (opstelvraag) OF vraag 7 (kontekstuele vrae).
 Indien jy die kontekstuele vrae beantwoord, MOET jy uit afdeling C die opstelvraag
beantwoord, en andersom.
 Hierdie afdeling tel 25 punte.

VRAAG 6: Opstelvraag

Verskeie karakters in Droomdelwers toon ooreenkomste, maar ook verskille. Verduidelik


hierdie stelling in ’n literêre opstel van 350 tot 400 woorde deur spesifiek te verwys na
Leendra teenoor Phil, Gerald teenoor Gilbert en Gretel teenoor Mara. [25]

OF

VRAAG 7: Kontekstuele vrae

Lees die uittreksels noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

1 Sweetie gee vir Bontie ’n kyk. Dat hy nou wragtag vir Phil opkom. Maar nou ja,
2 Bontie sal nooit ’n verkeerde woord van iemand sê nie. Veral ook nie van Phil wat sy
3 baas is nie.
4 “Hy’t haar afgeskryf,” sê sy beslis. “Hy’t gedink sy gaan nooit uitkom nie.”

Bladsy 9 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

5 “Ons het almal so gedink, Sweetie,” sug Bontie sag. “Maar die Man van Bo het ons
6 gebede aangehoor.”
7 Toe Sweetie weer na Bontie kyk, sien sy dat trane oor sy wange afdrup tot in sy
8 stoppelbaard. Sy sit ’n stewige arm rondom hom. Hulle huil saam. En toe kom Boeta
9 ook by die voorhuis in. Hy staan met sy forse lyf die deur vol.
10 “Ma,” sê hy op sy stadige manier, “Leentjies het huis toe gekom. Oom Phil se kar
11 het nou net gestop.”
12 “Ons weet, my kind,” sê Sweetie, “ons kan nou-nou oorloop om haar te gaan groet.
13 Sy moet net eers kans kry om vir Lucia te ontmoet. En vir ou Mara.”
[Uit: Droomdelwers, 2015, bl. 11]

7.1 Wie is Bontie na wie Sweetie in r. 1 kyk? (1)

7.2 Hoe word Sweetie (r. 5) deur naamgewing gekarakteriseer? (1)

7.3 ’n Sagte kant van Bontie word in r. 7 geopenbaar. Hoe verskil sy verhouding met
Leendra met dié van oom Phil se verhouding met haar? (2)

7.4 Bontie en Sweetie huil saam (r. 8). Is hulle optrede oortuigend? Motiveer. (1)

7.5 Wat beteken die woord forse (r. 9)? (1)

7.6 Boeta noem Leendra Leentjies in r. 10. Wat suggereer dit met betrekking tot hul
verhouding? (1)

7.7 Kies die regte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter neer,
bv.: 7.7, E.

Waar in die bou van die roman pas r. 10-11?

A Eksposisie
B Motoriese moment
C Ontwikkeling/verwikkeling
D Klimaks/hoogtepunt (1)

7.8 Wie is Mara (r. 13)? (1)

7.9 Bespreek die ontmoeting tussen Leendra en Mara. (1)

7.10 Benoem die tipe verteller in dié uittreksel. (1)


[11]

EN

Bladsy 10 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

TEKS B

1 Gilbert antwoord nie. Hy haal sy tjekboek uit en soek ’n pen in sy sak. Hy begin ’n
2 tjek uitskryf, terwyl sy hom vraend dophou. “My plan was om met my personeel te
3 praat. Ek wil nie hê dat hulle betrokke raak nie.”
4 “Dankie,” sê Gilbert en teken die tjek. Hy gee dit vir haar aan.
5 Haar oë rek. “Baie dankie! Dis baie geld, Gilbert. Ons … ons het sporttoerusting
6 nodig.”
7 Gilbert se stem is sag, intiem. “Dis vir jou om persoonlik te besluit hoe jy dit wil
8 gebruik.”
9 Sy kyk hom onseker aan. “Ek pos die kwitansie.”
10 Hy staan op. “Ek soek nie ’n kwitansie nie. Ek soek jou ondersteuning, Jamaina. Jy
11 het tog invloed … right?”
12 Sy knik haar kop. “Reg.”
13 Hy gaan uit en sy kyk hom ’n ruk agterna. Sy kyk weer na die tjek en maak haar
14 handsak oop en bêre dit. Sy skrik wanneer die deur oopgaan. Dis Gerald. “Wat sê
15 Gilbert? Ek sien hy was hier.”
16 Sy pak die papiere op die lessenaar in hopies. “Hy’t … kom hoor of die mense van
17 die glas al hier was.”
[Uit: Droomdelwers, 2015, bl. 115]

