You are on page 1of 20

TOERISME 1/1

GRAAD 11

TAAK 3

JUNIE-EKSAMEN 2022

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

• Die nasiener moet seker maak dat die leerder die nodige unieke strepieskodevoorblad voor
die aanvang van die eksamensessie beskikbaar het; dit moet onmiddellik ná afloop van die
eksamen by die antwoordblad geheg word. (Leerders moet hul eie strepieskodevoorblad
verskaf.)

• Hierdie vraestel moet in kleur gedruk word.

Bladsy 1 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

TOERISME
JUNIE-EKSAMEN 2022
VRAESTEL 1/1
GRAAD 11

EKSAMINATOR: M. Badenhorst TYD: 2½ uur


MODERATOR: S. Jordaan TOTAAL: 150

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en SES vrae.


1.1 Afdeling A: Kontekstuele vrae
1.2 Afdeling B: Buitelandse Valutaverhandeling
1.3 Afdeling C: Kultuur-en erfenistoerisme
1.4 Afdeling D: Toerisme sektore
1.5 Afdeling E: Plaaslike toerisme
2. Beantwoord al die vrae in al die afdelings.
3. Lees deur die vraestel voordat dit beantwoord word.
4. Nommer die vrae soos aangedui.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Trek ’n lyn na elke vraag.
7. Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.
8. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.
9. Trek werk duidelik dood wat nie gemerk moet word nie.
10. Slegs ’n nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
11. Alle bewerkings moet getoon word om punte te verdien.
Berekeninge moet tot twee desimale syfers afgerond word.
12. Hierdie vraestel moet in kleur gedruk word.

Bladsy 2 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

AFDELING A: KONTEKSTUELE VRAE

VRAAG 1

1.1 Meervoudigekeusevrae. Vier opsies word as moontlike antwoorde op elk van


die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.15) neer bv. 1.1.16. A.

1.1.1 _____ is die voorkeur betalingsmetode wanneer ’n kar gehuur word.

A Kontant
B Tjek
C Kredietkaart
D SWIFT

1.1.2 Daar is drie hoofdoelwitte wat in die GSPT uiteengesit word.


Watter een is nie ’n hoofdoelwit nie?

A Transformasie
B BBP-groei
C Werkskepping
D Vermeerdering van seisoenaliteit.

1.1.3 Adam is ’n baie besige sakereisiger wat net met sy aktetas en skoot-
rekenaar op die vliegtuig reis. Die beste manier om homself in te boek vir ’n
vlug is by die _____.

A lugredery-inboektoonbank
B spoed-inboekkiosk
C inboektoonbank
D bagasieband

1.1.4. In die tradisionele Indiese kleredragkultuur, dra vroue ’n _____ en mans ’n


_____.

A sari | koniese hoed


B wenda | tsindi
C sari | kurta
D izicholo | vizinene

1.1.5 Die simbool vir die plaaslike geldeenheid wat in Tokio, Japan gebruik word:

A €
B $
C £
D ¥

Bladsy 3 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

1.1.6 Die doel van ’n vliegtuigkombuis is om _____.

A voedsel en drankies tydens ’n vlug te stoor en te bedien


B die toestelle wat die vlieëniers nodig het om die vliegtuig te loods, te behou
C bagasie wat nie in die vragruim pas nie, te stoor
D ’n rusarea te voorsien vir die vlugpersoneel

1.1.7 Palaeontologie is die studie van _____.

A historiese skeepswrakke
B fossiele
C meteorietkraters
D materiële oorblyfsels van vroeë menslike lewe en aktiwiteite

1.1.8 Susan maak ’n bespreking op die MSC Sinfonia.


Watter EEN van die volgende is by die pryspakket ingesluit?

A Alkoholiese drankies.
B Inkopies by die aandenkingswinkel.
C Die gebruik van die swembaddens en jacuzzi.
D Spa-behandelings.

1.1.9 Tydens ’n Suid-Afrikaanse vlug na Italië is Sarah se sitplek genommer: 4K.


Dit beteken dat sy op _____ sit.

A sitpleknommer 4 in ry K langs die paadjie


B sitpleknommer 4 in ry K langs die venster
C sitpleknommer K in ry 4 langs die venster
D sitpleknommer K in ry 4 langs die paadjie

1.1.10 FlySafair is ’n voorbeeld van ’n _____.

A internasionale lugdiens
B lae-kostelugdiens
C privaat lugdiens
D huurvlug

Bladsy 4 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

1.1.11 Die doel van ’n _____ is om voorwerpe soos versteekte wapens, dwelms of
ander onwettige materiaal aan ’n persoon te vertoon.

