You are on page 1of 14

Western Cape Education Department

Directorate: Curriculum FET

AFRIKAANS EERSTE
ADDISIONELE TAAL
HERSIENINGSBOEK
2024 KWARTAAL 1

Graad 10
Hierdie hersieningsprogram is ontwikkel om jou te help met die
hersiening van belangrike inhoud en vaardighede wat gedurende die 1ste
kwartaal onderrig is. Die doel is om jou voor te berei om die
kernkonsepte te verstaan. Dit wil jou ook die geleentheid bied om die
verwagte standaard en toepassing van kennis te verkry wat nodig is om
sukses in die eksamen te behaal.
Die hersieningsprogram handel oor die volgende onderwerpe:
INHOUDSOPGAWE
HOE OM DIE HERSIENINGSBOEK TE GEBRUIK .......................................................................... 2
ADVERTENSIES EN STROKIESPRENTE ......................................................................................... 3
OORREDINGSTEGNIEKE IN STROKIESPRENTE EN ADVERTENSIES ............................................. 3
OEFENING 1: VRAE OOR ’N ADVERTENSIE.............................................................................. 9
DIE STROKIESPRENT ................................................................................................................. 10
OEFENING 2: STROKIESPRENTE ............................................................................................... 13
2
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

HOE OM DIE HERSIENINGSBOEK TE GEBRUIK

➢ Jy kan hierdie hersieningsboek gebruik om vir toetse en vir Vraestel 1 in die


eksamen voor te berei.

➢ Neem ander advertensies en strokiesprente in koerante en tydskrifte en probeer


jou eie vrae daaroor opstel en beantwoord.

➢ Pobeer eers om die vrae Hersieningsmateriaal p jou eie te beantwoord voordat


jy na die memorandum kyk. Onthou ook dat jou antwoorde nie presies soos dié
in die memorandum hoef te wees nie, solank dit nog steeds dieselfde betekenis
oordra.

➢ Die teken dui aan dat dit wat in die blokkie staan iets belangriks is

wat jy moet leer.

➢ Die teken dui aan dat jy ’n oefening in jou werkboek moet doen.
3
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

ADVERTENSIES EN STROKIESPRENTE

In Vraag 3 en Vraag 4 van Vraestel 1 word vrae oor ’n advertensie en ’n strokiesprent/


strokiesprente gestel.

Omdat ’n advertensie en strokiesprent uit teks (woorde) sowel as uit visuele dele
(grafika/beelde/ foto’s/ prente/ sketse) bestaan, word vrae oor die woorde/teks sowel
as oor die visuele aspekte gestel. Daar word vrae oor Oorredingstegnieke en Kritiese
taalbewustheid asook oor taalstrukture gestel. Hierdie vrae vereis twee dinge van jou:

1. Om vrae oor taalstrukture te beantwoord, moet jy AL die leerwerk oor


taalstrukture ken.
2. Om vrae oor oorredingstegnieke en kritiese taalbewustheid te beantwoord,
moet jy die oorredingstegnieke en kritiese taalbewustheidsaspek kan uitken, en
die funksie daarvan in advertensies en strokiesprente kan aantoon.

Jy moet dus baie deeglik lees en elke keer die hele advertensie of strokiesprent in ag
neem om hierdie soort vrae korrek te beantwoord. As jy moeite met
oorredingstegnieke en kritiese taalbewustheid doen, kan jy beslis goed vaar in Vraag 3
en Vraag 4.

OORREDINGSTEGNIEKE IN STROKIESPRENTE EN ADVERTENSIES

1. Gevoelstaal/ emotiewe taal is taal wat persoonlik is en sterk emosies opwek. Dit
word ook soms gelaaide of gelade taal genoem. Sulke woorde word gebruik
om sterk, emosionele response te ontlok met die doel om druk te plaas, of om
lesers te dwing om saam te stem.

Sommige emotiewe woorde het negatiewe konnotasies, bv. oud, verval, arm,
pyn, koud, winter, hulpeloos, terwyl ander woorde weer positiewe konnotasies
het, bv. warm, teer, aroma, fluister, eerlik.
Voorbeeld:
• Nadat hy twee dae lank gestap het, sal iemand dalk sê sy voete is vodde
(in plaas van moeg). Die woord vodde laat die hoorder onmiddellik voel hoe
erg seer / stukkend / moeg die spreker se voete is. Die woorde seer / stukkend /
moeg beteken dieselfde as vodde, maar druk nie so ‘n sterk emosie uit nie – dit
word neutrale taal/woorde genoem.