7.11 Waar speel hierdie gedeelte af? Wees spesifiek. (1)

7.12 Wat behels die ondersteuning wat Gilbert by Jamaina soek (r. 10)? (2)

7.13 Wat suggereer die feit dat Jamaina skrik toe die deur oopgaan (r. 14)? (1)

7.14 Watter subtema in die roman word in r. 13-14 aangeraak? (1)

7.15 Watter gebeure het aanleiding daartoe gegee dat die mense van die glas
(r. 16-17) moes kom? (2)

7.16 Verklaar die gebruik van die ellips in r. 16. (1)

7.17 Voltooi: Glas (r. 17) is ’n simbool van _____ in die roman. (1)

7.18 Simpatiseer jy met Jamaina oor haar keuse rondom Gilbert se vrygewigheid?
Motiveer jou antwoord. (1)

7.19 Is jy verbaas dat Gilbert vir Jamaina probeer omkoop? Hoekom sê jy so? (1)

7.20 Watter karaktereienskap openbaar Gilbert deur sy optrede in dié uittreksel? (1)

7.21 Hoe sou jy die situasie hanteer het as jy in Jamaina se posisie was? Gee ʼn rede
vir jou antwoord. (2)
[14]

TOTAAL AFDELING B: 25

Bladsy 11 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING C: DRAMA

Mirakel (Reza de Wet)

INSTRUKSIES

 Beantwoord EEN vraag.


 Beantwoord vraag 8 (opstelvraag) OF vraag 9 (kontekstuele vrae).
 Indien jy die kontekstuele vrae beantwoord, MOET jy die opstelvraag uit afdeling B
beantwoord, en andersom.
 Hierdie afdeling tel 25 punte.

VRAAG 8: Opstelvraag

Konflik (uiterlik sowel as innerlik) is ’n belangrike element in enige drama. Bespreek hierdie
stelling in ʼn opstel van 350 tot 400 woorde en verwys na Mirakel. Verduidelik ook met
watter karakter jy dink jy die meeste konflik sou hê. [25]

OF

VRAAG 9: Kontekstuele vrae

Lees die uittreksels noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

1 ANTOINE: Sy’s reg. Ons is gewoond aan beter. Wie kan so


2 werk!
3 DU PRÉ: (hard om gehoor te word bo SALOMÉ se histeriese ge-
4 huil) Julle uitvaagsels! Ek het genoeg gehad! Ek kan nie meer
5 nie! Wat weet julle van kuns? Van die hoëre dinge? Tja! Julle
6 verdien my nie! Ek mors my tyd! (Hang sy mantel om)
7 SALOMÉ is eensklaps stil.
8 DU PRÉ: Ek loop nou! (Sit sy hoed op) Ek wil julle nooit weer
9 voor my oë sien nie! Rioolrotte! Amateurs! (Beweeg vinnig na
10 die deur)
11 SALOMÉ: (hardloop agter DU PRÉ aan en klou aan hom vas)
12 Wag! Asseblief! Moenie gaan nie! Asseblief! Wat sal ons
13 maak? Wat sal ons maak sonder jou?
14 DU PRÉ: (bulder) Haal jou pote van my af!
15 SALOMÉ: Asseblief. Asseblief. Ons is jammer. Baie jammer.
16 Antoine is ook jammer, is jy nie?
17 ANTOINE: (mompel) Ek is jammer.
18 DU PRÉ: Laat my gaan!
19 SALOMÉ: Asseblief! Asseblief! Abel en Lenie is ook jammer.