A termiese liggaamskandeer
B X-straal-veiligheidskandeerder
C biometriese skandeer
D metaalverklikker

1.1.12 _____ is Suid-Afrika se hoofpoort vir internasionale lugreisigers.

A Kaapstad Internasionale Lughawe


B Lanseria Internasionale Lughawe
C Koning Shaka Internasionale Lughawe
D O.R. Tambo Internasionale Lughawe

1.1.13 In Suid–Afrika word Erfenisdag op _____ gevier.

A 24 September
B 16 Junie
C 1 Mei
D 27 April

1.1.14 Die onderstaande logo staan vir _____.

A Passenger Rail Association of South Africa


B Passenger Rail Agency of South Africa
C Public Rail Agency of South Africa
D Public Rail Association of South Africa

1.1.15 Die Uniegeboue in Pretoria is deur SAHRA as ’n _____ verklaar.

A Wêrelderfenisterrein
B Provinsiale erfenisterrein
C Nasionale erfenisterrein
D Plaaslike erfenisterrein
(15 x 1) = (15)

Bladsy 5 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

1.2 Bestudeer die onderstaande roetekaart van die Gautrein. Dui die stasies (A–E)
aan volgens die letters soos aangedui op die roetekaart. Skryf slegs die letter
(A–E) en die antwoord langsaan neer, bv.; F – Parkstasie

(Bron: bit.ly/3Ls3N3L)
(5 x 1) = (5)

Bladsy 6 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

1.3 Bestudeer die onderstaande treinlogo’s en scenario’s. Koppel elke scenario


met die mees gepaste spoorvervoer. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.3.1–1.3.4) neer, bv. 1.3.5 E.

A B

C D

1.3.1 Angus en Amy besoek van Engeland en wil per luukse trein vanaf Pretoria
na Kaapstad reis. Hulle wil ontspan en die Suid-Afrikaanse landskappe
geniet. Die egpaar sien daarna uit om aandete in formele aanddrag te geniet.

1.3.2 John pendel daagliks in Durban se stedelike gebiede met ’n beperkte begroting.

1.3.3 Sam arriveer op O.R. Tambo Internasionale Lughawe en reis na Hatfield in


Pretoria.

1.3.4 Peter wil met die wêreld se luuksste trein vanaf Kaapstad na Kaïro reis.
(4 x 1) = (4)

1.4 Voltooi die sinne deur die korrekte woord/frase tussen hakies te kies.
Skryf slegs die woord/frase langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.6) neer.

1.4.1 ’n Voorbeeld van ’n (transkontinentale | transatlantiese) vlug is vanaf


Johannesburg, Suid-Afrika na Kaïro, Egipte.

1.4.2 ’n Voorbeeld van ’n bykomstige koste wanneer ’n voertuig gehuur word, is


’n (verkeersboete | lughawebybetaling).

Bladsy 7 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

1.4.3 ’n Passasier sal die bagasievervoerband by die (landkant | lugkant) van ’n


lughawe aantref.

1.4.4 (Vermenigvuldigingseffek | Lekkasie) is die term wat aandui dat toeriste geld
spandeer wat deur die ekonomie syfer en plaaslike besighede bevoordeel.

1.4.5 Wanneer die Euro sterker is teenoor die ZAR, sal Europese reisigers Suid-
Afrika as ’n (waarde vir geld- | duur) bestemming beskou.

1.4.6 ’n (Aansluitings- | Interkontinentale) vlug is vanaf Perth, Australië na


Florida, VSA.
(6 x 1) = (6)
[30]

TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B: BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die onderstaande prente van verskillende geldeenhede en beantwoord


die vrae wat daarop volg.

Bladsy 8 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

2.1.1 Noem enige TWEE lande waar geldeenheid A gebruik word. (2)

2.1.2 Benoem geldeenheid B deur die amptelike naam neer te skryf. (1)

2.1.3 ’n Australiese toeris beplan om Suid-Afrika te besoek.