2. Oorredende taal word gebruik om mense te oortuig om ‘n sekere plan van aksie
te volg. Die doel is om die toekomstige optrede van die teikenmark te
beïnvloed. Adverteerders gebruik taal om die verbruiker se persepsies,
oortuigings en reaksies te beïnvloed.
’n Belangrike strategie is om positiewe of negatiewe assosiasies met die diens of
produk te maak. Baie mense koop produkte, nie omdat dit kwaliteit produkte is
nie, maar op grond van positiewe assosiasies wat gemaak word.
4
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

Voorbeelde van oorredende woorde: belangrik, fantasties, moet, beslis, sekerlik,


definitief, noodsaaklik, benodig, beperkte, gratis, ontdek, spaar, eksklusief,
maklik,beperk, kry, waarborg, beste

3. Manipulerende taal het ten doel om ‘n onregverdige voorsprong bo ander te


kry; dit wil ons oortuig om in die skrywer of spreker se standpunt te glo. Ironie,
hiperbool en alliterasie word dikwels in advertensies gebruik om die leser te
manipuleer. Voorbeeld:
“Hierdie tandepaste is die ongelooflikste vir die witste tande onder die son!”

4. Partydigheid: Die neiging om een saak/ persoon/ idee/ houding, bewustelik te


kies met geen billike oordeel oor die ander nie; om tot jou eie voordeel te beslis
wanneer jy jou opinie van ’n saak gee. Dit kan ook gedefinieer word as ’n opinie
oor of iets goed of sleg is en dit beïnvloed hoe jy dit hanteer. Partydigheid kan
o.a. deur beklemtoning, herhaling en statistieke bereik word.

Soorte partydigheid:
Partydigheid deur seleksie en weglating
Hier word verwys na wanneer sekere stories en gebeure of perspektiewe ingesluit
of uitgesluit word.
’n Joernalis kan bv. een kant van die saak heeltemal weglaat in die artikel, of
reeks artikels. Dit wat die media insluit, beklemtoon of uitsluit, beïnvloed hoe ons
interpreteer wat berig word.
Partydigheid deur etikettering
Dit verwys na die manier waarop ’n indiwidu, groep of organisasie uitgesonder
en geëtiketteer word. Dit kom voor as die fokus op sekere groepe met ekstreme
onderskeiding geplaas word, terwyl ander groepe glad nie onderskei word nie
of net matig onderskei word. Sportjoernaliste is dikwels partydig wanneer hulle
iets soos die volgende sou skryf: Die verwoede Cheetahs vermorsel die hulpelose
Blou Bulle op Loftus.
Partydigheid deur die hoofopskrif
Sommige hoofopskrifte kan misleidend wees, aangesien die hoofdoel daarvan is
om die aandag daarmee aan te gryp. Ook kan dit ‘n onbelangrike gebeurtenis
in ’n sensasionele gebeurtenis verander.
Partydigheid deur herhaling
Die herhaling van ’n spesifieke gebeurtenis of idee kan mense mislei om te dink
dat dit waar is, of dat dit baie groter in omvang is as wat dit werklik is.

Partydigheid deur statistieke en skaretellings


Onvolledige, onakkurate of selektiewe gebruik van statistieke gee aanleiding tot
partydigheid. Statistieke word dikwels gebruik om vals indrukke te skep.
5
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

5. Ouderdomdiskriminasie is die ongegronde houding en optrede teenoor ’n


persoon of groep persone op grond daarvan dat hulle van jou verskil ten opsigte
van ouderdom. Daar kan teen ouer of teen jonger mense gediskrimineer word.
Voorbeelde:
“Daardie outoppie sal nie verstaan waarom Facebook so belangrik is nie.”
“Die kinders van vandag weet nie wat opoffering beteken nie.”

6. Seksistiese beelde en taal


Seksisme (ook genoem geslagsdiskriminasie) is diskriminasie op grond van die
persoon se geslag. Seksisme kan beide geslagte beïnvloed. Voorbeeld: Vroue is
nie goed met tegnologie nie.

7. Stereotipering oortuig mense dat iemand spesifieke karaktereienskappe het


omdat die persoon aan ’n spesifieke groep behoort wat dieselfde
karaktereienskappe het. Growwe veralgemenings word dan dikwels gemaak,
bv. “Sy sal nie verstaan nie; sy is ’n blondine.”

