You are on page 1of 8

Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


GRONDLYNASSESSERING 2022

TYDSDUUR: 30 MINUTE TOTAAL: 30 PUNTE


INSTRUKSIES:

1. Kies die beste opsie om die volgende vrae te beantwoord.


2. Kies slegs EEN antwoord per vraag.
3. Skryf slegs die vraagnommer en letter ( A, B, C of D) as jou antwoord neer.
4. Sterkte!
A. LEESBEGRIP

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die wonderlike verhaal van Marco Polo

Byna sewehonderd jaar gelede is daar in die Italiaanse stad, Venesië, ’n seuntjie gebore
wat later baie beroemd sou word. Sy naam was Marco Polo.

Marco se vader was ’n ryk koopman wat handel gedryf het met lande in Asië. Daar was
destyds in Europa baie min bekend oor die lande in die Ooste; daarom het Marco Polo
met groot belangstelling geluister na die verhale wat sy vader oor sy reise vertel het.

Toe hy sewentien jaar oud was, het hy sy vader en sy oom oor hoë berge en dorre
woestyne op ’n reis na die Ooste vergesel. Die reis, wat drie jaar geduur het, is met
kamele afgelê. In die Ooste is hulle vriendelik ontvang in die land waar Kublai Khan
geheers het (die huidige China). Al drie het by laasgenoemde in diens getree en hom
sewentien jaar lank so goed gedien dat die Oosterse heerser hulle met kosbare geskenke
oorlaai het. Hy het hulle ook by hulle vertrek tot in die Persiese Golf laat neem. Marco
Polo kon self die taal van Kublai Khan se mense vlot praat.

1
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

Vanaf die Persiese Golf het hulle oor land gereis na die Middellandse See en daarvandaan
per skip na hul geboortestad, Venesië, wat hulle 25 jaar tevore verlaat het. Marco Polo is
in 1324 op sewentigjarige ouderdom oorlede, maar voor sy dood het hy al sy
wedervaringe op skrif gestel. Hierdie boek word vandag nog gretig gelees.

[Bron: Via Afrika Uitgewers.]

VRAE:

1. In watter stad was Marco Polo gebore? (1)

A Parys
B Athene
C Johannesburg
D Venesië

2. Hoe oud was Marco Polo toe hy sy pa en oom na die Ooste vergesel het? (1)

A sewentien
B drie
C dertig
D sewentig

3. Wat beteken dit as iemand ‘beroemd’ is? (1)

A Hulle is ryk
B Hulle is arm
C Baie mense ken hulle
D Niemand ken hulle nie

4. Wat is ‘n ander naam vir geskenk (1)

A skenk
B skink
C persent
2
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

D present

5. Wat is die korrekte spelling vir ‘1324’: (1)


A dertien vuur en twintig
B dertien vier en twintag
C deertien vieren twintig
D dertien vier en twintig
Totaal:___/5

B. Visuele gelettertheid

Lees die advertensie en beantwoord die vraag

VRAE:

6. Wat word hier geadverteer? (1)


A klere
B maskers
3
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

C ‘n skool
D ‘n inkleurboek

7. Waar is die plek? (1)

A Johannesburg
B Edleen
C Pretoria
D Kaapstad

8. Wat beteken ‘beperkte plek’? (1)

A daar is ‘n parkie
B daar is baie plek beskikbaar
C daar is min plek beskikbaar
D al die bogenoemde

9. Hoe kan jy hulle kontak? (1)

A landlyn en webtuiste
B selfoon en webtuiste
C webtuiste
D landlyn

10. Hoe word die leser se aandag getrek? ((((11)))

A grootskrif
B prentjies
C verskillende
D al die bogenoemde

Totaal:___/5

C. LETTERKUNDE

Lees die gedig en beantwoord die vrae wat daarop volg.

‘n Kwatryn

Die lewe is ‘n liedjie


ja, die lewe is ‘n liedjie

4
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

as die woorde nie meer pas nie


dan neurie ons ‘n bietjie.

VRAE:

11. Die gedig bestaan uit … STROFES. (1)

A 6
B 1
C 3
D 4

12. Die gedig bestaan uit … VERSREËLS. (1)

A 6
B 4
C 11
D 1

13. Die RYMSKEMA van die gedig is … (1)

A Halfrym
B Kruisrym
C Paarrym
D Gebroke rym

14. Watter woorde word herhaal? (1)

A neurie en bietjie
B liedjie en lewe
C ‘n en pas
D al die bogenoemde.

15. “Die lewe is ‘n liedjie ” is ‘n voorbeeld van ‘n … (1)

A Idioom
B vergelyking
C metafoor
D assonansie

16. Die gedig word ‘n kwatryn genoem omdat dit … (1)

A uit 1 versreëls bestaan


B uit 2 versreëls bestaan
C uit 3 versreëls bestaan
D uit 4 versreëls bestaan

5
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

17. ‘Die lewe is ‘n liedjie’ beteken ... (1)

A Die lewe kan sing


B Dit is belangrik om te sing
C jy is gelukkig
D jy kan nie sing nie
TOTAAL: 7 Punte

D. TAAL

Kies die korrekte antwoord

18. Voltooi die volgende idioom: ‘n Mond vol ________. (1)

A tande
B tonge
C kos
D lekkers

19. Wat is die intensiewe vorm van siek? (1)

A morssiek
B bittersiek
C doodsiek
D stoksiek

20. Kies die korrekte spelling (1)

A doktor
B doctor
C dokter
D dokterr

21. Watter sin het die korrekte woordorde? (1)

6
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

A Die seun het elke Dinsdag die dokter vinnig besoek.


B Die seun het besoek vinnig elke Dinsdag die dokter
C Die dokter het vinnig die seun elke Dinsdag vinnig besoek
D Die dokter besoek elke Dinsdag vinnig die seun het

22. Wat is die SINONIEM vir bly? (1)

A pragtig
B gelukkig
C ongelukkig
D opgewonde

23. Wat is die ANTONIEM vir siek? (1)

A vaak
B wakker
C uitgeput
D gesond

24. Wat is die basis woord van verslaap ? (1)

A ver
B laap
C vers
D slaap

25. Die afkorting van asseblief is… (1)

A asb.
B aeb.
C abs.
D a.s.b.
TOTAAL: 8 Punte

E. KREATIEWE SKRYFWERK

Kies die korrekte antwoord.

26. ‘n Advertensie word gebruik om ... (1)

A geld in te samel.
B ‘n motor te verkoop.
C ‘n fliek te beoordeel.
D ‘n produk te adverteer.

27. Waar word die adres op ‘n informele brief geskryf ? (1)

7
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 8 Grondlynassesseering 2022

A regs bo
B links bo
C regs onder
D links onder

28. Die beste manier om ‘n persoon aan te spreek in ‘n FORMELE (1)


BRIEF sal wees…

A Hoezit
B Hallo mater
C Liewe maat
D Geagte meneer/mevrou

29. ‘n Dagboekinskrywing kan met (1)

A Liewe Dagboek begin


B die datum begin
C jou naam begin
D jou naam en die datum begin

30 . Wanneer jy beplanning doen, kan jy aan idees dink vir jou: (1)

A inleiding
B liggaam
C slot
D al die bogenoemde

TOTAAL: 5 Punte

GROOT TOTAAL: 30 Punte

You might also like