Skryf die toeris se plaaslike drie-letter-geldeenheidskode neer. (1)

2.2 Lees die onderstaande scenario en bestudeer die inligting noukeurig.

Thandie het na Amerika gereis om vir haar dogter te kuier. Ná haar besoek het sy
’n herinneringsplakboek gemaak. Bestudeer die onderstaande bladsy uit haar
plakboek en beantwoord die vrae wat volg:

Vryheidstandbeeld
(Statue of Liberty)

Big Mac Burger


$7.70

$23.80 pp

Wisselkoerse tydens my reis:


Bankaankoopkoers (BAK) Bankverkoopkoers (BVK)
GBP 20.1955 21.4252
VSD 15.1073 15.9426
EUR 16.6906 17.8352
(Bron: bit.ly/3PBEjUP)

Bladsy 9 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

2.2.1 Beveel TWEE fasiliteite aan waar Thandie voor haar reis, haar
Suid-Afrikaanse rand vir buitelandse valuta kon omruil. (2)

2.2.2 Thandie het 20 000 ZAR vir haar reis na Amerika gespaar. Bereken
hoeveel Amerikaanse dollar sy tot haar beskikking gehad het deur
die BVK te gebruik. Toon ALLE bewerkings en rond jou antwoord
tot TWEE desimale plekke af. (4)

2.2.3 Terwyl haar dogter gewerk het, het Thandie die Vryheidstandbeeld
besoek en vir middagete ’n Big Mac geëet. Bereken die totale koste
hiervan in Suid-Afrikaanse rand deur die BAK te gebruik. Toon ALLE
bewerkings en rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af. (5)

2.2.4 Bestudeer die wisselkoerstabel. Identifiseer die geldeenheid wat die


sterkste teenoor die Suid-Afrikaanse rand was tydens Thandie se reis. (1)

2.3 Toerisme kan die plaaslike inwoners van ’n dorp bevoordeel.


Bespreek hierdie stelling en maak gebruik van voorbeelde om jou stelling te staaf.
(2 x 2) = (4)
[20]

TOTAAL AFDELING B: 20

AFDELING C: KULTUUR- EN ERFENISTOERISME

VRAAG 3

3.1 Lees die onderstaande uittreksel uit SANParke se brosjure en beantwoord die vrae
wat volg.

Basotho Kultuurdorpie

Slegs 20 km oos vanaf Golden Gate lê die Basotho Kultuurdorpie, ’n ware juweel van die
noordelike nasionale park. Hier kry besoekers ’n kykie in die wêreld van die Basotho-
mense wat al vir eeue in hierdie gebied woon en steeds sterk bande met die stamme, net
oor die grens, in Lesotho het.

Die pragtige, kleurvol versierde Basotho-hutte, tesame met eg tradisionele kleredrag sal
besoekers verseker beïndruk. Besoekers sal die geleentheid kry om die stamhoof te
ontmoet, tradisionele bier te proe en kos te eet, soos likhobe (’n bredie met bone, bessies
en sorghum) en motoho (gefermenteerde sorghumpap).

’n Halfuur-lange toer deur die dorpie sal aan besoekers merkwaardige oomblikke bring,
met musikante wat hulle musiekinstrumente bespeel en tradisionele genesers wat bene
gooi. Die unieke manier waarop die huise versier word, is getrou aan die Basotho manier
en kan steeds in landelike gebiede in Lesotho en in die Vrystaat gesien word. Moenie
vergeet om ’n draai te maak by die geskenkwinkel (curioshop) om eg plaaslike
vervaardigde kuns te sien nie.
(Vrylik vertaal – Bron: bit.ly/3yOzZMh)

Bladsy 10 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

3.1.1 Noem die provinsie waarin die Basotho kultuur die dominante groep is. (1)

3.1.2 Lys TWEE plaaslik vervaardigde items wat uniek is aan die Basotho-
kultuur wat hulle kan maak en verkoop in die geskenkwinkel. (2)

3.1.3 Bestudeer die onderstaande prente. Identifiseer watter van die prente
met die Basotho-kultuur geassosieer kan word. Skryf slegs die korrekte
letters langs die vraagnommer neer, bv. 3.1.3 G, H, I.