Soorte stereotipering:
Stereotipering ten opsigte van geslag:
Voorbeelde:
Mans is beter bestuurders as vroue./ Die vrou se plek is in die kombuis.
Vroue is baie meer emosioneel as mans.
Stereotipes ten opsigte van groepe en individue:
Voorbeelde:
Blondines is dom.
Kinders hou nie van gesonde kos nie.
Stereotipes ten opsigte van persoonlike voorkoms
Voorbeelde:
Oorgewig persone is slodderkouse en dikwels lui.
Mense met tatoeëermerke is verslaaf aan dwelms.
Stereotipering ten opsigte van kultuur
Voorbeelde:
Indiërs is versot op kerrie.
Die Italianers en Franse is die mees romantiese mense.

8. Vooroordeel verwys na die vooraf oordeel van ’n individu, ’n groep of ’n kwessie


wat op valse, onbuigsame veralgemenings gegrond is; ’n voorafgevormde
opinie (meestal ongunstig) wat op gebrekkige kennis of irrasionele gevoelens
gebaseer is. Om bevooroordeeld te wees, beteken om ’n mening oor iemand of
iets te hê wat nie op feite gebaseer is nie.
Vooroordeel bestaan op grond van herkoms, voorkoms, geslag, mag of sosiale
status. ’n Vooroordeel kan positief of negatief wees.
Voorbeelde:
“Die man met die lang hare en verslete klere sal nie die werk kan doen nie.”
“Sy sal beslis die moeilike wiskundesom regkry; hulle woon in die rykmansbuurt.”
6
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

Seksisme in ‘n advertensie kan teenproduktief wees. Kan jy aan ‘n


rede dink?

Voorbeelde van waardes:


Volharding, Verantwoordelikheid, Vriendelikheid,
Respek, Spanwerk, Harmonie
Stiptelikheid, Opregtheid, Nederigheid
Verdraagsaamheid, Eerlikheid, Empatie

Voorbeelde van houdings:

sarkasties, minagtend, hooghartig,


beledigend, grapperig, nederig,
geniepsig, vernederend, onbeskof,
bedagsaam, hulpvaardig, beleef,
liefdevol, baasspelerig, uitdagend
minderwaardig, uittartend …
aggressief

Advertensie:
Wanneer jy ‘n advertensie ontleed, moet jy probeer om die onderstaande BASIESE
VRAE OOR ‘N ADVERTENSIE te beantwoord:

˗ Watter produk/ diens word geadverteer?


˗ Wie/ wat is die teikenleser/teikengroep/ teikenmark?
˗ Wat is die boodskap van die advertensie?
˗ (Boodskap: Wat sê die advertensie oor die produk?)
˗ Watter beelde/prente/foto’s word gebruik? Waar is dit geplaas?
˗ Hoe help die beelde/prente/foto’s om die boodskap van die advertensie te
versterk?
˗ Hoe word taal in die advertensie gebruik?
7
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

Ontleed ’n advertensie

Kom ons ontleed ‘n advertensie. Kyk dan sommer of jy die basiese vrae oor hierdie
advertensie kan beantwoord:

produknaam
word beklem-
produknaam toon deur groter
letters, donker
agtergrond en
100% die ovaalvorm
impliseer dat waarin dit
die produk voorkom
perfek is;
manipulering

herhaling van
100%; Twee formate
alliterasie; lys van die produk:
goeie bottel en boksie
kenmerke
van produk

Kan as konsentriese
Gesondheid sirkels; vitamines
vertaal word; sluit aan by
manipuleren- Gesondheid
de taalgebruik

oop lemoen-
skywe sluit
aan by “vars” handelsnaam en
en “vrugtig”; slagspreuk (logo)
dit skep van die
begeerte by maatskappy wie se
die leser produk geaderteer
word
8
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

BASIESE VRAE OOR ‘N ADVERTENSIE

Wanneer jy ‘n advertensie ontleed, moet jy probeer om die onderstaande BASIESE


VRAE OOR ‘N ADVERTENSIE te beantwoord:

˗ Watter produk/ diens word geadverteer?


˗ Wie/ wat is die teikenleser/teikengroep/ teikenmark?
˗ Wat is die boodskap van die advertensie?
˗ (Boodskap: Wat sê die advertensie oor die produk?)
˗ Watter beelde/prente/foto’s word gebruik? Waar is dit geplaas?
˗ Hoe help die beelde/prente/foto’s om die boodskap van die advertensie te
versterk?
˗ Hoe word taal in die advertensie gebruik?

