You are on page 1of 9

Leerder instruksies

1. Die volgende toets MOET handgeskrewe wees op die TDA antwoordboek onder kwartaal
beplanning.
2. Skryf asseblief netjies en leesbaar in blou ink.
3. Skryf jou naam en van op elke bladsy.
4. Nommer elke bladsy.
5. Die toesighouer verslag moet deel van die inhandiging wees as bladsy twee. Geen
verslag sal 'n 0 ontvang. Familie wat toesig hou sal ook 'n 0 ontvang.
6. Moet nie die vraestel saam met die antwoordboek inhandig nie.
7. Die voltooide toets MOET in volkleur ingeskadeer en ingehandig word.
8. Handig in as ‘n ENKELE PDF dokument in die korrekte portaal.
9. Maak seker dat die bladsye in die korrekte volgorde en regop opgelaai word.
10. Dit is die verantwoordelikheid van die leerder om seker te maak dat die inhandiging reg
en suksesvol is.

As jy sukkel om in te handig, moet jy die FET departement voor 16:30 die dag van
inhandiging in kennis stel, sodat ons julle kan bystaan. Laat inhandigings sal ‘n 0 ontvang.
TOESIGHOUDING

Alle formele toetse en eksamenerings moetonder toesighouding geskied volgens Think Digital
Academy se toesighoudingsbeleid. Leerders is verantwoordelik vir hul eie toesighoudingsreelings.
Toesighouding moet toegepas word deur goedgekeurde toesighouers.

Alle Graad 10 – 12 leerders moet op eie koste ‘n persoon nomineer wie as ‘n toesighouer
gedurende formele toetse en eksaminerings optree. So ‘n persoon:

• Mag nie ‘n familielid wees nie.


• Moet ouer as 21 jaar wees.
• moet die aanlyn toesighoudingskursus wat deur Think Digital Academy verskaf
word, voltooi.
• Voltooi en teken die Toesighoudingsooreenkoms.

Sentrums mag nie gebruik maak van hul eie voorblaaie nie, dus mag net TDA s’n
aangeheg wees
GRAAD 11

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 2

18 JUNIE 2021

TOTAAL: 70

TYD: 2 URE

INSTRUKSIES
1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

A. Roman: Die Pro (35)

B. Gedigte (35)

2. Beantwoord AL die vrae.

3. Nommer net soos op die vraestel.

4. Voer die opdragte noukeurig uit.

5. Netjiese werk sal in jou guns tel.

6. Die volgende tydsverdeling word aanbeveel:

i. Afd. A (60 min)

ii. Afd. B (60 min)


AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

AFDELING A: ROMAN – DIE PRO deur LEON DE VILLIERS


VRAAG 1

Lees die onderstaande gedeelte noukeurig deur en beantwoord dan die vrae.

Lewenswetenskappe is die studie of die leer


van lewende organismes, d.w.s. die studie
van die lewende wêreld.

Virusse en bakterieë

Ons het hier te make met 'n verskeidenheid primitiewe ietse wat goed aangepas is by hul
omgewing, wie se kinders en kleinkinders steeds na hulle aard.

Virusse: Al wat die eenvoudige goed doen, is voortplant. Al wat hulle veroorsaak, is siektes.
***********
Dankie tog dat mens in die aand die deur agter jou kan toetrek en alleen wees. Amper
alleen, in elk geval. Hugo slaap vannag hier op die matjie voor my bed. Lê nou juis vir my
en kyk asof hy die onskuld vanself is. Natuurlik moes ek hom insmokkel. As Ma weet hy
slaap in my kamer, kry sy die driedubbele piep, maar ek sal hom vroegoggend uitvat
voordat sy iets agterkom.

Die boek, waarin ek nou hier lê en skryf, is eintlik veronderstel om 'n soort werkboek vir
Lewenswetenskappe te wees. Dis eintlik Geyer se idee. Hy het met die storie gekom dat
ek vir my die vak interessant moet maak deur 'n bietjie humor by my opsommings te voeg.
Kan jy glo, ek het die ding uit my eie sak gekoop. Of dit gaan help weet ek nie, maar as 'n
man aan die einde van graad tien 42% kry en jou ouers jou lewenslank wil hok, probeer jy
enigiets.