A B

C D

E F

(3)

3.1.4 Identifiseer, vanuit die uittreksel, TWEE voorbeelde van tradisionele


Basotho cuisine. (2)

3.1.5 Evalueer die waarde wat kultuurdorpies soos dié van die
Basotho’s in Golden Gate, vir toerisme inhou. (2 x 2) = (4)

3.2 Voltooi: Aartsbiskop Desmond Tutu het na Suid–Afrika as die _____ verwys. (1)

3.3 Verduidelik wat jy verstaan onder die konsep kulturele uniekheid. (2)

Bladsy 11 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

3.4 Identifiseer die kultuurgroep wat in die onderstaande foto uitgebeeld word.

(1)
[16]

VRAAG 4

4.1 SAEHA (in Engels: SAHRA) is ’n statutêre liggaam wat gestig is onder die Wet op
Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999). Bestudeer die onderstaande logo
en beantwoord die vrae wat volg.

4.1.1 Skryf die akroniem “SAEHA” (SAHRA) volledig uit. (1 x 2) = (2)

4.1.2 Lys VIER funksies/missies van SAEHA (SAHRA). (4 x 2) = (8)

4.1.3 Noem enige VIER soorte erfenisterreine wat deur SAEHA (SAHRA)
beskerm word. (4)
[14]

TOTAAL AFDELING C: 30

AFDELING D: TOERISMESEKTORE

VRAAG 5

5.1 TREINE

Bestudeer die onderstaande inligting rakende die Rovos Rail asook die scenario en
beantwoord die vrae wat volg.

Jack en Sarah woon in Pretoria. Aangesien hulle graag die Victoria Watervalle wil sien, het
hulle besluit om vir hulle wittebrood in Januarie 2023 daarheen te reis. Hulle bespreek vir
drie nagte in die Royal Suite.

Bladsy 12 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

(Bron: bit.ly/3wIlVBl)

Bladsy 13 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

5.1.1 Gee die vertrekdatum vanuit Pretoria. (1)

5.1.2 Skryf die aankomstyd by die Victoriavalle neer. (1)

5.1.3 Noem die aktiwiteit wat vir Dag 3 tydens die toer geskeduleer is. (1)

5.1.4 Teken die onderstaande tabel oor en voltooi. Voltooi die tabel deur EEN item
aan te dui wat by die pryspakket op die trein na die Victoriavalle ingesluit is
en EEN item wat by die pakket op die trein uitgesluit is.

Ingesluit by die prys Uitgesluit by die prys


• •
(2)

5.1.5 In dieselfde tyd wat Jack en Sarah reis, is daar iemand wat alleen in ’n
Royal Suite wil reis. Bereken wat dié kaartjie sal kos. (3)

5.2 LUGHAWENS, LUGDIENSTE, TERMINOLOGIE EN TEGNOLOGIE

5.2.1 Bestudeer die onderstaande instapkaart (boarding pass).


Verskaf die volgende inligting vanaf die instapkaart.

a) Vertrekpunt (1)

b) Bestemming (1)

c) Passasiersnaam (1)

d) Sitpleknommer (1)

e) Instaptyd (1)

Bladsy 14 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

5.2.2 Verduidelik aan ’n passasier waarom dit ’n goeie idee is om hul bagasie
met kleefplastiek te laat toedraai. (2 x 2) = (4)

5.2.3 Sitplekke by die nooduitgange op ’n vliegtuig bied groter beenspasie.


Dui aan wie mag nie die nooduitgang-sitplek beset nie. (3)

5.2.4 Die onderstaande logo is by O.R. Tambo Internasionale Lughawe gesien.


Skryf die akroniem “ACSA” (LMSA in Afrikaans) volledig uit.

ACSA
(1)

5.2.5 Benoem en verduidelik die doel van die onderstaande tegnologie wat by
lughawens gebruik word.

(3)

5.3 Die Baz Bus

Bestudeer die onderstaande Baz Busrooster en beantwoord die vrae wat volg.

5.3.1 Die Baz Bus is ’n “op- en afspring”-busdiens. ’n 7-dag-permit


beloop R 3300. Verduidelik hoe die permit werk. (1 x 2) = (2)

5.3.2 Twee tye word by elke stop aangedui. Verduidelik die rede hiervoor. (2)

Bladsy 15 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

5.3.3 ’n Passasier reis met die Baz Bus vanaf Durban na Port Elizabeth.

a) Op watter dae van die week is hierdie diens beskikbaar? (2)

b) Dui die aankomstyd in Port Elizabeth aan. (1)

c) Dui TWEE moontlike redes aan waarom die bus moontlik nie op
die presiese tyd, soos in vraag 5.3.3.b sal arriveer nie. (2)