Bladsy 12 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

20 Asof hy van rol verander, verdwyn DU PRÉ se woede eensklaps


21 en word vervang deur ’n sarkastiese, geamuseerde uitdrukking.
22 Hy lag sag. Dan harder. Hy skud SALOMÉ af en beweeg na ABEL
23 en LENIE.
[Uit: TRITS: Mis, Mirakel, Drif, 2008, bl. 106]

9.1 Antoine sê in r. 1 hulle is gewoond aan beter. Wat het gebeur dat dit nie meer so
goed met hulle toneelgeselskap gaan nie? (2)

9.2 Wat is Du Pré se regte naam en van? (1)

9.3 Gee ’n kritiese bespreking van Du Pré se optrede en houding in r. 3-6. (2)

9.4 Watter karaktereienskap openbaar Salomé se optrede én woorde in r. 11-13? (1)

9.5 Vergelyk die wyse waarop Du Pré in r. 14 met Salomé praat met ander kere in die
drama. (2)

9.6 Wat suggereer die feit dat Antoine in r. 17 mompel? (1)

9.7 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Haal DRIE OPEENVOLGENDE aan
as bewys van jou antwoord.

Du Pré aanvaar Salomé se verskonings onvoorwaardelik. (1)


[10]

EN

TEKS B

1 DU PRÉ: (kort stilte. Kyk na die deur. Harder) ‘Hulle lewe sonder
2 vrees in hierdie wêreld. Sien geen visioene en is blind!’ (Hou
3 skielik op en beweeg vinnig na die deur. Maak dit effens oop
4 en loer uit. Stilte) Ja … ja … daar verdwyn sy nou om die
5 hoek. (Draai om) Sy is weg! Nou is ons van haar ontslae!
6 ANTOINE: Maar ek verstaan nie!
7 SALOMÉ: (nog op die tafel met haar vlerke gesprei) Wat gaan
8 nou hier aan? Netnou nog was sy jou ster!
9 DU PRÉ: Mense. (Stilte. Bewoë) Hier het nou net iets groots ge-
10 beur!
11 SALOMÉ: (klim van die tafel af) Waarvan praat jy?
12 DU PRÉ: (lig sy arm stadig en wys na ABEL) Kyk na hom. Hy is
13 deur diep waters. Sy geliefde het gesterf! Hy het ’n kind ver-
14 loor! Ons het hom verloën, verwerp en aan ’n slinkse vrou
15 verkoop. Hy is … gebroke. Maar tog trek hy Elkeman se jurk
16 aan, gespe Elkeman se swaard aan en sê: ‘Ja. Ek is gereed.’
17 Abel was ’n man. En ’n akteur. Maar op daardie oomblik het
18 hy … ’n kunstenaar geword!
[Uit: TRITS: Mis, Mirakel, Drif, 2008, bl. 151]

Bladsy 13 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

9.8 Watter woord in r. 12-18 sluit by r. 1-2 aan? (1)

9.9 Op wie kan die woorde Sien geen visioene en is blind (r. 2) moontlik betrekking
hê? Verduidelik jou antwoord. (2)

9.10 Wat is die funksie van die ellips in r. 4? (1)

9.11 Verduidelik wat die woord bewoë (r. 9) beteken. (1)

9.12 Watter karaktereienskap openbaar Du Pré deur sy woorde in r. 12-18? (1)

9.13 Hy is deur diep waters (r. 12-13). Word die sin DENOTATIEF of KONNOTATIEF
bedoel? Motiveer jou antwoord. (1)

9.14 Wie is die geliefde (r. 13) en ’n slinkse vrou (r. 14) onderskeidelik? (2)

9.15 Wie of wat is Elkeman (r. 15)? (1)

9.16 Kies die regte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter neer,
bv.: 9.16, E.

Die swaard (r. 16) vorm deel van die _____.