Ek dink nie jy het ooit vir Geyer ontmoet nie. So 'n kort, dikkerige man met sulke reguit,
vaalbruin hare en 'n stoppelbaard wat altyd so 'n week oud lyk. Ek het hom al 'n paar keer
op die strand sien stap.
(266 woorde)

VRAE:

1.1 Verduidelik die skrywer se gebruik van DRIE lettertipes aan die begin van
die uittreksel. (3)

1.2 Som kortliks op waarom Tiaan so bly is om die deur te kan toemaak. (2)

1.3 Noem wie / wat Hugo is. (1)

Bladsy 2 van 8
AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

1.4 Verduidelik wat die leser reeds hier kan aflei oor Tiaan se ma se
persoonlikheid. (2)

1.5 Dui aan of die stelling WAAR of ONWAAR is. Gee 'n rede vir jou antwoord.
In die gedeelte is ‘n derdepersoonsverteller. (1)

1.6 Kies uit die lysie die VYF woorde wat met Geyer verband hou.

Onderwyser Goeie raad Alleen Getroud


Alkoholisme Fiks Joernalis Netjies Selfmoord (5)

1.7 Verduidelik wat later van Geyer word. (2)

1.8 1.8.1 Noem 'n voorbeeld van konflik uit die gedeelte. (1)

1.8.2 Dui ook aan of die bogenoemde konflik uiterlik of innerlik is. (1)

[18]

VRAAG 2

Lees die onderstaande gedeelte noukeurig deur en beantwoord dan die vrae.

Maar die heel beste nuus oor Lewenswetenskappe is: EK IS NIE MEER IN KRUIWA SE
KLAS NIE! Halleluja! Ja, lyk my daar is tog 'n antwoord op gebed. Alhoewel, ek wonder
nou skielik of dit nie dalk Kruiwa se gebed is wat verhoor is nie. Hy is mos nou die nuwe
adjunkhoof! Jy moes die kinders se bekke gehoor het. Maar ek kla nie, die man staan nie
meer voor my in die klas nie. Ek hoef nie meer dag vir dag in sy sarkastiese gevreet vas te
kyk nie. Dit, soos jy sou gesê het, vra vir Swaar Metaal: NO MORE KRUIWA! NO MORE
KRUIWA!

*******
Onthou jy vir ou Henko Wiese? Hy het altyd so droog en semigevrek gelyk as hy op die
stoepe rondslenter. Lewenswetenskappe vir Beginners. Dit was wat hy op die binneblad
van sy graad tien-boek geskryf het. Onthou jy, orals by die sketse was daar snaakse
opmerkings in potlood, sodat die werk meer soos comics as enigiets anders lees. Net
jammer Kruiwa sien dit toe mos verlede jaar en dink dis ek wat dit gedoen het. Tipies, want
enigeen met 'n krap se verstand sou kon sien dit was nie my handskrif nie.

*******
Maar wat ek eintlik wou sê, is dat ek toe weer Henko Wiese se graad elf-handboek gekry
het. Die keer is dit: Lewenswetenskappe vir Amateurs. In sy matriekboek is dit dalk al:

Bladsy 3 van 8
AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

Lewenswetenskappe vir Pro's. In elk geval, dit lyk asof sy byskrifte by die sketse die jaar
weer die enigste snaakse deel van die sillabus gaan wees.
(258 woorde)

VRAE:

2.1 Een van die temas in die roman is verhoudings met onderwysers.

2.1.1 Beskryf hoe Tiaan oor Kruiwa voel. (1)

2.1.2 Op watter twee visuele maniere dui die skrywer Tiaan se gevoel aan? (2)

2.2 In die boek word na Kruiwa as ‘n virus verwys. Virusse maak mense siek.
In Uittreksel B sien ons blydskap om nie meer in Kruiwa se klas te wees nie.
Lewer kommentaar oor hierdie gevoelens teenoor Kruiwa. (2)

2.3 Haal 2 opeenvolgende woorde aan uit paragraaf 1 van die uittreksel wat Tiaan
se negatiewe gevoelens aandui. (1)

2.4 Die woorde “beginners”, “amateurs” en “pro's” word in verband met Henko se
boeke gebruik. Verduidelik hoe Tiaan met sy lewe gevorder het van 'n
“beginner” tot “'n pro” na Dirkie se dood. (2)

2.5 Pas KOLOM A by KOLOM B deur net die nommer en die letter neer te skryf, bv.
2.5.1 F

KOLOM A KOLOM B
2.5.1 Gee Lewenswetenskap A. Tiaan se pa
2.5.2 Haarkapster B. Hugo
2.5.3 Speel skaak met Geyer C. Yvette
2.5.4 Die Weimaran D. Mev. Beukes
2.5.5 Tiaan se vriendin E. Tryna (5)

2.6 Identifiseer die woord in:

2.6.1 paragraaf 2 wat aandui dat Henko nie energiek was nie. (1)

2.6.2 paragraaf 3 wat onervare mense beteken. (1)