Pryse:
• 7-dag-permit: R3 300 pp
• 14-dag-permit: R5 300 pp
• 21-dag-permit: R6 600 pp
(Bron: bit.ly/3akDCiV)

Bladsy 16 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

5.4 GAUTREIN

5.4.1 Die Gautrein Goue kaart verleen aan passasiers toegang tot die Gautrein.
Noem TWEE ander dienste waartoe passasiers toegang sal kry met die
Goue kaart. (2)

5.4.2 Die Gautrein maak voorsiening vir passasiers wat gehoor-, sig- of
liggaamlike gestremdhede het. Bespreek die stelling in paragraafformaat.
Onderstreep jou hoofgedagtes. (5)

5.5 LUUKSE PASSASIERSKIPBEDRYF

Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

PS

(Bron: bit.ly/38Bj5pP)

5.5.1 Definieer die term “hawe”. (1 x 2) = (2)

5.5.2 ’n Passasier moet tussen ’n buite- of binnekajuit besluit.


Verduidelik aan hulle die verskil tussen die twee soorte kajuite. (2)

5.5.3 Die promosiekode of spesiale aanbieding vir die pakket word met ’n PS
aangedui. Waarvoor staan PS en verduidelik die betekenis van die kode. (2)

Bladsy 17 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

5.6 MOTORHUUR

Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vraag wat volg.

Akira is ’n 17-jarige student wat in Tokio, Japan woon. Hy besoek Suid-Afrika in Januarie.
Gedurende sy besoek het hy ’n Japanese bestuurderslisensie en slegs ’n groot bedrag
kontant by hom.

5.6.1 Volgens die motorverhuringsvoorwaardes, sal Akira kwalifiseer om ’n motor


in Suid-Afrika te huur? Motiveer jou antwoord deur die voorwaardes van
motorverhurings in ag te neem. (4)
[50]

TOTAAL AFDELING D: 50

AFDELING E: PLAASLIKE TOERISME

VRAAG 6

6.1 Skryf die akroniem GSPT (DTGS in Engels) volledig uit. (1 x 2) = (2)

6.2 Benoem die veldtog wat plaaslike reise in Suid-Afrika aanmoedig. (1 x 2) = (2)

Bladsy 18 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

6.3 Die GSPT het verskillende marksegmente in die plaaslike toerismemark geïdentifiseer.
Bestudeer die onderstaande inligting en pas die korrekte marksegment by elke profiel.

Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer neer.

Profiel: Profiel:
• 45-jarige wit man. • 35-jarige kleurlingvrou.
• Het grootgeword met • Sy reis om haar kinders bloot
gereelde vakansies. te stel en op te voed. Sy
• Hy reis om die lewe te geniet dit ook om kwaliteittyd
ervaar en om herinneringe aan haar familie te spandeer.
6.3.1 te maak. 6.3.2

Profiel: Profiel:
• 30-jarige swart vrou. • 45-jarige Indiërman
• Sy reis om uit die stad te • Hy reis om sy sosiale status
kom en om meer tyd saam te verbeter en om die fyner
met haar vriende by nuwe dinge in die lewe te geniet.
en verskeie bestemmings te
6.3.3 spandeer. 6.3.4

Profiel:
• 20-jarige man.
6.3.5 • Reis om nuwe mense, plekke en avonture te
ontdek. Hy reis om van die lewe se alledaagse
eentonigheid te ontsnap.
(5)

Bladsy 19 van 20 © Impaq


Junie-eksamen 2022
G11 ~ Toerisme V1/1

6.4 Lees die onderstaande uittreksel van STATSSA en beantwoord die vrae wat volg:

In Suid-Afrika dra die direkte besteding in die Toerismesektor daartoe by dat die BBP
in 2018 op 130,1 biljoen rand gestaan het.
(Bron: bit.ly/3wxDHIt)

6.4.1 Skryf die akroniem BBP volledig uit en verduidelik die betekenis. (3)

6.4.2 Toerisme dra tot die Suid-Afrikaanse BBP by. Om Toerisme-bydraes te


verhoog, het die GSPT drie areas as hoofdoelwitte geïdentifiseer.

Lys en bespreek hoe Suid-Afrika hierdie doelwitte wat gestel is,


kan laat realiseer. (4 x 2) = (8)
[20]

TOTAAL AFDELING E: 20

GROOTTOTAAL: 150

Bladsy 20 van 20 © Impaq

You might also like