A mistieke elemente
B stryd tussen goed en kwaad
C sprokieselemente
D tema van bevryding (1)

9.17 Du Pré is ’n goeie toneelspeler. Beoordeel die stelling deur na hierdie uittreksel te
verwys. Haal ook ’n FRASE uit TEKS A aan wat dié stelling ondersteun. (2)

9.18 Evalueer hoe die gebeure in hierdie uittreksel by die tema van bevryding aansluit. (2)
[15]

TOTAAL AFDELING C: 25

GROOTTOTAAL: 80

Bladsy 14 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
 Diepgaande  Toon begrip van die  Redelike interpretasie  Onbevredigende  Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie.
onderwerp onderwerp. onderwerp goed  Enkele goeie punte onderwerp.  Geen verwysing na
Diepte van argument,  Reeks treffende geïnterpreteer. ter ondersteuning van  Byna geen punte wat die gedig nie.
verantwoordbaarheid argumente wat  Respons redelik die onderwerp. die onderwerp  Leerder het nie die
en insig in teks behoorlik uit die gedig gedetailleerd.  Enkele argument ondersteun nie. genre en gedig onder
gerugsteun is.  Enkele deeglike word ondersteun,  Onvoldoende begrip die knie nie.
7 PUNTE  Uitstekende begrip argumente gegee, maar, bewyse nie van genre en gedig.
van die genre en maar nie almal ewe altyd oortuigend nie.
gedig. goed gemotiveer nie.  Basiese begrip van
 Begrip van genre en genre en gedig.
gedig duidelik.
STRUKTUUR EN 3 2 1 1 0
TAAL  Samehangende  Duidelike struktuur en  Enkele bewyse van  Struktuur toon tekens  Struktuur swak
struktuur logiese vloei van struktuur. van swak beplanning.  Ernstige taalfoute
Struktuur, logiese  Argumente goed argument.  ’n Goed  Argumente nie logies  Foutiewe styl
vloei en aanbieding gestruktureer en daar  Vloei van argument gestruktureerde gerangskik nie.
Taalgebruik, toon en is ontwikkeling. kan gevolg word. logiese vloei en  Taalfoute beduidend.
styl gebruik in opstel  Taalgebruik, toon en  Taalgebruik, toon en samehang ontbreek  Toon en styl nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks in die opstel. geskik nie.
3 PUNTE beïndruk en is korrek. korrek.  Geringe taalfoute;
 Grammatika, spelling toon en styl meestal
en punktuasie foutvry. gepas.
VERSPREIDING
9-10 7 5 4 0-2
VAN PUNTE

Bladsy 15 van 16 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING B en C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: DRAMA en ROMAN [25]

Inhoud Uitstekend Goed Bogemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak Beroerd


14-15 12-13 11-10 8-9 6-7 4-5 0-3
Interpretasie van Uitstekende Diepgaande Toon goeie Redelike begrip Basiese begrip van Onbevre-digende Geen begrip van
onderwerp. begrip van begrip van begrip van van inhoud en inhoud en strekking begrip van inhoud inhoud en strekking
Diepte van inhoud en inhoud en inhoud en strekking van van genre. en strekking van van genre nie.
argument, strekking van strekking van strekking van genre. Weinig feite met genre. ’n Vae aanpak van
verantwoord- genre. genre. genre. Enkele feite motiverings word Slegs enkele feite genre, geen feite met
baarheid en insig in Feite en Feite en Feite gegee, word gegee. word gegee motiverings wat
teks. motiverings motiverings maar nie almal gemotiveer. sonder spesifieke genre
uitsonderlik. goed met motiverings motiverings. staaf nie.
ondersteun. nie.
Struktuur en taal Uitstekend Bogemiddeld/Goed Gemiddeld Ondergemiddeld Swak
9-10 7-8 5-6 3-4 0-2
Logiese vloei en Same- Duidelike struktuur. Goeie bewyse Basiese toon van struktuur. Geen toon van
aanbieding. hangende Inleiding, slot en paragrawe van struktuur Gebrekkige inleiding en slot is gegee. bewyse van struktuur
Toon- en struktuur. samehangend. met inleiding Taalfoute is beduidend en paragrafering is nie.
stylgebruik in Uitstekende Taalgebruik, toon en styl is maar geen foutief. Geen logiese vloei
opstel. inleiding en grootliks korrek. slot/geen van argumente nie,
slot gegee. inleiding nie, nie gepas by genre
Taalgebruik, slegs slot. nie.
toon en styl Enkele Taalfoute, toon en
pas by genre. taalfoute, toon stylfoute belemmer
en styl gepas. vloei van argumente.

Bladsy 16 van 16 © Impaq

You might also like