Bladsy 4 van 8
AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

2.7 Voltooi die volgende sin deur die korrekte woorde in te vul.

Tiaan wou sy vakke verander. Hy wou nie meer Lewenswetenskappe


neem nie. Hy wou oorslaan na (2.7.1 ), maar sy (2.7.2 ) het
geweier. (2)

[17]
TOTAAL AFDELING A: 35

Bladsy 5 van 8
AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

AFDELING B: GEDIGTE

VRAAG 3 (17)

Woorde

1. my woorde het nie die krag


2. om bose magte tot ‘n val te bring nie
3. my woorde kan bloot sing

4. my woorde is nie ‘n dak


5. om onder te skuil nie
6. my woorde is swak

7. my woorde kan nie keer


8. dat ons die kromme note haal nie
9. my woorde is kaal

10. glo tog


11. my woorde het nie die byt
12. van koeëls en grofgeskut nie
13. nee
14. my woorde kan bloot bid
15. en pleit
16. en wens
17. medeburgers van die lewe
18. dat ons van grense sal vergeet
19. en bloot mens sal wees
20. en medemens

Vincent Oliphant

VRAE:

3.1 Noem vier dinge uit die gedig wat die spreker se woorde nie kan doen nie. (4)
3.2 Haal een word aan uit die gedig wat aandui dat die spreker se woorde nie sterk is
nie. (1)
3.3 Haal een word aan uit die gedig wat aandui dat die spreker se woorde
sonder pretensie is. (1)
3.4 Haal vier werkwoorde aan uit die gedig oor wat die digter se woorde

Bladsy 6 van 8
AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

wel kan doen. (4)

3.5 Kies die korrekte antwoord. (1)


Na aanleiding van die woorde wat gekies is in 2.4 gee die digter die woorde
menslike eienskappe en dit staan bekend as…
a. Personifikasie.
b. Metafoor.
c. Alleenplasing.
d. Ellisie.
3.6 Haal twee woorde aan wat verwys na geweld. (2)
3.7 Haal gedeeltes uit die gedig aan wat eufimisties is vir die volgende: (4)
a. Om tirane te vernietig nie.
b. Om onder weg te kruip nie.
c. Om mekaar te vloek en te skel nie.
d. Die verwoesting van wapens nie

VRAAG 4 (18)

Thumela

1. tot siens meneer


2. het jy geskree
3. en vir oulaas gemaak ernstig
4. na ‘n kennisgewingbord
5. met horde sportaankondigings
6. en lyste eksamenrooters
7. wat jou nie meer kon raak
8. gestaar
9. jou boeksak toe
10. met ‘n wilde tol
11. die lug ingeskiet
12. en ‘n geskiedenisboek gepos
13. sodat die blaaie
14. verward
15. oor die verlate skoolvierkant saai
16. terwyl jy laggend
17. om ‘n hoek verdwyn
18. gemaak geskok
19. het meneer weggedraai
20. maar ek het bly wonder
21. of dit vir jou
22. dan niks beteken
Bladsy 7 van 8
AFRIKAANS EAT KOPIEREG VOORBEHOU
VRAESTEL 2

Elmé Barnard

VRAE:
4.1 Hoekom is die gedig se titel gepas? (2)
4.2 Wat is die doel van die ruimtes in die gedig? (2)
4.3 Watter tipe verteller is aan die woord in die gedig? (1)
4.4 Hoekom word “tot siens” en “meneer” met kleinletters geskryf? (2)
4.5 Haal een woord aan uit die gedig wat aandui dat die leerder klaar is met skool. (1)
4.6 Hoekom gebruik die digter “geskree” in plaas van “geroep” in reël 2. (1)
4.7 Haal een woord aan uit die gedig wat ‘n sinoniem is vir “baie” of “vele”. (1)
4.8 Hoekom raak die eksamenroosters teen die kennisgewingbord die leerder nie
meer nie. (1)
4.9 Hoekom sou die leerder gestaar het na die kennisgewingbord as niks daarop hom
meer raak nie? (2)
4.10 Hoekom dink jy het die leerder sy boeksak in die lug gegooi? (1)
4.11 Haal twee opeenvolgende woorde aan uit die gedig wat aandui dat dit vakansie is.
(2)
4.12 Haal een woord uit die gedig wat aandui dat die leerder nie oneerbiedig is nie. (1)
4.13 Haal twee opeenvolgende woorde aan wat aandui dat die onderwyser nie ontsteld
is oor die leerder se gedrag nie. (1)

TOTAAL AFDELING B: 35

GROOTTOTAAL: 70

Bladsy 8 van 8

You might also like