You are on page 1of 2

LANGVRAE: PALJAS Vraag 1

Die koms van die nar, Manuel, na Toorwater het die lewens van mense ingrypend verander. Bespreek hierdie stelling in 250 300 woorde. (35)

Par.1: Inleiding Par 2: Manuel Wie was Manuel? Waar kom hy vandaan? Wat het hy daar kom maak? Hoe het hy daar aangekom? Par. 3: Manuel en Willem Hoe ontmoet hulle? Willem se toestand? Hoe help Manuel vir Willem? Par. 4: Die res van die McDonaldgesin Hendrik en Katrien? Emma en Nollie? Hoe verander die nar hulle lewens? Par. 5: Die res van die gemeenskap Die gemeenskap se houding aan die begin Watter van hierdie karakters se lewens is verander? Hoekom het hulle lewens verander? Hoe het hulle lewens verander?

Laaste par.: Vat jou opstel sinvol saam in 1 2 sinne.

Vraag 2: 2.1 Hendrik en Katrien se lewe was eentonig en liefdeloos en hulle het van mekaar af weggedryf. Vertel waarom dit gebeur het en waarvoor hulle mekaar blameer. (150 180 woorde) 2.2 Verduidelik hoekom Emma vir Nollie so onvriendelik behandel. Beskryf ook wat gebeur het dat hy eendag in bakleiery betrokke geraak het toe iemand haar gemolesteer het. S hoe Nollie dit reggekry het dat Emma saam met hom gaan dans het. Hoekom het die aand vir hom en Emma op gelukkige noot geindig? (100 120 woorde)

VRAAG 3: Beskryf die nare ondervinding wat die McDonalds by die Volstruisdans gehad het en vertel hoe die aand verder verloop het.

VRAAG 4: Manuel leen Willem se fiets om weer vir slag kerk toe te gaan. Verduidelik waarom Manuel so besluit het en vertel wat alles as gevolg van sy besluit gebeur het.

VRAAG 5: Hendrik se motor het eendag gaan staan. Hierdie gebeurtenis het tot groot ontsteltenis en ongelukkigheid gelei. Vertel wat alles gebeur het vandat die motor gaan staan het tot sonopkoms die volgende dag toe die gesin kon begin ontspan.

VRAAG 6: Die teenwoordigheid van die sirkusmense op Toorwater het heelwat konflik veroorsaak. Bespreek hierdie stelling goed.

You might also like