BELANGRIKE WOORDESKAT OOR ‘N ADVERTENSIE

❑ produk: dit wat die advertensie aan lesers wil verkoop


❑ diens: dit wat die advertensie wil hê lesers moet gebruik
❑ teikenleser/ teikenmark: die persoon/ groep mense wat die advertensie wil hê
moet die produk koop of die diens gebruik
❑ grafika: die prente/ beelde/foto’s wat in die advertensie gebruik word
9
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

OEFENING 1: VRAE OOR ’N ADVERTENSIE

Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord dan die vrae.

2
PERFEKTE KAAS, PERFEK GEMAAK
3 Het jy nog altyd gewonder wat die geheim van jou gunstelingkaas is?

4 Die antwoord is die manier waarop Clover se kaas gemaak word.

5 Vir meer as 100 jaar word Clover se Elite-kaas deur ons meester-kaasmakers
6 gemaak. Clover se Elite-kaas word met behulp van 5 stappe gemaak. Só maak
7 die kaasmakers seker dat die kaas kwaliteit, smaak en tekstuur het.

8 Net die beste melk word gebruik wanneer Clover kaas gemaak word.

[Bron: Sarie, November/ Desember 2021]

Vrae:

1.1. Watter PRODUK word geadverteer? (1)


1.2. Noem twee maniere waarop die produk in die advertensie beklemtoon
word. (2)
1.3. Wie is die TEIKENMARK van die advertensie? (1)
1.4. Waarom is reël 2 in vetdruk en in groter letters geskryf? (1)
10
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

1.5. Waarom word die woorde “jy” en “jou” in die advertensie (reël 3) gebruik? (1)
1.6. Voltooi deur EEN woord neer te skryf:
’n meester-kaasmaker (reël 5) is ’n ... kaasmaker. (1)
1.7. Watter woord word in reël 8 gebruik om die leser te oorreed om die produk
te koop? (1)
1.8. Waarom, dink jy, is die foto van die man belangrik in die advertensie? (1)
1.9. Wat is Clover se slagspreuk (motto)? (1)
[10]

MEMORANDUM

2.
2.1. Clover kaas (1)
2.2. Die prente/ foto’s van Clover in r. 1/ Die foto van die man met die kaas/
Die foto’s van die kaasprodukte in r. 9 (Enige twee) (2)
2.3. mense wat van kaas hou (1)
2.4. Dit trek die leser se aandag / Dit beklemtoon die woorde (Enige een) (1)
2.5. Dit betrek die leser/ Dit spreek die leser direk aan (1)
2.6. (bv.) goeie/ uitstekende/ ervare (1)
2.7. beste (1)
2.8. Hy is ‘n voorbeeld van ‘n meester-kaasmaker./
Hy glimlag en dit sal die lesers oorreed om die produk te koop
(In dié trant) (1)
2.9. Made with love (1)
[10]

DIE STROKIESPRENT

Wanneer ‘n mens ’n strokiesprent ontleed, moet jy seker maak dat jy die volgende
begrippe ken:

Woordeskat by strokiesprente:

❑ raampie
❑ karakter
❑ simbole (bv. zzzz of ?? bo ‘n karakter)
❑ spraakborrels/spraakballonne
❑ reghoekige inligtingsblokkies
❑ gedagteborrels en stippellyne
❑ dialoog
❑ visuele inligting
❑ verbale inligting
❑ lettertipe (font)
❑ lettergrootte
11
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

❑ bewegingslyne/aksielyne
❑ stofkolomme/stofwolke
❑ liggaamshouding
❑ liggaamstaal
❑ gesigsuitdrukking
❑ nabyskote
❑ klanknabootsing
❑ plasing van karakters

ONTLEED ’N STROKIESPRENT

Let op na die volgende wanneer jy ‘n strokiesprent ontleed:

❑ Lettertipe en lettergrootte: Groter en donkerder letters word byvoorbeeld vir


beklemtoning gebruik.
❑ Ronde borrels word spraakborrels genoem en dui dialoog aan.
❑ Reghoekige borrels verskaf inligting, agtergrond of beskrywings.
❑ Woorde wat klanke aandui, word soms buite borrels gebruik, byvoorbeeld: “twiet
twiet twiet”.
❑ ‘n Gedagteborrel word dikwels met ‘n stippellyn aan die karakter verbind.
❑ Aarseling/huiwering word aangedui met woorde soos uh, um en wel en dui
dikwels die spreker/karakter se senuweeagtigheid of tekort aan selfvertroue aan.
❑ Visuele tydsaanduidings, byvoorbeeld die son of maan.
❑ Beweging word dikwels met bewegingslyne/aksielyne of stofkolomme/stofwolke
aangedui.
❑ Verskille in raampiegrootte binne een strokiesprent word vir klem aangewend.
❑ Karakters se reaksies word deur hul liggaamshouding en gesigsuitdrukkings
oorgedra. Wees egter spesifiek, byvoorbeeld: Die karakter is teleurgesteld, want
sy mondhoeke hang.
❑ Die agtergrond dra soms ‘n boodskap oor. ‘n Donker agtergrond voorspel soms
gevaar of onheil.
❑ Tussenwerpsels dui emosie aan, byvoorbeeld “Aggeneee!!”
❑ Nabyskote word dikwels vir klem gebruik, byvoorbeeld wanneer die hele raampie
uit ‘n karakter se gesig bestaan.
12
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

Kom ons oefen om ‘n strokiesprent te ontleed.

Neelsie se ordentlike
taalgebruik wys dat hy
respek betoon.

Raam 1, Raam 2 en Raam 3


Die seun se
naam is
Neelsie.

Die tafel
dui aan dat
die gesprek
in ‘n
klaskamer
plaasvind.

Kyk na Neelsie se
liggaamshouding en
Die skoen behoort
gesigsuitdrukking.
aan Meester, Neelsie
Kan jy sien hoe Neelsie
se onderwyser.
se liggaamshouding,
Kyk na Neelsie se
gesigsuitdrukking en
handgebaar en sy
handgebaar nou
gesigsuitdrukking.
verander het?
drukking.
13
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

OEFENING 2: VRAE OOR STROKIESPRENTE

Bestudeer die onderstaande strokiesprente en beantwoord dan die vrae.

2.1. Watter bewys is daar in Raam 1 dat Hagar die leier is? (1)
2.2. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A, B, C of D) langs
die vraagnommer neer

Hagar se houding in Raam 1 is ...


A. baasspelerig (dominating)
B. vriendelik (friendly)
C. tevrede (satisfied)
D. pleitend (pleading) (1)
2.3. Hoe weet die leser dat Gelukkige Eddie ‘n kok is? (1)
2.4. Watter afleiding kan ’n mens uit Raam 2 oor Gelukkige Eddie se kos
maak? (1)
EN

2.5. Watter bewyse is daar in Meester se liggaamstaal in RAAMPIE 4 dat hy


Neelsie ernstig aanspreek? Skryf TWEE bewyse neer. (2)
14
Afrikaans EAT Hersieningsboek 2024 Graad 10 Kwartaal 1

2.6. In Raam 5 is dit duidelik dat Meester se liggaamstaal verander het.


Noem TWEE bewyse. (2)
2.7. Lees en kyk weer na Raam 5. Verduidelik nou waarom Raam 5 grappig
(funny/ humorous) is. (1)
[9]

MEMORANDUM

2.1. Hy staan, terwyl Sven sit/ Hy wys met sy vinger (hand) na Sven./
Hy praat hard met Sven/ Sven kyk met groot oë na hom (Enige een) (1)
2.2. A/ baasspelerig (1)
2.3. Hy dra die hoed van ‘n kok/ Hy het ‘n lepel in sy hand/ Hy dra ‘n voorskoot /
Sy klere is anders/ Hy staan by ‘n vuur. (Enige een) (1)
2.4. Gelukkige Eddie se kos smaak nie lekker nie. (1)
2.5. Hy wys met sy vinger/ Sy mond is oop/ Sy oë is groot/ Hy frons/
Sy wenkbroue is nader aan mekaar . (Enige TWEE) (2)
2.6. Sy oë is toe/ Hy maak ‘n vuis/ Sy mond is groter oop/ Sy hare staan regop/
Sy frons is dieper / Sy wenkbroue is nader aan mekaar (Enige TWEE) (2)
2.7. Meester sê hy gaan kwaad word, maar hy is alreeds kwaad (In dié trant) (1)
[9]

Sterkte en lekker leer!

You might also like